Lesplan Gr. 5 Lewensvaardighede PSW K1 W 7&8

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

VOORBEREIDING EN BEPLANNING

KWARTAAL & TYDSTOE-


GRAAD 4 5 x 6 7 8 9 1 x 2 3 4 Week 7- 8 2 uur
SIEN WKOD OAP WYSING
KWARTAAL 1 WEEK 7
Mikpunt/ Doel/ Hulpbronne/ LOOM
Rolspelers Onderwerp/ Inhoud/ (WAT gaan ek gebruik om te
Onderrigmetodologieë & Klaskamerbestuursvaardighede onderrig/lei/ondersteun…)
(WIE gaan Konsepte/
onderrig/lei/ Vaardighede (HOE gaan ek onderrig/lei/ondersteun…) Papiergeba-
Digitale
ondersteun…) (WAT gaan ek seerde
bronne
onderrig/lei/ondersteun…) bronne
Basiese higiëniese Fokus: Die belangrikheid van vriende in tye van hartseer, tragedie en https://drive.g
beginsels en COVID- verandering. https://drive. oogle.com/file
19-protokol. Die voordele van gesonde en veilige verhoudinge. google.com/ /d/1etvjy7RpU
Fokus op en bespreek verskillende verhoudinge wat leerders ervaar, bv. met file/d/1QcXXy cA98amHOmD
mCBv5GBOyx_
‘n vriend en klasmaats, opvoeders en famile, asook in hul gemeenskappe, MPcFMWt86h
cw/view?usp=s
Betekenis van vriende bv. jeugleier, spanleier, ens. WDSSaq- haring
in tye van hartseer, Fokus op wat goed is in hierdie verhoudings en onderskei tussen goeie en dirGd-
tragedie en slegte verhoudings. RF1k/view?us Vir meer
verandering. Onthou om leiding en advies te gee p=sharing verrykende
Leerders moet die konsepte van hartseer, tragedie en verandering verstaan. aanlyn bronne
Leesvaardighede: Hulle mag tragedies ervaar wat ‘n naby familielid insluit- bv. ‘n broer, suster, in alle vakke:
OPVOEDERS lees met begrip en ouer wat moontlik in ‘n tragiese ongeluk omgekom het en die verandering https://www.th
die gebruik van ʼn wat met hierdie tragedie gepaardgaan. elearningtrust.
woordeboek. Somtyds gebeur dit dat kinders hulself blameer vir gebeure soos die die dood org/asp-
Lees oor vriende wat van ‘n broer/suster of die egskeiding van hul ouers. treasure-box
omgee en Hulle moet nie net met die pyn van die gebeure saamleef nie, maar ook met
ondersteun: herroep die veranderinge wat intree, soos dat daar moontlik verhuis moet word.
en vertel. Verduidelik die PowerPoint.
Opvoeder lees die gevallestudie vir leerders
Verhoudinge met Leerders lees die gevallestudie oor ‘n goeie vriend in tye van hartseer,
vriende, ouer tragedie en verandering.
persone en Beantwoord die vrae in jou werkboek
vreemdelinge: Veilige Onderrig Riglyne
en onveilige •Alle leerders is in verhoudings betrokke. Vra leerders om voorbeelde te gee
verhoudinge. Slegte van wat hulle dink goeie en slegte verhoudings is sowel as veilige en onveilige
verhoudings.

1|Page
en goeie Speel die video
verhoudinge. •Bespreek nou die verskille tussen goeie en slegte verhoudings sowel as
veilige en onveilige verhoudings.
Power Point:
Lees deur die notas oor veilige en onveilige verhoudings. Dit sal jou help om
goeie besluite in die toekoms te maak.
~Dit hoef nie ‘n vreemdeling te wees wat jou onveilig laat voel nie.
~Ons weet dat vriende en mense ons ongemaklik en bang kan laat voel.
~Selfs iemand van jou eie ouderdom kan jou dreig en hinder. Ons noem hulle
boelies en niemand voel veilig in hul teenwoordigheid nie.
~Daar is ook ouer persone, selfs eie familielede, wat dinge doen en sê wat
ons onveilig laat voel. (Sien jou handboek)
• Ondersteun die leerder om die gevallestudie met begrip te lees en moniteer die voltooing van die aktiwiteit indien u kind nie die
OUERS
aktiwiteit by die skool kon klaarkry nie.
• Gebruik ‘n storie uit ‘n boek, kyk na ‘n tv-film/reeks/strokiesprent of om u kind te help om goeie en slegte verhoudings te
identifiseer.

