2024.werkboek - Afrikaans Eeste Addisionele Taal Graad 10

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE
ADDISIONELE TAAL

‘n Gemeenskaplike inisiatief tussen die Wes-Kaap Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch.


2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

UITSENDINGSESSIES EN INLEIDING

Gedigte:
GRAAD 10 Delft (Nathan Trantraal)
Vir Sarah Baartman (Diana Ferrus)

GRAAD 12

Sessie Datum Tyd Onderwerp

1 30/01/2024 15h00-16h00 Gedig: Delft (Nathan Trantraal)

2 16/10/2024 16h00-17h00 Gedig: Vir Sara Baartman (Diana Ferrus)

INLEIDING

Hierdie materiaal handel oor twee gedigte.

Om ‘n gedig te verstaan moet jy twee vrae kan beantwoord:


• WAT sê die gedig? D.w.s waaroor handel die gedig? of Wat is die storie van
die gedig?
• WAARMEE word dit gesê? D.w.s. watter tegnieke het die digter gebruik?

Die gedigte word in Vraestel 2 getoets.

In die eksamen moet jy kontekstuele vrae beantwoord oor TWEE van die gedigte
wat julle behandel het.

Bladsy 1
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TERMINOLOGIE: GEDIGTE

Term Definisie

Halfrym Alliterasie en assonansie

Alliterasie Woorde in ’n versreël begin met dieselfde konsonant

Assonansie Woorde in ’n versreël bevat dieselfde vokaal

Menslike eienskappe word aan lewelose dinge, diere, die natuur of


Personifikasie
abstrakte begrippe gegee, bv. Die wind huil om die hoeke van die huis.

Een saak word direk gelykgestel aan ’n ander saak sonder die gebruik
Metafoor
van die woorde soos, net soos of nes, bv. My meisie se soene is
kondensmelk.
Die sentrale idee/hoofgedagte waaroor ‘n gedig handel. Dit kan dikwels
Tema
as een woord/ uitdrukking neergeskryf word.

Boodskap Die lewenswaarheid of les wat die leser uit die gedig haal.

Alleenplasing ‘n Woord staan alleen in ‘n versreël.


’n Beeldspraakvorm waardeur een saak deur middel van die woorde
Vergelyking soos/net soos/nes aan mekaar gelykgestel word., bv. Hy huil soos ’n
baba.
Herhaling Woorde of frases kom meer as een keer in ’n gedig voor.

Daar is nie ‘n leesteken aan die einde van ‘n versreël nie, sodat die
Enjambement
versreël “oorloop” in ‘n ander versreël.
‘n Gedig wat nie ‘n vaste strofebou het nie. Die strofes en versreëls is nie
Vrye vers ewe lank nie, daar is nie ‘n vaste rymskema nie en min of geen
leestekens kom voor.

Retoriese middele Herhaling, retoriese vrae, alliterasie, assonansie

Klankeffekte Klanknabootsing, alliterasie, assonansie


Die woord of idee word, byvoorbeeld lang vingers hê (sagte manier
Eufemisme
om na steel te verwys).
Twee dinge met teenoorgestelde betekenisse/eienskappe staan teenoor
Kontras/ Teenstelling
mekaar. Die lief en die leed van mense ...

Dit verwys na die gevoel (emosie) wat by die leser opkom as sy/ hy die
Stemming
gedig lees.

Bladsy 2
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Gedig – Delft (Nathan Trantraal)

Agtergrond van die digter:

Nathan Trantraal is in 1983 in Bishop Lavis, naby


Kaapstad, gebore.
Bishop Lavis het ’n spesifieke uitwerking op sy skryfwerk gehad.
Hy lewer veral kommentaar op die wanhopige sosiale
omstandighede van die Kaapse Vlakte en die stryd om
oorlewing waarin die mense hulle bevind.

