Wolkskool Fotosintese Werkkaart

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 13

Gr 11 Werkkaart : Fotosintese

Vraag 1
Gee die korrekte biologiese terme vir die volgende
1.1 Die pigment in die blaar wat chlorofil absorber
1.2 Die proses wanneer energie van chemiese prosesse gebruik word om
voedsel te produseer geproduseer.
1.3 Organismes wat hulle eie voedsel vervaardig
1.4 Die energiedraer in die sel

Vraag 2
Bestudeer die volgende skets en beantwoord die vrae

2.1 Benoem die organel. (1)


2.2 Benoem dele 1 tot 8. (8)
2.3 Gee die nommer van die deel wat in die lig aktief sal wees. (1)
2.4 Gee die nommer van die deel wat in die donkerfase aktief sal wees. (1)
2.5 Gee die nommer van die deel waar ATP gevorm sal word. (1)
2.6 Verduidelik waar deel 2 vandaan kom. (3)
2.7 Bespreek die proses wat met ‘n watermolekule sal gebeur wanneer dit
in deel A tydens die fotosintese-proses binnekom. (5)
Vraag 3
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae

3.1 Benoem die grondstowwe wat deur A en B voorgestel word. (2)


3.2 Benoem fases 1 en 2 van die siklus. (2)
3.3 Wat is die produkte C en D onderskeidelik. (2)
3.4 Benoem die stowwe 3 tot 6. (4)
3.5 Verduidelik die proses wat by 1 plaasvind. (5)
3.6 Verduidelik die proses wat by 2 plaasvind. (5)
Vraag 4
Bestudeer die skematiese voorstelling van beantwoord die vrae.

1 5

X + waterstof

2
Donkerfase
Ligfase ADP+P
6
Y en Z

4.1 Watter metaboliese proses word hier aangedui? (1)


4.2 Watter anorganiese stof word deur 1 verteenwoordig? (1)
4.3 Wat verteenwoordig dele 2 en 4. (2)
4.4 Benoem X, Y en Z. (3)
4.5 Identifiseer stowwe 5 en 6. (6)
4.6 Watter stof in plante maak hierdie proses moontlik? (1)
Vraag 5
Bestudeer die skets en beantwoord die vrae

5.1 Watter fisiologiese proses vind hier plaas? (1)

5.2 Watter organel word hier voorgestel? (1)

5.3 Benoem dele A en B (2)

5.4 Benoem molekule 4 en 5 (2)

5.5 (i) Watter fase van die fisiologiese proses vind by A plaas (1)
(ii)Verduidelik die proses by A plaasvind (6)

5.6 (i) wat word fase 7 van hierdie fisiologiese proses genoem? (1)
Vraag 6
Bestudeer die skets en beantwoord die vrae

6.1 Benoem die grondstowwe 3 en 4. (2)


6.2 Benoem die produkte 1 en 2. (2)
6.3 Wat stel 5 voor? (1)
6.4 Van watter belang is hierdie proses? (2)
6.5 Verduidelik die proses van fotosintese . (20)
Vraag 7
Die volgende is ‘n voortselling van ‘n potplant met gestreepte blare. Die plant is eers
ontstysel vir 24 uur. Daarna is die potplant vir 6 ure in die sonlig gesit.

7.1 (i) Wat word bedoel met “ontstysel die plant”


(ii) Wat is die doel van ontstysel? (2)
7.2 Vir watter faktore word onderskeidelik getoets met die
(i) aluminiumfoelie
(ii) wit en groen gestreepte blaar
(iii) bytsoda (3)
7.3 (i) Hoe word getoets of die plant gefotosinteer het? (1)
(ii) Beskryf die toets. (5)
Vraag 8
Bestudeer die onderstaande diagramme van verskeie ondersoeke wat
verband hou met fotosintese en beantwoord die vrae wat volg:

