Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Source:

South African Law Reports, The (1947 to date)/CHRONOLOGICAL LISTING OF CASES – January 1947 to July 2019/1980/Volume 4: 231 ­ 474 (November)/SWART v
SWART 1980 (4) SA 364 (O)

URL:
http://jutastat.juta.co.za/nxt/gateway.dll/salr/3/13114/13608/13637?f=templates$fn=default.htm

SWART v SWART 1980 (4) SA 364 (O)


1980 (4) SA p364

Citation 1980 (4) SA 364 (O)

Court Oranje­Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge Flemming R

Heard May 27, 1980; May 28, 1980; May 29, 1989; May 30, 1980

Judgment August 7, 1980

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Man en vrou ­ Egskeiding ­ Wet 70 van 1979 ­ Onherstelbare verbrokkeling van die huwelik ­ Begrip bespreek ­ Verbrokkeling is aanwesig wanneer
een eggenoot nie langer 'n huweliksverhouding met die ander wil handhaaf nie ­ Rede daarvoor van belang by bepaling van vraag of daar
vooruitsigte van versoening is ­ Ook van belang in verband met onderhoud ­ Feite in verband met verbrokkeling en rede daarvoor nie objektief
meetbaar nie ­ Beoordeling van die gedrag van die partye in verband daarmee ­ Effek ­ Skuld nie meer 'n voorvereiste vir egskeidingsbevel nie ­
Uitwerking van.
Man en vrou ­ Egskeiding ­ Onderhoud ­ Bevel kragtens art 7 (2) van Wet 70 van 1979 ­ Onherstelbare verbrokkeling van die huwelik ­ Rede
daarvoor van belang in verband met onderhoud en die uiteindelike Hofbevel ­ Hoe feite in verband daarmee benader moet word ­ Skuld nie meer 'n
voorvereiste vir die maak van 'n onderhoudsbevel nie ­ Beoordeling van gedrag van partye in verband daarmee ­ Taak van Hof kragtens art 7 (2)
om te besluit wat billik is in die omstandighede ­ Gedrag van die partye kan in aanmerking geneem word in daardie verband ­ Koste.
Headnote : Kopnota
Verbrokkeling van 'n huwelik, soos bedoel in die Wet op Egskeiding 70 van 1979, is aanwesig wanneer een van die eggenote nie langer 'n
huweliksverhouding met die ander eggenoot wil handhaaf nie. Die vraag na die rede vir daardie besluit sal dan ontstaan. Die antwoord op daardie
vraag mag die gedrag van een of beide van die partye betrek. Indien wel, sal oorweeg moet word of daardie gedrag (of die afwesigheid van
sulke gedrag) in verband met veral versoeningsvooruitsigte en ­ volgens die billikhede ­ onderhoud, 'n effek op die uiteindelike Hofbevel het.
Die volgende implikasies omtrent hantering van die feite in hierdie verband skyn dan te volg:
(1) Die verbrokkeling van die huwelik en die redes daarvoor is nie objektief meetbaar nie en skep feitelike vrae. Omtrent die onherstelbaarheid
van die verbrokkeling sou objektiewe waarskynlikhede in verband met die bepaalde partye in hul omstandighede tog 'n rol vervul sodat die
objektiewe karigheid en oorkombaarheid van die redes waarom op die aanvra van egskeiding besluit is, 'n oortuiging mag bevorder dat die huwelik
gered mag word.
(2) Vir sover onderhoud tussen die partye in gedrang kom: (a) moet 'n geheelbeeld deurgaans voor oë gehou word en daarvolgens sover
moontlik deurgedring word na die gedrag, indien enige, wat werklik veroorsakend van die verbrokkeling was. Die totaliteitsbenadering is veral van
belang omdat 'n gedraging van enige party selde losgemaak kan word van wat voorheen al plaasgevind het, die verhouding wat reeds tussen die
partye ontwikkel het, en elk se ondervinding van die ander se temperament, reaksies, voorkeure, vrese, ens. (b) Nadat regtens relevante gedrag
aldus bepaal is, bepaal 'n objektiewe maatstaf, nl billikheid, welke van daardie gedrag 'n invloed by die onderhoudskwessie moet hê.
(3) Wanneer die erns van gedrag beoordeel word, volg dit hoofsaaklik uit (1) hierbo dat dit nie volgens die aard van die gedrag in die abstrak
bepaal moet word nie maar volgens die mate waartoe dit tot die uiteindelike verbrokkeling bygedra het deur afbrekend in te werk op voortsetting
van, of ontwikkeling van, 'n gesonde eggenote­verhouding. Dit gaan dus om die verwytbaarheid van veroorsaking van verbrokkeling en die
gevolglike verlies van onderhoud binne die huweliksverband.
Alhoewel nie­verwytbare gedrag nie as 'n faktor by die toepassing van art 7 (2) van Wet 70 van 1979 sal funksioneer nie, en al word
veronderstel dat 'n ondersoek van "gedrag", soos in art 7 (2) bedoel, gelykgestel moet word aan 'n opweging van "skuld", bewys die Wet nie die
premise dat gedrag voortaan irrelevant is nie. Skuld of gedrag is bloot nie meer 'n voorvereiste of 'n beletsel vir die maak van 'n egskeidingsbevel
of 'n onderhoudsbevel nie. In aansluiting by die opvatting dat meestal beide eggenote skuld het aan die verbrokkeling van 'n huwelik, is 'n meer
vloeibare en gevolglik 'n billiker situasie geskep. Die bestaan of omvang van 'n onderhoudsbevel kan nou nouer saamloop met elk van die partye
se skuld maar omdat ander faktore ook van belang is, sal dit nie noodwendig of selfs gewoonlik saamval nie.
Die taak wat aan die Hof deur art 7 (2) van Wet 70 van 1979 opgedra is, is om te besluit wat in al die omstandighede billik is waarby die gedrag
van die partye in aanmerking geneem kan word.
In 'n aksie om egskeiding op grond van die onherstelbare verbrokkeling van die partye se huwelik soos bedoel in Wet 70 van 1979 en om 'n bevel
van onderhoud kragtens art 7 (2) van die Wet, het die Hof die eiseres se eis om 'n egskeidingsbevel toegestaan maar slegs beveel op die eis om
onderhoud dat die verweerder aanspreeklik sal wees vir 'n gedeelte van eiseres se mediese onkoste. In verband met koste het die Hof beveel
dat verweerder die gedingskoste moes betaal aangesien die Hofsaak werklik om onderhoud gegaan het en die eiseres, uit hoofde van die Hof se
diskresie, suksesvol was. Die Hof het verder in ag geneem dat die verweerder geen aanbod tot betaling van enige bedrag vir onderhoud gemaak
het nie en eiseres se aanspraak dat iets aan haar toegekom het was in totaal bestry.
Flynote : Sleutelwoorde
Husband and wife ­ Divorce ­ Act 70 of 1979 ­ Irretrievable breakdown of the marriage ­ Concept discussed ­ Breakdown present when one spouse
no longer wishes to maintain a marriage relationship with the other ­ Reason therefor of importance in determination of question whether there
are prospects of reconciliation ­ Also of importance in regard to maintenance ­ Facts in connection with breakdown and reason therefor not
objectively measurable ­ Consideration of the conduct of the parties in connection therewith ­ Effect ­ Fault no longer a prerequisite for an order of
divorce ­ Effect of.
Husband and wife ­ Divorce ­ Maintenance ­ Order in terms of s 7 (2) of Act 70 of 1979 ­ Irretrievable breakdown of marriage ­ Reason therefor of
importance in connection with maintenance and the eventual order of Court ­ How facts in connection therewith should be approached ­ Fault no
longer a prerequisite to the making of a maintenance order ­ Consideration of conduct of parties in connection therewith ­ Task of Court in terms of
s 7 (2) to decide what is just in the circumstances ­ Conduct of the parties can be taken into account in that connection ­ Costs.

