Graad 7 TEGNOLOGIE - VANDAG HB KW 1 Opsommings

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 50

1

Graad 7
Tegnologie Tegnologie Kwartaal 1
Kwartaal 1 Opsommings
VANDAG Handboek

HOOFSTUK 1: WAT IS TEGNOLOGIE? (bl. 1-14)


EENHEID 1: Definieer
Tegnologie (bl. 2-3)
® TEGNOLOGIE = “Die gebruik van
kennis, vaardighede, waardes & hulpmiddele om mense se behoeftes aan te spreek deur die
ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme met inagnemings van sosiale en omgewingsfaktore.”

WIE GEBRUIK TEGNOLOGIE IN DIE WERKWÊRELD? (bl. 3)


® Alle mense gebruik tegnologie, van eenvoudige alledaagse items tot komplekse tegniese toerustings.

• Bouwerk
• Boerdery
• Vervoer
• Masjinerie

© Juffrou Natasha se Opsommings


2

EENHEID 2: Ontwikkel ‘n tegnologietaak (bl. 4-12)


Sleutelwoorde
Aanvanklike Eerste, aanvanklike idees is die eerste idees waaraan jy dink

Realisering Wanneer iets werklik gemaak word of gesien kan word.

® TEGNOLOGIE- OPLEIDING = Aksie gebaseerde leer waar jy aktief betrokke is by die


ontwikkeling van jou idees

® Wanneer dit met leiding gedoen word = PROSES


• Jy sal gelei word om behoeftes, leemtes of
probleme te identifiseer
• Jy sal praktiese oplossings voorstel, beplan & deurwerk.

® Jy sal in staat wees om die uitkoms van jou oplossing te evalueer = ONTWERPPROSES

DIE ONTWERPPROSES (bl. 4)


® TEGNOLOOG = dink en doen voortdurend en
skep idees wat hy moet laat uitwerk.

• DINK- EN- DOEN- AKTIWITEITE = word voorgestel deur die pyltjies


wat heen en weer tussen die werkterreine beweeg en die evaluering wat
gedoen word.

© Juffrou Natasha se Opsommings


3

® ONTWERPPROSES = Nie ‘n reeks stappe, waar jy een stap moet klaar maak voor jy kan
aangaan met die volgende een nie

= Jy moet dikwels weer terugkeer na sommige van


die stappe om te kyk of jy ‘n beter oplossing kan
kry

1. ONDERSOEKVAARDIGHEDE
® ONDERSOEK = om meer oor iets uit te vind.
• Belangrike deel van die proses = want jy moet die
situasie verstaan voordat jy iets daaraan kan doen
• Jy moet dalk inligtingsversamelingsvaardighede ontwikkel
® Verskillende maniere om iets te ondersoek:

i) Vind ‘n oplossing vir ‘n probleem


ii) Vervaardig of maak iets om iemand se behoefte te bevredig
iii) Voer ‘n onderhoud, bevraagteken en bespreek dinge om antwoorde te kry
iv) Maak gegewens bymekaar deur opname en inligting te bekom
v) Ondersoek produkte of foto’s
vi) Doen diepte-navorsing uit gedrukte of elektroniese materiaal.

® Jy moet jou ondersoek opteken = deur skriftelike aantekeninge en opnames


of deur foto’s, kaarte of tabelle te versamel.
© Juffrou Natasha se Opsommings
4

• Voorbeelde van vrae:

® Na die vrae = begin mens ‘n goeie idee van die probleem te ontwikkel.

• Mens moet dan die probleem EVALUEER.


® Onthou = altyd belangrik om aan te toon waar jou inligting vandaan kom.
(titel & skrywer van ‘n boek, geskrewe artikel, ‘n webblad ens.

2. ONTWERPVAARDIGHEDE
® ONTWERP = Die proses waar jy iets beplan en dan jou
planne neerskryf en die sketse van jou idees byvoeg sodat jy
‘n ontwerpopdrag het.

• Beste idees word dan verder ontwikkel in gedetailleerde


WERKSTEKENINGE = dus is die eerste stap die ONTWERPOPDRAG

© Juffrou Natasha se Opsommings


5

ii) DIE ONTWERPOPDRAG


® ‘n Kort, duidelike stelling wat ‘n algemene uiteensetting gee van die probleem wat opgelos moet
word, sowel as die doel van die voorgestelde oplossing.

• SPESIFIKASIES (moet gelys word) = dit is die vereistes waaraan die


oplossing of die produk moet voldoen.
1. veiligheid,
2. materiale,
3. funksie,
4. menseregte en
5. die uitwerking op die omgewing

i) AANVANKLIKE IDEESKETSE
® Vinnige vryhandsketse wat help om jou idees in ‘n tekenvorm te verfyn.

• Wanneer jy hierdie sketse maak = mag dit help om sommer hardop met
jouself te praat sodat die idees uit jou kop kan kom en geteken kan word
soos jy daaroor gesels.

© Juffrou Natasha se Opsommings


6

iii) STELSELDIAGRAM
® Manier om aan te toon hoe individuele dele van die sisteem aanmekaar skakel om as ‘n geheel
saam te werk

• Dit word met pyltjies en woordkassies geteken.

iv) PROEFMODEL
® Nuttig om eers ‘n model van die produk te maak met materiale wat
soos die eindproduk lyk.

• DIE DOEL VAN DIE PROEFMODEL = is om te toets of


die getekende ontwerp sal lyk en funksioneer soos jy
wil hê dit moet.
• Jy kan ook vermorsing van duur materiaal voorkom
indien daar foute sou wees

v) BEGROTING
® Beplande manier om te bepaal hoeveel die produk wat jy wil maak, gaan kos.

• BEGROTING = sluit dus die uitwerk van die koste van die materiaal, toerusting en die arbeid
in.
• As die produk sou verkoop vir minder as wat dit gekos het om te maak =
is dit nie koste-effektief nie

© Juffrou Natasha se Opsommings


7

3. MAAKVAARDIGHEDE
® Maak van ‘n produk = die visuele realisering van die ontwerpproses

= DIT IS WANNEER JY JOU KENNIS, VAARDIGHEDE,


WAARDES EN INGESTELDHEID GEBRUIK

® Omvat 3 dinge:

1. Teken van die planne

2. Die ontwikkeling van ‘n vervaardigingsvolgorde

3. Vervaardiging of maak van die produk

i) TEKEN VAN PLANNE


• Tweedimensionele planne
• Driedimensionele tekeninge (3D
skuinstekeninge)
• Enkelverdwynpunt-perspektief

® TWEEDIMENSIONELE PLAN = is wanneer jy


die plat vorm van ‘n voorwerp teken soos gesien uit drie

verskillende aansigte.

ii) ONTWIKKEL ‘N VERVAARDIGINGSVOLGORDE


® Stap-vir-stap proses van dit wat jy moet doen om die taak afgehandel te kry.

