Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

2023 AFRIKAANS HUISTAAL

Studiegids (Voorgeskrewe Gedigte )

Verse in my inboks: ʼn Poësie-handleiding vir


Afrikaans Huistaal Graad 12
Saamgestel deur Philna Scholtz en Elza Vorster, Vivlia, 2016.
GEDIG 7

Maaltyd
Peter J.
Philander
https://www.megapixl.com/church-bell-
stock-photo-36941248
AGTERGROND van die DIGTER

Gebore: 25 November 1921


In Caledon, Suid-Afrika
Geheg aan die Hantam en hierdie
streek en sy mense speel ʼn groot
rol in sy gedigte en verhale.
1969 emigreer na die
Verenigde State van Amerika
[https://af.wikipedia.org/
Sterf: 7 Februarie 2006 in wiki/P.J._Philander]

Las Vegas
Maaltyd
Peter J. Philander

1. Ou moeder met haar hoepelrokkie


2. en stywe kappie, staan hande gevou
3. in die vorm van ’n koperklokkie
4. vir smôrens, smiddags en vir nou.

5. Die blou bord en die skoon servet,


6. die helder bril, die Bybel oop,
7. en teen die hoë muur haar groot portret
8. hou my aan haar steeds vasgeknoop.
Maaltyd
Peter J. Philander

9. En op die gladde, blink buffet,


10. glimmend in die skerp lig van die lamp,
11. skyn sy nou in die seëngebed,
12. leef sy nou in die wasige damp.

13. Sy was eers goud, heel later silwer,


14. nou’s sy koper waar sy staan,
15. maar met elke lui dan skilfer
16. af ... die grasgroenspaan.
[Uit: Uurglas, Nasionale Boekhandel, 1955]
TEMA en BOODSKAP
Tema:
Die kringloop/verloop van die
lewe: jeug, word ouer, kragte
neem af, verganklikheid (dood).
Herinneringe van die spreker oor etenstye saam
met sy moeder.
Boodskap:
Die goeie en mooi dinge in die lewe word blywende
herinneringe. Tradisies en rituele sorg vir spesiale
herinneringe en gee betekenis aan die lewe. Sorg
ook vir eenheid en stabiliteit.
TOON en STEMMING

Toon: nostalgies,
verlangend, ernstig,
heimwee
Stemming: nostalgies,
emosioneel, mymerend,
verlangend
DIGVORM
• Die gedig bestaan uit 4 kwatryne
(duidelike struktuur) en kruisrym
(rymskema – abab/cdcd/efef/ghgh) word
deurgaans gebruik.
• Die struktuur en strofebou pas by die
ordelikheid, presiesheid en netheid van
die ma.
WOORDESKAT
Woord Betekenis
hoepelrokkie rok met ʼn wye romp
kappie hoofbedekking van vroue in die ou dae

buffet ʼn kas met laaie en rakke vir tafelgereedskap


(breekgoed en messegoed)

glimmend blink, gepoleer


seëngebed ʼn gebed wat voor ete gebid word om die
maaltyd te seën
grasgroenspaan groen neerslag op koperware wat lank aan lug
blootgestel is (koperkarbonaat)
ANALISE
Strofe 1