1980 (4) SA p365

Headnote : Kopnota
The breakdown of a marriage, as intended in the Divorce Act 70
of 1979, is present when one of the spouses no longer wishes to maintain a marriage relationship with the other spouse. The question of the
reason for that decision will then arise. The answer to that question might involve the conduct of one or both of the parties. If so, the question
whether that conduct (or the absence of such conduct) in relation especially to the prospects of reconciliation and ­ according to the equities
­ maintenance has an effect on the eventual order of Court will have to be considered.
The following implications concerning the consideration of the facts in this regard then appear to follow:
© 2018
(1) Juta
The and Companyof
breakdown (Pty)
theLtd. Downloaded
marriage and the reasons therefor are not objectively measurable: Tue Jul raise
and 30 2019 11:41:12
factual GMT+0200
questions. (South Africa
Concerning theStandard Time)
irretrievability of the breakdown objective probabilities in connection with the particular parties in their own circumstances would nevertheless
of 1979, is present when one of the spouses no longer wishes to maintain a marriage relationship with the other spouse. The question of the
reason for that decision will then arise. The answer to that question might involve the conduct of one or both of the parties. If so, the question
whether that conduct (or the absence of such conduct) in relation especially to the prospects of reconciliation and ­ according to the equities
­ maintenance has an effect on the eventual order of Court will have to be considered.
The following implications concerning the consideration of the facts in this regard then appear to follow:
(1) The breakdown of the marriage and the reasons therefor are not objectively measurable and raise factual questions. Concerning the
irretrievability of the breakdown objective probabilities in connection with the particular parties in their own circumstances would nevertheless
play a role so that the objective slenderness and surmountability of the reasons for the decision to seek a divorce might promote a conviction
that the marriage can be saved.
(2) In so far as maintenance might become an issue between the parties: (a) a full picture (of the circumstances) should be borne in mind
throughout and in accordance therewith (the Court) should enquire as far as possible into the conduct, if any, which was really causative of the
breakdown. The totality approach (totaliteitsbenadering) is particularly important because an act of any party can seldom be dissociated from
what has happened previously, the relationship which has already developed between the parties and each one's experience of the other's
temperament, reactions, preferences, fears, etc. (b) After the legally relevant conduct has thus been determined, an objective standard,
namely justness, determines which of such acts should have an influence on the question of maintenance.
(3) When the gravity of the conduct is being considered, it follows chiefly from (1) above that it should not be determined according to the
nature

1980 (4) SA p366


of the conduct in the abstract but according to the degree to which it contributed to the eventual breakdown by operating destructively on the
continuation, or development, of a healthy marriage relationship. It concerns therefore the blameworthiness of the causing of the breakdown
and the consequent loss of support within the marriage relationship.
Although non­blameworthy conduct will not function as a factor in the application of s 7 (2) of Act 70 of 1979, and even
though it is assumed that an investigation of "conduct", as intended in s 7 (2), should be equated with a weighing up of "fault", the Act does
not establish the premise that conduct is henceforth irrelevant. Fault or conduct is simply no longer a prerequisite or bar to the making of a
divorce order or maintenance order. With reference to the view that in most cases both spouses are at fault in relation to the breakdown of
a marriage, a more fluid, and consequently a more equitable, situation has been created. The existence or scope of a maintenance order can
now correspond more closely with the fault of each of the parties, but, because other factors are also of importance, they will not necessarily
or even usually so correspond.
The task committed to the Court by s 7 (2) of Act 70 of 1979 is to decide what is just in all the circumstances in which the conduct of the
parties can be taken into account.
In an action for divorce on the ground of the irretrievable breakdown of the parties' marriage as intended in Act 70 of 1979 and for an order of
maintenance in terms of s 7 (2) of the Act, the Court granted the plaintiff's claim for divorce but on the claim for maintenance only ordered that
the defendant would be liable for a portion of the plaintiff's medical expenses. In connection with costs the Court ordered the defendant to pay
the costs of suit as the litigation really was about the maintenance and the plaintiff, following on the exercise of the Court's discretion, had
been successful. The Court had further taken into account that the defendant had made no offer to pay any amount as maintenance and had
totally opposed plaintiff's claim that she was entitled to something.

1980 (4) SA p367


FLEMMING R
Case Information
Aksie om egskeiding en 'n onderhoudsbevel. Feite wat nie van belang is nie is uit die uitspraak weggelaat.
D A Kotzé SC namens die eiseres.
H P Viljoen SC namens die verweerder.
A Cur adv vult.
Postea (Augustus 7).
Judgment
B FLEMMING R: Eiseres en verweerder (eiser in rekonvensie) vorder elk 'n egskeidingsbevel op grond van die onherstelbare verbrokkeling van hul huwelik.
Omtrent sodanige verbrokkeling was hulle dit reeds in die pleitstukke eens. Die geskil het daarom gegaan of verweerder aan eiseres onderhoud behoort te
betaal. Die verwante vraag omtrent gedingskoste C ontstaan ook. Geen regshulp ten aansien van die huweliksvoorwaardekontrak tussen die partye is in
gedrang nie.

Weens die afwesigheid van gevestigde presedent omtrent toepassing van die betrokke wetgewing, is dit wenslik dat die feitebevindings en die
hantering daarvan uitvoeriger vermeld word as wat andersins nodig sou wees. Hierby word aanvanklik die faktore wat in art 7 (2) van Wet 70
van 1979 genoem word, in ooreenstemmende volgorde genoem.
D [Die belese Regter het die getuienis onder die volgende hoofde behandel: die bestaande of verwagte vermoëns van die partye; die partye se
onderskeie verdiensvermoëns; hulle finansiële behoeftes en verpligtinge; die ouderdom van die partye; die duur van die huwelik; die lewenspeil
van E die partye; en die gedrag van die partye. Die belese Regter het toe soos volg voortgegaan.]
Artikel 7 (2)
Die partye het aansienlik verskil omtrent die klem wat verskillende oorwegings moet ontvang en in verband daarmee omtrent die korrekte
benadering tot art 7 (2). Sommige verskille hoef nie beslis te word nie F omdat dit slegs na vore gekom het in die loop van gewaardeerde
bystand aan die Hof om beter insig oor die wetgewing as geheel te kry. Ander verskille moet uitgemaak word om te kan noem welke gedrag tot
welke mate en aan die hand van welke maatstaf in ag geneem is.
In heelwat gevalle kan die aandrang dat bepaalde gedrag in ag geneem word G ­ bv dat eiseres se vertrek op 25 April 1979 die consortium
beëindig het en dus in ag geneem moet word ­ nie gehandhaaf word nie omdat dit onvanpas is volgens die Wet. Hierdie gevolgtrekking moet
gemotiveer word.
(a) Die maatstaf omtrent "gedrag":
H Die regsband tussen eggenote wat as 'n "huwelik" bekend staan kan ontbind of beëindig word maar dit kan nie verbrokkel nie. Klaarblyklik het
art 3 en gevolglik ook art 7 van die Wet, soos art 4 (1) aantoon, die onderlinge verhouding tussen die eggenote in gedagte, nl daardie
wederkerige reaksie en gesamentlike onderneming wat gevind word wanneer op verskille, probleme en mekaar se optrede gereageer word in 'n
gesindheid wat positief is omtrent oorlewing van die huweliksverhouding. Hinderlike dinge sal bv in so 'n gesindheid bespreek, aanvaar, gewysig of
vergewe word. Sulke optrede spruit normaalweg uit liefde

