Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Requirements for this paper/Benodigdhede vir hierdie vraestel: Calculators: Yes/Ja

Answer scripts/ X Multi-choice cards (A5)/


Antwoordskrifte: Multikeusekaarte (A5):
Attendance slips (Fill-in paper)/ Multi-choice cards (A4)/
Presensiestrokies (Invulvraestel): Multikeusekaarte (A4):
Scrap paper/ Graph paper/
Rofwerkpapier: Grafiekpapier:

Type of assessment/Tipe assessering: FORMELE TOETS 3 Qualification/Kwalifikasie: B COM, en ander


Module code/Modulekode: ACCS 111 Duration/Tydsduur: 100 minutes
Module description/Modulebeskrywing: FINANSIËLE REKENINGKUNDE Max/Maks: 50 punte
Examiner(s)/Eksaminator(e): MEV A SMIT Date/Datum: 10/5/2023
MEV L CORNELIUS
MEV MM WEYERS
MNR P TAWANA
MNR T MASHOENE
Internal/Interne moderator(s): MEV H VORSTER Time/Tyd: 100 min

Submission of answer scripts/Inhandiging van antwoordskrifte: Afrikaans en Engels vraestelle apart asb.

Instruksies:
1. Studente mag nie selfone in die toetslokaal hanteer nie en selfone toebehore, insluitend maar nie
beperk tot oorfone, word nie toegelaat nie. Slimhorlosies word ook nie toegelaat nie.
2. Studente moet hulle sakke voor in die lokaal los.
3. Studente sal aan dissiplinêre prosedures onderworpe wees indien hulle:
 boeke of notas in hulle besit het (behalwe tydens opeboekeksamens/toetse);
 poog om `n ander student te help of probeer om hulp te kry van enige student.
4. Geen student mag die toetslokaal verlaat voordat een halfuur van die toetssessie verloop het nie.
5. Geen verversings word in die toetslokaal toegelaat nie.
6. Geen bladsye mag uit die antwoordboeke verwyder word nie.
7. Antwoordboeke moet by die toesighouers ingehandig word voordat enige student die toetslokaal mag verlaat.
8. Die bywoningstrokie, wat ook as bewys van onderneming dien, moet voltooi word.
9. Aantekeninge mag op die vraestel gemaak word.
10. Alle antwoorde moet in swart of blou ink geskryf word – potlood sal nie gemerk word nie.
11. Alle vrae moet beantwoord word.
12. Toon alle berekeninge en rond af tot die naaste rand.
13. Die aantal punte getoon teenoor die vereiste/s vir elke vraag gee `n aanduiding van die lengte en
detail wat van u antwoord verwag word.
14. Beantwoord die vrae deur gebruik te maak van:
 effektiewe ordening en uiteensetting;
 sinvolle verduidelikings;
 logiese argumente; en
 ondubbelsinnige en bondige taalgebruik.
15. Begin elke gedeelte van ‘n vraag op `n nuwe bladsy.

INHOUD PUNTE MINUTE


Vraag 1 – Waar of Vals 5 10
Vraag 2 – Algemene joernaal en algemene grootboek 20 40
Vraag 3 – Algemene grootboek 25 50

Vrywaring: Alle name van persone, plekke en sake-entiteite wat in hierdie eksamenvraestel genoem word, is fiktief
en enige ooreenkoms met werklike persone, lewend of dood, plekke en sake-entiteite is bloot toevallig.

ACCS111/ACFS111 – FORMELE TOETS 3 – 2023 1/


VRAAG 1 (5 PUNTE)

Dui aan of die volgende stellings Waar of Vals is deur die korrekte antwoord langs die relevante
nommer neer te skryf:

1. Onttrekkings is wanneer die eienaar goedere, insluitend geld, neem vir persoonlike gebruik.
2. As die bankrekening ʼn kredietsaldo in die algemene grootboek het, beteken dit dat die entiteit
geld in sy bankrekening het.
3. Die toevallingsbegrip bepaal dat slegs kontant ontvang, in die rekeningkundige rekords
verantwoord moet word.
4. Beleggers en staatsinstellings is, onder andere, interne gebruikers van finansiële state.
5. Bates en uitgawes neem albei aan die debietkant toe, terwyl inkomste en laste aan die
debietkant afneem.

ACCS111/ACFS111 – FORMELE TOETS 3 – 2023 2/


VRAAG 2 (20 PUNTE)

Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van Salome Handelaars. Die
besigheid gebruik die periodieke voorraadstelsel.

Die volgende transaksies het gedurende Februarie 2023 plaasgevind:

Datum Transaksies
1 Salome, die eienaar, het kantoortoerusting in privaatbesit, ter waarde van
R85 000, en ʼn rekenaar ter waarde van R15 000, bygedra om as besigheidsbates te
gebruik.

2 Salome het R100 000 kontant in die besigheid belê. Op dieselfde dag het die besigheid
R30 000 in ʼn spaarrekening by JR Bank belê. Ignoreer rente.