8.1 Wat is die doel van die eksperiment D. (2)


8.2 Waarom word twee stelle apparate by D gebruik ? (2)
8.3 Noem EEN ander konstante wat moet in hierdie ondersoek in ag geneem
moet word tydens eksperiment D? (1)
8.4 Waarom sal die ondersoek meer betroubaar wees indien die grond in die
potte bedek is? (2)
8.5 Identifiseer die chemikalieë 1 en 2 in die ondersoek? (2)
8.6 Watter kleurverandering sal plaasvind as die blaar in hierdie ondersoek
met chemikalie 2 getoets word en ‘n positiewe resultaat word verkry? (1)
8.7 Vir watter twee faktore by fotosintese word daar getoets in ondersoek C? (2)
8.8 Wat is die doel van eksperiment B? (1)
Vraag 9
Bestudeer die voorstelling van ‘n eksperiment en beantwoord die vrae

9.1 Wat is die doel van die eksperiment. (2)


9.2 Benoem dele 1 tot 5. (5)
9.3 Hoe sal jy toets om vas te stel wat die gas is wat in 1 ophoop. (1)
9.3 Hoe sal jy ‘n kontrole vir hierdie eksperiment opstel? (1)
9.4 Wat is die doel van ‘n kontrole? (2)
9.5 Waarom kan natriumbikarbonaat by die eksperiment gevoeg word? (2)
9.6 Wat is die doel van nr 6. (1)
Gr 11: Fotosintese memorandum
Vraag 1
1.1 Chlorofil
1.2 Fotosintese
1.3 Outotrofe organisme
1.4 ATP
Vraag 2
2.1 Chloroplast
2.2 1 Stroma
2 Styselkorrel
3 Granum
4 Stromalamella/tilakoied
5 Granumlamella
6 Mitochondriale DNA
7 Dubbele membraan
8 Ribosoom
2.3 5
2.4 1
2.5 3
2.6 Tydens fotosintese√ word glukose gevorm √ wat dan omgesit word in stysel√
2.7 Water word in die granum√ opgesplyt√ in energieryke waterstof√ en suurstof√
Suurstof word vrygestel√ en waterstof bind aan koensiem √ om NADP2H √ te
vorm. Enige (5)
Vraag 3
3.1 A Water√
B Koolstofdioksied√ (2)

3.2 1 ligfase√
2 donkerfase/calvinbenson siklus√ (2)
3.3 C suurstof√
D glukose√ (2)
3.4 3 ATP
4 NADP
5 ATP
6 NADP2H (4)

3.5 Water√ word opgeneem uit die grond en met die hulp van die son se
energie√/ fotolise√ opgesplyt√ in waterstof√ en suurstof√ Suurstof word as
neweproduk vrygestel√ Energieryke waterstof bind aan die draer ko-ensiem√
NADP om NADP2H√ te vorm. Enige (5)
3.6 Tydens die donkerfase/Calvin siklus word koolstofdioksied√ opgeneem.
Waterstof(H) vanaf die ligfase√ word vanaf NADPH gekry en NADP vorm√
Energie vanaf ATP√ word verkry en ADP vorm√ glukose√ vorm wat in ander
verbindings soos vette en stysel √ vorm Enige (5)

Vraag 4
4.1 Fotosintese (1)
4.2 Water (1)
4.3 2 Sonlig
4 Suurstof (2)
4.4 X NADP
Y NADP.2H
Z ATP (X en Y kan omgeruil wees) (3)
4.5 5 Koolstofdioksied
6 Glukose/ energieryke produkte (2)
4.6 Chlorofil (1)
Vraag 5
5.1 Fotosintese (1)
5.2 Chloroplast (1)
5.3 A Granum
B Stroma (2)
5.4 (i) 4 Koolstofdioksied
(ii) 5 Glukose (2)
5.5 (i) Ligfase
(ii) Water√ word opgeneem uit die grond en met die hulp van die son se
energie√/ fotolise√ opgesplyt√ in waterstof√ en suurstof√ Suurstof
word as neweproduk vrygestel√ Energieryke waterstof bind aan die
draer ko-ensiem√ NADP om NADP2H√ te vorm.Energie van die son
word vasgevang deurdat ADP omgesit word in ATP
Enige (6)
5.6 Donkerfase (Calvin-Benson siklus) (1)

