Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 40

Jou Eksamengids

AFRIKAANS
HUISTAAL
GRAAD
EN EERSTE
12 ADDISIONELE
TAAL
VRAESTEL 1 TAAL IN KONTEKS
(LEESBEGRIP, OPSOMMING
EN TAALSTRUKTURE
EN -KONVENSIES)

Supported by
FOREWORD BY THE HONOURABLE MINISTER OF BASIC EDUCATION

Our shared goal is continually to improve learner performance. This is an effort which is
strengthened through close collaboration between the Basic Education Sector and the South
Africa’s private and public sectors.

It gives me great pleasure to inform you that you have been favoured with the AVBOB STEP
12 Examination Preparation Guides for South Africa’s Grade 12 languages, a product of a
long-standing partnership between the Department of Basic Education and AVBOB.

Through these guides, AVBOB aims to provide language examination support to all Grade
12 teachers and learners. These guides will serve as a valuable self-help resource for
learners.

Through AVBOB STEP 12, AVBOB is making available 33 Examination Preparation


Guides, each meticulously compliant with the Curriculum and Assessment Policy Statement
(CAPS); and written in accordance with the most recent Examination Guidelines for the
twelve South African languages offered in Grade 12. Teachers, learners and interested
parties, may download these guides at no cost from www.avbobstep12.co.za.

The initial set of AVBOB STEP 12 Examination Preparation Guides – in all 11 official South
African languages, comprises one guide for each of the three National Senior Certificate
examination papers, and covers both Home and First Additional Languages:

1. Language in context;
2. Literature; and
3. Creative Writing.

Each guide covers themes as directed in the curriculum and focuses on important areas
covered in the examination papers. By paying attention to time management in the exams,
the AVBOB STEP 12 guides can also assist learners in alleviating anxiety and stress.

As the Department of Basic Education, we encourage Grade 12 language teachers and


other educators of Grade 12 learners to embrace the AVBOB STEP 12 Examination
Preparation Guides, which we have reviewed and supported, as valuable additional
resources within their education toolkits.

On behalf of the Department of Basic Education

Mrs Angie Motshekga, MP


South African Minister of Basic Education
Date: 21 April 2023
Inhoudsopgawe
1 Inleiding 01
2 Struktuur van Vraestel 1 02
3 Inhoud: Hoe beantwoord ek Vraestel 1? 04

3.1 Afdeling A: Leesbegrip (Vraag 1) 04


3.1.1 Watter soort vrae kan ek verwag? 05
3.1.2 Hoe moet ek die vrae beantwoord? 05

3.2 Afdeling B: Opsomming (Vraag 2) 07

3.3 Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (Vrae 3-5) 08


3.3.1 Vraag 3 08
3.3.1.1 Taalaspekte 09
a) Aspekte van die Afrikaanse woordeskat 09
b) Woordeskatontwikkeling 09
c) Betekenisleer 14
d) Woorde wat verwar word 15
e) Denotasie en konnotasie 15
f) Figuurlike taalgebruik/algemene frases 15
g) Klem 16
h) Eenwoordomskrywings en antonomasia 16
i) Sosiale aspekte 16
j) Afkortings en akronieme 17
k) Korrekte woordorde 18
l) Verbindingswoorde (insluitende voegwoorde) 20
m) Werkwoorde 22
n) Direkte en indirekte rede 23
o) Leestekens 25
p) Verbande tussen woorde, sinne en paragrawe 26
3.3.1.2 Advertensie- en oorredingstegnieke 26
3.3.2 Vraag 4 30
3.3.3 Vraag 5 32

Die tekste en vrae in hierdie gids is slegs VOORBEELDE van wat in


die finale eksamen verwag kan word.
1. Inleiding
Hierdie Eksamengids wil jou help om jou prestasie in Vraestel 1 (Taal in Konteks: Leesbegrip, Opsomming
en Taalstrukture en -konvensies) te verbeter. Die Eksamengids bestaan uit twee dele: ’n bespreking van die
struktuur van Vraestel 1, gevolg deur ’n behandeling van die inhoudelike aspekte van elke afdeling van die
vraestel. Kennis van altwee hierdie komponente is nodig om ’n sukses van Vraestel 1 te maak.
Die struktuur en inhoud van Vraestel 1 vloei voort uit die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)
wat deur die Departement van Basiese Onderwys as verpligte onderrig- en eksamengids voorgeskryf word.
Vra jou onderwyser om vir jou die KABV-dokument (asook die nuutste Eksamenriglyndokument) te wys
sodat jy eerstehands kan sien wat vir Vraestel 1 voorgeskryf word.

AANLYN TOETS
Hierdie Eksamengids wil jou
nie oorlaai met feite en inligting
nie, maar wil as ’n GIDS dien
wat jou in die regte rigting lei.
Dit is nie ’n vakhandboek nie
en sal dus nie alle inligting
van die leerplan volledig dek
nie. Slegs kernaspekte en
sleutelbegrippe word in
hierdie Eksamengids onder
jou aandag gebring. Jy moet
nog steeds die werk doen,
ander bronne raadpleeg en
woeker met jou taaltalente.

JY MOET WÉÉT WAT IN DIE KABV STAAN.

Waar Huistaal en Eerste Addisionele Taal van mekaar verskil, word die inligting oor Eerste
Addisionele Taal deur ’n groen raam aangedui.

Bladsy 01
2. Struktuur van Vraestel 1
Jy moet die volgende inligting baie goed verstaan, want dit gaan jou help om die vraestel reg te beantwoord.

HUISTAAL
ƒ Jy het 2 uur tyd (120 minute) om Vraestel 1 te beantwoord. Die totale punte vir die vraestel is 70 punte.
ƒ Die vraestel bestaan uit drie afdelings: Afdeling A (Leesbegrip), Afdeling B (Opsomming) en Afdeling C (Taalstrukture
en -konvensies).
ƒ Lees die instruksies aan die begin van die vraestel deeglik deur en maak seker dat jy almal goed verstaan.
ƒ Beantwoord AL die vrae in Vraestel 1, d.w.s. al die vrae is verpligtend.
ƒ Afdeling A (Vraag 1) tel 30 punte en bestaan gewoonlik uit twee tekste: ’n leesteks en ’n visuele teks (prent) waaroor
jy leesbegripvrae moet beantwoord.
ƒ Afdeling B (Vraag 2) tel 10 punte en bestaan uit ’n leesteks wat jy volgens die opdrag moet opsom.
ƒ Afdeling C (Vrae 3-5) tel 30 punte.
ƒ Vraag 3 tel 10 punte en bevat ’n advertensie, waaroor jy vrae oor advertensietegnieke moet beantwoord (8 punte) en oor
taal – woordeskatontwikkeling en taalgebruik of sinstrukture en die organisasie van tekste (2 punte).
ƒ Vraag 4 tel 10 punte en bevat ’n strokiesprent, waaroor jy vrae oor veral kritiese taalbewustheid (8 punte) asook
woordeskatontwikkeling en taalgebruik of sinstrukture en die organisasie van tekste (2 punte) moet beantwoord.
ƒ Vraag 5 tel 10 punte en bevat ’n leesteks, waaroor jy taalvrae (woordeskatontwikkeling en taalgebruik asook sinstrukture
en die organisasie van tekste) moet beantwoord.

Afdeling A Afdeling B * Afdeling C Totaal


120 minute
50 minute 25 minute 45 minute
(2 ure)

* In Afdeling C behoort jy dus niks meer as 15 minute aan elke vraag af te staan nie: 15 minute × 3 = 45 minute.

VRAESTEL 1: 2 UUR LANK, 70 PUNTE, 3 AFDELINGS

Afdeling A: 30 punte Afdeling B: 10 punte Afdeling C: 30 punte


Vraag 1 Vraag 2 Vraag 3
Leesteks en visuele teks Leesteks – opsomming Advertensie – advertensietegnieke
(prent) – leesbegrip en taalstrukture en -konvensies
(10 punte)
Vraag 4
Strokiesprent – kritiese
taalbewustheid en taalstrukture
en -konvensies (10 punte)
Vraag 5
Leesteks – taalstrukture en
-konvensies (10 punte)

ƒ Tel die bladsye van jou vraestel om seker te maak dat jou vraestel volledig is.
ƒ Beantwoord die vraestel in BLOU of SWART pen.

Bladsy 02
EERSTE ADDISIONELE TAAL
ƒ Jy het 2 uur tyd (120 minute) om Vraestel 1 te beantwoord. Die totale punte vir die vraestel is 80 punte.
ƒ Die vraestel bestaan uit drie afdelings: Afdeling A (Leesbegrip), Afdeling B (Opsomming) en Afdeling C (Taalstrukture
en –konvensies).
ƒ Lees die instruksies aan die begin van die vraestel deeglik deur en maak seker dat jy almal goed verstaan.
ƒ Beantwoord AL die vrae in Vraestel 1, d.w.s. al die vrae is verpligtend.
ƒ Afdeling A (Vraag 1) tel 30 punte en bestaan gewoonlik uit twee tekste: ’n leesteks en ’n visuele teks (prent) waaroor jy
leesbegripvrae moet beantwoord.
ƒ Afdeling B (Vraag 2) tel 10 punte en bestaan uit ’n leesteks wat jy volgens die opdrag moet opsom.
ƒ Afdeling C (Vrae 3-5) tel 40 punte.
ƒ Vraag 3 tel 10 punte en bevat ’n advertensie, waaroor jy vrae oor advertensietegnieke moet beantwoord (8 punte) en oor
taal – woordeskatontwikkeling en taalgebruik of sinstrukture en die organisasie van tekste (2 punte).
ƒ Vraag 4 tel 10 punte en bevat ’n strokiesprent, waaroor jy vrae oor veral kritiese taalbewustheid (8 punte) asook
woordeskatontwikkeling en taalgebruik of sinstrukture en die organisasie van tekste (2 punte) moet beantwoord.
ƒ Vraag 5 tel 20 punte en bevat ‘n leesteks (5.1 – 14 punte) en ‘n visuele teks (5.2 – 6 punte), waaroor jy taalvrae
moet beantwoord.

Afdeling A Afdeling B * Afdeling C Totaal


120 minute
50 minute 20 minute 50 minute
(2 ure)

* In Afdeling C behoort jy dus niks meer as 12 minute elk aan Vrae 3 en 4 af te staan nie, met 26 minute aan Vraag 5:
18 minute aan die geskrewe teks en 8 minute aan die visuele teks (prent): 12 minute + 12 minute + 18 minute + 8 minute
= 50 minute.

VRAESTEL 1: 2 UUR LANK, 80 PUNTE, 3 AFDELINGS

Afdeling A: 30 punte Afdeling B: 10 punte Afdeling C: 40 punte


Vraag 1 Vraag 2 Vraag 3
Leesteks en visuele teks Leesteks – opsomming Advertensie – advertensietegnieke
(prent) – leesbegrip en taalstrukture en -konvensies
(10 punte)
Vraag 4
Strokiesprent – kritiese
taalbewustheid en taalstrukture
en -konvensies (10 punte)
Vraag 5
Leesteks en visuele teks – taalstrukture
en -konvensies (20 punte)

ƒ Tel die bladsye van jou vraestel om seker te maak dat jou vraestel volledig is.
ƒ Beantwoord die vraestel in BLOU of SWART pen.

ONTHOU: In Vraestel 1 moet jy AL die vrae in AL DRIE AFDELINGS beantwoord.

Bladsy 03
3. Inhoud: Hoe beantwoord ek Vraestel 1?
Noukeurige lees van tekste, gepaste waarneming en verstaan van prente (visuele tekste), toepaslike interpretasie
en die vermoë om antwoorde duidelik en direk te formuleer is alles belangrike vaardighede wat jy moet
ontwikkel as jy goed in Vraestel 1 wil presteer. Die verskillende afdelings verg verskillende vaardighede, wat elk
afsonderlik hier onder behandel word.

3.1 Afdeling A: Leesbegrip (Vraag 1)


In Afdeling A (Vraag 1) val die klem op die lees en verstaan van ’n geskrewe teks (Teks A) en die interpretasie van ’n prent
(visuele teks) (Teks B).

