Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 17

Die engelman

Izak De Vries
Vrae
LETTERLIK
Vraag 1.
1.1. Watter tyd van die dag het Chris ‘n brief gekry? (1)
1.2. Wie het vroegoggend vebry Chris geloop toe hy die brief gekry
het? (1)
1.3. Watter taal het die meisies gepraat wat vroegoggend verby Chris
geloop het op die dag wat hy die brief gekry het? (1)
1.4. Wie wil Chris naby hom hê sa hy so verlang? (1)
1.5. Watter deel van sy liggaam onthou sy pa se groet? (1)
1.6. Watter deel van sy liggaam onthou sy ma se groet? (1)
1.7. Watter deel van sy liggaam onthou sy Natalie se groet? (1)
1.8. Wat het Natalie anders as ander meisies gemaak? Gee twee feite.
(2)
1.9. Noem DRIE dinge wat hy saam met ander meisies gedoen het. (3)
1.10. Wie wou nie dat Natalie saam met hom Engeland toe gaan nie?
(1)
1.11. Wat het hy amper gedoen toe dit gebeur het? (1)
1.12. Waarin is beide hy en Natalie geïnteresseerd?
1.13. Wat is die naam van die klein kusdorpie in Engeland waar Chris
gaan werk het nadat hy graad 12 klaargemaak het? (1)
1.14. In watter deel van Engeland is Dover? (1)
1.15. Watter bekende natuurkundige is van Dover? (1)
1.16. Watter baie bekende boek, waarvan daar later ‘n film gemaak is,
is in Dover geskryf? (1)
1.17. Watter nie so bekende film is in Dover geskiet? (1)
1.18. Wat was die grootste verskil tussen Natalie en ander meisies wat
Chris gehad het? (1)
1.19. Wat kon sy ander meisies nie glo van “iemand so slim soos hy”
nie? (1)
1.20. In watter graad het Chris alreeds geweet hy wil Dover toe gaan?
(1)
1.21. Wat moet Chris doen om nie te huil nie omdat hy na Natalie
verlang? (1)
1.22. Hoe is die weer op die spesifieke fag. Gee TWEE feite. (2)
1.23. Wat het hy in die taxi wat hom nie eers warm hou nie? (1)
1.24. By watter universiteit het Natalie gaan studeer? (1)
1.25. Waaroor het Natalie meestal in haar briewe geskryf? Gee TWEE
feite. (2)
1.26. Wat se werk doen Chris in Dover? (1)
1.27. Wat doen hy met die meeste van die geld wat hy verdien? (1)
1.28. Waar bly hy? (1)
1.29. Waarvoor spaar Chris? (1)
1.30. Wat is die spotnaam wat baie hom noem? (1)
1.31. Wat is die naam van die boek wat Natalie gelees het? (1)
1.32. Watter VIER dinge het Natalie in haar brief aan hom gesê? (1)
1.33. Wanneer is die taxi’s baie besig? (1)
1.34. Hoe luister Chris na sy kliënte? (1)
1.35. Wat gebruik hy om almal tuis te laat voel? (1)
1.36. Wat deel Chris met sy passasiers? (1)
1.37. Waarvan maak Chris seker met sy kliënte? (1)
1.38. Waarvan is Chris die jongste in Dover en heel moontlik in
Engeland? (1)
1.39. Waarop is sy baas baie trots? (1)
1.40. Hou Chris van die beskrywing? (1)
1.41. Kan witkoppe met blou oë, soos hy en Natalie, ook Africans wees?
(1)
1.42. Waaroor wonder Chris al die hele oggend? Gee TWEE feite. (2)
1.43. Wie, wat altyd in Engeland sukkel, begin terugkeer skip toe? (1)
1.44. Wat se graad wil Chris aan die universiteit verwerf? (1)
1.45. Hoekom sal hy self daarvoor moet betaal? (1)
1.46. Hoe sal hy die eerste twee of drie jaar sy studies finansier? (1)
1.47. Wat sal hy daarna kry? (1)
1.48. Wat is ook duur? (1)
1.49. Wat hou hom “reg in die kop” (1)
1.50. Wat wil hy gaan doen na sy werk daardie aand? (1)
1.51. Van wie wil hy wegbly? (1)
1.52. Hoekom wil hy van hulle af wegbly. Gee TWEE feite. (2)
1.53. Waaroor is hy bly? (1)
1.54. Wat gaan amper vertrek? (1)
1.55. Wie was amper laat? (1)
1.56. Watter DRIE dinge doen hy toe hy die Amerikaners aflaai? (3)
1.57. Waarnatoe is hy toe oppad met sy taxi? (1)
1.58. Hoekom besluit hy om na die middestad toe te gaan met sy taxi?
(1)
1.59. Wie sien hy op ‘n afstand na die skip toe hardloop? Gee TWEE
feite. (2)
1.60. Wat doen Chris toe? (1)
1.61. Wat sê die een meisie toe hy by hulle stop? Skryf die DRIE dinge.
(3)
1.62. Wat sê hy vir haar? Gee die TWEE dinge? (2)
1.63. Wat se instruksie en vloekwoord snou sy hom toe toe? (2)
