Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

Wes-Kaap Onderwysdepartement

Direktoraat: Kurrikulum VOO

LEWENSWETENSKAPPE

Graad 11

HERSIENING 2024

KWARTAAL 2

ANTWOORDE
2

HERSIENINGSVRAE:

• Beantwoord die vrae hieronder.


• Werk deur die vrae in jou lesse.
• Let op dat HOë ORDE vrae SWARTGEDRUK is en met’n (*) aangedui is.

VRAE OOR FOTOSINTESE:


1. Die diagram hieronder is ‘n skematiese voorstelling van die proses van
fotosintese.

1.1 Identifiseer organel A. (1)

Chloroplast✓

1.2 Noem die volgende:

(a) Die fase verteenwoordig deur X (1)

Donkerfase✓

(b) Die deel van organel A waarin die fase genoem in VRAAG 1.2 (a)
plaasvind. (1)

Stroma✓
3

1.3* Verduidelik DRIE effekte op lewende organismes indien fotosintese nie


plaasvind nie. (6)

- - Geen voedsel (energie) beskikbaar✓vir heterotrofe organismes✓


- Daar sal nie energie beskikbaar wees✓ vir selfunksionering✓
- Wanbalans van CO2 in die atmosfeer✓ kan asemhaling beïnvloed✓
minder suurstof✓ vir sellulêre respirasie✓

2. Die onderstaande diagram toon ʼn plantverspreider wat deur wetenskaplikes


gebruik kan word om temperatuur, ligintensiteit en koolstofdioksiedkonsentrasies
te beheer:

• Die wetenskaplikes het die blaarslaai plante aan verskillende temperature, CO2-
konsentrasies en ligintensiteit blootgestel.
• Die onderstaande grafiek illustreer die resultate.
• Die gemiddelde massa van die blaarslaai plante gee ʼn aanduiding van die tempo
van fotosintese.
4

2.1* Watter invloed het ligintensiteit op die gemiddelde massa van die
blaarslaai? (2)

Wanneer die ligintensiteit toeneem✓ neem die massa van die blaarslaai plante
toe. 

2.2* Noem die TWEE beperkende faktore wat die tempo van fotosintese beïnvloed
soos wat die ligintensiteit toeneem. (2)

Koolstofdioksied
Temperatuur

2.3* Hoe het die wetenskaplikes die tempo van fotosintese tot die maksimum vlak
verhoog? (2)

Hulle het die vlak van CO2 verhoog tot ‘n optimum vlak van 4%  en
temperatuur tot 25 °C soos wat hulle ligintensiteit verhoog het tot 8 arbitrêre
eenhede. 

2.4* Wat sal met die fotosintesetempo gebeur indien die temperatuur verhoog word tot
35 ºC? (4)

Die tempo van fotosintese sal drasties daal ✓ want by ’n hoër temperatuur sal
die proteïene✓ van die ensieme denatureer ✓ en nie hulle funksie kan verrig
nie. ✓

3. Bestudeer die volgende diagramme (A en B) wat ‘n ondersoek voorstel en


beantwoord die vrae wat volg.

3.1* Noem die doel van die eksperiment. (2)

Om te ondersoek of lig noodsaaklik is vir fotosintese

3.2 Gee EEN rede vir elk van die volgende stappe tydens die ondersoek:

(a) Aan die begin van die eksperiment was die plant vir 48 uur in ‘n donker
kas geplaas. (1)

Om die plant te ontstysel

(b) Die blaar is gekook in water. (1)


5

Om blare sag te maak/selwande te breek

(c) Die blaar is gekook in alkohol of spiritus. (1)

Om chlorofil te verwyder

3.3 Teken ‘n diagram om die blaar in stadium B te toon aan die einde van die
ondersoek, nadat dit met jodiumoplossing behandel was en kleur die
gedeeltes in wat positief getoets het. (4)

Vorm van die blaar Posisie en vorm van geskakeerde dele wat positief
getoets het 

3.4* Gee ‘n gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2)

Lig word benodig vir produksie van stysel gedurende fotosintese

VRAE OOR DIEREVOEDING


4. Bestudeer die skedels (A en B) van twee diere hieronder.

4.1 Identifiseer watter skedel (A of B) aan ‘n … behoort

(a) herbivoor (1)

Skedel A

(b) karnivoor (1)

Skedel B
6

4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 4.1 (a) (1)

Kiestande en snytande is teenwoordig wat dui op die afsny en fynmaal


van plante✓

5. Die diagram hieronder stel dele van die menslike spysverteringstelsel en sy


bykomende organe voor.

5.1 Identifiseer dele B en G. (2)

B – pankreas
G - lewer

5.2 Noem EEN hoofvoedselsoort wat in orgaan A verteer word. (1)

Proteïene

5.3 Noem DRIE kenmerke van deel X wat bydra om sy oppervlak te vergroot. (3)

– dit is lank /gekronkeld /gevou 


- besit talle inwendige voueop die mukosa
- besit baie villi 
- teenwoordigheid van mikrovilli op die kolomepiteelselle van villi

5.4 Noem TWEE voordele wat die vergrote oppervlakarea van deel X inhou. (2)

– voedsel bly langer in die intestinum / beweeg stadiger a.g.v. die inwendige
voue
daarom is daar meer doeltreffende / meer tyd vir vertering en absorpsie 
7

5.5* Bakterieë kan infeksie van die slymvlieslaag by C veroorsaak. Verduidelik


watter uitwerking dit op die spysverteringstelsel van die geïnfekteerde person
kan hê. (3)

Spysverteringstelsel sal nie in staat wees om ...


