Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 30

Wes-Kaap Onderwysdepartement

Direktoraat: Kurrikulum VOO

LEWENSWETENSKAPPE
HERSIENINGSBOEK
2024 KWARTAAL 1

Graad 11

Hierdie hersieningsprogram is ontwikkel om jou te help met die hersiening


van belangrike inhoud en vaardighede wat gedurende die eerste kwartaal
onderrig is. Die doel is om jou voor te berei om die kernkonsepte te
verstaan. Dit wil jou ook die geleentheid bied om die verwagte standaard
en toepassing van kennis te verkry wat nodig is om sukses in die eksamen
te behaal.
Die hersieningsprogram handel oor die volgende onderwerpe:
• Biodiversiteit en klassifikasie van mikro-organismes (29 punte in
Vraestel 2 in Finale Eksamen)
• Biodiversiteit van plante (29 punte in Vraestel 2 in Finale Eksamen)
• Biodiversiteit van diere (18 punte in Vraestel 2 in Finale Eksamen)
2
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Tabel van inhoud


1. EKSAMENTEGNIEKE:...................................................................................................... 5
1.1 ALGEMENE WENKE VIR DIE SKRYF VAN LEWENSWETENSKAPPE: ............................ 5
1.2 HOE OM JOU LEWENSWETENSKAPPE EKSAMEN TE BENADER: ............................... 5
KWARTAAL 1 INHOUD ......................................................................................................... 6
2. BIODIVERSITEIT VAN MIKROÖRGANISMES .................................................................. 6
2.1 Inleiding:.................................................................................................................... 6
2.1.1 Virusse: ................................................................................................................... 6
2.1.2 Bakterieë: .............................................................................................................. 6
2.1.3 Protista: .................................................................................................................. 7
2.1.4 Fungi (swamme): .................................................................................................. 8
2.2 Bestudeer die volgende rolle van virusse, bakterieë, protiste en fungi in die
handhawing van balans in die omgewing: ..................................................................... 9
2.2.1 Hul rol as produseerders in voedselkettings: ....................................................... 9
2.2.2 Rol in handhawing van suurstof en koolstofdioksiedvlakke: ............................. 9
2.2.3 Rol as ontbinders: ................................................................................................. 9
2.2.4 Rol in die stikstofkringloop: ................................................................................... 9
2.3 Bestudeer die rol van mikroörganismes in simbiotiese verhoudings: ................... 9
2.3.1 Stikstofbindende bakterieë in plante: ................................................................. 9
2.3.2 Bakterieë in die mens se dermkanaal: ............................................................. 10
2.4 Bestudeer die siektes wat deur mikroörganismes veroorsaak word: ................. 10
2.4.1 MIV/VIGS as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur VIRUSSE veroorsaak word: ..
10
2.4.2 TUBERKULOSE as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur BAKTERIEË veroorsaak word:
............................................................................................................................. 11
2.4.3 MALARIA as ‘n voorbeeld wat deur PROTISTE veroorsaak word: ................... 11
2.4.4 SPROEI as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur FUNGI veroorsaak word: ..... 12
2.5 Immuniteit: .............................................................................................................. 12
2.5.1 Immuunreaksies by plante: ................................................................................ 12
2.5.2 Immuunreaksies by diere: .................................................................................. 13
2.6 Inentings: ................................................................................................................. 13
2.6.1 Die gebruik van mikroörganismes om medisyne te produseer: ..................... 13
3. BIODIVERSITEIT VAN PLANTE: ..................................................................................... 14
3.1 Bestudeer die volgende inligting oor die vier plantgroepe nl. Briofiete, Pteridofiete,
Gymnosperme en Angiosperme: .................................................................................... 14
3.2 Kenmerke van die vier plantgroepe .................................................................... 15
3
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

3.3 Voortplanting by plante: ....................................................................................... 15


3.3.1 Ongeslagtelike voortplanting: ........................................................................... 15
3.3.2 Voordele van ongeslagtelike voortplanting: ................................................... 16
3.3.3 Nadele van ongeslagtelike voortplanting: ...................................................... 16
3.3.4 Geslagtelike voortplanting: ............................................................................... 16
3.3.5 Voordele van geslagtelike voortplanting: ........................................................ 16
3.3.6 Nadele van geslagtelike voortplanting: ........................................................... 16
3.4 BLOMME AS VOORTPLANTINGSORGANE: ............................................................ 17
3.4.1 Die bou van die blomme van tweesaadlobbige en eensaadlobbige plante om
bestuiwing te verstaan: .................................................................................................... 17
3.4.2 Wat is bestuiwing en definieer die verskillende tipes bestuiwing? ................. 18
3.4.3 Hoe is verskillende blomme aangepas vir bestuiwing? .................................. 19
3.4.4 Aanpassings van ‘n wind-bestuifde blom: ....................................................... 19
3.4.5 Aanpassings van ‘n insek-bestuifde blom: ....................................................... 19
3.4.6 Aanpassings van ‘n blom wat deur voëls bestuif word: .................................. 20
4. BIODIVERSITEIT VAN DIERE: ........................................................................................ 20
4.1 Sleutelkenmerke van ligaamsplanne van diere: ................................................. 21
4.1.1 Simmetrie en kefalisasie: .................................................................................... 21
4.1.2 Weefsellae:.......................................................................................................... 21
4.1.3 Openinge in die dermkanaal (spysverteringskanaal): .................................... 21
4.1.4 Seloom en bloedstelsel: ..................................................................................... 21
4.1.5 Die ligaamsplanne en leefwyse van die ses filums: ......................................... 22
5. HERSIENINGSVRAE:..................................................................................................... 23
EINDE VAN DOKUMENT ..................................................................................................... 30
4
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Lys van figure (slegs inhoud)

Figuur 1: Bou van ‘n bakteriofaag (‘n virus) 6

Figuur 2: Bou van ‘n bakterium 7


Figuur 3: Bou van ‘n Amoeba (protiste) 8

Figuur 4: Bou van broodskimmel (Rhizopus) 8


Figuur 5: Filogenetiese stamboom van evolusie van plante 15
Figuur 6 Bou van ‘n blom van ‘n tweesaadlobbige plant 17
Figuur 7: Bou van ‘n blom van ‘n eensaadlobbige plant 18
Figuur 8: Diagram wat selfbestuiwing aantoon 19
Figuur 9: Diagram wat kruisbestuiwing aantoon 19
Figuur 10: Filogenetiese stamboom van die Ryk Animalia 21

Lys van tabelle (slegs inhoud)

Tabel 1: Instruksiewerkwoorde en betekenis 5

Tabel 2: Vergelykende tabel van die vier plantgroepe 15


Tabel 3: Vergelykende tabel van die ses diere filums 22
5
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