= Gee ‘n kort uiteensetting van die sleutelareas in die proses.

• Die doel = is om jou in staat te stel om presies te weet waar om te begin en hoe om
elke stap logies aan te pak.

© Juffrou Natasha se Opsommings


8

iii) MAAK DIE PRODUK


® VERVAARDIGING = werklike uitvoering van die ontwerpproses
= Dit is waar die idees wat jy neergeskryf het en geskets het,
werklikheid word.

1. Gereedskap & toerusting & materiale gebruik =


GEREEDSKAP & TOERUSTING = moet pas by die
materiale wat jy gaan gebruik

2. Verskillende HANTERINGSVAARDIGHEDE moet


aanleer = om dit suksesvol toe te pas.

MATERIALE SE
3. Sal ook moet leer oor
VERSKILLENDE EIENSKAPPE en
HOEDANIGHEDE
4. VEILIGHEIDSREË LS moet nagekom word = Dit moet
bespreek en opgeplak word in die vertrek waar jy werk

5. Daar moet ALGEMENE VEILIGHEIDSREË LS


wees vir die VERTREK sowel as SPESIFIEKE REË LS
vir die VERSKILLENDE STUKKE GEREEDSKAP en
TOERUSTING

© Juffrou Natasha se Opsommings


9

4. EVALUERINGSVAARDIGHEDE
® Deur die ontwerpproses = moet jy
EVALUEER
= Jy moet jouself voortdurend vrae vra en die vrae dan
beantwoord

- Antwoorde = sal jou in staat stel om deurentyd veranderinge en


verbeteringe te maak.

1. Aan die einde van die proses sal jy jou produk moet toets.

= HIERDIE TOETS = kan die versameling van ‘n groot hoeveelheid inligting


behels om te bepaal of die produk werk, of ‘n mens kan eenvoudig iemand
anders se mening vra.

2. Jy moet uitvind of die produk voldoen aan die spesifikasies wat jy in die ontwerpopdrag
uiteengesit het.

® Jy moet die volgende evalueer:

1. Die produk of sisteem wat jy gemaak het


2. Die beplanning- en ontwerpstadia
3. Hoe jy jou tyd gebruik het
4. Jou vaardighede en vermoëns
5. Die veilige gebruik van gereedskap, toerusting en materiale
6. Of die produk skadelik is vir die omgewing en of dit dalk mense in die gemeenskap ontstel.

© Juffrou Natasha se Opsommings


10

5. KOMMUNIKASIEVAARDIGEHEDE
® Jy moet die hele ontwerpproses opteken = TEGNOLOGIEPROJEKVERSLAG

® Kan op verskillende maniere aangebied word:

i) Boekie of lêer
ii) Plakkaat of kaart
iii) Rekenaarskyf of geheuestokkie
iv) Fotografiese of DVD-formaat
v) Bandopname
vi) Model
vii) Verbale aanbieding
viii) Enige kombinasie van hierdie moontlikhede

© Juffrou Natasha se Opsommings


11

EENHEID 3: Ontwerpoorwegings (bl. 13)


Sleutelwoorde
Oorweging Iets waaroor jy moet dink wanneer jy ‘n besluit neem

® Dwarsdeur die ontwerpproses sal jy vrae vra terwyl jy beplan wat om te doen.

= Daar is ander meer gedetailleerde of minder voor die hand liggende vrae wat
jy ook moet oorweeg.

® Hierdie vrae = direk betrekking op die produk en het te doen met die geskiktheid van die produk vir
die doel daarvan.

= HIERDIE ASPEK OORWEEG OF DIE BEPLANDE TAAK SAL DOEN WAT DIT MOET.

JY MOET DIE VOLGENDE VRAE VRA WANNEER


JY DIE TEGNOLOGIETAAK BEPLAN:
VIR WIE IS DIT BEDOEL? WAARVOOR IS DIT BEDOEL?
= Gaan dit, byvoorbeeld, deur seuns = Het dit 'n gespesialiseerde doel, soos om 'n
of dogters, of ou mense of klein blik oop te maak? Het dit 'n meer
kindertjies gebruik word? algemene gebruik, soos 'n houer?

SAL DIT DIE DOEL KAN DIEN?


= Is daar 'n tydelike oplossing, soos om maskeerband te gebruik? Vereis jy dalk 'n
meer permanente oplossing, soos om dit met gom en spykers te heg?

© Juffrou Natasha se Opsommings


12

IS DIT VEILIG? IS DIT KOSTE-


= Kan dit veilig gebruik word deur EFFEKTIEF?
verskillende mense? Sal dit veilig wees as
dit gebruik word op 'n plek wat dalk nie = Dit sluit gewoonlik die koste
veilig is nie? 'n Elektriese prop in 'n van materiale en
elektriese muursok moet byvoorbeeld produksiekoste in. As dit
met plastiek bedek wees. verkoop moet word, sal
iemand dit wil koop, en sal
die vervaardiger 'n wins
maak?
IS DIT MAKLIK OM TE
GEBRUIK? = ERGONOMIE
= Kan dit byvoorbeeld maklik
AL DIT 'N EFFEK OP DIE
vasgehou word of is dit gemaklik SAMELEWING HÊ?
om daarin te sit?
= Wanneer ons hierdie vraag
beantwoord, moet ons aan al die
verskillende soorte mense in ons
LYK DIT GOED? = ESTETIKA samelewing dink. Ons moet seker
maak dat wat ons doen, tot die
= Is dit byvoorbeeld sag of is die voordeel van die samelewing sal
afwerking helder en blink? wees.

SAL DIT 'N EFFEK OP DIE OMGEWING HÊ?


= Ons moet seker wees dat die oplossing vir 'n probleem nie die
omgewing benadeel nie. Plastieksakke was byvoorbeeld 'n
maklike en goedkoop manier om inkopies in te verpak, maar die
besoedeling wat deur rommelstrooiing veroorsaak is, het 'n
negatiewe uitwerking op die omgewing gehad.