Literêre pryse:
• Die Ingrid Jonker-prys in 2013.
• Die Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning (SALA) in 2019
• Die UJ Literêre Prys vir die Vertaling van Jeugtekste in 2021
• Die Philida Literêre Prys in 2023

Prelees:
Die Kaapse Vlakte verwys na 'n sanderige gebied wat van die Kaapse Skiereiland na die
binneland strek, tussen Tafelbaai en Valsbaai. Dit strek ongeveer tot teenaan Somerset-Wes.
Die nasionale pad N2 loop deur die Kaapse Vlakte.

In die vroeë jare het daar nie baie mense gewoon nie. Daarom was dit ‘n goeie plek om
brandhout te versamel en beeste te laat wei. Gevolglik is die natuurlike plantegroei heeltemal
vernietig. Dit het die suidoostewind (die Kaapse Dokter) in staat gestel om die los sand weg te
waai.

• Gee die name van woonbuurte op die Kaapse Vlakte wat jy ken.
• Hoe is die lewensomstandighede (living conditions) in daardie woonbuurte op die Kaapse
Vlakte?

Bladsy 3
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees

1. Die klippe innie pad


2. sit soes laities oppie sypaadjie
3. en vra die heeltyd vi jou virre rand.
4. Die wind kom en gan
5. soese man wattie oo sy laities worry nie
6. 'n wind wat net vi homself liewe.
7. Die lug se mon stink na wyn.
8. Die son wêk nine to five
9. omdat dai is wat hy doen.
10. Hyt nog nooit consider
11. dat hy iets annes kan doen nie.
12. Die boeme hang heeldag oo hulle mierjies
13. en hou anne mense se biesagheid dop.
14. Die sand het vyl voete en lang naels,
15. maarie sand loep van dee tot dee
16. en sit in ammel se hyse.
17. Die mense is cigarette-toppatjies
18. opgestop in metjieboksies.
[Uit: Chokers en survivors, Kwêla. 2013]

Bladsy 4
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees

WAT sê die gedig?

Die gedig beskryf die mense en hul lewensomstandighede in die woonbuurt Delft, op die
Kaapse Vlakte:

reël 1: Daar is klippe in die pad.


reël 2 en 3: Jong seuns sit op die sypaadjie en bedel vir geld.
reël 4: Die wind waai en gaan lê weer.
reël 5 en 6: Die wind is soos ‘n man wat nie vir sy kinders omgee nie.
reël 7: Die lug se mond stink na wyn.
reël 8 tot 11: Die son skyn die van nege-uur die oggend tot vyfuur die middag.
reël 12 en 13: Die bome hang oor die muurtjies en hou ander mense dop.
reël 14 tot 16: Die sand het vuil voete en lang naels, maar is in elke huis.
reël 17 en 18: Die mense is sigaretstompies en hulle woon in baie klein huise.

Hierdie beskrywing het egter ook ‘n dieper betekenis:

Letterlike beskrywing Figuurlike (dieper) betekenis


Die klippe in die pad sit soos jong seuns op die Kinders sit en bedel om geld omdat hulle swaarkry
sypaadjie en bedel geld. of honger ly.
Die wind waai en gaan lê soos ’n man wat nie vir Die man is dán by die huis, dán is hy weer weg.
sy kinders omgee nie. Baie mans wil niks met hul kinders te doene hê
nie; kinders word verstoot.
Die man is 'n wind wat net vir homself lewe. Die mans gee nie om vir ander nie; hulle lewe
draai net om hulself.
Die lug se mond stink na wyn. Die lug ruik na wyn. Daar hang ’n wynreuk in die
lug; die lug is nie skoon/ suiwer nie.
Die son skyn elke dag van nege-uur tot vyfuur Die mense van Delft werk normale werkure omdat
omdat dit in sy aard is. Hy’t nog nooit oorweeg om dit in hulle geaardheid (disposition) is. Hulle het
iets anders te doen nie. nog nooit oorweeg om iets anders te doen nie.
Hulle voer ’n eentonige, geroetineerde bestaan.
Mense is nie bereid om te verander nie.
Die bome hang heeldag oor hulle mure Die nuuskierige mense hang oor hul mure om
en hou ander mense se sake dop. ander se sake dop te hou.
Die sand het vuil voete en lang naels, Die mense is onnet. Hulle versorg nie hulself goed
maar die sand loop van deur tot deur en sit in nie, maar tog het hulle tyd om by al die huise te
almal se huise. loop kuier.
Die mense is cigarette-toppatjies Die mense is soos half-gerookte sigaretstompies
opgestop in metjieboksies. (Wat weggegooi word) en hulle woon in klein
huise woon.

