Hidrostatiese Skelet: 'Hidro' Water en 'Staties' Druk Uitgeoefen Deur Vloeistof

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 11

Verskillende tipes skelette:

Drie tipes skelette word by diere onderskei:

 Hidrostatiese skelet
 Eksoskelet
 Endoskelet

Hidrostatiese skelet: 'hidro'= water en 'staties' = druk uitgeoefen deur vloeistof

n Hidrostatiese skelet bied ondersteuning omdat die vloeistof onder druk gehou word.

Hidrostatiese skelet:

 'n Hidrostatiese skelet bestaan uit 'n vloeistofgevulde ruimte, wat deur spiere omring word.
 Die vloeistof verskaf steun waarteen die spiere kan saamtrek.
 Die druk wat die vloeistof uitoefen en die sametrekking van die omringende spiere verander
die dier se vorm en bring bewegings soos grawe, kruip of swem teweeg.
 Hierdie tipe skelet kom voor by ongewerwelde diere (invertebrate), met sagte liggame wat
jellievisse, see-anemone, erdwurms, platwurms en rondewurms insluit.

Voordele van 'n hidrostatiese skelet:

 Diere met 'n hidrostatiese skelet benodig nie 'n gespesialiseerde ondersteuningstelsel nie,
aangesien hulle gewoonlik in water leef, wat ondersteuning aan hul liggame bied
 ‘n Hidrostatiese skelet is baie buigsaam, wat beweging in enige rigting toelaat asook die
verandering van liggaamsvorm om in klein spasies te kan indruk.
 Dit herstel vining aangesien vloeistof wat weens n besering verlore gegaan het, maklik
vervang kan word.
 Inwendige organe word beskerm aangesien vloeistof as n skokabsorberende kussing optree.

Nadele van 'n hidrostatiese skelet

 Diere met 'n hidrostatiese skelet kan nie vinnig voortbeweeg bv. loop en hardloop nie.
 Hidrotatiese skelette kan slegs voorkom in diere wat in akwatiese of klam omgewings
voorkom.
 n Hidrostatiese skelet beperk die grootte van 'n dier.
 n Hidrostatiese skelet bied nie 'n groot mate van beskerming aan die dier nie

Eksoskelet:

 n Eksoskelet is 'n uitwendige skelet, wat aan die buitekant van die dier se liggaam voorkom.
 Dit word by ongewerwelde diere (invertebrate), waarvan die grootste groep die
geleedpotiges (artropode) is, aangetref.
 'n Eksoskelet bestaan uit 'n polisakkaried, chitien, wat soms met kalsiumkarbonaat verhard
is.

Voordele van 'n eksoskelet:

 'n Eksoskelet ondersteun en beskerm onderliggende weefsels en organe teen beserings.


 Dit bied aanhegtingsplek vir spiere aan die binnekant van die skelet en maak vinnige
beweging moontlik.
 Waar die eksoskelet dun en buigbaar is, kom gewrigte voor wat beweging moontlik maak.
 'n Eksoskelet voorkom dat die dier se liggaam te veel vog verloor en uitdroog

Nadele van 'n eksoskelet:

 'n Eksoskelet beperk die groote van die dier. Hoe groter die dier, hoe groter en swaarder is
die eksoskelet, wat voortbeweging beperk.
 Dit beperk groei. Chitien kan nie rek of uitsit nie, dus moet die dier gereeld tydens
groeiperiodes sy eksoskelet afwerp. Nadat die harde skelet afgewerp is, is die nuwe skelet
sag en is die dier baie kwesbaar vir predasie
 'n Eksoskelet is ondeurdringbaar vir gasse en spesiale asemhalingsorgane met uitwendige
openinge word benodig.

Let wel:

Die proses waar 'n dier sy eksoskelet afwerp, staan bekend as vervelling.

Endoskelet:

 n Endoskelet is'n inwendige skelet wat aan die binnekant van die dier se liggaam voorkom.
 Endoskelette bestaan hoofsaaklik uit been en kraakbeen en word by werweldiere
(vertebrate) aangetref.

