Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 20

AFK2601/101/3/2024

Studiebrief 101/3/2024

Genre en tema
AFK2601

Semester 1 en 2

Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap

Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor jou module. Bestudeer dit
noukeurig en besoek dan die myModules-blad van AFK2601.

STAAFKODE
INHOUD
Bladsy
1 INLEIDING.................................................................................................................................... 4
2 DOEL EN UITKOMSTE ................................................................................................................ 6
2.1 Doel .............................................................................................................................................. 6
2.2 Uitkomste...................................................................................................................................... 6
3 KURRIKULUMTRANSFORMASIE ............................................................................................... 7
4 DOSENT(E) EN KONTAKBESONDERHEDE .............................................................................. 7
4.1 Dosent(e) ...................................................................................................................................... 7
4.2 Departement ................................................................................................................................. 8
4.3 Universiteit .................................................................................................................................... 8
5 HULPBRONNE ............................................................................................................................ 9
5.1 Voorgeskrewe boeke .................................................................................................................... 9
5.2 Aanbevole boeke .......................................................................................................................... 9
5.3 Elektroniese reserwes (e-reserwes) .............................................................................................. 9
5.4 Biblioteekdienste en hulpbroninligting ......................................................................................... 11
6 STUDENTEONDERSTEUNINGSDIENSTE ................................................................................ 12
6.1 Die Unisa Eerstejaar-ervaringsprogram ...................................................................................... 13
7 STUDIEPLAN ............................................................................................................................. 14
8 PRAKTIESE WERK EN WERKSGEÏNTEGREERDE LEER ...................................................... 14
9 ASSESSERING .......................................................................................................................... 15
9.1 Assesseringskriteria .................................................................................................................... 15
9.2 Assesseringsplan ........................................................................................................................ 15
9.3 Assesserings se sperdatums ...................................................................................................... 15
9.4 Indiening van werkopdragte ........................................................................................................ 16
9.4.1 Tipes assesserings en beskrywings ............................................................................................ 17
9.5 Die assesserings ........................................................................................................................ 18
9.6 Ander assesseringsmetodes ....................................................................................................... 18
9.7 Die eksamen ............................................................................................................................... 18
9.7.1 Toesighouding en toesighoudingsinstrumente ............................................................................ 18
10 AKADEMIESE ONEERLIKHEID ................................................................................................ 19
10.1 Plagiaat....................................................................................................................................... 19
10.2 Kullery......................................................................................................................................... 20
11 STUDENTE MET GESTREMDHEDE ......................................................................................... 20

2
AFK2601/101/3/2024

12 GEREELDE VRAE ..................................................................................................................... 20


13 BRONNE GERAADPLEEG ........................................................................................................ 20
14 TEN SLOTTE ............................................................................................................................. 20

3
1 INLEIDING

Beste student

Baie welkom by die module Genre en tema (AFK2601).

Unisa is ’n oop en afstands-e-leer- (OAeL) instelling. Die omvattende aard van ons kurrikula
ondervang ’n reeks aanbiedings, van streng vaardigheidsonderwys tot streng akademiese
sertifikate, diplomas en grade. Unisa se “openheid” en afstandsonderrigkarakter bied aan baie
studente die geleentheid om deel te vorm van tersiêre onderrig. Ons OAeL-karakter impliseer dat
ons programme sorgvuldig beplan en gestruktureer word vir alle studente om sukses te behaal.

Onderrig en leer in ’n OAeL-konteks kom neer op veelvuldige aanbiedingsmodusse, van


vervlegde leer tot volledige aanlyn onderrig. By verstek word alle nagraadse programme volledig
aanlyn aangebied sonder gedrukte studiemateriaal, terwyl voorgraadse programme van
vervlegde leer gebruik maak waar gedrukte materiaal gekombineer word met aanlyn onderrig en
leer via die onderrigbestuurstelsel – myUnisa. In sommige gevalle word voorgraadse programme
ook volledig aanlyn aangebied.

Hierbenewens, is ons programme ook versoenbaar met die visie, missie en waardes van die
Universiteit. Unisa se toewyding om mense te dien en toekomste te bepaal, gekombineer met ’n
duidelike waardering vir ons ligging op die Afrikakontinent, sluit aan by die volgende kwaliteite
van Unisa-graduandi:

• onafhanklike, robuuste, verantwoordelike en empatiese burgers wat verskillende rolle kan


vervul in hulle onmiddellike en toekomstige plaaslike, nasionale en globale
gemeenskappe;
• om ’n kritiese begrip te hê van hulle ligging op die Afrikakontinent met sy geskiedenisse,
uitdagings en potensiaal in verhouding tot globale en diverse kontekste;
• die vermoë om die betroubaarheid en bruikbaarheid van inligting en data van meervoudige
bronne krities te analiseer en te evalueer in ’n globale wêreld met sy toenemende inligting-
en datavloei en kompeterende wêreldbeskouings;
• hoe om dissipline-spesifieke kennis vaardig, eties en kreatief toe te pas om werklike
probleme op te los; en
• ’n bewustheid van hulle eie leer- en ontwikkelingsbehoeftes en toekomstige potensiaal.

