Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 528

FINANSIËLE

REKENINGKUNDE
179/188

© UNIVERSITEIT STELLENBOSCH 2022


HOOFSTUK 1
AARD EN DOEL VAN REKENINGKUNDE

Bladsy

Leeruitkomste 1-2

1.1 Aard en doel van rekeningkunde 1-3

1.2 Agtergrond tot rekeningkundige standpunte 1-4

1.3 Gebruikers van rekeningkundige inligting 1-5

1.4 Entiteitsvorme 1-6

Bylaag A 1-7

1-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die aard en doel van finansiële rekeningkunde te verstaan

- die gebruikers van rekeningkundige inligting en hul inligtingsbehoeftes


te kan identifiseer

- die verskeie entiteitsvorme te identifiseer

1-2
1.1 Aard en doel van rekeningkunde

Rekeningkunde word dikwels die taal van die sakewêreld genoem omdat dit die
finansiële inligting verskaf wat bestuurders van verskeie entiteite nodig het om
besluite te neem. Dit word ook gebruik om transaksies te beskryf en te verantwoord
wat tussen verskeie entiteite aangegaan word.

Rekeningkunde bestudeer metodes waarvolgens op ‘n ordelike en sistematiese wyse


rekord gehou word van alle transaksies en gebeurtenisse wat uitgedruk kan word in
‘n geldwaarde, asook maniere waarop die resultate van transaksies ontleed en
geïnterpreteer kan word.

Rekeningkunde is ‘n meetproses en kan dus omskryf word as die opteken van


geldwaardes van finansiële transaksies en gebeurtenisse met die hoofdoel om die
inligting in die vorm van finansiële state te verskaf wat as die grondslag van
besluitneming kan dien.

Rekeningkunde as ‘n meetproses soos bespreek in hierdie boek word diagrammaties


uiteengesit in Bylaag A

Die bestuur van ‘n entiteit sal onder andere die volgende inligting verlang:

• Die hoeveelheid geld wat die entiteit aan ander skuld (bv lenings en
krediteure)
• Die hoeveelheid geld wat aan die entiteit verskuldig is deur ander (bv
debiteure)
• Aard en waarde van die entiteit se bates (bv eiendom en beleggings)
• Aard en bedrag van uitgawes betaal in ‘n spesifieke periode (bv huur,
salarisse, elektrisiteit)
• Aard en bedrag van inkomste ontvang in ‘n spesifieke periode (bv verkoop van
goedere en lewering van dienste)
• Die wins/verlies vir ‘n spesifieke periode
• Bedrag van die aandeelhouers se belang/bydrae in die entiteit (bv
ekwiteit/kapitaal en behoue verdienste)

1-3
1.2 Agtergrond tot rekeningkundige standpunte

Ten einde die behoefte aan betroubare en vergelykbare finansiële state wat die
finansiële posisie en finansiële prestasie van 'n onderneming se aktiwiteite
weerspieël te bereik, word spesifieke rekeningkundige reëls vereis gebaseer op die
rekeningkundige taal bekend as die dubbelinskrywingstelsel. Hierdie reëls het
bekend geword as algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk (AARP). Voor
globalisering, het verskillende lande hul eie unieke vorm van AARP gebruik, waarna
verwys word as nasionale AARP. Dit het gelei tot probleme want die nasionale AARP
van een land verskil van dié van ʼn ander land. Daar was 'n toenemende behoefte
aan 'n globale AARP om vergelykbaarheid te verseker. Hierdie globale AARP word
na verwys as die stel van ‘International Financial Reporting Standards’ (IFRSs).

Die ‘International Accounting Standards Committee’ (IASC) is in 1973 gestig. Die


IASC het globale rekeningkundige standaarde uitgereik genoem ‘International
Accounting Standards’ – dit word voorafgegaan met 'IAS’. In 2001 is die IASC
vervang deur die International Accounting Standards Board (IASB). Alle globale
rekeningkundige standaarde wat deur die IASB uitgereik word, word IFRS genoem
(voorafgegaan met 'IFRS'). Hierdie standaarde verteenwoordig die stel beginsels wat
toegepas word deur rekenmeesters. Die IASB het al die werk van die IASC
oorgeneem. Gevolglik, word steeds gebruik gemaak van standaarde voorafgegaan
met IFRS asook IAS. Dit is moontlik dat 'n standaard soms komplekse beginsels
bevat. Die IASB skep duidelikheid deur die uitreiking van addisionele dokumente
genoem Interpretasies, voorafgegaan met ‘SIC’ of ‘IFRIC’. IFRS'e verwys in die
algemeen na die standaarde en interpretasies.

IFRSe is gebaseer op die ‘Conceptual Framework for Financial Reporting’ (bespreek


in hoofstuk 2) wat deur die IASB uitgereik is om die verskillende omstandighede wat
aanleiding gegee het tot die gebruik van verskeie definisies en erkenningskriteria wat
gebruik word by die opstelling van finansiële state te verminder. Terselfdertyd word
die gebruikswaarde van finansiële state vir besluitneming te verhoog.

In Suid-Afrika was die Standpunte oor AARP (SA AARP) uitgereik deur die
‘Accounting Practices Board’ (APB). Ingevolge die Maatskappywet, no 71 van 2008,
is die liggaam egter vervang met ‘n onafhanklike regulatoriese liggaam, die ‘Financial
Reporting Standards Council (FRSC)’. SA AARP is nie meer van toepassing ten
opsigte van finansiële jare wat op of na 1 Desember 2012 begin. Die finansiële
verslagdoenings raamwerke beskikbaar in Suid-Afrika is IFRS en IFRS for small and
medium-sized entities (SMEs).

IFRS'e is hoofsaaklik ontwerp vir die voorbereiding van maatskappy se finansiële


state. Vir nie-publieke maatskappye, is die kompleksiteit onnodig en irrelevant, sowel
as duur. Vandaar die ontwikkeling van IFRSs for SMEs, wat 'n eenvoudiger stel van
rekeningkundige standaarde bevat.

1-4
1.3 Gebruikers van rekeningkundige inligting

Finansiële inligting is ‘n belangrike rolspeler in ekonomiese besluitneming vir ‘n groot


verskeidenheid gebruikers met unieke inligtingsbehoeftes. Die volgende is gebruikers
van finansiële state en hul onderskeie inligtingsbehoeftes:

• Beleggers – die verskaffers van risiko kapitaal, verlang inligting oor die
inherente risiko en opbrengs van hul belegging. Inligting is nodig sodat hulle
kan besluit of hulle aandele behoort te koop, te behou of te verkoop.
Aandeelhouers stel ook belang in inligting oor die dividendbetalingsvermoë
van die entiteit.
• Werknemers – verlang inligting oor die stabiliteit en winsgewendheid van hul
werkgewers. Hulle stel ook belang in die vermoë van die entiteit om te
voorsien in hulle vergoeding, aftreevoordele en werksgeleenthede.
• Uitleners van geld – verlang inligting oor die stiptelike betaling van
verskuldigde bedrae en rente. Hulle stel ook belang in die solvensie en
likiditeit van die entiteit.
• Verskaffers en ander handelskrediteure – verlang inligting om te oordeel of
bedrae wat aan hulle verskuldig is, vereffen sal word wanneer dit betaalbaar
is. Handelskrediteure sal waarskynlik as uitleners van geld oor ‘n korter
periode belangstel in die entiteit, tensy hulle van die voortbestaan van die
entiteit afhanklik is, as ‘n groot kliënt.
• Klante – verlang inligting oor die voortbestaan van die entiteit, veral as hulle
oor ‘n lang termyn by hulle betrokke is of van die entiteit afhanklik is.
• Regering en regeringsinstellings – verlang inligting oor die toewysing van
hulpbronne en aktiwiteite van die entiteit. Hulle verlang ook inligting vir die
heffing van belastings en statistiese inligting vir die doel van beleidsbesluite.
• Publiek – verlang inligting oor die bydrae wat die entiteit tot die ekonomie
lewer en werksgeleenthede wat geskep word. Finansiële state kan inligting
voorsien oor tendense en ontwikkelinge in die voorspoed van die entiteit en sy
aktiwiteite.

1-5
1.4 Entiteitsvorme

‘n Entiteit is enige besigheid wat aktiwiteite aangaan en besigheid bedryf. Hulle kan
goedere verkoop of dienste lewer en hulle kan dit doen met die oogmerk om wins te
maak of nie. Entiteite kan verskeie vorme hê. Die algemeenste vorme word in die
tabel hieronder aangetoon:

Eenmansaak Vennootskap Beslote Maatskappy


Korporasie

1 Eienaar 2 of meer Vennote 1 -10 Lede Aandeelhouers

Nie afsonderlike Nie afsonderlike Afsonderlike Afsonderlike


regsentiteit regsentiteit regsentiteit regsentiteit

Geen wette Geen wette Wet op BKs Maatskappywet

Wins behoort aan Winste word Winste word Winste behoort aan
eienaar verdeel in uitgekeer aan lede maatskappy en
spesifieke as winsdelings word uitgekeer aan
verhouding tussen aandeelhouers by
vennote wyse van dividende

Hoofstuk 1 – 14 Hoofstuk 19 Hoofstuk 16 Hoofstuk 14 & 15

1-6
REKENINGKUNDE AS ‘N MEETPROSES

Rekeningkundige vergelyking

B=E+L

BEGIN V TYDPERK EINDE V TYDPERK

GEDURENDE TYDPERK

FINANSIËLE TRANSAKSIES FINANSIËLE VERSLAGDOENING

- Hoeveel wins het ek gemaak?


Aankope (kontant/krediet) Laste
Resultaat van finansiële aktiwiteite
Uitgawes (Inkomstestaat)
Wins/verlies
- Het my ekwiteit vermeerder?
Inkomste Bates
Finansiële posisie van entiteit
Verkope (kontant/krediet) (Balansstaat)

Kapitaal (bydraes/onttrekkings)

REKENINGKUNDIGE SIKLUS

(1) Vaslegging van data op brondokumente


(2) Aantekening v transaksies in joernale
(3) Oorboeking na die grootboekrekeninge
(4) Opstel van proefbalans
(5) Aansuiwerings en regstelling van foute

Reëls

- Onderliggende veronderstellings
- Kwalitatiewe eienskappe
- Erkenning & meting van elemente

1-7
HOOFSTUK 2
DIE KONSEPSUELE RAAMWERK VIR FINANSIëLE
VERSLAGDOENING

Bladsy

Leeruitkomste 2-2

2.1 Doel van die konsepsuele raamwerk 2-3

2.2 Omvang van die konsepsuele raamwerk 2-3

2.2.1 Doelwit van algemene doel finansiële verslagdoening

2.2.2 Kwalitatiewe eienskappe van nuttige finansiële inligting


2.2.2.1 Fundamentele kwalitatiewe eienskappe
2.2.2.2 Ondersteunende kwalitatiewe eienskappe
2.2.2.3 Die kostebeperking van nuttige finansiële
verslagdoening

2.2.3 Onderliggende veronderstellings


2.2.3.1 Toevallingsgrondslag
2.2.3.2 Lopende saak

2.2.4 Elemente van finansiële state

2.2.5 Erkenning van die elemente van finansiële state

2.2.6 Meting van die elemente van finansiële state

2.3 Die entiteitskonsep 2 - 10

2.4 Verbruiksvoorraad voorhande 2 - 10

Vrae 2 - 12

2-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die konsepsuele raamwerk verstaan

- die elemente van finansiële state te kan identifiseer en omskryf

- die erkenning- en metingsmaatstawwe van elemente in finansiële state


te kan toepas

- die entiteitskonsep te verstaan

2-2
2.1 Die doel van die konsepsuele raamwerk vir finansiële verslagdoening

Die konsepsuele raamwerk (hierna verwys as die raamwerk) het ten doel om definisies
en erkenningskriteria wat gebruik word by die opstel van finansiële state te
standaardiseer om sodoende die gebruikswaarde van finansiële state vir besluitneming
te verhoog.

2.2 Omvang van die raamwerk

2.2.1 Doelwit van algemene-doel finansiële verslagdoening

Die doelwit van algemene-doel finansiële verslagdoening is om nuttige finansiële inligting


oor die verslagdoenende entiteit te verskaf sodat huidige en potensiële beleggers,
uitleners en ander krediteure (primêre gebruikers) besluite kan neem oor verskaffing van
hulpbronne aan die entiteit.

Algemene-doel finansiële state gee nie alle inligting wat gebruikers nodig het nie.
Gebruikers moet ook ander inligting soos bv. algemene ekonomiese omstandighede,
politieke situasies en die industrie waarin die entiteit besigheid bedryf oorweeg in hul
besluitnemingsproses. Die finansiële state is nie gemik op reguleerders, bestuur van die
entiteit en die algemene publiek nie, maar hulle kan dit steeds gebruik.

Algemene-doel finansiële state gee nie die waarde van die verslagdoenende entiteit
weer nie, dit gee slegs inligting wat kan help om die waarde van die entiteit te beraam.
Die finansiële state is tot ʼn groot mate gebaseer op ramings, oordeel en modelle eerder
as op presiese voorstellinge. Die raamwerk stel die konsepte vas onderliggend aan die
ramings, oordeel en modelle.

2.2.2 Kwalitatiewe eienskappe van nuttige finansiële inligting

Kwalitatiewe eienskappe is die kenmerke wat die inligting in finansiële state vir
gebruikers nuttig maak. Die twee groepe eienskappe ingevolge die raamwerk word
hieronder bespreek:

2-3
2.2.2.1 Fundamentele kwalitatiewe eienskappe

Finansiële inligting is nuttig (bruikbaar), indien dit toepaslik is en ʼn getroue weergawe is


van wat dit voorgee om te wees.

⇒ Toepaslikheid

Inligting is toepaslik as dit ʼn verskil kan maak in die besluite van gebruikers. Die inligting
kan ʼn verskil maak indien dit die volgende eienskappe het:

• Voorspellingswaarde

Inligting kan gebruik word deur gebruikers van state om hul eie voorspellings te
maak.

• Terugvoerwaarde

Inligting gee terugvoer (bevestig of verander) oor vorige evaluasies.

Die wesenlikheid van inligting moet ook in ag geneem word om te bepaal of dit toepaslik
is. Inligting is wesenlik indien die weglating of foutiewe weergawe daarvan die
ekonomiese besluite van gebruikers, wat op die finansiële state staatmaak, beïnvloed.
Wesenlikheid word bepaal deur die grootte van die item of fout in verhouding tot die
bepaalde omstandighede waarin dit weggelaat of foutief weergegee is. Wesenlikheid kan
verskil van entiteit tot entiteit.

⇒ Getroue weergawe

Finansiële state verteenwoordig ekonomiese verskynsels in woorde en syfers, om


bruikbaar te wees, moet die inligting ʼn getroue weergawe van die gebeure wees wat dit
voorgee om te wees. Die volgende is eienskappe van getroue weergawe:

• Volledigheid

Wesenlike weglatings kan meebring dat inligting vals en misleidend is en


derhalwe onbetroubaar en ontoepaslik is.

• Onpartydigheid

Inligting is onpartydig, deurdat dit nie aangebied word op ʼn wyse om ʼn


voorafbepaalde resultaat te bewerkstellig nie.

• Foutloosheid

Inligting moet vry van foute wees ten opsigte van beskrywing en die proses om
die inligting te produseer.

2-4
2.2.2.2 Ondersteunende kwalitatiewe eienskappe

Die bruikbaarheid van finansiële inligting word versterk as dit aan die volgende
eienskappe voldoen:

⇒ Vergelykbaarheid

Gebruikers verlang vergelykbare inligting om tendense oor tyd en tussen soortgelyke


entiteite te beoordeel ten einde hul eie relatiewe finansiële posisie/prestasie te kan
evalueer. Die meting en aanbieding van die finansiële gevolge van gelyksoortige
transaksies en ander gebeurtenisse moet dus op konsekwente wyse dwarsdeur die
entiteit en oor ʼn tydperk geskied, en ook op konsekwente wyse vir verskillende entiteite.
Dit is dus belangrik dat entiteite vergelykende syfers vir ten minste een jaar in hul
finansiële state openbaar.

⇒ Bevestigbaarheid

Indien inligting bevestigbaar is, help dit gebruikers om te verseker dat die inligting ʼn
getroue weergawe is van die ekonomiese gebeure wat dit voorgee om te wees. Dit
beteken dat verskillende kundige en onafhanklike waarnemers dieselfde afleidings kan
maak of konsensus bereik.

⇒ Tydigheid

Inligting moet tydig basis beskikbaar wees vir die gebruikers om hul besluite te kan
beïnvloed.

⇒ Verstaanbaarheid

Inligting moet redelik verstaanbaar wees vir gebruikers. Vir hierdie doel word aanvaar dat
gebruikers oor redelike kennis van sake en ekonomiese aktiwiteite sowel as
rekeningkunde beskik, en bereid is om die inligting doelgerig te bestudeer. Inligting oor
ingewikkelde sake behoort egter nie weggelaat te word bloot omdat dit vir sekere
gebruikers te ingewikkeld mag wees om te verstaan nie.

2.2.2.3 Die kostebeperking van nuttige finansiële verslagdoening

Die ewewig tussen voordeel en koste is eerder ʼn beperking as ʼn kwalitatiewe eienskap.


Die voordele uit finansiële inligting moet groter wees as die koste daaraan verbonde om
die inligting te verkry. Die waardebepaling van voordele en koste is hoofsaaklik ʼn
oordeelsproses.

2-5
2.2 .3 Onderliggende veronderstellings

Volgens die raamwerk is die volgende twee veronderstellings onderliggend tot die opstel
van finansiële state:

2.2.3.1 Toevallingsgrondslag*

Finansiële state word volgens die toevallingsgrondslag opgestel. Hiervolgens word


transaksies en ander gebeurtenisse rekeningkundig verantwoord wanneer dit plaasvind,
en nie eers op die datum waarop kontant ontvang of betaal word nie. Finansiële state
wat op die toevallingsgrondslag opgestel is, gee dus vir die gebruiker inligting oor
transaksies in die verlede wat ʼn beweging in kontant tot gevolg gehad het, asook inligting
oor die toekomstige vereffening van die entiteit se verpligtinge of die toekomstige
invordering van bedrae wat aan die entiteit verskuldig is.

2.2.3.2 Lopende saak

Finansiële state word opgestel met die veronderstelling dat die entiteit in die afsienbare
toekoms ʼn bedryfsbestaan sal bly voer. Daar word dus aanvaar dat die entiteit nie van
voorneme of verplig is om sy aktiwiteite wesenlik in te krimp of te gelde te maak nie.

2.2.4 Elemente van finansiële state

Die finansiële gevolge van transaksies en gebeurtenisse word volgens hul ekonomiese
eienskappe geklassifiseer, wat bekend staan as elemente. Die elemente wat regstreeks
op die meet van die finansiële posisie wat in die balansstaat weergegee word, betrekking
het, is bates, laste en ekwiteit. Die elemente wat regstreeks op die meet van prestasie
wat in die inkomstestaat weergegee word, is inkomste en uitgawes.

Die elemente word soos volg in die raamwerk uiteengesit:

⇒ Bates

ʼn Bate is ‘n huidige ekonomiese hulpbron deur die entiteit beheer a.g.v. gebeurtenisse in
die verlede.

‘n Ekonomiese hulpbron is ‘n reg wat die potensiaal hou om ekonomiese voordele te


produseer.

Die beheer van die bate kan voortspruit uit die besit van ʼn regstitel, alhoewel
eienaarskap nie ʼn vereiste is om te kwalifiseer as ʼn bate nie. Die entiteit moet slegs die
voordele wat uit die besit van die bate vloei, beheer.

Die toekomstige ekonomiese voordeel wat ʼn bate inhou, is die potensiaal wat dit het om
regstreeks of onregstreeks by te dra tot die invloei van kontant of kontantekwivalente na
die entiteit.

*Word geïmpliseer in die raamwerk, maar nie spesifiek so genoem nie (punt 3, bladsy 10).

2-6
ʼn Bate kan tasbaar of ontasbaar wees.

Bates word in 2 breë groepe ingedeel nl.:

• Nie-bedryfsbates (bv. eiendom, aanleg, toerusting, voertuie, patente,


handelsmerke, beleggings)
• Bedryfsbates (bv. kontant, voorraad, debiteure)

⇒ Laste

ʼn Las is ‘n huidige Verpligting van die entiteit om ekonomiese hulpbronne oor te dra
ontstaan uit vorige gebeurtenisse.

ʼn Wesenskenmerk van ʼn las is dat die entiteit ʼn huidige verpligting het. ʼn Verpligting is ʼn
plig of ʼn verantwoordelikheid om op ʼn bepaalde wyse op te tree of te presteer.
Verpligtinge mag regtens afdwingbaar wees as gevolg van ʼn bindende ooreenkoms of
wetsvereiste. Verpligtinge ontstaan egter ook uit normale sakepraktyk, algemene gebruik
en die begeerte om goeie sakebetrekkinge te handhaaf of om regverdig op te tree.

