Afrikaans EAT Graad 10 Kwartaal 1 Week 1 - 2021

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10


KW 1 Week 1
ONDERWERP Taalstrukture
DOEL VAN LES Basislyntoets oor taalstrukture
BRON Digitale bron
Vind hier onder die skakel na die Hersieningsboekies van 2020
waarin jy meer inligting oor taalstrukture kan kry:
https://wcedeportal.co.za/eresource/125261
https://wcedeportal.co.za/eresource/151981
INLEIDING Jy het alreeds in vorige grade oor spelling, woordsoorte,
betekenisleer en woordorde geleer. In hierdie toets wil ons vasstel
hoeveel jy nog daarvan onthou. Die toets sal jou ook help om te
bepaal aan watter aspekte jy vanjaar meer aandag moet skenk.
INHOUD (KONSEPTE EN In hierdie toets word jou kennis van die volgende aspekte hersien:
VAARDIGHEDE) • selfstandige naamwoorde
• byvoeglike naamwoorde
• tye van die werkwoord
• sinonieme
• antonieme
• woordorde

Selfstandige naamwoorde:
• Dit dui die name van dinge, mense en plekke aan.
• Dit kan ook na abstrakte dinge soos liefde en woede
verwys.
• Sommige selfstandige naamwoorde het meervoudsvorm
(kat – katte), verkleiningsvorm (kat – katjie) en geslag
(meneer – mevrou).
Byvoeglike naamwoorde:
• Dit beskryf die selfstandige naamwoord, bv. ’n groen trui
• Dit kan ook in die intensiewe vorm geskryf word, bv. ’n
grasgroen trui.
• Dit kan ook in trappe van vergelyking (degrees of
comparison) geskryf word, bv. groen – groener – groenste

Tye van die werkwoord:


• Teenwoordige tyd, byvoorbeeld Ek slaap heerlik.
• Toekomende tyd, byvoorbeeld Ek sal heerlik slaap.
• Verlede tyd, byvoorbeeld Ek het heerlik geslaap.
Sinonieme
• Dit is woorde wat dieselfde betekenis het.
Voorbeelde:
jaloesie – afguns;
min – weinig;
Antonieme:
• Dit is woorde met die teenoorgestelde betekenis.
Voorbeelde:
baie – min
maklik – moeilik
liefde – haat
gesond – ongesond
ASSESSERING

Lees die volgende koerantberig en beantwoord die vrae wat daaroor gestel is. Probeer eers self
die antwoorde kry voordat jy na die memorandum kyk. Jy kan ook die hersieningsboekies
raadpeeg as jy by ’n vraag sukkel.

Hond met brief in kerk gelos


: RSP
1. Die eienaar (owner) van ’n hond het sy troeteldier in ’n kerk gelos met ’n brief waarin hy sê
hy is te arm om vir die dier te sorg.

2. Personeel het die hond in die kerk gekry met ’n nota wat sê: “Ek is lief vir jou en ek is so, so,
so jammer.”

3. “Ek wil nie hê hy moet buite in die koue by my bly en honger (ly/lei) nie. Hy is ’n mooi en
vriendelike hond.”

4. Die hond word nou by ’n hondeherberg (gesorg/ versorg).

5. Dit gaan goed met die hond en hy kry baie liefde.

[Aangepas uit: Die Burger, 3 Januarie 2020]

Vrae:
1) Skryf die MEERVOUD van die woord eienaar in paragraaf 1 neer. (1)
2) Skryf die TEENOORGESTELDE GESLAG van die woord eienaar in paragraaf 1 neer. (1)
3) Skryf die VERKLEINING van die woord brief in paragraaf 1 neer. (1)
4) Skryf die ANTONIEM van die woord arm in paragraaf 1 neer. (1)
5) Skryf die onderstaande sin in die VERLEDE TYD oor:
Die eienaar is lief vir sy hond. (1)
6) Kies die korrekte SPELLING tussen hakies:
Die man wou nie hê die hond moet honger (ly/ lei) nie. (1)
7) Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord mooi in paragraaf 3 neer. (1)
8) Skryf ’n SINONIEM vir die woord tussen hakies neer:
Die hond is (vriendelik). (1)
9) Kies die korrekte WOORD tussen hakies:
Die hond word nou by ’n hondeherberg (gesorg/ versorg). (1)
10) Skryf die onderstaande sin in die KORREKTE WOORDORDE:
(sewe jaar oud) (die hond (op 22 Maart) (sal) (wees) (2)
11) Skryf die onderstaande sin in die TOEKOMENDE TYD oor:
Die hond kry baie liefde. (1)

TOTAAL: [12]
MEMORANDUM 1) eienaars (1)
2) eienares (1)
3) briefie (1)
4) ryk (1)
5) Die eienaar was lief vir sy hond. (1)
6) ly (1)
7) (die) mooiste (1)
8)
KONSOLIDASIE Maak seker dat jy aan spelling aandag skenk en woordsoorte deeglik
verstaan.

WAARDES Toewyding

You might also like