4
AFK2601/101/3/2024

In AFK2601 word vervlegde leer gebruik wat beteken dat ons ’n kombinasie van gedrukte
materiaal en aanlyn materiaal gebruik. Die virtuele kampus wat ons gebruik is myUnisa. Dit is ’n
aanlyn sisteem wat gebruik word om onderrigmateriaal te administreer, te dokumenteer en aan
jou te versend asook om ondersteuning aan jou te bied. Wees asb. bedag op inligting van jou
dosent en op ander forums oor hoe om toegang tot die myUnisa-modulewerf te kry. Inligting oor
verskillende funksionaliteite oor hoe om met jou dosent en medestudente te kommunikeer asook
onderrigondersteuning sal ook op verskeie platforms gekommunikeer word.

Die volgende studiemateriaal is op myModules beskikbaar:

▪ Studiebrief 101/3/2024 (hierdie brief wat jy nou lees)


▪ die studiegids (wat 6 leereenhede bevat)

Onthou: Jou studiemateriaal is op myModules beskikbaar onder “Official Study Material”. Jy


moet dit self daar gaan aflaai.

Ons stel voor jy lees eers deeglik deur Studiebrief 101 (hierdie brief wat jy nou lees), want dit
bevat die volgende belangrike inligting:

▪ administratiewe sake (soos wie jou dosente is en hoe om hulle te kontak)


▪ die voorgeskrewe tekste en e-reserwes (en hoe om hierdie tekste in die hande te kry)
▪ hoe jy geassesseer gaan word

Gaan na die moduleblad vir AFK2601 op myModules – AFK2601-24-S1 (vir semester 1) of


AFK2601-24-S2 (vir semester 2). Stel jouself aan jou dosente en medestudente voor op die “Stel
jouself voor”-forum. Vertel ons bietjie van jouself.

Lees volgende deur die studiegids, wat die ses leereenhede vir AFK2601 bevat. Dit sal jou in
staat stel om assesserings suksesvol te voltooi.

Ons wil jou ook aanmoedig om so gou as moontlik jou myLife-rekening te aktiveer indien jy nog
nie het nie. Belangrike inligting en aankondigings word dikwels daardeur gekommunikeer. Jy mag
slegs jou amptelike myLife-e-posrekening gebruik om met dosente te kommunikeer.

Verder is dit baie belangrik dat jy AFK2601 se myModules-blad gereeld besoek (ten minste drie
keer per week), sodat jy op hoogte kan bly. Gaan kyk na die aankondigings, gesprekforums en
inligting onder Addisionele hulpbronne. Dit is essensieel dat jy AFK2601 se myModules-blad
gereeld besoek, want die dosente plaas gereeld addisionele ondersteuningsmateriaal in die vorm
van aanbiedings, blitslesse ens.

5
Dit is vir ons ’n plesier om jou as student in hierdie module te hê, en ons hoop dat AFK2601 vir
jou interessant en verrykend sal wees. Baie sterkte met jou studies!

Dr. Neil van Heerden en dr. Ihette Senekal (kursusleiers)

2 DOEL EN UITKOMSTE

2.1 Doel

In AFK2601 gaan jy voortbou op jou kennis van die Afrikaanse letterkunde. In hierdie module
gaan ons kyk na verskillende soorte literêre tekste, en spesifiek:

▪ wat ’n literêre vorm, soort of genre is en hoe dit stelselmatig verander;


▪ hoekom ons literêre tekste in genres opdeel;
▪ waarom dit moeilik en dikwels onwenslik is om literêre tekste in genres op te deel;
▪ watter literêre genres daar is en wat hulle kenmerke is;
▪ hoe verskillende genres in verskillende tydperke met mekaar in gesprek tree;
▪ hoe die vorm van ’n literêre teks skakel met die tema; en
▪ hoe hierdie genres die hele tyd aangepas en uitgebrei word.

Onthou: Die doel van hierdie module is nie om soos ’n papegaai ’n aantal aspekte van ’n paar
literêre tekste te memoriseer en weer te gee nie. Ons wil jou eerder die vaardighede gee om
enige literêre teks met selfvertroue te benader en te interpreteer.

2.2 Uitkomste

Meer spesifiek is dit hierdie module se doel om jou te bemagtig om:

▪ jou vaardigheid in teksinterpretasie en kritiese lees van tekste te verbeter;


▪ ’n bewussyn te kweek vir dié faktore wat ’n belangrike rol speel in die interaksie tussen teks
en leser;
▪ op hoogte te wees van literêre konvensies wat nodig is vir die begrip van prosa- en
poësieletterkundetekste; en
▪ die vermoë te kweek om met eie, maar gemotiveerde menings oor literêre tekste vorendag
te kom en daardie menings te beredeneer en te kommunikeer.

