NW Gr.9 - Die Uitskeidingstelsel

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

DIE

UITS KEIDINGS TELSEL

BL.41 - 44
FUNKSIE EN VERNAAMSTE PROSESSE

• FUNKSIE
Verwyder afvalstowwe uit die bloed en reguleer die liggaam se vloeistowwe deur middel
van uitskeiding
• VERNAAMSTE PROSESSE
(1) Filtrasie: vind plaas in die niere; afvalstowwe van metabolisme soos ureum,
oormaat soute en oortollige water word uit die bloed verwyder en in die filtraat
versamel
(2) Absorpsie: bloedvate in die niere herabsorbeer nuttige stowwe vanuit die
filtraat
(3) Diffusie: sekere stowwe word in en uit die bloedvate van die niere vervoer
(4) Uitskeiding: oorblywende filtraat versamel in klein buisies – hierdie vloeistof
word uriene genoem; uriene vloei vanaf die niere met ureters na die blaas en
verlaat die liggaam deur die uretra
URIENESTELSEL VAN DIE MENS

NB!
NIERE

• Waar is dit geleë?


In die buikholte, een aan elke kant van die werwelkolom net onder die diafragma, min
of meer op die hoogte van jou elmboë
• Regternier is effens laer as die linker een; niere is boontjievormig
• Nierslagaar gaan die nier binne aan die konkawe (hol) kant, terwyl die nieraar en
die ureter die nier aan dieselfde kant verlaat
• Nierslagaar vervoer bloed met afvalstowwe vanaf die liggaamselle na die niere;
nieraar vervoer gesuiwerde bloed weg vanaf die niere.
NIERE (VERVOLG)

• Hooffunksies:
(1) lewensbelangrike rol by die
uitkeiding van afvalstowwe
(2) beheer hoeveelheid water in
bloed en weefselvloeistof
(3) beheer konsentrasie
mineraalsoute in bloed en
weefselvloeistof
URETERS, BLAAS EN URETRA

• Ureters
Vervoer uriene vanaf die niere na die blaas
• Blaas
‘n Ballonagtige orgaan wat net onder die buikholte geleë is waarin uriene tydelik
gestoor word voor uitskeiding
• Uretra
‘n Buis wat die blaas met die buitekant van die liggaam verbind waardeur uriene
uitgeskei word
GESONDHEIDSKWESSIES
• Nierversaking
- niere verloor hul vermoë om afvalstowwe behoorlik te filtreer en verwyder
- kan skadelik en fataal (dodelik) wees
- persone met nierversaking ondergaan dialise – ‘n masjien doen die werk van die
niere
• Blaasinfeksie
- bakterieë kom die blaas binne en veroorsaak infeksie
- veroorsaak swelling en pyn wanneer ‘n persoon urineer
• Nierstene
- harde voorwerp
- vorm wanneer vloeistofinname te laag is – konsentrasie van opgeloste stowwe in
die nier word te hoog
- kan in die nier bly of uitgeskei word
- kan erge pyn veroorsaak en selfs bloeding
HUISWERK

• Oefening 5 bl.42
Vraag 1 – 2
Vraag 4 - 6

You might also like