1. EKSAMENTEGNIEKE:
1.1 ALGEMENE WENKE VIR DIE SKRYF VAN LEWENSWETENSKAPPE:
• Die finale interne eksamen in Grade 11 bestaan uit twee (2) vraestelle van 150
punte elK. Elk van die finale interne vraestelle dek ’n verskeidenheid onderwerpe.
Vra jou onderwyser vir ’n oorsig van die onderwerpe en die gewigswaarde van
elke onderwerp in elke vraestel.
• Die duur van elk van die finale eksamenvraestelle in Graad 11 is 2½ uur.
• Alle vrae in elke vraestel is VERPLIGTEND.
• Jy moet alle diagramme/sketse en grafieke met potlood maak en byskrifte moet
in blou of swart ink wees. Jy mag nie grafiekpapier gebruik wanneer grafieke
geteken word nie.
• Maak seker dat jy al die nodige skryfbehoeftes vir jou eksamen byderhand het
bv. blou of swart penne, ’n potlood, ’n uitveër, ’n liniaal, ’n nie-programmeerbare
sakrekenaar, gradeboog en ’n passer.
1.2 HOE OM JOU LEWENSWETENSKAPPE EKSAMEN TE BENADER:
• Elke Lewenswetenskappevraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A (50
punte), AFDELING B (twee vrae van 50 punte elk)
• Lees die vraag en vier opsies in Afdeling A noukeurig deur wanneer ’n
meervoudigekeuse-vraag beantwoord word, evalueer elke opsie en elimineer
elke opsie wat nie korrek is nie.
• Skryf slegs die LETTER neer in vrae waar ’n LETTER vereis word bv. ‘Gee slegs die
LETTER van die deel waar stuifmeel geproduseer word in die diagram van die
blom’. Ander vrae mag vereis dat jy beide die LETTER en die NAAM moet gee bv.
‘Gee die LETTER en NAAM van die deel van die blom in die diagram wat stuifmeel
ontvang’
• Gebruik die korrekte spelling wanneer jy biologiese terme in jou antwoorde insluit.
Gebruik wetenskaplike name in terminologie en vermy gewone name.
• Die instruksiewerkwoorde (in skuinsgedruk) bv. noem, gee, beskryf, verduidelik
ens. en die puntetoekenning per vraag gee ‘n aanduiding van wat en hoeveel
inligting jy in jou antwoord moet verskaf.

Tabel 1: Instruksiewerkwoorde en betekenis:

Instruksiewerkwoord Betekenis
Noem Gee die naam van iets
Onderskei Gebruik verskille om tussen twee of meer kategorieë te kwalifiseer
Tabuleer Teken 'n tabel en dui die antwoorde as direkte pare aan.
Beskryf Stel die hoofpunte van 'n proses in sinne
Verduidelik Gee u antwoord in 'n oorsaak-gevolg of stelling en rede-volgorde
Vergelyk Gee ooreenkomste en verskille tussen konsepte
6
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

KWARTAAL 1 INHOUD
Bestudeer die kerninhoud hieronder oor die onderwerpe biodiverstiteit en klassifikasie van
mikroörganismes, biodiversiteit van plante en biodiversiteit van diere.

2. BIODIVERSITEIT VAN MIKROÖRGANISMES


2.1 Inleiding:
Sommige lewende organismes is so klein dat hulle nie met die blote oog sigbaar
is nie en staan bekend as mikroörganismes bv. virusse, bakterieë, Protista and fungi.

2.1.1 Virusse:
• Virusse is baie klein, bestaan nie uit selle nie (nie-sellulêr) en het geen selkern,
sitoplasma of organelle nie.
• ‘n Virus bestaan uit ‘n sentrale nukleïnsuur (DNS of RNS – nie beide nie) wat deur ‘n
proteïenomhulsel omsluit word.
• Virusse voer nie enige van die metaboliese reaksies van lewende organismes uit
nie.
• Hulle is parasities en kan binne-in die selle van lewende organismes voortplant.
• Die vorme van virusse wissel van staafvormig, sferies tot meer komplekse vorme.
• Hulle is patogene en veroorsaak siektes in plante en diere.

Figuur 1: Diagram wat ‘n bakteriofaag (‘n virus) aantoon

2.1.2 Bakterieë:
• Bakterieë is klein en word geklassifiseer onder die koninkryk, Monera
• Hulle is klein eensellige organismes en word geklassifiseer as prokariote (bevat nie
membraan - omhulde organelle soos selkern, chloroplaste of mitochondria nie)
• Die bakteriumsel is omring met ‘n selwand en ‘n plasmamembraan wat die
sitoplasma omsluit.
• In sommige bakterieë word die selwand omsluit deur ‘n slymskede of kapsel
7
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

• Genetiese materiaal (DNS) is gekonsentreerd in ‘n chromatienliggaampie wat


bekend staan as die nukleoïed.
• Sommige bakterieë beweeg in vloeistowwe met behulp van lang draadagtige
strukture wat flagellums genoem word.
• Meeste bakterieë plant ongeslagtelik voort deur tweedeling waar ‘n enkele sel in
twee selle verdeel.
• Bakterieë kom in verskillende vorme voor bv. staafvormig(basil), sferies (kokkus),
spiraalvormig (spiril) en kommavormig (vibrio)
• Sommige bakterieë is outotrofies maar die meerderheid is heterotrofies.

Figuur 2: Diagram wat ‘n bakterium aantoon

2.1.3 Protista:
• Protiste is eensellig (bv. Amoeba) maar sommige is meersellig (bv. alge)
• Hulle is eukariote en besit ‘n ware selkern
• Alge is outotrofies en kan fotosinteer aangesien hulle chloroplaste in hul selle besit.
• Sommige protiste bv. Amoeba is heterotrofies en is afhanklik van ander organismes
vir voedsel.
• Protiste het verskillende voortbewegingsstrukture bv. pseudopodiums (Amoeba),
siliums (Paramecium) en flagellums (Euglena)
• Voortplanting is meesal ongeslagtelik deur middel van tweedeling maar sommige
kan geslagtelik voortplant bv. sommige alge.
8
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Figuur 3: Diagram van Amoeba (Protista)

2.1.4 Fungi (swamme):


• Sommige fungi is eensellig (bv. giste) en sommige is meersellig (bv. sampioene en
skimmels)
• Alle fungi besit ware selkerne en is eukarioties.
• Selwande bestaan uit chitien
• Fungi besit geen chloroplaste en is heterotrofies.
• Meeste fungi is saprofities (lewe op dooie plant en diermateriaal) bv. broodskimmel
en sampioene
• Sommige fungi is parasities en voed op lewende materiaal.
• Die liggame van meersellige swamme bestaan uit draadagtige filamente wat hifes
genoem word. Al die hifes saam vorm ‘n miselium. Die hifes is gewoonlik
meerkernig (het baie kerne).
• Fungi plant geslagtelik en ongeslagtelik voort.
• Ongeslagtelike voortplanting by eensellige swamme, soos gisswamme, vind deur
knopvorming plaas.
• In meersellige swamme vind ongeslagtelike voortplanting deur middel van spore
plaas.

