Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 17

PROVINSIALE EKSAMEN

JUNIE 2023
GRAAD 10
NASIENRIGLYNE

EKONOMIE (VRAESTEL 1)

17 bladsye
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1.1 D insette 

1.1.2 B ekonomiese goedere 

1.1.3 C produkte 

1.1.4 A Bankwese 

1.1.5 B sloerende  (5 x 2) (10)

1.2 PASITEMS

1.2.1 F ʼn Tak van Ekonomie wat die handel en finansies tussen lande
regoor die wêreld bestudeer 

1.2.2 E Wanneer ʼn produk of diens beskikbaar is, maar jy nie die


hulpbronne het om dit te bekom nie 

1.2.3 G Die beweging van goedere en dienste en produksiefaktore onder


die deelnemers aan die ekonomie 

1.2.4 A Wanneer ʼn besigheid fokus op die produksie van een produk of


diens 

1.2.5 C Die tipe goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te
produseer 

1.2.6 B Die tydperk van baie hoë ekonomiese aktiwiteit net voor die
ekonomie verlangsaam  (6 x 1) (6)

1.3 GEE ’N TERM

1.3.1 Keynesiaanse Benadering 

1.3.2 Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging 

1.3.3 Regering/Openbare Sektor 

1.3.4 Infrastruktuur  (4 x 1) (4)

TOTAAL AFDELING A: 30

2
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1 2.1.1 Noem enige TWEE wetenskaplike vakke wat met Ekonomie
verband hou.

 Statistiek 
 Wiskunde 
 Inligting en tegnologie 
(Enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)

2.1.2 Hoekom bevorder die regering menseregte?

 Om seker te maak dat almal ʼn basiese vlak van waardigheid


het. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)

2.2 DATARESPONS

2.2.1 Wie het ʼn positiewe stelling in die illustrasie hierbo gemaak?

 Suzan (1)

2.2.2 Gee EEN ander voorbeeld van ʼn positiewe stelling in Ekonomie.

 Die werkloosheidsyfer is 34%.


(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)

2.2.3 Beskryf kortliks die term Ekonomie.

 Die studie van die doeltreffende gebruik of bestuur van


hulpbronne om maksimum bevrediging van menslike materiële
onbeperkte behoeftes en begeertes te bereik. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

2.2.4 Waarom is die opmerkings van ekonome meestal normatiewe


stellings?

 Die ekonome gee hul mening oor ʼn ekonomiese onderwerp.


Hierdie stellings kan nie bewys word nie en is dus normatiewe
stellings.  (2)

3
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

2.2.5 Hoekom is dit moeilik om navorsing in Ekonomie te doen?

 Ekonomie is nie ʼn presiese wetenskap nie aangesien dit


menslike gedrag bestudeer wat voortdurend verander. 
 Mense kan dus ook bevooroordeeld wees in hul oordeel; dit
beteken selfs navorsers se gevoelens kan bydra tot probleme
van subjektiwiteit. 
 Verskillende ekonome het verskillende sienings oor hoe die
ekonomie moet werk. 
 ʼn Mens kan byvoorbeeld in swakker rand glo omdat dit uitvoer
kan bevorder, terwyl ʼn ander ʼn sterker rand kan bevoordeel
omdat dit invoer goedkoper kan maak. 
 Ekonome moet besluit watter feite om te gebruik. Statistieke
oor prestasie van die ekonomie word voortdurend geproduseer,
so dit kan dit vir ekonomiese navorsers moeilik maak om
dieselfde verduideliking vir ʼn spesifieke navorsingsprobleem te
hê (as hulle verskillende statistieke gebruik het). 
 Om eksperimente uit te voer is moeilik, anders as in suiwer
wetenskappe soos Fisika waar chemiese veranderlikes deur die
navorser beheer kan word, kan die veranderlikes in Ekonomie nie
beheer word nie. 
 Om byvoorbeeld te sien of prysstygings afnames in vraag
veroorsaak, moet hulle aanvaar dat ander faktore konstant bly
(ceteris paribus).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (2 x 2) (4)

2.3 DATARESPONS

2.3.1 Identifiseer die metode wat gebruik word om BBP in die tabel
hierbo te bereken.

 Produksie metode.  (1)

2.3.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.