6
AFK2601/101/3/2024

3 KURRIKULUMTRANSFORMASIE

Unisa het ’n transformasiebeleid aangeneem waarin kurrikulumtransformasie hoog op die agenda


is. Kurrikulumtransformasie sluit in: studentgebaseerde leer, die pedagogiese hernuwing van
onderrig-en assesseringspraktyke en die implementering van Afrika kennisnetwerke. Hierdie
beginsels word op module-en programvlak geïmplementeer en daarom sal jy ʼn verandering sien
in hoe moduleinhoude ontwikkel word. Ons moedig jou aan om hierdie veranderinge in ʼn
positiewe lig te beskou binne die raamwerk van transformasie.

4 DOSENT(E) EN KONTAKBESONDERHEDE

4.1 Dosent(e)

Kursusleier (semester 1)
Medekursusleier (semester 2)
Dr. Neil van Heerden
(012) 429 6424
vheern@unisa.ac.za

Kursusleier (semester 2)
Medekursusleier (semester 1)
Dr. Ihette Senekal
(012) 429 6762
jacobi1@unisa.ac.za

7
4.2 Departement

Departementshoof
Prof. Elvis Saal
(012) 429 6737
saaleo@unisa.ac.za

Departementele sekretaresse
Me. Zané Loftie-Eaton
(012) 429 6308
loftiz@unisa.ac.za

4.3 Universiteit

Kontakbesonderhede van die verskillende administratiewe departemente is beskikbaar op die


Unisa webwerf: http://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Contact-us/Student-enquiries.

Onthou: Verskaf altyd jou studentenommer in enige korrespondensie met die universiteit.

8
AFK2601/101/3/2024

5 HULPBRONNE

5.1 Voorgeskrewe boeke

Jy hoef slegs een voorgeskrewe boek aan te koop vir AFK2601. Dit is baie belangrik dat jy
hierdie boek so gou moontlik aanskaf en lees.

Brümmer, Willemien. 2008. Die dag toe ek my hare losgemaak het. Kaapstad: Human &
Rousseau.

Jy mag GEEN ander weergawe van die boek gebruik nie. Jy mag ook nie die boek op enige
manier versprei nie. Dit is onwettig. Raadpleeg die volledige lys van amptelike boekverskaffers
op myUnisa: https://www.unisa.ac.za/sites/myunisa/default/Books/Official-Booksellers

5.2 Aanbevole boeke

Daar is geen aanbevole boeke vir hierdie module nie.

5.3 Elektroniese reserwes (e-reserwes)

Bo en behalwe die enkele voorgeskrewe boek wat jy moet aanskaf (naamlik Die dag toe ek my
hare losgemaak het deur Willemien Brümmer), maak ons ook in hierdie module gebruik van ’n
hele aantal e-reserwes.

“E-reserwes” is ’n verskeidenheid gedigte, kortverhale, akademiese artikels en boekhoofstukke


wat ingeskandeer is en elektronies aan jou beskikbaar gestel word (dit wil sê, in PDF-formaat)
via Unisa se biblioteekwebruimte (http://oasis.unisa.ac.za/search/r).

9
Jy hoef slegs die e-reserwes af te laai wat jy vir die assesserings benodig (afhangende van
die semester waarvoor jy geregistreer is). Kyk dus eers na die assesseringsvrae op myModules
om te sien watter e-reserwetekste relevant is. Elke e-reserweteks is slegs vir jou eie gebruik en
mag nie op enige manier op enige platform geplaas of versprei word nie. Dit is onwettig.

Die 2024 e-reserwes wat jy vir jou assesserings (afhangende van die semester waarvoor jy
geregistreer is) benodig, is soos volg (in alfabetiese volgorde):

Aucamp, Hennie. 1967. “Sop vir die sieke”. In: Spitsuur.. Kaapstad: John Malherbe, 62-65.

Bekker, Pirow. 1990. “Oewerbos”. In: Marais, Johann Lodewyk (red.). Groen: Gedigte oor die
omgewing. Pretoria:HAUM-Literêr, 3.

Kamfer, Ronelda S. 2008. “Lolla”. In: Noudat slapende honde. Kaapstad: Kwela, 25.

Kamfer, Ronelda S. 2008. “Kliek van sewe”. In: Noudat slapende honde. Kaapstad: Kwele, 27.

Kamfer, Ronelda S. 2008. “OD1”. In: Noudat slapende honde.. Kaapstad: Kwela, 22-23.

Kamfer, Ronelda S. 2008. “OD2”. In: Noudat slapende honde. Kaapstad: Kwela, 36.

Kamfer, Ronelda S. 2008. “Miss Moedig”. In: Noudat slapende honde. Kaapstad: Kwela, 39.

