EKON GR 12 Sakesiklusse

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 13

Sakesiklusse/konjunktuurgolwe

Definisie:
’n Tydreeks/kurwe van stygende en dalende tendense/ekonomiese aktiwiteite waarvan die vorm konstant
bly en dit moontlik te maak om besluite te neem om beleid te formuleer.

Demonstrasie:

Elke sakesiklus bestaan uit twee periodes:

 Stygfase
 Daalfase

Fases:

 Groeifase/voorspoed
● Wanneer die ekonomie by die piek, of die boom is, is die groei in die BBP hoog. Dit is waarskynlik
dat die ekonomie volle indiensname van geskoolde werkers ervaar.
● Oorverhitting, aangedui deur inflasie wat vinnig toeneem, kom voor.
 Resessie
● Wanneer ’n resessie begin, daal produksie, inkome, investering en belastinginkomste.
● Looneise is matig en inflasie is plat.
● Korttermyn-skade
 Depressie
● Wanneer ’n depressie begin, raak sentiment negatief en bankrotskappe is hoër as gewoonlik.
● Ekonomiese aktiwiteite daal tot ’n lae vlak: werkloosheid is hoog.
● Langtermyn-skade
 Herstelfase
● Wanneer die herstelfase aanbreek, begin nasionale inkome en besteding toeneem.
● Werkloosheid onder geskoolde werkers daal.
● Verbruik, investering en invoere begin styg.

Skets:

 Bewegende gemiddeldes
● ’n Bewegende gemiddelde is ’n statistiese metode waar reekse en waardes uitgestryk word om dit
bruikbaar te maak vir beleidsformulering.
● Die impak van uitskieters en seisoensveranderinge word uitgeskakel wat vooruitskatting makliker
maak.
● Die kurwe ontstaan agv ’n 52 week bewegende gemiddeld.
 Ekstrapolasie
● Ekstrapolasie beteken om iets wat onbekend is, uit feite en inligting wat bekend is, af te lei.
● Tendenslyne word verleng.
● Geskiedkundige data word ook gebruik vir voorspellings. Tydreeksmodelle word gebruik.
 Tendenslyn
● Die natuurlike groeipad/algemene rigting van ’n mark.
● Indien die tendenslyn te styl is sal vraagtrekinflasie omskakel in kostedrukinflasie. Akute inflasie sal
ontstaan.
● Indien die tendenslyn dalend is, word ’n aggressiewe beleid benodig om dit om te swaai.
● Vooruitskattings word gebaseer op inligting oor die gedragswyse van veranderlikes uit die verlede.
● Die tendenslyn sal slegs verander indien die ekonomie enige gedragspatrone van die verlede
verander.
 Weerstandslyn
● Weerstandslyne stel die grense en die limiete.
 Kanaal
● Die kanaal is die tonnel wat ontstaan tussen die twee weerstandlyne.
● Soms bereik produksiegroei opeenvolgende hoër boonste draaipunte en opeenvolgende hoër
onderste draaipunte. Dit skep ’n opwaartse kanaal.
● Die vorming van kanale neig om tendense te verander.
● Wanneer kanale gevorm word, is die tendens geneig om te verander.
 Lengte
● Lang siklusse toon ’n ekonomie van sterkte, terwyl korter siklusse ekonomieë voorstel wat onder
druk is.
● Siklusse van “verbyskiet”: dit beteken dat wanneer ’n aktiwiteit in terme van sommige
saamgestelde aanwysers bo hul normale vlak toeneem, kan dit die opswaai “verbyskiet”.
● Ideaal indien dit lank is, want vertroue.
● Verwys na die stabiliteit (verwys na die vertroue in die ekonomie)
 Amplitude
● Die amplitude meet die hoogte verskil tussen ’n piek en die daaropvolgende trog.
● Die amplitude dui die sterkte van onderliggende kragte aan. ’n Wye amplitude tydens ’n opswaai
dui op sterk onderliggende kragte. Die duur van ’n siklus met ’n wyer amplitude toon ’n sterk
onderliggende krag.
● Dit dui ook die omvang van die verandering aan. Hoe groter die amplitude hoe meer ekstreem is
die verandering wat mag voorkom. Die fluktuasies mag groot wees en baie onstabiel.
● Ideaal indien dit kort is.
● Verwys na die fluktuasies binne die ekonomie (hoe radikaal verandering binne die ekonomie is).
Reële sakesiklusse:
Reële sakesiklusse word verkry wanneer die uitwerking van die seisoene, ongereelde gebeure en die
langtermyn-groeitendens uit die tydreeksdata, wat gebruik word om die siklus te beskryf, gehaal word.