 BTW 
 Invoerbelasting 
 Aksynsbelasting 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)

2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.

● Dit is die markwaarde van al die finale goedere en dienste wat


binne die grense van ʼn land geproduseer word.  (2)

4
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

2.3.4 Hoekom word subsidies afgetrek wanneer die BBP teen markpryse
bereken word?

 Subsidies is finansiële aansporings wat deur die regering aan


produsente betaal word. Subsidies verlaag die koste van
produksie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

2.3.5 Bereken die Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. Toon
ALLE berekeninge.

631 848 + 1 037 270 + 3 894 359 


BTW teen basiese prys = 5 563 477 
(As slegs die antwoord verskaf word, gee ʼn maksimum van 2 punte.) (4)

2.4 Onderskei tussen mikro-ekonomie en makro-ekonomie.

 Mikro-ekonomie is die studie van besluite wat geneem word deur mense
en besighede rakende die toewysing van hulpbronne en pryse van
goedere en dienste. 
 Mikro-ekonomie is gemoeid met hoe vraag en aanbod in individuele
markte vir goedere en dienste in wisselwerking tree. 
 Makro-ekonomie handel oor die studie van die gedrag en prestasie van
die ekonomie in totaal. 
 Die belangrikste faktore wat in makro-ekonomie bestudeer word, behels
bruto binnelandse produk (BBP), werkloosheid, inflasie, groeikoers
ens. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 4) (8)

2.5 Waarom is buitelandse handel voordelig vir ʼn land?

 Die buitelandse sektor bied aan verbruikers en verskaffers die geleentheid


om toegang tot goedere en dienste te kry en om groter markte regoor die
wêreld te kry. 
 Die buitelandse sektor laat toegang tot meer kapitaal, goedkoper invoer en
groter uitvoermarkte toe. 
 Toegang tot globale markte deur die buitelandse sektor help die plaaslike
ekonomie om meer doeltreffend te wees en sy hulpbronne beter te benut.
 Die buitelandse sektor maak voorsiening vir meer mededinging plaaslik en
plaaslike maatskappye kan baat by groter verdeeldheid. 
 Innoveerders en entrepreneurs kan idees deel wat reeds suksesvol in
ander lande gebruik is en dit plaaslik implementeer. 
 Handel met die buiteland skep samewerking en beter verhoudings tussen
nasies. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]

5
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van hernubare natuurlike hulpbronne.

 sonkrag 
 wind krag 
 water 
 lug 
 plante 
 biobrandstof 
 diere 
(Enige ander relevante antwoord.) (2 x 1) (2)

3.1.2 Waarom is ʼn resessie ongewens vir die ekonomie?

 Dit lei tot ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite sowel as ʼn


wydverspreide daling in besteding. 
 Dit verminder die beskikbaarheid van werksgeleenthede en
ekonomiese groei/wat lei tot aflegging; armoede en terugneming
van mense se bates. 
 Dit verminder ekonomiese aktiwiteite in verskeie sektore van die
ekonomie soos vervaardiging en dienste. 
(Enige ander relevante antwoord.) (1 x 2) (2)

3.2 DATARESPONS

3.2.1 Identifiseer uit die diagram hierbo, die sektor wat die meeste bydra
tot ekonomiese groei.

 Finansies/Eiendom/Sakedienste  (Enige EEN) (1 x 1) (1)

3.2.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn industrie in die primêre sektor.

 Mynbou 
 Landbou 
 Boerdery 
 Visvang 
(Enige ander relevante antwoord.) (1 x 1) (1)

3.2.3 Beskryf kortliks die term produksie.

 Produksie is die proses waardeur ʼn entrepreneur beskikbare


hulpbronne kombineer en dit in ʼn soort produk verander. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

6
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

3.2.4 Verduidelik die verband tussen primêre en sekondêre sektor.

 Grondstowwe van die primêre nywerheid word in die sekondêre


sektor tot finale produkte verwerk. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

3.2.5 Waarom is die tersiêre sektor belangrik in die ekonomie?

 Dit is die grootste bydraer tot die bruto binnelandse produk en ʼn


bron van indiensneming. 
 Dit is ʼn bron van inkomste vir die regering. 
 Skep mark vir verbruikersprodukte. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)

3.3 DATARESPONS

3.3.1 Identifiseer die punt waarop ekonomiese aktiwiteit die hoogste is.

Piek D/Boonste draaipunt D  (1)

3.3.2 Noem die ekonomiese aanwyser wat die algemene rigting toon
waarin die ekonomie beweeg.

Tendenslyn/Lyn E F  (1)

3.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus.

