Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Wil jy jou naam in ligte geskryf sien in die toekoms?

Richard Denney, ‘n Amerikaanse outeur, het gesê elkeen moet ‘n


droom hê waarin jy glo – jy moet dit glo en leef en weet dat wanneer
jy in jouself glo, niemand jou kan stop nie!

Voorsitter

Wat word van ons kinders se drome vandag? Baie ouers maak ons
groot met ‘n” wees bang vir die toekoms “– houding en dit maak
kinders bang om te droom.

As jy ‘n droom het sê ek sommer – klim uit jou voëlhokkie en vlieg na


jou droom toe – hoe anders gaan jy ooit weet of jy kan vlieg.

Karen Hodges, heelbreinpraktisyn van Durbanville, meen Suid-


Afrikaners is geneig om kinders te leer om te bly waar dit veilig is.

Babas word in speelhokke ingehok om hulleself nie te beseer nie en


net so moedig ouers kinders aan om “veilige”beroepe te kies met
medies en pensioen.

3
Ek lees in ‘n artikel in Sarie van November 2011 dat Richard Branson
– biljoenêr en wêreldbekende entrepreneur – disleksie gehad het en
musiek uit sy kattebak verkoop het EN vandag is hy die eienaar van ‘n
lugredery en hy het beslis nie die veilige opsie gekies nie.

Wys jou net waar daar ‘n wil is is ‘n weg – jy is reg of weg!

Die wêreld het ‘n obsessie met talent – as jy nie talent het nie kan jy
nie iets bereik nie. Ek reken dit is sommer ‘n bog storie.

Volgens ‘n artikel op www.voelgoed.co.za kan elke kind kies hoe slim


hy of sy kan wees en moet ophou sukkel met selfbeeld probleme.
Jou toekoms is in jou hande en jy kan die verskil self maak.
Jy moet net jou hande uit jou hare uithaal.

‘n Toekomskundige Dr Piet Muller, sê dat die toekoms groot eise stel


aan vandag se jongmense maar as ons die berge een vir een klim sal
ons die toppunt bereik.

Wanneer jy jou droom volg en jy doen wat jy met jou hele hart wil
doen, sal deure vir jou oopgaan en dan sal jy sien dat elke droom
eintlik deur die Skepper geplant is maar dis JOU werk om dit nat te
maak en te snoei tot ‘n groot boom van ‘n droom.
6
Ons droom te klein omdat ons ‘n gebrek aan selfvertroue het.

Die skrywer Jake Halpern het in ‘n studie gesien dat


hoërskoolleerlinge gesê het hulle wil die persoonlike assistent van ‘n
bekende persoon wees – nee man, waarom wil jy nie die bekende
persoon wees nie!

Voorsitter

Ek is nou keelvol vir ons wit Afrikaanse kinders se bangwees en kry


my jammer mentaliteit.
Wat gaan van ons land word as ons almal maar net “veilig” speel.

NEE jy moet kanse waag, gee die sprong en probeer jou bes – leef jou
droom al beteken dit jou ouers is dalk ongelukkig omdat jy wild is –
dit is jou lewe en jy moet jou hart volg.
8

Wanneer jy so dink verander jy in ‘n superkind en agter elke


superkind is ‘n superouer.

‘n Ouer wat glo, motiveer en reels neerlê en kinders toelaat om die


naam liggie vir liggie te skryf totdat dit helder blink saam met die
sterre.

9
Justin Bieber het gesê as jy nie groot droom nie dan is dit nie die
moeite werd om te droom nie en kyk net na sy naam in ligte geskryf.

Droom nou en droom groot en sien jou naam in ligte geskryf in die
toekoms …….

10

You might also like