Die vereffening van ʼn las behels gewoonlik die prysgawe van die hulpbronne met
ekonomiese voordeel, ten einde aan die eis van die ander party te voldoen.

Laste word in 2 breë groepe ingedeel nl.:

• Nie-bedryfslaste (bv. langtermynlenings)


• Bedryfslaste (bv. krediteure, oortrokke bank, voorsienings)

⇒ Ekwiteit/Eienaarsbelang

Ekwiteit is die oorblywende belang in die bates van die entiteit nadat al die laste afgetrek
is.

Die bedrag waarteen ekwiteit in die balansstaat getoon word, is afhanklik van die meting
van bates en laste. Slegs by hoë uitsondering sal die bedrag van die totale ekwiteit
ooreenstem met die totale markwaarde van die aandele van die entiteit.

Ekwiteit kan onderverdeel word in:

- Kapitaal, wat verteenwoordig word deur die verskil tussen kapitaalbydraes (kontant of
enige ander bate wat die eienaar aan die entiteit beskikbaar stel om te gebruik in sy
gewone bedrywighede) en kapitaalonttrekkings (kontant of enige ander bate van die
entiteit wat die eienaar neem vir persoonlike gebruik)

- Wins/verlies, wat verteenwoordig word deur die verskil tussen inkomste en uitgawes

2-7
⇒ Inkomste

Inkomste is ʼn toename in bates, of afname in laste, wat lei tot toename in eienaar se
belang (ekwiteit) anders as bydraes van ekwiteitsbelanghouers.

Die omskrywing van inkomste omvat sowel inkomste en winste. Inkomste wat uit die
gewone bedrywighede van ʼn entiteit voortspruit, behels onder meer verkope, fooie,
rente, dividende, tantiemes en huur. Winste verteenwoordig ander items wat nie
noodwendig uit die gewone bedrywighede van ʼn entiteit voortspruit nie byvoorbeeld wins
wat ontstaan uit die verkoop van nie-bedryfsbates.

⇒ Uitgawes

Uitgawes is ʼn afname in bates, of toename in laste, lei tot afname in eienaar se belang
(ekwiteit) anders as uitkerings aan ekwiteitsbelanghouers.

Uitgawes sluit sowel bedryfsuitgawes as verliese in. Bedryfsuitgawes is uitgawes wat uit
die gewone bedrywighede van ʼn entiteit voortspruit soos byvoorbeeld koste van verkope,
lone, rente, huur en waardevermindering. Verliese kan ontstaan by die verkoop van nie-
bedryfsbates asook a.g.v. rampe soos byvoorbeeld brande en vloede.

2.2.5 Erkenning van die elemente van finansiële state

Erkenning is die proses van insluiting van ʼn item in die balansstaat of inkomstestaat wat
aan die omskrywing van ʼn element voldoen asook die maatstawwe vir erkenning.

ʼn Item (bate of las) wat aan die omskrywing van ʼn element voldoen, behoort erken te
word indien dit lei tot ‘n toepaslike inligting omtrent bates, laste, ekwiteit, inkomstes en
uitgawes en ‘n getroue weergawe van die voorgenoemde items, aangesien die doel is
om bruikbare inligting aan beleggers, leners en ander krediteure te verskaf.

Die toepaslikheid van ʼn item word beïnvloed deur:

• Lae waarskynlikheid van ‘n vloei van ekonomiese voordele


• Bestaan onsekerheid

Die getroue weergawe van ʼn item word beïnvloed deur:


• Metingsonsekerheid
• Erkennings teenstrydigheid
• Aanbieding en openbaarmaking

2-8
Erkenning van inkomste en uitgawes

Die finansiëlestate/ erkenning van inkomste en uitgawes, is gekoppel, omdat die


erkenning van een item (of verandering in drabedrag) vereis dat die erkenning of
onterkenning van een of meet items (of veranderinge in drabedrag van een of meer
items).

Byvoorbeeld:
(a) die erkenning van inkomste gebeur op die selfde tyd as:
(i) die aanvanklike erkenning van ʼn bate, of ʼn toename in die drabedrag van ʼn bate; of
(ii) die onterkenning van ʼn las, of afname in die drabedrag van ʼn las.
(b) die erkenning van uitgawe gebeur op die selfde tyd as:
(i) die aanvanklike erkenning van ʼn las, of ʼn toename in die drabedrag van ʼn las; of
(ii) die onterkenning van ʼn bate, of afname in die drabedrag van ʼn bate.

• Inkomste word gelyktydig erken met ʼn toename in bates of afname in laste

Bates = Ekwiteit + Laste

Beginsaldo 2 000 1 000 1 000


Transaksie 1 500 500
Transaksie 2 300 (300)
Eindsaldo 2 500 1 800 700

• Uitgawes word gelyktydig erken met ʼn afname in bates of toename in laste

Bates = Ekwiteit + Laste

Beginsaldo 2 000 1 000 1 000


Transaksie 1 (200) (200)
Transaksie 2 (400) 400
Eindsaldo 1 800 400 1 400

2.2.6 Meting van die elemente van finansiële state

Meting is die proses van vasstelling van die geldwaarde waarteen die elemente van die
finansiële state in die balansstaat en die inkomstestaat erken en aangetoon word. Dit
behels die keuse van die bepaalde metingsgrondslag.

ʼn Aantal verskillende metingsgrondslae word in verskillende mate, en in verskillende


kombinasies in die finansiële state aangewend. Sodanige metingsgrondslae sluit in:

2-9
• historiese koste
o Bates: bedrag betaal of die billike waarde van dit wat prysgegee is
o Laste: bedrag van vereffening (bedrag ontvang in ruil vir die verpligting)

• huidige koste
o Bates: kontant/kontantekwivalente om dieselfde bate tans te bekom
o Laste: kontant/kontantekwivalente tans nodig om verpligting te vereffen

• realiseerbare waarde
o Bates: kontant/kontantekwivalente tans verkry uit normale verkoop
o Laste: kontant/kontantekwivalente tans nodig om las te vereffen in die normale
loop van sake

• huidige waarde
o Bates: huidige verdiskonteerde waarde van toekomstige netto kontantinvloei
na verwagting opgelewer in normale loop van sake
o Laste: huidige verdiskonteerde waarde van toekomstige netto kontantuitvloei
vir vereffening in normale loop van sake

Die metingsgrondslag wat meestal deur entiteite in die opstel van finansiële state
aangewend word, is ’n kombinasie van historiese koste met een van die ander drie.

2.3 Die entiteitskonsep

ʼn Fundamentele konsep in rekeningkunde is die onderskeid wat gemaak word tussen die
onderneming/entiteit en die eienaar/aandeelhouers van die onderneming/entiteit. ʼn
Afsonderlike stel rekeningkundige rekords en finansiële state word vereis vir elke
onderneming/entiteit, sowel as vir die eienaars/aandeelhouers van die
onderneming/entiteit.

Die entiteit ontvang sy ekwiteit/kapitaal van sy aandeelhouers (eie kapitaal) en eksterne


uitleners van geld (vreemde kapitaal). Hierdie fondse word dan gebruik om bates te koop
in die naam van die entiteit, wat weer op hul beurt gebruik kan word om inkomste te
genereer vir die entiteit.

2.4 Verbruiksvoorraad voorhande

Gedurende die jaar word uitgawes aangegaan vir verbruiksvoorraad bv. skryfbehoeftes
en skoonmaakmiddels. Dit is moontlik dat daar van die verbruiksvoorraad ongebruik was
op jaareinde en dat dit eers in ‘n toekomstige tydperk gebruik gaan word. Die gedeelte
van die uitgawe ten opsigte van verbruiksvoorraad wat in toekomstige tydperke gebruik
gaan word moet op jaareinde herklassifiseer word as verbruiksvoorraad.

2 - 10
Nota: In Fin Rek 188 tensy anders aangemerk is daar ’n aanname dat alle
verbruiksvoorraad gebruik is.

2 - 11
HOOFSTUK 2
VRAE

Bladsy

Vraag 2.1 Definisies en erkenningskriteria 2 – 13

Vraag 2.2 Definisies en erkenningskriteria 2 – 14

Vraag 2.3 Identifisering van elemente 2 – 15

2 - 12
VRAAG 2.1

Green Farms het ʼn plaas met die doel om vrugte te kweek en later te verkoop,
aangekoop. Die aankoopprys van die plaas het R1.7m beloop en die ontwikkeling van
die grond het onmiddellik begin.

Die rekenmeester het die onkoste as ʼn uitgawe in die Staat van Omvattende Inkomste
getoon, maar die finansiële direkteur is oortuig dat daar voldoende rede is om die
onkoste as ʼn bate in die finansiële state te toon.

VERLANG

Bespreek, met redes (deur die Konsepsuele Raamwerk vir Finansiële Verslagdoening as
basis te gebruik), of die plantasie onkoste as ʼn uitgawe of as ʼn bate hanteer moet word
op aanvanklike erkenning (datum van aankoop). U antwoord moet die volgende
aanspreek:

- Die definisie van ʼn bate en die toepassing daarvan op die plaas;


- Die erkenningskriteria rakende bates;
- Die definisie van ʼn uitgawe en die toepassing daarvan op die plaas;
- U samevatting van die kwessie.

2 - 13
VRAAG 2.2

DEEL A:

Happy Foods het voorraad op 15 Desember 20X7 vir R100 000 van AB Suppliers
aangekoop. Die volle aankoopprys is steeds teen die finansiële jaareinde, 31 Desember
20X7, betaalbaar.

VERLANG

Bespreek, met redes (deur die Konsepsuele Raamwerk vir Finansiële Verslagdoening as
basis te gebruik), of die bedrag uitstaande teen die finansiële jaareinde as ʼn las hanteer
behoort te word. U antwoord moet die volgende aanspreek:

- Die definisie van ʼn las en die toepassing daarvan op die bedrag uitstaande;
- Die erkenningskriteria betreffende laste;

DEEL B:

Happy Foods het kontant van hul bank ontvang. Dit hou verband met rente op ʼn
belegging ten bedrae van R1 000 vir die huidige finansiële jaar.

VERLANG

Bespreek, met redes (deur die Konsepsuele Raamwerk vir Finansiële Verslagdoening as
basis te gebruik), of die bedrag wat gedurende die jaar ontvang is, as inkomste hanteer
moet word. U antwoord moet die volgende aanspreek:

- die definisie van ʼn inkomste en die toepassing daarvan op die bedrag ontvang;
- die erkenningskriteria betreffende inkomste;

DEEL C:

Happy Foods het lone ten bedrae van R1 200 000 vir die huidige finansiële jaar in
kontant betaal.

VERLANG

Bespreek, met redes (deur die Konsepsuele Raamwerk vir Finansiële Verslagdoening as
basis te gebruik), of die lone wat gedurende jaar betaal is as uitgawe hanteer moet word.
U antwoord moet die volgende aanspreek:

- Die definisie van ʼn uitgawe en die toepassing daarvan op die bedrag betaal;
- Die erkenningskriteria betreffende uitgawes;

2 - 14
VRAAG 2.3

Die volgende rekeningkundige aktiwiteite het, onder, met betrekking tot Kings Cleaning
Services, gedurende die maand geëindig 28 Februarie 20X7 plaasgevind:

1 Vereffen Compu se rekening van R4 000, vir rekenaar dienste deur hulle
gelewer.
2 Lewer R3 500 se skoonmaakdienste aan SA (Pty) Ltd. op krediet.
3 Verkoop ʼn ou mat skoonmaker, met ʼn waarde van R3 500 in die boeke van
Kings Cleaning Services op krediet aan Portia.
4 Ontvang kontant vanaf SA (Pty) Ltd. ter vereffening van die volle bedrag deur
hulle verskuldig vir dienste 2 Februarie 20X7 gelewer.
5 Die eienaar skenk sy voertuig aan die entiteit.
6 Betaal die elektrisiteitsrekening, ten bedrae van R800, vir Januarie 20X7 per
elektroniese fondsoordrag aan Eskom.
7 Ontvang ʼn bestelling van skoonmaakdienste van R12 000 van Fame Ltd. wat
gelewer moet word in Maart 20X7.
8 Lewer skoonmaakdienste van tien Persiese matte teen R100 elk aan Persian
Palace op krediet.
9 Koop maatskoonmaak middels ter waarde van R5 000 van The Crazy
Carpets aan en ontvang ʼn aankoopsfaktuur.
10 Die eienaar neem R250 van die kleinkas vir privaatgebruik.

VERLANG

Benoem die element(e) (deur die Konsepsuele Raamwerk vir Finansiële Verslagdoening
as basis te gebruik), betrokke in die bogenoemde transaksies.

2 - 15
HOOFSTUK 3
REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN FINANSIëLE
STATE

Bladsy

Leeruitkomste 3-2

3.1 Die rekeningkundige vergelyking 3-3

3.2 Doel van finansiële state 3-4

3.3 Komponente van finansiële state 3-4

3.3.1 Balansstaat
3.3.2 Inkomstestaat
3.3.3 Staat van verandering in ekwiteit
3.3.4 Staat van kontantvloeie
3.3.5 Aantekeninge tot die finansiële state

Vrae 3-9

3-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- ‘n begrip te hê van die rekeningkundige vergelyking

- ’n uiteensetting te kan gee van finansiële state

3-2
3.1 Die rekeningkundige vergelyking

Die basiese rekeningkundige vergelyking wat hieronder uiteengesit word, is ‘n direkte


gevolg van die entiteitskonsep:

Bates = Ekwiteit + Laste

Die eienaar van ‘n onderneming verskaf kapitaal/ekwiteit aan die onderneming, wat
dan aan die eienaar ‘n belang in die onderneming gee. Die onderneming kan ook
gebruik maak van lenings/laste as bykomende finansiering. Die onderneming gebruik
dan die kapitaal en laste (regterkant van vergelyking) om bates (linkerkant van
vergelyking) te koop. Hieruit volg dus dat ekwiteit die oorblywende belang in die
bates is nadat alle laste afgetrek is.

Die rekeningkundige vergelyking kan ook uitgebrei word om dit makliker


verstaanbaar te maak:

• Ekwiteit kan soos volg onderverdeel word in 4 komponente

Bates = (Kapitaalbydraes + Inkomstes – Kapitaalonttrekkings – Uitgawes) +


Laste

• Die items (kapitaalonttrekkings en uitgawes) wat ‘n negatiewe invloed op ekwiteit


het, kan oorgedra word na die bate kant van die vergelyking, met die gevolg dat
daar net met positiewe items in die vergelyking gewerk word.

Bates + Kapitaalonttrekkings + Uitgawes = Kapitaalbydraes + Inkomstes +


Laste

Die rekeningkundige vergelyking kan soos volg uitgedruk word in ‘n T-vormige


balansstaat om die finansiële posisie van die entiteit te bepaal:

DT KT

Bates xxx Ekwiteit


Kapitaalbydraes xxx
Kapitaalonttrekkings (xxx)
Inkomstes xxx
Uitgawes (xxx)

Laste xxx

xxx xxx

3-3
Die rekeningkundige vergelyking sal altyd balanseer, dit beteken dat as die
onderneming se balansstaat aan die begin van die periode balanseer, elke
transaksie wat in die periode aangegaan word ook ‘n rekeningkundige vergelyking
moet wees wat balanseer, om te verseker dat die balansstaat aan die einde van die
periode weer sal balanseer.

Uit bogenoemde kan afgelei word dat die teorie van rekeningkunde op ‘n
dubbelinskrywingstelsel gebaseer is, wat beteken dat daar vir elke debietinskrywing
‘n ooreenstemmende kredietinskrywing moet wees van dieselfde bedrag.

3.2 Doel van finansiële state

Die doel van finansiële state is om inligting te verskaf oor die finansiële posisie,
finansiële prestasie en kontantvloei van ‘n entiteit wat bruikbaar is vir ‘n wye
verskeidenheid van gebruikers om ekonomiese besluite te neem. Finansiële state
toon ook die resultate van bestuur se rentmeesterskap van die entiteit se hulpbronne
wat aan hulle toevertrou is.

Die tydperk waarvoor finansiële state opgestel word, staan bekend as die finansiële
periode/rekenpligtige tydperk. Die finansiële periode vir interne verslagdoening is
meestal een maand. Die finansiële periode/finansiële jaar vir eksterne
verslagdoening aan eksterne gebruikers kan enige twaalf opeenvolgende maande
wees en hoef nie met die kalenderjaar (Januarie tot Desember) ooreen te stem nie.
Die twaalf maande moet telkens op dieselfde datum elke jaar afsluit. Die
afsluitingsdatums wat die meeste voorkom is 28 Februarie (in ooreenstemming met
die belasting jaar), 30 Junie en 31 Desember (in ooreenstemming met die kalender
jaar).

3.3 Komponente van finansiële state

‘n Volledige stel finansiële state bestaan uit die volgende:

• Balansstaat (Staat van finansiële posisie)


• Inkomstestaat (Staat van omvattende inkomste)
• Staat van verandering in ekwiteit
• Staat van kontantvloeistaat
• Aantekeninge tot die finansiële state, insluitend rekeningkundige
beleidsaantekeninge

3.3.1 Balansstaat

Die balansstaat toon die finansiële posisie van ‘n entiteit op ‘n bepaalde tydstip, die
laaste dag van die finansiële jaar. Finansiële posisie is die rykdom of vermoë van ‘n
entiteit op ‘n bepaalde tydstip en ‘n uiteensetting van die persone wat ‘n belang
daarin het.

Die uiteensetting van die balansstaat is gebasseer op die rekeningkundige


vergelyking: bates = ekwiteit + laste.

3-4
‘n Voorbeeld van ‘n balansstaat vir entiteite, anders as maatskappye, word hieronder
uiteengesit.

ENTITEIT
Balansstaat soos op 28 Februarie 20x7
R
BATES
Nie-bedryfsbates
Toerusting XXX
Voertuie XXX
Beleggings in sekuriteite XXX

Totale nie-bedryfsbates XXX

Bedryfsbates
Handelsvoorraad XXX
Debiteure XXX
Kontant XXX

Totale bedryfsbates XXX

Totale bates XXX

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit
Kapitaal XXX
Saldo begin van die jaar XXX
Plus: Wins / Minus: Verlies vir die jaar XXX
Plus: Stortings / Bydraes XXX
Min: Onttrekkings (XXX)

Nie-bedryfslaste
Langtermynlenings XXX

Totale nie-bedryfslaste XXX

Bedryfslaste
Krediteure XXX

Totale bedryfslaste XXX

Totale laste XXX

Totale ekwiteit en laste XXX

3-5
3.3.2 Inkomstestaat

Die inkomstestaat verteenwoordig die finansiële resultaat/prestasie van ‘n entiteit vir


‘n bepaalde finansiële tydperk. Die finansiële resultaat is die wins of verlies wat
bygedra het tot ‘n verbetering of verswakking in die finansiële posisie van ‘n entiteit.

‘n Voorbeeld van ‘n inkomstestaat vir ‘n dienslewerende entiteit, anders as


maatskappye, word hieronder uiteengesit:

ENTITEIT
Inkomstestaat vir die jaar geeïndig 28 Februarie 20x7
R

Inkomste XXX
Dienste gelewer XXX
Rente ontvang XXX

Min: uitgawes XXX


Salarisse en lone XXX
Skryfbehoeftes XXX
Advertensiekoste XXX

Wins vir die jaar XXX

‘n Voorbeeld van ‘n inkomstestaat vir ‘n handeldrywende entiteit, anders as


maatskappye, word hieronder uiteengesit:

ENTITEIT
Inkomstestaat vir die jaar geeïndig 28 Februarie 20x7
R

Verkope XXX
Koste van verkope XXX

Bruto wins XXX

Plus: ander inkomste


Rente ontvang XXX

Min: uitgawes XXX


Salarisse en lone XXX
Skryfbehoeftes XXX
Advertensiekoste XXX

Wins vir die jaar XXX

3-6
3.3.3 Staat van verandering in ekwiteit

Die staat van verandering in ekwiteit is ‘n rekonsiliasie van ekwiteit (finansiële


posisie) aan die begin van die finansiële jaar met ekwiteit (finansiële posisie) aan die
einde van die finasiele jaar.

‘n Voorbeeld van ‘n staat van verandering in ekwiteit vir entiteite, anders as


maatskappye, word hieronder uiteengesit:

ENTITEIT
Staat van verandering in ekwiteit vir die jaar geeïndig 28 Februarie 20x7
R

Saldo op 28 Februarie 20x6 XXX


Kapitaalbydraes XXX
Kapitaalonttrekkings (XXX)
Wins vir die jaar XXX

Saldo op 28 Februarie 20x7 XXX

3-7
3.3.4 Staat van kontantvloeie

Die staat van kontantvloeie gee inligting oor die entiteit se vermoë om kontant en
kontantekwivalente voort te bring en die behoefte van die entiteit om daardie
kontantvloei te benut. Die entiteit bied sy kontantvloei uit bedryfs-, beleggings-, en
finansieringsaktiwiteite aan op ‘n wyse wat die geskikste vir sy besigheid is.