Figuur 4: Diagram wat broodskimmel aantoon (Rhizopus)


9
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

2.2 Bestudeer die volgende rolle van virusse, bakterieë, protiste en fungi in die
handhawing van balans in die omgewing:
2.2.1 Hul rol as produseerders in voedselkettings:
• Outotrofiese bakterieë en protiste (alge) produseer hul eie organiese
voedingstowwe deur fotosintese.
• Chemosintetiese bakterieë tree ook op as produseerders en hulle gebruik energie
van chemiese reaksies in plaas van sonlig om suikers en ander byprodukte te
produseer.
• Energie word in die koolhidrate wat geproduseer is, ingebou en is beskikbaar vir die
volgende trofiese vlak nl. die verbruiker

2.2.2 Rol in handhawing van suurstof en koolstofdioksiedvlakke:


• Outotrofiese bakterieë en alge gebruik koolstofdioksied en stel suurstof vry tydens
fotosintese.
• Op hierdie manier word die suurstof en koolstofdioksied balans in die omgewing
gehandhaaf

2.2.3 Rol as ontbinders:


• Ontbindingsbakterieë, saprofitiese fungi en protiste breek dooie organiese
materiaal af.
• Water, koolstofdioksied, ammoniak en energie word in die grond, water en lug
vrygestel tydens ontbinding.
• Elemente soos koolstof, stikstof, fosfor ens. word gehersirkuleer en bekikbaar gestel
vir plante.

2.2.4 Rol in die stikstofkringloop:


• Bakterieë speel ‘n belangrike rol in die hersirkulering van stikstof.
• Atmosferiese stikstof word omgeskakel tot nitrate deur weerlig en stikstofbindende
bakterieë in die grond.
• Plante absorber die nitrate in die grond en diere verkry nitrate deur plante te eet.
• Wanneer plante en diere doodgaan word die proteïene in hul liggame deur
ontbindingsbakterieë tot ammoniak ontbind.
• Die ammoniak wat tydens die ontbinding vrygestel word deur die
ontbindingsbakterieë word deur nitrifiseringsbakterieë tot nitrate verwerk wat weer
deur plante geabsorbeer kan word.
• Nitrate in die grond kan ook deur denitrifiseringsbakterieë in die grond tot vry
stikstof in die atmosfeer verwerk word.

2.3 Bestudeer die rol van mikroörganismes in simbiotiese verhoudings:


2.3.1 Stikstofbindende bakterieë in plante:
• Stikstof word benodig deur alle organismes omdat dit deel vorm van proteïene.
• Stikstof in die atmosfeer kan nie deur meeste organsimes gebruik word nie.
10
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

• Mutualistiese knoppiesbakterieë op die wortels van peulplante (ertjies, boontjies)


absorbeer stikstofgas uit die ruimtes tussen gronddeeltjies en skakel die stikstof om in
nitrate wat deur plante geabsorbeer kan word.
• Die peulplante verskaf voedsel en ‘n beskermende omgewing aan die bakterieë

2.3.2 Bakterieë in die mens se dermkanaal:


• Escherichia coli (E. coli) bakterieë leef in die dermkanaal van mense.
• E. coli produseer vitamien K wat ‘n belangrike rol speel in bloedstolling by die mens.
• In ruil ontvang E. coli voedingstowwe uit die mens se dermkanaal en die omgewing
in die dermkanaal beskerm die bakterieë.

2.4 Bestudeer die siektes wat deur mikroörganismes veroorsaak word:


Let wel: Daar word van jou vereis om die effek en bestuur van EEN siekte van
elk van die vier gelyste groepe te bestudeer. Hierdie hersieningsbron
behandel slegs EEN van die siektes van elk van die groepe. Vra jou onderwyser
watter VIER siektes julle sal behandel in jou skool.

Virusse – hondsdolheid/MIV/Vigs, griep

Bakterieë – roes, cholera, tuberkulose, miltsiekte

Protista – malaria

Fungi – roes, sproei, omlope, atleetvoet

2.4.1 MIV/VIGS as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur VIRUSSE veroorsaak word:
• Verworwe Immuniteitsgebrekssindroom (VIGS) is ‘n seksueel oordraagbare siekte
wat deur die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV) veroorsaak word.
• Die virus infekteer en vernietig selle van die immuunsisteem bekend as CD4-selle.
Dit verswak die liggaam se immuunsisteem.
• Die MI-virus word hoofsaaklik deur die uitruiling van liggaamsvloeistowwe, soos
semen en bloed, van ‘n besmette persoon oorgedra na ander persoon.

Effekte van MIV/VIGS:

• ‘n Gebrek aan simptome gedurende die eerste fase van besmetting wat vir jare
kan voortduur.
• Simptome soortgelyk aan verkoue-simptome wat hoofpyne, koors, moegheid en
die swelling van die limfkliere in die oksels, keel of lies insluit.
• Soos wat die immuunstelsel verswak, kom simptome soos herhaalde koorsblare,
langdurige koors, nagsweet ens. voor. Uiterste gewigsverlies kan ook voorkom.
• ’n Verswakte immuunstelsel maak dit moontlik vir sekondêre of opportunistiese
infeksies om voor te kom. Dit sluit in respiratoriese infeksies soos longontsteking,
epilepsie, demensie, velkanker, limfkanker en tuberkulose.
• In die finale fase van die MIV infeksie, staan die siekte bekend as VIGS. Die dood
kan intree tydens hierdie fase as gevolg van sekondêre infeksies.
• MIV/VIGS affekteer families bv. indien beide ouers geïnfekteer word en doodgaan
word hul kinders wees gelaat.
• Die ekonomie van ‘n land word ook beïnvloed deur MIV/VIGS.
11
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Bestuur van MIV/VIGS:

• Toetsing vir die virus in individue wat hoë risiko is (bv. gesondheidsorgwerkers,
prostitute, dwelmgebruikers)
• Berading en behandeling vir die besmette mense met antivirale middels.
• Versterking van die immuunstelsel van besmette individue.
• Behandeling van sekondêre infeksies.
• Opvoeding en die voorkoming van besmetting deur nie seksuele omgang te hê nie
of deur beskerming, soos ‘n kondoom, te gebruik

2.4.2 TUBERKULOSE as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur BAKTERIEË veroorsaak


word:
• Tuberkulose (TB) is ‘n aansteeklike siekte wat deur die bakterium, Mycobacterium
tuberculosis veroorsaak word.
• TB affekteer hoofsaaklik die longe maar kan ook enige ander dele van liggaam
soos byvoorbeeld die niere, brein en rugmurg affekteer.
• TB word deur die lug versprei wanneer ‘n besmette persoon hoes of nies.

Effekte van TB

• Wanneer TB bakterieë ingeasem word, vermeerder dit en veroorsaak ontsteking


van die longe.
• Simptome van TB sluit in:
➢ uiterste moegheid en uitputting
➢ verlies aan eetlus en gewig
➢ kouekoors, koors en nagsweet
➢ uitermatige hoesbuie
➢ borspyn
➢ uithoes van bloed

Bestuur van TB:

• Identifisering van infeksies deur X-strale, veltoetse of weefselkulture.


