Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

AFRIKAANS

GRAAD 7
TOETS 1
LEESBEGRIP, VISUELE TEKS EN TAAL

EKSAMINATOR: Me. M. Kitching DATUM: Februarie/Maart 2024


MODERATOR 1: Me. K. van Zyl TYDSDUUR: 60 minute
MODERATOR 2: Me. I. K. Kichenbrand TOTAAL: 60 punte

Naam: ______________________________________________________________Graad 7_______

INSTRUKSIES:
1. Beantwoord alle vrae op die gegewe papier.
2. Skryf jou naam, van en graad bo-aan die bladsy.
3. Nommer die vrae in die middel van die bladsy.
4. Trek ʼn lyn na elke vraag.
5. Lees die vrae deeglik deur en besluit wát gevra word.
6. SPELLING TEL! Werk dus korrek.
7. Mooi dink en lekker skryf.   

VRAAG 1 : LEESBEGRIP
NIE-LITERÊRE TEKS
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
2

Wie was St. Valentyn


nou eintlik?
Ilse Salzwedel

Verwerk uit:
https://www.litnet.co.za/wie-was-st-valentyn-nou-eintlik/

1. Valentynsdag is een van die bekendste vierings van ons tyd. Het jy al gewonder wie die man was na
wie hierdie dag van liefde vernoem is? Hoekom vier ons dit juis op 14 Februarie?
2. Een legende handel oor 'n priester met die naam Valentino wat in die derde eeu in Rome gewoon het.
In Latyns beteken sy naam waardig, sterk en magtig. Keiser Claudius II het destyds besluit om
huwelike onwettig te verklaar, omdat dit mans swak soldate gemaak het. Dit het Valentino so ontstel
dat hy jong paartjies in die geheim in die huwelik bevestig het. Toe Claudius hiervan uitvind, het hy
opdrag gegee dat die goeie priester tereggestel moes word.
3. Volgens 'n ander legende is Valentino na Claudius se opdrag eers 'n ruk lank in 'n ryk man se huis
aangehou, waar hy dié se dogter van blindheid genees het. Voor sy kop op 14 Februarie 270 v.C.
afgekap is, het hy vir haar ‘n brief geskryf en dit onderteken met “Van jou Valentino”.
4. Volgens ander legendes het Valentino Christene uit die verskriklike Roomse marteltronke gehelp
ontsnap. Daar was uiteindelik so 'n deurmekaarspul rondom die ware identiteit van St. Valentino dat
die Katolieke Kerk in 1969 opdrag gegee het dat hy nie meer as 'n heilige gehuldig mag word nie,
hoewel sy naam steeds op die kerk se lys van heilige martelare is.
5. Dat die wêreld al eeue lank honger is vir liefde en hou van ‘n mooi romantiese storie, blyk uit die
(grieselrige) feit dat die arme St. Valentyn se skedel – weliswaar met vars blomme versier – in die
Basilica van Santa Maria in Cosmedin, Rome uitgestal word.
6. Al verskil historici oor wie en wat die werklike St. Valentyn nou eintlik was, staan een ding soos 'n
paal bo water: al die weergawes skep 'n prentjie van 'n romantiese, heldhaftige siel met 'n sagte hart
wat bereid was om alles te gee vir die liefde – presies nes die ideale held in liefdesverhale deur die
eeue! Wie beter om as inspirasie te dien vir 'n dag waarop miljoene mense wêreldwyd die liefde vier?
Misindeks: 7.65
Lengte: 350 woorde
1. Kies die korrekte antwoord. Een van die bekendste dae waarop die liefde gevier word, is ___
A. Jeugdag
B. Troudag
C. Valentynsdag
D. Welwillendheidsdag (1)
2. Wat het op 14 Februarie 270 v.C. met Valentino gebeur? (1)
3. Aan watter gebrek het die ryk man se dogter gely? (1)
4. Pas kolom B by kolom A deur die nommer en korrekte letter neer te skryf, bv. 4.1. A. (2)
Kolom A Kolom B
4.1 Die betekenis van Valentino. A. Keiser Claudius II.
3