‘n Voorbeeld van ‘n staat van kontantvloeie vir entiteite, anders as maatskappye,


word hieronder uiteengesit:

ENTITEIT
Staat van kontantvloeie vir die jaar geeïndig 28 Februarie 20x7
R

Kontantvloei van bedryfsaktiwiteite


Kontant ontvang van klante XXX
Kontant betaal aan verskaffers en werknemers (XXX)

Kontant uit bedrywighede voortgebring XXX


Rente ontvang XXX
Rente betaal (XXX)

Netto kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite XXX

Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite


Opbrengs met verkoop van nie-bedryfsbates XXX
Aankoop van nie-bedryfsbates (XXX)
Aankoop van beleggings in sekuriteite (XXX)

Netto kontant in beleggingsaktiwiteite gebruik (XXX)

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Kapitaalbydraes XXX
Kapitaalontrekkings (XXX)
Langtermyn lenings aangegaan XXX
Langtermyn lenings afgelos (XXX)

Netto kontant van finansieringsaktiwiteite ontvang XXX

Netto afname in kontant- en kontantekwivalente (XXX)


Kontant- en kontantekwivalente aan begin van die tydperk XXX

Kontant- en kontantekwivalente aan die einde van die tydperk XXX

3.3.5 Aantekeninge tot die finansiële state

Aantekeninge tot die finansiële state (insluitend rekeningkundige


beleidsaantekeninge) word bespreek in Hoofstuk 15 & 18.

3-8
HOOFSTUK 3
VRAE

Page

Vraag 3.1 Elemente van die finansiële state 3 - 10

3-9
VRAAG 3.1

VERLANG

Vir elk van die volgende items, identifiseer die element en die finansiële staat waarin
die element ingesluit sal word, indien die element as ʼn bate/las in die Balansstaat
getoon sal word, toon dan ook of die element as bedryfs/nie-bedryfs getoon sal word.

No. Item Element Staat Bedryfs/nie-


bedryfs
Vb. Bank Bate Balansstaat Bedryfsbate

1 Krediteur
2 Belegging
3 Verkope
4 Elektrisiteit uitgawe
5 Rente inkomste
6 Voorraad
7 Debiteure
8 Vaste deposito
9 Huur inkomste
10 Geboue
11 Masjinerie
12 Huur betaal
13 Lening betaalbaar in ʼn
jaar
14 Lening in volle betaalbaar
in 10 jaar
15 Kapitaalbydraes

3 - 10
HOOFSTUK 4
REKENINGKUNDIGE STELSELS

Bladsy

Leeruitkomste 4-2

4.1 Doel van ‘n rekeningkundige stelsel 4-3

4.2 Vereistes van ‘n rekeningkundige stelsel 4-3

4.3 Die ontwerp van ‘n rekeningkundige stelsel 4-3

4.4 Aankope- en krediteurestelsel 4-3

4.4.1 Doel van die stelsel


4.4.2 Vloei van die stelsel
4.4.3 Aankope
4.4.4 Krediteure
4.4.5 Terugsendings
4.4.6 Korting ontvang

4.5 Verkope- en debiteurestelsel 4-7

4.5.1 Doel van die stelsel


4.5.2 Vloei van die stelsel
4.5.3 Verkope
4.5.4 Debiteure
4.5.5 Terugsendings
4.5.6 Korting toegestaan

4-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die konsep van debiteure en krediteure te definiëer

- die brondokumente wat in ‘n aankope- en krediteurestelsel gebruik


word te identifiseer

- die brondokumente wat in ‘n verkope- en debiteurestelsel gebruik


word te identifiseer

- die vloei van transaksies in ‘n aankope- en krediteurestelsel te verstaan

- die vloei van transaksies in ‘n verkope- en debiteurestelsel te verstaan

- die konsep van handelskorting en kontantkorting te definiëer

4-2
4.1 Doel van 'n rekeningkundige stelsel

In 'n rekeningkundige stelsel word alle transaksies wat met dieselfde aktiwiteit te
doen het, sistematies verwerk in die stelsel. Voorbeelde van stelsels is die aankope-
en krediteurestelsel, die verkope- en debiteurestelsel, die voorraadstelsel, die vaste
batestelsel en die salarisse- en lonestelsel.

Hierdie stelsels moet inligting wat vir besluitneming nodig is, beskikbaar stel aan die
bestuur van 'n onderneming. Dit is interne verslagdoening. Dieselfde stelsel moet
ook inligting daarstel om ekstern verslag te doen aan gebruikers van die finansiële
state oor die finansiële posisie en die resultate van die entiteit.

4.2 Vereistes van 'n rekeningkundige stelsel

• Relevante en akkurate inligting moet betyds beskikbaar gestel word.


• Daar moet interne beheermaatreëls wees om die bates te beskerm en
betroubare inligting te verseker.
• Die stelsel moet buigsaam genoeg wees sodat aanpassings gemaak kan word
om veranderinge te akkomodeer.

4.3 Die ontwerp van 'n rekeningkundige stelsel

Ondersoek die stelsel en stel vas watter prosedures gevolg sal word. Ontwerp die
brondokumente, die formaat van die joernale, grootboekrekeninge en finansiële
verslae. Die nodige interne beheermaatreëls moet ingestel word om te verseker dat
die inligting wat in die finansiële verslae is, korrek is.

4.4 Aankope- en krediteurestelsel

4.4.1 Doel van die stelsel

• Alle aankope moet gemagtig word


• Kontrole dat goedere wat bestel word wel ontvang word
• Die pryse op die fakture moet ooreenstem met die wat ooreengekom is
• Alle verpligtinge moet akkuraat aangeteken word
• Die krediteur moet betyds betaal word

4-3
4.4.2 Vloei van die stelsel

Die vloei van die aankope- en krediteurestelsel kan diagrammaties soos volg
voorgestel word:

4-4
4.4.3 Aankope

Aankope kan vir kontant of op krediet gedoen word. By beide gevalle is daar twee
transaksies betrokke naamlik ‘n aankooptransaksie en ‘n kontantbetalingstransaksie.
In die geval van kontantaankope vind bostaande transasksies gelyktydig plaas. In
die geval van kredietaankope vind die aankooptransaksie onmiddelik plaas, maar die
kontantbetaling vind op ‘n later stadium plaas. Die verskaffer aan wie die geld
geskuld word, word ‘n krediteur genoem. Daar onstaan dus ‘n eis teen die entiteit
vanaf die krediteur.

Rekeningkundige verantwoording:

Kontantaankope (voorraad of bates) of uitgawes wat in kontant betaal word, word in


die kontantbetalingsjoernaal aangeteken vanaf een van die volgende
brondokumente: Elektroniese Fonds Oordrag, oorspronklike kontantfaktuur of
oorspronklike kwitansie.

Kredietaankope (voorraad of bates) of uitgawes wat op krediet aangegaan word,


word in die aankoopjoernaal aangeteken vanaf een van die volgende
brondokumente: oorspronklike aankoopfaktuur of oorspronklike goedere
ontvangstebewys.

4.4.4 Krediteure

Die eis van die krediteur teen die entiteit wat ontstaan het as gevolg van die
kredietaankooptransaksie, word afgelos deur ‘n betaling op ‘n later stadium wanneer
die bedrag verskuldig betaalbaar word. Indien die entiteit die krediteur stiptelik betaal
kan die krediteur ‘n kontantkorting aan die entiteit toestaan.

Rekeningkundige verantwoording:

Die betaling van die krediteur word vanaf die EFO/Bankstaat in die
kontantbetalingsjoernaal aangeteken tesame met die kontantkorting ontvang indien
van toepassing.

4.4.5 Terugsendings

Somtyds voldoen items wat gekoop is, nie aan die vereiste standaard nie. Die
entiteit kan dan ‘n afslag eis van die verskaffer. Die volgende kan redes wees vir die
toestaan van ‘n eis:

• terugstuur van beskadigde goedere


• vermindering in prys nadat faktuur uitgereik is
• handelskorting wat weggelaat is op die faktuur
• regstelling van ‘n fout op die faktuur

4-5
Indien die entiteit afslag wil eis van die verskaffer stuur hy ‘n debietnota aan die
krediteur en die krediteur sal dan indien hy die eis gaan toestaan op sy beurt ‘n
kredietnota aan die entiteit stuur as antwoord.

Rekeningkundige verantwoording:

Aankoopterugsendings t.o.v. kontantaankope word vanaf duplikaat debietnotas of


oorspronklike kredietnotas in die kontantontvangstejoernaal aangeteken.

Aankoopterugsendings t.o.v. kredietaankope word vanaf duplikaat debietnotas of


oorspronklike kredietnotas in die aankoopterugsendingsjoernaal aangeteken.

4.4.6 Korting ontvang

Korting toegestaan kan in twee groepe verdeel word naamlik aankoops- of


handelskorting en vereffenings- of kontantkorting.

Handelskorting word gewoonlik van verskaffers ontvang as die entiteit in grootmaat


aankoop. Die bedrag van die korting word direk van die koopprys afgetrek,
sodoende word handelskorting wat van verskaffers ontvang word, glad nie
teboekgestel nie.

Indien die entiteit sy krediteure stiptelik betaal, kan die verskaffer ‘n vereffenings- of
kontantkorting aan die entiteit toestaan.

Rekeningkundige verantwoording:

Handelskorting word glad nie teboekgestel nie.

Kontantkorting ontvang word in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken tesame met


die kontant betaal aan die krediteur.

Voorbeeld 4.1
ABC koop voorraad met ‘n kosprys van R20 000 op krediet vanaf XYZ. XYZ besluit
om 10% handelskorting op die kosprys toe te staan. Handelskorting ontvang =
R20 000 x 10% = R2 000

Die voorraad sal teen R18 000 (R20 000 – R2 000) teboekgestel word in die rekords
van ABC. Handelskorting word nie teboekgestel nie.

Voorbeeld 4.2
ABC vereffen hul uitstaande rekening van R18 000 en betaal kontant aan XYZ. XYZ
besluit om 5% kontantkorting toe te staan op hierdie transaksie. Kontantkorting
ontvang = R18 000 x 5% = R900

ABC sal R17 100 (R18 000 – R900) in kontant aan XYZ betaal. Korting ontvang van
R900 sal in die rekords van ABC as ‘n inkomste teboekgestel word.

4-6
4.5 Verkope- en debiteurestelsel

4.5.1 Doel van die stelsel

• Alle verkope moet tydig teboekgestel word


• Die korrekte bedrag moet gefaktureer word
• Alle betalings moet teboekgestel word
• Beheer moet oor die invordering vanaf debiteure uitgeoefen word

4.5.2 Vloei van die stelsel

Die vloei van die verkope- en debiteurestelsel kan diagrammaties soos volg
voorgestel word:

4.5.3 Verkope

4.5.3 Verkope

4-7
Verkope kan vir kontant of op krediet gedoen word. By beide gevalle is daar twee
transaksies betrokke naamlik ‘n verkooptransaksie en ‘n
kontantontvangstetransaksie. In die geval van kontantverkope vind bostaande
transaksies gelyktydig plaas maar in die geval van kredietverkope vind die
verkooptransaksie onmiddelik plaas maar die kontantontvangste vind op ‘n later
stadium plaas. Die klant aan wie die krediet toegestaan word, word ‘n debiteur
genoem. Die entiteit het dus ‘n eis teen die debiteur.

Rekeningkundige verantwoording:

Kontantverkope van voorraad of ander inkomste wat in kontant ontvang word en


kontantverkope van ander bates, word onderskeidelik in die
kontantontvangstejoernaal en algemene joernaal aangeteken vanaf een van die
volgende brondokumente: kasregisterstrokies, duplikaat kontantfaktuur of duplikaat
kwitansie.

Kredietverkope van voorraad of die lewering van dienste op krediet en


kredietverkope van ander bates, word onderskeidelik in die verkoopsjoernaal en
algemene joernaal aangeteken vanaf die duplikaat verkoopfaktuur.

4.5.4 Debiteure

Nadat 'n kredietondersoek na 'n voornemende klant se finansiële toestand gedoen is,
kan krediet aan hom toegestaan word. Uitstel word dan aan hom verleen om sy
rekening te betaal. Kredietterme kan verskil, maar is gewoonlik tussen 30 en 60 dae.

Maandelikse state moet aan die debiteure gestuur word waarop die volgende
aangedui word: - Naam en verwysingsnommer van debiteur
- Datum en besonderhede van elke faktuur
- Begin- en eindsaldo
- Alle betalings ontvang, met die datum verwysing en
bedrag
- 'n Ouderdomsontleding van die skuld

'n Ouderdomsontleding van alle debiteure moet gereeld gedoen word, sodat
voldoende beheer uitgeoefen kan word oor debiteure wat hulle kredietterme oorskry
en moontlik oninbaar kan wees.

Die entiteit het die reg om sy eis teen die debiteur uit te oefen indien die krediet
toegestaan ontvangbaar word. Indien die debiteur sy rekening stiptelik vereffen kan
die entiteit aan hom kontantkorting toestaan.

Rekeningkundige verantwoording:
Die ontvangste vanaf die debiteur word vanaf die duplikaat kwitansie in die
kontantontvangstejoernaal aangeteken tesame met kontantkorting toegestaan indien
van toepassing.

4-8
4.5.5 Terugsendings

Somtyds voldoen items wat verkoop is nie aan die vereiste standaard nie. Die klant
kan dan ‘n afslag eis van die entiteit. Die volgende kan redes wees vir die toestaan
van ‘n eis:

• terugstuur van beskadigde goedere


• vermindering in prys nadat faktuur uitgereik is
• handelskorting wat weggelaat is op die faktuur
• regstelling van ‘n fout op die faktuur

Indien die klant wil afslag eis van die entiteit moet hy ‘n debietnota stuur aan die
entiteit en die entiteit sal dan indien hy die eis toestaan op sy beurt ‘n kredietnota
stuur aan die debiteur as antwoord.

Rekeningkundige verantwoording:

Verkoopterugsendings t.o.v. kontantverkope word vanaf oorspronklike debietnotas of


duplikaat kredietnotas in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken.

Verkoopterugsendings t.o.v. kredietverkope word vanaf oorspronklike debietnotas of


duplikaat kredietnotas in die verkoopterugsendingsjoernaal aangeteken.

4.5.6 Korting toegestaan

Korting toegestaan kan in twee groepe verdeel word naamlik verkoops- of


handelskorting en vereffenings- of kontantkorting.

Handelskorting word gewoonlik aan klante toegestaan as hulle in grootmaat koop.


Die bedrag van die korting word direk van die verkoopsprys afgetrek, sodoende word
handelskorting wat aan klante toegestaan is, glad nie teboekgestel nie. Die
verlaagde verkoopprys geld as die werklike verkoopprys en verkope sal teen hierdie
laer waarde in die boeke aangeteken word.

Indien die klant sy rekening stiptelik vereffen, kan die entiteit ‘n kontantkorting aan
die klant toestaan.

Rekeningkundige verantwoording:

Handelskorting word glad nie teboekgestel nie.

Kontantkorting toegestaan word in die kontantontvangstejoernaal aangeteken


tesame met die kontant ontvang vanaf die debiteur

4-9
Voorbeeld 4.3

ABC lewer dienste met ‘n verkoopprys van R20 000 op krediet aan XYZ. ABC
besluit om 10% handelskorting op die verkoopprys toe te staan. Handelskorting
toegestaan = R20 000 x 10% = R2 000

Die inkomste / dienste gelewer sal teen R18 000 (R20 000 – R2 000) teboekgestel
word in die rekords van ABC. Handelskorting word nie teboekgestel nie.

Voorbeeld 4.4

XYZ vereffen hul uitstaande rekening van R18 000 en betaal kontant aan ABC. ABC
besluit om 5% kontantkorting toe te staan op hierdie transaksie. Kontantkorting
toegestaan = R18 000 x 5% = R900

ABC sal R17 100 (R18 000 – R900) in kontant van XYZ ontvang. Korting toegestaan
van R900 sal in die rekords van ABC as ‘n uitgawe teboekgestel word.

4 - 10
HOOFSTUK 5
TRANSAKSIES

Bladsy

Leeruitkomste 5-2

5.1 Transaksies wat verband hou met bates 5-3

5.2 Transaksies wat verband hou met bates en laste 5-3

5.3 Transaksies wat verband hou met ekwiteit 5-4

5.4 Uitwerking van transaksies op die rekeningkundige vergelyking 5-8

5.5 Boekstawing van transaksies in T-rekeninge 5 - 11

5-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die toepassing van die rekeningkundige proses op verskillende


transaksies te verstaan

- die uitwerking van transaksies op die rekeningkundige vergelyking te


kan analiseer

5-2
5.1 Transaksies wat verband hou met bates

5.1.1 Koop ‘n bate vir kontant

EGOLI koop addisionele toerusting van R3 000 van A-Z Furniture en betaal kontant.

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Bates verminder

Dubbelinskrywing: Dt Toerusting
Kt Bank

5.1.2 Betaling ontvang van debiteur – geen korting

EGOLI ontvang kontant van S. Louw as die vereffening van sy rekening, R2 250

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Bates verminder

Dubbelinskrywing: Dt Bank
Kt Debiteure

5.2 Transaksies wat verband hou met bates en laste

5.2.1 Koop ‘n bate op krediet

EGOLI koop ‘n afleweringsvoeruig ter waarde van R15 000 op krediet van
Motors Ltd.

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Laste vermeerder

Dubbelinskrywing: Dt Voertuie
Kt Krediteure

5-3
5.2.2 Betaal ‘n krediteur

EGOLI betaal Z. Combrink en A. Koster onderskeidelik R915 en R660 kontant

Rekeningkundige vergelyking: Bates verminder


Laste verminder

Dubbelinskrywing: Dt Krediteure
Kt Bank

5.2.3 Leen geld by finansiële instelling

EGOLI het ‘n langtermynlening aangegaan by Bank Ltd. vir R10 000

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Laste vermeerder

Dubbelinskrywing: Dt Bank
Kt Langtermynlening

5.3 Transaksies wat verband hou met ekwiteit

5.3.1 Kapitaalbydrae

Die eienaar van EGOLI, mnr Edwards deponeer R20 000 van sy persoonlike fondse
in EGOLI se bankrekening

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Ekwiteit vermeerder (kapitaalbydraes)

Dubbelinskrywing: Dt Bank
Kt Kapitaal

5-4
5.3.2 Ontrekkings deur eienaar

Mnr Edwards betaal sy privaat telefoonrekening van R800 met ’n elektroniese


fondsoordrag

Rekeningkundige vergelyking: Bates verminder


Ekwiteit verminder (onttrekkings)

Dubbelinskrywing: Dt Onttrekkings
Kt Bank

5.3.3 Dienste gelewer vir kontant

EGOLI het dienste ten bedrae van R6 700 gelewer vir kontant

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Ekwiteit vermeerder (inkomste)

Dubbelinskrywing: Dt Bank
Kt Dienste gelewer (inkomste)

5.3.4 Dienste gelewer op krediet

EGOLI het dienste op krediet gelewer aan:

S Louw - R3 350
K Muller - R1 125, waarop handelskorting van 20% toegestaan word

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Ekwiteit vermeerder (inkomste)

Dubbelinskrywing: Dt Debiteure
Kt Dienste gelewer (inkomste)

5-5
5.3.5 Kontantuitgawes

EGOLI betaal salarisse en lone aan werknemers d.m.v. ‘n elektroniese fondsoordrag,


R3 450

Rekeningkundige vergelyking: Ekwiteit verminder (uitgawes)


Bates verminder

Dubbelinskrywing: Dt Salarisse en lone (uitgawes)


Kt Bank

5.3.6 Uitgawes op krediet

EGOLI koop skryfbehoeftes van W. Walton op krediet vir R300, waarop


handelskorting van 10% ontvang word

Rekeningkundige vergelyking: Ekwiteit verminder (uitgawes)


Laste vermeerder

Dubbelinskrywing: Dt Skryfbehoeftes (uitgawes)


Kt Krediteure

5.3.7 Aankoopterugsendings

EGOLI stuur ‘n debietnota aan W. Walton van R45 tesame met beskadigde
skryfbehoeftes

Rekeningkundige vergelyking: Laste verminder


Ekwiteit vermeerder (uitgawes – verminder)

Dubbelinskrywing: Dt Krediteure
Kt Skryfbehoeftes (uitgawes)

5-6
5.3.8 Verkoopterugsendings

EGOLI reik ‘n kredietnota uit aan K. Muller van R165 om ‘n fout op die faktuur reg te
stel

Rekeningkundige vergelyking: Ekwiteit verminder (inkomste – verminder)


Bates verminder

Dubbelinskrywing: Dt Verkoopretoere (inkomste)


Kt Debiteure

5.3.9 Betaling ontvang van debiteur en korting toegestaan

EGOLI ontvang ‘n EFO van G. Basson ten bedrae van R1 200 nadat R300
kontantkorting toegestaan is

Rekeningkundige vergelyking: Bates vermeerder


Bates verminder
Ekwiteit verminder (uitgawes)

Dubbelinskrywing: Dt Bank
Kt Debiteure
Dt Korting toegestaan (uitgawes)

5.3.10 Betaling van krediteur en korting ontvang

EGOLI vereffen P. Malan se rekening van R2 000 en ontvang 10% kontantkorting

Rekeningkundige vergelyking: Bates verminder


Krediteure verminder
Ekwiteit vermeerder (inkomste)

Dubbelinskrywing: Dt Krediteure
Kt Bank
Kt Korting ontvang (inkomste)

5-7
5.4 Uitwerking van transaksies op die rekeningkundige vergelyking

Die uitwerking van transaksies 5.1.1 tot 5.3.10 hierbo kan soos volg ontleed word
met behulp van die uitgebreide rekeningkundige vergelyking om die effek op die
finansiële posisie van EGOLI te bepaal:

5-8
Bates + Ontrekkings + Uitgawes = Kapitaal + Inkomste + Laste

5.1.1 Koop bate vir kontant +/- 3 000

5.1.2 Betaling ontv v debiteur +/- 2 250

5.2.1 Koop bate op krediet + 15 000 +15 000

5.2.2 Betaal krediteur -1 575 -1 575

5.2.3 Leen geld by bank +10 000 +10 000

5.3.1 Kapitaalbydrae + 20 000 +20 000

5.3.2 Kapitaalontrekking - 800 +800

5.3.3 Dienste gelewer (kontant) + 6 700 +6 700

5.3.4 Dienste gelewer (krediet) + 4 250 +4 250

5.3.5 Kontantuitgawes - 3 450 +3 450

5.3.6 Uitgawes op krediet +270 +270

5.3.7 Aankoopterugsendings -45 -45

5.3.8 Verkoopterugsendings -165 -165

5.3.9 Korting toegestaan + 1 200 +300


- 1 500

5.3.10 Korting ontvang - 1 800 +200 -2 000

47 860 800 3 975 20 000 10 985 21 650

5-9
Onderstaande is ‘n opsomming van die finansiële posisie van EGOLI aan die begin
van die tydperk en aan die einde van die tydperk nadat die transaksies in 5.1.1 tot
5.3.10 verwerk is:

Begin Geakkumuleerde Einde


van ontleding van van
tydperk transaksies tydperk

Bates
Toerusting 30 000 3 000 33 000
Voertuie - 15 000 15 000
Debiteure 6 200 335 6 535
Bank 35 800 29 525 65 325

Totale bates 72 000 47 860 119 860

Ekwiteit
Kapitaal 50 000 20 000 70 000
Ontrekkings (1 500) (800) (2 300)
Inkomste *17 700 10 985 28 685
Uitgawes **(3 700) (3 975) (7 675)
62 500 26 210 88 710

Laste
Lening 5 000 10 000 15 000
Krediteure 4 500 11 650 16 150
9 500 21 650 31 150

Totale ekwiteit & laste 72 000 47 860 119 860

* Dienste gelewer 16 700


Rente inkomste 1 000
17 700

** Salarisse 2 800
Advertensie 900
3 700

5 - 10
5.5 Boekstawing van transaksies in T-rekeninge

Die boekstawing van transaksies in T-rekeninge word afgelei uit die rekeningkundige
vergelyking en is ‘n duidelike illustrasie van die dubbelinskrywing reël.