1980 (4) SA p368

FLEMMING R
wat gewoonlik die grondslag is van veral wedersydse agting, lojaliteit en vertroue. So 'n huwelik is na buite kenbaar in gedraginge soos oa die
behoefte aan mekaar se samewoning, onselfsugtigheid, ens. 'n Huwelik, en A daarom ook die "huwelik" wat die Wet in gedagte het, kan egter
sonder een of meer van die eienskappe bestaan wat as kenmerkend beskryf sou kon word. Vir 'n bepaalde indiwidu kan 'n gegronde en selfs
gelukkige huweliksverhouding bestaan waarvoor hand en tand geveg sal word, ondanks gedraginge wat vir ander mense onuithoudbaar sou
wees. Die eggenote kan 'n B "huwelik" handhaaf al ontbreek die seksuele aspek daarvan (miskien meestal na 'n ongeluk of by ouer mense); al
slaap hulle apart of woon hulle nie saam nie (miskien meestal met 'n rede soos dat die man in aanhouding is); of al het 'n eggenoot uit
ondervinding geleer dat die ander eggenoot nie vertrou of gerespekteer kan word nie.
Die verbrokkeling van 'n huwelik is eweneens onvoorspelbaar en C ondefinieerbaar. Vgl Pauw 1979 TSAR 226 ev vir 'n aantal uiteenlopende
gevalle. Wat duidelik is, is dat gedrag wat in een huwelik verbrokkeling veroorsaak, dit by 'n ander huwelik nie doen nie. Soms is dit 'n geval dat
skade aan die verhouding tog gedoen word wat daarenteen nie onmiddellik herken word nie of eers in samehang met ander gebeure 'n
© 2018 Juta and Company
verbrokkelende (Pty) Ltd. Downloaded : Tue Jul 30 2019 11:41:12 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
D uitwerking het. Terwyl 'n verlating of owerspel verbrokkeling kan veroorsaak, is dit in ander gevalle bloot 'n simptoom van
verbrokkeling wat reeds begin het. Ek meen dus dat vroegstens gesê kan word dat verbrokkeling aanwesig is wanneer een van die eggenote nie
ondervinding geleer dat die ander eggenoot nie vertrou of gerespekteer kan word nie.
Die verbrokkeling van 'n huwelik is eweneens onvoorspelbaar en C ondefinieerbaar. Vgl Pauw 1979 TSAR 226 ev vir 'n aantal uiteenlopende
gevalle. Wat duidelik is, is dat gedrag wat in een huwelik verbrokkeling veroorsaak, dit by 'n ander huwelik nie doen nie. Soms is dit 'n geval dat
skade aan die verhouding tog gedoen word wat daarenteen nie onmiddellik herken word nie of eers in samehang met ander gebeure 'n
verbrokkelende D uitwerking het. Terwyl 'n verlating of owerspel verbrokkeling kan veroorsaak, is dit in ander gevalle bloot 'n simptoom van
verbrokkeling wat reeds begin het. Ek meen dus dat vroegstens gesê kan word dat verbrokkeling aanwesig is wanneer een van die eggenote nie
langer 'n huweliksverhouding met die ander eggenoot wil handhaaf nie. Die vraag na die rede vir daardie besluit sal dan ontstaan. Die antwoord
op daardie E vraag mag die gedrag van een of beide partye betrek. Indien wel, sal oorweeg moet word of daardie gedrag (of die afwesigheid van
sulke gedrag) in verband met veral versoeningsvoorsuitsigte en ­ volgens die billikhede ­ onderhoud, 'n effek op die uiteindelike Hofbevel het.
Die volgende implikasies omtrent hantering van die feite skyn dan te volg:
F (1) Die verbrokkeling van die huwelik en die redes daarvoor is nie objektief meetbaar nie en skep feitelike vrae. Omtrent die onherstelbaarheid van die
verbrokkeling sou objektiewe waarskynlikhede in verband met die bepaalde partye in hul omstandighede tog 'n rol vervul sodat die objektiewe karigheid en G
oorkombaarheid van die redes waarom op die aanvra van egskeiding besluit is, 'n oortuiging mag bevorder dat die huwelik gered mag word.
(2) Vir sover onderhoud tussen die partye in gedrang kom:
(a) moet 'n geheelbeeld deurgaans voor oë gehou word en daarvolgens sover moontlik deurgedring word na die H gedrag,
indien enige, wat werklik veroorsakend van die verbrokkeling was. Die totaliteitsbenadering is veral van belang
omdat 'n gedraging van enige party selde losgemaak kan word van wat voorheen al plaasgevind het, die verhouding
wat reeds tussen die partye ontwikkel het, en elk se ondervinding van die ander se temperament, reaksies,
voorkeure, vrese, ens.
(b) Nadat regtens relevante gedrag aldus bepaal is, bepaal 'n objektiewe maatstaf, naamlik billikheid, welke van daardie
gedrag 'n invloed by die onderhoudskwessie moet hê.

1980 (4) SA p369


FLEMMING R
(3) Wanneer die erns van gedrag beoordeel word, volg dit hoofsaaklik uit (1) hierbo dat dit nie volgens die aard van die gedrag in die abstrak bepaal moet word
nie maar volgens die mate waartoe dit tot die A uiteindelike verbrokkeling bygedra het deur afbrekend in te werk op voortsetting van, of ontwikkeling van 'n
gesonde eggenoteverhouding. Dit gaan dus om die verwytbaarheid van veroorsaking van verbrokkeling en die gevolglike verlies van onderhoud binne die
huweliksverband. Die toedeling daarvan sal slegs toevallig kan saamval met die graad van morele afkeurenswaardigheid van 'n bepaalde insident of bepaalde
insidente van gedrag.

B Daar is verdere redes vir so 'n beoordeling van die belang van gedrag. Art 7 (2) noem gedrag in 'n verband met die eindresultaat, nl
verbrokkeling van die huwelik en nie "met betrekking tot insidente wat in die loop van die huwelik voorgekom het" nie. Die Wetgewer
sou boonop sekere realiteite besef het. Eerstens, kan gedrag wat min C inherente afkeurenswaardigheid het, 'n drastiese aftakelende
effek hê op 'n bepaalde huweliksverhouding. In hierdie geval sou eiseres se pogings om verweerder teenoor die Kroonstad prokureur
vriendelik te kry selfs prysenswaardig kon wees vir sover dit die morele inhoud aangaan maar kon dit die huweliksverhouding ernstig
skend as verweerder daardeur onvanpaste flirtasie of neiging tot flirtasie D in eiseres raaksien. Daarenteen kan gedrag wat moreel as
ernstig afkeurenswaardig beskou moet word, soos, bv, aanranding of owerspel, volgens die feite geen effek op die huwelik hê nie.
Tweedens, kan E bybring van oorwegings van morele erns in die abstrak tot 'n realisties­foutiewe resultaat lei. 'n Geregshof sou
kwalik kon sê dat aanranding op dieselfde vlak staan as onwilligheid om enige gesprek te voer. Tog kan laasgenoemde die huwelik
totaal verongeluk of juis oa die aanranding uitgelok het. Derdens, bring beoordeling van die afkeurenswaardigheid van 'n bepaalde
optrede of aantal optredes amper onafwendbaar die aanleidende gebeure en ander verduidelikings ter sprake wat die ondersoek
eerder sou uitbrei as inkort, selfs tot op F die terrein van die gedragsielkunde. Terwyl billikheid nie net een party en die
verstaanbaarheid van sy gedrag betrek nie maar ook die inslag van die Hof se besluit op die teenparty, is die waarskynliker
benadering die eenvoudiger vraag ­ en daarom ook die akkurater, spoediger en goedkoper vraag ­ na hoe billik dit is dat die gedrag G
van die betrokke party (en die ander party) 'n invloed op die onderhoudsbevel moet hê. Dit is vir daardie doel onnodig om die
skakerings van veroordeelbaarheid van elke insident te onderneem en voldoende om die gedrag as geheel aan te slaan.
Duidelikheidshalwe H moet ek byvoeg dat dit nie aangedui word dat die Hof realiteite moet ignoreer nie. Vanselfsprekend kan 'n man
se rondlopery ernstiger bejeën word as hy weet dat sy vrou beangst is om alleen tuis te bly. Dié konklusie kan egter direk bereik word
sonder om eers die uithuisigheid afsonderlik te gradeer volgens morele erns of die vrou se vrees en die man se reaksie volgens
sielkundige begrippe te stratifiseer.
Die submissie is voor die Hof geplaas dat gedrag alleen as faktor kan funksioneer indien dit "ernstig" is. Hiedie submissie opper enersyds 'n

1980 (4) SA p370

FLEMMING R
vraag of so 'n wetgewende bedoeling te bepaal is. Andersyds, aangesien die Wetgewer nie voorskryf welke gewig enige van die faktore moet dra
nie, ontstaan die vraag of so 'n benadering prakties of logies aangewese is.
A Die bewoording van art 7 (2) dui nie aan dat slegs ernstige gedrag van belang is nie. Deur die bewoording word trouens 'n kontras geskep
met die bewoording van art 9. Art 9 skep 'n onderskeid tussen aanleidende " omstandighede" en "wangedrag" maar wat laasgenoemde betref is
net "wesenlike" wangedrag relevant. Volledigheidshalwe moet genoem word dat B art 10 verwys na "gedrag vir sover dit ter sake is" terwyl
"gedrag", miskien omdat 'n huwelik sonder vasstelbare rede of om ander redes as die partye se beheerbare gedrag kan verbrokkel, nie 'n
onontbeerlike faktor vir 'n egskeidingsbevel is nie.
Wyer oorwegings vind simpatie by, bv, Hahlo en Sinclair se byvoegsel tot C SA Law of Husband and Wife (sien te 45 en 46) en vgl die proefskrif
van A H Barnard Die Hervorming van Egskeidingsgronde in Engeland, Nederland en Suid­Afrika te 419, 420. Die eerste van twee politiese
oorwegings is die onwenslikheid daarvan dat die partye die onaangenaamheid en koste van 'n ondersoek na "skuld" moet ondergaan slegs om 'n
geskil omtrent onderhoud te besleg. (Vgl Campbell v Campbell (1977) 1 All ER 1 (Fam D).) Hierdie D wenslikheidsoorweging wat in die billikhede
teenoorwegings vind, kan nie wysigende uitleg regverdig nie. Tweedens is die gevoel skynbaar dat dit verkeerd sou wees om 'n ondersoek na
skuld by die agterdeur in te laat nadat die Wet "skuld uitgeskakel het". Alhoewel dit korrek voorkom dat E nie­verwytbare gedrag nie as 'n faktor
sal funksioneer nie, en al word veronderstel dat 'n ondersoek van "gedrag" gelykgestel moet word aan 'n opweging van "skuld", bewys die Wet
nie die premise dat gedrag voortaan irrelevant is nie. Skuld of gedrag is bloot nie meer 'n voorvereiste of 'n beletsel vir die maak van 'n
egskeidingsbevel of 'n onderhoudsbevel nie. F In aansluiting by die opvatting dat meestal beide eggenote skuld het aan die verbrokkeling van 'n
huwelik, is 'n meer vloeibare en gevolglik 'n billiker situasie geskep. Die bestaan of omvang van 'n onderhoudsbevel kan nou nouer saamloop met
elk van die partye se skuld maar omdat ander faktore ook van belang is, sal dit nie noodwendig of selfs gewoonlik saamval nie.
In Engeland is egter na aanleiding van dergelike wetgewing tot die slotsom G gekom dat gedrag net relevant is as dit "both obvious and gross"
is. Sien Wachtel v Wachtel (1973) 1 All ER 829 (CA) te 835, 836. Daardie formulering is ontleen aan ORMROD R se uitspraak in die Hof a quo wat
vanaf 113 in dieselfde band gerapporteer is. Eerstens moet toegegee word dat as bedoel was om net die belang uit te sluit van gebeure wat in
enige H nie­verbrokkelende huwelik kan plaasvind, 'n ooreenstemmende resultaat minstens soms by die toepassing van Wet 70 van 1979 mag
volg. 'n Party tot so 'n huwelik raak bv ook soms verergd en daaruit mag verkeerde woorde en handelinge gebore word wat vervolgens
ongemaklike stilswye of spanning kan veroorsaak. Vgl Ackerman v Ackerman (1971) 3 All ER 721 (PD & A) te 726. Dit sou met reg gesê kan word
dat die positiewe gesindheid wat reeds genoem is, inhou dat 'n eggenoot 'n mate van sulke gebeure moet verwerk sonder om die huweliksbootjie
omrede daarvan te sink. 'n Oorhaastige keldering kan dalk net so sterk as verwytbaar aangeslaan word as die gedrag wat tot die
kelderingsbesluit gelei

