LES 25 Intra-Uterine-Devise (IUD) Intra-Uteriene-Apparaat (

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 27

Intra-uterine–devise(IUD)

Intra-uteriene-apparaat
(IUA)
► Dit is 'n klein metaal- of plastiektoestel in
die vorm van 'n spiraalveer of 'n lus.
Sommige lUD's is T-vormig (vandaar die
naam 'Copper T').
► Die toestel word deur 'n gekwalifiseerde
gesondheidswerker in die uterus geplaas.
► Dit voorkom inplanting van die bevrugte
ovum in die uterus.
► Sommige lUD's skei hormone af wat die
endometrium affekteer en inplanting
voorkom.
► Dit is 'n baie betroubare vorm van
voorbehoeding, maar word aanbeveel vir
vroue wat reeds kinders gehad het.

► lUD's is nie geskik vir vroue wat die risiko


van SOS'e loop nie, aangesien dit geen
beskerming daarteen bied nie.
Die IUD hoef net elke 2 tot 5 jaar vervang te
word, afhangende van die tipe apparaat.
Chemiese middels: Spermdoders

• Spermdoders is chemiese stowwe wat


spermselle doodmaak sodra dit daarmee in
aanraking kom.
• Spermdoders word in die vagina geplaas in
die vorm van rome, skuime, jellies of
oplosbare tablette.
► Spermdoders is slegs hoogs doeltreffend
indien dit saam met ander vorme van
voorbehoeding soos kondome of die
diafragma gebruik word.
Voorbehoedpil
Indien dit korrek gebruik word, is die
voorbehoedpil die mees doeltreffende (99%
effektief), omkeerbare voorbehoedmiddel.

Die pil bevat progesteroon, of 'n kombinasie


van progesteroon en estrogeen.
Een pil moet daagliks op dieselfde tyd
geneem word om te verseker dat
hormoonvlakke konstant bly.

'n 28-dag kursus (die lengte van die


menstruele siklus) bestaan uit 21 aktiewe
hormoonpilletjies.
Die ander 7 pilletjies is plasebo's (onaktiewe
pilletjies) en veroorsaak 'n daling in
progesteroonvlakke, wat tot menstruasie
aanleiding gee.
• Verhoogde estrogeen- en
progesteroonvlakke inhibeer die vrystelling
van FSH deur die hipofise. Follikels
ontwikkel nie en geen vrystelling van ovums,
uit die ovariums, vind plaas nie.
• Die pil word aanbeveel vir vroue jonger as
35 jaar.
Sekere medikasie, soos antibiotika, kan die
doeltreffendheid van die pil verlaag.

Die pil kan gratis by gesinsbeplannings-


klinieke landwyd verkry word.
Voorbehoed-inspuitings
 Inspuitings wat sintetiese progesteroon
bevat, word elke drie maande in die
spierweefsel ingespuit.
 Hoë progesteroonvlakke verhoed ovulasie
deurdat FSH-vrystelling geinhibeer word.
 Menstruasie kan geheel en al stop. Nadat
die voorbehoedmiddel uit die sisteem is, kan
dit tot 'n jaar neem voordat ovulasie weer na
normaal terugkeer.
Chirurgiese metodes
Chirurgie is 'n meer permanente vorm van
voorbehoeding wat vir mans en vroue
beskikbaar is.
Manlike sterilisasie (vasektomie)
• Dit behels die afsluiting/afsny van die vas
deferens van beide testes.
• Spermselle word nog steeds in die testes
geproduseer, maar kan nie van die testes
na die penis beweeg nie.
• Dit is 'n klein prosedure van ongeveer 20
minute wat onder lokale verdowing gedoen
word.
• Die man het 'n normale sekslewe na 'n
vasektomie, aangesien die liggaam aanhou
semen produseer, maar net sonder
spermselle.
► 'n Paar weke na die prosedure moet
sementoetse gedoen word om te verseker dat
die semen nie meer spermselle bevat nie.
Vroulike sterilisasie (buisafbinding)
► Dit behels die
afbinding/blokkering/meganiese afsluiting
(met klemme) van die Fallopiusbuise.

► Die spermselle kan nie die eierselle (ovums)


bereik nie en bevrugting kan nie plaasvind
nie.
► Dit is 'n effens groter prosedure as die van 'n
vasektomie en vereis algemene narkose.

Dit is belangrik om te onthou dat natuurlike-,


chemiese- en chirurgiese metodes van
voorbehoeding wel swangerskap kan
voorkom, maar dit bied geen beskerming teen
SOS'e nie.

You might also like