Huistaal Eerste Addisionele Taal


Teks A: 700-800 woorde Teks A: 600-700 woorde
Teks B: sluit by Teks A aan Teks B: hoef nie by Teks A aan te sluit nie

Begrip van elke teks verg dat jy die volgende vaardighede onder die knie moet hê:
ƒ Verstaan die woorde, sinne en paragrawe in Teks A en hulle implikasies. (Jy moet in die loop van die jaar ’n
verskeidenheid tekste lees om woordeskat op te bou en stelwyses te leer verstaan.)
ƒ Lê verbande tussen woorde, sinne en paragrawe.
ƒ Maak afleidings n.a.v. die inligting wat in die teks gegee word.
ƒ Toon insig in die idees wat in die teks geopper word.
ƒ Vergelyk en interpreteer idees.
ƒ Ontleed/analiseer die inligting wat voorsien word.
ƒ Pas inligting in nuwe situasies toe.
ƒ Pas verskillende gedagtes by mekaar aan om ’n geheelbeeld te vorm.
ƒ Beoordeel/evalueer die gehalte van die idees/inligting krities.
ƒ Toon insig in die verbande tussen Teks A en Teks B (slegs Huistaal).

Uiteindelik is die tekste soos ’n spinnerak. D.m.v.


die vrae en jou antwoorde daarop moet jy kan
wys dat jy begryp hoe die teks aanmekaar gesit
is en wat die samehang tussen die verskillende
dele is. Hoe doen ek dit?

ƒ Deur ten minste vyf lees- en visuele tekste in die loop van die jaar te ontleed en vrae daaroor te beantwoord om toepaslike
vaardighede te ontwikkel.
ƒ Jou onderwyser kan jou van tekste en vrae voorsien om hierdie oefening te doen.

Bladsy 04
3.1.1 Watter soort vrae kan ek verwag?
Sommige vrae gaan maklik wees, sommige op ’n mediumvlak en
sommige gaan moeilik wees. Daar gaan ook dalk ’n baie moeilike
vraag of twee wees. Bly kalm en beantwoord alle vrae na jou
beste vermoë.
ƒ 40% van die vrae toets jou begrip van die teks (woorde, sinne,
paragrawe). Dit beteken dat die antwoorde op die vrae net so in
die tekste gevind kan word.
ƒ 40% van die vrae toets of jy toepaslike afleidings kan maak.
Die antwoorde gaan nie pasklaar in die teks aangetref word nie;
gebruik die inligting in die teks as vertrekpunt om jou in staat
te stel om die antwoorde af te lei uit die inligting wat in die teks
aangetref word. Jy moet die teks goed verstaan om hierdie soort vrae te kan beantwoord.
ƒ 20% van die vrae fokus op jou vermoë om insig in die tekste te toon, die inligting in nuwe situasies toe te pas, te
ontleed/analiseer en te beoordeel/evalueer. Jy moet die teks baie goed verstaan om hierdie tipe vrae te kan beantwoord.

3.1.2 Hoe moet ek die vrae beantwoord?


Om antwoorde van ’n hoë gehalte te lewer moet jy die teks én die vrae verstaan. Hier is ’n nuttige benadering om te volg:
ƒ Lees die opskrif van die teks ’n paar keer en probeer bepaal wat die opskrif vir jou wil sê.
ƒ Lees die teks een keer vlugtig deur sodat jy ’n idee kan kry van die inhoud en strekking van die leesstuk.
ƒ Lees die vrae vlugtig deur sodat jy ’n indruk kan vorm van die sake waarop die vrae gerig is.
ƒ Lees die teks weer ’n keer, maar hierdie keer aandagtig, met die vrae in jou agterkop.
ƒ Nou begin jy om die vrae te beantwoord; maak seker dat jy elke vraag baie noukeurig lees.
ƒ Begin by Vraag 1.1 en onderstreep die sleutelwoord(e) van die vraag.
ƒ Laat hierdie sleutelwoord(e) jou lei om die antwoord op die vraag te soek.
ƒ Voordat jy jou antwoord neerskryf, vra jou af: Beantwoord my respons die vraag?
ƒ Volg dieselfde proses by al die vrae wat volg.

Soos wat jy hierdie benadering toepas, hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ As jy ‘n woord se betekenis nie ken nie, laat jou lei deur die verband/konteks waarin die woord gebruik word – soms help
dit jou om die betrokke woord se betekenis te verstaan.
ƒ By vrae oor ooreenkoms, verskil, kontras, vergelyking en ironie moet jy elke keer twee kante van ’n saak gee, byvoorbeeld:

Vraag:
Wat is die verskil tussen die hemde wat Piet en Jan dra?
Antwoord:
Piet dra ’n kortmouhemp en Jan dra ’n langmouhemp.
Om net te sê wat Piet dra is onvolledig – ALBEI kante moet genoem word (wat Piet dra en wat Jan dra). Doen dieselfde by
kontras, ooreenkoms, vergelyking, ironie en soortgelyke vrae.

Bladsy 05
ƒ As ’n vraag net een woord vra, moet jy net een woord as antwoord gee.
ƒ Waar ’n vraag meer as een woord vra, maak seker of die vraag twee (of meer) afsonderlike woorde, of opeenvolgende
woorde wil hê – beantwoord die vraag dan dienooreenkomstig.
ƒ Indien ’n vraag ’n woordelikse aanhaling uit die leesstuk vra, moet die aanhaling woordeliks, sonder enige foute (spelling,
leestekens, ens.) neergeskryf word.
ƒ Wanneer ’n vraag uit meer as een deel bestaan, sorg dat jy die vrae in dieselfde volgorde beantwoord as waarin die dele
gevra word.
ƒ Indien jy JA/NEE, WAAR/ONWAAR (VALS), STEM SAAM/STEM NIE SAAM NIE op ’n vraag moet antwoord, sorg dat jy altyd ’n
motivering vir jou antwoord gee. Sorg ook dat jou motivering by die JA of NEE (of die ander moontlikhede) pas, byvoorbeeld:

As jy JA antwoord, moet die motivering nie die NEE-antwoord ondersteun nie; in so ‘n geval gaan jy geen punte
verdien nie.

ƒ Onthou om eers die JA of NEE (of een van die ander moontlikhede) neer te skryf voordat jy die motivering gee.
ƒ Gewoonlik word die meeste vrae in dieselfde volgorde as die verloop van die teks gevra, maar dit is nie altyd die geval nie.
Daar kan vrae wees wat terugverwys na ’n vorige paragraaf, of vooruitwys na ’n deel wat later in die leesstuk voorkom; so,
wees gereed om terug te gaan (of vorentoe) as die vraag dit wil hê.
ƒ Waar ’n verband tussen twee sinne/paragrawe/tekste/menings, ens., gevra word, maak seker dat jy die sleutelbegrippe
van die vraag deeglik begryp en identifiseer dan die idees in die twee sinne/paragrawe/tekste/menings, ens., wat daarby
aansluit. Stel vas wat die verband is en skryf dit dan duidelik en reguit as jou antwoord neer.
ƒ Waar vrae feite en menings vra, moet jy onthou: ’n feit kan onafhanklik met vaste gegewens bewys word; ’n mening is
iemand se opinie wat van ‘n ander persoon se opinie kan verskil, byvoorbeeld:

Ek het R1 000. Dit is ’n feit, want jy kan die geld tel en so by vaste gegewens uitkom.
Ek het baie geld. Dit is ’n mening, want wat vir ’n arm mens baie is (in hierdie geval R1 000), is vir ’n ryk
persoon min.

ƒ Oop vrae: Indien ’n vraag met “Dink jy …?” begin, impliseer dit dat die antwoord nie in die tekste is nie, maar dat jy jou
eie, onafhanklike, selfstandige antwoord moet voorsien. Dit beteken egter nie dat jy enige antwoord onder die son kan gee
net omdat “Dink jy …” deel van die vraag uitmaak nie. Jou eie, onafhanklike, selfstandige antwoord moet steeds met die
teks(te) verband hou. Jy moet waarde tot die teks(te) toevoeg met jou eie, unieke, oorspronklike insig.
ƒ Die lengte (en soms diepte) van antwoorde word deur die puntetoekenning bepaal. Neem dus kennis van die puntetoekenning
by elke vraag en skryf jou antwoorde ingevolge daardie puntetoekenning, byvoorbeeld:

Vir drie punte kan jy nie net een woord neerskryf nie. En vir een punt moet jy nie drie lang paragrawe gaan skryf
nie. Laat jou by elke vraag dus lei deur die puntetoekenning.

ƒ Gewoonlik moet jy een feit vir een punt gee. Soms word ’n uitbreiding op die feit verwag, dan moet jy meer inligting vir
ekstra punte voorsien.
ƒ Onderskei tussen denotasie (woorde se letterlike betekenis) en konnotasie (woorde met afgeleide/figuurlike/nieletterlike
betekenis). Dit gaan jou help om ’n teks beter te verstaan, byvoorbeeld:

Die woord hond het denotatiewe betekenis. ’n Verwysing na ’n hond as ’n vriend het ’n positiewe betekenis,
terwyl brak ’n negatiewe betekenis bevat. Vriend en brak is dus konnotatiewe verwysings.

ƒ Let op (en wees bewus van) aannames wat in ’n teks gemaak word, argumente wat aangevoer word, gevoelstaal,
vooroordele, stereotipering, manipulasie en die wyse waarop die teks saamgestel word.
ƒ ’n Argument of stelling word gewoonlik aanvaar of as geloofbaar beskou as dit deur ‘n kenner of ingeligte persoon
aangevoer word, of as feite en kundige informasie dit rugsteun.

Bladsy 06
3.2 Afdeling B: Opsomming (Vraag 2)
In Afdeling B is daar een vraag, naamlik Vraag 2 (som ’n teks op vir 10 punte).

Huistaal Eerste Addisionele Taal


ƒ Som ’n teks van ongeveer 350 woorde op in nie ƒ Som ’n teks van ongeveer 250 woorde op in nie
meer as 90 woorde nie. meer as 70 woorde nie.
ƒ Bied jou opsomming in paragraafvorm aan – ƒ Bied jou opsomming puntgewys aan.
slegs een paragraaf.

Wanneer jy jou opsomming skryf, hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Moenie meer as die maksimum voorgeskrewe woorde skryf nie.
ƒ Maak seker dat jy die opdrag verstaan en reg uitvoer. Die opdrag dui vir jou aan wat in die opsomming moet voorkom.
ƒ Jy moet sewe feite/wenke/voordele/nadele (ens.) in jou opsomming gee, afhangende van die opdrag. As die opdrag
byvoorbeeld sewe nadele vra, moet jy nie sewe voordele of wenke gee nie. Maak seker wat die opdrag is.
ƒ Jy hoef nie jou opsomming van ‘n opskrif te voorsien nie.
ƒ Tel die hoeveelheid woorde wat jy vir jou opsomming gebruik het en skryf dit in hakies onder jou opsomming (antwoord) neer.
ƒ Gebruik volsinne in jou opsomming. Telegramstyl/whatsappstyl/sms-styl word nie toegelaat nie; voorsien elke sin van ’n
onderwerp en ’n gesegde/predikaat.
ƒ Skryf die opsomming in jou eie woorde en sinne. As jy direk uit die teks aanhaal, gaan jy punte verloor. Onthou, die doel
van die opsomming is om te toets of jy die gegewe teks verstaan, of jy die hoofgedagtes kan identifiseer, en dit dan op ’n
bondige wyse aanbied (gebaseer op wat die instruksies vereis).
ƒ Jy kry 7 punte vir die feite/wenke/voordele/nadele (ens.) en 3 punte vir taal. As jy direk uit die teks aanhaal, gaan jy
punte by taal verloor.

Wenk!
ƒ As jy een woord van ’n direkte
aanhaling uit die teks verander,
dan tel dit nie meer as ’n direkte
aanhaling nie.

ƒ As jy die woordorde van ’n direkte


aanhaling verander, tel dit ook nie Wat beteken dit?
meer as ’n direkte aanhaling nie. Jy kan sinne net so uit die teks gebruik,
maar jy moet:
ƒ Ten minste een woord daarvan verander of
uitlaat, of ’n nuwe woord wat nie in die teks
is nie, by jou sin voeg.
OF
ƒ Die woordorde in die sinne verander, sonder
om die betekenis te verander.