© Juffrou Natasha se Opsommings


13

HOOFSTUK 2: INLEIDING TOT


GRAFIESE KOMMUNIKASIE
(bl. 15-42)
EENHEID 1: Die doel van grafiese werk (bl. 16-18)
® GRAFIESE WERK = is 'n beeld of visuele voorstelling van 'n voorwerp.
• ONTWERPERS gebruik GRAFIESE METODES OF TEKENINGE
wanneer hulle ontwerpidees ontwikkel.

= Gebruik ook TEKENINGE = om hierdie idees aan ander mense te kommunikeer.

ONTWIKKEL ONTWERPIDEES (bl. 16)


® Alle produkte is deur iemand
uitgedink.

® Die wêreld verander deurentyd


omdat = mense altyd dink aan nuwe
maniere om bestaande produkte te
verbeter.

- Selfone, rekenaars,
klere, motors, wapens en ander produkte verander bv. gereeld omdat
mense bly dink hoe bestaande produkte in die toekoms anders kan lyk en
werk.

© Juffrou Natasha se Opsommings


14

® Op hierdie manier = kry ontwerpers dit reg om die toekoms te bedink en te vorm deur die
produkte wat hulle help maak.

KOMMUNIKEER ONTWERPIDEES (bl. 17)


® Die idees waarmee ontwerpers vorendag kom =
moet aan ander mense verduidelik en met hulle bespreek word
om seker te maak dat hulle kan werk.

® Ons gebruik TEKENINGE = om hierdie ontwerpidees te kommunikeer en te bespreek.


= Soms is hierdie tekeninge = net rowwe sketse, maar soms vertoon hulle
meer detail.

= Ons noem dit WERKTEKENINGE = want hulle moet elke aspek van 'n produk se
grootte, vorm en onderdele uitbeeld.

© Juffrou Natasha se Opsommings


15

EENHEID 2: Tekenkonvensies (bl. 19-22)


WAT IS DRIE- EN TWEEDIMENSIONELE TEKENINGE? (bl. 19)
® Wanneer ons die grootte van 'n voorwerp
beskryf = praat ons oor die
HOOGTE, LENGTE EN
BREEDTE daarvan.
= Hierdie drie mates = die
DIMENSIES van die voorwerp.
© Juffrou Natasha se Opsommings
16

® Tekening wat al drie dimensies gelyk vertoon = DRIEDIMENSIONELE TEKENING

SOORTE LYNE (bl. 20-21)


® As jy mooi na Lillie se tekeninge kyk, sal jy sien dat sy VERSKILLENDE
SOORTE LYNE gebruik as sy 'n tekening van 'n voorwerp beplan,
posisioneer en teken.

1. KONSTRUKSIELYNE
® Konstruksielyne = gebruik om 'n
2. BUITELYNE raamwerk te skep waarin die voorwerp

® Buitelyne = smal, donker lyne wat die geteken moet word.

rande van die voorwerp aandui. • Hulle is nie bedoel om deel van
die tekening te wees nie.
= Hulle toon die rande wat gesien • As hulle egter liggies genoeg
kan word. geteken word, hoef hulle nie
uitgevee te word nie.

© Juffrou Natasha se Opsommings


17

3. VERBORGE DETAILLYNE 4. MAATSKRYWING


® Verborge detaillyne = is dun, → DIMENSIELYN = is 'n smal,
donker stippellyne. medium-donker lyntjie wat aantoon waar
mate begin en eindig.
• Hulle toon rande wat nie
gesien kan word nie omdat = Daar is dus 'n pylpunt aan albei
hulle agter ander dele van die punte en die pylpunte is dun en
voorwerp versteek is. skerp.
• Soms wil die ontwerper die
posisie van hierdie versteekte ® BEPERKINGSLYNTJIES =
rande wys.
verbind die punte van elke dimensielyn aan
die tekening.

= Hulle is medium-donker lyntjies


en stop net duskant die buitelyn
en strek tot een of twee
millimeter verby die dimensielyn.

© Juffrou Natasha se Opsommings


18

TEKEN OP SKAAL (bl. 21)


® Baie voorwerpe is baie groter as die bladsy waarop hulle geteken word.

= Om hierdie rede moet die tekening van die voorwerp


kleiner as die werklike voorwerp wees.

® As 'n voorwerp baie klein is (soos die meganiese


deeltjies van 'n polshorlosie) = is dit onmoontlik om dit te teken sonder om die tekening
groter as normaal te maak.

® Baie tekeninge = DUS NIE DIESELFDE GROOTTE AS DIE VOORWERPE WAT


HULLE VOORSTEL NIE.

= Om dit te verduidelik aan iemand wat sin van die


tekening probeer maak, sê ons dikwels dat die
tekening op skaal geteken is

dus 1:1; of 2:1; of 1:5, ens.

® Die woord " SKAAL" = sê vir ons dat daar 'n verhouding is
tussen die grootte van die tekening en die grootte van die voorwerp wat
geteken word.

® Ons skryf die skaal as 'n verhouding, dus:

GROOTTE VAN TEKENING: GROOTTE VAN VOORWERP

© Juffrou Natasha se Opsommings


19
® As die grootte van die tekening dieselfde is as dié van die voorwerp, word die
verhouding geskryf as:

SKAAL 1:1

EERSTE GETAL = TWEEDE GETAL =


GROOTTE VAN GROOTTE VAN
DIE VOORWERP DIE TEKENING

= Ons kan dus sê dat die skaal een tot een is.

® Praktiese voorbeeld van 'n skaaltekening is die koffiebeker wat in Figuur 2.12
gewys word.

Die dimensies van die koffiebeker is:

lengte = 100 mm

breedte = 70 mm

hoogte = 90 mm.

® Die tekening in Figuur 2.13 toon twee aansigte van die koffiebeker wat op
skaal 1:1 geteken is.

= Dit beteken dat die tekening (met twee aansigte) presies net so groot as die
werklike voorwerp is.

© Juffrou Natasha se Opsommings


20

EENHEID 3: Tekening (bl. 23-26)


® Die meeste van die tekeninge = behoort met 'n potlood, 'n liniaal en 'n rooster
geteken te word.

® INGENIEURS en ONTWERPERS gebruik dikwels ook


ANDER TOERUSTING = om te verseker dat hulle tekeninge akkuraat en van goeie gehalte is.
® Toerusting soos:

1. tekendriehoeke,
2. tekenhake,
3. passers en
4. verdeelpassers,

® Dit is egter ook waar dat goeie ontwerpoplossings = 'n mens soms op onverwagte tye
byval wanneer jy nie noodwendig baie tekentoerusting naby het nie.