1.64. Hoekom dink Chris aan sy pa na die aanmerking van die meisie?
(1)
1.65. Wat doen sy pa-hulle nog steeds? (1)
1.66. Hoe beskryf hy die meisie wat langs hom sit? (1)
1.67. Wat sou hy graag die hele aand wou doen? Gee TWEE feite. (2)
1.68. Waar sit die ander blondine? (1)
1.69. Hoe vinnig jaag Chris na die skip toe? (1)
1.70. Wat sê die meisie langs hom toe sy na hom toe draai? (1)
1.71. Waarvan hou die meisie langs hom in mans? (1)
1.72. Wat sê hy toe vir haar wat haar die indruk gee dat hy hulle nie
verstaan nie? (1)
1.73. Wat dra sy? (1)
1.74. Wat se naam gee sy hom? (1)
1.75. Hoe korrigeer haar vriendin haar? (1)
1.76. Hoekom sê sy noem sy hom die naam? Gee TWEE feite. (2)
1.77. Hoekom jaag Chris? (1)
1.78. Waarvan kry hy min kans? (1)
1.79. Wat doen sy die heeltyd terwyl hy ry? (1)
1.80. Waaroor is sy jammer? (1)
1.81. Wat wil sy doen? (1)
1.82. Hoekom wil sy dit doen? (1)
1.83. Hoekom wil sy dit nie doen nie? Gee TWEE feite. (2)
1.84. Watter skrywer se boek is in Chris se taxi? (1)
1.85. Hoekom is die meisie beïndruk hieroor? (1)
1.86. Het die meisie al die boek van die skrywer gekoop? (1)
1.87. Het sy al die boek gelees? (1)
1.88. Wat sê Silina se vriendin het die engele in flieks tussen die bene?
(1)
1.89. Wat se mooi liggaamsdeel van Chris, sê Salina, kan sy lekker
daar sit en dophou? (1)
1.90. Waaroor kla sy? Gee TWEE feite. (2)
1.91. Wat sê Chris vir haar toe die hek van die hawe nader kom? (1)
1.92. Wat sê sy toe wat die drie agter laat proes? (1)
1.93. Hou Chris daarvan? (1)
1.94. Wat oorweeg Chris om te doen? (1)
1.95. Wat doen Chris toe hy betrap was dat hy na Salina kyk? (1)
1.96. Hoekom is Salina se rugsak swaar? (1)
1.97. Wie betaal Chris? (1)
1.98. Wat moet Chris teenoor homself erken? (1)
1.99. Hoekom bloos Chris toe? (1)
1.100. Wat doen hy toe sy wegstap? (1)
1.101. Wat doen sy toe hulle oë ontmoet nadat sy omgedraai het?
Gee TWEE feite. (2)
1.102. Wat doen sy toe? (1)
1.103. Wat sê hy vir homself toe sy in die ry gaan staan om deur
sekuriteit te gaan? (1)
1.104. Oor hoeveel dae gaan Salina in Londen wees? (1)
1.105. Hoe lank gaan Salina in Londen wees? (1)
1.106. Wat moet Chris doen om van sy werk af te kry? (1)
1.107. Wat skryf Chris voor in die boek? Gee VIER feite. (4)
1.108. Wat skree Chris vir Salina toe sy al op die loopplank is? (1)
1.109. Wat is Salina se reaksie? Gee DRIE feite. (1)
1.110. Wat doen sy met die boek toe sy dit kry? (1)
1.111. Hoekom belsuit Chris om na ‘n klein, klein kroegie te gaan?
(1)
1.112. Hoekom wil hy vanaand een bier op homself drink? (1)
1.113. Waaroor is hy bekommerd oor Salina? Noem VIER feite. (1)
1.114. Wat se opmerking maak die kroegman teenoor hom? (1)
1.115. Wat doen hy en die kroegman saam op stil aande? (1)
1.116. Wat bied die kroegman Chris aan om te eet? (1)
1.117. Wat het Chris laat vergeet van sy rowwe dag? Gee TWEE
feite. (2)
1.118. Hoe voel Chris op daardie oomblik? (1)
1.119. Hoe is die weer? (1)
1.120. Wat se gevoel kan Chris nie afksud nie? (1)
1.121. Wat gaan die kroegman vir Chris verniet gee saam met sy
pastei? (1)
1.122. Hoekom doen die kroegman dit? (1)
1.123. Wat sal sy ouers nie verstaan nie? (1)
1.124. Watter tipe mense, volgens sy ouers, gaan kroeg toe? (1)
1.125. Hoekom, volgens sy ouers, gaan mense kroeg toe? (1)
1.126. Wat se tipe pastei is dit wat hy eet? (1)
1.127. Wie stuur toe vir hom ‘n boodskap oor sy selfoon? (1)
1.128. Wat is Salina te bang om te doen? (1)
1.129. Wil Salina Chris in Londen ontmoet? (1)
1.130. Wanneer sal sy hom weer sms? (1)
1.131. Hoe stadig sê Chris moet hulle hulle verhouding vat toe hy
haar terug antwoord? (1)

NIE-LETTERLIK
Vraag 2.
2.1. Pas KOLOM A by KOLOM B n.a.v. die eerste sin, wat later in die
verhaal duidelik word; (3)
KOLOM A KOLOM B
2.1.1. Dat toe mos kom A Die inhoud daarvan is dat Natalie
iemand anders ontmoet het.
2.1.2. Vandag B Chris is ontsteld.
2.1.3. die brief C Chris verlang huistoe.