Die T-rekening het 2 kante, waarop slegs positiewe bedrae aangetoon word,
naamlik:

• die linkerkant (verteenwoordig linkerkant van die vergelyking), wat die


debietkant (dt) genoem word, en
• die regterkant (verteenwoordig regterkant van die vergelyking), wat die
kredietkant (kt) genoem word

Die rekeningkundige vergelyking word soos volg in ‘n T-rekening uiteengesit:

Dt Kt
Bates Laste
Onttrekkings Kapitaal
Uitgawes Inkomste

Die volgende reëls kan uit bogenoemde afgelei word:

• Bates, onttrekkings en uitgawes (insluitend verliese) het altyd netto debietsaldo’s,


wat tot gevolg het dat:

o ‘n vermeerdering in enige van bostaande items aan die linkerkant van die
rekening (debietkant) teboekgestel word, en
o ‘n vermindering in enige van bostaande items aan die regterkant van die
rekening (kredietkant) teboekgestel word

• Laste, kapitaalbydraes en inkomste (insluitend winste) het altyd netto


kredietsaldo’s, wat tot gevolg het dat:

o ‘n vermeerdering in enige van bostaande items aan die regterkant van die
rekening (kredietkant) teboekgestel word, en
o ‘n vermindering in enige van bostaande items aan die linkerkant van die
rekening (debietkant) teboekgestel word

Die transaksies in 5.1.1 tot 5.3.10 sal soos volg in die T-rekeninge teboekgestel
geword:

5 - 11
Bates = Ekwiteit + Laste

Toerusting Kapitaal Lenings


5.1.1 3 000 5.3.1 20 000 5.2.3 10 000

Voertuie Onttrekkings
5.2.1 15 000 5.3.2 800

Debiteure Inkomste Krediteure


5.3.4 4 250 5.1.2 2 250 5.3.8 165 5.3.3 6 700 5.2.2 1 575 5.2.1 15 000
5.3.8 165 5.3.4 4 250 5.3.7 45 5.3.6 270
5.3.9 1 500 5.3.10 200 5.3.10 2 000
335 10 985 11 650

Bank Uitgawes
5.1.2 2 250 5.1.1 3 000 5.3.5 3 450 5.3.7 45
5.2.3 10 000 5.2.2 1 575 5.3.6 270
5.3.1 20 000 5.3.2 800 5.3.9 300
5.3.3 6 700 5.3.5 3 450 3 975
5.3.9 1 200 5.3.10 1 800
29 525

5 - 12
‘n Opsomming van die totale van bogenoemde T-rekeninge wat in ooreenstemming
is met die geakkumuleerde ontleding van transaksies in 5.4 is soos volg:

Bates = Ekwiteit + Laste

Σ debiete 47 860 (4 775) 21 650


Σ krediete 30 985

Netto 47 860 = 26 210 + 21 650

5 - 13
HOOFSTUK 6
DIE REKENINGKUNDIGE SIKLUS

Bladsy

Leeruitkomste 6-2

6.1 Stappe in die rekeningkundige siklus 6-3

6.2 Vaslegging van data op brondokumente 6-3

6.3 Aantekening van transaksies in joernale 6 - 10

6.4 Oorboeking na die grootboek 6 - 11

6.5 Opstel van ‘n proefbalans 6 - 11

6.6 Aansuiwerings en regstelling van foute 6 - 12

6.7 Opstel van finansiële state 6 - 13

Vrae 6 - 14

6-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die stappe in die rekeningkundige siklus te kan identifiseer

- die verskillende soorte brondokumente te kan herken

- die proses van voorbereiding van brondokumente te kan verstaan

6-2
6.1 Stappe in die rekeningkundige siklus

Die basiese stappe in die rekeningkundige siklus kan soos volg opgesom word:

• Vaslegging van data op brondokumente


• Aantekening van transaksies in joernale
• Oorboeking na die grootboek
• Opstel van proefbalans
• Aansuiwerings en regstelling van foute
• Opstel van finansiële state

6.2 Vaslegging van data op brondokumente

Die meeste transaksies wat plaasvind word in ‘n paar sekondes afgehandel. Die
gegewens van die transaksie moet dus vasgelê word terwyl die transaksie plaasvind. In
die praktyk is daar verskeie aantal brondokumente wat gebruik word om die inligting van
die transaksie vas te lê, wat dan as die bron vir die opteken van die transaksie in die
rekekeningkundige rekords kan dien. Die vaslegging van data op brondokumente vind
daagliks plaas.

Die aard, bedrag, datum en die partye by die transaksie betrokke behoort op die
brondokument aangedui te word. Brondokumente word vooraf in volgorde genommer, ten
einde kontrole daaroor te versterk. Die persoon wat die brondokumente verwerk, moet
verseker dat elke dokument te boek gestel word.

Brondokumente kan of intern gegeneer word of dit kan vanaf ‘n eksterne bron kom.

Die volgende is ‘n lys van brondokumente wat meestal in kontantontvangste- en


kontantbetalingstransaksies gebruik word:

• kwitansies (voorbeeld bladsy 4)


• bankdepositostrokies
• kasregisterstrokies
• kredietkaartstrokies
• elektroniese fondsoordrag-bewyse (voorbeeld bladsy 4)
• kontantfakture
- ‘n kontantfaktuur is ‘n tweeledige bewys. Dit is ‘n brondokument wat dien as
‘n bewys van ‘n kontantontvangste of -betalingtransaksie sowel as ‘n bewys
van ‘n aankoop- of verkooptransaksie
• bankstate as bewys vir:
- aftrekorders of debietorders
- bankkoste
- rente ontvang / betaal
- direkte betalings

6-3
Voorbeelde van brondokumente t.o.v. kontanttransaksies aangegaan deur EGOLI word
hieronder getoon:

- Lewer dienste ten bedrae van R6 700 vir kontant (Hoofstuk 5, 5.3.3)

- Betaal die entiteit se water en elektrisiteitsrekening dmv ‘n elektroniese oordrag,


R2 112.42

6-4
Die volgende is ‘n lys van brondokumente wat meestal in die kontant- en kredietaankope
en krediteurestelsels gebruik word (vir ‘n grafiese voorstelling van die aankope- en
krediteurestelsel, verwys na Hoofstuk 4.4.2):

• rekwisisie
• bestelvorm
• goedere ontvangstebewys
• aankoopfaktuur (aankope op krediet, voorbeeld bladsy 7)
• kontantfaktuur (aankope vir kontant, voorbeeld van die kontantfaktuur op bladsy 5
verteenwoordig kontantverkope, nie kontantaankope nie)
• kasregisterstrokie
• krediteure maandstaat
• bankstaat vir direkte betalings
• debietnotas (voorbeeld bladsy 8)
- aankoper van goedere reik debietnota uit
- wanneer goedere wat voorheen aangekoop is, teruggestuur word
- debietnotas kanselleer aankooptransaksies

6-5
Voorbeelde van brondokumente t.o.v. kredietaankope en krediteuretransaksies
aangegaan deur EGOLI word hieronder getoon:

- Koop skryfbehoeftes van W. Walton op krediet vir R300, waarop handelskorting van
10% ontvang word (Hoofstuk 5, 5.3.6)

6-6
- Stuur ‘n debietnota aan W. Walton van R45 tesame met beskadigde skryfbehoeftes
(Hoofstuk 5, 5.3.7)

Die volgende is ‘n lys van brondokumente wat meestal in die kontant- en kredietverkope
en debiteurestelsels gebruik word (vir ‘n grafiese voorstelling van die verkope- en
debiteurestelsel, verwys na Hoofstuk 4.5.2):

• afleweringsnota
• verkoopfaktuur (verkope op krediet, voorbeeld bladsy 9)
• kontantfaktuur (verkope vir kontant, voorbeeld bladsy 5)
• kasregisterstrokie
• debiteure maandstaat
• kwitansie (voorbeeld bladsy 4)
• bankdepositostrokies
• bankstaat vir direkte inbetalings
• kredietnotas (voorbeeld bladsy 10)
- verkoper van goedere reik kredietnota uit
- wanneer goedere wat voorheen verkoop is, terugontvang word
- kredietnotas kanselleer verkooptransaksies

6-7
Voorbeelde van brondokumente t.o.v. kredietverkope en debiteuretransaksies aangegaan
deur EGOLI word hieronder getoon:

- Dienste op krediet gelewer aan K. Muller ter waarde van R1 125, waarop 20%
handelskorting toegestaan word (Hoofstuk 5, 5.3.4)

6-8
- Reik ‘n kredietnota uit aan K. Muller van R165 om ‘n fout op die faktuur reg te stel
(Hoofstuk 5, 5.3.8)

6.3 Aantekening van transaksies in joernale

Transaksies is gebeurtenisse wat in terme van geld gemeet kan word en wat ‘n invloed het
op die finansiële posisie van ‘n entiteit. Transaksies word daagliks vanaf brondokumente
aangeteken in joernale.

Joernale staan ook as die boeke van eerste inskrywing bekend, omdat dit die eerste
rekord is waarin die brondokumente aangeteken word. Die joernaal verbind die
brondokumente met die algemene grootboek, deur 'n pad daar te stel waarvolgens 'n
transaksie vanaf die bron tot sy verwerkte vorm en andersom deurgevolg kan word.
Soortgelyke transaksies word saam groepeer en in 'n spesifieke joernaal aangeteken. Die
joernale word gereeld ontleed en die totale word na die onderskeie grootboekrekeninge
oorgeboek.

Bykomend tot die algemene joernaal wat gebruik word om sekere kontant en diverse
transaksies te boekstaaf is daar ook joernale wat spesifiek vir sekere rekeningkudige
stelsels ontwerp is. ‘n Lys van dié mees algemene joernale is soos volg:

Ten opsigte van aankoop- en krediteurestelsels

• die aankoopjoernaal
• die aankoopterugsendingsjoernaal
• die kontantbetalingsjoernaal

6-9
Ten opsigte van verkoop- en debiteurestelsels

• die verkoopjoernaal
• die verkoopsterugsendingsjoernaal
• die kontantontvangstejoernaal

Bogenoemde joernale word in meer besonderhede bespreek in Hoofstuk 7.

6.4 Oorboeking na die grootboek

Alle transaksies wat op ‘n bepaalde item betrekking het word in ‘n rekening aangeteken.
Die konvensionele rekening het die vorm van ‘n “T”. Die linkerkant van die “T” staan
bekend as die debietkant en die regterkant van die “T” staan bekend as die kredietkant. 'n
Grootboek is 'n versameling van al die rekeninge. In die algemene grootboek word alle
bate-, laste-, kapitaal-, inkomste- en uitgawerekeninge aangetref. Daar is ook ‘n aantal
geriefsrekeninge wat ‘n opsomming is van sekere items, byvoorbeeld:

• ‘n debiteurekontrolerekening, wat ‘n opsomming is van al die debiteure wat die


entiteit het, in die debiteuregrootboek,
• ‘n krediteurekontrolereking, wat ‘n opsomming is van al die krediteure wat die
entiteit het, in die krediteuregrootboek,
• ‘n handelsrekening, wat al die inligting versamel wat verband hou met verkope
en koste van verkope,
• ‘n wins-en-verlies rekening, wat al die inligting versamel wat verband hou met
inkomstes en uitgawes.

Die proses van die berekening van die netto debiete en krediete van elke
grootboekrekening om ‘n debiet- of kredietsaldo te kry, word balansering genoem.

Die boekstawing van transaksies, vanaf brondokumente in die joernale, word aan die
einde van elke maand oorgeboek na die grootboek. Die saldo’s van die
grootboekrekeninge word dan weer gebruik om die proefbalans op te stel.

Grootboekrekeninge word in meer besonderhede bespreek in Hoofstuk 8.

6.5 Opstel van ‘n proefbalans

‘n Proefbalans is ‘n lys van al die rekeninge in die algemene grootboek en hul


saldo’s/totale. Dit toets die dubbelinskrywingstelsel en die rekeningkundige akkuraatheid
van inskrywings.

Die voor-aansuiweringsproefbalans sluit die saldo’s in van al die balansstaat en


inkomstestaatrekeninge in die algemene grootboek. Die voor-aansuiweringsproefblans
word gewoonlik maandeliks opgestel en dien as vertrekpunt vir die opstel van bestuurstate
vir interne besluitneming.

6 - 10
Na die afsluiting van die inkomstestaatrekeninge (d.w.s. daar is nou net een syfer vir die
inkomstestaat naamlik die wins-en verliesrekening en sekere jaareind aansuiwerings)
word die na-afsluitingsproefbalans opgestel. Hierin verskyn slegs balansstaatrekeninge,
en in die geval van ‘n individu, netto wins (as dit nog nie na die kapitaalrekening afgesluit
is nie) of in die geval van ‘n maatskappy, behoue verdienste. Die na-afsluitingsproefbalans
word gewoonlik jaarliks opgestel en dien as vertrekpunt vir die opstel van finansiële state
vir eksterne gebruikers.

Die proefbalans word in meer besonderhede bespreek in Hoofstuk 9.

6.6 Aansuiwerings en restelling van foute

Aan die einde van die finansiële jaar is daar gewoonlik ‘n aantal jaareind aansuiwerings
wat aangebring word nadat die proefbalans opgestel is, voorbeelde is soos volg:

• oninbare skulde
• voorraad (indien periodieke voorraadstelsel gebruik word)
• waardevermindering (indien nie voorsien is gedurende die jaar nie)
• agterstallige uitgawes
• vooruitbetaalde uitgawes
• agterstallige inkomste
• inkomste vooruitontvang

Jaareindaansuiwerings het tot gevolg dat sekere inkomste- en uitgawerekeninge aan die
einde van die rekenpligtige tydperk vermeerder of verminder word om die werklike bedrae
vir die betrokke rekenpligtige tydperk te toon.

Gedurende die vaslegging van brondokumente en gevolglike teboekstelling in joernale en


oorboeking na die grootboek sou dit nie ongewoon wees om verskeie rekeningkundige
foute te maak nie. Die proefbalans is ‘n kontrole wat help met die identifikasie van verskeie
rekeningkundige foute.

Jaareindaansuiwerings en die regstelling van foute word volledig in die algemene joernaal
teboekgestel en oorgeboek na die onderskeie rekeninge in die algemene grootboek.

Eers wanneer al die aansuiwerings gefinaliseer is en foute reggestel is, word die finale
proefbalans opgestel. Die finale proefbalans word dan gebruik om die finansiële state op
te stel.

Die aansuiwerings- en afsluitingsproses word in meer besonderhede bespreek in Hoofstuk


13 en die regstelling van foute in Hoofstuk 14.

6 - 11
6.7 Opstel van finansiële state

Aan die einde van ‘n finansiële tydperk moet finansiële state opgestel word.
‘n Finansiële tydperk kan ‘n dag, maand, ses maande of ‘n jaar wees. Daar moet ten
minste elke twaalf maande finansiële state opgestel word.

Die finansiële state is die inligting wat aan ‘n wye verskeidenheid van gebruikers gestuur
sal word wat aan hulle inligting verskaf oor die finansiële posisie van die entiteit
(balansstaat), die resultate van die finansiële aktiwiteite (inkomstestaat) gedurende die
tydperk en die kontant wat gevloei het (staat van kontantvloeie) gedurende die tydperk.

6 - 12
HOOFSTUK 3 - 6
VRAE

Bladsy

Vraag 6.1 Brondokumente en rekeningkundige vergelyking 6 – 15

Vraag 6.2 Rekeningkundige vergelyking 6 – 17

Vraag 6.3 Brondokumente en rekeningkundige vergelyking 6 – 19

Vraag 6.4 Klassifikasie en rekeningkundige vergelyking 6 – 21

Vraag 6.5 Rekeningkundige vergelyking 6 – 23

Vraag 6.6 Rekeningkundige vergelyking 6 – 25

Vraag 6.7 Rekeningkundige vergelyking 6 – 27

6 - 13
VRAAG 6.1

Pascal Dienste is 'n eenmansaak wat rekenaardienste lewer. Gedurende Januarie 20x7
het die volgende rekeningkundige aktiwiteite onder andere plaasgevind:

1. Die onderneming het 'n rekenaar op krediet aangekoop teen R3 500 van ABC
Computers waarmee dienste aan kliënte gelewer sal word. Handelskorting van 10%
is op daardie bedrag deur ABC Computers toegestaan.
2. Dienste is aan P Nel gelewer teen 'n fooi van R700, die kontant is onmiddellik
ontvang.
3. Skryfbehoeftes ten bedrae van R500 is op krediet aangekoop van DP Drukkers.
4. Brandstof van R125 is vir die motor aangekoop van GP Motors en per EFO betaal.
5. 'n Nuwe rekenaar met 'n kosprys van R5 000 is van CD Roms bestel op
10 Januarie 20x7. Die rekenaar sal gedurende Februarie 20x7 afgelewer sal word.
6. 'n Deposito van R500 is per EFO aan CD Roms op 10 Januarie 20x7 betaal nadat
bostaande bestelling geplaas is.
7. Januarie 20x7 se salarisse ten bedrae van R4 000 is op 25 Januarie 20x7 per
elektroniese fondsoordrag aan die werknemers betaal.
8. Die bedrag wat aan ABC Computers verskuldig was t.o.v. Januarie 20x7 se aankope
is per EFO betaal, na aftrekking van kontantkorting van 10%.
9. Kontant ten bedrae van R450 is van 'n kliënt ontvang ter vereffening van sy skuld van
R500 t.o.v. dienste wat gedurende Desember 20x6 aan hom gelewer is.
10. Kontant ten bedrae van R1 200 is van ‘n kliënt ontvang as ‘n deposito om dienste
gedurende Februarie 20x7 te lewer.
11. ‘n Rekenaar wat gebruik is om dienste te lewer, is teen ‘n koste van R835 herstel en
per EFO betaal.
12. Die eienaar het R150 uit die kleinkas geneem vir privaatgebruik.
13. Die eienaar het sy kapitaalbydrae verhoog deur sy persoonlike motorvoertuig aan die
onderneming beskikbaar te stel vir uitsluitlike gebruik in sy besigheidsaktiwiteite. Die
motorvoertuig het die eienaar oorspronklik R40 000 gekos en die waarde daarvan op
die datum van die kapitaalbydrae was R30 000.