Leipoldt, C. Louis 1980. “Die oerbos”. In: Versamelde gedigte C. Louis Leipoldt (eerste
uitgawe). Kaapstad: Tafelberg, 177.

Marais, Loftus. 2008. “Strandromanse”. In: Staan in die algemeen nader aan vensters.
Tafelberg: Kaapstad, 17.

Marais, Loftus. 2008. “Ook aan die Kaap geskrywe”. In: Staan in die algemeen nader aan
vensters. Tafelberg: Kaapstad, 33.

Marais, Loftus. 2008. “Tafel afdek”. In: Staan in die algemeen nader aan vensters. Tafelberg:
Kaapstad, 60.

Marais, Loftus. 2012. “Fabulisha de la Queillerie maak reg vir die dag”. In: Kry my by die
gewone plek aguur. Kaapstad: Tafelberg, 17.

Marais, Loftus. 2012. “’n Obese paartjie in die see by Clifton”. In: Kry my by die gewone plek
aguur. Kaapstad: Tafelberg, 39.

10
AFK2601/101/3/2024

Marais, Loftus. 2012. “Groot ode aan die V&A Waterfront”. In: Kry my by die gewone plek
aguur. Kaapstad: Tafelberg, 86.

Miles, John. 2012. “Voorgevoel”. In: De Vries, A.H. Die Afrikaanse Kortverhaalboek (7de
uitgawe). Kaapstad: Human & Rousseau, 236.

Olivier, Fanie. 1990. “Welwitschia mirabilis”. In: Marais, Johann Lodewyk (red.). Groen: Gedigte
oor die omgewing. HAUM-Literêr, 43.

Viljoen, Hein. 2010. “Groot avonture in die (onlangse) Afrikaanse poësie”. Stilet, XXII: 2, 169-
196.

Jy kan die e-reserwes soos volg raadpleeg:

Die maklikste roete is om bloot die volgende adres in jou webblaaier (browser) in te tik:
http://www.oasis.unisa.ac.za/search/r
Volg dan hierdie stappe:
1. Tik die modulekode AFK2601 in die soekblokkie op die blad in.
2. Klik op Submit.
3. Klik op AFK2601 Electronic Reserves 2024.
4. Die lys met al die e-reserwes vir hierdie module sal verskyn.
5. Klik op die e-reserwe (teks) wat jy wil hê.
6. Sleutel jou gebruikersnaam (username) en wagwoord (password) in en klik op Login.
7. Die PDF-dokument sal nou oopmaak (wees geduldig, soms neem dit ʼn rukkie).
8. Stoor die dokument op jou rekenaar en/of maak ʼn uitdruk daarvan.

5.4 Biblioteekdienste en hulpbroninligting

Die biblioteek verskaf ʼn aantal inligtingsdienste en hulpbronne. Die biblioteek het ’n aantal
biblioteekgidse geskep, beskikbaar by http://libguides.unisa.ac.za

Aanbevole gidse:

• Vir oorsigtelike inligting, gaan na https://www.unisa.ac.za/library/libatglance


• Vir gedetailleerde inligting, gaan na http://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Library
• Vir Gereelde Vrae, gaan na
https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Library/Frequently-Asked-Questions
• Vir navorsingsondersteuning en dienste soos dié gelewer deur persoonlike
biblioteekpersoneel en die aanvra van inligtingsoektogte, gaan na
http://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Library/Library-services/Research-support
• Vir biblioteekopleiding van voorgraadse studente, gaan na
http://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Library/Library-services/Training

11
• Versoek en vind biblioteekmateriaal/aflaai van aanbevole materiaal:
http://libguides.unisa.ac.za/request/request
• Inligtingsdienste vir nagraadse studente: http://libguides.unisa.ac.za/request/postgrad
• Biblioteekinligtingstegnologieondersteuning: https://libguides.unisa.ac.za/techsupport
• Vind en gebruik biblioteekhulpbronne en vaardighede:
http://libguides.unisa.ac.za/Research_skills
• Dienste aan studente met gestremdhede:
http://libguides.unisa.ac.za/disability
• A–Z van biblioteekdatabasisse:
https://libguides.unisa.ac.za/az.php

Belangrike kontakinligting:

• Tegniese probleme met toegang tot bibioteekdienste: Lib-help@unisa.ac.za


• Algemene biblioteekverwante navrae: Library-enquiries@unisa.ac.za
• Navrae oor biblioteekboetes Library-fines@unisa.ac.za
• Interbiblioteeklenings vir nagraadse studente: libr-ill@unisa.ac.za
• Sosiale media: Facebook: UnisaLibrary en Twitter: @UnisaLibrary

6 STUDENTEONDERSTEUNINGSDIENSTE

Die Study @ Unisa-brosjure is beskikbaar op myUnisa: www.unisa.ac.za/brochures/studies

Die brosjure bevat belangrike inligting en riglyne om suksesvol deur Unisa te studeer.