 Verwys na die opeenvolgende tydperke van groei en afname in


ekonomiese aktiwiteit of is ʼn tydreeks wat herhaalde toenemende
en dalende ekonomiese aktiwiteit toon. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

3.3.4 Hoe word ʼn volledige sakesiklus gemeet?

Wanneer ʼn sakesiklus gemeet word, word die reeks uitbreidings en


inkrimpings in reële BBP gemeet.
Meting van die siklus begin by ʼn piek en gaan voort deur ʼn resessie, ʼn
trog en ʼn uitbreiding (van piek tot piek/van trog tot trog).  (2)

7
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

3.3.5 Hoe kan die regering die totale vraag verlaag tydens ʼn hoogtepunt in
die sakesiklus?

 ʼn Afname in staatsbesteding (G), sal die


werksgeleenthede/beskikbaarheid van inkomste verminder.
 Die totale besteding sal afneem, sowel as inflasie. 
 ʼn Verhoging in belasting sal die huishouding se besteebare inkomste
verminder, verbruikers sal minder inkomste hê om te bestee. 
 Die regering kan terselfdertyd staatsbesteding verminder en belasting
verhoog om die vraag na goedere en dienste te verminder. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)

3.4 Onderskei tussen die eksogene en endogene redes vir veranderinge in die
sakesiklus.

Eksogene redes:

 Eksogene redes is redes vir sakesiklusse wat buite die markstelsel


ontstaan. 
 Veranderinge in weerstoestande beïnvloed die uitset van die landbousektor
en toerismebedryf van ʼn ekonomie en die totale vlak van ekonomie
aktiwiteit. 
 Wanneer die ekonomie strukturele verandering het, beïnvloed dit produksie,
indiensneming, beleggings, staatsuitgawes, belasting, invoere en uitvoere. 
 Variasies in die geldvoorraad veroorsaak ook sakesiklusse. 
 Ewekansige skokke kan veranderinge aan die sakesiklus veroorsaak, bv.
oorlog, skielike styging in die prys van olie, natuurrampe, ens. 
 Politieke aksies soos wanneer die regering verkiesingsstemme wil wen, sal ʼn
ekspansiewe beleid aanvaar en na die verkiesing begin die inflasionêre
uitwerking van hierdie ekspansionêre beleid.  (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (2 x 2)

Endogene faktore

 Dit is faktore wat deel van die ekonomiese stelsel is. 


 Die uitbreidingsfase bevat ook meganismes wat uiteindelik ʼn inkrimping van
ekonomiese aktiwiteit veroorsaak. 
 Soos die vlak van ekonomiese aktiwiteit toeneem, neem die totale besteding
in die ekonomie ook toe. 
 Dit veroorsaak ʼn toename in invoere wat die betalingsbalans negatief
beïnvloed en lei tot ʼn depresiasie van die wisselkoers. 
 Verhoging in rentekoerse as gevolg van verhoogde lenings (negatiewe effek
op die ekonomie). 
 Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot ʼn toename in besteding en
omgekeerd.  (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (2 x 2) (8)