• Opvoeding van die pasiënt rakende die voltooiing van die behandeling.
Behandeling behels ‘n aggressiewe kursus antibiotika wat oor ‘n paar maande
strek.

2.4.3 MALARIA as ‘n voorbeeld wat deur PROTISTE veroorsaak word:


• Malaria is ‘n parasitiese siekte wat deur ‘n protist van die genus Plasmodium
veroorsaak word en dit word deur die Anopheles wyfiemuskiet oorgedra.
• Bloed word opgesuig wanneer die muskiet ‘n geïnfekteerde persoon byt.
• Die bloed bevat malaria parasiete en hulle ontwikkel binne in die muskiet.
• Wanneer die muskiet ‘n volgende persoon byt, word die parasiete in die persoon
se bloedstroom ingespuit.

Effekte van malaria:

• Na infeksie beweeg die parasiete met die bloedstroom na die lewer van die
geïnfekteerde persoon waar hulle vermeerder.
12
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

• Nuwe parasiete word in die bloed vrygestel en hulle vermeerder in die


rooibloedliggaampies.
• Die rooibloedliggaampies mag bars as gevolg van die vermeerdering van die
parasiete en dit mag lei tot anemie.
• Ander simptome van malaria sluit in: koors en bewing, hoofpyn, gewrigspyn,
braking.
• Indien dit nie behandel word nie, kan malaria veroorsaak dat die besmette
persoon in ‘n koma verval, wat gevolg word deur die dood.

Bestuur van malaria:

• Die beste manier om malaria te bestuur is om te verhoed dat jy deur ‘n muskiet


gebyt word in gebiede waar malaria voorkom.
• Anti-malaria middels kan geneem word voordat jy ‘n malaria-gebied binnegaan.

2.4.4 SPROEI as ‘n voorbeeld van ‘n siekte wat deur FUNGI veroorsaak word:
• Sproei word veroorsaak deur ‘n gisswam genoem Candida albicans.
• Sproei kan op enige deel van die liggaam voorkom, maar verkies vogtige areas
soos die mond, vagina en boonste gedeeltes van die spysverteringskanaal.

Effekte van sproei:

• Mondsproei word gekenmerk deur wit seertjies op die tong en in die mond.
• Simptome sluit in: die persoon sukkel om te eet en het ‘n ongemaklike
brandsensasie in die mond.

Bestuur van sproei:

• Verbeterde higiëne
• Volg van ‘n gebalanseerde dieet
• Beheer van stresvlakke

2.5 Immuniteit:
• Immuniteit verwys na die wyse waarop ‘n plant of dier in staat is om ‘n infeksie te
bestry.
• Deur middel van die immuunsisteem monitor die menslike liggaam die blootstelling
aan skadelike elemente en bied verdediging daarteen.

2.5.1 Immuunreaksies by plante:


• Die eerste verdedigingslinie by plante sluit in die wasagtige kutikula, boombas en
die epidermisselle wat baie naby aan mekaar gepak is wat die plant beskerm teen
indringende mikro-organismes.
• Indien ‘n plant beseer is, kan dit taai gom of hars afskei in ‘n poging om die wond
te seël en infeksie te voorkom.
• Die tweede verdedigingslinie vind plaas wanneer die plant deur ‘n patogeen
besmet is en die plant se natuurlike immuunrespons geaktiveer word.
• Dit stel chemiese verbindings soos salisielsuur vry wat dan na die floëemselle
vervoer word wat nie besmet is nie.
13
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

• Die onbesmette selle reageer deur ‘n verskeidenheid chemiese


verdedigingsmiddels te vervaardig om hulself te beskerm.

2.5.2 Immuunreaksies by diere:


• Diere het twee tipes immuniteit nl. natuurlike immuniteit wat teenwoordig is by
geboorte, en verworwe immuniteit wat ontwikkel na blootstelling aan patogene.
• Die menslike liggaam se eerste linie van verdediging teen patogene is die eksterne
versperrings (bv. die vel) wat verhoed dat skadelike stowwe die liggaam
binnedring.
• Indien patogene verby die versperrings kom en die liggaam binnedring, is die
eerste reaksie gewoonlik koors en inflammasie wat die vermeerdering en
verspreiding van patogene verhoed.
• Patogene wat die liggaamsweefsels binnegedring het, word aktief vernietig en die
liggaam stoor ‘n geheue van die reaksie.
• Die witbloedselle (leukosiete) herken die patogene as vreemde selle sodra hulle in
die bloedstroom beland. Die witbloedselle vernietig dan die patogene.
• Die immuunsisteem betrek twee tipes witbloedselle nl. limfosiete en fagosiete.

2.6 Inentings:
• ‘n Entstof bestaan uit dooie of verswakte mikro-organismes of hul gifstowwe, wat
die vervaardiging van teenliggaampies, deur die limfosiete, stimuleer.
• Inenting of immunisering is die proses waartydens ‘n entstof óf deur ‘n inspuiting óf
mondelings toegedien word om siektes te voorkom.

2.6.1 Die gebruik van mikroörganismes om medisyne te produseer:


Antibiotika:

• Antibiotika is chemiese stowwe wat infeksies wat deur bakterieë veroorsaak word,
bestry.
• Meeste antibiotika word uit swamme verkry.
• Die bekendste antibiotikum is penisillien wat deur die swam Penicillium vervaardig
word.
• Antibiotika teiken gewoonlik ‘n spesifieke deel van ‘n bakterium bv. hulle verhoed
die vorming van selwande, beskadig selmembrane en stop proteïensintese.

Produksie van insulien:

• Biotegnologie verwys na die gebruik van mikro-organismes om stowwe te


vervaardig wat nuttig is vir mense. Dit sluit in medisyne, soos antibiotika en insulien,
asook kosse soos brood, wyn en kaas
• Menslike insulien word op die volgende wyse deur bakterieë vervaardig:
➢ ‘n plasmied word vanuit die bakterium verwyder
➢ die plasmied word oopgesny deur gebruik te maak van ensieme
➢ ‘n DNA fragment wat die geen bevat vir die vervaardiging van insulien word uit ‘n
chromosoom van ‘n menslike pankreassel geïsoleer
14
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

➢ die DNA word aan die plasmied van die bakterium geheg om rekombinante DNA
te vorm
➢ die rekombinante DNA word in die bakterium teruggeplaas
➢ die genetiese gemanipuleerde bakterieë vermeerder vinnig
➢ die insuliengeen word gerepliseer soos die bakterieë voortplant
➢ ‘n Groot aantal bakterieselle met die gewenste geen wat vir insulienproduksie
kodeer, word gevorm
➢ die insulien word dan uit die bakterieë onttrek en gesuiwer

Tradisionele tegnologie:

• Mikro-organismes soos gisse kan alkoholiese fermentasie ondergaan (verwys na die


respirasie hoofstuk) in die afwesigheid van suurstof.
• Gedurende hierdie proses word glukose omgeskakel in etielalkohol (etanol),
koolstofdioksied en energie.
• Hierdie tipe fermentasie word gebruik in die maak van bier, wyn en kaas.