2.2. Tref ‘n vergelyk tussen ’n paar meisies wat daardie oggend verby
was wat Afrikaans gepraat het en Natalie wat hy dan weer vir naby
hom wil hê. (2)

2.3. Verduidelik:
a. Sy hand onthou sy pa se groet. (1)
b. Sy wange onthou sy ma se soene. (1)

2.4. Hoekom dink jy het hy amper die hele Engeland-storie afgestel?


(1)

2.5. Verduidelik:
a. Natalie was werklik die eerste meisie op wie hy hartgrondig
verlief was. (1)
b. Daar was al soene in die bus, sokkies saam met iemand wat
sy hart laat fladder het, flieks waarvan hy nooit die storie sou
kon oorvertel nie. (1)

2.6. Wat kan ons aflei uit die volgende aanhaling: “ of wat nie kon glo
dat “iemand so slim soos hy” eers ’n jaar wil gaan werk voor hy
gaan studeer nie.” (2)

2.7. Wat se karaktereienskap het Chris as dit in die verhaal sê: “ In


graad 11 het hy al geweet hy wil in Dover kom werk.” (1)

2.8. Verduielik:
a. hom oor ’n mik gewerk. (1)
b. Dis ’n grys dag. (2)

2.9. Watter universiteit word “Maties” genoem? (1)

2.10. Verduidelik: “Maar hy was tot nou toe heel bereid om te wag
vir Natalie.” (2)
2.11. Beskryf Chris se huidige akomodasie as hy sê: “Soos hier wil
hy in Suid-Afrika ’n klein kamertjie huur waar hy sy rekenaar, sy
boeke en sy kamera kan neersit. (1)

2.12. Wat is Chris se stokperdjies n.a.v. die dinge wat hy in sy


kamer het volgens die bg. vraag? (3)

2.13. Verduidelik: “Hy spaar vir die voorreg om te studeer sonder


die sotternye van ander om hom.” (2)

2.14. Noem ‘n paar “sotternye” van student. (4)

2.15. Hoekom noem baie hom “Ou suurknol”? (2)

2.16. Verduidelik: “Natalie het daardie ver kyk in haar oë gehad


toe sy Possession toegemaak het.” (2)

2.17. Hoekom was hulle sedert sy Possession gelees het


onafskeidbaar? (1)

2.18. Met die aanhef van die brief van Natalie sê sy “Beste Chris”
wat onmiddelik sinspeel op niks meer as vriendskap nie. Gee die
inhoud van haar brief in een sin. (2)

2.19. Verduidelik: “Ek gaan met die deur in die huis val.”

2.20. Waarna dink jy verwys Natalie as sy praat van "die Bos”? (1)

2.21. Verduidelik: “…want ek weet jy sal wil aanhou briewe kry.”


(2)

2.22. Hoekom is Chris bly omdat hy op daardie spesifieke dag


besig is? (2)

2.23. Verduidelik: “As die groot skepe hier vasmeer, dan ry die
taxi’s.” (2)

2.24. Hoekom moet Chris vriendelik na sy klante luister? (1)

2.25. Hoekom sal sy perfekte Engelse aksent almal tuis laat voel?
(1)

2.26. Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die aanhaling wat


sê dat Chris die omgewing baie goed ken.
Hy deel sy grondige kennis van die omgewing met die passasiers en
maak seker dat elkeen spesiaal voel.

2.27. Hoekom verwys die baas na hom as sy “African driver”? (1)

2.28. Hoekom dink jy hou hy van die beskrywing? (2)

2.29. Kan witkoppe met blou oë, soos hy Africans wees?


Verduidelik jou antwoord.(2)

2.30. Hoekom dink jy wil Natalie nie sê wie dit is met wie sy ‘n
verhouding het nie? (1)

2.31. Hoekom dink jy sukkel die Amerikaners altyd in Engeland?


(1)

2.32. Gee ‘n sinoniem vir “fooitjies”. (1)

2.33. Hoeveel kos dit om ’n ingenieursgraad te doen? (1)

2.34. Hoekom dink jy is beurse vir ingeneurswese skaars? (2)

2.35. Chris sê hy sal die eerste twee of drie jaar self betaal om
ingeneurswese te studeer en daarna sal hy hulle wys. Wat bedoel
hy hiermee? (2)