= Dan moet jy in staat wees om eenvoudige, maar akkurate tekeninge met eenvoudige
toerusting, soos 'n potlood of pen en 'n stukkie papier, te maak. = VRYHANDSKETSE

VRYHANDSKETSE (bl. 23)


® Figuur 2.15 vryhandskets = tweedimensionele tekening van
die reddingsbaadjie.

® DRIEDIMENSIONELE HELDER-SKETSE = kan egter ook met die vry hand


geteken word.

® Soms word die vryhandtekening = met die hulp van 'n ROOSTER gemaak en
soms nie, afhangende van omstandighede.

© Juffrou Natasha se Opsommings


21

- In die tekening in Figuur 2.16 wou 'n student wys hoe sy 'n vorm sou
maak met twee houtblokke.

® Die driedimensionele tekening toon:

1. hoe die houtblokke aanmekaar gehou sal word deur lang skroewe en boute
2. waar die vloeibare materiaal in die vorm ingespuit sal word
3. die grootte en fatsoen van die vorm wat die vloeibare materiaal sal hou terwyl dit
hard word.

® Hoewel die tekening sonder instrumente gemaak is = is dit akkuraat,


behoorlik in verhouding en maklik om te verstaan.

® Vryhandtekeninge kan ook vinnig


afgehandel word = as jy geleer het
om die korrekte TEGNIEKE toe
te pas.

© Juffrou Natasha se Opsommings


22

DIE MAAK VAN 'N VRYHANDSKETS (bl. 24)


® Alle tekeninge sluit baie reguit lyne in.

® Ons gebruik gereeld KONSTRUKSIELYNE en BUITELYNE = om ons te help om ruimtes


uit te merk en om die rande van 'n voorwerp aan te toon.

® Jy moet TWEE TEGNIEKE bemeester om reguit lyne met die vry hand te trek.
1. Een tegniek het te doen met die tekening van vertikale lyne
2. die ander teken van horisontale lyne.

1. TREK VAN VERTIKALE LYNE


i. Maak seker dat jy 'n skerp potlood van goeie gehalte
gebruik.
ii. Hou die potlood ongeveer 2cm van die punt af vas met 'n
greep soos aangetoon in Figuur 2.17.
iii. Potlood behoort na links te wys en min of meer horisontaal
in jou hand te lê.
iv. Hou jou pols en vingers styf.
v. Laat die basis van jou hand (die buitekant van jou
handpalm) en die potloodpunt op die papier rus
vi. Trek dan jou stywe voorarm na jou lyf toe en pas die nodige druk op die potlood toe.

2. TREK VAN HORISONTALE LYNE


i. Om horisontale lyne te trek = moet jy die greep op die potlood verander sodat die
punt van die potlood vorentoe wys en die potlood rofweg in lyn met jou voorarm is.
ii. Jy moet weereens jou vingers en pols styf hou.
iii. Gebruik nou jou hele arm om die potlood egalig van links
na regs te beweeg, soos in Figuur2.18 aangetoon.
iv. Hierdie tegniek vereis oefening.
v. Moenie teleurgesteld wees as jou eerste lyne nie
heeltemal reguit is nie.
vi. As jy hierdie tegniek egter bly oefen, sal jy gou sien dat die
kwaliteit van die lyne verbeter.

© Juffrou Natasha se Opsommings


23

HOU DIE VOLGENDE RIGLYNE IN


GEDAGTE WANNEER JY REGUIT
LYNE WIL TREK

® Die kleur van die lyne = hang af van hoeveel druk jy op die potlood toepas.

- Deur die druk te varieer kan jy die kleur van die lyn beheer.
- Net soos jy egter moet oefen om reguit lyne te trek, moet jy ook oefen
om die druk op die potlood dieselfde te hou van begin tot einde

® Party mense vind dit makliker om 'n reguit lyn te trek = as hulle die punt waar die lyn moet eindig in
die oog hou.

- Deur dit te doen (en nie na hulle hand of die potlood te kyk nie), "trek"
hulle hul hand na die punt waarna hulle kyk en die lyn kom sommer
vanself reg.

® Elke lyn moet met een beweging getrek word.

- Moenie probeer om 'n reeks kort lyntjies te trek wat dan bymekaar
moet kom om 'n langer lyn te vorm nie.

© Juffrou Natasha se Opsommings


24

© Juffrou Natasha se Opsommings


25

© Juffrou Natasha se Opsommings


26

EENHEID 4: Werkstekeninge (bl. 27-31)


® VRYHANDSKETSE = word deur ontwerpers gebruik om idees of waarnemings
vas te vang sodat dit nie vergeet word nie.

= Dit is ook baie bruikbaar as 'n = DENKHULPMIDDEL


of dan 'n
manier om 'n idee in jou kop vas te vang sodat jy daarna kan kyk,
dit kan toets en daarmee kan speel.

® Om hierdie rede sal jy dikwels vind dat vryhandsketse = die soort tekeninge is wat gebruik word wanneer
daar vir die eerste maal met ontwerpprobleme gestoei word.

® Werkstekeninge is anders.

® WERKSTEKENINGE = is iets wat die ontwerper gebruik om te verduidelik wat die oplossing vir die
ontwerpprobleem gaan wees.

= Dit is die tekening wat gebruik gaan word om die finale produk te maak = en daarom
moet dit duidelik en spesifiek wees wat alle aspekte betref

® Die meeste werkstekeninge is = TWEE- DIMENSIONEEL.


= Ons gebruik egter dikwels ook drie- dimensionele tekeninge = om aspekte van die
ontwerp uit te klaar sodat dit makliker verstaan kan word.

TWEEDIMENSIONELE WERKSTEKENINGE
® Belangrik om jouself te verbeel dat die voorwerp wat jy teken tussen twee

plat oppervlakke geplaas word, wat = VLAKKE genoem word.


= As ons 'n tweedimensionele tekening wil maak, moet ons
stappe volg...

© Juffrou Natasha se Opsommings


27
DAAR IS DRIE REË LS VIR
TWEEDIMENSIONELE TEKENWERK
REË L 1:
• Stel jou voor dat die voorwerp, byvoorbeeld 'n koffiebeker, tussen twee
dun, plat oppervlakke, bekend as vlakke, geplaas is.
• Een vlak is vertikaal = Dit beteken dat dit regop staan.
• Die ander vlak is horisontaal. Dit lê plat, in lyn met die horison, en vorm 'n
90°-hoek met die vertikale vlak.
• Die koffiebeker kan op enige manier geposisioneer word.