Soorte sakesiklusse:
● Kitchen:
Ondernemings pas self hulle voorraadvlakke aan.
(3-5 jaar)

● Jugler:
Verwys na ondernemings se verandering in netto investeringsvlakke.
(7-11 jaar)

● Kuznets:
Word veroorsaak deur die verandering in ’n land se bou- en konstruksiebedryf.
(15-20 jaar)

● Kondratieff/langsiklusse:
Langtermyn, korttermyn kom binne-in plaas
Word veroorsaak deur tegnologiese innovasies, oorloë en ontdekkings van nuwe hulpbronne, ens.
Die bekendstelling van rekenaartegnologie lei steeds tot die skepping van nuwe produkte en
werksgeleenthede.
(>50 jaar)
Kenmerke onderliggend aan vooruitskattings:

Definisie:

Vooruitskattings is ’n proses om veranderende toestande en toekomstige gebeure wat die ekonomie


betekenisvol kan beïnvloed, te voorspel.

2 hoofgroepe metodes:

● Kwantitatiewe metodes wat op historiese tydreeksdata gebaseer is.


● Oordeelsmetodes wat op die mening en begrip gebaseer is.

Aanwysers1:

Sakesiklusse word geidentifiseer deur die draaipunte van ’n aantal tydreeksveranderlikes met die
verwysingsdraaipunt te vergelyk.
● Saamvallende aanwysers: die draaipunt van ’n spesifieke tydreeks neig om altyd met die
verwysingsdraaipunt saam te val.
● Leidende aanwysers: dit is die aanwysers waar die draaipunte bereik word voor die
verwysingsdraaipunt behoort bereik te word.
● Sloerende aanwysers: dit is aanwysers wat hulle draaipunte bereik na die verwysingsdraaipunt
reeds bereik is.

 Leidende indikator (PPI)


Voorspel wat in die toekoms gaan gebeur en het dus ’n hoë voorspellingswaarde
 Sloerende indikator (VPI)
Bevestig wat jy voorspel en het dus ’n hoë bevestigingswaarde

1Aanwysers: ’n aanwyser is ’n veranderlike wat ’n tendens uitwys of verklaar. Hulle gee uiting aanduiding hoe die ekonomie
presteer, of waarskynlik sal presteer.
Die gebruik van sakesiklusse in vooruitskattings
 Dit is dikwels nuttig om toekomstige ekonomiese gebeure te kan voorspel of vooruit te skat. Dit is glad
nie maklik om hierdie vooruitskattings te doen nie, en daarom moet vooruitskattings met groot
omsigtigheid gedoen word.
 Sakesiklusse kan gebruik word in ekonomiese vooruitskattings omdat daar ’n aantal ander ekonomiese
faktore is wat in harmonie met die sakesiklusse fluktueer.
 Om met die vooruitskattingsproses te help, verdeel ons ekonomiese aanwysers in groepe:
● Leidende aanwysers (indikators)
● Sloeraanwyser (indikators)
● Samevallende aanwysers (indikators)
● Saamgestelde aanwysers

Leidende aanwysers (indikators)

● Hierdie aanwysers verander voordat die ekonomie verander voordat die ekonomie verander.
● Leidende aanwysers neig om ’n paar maande voordat die sakesiklus uitbrei of inkrimp, op of af te
beweeg.
● Dit gee aan verbruikers, sake-leiers en beleidopstellers ’n idee van in watter rigting die ekonomie
moontlik gaan beweeg.
● Wanneer leidende aanwysers in een jaar styg, is dit waarskynlik dat die res van die ekonomie die
volgende jaar sal volg.
● Leidende indikators van die ekonomiese siklus sluit die volgende in:

o Gemiddelde aantal o Werkadvertensieruimte


vervaardigingsure gewerk o Sakevertroue
o Blouplanne goedgekeur o Reële M1 geldvoorraad
o Die vooraad / verkope verhouding o Produktiwiteit van
o Aandeelpryse vervaardigingsarbeid
o Kommoditeitspryse
Sloeraanwysers (indikators)