Bladsy 07
Die opsomming is ’n maklike manier om 10 punte te verdien! Sorg net dat jy die
opdrag reg uitvoer, volsinne skryf en sewe aspekte gee soos wat die opdrag vra,
sonder om die oorspronklike betekenis van die teks uit die oog te verloor.

3.3 Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies (Vrae 3-5)


Hierdie afdeling bestaan uit drie vrae: Vraag 3, Vraag 4 en Vraag 5. Elke vraag het subvrae en toets die volgende vaardighede:
ƒ Woordeskat en taalgebruik.
ƒ Sinstrukture en organisasie van tekste.
ƒ Kritiese taalbewustheid.

By die bestudering van ’n taal moet jy


altyd woordeboeke en ander toepaslike
naslaanbronne byderhand hê.

In Afdeling C word – naas gewone kennis- en toepassingsvrae – twee oop vrae (een in Vraag 3 en een in Vraag 4) wat kritiese
analise verg, gevra. By oop vrae word jou eie verstaan/siening getoets. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Jy moet krities kan evalueer en/of kommentaar lewer.
ƒ Lees sulke vrae noukeurig deur, bedink die implikasies van die vrae, analiseer die inligting in die tekste noukeurig en
beantwoord hulle volgens jou eie insig en op grond van jou kennis van die taal waarop die vrae gebaseer is.
ƒ Moenie bang wees vir sulke vrae nie, maar gebruik dit eerder as ’n geleentheid om jou begrip van wat gevra word, direk,
reguit en sonder vaagheid uit te druk.
ƒ In die loop van die jaar moet jy oefen om krities oor die werk na te dink, insig te ontwikkel en krities te evalueer. Oefen
om kritiese kommentaar te lewer, ’n standpunt te motiveer en op grond daarvan ’n eie siening te vorm.

Onderskei tussen ’n frase en ’n sin in vrae – hulle is nie dieselfde nie! Waar ’n vraag ’n frase vereis kan jy nie die
hele sin skryf nie. Omgekeerd, as ’n vraag ’n sin vereis, moet jy die hele sin woordeliks neerskryf. ’n Sin: “Ek lees
saans ’n boek in my kamer.” ’n Frase uit hierdie sin is: “… ’n boek in my kamer.”)

Hierdie Eksamengids is nie ’n handboek nie en wil nie jou onderwyser se onderrigtaak oorneem nie, maar wil dit eerder aanvul
met die oog op eksamengereedheid. Klankleer en woordsoorte (byvoorbeeld) word nie hier behandel nie – dit kan in handboeke
nageslaan en deur jou onderwyser in die klas onderrig word. Toepassings van klankleer en woordsoorte word wél in hierdie gids belig.

3.3.1 Vraag 3
Vraag 3 bevat een of twee advertensies. Sorg dat jy die visuele aspekte van die advertensie en die woorde wat daarmee
saamhang, deeglik begryp en interpreteer.
Vraag 3 tel 10 punte. Die vrae kan in twee kategorieë verdeel word:

2 punte vir vrae oor woordeskatontwikkeling en taalgebruik of 8 punte vir vrae oor advertensie- en oorredingstegnieke
sinstrukture en die organisasie van tekste – gevoelstaal (emotiewe taal), vooroordeel/partydigheid,
manipulerende taal en algemene oorredingstrategieë
Die vrae kan in enige volgorde gevra word.
Hierdie kategorieë word afsonderlik behandel: taalaspekte en oorredingstegnieke.

Bladsy 08
Die taalaspekte is van toepassing op Vraag 3, Vraag 4 en Vraag 5.

3.3.1.1 Taalaspekte
Die volgende sake i.v.m. woordeskatontwikkeling en taalgebruik verg jou noukeurige aandag:
ƒ Aspekte van die Afrikaanse woordeskat.
ƒ Woordeskatontwikkeling: klinkerwisseling, die rol van voorvoegsels en agtervoegsels, stamme, afleidings, samestellings/
samevoegings, samestellende afleidings, kern en bepaler en simplekse en komplekse.
ƒ Betekenisleer: sinonieme, antonieme, homofone, homonieme, paronieme, doeblette en poliseme.
ƒ Woorde wat verwar word.
ƒ Denotasie en konnotasie.
ƒ Figuurlike taalgebruik/algemene frases.
ƒ Klem.
ƒ Eenwoordomskrywings en antonomasia.
ƒ Sosiale aspekte.

Onthou: Hierdie is nie alles wat jy moet weet nie! Hierdie lys wys net
sommige aspekte waaraan jy spesiale aandag moet gee.

a) Aspekte van die Afrikaanse woordeskat


Vra jou onderwyser om die herkoms van Afrikaanse woorde te bespreek: sommige woorde is oorgeërf, andere is uit ander tale
ontleen en party woorde het voorheen nooit bestaan nie, maar is nuwe woorde wat van nuuts af gemaak is (neologismes). In
die bespreking is dit belangrik om na terme soos toutologie, pleonasme, kontaminasie en analogie te verwys.

b) Woordeskatontwikkeling
Die rol wat voorvoegsels, agtervoegsels, afleidings, samestellings en samestellende afleidings in woordeskatontwikkeling
speel, is baie interessant. Vra jou onderwyser om elk van hierdie begrippe aan jou te verduidelik. Hier onder volg ’n kort
verwysing na enkele van hierdie aspekte:

KLINKERWISSELING
A, O, E, U, I
ƒ Klinkerwisseling is wanneer nuwe woorde gevorm word deur die klinker in ‘n stam te verander, byvoorbeeld:

ƒ dink – dunk ƒ geniet – genot ƒ spring – sprong

ƒ Klinkerwisseling kom ook in spreektaal voor, maar word nie in skryftaal so gebruik nie, byvoorbeeld:
Skryftaal Spreektaal
ƒ garnaal gernaal
ƒ kanaal kenaal

Dieselfde geld vir ontronding (wat ontmoedig word)


ƒ seën – seun ƒ reën – reun ƒ rig – rug
ƒ sig – sug ƒ vier – vuur

Bladsy 09
VOORVOEGSELS

aarts-, adjunk-, be-, bi-, ge-, er-, her-, meta-, on-, ont-, ver-, vise-, wan-, ens.

’n Voorvoegsel is ’n onselfstandige element wat vooraan ’n woordstam/basisvorm (of woord) gevoeg kan word om ’n nuwe
woord te vorm. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:

ƒ Voorvoegsels verander die betekenis van die woorde waaraan hulle geheg word, byvoorbeeld:

ƒ aarts- + leuenaar = aartsleuenaar en aarts- + vyand = aartsvyand


ƒ be- + dink = bedink en be- + studeer = bestudeer
ƒ her- + ken = herken en her- + sien = hersien
ƒ on- + moontlik = onmoontlik en on- + waar = onwaar
ƒ ver- + brand = verbrand en ver- afrikaans = verafrikaans

ƒ Elke voorvoegsel het ’n soort (afhanklike) betekenisfunksie, byvoorbeeld:

ƒ her- beteken weer so hersien = weer sien


ƒ on- beteken nie so onmoontlik = nie moontlik (nie)

ƒ Elke voorvoegsel het ook ’n woordsoortfunksie, byvoorbeeld:

die ver- in verjaar maak van die selfstandige naamwoord (jaar) ’n werkwoord (verjaar)

Vra jou onderwyser om die betekenisfunksie asook die woordsoortfunksie


van elke voorvoegsel te verduidelik.

AGTERVOEGSELS

–aar, –baar, –dom, –heid, -eer, -er, -ing, -loos, -skap, -liks, ens.
Agtervoegsels word ook gebruik om meervoudsvorme,
verkleiningsvorme, vervrouliking en trappe van vergelyking te vorm.

’n Agtervoegsel is onselfstandige element wat agteraan ’n woordstam/basisvorm (of woord) gevoeg kan word om ’n nuwe woord te vorm.
ƒ Agtervoegsels verander die betekenis van die woorde waaraan hulle geheg word, byvoorbeeld:

ƒ reken + -aar = rekenaar en skakel + -aar = skakelaar


ƒ mens + -dom = mensdom en ryk + -dom = rykdom
ƒ breek + -er = breker en maak + -er = maker
ƒ fout + -eer = fouteer en oksied + -eer = oksideer
ƒ seker + -heid = sekerheid en broos + -heid = broosheid
ƒ vorder + -ing = vordering en verbeter + -ing = verbetering
ƒ dag + -liks = daagliks en kwartaal +-liks = kwartaalliks
ƒ kind + -loos = kinderloos en waarde + -loos = waardeloos
ƒ beter + -skap = beterskap en moeder + -skap = moederskap

Bladsy 10
ƒ Elke agtervoegsel het ’n soort (afhanklike) betekenisfunksie, byvoorbeeld:

die -s in vensters gee die meervoud en die -pie in hempie gee die verkleining

ƒ Elke agtervoegsel het ook ’n woordsoortfunksie, byvoorbeeld:

die -loos in waardeloos maak van die selfstandige naamwoord (waarde) ‘n byvoeglike naamwoord (waardeloos)

Vra jou onderwyser om die betekenisfunksie asook die woordsoortfunksie


van elke agtervoegsel te verduidelik.

ƒ Agtervoegsels word gebruik om die meervoudsvorme van selfstandige naamwoorde te vorm, byvoorbeeld:

ƒ venster + -s = vensters ƒ bad + (d) -ens = baddens ƒ laboratorium + -a = laboratoria


ƒ deur + -e = deure ƒ kind + -ers = kinders ƒ kriti(kus) + -ci = kritici

Sekere woorde het twee moontlike meervoudsvorme, byvoorbeeld:


ƒ vroue – vrouens ƒ rûe – rûens
ƒ manne – mans ƒ laboratoria – laboratoriums

Sekere meervoude word met ’n afkappingsteken geskryf, byvoorbeeld:


ƒ pa: pa’s ƒ bikini: bikini’s ƒ crèche: crèche’e

ƒ Agtervoegsels word gebruik om die verkleiningsvorme van selfstandige naamwoorde te vorm, byvoorbeeld:

ƒ hemp + -ie = hempie ƒ asem + -pie = asempie ƒ piesang + -kie = piesankie


ƒ kind + -jie = kindjie ƒ ring + -etjie = ringetjie ƒ foto + -’tjie = foto’tjie
ƒ venster + -tjie = venstertjie

Vra jou onderwyser om die gebruik van die afkappingsteken by sommige


meervouds- en verkleiningsvorme te verduidelik.

ƒ Agtervoegsels word gebruik vir vervrouliking/om die vroulike geslag van selfstandige naamwoorde te vorm, byvoorbeeld:

ƒ vriend + -in = vriendin ƒ profeet + -es = profetes ƒ akteur + -ise = aktrise


ƒ sekretaris + -esse = sekretaresse ƒ kleremaker + -ster = kleremaakster ƒ ballerino + -a = ballerina

ƒ Agtervoegsels word gebruik om die vergrotende trap en oortreffende trap van sommige bevoeglike naamwoorde te vorm,
byvoorbeeld:

ƒ kort + -er = korter en kort + -ste = kortste


ƒ vet + -er = vetter en vet + -ste = vetste
ƒ Die vergrotende trap by trappe van vergelyking word by sommige byvoeglike naamwoorde met die
agtervoegsel -er aangedui en by ander met die woord meer:
My siekte is ernstiger as joune. – Ek is meer opgewonde as jy.
ƒ -er en meer word nooit saam gebruik nie.
ƒ Dieselfde geld vir die oortreffende trap, waar jy -ste en mees gebruik:
Hierdie siekte is die ernstigste. – Hy is die mees opgewonde van almal.
ƒ -ste en mees word nooit saam gebruik nie.
ƒ By sommige byvoeglike naamwoorde kan jy óf -er en -ste óf meer en mees gebruik, byvoorbeeld:
verlep: verlepter, (die) verlepste OF
verlep: meer verlep en (die) mees verlep

Bladsy 11
In die volgende woorde is daar geen voorvoegsels nie: bedel, bewe, geweer,
geluk, onder, ongeveer, ontbyt, ontmoet, veraf, verstaan, veranda, verbaal. In
die volgende woorde is daar geen agtervoegsels nie: ooievaar, mekaar, draag-
baar, eseldom, blansjeer, verkeer, gister, meester. (As jy dít verstaan, begryp jy
’n belangrike kenmerk van voor- en agtervoegsels. Vra jou onderwyser om
dit te verduidelik as jy nie verstaan nie.)