VAN U WORD VERLANG OM

ten opsigte van elkeen van bostaande rekeningkundige aktiwiteite vir slegs die finansiële
tydperk 1 Januarie 20x7 tot 31 Januarie 20x7 die volgende aan te dui:

(a) brondokument waarop die transaksie data vasgelê is.

(b) teen watter bedrag dit in die onderneming se rekeningkundige rekords aangeteken
sal word.

(c) die klassifikasie van die transaksie en die uitwerking van die transaksie op die
rekeningkundige vergelyking.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 14
VRAAG 6.1

Voorgestelde oplossing

(a) (b) (c)


Bates = Ekwiteit + Laste

10

11

12

13

6 - 15
VRAAG 6.2

TP Tegniese Dienste is 'n eenmansaak wat tuingereedskap herstel. Op 1 Januarie 20x7


het die onderneming se finansiële posisie soos volg daar uitgesien:

BATES R EKWITEIT EN LASTE R


Gereedskap 20 000 Ekwiteit 25 000
Toerusting 18 000
Debiteure 16 000 Lening - AB Bank 30 000
Kontant in bank 9 000 Krediteure 8 000

63 000 63 000

Gedurende Januarie 20x7 het die volgende rekeningkundige aktiwiteite plaasgevind:

1. Betaal die bedrag van R5 000 wat verskuldig is aan 'n krediteur CM Verskaffers per
EFO van R4 750, nadat 5% kontantkorting afgetrek is.
2. Ontvang 'n EFO van R855 van 'n debiteur G Vos ter betaling van die bedrag van
R900 deur hom verskuldig, nadat hy 5% kontantkorting afgetrek het.
3. Die eienaar stort verdere kapitaal deur R30 000 in die onderneming se bankrekening
te deponeer.
4. Koop skryfbehoeftes op krediet vir R750 aan van CM Verskaffers. Dit is
ooreengekom dat 'n handelskorting van 10% op daardie bedrag toegestaan word.
5. Lewer dienste van R1 600 aan 'n kliënt op krediet en staan handelskorting van 5% op
daardie bedrag aan hom toe.
6. Die eienaar onttrek R750 per EFO uit die bankrekening van die onderneming vir sy
persoonlike gebruik.
7. Verkoop verouderde gereedskap vir R800 kontant wat op dieselfde dag ontvang is.
Die waarde van die gereedskap in die rekords van TP Tegniese Dienste was R1 000
op die datum van verkoop.
8. Verkoop oortollige toerusting vir R6 500 op krediet aan S Viljoen. Die waarde van die
toerusting in die rekords van TP Tegniese Dienste was R5 000 op die datum van
verkoop.
9. Betaal Eskom t.o.v. elektrisiteitskoste vir Januarie 20x7, R1 950 per EFO.
10. Betaal Telkom t.o.v. telefoonkoste vir Januarie 20x7, R1 380 per EFO.
11. Koop skoonmaakmiddels en betaal R3 048 kontant nadat 4.75% kontantkorting
ontvang is.
12. Lewer dienste aan W Britz en ontvang R4 150 kontant.

VAN U WORD VERLANG OM

a) die effek van die bostaande rekeningkundige aktiwiteite in kolomvorm op die


rekeningkundige vergelyking aan te teken.

b) verander transaksie 9 en 10 soos volg:

9. Betaal die rekeningstaat van Eskom, t.o.v. elektrisiteitskoste vir Desember 20x6
van R1 950 per EFO.
10. Betaal die rekeningstaat van Telkom, t.o.v. telefoonkoste vir Desember 20x6, van
R1 380 per EFO.
(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)
6 - 16
VRAAG 6.2

Voorgestelde oplossing

Afkortings

G = Gereedskap L = Lening KB = Kapitaalbydraes


T = Toerusting K = Krediteure KO = Kapitaalontrekkings
D = Debiteure I/W = Inkomste/wins
B = Kontant in bank U/V = Uitgawes/verliese
E = Ekwiteit

Nr G T D B KO U/V L K E KB I/W
a)
ß 20 000 18 000 16 000 9 000 30 000 8 000 25 000
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
ß 19 000 13 000 23 120 32 927 750 7 450 30 000 3 675 25 000 30 000 7 572
b)
9
10

6 - 17
VRAAG 6.3

Bou & Breek Konstruksie is ‘n eenmansaak in die boubedryf. Gedurende September 20x7
het die volgende rekenkundige aktiwiteite onder andere plaasgevind:

1. Verkoop ‘n ou betonmenger met ‘n waarde van R6 350 in die rekords van Bou &
Breek Konstruksie aan E Els vir R3 500 kontant.
2. Koop ‘n nuwe betonmenger op krediet aan van Esso Building Supplies vir R 9 200,
waarop 10% handelskorting toegestaan word.
3. Betaal die telefoonrekening vir Augustus 20x7 ten bedrae van R2 170 per EFO.
4. Die eienaar neem boumateriaal met ’n kosprys van R1 000 vir sy persoonlike gebruik.
5. Laat die onderneming se betonmenger herstel deur D Davids vir R1 190 kontant
waarop 10% kontantkorting toegestaan word.
6. Koop R2 200 se boumateriaal op krediet aan van AB Verskaffers, waarop 15%
handelskorting toegestaan word.
7. Lewer R15 000 se boudienste op krediet aan S Nel, waarop 10% handelskorting
toegestaan is.
8. Reik ‘n EFO uit aan ABC Konstruksie, na aftrekking van 10% kontantkorting, ter
betaling van die bedrag van R1 250 aan hulle verskuldig.
9. Betaal September 20x7 se salarisse van R20 000 per elektroniese fondsoordrag.
10. Ontvang die telefoonrekening vir September 20x7 ten bedrae van R1 980, nog geen
betaling is gemaak nie.
11. Ontvang R7 250 van R Botha ter vereffening van sy rekening van R8 000.

VAN U WORD VERLANG OM

ten opsigte van elkeen van bostaande rekeningkundige aktiwiteite die volgende aan te dui:

a) die brondokument wat gebruik sal word.


b) die bedrag waarteen dit in die onderneming se rekeningkundige rekords aangeteken
sal word.
c) die klassifikasie van die transaksie en die uitwerking van die transaksie op die
rekeningkundige vergelyking.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 18
VRAAG 6.3

Voorgestelde oplossing

(a) (b) (c)

Bates = Ekwiteit + Laste


1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.

6 - 19
VRAAG 6.4

GPN Dienste is ‘n eenmansaak wat besigtigingstoere in die Wes-Kaap aanbied vir


oorsese besoekers. Die volgende items, met die uitsondering van die Kapitaalrekening
van die eienaar, het in die grootboek van die onderneming verskyn op 28 Februarie 20x7,
die einde van die onderneming se finansiële jaar:

Bates Laste Inkomste Uitgawe Bydrae Onttrek


Kapitaalrekening ???
Lening verskuldig aan 50 000
AC Bank
Bedrae gestort deur 10 000
die eienaar
Debiteure 12 500
Krediteure 8 700
Voertuie teen 140 000
drabedrag
Onttrekkings deur 50 000
eienaar
Drukwerk en 900
skryfbehoeftes
Huur van kantore 14 400
Elektrisiteitkoste 7 200
Telefoonkoste 9 600
Inkomste verdien 287 700
Rente op lening van 10 000
AC Bank
Korting ontvang 700
Korting toegestaan 200
Herstelwerk van 18 700
voertuie
Salarisse en lone 85 000
Lisensiegelde en 10 100
versekering van
voertuie

6 - 20
VAN U WORD VERLANG OM

(a) ten opsigte van elkeen van bostaande items aan te dui wat die klassifikasie daarvan
sal wees (bate, las, uitgawe, inkomste, ens.)
(b) die basiese rekeningkundige vergelyking te bereken
(c) die beginsaldo van die kapitaalrekening van die eienaar te bereken.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 21
VRAAG 6.5

Namqua Vervoer is ‘n onderneming wat bakstene vir die boubedryf vervoer. Die volgende
rekeningkundige aktiwiteite het onder andere gedurende Oktober 20x7 plaasgevind op die
datums soos aangedui:

Okt 02 Lewer R12 000 se vervoerdienste aan Barny’s Bouers waarop kontantkorting
van R360 toegestaan word. (Kontantfaktuur no 750)
05 Lewer R33 000 se vervoerdienste aan Bou&Breek waarop handelskorting van
10% toegestaan word. (Verkoopfaktuur no 230)
07 Reik EFO 912 ten bedrae van R11 000 uit aan Gharies Eiendomme t.o.v.
Oktober 20x7 se huur van die onderneming se administratiewe kantoor.
10 ‘n Elektroniese oorbetaling ten bedrae van R13 650 is vanaf debiteur Klipwerk
Konstruksie ontvang. Die bedrag is ter betaling van die bedrag deur hulle
verskuldig, na aftrekking van R350 korting. (Kwitansie no 654)
11 Reik kredietnota no 286 uit aan Bou&Breek vir R1 200 ten opsigte van optelfout
op die faktuur.
14 Reik EFO 913 van R2 150 uit aan Vodacom ter betaling van die bedrag
verskuldig t.o.v. September 20x7 se selfoonkoste.
19 Verkoop ‘n vragmotor aan Springbok Motors met ‘n drabedrag van R103 600 vir
R105 000. (Kontantfaktuur no 751)
21 Ontvang R1 500 van Namaqua Bank t.o.v. rente wat vir Oktober 20x7 op ‘n
termyn-deposito verdien is.
26 Vereffen die rekening van ABC Services vir herstelwerk aan een van Namqua
se vragmotors, deur middel van ‘n elektroniese fondsoordrag van R18 408,
nadat korting van R472 reeds afgetrek is.
28 Koop R35 000 se toerusting aan van Equip Ltd., waarop handelskorting van
R3 500 toegestaan word. (Aankoopfaktuur no 444)
29 Koop R425 se skryfbehoeftes van Waltons, waarop kontantkorting van R50
toegestaan word. (Kontantfaktuur no 528)
30 Koop ‘n vragmotor by M Joos vir R250 000. (Aankoopfaktuur no 345)
31 Stuur debietnota no 145 saam met beskadigde toerusting ter waarde van
R2 500 terug aan Equip Ltd.
31 Vodacom se rekeningstaat vir Oktober 20x7 toon dat selfoonkoste gedurende
daardie maand ten bedrae van R1 797 aangegaan is. Nog geen betaling is
gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die effek van die bostaande rekeningkundige aktiwiteite in kolomvorm op die rekeningkundige
vergelyking aan te teken en die rekeningkundige vergelyking te bereken na die laaste
transaksie.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemene grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 22
VRAAG 6.5

Voorgestelde oplossing

Afkortings

V = Voertuie K = Krediteure I/W = Inkomste/wins


T = Toerusting U/V = Uitgawes/verliese
D = Debiteure
B = Kontant in bank

Okt V T B D U/V K I/W

02
05
07
10
11
14
19
21
26
28
29
30
31
31

146 400 29 000 99 857 14 500 13 932 259 767 43 922

6 - 23
VRAAG 6.6

GOLF is ‘n eenmansaak wat golflesse gee aan studente wat sportwetenskappe bestudeer.

Gedurende Maart 20x7 het die volgende rekeningkundige aktiwiteite, onder andere,
plaasgevind.

01. Lewer dienste op krediet aan R. Goosen ter waarde van R7 000, waarop 10%
korting toegestaan word.

03. Betaal die telefoonrekening t.o.v. telefoonkoste vir Februarie 20x7 per EFO, R530.

08. Ontvang R950 van E. Els ter vereffening van sy rekening van R990.

10. Verkoop ou toerusting met ‘n drabedrag van R4 470 teen ‘n verlies van R270, vir
kontant.

11. Stuur ‘n kredietnota aan R. Goosen van R330 om ‘n fout op die faktuur reg te stel.

14. Koop toerusting op krediet van T. Woods, R11 130.

15. Die eienaar maak ‘n kapitaalbydrae van toerusting ter waarde van R15 000 vir
gebruik in die besigheidsaktiwiteite.

17. Stuur ‘n debietnota aan T. Woods vir R1 090 ten opsigte van beskadigde toerusting.

19. Die eienaar betaal sy persoonlike elektrisiteitsrekening van R210 met ‘n


EFO.

22. Bestel toerusting ter waarde van R6 000 by V. Singh.

25. Betaal T. Woods R9 000 per EFO ter vereffening van sy rekening, nadat R1 040
korting ontvang is.

VAN U WORD VERLANG OM:

a) bostaande rekeningkundige aktwiteite in die tabel op die volgende bladsy aan te teken.

b) die ekwiteit van die entiteit te bereken na die laaste transaksie. Beginsaldo’s word in die
tabel gegee.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 24
NB: Afnames moet in (hakkies) aangetoon word!

Toerusting Debiteure Bank Ontrekkings Uitgawes Krediteure Kapitaal Bydraes Inkomste

22 000 7 000 15 000 5 000 12 000 8 000 35 000 2 000 16 000


01
03
08
10
11
14
15
17
19
22
25

6 - 25
VRAAG 6.7

ABC Vervoer is ‘n onderneming wat vervoerdienste lewer. Die volgende


rekeningkundige gebeurtenisse het onder andere gedurende die maand geëindig 30
April 20x1 m.b.t. die onderneming plaasgevind:

04 Lewer R1 600 se vervoerdienste aan S Brits vir kontant, waarop


10% kontantkorting toegestaan word.
09 Verkoop ‘n vragmotor met ’n waarde van R32 000 (op 9 April 20x1) in die
rekords van ABC Vervoer teen ’n wins van R3 000 op krediet aan Blue
Motors.
10 Ontvang ‘n EFO van R970, nadat 3% korting afgetrek is, van ‘n debiteur
B Smit ter betaling van die bedrag deur hom verskuldig.
11 Vereffen X Ltd. se rekening van R3 000 en ontvang 15% kontantkorting.
12 Koop ‘n rekenaar van R5 400 aan van SA PC’s, waarop ‘n
5% kontantkorting toegestaan word (Kontantfaktuur C7).
13 Laat ‘n vragmotor herstel by XY Repairs vir R1 200 op krediet.
14 Die eienaar onttrek die onderneming se ou rekenaar. Die waarde van die
rekenaar in die rekords van ABC vervoer het R2 500 bedra op 14 April
20x1.
15 Lewer R7 000 se dienste aan T Bester op krediet, waarop 5% korting
toegestaan word.
16 Reik ‘n EFO van R1 300 uit aan MTN ter betaling van die bedrag verskuldig
ten opsigte van Maart 20x1 se selfoonkoste.
19 Koop skryfbehoeftes van R100 aan van G Swart op krediet waarop 10%
korting toegestaan word.
20 Stuur die helfte van die skryfbehoeftes wat van G Swart op 19 April 20x1
gekoop is terug, aangesien die skryfbehoeftes by aankoop beskadig was.
25 Plaas ‘n bestelling vir ‘n nuwe motor van R150 000 by Blue Motors wat op
9 Mei 20x1 afgelewer moet word en reik ‘n EFO van R15 000 aan hulle uit
as ‘n deposito.
28 Reik ‘n EFO ten bedrae van R10 000 uit aan Stellenbosch Properties ter
betaling van April 20x1 se huur van die onderneming se besigheidsperseel.
30 Betaal W Swanepoel se salaris van R1 500 vir Maart 20x1.

Addisionele inligting:
- MTN se rekeningstaat vir April 20x1 toon dat selfoonkoste ten bedrae van R560
gedurende daardie maand aangegaan is. Nog geen betaling is gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

Bostaande rekeningkundige aktiwiteite in kolomformaat op die rekeningkundige


vergelyking aan te teken vir April 20x1. Geen eindsaldo’s hoef bereken te word nie.

NB: Negatiewe bedrae moet in hakkies aangetoon word.

(Sluit die bedrag sowel as toepaslike algemen grootboek rekening van die
transaksie in)

6 - 27
VRAAG 6.7

Ander Bates / Debiteure/ Bank / Onttrekkings/ Uitgawes/ Krediteure/ Kapitaal / Inkomste/


Other Assets Debtors Bank Withdrawals Expenses Creditors Capital Income
Apr 04
09
10
11
12
13
14
15
16
19
20
25
28
30
30

6 - 27
HOOFSTUK 7
JOERNALE

Bladsy

Leeruitkomste 7-2

7.1 Aard en funksie van joernale 7-3

7.2 Uiteensetting van joernale 7-4

7.2.1 Kontantbetalingsjoernaal
7.2.2 Kontantontvangstejoernaal
7.2.3 Aankoopjoernaal
7.2.4 Aankoopterugsendingsjoernaal
7.2.5 Verkoopjoernaal
7.2.6 Verkoopterugsendingsjoernaal

7.3 Boekstawing van transaksies in joernale 7-7

Vrae 7 - 11

7-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die aard en funksie van joernale te verstaan

- die onderskeie joernale wat ‘n entiteit sal gebruik te identifiseer

- te identifiseer hoe joernale gestruktureer word om aan die entiteit se


behoeftes te voldoen

- die proses van die aanteken van transaksies in joernale te verstaan

- transaksies te kan klassifiseer vir aantekening in toepaslike joernale

7-2
7.1 Aard en funksie van joernale

Joernale kan gedefiniëer word as die rekeningkundige rekords van ‘n entiteit waarin
alle rekeningkundige aktiwiteite (transaksies en gebeurtenisse) van die entiteit
sistematies aangeteken word. Die proses van klassifikasie van transaksies vind ook
plaas in die joernale.

Die proses om die brondokumente aan te teken in joernale moet so gestruktureer


word dat al die inligting volledig en akkuraat aangeteken word. Joernale word
gevolglik op so ‘n wyse uiteengesit dat die volgende inligting ten opsigte van elke
aktiwiteit getoon sal word:

• die aard van die betrokke dokument


• die reeksnommer van die betrokke dokument
• die ander party betrokke by die aktiwiteit
• die datum waarop die aktiwiteit plaasgevind het
• die bedrag waarteen die aktiwiteit plaasgevind het
• die grootboekrekening wat dienooreenkomstig gedebiteer/gekrediteer sal word
a.g.v. ‘n klassifkasie wat gemaak is
• aard van die joernaal inskrywing (joernaalomskrywing by algemene joernaal)

Joernale word gerieflikheidshalwe ook so gestruktureer dat die frekwensie van die
aantekening van die brondokumente en die oorboekings na die onderskeie
grootboekrekeninge tot die minimum beperk word. Herhalende inligting
(omskrywings, bedrae en klassifikasie) sal saamgevoeg word en aangeteken word in
‘n afsonderlike joernaal en kollektief oorgeboek word na die grootboek. Die volgende
afsonderlike joernale word in die algemeen vir die doel gebruik:

• Kontantbetalingsjoernaal
• Kontantontvangstejoernaal
• Aankoopjoernaal
• Aankoopterugsendingsjoernaal
• Verkoopjoernaal
• Verkoopterugsendingsjoernaal

Indien die rekeningkundige aktiwiteit nie-herhalend is of ‘n eenmalige aktiwiteit is, is


dit gebruiklik om nie ‘n afsonderlike joernaal te open nie, maar om die transaksie in
die algemene joernaal aan te teken. Dit is ook gebruiklik om daardie
rekeningkundige aktiwiteite waarvoor daar nie brondokumente uitgereik word nie, in
die algemene joernaal aan te teken. Die transaksies in die algemene joernaal word
individueel na die grootboek oorgeboek.

7-3
7.2 Uiteensetting van joernale

Die volgende stappe word normaalweg gevolg wanneer brondokumente in joernale


aangeteken word:

• Die datum van die transaksie en die dokument nommer moet akkuraat
aangeteken word.
• Die transaksie moet geklassifiseer word en in die korrekte kolomme in die
onderskeie joernale aangeteken word.
• Kolomme kan in die joernale geskep word vir aktiwiteite wat gereeld voorkom
gedurende ‘n maand en na dieselfde grootboekrekening oorgeboek moet
word. Gevolglik hoef slegs die totaal van elke kolom oorgeboek te word na
die grootboekrekening.
• Aktiwiteite wat nie gereeld is nie word gerieflikheidshalwe in die ‘diverse’
kolom aangeteken en sal individueel oorgeboek word na die relevante
grootboekrekening.
• Al die kolomme moet opgetel en deur kruisopgetelling gekontroleer word om
te verseker dat die rekeningkundige vergelyking balanseer voordat oorboeking
na die grootboek plaasvind.
• Die totale van die kolomme en bedrae in die ‘diverse’ kolom word dan
oorgeboek na die grootboek.