● Hierdie soort ekonomiese aanwysers verander nie van rigting tot na die siklus van rigting verander
het nie.
● Die waarde van groothandelaars se verkope van masjienerie is byvoorbeeld ’n volgaanwyser van
die sakesiklus. Dit beteken dat, as die sakesiklus ’n hoogtepunt bereik en begin daal, ons sal kan
skat dat die waarde van die nuwe masjienerie wat verkoop word in die toekoms ’n hoogtepunt sal
bereik en dan begin daal.
● Sloeraanwysers sluit in:
o Werkloosheidskoers
o Getal kommersiële voertuie wat verkoop word
o Reële beleggings in masjienerie en toerusting
o Aantal konstruksie-ure gewerk

Samevallende aanwysers (indikators)

Dit is ekonomiese aanwysers wat saam met die ekonomie beweeg. Dit beteken dat, as die sakesiklus ’n
hoogtepunt bereik en begin daal, die waarde van die kleinhandelaarsverkope terselftertyd ’n hoogtepunt
gaan bereik en begin daal.
● Samevallende aanwysers sluit in:
● Nuwerheidsproduksie-indeks (NPI)
● Totale formele indiensnemingsvlakke
● Benutting van produksiekapasiteits in vervaardiging
● Reële kleinhandelaarverkope
● Reële goeder ingevoer

Saamgestelde aanwysers

’n Saamgestelde aanwyser is ’n samestelling van die onderskeie groepe soortgelyke aanwysers in ’n


enkele syfer.
Lv: oorsaak van sakesiklusse

Inleiding:

Aktiwiteit en ekonomiese bedrywighede gaan deur verskillende fases van styg en daal weens verskillende
faktore. Hierdie faktore sal ekonomiese aktiwiteite verhoog en ’n groei/stygfase in die siklus veroorsaak.
3 oorsake:
1. Werklike/klassieke oorsake (Adam Smith/David Recardo) – endogene verklaring
2. Monetêre/Keynesiaanse oorsake – eksogene faktore
3. Sielkundige oorsake

Inhoud:

Werklike/klassieke oorsake
Veranderlike wat gebruik word: BNP-syfers (landbou aktiwiteite en produksie)

● Die werklike oorsake word ook die sloertydperk genoem.


● Hierdie faktore het te doen met die fisiese produksievlakke wat plaasvind.
● In die landbou agv die seisoene, groeitempo van gewasse en ander faktore kan die produksie nie
dadelik by die vraag aanpas nie.
● ’n Styging in produksie (styg van siklus) sal dus eers ’n jaar later op markte sigbaar wees.
● Uit die verhoogde produksie word ’n ooraanbod geskep, wat die daling weer sal inlei.
● Entrepreneurs kan ook die fisiese produksie beïnvloed:
o Entrepreneurs ontwikkel nuwe produksieprosesse
o Entrepreneurs implimenteer nuwe tegnologie en masjienerie
o Entrepreneurs brei bestaande markte uit.
● Enige van hierdie aktiwiteite sal ’n groter vraag skep en lei tot winste wat ’n aanduiding sal gee tot ’n
stygfase.
● In ’n moderne mark sal dit dadelik nog nuwe entrepreneurs lok, mededinging sal toeneem en nuwe
produksieprosesse en tegnologie sal geïmplimenteer word.
● Die mark kan ongelukkig nie almal absorbeer nie en sommige entrepreneurs kan nie in diens geneem
word nie.
● Soos oneffektiewe entrepreneurs en ondernemings uit diens gestel word, so sal die afwaaifase begin.
Monetaristiese/eksogene/Keynesiaanse oorsake