Bladsy 5
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees (Literêre aspekte)

Vergelyking: “Die klippe innie pad/ sit


alliterasie van soes laities oppie sypaadjie”. Die
die s-klank klippe word vergelyk met jong seuns
wat op die sypaadjie sit en geld vra.

1. Die klippe innie pad


Enjambement tussen r. 1 en 2: Dit
2. sit soes laities oppie sypaadjie dui die aanhoudende gebedel van
die seuns aan.
3. en vra die heeltyd vi jou virre rand.

alliterasie van v-klank; dui aan jong seuns


dat die spreker nie van die
gebedel hou nie

Vergelyking: “Die wind kom en gan/soese man wattie oo sy laities worry


nie”. Die wind word vergelyk met ‘n man wat nie vir sy seuns omgee nie.
Daar is nie reëls oor wanneer die wind moet waai of moet gaan lê nie.
Die man steur hom ook nie aan reëls van die samelewing dat hy tuis
moet bly en vir sy kinders moet omgee nie.

4. Die wind kom en gan


5. soese man wattie oo sy laities worry nie
6. 'n wind wat net vi homself liewe.
alliterasie van die w-klank.
Dit beklemtoon die man se
Metafoor: “’n wind wat net vi homself liewe.” selfsugtigheid.
Die man word gelykgestel aan ‘n selfsugtige
wind wat nie vir ander mense omgee nie

Bladsy 6
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees (Literêre aspekte)

Personifikasie: Die lug kry die


Om van 9 tot 5 te werk is ‘n roetine.
menslike eienskap van ’n mond wat na
Metafoor: Die son word gelykgestel
wyn ruik. Dui op die alkoholmisbruik in
aan die mense van Delft. Soos die
Delft.
son elke dag skyn, doen die mense
van Delft ook elke dag dieselfde
7. Die lug se mon stink na wyn. ding. Die mense van Delft voer ‘n
eentonige, geroetineerde lewe.
8. Die son wêk nine to five Hulle is nie bereid om te verander
nie. Hulle het geen ambisie nie.
9. omdat dai is wat hy doen.
10. Hyt nog nooit consider
oorweeg; daaraan gedink
11. dat hy iets annes kan doen nie.

Metafoor: “Die boeme hang heeldag oor


hulle mierjies”. Die bome word gelykgestel
aan nuuskierige mense
alliterasie van die h-klank:
Beklemton dat nuuskierige mense Enjambement tussen reël 12 en 13
ander mense dophou. dui aan hoe die bome (mense) oor
die mure hang.
Personifikasie: “Die
alliterasie 12. Die boeme hang heeldag oo hulle mierjies boeme …/en hou anne
van die v- mense se biesagheid dop”
klank. Dit 13. en hou anne mense se biesagheid dop. Die bome kry die menslike
beklemtoon eienskap dat hulle ander
hoe onnet 14. Die sand het vyl voete en lang naels, mense dophou.
die mense
is.
15. maarie sand loep van dee tot dee
Die hele gemeenskap
ondervind probleme
16. en sit in ammel se hyse.
met die sand.
Personifikasie: “Die sand het vyl voete en
lang naels”. Die sand kry die menslike
eienskap dat dit voete en naels het. Hierdie
beeld dui aan dat die mense onnet en
onversorg is.