1980 (4) SA p371

FLEMMING R
het, of in elk geval veroorsaak dat die afkeurenswaardige gedrag te lig is om die ander billikhede wat die kwessie van onderhoud raak, te
versteur. Naas die inhoud van die gedrag sal, bv, die omstandighede waarin dit A plaasvind, die reëlmaat daarvan en veral die gesindheid
waarvan dit getuig, daarenteen tot die oortuiging kan lei dat die gedrag van soveel belang is dat dit 'n invloed op die uiteindelike bevel moet hê.
Tweedens
© 2018 Juta andsou miskien
Company (Pty)uit 'n billikheidsoogpunt geredeneer kan word dat elke
Ltd. eggenoot
Downloaded die Jul
: Tue ander neem
30 2019 as 'nGMT+0200
11:41:12 basies klaar gevormde
(South produk
Africa Standard Time)
waarvan die B stempel van, bv, oorerwing en opvoeding op temperament, aanpassingsvermoë, voorkeure, ens basies onuitwisbaar is sodat hy as
FLEMMING R
het, of in elk geval veroorsaak dat die afkeurenswaardige gedrag te lig is om die ander billikhede wat die kwessie van onderhoud raak, te
versteur. Naas die inhoud van die gedrag sal, bv, die omstandighede waarin dit A plaasvind, die reëlmaat daarvan en veral die gesindheid
waarvan dit getuig, daarenteen tot die oortuiging kan lei dat die gedrag van soveel belang is dat dit 'n invloed op die uiteindelike bevel moet hê.
Tweedens sou miskien uit 'n billikheidsoogpunt geredeneer kan word dat elke eggenoot die ander neem as 'n basies klaar gevormde produk
waarvan die B stempel van, bv, oorerwing en opvoeding op temperament, aanpassingsvermoë, voorkeure, ens basies onuitwisbaar is sodat hy as
uitgangspunt daarby moet aanpas. Mits gevolglike neigings naby redelike perke bly moet die ander eggenoot in billikheid nie op die gevolglike
optredes kan steun nie omdat ­ so sou die benadering moontlik wees ­ 'n proses van aksie en reaksie plaasvind waarin die insidente wat kenbare
hoogtepunte vorm nie werklik C losgemaak kan word van mekaar of van die onderliggende aanleiding tot die huweliksstremming nie. Die partye se
skuld sou dan wesenlik gelyk wees selfs as een van die twee se gedrag in die strafreg of die moraliteit groter afkeurenswaardigheid by bepaalde
insidente het. Die eindresultaat sou kon wees dat sulke beheersde gevolglike gedraginge nie by art 7 D invloed het nie as 'n ander eggenoot
normaalweg daarmee sou kom saamleef (soos by elk van die huidige partye hul vorige eggenote skynbaar gedoen het met sekere eienskappe van
die partye). Aanvoeling van billikhede langs die lyne van die twee moontlikhede wat so pas genoem is of om ander redes, mag wel daartoe lei dat
art 7 (2) so toegepas word dat in die praktyk slegs 'n ernstige oorwig van "skuld" die billikheid kan versteur wat deur E ander oorwegings
gedikteer word, waarskynlik hoofsaaklik die finansiële behoeftes en vermoëns van die partye; dat dit 'n party niks sal baat om die partye se
"gedrag" by te bring nie as hy niks ernstiger kan bied nie as bewys dat die teenparty se skuld sy eie skuld oorskry. So 'n resultaat sal 'n refleksie
wees van wat meerendeel as billik beskou word veral met F betrekking tot die omstandighede waarin gedrag die inslag van ander oorwegings
affekteer. Sodanige praktyksresultaat sal nie volg as gevolg van 'n aanwysing deur die Wetgewer nie; die lyn sal nie noodwendig getrek word
tussen "obvious and gross" teenoor ander gedrag nie; en hierdie Hof sou nie weerhou wees om die opweging van billikhede te doen op die G
grondslag wat later vermeld word nie. Wat op die oomblik ter sprake is, is egter nie die vraag na waarheen art 7 (2) in die daaglikse praktyk gaan
lei nie maar die vraag of dit aangewese is om in art 7 dieselfde beperkings te herken as wat uit die Wachtel­ beslissing blyk, met inagneming van
die eendersheid van die probleem, die eendersheid van die wetgewing en die ooreenstemmendheid daarvan dat "skuld" by die egskeiding self nie
meer 'n alles ­ of niksfaktor is nie.
H Met besef van die onvermybare risiko's van kommentaar op 'n vreemde regstelsel, blyk dit asof die Engelse Howe uit hoofde van die relevante
wetgewing die billikhede laat beïnvloed slegs deur sulke ernstige gedrag van 'n party ­ skynbaar nie soseer die relatiewe wanbalans tussen die
eggenotes se gedrag nie ­ dat dit die billikheidsgevoel sal ontstig as die gedrag nie 'n effek op die onderhoudsbevel het nie. Sien die Wachtel­
saak supra te 835, 836; W v W (1975) 3 All ER 970 (Fam D) te 972. Hierby is die morele afkeurenswaardigheid van die gedrag nie op die
voorgrond

1980 (4) SA p372


FLEMMING R
nie maar die ingrypendheid daarvan op voortsetting van die huwelik. Sien West v West (1977) 2 All ER 705 (CA). Skynbaar geld die streng
benadering A tog nie by 'n huwelik van betreklike kort duur nie. Sien S v S (1977) 1 All ER 56 (CA). Die partye in daardie geval was in hul
vyftigerjare en die huwelik het vir drie jaar bestaan. (Vgl, in verband met bates, Browne (formerly Pritchard) v Pritchard (1975) 3 All ER 721
(CA).) Gedrag kan sonder so 'n beperking in ag geneem word waar die gedrag betrekking het op die ontslaeraak van bates. Martin v Martin
(1976) 3 All ER 625 (CA). Die B benadering is skynbaar nog na genoeg aan die smeltkroes dat ander kwalifikasies moontlik ook sal volg.
Namens verweerder is aangevoer dat die Engelse Wet onderskeibaar is omdat "gedrag" nie in die genommerde sub­paragrawe as 'n faktor
genoem word waarvan die Hof kennis moet neem nie en dat slegs die slotfrase daarna C verwys. Art 35 van die Matrimonial Causes Act 1973
volg wel daardie patroon net soos sy feitlik identiese voorganger wat te 829 in die Wachtel­ verslag aangehaal is. Alhoewel die uitspraak van
ORMROD R, soos ek dit verstaan, deur die vorm van die voorskrif beïnvloed is, meen ek dat ondanks die formuleringsverskil die Hof in beide
gevalle billikheid moet beoordeel met gedrag as 'n relevante faktor. Terwyl art 7 (2) verg dat D daardie bevel gemaak word wat billik geag word,
verg die Engelse voorskrif egter 'n bevel wat ­ vir sover dit prakties is en "having regard to the conduct" billik is ­ elk van die partye in die
posisie stel waarin hy of sy sou wees as die huwelik voortbestaan het en elk sy finansiële verpligtinge en verantwoordelikheid teenoor die ander
nagekom het. Dit is E logies dat die bepaling van so 'n vervullingsinteresse gedomineer word deur die faktore wat die finansiële realiteite, die
finansiële potensiaal en die finansiële billikheid raak. Die bepaling kom boonop voor in verband met voorskrifte wat, soos ORMROD R dit beskou
het, minder gaan om onderhoud as om die herverdeling van bates en koopkrag
"in such a way as to do broad justice between the spouses after F dissolution and to reflect in this their real contributions to the welfare of the family".

