Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 8

Been, kraakbeen, tendons en ligamente:

Been:

 Die endoskelet van die mens bestaan hoofsaaklik uit been, wat lewende weefsel is
 Twee tipes beenweefsel word onderskei:
o Kompakte been bestaan uit harde, digte beenweefsel. Dit vorm die oppervlakke van
bene en die skagte van langbene. Kompakte been verleen stewigheid en ondersteuning
aan die skelet
o Sponsbeen bestaan uit sagter, ligter beenweefsel. Dit vorm veral die koppe van
langbene en besit rooimurg wat rooibloedliggaampies (eritrosiete) en witbloedselle
(leukosiete) vervaardig Sponsbeen oefen 'n weerstand uit teen kragte wat op been
inwerk

Kraakbeen:

Kraakbeen vorm ook deel van die mens se endoskelet. Anders as been, wat baie hard en stewig is, is
kraakbeen 'n halfdeurskynende, taai, elastiese bindweefsel.

Tendons:

Tendons bestaan uit onelastiese, wit, veselagtige bindweefsel wat spiere aan been heg

Ligamente:

 Ligamente bestaan uit taai, geel, elastiese bindweefsel wat been aan been heg
 Ligamente rek net genoeg om die mate van beweging in 'n gewrig te beheer.
 Dit hou die bene in 'n gewrig in posisie om die gewrig te stabiliseer.
 'n Langbeen bestaan uit 'n lang, silindervormige, middelste gedeelte, die skag (diafise), met
'n dikker gedeelte, die kop (epifise) aan elke punt.
 Die langbeen word deur 'n sterk, taai vlies, die beenvlies (periosteum) omring
 Die skag bestaan uit kompakte been, wat 'n lengteverlopende holte, die murgholte, omsluit.
 Die murgholte is met 'n dun, sagte vlies, die murgholtevlies (endosteum) uitgevoer.
 In die murgholte kom geelmurg voor, waarin baie vetselle en witbloedselle (leukosiete)
aanwesig is.
 Die koppe van die langbene bestaan uit sponsbeen wat met gladde glasagtige kraakbeen
bedek is, om die gewrigsvlakke, wat met ander bene artikuleer, te vorm.
 In die koppe kom rooimurg voor, wat rooibloedliggaampies (eritrosiete) en witbloedselle
(leukosiete) vervaardig.

Gewrigte:

N gewrig is n plek in die skelet waar twee of meer bene bymekaar kom en deur ligamente of
kraakbeen verbind word.

Klassifikasie van gewrigte:

n Gewrig word geklassifiseer volgens die mate van beweging wat dit toelaat.

Ons kan gewrigte in drie klasse klassifiseer: onbeweeglike, halfbeweeglike en vrylik beweeglike
gewrigte

 Onbeweeglike gewrigte: Hierdie tipe gewrig laat geen beweging toe nie.

Voorbeeld: Die getande nate tussen die bene van die breinkas (kranium)

 Halfbeweeglike gewrigte

Hierdie tipe gewrig laat 'n geringe mate van beweging toe.

Voorbeelde: Die gewrigte tussen die werwels en die pubissimfise (tussen die twee
pubisbene by die bekkengordel).

 Vrylik beweeglike (sinoviale) gewrigte

Hierdie tipe gewrig laat beweging vrylik toe.


Struktuur van 'n sinoviale gewrig:

 By n sinoviale gewrig is die punte van die twee bene wat die gewrig vorm met 'n laag
glasagtige kraakbeen bedek.
 Die hele gewrig word omring deur 'n sak wat uit 'n ligament, bekend as die litkapsel,
bestaan.
 Die litkapsel word met 'n vlies, die sinoviale vlies uitgevoer.
 Hierdie vlies skei 'n vloeistof, sinovia af, wat wrywing in die gewrig voorkom
 By sommige sinoviale gewrigte kom daar ook ligamente voor wat die twee bene van die
gewrig aanmekaar heg.

 Tipes sinoviale gewrigte:

Sinoviale gewrigte word volgens die tipe beweging wat by die gewrig laasvina,geklassifiseer,
bv. bal-en-potjie-, spil- en glyende gewrigte.

 Bal-en-potjie-/koeëlgewrig:

By hierdie gewrig pas die kop van een been in die litpotjie van 'n ander. Hierdie gewrig laat
beweging in enige rigting toe.

Voorbeelde: skouer- en heupgewrig


 Spilgewrig

By hierdie gewrig roteer die een been om 'n ander.

Voorbeeld: Die eerste nekwerwel (atlas) roteer om 'n beenuitsteeksel van die tweede
nekwerwel (aksis). Hierdie rotasie maak die draaibeweging van die kop moontlik.

X-strale van menslike bene en gewrigte:

X-straalfoto's van bene word hoofsaaklik deur dokters gebruik vir die diagnose van beenfrakture en
ontwrigting van gewrigte. Op die onderstaande X-straalfoto's is verskeie bene en gewrigte sigbaar.

Skeletspiere:

Skeletspiere is spiere wat aan die skelet geheg is en deur sametrekking en verslapping, beweging van
liggaamsdele tot gevolg het.
Eienskappe van skeletspiere:

 Skeletspiere word aan die skelet geheg deur onelastiese tendons.


 Dit besit donker en ligte bande (gestreepte spiere).
 Dit is onder willekeurige beheer.