Bladsy 7
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees (Literêre aspekte)

Metafoor: “Die mense is cigarette-toppatjies”. Die


mense word gelykgestel aan halfgerookte
sigaretstompies wat weggegooi word. Die mense
word as gebroke, nuttelose uitgebeeld (broken
people)

17. Die mense is cigarette-toppatjies


18. opgestop in metjieboksies.
Metafoor: “metjieboksies” Die
huise waarin die mense van
Woordgebruik: Die woord Delft woon, word aan
“opgestop” dui aan dat daar vuurhoutjiesboksies gelykgestel
baie mense/ te veel mense in om dat dit so klein is.
een huis woon; daar is nie
genoeg plek vir al die mense
in die huis nie.

Wat het jy agtergekom?

• In die hele gedig word die natuurelemente verpersoonlik: klippe, wind, lug,
son, bome en sand.
• Hierdie natuurelemente verwys almal na die mense/ inwoners van Delft.
• Eers in die laaste twee reëls word daar direk na die mense van Delft verwys.
• Die laaste twee reëls is dus die hoogtepunt van die gedig omdat die mense
van Delft hier direk beskryf word. Hulle word beskryf as gebroke (broken)
en nutteloos (worthless).

Bladsy 8
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Tydens lees (Literêre aspekte)

Spreker: Dit verwys na die “stem” wat in die gedig aan die woord is. Dit is NIE die digter,
Nathan Trantraal, nie. Trantraal het die gedig geskryf, maar hy is nie die spreker in die
gedig nie. Hierdie gedig het ‘n derderpersoonspreker: iemand “van buite” skryf oor die
woonbuurt Delft en sy mense.

Titel:
Delft verwys na ’n woonbuurt/ voorstad van Kaapstad. Die voorstad Delft is op die
Kaapse Vlakte geleë.

Tema:
Armoede/ Swaarkry/ Ellende (misery) Mense wat in moeilike omstandighede woon

Boodskap:
Armoede en ellende veroorsaak dat die mens sy menswaardigheid verloor.

Stemming/ atmosfeer: Hartseer

Vrye vers: ’n Vrye vers is ’n gedig waarin die strofes nie ewe lank is nie; daar is min
leestekens en die versreëls is ook nie ewe lank nie. Hierdie gedig is ’n voorbeeld van ’n
vrye vers.

Taalgebruik: Die gedig is in Kaapse Afrikaans geskryf. Hierdie taalgebruik is gepas


(appropriate) omdat Delft op die Kaapse Vlakte geleë is en die mense waarskynlik
Kaapse Afrikaans praat.

Uiterlike bou:
Die gedig bestaan uit een lang strofe van 18 versreëls. Die gedig bevat 8 sinne; elke sin
handel oor ‘n ander aspek van die mense van Delft en hul omstandighede.

Klasbespreking:
• Dink jy die spreker het die woonburt en mense van Delft korrek uitgebeeld?
• Het jy simpatie vir die inwoners van Delft?

Bladsy 9
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Postlees (Kontekstuele vrae)

Beantwoord die onderstaande vrae oor die gedig in jou werkboek.


1. Waarna verwys die titel van die gedig? (1)
2.
a) Wat is die tema van die gedig? (1)
b) Dink jy hierdie tema is ook op ander woonbuurte in Suid-Afrika van toepassing?
Motiveer jou antwoord. (1)
3. Benoem die beeldspraak in reël 1 en 2.
[LW: Jy moet die naam van die beeldspaark gee.] (1)
4. Waarom is dit effektief dat die pa’s in reël 4 en 5 met die wind vergelyk word? (1)
5. Noem TWEE sosiale probleme waarna die gedig verwys. Gee vir elke sosiale
probleem wat jy noem, ‘n aanhaling om dit te bewys. (4)
6. Die digter maak baie van beeldspraak gebruik. Kies die beeldspraak in KOLOM B
wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (Aof B of C) langs die
vraagnommers 6(a) tot 6(c) neer.