8
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

3.5 Hoe spreek die regering omgewingsprobleme in die ekonomie aan?

 Artikel 24 van die Grondwet stel die reg op ʼn omgewing wat nie skadelik vir
gesondheid of welstand is nie, en doen ʼn beroep op die regering om
wetgewende en ander aksies te neem om: besoedeling en ekologiese
agteruitgang te voorkom, bewaring te bevorder en ekologies volhoubare
ontwikkeling te verseker. 
 Omgewingsbeleid kan wette en beleide insluit wat water- en
lugbesoedeling, chemiese en oliestortings, rookmis, drink watergehalte,
grondbewaring en -bestuur, en wild beskerming (soos die beskerming van
bedreigde spesies), insluit. 
 Die regering hef fooie en heffings op verbruikers en produsente vir die afval
wat hulle produseer en in die omgewing stort, byvoorbeeld emissie heffings
op nywerhede en voertuig eienaars vir gas afval. 
 Groen belasting word gehef op die produksie van produkte wat nie
bioafbreekbaar is nie, byvoorbeeld bande. 
 Produsente sal hul besoedeling moet verminder om seker te maak dat hulle
die koste van hulle produk laag hou. 
 Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die omgewing in
gedagte. 
 Minder afvalprodukte, verminderde afhanklikheid van fossielbrandstowwe
en ʼn aanvraag deur produsente vir doeltreffende en omgewingsveilige
tegnologie gee aanleiding tot nuwe produkte en omgewingsveilige
masjiene. 
 Die regering begin met massiewe openbare omgewingsbewustheid
programme om die skade te help herstel, herwinning en hergebruik te
bevorder en omgewingsbesoedeling te bevorder. 
 Morele oortuiging – omgewingsbewustheid word geskep om mense te laat
optree op ʼn manier wat vriendelik is vir die omgewing. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]

TOTAAL AFDELING B: 40

9
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ʼn laer-orde response.

 ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou


Maks. 2
met die vraag onderwerp te definieer.
 Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam

Hoof gedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Maks. 26


Bespreek krities/ AnaliseerVergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik

Bykomende deel: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer


krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Afsluiting

Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

 ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat


reeds genoem is te herhaal Maks. 2
 Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
 ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
 Aanbevelings
TOTAAL 40

10
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 4

 Bespreek, met behulp van ʼn diagram, die ekonomiese kringloop model van ʼn
oop ekonomie onder die volgende opskrifte:
o Vloei
o Inspuitings en lekkasies
o Markte (26 punte)
 Evalueer die positiewe uitwerking van besparing op die ekonomie. (10 punte) [40]

Inleiding

Die ekonomiese kringloop van ʼn oop ekonomie toon die werking van ʼn ekonomie wat
oop is vir buitelandse handel. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOF GEDEELTE

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP: ’N OOP EKONOMIE

SAKESEKTOR

(I)

BUITELANDSE SEKTOR

FAKTORMARK STAAT GOEDEREMARK

FINANSIËLE
MARK

NOTA:

PRIVAAT
HUISHOUDINGS

Die vier sektor oop ekonomie model

Deelnemers = 4 punte
Markte = 2 punte
Vloei = 2 punte
Maks. = 8 punte

11
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

Vloei

Regte vloei

 Produksiefaktore vloei vanaf die eienaars (huishoudings) na produsente via die


faktormarkte. 
 Goedere en dienste vloei vanaf die produsente via die goederemarkte na
huishoudings en ander gebruikers van goedere en dienste. 
 Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van die buiteland na Suid-Afrika
(invoere). 
 Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van Suid-Afrika na die buiteland
(uitvoere). 

Geld vloei

 Produsente/Besighede bestee aan produksiefaktore en die huishoudings ontvang


ʼn inkomste (lone, huur, rente en wins). 
 Huishoudings bestee hul inkomste (private verbruiksbesteding) aan goedere en
dienste en die produsente ontvang ʼn inkomste. 

Inspuitings

 Inspuitings verteenwoordig die inspuiting van geld in die ekonomiese kringloop


(plaaslike ekonomie). 
 Dit verwys na die vloei van enige besteding wat nie uit inkomste (Y) verkry word
nie. 
 Bykomende geld kom die ekonomie binne en dit verhoog inkomste. 
 Binnelandse aankope op goedere en dienste neem toe. 
 In ʼn oop ekonomie is inspuitings staatsbesteding (G), die inkomste verdien uit
uitvoere (X) en investerings besteding (I). 

BELEGGINGS 

 Besighede kry lenings van verskeie finansiële instellings en dan word hierdie geld
gebruik om te koop (belê) in eiendom, masjiene, toerusting, ens. 
 Hulle gebruik ook hierdie geld om voorraad en intermediêre goedere te koop. 
 Die regering bestee geld aan goedere en dienste om ekonomiese en
maatskaplike dienste en infrastruktuur te verskaf, bv. bou van damme, skole,
hospitale,  ens.

UITVOER 

 Goedere en dienste word na die buiteland uitgevoer. 