STAMME
’n Stam (basisvorm) is die grondvorm van ’n woord, sonder voor- en/of agtervoegsels. In die volgende woorde is die stamme vet gedruk:

ƒ damme – dam(-m-)(-e) dammetjie – dam(-m-)(-e)(-tjie)


ƒ verdamp – (ver-)damp verdamping – (ver-)damp(-ing)
ƒ beoordeling – (be-)oordeel(-ing)
ƒ ontslape – (ont-)slaap(-e)
ƒ perdekar – perd(-e-)kar
ƒ hempsknoop - hemp(-s-)knoop
ƒ besproeiingsplan (be-)sproei (-ing-)(-s)plan
ƒ wildeals – wild(-e-)als
ƒ bevorderingspos – (be-)vorder(-ing-)(-s-)pos
ƒ riempiesbank – riem(-pie)(-s)bank
ƒ herverpakking – (her-)(-ver-)pak(-k-)(-ing)
ƒ oggendteekoek – oggend-tee-koek

AFLEIDINGS
’n Stam (basisvorm) met een of meer voor- en/of agtervoegsels by, word ’n afleiding genoem, byvoorbeeld:

ƒ verdamp (ver- + damp) ƒ herverpakking (her- + ver- + pak + -ing)


ƒ skenking (skenk + -ing) ƒ martelaarskap (martel + -aar + -skap)
ƒ verdamping (ver- + damp + -ing)

SAMESTELLINGS/SAMEVOEGINGS
Twee of meer stamme wat saamgevoeg word om ’n woord te vorm, word ’n samestelling of samevoeging genoem, byvoorbeeld:

ƒ broek (kledingstuk om die onderlyf en bene) + sak (houer om iets in te dra of te bêre) = broeksak (houer van lap wat
deel van ‘n broek vorm)
ƒ gister (die dag voor vandag) + oggend (tyd tussen middernag middag) = gisteroggend (die oggend voor vandag)
ƒ as (oorskot by verbranding) + bak (houer) = asbak (bak vir sigaretas en stompies)
ƒ kaal (sonder bedekking) + perske (tipe pitvrug) + skil (buitenste laag van ’n vrug) = kaalperskeskil (die buitenste laag
van ’n gladde perske)

SAMESTELLENDE AFLEIDINGS
Wanneer twee of meer stamme PLUS een of meer voor- en/of agtervoegsel saam ingespan word om ’n (nuwe) woord te vorm,
noem ons dit ’n samestellende afleiding, byvoorbeeld:

ƒ perdekarre (perd + kar + -e) ƒ herverpakmetode ƒ ontsmettingsmiddels


(her- + -ver- + pak + metode) (ont- + smet + -ing- + middel + -s)

Bladsy 12
Samevoegings/samestellings en samestellende afleidings word in Afrikaans vas geskryf, byvoorbeeld:

ƒ bedlamp, bedlampie, motorlisensie, motorvoertuiglisensies,


ƒ primêreskoolleerder (teenoor primêre skool en skoolleerder),
ƒ kospryse, bekostigbaarheidstudies, koronavirusinentsessie.

KERN EN BEPALER
Die laaste stam van ’n samevoeging is die kern van die woord en die voorafgaande stam(me) is die bepaler(s). In die volgende
samevoegings is die kern telkens donker gedruk en die bepaler(s) is kursief:

ƒ skoensool ƒ rooibostee
ƒ lemoenskil ƒ slaapkamerligskerm
ƒ kamervenster

SIMPLEKSE EN KOMPLEKSE
Ongelede woorde (simplekse) is woorde met ’n enkele stam sonder enige voor- of agtervoegsels, byvoorbeeld:

ƒ fiets ƒ reken ƒ absoluut

Gelede woorde (komplekse) bestaan uit een of meer stamme met een of meer voor- en/of agtervoegsels, byvoorbeeld:

ƒ fiets + -e = fietse (stam + agtervoegsel)


ƒ reken + -aar = rekenaar (stam + agtervoegsel)
ƒ rekenaar + reken + aar + ge + letter (d) + heid = rekenaargeletterdheid (stam + agtervoegsel +
voorvoegsel + stam + agtervoegsel)
ƒ waatlemoen + skil = waatlemoenskil (stam + stam)
ƒ waatlemoen + skil (l) + e = waatlemoenskille (stam + stam + agtervoegsel)
ƒ waatlemoen + skil (le) + tjie = waatlemoenskilletjie (stam + stam + agtervoegsel)

’n Stam het selfstandige, onafhanklike betekenis en kan op eie stoom en alleen in ’n sin optree. Voor- en/of agtervoegsels
(saam ook bekend as affikse) kan nie op hulle eie en alleen as woorde optree nie, want hulle het nie selfstandige, onafhanklike
betekenis nie – affikse verkry eers betekenis wanneer hulle aan stamme verbind.

Verduideliking: In die sin “Die student W


maak dom foute” is dom ’n woord met
onafhanklike, selfstandige betekenis,
O
O
maar in die woord mensdom is -dom
’n agtervoegsel, want dit is vir betekenis
afhanklik van die stam waarmee dit
verbind is. Dieselfde geld byvoorbeeld
vir in wanneer dit as voorsetsel
gebruik word “Ek duik in die dam”
R
teenoor inkonsekwensie, waarin in-
as voorvoegsel gebruik word, wat nie D
betekenis dra op sy eie nie.
E
Bladsy 13
c) Betekenisleer
Betekenisleer (semantiek) is die studie van die betekenis in taal, m.a.w., van die interpretasie en betekenis van woorde,
uitdrukkinge en sinne.

SINONIEME
Woorde met ongeveer dieselfde betekenis as ander woorde is sinonieme, byvoorbeeld:

ƒ mooi: pragtig, aantreklik, beeldskoon


ƒ groot: kolossaal, reusagtig, omvangryk
ƒ lelik: aaklig, onooglik, afstootlik

ANTONIEME
Woorde met die direkte teenoorgestelde betekenis as ander woorde is antonieme, byvoorbeeld:

ƒ hoog – laag
ƒ dik – dun
ƒ ver – naby
ƒ skerp – stomp
Geel en blou (byvoorbeeld) is nie antonieme nie, want hulle is nie direkte teenoorgesteldes nie.

HOMOFONE
Woorde met dieselfde klankvorm, maar verskil in spelling en betekenis, is homofone, byvoorbeeld:

ƒ maar – maer
ƒ peil – pyl
ƒ fonds – vonds
In spreektaal sal die ontronde lui ook hierby kan tel, maar die betekenisprobleme wat dit meebring, kan dit lastig maak.

HOMONIEME
Woorde met dieselfde klank- en spelvorm, maar verskil in betekenis is homonieme, byvoorbeeld:

ƒ saal (van ’n skool) – saal (van ’n perd)


ƒ reël (waarop jy skryf) – reël (wet/voorskrif)
ƒ mik (korrelvat) – mik (V-vorm van boomtak)

PARONIEME
Woorde met dieselfde stam, maar uiteenlopende betekenisse is paronieme, byvoorbeeld:

ƒ besin – versin
ƒ bewoner – inwoner

Bladsy 14
DOEBLETTE
Twee vorme van dieselfde woord wat met die verloop van tyd in betekenis begin verskil het, byvoorbeeld:

ƒ tabak – twak
ƒ daarom – darem
ƒ teken – teiken

POLISEME
Woorde met verskeie onderliggende betekenisse is poliseme, byvoorbeeld:

Polisemiese betekenisse van skool


ƒ nuwe skool = skoolgebou
ƒ sterk skool = sportspanne
ƒ groot skool = baie leerders
ƒ skool kom uit = klasse verdaag
ƒ skool begin (na vakansie) = skoolaktiwiteite hervat
ƒ goeie skool = goeie akademiese prestasies

d) Woorde wat verwar word


Sommige woorde veroorsaak verwarring omdat hulle uitspraak, betekeniskonnotasie of spelling verwarrend kan wees, byvoorbeeld:

ƒ trouens ≠ inteendeel
ƒ vóórkom ≠ voorkóm
ƒ verveeld ≠ vervelig
ƒ tienuur ≠ tien uur

e) Denotasie en konnotasie
Denotasie verwys na die letterlike/direkte/presiese/gewone/normale/alledaagse woordbetekenis en konnotasie verwys na
bybetekenis – ekstra/aangehegte betekenis, byvoorbeeld:

ƒ Ek sit op ’n ou stoel en eet. (Hier het stoel ’n letterlike betekenis – denotasie.)


ƒ Hy sit by die werk op ’n warm stoel. (Hier dui stoel op ’n moeilike pos/posisie wat iemand beklee – konnotasie.)

f) Figuurlike taalgebruik/algemene frases


Figuurlike taal is nieletterlik. Dit is ’n manier om inligting oor te dra sonder om alledaagse taal te gebruik. Dit sluit, onder
andere, in: en spreekwoorde, idiome, gesegdes, metafore, vergelykings, hiperbole en verpersoonliking, byvoorbeeld:

ƒ more- en aandpraatjies kom nie ooreen nie


ƒ oos wes tuis bes
ƒ van die os op die jas
ƒ met die deur in die huis val
ƒ Die appeltjie val nie ver van die boom nie.
ƒ Hy is so skerp soos ’n mes.

Bladsy 15
g) Klem
Neem kennis van die verskil in betekenis wat klem in ’n woord kan meebring, byvoorbeeld:

ƒ vóórkom (aantref) ≠ voorkóm (vermy)


ƒ die (bepaalde lidwoord) ≠ dié (aanwysende voornaamwoord)

Neem kennis van die verskil in betekenis wat klem in sin kan meebring. In die sinne hier onder verskuif die fokus na die
betoonde woord(e):

ƒ Dit ís my taak om jou te straf.


ƒ Dit is mý taak om jou te straf.
ƒ Dit is my táák om jou te straf.
ƒ Dit is my taak om jóú te straf.
ƒ Dit is my taak om jou te stráf.
ƒ Dit is mý taak om jóú te straf.

h) Eenwoordomskrywings en antonomasia
EENWOORDOMSKRYWINGS
Ons kan in baie gevalle een woord gebruik i.p.v. ’n omskrywing, byvoorbeeld:

ƒ Iemand wat siek diere behandel, is ’n veearts.


ƒ Die dokter se bevinding oor wat jou makeer as jy siek is, is ’n diagnose.
ƒ Die persoon wat by ’n bruilof die program hanteer, is ’n seremoniemeester.
ƒ Die persoon wat jou voertuig herstel is ’n (motor-)werktuigkundige.
ƒ Iemand wat huise verkoop, is ’n eiendomsagent.
ƒ Om geld in ’n bankrekening te plaas beteken jy deponeer die geld.
ƒ Die dokument wat aandui wie erf jou besittings na jou dood is ’n testament.

