Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Jaarringe:

 Konsentriese ringe, bekend as jaarringe, is in 'n dwarssnee van 'n meerjarige, houtagtige,
dikotiele stingel, sigbaar.
 Jaarringe is die sekondére xileem wat uit xíleemvate en trageiede met verdikte wande
bestaan.

LET WEL: Soos nuwe sekondére xileem vorm, druk dit die primêre en sekondére Moéem buitentoe
en dus neem die stingel in wydte toe. Die ouer primére en sekondére floéemringe word platgedruk
en net die sekondêre xileem wat elke jaar gevorm word, is sigbaar.

 Elke jaarring bestaan uit twee dele nl. 'n breër liggekleurde deel, die lentehout en 'n smaller
donkergekleurde deel, die herfshouut.

LET WEL: 'n Ligte- en 'n donker ring op die skets hierbo, stel een jaarring voor.

 Tydens die lente vind groei vinniger plaas, aangesien groeitoestande meer gunstig is, dus is
die strook lentehout breër.
 Die houtvate en trageiede is groter, met dunner selwande, wat die ligter kleur tot gevolg
het.
 In die herfs vind groei stadiger plaas, want groeitoestande is minder gunstig as in die lente,
vandaar die smaller strook herfshout.
 Die kleiner houtvate en trageiede met verdikte wande, vertoon donkerder.

LET WEL

Gunstige groeitoestande sluit genoegsame water, sonlig en voedingstowwe

in, terwyl ongunstige groeitoestande droogte, koue of siektes insluit.

 Die ouderdom van 'n boom wat afgekap is, kan bepaal word deur die jaarringe te tel.
 Eke jaarring ('n ligte en donker ring gesamentlik) verteenwoordig een jaar.

Die wydte van die jaarringe verander soos die groeitoestande jaar na jaar varieer. 'n Wye jaarring dui
op gunstige groeitoestande, terwyl'n smal jaarring op ongunstige groeitoestande dui.
 Die kambiumring en die primêre en sekondêre floëem word elke jaar meer uitwaarts
verplaas.
 Die sekondêre xileem wat die jongste en die aktiefste is, lê naaste aan die kambium.
 Hierdie gedeelte staan ook bekend as die splinthout.
 Die binneste ouer sekondėre xileem raak verstop, vertoon donkerder en staan bekend as die
kernhout.
 Die kernhout bied ondersteuning en versterking aan die boom se stam, wat swaar sytakke
en blare dra.

Die vorming van kurk:

Die buitenste laag van die korteks (kollenchiem) kan meristematies raak en staan bekend as die
kurkkambium.

LET WEL: Kurkkambium en die kambiumring bestaan albei uit meristematiese weefsel. Kurkkambium
kom in die buitenste laag. Voor en gee oorsprong aan die bas. Die kambiumring kom in die
vaatbundels voor en gee oorsprong aan sekondêre xileem en floéem.

 Die kurkkambium verdeel om kurkselle na buite te vorm.


 Die kurkselle besit geen lewende inhoud nie en is dooie selle wat omring is deur verdikte
wande van suberien.
 Hierdie kurklaag maak die stingel ondeurdringbaar vir water en voorkom die uitdroging van
die binneste weefsels.
 Die epidermis en die huidmondjies word afgesny van die korteks (deur die dooie kurklaag).
 Die epidermis kry geen water of voedingstowwe nie, gaan dood en skilfer af.
 Die bas van 'n boom sluit al die weefsels buite die kambiumring in, nl. Die sekondêre floëem,
primêre floëem, korteks, kurklaag en afgeskilferde epidermis.
 By jong stingels vind gaswisseling deur die huidmondjies plaas.
 By houtagtige stingels kan die huidmondjies as gevolg van die kurklaag nie funksioneer nie.
 Op sommige plekke in die kurklaag is die kurkselle los van mekaar, met groot intersellulêre
lugruimtes wat deur die epidermis breek, om klein porieë op die oppervlak te vorm.
 Hierdie porieë wat soos spikkels of strepies op die bas lyk, staan bekend as lentiselle en is
verantwoordelik vir die uitruil van gasse.
Opname van water en minerale soute deur die plant:

Die opname van water en minerale soute deur die plant, kan in drie stappe verduidelik word:

 Opname van water en minerale soute deur die wortels


 Beweging van water na die wortelxileem
 Opwaartse beweging van water vanaf die wortelxileem na die blare

Opname van water en minerale soute deur die wortels:

 Die grondwater tussen die grondpartikels besit minder opgeloste stowwe as die selsap in die
vakuole van die wortelhare.
 Die waterpotensiaal (ѱ) van die grondoplossing is dus hoër as die waterpotensiaal van die
selsap. Dit veroorsaak n waterpotensiaalgradient tussen die grondoplossing en die selsap.

Waterpotensiaal is die geneigdheid van watermolekules om van een gebied die na 'n ander te
beweeg. Suiwer water het die noogste waterpotensiaal en die toevoeging van opgeloste stowwe
venaag die waterpotensiaal.
LET WEL: Die selmembraan sowel as die tonoplast is selektief deurlatenden laat dus slegs sommige
stowwe deur en ander nie.

 Watermolekule beweeg langs 'n waterpotensiaalgradiënt (↑ѱ na ↓) deur osmose deur die
deurlatende selwand, selektief deurlatende selmembraan, sitoplasma en selektief
deurlatende tonoplast, tot in die vakuool.
 As gevolg van die invloei van die watermolekule, sal die waterpotensiaal van die selsap
toeneem.
 Die vakuool swel op en die turgordruk binne die wortelhaar neem toe.
 Aangesien daar 'n hoër konsentrasie opgeloste stowwe in die selsap as in die arondoplossing
is, word minerale soute teen die konsentrasiegradiënt (van'n lae na 'n hoë konsentrasie)
geabsorbeer.
 Minerale soute word dus aktief uit die grond geabsorbeer wat beteken dat energie vir dié
proses benodig word.

Beweging van water na die wortelxileem:

 Die waterpotensiaal in die vakuool van die wortelhare is hoër as dié van die aangrensende
parenchiemselle van die korteks.
 Water kan met twee roetes, langs 'n waterpotensiaalgradiënt, na die xileem in die sentrale
silinder van die wortel beweeg:
o Die hoofroete is van sel tot sel deur osmose, deur die selektief deurlatende membrane
van elke sel - stadige beweging.
o Water beweeg ook met die selwande en intersellulëre lugruimtes tussen die selle langs,
deur diffusie - vinnige beweging.
 Wanneer die water die endodermis met sy bande van Caspary bereik, kan dit nie deur die
ondeurdringbare selwande beweeg nie, maar beweeg dit deur die deurlaatselle van die
endodermis, deur die perisikel tot in die wortelxileem.

You might also like