1. Ou moeder met  Die tafelklokkie word beskryf. ʼn Klokkie is stylvol


haar hoepelrokkie en deftig/formeel, goeie etiket. Die spreker sien
2. en stywe kappie, in die koperklokkie ʼn beeld van sy oorlede
staan hande gevou moeder (metafoor).
 “Ou moeder” moontlik ʼn dubbele betekenis: die
spreker se moeder wat oud is; ’n troetelnaampie
vir die moeder (“ou” druk gevoel uit, so ook die
verkleinwoorde).
 Sy “staan hande gevou” asof sy bid –
sinekdogee – net die belangrikste word
genoem terwyl die geheel bedoel word.
 Die spreker se moeder word metafories
gelykgestel aan hierdie klokkie - metaforiese
verwantskap word konkreet – vorm, kleredrag,
gevoude hande.
ANALISE
Strofe 1
3. in die vorm  Die klokkie is in die vorm van ’n wye hoepelrok, soos die
van ʼn spreker se moeder gedra het. Die kleredrag van die ou dae
koperklokkie (“hoepelrokkie”, “stywe kappie”) suggereer dat die gaste
aan tafel deftig aangetrek is.
 Die deftige maaltyd en die belangrikheid van die maaltye
word deur die rymende eindklanke uitgehef/beklemtoon
(“hoepelrokkie”, “stywe koperklokkie”).
 “gevou”, “nou” – rym beklemtoon die gedagte dat daar by
elke maaltyd gebid word.
 Dui daarop dat alle etes op hierdie formele en defige wyse
genuttig is, begin is met gebed (ontbyt, middagete,
4. vir smôrens, aandete).
smiddags en  Die woorde “smôrens, smiddags en vir nou” dui op
vir nou. progressie.
Die woord “nou” kan op aandete dui. Die woord suggereer ook
dat dit nie net in die verlede (toe) was nie, maar dat sy ma
steeds in sy gedagtes by hom is.
ANALISE
Strofe 2
5. Die blou bord  Die spreker onthou nou ook hoe die tafel gedek
en die skoon
was: die deftige en stylvolle kleredrag val mooi
servet,
binne die geheelpatroon van die dekor (“blou
bord”, “skoon servet”, “blink buffet”).
 “helder bril” – letterlike betekenis: bril is mooi
6. die helder
bril, die Bybel skoon, figuurlik: die moeder het ʼn helder blik op
oop, die lewe gehad.
 Die “helder bril” verwys metafories dat die
moeder ʼn positiewe uitkyk op die lewe gehad het.
 “helder bril” en “oop Bybel” getuig van haar
godsdienssin.
ANALISE
Strofe 2
7. en teen die  Versreël 7 – vroeëre gebruik van familieportrette wat teen die mure
hoë muur hang. Sy ma se portret (foto) is nou teen sy muur en verbind hom aan
haar groot haar.
portret  “vasgeknoop” al die dinge wat dié spreker van sy ma onthou en
waardeer, hou hom vas aan sy ma. Hy sal altyd sy herinneringe koester.
 Die ruimte van die eetkamer en die dekor word beskryf (deur die
8. hou my aan gebruik van byvoeglike naamwoorde) – juis om te illustreer hoe haar
haar steeds teenwoordigheid steeds sentraal staan. Die godsdienssin is juis haar
vasgeknoop. uitstaande kenmerk.
 Die eindrym dien as bindmiddel
 “servet”, “portret” beklemtoon die deftigheid
“(Bybel) oop”, “vasgeknoop” – veral die godsdiens laat die spreker aan sy
moeder dink/ʼn herinnering.
ANALISE
Strofe 3
9. En op die  Metafoor “gladde, blink buffet” – bevestig die
gladde, blink
buffet,
moeder se netheid en presiesheid.
10. glimmend in  Dit is asof die spreker haar beeld in die glans van
die skerp lig van die buffet sien terwyl die seëngebed voor ete
die lamp,
11. skyn sy nou
gebid word. Dit beklemtoon die seun se
in die herinneringe aan sy moeder (versreëls 10 en 11)
seëngebed,  Godsdiens: die klokkie (metafories die moeder)
12. leef sy nou in
die wasige
skyn/blink in die seëngebed. Die moeder is nie
damp. net uiterlik skoon en netjies nie, maar ook haar
geestelike lewe getuig van vroomheid en
heiligheid.
 g-alliterasie, s-alliterasie en leestekens
vertraag die tempo.
ANALISE
Strofe 3
9. En op die  “wasige damp” die beeld van die moeder word
gladde, blink
buffet,