KOLOM A KOLOM B
6(a) “'n wind wat net vi homself liewe.” A Vergelyking

6(b) “Die lug se mon stink na wyn.” B Metafoor

6(c) “Die mense is cigarette-toppatjies” C Personifikasie

(3)
7. Die taalgebruik in die gedig is gepas vir die konteks.
Motiveer waarom die stelling WAAR is. (1)
8. Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.
Die manne in Delft is (selfsugtig / onselfsugtig), want hulle is net
bekommerd oor hulself. (1)
9. Wat is die stemming van die gedig? (1)
10. Watter les het jy uit die gedig geleer? (1)
[16]

Bladsy 10
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 1: Delft − Postlees (Antwoorde van kontekstuele vrae)

Moontlike antwoorde
1. Die titel verwys na die woonbuurt Delft in Kaapstad. Delft is op die Kaapse Vlakte
geleë. (1)
2.
a) Armoede/ Swaarkry/ Ellende (misery) Mense wat in moeilike omstandighede woon
b) Ja. Daar is mense in ander woonbuurte in Suid-Afrika wat ook in moeilike
omstandighede woon/ wat oor arm is/ wat ook swaarkry. (1)
3. Vergelyking (1)
4. Daar is nie reëls oor wanneer die wind moet waai of moet gaan lê nie. Net so
steur die pa hom ook nie aan reëls van die samelewing dat hy tuis moet bly en
vir sy kinders moet sorg nie./ Die wind en die pa is albei tydelik. (1)
5. Armoede✓: “vra die heeltyd vi jou virre rand.” ✓
Drankmisbruik/ Alkoholmisbruik✓: “Die lug se mon stink na wyn.” ✓ (4)
6.
a) B/ metafoor (1)
b) C/ personifikasie (1)
c) B/ metafoor (1)
7. Die taalgebruik is gepas omdat Delft op die Kaapse Vlakte geleë is en die mense
waarskynlik Kaapse Afrikaans praat. (1)
8. selfsugtig (1)
9. Somber (1)
10. Leerder se eie opinie wat by die inhoud of tema van die gedig aansluit. (1)
[16]

Bladsy 11
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Diana Ferrus PRELEES

Agtergrond van die digter:


• Gebore op Worcester; gemengde Khoi-San en
slawe voorgeslagte
• Graad in sosiologie en bedryfskunde as hoofvakke
en ’n honneursgraad in vrouestudies
• Aanbieder van skryfslypskole

Toekennings:
• In 2006 by die ontvang sy ’n Kanna-toekenning by die Klein Karoo Nasionale
Kunstefees vir Beste Kontemporêre Musiek. By dieselfde fees word sy ook bekroon
met die Afrikaans Onbeperk-prys vir vernuwende denke.
• In 2007 het sy die Ministeriële toekenning vir Vroue van die Wes-Kaapse Provinsiale
Minister van Kuns en Kultuur ontvang vir haar bydrae tot die bemagtiging
(empowerment) van vroue.
• In 2022 ontvang sy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.

Agtergrond van die gedig:


• Sarah Baartman was ’n Khoivrou, wat in 1790 in die Gamtoosvallei gebore is
• Op 20 jarige ouderdom is sy aan ’n Londense sirkusbaas verkoop.
• Sy is in 1815 in Parys oorlede en later daar begrawe.
• Haar menseregte is op die volgende maniere geskend:
o Sy is as ’n eienaardigheid ten toon gestel omdat sy baie anders as Europese vroue
gelyk het.
o Anatomiese ondersoeke is in Londen op haar gedoen
o Na haar dood is haar brein en beendere in ’n museum in Parys uitgestal
• Wyle president Nelson Mandela het gevra dat haar oorskot na Suid-Afrika
teruggebring word.
• Op 9 Augustus 2002, Nasionale Vrouedag, is sy by Vergaderingskop, ’n heuwel buite
Hankey in die Oos-Kaap, begrawe.
• Die gedig is in 1998 in Nederland geskryf toe Ferrus daar studeer het.
• Die titel was eers “Huldeblyk aan Sarah Baartman”.
• Die gedig is in die Franse senaat voorgelees en het gehelp dat Saartjie Baartman se
oorskot na honderde jare na Suid-Afrika teruggebring word.

Bladsy 12
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Diana Ferrus

1. Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe –


2. onthou jy die vlaktes,
3. die welige groen gras onder die groot eikeboom,
4. die lawende koeltes en die son wat nie steek?
5. Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
6. jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
7. Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
8. daar sing die rivier ’n verwelkomingslied!