2.36. Hoekom sal sy pa en ma bekommerd wees of hy beurse kry


of nie? Verduidelik volledig. (2)

2.37. Waarop spandeer Chris die meeste van sy geld op die


oomblik? (1)

2.38. Hoekom dink jy sê hy “boeke en flieks hou hom reg in die


kop.” (2)

2.39. Hoekom wil ander Suid-Afrikaners die hele tyd hê hy moet


saam met hulle dronk word en probeer score met die Engelse
meisies? (2)

2.40. Hoekom dink jy wil hy spesifiek niks met Suid-Afrikaner


daardie dag te doen hê nie? (2)

2.41. Hoekom is hy bly dat hy besig is? (1)


2.42. Gee ‘n sinoniem vir “gul”. (1)

2.43. Hoekom sal hy nadat hy die Amerikaners afgelaai het nie


meer so besig wees nie? (1)

2.44. Gee ‘n sinoniem vir "ouens”. (1)

2.45. Hoekom sê hy “Mal, maller, malste hardloop hulle skip toe”.


(1)

2.46. Gee ‘n sinoniem vir “lepel” soos dit gebruik word in “trap die
lepel” (1)

2.47. Hoe kon Chris in die EEN sin wat die mooi meisie in
Afrikaans sê agterkom sy is van die Bo-Kaap? (1)

2.48. Wat dink jy sou sy pa gesê het oor die afkoms van die mense
uit die Bo-Kaap? (1)

2.49. Hoe dink mense wat in hokkies dink? (2)

2.50. Hoekom is dit ironies dat die die blondine wat vasgedruk sit
tussen die twee mans vra “Sê nou hy verstaan jou?” (1)

2.51. In watter konitasie kan die goue kruisie wat Silina dra Chris
aan sy pa herinner? (1)

2.52. Wat dink jy wou Chris doen toe hy dink “Onse taal”? (1)

2.53. As Silina sê sy wil Chris soen kan ‘n mens dink dat sy maar
‘n los meisie is omdat sy hom nie eers ken nie. In Salina se SMS
aan Chris word die teendeel bewys. Verduidelik. (2)

2.54. Hoekom moet ’n vrou haar plek in die vreemde ken? (2)

2.55. Wat se tipe boeke skryf Umberto Ecco? (1)

2.56. Wat sê dit van Silina dat sy ook van Umberto Ecco se boeke
lees? (1)

2.57. Wat sê dit vir ons van Silina se vriendin as sy sê dat engele
in die flieks niks tussen die bene het nie en Silina antwoord dat dit
haar gebied daardie is? (1)
2.58. Wat sê dit vir ons as Silina sê: “Ai, hoekom moet ek altyd die
regte mans op die verkeerde plek raakloop?” (1)

2.59. Gee ‘n sinoniem vir “proes”. (1)

2.60. Verduidelik: “Hy’s betrap”. (2)

2.61. Wat ervaar Chris omdat hy die heeltyd vir homself herhaal
“Sy lees Ecco” (1)
2.62. Die verteller sê: “En vir die tweede keer in sy lewe doen hy
iets heeltemal reg.” Wat dink jy was die eerste ding wat Chris reg
gedoen het? (1)
2.63. Wat word gesuggureer deur Chris wat skryf: “Vir die enigste
ander jong mens wat Ecco lees?” (1)
2.64. Hoekom breek Silina se mond oop in ‘n reuse-glimlag toe sy
die boek sien? (1)
2.65. Verduidelik: “I’ll give you ‘alf a pint on the ‘ouse.” (1)
2.66. Verduidelik: “ Die dag begin hom inhaal.”
2.67. Bespreek die positiewe en die negatiewe van die volgende
stelling: “net sleg mense drink en jy het net kroeg toe gegaan om
heeltemal dronk te word.” (4)
2.68. Skryf Silina se hele SMS in goeie volsinne in korrekte
Afrikaans. (7)
2.69. Skryf Chris se hele SMS in goeie volsinne in korrekte
Afrikaans. (3)

Vormaspekte
Vraag 3.
3.1. Skryf die kronoliese verloop van gebeure in die verhaal. (20)
3.2. Alhoewel dit nie pertinent genoem en bespreek word nie is daar
tog konflik in die verhaal. Tusen watter twee karakters is daar
konflik. Haal aan uit die storie om dit te staaf. (2)
3.3. Bespreek al die karakters in die storie in detail. (20)
3.4. Watter tipe verteller is aan die woord in die verhaal? (1)
3.5. Bespreek die ironie in die verhaal. (5)
3.6. Wat veroorsaak die intrige in die verhaal. (2)
3.7. Bepreek die ruimte of die milieu in die verhaal. (10)
3.8. Bespreek die stemming in die verhaal. (5)
3.9. Wat is die tema van die verhaal. (2)