dowwer, herinneringe word vaag. Die halfrym
10. glimmend ondersteun die vae herinneringe.
in die skerp lig  In strofe 3 skyn sy (klokkie/moeder) betekenisvol
van die lamp,
11. skyn sy
in die seëngebed. Haar beeld maak juis hier sy
nou in die mees glansende verskyning. Sy skyn nie net nie,
seëngebed, sy leef ook in die wasige damp. Al is sy reeds
12. leef sy
nou in die wasige
dood, is dit asof sy in die atmosfeer teenwoordig
damp. is. Die aanskoue van die klokkie op die buffet roep
al die spreker se beelde van sy ma by hom op.
Paradoks Dit skyn asof die spreker se moeder vaag
is, maar die spreker se godsdienstige herinnering
aan sy moeder is helder (versreëls 10 tot 12) –
versterk deur die eindrym (“lamp”, “damp”).
ANALISE
Strofe 4
13. Sy was eers  Tydsprogressie: Die verval/kringloop van die lewe
goud, heel later
silwer,
word aan die hand van die verkleuring van die
14. nou’s sy koper klokkie metafories illustreer. Die klokkie/moeder
waar sy staan, was eers goud (kosbaar, nuut, jonk), later silwer
15. maar met elke
lui dan skilfer
(grys), nou is sy koper (afgetakel/moontlik dood).
16. af ... die Geleidelike aftakeling van die moeder: soos die
grasgroenspaan. jare aangaan, word sy ouer en het minder krag.
 Sinvolle herhaling van “steeds”/”nou” (versreëls 4,
8, 11, 12, 14) beklemtoon dat die rituele die
herinneringe helder hou.
 s-alliterasie van strofe 3 word voortgesit en dien
as bindmiddel.
 Enjambement (“skilfer” “af”) beklemtoon die
verloop van die verval, tyd en beweging.
ANALISE
Strofe 4
13. Sy was eers  “grasgroenspaan” (die groen neerslag op koperware wat lank
goud, heel later
aan lug blootgestel is) is die toppunt van die verval. Dit is ʼn
silwer,
metaforiese beeld van die klokkie wat deur
14. nou’s sy koper
waar sy staan, ontbinding/verval/roes tot vergetelheid gedoem is, maar elke
15. maar met elke keer wat die klokkie lui, word dit in ere herstel en tot nuwe
lui dan skilfer lewe gewek. Die spreker word steeds aan die beeld van sy
16. af ... die moeder vasgeknoop deur die daaglikse ritueel.
grasgroenspaan.  Beletselteken (ellips) dui op die voortdurende
aftakelingsproses.
 Vooropplasing (woordorde) van “af” – beklemtoon die
aftakeling.
 Slegs enkele herinneringe van die ma het oorgebly.
Die klokkie word nie meer gereeld skoongemaak nie - met elke
ete se gebruik “skilfer” die “grasgoenspaan” af wat die moeder
se herinneringe helderder op die voorgrond bring.
TYDSPROGRESSIE
Die klokkie se kleur verander – goud,
silwer, koper (word al minder gebruik
en skoon gemaak).
Netso het die moeder ouer geword
en die herinneringe het vervaag.
Tydsprogressie word verder bevestig
deur “eers”, “later”, “nou”.
Aktiwiteit
Kontekstuele vrae
1 Lees weer die titel.
. 1. Waarom, dink jy, het die digter hierdie titel gekies?
2. Watter verband is daar tussen die titel en versreël 4? (2)
2 Etenstye in die spreker se huis was smaak- en stylvol.
. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (2)
3 Benoem en verduidelik die beeldspraak van die
. koperklokkie. (2)
4 “die helder bril, die Bybel oop” (Versreël 6)
. Bespreek die letterlike en figuurlike betekenis van die
“helder bril”. (2)
5 Dink jy die spreker se moeder was godsdienstig? Motiveer
. jou antwoord met TWEE aanhalings. (2)
[10]
Aktiwiteit

Literêre opstelvraag

Die spreker in die gedig word toenemend betrek by die


voorkoms en huishoudelike gebruike wat hom aan sy
moeder herinner.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250 tot 300
woorde. [10]
Copyright © Department of Basic Education 2022
222 Struben Street, Pretoria, South Africa
Tel: (012) 357 4183 / 012) 357 3811
http://www.education.gov.za
Call Centre: 0800202933

You might also like