Vraag 6
6.1 3 Water (1)
4 Koolstofdioksied (1)
6.2 1 Suurstof (1)
2 Glukose (1 en 2 kan omgeruil wees) (1)
6.3 Sonligenergie (1)
6.4 Produseer voedsel
Produseer suurstof (2)
6.5 Ligfase√
Vind in die granum√ van ‘n chloroplast plaas
Water√ word opgeneem uit die grond en met die hulp van die son se
energie√/ fotolise√ opgesplyt√ in waterstof√ en suurstof√ Suurstof word as
neweproduk vrygestel√ Energieryke waterstof bind aan die draer ko-ensiem√
NADP om NADP2H√ te vorm. Energie van die son word geberg deurdat
ADP√ verander na ATP√ . Enige (10)
6.6 Die donkerfase/Calvin siklus√ vind in die stroma √ van ‘n chloroplast plaas.
Koolstofdioksied√word opgeneem. Waterstof(H) v√anaf die ligfase√ word
vanaf NADPH gekry en NADP vorm√ Energie vanaf ATP√ word verkry en
ADP vorm√ glukose√ vorm wat in ander verbindings soos vette en stysel √
vorm Enige (7)
Feite 17
Sintese 3
Totaal (20)
Vraag 7
7.1 (i) Deur die plant 24 uur in ‘n donker kas te plaas√ (1)
(ii) Om te verseker dat die plante geen stysel bevat voordat die
eksperiment begin word nie√ (1)
7.2 (i) Sonlig√ is noodsaaklik is vir fotosintese
(ii) Chlorofil√ noodsaaklik is vir fotosintese
(iii) Koolstofdioksied √ is noodsaaklik vir fotosintese (3)
7.3 (i) Styseltoets√ (1)
(ii) Kook die blaar in water√ sodat die selle gebreek kan word.
Kook dan die blaar in alkohol√ in ‘n proefbuis in ‘n waterbad√ sodat die
chlorofil uit die blaar getrek kan word√
Kook dan die blaar weer in water√ om dit sag te maak
Sprei die blaar op ‘n horlosieglas√ Drup jodium √ op die blaar
‘n Bloupers kleur is ‘n positiewe toets vir stysel√ enige (5)
Vraag 8
8.1 Om te bepaal of koolstofdioksied noodsaaklik is vir fotosintese√ (2)
8.2 Sodat daar ‘n eksperiment en kontrole √ kan wees om dit meer
betroubaar te maak√ (2)
8.3 Hoeveelheid sonlig
Soort en grootte van die plantjie
Hoeveelheid water in die grond
Temperatuur waarby plantjies geplaas word enige (1)
8.4 Dit sal verhoed dat koolstofdioksied uit die grond vrykom√ wortels
produseer koolstofdioksied tydens respirasie. √ (2)
8.5 1 Alkohol√
2 Jodium√ (2)
8.6 Verander van bruin na blouswart√ (1)
8.7 dat sonlig noodsaaklik is vir fotosintese√
Dat chlorofil noodsaaklik is vir fotosintese√ (2)
8.8 Om te bewys dat suurstof vrygestel word tydens fotosintese√ (1)

Vraag 9
9.1 Om te bewys dat suurstof√ vrygestel word tydens fotosintese√ (2)
9.2 1 Proefbuis√
2 Glasbeker√
3 Tregter√
4 Water√
5 Waterplant√ (5)
9.3 ‘n Gloeiende houtsplintersal helder brand wanneer dit in die proefbuis
gedruk word√ (1)
9.4 Dit is ‘n konstante√ om meet te vergelyk√ (2)
9.5 Dit lig die tregter sodat water konstant in die tregter kan vloei sodat daar
genoeg koolstofdioksied kan wees√ (1)

You might also like