9. Ek is hier om jou weg te skeur,


10. weg van die snydende oë van die monster
11. wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
12. wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
13. jou siel vergelyk met dié van satan
14. en syne vergelyk met dié van God!

15. Ek is hier om jou te troos,


16. jou moeë hart teen my bors vas te hou,
17. die palms van my hande oor jou wange te vou
18. die lyne in jou nek met my lippe te streel
19. en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
20. Ek is hier om vir jou te sing
21. want ek het vir jou vrede gebring.

22. Ek is hier om jou huis toe te neem,


23. daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
24. Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
25. jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
26. Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
27. daar sing die rivier ’n verwelkomingslied!

28. Ek is hier om jou huis toe te neem


29. waar ek vir jou sal sing
30. want jy het ook vrede vir my gebring;
31. want jy het ook vrede vir ons gebring.

Bladsy 13
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Prelees en Ontleding

PRELEES: Klasbespreking:

• As ’n nabye familielid oorsee sou sterf – sou jy verkies dat die persoon daar begrawe
word, of sou jy die liggaamlike oorskot wou “huis toe” bring? Motiveer.
• Sou dit jou pla as daardie persoon se liggaam in ’n museum beland of vir
wetenskaplike doeleindes gedissekteer word?

Ontleding:

Herhaling: Aandagstreep: Dit vestig


Eerstepersoonspreker: “ek” Beklemtoon dat Sara die aandag op die spreker
na SA geneem word. se beskrywing van wat
alles by die huis is:
“jou’ = Sara in Parys
vlaktes, gras, eikeboom,
Baartman se oorskot
koeltes
1. Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe –
2. onthou jy die vlaktes, Rustige stemming
verfrissende deur “eikeboom” en
3. die welige groen gras onder die groot eikeboom, “koeltes” aangedui.

allitera- 4. die lawende koeltes en die son wat nie steek? Retoriese vraag
sie van
die b- 5. Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
Eufemisme: “bed”
klank =die graf;
6. jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
“kombers” = die
7. Daar waar die proteas pronk in geel en wit, lakens waarmee
die lyk toegedraai
8. daar sing die rivier ’n verwelkomingslied! word

Woordgebruik: “uitgedos”
boegoe en kruisement is
beteken mooi en netjies Die uitroepteken
eg-Suid-Afrikaanse
gemaak dui die spreker se
kruieplante wat lekker ruik
r blydskap aan.

Personifikasie: “daar sing die


rivier ’n verwelkomingslied”. Die alliterasie: “proteas pronk”. Dit
rivier kry die menslike eienskap beklemtoon hoe mooi die proteablomme
om te kan sing is.

Bladsy 14
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Ontleding

Herhaling: Dit beklemtoon die teenwoordigheid Woordgebruik: “weg te skeur” dui


van die ek-spreker wat haar laaste eer aan die aan dat dit moeilik was om Sara se
geliefde Sara wil betoon. lyk terug te kry; die museum wou
haar eers nie teruggee nie .

Herhaling 9. Ek is hier om jou weg te skeur,


van “weg”
beklem-
10. weg van die snydende oë van die rassistiese monster
toon hoe
moeilik
dit was 11. wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
om Sara Metafoor: “rassistiese
se oorskot 12. wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie, monster” verwys na almal
te kry wat haar bekyk, bespot en
misbruik het; “kloue” dui
13. jou siel vergelyk met dié van satan aan dat die “monster”
seermaak. Hulle lelike/
14. en syne vergelyk met dié van God! wrede optrede teenoor
haar was a.g.v rassisme.
“snydende oë” is oë wat sny/ seermaak; oë
sonder liefde. Die “oë” behoort aan die mense
wat in die museum na haar kom kyk het en ook Woordgebruik: “versnipper”
na die mense wat haar daar aangehou het. beteken om in stukke te knip;
haar liggaam is gedissekteer
alliterasie: “siel …
satan”; beklemtoon
hoe wreed en
onmenslik sy
behandel is
Die uitroepteken dui aan hoe skokkend
en verkeerd dit is dat die monster
homself met God vergelyk.