 Geld kom die ekonomiese kringloop binne omdat die buitelandse sektor betaal vir
die goedere en dienste wat hulle ontvang het. 

12
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

Lekkasies

 ʼn Lekkasie verteenwoordig die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop
(plaaslike ekonomie). 
 Dit gee nie aanleiding tot ʼn verdere rondte inkomste nie. 
 Dit laat binnelandse aankope op goedere en dienste afneem. 
 In ʼn oop ekonomie is die lekkasies belasting (T), die uitgawes aan invoere (Z) en
besparings (S). 

SPAAR

 Dit is daardie gedeelte van geld wat nie aan goedere en dienste bestee word
nie. 
 Die geld verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na finansiële instellings. 

BELASTINGS

 Huishoudings en besighede betaal belasting aan die regering. Hierdie geld


verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na die regering. 
 Huishoudings betaal belasting op hul inkomste en besighede betaal belasting op
hul winste. 
 Bv. van belasting is Inkomstebelasting en Belasting op Toegevoegde Waarde
(BTW). 

INVOERE

 Dit is wanneer goedere van ander lande ingevoer word. 


 Geld verlaat die ekonomiese kringloop omdat geld na die buiteland vloei. 

Markte

Goedere/Produk mark 

 Sakeondernemings verkoop hul goedere en dienste op die produkmark en


ontvang die besteding van die huishouding in ruil daarvoor. 
 Die regering verskaf openbare goedere en dienste aan huishoudings en
besighede op die produkmark. 
 Die buitelandse sektor voer finale produkte in en uit deur die produkmark. 
 Dit is markte vir verbruikersgoedere en dienste. 
 Bv.:
− Duursame verbruikersgoedere 
− Half duursame verbruikersgoedere 
− Nie-duursame verbruikersgoedere 

13
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

Faktor mark 

 Produksiefaktore word op hierdie markte verhandel. 


 Huishoudings bied hul produksiefaktore aan sakeondernemings op die faktormark
aan en ontvang inkomste. 
 Die regering koop produksiefaktore (meestal arbeid) op die faktormark aan en
betaal salarisse. 
 Die buitelandse sektor is verantwoordelik vir die invoer en uitvoer van grondstowwe;
is aanspreeklik vir die emigrasie immigrasie van werkers; en kanaliseer
internasionale kapitaalbeleggings op die faktormark. 
 Natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap word op hierdie mark
verhandel. 

Finansiële markte 

 Hulle is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie, maar dien
as ʼn skakel tussen huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers. Bv. banke,
versekeringsmaatskappye en pensioenfondse. 
 Die fondse van die surplus eenhede word na tekort eenhede in die ekonomie
gekanaliseer. 
 Surplus eenhede is daardie firmas en huishoudings in die ekonomie wat nie al hulle
inkomste bestee nie. 
 Deelnemers deponeer hul surplusfondse by finansiële instellings. 

Geldmarkte 

 Dit word deur deelnemers gebruik om op kort termyn te leen en uit te leen. 
 Dit is ʼn mark vir korttermyn spaar en lenings. 
 Die SARB is ʼn sleutelinstelling in die geldmark. 

Kapitaalmarkte 

 Dit is ʼn finansiële mark waarin die individue en instellings finansiële sekuriteite op


lang termyn verhandel. 
 Dit is langtermyn deposito’s en lenings (bv. verbande). 
 Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) is ʼn sleutelinstelling in die
kapitaalmark. 

14
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

Buitelandse valuta markte 

 Die besighede koop en verkoop buitelandse valuta om vir ingevoerde goedere en


dienste te betaal. 
 In ʼn oop ekonomie is buitelandse valuta nodig om transaksies tussen lande te
vergemaklik. 
 Die geldeenhede kan omgeruil word (bv. rand vir pond). 
 Die wisselkoers word gewoonlik bepaal deur die interaksie van vraag en verskaf. 
 Soms beïnvloed die sentrale bank wisselkoerse direk en indirek. 
(Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

 Spaargeld is die inkomste wat deelnemers kies om in finansiële instellings te


plaas. 
 Dit is ʼn lekkasie van geld uit die ekonomiese kringloop na die finansiële instellings
aangesien dit die besteding vloei verminder. 
 Spaargeld verminder die hoeveelheid geld wat huishoudings moet spandeer. 
 Spaar is die boustene vir beleggings. 
 Besigheid leen geld by die finansiële instellings, hierdie geld kom uit spaargeld.