3. BIODIVERSITEIT VAN PLANTE:


3.1 Bestudeer die volgende inligting oor die vier plantgroepe nl. Briofiete,
Pteridofiete, Gymnosperme en Angiosperme:

• Dit word aanvaar dat alle plante uit eenvoudige, eensellige alge ontwikkel het.
• Die Ryk Plantae word in vier hoofgroepe of divisies verdeel:
• Briofiete – blaarmosse
• Pteridofiete – varings
• Gimnosperme – konifere, broodbome
• Angiosperme – blomplante

Figuur 5: Diagram wat ‘n filogenetiese stamboom aantoon oor die evolusie van
plante
15
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Die eienskappe wat gebruik word om ‘n plant in een van die vier groepe te plaas,
hang af van:
• die aanwesigheid of afwesigheid van ware geleidingsweefsel soos xileem of floeëm
• die aanwesigheid of afwesigheid van ware wortels, stingels en blare
• die tipe voortplanting en die tipe voortplantingstrukture gevorm
• die graad van afhanklikheid van water vir voortplanting

3.2 Kenmerke van die vier plantgroepe


Tabel 2: Vergelykende tabel van die kenmerke van die vier plantgroepe:

Kenmerk Briofiete Pteridofiete Gimnosperme Angiosperme


Vaatweefsel nl. Geen ware Het goed Het goed Het goed
xileem en geleidingsweefsel ontwikkelde ontwikkelde ontwikkelde
floeëm vaatweefsel vaatweefsel vaatweefsel
(xileem en floeëm) (xileem en
(xileem en
floeëm)
floeëm)
Ware blare en Tallus – geen Het ware Het ware wortels Het ware wortels,
wortels ware wortels, wortels en (penwortelstelsel stingels en blare
stingels en blare. ondergrondse met bywortels),
houtagtige stingels
Risoïede anker stingel en groot
en klein blare
die plant in die saamgestelde (naaldvormig)
grond blare
Sade of spore Vorm spore, geen Vorm spore, Dra keëls met sade Dra blomme met
en vrugte sade geen sade sonder ‘n sade wat omsluit is
beskermende en beskerm word
bedekking. Het in ‘n vrug. Het
aparte manlike aparte manlike
spore (in spore (in
stuifmeelkorrel) en stuifmeelkorrel) en
vroulike spore (in vroulike spore (in
saadknop) saadknop)
Afhanklikheid Afhanklik van Afhanklik van Nie afhanklik van Nie afhanklik van
van water vir water vir water vir water vir water vir
voortplanting bevrugting van bevrugting van bevrugting van bevrugting van
gamete gamete gamete nie gamete nie

3.3 Voortplanting by plante:


• Beide diere en plante is in staat tot ongeslagtelike en geslagtelike voortplanting.
Bestudeer die definisies, voordele en nadele van ongeslagtelike en geslagtelike
voortplanting hieronder.

3.3.1 Ongeslagtelike voortplanting:


• Slegs een ouer is betrokke by ongeslagtelike voortplanting en al die nakomelinge
het dieselfde genetiese samestelling as die ouer.
16
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

• Geen gamete (geslagselle) nl. sperm en ova is betrokke nie en die proses vind
plaas deur mitose.
• Voorbeelde van ongeslagtelike voortplanting sluit tweedeling, vegetatiewe
voortplanting, spoorvorming, knopvorming en kloning in.

3.3.2 Voordele van ongeslagtelike voortplanting:


• ‘n Groot aantal nakomelinge word vining geproduseer.
• Energiebesteding is laag aangesien geen gamete geproduseer word nie.
• Al die nakomelinge is identies.
• Ongeslagtelike voortplanting is nie afhanklik van bestuiwers of verspreidingsagente
nie.

3.3.3 Nadele van ongeslagtelike voortplanting:


• Daar is geen genetiese variasie nie omdat al die nakomelinge identies is. Indien
toestande ongunstig word, sal almal doodgaan.
• Swak eienskappe by die ouers sal aan die nakomelinge oorgedra word en al die
nakomelinge deel dieselfde swak eienskappe. Enige verandering in die omgewing
mag die nakomelinge se kanse op oorlewing drasties verminder.
• Vinnige vermeerdering tydens ongeslagtelike voortplanting kan tot oorbevolking lei
en die kompetisie vir voedsel en ruimte verhoog.

3.3.4 Geslagtelike voortplanting:


• By hierdie tipe voortplanting is twee ouers betrokke en hul genetiese materiaal
vermeng.
• Gamete (geslagselle) nl. sperm en ova word deur meiose geproduseer.
• Bevrugting vind plaas nl. ‘n haploïede manlike gameet (sperm) en ‘n haploïede
vroulike gameet(ovum) versmelt om ‘n diploïede sigoot te vorm. Die sigoot verdeel
deur mitose om ‘n embrio en later, ‘n nuwe organisme, te vorm.

3.3.5 Voordele van geslagtelike voortplanting:


• Die nakomelinge is geneties verskillend en vertoon groter genetiese variasie en kan
‘n verskeidenheid toestande weerstaan.
• Die genetiese materiaal van die ouers vermeng en dit verminder die kanse op die
oorerwing van ‘n siekte of swak eienskap vanaf ‘n ouer.
• Boere kan organismes met gunstige kenmerke selekteer en met hulle kruisteel.

3.3.6 Nadele van geslagtelike voortplanting:


• Geslagtelike voortplanting neem langer as ongeslagtelike voortplanting omdat
gameetvorming tyd neem.
• Minder nakomelinge word geproduseer en dit verminder die kans op oorlewing.
• Energiebesteding is hoër as by ongeslagtelike voortplanting.
• Plante wat geslagtelik voortplant is afhanklik van bestuiwingsagente bv. wind of
insekte om hul stuifmeel en sade te versprei.
17
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

3.4 BLOMME AS VOORTPLANTINGSORGANE:


3.4.1 Die bou van die blomme van tweesaadlobbige en eensaadlobbige plante
om bestuiwing te verstaan:
Figuur 6: Bou van die blom van ‘n tweesaadlobbige plant bv. Petunia