4.2 Hierdie keiser het huwelike onwettig verklaar. B. Sterk, waardig en magtig.
C. Sterk, waardig en magteloos.
D. Keiser Claudius I.
5. Voltooi die onderstaande sinne deur die korrekte antwoord te kies.
5.1 Die naam Valentino is van (Latynse / Griekse) afkoms.
5.2 St. is ‘n afkorting vir die woord (sint / straat). (2)
6. In watter land het Valentino gewoon? (1)
7. Dui aan waarom die volgende stellings ONWAAR is deur ‘n gedeelte in paragraaf 2 aan te haal.
7.1 Die keiser het huwelike onwettig verklaar, omdat getroude mans goeie soldate was. (1)
7.2 Valentino het die jong paartjies in die publiek in die huwelik bevestig. (1)
8. Waarom sal Valentino in paragraaf 4 as ‘n held beskou kan word? (1)
9. Gee ‘n rede waarom jy dink St. Valentyn se skedel met blomme versier is. (1)
10. Gee TWEE ooreenkomste wat in al die legendes van Valentino voorkom. (2)
11. Wat kan jy aflei, vanuit die soldate en marteltronke, was besig om in Rome plaas te vind? (1)
12. Beskryf die ironie met betrekking tot Valentino en die Katolieke Kerk wat in paragraaf 4
voorkom. (1)
13. Dink jy St. Valentyn het as ‘n goeie voorbeeld vir ons gedien? Motiveer jou antwoord deur
TWEE redes te gee. (2)
14. Hoe sal jy jou geliefdes hierdie Valentynsdag bederf en die liefde aan hulle betoon? (2)
[20]

VRAAG 2 : VISUELE TEKS


Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat daarop volg.
4

Sluit in: Verwelkomingsdrankie


Quiche (2 opsies) en 3 slaaie
Sjokoladekolwyntjie
Wyn, druiwesap en koffie / tee

Verwerk uit: https://nomadicways.travel/show/worcester-tourism-worcester/calendar/2019-02-14?


view=day

1. Voltooi die uitdrukking: Vir die ____ van die saak. (1)
2. Waarvoor gaan die fondse wat ingesamel word? (2)
3. Hoeveel kaartjies is beskikbaar vir hierdie funksie? (1)
4. Trek hierdie advertensie jou aandag? Verduidelik waarom jy so sê deur TWEE redes te gee. (2)
5. Vir watter geslag is hierdie geleentheid bedoel? Verduidelik jou antwoord. (2)
6. Vir wie sou jy ‘n kaartjie vir hierdie geleentheid gegee het en waarom? (2)
[10]

VRAAG 3 : OPSOMMING
Bestudeer die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat daarop volg.
5

Wenke om jou geliefde te bederf op Valentynsdag

1. As jy weet jou kêrel of meisie is nie goed met geskenke koop nie, maak vir hom of haar ‘n lys
van jou top vyf-geskenkidees. Maak seker dat daardie idees elkeen se sak pas en vir hulle
maklik sal wees om te vind.

2. Valentynsdag val hierdie jaar op ‘n Dinsdag, wat beteken dat die meeste mense heeldag werk of
skoolgaan. Jy het dus slegs die oggend en aand tyd om iets te doen. Gebruik die oggend en
aand tot jou voordeel om jou Valentyn te bederf deur byvoorbeeld ‘n spesiale ontbyt en aandete
vir hulle te maak of hulle vir ‘n fliek uit te neem.

3. Gaan vir ‘n sonsondergangwildrit en na die tyd kan julle ‘n smullekker piekniek of aandete
geniet. Dit hang af wat julle voorkeure is.