Ironie in reël 10 tot 14: Die monster tree wreed en


onmenslik op, maar hy vergelyk homself met God;
Sara is die een wat verontreg word, maar sy word met
satan vergelyk.

Strofe 2 handel oor die onmenslike behandeling van


Sara; hoe sy bespot is en haar liggaam gedissekteer is

Bladsy 15
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Ontleding

Herhaling: Dit beklemtoon die teenwoordigheid


van die ek-spreker wat haar laaste eer aan die
geliefde Sara wil betoon.

“to comfort”
Die
assonansie 15. Ek is hier om jou te troos,
(a-klank)
beklemtoon 16. jou moeë hart teen my bors vas te hou, In r. 16 18
die troos word beskryf
hoe die
alliterasie:
17. die palms van my hande oor jou wange te vou spreker Sara
“lyne … wil troos.
lippe” 18. die lyne in jou nek met my lippe te streel

19. en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.


Kontras: “my oë (wat
20. Ek is hier om vir jou te sing onthou en liefde
betoon) teenoor
21. want ek het vir jou vrede gebring. “snydende oë” in r. 10
wat seermaak en opknip
Die spreker wil nou self sing;
in r. 8 sing die rivier.
Impliseer Sara se siel kan rus
vind omdat haar oorskot terug
is waar sy hoort.

Strofe 3 handel oor vertroosting en die spreker se


liefde vir Sara. Dit staan in kontras met die
vernedering wat Sara volgens Strofe 2 ervaar het.

Bladsy 16
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Ontleding

In strofe 4 word baie van die versreëls wat in strofe 1 voorkom, herhaal.
Die herhaling beklemtoon hoe wonderlik dit is dat Sara Baartman terug in haar land is.

“oeroue” dui aan dat dit van altyd af


so moes wees dat Sara Baartman in
SA begrawe moet word Die woord
“uitroep” dui aan
22. Ek is hier om jou huis toe te neem, dat Sara
verwelkom word.
23. daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!

24. Ek het jou bed berei teen die voet van die berg, Die uitroep-
tekens dui op die
25. jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement. eer en respek
wat die natuur
26. Daar waar die proteas pronk in geel en wit, vir Sara het en
op die blydskap
dat sy terug is.
27. daar sing die rivier ’n verwelkomingslied!

Herhaling dui op bevestiging en versekering


vir Sara dat sy nie meer alleen is nie.

28. Ek is hier om jou huis toe te neem Dieselfde boodskap soos in r. 20.
Die s-alliterasie help om die
29. waar ek vir jou sal sing gedig soos ‘n lied te laat klink.

30. want jy het ook vrede vir my gebring;

31. want jy het ook vrede vir ons gebring.


“ons”: Nie net vir die
spreker nie, maar vir
Omgekeerde van r. 21: Sara Die v-alliterasie alle vroue, vir die
het nou vir die spreker beklemtoon die vrede wat nageslag van die stam
vrede gebring. Sara bring. “vrede” dui waaruit Sara kom (die
hier op rustigheid en Khoi) en vir almal in
tevredenheid dat Sara SA.
terug in SA is.

Bladsy 17
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Ontleding

Titel:
Dit verwys na die Khoivrou, Sara Baartman, wat omgekoop is om na Europa te gaan
waar sy selfs ná haar dood onmenslik behandel is en haar menswaardigheid van haar
weggeneem is. Die woord “Vir” dui aan dat hierdie gedig aan haar opgedra word.

Tema:
Mense kan ander mense soms onmenslik behandel.
Die vernietiging van mense se menswaardigheid

Boodskap:
Moenie mense sleg behandel omdat hulle anders as jy is nie. Tree menslik op teenoor
almal.

Stemming:
Die stemming van die gedig verskil van strofe tot strofe.