Indien jy hulp benodig met die myModules-sisteem kan jy die volgende kontakbesonderhede
gebruik:

• Tolvrye landlyn: 0800 00 1870 (Kies opsie 07 vir myModules)


• E-pos: mymodules22@unisa.ac.za of myUnisaHelp@unisa.ac.za

Jy kan na ʼn aantal kort videoinsetsels kyk oor verskeie onderwerpe soos hoe om jou kalender te
besigtig, hoe om toegang tot moduleinhoud te kry, hoe om aankondigings te besigtig, hoe om
opdragte in te dien en hoe om deel te neem aan aanlyn forums. Klik op die volgende skakel:
https://dtls-qa.unisa.ac.za/course/view.php?id=32130

12
AFK2601/101/3/2024

Geregistreerde Unisa studente ontvang ʼn gratis myLife-e-posrekening. Belangrike inligting,


kennisgewings en opdaterings word slegs na hierdie rekening gestuur. Neem kennis dat dit tot
24 uur kan neem vir die rekening om geaktiveer te word nadat jy dit opgeëis het. Doen dit asb.
dadelik nadat jy geregistreer het via die volgende skakel: myLifeHelp@unisa.ac.za

Jou myLife-rekening is die enigste e-posrekening wat deur Unisa erken word vir amptelike
korrespondensie met die universiteit en dit bly die primêre rekening op Unisa se sisteem. Jy is
verantwoordelik vir die bestuur van hierdie rekening.

6.1 Die Unisa Eerstejaar-ervaringsprogram

Baie studente vind die oorgang tussen skoolonderrig en tersiêre onderrig uitdagend. Dit is ook
die geval met studente wat vir die eerste keer by Unisa studeer. Unisa is ʼn toegewyde afstands-
en e-leerinstelling wat baie verskil van kontakonderriginstellings. Dit is ʼn mega-universiteit en al
ons programme word deur vervlegde leer of volledige aanlyn leer aangebied. Dit is weens hierdie
rede dat ons addisionele ondersteuning bied vir studente wat vir die eerste keer aan Unisa
studeer om moeiteloos deur die Unisa onderrig-en-leerervaring te navigeer. Daarom bied ons ʼn
gespesialiseerde studenteondersteuningsprogram aan vir die studente wat vir die eerste keer aan
Unisa studeer – die Unisa’s First-Year Experience (FYE) Programme, ontwerp om aan jou vinnige
en nuttige inligting te gee oor die dienste wat die instelling aanbied en hoe jy toegang tot inligting
kan kry. Die volgende FYE-dienste word tans aangebied:

Om seker te maak dat jy nie belangrike kommunikasie van die SRU misloop nie, kyk gereeld na
jou myLife-inboks.

13
7 STUDIEPLAN

Stel vir jouself ’n persoonlike studieplan op. Beplan jou tyd, ruim genoeg tyd vir jou leeswerk in
en probeer sover moontlik by die skedule hou.

Let ook op die volgende wenke wanneer jy jou studieplan opstel:

▪ Sit tyd opsy om deur elke leereenheid te werk en die aktiwiteite te doen.
▪ Laat ekstra tyd toe vir werk wat moeilik lyk of waarmee jy probleme ervaar.
▪ Wanneer jy ’n studieplan opstel, moet jy tyd toelaat vir persoonlike verantwoordelikhede
(byvoorbeeld gesinsverpligtinge, werkverpligtinge, sosiale verpligtinge, verlof).
▪ Beplan só dat jy jou produktiefste tyd vir studie kan benut (byvoorbeeld laataand nadat die
kinders gaan slaap het of vroegoggend voordat die res van die gesin wakker word).
▪ Onthou dat dit meer doeltreffend is om gereeld een uur te studeer (byvoorbeeld elke
weeksdag) as om elke twee weke tien ure te studeer. Besluit vooraf hoeveel uur jy per week
aan jou studie gaan afstaan. Ons beveel aan dat jy een tot twee uur per dag opsy sit.
▪ Monitor jou vordering. Dit sal jou bevrediging verskaf om te sien wat jy reeds bereik het, en
sal jou inspireer as jy agter raak. Wees bedag op ontwrigtings aan jou studieprogram weens
onvoorsiene omstandighede. Monitor dus jou vordering sodat jy dadelik kan inhaal indien jy
agter raak. Onthou dat dit makliker is om een week se verlore ure in te haal as ’n hele maand
s’n.

Dit gebeur soms dat ’n mens weens onvoorsiene omstandighede wel agter raak. As dit gebeur,
neem so gou moontlik beheer oor die situasie:

▪ Identifiseer waarom jy agter geraak het.


▪ Stel ’n plan op om in te haal.
▪ Kontak jou akademiese ondersteuningsnetwerk (dosente, e-tutors, medestudente) om ’n
oplossing of bykomende hulp te kry.