3 Betaal huur van R5 200 in kontant vir die kantoorperseel van waaruit die besigheid
bedryf word.

5 Koop drie bykomende rekenaars vir R12 000 elk aan vir kontant.

6 Koop ʼn tweedehandse voertuig vir R35 000 kontant vir besigheidsdoeleindes.

7 Koop skryfbehoeftes by PQ Stationers aan vir R900 op krediet.

9 Lewer dienste aan ʼn kliënt, KO Stores, vir R25 500. Die kliënt het 50% onmiddellik in
kontant vir die diens betaal. Die oorblywende bedrag was nog uitstaande aan die einde
van die maand.

15 Lewer dienste aan DC Ondernemings en faktureer hulle R5 000.


17 Salome het R3 500 kontant vir haar eie gebruik onttrek.
19 DC Ondernemings het R1 500 van hul rekening betaal.
23 Betaal R450 van die bedrag verskuldig aan PQ Stationers.

PUNTE
VERLANG – VRAAG 2: Sub-
Totaal
totaal

2.1 Berei die algemene joernaalinskrywings voor om die bogenoemde


transaksies vir Februarie 2023 aan te teken. 14

Joernaalomskrywings word nie verlang nie.

Kommunikasievaardighede – aanbieding en uitleg 1 15


2.2 Berei slegs die bankrekening in die algemene grootboek vir
Februarie 2023 voor. Balanseer die bankrekening behoorlik aan die
einde van Februarie 2023. 5 5

TOTALE PUNTE – VRAAG 2 20

ACCS111/ACFS111 – FORMELE TOETS 3 – 2023 3/


VRAAG 3 (25 PUNTE)

Lulu Lavender is die eienaar van ʼn nuwe besigheid, All-Lavender, in Pretoria. All-Lavender verkoop
plante. Lulu Lavender het in Januarie 2022 die nodige fondse bekom om haar besigheid te finansier
en noodsaaklike toerusting aangekoop om te verseker dat die entiteit vanaf 1 Februarie 2022
gereed sou wees vir besigheid. Die finansiële jaareinde is 28 Februarie. Die volgende inligting is
beskikbaar:

Januarie 2022:

Lulu het op 2 Januarie 2022 R750 000 by Africa Bank as haar kapitaalbydrae gedeponeer. All-
Lavender het die huur van die gebou vir die volle jaar ten bedrae van R240 000 betaal en
skryfbehoeftes ter waarde van R20 000 aangekoop. Beide transaksies is op 5 Januarie 2022 via
elektroniese fondsoorplasings (EFT) betaal.

As eienaar van All-Lavender het Lulu gedurende Januarie 2022 aansoek gedoen vir ʼn lening van
R100 000 by Africa Bank om rekenaartoerusting aan te koop. All-Lavender het die fondse op
15 Januarie 2022 ontvang. Die lening bepaal dat paaiemente van R20 000 op 28 Februarie van elke
jaar vir die volgende vyf jaar betaalbaar is. Die eerste paaiement is op 28 Februarie 2022
betaalbaar.

Die entiteit het op 20 Januarie 2022 rekenaartoerusting vir R85 000 aangekoop en 5%
handelskorting is toegestaan. Op dieselfde dag is 50% van die bedrag betaal en die uitstaande
saldo sal op 28 Februarie 2022 betaal word. Die rekenaartoerusting is op 31 Januarie 2022 ontvang
en geïnstalleer waarna dit gereed was vir gebruik. Depresiasie op rekenaartoerusting word voorsien
teen 25% per jaar deur die verminderende saldo-metode te gebruik, met ʼn reswaarde van R3 000,
en word maandeliks te boek gestel.

Lulu het op 31 Januarie 2022 die oorblywende saldo van die lening gebruik om ʼn nuwe selfoon vir
die besigheid te koop (die selfoon word as kommunikasietoerusting beskou). Die selfoon was
onmiddellik gereed vir gebruik. Die nutsduur van kommunikasietoerusting is drie jaar. Depresiasie
op kommunikasietoerusting word oor die nutsduur van die toerusting voorsien deur die
reguitlynmetode te gebruik en word maandeliks te boek gestel.

Februarie 2022:

Die entiteit het op 1 Februarie 2022 plante (handelsvoorraad) teen ʼn kosprys van R65 000 op
krediet by Garden World aangekoop. Die rekening is betaalbaar op die laaste dag van die maand
wat volg op die faktuurdatum. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik.

Op 28 Februarie 2022 het Lulu met die entiteit se fondse R25 000 aan ʼn hotel in Kaapstad betaal vir
haar jaarlikse vakansie in April.

Skryfbehoeftes voorhande aan die einde van die huidige finansiële jaar het R5 500 beloop.

Aangesien dit die finansiële jaareinde is, het die entiteit al die finansiële verpligtinge op
28 Februarie 2022 betaal.

ACCS111/ACFS111 – FORMELE TOETS 3 – 2023 4/


PUNTE
VERLANG – VRAAG 3: Sub-
Totaal
totaal
3.1 Stel al die bogenoemde transaksies direk in die algemene grootboek
van All-Lavender te boek en balanseer die rekeninge behoorlik aan die 24 24
einde van Februarie 2022.
3.2 Wat is die niebedryfsgedeelte van die langtermynlening wat onder
niebedryfslaste geklassifiseer sal word? 1 1

TOTALE PUNTE – VRAAG 3 25

TOTAAL: 50 PUNTE

***EINDE VAN VRAESTEL***

ACCS111/ACFS111 – FORMELE TOETS 3 – 2023 5/

You might also like