Memorandum
LETTERLIK
Vraag 2.
1.1. Vroegoggend. (1)
1.2. ‘n Paar meisies. (1)
1.3. Afrikaans. (1)
1.4. Natalie. (1)
1.5. Sy hand. (1)
1.6. Sy wange. (1)
1.7. Sy hele lyf. (1)
1.8. Natalie was nie soos die ander wat verveeld geraak het met sy
boekkennis nie, of wat nie kon glo dat “iemand so slim soos hy”
eers ’n jaar wil gaan werk voor hy gaan studeer nie. (2)
1.9. Op die bus gery, saam sokkies toe gegaan en gaan fliek. (3)
1.10. Natalie se pa. (1)
1.11. Hy het amper die hele Engeland-storie afgestel. (1)
1.12. Sy is ook geïnteresseerd in die geskiedenis en die wit kranse van
Dover. (2)
1.13. Dover. (1)
1.14. In die suide van Engeland. (1)
1.15. Charles Darwin. (1)
1.16. The French Lieutenant’s Woman. (1)
1.17. Possession. (1)
1.18. Natalie het nie met sy boekekennis verveeld geraak nie. (1)
1.19. Dat hy eers ’n jaar wil gaan werk voor hy gaan studeer nie. (1)
1.20. Graad 11. (1)
1.21. Sy onderlip byt. (1)
1.22. Die dag is grys en koud. (2)
1.23. ‘n Verwarmer. (1)
1.24. Maties. (Universiteit van Stellenbosch) (1)
1.25. Die studentelewe en die ander ouens. (2)
1.26. Hy is ‘n taxibestuurders. (1)
1.27. Hy spaar dit. (1)
1.28. In ‘n klein kamertjie. (1)
1.29. Vir sy studies. (1)
1.30. Suurknol. (1)
1.31. Possession. (1)
1.32. Daar is iemand by Maties wat baie in haar belangstel, sy wil
steeds sy vriend wees, sy vra dat hy moet verstaan die ou nader
is en sy sê dat sy later weer sal skryf. (4)
1.33. As die groot skepe hier vasmeer. (1)
1.34. Vriendelik. (1)
1.35. Sy perfekte Engelse aksent. (1)
1.36. Sy grondige kennis van die omgewing. (1)
1.37. Dat elkeen spesiaal voel. (1)
1.38. Taxibestuurder. (1)
1.39. Sy “African driver”. (1)
1.40. Ja. (1)
1.41. Ja. (1)
1.42. Wie dit is wat in Natalie belangstel en waarom sy nie sê wie dit is
nie. (2)
1.43. Die Amerikaners. (1)
1.44. ‘n Ingenieursgraad. (1)
1.45. Dit is duur. (1)
1.46. Hy sal slef daarvoor betaal. (1)
1.47. Beurse. (1)
1.48. Boeke. (1)
1.49. Films. (1)
1.50. Dalk maar ‘n bier gaan drink. (1)
1.51. Die Suid-Afrikaners. (1)
1.52. Hulle wil die hele tyd hê hy moet saam met hulle dronk word en
probeer score met die Engelse meisies. (2)
1.53. Dat hy besig is. (1)
1.54. Die boot. (1)
1.55. Die laaste Amerikaners. (1)
1.56. Hy laai al hulle pakkies af, groet vriendelik, glimlag gul vir die
fooitjie. (3)
1.57. Middestad. (1)
1.58. Omdat dit nou stiller gaan raak. (1)
1.59. Twee meisies en twee ouens. (2)
1.60. Hy trap die lepel in, ry blitsig tot daar. (1)
1.61. “Ship,” “Quick. It leaves half past.” (3)
1.62. “I’ll be quick,” sê hy. “But there is a speed limit.” (2)
1.63. “Ry net, bliksem,” (2)
1.64. Sy pa sou ’n hele lang storie gehad het oor die afkoms van die
mense uit die Bo-Kaap (1)
1.65. Hulle sit mense in hokkies. (1)
1.66. Sy is pragtig. (1)
1.67. Hy sou graag die hele aand na haar wou sit en luister hoe mooi
sy Afrikaans praat. (2)
1.68. Agter vasgedruk tussen die twee mans. (1)
1.69. Segtig myl per uur. (1)
1.70. Sy wens hy kon haar verstaan. (1)
1.71. Sy hou van mans wat luister. (1)
1.72. “I beg you pardon?” (1)
1.73. ‘n Goue Kruisie. (1)
1.74. Engelman. (1)
1.75. Sy vra of sy nie bedoel Engelsmannetjie nie. (1)
1.76. Hy het gestop net toe sy op haar hardste begin bid het en hy ry
vér oor die spoedgrens. (2)
1.77. Hy wil ‘n indruk maak. (1)
1.78. Om na haar te kyk. (1)
1.79. Sy kyk na hom. (1)
1.80. Dat hy haar nie verstaan nie. (1)
1.81. Sy wil hom soen. (1)
1.82. Sy wou nog altyd ‘n engel soen. (1)
1.83. Sy sy dat haar dalk kan aankla vir seksuele flirtasies of sukke
goed en ’n vrou moet haar plek ken in die vreemde. (2)
1.84. Umberto Ecco. (1)
1.85. Dis die enigste ander mens in die wêreld wat sy al gesien het wat
Eco lees. (1)
1.86. Nee. (1)
1.87. Nee. (1)
1.88. Niks. (1)
1.89. Sy boudjies. (1)
1.90. Sy wonder hoekom sy altyd die regte mans op die verkeerde plek
raakloop. (2)
1.91. “Hold Steady” OF Hy sê dat sy moet vashou. (1)
1.92. Sy sê dat sy enige styf aan hom sal vasklou. (1)
1.93. Ja. (1)
1.94. Om oor te leun en haar te soen. (1)
1.95. Hy spring vinnig uit die kar uit. (1)
1.96. Dit is vol boeke. (1)
1.97. Een van die mans. (1)
1.98. Silina is mooi. (1)
1.99. Hy dink aan haar aanmerking oor sy boude. (1)
1.100. Hy loer onwillekeurig na haar. (1)
1.101. Sy skrik en kyk onmiddellik weg. (2)
1.102. Sy stop weer, draai om, lig haar hand en waai. (1)
1.103. Hy gaan haar laat wegkom. (1)
1.104. Twee dae. (1)
1.105. Vir drie dae. (1)
1.106. Net vra. (1)
1.107. Hy gee die boek vir haar omdat sy Eco lees. Hy weet sy dok
oor drie dae in Londen en dat hy daar kan wees en hy gee vir
haar sy selfoonnommer. (4)
1.108. “Miss! Miss! You forgot something!” (1)
1.109. Sy vries, sy herken die boek en sy glimlag. (1)
1.110. Sy druk dit teen haar bors. (1)
1.111. Want daar sal nie Suid-Afrikaners wees nie. (1)
1.112. Omdat hy vir die tweede keer in sy lewe die regte ding gedoen
het. (1)
1.113. Hy dink dat sy dalk getroud is of dalk het sy ‘n kêrel of dalk
is sy kwaad as sy agterkom hy het haar die hele tyd verstaan of
dalk dink sy hy dink sy is los en maklik. ‘(4)
1.114. “Lookin’ a bit stressed there, mate” OF Die kroegman sê hy
lyk ‘n bietjie gestres. (1)
1.115. Lees saam. (1)
1.116. “Pie” of Pastei. (1)
1.117. Die euforie van sy ontmoeting met die meisie uit die Kaap. (2)
1.118. Baie moeg. (1)
1.119. Dis koud. (1)
1.120. Die gevoel van verlies. (1)
1.121. Half a pint OF ‘n 500ml bier. (1)
1.122. Hy weet Chris is nie een wat dronk word en homself
wangedra nie. (1)
1.123. Sy pa en ma sal nie verstaan dat hy vanaand kroeg toe
gekom het nie. (1)
1.124. Slegte mense. (1)
1.125. Om dronk te word. (1)
1.126. Beesvleis en niertjies. (1)
1.127. Silina. (1)
1.128. Om hom te bel. (1)
1.129. Ja. (1)
1.130. Wanneer sy minder bloos (verleë voel). (1)
1.131. Soos iemand wat ‘n boek van Umberto Ecco lees. (1)