Struktuur van n skeletspier:

 Elke skeletspier is opgebou uit 'n groot aantal spiervesels (spierselle), wat saamgebind word
in bundels, deur bindweefsel, bekend as die perimisium.
 Hierdie afsonderlike spierbundels word weer saamgebind deur bindweefsel die epimisium,
wat die hele skeletspier omsluit.

 'n Enkele spiervesel is 'n verlengde, silindervormige spiersel.


 Die spiervesel word deur 'n membraan, die sarkolemma, omring
 Die inhoud van die spiervesel bestaan uit sitoplasma (sarkoplasma), 'n hele aantal ovale
selkerne en mitochondria.

 Elke spiervesel bestaan uit duisende miofibrille.


 Miofibrille bestaan uit twee tipes proteienfilamente: miosien en aktien.
 Miosien is dikker filamente en vertoon donkerder, terwyl aktien, dunner filamente is en
ligter vertoon.
 Op die bostaande skets kan gesien word dat die miosien- en aktienfilamente op sekere
plekke oorvleuel.
 Die streke met slegs aktienfilamente vertoon as 'n ligte band, terwyl dié streke waar
miosienfilamente ook voorkom, as 'n donker band vertoon.
 Hierdie afwisselende donker en ligte bande gee aan skeletspiere hul kenmerkende
gestreepte voorkoms.
 Die ligte bande word deur 'n lyn, bekend as die Z-lyn gesny.
 Die gedeelte tussen twee Z-lyne, staan bekend as 'n sarkomeer.

Sametrekking van skeletspiere:

 Senuweevesels dring die sarkolemma van elke spiervesel binne en dra die senuwee-impulse
wat sametrekking of verslapping tot gevolg het, oor.
 Tydens sametrekking gly die dun aktienfilamente verby die dikker miosienfilamente en die
aktien en miosien oorvleuel nou meer.
 Die Z-lyne beweeg nader aan mekaar, wat dus die sarkomeer verkort.
 Die verkorte sarkomere lei daartoe dat die miofibrille, spiervesels en uiteindelik die hele
spier, verkort.

Werking van antagonistiese spiere:

Skeletspiere is dikwels in pare gerangskik, sodat die een verslap wanneer die ander een saamtrek.

Hierdie spiere staan as antagonistiese spiere bekend en maak gekoördineerde bewegings moontlik.

Wanneer een van die antagonistiese spierpaar saamtrek en die ander een verslap, word 'n
gekontroleerde beweging teweeg gebring, bv. die voorarm word opgelig.
Om hierdie beweging om te keer (voorarm te laat sak), moet die saamgetrekte spier nou verslap en
die verslapte een saamtrek.

'n Goeie voorbeeld van antagonistiese spierwerking in die menslike liggaam, is die biseps en triseps.

 Die biseps is aan die voorkant van die boarm geleë.


 Sy een punt is met twee tendons aan die skouergordel geheg, terwyl sy ander punt aan die
speekbeen (radius) geheg is.
 Die antagonis van die biseps, die triseps, is aan die agterkant van die boarm geleë.
 Die een punt van die triseps is met drie tendons aan die skouergordel geheg terwyl sy ander
punt aan die ellepyp (ulna) geheg is.
 Wanneer die biseps saamtrek en die triseps verslap, buig die elmbooggewrig en word die
voorarm opgelig.
 Wanneer die triseps saamtrek en die biseps verslap, strek die elmbooggewrig en die
voorarm word laat sak.

Siektes wat die skelet affekteer:

Rangitis:

 Ragitis is 'n gebreksiekte waar die bene van die skelet sag word, buig en die skelet verswak.
 Hierdie verswakking lei tot misvorming en 'n groot voorkoms van frakture in bene.
 Ragitis kom by kinders, waar beenontwikkeling nog plaasvind, voor. Dit word veroorsaak
deur 'n tekort aan vitamien D.

Osteoporose:

Osteoporose is 'n siekte van die bene, wat gekenmerk word deur 'n afname in beendigtheid.

Bene raak, weens 'n tekort aan kalsium, poreus en minder dig.

Dit lei tot verswakte bene wat die risiko vir frakture van veral die heupe, ruggraat en polse, baie
vergroot.

Osteoporose is meer algemeen by post-menopousale vroue.

'n Geboë rug en 'n name in liggaamslengte is sigbare tekens van hierdie siekte.
Artritis:

 Artritis is 'n siekte wat erge pyn veroorsaak, met 'n verlies aan beweging in die gewrigte
 Die woord atritis beteken letterilik 'inflammasie in die gewrigte' (afkomstig vanaf die Griekse
woorde 'arthros' = gewrig, en itis' = infiammasie)

Osteoartritis:

 Osteoartritis is 'n siekte waar die kraakbeen, wat deel vom van 'n gewrig, verouder en met
tyd verweer.
 Die bene in die gewrig skuur teen mekaar en eroorsaak inflammasie.
 Osteoartritis kom algemeen voor in die heupe, knieë, voete, vingers en ruggraat

Rumatoiede artritis:

 By rumatoiede artritis verdik die sinoviale membrane in die gewrigte en produseer te veel
sinoviale vloeistof, wat inflammasie tot gevolg het.
 Hierdie is 'n outo-immuunsiekte, waar die liggaam se immuunsisteem sy eie weefsels (in dié
geval die kraakbeen, ligamente, bene en tendons) aanval.
 Rumatoiede artritis veroorsaak gewoonlik misvorming van die gewrigte en affekteer
gewoonlik die klein vingergewrigte, polse, knieë en tone

You might also like