8 PRAKTIESE WERK EN WERKSGEÏNTEGREERDE LEER

Daar is geen praktiese werk of werksgeïntegreerde leer vir hierdie module nie.

14
AFK2601/101/3/2024

9 ASSESSERING

9.1 Assesseringskriteria

Langer paragraaftipe vrae en opstelle (essays) sal diskresionêr volgens bepaalde kriteria
nagesien word – ook in die eksamenvraestel. Dit is belangrik dat jy op die assesseringskriteria let
en jou essay of antwoord hiervolgens beplan. Raadpleeg asseblief die dokument getiteld “Riglyne
vir die skryf van literêre essays” wat elektronies beskikbaar is onder “Additional Resources” op
myModules.

9.2 Assesseringsplan

• Om hierdie module te voltooi moet jy twee assesserings voltooi naamlik Assessering 1


(“Assessment 1”) en Assessering 2 (“Assessment 2”).
• Al die inligting oor wanneer en waar jy jou assesserings moet indien is beskikbaar op die
myModules-blad van AFK2601.
• Sperdatums en die assesseringsvrae is beskikbaar op die myModules-blad van AFK2601.
• Om toegang tot die eksamen te kry, moet jy ten minste een opdrag indien, maar om
uiteindelik die module te slaag is dit baie belangrik dat jy al die opdragte indien.
• Assessering 1 dra ʼn gewig van 30% om jou semesterpunt te bereken. Assessering 2 dra
ʼn gewig van 70%. Die semesterpunt dra 45% tot jou finale modulepunt by.
• Jy sal later eksameninligting op myModules ontvang. Hou gereeld aankondigings oor die
eksamen dop.
• Die eksamen dra ʼn gewig van 55% om die finale modulepunt te bereken.
• ʼn Subminimum van 40% geld vir die eksamen. As jy onder 40% vir die eksamen kry, sal
jy outomaties druip en sal jou semesterpunt nie in berekening gebring word nie.

9.3 Assesserings se sperdatums

• Daar word geen sperdatums vir assesserings in hierdie studiebrief verskaf nie.
• Raadpleeg die myModules-blad van AFK2601 vir die sperdatums. Die sperdatums sal
beskikbaar wees as jy vir die module registreer.
• Begin asb. so gou moontlik met jou opdragte nadat jy geregistreer het.
• Teken aan op die myModules-werf vir hierdie module vir meer inligting oor sperdatums vir
die indiening van assesserings.

15
9.4 Indiening van werkopdragte

• Unisa, as ʼn omvattende oop en afstandsgebaseerde e-leerinstelling is besig om te


verander na ʼn aanlyn instelling. Daarom sal jy sien dat jou studiemateriaal, assesserings
en kontak met dosente aanlyn sal plaasvind. Ons gebruik myUnisa as ons virtuele kampus.
• Die myUnisa- virtuele kampus gee aan jou toegang tot die AFK2601-myModules-blad,
waar jou leermateriaal sal wees en waar jy alle assesserings moet indien. Hierdie is ʼn
aanlyn sisteem wat gebruik word om leermateriaal te administreer en aan studente te lewer
asook om die kommunikasie tussen dosent en student te ondersteun.
• Jy kry toegang tot die myUnisa-platform via https://my.unisa.ac.za. Klik op die myModules
2024-knoppie om toegang te kry tot al die aanlyn werwe vir die modules waarvoor jy
geregistreer het.
• Hou asb. gereeld die aankondigings op die AFK2601-myModules-blad dop vir belangrike
inligting wat jou dosent met jou deel.
• As jy toegang tot jou myModules-blad vir AFK2601 het, sal jy ʼn verwelkomingsboodskap
van jou dosent sien. Op hierdie bladsy sal jy ook die assesseringsdoppe sien vir die twee
assesserings wat jy moet voltooi. Dit sal aangedui word as “Assessment 1” en
“Assessment 2”.
• Om quiz-assesserings te voltooi, moet jy gaan na AFK2601 se myModules-blad. Klik op
“Assessment 1” (hierdie is ʼn meervoudigekeuseopdrag of “quiz”). Daar sal ʼn datum wees
wanneer hierdie assessering open en sluit. Doen die assessering aanlyn binne die tyd wat
hiervoor toegestaan word. Die vrae vir Assessering 1 (“quiz”) verskyn nie in hierdie
studiebrief (Studiebrief 101) nie en is slegs aanlyn beskikbaar. Daarom moet jy aanlyn
toegang tot die “quiz” kry en dit ook aanlyn voltooi waar die “quiz” geskep is.
• Moet nie ’n selfoon gebruik om die “quiz” te voltooi nie. Gebruik ’n rekenaar, tablet of
skootrekenaar. Studente wat ’n selfoon gebruik, kan dit moeilik vind om deur die vrae van
die aanlyn assessering te navigeer op ’n klein skerm. Selfone is ook meer geneig tot
konnektiwiteitsprobleme. Indien moontlik, moet nie ’n selfoon gebruik vir hierdie tipe
assessering nie.
• Vir geskrewe assesserings moet jy alle riglyne volg wat jou dosent aan jou kommunikeer.
“Assessment 2” is ʼn geskrewe assessering. Klik op “Assessment 2” op die AFK2601-
myModules-werf. Volg dan die nodige stappe om jou antwoordlêer in pdf-formaat op te
laai. Jy mag slegs ʼn pdf-dokument oplaai. Maak seker dat jy die korrekte en volledige
dokument oplaai. Geen punte word toegeken vir foutiewe indienings nie.