● Die kern van die monetariste se verklaring van sakesiklusse is dat die groeipad van die ekonomie deur
’n natuurlike groei in die aanbod van beskikbare bronne van produksie bepaal word.
● Indien en wanneer wanbalanse ontstaan, sal die markkragte van vraag en aanbod en prysstygings
altyd die mark na ewewig terugbring.
● Monetariste argumenteer dat markte inherent stabiel is en dat afwykings van die ewewig af deur
eksogene faktore veroorsaak word.
● Elke mark het ’n natuurlike groeipad (tendenslyn) en sikliese bewegings kan by hierdie punt gevind
word.
● Wanneer eksterne kragte werklike veranderlikes bo of onder die natuurlike groeipad dwing, sal die
markkragte dit terugtrek na die natuurlike groeipad.
● Die monetariste argumenteer dat die belangrikste oorsake van ekonomiese fluktuasies onvanpaste
regeringsbeleid en ongewenste toenames en afnames in die geldvoorraad is.
● Regeringsinmenging is nie deel van die normale kragte wat in die mark funksioneer nie.
● Regerings behoort nie in markte in te meng nie, en behoort die geldvoorraad in die ekonomie versigtig
te beheer sodat dit nie die ewewig wat markkragte outomaties tot stand bring, versteur of verwring nie.
● Eksterne faktore kan wees soos struktuele veranderinge en veranderinge in werksomstandighede.
● Eksterne faktore kan ook vertroue beïnvloed, soos bv. die gebeure van 11 September 2001, verwagte
optrede van die G8-lande, ens.
Keynesiaanse/endogene oorsake
● Aan die ander kant handhaaf die Keynesiaanse skool die sienswyse dat markte inherent onstabiel is.
● Die vlak van ekonomiese aktiwiteite oorskry en onderskry gereeld, maar onreëlmatig die potensiële
groeipad van die ekonomie.
● Die ekonomie neig om gedurig bo of onder sy potensiaal te presteer.
● Die prysmeganisme slaag nie daarin om vraag en aanbod in die goedere en faktormark te koördineer
nie.
● Pryse is eenvoudig nie buigsaam genoeg nie, veral nie wanneer dit afwaarts moet aanpas nie.
● Dink bv. lone en voedselpryse.
● Siklusse is in ’n mate as gevolg van die vermenigvuldiger en ander soortgelyke effekte
selfaangedrewe.
● Ondersteuners van die Keynesiaanse verduideliking verklaar dat sakesiklusse inherent aan die wyse
is waarop markekonomieë funksioneer.
● Endogene kragte is daarvoor verantwoordelik dat sikliese fluktuasies ontstaan.
● Die regering behoort egter in die ekonomiese prosesse in te meng om pieke en troeë so ver moontlik
gelyker te maak.
● Regstellingsprosesse behels:
o Rentekoerse:
▪ Krediet en die koste
▪ Meer krediet word opgeneem en dus ekonomiese groei
▪ Trek die surplusse/tekorte terug na die ewewigspunt
o BA-koers (sentrale bankstelsel):
▪ (kommersiële banke) = ekonomiese groei
▪ Trek die surplusse/tekorte terug na die ewewigspunt
o Geldvoorraad (M3):
▪ Krediet =I ekonomiese groei
▪ Trek die surplusse/tekorte terug na die ewewigspunt
● Hoe om die beskikbaarheid kan krediet te verander:
o Terugbetalingstydperk o Wette:
o Keuringsformule vir krediet ▪ Woekerwet
o Deposito wat gevra word ▪ Kredietwe

Sielkundige oorsake:
Kyk na die idees rondom die random walk theory: die ekonomie is emosioneel-gedrewe. Die emosies van
mense beïnvloed hulle verwagtinge.
Meting:
Sakevertrouingsindeks: nou gekoppel aan die verwagtinge van mense
● Saamgestel op grond van die verwagtinge van mense.
● Verwagtinge rig optrede.
● Wanneer dit te lank goed gaan, verwag mense dat dit sleg gaan begin gaan. Hulle verwagtinge
swaai dus om.
● Die mens skep negatiewe effekte deur verwagtinge. Hulle begin spaar en verbruikersbesteding
neem af. Dus neem produksie af en so ook die inkomste van ondernemings. Dit veroorsaak dus
negatiewe ekonomiese groei.

You might also like