• Al die dele van ‘n blom is eintlik gewysigde blare wat in kranse gerangskik is.
• Elke krans is gespesialiseerd om ‘n bepaalde funksie te verrig.
• Die vier kranse is die:
➢ kelk
➢ kroon
➢ andresium
➢ ginesium
• Die buitenste krans word die kelk genoem en bestaan uit ‘n aantal groen
kelkblare.
• Die kelkblare beskerm die blom in die knopstadium
• Al die blomdele is vas aan die blombodem.
• Die kroon bestaan uit gekleurde kroonblare.
• Die kroonblare lok insekte en voëls (bestuiwers) na die blom vir bestuiwing.
• Die kelk en kroon word gesamentlik die periant genoem.
• Die meeldrade (andresium) is die manlike deel van die blom.
• Elke meeldraad bestaan uit ‘n helmdraad en ‘n helmknop met stuifmeelsakkies
waarin stuifmeel gevorm word.
• Stuifmeelkorrels is haploïed en word deur meiose gevorm.
• Die vroulike deel van die blom bestaan gewoonlik uit vrugblare wat versmelt om
een of meer stampers (ginesium) te vorm.
• Elke stamper bestaan uit ‘n stempel, styl en vrugbeginsel
• Die stempel is taai sodat stuifmeelkorrels daraan kan vassit.
• Saadknoppe word deur meiose in die vrugbeginsel gevorm.
18
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Figuur 7: Bou van die blom van ‘n eensaadlobbige plant bv. Aloe (aalwyn)

• Die periant by eensaadlobbige blomme is nie in twee kranse gedifferensieer nie.


• Die kroonblare en kelkblare is versmelt om ‘n perigoon te vorm.
• Die aalwynblom bestaan uit ses perigoonblare
• Perigoonblare is oranjekleurig en by hul basisse vergroei om ‘n small buis te vorm.
• Die ses meeldrade is in twee kranse van drie elk gerangskik
• Die stamper bestaan uit ‘n stempel, ‘n lang styl en ‘n vrugbeginsel.

3.4.2 Wat is bestuiwing en definieer die verskillende tipes bestuiwing?


• Bestuiwing kan gedefinieer word as die oordrag van stuifmeel van die helmknop
na die stempel van dieselfde blom of ‘n ander blom van dieselfde spesie.
• Self-bestuiwing vind plaas wanneer stuifmeel oorgedra word tussen blomme van
dieselfde plant of van die helmknoppe na die stempel van dieselfde blom.

Figuur 8: Bou van ‘n blom om selfbestuiwing aan te toon

• Kruisbestuiwing vind plaas wanneer stuifmeel oorgedra word van die blom van een
plant na die blom van ‘n ander plant van dieselfde spesie.
19
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Figuur 9: Bou van ‘n blom om kruisbestuiwing aan te toon

3.4.3 Hoe is verskillende blomme aangepas vir bestuiwing?


• Bestuiwing vind plaas deur middel van verskillende bestuiwers nl. wind, insekte,
voëls, klein soogdiere en water.

3.4.4 Aanpassings van ‘n wind-bestuifde blom:


Windbestuifde blomme het die volgende kenmerke:

• Hulle het nie ‘n geur of nektar nie


• Blomme is dikwels klein en groen of bruin van kleur omdat hulle nie nodig het om
bestuiwers te lok nie
• Die manlike blomme het lang helmdrade en groot helmknoppe wat ‘n groot
hoeveelheid stuifmeel vrystel
• Stuifmeelkorrels is klein en lig en word maklik deur die wind gedra.
• Die blomme word op buigbare stingels, wat saam met die wind beweeg, gedra
• ‘n Kelk en kroon ontbreek
• Enorme hoeveelhede stuifmeel word vervaardig
• Stempels is groot en veeragtig

3.4.5 Aanpassings van ‘n insek-bestuifde blom:


Insek-bestuifde blomme het die volgende kenmerke:

• Groot kroonblare in helder kleure.


• ‘n Soet geur om insekte te lok.
• Dit produseer nektar as voedsel vir die insekte
• Taai of stekelrige stuifmeelkorrels wat aan die insek se liggaam kleef
• Helmknoppe en stempels is binne-in die blom geleë sodat die insek daarteen moet
skuur om by die nektar uit te kom en dus sodoende die stuifmeel oordra
• Groot hoeveelhede stuifmeel word vervaardig, want die besoekende insek sal van
die stuifmeel eet.
20
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

3.4.6 Aanpassings van ‘n blom wat deur voëls bestuif word:


Voël- bestuifde blomme het gewoonlik die volgende kenmerke:

• Blomme is helderkleurig om voëls te lok.


• Min of geen geur, want voëls het ‘n swak reuksintuig.
• Meeldrade en stempels steek by die kroonblare uit/verby
• Produseer groot hoeveelhede verdunde nektar.
• Blomme is groter as die meeste insekbestuifde blomme.
• Die blomme word bo die blare gedra sodat voëls die blomme kan bereik.

4. BIODIVERSITEIT VAN DIERE:


• Die Ryk Animalia kan in twee hoofgroepe verdeel word:
• Invertebrate – diere sonder ‘n werwelkolom
• Vertebrate – diere met ‘n werwelkolom
• Die vertebrate en invertebrate kan volgens gedeelde kenmerke onderverdeel
word in filums. Die ses filums wat jy behoort te ken in Graad 11 is:
• Filum Porifera bv. seesponse
• Filum Cnidaria bv. bloublasies, jellievisse, seeanemone
• Filum Platyhelminthes bv. lintwurms, Planaria
• Filum Annelida bv. erdwurms
• Filum Arthropoda bv. krap, spinnekop, sprinkaan
• Filum Chordata bv. visse, soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë

Figuur 10: Filogenetiese stamboom van die Ryk Animalia


21
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

4.1 Sleutelkenmerke van ligaamsplanne van diere:


• 'n Liggaamsplan is strukturele eienskappe van 'n organisme wat dit van ander
organismes of groepe organismes skei.

4.1.1 Simmetrie en kefalisasie:


• ‘n Organisme is simmetries wanneer dit deur een of meer vlakke in twee gelyke en
identiese helftes verdeel kan word.
• Meersellige organismes kan asimmetries, radiaal simmetries, of bilateraal
simmetries wees.
• Asimmetries – diere wat geen simmetrie vertoon nie d.w.s. hulle kan nie in twee
gelyke helftes verdeel word nie bv. sponse
• Radial simmetries - dier kan deur meer as een vertikale vlak deur die middellyn
gesny word om twee gelyke helftes te verkry bv. Cnidaria
• Bilateraal simmetries – dier kan slegs deur een vertikale vlak deur die middellyn
gesny word om twee gelyke helftes te verkry d.w.s hulle het ‘n linker- en ‘n
regterkant wat identies is bv. kreef. Diere wat bilateraal simmetries is, is gewoonlik
meer gevorderd en toon kefalisasie.
• Kefalisasie is wanneer die sensoriese organe, voedings-aanhangsels, en brein naby
aan die voorste (anterior) gedeelte van die liggaam is.