Leerders lees die gevallestudie oor die rol van ‘n goeie vriend in tyd van hartseer, tragedie en verandering
LEERDERS
Lees die notas oor veilige en onveilige verhoudings. Dit sal jou help om in die toekoms goeie besluite te maak.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.

Informele /
Formele Gevallestudie, klasaktiwiteite
Assessering
Waardes Onderrig Aanspreeklikheid; Pligsgetrouheid; Kreatiwiteit; Toewyding; Onafhanklikheid; Integriteit; Verantwoordelikheid; Uniekheid; Visie; Volhard-ing
‘n Paar maniere om ‘n goeie vriend te wees:

1. Uiter bemoedigende woorde

2. Help waar daar ‘n probleem is.

3. Glimlag

4. Komplementeer mense

5. Moenie mense veroordeel nie.

6. Wees vergewensgesind en verstaanbaar.

7. Verskaf ondersteuning.

8. Wees bedagsaam, medelydend en menswaardig.

2|Page
GEVALLESTUDIE

Ondersteuning van vriende in tyd van verandering en tragedie

Penny voel baie hartseer en bang nadat sy ouers positief getoets het vir COVID -19. Albei sal 'n paar weke in isolasie wees. Daar is vir Penny gesê
dat hy moet besluit by watter familielid hy wil woon terwyl sy ouers in isolasie is. Hy het nog nooit weggebly van die huis af of sonder sy ouers by
‘n familielid gewees nie. Al sy familielede bly ver van die skool af, as hy by die familielid moet gaan bly, sal hy nie skool kan bywoon nie.

Hy voel hartseer, raak verward en bars in trane uit, want al die familielede bly ver van sy skool af. Hy hardloop uit die huis om in die nabygeleë
park te sit. Sy vriend, Mark het hom gesien en besluit om by hom aan te sluit sonder om te weet wat aangaan. Penny het Mark alles vertel. Mark
het getroos en belowe om hom te help. Hy hardloop huis toe om sy ma van Penny se probleem te vertel. Sy ma was 'n verpleegster. Toe sy
uitvind dat Penny negatief getoets het, stem sy in om Penny te akkommodeer terwyl sy ouers in isolasie is. Penny en Mark is goeie vriende, hulle
deel altyd hul probleme en goeie tye, gelukkige en ongelukkige oomblikke.

1. As jy Mark was, watter raad sou jy aan Penny gegee het om hom te help? (Skryf 3 sinne)
2. Identifiseer vyf emosies in die gevallestudie.
3. Verskaf die betekenis van die volgende woorde. Jy mag ‘n woordeboek raadpleeg.
• Familielid
• Verward
• Isolasie
4. Dink jy dat dit vir Mark se moeder veilig was om vir Penny te akkommodeer? Ja of Nee? Motiveer jou antwoord.

3|Page
GOEIE EN SLEGTE VERHOUDINGS

Bestudeer die onderstaande inligting om jou te help besluit of jy in ‘n goeie of slegte verhouding is.

Eienskappe van Gesonde en Ongesonde Verhoudings

GOEIE VERHOUDINGS SLEGTE VERHOUDINGS

*Jy voel goed oor jouself as jy in daardie persoon se teenwoordigheid is. Slegte verhoudings laat jou kwaad, bekommerd, onveilig,
hartseer en bevrees (bang) voel.
*Daar is 'n gelyke hoeveelheid van gee en neem in 'n verhouding. In slegte verhoudings voel jy miskien dat jy meer gee, en voel
jy onder druk.
*Jy moet veilig voel by die ander persoon en jy kan hom of haar vertrou met
jou geheime.

* Jy wil graag tyd saam met die ander persoon spandeer in plaas daarvan
om te voel dat jy onder druk is om tyd saam met hom/haar te spandeer.

*Goeie verhoudings sluit vertroue en respek in, wat baie belangrike dele
uitmaak van gesinsverhoudings en vriendskappe.

