Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Ondersteuning- en vervoerstelsels in plante:

Anatomie van Dikotiele plante :

Angiosperme (blomplante), die gevorderste groep in die planteryk ,word onderverdeel in


monokitiele (eensaadblommige) en dikotiele (tweesaadblommge) plante. Dikotiele plante het twee
saadlobbe.

Dikotiele wortels :
Hooffunksies: “

 Dit absorber water en minerale soute uit die grond.


 Dit anker die in die grond.

Uitwendige struktuur:

dikotiele plante het n penwortelstelsel wat uit n enkele groot wortel met Kleiner sywortels wat na
die kante uitgroei, bestaan.

Die middelste hoofwortel bestaan uit vyf streke:

 Wortelmus: omsluit en beskerm die groeipunt.


 Meristematiese streek: vorm voortdurend nuwe selle.
 Verlengingstreek: nuwe selle verleng in hierdie streek.
 Wortelhaarstreek: word gekenmerk deur eensellige, epidermale uitgroeisels, die wortelhare,
wat die absorbsie-oppervlak van die wortel vergroot.
 Volwasse streek: sywortels ontspring en vertak in hierdie streek, vergroot die absorbsie
oppervlak en anker die plant stewiger in die grond.

Inwendige struktuur:

In die dwarssnee van n jong dikotiele wortel kan drie streke onderskei word:
 Epidermis
 Korteks
 Sentrale silinder (stele)

Epidermis:

 Die epidermis vorm die buitenste laag van die wortel en bestaan uit n enkele laag,
dunwandige selle.
 Kutikula ontbreek.
 Vingeragtige, eensellige uitgroeisels, die owrtelhare, kom in die wortelhaarstreek voor.

Korteks:

 Dit is'n breë strook direk onder die epidermis wat uit 'n aantal lae groot, dunwandige
parenchiemselle, met groot intersellulėre lugruimtes, bestaan.
 Die heel binneste laag van die korteks bestaan uit 'n enkel sellaag en staan bekend as die
endodermis.
 Die radiale en dwarswande van die endodermis besit verdikte bande van 'n waterdigte stof,
genaamd suberien.
 Hierdie ondeurlaatbare bande word die bande van Caspary genoem.
Sentrale silinder:

 Die sentrale silinder sluit al die weefsels wat deur die endodermis omring word, in en staan
as die stele bekend.
 Direk onder die endodermis is een of meer lae dunwandige selle, bekend as die perisikel.
 Aan die binnekant van die perisikel is die vaatweefsel wat uit xileem en floëem bestaan.
 Die xileem is in die vorm van 'n kruis (X-vormig) gerangskik, met die floëem tussen die 'bene'
van die kruis.
 Die res van die sentrale silinder bestaan uit parenchiemselle.

Funksies van die weefsels in 'n dikotiele wortel:

 Wortelhare vergroot die absorpsie-oppervlak vir die opname van water en minerale soute.
 Epidermis beskerm die onderliggende weefsels.
 Parenchiem laat water en minerale soute deurbeweeg na die xileem en berg stysel
 Endodermis reguleer die deurtog van water (d.m.v. die waterdigte bande van Caspary) vanaf
die korteks na die xileem.
 Perisikel vorm sywortels.
 Xileem vervoer water en minerale soute vanaf die wortels na die res van die plant. Dit dien
as ondersteuning en versterking vir die plant vanweë die lignienverdikte wande.
 Floëem vervoer vervaardigde organiese voedingstowwe vanaf die fotosinterende dele na die
res van die plant.

You might also like