4. Indien jy hom of haar vir ete wil uitneem, maak seker jy bespreek nou al jou tafel. Dit gaan
hom of haar laat voel asof jy spesiaal daarvoor tyd gemaak het en ‘n bietjie beplan het. Teen
hierdie tyd sal plekke vol bespreek wees.

5. Die grootste bederf vir enige dame sal ‘n paartjie-massering wees. Julle moet dit as ‘n paartjie
saamdoen, want dis immers Valentynsdag.

6. Daar is ‘n hele paar plekke wat hierdie Valentynsdag buitelugaande aanbied. Julle kan dan
sommer na die tyd na ‘n uitkykpunt gaan en die dorp of stad se liggies bewonder.

7. ‘n Warmlugballonrit is ideaal vir paartjies wat waaghalsig is om die sonsopkoms vanuit ‘n


lugballon te gaan kyk. Maak seker jy vat warm koffie saam en kyk saam hoe die son opkom.

8. Doen iets aktief as ‘n paartjie. Hierdie is ideaal vir die fikse mense wat lief is vir oefen. Julle
kan gaan doen wat julle as paartjie geniet om te doen soos byvoorbeeld fietsry, draf, swem of
gholf speel.

Lengte: 301 woorde


Verwerk uit: https://www.netwerk24.com/netwerk24/promosie/wenke-om-jou-geliefde-te-bederf-op-
valentynsdag-20220203

 Skryf ʼn opsomming van 70 - 80 woorde in jou eie woorde oor die teks deur agt wenke te gee
om jou geliefde te bederf.
 Dit moet uit ‘n eerste en finale weergawe bestaan.
 Dit moet in een paragraaf wees met ‘n gepaste titel.
[10]
6

VRAAG 4 : TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES


Bestudeer die strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.

2. 3. 4.

5. 6. 7.

1. Gee die vroulike vorm van die woord hond in raampie 2. (1)
2. Skryf die onderstaande woorde in oop en geslote lettergrepe.
2.1 vanaand (1)
2.2 spyskaart (1)
3. Verdeel die woord alles in klankgrepe. (1)
4. Gee die intensiewe vorm van die woord snaaks. (1)
5. Gee die oortreffende trap van die woord snaaks. (1)
6. Skryf die korrekte antwoord neer. Die woord my in raampie 2 is ʼn voorbeeld van ʼn...
A. onpersoonlike voornaamwoord.
B. persoonlike voornaamwoord.
C. betreklike voornaamwoord.
D. besitlike voornaamwoord. (1)
7. Gee die meervoud van die woord meneer. (1)
8. Gee die verkleining van die woord spyskaart. (1)
9. Pas kolom B by kolom A deur die korrekte letter by die gepaste nommer te skryf, bv. 9.1. A.
Kolom A - Woordsoort Kolom B - Voorbeeld
9.1 Soortnaam A. Wat
9.2 Hoofwerkwoord B. gee
9.3 Vraende voornaamwoord C. ‘n
7

9.4 Bepaalde lidwoord D. met


E. die
F. spyskaart
(4)
10. Dui aan of die onderstaande sin ‘n letterlike of figuurlike betekenis het.
Charlie gaan op sy hond ‘n poets bak. (1)
11. Dui aan of die onderstreepte woord in die volgende sin ‘n attributiewe of
predikatiewe byvoeglike naamwoord is.
Wil u die smaaklike spyskaart sien? (1)
12. Gee die afkorting van die woord Frankryk. (1)
13. Dui aan of die onderstaande woorde ‘n basis, afleiding, samestelling of samestellende
afleiding is.
13.1 spyskaart (1)
13.2 hond (1)
14. Dui aan waarom die onderstaande stellings oor klankverskynsels onwaar is.
14.1 Spyskaart geskryf as spuiskaart word met spleetvormige lippe uitgespreek en is
ontronding. (1)
14.2 Snoopy sit oppie hondehok is ‘n voorbeeld van oorronding. (1)
[20]

Groottotaal: 60

You might also like