REË L 2:
• Verbeel jou dat jy (die kyker) voor die vertikale vlak geposisioneer is met
die voorwerp tussen jou en die plat vlak.
• As jy na die vertikale vlak kyk, sien jy 'n aansig van die beker wat lyk soos
die en in Figuur 2.26.
• Die aansig wat op die vertikale vlak vanuit hierdie posisie sigbaar is =
VOORAANSIG

© Juffrou Natasha se Opsommings


28

REË L 3:
• Verbeel jou dat jy (die kyker) jou posisie so verander dat jy van bo die
horisontale vlak af op die beker afkyk.
• Die aansig wat jy vanuit hierdie posisie sien = BO- AANSIG

MAAK ‘N TWEEDIMENSIONELE
WERKSTEKENING
® In Figuur 2.30 sal jy die volgende
sien:

1. Dit lyk of 'n horisontale lyn die


twee aansigte van die
voorwerp verdeel.
• Hierdie lyn = stel die plek voor waar
die vertikale en die horisontale vlakke
bymekaarkom = GRONDLYN

© Juffrou Natasha se Opsommings


® VOORAANSIG van die voorwerp = verskyn altyd bokant die grondlyn. 29

® BO- AANSIG = verskyn onderkant die grondlyn.

ONTHOU DIE VOLGENDE BELANGRIKE PUNTE

1. Vooraansig word die vooraansig genoem = omdat dit wys wat jy sien as jy voor die
voorwerp staan en na die vertikale vlak Kyk.
2. Bo-aansig word die bo-aansig genoem = omdat dit wys wat jy sien as jy bokant die
voorwerp geposisioneer is en na die horisontale vlak Kyk.
3. Voor- en bo-aansigte is altyd belyn met mekaar. As jy bv. na die tekening kyk, sal jy
sien dat die posisie van die beker se oor in een aansig presies belyn is met die oor in
die ander aansig.
4. Wanneer ons hierdie aansigte teken = pas ons die verskillende soorte lyne toe soos
wat dit nodig word.

EENHEID 5: Grafiese Tegnieke (bl. 32-41)


DRIEDIMENSIONELE TEKENINGE
® Daar is 'n paar verskillende maniere waarop
driedimensionele tekeninge gemaak kan word.

1. SKUINSTEKENINGE
® Tekentegniek wat gebruik word om skuinstekeninge te maak =
gebruik 'n spesiale soort SYWAARTSE
ROOSTERPAPIER om die voorwerp te teken.
® DIE ROOSTER = eintlik 'n vierkantrooster met diagonale
lyne bygevoeg.

© Juffrou Natasha se Opsommings


30

® Om hierdie rede kan jy 'n vierkantrooster gebruik om 'n skuinstekening te maak mits jy onthou = dat
sekere rande diagonaal tot die vierkante geteken moet word.

GEE IN HIERDIE TEKENING AANDAG AAN DIE VOLGENDE:

1. HOOGTE- RANDE = word op die vertikale lyne van die rooster geteken.
2. BREEDTE- RANDE = word op die horisontale lyne van die rooster
geteken.
3. LENGTE- RANDE = word diagonaal, dus skuins oor die hoeke van die
vierkante geteken.

MAAK ‘N SKUINSTEKENING
® Kom ons verbeel ons dat ons 'n driedimensionele
tekening van 'n voorwerp het (soos die huisie) en
ons wil dit in 'n skuinstekening omskep.

= DIT IS HOE ONS DIT IN VIER STAPPE SAL DOEN:

STAP 1: Identifiseer die mees komplekse oppervlak van die huis.

® Die geskakeerde oppervlak in die driedimensionele tekening het die mees komplekse
vorm.

• Teken die geskakeerde oppervlak op die skuinsrooster en plaas die breedtemaat op die
horisontale roosterlyntjies en die hoogtemaat op die vertikale roosterlyntjies.

® Belangrik om daarop te let = dat die mate van al die rande wat van die driedimensionele
tekening na die horisontale en vertikale roosterlyntjies van die skuinstekening oorgedra
word nie verander nie.

© Juffrou Natasha se Opsommings


31

STAP 2: Teken nou die lengterande (byvoorbeeld ab)


wat die hoeke van jou geskakeerde skuinsoppervlak
verbind met die hoeke aan die ander kant van die huis.

® Dit is belangrik om op te let = dat hierdie


lengterande op die diagonaal van die
skuinsrooster geteken word.

® Die mate van hierdie rande op die skuinstekening = die helfte van
die lengte van dieselfde rande op die driedimensionele tekening.

STAP 3: Voeg die ontbrekende hoogte- en breedterande


wat die deur uitmaak sowel as die hoek van die huis en
die onderkant van die verste muur op die skuinsrooster
by.

® Let daarop dat = omdat hierdie rande op die


horisontale en vertikale roosterlyne geteken
word = hulle mate nie sal verander nie.

STAP 4: Teken die rand wat die gewel wys (de) op die
verste kant van die huis in deur werklik eenvoudig die
hoeke D en E te verbind.

® Die skuinstekening is nou voltooi.

© Juffrou Natasha se Opsommings


32

KUNSTIGE TEKENING: ENKELVERDWYNPUNT-


PERSPEKTIEF
® Jy sal sien dat die driedimensionele tekeninge nie presies lyk soos die
huise wat ons elke dag sien nie.

= Die huise wat ons sien as ons deur 'n dorpie loop, lyk meer soos die huis in
Figuur 2.43.

• Die rede hoekom hierdie huis meer werklik lyk = omdat voorwerpe in die werklike
lewe wat naby ons is altyd groter lyk as voorwerpe wat verder weg is.
- Die hoogte van die muur gemerk ab is, bv. eintlik dieselfde hoogte as die hoogte
van die muur gemerk cd.
- Omdat cd verder weg is van die persoon wat na die huis kyk, lyk dit egter kleiner.

® Al die lengtelyne (bv. die lyn ac) van


hierdie huis lyk of hulle mik na 'n punt op
die horison = VERDWYNPUNT
• Die rande van die pad wat
verby die huis loop doen dit
ook.

= Dit laat die huis meer realisties


lyk.

® Hierdie tipe tekening = ENKELVERDWYNPUNT-PERSPEKTIEF


® Jy behoort ook te kan sien dat die lengte van die huis (a tot c) baie korter is
as die lengte wat in die tekeninge in eenheid 3 gebruik is.

= Hierdie effek = VERKORTING (foreshortening).