NIE-LETTERLIK
4.
4.1. Pas KOLOM A by KOLOM B
2.1.1. B - Chris is ontsteld.
2.1.2. C - Chris verlang huistoe.
2.1.3. A - Die inhou daarvan is dat Natalie iemand anders ontmoet het.
die brief
4.2. Die meisies praat Afrikaans en is dus van Suid-Afrika en dit laat
hom na haar verlang. (2)
4.3. Verduidelik:
4.3.1. Sy pa het hom met die hand gegroet toe hy vetrek het. (1)
4.3.2. Sy ma het hom op die wange gesoen toe hy vertrek het. (1)
4.4. Hy was teleurgesteld omdat Natalie nie kon saamgaan nie en hy
wou nie sonder haar wees nie. (1)
4.5. Verduidelik:
4.5.1. Natalie was die eerste meisie op wie hy regtig verlief geraak het.
(1)
4.5.2. Hy het al baie ander meisies gehad. (1)
4.6. Die meisies is oppervlakkig en kon nie glo dat hy nie onmiddellik
universiteit toe gegaan het nie maar eerder oorsee wil gaan. (2)
4.7. Hy is gefokus en ambisieus. (1)
4.8. Verduielik:
4.8.1. Hy het baie hard gewerk. (1)
4.8.2. Dit is bewolk, koud en dit reën. (2)
4.9. Universiteit van Stellenbosch. (1)
4.10. Hy was bereid om met niemand anders uit te gaan nie omdat
Natalie sy meisie is. (2)
4.11. Dit is klein en beknop met moontlik net een vertrek. (1)
4.12. Hy is knap met die rekenaar en hou van lees en fotografie. (3)
4.13. Hy spaar vir sodat hy kan konsentreer op sy studies en nie
hoef deel te hê aan die lawwe aktiwiteite van die ander studente
nie. (2)
4.14. Drink, karnavalle, danse, gaan fliek, sosialisering, massa. (4)
4.15. Omdat hy ‘n ernstige student is en nie prêt het nie. (2)
4.16. Natalie was diep geraak deur die boek toe sy dit klaar gelees
is. (2)
4.17. Omdat hulle toe besef het dat hulle dieselfde dinge in gemeen
het. (1)
4.18. Sy het iemand ander ontmoet maar sal nog steeds in kontak
met Chris bly. (2)
4.19. Sy gaan onmiddellik sê wat sy te sê het. (1)
4.20. Die universiteit. (1)
4.21. Sy weet hy sal eensaam wees eb will weet wat in Suid-Afrika
aangaan en sy sal hom dus op hoggte hou. (2)
4.22. Sy aandag word efgelei en dus hoef hy nie te dink aan die
brief wat Natalie gekryf het nie. (2)
4.23. Daar is toeriste op die groot skepe wat die taxi’s gebruik en
dus is hulle dan baie besig. (2)
4.24. Hy lewer ‘n diens en hoe vriendeliker hy is hoe meer is die
fooitjie wat hy kry. (1)
4.25. Almal dink dan hy is van Engeland en dat hy dus weet wat
aangaan en wat waar is. (1)
4.26. grondige kennis. (1)
4.27. Omdat hy van Afrika is. (1)
4.28. Omdat dit hom uniek maak en spesiaal laat voel. (2)
4.29. EIE OPINIE. (2)
4.30. Omdat dit tien teen een iemand is wat hy ken. (1)
4.31. Amerikaners word gepamperlang in Amerika en as hulle na
enige ander land toe gaan is hulle verlore. (1)
4.32. Geld. (1)
4.33. NAVORSING (1)
4.34. EIE OPINIE (2)
4.35. Hy sal eers self betaal en daarna sal sy punte so goed wees
dat hulle vir hom beurse sal gee. (2)
4.36. As hy nie beurse kry nie sal sy ouers moet betaal vir sy
studies en dit is baie geld. (2)
4.37. Boeke en films. (1)
4.38. Boeke en flieks hou hom gefokus en verstandelik gesond. (2)
4.39. Omdat hy ‘n Suid-Afrikaner in Engeland is en die area en die
mense ken. (2)
4.40. Dit sal hom die heeltyd laat dink aan Natalie en Suid-Afrika
en dan sal hy meer depredief wees. (2)
4.41. sien 2.22. (1)
4.42. vrypostig, baie. (1)
4.43. Dan is al die toeriste op die skip. (1)
4.44. mans / kêrels. (1)
4.45. Daar is chaos omdat hulle laat is, hulle is deurmekaar en
haastig. (1)
4.46. petrolpedaal. (1)
4.47. Hy kon aan haar aksent of die brei van die “r” gehoor het of
selfs dat sy gevloek het. (1)
4.48. Die mense het nie klas of morele en waardes nie. (1)
4.49. Hulle dink dat almal wat nie soos hulle lyk, praat, aantrek of
optree nie verkeerd is. (2)
4.50. Want Chris verstaan juis elke woord wat Silina sê. (1)
4.51. Sy pa is christelik of godsdienstig. (1)
4.52. Hy wou haar reg help OF hy wou sê dat sit sy taal ook is. (1)
4.53. Sy sê hulle moet dit stadig vat wat bewys sy is nie los nie. (2)
4.54. Want sy weet nie hoe die mans daar sal reageer nie en sy
weet nie wat hulle gebruike is nie en sy is per slot van sake in ‘n
vreemde land. (2)
4.55. Diepsinnige intellektuele boeke. (1)
4.56. Sy is ‘n diep, intellektuele mens. (1)
4.57. Sy is ‘n los meisie. (1)
4.58. Sy het tot duser ook nie baie sukses gehad met verhoudings
nie. (1)
4.59. skaterlag. (1)
4.60. Hy is uitgevang; sy kan dalk sien dat hy verstaan het wat sy
sê. (2)
4.61. Innerlike konflik. (1)
4.62. Hy het oorsee gegaan om geld te verdien om te gaan studeer
t.s.v. die feit dat Natalie nie kon saamgaan nie. (1)
4.63. Vir iemand wat soos ek is, jy is my tiepe mens. (1)
4.64. Sy wou juis die boek koop en self ook lees. (1)
4.65. Die kroegman gaan vir hom ‘n 500ml bier verniet gee. (1)
4.66. Die werklikheid van die besige dag met alles wat gebeur het
word ‘n werklikheid. (1)
4.67. Sommig mense wat kroeë toe gaan is sleg want hulle gaan
soontoe om dronk te word en moeilikhei te maak maar sommige
mense gaan soontoe om te sosialiseer of om te ontspan en ‘n
drnakie te geniet na ‘n harde dag. (4)
4.68. Ek het so gebloos. Ek is te bang om te bel. Baie dankie. Jy is
tog ‘n engelman. Ja, kom asseblief Londen toe, maar ons moet dit
net stadig vat. Ek sal jou weer SMS as ek minder bloos.
4.69. Ons moet dit stadig vat, ja soos ‘n mens vir Ecco lees. Jy was
ook vandag ‘n engel gewees. Dankie. (3)