4.1.2 Weefsellae:
• Die eerste weefsellae wat in die embrio vorm, word kiemlae genoem. Die kiemlae
differensieer (ontwikkel) in verskillende organe.
• Verskillende weefsellae (kiemlae) kan onderskei word nl. die ektoderm (buitenste
kiemlaag), endoderm (binneste keimlaag) en die mesoderm (kiemlaag tussend die
ektoderm en die endoderm).
• Diere wat twee kiemlae (ekto- en endoderm) besit word diploblastiese diere
genoem.
• Diere wat drie kiemlae (eko-, endo- and mesoderm) besit word triploblastiese diere
genoem.

4.1.3 Openinge in die dermkanaal (spysverteringskanaal):


• Diere met twee openinge na die dermkanaal kan voedsel deur ‘n mondopening
inneem en afvalprodukte deur ‘n ander opening, die anus, uitskei. Hierdie tipe
dermkanaal word ook ‘n deurlopende spysverteringskanaal genoem.

4.1.4 Seloom en bloedstelsel:


• ‘n Seloom is ‘n inwendige vloeistofgevulde holte wat in die mesoderm van
triploblastiese diere ontstaan.
• Aselomate – Diere sonder ‘n seloom
• Pseudo- selomate – sommige triploblastiese organismes het ‘n liggaamsholte wat
nie volledig omring is deur mesoderm nie.
• Selomate – diere het ‘n liggaamsholte of ware seloom in hul mesodermale
weefsellaag.
• ‘n Bloedstelsel ontwikkel in meeste triploblastiese diere vir die vervoer van suurstof,
koolstofdioksied en verteerde voedingstowwe.
22
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

4.1.5 Die ligaamsplanne en leefwyse van die ses filums:


Tabel 3: Vergelykende tabel van die liggaamsplanne en leefwyse van die ses
dier filums:

Filum Simmetrie Aantal Deurlopende Seloom of Leefwyse


en weefsellae spysverterings geen
kefalisasie kanaal of seloom en
geen bloedstelsel
Porifera Asimmetries Geen Geen opening Aselomaties Akwaties,
met geen weefsellae na met geen sessiel
kefalisasie en dermkanaal bloedstelsel
funksioneer
op sellulêre
vlak
Cnidaria Radiaal Diploblasties Slegs een Aselomaties Akwaties,
simmetries opening na met geen Sessiel,
met geen dermkanaal bloedstelsel vrylewend
kefalisasie wat as beide
mond en anus
dien
Platyhelminthes Bilateraal Triploblasties Slegs een Aselomaties Parasities,
simmetries opening na met geen akwaties,
met dermkanaal bloedstelsel vrylewend
kefalisasie
Annelida Bilateraal Triploblasties Het ‘n Selomaties - Akwaties of
simmetries deurlopende seloom is ‘n landlewend
met spysverteringsk vloeistof- in klam
omgewings,
kefalisasie anaal gevulde
hoogs
holte wat beweeglik
gebruik
word as ‘n
hidrostatiese
skelet vir
beweging
Het ‘n
geslote
bloedstelsel
omdat
bloed tot
die
bloedvate
beperk is.
Arthropoda Bilateraal Triploblasties Het ‘n Selomaties Akwaties of
simmetries deurlopende en ‘n oop landlwend,
vrylewend
23
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

met spysverteringsk bloedstelsel


kefalisasie anaal waar bloed
nie slegs tot
bloedvate
beperk is
nie.
Chordata Bilateraal Triploblasties Het ‘n Selomaties In die lug,
simmetries deurlopende en ‘n akwaties of
met spysverteringsk geslote landlewend,
anaal vrylewend.
kefalisasie bloedstelsel

5. HERSIENINGSVRAE:
• Beantwoord die vrae hieronder.
• Werk deur die vrae in jou lesse.
• Let op dat HOë ORDE vrae SWARTGEDRUK is en met’n (*) aangedui is.

VRAE OOR BIODIVERSITEIT VAN MIKROÖRGANISMES:

1. ‘n Graad 11 leerder het die optimale (ideale) temperatuur vir die groei van
broodskimmel ondersoek. Die leerder het die volgende metode gebruik:

• Die leerder het vier swart plastiekhouers, met deksels, gekies.


• ‘n Sny brood is in elke houer geplaas.
• Voordat die houers geseël is, is 30 ml water oor elke sny brood gesprinkel.
• Houer A is in ‘n yskas geplaas (koud), houer B is in ‘n kas geplaas (koel), houer C is
by kamertemperatuur gehou (matig) en houer D is in ‘n vensterbank geplaas
(warm).
• ‘n Week later is die snye brood uit die houers verwyder en langs mekaar geplaas.

Die resultate van die ondersoek word hieronder getoon.

(*)1.1 Identifiseer:
(a) die afhanklike en (1)
(b) die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
1.2 Noem die verwantskap tussen die groei van broodskimmel en
temperatuur. (2)
(*)1.3 Noem TWEE maniere waarop die leerder verseker het dat die resultate
geldig is. (2)
(*)1.4 Noem EEN manier waarop die leerder kon verseker dat die resultate
betroubaar is. (1)
24
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

1.5 Die tabel hieronder toon die resultate nl. Die persentasie broodoppervlak gedek
deur die broodskimmel in die verskillende houers.
HOUER PERSENTASIE OPPERVLAKTE GEDEK
DEUR BROODSKIMMEL (%)
A 5
B 25
C 75
D 95

Teken ‘n kolomgrafiek om die resultate van die ondersoek voor te stel. (6)

2. 'n Monster is geneem van 'n pasiënt wat aan 'n keelinfeksie ly. Die bakterieë
op die wattepluisie is op 'n voedings-agar in 'n petribakkie gekweek. 'n Skyf
met meervoudige arms, met verskillende tipes antibiotikum op die punte van
elk van die ses arms, is toe bo-op die bakterieë geplaas. Die twee helftes van
die petribakkie is toe saam geseël en in 'n broeikas teen 30 °C geplaas.

Die volgende diagram toon die resultaat van die ondersoek ná 48 uur:

2.1 Noem EEN verskil in die werking van antibiotika B en F. (2)


2.2 Dit was bekend dat die pasiënt vir antibiotika B allergies was.
(a) Watter antibiotikum moet aan die pasiënt gegee word? (1)
(*) (b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.2 (a). (2)
2.3 Dit lyk asof die organisme wat hierdie infeksie veroorsaak, bestand is teen twee
van die antibiotika.
(a) Na watter TWEE antibiotika word in die bostaande bewering
verwys? (2)
(*) (b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3 (a). (2)
(*)2.4 Antibiotika is ondoeltreffend teen virusinfeksies. Waarom dan, word antibiotika
soms aan mense gegee wat aan virusinfeksies, soos griep, ly? (2)
25
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

VRAE OOR BIODIVERSITEIT VAN PLANTE:

3. Bestudeer die onderstaande diagram wat die struktuur van ‘n blom toon.

3.1 Noem die tipe bestuiwing wat aan hierdie blom gekoppel kan. Gee EEN rede vir
jou antwoord. (2)
3.2 Identifiseer die dele genommer A, B en C. (3)
3.3 Gebruik slegs die letters A tot F en identifiseer die volgende:
(a) Deel wat die stuifmeel ontvang. (1)
(b) Struktuur waar ‘n saad gevorm kan word. (1)
(c) Deel waar stuifmeel geproduseer word. (1)
(*)3.4 Tabuleer TWEE verskille tussen windbestuifde blomme en blomme wat deur
voëls bestuif word. (5)

4. Die onderstaande diagram toon plante en hul alg-voorouers aan. A, B en C


dui die strukturele eienskappe wat betrokke is by die evolusie van hoër plante, aan.