© Juffrou Natasha se Opsommings
33

MAAK 'N ENKELVERDWYNPUNT-


PERSPEKTIEFTEKENING
® Die volgende ses stappe sal vir jou 'n rowwe idee gee van hoe om enkelverdwynpunt-perspektief
tekeninge te maak:

STAP 1: Begin op dieselfde manier as toe ons met die skuinsvlaktekening begin het.

• Teken die mees komplekse oppervlak van


die huis eerste.

= Dit is die deel wat in geel geskakeer is.

• Plaas die BREEDTEMAAT op die


horisontale roosterlyne en die
HOOGTEMAAT op die vertikale
roosterlyne.

® Hoogte- en breedtemate = soos oorgedra van die driedimensionele tekening af na die


perspektieftekening verander nie.

= Al die ander mate op die perspektieftekening sal verander.

STAP 2: Trek 'n ligte horisontale lyn om die horisonlyn weer te gee.

• Hierdie lyn kan op enige plek op die


rooster geplaas word = Dit kan selfs bo of
onder die deel van die huis wees wat
reeds geteken is.

= Die posisie van hierdie lyn sal egter die vorm


van die res van die huis affekteer en kan dit
soms erg verwring.

© Juffrou Natasha se Opsommings


34
• In hierdie geval word die lyn getrek sodat dit agter die hoeke e en f onderaan die
gewel verbygaan.
• Kies vervolgens 'n punt op die horisonlyn en gebruik dit as jou verdwynpunt = In die tekening is dit
gemerk as vp.
• Die verdwynpunt kan enige plek op die horisonlyn geplaas word = maar die posisie
daarvan sal die vorm van die res van die huis affekteer.
- In hierdie tekening is die verdwynpunt op die horisonlyn, vier verdelings regs van
hoek f, geplaas.

STAP 3: Elk van die punte gemerk c, f, g, h en j verteenwoordig die begin van 'n lengtelyn wat die
skadukant van die huis sal verbind met die verste
punt, naby die verdwynpunt.

• Punt g verteenwoordig die posisie van die


lyn wat die bokant van die deur sal aandui.
• Trek 'n ligte lyntjie van elk van hierdie
punte af na die verdwynpunt.

STAP 4: Nou moet jy besluit hoe lank die huis mot wees.

• As jy die verste punt van die huis te


ver weg of te naby aan die voorkant
plaas = sal die huis verwring lyk.
• In hierdie voorbeeld het ons die
agterste hoeke c1, f1 en h1
ongeveer halfpad tussen die
voorkant en die verdwynpunt
geplaas.
• Ons het ook die lengte- hoogtelyne
ingeteken wat hierdie hoeke
verbind

© Juffrou Natasha se Opsommings


35

STAP 5: Die deur is meer as halfpad langs die


voorste muur af.

• Die ligte Lyn tussen punt g en die


verdwynpunt toon aan waar die bokant
van die deur is.
• Die ligte lyn tussen punt h en die
verdwynpunt toon aan waar die
onderkant van die deur is.

STAP 6: Daar is drie take wat afgehandel moet


word om die tekening te voltooi:

1. Teken 'n lyn tussen c1 en f1 om die gewel


te voltooi.
2. Toon die binnerande van die venster en
begin by punt j.
3. Toon die binnerande van die deur en die
agterkant van die binnemuur.

GEBRUIK VAN KLEUR, TEKSTUUR EN SKADU IN ENKELVERDWYNPUNT-


PERSPEKTIEFTEKENINGE
® Ons kan KLEUR gebruik = om verskillende dinge in tekeninge te doen.
= Kleur kan byvoorbeeld gebruik word om iemand te help
om die tekening te verstaan.

(Kyk na die tweedimensionele tekening van Lillie se reddingsbaadjie in Figuur


2.51.)

= Dit sou nogal moeilik wees om die fluitjie of die lig in al die aansigte te herken
omdat hierdie klein deeltjies dikwels weggesteek is agter ander dele.

© Juffrou Natasha se Opsommings


® As ons egter kleur gebruik = kan ons hierdie dele van die reddingsbaadjie makliker herkenbaar
36
maak.

® KLEUR = maak dit makliker om die presiese posisie van


elk van die voorwerpe in elke aansig raak te sien.

= As jy na die sy-aansig kyk, sal jy opmerk dat die


kleur dit ook makliker maak om te sien dat die
fluitjie eerste gesien word en dat die lig
daaragter is.

(Kyk nou na die enkelverdwynpunt-


perspektieftekening van Lillie se reddingsbaadjie
in Figuur 2.52.)

= Ons weet dat die meeste reddingsbaadjies


helder moet wees sodat dit maklik sigbaar is.

® As ons kleur in hierdie tekening inbring = sal dit meer


realisties lyk

® Jy kan baie soorte potlode, kryte, merkers en


penne gebruik om kleur in jou tekeninge te
kry

• Potloodkryte = egter die beste medium


om mee te begin

® Kleur = nie die enigste manier om 'n voorwerp meer realisties te laat lyk nie

= Soms wil ons hê dat die tekening wys hoe die oppervlak van 'n materiaal lyk.

© Juffrou Natasha se Opsommings


37

® OPPERVLAKKE = VERSKILLENDE TEKSTURE


• Sommiges het 'n ruwe gevoel, sommiges is glad en ander net 'n
patroontekstuur = afhangende van waarvan hulle gemaak is.
- 'n Kleisteen het bv. 'n besondere tekstuur, ook soos voorwerpe gemaak
van hout en glas en tekstiel.

® As ons sulke teksture in tekeninge wil kry = moet ons aan maniere dink om ons oog te laat sien hoe
die voorwerp voel.

® Ons weet dat materiale wat gebruik word om reddingsbaadjies te maak =


gewoonlik van 'n tipe vesel gemaak word.

• Die belt van die reddingsbaadjie word van nylon gemaak en die sak is van
waterdigte tekstiel.

(In die prentjie in Figuur 2.54 is 'n reeks


ligte parallelle lyntjies op die oppervlak
van die belt en die sak getrek om dit te
laat lyk of die oppervlak geweef is.)

= Hierdie tegniek staan bekend as


ARSERING en dit kan op
verskillende maniere afgewissel
word.

® Ons kan bv. die lyntjies donkerder maak =


deur hulle breër of smaller te trek

® Ons kan die rigting verander = om 'n ander


soort effek te verkry.

© Juffrou Natasha se Opsommings


38

® Wanneer lig op 'n voorwerp skyn = verhelder dit die deel waarop die lig val.

= Die ander dele val dan in sterker skadu, afhangende van


hoe ver hulle van die lig af is.