Gesonde Verhoudings Ongesonde Verhoudings


Ondersteun mekaar se doelwitte Die een persoon of sy/haar belangstellings wat belangrik is, word nie
Respekteer mekaar se opinies-al verskil julle ernstig opgeneem nie.
Kan konflik oplos sonder om te skree en te gil, ens. Is krities teenoor die ander persoon se vriende of familie
Vra om verskoning indien jy verkeerd was Luister nie as die ander persoon praat nie.
Trots op mekaar Dreig om die ander persoon seer te maak
Moedig mekaar se belangstellings aan, soos sport - musiek, ens. Dreig om hom/haarself te beseer
Respekteer elkeen se privaatheid-foon, boodskappe, dagboek, ens. Blameer die ander persoon vir sy eie gedrag
Vriende en familielede ondersteun die verhouding
Deursigtige kommunikasie Slaan, gooi dinge, ens.
Het gekommunikeer en besluit geneem oor fisiese grense in hul Een persoon neem al die besluite in die verhouding
verhouding Gedagtespeletjies, manipulasie
Geen druk tot seksuele aktiwiteite as wat jy besluit het nie.
Verskaf mekaar ruimte wanneer benodig

4|Page
Datum: …………………………………2021 WERKBLAD

Aktiwiteit 1

Sê of die volgende stellings dui op gesonde/veilige of ongesonde/onveilige verhoudings. Toon jou antwoord aan met ‘n √

Stelling Gesonde/Veilige verhouding Ongesonde/Onveilige verhouding


a. Iemand vertel leuens aan jou
b. Iemand wat jy kan vertrou
c. Iemand wat jou respekteer en vir wie jy respekteer
d. Iemand wat druk op jou plaas om iets verkeerd te doen
e. Iemand wat jou ongemaklik laat voel
f. Iemand wat jou veilig laat voel
g. Iemand wat jou gemaklik laat voel
h. Iemand met wie jy probleme en moeilike tye kan deel
i. Iemand wat skinderstories oor jou versprei
j. Iemand met wie jy jou suksesse kan deel
k. Iemand wat jou fisies misbruik
l. Iemand wat jou doelbewus seermaak
m. Iemand wat in jou glo en jou ondersteun
n. Iemand wat nie na skinderstories sal luister of leuens oor jou sal vertel
nie
o. Iemand wat jy nie vertrou nie
p. Iemand wat jou nie respekteer nie
q. Iemand wat jou teen seerkry sal beskerm
r. Iemand wat jou aanmoedig om goeie dinge te doen
s. Iemand wat jou nie in moeilike tye ondersteun nie.
t. Iemand wat jou uitlag as jy ‘n fout gemaak het
u. Iemand wat in jou teenwoordigheid mooi dinge van jou se, maar
agter jou rug vir jou uitlag
v. Iemand wat ‘n slegte invloed op jou het, laat jou negatiewe dinge
doen
w. Iemand wat te alle tye eerlik is met jou

5|Page
Aktiwiteit 2
Die voordele van goeie en veilige verhoudings

Inleiding: In hierdie aktiwiteit sal jy die voordele van goeie en veilige verhoudings bespreek. Jy sal daarop fokus om goeie verhoudings te
identifiseer en op te bou en dinge oorweeg wat sekere verhoudings sleg maak.

1. Jou onderwyser sal julle in groepe verdeel of individueel ook laat werk

Bespreek die volgende:

a. Wat is ‘n goeie en veilige verhouding?

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

b. Watter voordele is daar om ‘n goeie verhouding te hê?

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

c. Skryf soveel moontlike voordele van ‘n goeie verhouding waaraan jy kan dink.

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

6|Page
Aktiwiteit 3

Gebruik die volgende vrae vir die konsolidasie van inligting wat in hierdie les behandel is. Jy sal dit as 'n individuele aktiwiteit doen.

Beantwoord die volgende vrae in jou klaswerkboek.

1. Dink jy jy is 'n goeie vriend? Noem 'n paar voorbeelde as jy 'n goeie vriend vir iemand was.

2. Is jy vriendelik genoeg teenoor jou vriende? Ja /Nee. Verduidelik jou antwoord.

3. Skryf oor 3 gevalle toe jy vriendelik was.

Vertel wat gebeur het, hoe dit jou laat voel het en hoe die persoon met wie jy vriendelik was gereageer het.

4. Verduidelik hoe jy 'n situasie sal hanteer waarin jy onveilig voel.

6. Noem drie negatiewe gevolge van 'n slegte verhouding.

7. Waarom dink jy is dit belangrik om iemand te hê wat in jou glo en jou ondersteun?

8. Is dit belangrik om iemand te hê wat jou teen seerkry sal beskerm? Gee 'n rede vir jou antwoord.

7|Page

You might also like