Voordele van 'n endoskelet:

 Been en kraakbeen is lewende weefsel en groei saam met die organisme, dus kan diere
met 'n endoskelet baie groot word.
 Dit beskerm belangrike organe soos die hart, longe en brein.
 Dit verskaf groot strukturele steun en gee vorm aan die liggaam.
 Dit verskaf aanhegtingsplek vir spiere wat beweging moontlik maak.
 Gewrigte tussen bene maak die liggaam buigbaar, wat saam met die spiere doeltreffende
beweging moontlik maak.
Nadele van 'n endoskelet:

 Diere met 'n endoskelet is meer kwesbaar is vir uitdroging, hitte en koue as diere met 'n
eksoskelet.
 Daar is nie baie nadele aan endoskelette nie, dit is dan ook die rede waarom dit by soveel
groot diere voorkom.
 Die grootste deel van die liggaam word nie deur die endoskelet beskerm nie.

Wat is gewerwelde en ongewerwelde diere:

Gewerwelde diere (vertebrate), ook bekend as werweldiere of skelet van been of kraakbeen.
Hierdie diere is lede van die filum Chordata, wat visse, amfibiee, reptiele, Voels en soogdiere insluit

Ongewerwelde diere (invertebrate), ook bekend as ongewerweldes is diere wat nie 'n
werwelkolom besit nie. Hulle besit nie 'n inwendige skelet van been of kraakbeen nie, bv. jellievis
platwurms, rondewurms erdwurms en geleedpotiges (artropode). Ongeveer 95% van alle dierspesies
val in hierdie groep.

Let wel

Ongewerwelde diere het óf 'n hidrostatiese skelet, óf 'n eksoskelet het.


Die menslike skelet:

Funksies van die skelet:

 Beweging - dit speel saam met die spiere en gewrigte 'n rol in beweging
 Beskerming sensitiewe organe, soos die brein, hart en longe word beskem
 Ondersteuning - dit verleen stewigheid en vorm aan die liggaam
 Minerale berging -kalsium en fosfate word in been geberg
 Gehoor- drie gehoorbeentjies in elke oor, dra klankgolwe oor na die inwendige oor
 Bloedselvorming - wit- en rooibloedselle word in die rooimurg van bene gevorm

Struktuur van die skelet:

Die volwasse menslike skelet bestaan uit 206 bene. 'n Baba word met 270 bene gebore, waarvan
sommige tydens die groeiproses versmelt. Die menslike skelet na in twee hoofafdelings ingedeel
word:

 Asskelet (aksiale skelet)


 Aanhangskelet (appendikulêre skelet)
ASSKELET

Die asskelet vorm die sentrale as wat die liggaam regop hou. Al die ander dele van die endoskelet
word hieraan geheg. Dit beskerm die brein, sintuigorgane, rugmurg, hart en longe.

Die asskelet bestaan uit die:

 Skedel
 Werwelkolom
 Ribbekas

ONTHOU

Die werwelkolom en die rugmurg verskil merkbaar. Die rugmurg bestaan uit senuwee weefsel wat
die brein en die liggaam verbind. Dit word omring en beskerm deur die werwelkolom wat uit been
bestaan en die gewig van die liggaam ondersteun.

Skedel:

 Die skedel bestaan uit twee groepe bene, naamlik die bene van die breinkas (kranium) en
die bene van die aangesigskedel.
 Die brein kas (kranium) bestaan uit agt plat bene, wat met getande nate onbeweeglik
aanmekaar geheg Is
 Die breinkas omsluit die brein en beskerm dit.
 Aan die basis van die skedel kom 'n groot opening, die foramen magnum voor, waardeur die
rugmurg gaan.
 Aan weerskante van die foramen magnum is n opgehewe ovaalvormige beenuitstulping,
genaamd 'n gewrigsknobbel wat met die eerste nekwerwel (atlas) artikuleer.

artikuleer: om te beweeg by 'n gewrig

 Die bene van die aangesigskedel bestaan uit vyftien onreëlmatige bene wat die voorkop,
wange, neus, slape, bo- en onderkake vorm
 Al hierdie bene, behalwe die onderkaak, is onbeweeglik.
 Op die rande van die bo- en onderkaak is die tandkaste.
 Die volwasse mens besit twee-en-dertig permanente tande
 n Tandformule dui slegs die aantal tande vir tande aantoon een helfte van die bo- en
onderkaak aan: 2 snytande, 1 hoektand, 2 voor- en 3 ware kiestande.
 Dieselfde aantal en tipe tande kom in die ooreenstemmende helfte van die onderkaak voor.

Werwelkolom

 Die werwelkolom bestaan uit drie-en-dertig bene, die werwels, wat met ligamente
aanmekaar verbind is.
 Die werwels is bokant mekaar gerangskik sodat 'n buigbare kolom gevorm word.
 Vyf verskillende werwelsoorte word onderskei, naamlik sewe nekwerwels, twaalf
borswerwels, vyf lendewerwels, vyf kruiswerwels en vier stuitjiewerwels.