(*)4.1 Noem die belangrikste aanpassing(s) wat by elk van die posisies A, B en C
ontwikkel het. (3)
4.2 Noem die plantafdeling wat verteenwoordig word deur die nie-vaatplante in
die diagram. (1)
(*)4.3 Verduidelik waarom die saadlose vaatplante in staat is om langer (in lengte) te
groei as die nie-vaatplante. (2)
26
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

4.4 Noem hoedat die saad van gimnosperme anders as die saad van angiosperme is.
(2)

VRAE OOR BIODIVERSITEIT VAN DIERE:

5. Die onderstaande diagram wys ‘n filogenetiese stamboom met verskillende


diere. Bestudeer die diagram en antwoord die vrae wat volg.

5.1 Volgens hierdie filogenetiese boom, watter groep was die voorvader van die
diereryk? (1)

(*)5.2 Noem hoeveel filums in hierdie filogenetiese boom uitgebeeld word. (1)

5.3 Die eerste groot verdeling in die diereryk was tussen radiale- en bilaterale
simmetrie:

(a) Watter filum vorm nie deel van hierdie verdeling nie? (1)
(b) Watter filum het radiale simmetrie? (1)

(*)5.4 Vanaf die filogenetiese boom, identifiseer drie filums wat ‘n ware liggaamsholte en
bilaterale simmetrie het. (3)

6. Die diagram hieronder stel 'n filogenetiese boom voor wat die verwantskappe
tussen dierfilums toon. Die letters (A tot D) dui die kenmerke aan wat gedeel word
deur die verskillende dierfilums wat na die letter volg. Die punt waar verskillende
filums van mekaar verskil, word deur die vorming van sytakke/verdelings in nuwe
filums aangedui.
27
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

6.1 Watter kenmerk word volgens die filogenetiese boom deur al die organismes in die
diereryk gedeel?
6.2 Watter LETTER stel elk van die volgende kenmerke met betrekking tot die liggaamsplan
voor
(a) Kefalisasie
(b) Triploblastie
(c) Seloom
(d) Bilaterale simmetrie
(e) Segmentasie
(f) Werwelkolom
(g) Simmetrie
6.3 Verduidelik EEN belangrikheid van die ontwikkeling van 'n seloom.
6.4 Skryf die name van die filums neer wat die kenmerk wat deur C voorgestel word
vertoon, maar nie die kenmerk wat deur D voorgestel word nie.
6.5 Noem EEN rol van arthropoda in landbou.

ANTWOORDE:

1.1 (a) Groeitempo van broodskimme✓


(b) Temperatuur✓

1.2 Hoe warmer die temperatuur ✓ hoe vinniger groei die broodskimmel✓

1.3 Die volgende veranderlikes is konstant gehou:


die grootte van die sny brood✓,
die tipe brood✓,
die hoeveelheid water✓,
die tipe houer✓

1.4 Herhaal die eksperiment✓ of vermeerder die aantal snye brood wat
ondersoek word✓
28
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

Grafiek moet die verwantskap tussen temperatuur en die groei van


broodskimmel toon.
X-as: houer / temperatuur;
Y-as: persentasiebedekking
Staafgrafiek ✓: korrek geteken ✓✓, elk van die asse is gemerk en korrekte
skaal ✓✓, titel wat beide veranderlikes noem ✓

2.1 Antibiotika B is meer effektief✓ om bakterieë te vernietig as antibiotika F✓


OF

Antibiotika B het ‘n groter area met geen bakteriële groei ✓in vergelyking met
antibiotika F✓
2.2 (a) E✓
(b) Antibiotika E is die volgende mees effektiewe antibiotika na antibiotika B✓
soos getoon deur die tweede grootste sone van geen bakteriële groei✓
2.3 (a) A✓ en C✓
(b) Beide antibiotika A en C vernietig geen bakterieë nie✓ omdat daar geen
skoon area is nie en dus geen bakteriële groei toon nie ✓
2.4 Gedurende ‘n virusinfeksie word die liggaam se immuunstelsel verlaag ✓
Opportunistiese siektes wat deur bakterie veroorsaak word✓
kan dan die persoon in sy verswakte toestand aanval.
Antibiotiaka word gegee om die bakterieë te vernietig✓ voordat hulle
veroorsaak dat die persoon meer siek word ✓

3.1 Insek✓ - Helmknoppe en stempels is binne-in die blom geleë sodat die insek
daarteen moet skuur om by die nektar uit te kom en dus sodoende die stuifmeel
oordra ✓

3.2 A – Stempel✓

B – Helmknop✓

C – Styl✓

3.3 (a) A✓

(b) D✓

(c) B✓
29
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

3.4

Windbestuif Betwuiwing deur voëls


Kroonblare en kelkblare is afwesig Blomme is helderkleurig om voëls te lok✓
of dit is nie helderkleurig nie. ✓
Blomme produseer nie Blomme produseer groot hoeveelhede
nektar nie. ✓ verdunde nektar ✓
Die meeldrade is groot en het lang Meeldrade en stempels steek by die
helmdrade wat buite die blom kroonblare uit ✓
hang. ✓

4.1 A: Vaatweefsel / geleidingsweefsel / xileem en floëem ✓


B: Sade ✓
C: Blomme ✓

4.2 Briofiete✓

4.3 Besit vaat- / geleidingsweefsel ✓ wat ondersteuning bied en stel dus


die plante in staat om hoër/langer (in lengte) te groei ✓
4.4 Gimnospermsade is naak ✓ ontbloot op die keël
Angiospermsade word deur ‘n vrugbeginsel omsluit ✓

5.1 Protiste✓

5.2 Nege✓

5.3 (a) Porifera✓

(b) Cnidaria✓

5.4 Mollusca ✓ OF Annelida ✓ OF Arthropoda ✓ OF Echinodermata ✓


OF Chordata ✓

6.1 Multisellulêr/Veelsellig✓

6.2 (a) B✓

(b) B✓

(c) C✓

(d) B✓

(e) C✓

(f) D✓

(g) A✓
30
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 1

6.3 Dit skei die dermkanaal van die liggaamswand✓


Laat meer ekstensiewe groei van organe en stelsels toe ✓

6.4 Annelida✓ en Arthropoda✓

6.5 Hulle is bestuiwers✓


Word gebruik in biologiese beheer van plae✓
Belangrik vir saadverspreiding✓

EINDE VAN DOKUMENT

You might also like