ANTONOMASIA
Antonomasia/naamverwisseling is ’n ander manier waarop na mense met bepaalde eienskappe verwys kan word. Jy kan ’n
eienaam as soortnaam gebruik om ’n algemene begrip wat by iemand pas, uit te druk. Jy kan ook ’n soortnaam gebruik om
’n eienaam te vervang, byvoorbeeld:

ƒ Ons het in hierdie moeilike tye ’n Salomo nodig. (baie wyse mens)
ƒ Die Koning (Elvis Presley) was die baie populêr op sy tyd.

i) Sosiale aspekte
Afrikaans word nie deur alle Afrikaanssprekendes op dieselfde manier gepraat nie. Verskillende gemeenskappe se uitspraak
verskil van mekaar, of daar is variasies in woordeskat of uitdrukkings, en soms is daar wysigings in sinskonstruksies en
(idiomatiese) uitdrukkings. In hierdie opsig praat ons van verskillende variëteite van dieselfde taal – in die algemene omgang
staan dit as dialekte bekend. Dit kom in baie ander tale voor en moet gesien word as verskillende gemeenskappe se pogings
om hulle kommunikasie met mekaar op hulle eie, unieke wyse te handhaaf.
Een voorbeeld hiervan is die verskil in formele en informele Afrikaans, wat in dieselfde spraakgemeenskap voorkom. Sulke
formele en informele variasies bring ’n verskil mee in die styl waarin boodskappe oorgedra word asook die vlak van die
woordeskat (register) wat gebruik word. Mediese dokters gebruik ’n ander woordeskat wanneer hulle mediese sake met
mekaar bespreek as wanneer magistrate met mekaar oor regsake praat, ens. Naas Standaardafrikaans praat baie Afrikaans-
sprekendes ook, byvoorbeeld, Kaaps (Kaapse Afrikaans), Griekwa-Afrikaans en ander vorme wat in bepaalde streke en onder
bepaalde groepe mense voorkom. Die standaardvariëteit kom gewoonlik algemeen voor.

Bladsy 16
Die volgende sake i.v.m. sinstrukture en organisasie van tekste verg jou noukeurige aandag:
ƒ Afkortings en akronieme.
ƒ Korrekte woordorde.
ƒ Verbindingswoorde (insluitende voegwoorde).
ƒ Werkwoorde: moontlikheid, koppelwerkwoorde en bedrywende en lydende vorm.
ƒ Direkte en indirekte rede.
ƒ Leestekens.
ƒ Verbande tussen woorde, sinne en paragrawe.

j) Afkortings en akronieme
’n Afkorting is ’n verkorte vorm van ’n geskrewe woord of woordgroep.
ƒ mnr. (meneer)
ƒ m.a.w. (met ander woorde)
ƒ ens. (ensovoorts)

’n Akroniem is ’n letterwoord waarby die afgekorte vorm van die woorde gesamentlik presies soos ’n woord lees en uitgespreek
word, byvoorbeeld:
ƒ Sanlam (Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy)
ƒ Sasol (Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie)
ƒ AVBOB (Afrikaanse Vereniging van Begrafnisondernemers Beperk)
ƒ Eskom (Elektrisiteitsvoorsieningskommissie)

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) bevat waardevolle inligting oor


die gebruik van afkortings en akronieme.

Hou die volgende belangrike inligting in gedagte, wanneer jy afkortings en akronieme gebruik:
ƒ Tradisioneel word punte by afkortings gebruik, byvoorbeeld:
ƒ bv. (byvoorbeeld)
ƒ d.w.s. (dit wil sê)
ƒ t.o.v. (ten opsigte van)

ƒ By afkortings van die name van grade, diplomas en soortgelyke kwalifikasies is punte opsioneel, byvoorbeeld:
ƒ B.A. of BA
ƒ B.Mus. (Ed.) of BMus (Ed)
ƒ H.O.D. of HOD

ƒ By afkortings wat net uit hoofletters bestaan, is punte opsioneel, byvoorbeeld:


ƒ H.P.K. of HPK (hoofposkantoor)
ƒ M.I.V. of MIV (menslike immuniteitsgebrekvirus)
ƒ I.K. of IK (intelligensiekwosiënt)

ƒ Voorletters en afkortings van niesaamgestelde titels kan met of sonder punte geskryf word, byvoorbeeld:
ƒ me. S. Nienaber of me S Nienaber
ƒ mnr. F. Kruger of mnr F Kruger
ƒ mev. B. Davel of mev B Davel
ƒ dr. W. Els of dr W Els

Bladsy 17
ƒ Punte word NIE gebruik by afkortings van name wat as akronieme voorkom nie, byvoorbeeld:

ƒ Unisa of UNISA (Universiteit van Suid Afrika)


ƒ Wits of WITS (Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg)

ƒ Geen punt word na ’n SI-simbool gebruik nie (behalwe as dit aan die einde van ’n sin staan), byvoorbeeld:

ƒ cm (sentimeter), m (meter), km (kilometer)


ƒ ml (milliliter), l (liter)
ƒ g (gram), kg (kilogram)
ƒ V (volt), W (watt)

k) Korrekte woordorde
Woordorde is die rangskikking van woorde in ’n frase of sin. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Kennis van woordsoorte is noodsaaklik vir jou om die korrekte woordorde te verstaan.
ƒ Wanneer ons woordsoorte bestudeer, kyk ons na die klassifikasie van elke woord afsonderlik, byvoorbeeld:

selfstandige werkwoorde voornaamwoorde lidwoorde


naamwoorde voegwoorde bywoorde voorsetsels

ƒ Kennis van woordsoorte help ons om die sinsdele (onderwerpe, gesegdes, bepalings, bysinne, ens.) waaruit sinne bestaan,
beter te begryp.

Vra jou onderwyser


om die funksie van
elke woordsoort en
die onderskeid tussen
woordsoorte en sinsdele
te verduidelik.

Die tekste en vrae in hierdie gids is slegs VOORBEELDE van wat in


die finale eksamen verwag kan word.

Bladsy 18
ƒ Die normale basiese orde van ’n enkelvoudige stelsin in Afrikaans is: onderwerp + gesegde (soms ’n predikaat genoem),
byvoorbeeld:

ƒ Ek eet.
Ek is die onderwerp – persoonlike voornaamwoord
eet is die gesegde – hoofwerkwoord
ƒ Die mense eet.
Die mense is die onderwerp – bepaalde lidwoord (Die) + selfstandige naamwoord (soortnaam) (mense)
eet is die gesegde bestaan – hoofwerkwoord
ƒ Ons het geëet.
Ons is die onderwerp – persoonlike voornaamwoord
het geëet is die gesegde – hulpwerkwoord van tyd (het) + hoofwerkwoord (geëet)
ƒ Die kinders sal eet.
Die kinders is die onderwerp – bepaalde lidwoord (Die) + selfstandige naamwoord (soortnaam) (kinders)
sal eet is die gesedge – hulpwerkwoord van tyd (sal) + hoofwerkwoord (eet)

ƒ So ’n basiese sin kan uitgebrei word deur ’n voorwerp by te voeg: Onderwerp + gesegde + voorwerp, byvoorbeeld:

ƒ Ek eet kos.
kos is die voorwerp – selfstandige naamwoord
ƒ Die mense eet die vrugte.
die vrugte is die voorwerp – bepaalde lidwoord (die) + selfstandige naamwoord (soortnaam) (vrugte)
ƒ Ons het die vrugte geëet.
die vrugte is die voorwerp – bepaalde lidwoord (die) + selfstandige naamwoord (soortnaam) (vrugte)
ƒ Die kinders sal die vrugte eet.
die vrugte is die voorwerp – bepaalde lidwoord (die) + selfstandige naamwoord (soortnaam) (vrugte)
Let wel: Die hoofwerkwoord kom aan die einde wanneer die verlede en toekomende tyd gebruik word.

ƒ Hierdie basiese stelsinstruktuur (onderwerp + gesegde) kan op verskillende maniere uitgebrei word:

ƒ Ek eet gesonde kos.


gesonde is ‘n byvoeglike bepaling by die voorwerp (kos)
ƒ Die mense met die honger uitdrukking in hulle oë eet die vars vrugte.
met die honger uitdrukking in hulle oë is ’n byvoeglike bepaling by die onderwerp (Die mense)
vars is ’n byvoeglike bepaling by die voorwerp (die vrugte)
ƒ Ons het die kraakvars vrugte in ’n japtrap opgeëet.
kraakvars is ’n byvoeglike bepaling by die voorwerp (die vrugte)
in ‘n japtrap is ’n bywoordelike bepaling by die gesegde (het opgeëet)
ƒ Die arme laerskoolkindertjies sal al die vrugte vinnig opeet.
arme is ’n byvoeglike bepaling by die onderwerp (die laerskoolkindertjies)
al is ’n byvoeglike bepaling by die voorwerp (die vrugte)
vinnig is ’n bywoordelike bepaling by die gesegde (sal opeet)

ƒ ’n Mens kan die aandag op verskillende woorde in ’n sin plaas deur die woordorde aan te pas, byvoorbeeld:

ƒ Ek gaan môre ’n nuwe motor koop.


Normale woordorde
ƒ Môre gaan ek ’n nuwe motor koop.
Die fokus is op môre, met voorplasing.
ƒ ’n Nuwe motor gaan môre deur my gekoop word.
Die klem is op ’n Nuwe motor, deur lydende vorm.

Bladsy 19
ƒ Ek gaan môre ’n motor koop, ’n nuwe.
Die agterplasing beklemtoon nuwe.

l) Verbindingswoorde (insluitende voegwoorde)


Verbindingswoorde en -frases word gebruik om sinne of sinsdele aan mekaar te bind. Hulle kan kontras, vergelyking, toestand,
veronderstelling, doel, ens. bewerkstellig deur gedagtes aan mekaar te bind. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Eers moet jy verstaan wat met die term enkelvoudige sin bedoel word. ’n Enkelvoudige sin bestaan uit net een gesegde,
byvoorbeeld:

ƒ Ek eet.
eet is die gesegde – hoofwerkwoord
ƒ Ek het geëet.
het geëet is die gesegde – hulpwerkwoord van tyd (het) + hoofwerkwoord (geëet)
ƒ Ek moet kos eet.
moet kos eet is die gesegde – hulpwerkwoord (moet) + selfstandige naamwoord (kos) + hoofwerkwoord (eet)
ƒ Ek sal baie kos moet eet.
sal baie kos moet eet is die gesegde – hulpwerkwoord (sal) + bywoord (baie) + selfstandige naamwoord (kos) +
hulpwerkwoord (moet) + hoofwerkwoord (eet)

ƒ ’n Saamgestelde sin word gevorm wanneer twee of meer enkelvoudige sinne saamgevoeg word tot ’n sin met meer as
een gesegde.
ƒ Een manier om twee of meer enkelvoudige sinne saam te voeg is om voegwoorde te gebruik, byvoorbeeld:

Hierdie twee enkelvoudige sinne kan saamgestel word deur gebruik te maak van verskillende voegwoorde:
Jan eet. + Sannie drink.
ƒ Jan eet en Sannie drink.
ƒ Jan eet, maar Sannie drink.
ƒ Jan eet, want Sannie drink.
In elk van hierdie sinne is eet die een gesegde en drink die ander (tweede) gesegde. Die tweede deel (na die voegwoord)
van elk van die saamgestelde sinne hier bo het dieselfde woordorde as dié van ’n gewone, basiese, enkelvoudige sin
(onderwerp + gesegde). Die eerste deel van elk van die saamgestelde voorbeeldsinne hier bo (Jan eet) word ’n hoofsin
genoem en die tweede deel is telkens ’n neweskikkende hoofsin.

ƒ Wanneer die tweede sinsdeel (van die voegwoord af) se woordorde omgekeer is en nie ’n normale woordvolgorde het nie,
word dit ’n onderskikkende hoofsin genoem, byvoorbeeld:

ƒ Ek sweet baie, omdat die son vandag warm skyn.


Die deel van die voegwoord (omdat) af is die onderskikkende hoofsin.
ƒ Omdat die son vandag warm skyn, sweet ek baie.
’n Mens kan hierdie sin ook met omdat begin.

ƒ ’n Ander manier om ’n saamgestelde sin te vorm, is om die tweede sin tot ’n bysin te omvorm, byvoorbeeld:

Die mense gesels hard. (hoofsin) + Die mense staan onder die boom.
= Die mense wat onder die boom staan, gesels hard.
Die mense gesels hard is die hoofsin en wat onder die boom staan is die bysin. Omdat “wat onder die boom staan”
na die onderwerp “die mense” verwys, word dit ’n byvoeglike bysin genoem.

Bladsy 20
Wat is die verskil tussen ’n
bepaling en ’n bysin? ’n Bepaling
bevat geen gesegde nie, maar ’n
bysin bevat die tweede gesegde
van ’n (saamgestelde) sin.

ƒ Byvoeglike bysinne verskaf meer inligting oor die onderwerp of voorwerp, byvoorbeeld:

Die mense wat onder die boom staan, gesels hard.