(Sien te 117D en 116H van die verslag.) Die wetgewing erken dan selfs by onderhoudseise onder meer die oorweging wat te 837 in die Wachtel­
verslag aangehaal is:
"The cock can feather the nest because he does not have to spend most of his time sitting on it."

GIn dusdanige direkte verband met die bereiking van 'n bepaalde voorgeskriewe resultaat kan ingesien word dat hoewel heel ernstige gedrag 'n
afwyking kan regverdig, 'n blote vasstelbare of selfs kenbare verskil in die partye se blameerbaarheid nie in billikheid 'n afwyking van die H
aanspraak op die vervullingsinteresse sal regverdig nie. Teen so 'n agtergrond sou dit wel 'n "straf" wees as 'n party minder onderhoud kry as
wat billik is omdat hy "skuld" het.
Hierdie Hof moet dus die taak vervul wat aan hom opgedra is, naamlik om te besluit wat in al die omstandighede billik is waarby die gedrag van
die partye in aanmerking geneem kan word sonder om ten koste van billikheid 'n beperking in te lees. Bygevoeg moet word dat navolging van so
'n beperking meermale nie getuienis sal uitskakel nie maar sal bepaal welke submissie die advokaat aan die einde van die verhoor sal moet maak.

1980 (4) SA p373


FLEMMING R
(b) Toepassing van die maatstaf:

Uitvoeriger feitebevindinge is hierbo gestel sodat dit beskikbaar is indien hierdie geskil verder gevoer word. By die toepassing van die A maatstaf
wat so pas aangedui is, is alles daarvan nie relevant nie. Dit moet gevolglik nou aangedui word waartoe toepassing van genoemde maatstaf wel
lei. Dit kan gerieflikheidshalwe eerstens in negatiewe vorm gedoen word met verwysing na submissies waarop klem namens die partye geplaas is.
B Die aanspraak dat eiseres aansienlik skuld dra omdat sy op 25 April 1979 die consortium beëindig het, impliseer eerstens 'n verkeerde
vraagstelling. Beëindiging van die samelewing is nie die maatstaf nie en dit is onvanpas om te vra of eiseres se vertrek binne of buite die begrip
van "kwaadwillige verlating" in die tradisionele sin geval het. Die belangriker beswaar teen die submissie is egter dat dit verkeerdelik in
C ooreenstemming met ander dele van die reg, die voorval in isolasie neem en eiseres se aandeel daaraan ­ of in elk geval die mees opvallende
aspek van haar aandeel daarin ­ klassifiseer volgens onregmatigheidsmaatstawwe en met gewig beklee volgens verwytbaarheidsmaatstawwe
wat nie by die huidige D wetgewing adopteer is nie. In die breë verband van waar haar optrede op 25 April 1979 inpas by veroorsaking van
verbrokkeling van die huwelik, was haar vertrek 'n teken van verbrokkeling wat reeds ingetree het. Dit werp skaars enige lig op die oorsake van
die verbrokkeling. Ooreenstemmende opmerkings geld ten aansien van verweerder se optrede die vorige aand. Al sou sy gedrag strafregtelik op
aanranding neergekom het, moet die vraag wees na die mate waartoe dit verbrokkeling veroorsaak het. Dit was egter meer in die aard van 'n
blote eindinsident.
E Namens eiseres is baie sterk klem geplaas op verweerder se vrekkerigheid as 'n faktor wat verbrokkeling veroorsaak het en boonop sterk af te
keur is. Aangesien verweeder se aanvaarbaarheid by of prysenswaardigheid by F mede­landsburgers nie onder beregting is nie, moet indignasie
oor hierdie eienskap van verweerder nie so 'n gewigtige rol speel nie. Eiseres maak geen suggestie dat sy in haar daaglikse onderhoud tekort
geskiet het nie. Sy moes wel self vir sekere items soos klerasie sorg maar dit was skynbaar die verstandhouding van meet af aan. Die onreg
gaan eintlik oor die G psigiese eerder as die fisiese. Sy het trouens ­ skynbaar sonder beswaar daarteen ­ by 'n vorige huwelik ook oorleg moes
pleeg oor aankope en deels of grootliks slegs op rekening aankope doen. Hoewel haar weersin teen 'n swak eienskap by verweerder 'n afkoeling
in gevoelens kon veroorsaak (en waarskynlik veroorsaak het) wat die weg geopen het vir uiteindelike verbrokkeling, is die werklike belang van
verweerder se H karaktersamestelling in dié verband dat dit in samehang met spesifieke uitings en insidente veroorsaak het dat eiseres 'n
kwetsing aangevoel het omdat sy nie vertrou word met betrekking tot geldbesteding nie (deurdat die insinuasie, bv, gemaak is dat sy klere­
aankope as kruideniersware laat aanteken) en veral die implikasie dat sy nie werklik as eggenote behandel word nie. Sodra die veroorsaking van
hierdie kwetsing as die kern van hierdie faset ingesien word, is dit van belang dat hierdie implikasie ontstaan en vererger het namate die huwelik
© 2018 Juta andhet.
verbrokkel Company
In die(Pty) Ltd.
aanvangstadium Downloaded
was dit in sigself nie 'n probleem nie en was : Tue Jul 30 2019 11:41:12 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
in gevoelens kon veroorsaak (en waarskynlik veroorsaak het) wat die weg geopen het vir uiteindelike verbrokkeling, is die werklike belang van
verweerder se H karaktersamestelling in dié verband dat dit in samehang met spesifieke uitings en insidente veroorsaak het dat eiseres 'n
kwetsing aangevoel het omdat sy nie vertrou word met betrekking tot geldbesteding nie (deurdat die insinuasie, bv, gemaak is dat sy klere­
aankope as kruideniersware laat aanteken) en veral die implikasie dat sy nie werklik as eggenote behandel word nie. Sodra die veroorsaking van
hierdie kwetsing as die kern van hierdie faset ingesien word, is dit van belang dat hierdie implikasie ontstaan en vererger het namate die huwelik
verbrokkel het. In die aanvangstadium was dit in sigself nie 'n probleem nie en was

1980 (4) SA p374

FLEMMING R
daar bloot die verskil omtrent metode deurdat eiseres gemeen het dat sy 'n toelaag behoort te kry wat veweerder nooit aangebied of gegee het
nie A behalwe teësinniglik op 'n latere stadium. As dit by die verwytbaarheid van veroorsaking van verbrokkeling kom, moet eiseres minstens ewe
ernstige verwyt kry omdat sy die grief of beswaar wat sy gedra het, nie behoorlik geopper het nie maar haar om heel onvoldoende rede skuldig
gemaak het aan optrede wat op alle waarskynlikhede 'n ernstige knou aan die huwelik sou gee, nl dat sy eenvoudig na Kaapstad vertrek het.
B Voordat in die positief gestel word welke optrede van die partye relevant is, is dit nodig om opnuut te beklemtoon dat dit in hierdie geval
nodig is om tot 'n groter mate as wat dalk andersins die geval kon wees, volgens waarskynlikhede te oordeel. Die rede is dat eiseres se
getuienis, behalwe waar dit onaangeveg gelaat is, nie ten koste van die waarskynlikhede C aanvaarbaar voorkom nie. Hierdie benadering open
ook die deur om waarskynlikhede in verweerder se guns in ag te neem alhoewel hy nie in getuienis bevestig het wat hom gehinder het of sy
optrede verduidelik het nie. Die gevolg van hierdie benadering is dat 'n insident soos die verwydering van sekere droë blommerangskikkings uit die
partye se D gesamentlike woning, nie die geheelbeeld ten laste van verweerder verswaar nie. Reeds op 'n vroeë stadium van die huwelik wou
eiseres die rangskikking wat deur verweerder se vooroorlede eggenote aangebring is, verwyder ten einde haar eie stempel in die huishouding af
te druk. Terwyl dit verstaanbaar is, is dit ook verstaanbaar dat verweerder waarskynlik nog nie ryp was vir hierdie nie­noodsaaklike wysiging aan
wat tot stand E gebring is deur sy eggenote wat in tragiese omstandighede oorlede is nie. Terwyl sielkundige maatstawwe nie die antwoord bied
nie ­ en trouens vir alle gedrag 'n verstaanbare verduideliking mag vind ­ verg realisme dat erken word dat elke party 'n behoefte gehad het, die
een om te verander en die ander om te behou vir sover dit die rangskikkings aangaan, waardeur F daar onvoldoende verskil in verwytbaarheid is
vir sover dit veroorsaking van verbrokkeling aangaan.
Om dan te kom by die gedrag wat wel relevant is, word voldoende reg aan die billikhede gedoen as, aan die hand van die nodige klem op
waarskynlikhede, die posisie as volg saamgevat word: Hoewel beide partye sou besef het dat aanpassings nodig is wat in die omstandighede van
die G huweliksbesluit selfs onverwagte aspekte mag inhou, was daar aanvanklik geen noemenswaardige poging tot aanpassing of poging om
aanpassing te verkry nie. Terwyl die probleme nog basies uit temperamentele verskille gespruit het, het eiseres die situasie ten swakste hanteer
deur verweerder eenvoudig te verlaat. Hierdeur, soos die intieme probleme te Kaapstad H bewys, tesame met haar herhaalde afwesigheid vir
allerlei besoeke en haar houding, hoewel haar dienste ontbeerlik was, teenoor die huishouding en die gesamentlike huwelikslewe, het sy genoeg
gedoen om op waarskynlikhede 'n gesonde huweliksverhouding te knou. Tesame met ander oorsake, soos, bv, verweerder se indruk, miskien
verkeerdelik, dat sy afgewyk het van die reëling dat sy haar eie inkomstebelasting sal betaal en 'n suspisie dat sy sonder veel noulettendheid
voordele uit verweerder se finansies wou geniet, sou 'n twyfel oor haar bona fides groei. Hoewel eiseres nie vervreemdende gedrag gestaak het
nie en sy inteendeel selfs 'n mate van moedswil getoon het, oa deur 'n dubbelaankoop