Vormaspekte
Vraag 3
3.1. Kronoliese verloop van gebeure
4.69.1. Chris kry ‘n brief van Natalie en lees dit.
4.69.2. Chris sien Afrikaans sprekende meisies wat verby hom loop en
hy verlang terug na Suid-Afrika en Natalie.
4.69.3. Chris werk hard die oggend en gaan haal toeriste van ‘n skip
wat gedok het.
4.69.4. Chris vat die toeriste terug skip toe.
4.69.5. Chris sien vier mense wat skip toe hardloop.
4.69.6. Chris tel hulle op.
4.69.7. Silina sê hy moet vinnig ry.
4.69.8. Chris maak of hy nie Afrikaans verstaan nie.
4.69.9. Oppad skip toe maak Silina verskeie aanmerkings teenoor
Chris.
4.69.10. Silina se vriendin is bekommerd dat Chris haar dalk sal
verstaan.
4.69.11. Silina is beïndruk dat Chris Ecco lees.
4.69.12. Chris laai Silina en haar maats af.
4.69.13. Chris word amper betrap dat hy wel Afrikaans verstaan.
4.69.14. Chris ervaar innerlike konflik.
4.69.15. Chris skryf ‘n nota in die boek wat Silina bewonder het.
4.69.16. Chris laat dit aanstuur na haar toe.
4.69.17. Silina glimlag en druk die boek styf teen haar vas.
4.69.18. Chris gaan na ‘n klein kroegie toe en drink ‘n bier en eet ‘n
pastei.
4.69.19. Hy kry ‘n boodskap van Silina.
4.69.20. Hy antwoord haar boodskap.
3.2. Daar is gesuggureerde konflik tussen Chris en sy pa. Toe Chris
vir Silina en haar maats optel dink hy onmiddellik aan hoe sy pa
Silina sou kritiseer oor haar taalgebruik. Later verwys hy weer na
sy pa as hy sien dat Silina ‘n kruisie dra en dink dat t.s.v. die feit
dat sy voreër gevloek, sy tog ‘n christen is en dat dit sy pa se
goedkeuring sal wegdra. Later dink hy weer aan sy pa toe hy in
die kroeg is en dink hoe sy pa-hulle altyd gesê het net slegter
mense gaan krog toe terwyl dit eintlik glad nie die gevl is nie.