 Al die werwels het dieselfde basiese bouplan:


 'n Werwel bestaan uit 'n werwelliggaam, 'n werwelboog en uitsteeksels vir die aanhegting
van spiere en ligamente.
 Die hol buis tussen die werwelboog en die werwelliggaam, word die ruggraatkanaal
(foramen) genoem.
 Hierdie kanaal onmsluit en beskerm die rugmurg, is met serebrospinale vloeistof (SSV) gevul,
en sluit by die foramen magnum in die skedel aan.
 Daar is drie uitsteeksels, die doringuits teeksel wat na agter en effens afwaarts wys, asook
twee dwarsuitsteeksels wat na die kante wys.
 Gewrigsvlakke kom op die werwel voor vir artikulasie met die voorafgaande en
daaropvolgende werwels, asook vir die artikulasie van die ribbe met die borswerwels.

 Tussen die opeenvolgende werwels kom veselagtige kraakbeenskyfies voor watm wrywing
tussen die werwels voorkom en tydens beweging skok absorbeer
 Tussen openvolgende werwels kom klein openinge voor, waardeur die rugmurgsenuwees
die rugmurg binnekom en verlaat.
 Die eerste vier-en-twintig werwels is aparte bene en staan bekend as ware werwels.
 Die laaste nege is in twee groepe vergroei en staan bekend as vals werwels.
 Die vyf kruiswerwels is vergroeid om die kruisbeen (sakrum) te vorm, terwyl die laaste vier
werwels vergroeid is om die stuitjie (koksiks) te vorm.

Wanneer die werwelkolom vanat 'n syaansig beskou word, is vier kromminge sinhaar. Die
nekwerwels krom na voor, die borswerwels na agter, die lendewerwels na voor en die kruiswerwels
weer na agter. Hierdie vier kromminge gee aan die werwelkolom 'n S-vormige kurwe wat die kolom
buigbaar maak en help om skok te absorbeer en balans te hou.

Let wel:

Die eerste nekwerwel staan as die atlas bekend en artikuleer met die skedel, wat die knikbeweging
van die kop moontlik maak. Die tweede nekwerwel, bekend as die aksis, artikuleer in só 'n mate met
die eerste nekwerwel (atlas), dat die draaibeweging van die kop daardeur moontlik gemaak word.

Funksies van die werwelkolom:


 Die werwelkolom ondersteun die skedel.
 Dit omsluit en beskerm die rugmurg.
 Vom 'n aanhegtingsplek vir die ribbe, skouer- en bekkengordel.
 Dit vorm 'n aanhegtingsplek vir die rugspiere.
 Die S-vormige kurwe verleen buigbaarheid en absorbeer skok.

Ribbekas:

 Die ribbekas bestaan uit twaalf borswerwels, twaalf paar ribbe asook die,borsbeen
(sternum).
 Die borsbeen is 'n lang, plat, dolkvormige been, aan die voorkant van die ribbekas.
 Die ribbe is smal, plat, boogvormige bene.
 Al twaalf paar ribbe is aan die agterkant aan die werwelkolom geheg.
 Die eerste sewe paar ribbe is aan die voorkant, met kraakbeen, direk aan die borsbeen
geheg en staan bekend as ware ribbe.
 Die volgende drie paar ribbe is elk met kraakbeen aan die voorafgaande rib geheg en word
vals ribbe genoem.
 Die laaste twee paar ribbe is nie aan die borsbeen geheg nie en word swewende ribbe
genoem

Funksies van die ribbekas:

 Die ribbekas beskerm die organe in die borsholte, naamlik die hart en longe.
 Die ribbe speel 'n rol tydens asemhaling deurdat die beweging van die ribbekas die volume
van die borsholte vergroot of verklein.

Aanhangskelet:

 Die aanhangskelet bestaan uit die:


 Skouergordel
 Boonste ledemate
 Bekkengordel
 Onderste ledemate
Die skouer- en bekkengordels vom letterlik, soos die naam aandui, 'n gordel rondom die boonste en
onderste dele van die asskelet en verbind só die boonste en onderste ledemate aan die asskelet.