1980 (4) SA p375

FLEMMING R
van kruideniersware, het huwelikskadende gedrag in reëlmaat en ingrypendheid egter algaande al meer aan verweerder se kant voorgekom.
Eiseres het haar tanende belang in die huwelik nie tot dieselfde mate A toegelaat om uiting te vind in gedrag wat op die huwelik inwerk as
verweerder wat al meer blatante beskadiging van die verhouding getoon het nie. Sy temperamentele neigings tot alleen­wees en om
niedemonstratief van toegeneentheid te wees nie, het algaande 'n sinistêre kleur van onttrekking en gebrek aan belangstelling gekry; sy
finansiële B noulettendheid is toegepas in 'n gees wat gekwets het en selfs met kleingeestigheid; waar dit hy is wat aanvanklik toenadering
gesoek het na huweliksprobleme, het hy later met al meer duidelikheid nie belang daarin getoon nie. Van daardie geestesgesteldheid was sy
uithuisigheid, en sy afsydigheid terwyl hy tuis is behalwe wanneer bevrediging van die geslagsdrang ter sprake is, bewys en terselfdertyd
verbrokkelende gedrag. C Dit is daardeur dat verbrokkeling dermate gegroei het dat voortsetting van die huwelik deur eiseres nie verwagbaar
was nie en sy die huwelik kenbaar beëindig het. Die laaste insidente in hierdie ontwikkelingsproses was dat die intieme lewe tot 'n einde gekom
het; dat verweerder se toenadering drie weke later afgewys is; en dat daaruit 'n handtastelikheid met D beledigings en verwyte gekom het wat
die direkte aanleiding was tot die finale verbrokkeling toe eiseres besluit het om weg te gaan. Selfs die genoemde gedrag van verweerder is nie
los te maak van eiseres se gedrag nie wat wantroue in die suiwerheid van haar motiewe jeens verweerder geskep het en laat voortbestaan het.
Gevolglik is geeneen van die partye se gedrag "obvious and gross" nie. E Omdat die gedrag desondanks in ag geneem kan word, ontstaan die
vraag of hierdie Hof die relatiewe mate van skuld moet boekstaaf. As 'n wysiging van die onderhoudsbevel moontlik is en ter sprake kom, sou dit
onwenslik wees dat daar 'n nuwe ondersoek na die partye se gedrag moet wees. Tweedens kan verdere gedrag met betrekking tot verbrokkeling
van die F huwelik nie plaasvind nie sodat die partye se gedrag nou 'n onveranderlike faktor is soos verskeie ander faktore wat in art 7 (2)
genoem word. Sodat die relevante eiesoortige toepassing van res judicata moontlik is, meen ek dat dit gepas is dat hierdie Hof se beskouings so
akkuraat as moontlik aangedui word.
G Omtrent die wyse waarop so 'n bevinding geboekstaaf moet word, aanvaar ek dat 'n persentuele inkorting op die bedrag wat andersins as
onderhoud gepas sou wees, nie aangewese is nie. Hierdie Hof sou 'n finale bevinding omtrent die partye se skuld kon maak maar sou in verband
met die vraag na die invloed daarvan op die aangewese onderhoudsbevel, nie meer kan bevind H as die effek wat dit tans moet hê volgens die
ander oorwegings se huidige belang nie. Waar dit nou denkbaar geen effek sal hê nie, mag die relatiewe finansiële posisie van die partye en
ander faktore so verander dat dit in die toekoms goed geag word dat dit tog effek moet hê. Vgl Ackerman v Ackerman (1972) 2 All ER 420 (CA);
Porter v Porter (1971) 2 All ER 1037 (PD & A). Tog meen ek dat dit in belang van duidelikheid in hierdie geval toelaatbaar is om rekenkundige
uitdrukking te gee aan die Hof se bevindinge met betrekking tot gedrag omdat dit die mees grafiese wyse is waarop dit aangedui kan word. Op
daardie grondslag kan gesê word dat verweerder in die omgewing van

1980 (4) SA p376


FLEMMING R
60 persent van die verwytbare gedrag aan die dag gelê het, hoewel dit so hoog as twee­derdes mag wees. Indien gelet moet word op die
balans van A morele skuld by afsonderlike insidente sou verweerder se latere gedrag meebring dat soveel as 80 persent van die blaam na sy
kant moet gaan. Ek meen dat selfs dan, verweerder se gedrag nie "obvious and gross" sou wees binne die aanduidings van die regspraak wat
hierbo aangehaal is nie.
(c) Die effek van die gedrag:
B Uit hoofde van die taak wat aan hierdie Hof opgedra is, volg dit nie sonder meer dat genoemde beskouings oor die partye se gedrag wel 'n
invloed sal hê op die bevel wat gemaak word nie. Die billikhede sal bepaal of dit wel die geval is.
By die vraag omtrent welke onderhoudsbevel, indien enige, billik is, C verkies ek om die saak te benader aan die hand van twee navrae, nl of in
al die omstandighede dit reg en billik is dat eiseres vir onderhoud na verweerder kan kyk, en, tweedens, hoeveel die onderhoud nou of in die
toekoms moet bedra. Hierdie benadering het die voordeel dat dit die soeklig ook werp op die belangrike teenkant van die eerste vraag, nl of D dit
in die omstandighede billik is dat eiseres op haar eie vermoëns aangewese is afgesien van die feit dat sy tans voldoende in haar behoeftes kan
sorg. As dit onbillik sou wees dat eiseres geen reg op finansiële bystand het nie, is haar huidige selfversorgendheid in dié opsig 'n toevalligheid
dat dit bloot die huidige uitval van finansiële berekenings is wat op 'n negatiewe antwoord dui. Die finansiële posisie kan wesenlik E verander.
Ondanks die kritiek op die maak van "nominale" onderhoudsbevele (vgl, bv, 1980 THRHR 56) sou ek hier bereid wees om 'n "nominale"
onderhoudsbevel te maak, nie ten einde 'n leemte in die Wet aan te vul of 'n reg op wysiging te verleen wat die Wet nie beoog nie, maar om te
bevestig dat dit reg en billik is dat eiseres nie op haarself aangewese is F nie maar terselfdertyd te toon dat die uitval van die samelopende
oorwegings wat op die oomblik heers, is dat die omvang van haar aanspraak op die huidige en in die onmiddellike toekoms nul is. Eiseres, soos
ander persone, kan oorval word deur siekte, verminking of totale verlies van bates weens brand of die maak van 'n swak belegging.
Ek meen
© 2018 gevolglik
Juta and Companydat
(Pty)die
Ltd.Hof 'n wye diskresie het wat nie deur aangeduide G benaderingsvoorskrifte
Downloaded ingekort
: Tue Jul 30 2019 11:41:12 is nie.(South
GMT+0200 Tweedens maak die
Africa Standard Time)
noodsaak aan billikheid dit onmoontlik om af te lei dat enige van die toelaatbare oorwegings altyd oorheersende gewig moet dra. Hierdie twee
onderhoudsbevel te maak, nie ten einde 'n leemte in die Wet aan te vul of 'n reg op wysiging te verleen wat die Wet nie beoog nie, maar om te
bevestig dat dit reg en billik is dat eiseres nie op haarself aangewese is F nie maar terselfdertyd te toon dat die uitval van die samelopende
oorwegings wat op die oomblik heers, is dat die omvang van haar aanspraak op die huidige en in die onmiddellike toekoms nul is. Eiseres, soos
ander persone, kan oorval word deur siekte, verminking of totale verlies van bates weens brand of die maak van 'n swak belegging.
Ek meen gevolglik dat die Hof 'n wye diskresie het wat nie deur aangeduide G benaderingsvoorskrifte ingekort is nie. Tweedens maak die
noodsaak aan billikheid dit onmoontlik om af te lei dat enige van die toelaatbare oorwegings altyd oorheersende gewig moet dra. Hierdie twee
beskouings tesame open die weg vir 'n gevolgtrekking oor wat in hierdie geval moet gebeur, wat verskil van die beskouing van elk van die partye
en aldus nòg H die klem plaas soos tydens argument voorgestel nòg deur beperkinge in 'n bepaalde rigting gestuur is.
Tussen die partye was daar aansienlike verskil oor die bevel wat in hierdie geval aangewese is. Elk van die partye het gesteun op die ander party
se "skuld". Namens verweerder is oa aangevoer dat selfs as die partye se gedrag ewe verwytbaar sou wees of indien verweerder meerdere skuld
het, geen onderhoudsbevel gemaak moet word nie. Dit is aangevoer dat daardie resultaat gedikteer word veral deur die kortheid van die huwelik;
alternatiewelik dié faktor tesame met eiseres se eie "gedrag" of die finansiële vermoëns van eiseres teenoor haar finansiële behoeftes. Dit is