Onderstaande is voorbeelde van die besonderhede en uiteensetting van joernale wat


die algemeenste gebruik word:

7.2.1 Kontantbetalingsjoernaal

Datum Dok no Besonderhede Fol Diverse Aankope/ Krediteure Korting Bank


Voorraad ontvang

(1) (2) (3) (4) (5)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke uitgawe/bate’ X


(2) Aankope/Voorraad X
(3) Krediteurekontrole X
(4) Korting ontvang X
(5) Bank X

7-4
7.2.2 Kontantontvangstejoernaal

Datum Dok no Besonderhede Fol Diverse Verkope/ Debiteure Korting Bank


Inkomste toegestaan

(1) (2) (3) (4) (5)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke inkomste’ X


(2) Verkope/Inkomste X
(3) Debiteurekontrole X
(4) Korting toegestaan X
(5) Bank X

7.2.3 Aankoopjoernaal

Datum Dok no Krediteure Fol Diverse Aankope/ Totaal


Voorraad

(1) (2) (3)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke uitgawe/bate’ X


(2) Aankope/Voorraad X
(3) Krediteurekontrole X

7.2.4 Aankoopterugsendingsjoernaal

Datum Dok no Krediteure Fol Diverse Aankoop- Totaal


retoere

(1) (2) (3)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke uitgawe/bate’ X


(2) Aankoopretoere X
(3) Krediteurekontrole X

7-5
7.2.5 Verkoopjoernaal

Datum Dok no Debiteure Fol Diverse Verkope/ Totaal


Inkomste

(1) (2) (3)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke inkomste’ X


(2) Verkope/Inkomste X
(3) Debiteurekontrole X

7.2.6 Verkoopterugsendingsjoernaal

Datum Dok no Debiteure Fol Diverse Verkoop- Totaal


retoere

(1) (2) (3)

Oorboeking na die grootboek sal soos volg wees:

Grootboekrekening Debiet Krediet

(1) ‘Spesifieke inkomste’ X


(2) Verkoopretoere/Dienste X
gelewer
(3) Debiteurekontrole X

7.2.7 Algemene joernaal

Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet

Joernaal beskrywing

Transaksies in die algemene joernaal word op ‘n lyn-vir-lyn basis oorgeboek na die


grootboek.

7-6
7.3 Boekstawing van transaksies in joernale

Die transaksies soos uiteengesit in Hoofstuk 5, 5.1.1 tot 5.3.10 sal soos volg in die onderskeie joernale geboekstaaf word en oorgeboek
word na die algemene grootboek:

Kontantbetalingsjoernaal van EGOLI

Dat Dok no Besonderhede Fol Diverse Aankope/ Krediteure Korting Bank


Voorraad ontvang

A-Z Furniture 5.1.1 Toerusting 3 000 3 000


Z Combrink 5.2.2 915 915
A Koster 660 660
Salarisse en lone 5.3.5 Salarisse 3 450 3 450
P Malan 5.3.10 2 000 (200) 1 800

6 450 3 575 (200) 9 825

7.3.1 Dt Toerusting 3 000


Dt Salarisse en lone 3 450
Dt Krediteurekontrole 3 575
Kt Korting ontvang 200
Kt Bank 9 825

7-7
Kontantontvangstejoernaal van EGOLI

Dat Dok no Besonderhede Fol Diverse Verkope/ Debiteure Korting Bank


Inkomste toegestaan

S Louw 5.1.2 2 250 2 250


Dienste gelewer 5.3.3 6 700 6 700
G Basson 5.3.9 1 500 (300) 1 200

6 700 3 750 (300) 10 150

7.3.2 Dt Bank 10 150


Dt Korting toegestaan 300
Kt Dienste gelewer 6 700
Kt Debiteurekontrole 3 750

Aankoopjoernaal van EGOLI

Dat Dok no Krediteure Fol Diverse Aankope/ Totaal


Voorraad

Motors Bpk 5.2.1 Voertuie 15 000 15 000


W Walton 5.3.6 Skryfbehoeftes 270 270

15 270 15 270

7.3.3 Dt Voertuie 15 000


Dt Skyfbehoeftes 270
Kt Krediteurekontrole 15 270

7-8
Aankoopterugsendingsjoernaal van EGOLI

Dat Dok no Krediteure Fol Diverse Aankoop- Totaal


retoere

W Walton 5.3.7 Skryfbehoeftes 45 45

45 45

7.3.4 Dt Krediteurekontrole 45
Kt Skryfbehoeftes 45

Verkoopjoernaal van EGOLI

Dat Dok no Debiteure Fol Diverse Verkope/ Totaal


Inkomste

S Louw 5.3.4 3 350 3 350


K Muller 900 900

4 250 4 250

7.3.5 Dt Debiteurekontrole 4 250


Kt Dienste gelewer 4 250

7-9
Verkoopterugsendingsjoernaal van EGOLI

Dat Dok no Debiteure Fol Verkoop- Totaal


retoere

K Muller 5.3.8 165 165

165 165

7.3.6 Dt Verkoopretoere/ 165


Dienste gelewer
Kt Debiteurekontrole 165

Algemene joernaal van EGOLI

Dat Besonderhede Fol Debiet Krediet

Bank 5.2.3 10 000


Langtermyn lening 10 000
(Addisionele finansiering by Bank
Ltd.)

Bank 5.3.1 20 000


Kapitaal 20 000
(Eienaar deponeer van sy
persoonlike fondse in besigheid
se bankrekening)

Ontrekkings 5.3.2 800


Bank 800
(Eienaar betaal privaat telefoon
met elektroniese oordrag)

7 - 10
HOOFSTUK 7
VRAE

Bladsy

Vraag 7.1 Opstel en afsluit van joernale 7 – 12

Vraag 7.2 Opstel en afsluit van joernale en oorboeking na grootboek 7 – 16

Vraag 7.3 Klassifikasie van transaksies in joernale 7 – 27

Vraag 7.4 Aantekening van transaksies in joernale 7 – 28

Vraag 7.5 Aantekening van transaksies in joernale 7 – 32

Vraag 7.6 Aantekening van transaksies in joernale 7 – 36

Vraag 7.7 Opstel van joernale 7 – 41

7 - 11
VRAAG 7.1

Zetkor Handelaars is 'n eenmansaak wat handeldryf in meubels. Die volgende


rekeningkundige aktiwiteite het onder andere gedurende Maart 20x7 plaasgevind:

Mrt 02 Verkoop meubels aan C Zuan vir R20 000, waarop 10% handelskorting
toegestaan word (Verkoopfaktuur, VF131).
04 Koop meubels aan van CB Meubels vir R12 000, waarop 20% handelskorting
toegestaan word (Aankoopfaktuur, AF/CB78).
06 Ontvang 'n EFO ten bedrae van R1 850 van D Tsabalala ter betaling van die
bedrag deur hom verskuldig nadat 7½% korting afgetrek is (Kwitansie no 98).
07 Doen `n elektroniese betaling (betaling no 007) ten bedrae van R8 500 aan MB
Beleggings uit ten opsigte van Maart 20x7 se huur van die besigheidsperseel.
09 Bestel meubels van R2 000 van Knysna Meubels, waarop 15% handelskorting
toegestaan word (Bestelnota BV062).
10 Ontvang beskadigde meubels ter waarde van R2 000 terug van C Zuan
(verkooptransaksie – 2 Mrt) en reik kredietnota no 34 uit.
11 Doen `n elektroniese betaling (betaling no 008) van R1 890 aan Eskom uit ter
betaling van die bedrag verskuldig vir Februarie 20x7 se elektrisiteitkoste.
12 Verkoop R12 000 se meubels aan E Young, waarop 5% kontantkorting
toegestaan word (Kontantfaktuur, KF51 en kwitansie no 99).
13 Doen `n elektroniese betaling (betaling no 009) van R1 145 aan Telkom uit ter
betaling van die bedrag verskuldig vir Februarie 20x7 se telefoonkoste.
15 Koop R6 000 se meubels aan van Brakrivier Meubels, waarop 5% kontantkorting
toegestaan word (Kontantfaktuur, KF/BM48 en betaling no 010).
19 Verkoop meubels aan V Uys vir R1 500, waarop 25% handelskorting toegestaan
word (Verkoopfaktuur, VF132).
20 Ontvang beskadigde meubels ter waarde van R2 500 terug vanaf E Young
(verkooptransaksie – 12 Mrt) en betaal hom terug.
24 Koop 'n afleweringsvoertuig aan vir R80 000 van CL Motors (Aankoopfaktuur,
AF/CL69).
27 Ontvang 'n bestelling van M King vir R9 000 se meubels, waarop 20% korting
toegestaan word (Bestelnota, BV/MK52).
28 Stuur debietnota no 23 aan CB Meubels (aankooptransaksie – 4 Mrt) vir R1 200
ten opsigte van ‘n optelfout op die faktuur.
29 Stuur swak kwaliteit meubels ter waarde van R3 500 terug aan Brakrivier
Meubels (aankooptransaksie – 15 Mrt) en ontvang kontant terug.
31 Die eienaar onttrek R1 000 kontant vir sy persoonlike gebruik.

VAN U WORD VERLANG OM

bostaande rekeningkundige aktiwiteite in datumvolgorde in gepaste joernale aan te teken,


die joernale af te sluit en deur middel van kruistelling te kontroleer.

7 - 12
VRAAG 7.1

Voogestelde oplossing

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting
Date Details Sundry Sales Discount Bank

7 - 13
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 14
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 15
VRAAG 7.2

Dormie Fietse is ‘n onderneming wat handel dryf in fietse. Die volgende saldo’s het onder
andere in die onderskeie grootboeke, soos aangedui, verskyn op 1 Maart 20x7:

ALGEMENE GROOTBOEK R
Kapitaalrekening - Eienaar 800 000
Kontant in bank 28 960
Krediteurekontrole 79 240
Motorvoertuie 640 000
Meubels 128 500
Vaste deposito - BB Bank 50 000
Handelsvoorraad 352 930
Debiteurekontrole 92 960

DEBITEURE GROOTBOEK R
J Salie 16 390
D Diddy 2 860
P Luck 3 080

KREDITEURE GROOTBOEK R
Le Jeune 18 200
Telkom 11 660
Eskom 9 960

Die volgende dokumente ten opsigte van Maart 20x7 is aan u beskikbaar gestel vir
verwerking in die onderskeie joernale:

BEWYS VAN BETALINGS VIR EFO’S GEMAAK


Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
462 Mrt 03 Le Jeune - Krediteur 4 180
463 08 Kontant - Lone 7 250
464 09 Telkom - Februarie se rekening 11 660
465 14 Eskom - Februarie se rekening 9 960
466 23 Le Jeune - Krediteur 6 270
467 29 K Dormie - Onttrekking deur eienaar 5 000
468 30 Kontant - Aankoop van fiets 3 200
469 31 M Green - Salaris vir Maart 9 750
470 31 F White - Salaris vir Maart 8 600
471 31 Kontant - Lone 7 440

KWITANSIES
Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
96 Mrt 06 J Salie - Debiteur 9 000
97 15 P Luck - Debiteur 900
98 23 Kontant - Verkoop van fiets 6 460
99 31 BB Bank - Rente vir Maart 20x7 op vaste deposito 450

7 - 16
VERKOOPFAKTURE/KONTANTFAKTURE
Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
192 Mrt 02 D Diddy - Verkoop van fiets 6 340
193 07 C Gouws - Verkoop van fiets 3 750
194 11 T Louw - Verkoop van meubels 2 090
195 14 P Swart - Verkoop van fiets 4 150
196 20 R Roux - Verkoop van fiets 4 590
1014 23 Kontant - Verkoop van fiets 6 460

AANKOOPFAKTURE/KONTANFAKTURE/GOB
Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
A421/76 Mrt 06 Le Jeune - Aankoop van fietse 6 600
A691/77 10 Le Jeune - Aankoop van fietse 7 200
GOB/78 12 Bears - Aankoop van meubels 4 350
A153/79 21 Le Jeune - Aankoop van fietse 8 000
A722/80 23 Le Jeune - Aankoop van fietse 4 440
K444/81 30 Kontant - Aankoop van fietse 3 200

KREDIETNOTAS
Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
KN 113 Mrt 07 C Gouws 3 750
KN 114 26 P Swart 4 150

DEBIETNOTAS
Nommer Datum Besonderhede Bedrag
R
DN 208 Mrt 15 Le Jeune 2 200
DN 209 29 Le Jeune 2 400

Addisionele inligting:

1. Slegs Le Jeune laat 10% handelskorting toe op alle aankope en 5% kontantkorting toe
op betalings wat gemaak word binne 30 dae na die datum van die betrokke aankoop.
2. Alle betalings aan Le Jeune gedurende Maart 20x7 is binne 30 dae na die betrokke
aankope gemaak.
3. Dormie Fietse staan geen handelskorting toe nie, maar staan wel 10% kontantkorting
toe aan debiteure waar betalings ontvang word binne 30 dae na die datum van die
betrokke verkoop.
4. Alle betalings ontvang van debiteure gedurende Maart 20x7 is binne 30 dae na die
betrokke verkoop.
5. Die eienaar het op 15 Maart 20x7 sy persoonlike motor aan die onderneming gegee as
'n verdere storting van kapitaal. Die ooreengekome waarde van die voertuig was
R50 000 op hierdie datum. Geen aankoopfaktuur is vir die transaksie uitgereik nie.
6. Die rekeningstaat van Eskom t.o.v. Maart 20x7 se elektrisiteitskoste van R13 150 is op
31 Maart 20x7 ontvang.
7. Die rekeningstaat van Telkom t.o.v. Maart 20x7 se telefoonkoste van R8 670 is op
31 Maart 20x7 ontvang.

7 - 17
VAN U WORD VERLANG OM

(a) bostaande dokumente en ander rekeningkundige gebeurtenisse in gepaste joernale


vir Maart 20x7 aan te teken en die joernale behoorlik af te sluit.

(b) die grootboekrekeninge in die algemene grootboek, debiteure grootboek en krediteure


grootboek te toon nadat die oorboekings vanaf die betrokke joernale gedoen is.

7 - 18
VRAAG 7.2

Voogestelde oplossing

(a)

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting Bank
Date Details Sundry Sales Discount

7 - 19
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 20
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 21
(b)

- Slegs grootboekrekeninge waarin inskrywings t.o.v. Maart 20x7 verskyn, word


getoon.
- Aannames is gemaak t.o.v. die bedrae van die openingsaldo’s van die onderskeie
grootboekrekeninge.

ALGEMENE GROOTBOEK

Kapitaalrekening – Eienaar Bl 1
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 800 000

Kapitaal gestort deur eienaar Bl 2


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 15 Motorvoertuie 50 000

Bankrekening Bl 5
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 28 960 Mrt 29 Onttrekkings 5 000
31 KOJ 16 810 31 KBJ 68 310

Krediteurekontrolerekening Bl 7
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 KBJ 32 620 Mrt 01 Saldo a/b 79 240
31 ATJ 4 600 31 AJ 52 410

Motorvoertuie Bl 10
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 640 000
15 Kapitaalbydrae 50 000

Meubels Bl 12
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 10 Saldo a/b 128 500 Mrt 11 VJ 2 090
12 AJ 4 350

Vaste deposito (BB Bank) Bl 14


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 50 000

7 - 22
Aankope van handelsvoorraad Bl 15
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 352 930
31 KBJ 3 200
AJ 26 240

Onttrekkings deur eienaar Bl 16


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 29 Bank 5 000

Debiteurekontrolerekening Bl 17
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 92 960 Mrt 31 VTJ 7 900
31 VJ 20 920 KOJ 11 000

Korting toegestaan Bl 46
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 KOJ 1 100

Rente verdien Bl 87
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 KOJ 450

Salarisse en Lone Bl 90
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 08 KBJ 7 250
Mrt 31 KBJ 9 750
Mrt 31 KBJ 8 600
Mrt 31 KBJ 7 440

Telefoonkoste Bl 95
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 AJ a/b 8 670

7 - 23
Elektrisiteitkoste Bl 97
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 AJ a/b 13 150

Verkope van handelsvoorraad

Bl 101
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 VJ 18 830
31 KOJ 6 460

Aankoopretoere Bl 103
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 ATJ 4 600

Verkoopretoere Bl 105
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 VTJ 7 900

Korting ontvang Bl 121


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 31 KBJ 550

7 - 24
DEBITEURE GROOTBOEK

J Salie Bl 51
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 16 390 Mrt 06 KOJ 10 000

D Diddy Bl 52
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 2 860
02 VJ 6 340

P Luck Bl 54
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 01 Saldo a/b 3 080 Mrt 15 KOJ 1 000

R Roux Bl 57
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 20 VJ 4 590

T Louw Bl 58
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 11 VJ 2 090

C Gouws Bl 61
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 07 VJ 3 750 Mrt 07 VTJ 3 750

P Swart Bl 63
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 14 VJ 4 150 Mrt 26 VTJ 4 150

7 - 25
KREDITEURE GROOTBOEK

Le Jeune Bl 28
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 03 KBJ 4 400 Mrt 01 Saldo a/b 18 200
15 ATJ 2 200 06 AJ 6 600
23 KBJ 6 600 10 AJ 7 200
29 ATJ 2 400 21 AJ 8 000
23 AJ 4 440

Telkom Bl 33
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 09 KBJ 11 660 Mrt 01 Saldo a/b 11 660
31 AJ 8 670

Eskom Bl 35
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 14 KBJ 9 960 Mrt 01 Saldo a/b 9 960
31 AJ 13 150

Bears Bl 38
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mrt 12 AJ 4 350

7 - 26
VRAAG 7.3

Artwork is ‘n eenmansaak wat handel dryf in kunswerke. Die onderneming was


onder andere betrokke by die volgende gebeurtenisse gedurende Maart 20x7 op die
datums soos aangedui.

Onderstaande transaksies sal soos volg geklassifiseer word in die onderskeie


joernale:

Transaksie Joernaal

1. Die eienaar gee een van sy eie kunswerke aan die


onderneming. Die kosprys van die kunswerk het 3 jaar
gelede R2 500 beloop. Die waarde van die kunswerke is nou
R3 000.
2. Doen `n elektroniese betaling ten bedrae van R15 000 aan
Property Ltd. ten opsigte van huur van die besigheidsperseel.
3. Ontvang ‘n EFO ten bedrae van R3 500 van Alice Gallery ter
vereffening van hul rekening van R4 000.
4. Koop R4 000 se kunswerke aan van C Bosch op krediet.
5. Verkoop kunswerke vir R5 500 kontant, waarop 10%
handelskorting toegestaan is.
6. Die eienaar het kunswerke ter waarde van R1 850 geneem
vir persoonlike gebruik.
7. Koop ‘n nuwe rekenaar van R7 000 aan van CC Computer op
krediet, waarop 10% handelskorting toegestaan word.
8. Koop R2 800 se kunswerke aan van F Claerhout vir kontant,
waarop 15% handelskorting toegestaan word.
9. Stuur kunswerke ter waarde van R700 terug aan C Bosch.
10. Koop verpakkingsmateriaal van R500 aan van PP Packaging
op krediet.
11. Verkoop R26 500 se kunswerke aan P Paint op krediet.
12. Betaal die bedrag van R2 970 aan C Bosch wat aan hom
verskuldig is, nadat 10% kontantkorting ontvang is.
13. Betaal salarisse en lone van R7 500 per elektroniese
fondsoordrag.
14. Ontvang rente van R1 200 op die spaarrekening.
15. Stuur ‘n kredietnota aan P Paint vir ‘n oorfakturering van
R1 500.
16. Lewer kunswerke ter waarde van R3 500 op skuld aan B le
Roux, waarop handelskorting van 20% toegestaan word.
17. Ontvang R8 000 van P Paint ter gedeeltelike vereffening van
sy rekening.

7 - 27
VRAAG 7.4

Tudor Dienste is ‘n eenmansaak wat handel dryf in binnehuisversierings items en


binnenshuisversiering verwante dienste verskaf. Die volgende rekeningkundige
aktiwiteite het onder andere gedurende September 20x7 plaasgevind op die datums
soos aangedui:

Sep 02 Lewer R5 760 se dienste vir kontant aan AF Gouws, waarop


21/2% kontantkorting toegestaan word.
07 Doen `n elektroniese betaling ten bedrae van R2 240 uit aan CLM
Eiendomme t.o.v. September 20x7 se huur van die vertoonlokaal.
13 Doen `n elektroniese betaling ten bedrae van R1 896 uit aan Vodacom ter
betaling van die bedrag verskuldig t.o.v. Augustus 20x7 se selfoonkoste.
15 Stuur 'n kredietnota aan L Smit vir 'n oorfakturering van R700.
18 Koop ‘n afleweringsvoertuig aan van Telbos Motors op krediet vir R85 000,
waarop 3% korting toegestaan word.
19 Ontvang R10 200 van A Malan ter volle vereffening van haar rekening.

21 Die eienaar neem R4 890 kontant om gordyne te koop vir die sitkamer van
sy privaat woonhuis.
25 Stuur ‘n debietnota saam met ‘n eetkamertafel ter waarde van R3 000 terug
aan P Kloppers.
27 Koop R8 250 se gordynmateriaal aan van The Curtain King vir kontant,
waarop 20% handelskorting toegestaan word.
29 Laat die onderneming se snymasjien herstel deur F Smit vir R1 440
kontant, waarop 21/2% kontantkorting toegestaan word.
30 Ontvang R750 van Expo Bank t.o.v. rente wat vir September 20x7 op ‘n
termyndeposito verdien is.