® So gou as wat jy uitgewerk het watter areas van die reddingsbaadjie


geskakeer moet word = kan jy begin met die area wat die donkerste skakering
moet hê.

1. Gebruik 'n sagte potlood om hierdie area te skakeer.


2. Gebruik heelwat lood van die potlood in die donkerste dele.
3. Gebruik dan jou vinger of 'n wattestokkie versigtig om die potloodskadu's
na die ligter areas toe te smeer.
4. Oefen totdat jy dit regkry om die skadu-effek geleidelik van donker na lig
te laat oorgaan
5. Jy kan dieselfde effek met enige kleur verkry deur poloodkryte te gebruik.

© Juffrou Natasha se Opsommings


39

HOOFSTUK 3: HEFBOME (bl. 45-57)


EENHEID 1: Hefbome & Meganiese voordeel
(bl. 46-48)
Sleutelwoorde
Hefboom Is ‘n staaf wat om ‘n vaste punt, bekend as ‘n steunpunt of
draaipunt draai.

® Soms is dinge te swaar om op te tel of te moeilik vir ons om sonder gereedskap te doen.

- Ons kan bv. nie 'n blik verf met ons vingers
oopmaak of 'n motor met die hande oopkry
as iemand na 'n ongeluk daarin vasgekeer is
nie.

= Ons moet dus maniere en dinge vind om ons te help om die taak te
verrig.

® Ons kan GEREEDSKAP gebruik of ons kan dinge


ONTWERP en maak om vir ons 'n VOORDEEL te
bewerkstellig.

® HEFBOME EN HIDROULIESE STELSELS = is


twee voorbeelde van meganismes wat vir ons die voordeel kan bied
en 'n taak makliker maak.

© Juffrou Natasha se Opsommings


40

WAT IS 'N HEFBOOM?


® HEFBOOM = meganiese stelsel wat ons help om dinge makliker op te tel of te stoot of te trek.
= 'n Hefboom is 'n staaf wat om 'n vaste punt, bekend as die STEUNPUNT
of DRAAIPUNT, draai.
® Wanneer 'n meganiese stelsel ons help om 'n taak makliker te doen = MEGANIESE
VOORDEEL
® Hefbome = gee vir
ons meganiese
voordeel.

© Juffrou Natasha se Opsommings


41
HOE HEFBOME WERK
*Kyk na die wipplank in Figuur 3.4.*

® Wanneer jy een kant van die plank met moeite


afdruk, gaan die ander en op en lig die = LAS.
® Die vaste punt waarom die wipplank draai, is bekend as die
= STEUNPUNT.
® Die seun wat die plank afdruk, is die = MAG en die dogter is die LAS.

WANNEER 'N HEFBOOM GEBRUIK WORD, KAN JY DRIE DINGE


IDENTIFISEER
1. MAG ( M) = die stoot of die trek
2. STEUNPUNT ( S) = die punt waarom die hefboom draai , wat ook soms
die DRAAIPUNT genoem word.
3. LAS ( L) = die ding wat die hefboom probeer weerhou om te draai

MEGANIESE VOORDEEL (bl. 48)


® Dit is makliker is om 'n hefboom te gebruik = om die blik oop
te maak as om jou vingers te gebruik.

• Die lang skroewedraaier of hefboom maak die taak


makliker.

= Dit beteken dat die hefboom vir jou 'n = MEGANIESE


VOORDEEL ( MV) bied.
© Juffrou Natasha se Opsommings
42

® Hoe groot hierdie meganiese voordeel is = hang af van

1. die lengte van die hefboom


2. posisie van die steunpunt
3. die mag
4. die las.

- By die langer skroewedraaier is die afstand groter as by die korter


skroewedraaier.

® Jy kan meganiese voordeel op verskillende maniere bereken.

i. Een manier = as jy weet wat die grootte van die las en van die mag is.

= LAS & MAG = is kragte wat in NEWTON ( N) gemeet word.

HOE OM MEGANIESE VOORDEEL (MV) IN HEFBOME TE MEET:


!"#
MV =
$"%

In die voorbeeld
&''(
MV =
)''(

=5

DIE MEGANIESE VOORDEEL IS 5.


© Juffrou Natasha se Opsommings
43

® Hoe groter die meganiese voordeel = hoe meer werk sal die hefboom vir jou doen.

• As die meganiese voordeel groter is as 1 (> 1) =


kry jy die taak makliker gedoen
• As die meganiese voordeel 1 is = kry jy geen voordeel
uit die gebruik van die hefboom nie. (Die mag wat nodig is,
is dan gelyk aan die las.)
• As die meganiese voordeel kleiner is as 1 (< 1) =
kry jy ook geen voordeel uit die gebruik van die hefboom nie. (Jy
moet steeds meer mag toepas as wat die grootte van die las is.

EENHEID2: Eersteklashefbome (bl. 49-50)


® Daar is drie soorte of klasse hefbome.

1. Eersteklas
2. Tweedeklas
3. Derdeklas

® Om te identifiseer watter klas hefboom


jy gebruik

= MOET JY UITVIND OF DIE STEUNPUNT, DIE


LAS OF DIE MAG IN DIE MIDDEL IS.

- 'n Wipplank is 'n vb. van 'n eersteklashefboom

© Juffrou Natasha se Opsommings


44

KENMERKE VAN EERSTEKLASHEFBOME


® EERSTEKLASHEFBOME = is die steunpunt (of draaipunt) altyd in die middel tussen die
las en die mag.

• As jy aan die een kant van die hefboom druk = gaan die ander kant
daarvan op.

® STEUNPUNT = kan op enige plek langs die hefboom tussen die mag en die las wees.
® EERSTEKLASHEFBOME = MAG MEGANIESE VOORDEEL BIED OF NIE.

= Dit hang af van die posisie van die steunpunt of draaipunt.

• Jy kry meganiese voordeel = deur die


mag verder weg van die steunpunt toe
te pas as wat die las van die steunpunt
is.

MEGANIESE VOORDEEL IN EERSTEKLASHEFBOME


® EERSTEKLASHEFBOME = word die steunpunt altyd tussen die mag en die las geplaas.
• Waar die steunpunt geplaas word = gaan bepaal of die hefboom vir jou 'n
meganiese voordeel gee of nie.