Skouergordel:

 Die skouergordel bestaan uit twee bladbene (skapulae) aan die agterkant en twee
sleutelbene (klavikulae) aan die voorkant.
 Die bladbeen (skapula) is 'n groot, plat, driehoekige been, met 'n prominente beenrif op die
agterkant, vir die aanhegting van spiere.
 dit is nie aan die asskelet geheg nie, maar gly aan die agterkant oor die ribbe.
 dit besit 'n vlak litpotjie (gewrigsholte) bekend as die glenoiedholte, wat met die kop van die
boarmbeen (humerus) artikuleer om 'n bal-en-potjiegewrig te vorm.
 Die sleutel been (klavikulum) is 'n S-vormige been wat aan die een kant met die bladbeen
(skapula) artikuleer en aan die ander kant, met die borsbeen.

Boonste ledemate:

Die boonste ledemate bestaan uit ses verskillende tipes bene:

Die boarmbeen (humerus) is 'n langbeen wat vanaf die skouergordel strek waar dit 'n bal-en-
potjiegewrig met die bladbeen vorm, tot by die elmboo waar dit met die bene in die voorarm
artikuleer om die skarniergewrig van die elmboog te vorm.
Let wel:

Die verskillende tipes gewigte word later in hierdie eenheid bespreek.

 Die ellepyp (ulna) is die grootste been van die twee in die voorarm en is aan die pinkie se
kant geleë. Dit besit 'n C-Vormige gewrigsfaset wat met die humerus artikuleer om die
elmbooggewrig te vorm.
 Die speekbeen (radius) is die dunner een van die twee bene in die voorarm en is aan die
duim se kant geleë. Die onderpunt van die speekbeen is breër as die bopunt en artikuleer
met die polsbeentjies om die polsgewrig te vorm.
 Die polsbeentjies (karpale) is agt klein, kort beentjies wat in twee rye van vier gerangskik is
om die pols te vorm.
 Die middel hand beentjies (metakarpale) is vyf beentjies wat die palm van die hand vorm.
 Die vingerbeentjies (falankse) vorm die vingers en bestaan uit veertien beentjies (drie in elke
vinger, behalwe die duim, wat twee besit).

Bekkengordel:

 Die bekengordel bestaan uit twee heupbene wat voor in die middel met 'n halfbeweeglike
gewrig, die pubIssimfise verbind is.
 Die heupbene bestaan uit drie vergroeide bene: die dermbeen (ilium). die sitbeen (iskium)
en die skaambeen (pubis).
 Waar hierdie drie bene vergroei is, kom daar 'n diep litpotjie (gewrigsholte), bekend as die
asetabulum voor, waarin die kop van die dybeen (femur) pas om 'n bal-en-potjiegewrig te
vorm.
 Aan die agterkant is die heupbene verbind aan die kruisbeen (sakrum).

Let wel:

Die vroulike liggaam is aangepas om geboorte te skenk, dus is die bekkengordel wyer en groter. Die
maniike bekkengordel is langer en smaller.

Onderste ledemate:
 Die onderste ledemate bestaan uit sewe verskillende tipes bene:
 Die dybeen (femur) is die langste en grootste been in die menslike liggaam. Aan die bopunt
artikuleer die dybeen met die heupbeen om die bal-en- potjiegewrig van die heup te vorm.
Aan die onderkant besit die dybeen twee gewrigsknobbels wat met die skeenbeen (tibia)
artikuleer om die skarniergewrig van die knie te vorm.
 Die knieskyf (patella) is 'n plat, driehoekige been wat aan die voorkant van die dybeen
(femur) voorkom en deel van die kniegewrig vorm.
 Die skeenbeen (tibia) is die grootste been van die twee bene in die onderbeen. Die bopunt
besit twee gewrigsknobbels wat met die dybeen (femur) artikuleer om die kniegewrig te
vorm. Die onderpunt van die fibula (kuitbeen) is breër en artikuleer met die enkelbeentjies
om die enkelgewrig te vorm.
 Die kuitbeen (fibula) is die dunner een van die twee bene in die onderpeen en is na agter,
aan die buitekant van die skeenbeen (tibia) gelee. Die onderpunt van die kuitbeen (fibula) is
breër as die bopunt en artikuleer met die enkelbeentjies om die enkelgewrig te vorm.
 Die enkelbeentjies (tarsale) is sewe beentjies wat die enkel vorm, waarvan die grootste
been, die hakbeen (kalkaneum), aan die agterkant voorkom. Die kuitspier is aan die hakbeen
geheg.
 Die middelvoetbeentjies (metatarsale) is vyf beentjies wat die boog van die voet vorm.
 Die toon beentjies (falankse) vorm die tone en bestaan uit veertien beentjies (drie in elke
toon, behalwe die groottoon, wat twee besit)

You might also like