Addisionele inligting:

- Alle kontantbetalings word met elektroniese betalings gedoen en alle


kontantontvangstes word onmiddellik gebank.
- Vodacom se rekeningstaat vir September 20x7 toon dat selfoonkoste gedurende
daardie maand ten bedrae van R2 000 aangegaan is.

VAN U WORD VERLANG OM

bostaande rekeningkundige aktiwiteite in datumvolgorde in gepaste joernale aan te


teken. (U hoef nie dokumentnommers in die betrokke joernale aan te teken of die
joernale af te sluit nie.)

7 - 28
VRAAG 7.4

Voogestelde oplossing

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting Bank
Date Details Sundry Sales Discount

7 - 29
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 30
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 31
VRAAG 7.5

Namqua Vervoer is ‘n onderneming wat bakstene vir die boubedryf vervoer. Die
volgende rekeningkundige aktiwiteite het onder andere gedurende Oktober 20x7
plaasgevind op die datums soos aangedui:

Okt 02 Lewer R12 000 se vervoerdienste aan Barny’s Bouers waarop


kontantkorting van R360 toegestaan word. (Kontantfaktuur no 750)
05 Lewer R33 000 se vervoerdienste aan Bou&Breek waarop handelskorting
van 10% toegestaan word. (Verkoopfaktuur no 230)
07 Doen `n elektroniese fonds oordrag (no 912) ten bedrae van R11 000 aan
Gharies Eiendomme t.o.v. Oktober 20x7 se huur van die onderneming se
administratiewe kantoor.
10 ‘n Elektroniese oorbetaling ten bedrae van R13 650 is vanaf debiteur
Klipwerk Konstruksie ontvang. Die bedrag is ter betaling van die bedrag
deur hulle verskuldig, na aftrekking van R350 korting. (Kwitansie no 654)
11 Reik kredietnota no 286 uit aan Bou&Breek vir R1 200 ten opsigte van
optelfout op die faktuur.
14 Doen `n elektroniese fonds oordrag (no 913) van R2 150 aan Vodacom ter
betaling van die bedrag verskuldig t.o.v. September 20x7 se selfoonkoste.
19 Verkoop ‘n vragmotor aan Springbok Motors met ‘n drabedrag van
R103 600 vir R105 000. (Kontanfaktuur no 751)
21 Ontvang R1 500 van Namaqua Bank t.o.v. rente wat vir Oktober 20x7 op ‘n
termyn-deposito verdien is.
26 Vereffen die rekening van ABC Services vir herstelwerk aan een van
Namqua se vragmotors, deur middel van ‘n elektroniese fondsoordrag van
R18 408, nadat korting van R472 reeds afgetrek is.
28 Koop R35 000 se toerusting aan van Equip Ltd., waarop handelskorting
van R3 500 toegestaan word. (Aankoopfaktuur no 444)
29 Koop R425 se skryfbehoeftes van Waltons, waarop kontantkorting van R50
toegestaan word. (Kontantfaktuur no 528).
30 Koop ‘n vragmotor by M Joos vir R250 000. (Aankoopfaktuur no 345)
31 Stuur debietnota no 145 saam met beskadigde toerusting ter waarde van
R2 500 terug aan Equip Ltd.
31 Vodacom se rekeningstaat vir Oktober 20x7 toon dat selfoonkoste
gedurende daardie maand ten bedrae van R1 797 aangegaan is. Nog
geen betaling is gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

bostaande rekeningkundige aktiwiteite in datumvolgorde in gepaste joernale aan te


teken, die joernale af te sluit en d.m.v. kruisoptelling te kontroleer.

7 - 32
VRAAG 7.5

Voogestelde oplossing

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting Bank
Date Details Sundry Sales Discount

7 - 33
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 34
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 35
VRAAG 7.6

Gigabyte is 'n onderneming wat handel dryf in rekenaars en rekenaarprogramme.


Die volgende rekeningkundige aktiwiteite het onder andere gedurende April 20x2
plaasgevind:

Apr 02 Die eienaar gee een van sy persoonlike voertuie aan die onderneming om te
gebruik as ‘n afleweringsvoertuig. Die voertuig se kosprys het 3 jaar gelede
R150 000 beloop. Die waarde van die voertuig nou is R120 000.
03 Ontvang ‘n EFO ten bedrae van R13 500 van Dell Ltd. ter vereffening van hul
rekening van R14 000.
04 Betaal ‘n bedrag van R18 810 via elektroniese fondsoordrag aan M Mecer, ‘n
krediteur, nadat 10% korting ontvang is.
05 Doen `n elektroniese fonds oordrag van R3 050 aan Eskom ter betaling van die
elektrisiteitskoste van Maart 20x2.
07 Verkoop ou toerusting met ‘n drabedrag van R3 000 vir R3 750 kontant.
08 Koop R2 250 se verpakkingsmateriaal van P Packaging waarop 20% korting
toegestaan word. (Aankoopfaktuur, 175V)
11 Verkoop R2 700 se rekenaarprogramme waarop 20% handelskorting toegestaan
word. (Kontantfaktuur, C48/13)
12 Koop R130 800 se rekenaars op krediet aan van Sahara PC’s waarop ‘n korting
van 10% toegestaan word.
13 Verkoop 2 rekenaars ter waarde van R7 600 elk aan Eikestad Sound, waarop
15% korting toegestaan word. (Verkoopfaktuur, W13/89)
15 Die eienaar neem ‘n rekenaar en skenk dit aan sy seun as ‘n verjaardag-
geskenk. Die kosprys van die rekenaar is R5 500 en die verkoopprys is R7 000.
16 Plaas ‘n bestelling vir ‘n nuwe afleweringsvoertuig van R180 000 by Stellenbosch
Motors wat op 1 Mei 20x2 afgelewer moet word, en maak `n elektroniese betaling
van R18 000 aan hulle as ‘n deposito.
17 Stuur ‘n debietnota ter waarde van R200 aan P Packaging ten opsigte van ‘n
optelfout (te veel) op die faktuur ontvang op 8 April 20x2.
19 Die rekenaarprogramme wat op 11 April 20x2 verkoop is, het virusse op gehad
en die koper het die transaksie gekanselleer. Gigabyte het ‘n
kontantterugbetaling aan die koper gemaak.
20 Verkoop R12 000 se rekenaars vir kontant, waarop 5% kontantkorting toegestaan
word.
21 Stuur ‘n kredietnota aan Eikestad Sound ter waarde van R730 t.o.v. die verkope
op 13 April 20x2.
22 Koop rekenaarprogramme ter waarde van R7 200 aan van Excel Ltd. waarop
kontantkorting van 5% toegestaan is. (Kontantfaktuur, EXK54)
23 Stuur ‘n beskadigde rekenaar ter waarde van R13 400 terug aan Sahara PC’s
t.o.v. die aankope op12 April 20x2.
25 Ontvang 'n EFO van R2 280, nadat 5% korting afgetrek is, van ‘n debiteur W
Word ter betaling van die bedrag deur hulle verskuldig.
26 Sit ‘n elektroniese fondsoordrag deur na P Point, na aftrekking van 5% korting, ter
betaling van die bedrag van R6 600 aan hulle verskuldig.
28 Ontvang ‘n direkte deposito ten bedrae van R1 350 van Posbank t.o.v. die rente
vir April 20x2 op ‘n vaste deposito van R170 000 wat gedurende Januarie 20x0
gemaak is.

7 - 36
29 Betaal N Smit se salaris per elektroniese fondsoordrag vir April 20x2 ten bedrae
van R13 300.

30 Ontvang ‘n rekeningstaat van Telkom ten opsigte van die telefoonkoste vir
April 20x2, R1 520. Nog geen betaling is gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

bostaande rekeningkundige aktiwiteite in datumvolgorde in gepaste joernale aan te


teken vir April 20x2. Dit is nie nodig om die dokumentnommers aan te teken nie, die
joernale af te sluit of om joernaalomskrywings te verskaf nie.

NB: Alle transaksies met die eienaar moet in die algemene joernaal aangeteken
word.

7 - 37
VRAAG 7.6

Voogestelde oplossing

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting Bank
Date Details Sundry Sales Discount

7 - 38
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 39
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 40
VRAAG 7.7

Kallis Ltd. is ‘n onderneming wat handel dryf in kriekettoerusting. Die volgende


dokumente is aan u beskikbaar gestel vir verwerking in die onderskeie joernale vir
Maart 20x2:

BEWYS VAN BETALINGS VIR EFO’S GEMAAK


Nommer Datum Besonderhede Bedrag

R
442 03 Kontantaankope van krieketkolwe 2 160
443 11 Lazer Ltd. – Krediteur 4 500
444 29 Newlands Properties – Maart se huur 7 400
445 31 Eskom – Februarie se elektrisiteitsrekening 1 200

KWITANSIES
Nommer Datum Besonderhede Bedrag

R
73 10 AB de Villiers – Debiteur 1 045
74 17 H Amla – Debiteur 2 470
75 25 Kontant – Verkope van krieketkolwe 1 700

VERKOOPSFAKTURE
Nommer Datum Besonderhede Bedrag

R
301 12 AB de Villiers – Verkoop van krieketmemorabilia 2 700

AANKOOPSFAKTURE
Nommer Datum Besonderhede Bedrag

R
GOB/609 18 Lazer Ltd. – Aankoop van krieketballe 600
GOB/610 23 Home etc. – Aankoop van meubels 6 900

DEBIETNOTAS
Nommer Datum Besonderhede Bedrag

R
DN 122 10 Waltons – Skryfbehoeftes 200

Addisionele inligting:

1. Lazer Ltd. staan 20% handelskorting toe op alle aankope en 10% kontantkorting
toe op betalings wat gemaak word binne 30 dae na die datum van die betrokke
aankoop.

7 - 41
2. Alle betalings aan Lazer Ltd. gedurende Maart 20x2 is binne 30 dae na die
betrokke aankope gemaak.
3. Kallis Ltd. staan 10% handelskorting toe op alle verkope en 5% kontantkorting toe
aan debiteure waar betalings ontvang word binne 30 dae na die datum van die
betrokke verkope.
4. Alle betalings ontvang van debiteure gedurende Maart 20x2 is binne 30 dae na
die betrokke verkoop.
5. Kallis Ltd. het ‘n 10% kontantkorting ontvang op alle kontantaankope van
krieketkolwe wat hulle gedurende Maart 20x2 gemaak het.
6. Die rekeningstaat van Eskom t.o.v. Maart 20x2 se elektrisiteitskoste van R1 170
is op 31 Maart 20x2 ontvang. Geen betaling is nog gemaak nie.
7. Kallis Ltd. het ’n afleweringsvoertuig (met ’n drabedrag van R30 100) op
16 Maart 20x2 teen ’n wins van R2 900 aan Protea Motors op krediet verkoop.
8. Op 28 Maart 20x2 het die eienaar twee krieketkolwe (kosprys R950 elk;
verkoopsprys R1 700 elk) aan die Let’s Play Foundation geskenk.

VAN U WORD VERLANG OM

bostaande dokumente en rekeningkundige aktiwiteite in datumvolgorde in gepaste


joernale aan te teken vir Maart 20x2. Dit is nie nodig om die joernale af te sluit of om
joernaalomskrywings te verskaf nie.

7 - 42
VRAAG 7.7

Voogestelde oplossing

KONTANTBETALINGSJOERNAAL/CASH PAYMENT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Aankope/ Kred Korting Bank
Date Details Sundry Voorraad Cred Discount
Purchases/
Inventory

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL/CASH RECEIPT JOURNAL


Datum No Besonderhede Diverse Verkope Deb Korting Bank
Date Details Sundry Sales Discount

7 - 43
AANKOOPJOERNAAL/PURCHASE JOURNAL
Datum No Krediteure Diverse Aankope/ Totaal
Date Creditors Sundry Voorraad Total
Purchases/
Inventory

VERKOOPJOERNAAL/SALES JOURNAL
Datum No Debiteure Diverse Verkope Totaal
Date Debtors Sundry Sales Total

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/PURCHASE RETURN JOURNAL


Datum No Krediteure Diverse Aankoop- Totaal
Date Creditors Sundry retoere Total
Purchase
returns

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL/SALES RETURN JOURNAL


Datum No Debiteure Diverse Verkoop- Totaal
Date Debtors Sundry retoere Total
Sales
returns

7 - 44
ALGEMENE JOERNAAL/GENERAL JOURNAL
Datum No Besonderhede Debiet Krediet
Date Details Debit Credit

7 - 45
HOOFSTUK 8
GROOTBOEK

Bladsy

Leeruitkomste 8-2

8.1 Aard en funksie van die grootboek 8-3

8.2 Uiteensetting van grootboekrekeninge 8-3

8.3 Reëls vir die boekstawing van transaksies in grootboekrekeninge 8-3

8.4 Kontrolerekeninge 8-4

8.5 Oorboeking vanaf die joernale 8-5

8.6 Salaris en lone joernale en grootboeke 8 - 10

8.7 Kleinkasjoernaal en grooboek 8 – 13

Vrae 8 – 16

8-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die funksie van grootboekrekeninge te verstaan

- die verskeie grootboeke wat deur entiteite gebruik word te identifiseer

- die interaksie van die debiteure- en krediteuregrootboek met die


algemene grootboek te verstaan

- die konsepte debiet en krediet te definieer

- die proses van oorboeking van transaksies vanaf joernale na die


grootboek te verstaan en toe te pas

8-2
8.1 Aard en funksie van grootboekrekeninge

Die doel van grootboekrekeninge is om gepaste en bruikbare inligting te versamel en


te groepeer.

8.2 Uiteensetting van grootboekrekeninge

Alle grootboekrekeninge word op dieselfde wyse uiteengesit en sal ook almal


dieselfde gepaste inligting bevat, naamlik:

• die naam van die rekening


• die datum waarop die transaksie/gebeurtenis plaasgevind het
• die bedrag waarteen die transaksie/gebeurtenis plaasgevind het
• die bron waarvandaan die inligting verkry is
• besonderhede van kontrarekening of joernaal

‘n Voorbeeld van ‘n grootboekrekening is soos volg:

Naam van rekening


Dat Besonderhede Fol Bedrag Dat Besonderhede Fol Bedrag

8.3 Reëls vir die boekstawing van transaksies in grootboekrekeninge

Elke transaksie raak twee rekeninge, die een rekening word gedebiteer en die ander
een word gekrediteer. Die twee rekeninge wat geraak word kan een van die
volgende kombinasies wees:

• 2 bates
• ‘n bate en ‘n las
• ‘n bate en ekwiteit
• ‘n las en ekwiteit

8-3
Die reëls wat bepaal watter rekening gedebiteer en watter rekening gekrediteer moet
word, word in onderstaande grootboekrekeninge uiteengesit:

Bates Laste
Dt Kt Dt Kt
Vermeerder Verminder Verminder Vermeerder
+ - - +

Ontrekkings* Kapitaalbydraes*
Dt Kt Dt Kt
Vermeerder Verminder Verminder Vermeerder
+ - - +

Uitgawes* Inkomste*
Dt Kt Dt Kt
Vermeerder Verminder Verminder Vermeerder
+ - - +

*Ekwiteitsrekeninge

8.4 Kontrolerekeninge

Entiteite groepeer dikwels afsonderlike rekeninge in dieselfde groep (bv debiteure of


krediteure) in ‘n grootboek wat apart is van die algemene grootboek. Die transaksies
in die debiteure-/krediteuregrootboek word dan vervang met ‘n gesamentlike
rekening, debiteure-/krediteurekontrolerekening in die algemene grootboek. Slegs die
geakkumuleerde totaal van ‘n aantal transaksies sal in die kontrolerekening in die
algemene grootboek aangeteken word. Die individuele transaksies sal in die
afsonderlike debiteure-/krediteurerekening in die die debiteure-/krediteuregrootboek
aangeteken word. Kontrolerekeninge word ook gebruik vir eiendom, aanleg en
toerusting, beleggings, salarisse en lone.

8-4
8.5 Oorboeking vanaf die joernale

Die transaksies van EGOLI soos uiteengesit in Hoofstuk 5, 5.1.1 to 5.3.10 is soos
volg vanaf die joernale in Hoofstuk 7 oorgeboek na die grootboek:

Algemene grootboek van EGOLI

Toerusting
Saldo (Hoofstuk 5) 30 000 28/02 Saldo o/b 33 000
Kontantbetalings- 7.3.1 3 000
joernaal
33 000 33 000
01/03 Saldo a/b 33 000

Voertuie
Aankoopjoernaal 7.3.3 15 000 28/02 Saldo o/b 15 000
15 000 15 000
01/03 Saldo a/b 15 000

Debiteurekontrole
Saldo (Hoofstuk 5) 6 200 Kontantontvangste 7.3.2 3 750
-joernaal
Verkoopjoernaal 7.3.5 4 250 Verkoopterug- 7.3.6 165
sendingsjoernaal
28/02 Saldo o/b 6 535
10 450 10 450
01/03 Saldo a/b 6 535

Bank
Saldo (Hoofstuk 5) 35 800 Kontantbetalings- 7.3.1 9 825
joernaal
Kontantontvangste 7.3.2 10 150 Ontrekkings 5.3.2 800
-joernaal
Langtermyn lening 5.2.3 10 000 28/02 Saldo o/b 65 325
Kapitaalbydraes 5.3.1 20 000
75 950 75 950
01/03 Saldo a/b 65 325

8-5
Lening
28/02 Saldo o/b 15 000 Saldo (hoofstuk 5) 5 000
Bank 5.2.3 10 000
15 000 15 000
01/03 Saldo a/b 15 000

Krediteurekontrole
Kontantbetalings- 7.3.1 3 575 Saldo (Hoofstuk 5) 4 500
joernaal
Aankoopjoernaal 7.3.3 15 270
Aankoopterug- 7.3.4 45
sendingsjoernaal
28/02 Saldo o/b 16 150
19 770 19 770
01/03 Saldo a/b 16 150

Kapitaalbydraes
28/02 Saldo o/b 70 000 Saldo (Hoofstuk 5) 50 000
Bank 5.3.1 20 000
70 000 70 000
01/03 Saldo a/b 70 000

Ontrekkings
Saldo (Hoofstuk 5) 1 500 28/02 Saldo o/b 2 300
Bank 5.3.2 800
2 300 2 300
01/03 Saldo a/b 2 300

Dienste gelewer
Vorige maande 16 700
van huidige
finansiële jaar
(Hoofstuk 5)
Kontantontvangste 7.3.2 6 700
-joernaal
Verkoopjoernaal 7.3.5 4 250
27 650

Rente inkomste
Vorige maande van 1 000
huidige finansiële
jaar (Hoofstuk 5)

8-6
Korting ontvang
Kontantbetalings- 7.3.1 200
joernaal

Korting toegestaan
Kontantontvangste 7.3.2 300
-joernaal

Verkoopsretoere
Verkoopterug- 7.3.6 165
sendingsjoernaal

Salarisse en lone
Vorige maande 2 800
van huidige
finansiële jaar
(Hoofstuk 5)
Kontantbetalings- 7.3.1 3 450
joernaal
6 250

Skryfbehoeftes
Aankoopjoernaal 7.3.3 270 Aankoopterug- 7.3.4 45
sendingsjoernaal
28/02 Netto debiet 225

Advertensiekoste
Vorige maande 900
van huidige
finansiële jaar
(Hoofstuk 5)

8-7
Debiteuregrootboek van EGOLI

S Louw
Saldo (Hoofstuk 5) 2 250 Kontantontvangste- 7.3.2 2 250
joernaal
Verkoopjoernaal 7.3.5 3 350 28/02 Saldo o/b 3 350
5 600 5 600
01/03 Saldo a/b 3 350

K Muller
Saldo (Hoofstuk 5) 1 950 Verkoopterug- 7.3.6 165
sendingsjoernaal
Verkoopjoernaal 7.3.5 900 28/02 Saldo o/b 2 685
2 850 2 850
01/03 Saldo a/b 2 685

Verspreiders Ltd.
Saldo (Hoofstuk 5) 500 28/02 Saldo o/b 500
500 500
01/03 Saldo a/b 500

G Basson
Saldo (Hoofstuk 5) 1 500 Kontantontvangste- 7.3.2 1 500
joernaal

8-8
Krediteuregrootboek van EGOLI

Motors Ltd.
28/02 Saldo o/b 15 000 Aankoopjoernaal 7.3.3 15 000
15 000 15 000
01/03 Saldo a/b 15 000

W Walton
Aankoopterug- 7.3.4 45 Aankoopjoernaal 7.3.3 270
sendingsjoernaal
28/02 Saldo o/b 225
270 270
01/03 Saldo a/b 225

Z Combrink
Kontantbetalings- 7.3.1 915 Saldo (Hoofstuk 5) 1 840
joernaal
28/02 Saldo o/b 925
1 840 1 840
01/03 Saldo a/b 925

A Koster
Kontantbetalings- 7.3.1 660 Saldo (Hoofstuk 5) 660
joernaal

P Malan
Kontantbetalings- 7.3.1 2 000 Saldo (Hoofstuk 5) 2 000
joernaal

8-9
8.6 Salarisse- en loonregisters

Die werknemers van die onderneming (aan wie salarisse en lone betaal word) is in
werklikheid ook krediteure van die onderneming wat ‘n diens aan die onderneming
lewer op ‘n deurlopende basis. Die onderneming sal gevolglik op ‘n deurlopende
basis dienooreenkomstig ‘n vorderingsreg (verpligting) aan die betrokke werknemers
lewer, wat normaalweg aan die einde van ‘n ooreengekome tydperk (weekliks of
maandeliks) deur die onderneming afgelos sal word.