Strofe 1 en 4: Rustigheid. Dit word aangedui deur die woorde “welige groen gras”,
“groot eikeboom”, “lawende koeltes” en “pronk”.
Strofe 2: Haat, Vernedering, Wreedheid, Seerkry. Dit word aangedui deur die woorde
“weg te skeur”, “snydende oë”, “monster”, “kloue van haat” en “versnipper”.
Strofe 3: Troos, Vertroosting, Liefde. Dit word aangedui deur die woorde “troos”, “vas te
hou”, “streel” en “ewige skoonheid”.
Strofe 5: Tevredenheid, Rustigheid. Dit word aangedui deur die woorde “sing” en
“vrede gebring”.

Uiterlike bou:
Die gedig bestaan ut vyf strofes. Die laaste strofe bestaan uit vier versreëls; dit word ‘n
kwatryn genoem.

Digvorm:
Die gedig word ‘n vrye vers genoem, want
• die strofes bevat nie dieselde aantal versreëls nie
• daar is nie ‘n vaste rympatroon in die gedig nie
• die versreëls is nie ewe lank nie.

Bladsy 18
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Kontekstuele vrae

1. Watter soort spreker is in die gedig aan die woord? (1)


2. Na wie verwys die woord “jou” in versreël 1? (1)
3. Kies die korrekte antwoord tussen hakies:
Die aandagstreep aan die einde van versreël 1 (vestig die aandag op die
spreker se beskrywing van wat alles by die huis is/ bring ’n lang stilte voordat
die spreker noem wat by die huis is) (1)
4. Watter stemming heers in strofe 1? (1)
5. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommer neer.
Die woord “bed” in versreël 5 verwys na ‘n ...
A. huis
B. graf
C. slaapplek
D. boom
6. Wat word met die woord “uitgedos” in versreël 6 bedoel? (1)
7. Watter stylfiguur word aangetref in die woorde “bed” (versreël 5) en
“kombers” (versreël 6)? (1)
8. Benoem die beeldspraak wat in versreël 8 voorkom. (1)
9. Wat is die funksie van die herhaling van die woorde "Ek is hier om jou . . . "
aan die begin van elke strofe? (1)
10. Watter afleiding kan jy uit die woorde ‘weg te skeur” in versreël 9 maak? (1)
11. Skryf die woord uit strofe 2 neer wat aandui dat Sara se liggaam in stukkies
opgeknip is. (1)
12. Verduidelik die ironie wat in versreël 10 tot 14 voorkom. (2)
13. Verduidelik die kontras tussen “my oë” in versreël 19 en “snydende oë” in
versreël 10. (2)
14. Wat is die funksie van die uitroeptekens in versreël 23 en versreël 27? (1)
15. Watter lewensles het jy uit hierdie gedig geleer? (1)
[17]

Bladsy 19
2024 WERKBOEK | Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

LES 2: Vir Sarah Baartman − Antwoorde van kontekstuele vrae

Moontlike antwoorde:

1. ‘n ek-spreker/ eerstepersoonspreker (1)


2. Sara Baartman (1)
3. vestig die aandag op die spreker se beskrywing van wat alles by die huis is (1)
4. Rustigheid (1)
5. B/ graf (1)
6. mooi en netjies gemaak (1)
7. Eufemisme (1)
8. Personifikasie (1)
9. Dit beklemtoon die teenwoordigheid van die ek-spreker wat haar laaste eer
aan die geliefde Sara wil betoon. (1)
10. Dit dui aan dat dit moeilik was om Sara se oorskot terug na Suid-Afrika te
bring. (1)
11. “versnipper” (1)
12. Die monster tree wreed en onmenslik op, maar hy vergelyk homself met God.
OF
Sara is die een wat verontreg word, maar sy word met satan vergelyk. (2)
13. “my oë” betoon liefde terwyl die “snydende oë” seermaak en haat. (2)
14. Dit dui op die eer en respek wat die natuur vir Sara het en op die blydskap
dat sy terug is. (1)
15. Moenie mense sleg behandel omdat hulle anders as jy is nie. OF
Tree menslik op teenoor almal. (1)
[17]

Bladsy 20

You might also like