Afrikaanse Toespraak

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Volgens Dr.

Katherine Fox: "Vir die meeste sportsoorte is dit die voeë diversifikasie wat tot
sukses lei." Kinderjare is 'n tyd vir verkenning en ontdekking. Dit is 'n tyd wanneer
ontwikkelende gedagtes aan 'n reeks omstandighede blootgestel moet word sodat hulle hul
belangstellings en vaardighede kan ontdek.

Stel jou 'n wêreld voor waarin kinders van kleins af tot ‘n enkele atletiese aktiwiteit beperk
word. Oorweeg hul potensiaal wat eens onbeperk was, en wat nou tot 'n enkele aktiwiteit
beperk word. Dit is die realiteit wat baie jong atlete toekom wanneer hulle aan vroeë
spesialisasie blootgestel word.

Elkeen van julle sal jul eie opinies oor hierdie onderwerp hê. Die volgende; juffrou Abrahams
en dames, is gebaseer op my opinies en ervaringe.
Ek het besluit om 'n tydlyn te skep om dinge in perspektief te help plaas en te verduidelik
waarom ek dink dit noodsaaklik is om kinders van 'n vroëe ouderdom af aan verskillende
sportsoorte bloot te stel.

As die enigste meisie in die span het ek op 13 Februarie 2011 op die sokkerveld gedraf. Dit
alles net om in my ouer broer se voetspore te volg en te doen wat hy gedoen het, slim nê?
Maar ek het baie gou verveeld geraak met sokker en voor ek weet het ek as 'n pikkewyn in ’n
ballet-opvoering opgetree. In daardie oomblik op die verhoog het ek besef dat ek nie
uitgeknip is vir ballet nie. Ek het aksie nodig gehad, iets waaroor ek entoesiasties en
passievol sou was.

Ek het met gimnastiek begin toe ek vyf jaar oud was. Dit was iets wat ek met oorgawe
gedoen het, iets waarvoor ek lief was en iets wat nogal opwindend was.
Dit was seker die mees intenste en moeilikste sporte waaraan ek nog deelgeneem het, maar
dit was ook een van die mees vervullendste. Ek het aan talle kompetisies deelgeneem en het
op verskeie geleentheded my oostelike Gauteng-kleure verwerf. Maar selfs op daardie jong
ouderdom het dit vir my te veel begin raak en ’n tol ge-eis.

As gevolg van die veeleisende oefen skedule en inbraak op my skoolwerk het ek gimnastiek
gestaak, maar ek het nie sport as geheel gestop nie. Ek het begin netbal speel en ook besluit
om deel te word van ’n aksie-netbalspan, ek het vir Sentraal Gauteng Aquatics geswem, en
het ook weer die besluit gemaak om sokker te speel, die keer vir myself.

In 2017 het als verander ek het MY sport gevind.

Toe ek op hoërskool kom was dit beslis 'n ander storie, ek het my passie vir raak Rugby (ons
almal ken dit as touch Rugby) gevind. Terwyl dit my hooffokus was, het ek voortgegaan met
ander sportsoorte soos netbal en sokker, aangesien ek gevoel het dat dit belangrik is om 'n
balans tussen al my sportsoorte te behou. Ek glo vas dat om aan soveel verskillende
sportsoorte deel te neem en die blootstelling van kleins af te ontvang, ek nie vandag sou weet
watse sport vir my was/of nie was nie.

Deur kinders se blootstelling aan aktiwiteite te beperk wat talente en belangstellings


ontwikkel, ontneem ons hulle die geleentheid om as mense in hul geheel te groei.

Blootstelling aan meer as een sportsoort kan jou algehele vermoeë verbeter en jy kan 'n
verskeidenheid vaardighede ontwikkel deur aan verskillende sportsoorte deel te neem.
Net soos 'n tuin met 'n verskeidenheid blomme floreer, so floreer die menslike gees ook
wanneer dit aan 'n menigte ervarings blootgestel word.

Bronne:

- Myself (toespraak van my eie ervaringe)


- https://www.ssmhealth.com/newsroom/blogs/ssm-health-matters/may-2023/why-kids-
shouldn’t-specialize-in-one-sport
- https://healthtalk.unchealthcare.org/3-reasons-young-kids-should-not-specialize-in-
one-sport/

You might also like