79 - 81

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Dikotiele stingel:

Hooffunksies:

 Dit dra die blare in n gunstige posisie vir die absorpsie van lig vir fotosintese.
 Dit dra blomme in 'n gunstige posisie vir bestuiwing
 Dit dra vrugte in 'n gunstige posisie vir die verspreiding van sade.
 Dit vervoer water en minerale soute vanaf die wortels na die res van die plant
 Dit vervoer organiese voedingstowwe vanaf die blare na die res van die plant
 Dit berg reserwevoedingstowwe en water.

Uitwendige struktuur

 Die stingel bestaan uitwendig uit knope en litte.


 Die knoop is die plek waar die blare, blomme en die sytakke ontwikkel.
 Die It is die gedeelte tussen twee knope
 Aan die punt van die stingel kom die terminale knop voor.
 Dit terminale knop bestaan uit meristematiese weefsel, wat voortdurend verdeel en nuwe
selle vorm, wat primére groei (lengtegroei) van die plant tot gevolg het.
 Okselknoppe word in die spasie (oksel} tussen die stingel en 'n blaarsteel (petiolus) aangetref
en ontwikkel tot sytakke of blomme.

Inwendige struktuur

In die dwarssnee van 'n jong dikotiele stingel kan drie streke onderskei word:

 Epidermis
 Korteks
 Sentrale silinder
Epidermis:

 Die epidermis vorm die buitenste laag om die stingel.


 Dit bestaan uit 'n enkel laag, dunwandige, baksteenvormige selle.
 Sommige epidermisselle is gewysig om huidmondjies te vorm.
 Die buitewande van die epidermis is met 'n waterdigte kutikula bedek.
 Meersellige, haaragige uitgroeisels kan voorkom.

Korteks:

 Die korteks is die streek direk onder die epidermis en bestaan uit drie lae nl. die kollenchiem,
parenchiem en endodermis.

Kollenchiem:

 Die kolenchiem le net onder die epidermis en bestaan uit 'n paar sellae.
 Die selwande van die kollenchiem is by die hoeke verdik vir buigsame ondersteuning.
LET WEL.

By sommige stingels word die kollenchiem met sklerenchiem wat uit vesels en steenselle bestaan,
vervang. Sklerenchiem besit egalig verdikte wande.

Parenchiem

 Hierdie weefset bestaan uit ‘n aantal lae groot, dunwandige selle met groot intersellulêre
lugruimtes.

Endodermis

 Die endodermis is 'n enkel laag baksteenvormige selle wat die binneste laag van die korteks
vorm.
 Die endodermis is nie so duidelik onderskeibaar, soos by die wortel nie, en is by sommige
stingels selfs afwesig.
 Stysel word dikwels in die endodermis geberg en staan dan bekend as die styselskede.

Sentrale silinder

 By die stingel kom die vaatweefsel (xileem en floèem) in vaatbundels voor.


 Die vaatbundels is in 'n kring gerangskik
 'n Vaatbundel is as volg saamgestel:
o Xileem aan die binnekant
o Floëem aan die buitekant
o Sklerenchiemvesels kom as 'n kappie aan die buitekant van die floëem voor.
Sklerenchiem- weefsel bestaan uit dooie selle met egalig verdikte selwande.
o Kambium, 'n strook meristematiese weefsel, kom tussen die xileem en die Floeem voor.
Kambium maak sekondere diktegroei (sywaartse groei in wydte) moontlik. In ouer
stingels verbind aangrensende vaatbundels om 'n aaneenlopende ring om die stingel te
vorm .
 Die sentrale gedeelte van die stingel is die murg (medulla) en bestaan uit groot dunwandige
parenchiemselle, met groot intersellulêre lugruimtes.
 Die parenchiem wat tussen die vaatbundels voorkom staan as die murgstrale bekend.
 Die murgstrale vervoer stowwe tussen die murg en die korteks.
Die volgende kenmerke van 'n dikotiele stingel, sal jou help om 'n preparaat van 'n dwarssnee deur
'n stingel te identifiseer:

 die xileem en floeem is in vaatbundels gerangskik


 die vaatbundels is in 'n kring gerangskik
 murg is aanwesig

Funksies van die weefsels in 'n dikotiele stingel:

 Epidermis beskerm die onderliggende weefsels


 Kutikula voorkom vogverlies.
 Huidmondjies laat gaswisseling toe.
 Kollenchiem versterk die stingel en dien as ondersteuningsweefsel wat die stingel regop hou.
Dit besit soms chloroplaste vir fotosintese.
 Parenchiem berg organiese voedingstowwe en die intersellulêre lugruimtes laat gaswisseling
toe.
 Endodermis berg stysel.
 Sklerenchiemvesels beskerm die vaatbundels en versterk en steun die stingel.
 Xileem vervoer water en minerale soute en verskaf 'n deurtog vanaf die wortels na die res
van die plant. Dit verskaf ook meganiese steun aan die plant
 Floeem vervoer vervaardigde organiese voedingstowwe vanaf die blare na die res van die
plant.
 Kambium maak sekondêre diktegroei, vir laterale/sywaartse groei, moontlik.

SEKONDÊRE DIKTEGROEI:

Ons het reeds gesien dat lengtegroei by stingels by die stingel- en wortelgrooipunte plaasvind.
Lengtegroei staan bokend as primere grooi. Soos die plant ouer word, groei die stingels van dikotiole
plante ook in dikte. Dit staan bokend as sokondôre grool of sekondôre diktegrooi.

Vorming van sekondêre xileem en floëem

 Die kambium wat in die vaatbundels van dikotiele stingels, tussen die xileem en floeem
voorkom, staan bekend as fassikulere kamblum.

LET WEL:

Kambium is meristematiose weefsel wat voortdurend vordeol om nave solle to vorm.

 Die stroke parenchiemselle van die murgstrale, tussen dio vaatbundels, in lyn met die
fassikulère kambium raak meristematios en staan nou bekend as intorfassikulère kambium.
 Die fassikulere on interfassikulère kambium stuit bymekaar aan om 'n onafgebroke ring van
kambiumweefsel te vorm

 Aktiewe seldeling (mitoso), vind in die meristematiese weefsel van die kamblumring plaas
 Nuwe xileemwoefsol, bekend as sekondere xileem word na binne gevorm en nuwe
floöemweefsel, bekend as sekondere floeem word na buite gevorm.
 Die sekondêre xileem vorm nou 'n aaneenlopende ring aan die binnekant van die
kambiumring en die sekondêre floeem aan die buitekant.

 Die kambium vom elke jaar 'n nuwe ring van sekondêre xileem en sekondêre floöem.
 Soos die sekondêre weefsel jaar na jaar gevorm word, word die priměre xileem en primere
floeem al verder van mekaar weggestoot.

 Op sommige plekko vorm die kambium nie sekondêre xileem of floeem nie maar
parenchiemselle tussen die vaatbundels
 Hierdie parenchiemselle vorm vaatstrale wat vanaf die middel van die stingel tussen die
vaatbundels deur, na die korteks strek. Hulle maak van die beweging van stowwe vanaf die
murg ma de korteks moontelik.
 Die vaatstrale is in die sekondere xileem en floeem sigbaar.
 Die vorming van die sekondêre weefsel veroorsaak dat die stingel se omtrek toeneem en al
dikker word.

You might also like