 Besighede gebruik hierdie geld om kapitaalgoedere te koop, bv. masjinerie. 
 Sonder besparing kan daar geen beleggings wees nie, wat beteken minder
produksie van goedere en dienste. 
 Beleggings balanseer die lekkasies wat deur besparings veroorsaak word. 
 Beleggings het ʼn groot impak op die ekonomie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)

Afsluiting

Terwyl ekonomiese kringloop ʼn vereenvoudiging van die werklikheid is, is die begrip
van die werklike vloei en geldvloei wat in so ʼn situasie plaasvind ʼn belangrike
grondslag om meer komplekse ekonomieë te verstaan. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40]

15
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 5

 Bespreek, in detail, die effek van wisselende sakesiklusse op die Suid-


Afrikaanse ekonomie. (26 punte)
 Hoe kan die regering die ekonomie tydens ʼn resessie stimuleer? (10 punte)

Inleiding

(Enige relevante definisie.) (Maks. 2)

LIGGAAM

HOOF GEDEELTE

Veranderinge in totale (totale) vraag en aanbod 

 In ʼn herstel periode sal mense meer eis. 


 Dit kan lei tot tekorte aan goedere en dienste om in die vraag te voorsien. 
 Besighede sal dan meer produseer. 
 In ʼn resessie sal daar ʼn afname in die vraag na goedere en dienste wees. 
 Besighede sal ʼn surplus hê en produksie verminder. 

Veranderinge in ekonomiese groei 

 In ʼn afswaai sal daar minder ekonomiese groei wees, besighede sal minder
produseer. In ʼn opswaai sal daar ekonomiese groei wees, besighede sal meer
produseer om aan die groeiende vraag na goedere en dienste te voldoen. 

Veranderinge in indiensneming 

 In ʼn afswaai sal besighede minder produseer en die gevolg sal wees dat mense
hul werk sal verloor, werkloosheid sal toeneem. 
 In ʼn opswaai sal besighede meer goedere en dienste produseer en meer mense in
diens neem, werkloosheid sal afneem. 

Veranderinge in prysvlakke 

 In die vroeë stadiums van ʼn afswaai van die ekonomie is pryse gewoonlik redelik
hoog en kan selfs ʼn bietjie styg. 
 Mense kan nie meer die goedere en dienste bekostig nie en sal minder goedere en
dienste koop. Dit sal tot ʼn totale afswaai lei. 
 In die vroeë stadiums van ʼn opswaai sal pryse laag wees en mense sal meer
goedere en dienste koop. 

16
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10

Veranderinge in die wisselkoers 

 In die vroeë stadiums van ʼn afswaai van die ekonomie is daar ʼn afname in die
vraag na ʼn land se goedere en dienste en ʼn afname in uitvoere. 
 Hulle sal minder van daardie land se geldeenheid eis en dit lei tot depresiasie of ʼn
verswakking van die geldeenheid. 
 In ʼn opswaai in die ekonomie is daar ʼn groter vraag na ʼn land se geldeenheid.
Meer mense koop die land se goedere en dienste. Dit lei tot ʼn waardering van die
geldeenheid. 

Impak op die ekonomies kwesbares 

 ʼn Afswaai sal mense ontneem om hul basiese behoeftes van kos, skuiling en klere
te bevredig. 
 ʼn Opswaai in die ekonomie sal hoër inkomste en besteding aan luukse items tot
gevolg hê.  (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

 Verbetering in die lewenstandaard van mense in die ekonomie. 


 Beide uitvoere en beleggings sal daartoe lei dat meer geld na SA vloei. 
 Meer produksie in SA sal die SA ekonomie bevoordeel. 
 Meer werksgeleenthede word geskep wat sal lei tot ʼn toename in die vraag na
verskeie goedere en dienste. 
 Verbetering in die infrastruktuurontwikkeling. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10)

Afsluiting

Sakesiklusse is langtermyn neigings en kan van 3 tot 5 jaar of selfs meer as 10 jaar
duur. 
(Enige ander relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40]

TOTAAL AFDELING C: 40

TOTAAL: 100

17

You might also like