Omdat wat onder die boom staan na die onderwerp (die mense) verwys, word dit ’n byvoeglike bysin genoem.

ƒ Bywoordelike bysinne verskaf meer inligting oor die gesegde, byvoorbeeld:

Die kinders swem. (hoofsin) + Die son gaan onder.


= Die kinders swem wanneer die son ondergaan.
Omdat die tweede deel wanneer die son ondergaan verwys na die gesegde (swem), word dit ’n bywoordelike bysin
(van tyd) genoem.

ƒ Daar is ook ander verbindingswoorde (in vetdruk aangedui) wat gedagtes aan mekaar koppel, byvoorbeeld:

ƒ Ek is nie vaak nie, inteendeel, ek is wawyd wakker.


ƒ Die mense is onrustig, trouens, hulle begin aggressief raak./Die mense is dors; hulle het trouens die hele dag niks
gehad om te drink nie.
ƒ Die werkers is lui; andersyds weet hulle nie hóé om die werk te doen nie.
ƒ Enersyds is ek lus om my bure van rusverstoring aan te kla, maar andersyds besef ek hulle raak nie gereeld so
rumoerig nie.
ƒ Jy moet eerstens onthou dat harde werk sukses oplewer; daarna moet jy besef dat geluk ook ’n rol speel./Eerstens,
onthou dat harde werk sukses oplewer; daarna moet jy besef dat geluk ook ’n rol speel.
ƒ Na alles wat jy gehoor het, moet jy voorts weet dat net jý jou drome kan verwesenlik./Jy moet voorts weet dat, na
alles wat jy gehoor het, net jy jou drome kan verwesenlik./Voorts, na alles wat jy gehoor het, moet jy weet dat net jy
jou drome kan verwesenlik.
ƒ Ek is siek, gevolglik kan ek nie aan sport deelneem nie.
ƒ Ek is siek, met die gevolg dat ek nie aan sport kan deelneem nie.
ƒ Ek is siek; die gevolg is dat ek nie aan sport kan deelneem nie.
ƒ Neem kennis: met die gevolg is is nie reg nie – dit moet wees met die gevolg dat of die gevolg is

Bladsy 21
m) Werkwoorde
Werkwoorde speel ’n belangrike rol in sinne. Hulle kan aksie (bv. skop), toestand (bv. is siek) en toestandsverandering (bv. word
gesond) aandui. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Een van die kenmerkendste funksies van werkwoorde is om verlede, teenwoordige en toekomende tyd uit te wys,
byvoorbeeld:

Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd


Ek eet. Ek het geëet. Ek sal eet.
Die kinders moet slaap. Die kinders moes slaap/geslaap het. Die kinders sal moet slaap.
Hulle wil slaap. Hulle wou slaap/geslaap het. Hulle sal wil slaap.
Mense kan skryf. Mense kon skryf. Mense sal kan skryf.
(In die verlede tyd kry die werkwoord
’n ge- as voorvoegsel by.)

MOONTLIKHEID
Jy kan moontlikheid op verskeie maniere uitdruk, byvoorbeeld:

ƒ Ons sou dalk wou oorslaap/oorgeslaap het (as daar plek was).
ƒ Mense kon miskien geskryf het (as hulle penne gehad het).
ƒ Mense sou miskien kon skryf/kon geskryf het (as hulle potlode gehad het).
ƒ Mense sou seker kon skryf/geskryf het (as hulle die regte onderwys ontvang het).

Daar is ook nog ander maniere om moontlikheid uit te druk (wat bekendstaan as die
AANVOEGENDE wyse) – vra jou onderwyser om jou meer hiervan te vertel.

KOPPELWERKWOORDE
ƒ Koppelwerkwoorde is werkwoorde wat ’n aanvulling nodig het om sinvol te wees. Koppelwerkwoorde kan verlede,
teenwoordige en toekomende tyd aandui:

is, was, word, voel, klink, lyk, raak, ruik, smaak, ens.

Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd


Ek is siek. Ek was siek. Ek sal siek wees.
Ek word siek. Ek het siek geword. Ek sal siek word.
Die vrou voel siek. Die vrou het siek gevoel. Die vrou sal siek voel.
Die lied klink mooi. Die lied het mooi geklink. Die lied sal mooi klink.
Die klere lyk duur. Die klere het duur gelyk. Die klere sal duur lyk.
Die vy smaak sleg. Die vy het sleg gesmaak. Die vy sal sleg smaak.
Ek raak moeg. Ek het moeg geraak. Ek sal moeg raak.
Die kos ruik heerlik. Die kos het heerlik geruik. Die kos sal heerlik ruik.

BEDRYWENDE EN LYDENDE VORM


Die bedrywende en lydende vorm dui die verhouding aan tussen die aksie (of toestand) wat aangedui word deur ’n werkwoord
en die onderwerp/voorwerp van die sin. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Bedrywende vorm (aktief): Die onderwerp voer die aksie uit.
ƒ Lydende vorm (passief): Die handeling (wat deur die werkwoord uitgedruk word) word nie aktief uitgevoer nie, dit raak ’n
passiewe gebeurtenis.

Bladsy 22
ƒ Die volgende twee sinne dra dieselfde boodskap oor, maar d.m.v. verskillende taalpatrone:

ƒ Bedrywende vorm: Die skoolkinders verf die klaskamermure.


Hier is die basiese patroon van onderwerp (Die skoolkinders) + gesegde (verf) + voorwerp (die klaskamermure)
van Afrikaanse stelsinne.
ƒ Lydende vorm: Die klaskamermure word deur die skoolkinders geverf.
Hier word die klaskamermure as onderwerp gebruik en die skoolkinders word met deur verbind om ’n
setselgroep te vorm. Daarbenewens kry die gesegde ’n werkwoord by (word), wat ’n omskrywingswerkwoord
genoem word.

ƒ Die verskillende tye lyk anders in die lydende vorm:

Bedrywende vorm Lydende vorm


Die skoolkinders verf die
Teenwoordige tyd Die klaskamermure word deur die skoolkinders geverf.
klaskamermure.
Die skoolkinders het die Die klaskamermure is deur die skoolkinders geverf.
Verlede tyd
klaskamermure geverf. (Die omskrywingswerkwoord in die verlede tyd is is, nie was nie.)
Die skoolkinders sal die
Toekomende tyd Die klaskamermure sal deur die skoolkinders geverf word.
klaskamermure verf

ƒ In baie gevalle – en om spesifieke redes – word die setselgroep in die lydende vorm weggelaat, byvoorbeeld:

ƒ Vrugte word deur my vriende gesteel./Daar word vrugte gesteel.


Om strategiese redes word my vriende verswyg (om hulle te beskerm).
ƒ Vals beloftes is deur politici gemaak./Daar is vals beloftes gemaak.
Die weglating word om bepaalde redes gemaak, bv. om die politici te beskerm of omdat dit voor die hand liggend
is en nie gesê hoef te word nie.
ƒ Jy sal/gaan hard deur my geslaan word.
Die weglating van die setselgroep maak dit onseker wie die slaanwerk gaan doen, miskien om die dreigement te
versterk of om nie die “ek” in die kollig te plaas nie.

ƒ Sinsuitbreiding by die bedrywende en lydende vorm kan voorkom, byvoorbeeld:

ƒ Bedrywende vorm: Die baie flukse skoolkinders verf die uiters verwaarloosde klaskamermure vinnig.
ƒ Lydende vorm: Die uiters verwaarloosde klaskamermure word vinnig deur die baie flukse skoolkinders geverf.

n) Direkte en indirekte rede


Die direkte en indirekte rede word albei gebruik om weer te gee wat iemand gesê het. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ In die direkte rede word ’n spreker se direkte woorde aangehaal, gewoonlik met ’n aanduiding van die spreker.
ƒ In die indirekte rede word die spreker se woorde deur ’n ander persoon (in stelsinvorm) weergegee.
Hier is voorbeelde van albei:

Direkte rede Indirekte rede


Die regter sê: “Mense ken die wet.”
ª Aan die einde kom die punt voor die sluitingaanhalingstekens. Die regter sê dat mense die wet ken.
OF ª Let daarop dat die tweede gesegde, ken, aan die
“Mense ken die wet,” sê die regter. einde van die sin staan.
ª Die sluitingaanhalingstekens kom na die komma.
Die regter het gister gesê: “Mense ken die wet.” Die regter het gister gesê dat mense die wet geken het.
OF ª Let daarop dat gister net so bly, want dit is nie deel
“Mense ken die wet,” het die regter gister gesê. van die regter se direkte woorde nie.

Bladsy 23
Direkte rede Indirekte rede
Die politikus voer aan: Die politikus voer aan dat mense gister in groot getalle
“Mense het gister in groot getalle gestem.” gestem het.
OF Let daarop dat gister net so bly, want die
ª
“Mense het gister in groot getalle gestem,” voer die politikus aan. indirekteredesin is in die teenwoordige tyd.
Die politikus het aangevoer:
Die politikus het aangevoer dat mense die vorige dag
“Mense het gister in groot getalle gestem.”
in groot getalle gestem het.
OF
ª Wanneer gister deel van die direkte woorde
“Mense het gister in groot getalle gestem,” uitmaak en die indirekteredesin is in die verlede tyd,
het die politikus aangevoer. word dit die vorige dag.
Die politikus het gister aangevoer: Die politikus het gister aangevoer dat mense die vorige
“Mense het verlede jaar in groot getalle gestem.” jaar in groot getalle gestem het.
OF ª Wanneer verlede jaar deel van die direkte woorde
“Mense het verlede jaar in groot getalle gestem,” in die verlede tyd uitmaak, word dit in die indirekte
het die politikus gister aangevoer. rede die vorige jaar.
Die dokter vra: “Het die pasiënt baie pyn?”
ª Aan die einde kom die vraagteken voor die
sluitingaanhalingstekens. Die dokter vra of die pasiënt baie pyn het.
OF ª Daar is nie ’n vraagteken aan die einde nie, maar ’n
punt, want die indirekte rede is in stelsinvorm.
“Het die pasiënt baie pyn?” vra die dokter
ª Die vraagteken kom voor die sluitingaanhalingstekens.
Die dokter het verlede jaar gevra:
“Hoeveel pasiënte het pyn?” Die dokter het verlede jaar gevra hoeveel pasiënte pyn
gehad het.
OF
ª Verlede jaar bly net so, want dit is nie deel van die
“Hoeveel pasiënte het pyn?”
dokter se direkte woorde nie.
het die dokter verlede jaar gevra.

Die skrywer beweer: “My jongste roman het verlede jaar


‘baie goeie resensies’ gekry.”
Die skrywer beweer dat sy/haar jongste roman verlede
ª Let op die aanhaling binne ‘n aanhaling. jaar “baie goeie resensies” gekry het.
OF ª Let op die aanhaling in die indirekte rede “baie
goeie resensies”.
“My jongste roman het verlede jaar ‘baie goeie resensies’
gekry,” beweer die skrywer.

Die skrywer het aangekondig: “Ek sal volgende week


Die skrywer het aangekondig dat hy/sy die volgende/
’n nuwe boek publiseer.”
daaropvolgende week ’n nuwe boek sou publiseer/sou
OF gepubliseer het.
“Ek sal volgende week ’n nuwe boek publiseer,”
ª Ek word hy/sy.
het die skrywer aangekondig.
“Hierdie saak,” skree die ma,
“kan op ’n beter manier opgelos word!” Die ma skree dat daardie saak op ’n beter manier
opgelos kan word.
ª Let op die gebruik van die leestekens.
ª Hierdie word daardie en die uitroepteken geld nie
meer nie.

