Les 44 Kloning

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 17

KLONING

► Kloning is die proses waar 'n geneties


identiese kopie van 'n molekule (soos DNA), sel of
hele organisme gemaak word.
► Drie tipes kloning word onderskei:
> DNA kloning
> Terapeutiese kloning
> Voortplantings(reproduktiewe) kloning
DNA kloning
► DNA kloning is die oordrag van 'n DNA-
segment (geen) van een organisme na ‘n
selfrepliserende struktuur soos ‘n
bakterieplasmied.
Terapeutiese kloning
►Terapeutiese kloning staan ook bekend as
embrio kloning.
►Menslike embrio's word vir navorsing
geproduseer.
Op 'n vroeë stadium van ontwikkeling kan enige
embrionale sel wat onttrek word tot 'n
individuele embrio ontwikkel.
► Die doel is om stamselle te oes om menslike
ontwikkeling te bestudeer en om siektes te
behandel.
Stamselle is menslike liggaamselle wat tot feitlik
enige tipe gespesialiseerde sel kan differensieer.
Voortplantings(reproduktiewe) kloning
►Voortplantingskloning is die tegniek wat
gebruik word om 'n dier met dieselfde DNA as
'n ander dier te produseer.
►Daar kan onderskei word tussen embrio
splitsing/kliewing en oordrag van
kernmateriaal.
 Embrio splitsing: 'n Sigoot verdeel mitoties en
vorm 'n embrio. Op 'n vroeë stadium word die
embrio dan opgesplits in aparte, identiese
embrio's, wat in ander vroulike individue
ingeplant word om, tot geboorte, verder te
ontwikkel.
 Oordrag van kernmateriaal kan embrionies of
nie-embrionies wees.
Oordrag van embrioniese kernmateriaal
- Dit behels die onttrekking van selle vanuit
jong embrio's.
- Die selle word behandel om in aparte embrio’s
te ontwikkel.
- Die embrio's word in die uterus ingeplant.
- Op hierdie manier word baie identiese
nakomelinge, met gewenste eienskappe vanaf
selle van dieselfde embrio, geproduseer.
Oordrag van nie-embrioniese kernmateriaal
-In hierdie proses is die selkern van 'n gesonde
somatiese sel betrokke.
-Die eerste soogdier wat vanaf 'n volwasse
somatiese sel gekloon is, was 'n skaap, genaamd
Dolly.
Die kloningsproses van Dolly
►Die somatiese sel wat gebruik is, was 'n sel wat
vanaf die uier van 'n wit Finse Dorset-skaap
afkomstig was.
►Die selkern van die uiersel (donorsel) is
verwyder.
►Die ontvangersel was 'n eiersel, waarvan die
selkern verwyder is, van 'n Skotse swartgesig
ooi.
►Die donor-selkern van die somatiese sel (met
verlangde genetiese materiaal) is na die
kernlose eiersel oorgedra.
►Die eiersel met die nuwe donor-selkern is met
chemiese stowwe of elektriese strome
gestimuleer om te verdeel.
►Die eiersel het net soos 'n sigoot begin verdeel
om in 'n embrio te ontwikkel.
►Die gekloonde embrio is oorgedra na die uterus
van die Skotse swartgesig ooi waar dit, tot
geboorte, ontwikkel het.
►Die swartgesig ooi het geboorte gegee aan Dolly
- 'n identiese kopie van die volwasse Finse
Dorset-skaap.
►Al was Dolly duidelik 'n suksesvolle kloon, het sy
'n longsiekte gehad en aan artritis gely.
►Sy het slegs 6 jaar geleef. Die lewensverwagting
van Dolly se spesie is gewoonlik ongeveer 11-13
jaar.
Dolly is gebore op 5 Julie 1996 en
sy het on 2003 gesterf.

You might also like