© Juffrou Natasha se Opsommings


Oorweeg hierdie voorbeelde: 45

1. 'n Seun wil 'n blik verf oopmaak. Om dit te doen, gebruik hy 'n skroewedraaier. Dit is makliker
as om sy hande te gebruik. Hoekom maak dit die taak makliker?
2. As twee kinders ewe ver van die middel af op 'n wipplank sit, is die wipplank gebalanseer. As
een kind nader aan die middel beweeg, kantel die wipplank na die ander kant toe. Hoekom
gebeur dit?
3. Wanneer 'n seun probeer om 'n groot rots met 'n lang stok te beweeg met 'n kleiner klip as
steunpunt, is dit baie makliker om die groot klip te beweeg as die steunpunt nader aan die
groot klip as aan die seun is. Hoekom is dit so?

1. As jy 'n skroewedraaier gebruik om 'n verfblik oop te maak = word die


mag verder van die steunpunt af toegepas as wat die las van die steunpunt af is.
• Die afstand van die mag vanaf die steunpunt is groter as die
afstand van die las na die steunpunt.

= MEGANIESE VOORDEEL (ons sê MV > 1).


2. Wanneer twee kinders ewe ver van die steunpunt af op 'n wipplank
sit = is daar geen voordeel nie.

= MEGANIESE VOORDEEL IS GELYK AAN 1 (MV = 1).


• As en kind nader beweeg aan die middel (nader aan die steunpunt) =
is die afstand van die mag na die steunpunt groter as die afstand van die las na
die steunpunt.
• Die wipplank sal dan kantel.

® Hierdie VERHOUDING (die afstand van die mag na die steunpunt tot
die afstand van die las van die steunpunt) = nou groter as 1

= DUS IS DIE MEGANIESE VOORDEEL NOU GROTER


AS 1 (MV > 1).
© Juffrou Natasha se Opsommings
3. Die seun gebruik 'n stok om 'n groot klip te beweeg. 46
Hy gebruik 'n hefboom waar die afstand van die mag vanaf die steunpunt groter is as die
afstand van die las vanaf steunpunt.

= DIT GEE WEER EENS 'N MEGANIESE VOORDEEL WAT GROTER IS AS


1 (MV > 1).

• Die seun skuif die kleiner klip nader aan hom = Dus is die afstand van die mag vanaf die steunpunt
nou kleiner as die afstand van die las na steunpunt,

= DIE MEGANIESE VOORDEEL IS MINDER AS 1 (MV < 1) EN GEEN


VOORDEEL WORD VERKRY NIE
® Meer mag as die krag van die
las is nodig.

® ONS KAN DUS DIE VOLGENDE OPSOMMING VAN


EERSTEKLASHEFBOME MAAK:
1. As die afstand van die mag na die steunpunt = groter is as die afstand van die las na die steunpunt, dan is
MV > 1 (hefboom gee meganiese voordeel).
2. As die afstand van die mag na die steunpunt = gelyk is aan die afstand van die las na die steunpunt, dan is
MV = 1 (hefboom gee geen meganiese voordeel nie),
3. As die afstand van die mag na die steunpunt = kleiner is as die afstand van die las na die steunpunt, dan is
MV < 1 (hefboom gee geen meganiese voordeel nie).

© Juffrou Natasha se Opsommings


47

EENHEID 3: Tweedeklashefbome (bl. 51)


KENMERKE VAN TWEEDEKLASHEFBOME
® DIE KENMERKE VAN TWEEDEKLASHEFBOME =
is dat die las tussen die mag en die steunpunt geplaas word.

® Verbeel jou dat jy 'n vrag tuinvullis met 'n kruiwa


vervoer.

• Die steunpunt = by die as van die wiel en jy voel die


mag as jy die handvatsels oplig.
• Dit beteken dat die las = tussen die steunpunt en die
mag is.
• Die afstand van die mag na die steunpunt = groter as
die afstand van die las na die steunpunt.

® Dit is die geval met alle tweedeklashefbome.

• MEGANIESE VOORDEEL VAN


TWEEDEKLASHEFBOME = ALTYD GROTER IS
AS 1 (MV > 1).
® Voorbeelde van tweedeklashefbome en meganiese voordeel:

i. Kruiwa
ii. Botteloopmaker
iii. Krammetjies

© Juffrou Natasha se Opsommings


48
EENHEID 4: Derdeklashefbome (bl. 52-53)
KENMERKE VAN DERDEKLASHEFBOME
® DIE KENMERKE VAN DERDEKLASHEFBOME = is dat die mag altyd toegepas
word tussen die las en die steunpunt.

VOORBEELDE VAN DERDEKLASHEFBOME EN


MEGANIESE VOORDEEL
® Verbeel jou dat jy 'n graaf gebruik om grond op te tel

• STEUNPUNT = is aan die einde van die handvatsel waar jou hande die
graaf vashou.
• DIE LAS = is op die graaf waar
die grond is.
• DIE MAG = is waar jy dit laer af
toepas teen die handvatsel.

= DIT BETEKEN DAT DIE MAG


TUSSEN DIE STEUNPUNT EN
DIE LAS IS
® Die afstand van die mag na die steunpunt = is kleiner as die afstand van die
las na die steunpunt.

= DIT IS DIE GEVAL MET ALLE DERDEKLASHEFBOME.

® MEGANIESE VOORDEEL VAN DERDEKLASHEFBOME = altyd kleiner


is as 1 (MV < 1).

© Juffrou Natasha se Opsommings


49

® DERDEKLASHEFBOOM = gee nooit 'n meganiese voordeel nie, maar is steeds 'n meganisme
wat jou help met sekere take.

EENHEID 5: Hefbome & Skakelings (bl. 54-55)


GEPAARDE HEFBOME
® In baie gereedskap en masjiene werk hefbome in
pare.

- 'n vb. van gepaarde hefboom = 'n


skêr

® GEPAARDE HEFBOME = word meestal


gebruik vir vasdruk, klou en sny.

• Die kake van tange, of die lemme


van skêre maak baie ferm toe.

® DIE STEUNPUNT = is die punt waar die hefbome aan mekaar


geheg is.

SKAKELING VAN HEFBOME


® In baie groot masjiene = word verskillende hefbome saamgevoeg om
sekere werk te kan doen.

• Wanneer baie hefbome saamgevoeg of gekoppel word =


SKAKELING.
© Juffrou Natasha se Opsommings
® DIE HEFBOME IN 'N SKAKELING = is by vaste of bewegende draaipunte verbind, 50

® SKAKELINGS = word gebruik


om die rigting van krag en beweging te
verander.

• 'n Stootaksie kan verander


word in 'n trek-aksie en 'n
stootbeweging kan
verander word in 'n
draaibeweging.

HOE OM SKAKELINGS TE TEKEN

© Juffrou Natasha se Opsommings

You might also like