1980 (4) SA p377

FLEMMING R
trouens aangevoer dat laasgenoemde elk in sigself voldoende rede is om volgens billikhede te konkludeer dat eiseres nie onderhoud moet
ontvang nie.
A Namens eiseres is min of meer die teenoorgestelde geargumenteer maar daarnaas 'n billikheidsargument geopper wat sterk herinner aan 'n
vordering vir skadevergoeding volgens positiewe interesse of alternatiewelik volgens negatiewe interesse. Eerstens is aangevoer dat eiseres
onderhoud moet ontvang tot die mate waartoe sy nou in 'n swakker B posisie is as wat sy tydens die huwelik was. Alternatiewelik is aangevoer
dat aan haar voordele toekom tot die mate wat nodig is om haar in dieselfde posisie te plaas asof die huwelik nooit gesluit was nie. Volgens die
eerste argument is R457 billik. Dit is bereken deur haar salaris af te trek van die addisionele onkostes wat sy nou sal hê ten aansien van die huur
van 'n woonplek met 'n telefoon en televisiestel met werknemersloon, C plus haar uitgawes aan water en ligte, voedsel en drank, brandstof,
vakansie­akkommodasie en inkomstebelasting. In die alternatief is 'n bedrag van R325 bereken as die totaal van vier items. Die pension sou R221
wees as sy nooit getrou het nie en die waarde van mediese voordele is op R60 per maand gestel. R10 per maand is bygevoeg na aanleiding van
R1 950 D van die regskoste van 'n vorige aksie. R34 is bygetel as vergoeding vir meubels van R4 000 wat eiseres na die huwelik aan haar kinders
geskenk het. 'n Derde alternatief het omvat dat eiseres minstens die bedrag van die verlore pensioen moet ontvang. Dit is aangevoer dat enige
van die drie alternatiewe billik is selfs as die partye gelyke skuld het en ongeag oorwegings soos eiseres se finansiële behoeftes en vermoëns en
die E kortheid van die huwelik. Alternatiewelik is 'n bevel gevra wat verweerder gelas om eiseres se koste van 'n mediese aard te betaal. Steun
is ook op verweerder se finansies geplaas.
Wat eiseres se benadering betref, moet terloops gewys word op teenoorwegings in die billikhede, bv dat eiseres die meubels steeds nie F nodig
het nie; dat die huwelik nie geverg het dat sy die meubels weggee eerder as verkoop nie; dat verweerder 'n diamant van heelwat meer as R5
000 kwyt is en om weer 'n vrou in die huis te hê moontlik volle onderhoud sal moet verskaf naas die onderhoud wat hy aan eiseres mag betaal
terwyl, as hy met eiseres getroud gebly het, sy grootliks vir haarself sou sorg. G 'n Belangriker beswaar is egter dat onderhoud nie
gemeenregtelik of volgens die Wet na gelang van positiewe interesse of negatiewe interesse berekenbaar is nie. Daar was nie eers 'n vaste reël
dat 'n onskuldige vrou op dieselfde lewensstandaard moet leef as wat sy voor egskeiding ondervind het nie. Die Wetgewer herhaal eintlik maar
die faktore wat ondervinding as wyse leermeester aangedui het as relevant in belang van billikheid en wat H reeds deur die Howe in ag geneem
is sonder instruksies van die Wetgewer. Daarby is die partye se potensiële oorskot of tekorte of selfonderhoud van groot belang. Terwyl nie uit
die oog verloor sal word dat eiseres haar pensioen en mediese voordele verloor het nie, is dit hoogstens 'n faktor in bepaling van billikhede en nie
'n vertrekpunt vir die beoordeling daarvan nie. Art 7 kan ook nie gebruik word om 'n verstelling vir 'n kapitale verlies te maak nie of om 'n
ooreenstemmende resultaat te verkry omdat eiseres art 9 as onbevredigend beperk beskou nie.

1980 (4) SA p378

FLEMMING R
Op die vraag of dit billik is dat eiseres ten volle op haarself aangewese is selfs ondanks buitengewone finansiële krisis, staan as gewigtige A
negatiewe faktor die oorweging dat die verbrokkeling van die huwelik tot so 'n groot mate deur verweerder se optrede veroorsaak is. Ten
aansien van die gewone dag tot dag onderhoud is daar egter verskeie oorwegings wat genoem moet word. Op die voorgrond staan dat hier 'n
huwelik van korte duur was; dat dit deurleef is deur partye wat geeneen hul jeuglewe of toekomsvooruitsigte vir mekaar opgeoffer het nie; dat
eiseres self B substansiële veroorsakende gedrag getoon het ongeag of verweerder se latere en ernstiger gedrag daaruit gegroei het ­ moontlik
net gedeeltelik ­ of nie. In verband met laasgenoemde en alhoewel dit onnodig is om daarop te steun en derhalwe om daaromtrent te beslis, sou
dit miskien korrek wees om te sê dat die partye ewe onverantwoordelik was om so kort na ontmoeting C tot huweliksluiting oor te gaan. Van
aanmerklike belang is dat eiseres met 'n na­belaste inkomste van feitlik R9 900 as sy nie 'n diensbetrekking beklee nie, in staat is om goed
genoeg te leef. Die langtermyn werking van inflasie sal deels gekompenseer word deur mindere behoeftes aan, bv, sportdeelname, klerasie, ens,
die neem van 'n kleiner woonstel en mindere vervoerbehoeftes maar terwyl sy werk kan sy selfs spaar vir aanvulling van lewensbehoeftes in die
toekoms.
D Op 'n geheelbeeld meen ek dat, alhoewel verweerder onderhoud maklik genoeg sou kon betaal, hy nie daardie aanvullende lewensmiddele
moet verskaf wat die element van gerief of selfs luukse tot eiseres se leefwyse toevoeg nie en in besonder dan nié aanvulling moet verskaf vir
sover E eiseres behoefte het aan, bv, geskenke aan andere (R360); kerkbydraes (R300); vakansies (R240); eie plesier (R456); of 'n duur
werksmetode soos 'n besonder groot woonstel vir 'n alleenlopende of die huur van 'n televisiestel ­ teen 'n tarief wat feitlik tweejaarlikse
vervanging van 'n stel moontlik maak nie. Minstens vir die genoemde bedrae en 'n verdere F bedrag van ongeveer R300 om te voorsien vir
mindere televisie­onkoste, en gedeeltes van die telefoonkoste, brandstofkoste en selfs hareversorging, moet dus 'n verstelling gemaak word vir
die relatiewe doel van beoordeling van wat in die omstandighede billik is. Of die verstelling ookal gemaak word of nie, meen ek dat verweerder nie
'n betaling ten aansien van die dag tot dag onderhoud moet maak nie.
G Die mediesekoste is een item waarby juis onvoorspelbaarheid voorspelbaar is. In die omstandighede, of verweerder se finansies ookal hanteer
word as 'n positiewe faktor of bloot as iets wat nie negatief teen so 'n bevel weeg nie, meen ek dat verweerder die snykant van daardie risiko
moet stomp H maak. Die bevel daaromtrent is nie bedoel as 'n "nominale" onderhoudsbevel of as 'n kapstok vir 'n wysigingsaansoek nie maar
bloot omdat dit billik geag word dat die besondere risiko afgeweer word.
Die twyfel wat in hierdie verband ondervind is, het daarom gegaan of selfs 'n bevel in verband met mediesekoste gemaak behoort te word. Ek
meen dat, indien gefouteer is, die fout ten gunste van eiseres gemaak is. In argument is die bedenking geopper of so 'n bevel nie as 'n bevel ad
factum praestandum ongeoorloofd is nie maar ek meen dat dit nie die geval is nie. Duidelikheidshalwe moet bygevoeg word dat 'n faktor soos die
partye se hoë lewensstandaard nie uit die oog verloor is nie.