16
AFK2601/101/3/2024

9.4.1 Tipes assesserings en beskrywings

Alle assesserings word gedefinieer as elektiewe/selektiewe (elective), bydraende (mandatory),


verpligte (compulsory) of opsionele (optional) assesserings.

• Elektiewe/selektiewe assesserings
- Indien dit nie ingedien word nie kry die student geen punt vir hierdie item nie.
- Die beste punt van die vereiste indienings sal tel.
• Bydraende (mandatory) assesserings
- Indien dit nie ingedien word nie kry die student geen punt vir hierdie item nie.
• Verpligte (compulsory) assesserings
- Indien dit nie ingedien word nie, sal die resultaat op die student se akademiese
rekord as afwesig (absent) aangedui word.
• Opsionele (optional) assesserings
- Jy word as student aangemoedig om opsionele assesserings te voltooi wat jou
leer kan bevorder.

I. Elektiewe/selektiewe assesserings
a. Die student word ’n keuse gegee watter assesserings binne ’n geïdentifiseerde groep
hy/sy wil indien, slegs die beste resultaat/resultate, die aantal word vooraf
gespesifiseer, dra tot die jaarpunt by.
b. Elektiewe assesserings moet ook in ’n elektiewe groep gegroepeer word.
c. Vir die student om te kan kies watter assessering om in te dien, moet die elektiewe
assesserings saam gegroepeer word. Vir so ’n elektiewe groep, moet relevante inligting
aan die student verskaf word soos hoeveel assesserings ingedien moet word en
hoeveel van die assesseringspunte gekombineer moet word om die jaarpunt te
bereken.
d. Die seleksiekriteria omskryf hoe assesseringspunte in ’n elektiewe groep gekombineer
moet word om die jaarpunt te bereken. Drie verskillende kriteria kan gebruik word om
die jaarpunt te bereken:
• Die beste punt moet gebruik word.
• As die student minder as die vereiste aantal assesserings per groep indien of geen
assessering in ’n groep indien nie, ’n punt van 0% gebruik word.
• 0% word toegeken vir alle assesserings wat nie ingedien of gemerk is nie. ’n Beste
punt word dan uit alle items bereken.

II. Bydraende (mandatory) assesserings


a. Dra tot die jaarpunt by.
b. As ’n student nie ’n bydraende assessering indien nie word geen punt toegeken nie en
die jaarpunt word hiervolgens bereken. Die student sal dus alle punte in terme van
hierdie assessering verloor as die finale modulepunt bereken word.

17
III. Verpligte assesserings
a. Indien dit nie ingedien word nie sal die student die Verpligte Assessering-module druip,
maar sal as afwesig van eksamen aangedui word in die geval van ander modules.

IV. Opsionele assesserings – Jy word aangemoedig om opsionele assesserings te doen


sodat dit jou studies kan bevorder.

LET WEL: Beide assesserings in AFK2601 is bydraende (mandatory) assesserings. Dit beteken
dat beide assesserings bydra om die semesterpunt te bereken volgens die gestelde gewigte.

9.5 Die assesserings

Soos reeds vermeld moet jy twee assesserings voltooi naamlik Assessering 1 (“Assessment 1”)
en Assessering 2 (“Assessment 2”). Beide assesserings is bydraende (mandatory) assesserings
wat beteken dat beide assesserings ’n spesifieke gewig dra om die semesterpunt te bereken.
Besonderhede oor die assesserings is op die AFK2601-myModules-blad beskikbaar. Geen
assesserings word in hierdie studiebrief ingesluit nie. Assesseringsvrae en sperdatums is op
die AFK2601-myModules-blad beskikbaar.

9.6 Ander assesseringsmetodes

Geen alternatiewe assesseringsmetodes word in hierdie module aangewend nie.

9.7 Die eksamen

Eksameninligting en verdere besonderhede oor die formaat van die eksamen sal aanlyn via
myUnisa aan jou gekommunikeer word. Kyk ook op myModules vir belangrike inligting en
aankondigings wat jou dosent oor die eksamen sal plaas.