“My pa sou nou weer ’n hele lang storie gehad het oor die afkoms van
die mense uit die Bo-Kaap, dink Chris. Dis vreemd hoe pa-hulle
steeds in hokkies dink.”

“Sy dra ’n goue kruisie, pa.”

“Sy pa en ma sal nie verstaan dat hy vanaand kroeg toe gekom het
nie, dink hy. In sy jeug het net sleg mense gedrink en jy het net kroeg
toe gegaan om heeltemal dronk te word.” (2)

3.3. Karakters
3.3.1. Chris – jongman, sopas matriek klaar gemaak, hardwerkend,
pligsgetrou, diep mens, hou van geskienis, avontuurlistig, hou
van fotografie, rekenaars en lees.
3.3.2. Silina – jong meisie, borrellende persoonlikheid, ekstrovert,
deip mens.
3.3.3. Chris se pa – baie konserwatief, christelik.
3.3.4. Natalie – diep mens, stel belag in geskiedenis.
3.3.5. Silina se vriendin – ‘n bietjie van ‘n los meisie. (20)
3.4. Derdepersoon – beperk. (1)
3.5. Silina dink dat Chris hulle nie verstaan nie en bespreek hom in
detail met haar vriende. Sy gaan verder en sê dat sy hom graag
sou wou soen ook. Die ironie is dat Chris elke woord wat sy sê
verstaan. Die nader ironie is dat hy iemand van sy eie land in ‘n
ander land ontmoet. (5)
3.6. Die leser weet dat Chris van Suid-Afrika is en wel Afrikaans
verstaan en die intrige word geskep toe Silina in die kar klim en
omdat Chris maak of hy nie Afrikaans verstaan nie sy hom in
detail bespreek en sê wat sy met hom wil doen. (2)
3.7. Die plek is Dover in die suide van Engeland en dit is ‘n baie mooi
area maar die dag waatydens die storie afspeel is dit onweer en
koud. Die storie speel af tussen die dorp en die hawe. (10)
3.8. Die verhaal se begin is ietwat morbied maar later worde dit meer
ligtelik en humoristies. (5)
3.9. Jy kan liefde op enige plek vind en liefde ken nie kleurgrense nie.
‘n Mens moet nie ‘n boek trakteer op sy baadjie nie. (2)

You might also like