1980 (4) SA p379

FLEMMING R
Wat die aangewese bevel betref, is dit duidelik dat, aangesien 'n bevel volgens art 4 (3) onvanpas sou wees, 'n egskeidingsbevel toegestaan
moet word. Elk van die partye het so 'n bevel in sy of haar guns aan die hand A gedoen. Ondanks die verwysing na 'n "suksesvolle party" in art
10, is ek nie oortuig dat die egskeidingsbevel nie bloot verleen moet word sonder om dit juis in die guns van een of ander party te verleen nie.
Dit is onnodig om daaromtrent te beslis in hierdie geval. Die bevel word in eiseres se guns verleen op die grondslag dat, indien so 'n werkswyse
aangewese is, die bevel in hierdie geval in eiseres se guns verleen moet word omdat sy B die eerste inisiatief geneem het en die mindere mate
van verwytbare gedrag aan die dag gelê het.
Ten aansien van gedingskoste het die partye ook direk strydige standpunte ingeneem. Dit is onnodig om op al die verskille hieromtrent in te
gaan. Namens eiseres is aangevoer dat sy die "suksesvolle" party is. Dit is sy C wel in 'n relatiewe sin. Op daardie bewerings wat verweerder
gemaak het wat wel bewese is, sou verbrokkeling ook vasstaan. Daar is gesteun daarop dat verweerder hom aan afkeurenswaardige
litigasiegedrag skuldig gemaak het. In hierdie verband is wyd geloop. Verweerder se ontkennings op die pleitstukke, die lengte van die
kruisverhoor, die aspekte geraak in D kruisverhoor, is aangeveg. Ek meen nie dat iets hieruit 'n bestraffende kostebevel regverdig nie en dat
hoogstens
© 2018 Juta and die normale
Company (Pty)vergoedende
Ltd. kostebevel bepaal moet word. Daar is voorts gesteun
Downloaded op30ander
: Tue Jul beweerde
2019 11:41:12 afkeurenswaardige
GMT+0200 gedrag,
(South Africa Standard Time)
hoofsaaklik geleë in die gebeure nadat die partye finaal uitmekaar is, bv beweerde dreigemente, vernederende briewe, onbedoelde beloftes, en
Ten aansien van gedingskoste het die partye ook direk strydige standpunte ingeneem. Dit is onnodig om op al die verskille hieromtrent in te
gaan. Namens eiseres is aangevoer dat sy die "suksesvolle" party is. Dit is sy C wel in 'n relatiewe sin. Op daardie bewerings wat verweerder
gemaak het wat wel bewese is, sou verbrokkeling ook vasstaan. Daar is gesteun daarop dat verweerder hom aan afkeurenswaardige
litigasiegedrag skuldig gemaak het. In hierdie verband is wyd geloop. Verweerder se ontkennings op die pleitstukke, die lengte van die
kruisverhoor, die aspekte geraak in D kruisverhoor, is aangeveg. Ek meen nie dat iets hieruit 'n bestraffende kostebevel regverdig nie en dat
hoogstens die normale vergoedende kostebevel bepaal moet word. Daar is voorts gesteun op ander beweerde afkeurenswaardige gedrag,
hoofsaaklik geleë in die gebeure nadat die partye finaal uitmekaar is, bv beweerde dreigemente, vernederende briewe, onbedoelde beloftes, en
die instel van aksie om die bedrag wat vir E gedingskoste aan eiseres geleen is, te verhaal. Dit is reeds aangedui dat dit nie vasgestel kan word
wat eintlik tussen die partye gebeur het nadat hul uitmekaar is nie vir sover dit 'n groot deel van hierdie gebeure aangaan. Daarom kan geen
vooruitsig van versoening daarop gebaseer word nie en affekteer dit nie die gedrag wat tot verbrokkeling gelei het nie F maar kan boonop geen
verwyt wat koste sal affekteer, daarin gefundeer word nie. Vir sover die feite wel vasstelbaar is, bv aan die inhoud van briewe, steek na my
oordeel niks daarin wat die aangewese kostebevel raak nie. Dieselfde mening word gehuldig ten aansien van die steun op verweerder se
vrekkerigheid as sterk afkeurenswaardige faktor en op die feit dat hy 'n miljoenêr is.
G Bloot aan die hand van die volgende oorwegings is 'n kostebevel in eiseres se guns geregverdig: Hoewel die klem gepas anders geplaas mag
word by 'n onbestrede saak, is die onderhawige saak inderdaad bestrede. Die stryd het werklik gegaan om onderhoud. Op daardie aspek was
eiseres, weliswaar uit hoofde van die Hof se diskresie, suksesvol. Verweerder het geen aanbod tot H betaling van enige bedrag hoegenaamd
gemaak nie en eiseres se aanspraak dat iets aan haar toekom in totaal bestry. Die gedrag wat in hierdie geval ter sake is, het gevolglik as
belangrikste faktor dat die oorgrote deel van eiseres se koste onregverdiglik deur verweerder veroorsaak is. Vgl Texas Co (SA) Ltd v Cape Town
Municipality 1926 AD 467 te 488 en vgl De Villiers v Soetsane 1975 (1) SA 360 (OK) te 362, 363 vir andersoortige toepassing van die beginsel.
Daar is in hierdie geval onvoldoende rede vir 'n ander bevel as dié waartoe genoemde oorweging lei. Trouens, genoemde oorweging word hier

1980 (4) SA p380

FLEMMING R
versterk deur die feit dat in die stryd om die toedeling van "skuld", wat met die oog op die onderhoudsbevel gevoer is, eiseres ook die beste A
daarvan afgekom het. Hierdie oorweging word as versterking genoem van wat reeds genoem is en nie as selfstandige oorweging nie omdat ek nie
oortuig is dat ek eiseres se volle gedingskoste aan haar sou toeken in omstandighede waar die enigste oorweging is dat elk van die partye
geregtig sou wees om egskeiding te vorder weens verbrokkeling van die huwelik en daar bloot 'n mate van oorwig van skuld is nie. Geen steun
word B op verweerder se miljoenêrskap geplaas nie omdat eiseres nie in haar daaglikse leefwyse benadeel sou word as sy self deel van haar
koste moet betaal nie en dit in my oordeel verkeerd sou wees om verweerder te gelas om die koste te betaal bloot omdat hy dit beter kan
bekostig. Soos reeds aangedui is, omvat die kostebevel geen element van bestrawwing van C verweerder vir enige afkeurenswaardige gedrag
nie. Wat daardie deel van die koste betref wat in elk geval sou aangegaan word as die aksie onbestrede was, meen ek met inagneming van die
relatief klein omvang daarvan in die omstandighede waar eiseres geregverdig was om die Hof vir 'n egskeidingsbevel te nader en die regverdiging
tot so 'n groot mate aan D verweerder te wyte is en met inagneming van die vermoëns van die partye, dat eiseres ook daardie koste moet
verhaal.
Ten gunste van eiseres word:
1. 'n Egskeidingsbevel toegestaan op grond van onherstelbare verbrokkeling van die huwelik.
2. Verweerder gelas om ten aansien van eiseres se mediese kostes, die E fooie en uitgawes van enige geregistreerde praktisyn asook die koste van enige item
of diens op aanwysing van so 'n praktisyn aangeskaf (met insluiting deurgaans van fisioterapie, bloedoortappings, prosteses, radiologiese ondersoeke en
patalogiese ondersoeke) vir sover dit op eiseres se eie versorging betrekking het aan eiseres te vergoed tot op 50 persent daarvan met dien verstande dat die
koste F daaraan wat opgeloop word terwyl eiseres 'n pasiënt in 'n hospitaal is asook die volle verblyfkostes verskuldig aan sodanige inrigting tot op 100 persent
daarvan, aan eiseres vergoed word.
3. Verweerder gelas om eiseres se gedingskoste te betaal.

G Eiseres se Prokureurs: Symington & De Kok. Verweerder se Prokureurs: McIntyre & Van der Post.

© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Tue Jul 30 2019 11:41:12 GMT+0200 (South Africa Standard Time)

You might also like