9.7.1 Toesighouding en toesighoudingsinstrumente

Unisa se assesserings is sedert 2020 aanlyn. Gegewe streng vereistes van professionele liggame
en verhoogde versoeke van Unisa se studente aan derde partye om hulle onwettig by te staan
met die voltooiing van werkopdragte en eksamens, is Unisa verplig om die universiteit se
assesseringsintegriteit te verseker deur die gebruik van verskeie toesighoudingsinstrumente:
Turnitin, Moodle Proctoring, die Invigilator App en IRIS. Hierdie instrumente staaf studente se
identiteit en identifiseer verdagte gedrag om die geloofwaardigheid van studente se antwoorde
tydens assesserings te verseker. Die volgende definisies en beskrywings is belangrik, aangesien
jy sommige of al hierdie toesighoudingsinstrumente in jou geregistreerde modules gaan teëkom:

Turnitin is plagiaatsagteware wat kontrole vir die oorspronklikheid van studente se voorleggings
teen interne en eksterne bronne vergemaklik. Turnitin help met die identifisering van akademiese
18
AFK2601/101/3/2024

bedrog en plagiaat. Daar word van studente verwag om getikte antwoorde in te dien vir die
gebruik van die Turnitin-sagteware.

Die Moodle Proctoring-instrument is gesigsherkenningsagteware wat studente se identiteit


tydens hul Quiz-assesserings staaf. Hierdie hulpmiddel vereis toegang tot ’n student se selfoon-
of skootrekenaarkamera. Studente moet seker maak dat hul kamera in hul blaaierinstellings
geaktivieer is voor hul assesserings.

Die Invigilator App verifieer die identiteit van ’n assesseringsdeelnemer. Hierdie


toesighoudingsinstrument bespeur studente se oneerlikheid en verseker dat die
assesseringsdeelnemer wel die geregistreerde student is. Hierdie toesighulpmiddel vereis dat
studente die toepassing vanaf hul Play Store (Google, Huawei en Apple) op hul mobiele toestelle
(kamera-geaktiveer) aflaai voor hul assessering.

IRIS is toesighoudingsagteware wat die identiteit van ’n student tydens assessering verifieer en
dit maak voorsiening vir beide handmatige en outomatiese gesigverifikasie. Dit het die vermoë
om ’n student se assesseringsessie aan te teken en te hersien. Dit merk studente se verdagte
gedrag vir hersiening deur ’n akademiese administrateur. IRIS-sagteware vereis installasie op
studente se skootrekenaartoestelle wat met ’n webkamera geaktiveer is. Studente wat
geïdentifiseer en gevmerk word vir verdagte, oneerlike gedrag wat uit die toesig- en
protektorverslae voortspruit, word na die dissiplinêre kantoor verwys vir formele verrigtinge.

Neem asseblief kennis: Studente moet kyk na hulle module se assesseringsinligting op


myModules om te bepaal watter toesighulpmiddel vir hulle formatiewe en summatiewe
assesserings gebruik sal word.

10 AKADEMIESE ONEERLIKHEID

10.1 Plagiaat

Plagiaat behels die handeling om woorde, idees en denke van ander te neem en dit as jou eie
aan te bied. Dit is ʼn vorm van diefstal. Plagiaat sluit die volgende vorme van akademiese
oneerlikheid in:

• kopieer en plak uit enige bron sonder om die bron te erken;


• deur nie verwysings te verskaf of doelbewus foutiewe bibliografiese inligting te gebruik; en
• parafrasering sonder om die oorspronklike bron te erken.

19
10.2 Kullery

Kullery sluit die volgende in:

• die voltooiing van opdragte namens ʼn ander student, kopiëring van ʼn ander student se
werk of om toe te laat dat ʼn ander student jou werk kopieer;
• die gebruik van sosiale media (soos WhatsApp, Telegram) en ander platforms om
assesseringsinligting te versprei;
• die indiening van korrupte of irrelevante lêers; en
• die koop van volledige antwoorde van sogenaamde “tutors” of
internetwerwe(kontrakkullery).

Vir meer inligting klik op die volgende skakel:


https://www.unisa.ac.za/sites/myunisa/default/Study-@-Unisa/Student-values-and-rules

11 STUDENTE MET GESTREMDHEDE

The Advocacy and Resource Centre for Students with Disabilities (ARCSWiD) bied ʼn geleentheid
aan dosente om met gestremde studente kontak op te neem.

As jy ʼn gestremde student is en addisionele ondersteuning of addisionele tyd vir assesserings


benodig kontak vir dr. Neil van Heerdeb (dosent van AFK2601) per e-pos om die saak te bespreek.
Sy e-pos is vheern@unisa.ac.za

12 GEREELDE VRAE

Kyk na die “Gereelde vrae”-dokument op myModules. Hierin word al die algemene vrae oor die
module beantwoord.

13 BRONNE GERAADPLEEG

Geen

14 TEN SLOTTE

Ons hoop dat AFK2601 vir jou interessant en verrykend sal wees. Kontak asseblief vroegtydig
jou dosente as jy sukkel, of onseker is oor enigiets.

©
Unisa 2024

20

You might also like