Bladsy 24
Direkte rede Indirekte rede
Die afrigter sal môre verklaar dat geeneen van hulle
Die afrigter sal môre verklaar: “Geeneen van ons atlete atlete dwelms gebruik nie.
gebruik dwelms nie.”
ª Let op dat ons verander na hulle.
Die kwaai pa sê:
“Kinders, julle is almal skuldig aan hierdie stoutigheid.” Die kwaai pa sê vir die kinders dat hulle almal skuldig
aan daardie stoutigheid is.
OF
ª Julle verander na hulle en hierdie word daardie.
“Kinders, julle is almal skuldig aan hierdie stoutigheid,”
sê die kwaai pa.
Die ouma het gesê dat hulle hul ouers moet respekteer.
Die ouma het gesê: “Julle moet julle ouers respekteer.” ª As die ouma dit vir ‘n derde party gesê het.
OF OF
“Julle moet julle ouers respekteer,” het die ouma gesê. Die ouma het gesê dat ons ons ouers moet respekteer.
ª As die ouma dit vir ’n eerste party gesê het.
Die meisie wil van die man weet:
“Waar het jy my sambreel gekry?” Die meisie wil van die man weet waar hy haar
sambreel gekry het.
OF
ª Die eerste- en tweedepersoonsgebruik (my en jy)
“Waar het jy my sambreel gekry?” verander na die derde persoon (haar en hy).
wil die meisie van die man weet.

o) Leestekens
Leestekens (punktuasie/interpunksie) wil geskrewe werk so leesbaar, verstaanbaar en toeganklik moontlik vir lesers maak.

,!
Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Skryftekens verskil van leestekens: skryftekens (soos die koppelteken, kappie, deelteken, afkappingsteken en
aksenttekens) vorm deel van spelling en spelreëls – moenie dit met leestekens verwar nie.
ƒ Die funksie van leestekens (punt, komma, dubbelpunt, uitroepteken, vraagteken, ens.) is te uitgebreid
om volledig in hierdie gids op te neem.
ƒ Vra jou onderwyser om in die klas tyd aan leestekens te spandeer.
ƒ Onthou: Elke leesteken speel ’n belangrike rol in die vergemakliking van leestekste.


Sorg dat jy die funksie van al die leestekens deeglik
begryp. Jy moet die vaardige gebruik van leestekens
elke dag oefen totdat dit tweede natuur word. Jy het
kennis van al die leestekenfunksies en die toepaslike
aanwending daarvan in AL jou skryfwerk nodig.
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS)
(bl. 101-151) gee heelwat inligting oor die gebruik
van leestekens soos die punt, komma, aandagstreep,
aanhalingstekens, dubbelpunt, asterisk, uitroepteken,
vraagteken, ellipsteken, ens.

Bladsy 25
Een aspek van leestekens wat hier aandag verdien, is die gebruik van hakies, kommas en aandagstrepe om parentese (soms
verwys na as ’n inlassin) te bewerkstellig. Hou die volgende belangrike inligting in gedagte:
ƒ Parentese is ’n tegniek om ’n woord of sinsdeel in ’n sin by te voeg, wat daarsonder steeds ’n volledig sin sou gewees het,
byvoorbeeld:

ƒ Die stad – die naam het my nou ontgaan – is aan die ooskus geleë.
ƒ Die stad (die naam het my nou ontgaan) is aan die ooskus geleë.
ƒ Die stad, die naam het my nou ontgaan, is aan die ooskus geleë.
ƒ Die sin Die stad is aan die ooskus geleë is ’n volledige, onafhanklike sin wat selfstandig kan bestaan.
ƒ Die deel die naam het my nou ontgaan is die ingevoegde deel wat ten doel het om bykomende/terloopse/
verhelderende inligting te voorsien. Hierdie gebruik van ‘n inlassin staan bekend as parentese.

ƒ Hier is nog ’n voobeeld van parentese:

ƒ Daardie mense – Russe – het die eerste ski’s vervaardig.


ƒ Daardie mense (Russe) het die eerste ski’s vervaardig.
ƒ Daardie mense, Russe, het die eerste ski’s vervaardig.
Parentese kom nie aan einde van sinne voor nie.

p) Verbande tussen woorde, sinne en paragrawe


Die verbande tussen woorde, sinne en paragrawe bepaal grootliks of betekenis behoorlik oorgedra word. Hou die volgende
belangrike inligting in gedagte:
ƒ Dit is belangrik dat die regte woorde vir ’n bepaalde boodskap gebruik word.
ƒ Dieselfde geld vir toepaslike sinsbou. As jy vir jou vriende ’n grap vertel, gaan jy ander woorde en sinsformulering gebruik
as wanneer jy ’n huldeblyk by ’n begrafnisdiens lewer. Dit is waarom die sinsbouaspekte waarna ons hier bo gekyk het, so
belangrik is.
ƒ Sinne wat by mekaar aansluit en mekaar logies opvolg, dra by tot duidelik geformuleerde betekenis. Die verskillende
sinsoorte (stel-, vraag- en bevelsinne), wat as enkelvoudige en saamgestelde sinne gebruik kan word, is ’n aanduiding van
hoe genuanseerd betekenis d.m.v. taal oorgedra word.
ƒ Dieselfde geld vir paragrawe. Soms vorm net een woord, of een sin, ’n paragraaf, maar gewoonlik bestaan ’n paragraaf uit
’n hoofgedagte plus ’n aantal ondersteunende of bygedagtes. ’n Paragraaf moet liefs nie uit meer as een hoofgedagte
bestaan nie. Elke paragraaf moet ’n eie hoofgedagte en ondersteunende gedagtes bevat.
ƒ Paragrawe moet ook logies, natuurlik en spontaan by mekaar aansluit (behalwe waar ‘n bepaalde gedagteloop
onderbreking nodig maak).
ƒ ’n Mens kry ook verskillende soorte paragrawe. Sommige paragrawe is beskrywend of klassifiserend en wil bloot inligting oordra,
andere is verhalend van aard, andere wil definisies en/of argumente voorop plaas, terwyl daar paragrawe is wat evaluerend
optree en eksposisies stel. Wanneer jy ’n paragraaf lees, moet jy vasstel watter soort inligting die paragraaf wil aanbied.
ƒ Uiteindelik wil woorde, sinne en paragrawe betekenis so duidelik moontlik oordra.

3.3.1.2 Advertensie- en oorredingstegnieke


Advertensie- en oorredingstegnieke sluit in gevoelstaal (ook genoem emotiewe taal), vooroordeel/partydigheid, manipulerende
taal en algemene oorredingstrategieë (waarby kritiese taalbewustheid ingesluit is).

Maak seker dat jy weet wat oorreding, manipulasie, bevooroordeeldheid/


partydigheid en gevoelstaal is. Soms kom hierdie oorredingstegnieke so naby aan
mekaar, dat jy hulle nie van mekaar kan skei nie, maar slegs kan onderskei – daarom
is dit belangrik dat jy die aard van elk van hierdie oorredingstegnieke duidelik verstaan.

Bladsy 26
Die onderstaande bespreking gaan jou help om die aard van oorredingstegnieke beter te verstaan. Kyk na die volgende
advertensie:

DIT IS VIR JOU! Vanaf slegs R150* per maand!

Verseker
jóú dierbare
motor teen ’n
AFSLAGPRYS (as
jy vóór die einde
van die maand
aansoek doen).

Reël VANDAG NOG met BDG Bank


vir ’n debietorder.
Geen ander motorversekering kan jou sulke
uitstekende WAARDE bied nie.

Skakel 0739919676 NOU


vir jou gratis kwotasie. Jóú ster
*Vir motors onder R50 000 motorversekering

1. Hoe probeer hierdie advertensie jou oorreed om vir STER se motorversekering aansoek te doen?
Antwoord: D
 ie aanvangswoorde (Dit is vir jou!) is in hoofletters, met ’n uitroepteken, saam met die foto van ’n begeerlike,
duursame motor. Die laagste maandelikse premie word genoem.

Maak seker dat jy verstaan wat oorreding is – iemand oorhaal of beweeg om


iets te doen of nie te doen nie.

2. Met watter gevoelstaal probeer die advertensie die leser se aandag trek?
Antwoord: “... (jóú) dierbare …”

Maak seker dat jy verstaan wat gevoelstaal is – taal wat op emosie


gebaseer is.

Bladsy 27
3. Hoe manipuleer die advertensie die leser om hierdie versekering gou/vinnig te bekom?
Antwoord: Deur afslag aan te bied indien die leser binne ’n spesifieke tyd aansoek doen.

Maak seker dat jy verstaan wat manipulasie is – om mense op ongewone/


buitengewone/spesiale/onnatuurlike/bedrieglike wyse sover te kry om iets te
doen wat hulle andersins nie sal doen nie.

4. Haal ’n sinsdeel aan waarin partydigheid voorkom.


Antwoord: “ … BDG Bank vir ‘n debietorder.”
(Een bank word bo die ander banke verkies en aanbeveel.)

Maak seker dat jy verstaan wat partydigheid is – om kant te kies.

5. Waaruit spreek bevoordoordeeldheid?


Antwoord: Uit die woorde “geen ander motorversekering …”

Maak seker dat jy verstaan wat bevooroordeeldheid is – met ’n


vooropgesette/vooringenome mening.

6. Watter ander tegnieke gebruik die advertensie om die leser te oorreed om aansoek te doen vir STER motorversekering?
Antwoord: D
 ie herhaalde gebruik van “jou” (soms betoon); woorde soos “vandag nog” (in hoofletters); die gebruik van
“nou” (in hoofletters) en “gratis kwotasie”; die prominente posisie van “waarde” (in hoofletters); uitroeptekens.
Let wel: Die advertensie kan ook misleidend wees: die R150 per maand is vir motors met ’n lae waarde (onder
R50 000), terwyl ’n begeerlike en duursame motor se foto net onder die R150 verskyn. Lesers moet van die
woord vanaf en die asterisk (*) by die R150 kennisneem en aan die einde van die advertensie lees watter
beperking die asterisk meebring.

7. Hoe dink jy kan die advertensie se geloofwaardigheid verbeter word?


Antwoord: O
 orweeg die invoeging of wysiging van woorde of sinne, of die reorganisasie van inligting om skeptiese lesers
van die goeie bedoelings van die advertensie te oortuig.
Let wel: Hierdie is ’n oop vraag. Lees die advertensie krities en gebruik jou kyk- en taalkennis om te besluit wat die
advertensie se geloofwaardigheid sal verbeter. Beoordeel jou moontlike antwoord krities en besluit dan of
jou antwoord inderdaad ’n verbetering van die advertensie se geloofwaardigheid sal meebring. Skryf dan jou
antwoord direk en duidelik neer.

Die tekste en vrae in hierdie gids is slegs VOORBEELDE van wat in


die finale eksamen verwag kan word.

Bladsy 28
Hier is nog ’n voorbeeld, vir ’n bietjie oefening. Kyk na die volgende advertensie:

EEN SPESIALIS-
BEGRAFNISPOLIS.
DRIE KEER DIE
VOORDELE.

PERFEK!
AVBOB SE Cashback
Begrafnisversekeringspolis
groei voortdurend in waarde om
buitengewone begrafnisdekking
en soveel meer te verskaf!
1. Jy ontvang elke vyf jaar die vyfde jaar se
premies in kontant indien jy nie eis nie.
2. Afhanklikes is gedek na die broodwinner
se dood – sonder dat enige premies
betaal word.
3. Die uitbetaling word verdubbel in die geval
van dood in ’n ongluk of dood weens
onnatuulike oorsake.

Kontak AVBOB vandag. AVBOB.


Ons spesialiseer in wat ons doen.
Ons het begrafnis-, Ons is daarom altyd daar vir jou.
versekerings- en
begrafnisdiensspesialiste
wat wag om met jou te
gesels …
As jy wil hê dat ‘n AVBOB verteenwoordiger jou moet skakel, SMS “AVBOB” na
30776. SMS is verniet. Alternatiewelik, skakel ons gerus op 0861 28 26 21 of stuur
*120*28262# vir ’n “Skakel My Terug”. Kostes beloop 20c per 20s).

*Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële


dienste. AVBOB is ‘n vlak 2 B-BBEE bydraer. FDV 20656.

Bladsy 29
1. Die advertensie speel met syfers om lesers van die goeie hoedanighede van die produk te oortuig. Verduidelik.
Antwoord: EEN spesialis-begrafnispolis: Jy het nie nog ander begrafnispolisse nodig nie; hierdie polis dek alles.
Drie keer die voordele: Jy betaal vir een voordeel, maar kry drie.
Drie voordele word onder mekaar genoem en so genommer.
Vyf: Elke vyf jaar kry jy die vyfde jaar se premies in kontant terug (as jy nie eis nie).