- vitamiene K genoegsaam te absorbeer nie
- water genoegsaam te absorbeer nie/veroorsaak dehidrasie
- Produseer los / waterige stoelgang /diaree / gastro-enteritis
- Veroorsaak maagpyn/krampe/ spierspasme

5.6 Maak ‘n benoemde skets van die funksionele eenheid wat in deel F
verantwoordelik is vir absorpsie. (4)

Opskrif
Byskrifte

5.7 Gee die naam van die kroniese gesondheidsrisiko wat deur die
wanfunksionering van deel B veroorsaak word. (1)

Diabetes mellitus

5.8 Beskryf kortliks die homeostatiese rol van deel B in die handhawing
van ʼn konstante glukosevlak in die bloed. (5)

Die bloedglukosevlakke is hoog

Die eilandjies van Langerhans ✓ in die pankreas

Sekreteer insulien ✓

Die insulien word vervoer deur bloed en skakel glukose om na glikogeen. ✓

En berg dit in die lewer en spierselle. ✓

Die glukosevlak in die bloed daal tot by normaal ✓


8

6. Die grafieke hieronder toon die invloed van die eet van baie klein maaltye en
die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en insulienkonsentrasies by 'n
normale persoon. Die pyle op die grafieke hieronder dui aan wanneer maaltye
geëet is. Die normale bloedglukosekonsentrasie is 100 mg/dl.

6.1 Noem wat met die bloedglukosekonsentrasie gebeur onmiddellik nadat 'n
maaltyd geëet is. (1)

Die vlak styg✓

6.2* Gebruik die inligting in die grafieke. Tabuleer TWEE maniere waarop die eet
van minder groot maaltye en die eet van baie klein maaltye die insulienvlak
verskillend beïnvloed. (5)
9

6.3* Verduidelik hoekom dit vir 'n persoon met diabetes beter is om baie klein maaltye
op 'n dag te eet as om minder groot maaltye per dag te eet. (4)

- 'n Diabeet kan moontlik nie genoeg insulien produseer nie✓


- Wanneer baie kleiner maaltye geëet word, dring minder glukose✓ die bloed
binne
- minder insulien✓/net genoeg word benodig
- om glukose in bloed na normaal te laat terugkeer✓

OF
- 'n Diabeet kan moontlik nie genoeg insulien produseer nie✓
- Wanneer minder groter maaltye geëet word, dring meer glukose✓ die bloed
binne
- meer insulien✓ word benodig
- om glukose in bloed na normaal te laat terugkeer✓

VRAE OOR SELLULȆRE RESPIRASIE

7. 'n Groep leerders het 'n ondersoek opgestel soos in die diagram hieronder
aangetoon.

7.1 Gee die doel van die ondersoek? (2)

Om te bepaal of koolstofdioksied vrygestel word tydens sellulêre respirasie

7.2 Gee EEN rede waarom die sade eers gesteriliseer is voordat dit gebruik
was. (1)

Om te verseker dat alle mikroörganismes doodgemaak is


10

7.3* Noem EEN manier waarop die leerders die geldigheid van die ondersoek
kon verseker. (1)

Deur die veranderlikes te beheer, bv. gebruik dieselfde soort sade dieselfde
volume kalkwater, dieselfde grootte proefbuise

7.4* Gee ‘n gepaste gevolgtrekking vir die ondersoek hierbo. (2)

Helder kalkwater word melkerig in die teenwoordigheid van


koolstofdioksied

7.5* Verduidelik hoe hulle die kontrole vir hierdie ondersoek sal opstel. (2)

Die apparaat sal op dieselfde wyse opgestel word ✓


behalwe daar sal geen sade wees nie ✓ / sade sal gekook word
om te verseker dat die veranderinge wat waargeneem word
gedurende die ondersoek veroorsaak is deur die selrespirasie/ontkiemende
sade

8. 'n Ondersoek is uitgevoer met gisselle wat in twee aparte flesse geplaas is.
Die inhoud van die flesse word in die tabel hieronder getoon.

Gis Suiker Temperatuur


Oplossing in Fles A 10g 20g 30ºC
Oplossing in Fles B 10g 10g 10ºC

Die tempo van respirasie is gemeet deur die aantal gasborrels wat per minuut
vrygestel is. Dit is vergelyk met die persentasie alkohol per volume in elke fles.
Die resultate word deur die grafiek hieronder getoon.
11

8.1 Noem die gas wat deur die gisselle vrygestel is. (1)

Koolstofdioksied

8.2 Gee die tempo van respirasie toe daar geen alkohol in fles A was nie. (2)

50 borrels per minuut

8.3 Noem TWEE faktore wat die tempo van respirasie in fles A sou beïnvloed
het. (2)

Temperatuur
Suikerkonsentrasie
Alkohol konsentrasie
pH/koolstofdioksiedkonsentrasie

8.4* Watter effek het 21% alkohol op die tempo van respirasie in Fles B? (2)

Geen effek

You might also like