2. Skryf die strategies geplaaste woord neer wat ’n sterk oortuigingskrag dra.
Antwoord: “PERFEK!”

3. Skryf ‘n sin uit die advertensie neer wat indirek op die leser se gevoel speel. Motiveer jou antwoord.
Antwoord: “Ons is daarom altyd daar vir jou.”
Die leser voel goed om te weet dat AVBOB vir hom/haar omgee; dis gerusstellend/dit gee gemoedsrus/die
leser voel nie verlore as die dood naderkom nie.

4. Hoe sluit die handgebaar by twee sleutelgedagtes van die advertensie aan?
Antwoord: Dit versterk die boodskap van drie voordele vir die prys van een.
Die sirkel wat deur die punte van die duim en wysvinger gevorm word, is simbolies van “perfek”/
buitengewoon/’n spesialispolis.

5. Dink jy dit is noodsaaklike inligting vir die leser van die advertensie om te weet dat AVBOB ’n gemagtigde verskaffer van
finansiële dienste is? Motiveer jou antwoord.
Antwoord: Dit is ’n oop vraag wat van jou vra om moontlikhede te oorweeg en dan jou eie antwoord te gee en te motiveer.

Daar is nog ander strategiese elemente in die advertensie wat oorredend is.
Ontleed gerus die advertensie op jou eie om hierdie elemente te identifiseer.

3.3.2 Vraag 4
Vraag 4 bestaan uit een of twee strokiesprente (een of meer raampies) waaroor vrae gevra word. Vraag 4 tel 10 punte. Die vrae
konsentreer (soos by Vraag 3) op die volgende aspekte:

2 punte vir vrae oor woordeskatontwikkeling en taalgebruik of 8 punte vir vrae oor advertensie- en oorredingstegnieke
sinstrukture en die organisasie van tekste – gevoelstaal (emotiewe taal), vooroordeel/partydigheid,
manipulerende taal en algemene oorredingstrategieë
Die vrae kan in enige volgorde gevra word.

Hierdie aspekte is onder Vraag 3 hier bo behandel, maar daar is een aspek wat verdere bespreking verdien, wat bekend staan
as kritiese taalbewustheid.
Onder normale omstandighede het woorde en sinne letterlike betekenis, maar onder bepaalde omstandighede gaan hulle
verder deur bepaalde konnotatiewe/verskuilde betekenisse te suggereer/impliseer, indirek te stel, op ‘n of figuurlike wyse/
idiomaties aan te bied, sagter te stel of op ander maniere te formuleer wat verder en dieper gaan as die letterlike weergawe.
Soms word bepaalde woorde gebruik, of weggelaat, om ’n spesifieke betekenis te bewerkstellig. Die leser of aanhoorder
het dus nodig om krities op die taal waarin ’n boodskap toegedraai is ag te slaan. Jy moet dus ’n kritiese taalbewustheid
ontwikkel om raak te lees en te sien en te hoor wat nie noodwendig direk aangebied word nie, of wat anders gestel word. Die
volgende strokiesprent en die vrae wat daarop volg, sal jou ’n idee gee van die kritiese ingesteldheid wat van jou verwag word
om sekere tekste en die boodskappe wat (soms subtiel) daarin voorkom, versigtig te beoordeel:

Bladsy 30
Gee u om as ek ’n tweede opinie kry, dokter?

Jammer ek het jou so lank laat wag, Maar nou ja,


Hagar, maar ek is opgehou op pad Jy sal nie glo genoeg oor my,
na my spreekkamer. hoe besig die ek wil oor jou
gholfbaan is praat.
nie!
DIE VERSKRIKLIKE
Dik Browne

Jy moet gesonder Gee u om as ek ’n


lewe – geen ryk tweede opinie kry,
kos, poedings en dokter?
drank meer nie!
Glad
nie.

Jy moet gesonder lewe –


geen ryk kos, poedings en Dit kan
drank meer nie! hééldag aanhou!

1. Hoekom kan gesê word dat die volgende woorde van die dokter in die eerste spraakborrel misleidend is: “… opgehou op
pad na my spreekkamer”?
Antwoord: Die woord “opgehou” suggereer dat die dokter onbedoeld/onverwags, terwyl hy direk op pad was na sy
spreekkamer, aan iets anders moes aandag gee (wat tot gevolg gehad het dat hy vir Hägar lank laat wag het).
Uit die tweede spraakborrel blyk dit egter dat hy eers gaan gholf speel het en omdat daar so baie spelers op
die gholfbaan was, kon hy nie gou genoeg klaar speel nie en daarom is hy laat.

2. Waarom is dit te betwyfel of die dokter die woord “jammer” opreg bedoel? Hoe moet “jammer” éintlik verstaan word?
Antwoord: Die dokter laat Hägar willens en wetens wag terwyl gholf voorrang geniet, wat van selfsugtigheid eerder
as opregte jammerte spreek.
EN
Die woord “jammer” moet eerder verstaan word as ‘n gewoonte- of beleefdheidsverskoning wat nie regtig van
jammerte spreek nie.

3. Waarmee assosieer lesers die stereotipiese situasie wat hulle in die eerste spraakborrel teëkom?
Antwoord: ’n Mens wag gewoonlik lank in dokters se spreekkamers.

4. Wat laat ons vermoed dat die drank waarna verwys word, na alkoholiese drank verwys?
Antwoord: Ander drank word gewoonlik individueel genoem, bv. koffie, tee, koeldrank, melk, water, ens., maar “drank”
is gewoonlik ‘n verwysing na die versameling alkoholiese dranke.

5. Watter aanduiding is daar dat die dokters suggereer dat ryk kos, nagereg en (sterk) drank ongesond is?
Antwoord: Die dokters beveel dat Hägar gesonder moet lewe deur ryk kos, poedings en (sterk) drank uit te skakel.
(Daardeur suggereer die dokters dat ryk kos, poedings en sterk drank ongesond is.)

Bladsy 31
6. Wat is die eerste aanduiding dat Hägar baie lief is vir ryk kos, poedings en drank?
Antwoord: Hy aanvaar nie die eerste dokter se bevel dat ryk kos, poedings en drank afgeskaf moet word nie, daarom wil
hy ‘n tweede mediese mening kry (in die hoop dat die tweede mening nie ryk kos, poeding en drank sal wil
afskaf nie).

7. Hoeveel dokters is in hierdie strokiesprent ter sprake? Dui aan hoe hulle uitgebeeld word.
Antwoord: Drie dokters is ter sprake.
EN
Die eerste dokter word visueel voorgestel, met direkte woorde, die tweede dokter se naam verskyn op
’n naambord én hy word direk voorgestel (en met direkte woorde), net die naambord van die derde dokter
word gegee.

8. Hoe weet die leser dat Hägar nie dr. Olsen se bevel aanvaar nie?
Antwoord: Hy is op pad na ’n derde dokter toe (wat hopelik die teenoorgestelde raad as die vorige twee dokters sal gee).

9. Watter aanduiding is daar dat Hägar ook nie dr. Svensen se raad sal aanvaar as dit ooreenkom met die vorige twee dokters
se bevele nie? Watter woord dui Hägar se vasbeslotenheid aan om die antwoord wat hý wil hê te kry?
Antwoord: Die handlanger vermoed dat hulle heeldag van een dokter na die ander kan loop totdat Hägar hoor wat hy
graag wil hoor.
EN
“hééldag”

10. Watter woord suggereer dat dr. Svensen dalk dieselfde raad as die vorige twee dokters aan Hägar sal gee?
Antwoord: “kan”

11. Wat is die verskil in toon/emotiewe betekenis tussen die uitroepteken na die dokters se woorde en die uitroepteken in die
laaste raampie?
Antwoord: Die uitroepteken na die dokters se woorde dui op gesag – dis elke keer ‘n bevel wat gehoorsaam moet word.
 Die uitroepteken in die laaste raampie verteenwoordig ‘n gevoel van mismoedigheid/radeloosheid/
moedeloosheid.

12. Dink jy Hägar se onderdanige woorde teenoor die eerste dokter rym met sy naam, Hägar die Verskriklike?
Antwoord: “Dink jy” as deel van die vraag moet jou onmiddellik laat besef: dit is ’n oop vraag. Analiseer Hägar se woorde,
beoordeel hoe onderdanig sy woorde is, vergelyk dit krities met sy naam en formuleer jou eie, onafhanklike
siening oor hoe/hoekom dit ooreenkom/nie ooreenkom nie.
Let wel: Beoordeel jou antwoord krities en as jy oortuig daarvan is dat jy die vraag reg verstaan en die inligting
noukeurig oorweeg het, kan jy jou siening met selfvertroue neerskryf.

3.3.3 Vraag 5
Huistaal Eerste Addisionele Taal
Net een vraag (Vraag 5) Twee vrae (Vrae 5.1 en 5.2)
10 punte 20 punte
150-200 woorde Vraag 5.1: 150-200 woorde
– Vraag 5.2: Visuele teks (prent)
Vraag 5 (Vraag 5.1) bestaan uit ’n geskrewe teks waarop taalvrae gebaseer is. Die vrae handel oor woordeskatontwikkeling en
taalgebruik asook sinstrukture en die organisasie van tekste (waarby kritiese taalbewustheid ingesluit is).

Bladsy 32
Huistaal Eerste Addisionele Taal
5 punte vir vrae oor woordeskatontwikkeling en 10 punte vir vrae oor woordeskatontwikkeling en
taalgebruik taalgebruik
5 punte vir vrae oor sinstrukture en die organisasie van 10 punte vir vrae oor sinstrukture en die organisasie van
tekste (insluitende including kritiese taalbewustheid) tekste (insluitende including kritiese taalbewustheid)

Al hierdie aspekte is reeds hier bo bespreek (onder Vraag 3 en Vraag 4). Vrae oor hierdie aspekte word oor die drie vrae in
Afdeling C versprei.

Vraag 5.2 hier onder is ‘n voorbeeld van wat in die tweede deel van Vraag 5 gevra kan word (SLEGS Eerste Addisionele Taal):
5.2 Kyk na die prent (TEKS G) hier onder en beantwoord die vrae.
TEKS G

[Bron: Die Burger, 3 September 2021]

5.2.1 Kies die korrekte spelling tussen hakies.


(Vier/Vuur) mans het reeds die inspuiting ontvang.
5.2.2 Voltooi die sin hier onder.
Die verpleegster gebruik ’n ________ om die inspuiting toe te dien.
5.2.3 Kies die korrekte voornaamwoord.
Die man word ingespuit om (sy/hom) gesin teen ’n virus te beskerm.
5.2.4 Gee die Afrikaanse woord vir die woord tussen hakies.
Voor die inspuiting het die man (symptoms) van verkoue getoon.
5.2.5 Vul die ontbrekende woord in.
Die suster beskerm haarself en dra ’n ________ op haar gesig.
5.2.6 Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Die proses vir die inspuitings het (sonder foute) verloop.

Bladsy 33
ANDWOORDE:
5.2.1 Vier
5.2.2 spuitnaald
5.2.3 sy
5.2.4 simptome
5.2.5 masker
5.2.6 foutloos

OPSOMMEND
As jy sukses met Vraestel 1 wil behaal, moet jy in die loop van die
jaar ten minste:
ƒ Vyf uiteenlopende leestekste van 700-800 woorde (600-700
woorde) elk lees en vrae daaroor beantwoord (Afdeling A).
ƒ Vyf uiteenlopende tekste van ongeveer 350 woorde (250 woorde)
elk in 90 woorde (70 woorde) opsom (Afdeling B).
ƒ Vyf uiteenlopende advertensies met vrae daaroor beantwoord
(Afdeling C).
ƒ Vyf uiteenlopende strokiesprente met vrae oor beantwoord
(Afdeling C).
ƒ Taalvrae oor vyf uiteenlopende tekste van 150-200 woorde
(150-200 woorde) beantwoord (Afdeling C).

Die tekste en vrae in hierdie gids is slegs VOORBEELDE van wat in


die finale eksamen verwag kan word.

Bladsy 34
WWW.AVBOBSTEP12.CO.ZA | WWW.AVBOB.CO.ZA

You might also like