Die dienste wat die betrokke werknemers aan die onderneming lewer, word
normaalweg in afsonderlike joernale aangeteken, naamlik die salarisse- en
loonregister.

Die salarisse- en loonregisters sal volledige besonderhede bevat van elke individuele
salaris- en loontrekker en terseldertyd dien as die joernale waarin alle individuele
salaris- en loontransaksies aangeteken word, byvoorbeeld elkeen se bruto salaris of
loon, enige aftrekkings daarteen soos inkomstebelasting, ens. Die totale van die
onderskeie bruto bedrae in hierdie registers sal op die onderskeie uitgawe-rekeninge
(byvoorbeeld salarisse en lone) gedebiteer word en dienooreenkomstig op die
kontrolerekeninge (byvoorbeeld salariskrediteure en loonkrediteure) gekrediteer
word.

Joernaalinskrywing:

Dt Salarisse en lone
Kt Salaris en lone krediteurekontrole

Die salarisse- en loonregisters dien voorts ook as die onderskeie salarisse- en


loonkrediteure grootboeke wat 'n grootboekrekening vir elke individuele werknemer
sal bevat waarin alle individuele salaris- en loontransaksies en betalings aangeteken
sal word. (In die voorbeeld wat volg sal werknemer XYZ se bruto salaris vir Maart
21x5 byvoorbeeld op sy individuele grootboekrekening in die betrokke salarisregister
aangeteken word.)

Die bruto vorderingsreg (verpligting) wat ‘n werknemer teen die onderneming hou,
sal op verskeie maniere afgelos word. Die bedrae wat die werknemer t.o.v.
inkomstebelasting, werkloosheidversekering, mediese fondsbydraes, ens moet
betaal, sal namens die werknemer direk deur die onderneming aan daardie betrokke
instansies oorbetaal word. Die netto bedrag, na aftrekking van daardie bedrae wat
namens die werknemer oorbetaal is, sal aan die betrokke werknemer self uitbetaal
word. Al hierdie betalings sal natuurlik in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken
word. (Die betaling byvoorbeeld van R7 890 aan werknemer XYZ t.o.v. sy netto
salaris, soos in die voorbeeld wat volg, is aangeteken in die kontantbetalingsjoernaal
waarvandaan dit na sy individuele grootboekrekening in die betrokke
salarisseregister oorgeboek is.)

8 - 10
Joernaalinskrywing:

Dt Salaris en lone krediteurekontrole


Kt Bank (Netto salaris of loon)
Kt Bank (Inkomstebelasting)
Kt Bank (Werkloosheidsversekering)
Kt Bank (Mediesefonds)

Die salarisse- en loonregisters, wat ook dien as die ooreenstemmende salaris en


lone krediteuregrootboeke, sal op so ‘n wyse uiteengesit word en sodanige
besonderhede insluit sodat al die finansiële en ander aspekte rakende elke
individuele werknemer aangetoon sal word. Inligting word ook op so ‘n wyse
gegroepeer en uiteengesit om te verseker dat die onderskeie rekeningkundige
inskrywings aangaande salarisse en lone geïdentifiseer kan word vir verdere
prosessering.

Voorbeeld

Die volgende dokumente ten opsigte van Maart 21x5 is aan u beskikbaar gestel vir
verwerking in die onderskeie joernale:

BEWYS VAN BETALINGS VIR EFO’S GEMAAK


Nommer Datum Besonderhede Bedrag
469 Mar 31 ABC – Salaris vir Maart 21x5 10 360
470 31 XYZ – Salaris vir Maart 21x5 7 890
471 31 SARS – belasting 4 500
472 31 Medies 2 000
473 31 Werkloosheidversekering (WVF) 250

KONTANTBETALINGSJOERNAAL
Datum Dok Besonderhede Diverse Salaris Korting Krediteure- Bank
Nr krediteure ontvang kontrole
Mar 31 469 ABC (Salaris) 10 360 10 360
31 470 XYZ (Salaris) 7 890 7 890
31 471 SARS - belas 4 500 4 500
31 472 Medies 2 000 2 000
31 473 WVF 250 250
25 000 25 000

8 - 11
SALARISSEREGISTER – MAART 21X5
Naam Personeel Persoonlike Bruto Aftrekkings Netto
nommer besonderhede salaris salaris
Belasting Mediese WVF
fonds

ABC G3 Kwalifikasies, R14 000 R2 500 R1 000 R140 R10 360


ens

XYZ W2 Kwalifikasies,
ens
R11 000 R2 000 R1 000 R110 R7 890

R25 000 R4 500 R2 000 R250 R18 250

Bedrae betaalbaar aan ander instansies namens die


werknemers (Bv. SARS, medies, WVF)

Salaris en lone krediteurekontrole


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 31 KBJ (Netto) 18 250 Mar 31 Salarisseregister 25 000
31 KBJ (Belasting) 4 500
31 KBJ (WVF) 250
31 KBJ (Medies) 2 000

Die belasting, WVF en mediesebydraes word normaalweg na die einde van ‘n maand
aan die betrokke instansies oorbetaal. Die oorbetalings t.o.v. Maart 21x5 sal
byvoorbeeld eers op 7 April 21x5 gedoen word. Sodanige oorbetalings sal gevolglik
in die April 21x5 kontantbetalinsjoernaal aangeteken word en aan die einde van
daardie maand oorgeboek word na die kontrolerekening, soos hierbo aangedui. Die
oorbetalings sal normaalweg as een bedrag oorgeboek word van die
kontantbetalingsjoernaal na die salaris krediteurekontrole grootboekrekening. Tot tyd
en wyl die betrokke oorbetalings gedoen is, sal hierdie kontrolerekening ‘n saldo toon
wat die krediteur verteenwoordig.

Salarisse uitgawe
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 31 Salarisseregister 25 000

8 - 12
8.7 Kleinkas

Ondernemings mag dit soms nodig vind om sommige kleiner items soos
skryfbehoeftes, koffie, tee, melk, ens in kontant te vereffen. Die meeste
ondernemings maak in sodanige gevalle van ‘n kleinkasfonds gebruik. Die
kleinkasfonds is ‘n bate vir die onderneming.

Hierdie fonds word daargestel deur enige vorm van onttrekking vir ‘n bepaalde
bedrag, bekend as die kleinkasvoorskot, te trek en te wissel. Die voorskot word
heeltemal afsonderlik gehou van die kontant wat die onderneming in die gewone
gang van sy sake ontvang. Ten opsigte van maatskappy finansiële state vorm die
kleinkasfonds deel van kontant en kontantekwivalente onder bedryfsbates in dite
staat van finansiële posisie.

Joernaalinskrywing: Kleinkasvoorskot

Dt Kleinkaskontrolerekening
Kt Bank

Uitbetalings van kleinkasvoorskot word in ‘n afsonderlike joernaal, bekend as die


kleinkasjoernaal, aangeteken. Uitbetalings word bevestig deur agtereenvolgend
genommerde kleinkasstrokies wat gewoonlik onderteken word deur die persoon aan
wie, sowel as deur wie, die uitbetaling geskied. Die totale bedrag van die uitbetalings
word periodiek deur die verantwoordelike werkenemer met die ondersteunende
kleinkasstrokies vergelyk en die kontant voorhande word getel en met die saldo
volgens die rekords vergelyk (kleinkaskontrolerekening). Hierna word die
kleinkasfonds weer tot die bedrag van die oorspronklike voorskot aangevul, deur
kontant vir die presiese bedrag van die bepaalde tydperk se uitbetalings te trek.
Hierdie stelsel van periodieke aanvulling van die kleinkasfonds tot die oorspronklike
bedrag staan bekend as die voorskotstelsel. Die grootte van die voorskot sal deur die
behoeftes van die onderneming bepaal word. Dit is belangrik om daarop te let dat die
werknemer wat verantwoordelik is vir die hantering van die kleinkasfondse, nie ook
ander kontantfondse hanteer nie.

Joernaalinskrywing: Kleinkas uitbetalings

Dr Skryfbehoeftes / Verbruiksgoedere / Advertensiekoste / Vervoerkoste


Kt Kleinkaskontrolerekening

Joernaalinskrywing:

Dr Kleinkaskontrolerekening
Kt Bank

Wanneer enige vorm van onttrekking vir die aanvanklike voorskot getrek word, sal dit
in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken word. Die volgende voorbeeld illustreer
die werking van die voorskotstelsel.

8 - 13
Voorbeeld
KONTANTBETALINGSJOERNAAL
Datum Dok Besonderhede Diverse Aankope / Korting Krediteure- Bank
Nr Voorraad ontvang kontrole
Mar 01 512 Kleinkas 1 000 1 000
voorskot
31 525 Kleinkas 850 850
voorskot

1 850 1 850

Uit die diversekolom sal die bedrag na die debietkant van ‘n kleinkaskontrolerekening
en na die kredietkant van die bankrekening in die algemene grootboek oorgeboek
word.
Bank
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 31 KBJ 1 850

Kleinkaskontrolerekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 01 KBJ 1 000
31 KBJ 850
Die kleinkasjoernaal is in kolomformaat om vir die toedeling van herhalende
transaksies voorsiening te maak, soortegelyk soos die kontantbetalingsjoernaal. Vir
die doeleindes van hierdie module sal slegs uitbetalings in die kleinkasjoernaal
aangeteken word en geen ontvangstes van kontant sal in die kleinkasjoernaal
aangeteken word nie.

Voorbeeld van kleinkasjoernaal:


KLEINKASJOERNAAL
Datum Dok Besonderhede Diverse Verbruiks- Skryf- Totaal
Nr goedere behoeftes
Mar 02 KK1 Penne 150 150
13 KK2 Skoonmaakmiddels 300 300
15 KK3 Advertensie 210 210
18 KK4 Vervoer 150 150
25 KK5 Koeverte 50 50
350 300 210 850

Die kontant voorhande en uitbetalings was op 31 Maart 21x5 gekontroleer, die datum
waarop die uitgawes R850 beloop het. Enige vorm van onttrekking is op dieselfde
datum ter aanvulling van die voorskot getrek, wat die saldo van die
kleinkaskontrolerekening weer teen R1 000 te staan bring.

Oorboeking van die uitbetalings vanaf die kleinkasjoernaal:

• Alle items in die diverse-kolom word individueel na die debietkant van die
betrokke grootboekrekeninge oorgeboek, bv advertensiekoste en
vervoerkoste.
• Die totale van alle verdere uitbetalingskolomme word na die debietkant van
die betrokke grootboekrekening oorgeboek, bv verbruiksgoedere en
skryfbehoeftes.
8 - 14
• Die totaal van die uitbetalings (R850) word na die kredietkant van die
kleinkaskontrolerekening oorgeboek.

Kleinkaskontrolerekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 01 Saldo a/b 0 Mar 31 Kleinkasjoernaal 850
01 KBJ 1 000 Saldo o/d 1 000
31 KBJ 850
1 850 1 850
Apr 01 Saldo a/b 1 000

Skryfbehoeftes
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 31 Kleinkasjoernaal 210

Verbruiksgoedere
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 31 Kleinkasjoernaal 300

Advertensiekoste
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 15 Kleinkasjoernaal 210
Vervoerkoste
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Mar 18 Kleinkasjoernaal 150

Dit is belangrik om daarop te let dat die saldo van die kleinkaskontrolerekening altyd
met die kontant voorhande moet ooreenstem. Die rekonsiliasie daarvan moet gereeld
nagegaan word. Die rekonsiliasie moet ten minste eenkeer per maand gedoen word
of wannneer daar weer kontant getrek word om die voorskot van die kleinkas aan te
vul.

8 - 15
HOOFSTUK 8
VRAE

Bladsy

Vraag 8.1 Grootboekrekeninge in algemene grootboek 8 – 17

Vraag 8.2 Grootboekrekeninge in algemene, debiteure en krediteure


grootboek 8 – 18

8 - 16
VRAAG 8.1

Die volgende saldo's het onder andere in die algemene grootboek van 'n
onderneming verskyn op 1 Maart 20x7:

R
Bankrekening (Gunstig) 1 903
Debiteurekontrole 73 298
Krediteurekontrole 63 252

Met die uitsondering van telkens slegs een kolom, het die volgende totale van die
onderskeie kolomme in die onderstaande joernale van die onderneming vir Maart
20x7 verskyn, nadat die betrokke joernale afgesluit is:

Verkoopsjoernaal Aankoopsjoernaal

Diverse R2 247 Diverse R3 329


Verkope R39 329 Aankope R22 384

Kontantbetalingsjoernaal Kontantontvangstejoernaal

Diverse R1 961 Diverse R2 197


Krediteure ? Debiteure ?
Korting R208 Korting R494
Bank R29 613 Bank R32 344

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge in die algemene grootboek, behoorlik afgesluit,


vir Maart 20x7 te toon:

- Bankrekening
- Debiteurekontrole
- Krediteurekontrole
- Korting ontvang
- Korting toegestaan

8 - 17
VRAAG 8.2

Die volgende saldo’s verteenwoordig ‘n volledige lys van die debiteure en krediteure
van Namaqua Vervoer op 1 Oktober 20x7:

Debiet (R) Krediet (R)

Bou & Breek 10 000


Klipwerk Konstruksie 14 000
Vodacom 2 150
Shell 18 880

Die totale van die onderskeie kolomme in die onderstaande joernale vir Oktober 20x7
is soos volg nadat die betrokke joernale afgesluit is:

Verkoopjoernaal Aankoopjoernaal

Inkomste R29 700 Diverse R33 297


Totaal R29 700 Totaal R33 297

Verkoopterugsendingsjoernaal Aankoopterugsendingsjoernaal

Verkoopsretoere R1 200 Diverse R2 500


Totaal R1 200 Totaal R2 500

Kontantbetalingsjoernaal Kontantontvangstejoernaal

Diverse R26 525 Diverse R88


Krediteure R21 030 Inkomste R12 000
Bank ? Debiteure R14 000
Bank ?

Addisionele inligting:

1. Gedurende Oktober 20x7 het die onderneming ook voertuie met ‘n drabedrag van
R23 600 vir kontant verkoop teen ‘n wins van R1 400. Hierdie inskrywing is in die
algemene joernaal teboekgestel.
2. Al die kredietverkope en terugsendings was aan Bou & Breek.
3. Klipwerk Konstruksie was die enigste debiteur wat betalings gemaak het
gedurende die maand.
4. Aankope is soos volg gemaak:

- Vodacom R1 797
- Equip Ltd. R31 500

5. Die volgende bedrae is betaal aan krediteure gedurende die maand:

- Vodacom R2 150
- Shell R18 880

6. Alle goedere terugestuur deur Namaqua Transport was aan Equip Ltd.

8 - 18
VAN U WORD VERLANG OM

a) die volgende grootboekrekeninge in die algemene grootboek, behoorlik afgesluit,


vir Oktober 20x7 te toon:
- Bank (oortrokke saldo van R5 500 op 1 Oktober 20x7)
- Debiteurekontrole
- Krediteurekontrole

b) die grootboekrekeninge in die debiteure grootboek en krediteure grootboek,


behoorlik afgesluit vir Oktober 20x7 te toon.

8 - 19
HOOFSTUK 9
PROEFBALANS

Bladsy

Leeruitkomste 9-2

9.1 Aard en funksie van die proefbalans 9-3

9.2 Foute wat deur die poefbalans aangedui sal word 9-3

9.3 Beperkings van die proefbalans 9-4

9.4 Oorboeking vanaf die grootboek na die proefbalans 9-5

Vrae 9-7

9-1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die funksie van die proefbalans te definieer

- die foute wat deur die proefbalans aangedui sal word te verstaan

- die beperkings van die proefbalans te identifiseer

- ‘n proefbalans vanaf die algemene grootboek op te stel

9-2
9.1 Aard en funksie van die proefbalans

‘n Proefbalans is ‘n lys wat opgestel word van al die saldo’s in die algemene
grootboek, om te kontroleer of die dubbelinskrywing vir elke transaksie voltooi is,
d.w.s. dat een rekening gedebiteer is en ‘n ander rekening gekrediteer is.

9.2 Foute wat deur die proefbalans aangedui sal word

Die proefbalans is 'n hulpmiddel om foute uit te wys. Indien dit nie balanseer nie is
daar definitief 'n fout. Deur die proefbalans noukeurig te ontleed kan afwykings wat
moontlik deur 'n fout veroorsaak is, opgespoor en opgevolg word. Die volgende foute
kan daartoe aanleiding gee dat die proefbalans nie balanseer nie:

• die proefbalans is verkeerd opgetel


• ‘n grootboekrekening se saldo is verkeerd oorgedra:
- die bedrag is verkeerd
- debietkant aan kredietkant of andersom
- saldo heeltemal uitgelaat
- saldo dubbeld oorgedra
• ‘n grootboekrekening se saldo is foutief:
- optelling foutief
- optelling reg, maar saldo is verkeerd bereken
• oorboeking na grootboek vanaf joernale is foutief:
- debiet as krediet gepos of andersom
- bedrag verkeerd
- ‘n inskrywing is uitgelaat
- ‘n inskrywing is twee keer gepos
• joernaalinskrywing is verkeerd

Wanneer die proefbalans nie balanseer nie, moet die fout op 'n sistematiese wyse
gesoek word. Dit word aanbeveel om die stappe wat gevolg is om die proefbalans op
te stel, van agter af na te gaan.

• tel proefbalans weer op


• dra die grootboekrekeninge se saldo’s oor na die proefbalans:
- let op die bedrag en die regte kant
• gaan die optellings en berekening van grootboeksaldo’s na
• doen die oorboeking van die joernaal na die grootboek
• bereken die verskil op die proefbalans:
- 1 000, 100, 10 of 1 - verskil dui op 'n optelfout
- verskil deelbaar deur 2: debietsaldo gelyk aan die helfte van die
verskil is aan die kredietkant aangeteken of andersom
- verskil deelbaar deur 9: syfers is omgeruil, bv 230 in plaas van 320

9-3
9.3 Beperkings van die proefbalans

Die feit dat die totaal van die debietsaldo’s in ‘n proefbalans ooreenstem met die
totaal van die kredietsaldo’s, is slegs ‘n bewys dat daar ‘n dienooreenkomstige
debiet-bedrag vir elke krediet-bedrag in die rekeningkundige rekords aangeteken is,
en is nie noodwendig ‘n aanduiding dat daar geen foute in die rekeningkundige
rekords bestaan nie.

Die volgende foute mag onder andere bestaan, selfs al balanseer die proefbalans:

• Weglatingsfoute

Waar ‘n rekeningkundige transaksie of gebeurtenis in sy geheel nie in die


rekeningkundige rekords aangeteken is nie.

• Oorboekingsfoute

Waar ‘n rekeningkundige transaksie of gebeurtenis wel in die rekeningkundige


rekords aangeteken is, maar die debietgedeelte en/of kredietgedeelte slegs op
‘n verkeerde grootboekrekening aangeteken is.

• Kompenserende foute

Waar die totaal van enige fout (aanteken-, oorboeking- en optelfout) op die
debietkant presies ooreenstem met enige foute op die kredietkant.

• Aantekeningsfoute

Waar ‘n dokument in sy geheel in die verkeerde joernaal aangeteken is of die


bedrag foutief in die korrekte joernaal aangeteken is.

• Beginselfoute

Waar ‘n rekeningkundige gebeurtenis foutief geklassifiseer is en die


onderskeie bedrae van die inskrywing gevolglik wel op die regte kant van die
grootboekrekening, maar in die verkeerde grootboekrekening aageteken is.

9-4
9.4 Oorboeking vanaf die grootboek na die proefbalans

9.4.1 Voor-aansuiweringsproefbalans

Die voor-aansuiweringsproefbalans is ‘n lys van al die saldo’s in die algemene


grootboek. Die saldo’s van die balansstaat- sowel as die inkomstestaatrekeninge
verskyn in die proefbalans.

Onderstaande voor-aansuiweringsproefbalans is opgestel vanaf die grootboek


rekeninge soos uiteengesit in Hoofstuk 8:

Proefbalans van EGOLI op 28 Februarie 20X7


Debiet Krediet
R R

Toerusting 33 000
Voertuie 15 000
Debiteure 6 535
Krediteure 16 150
Bank 65 325
Lenings 15 000
Kapitaal 70 000
Ontrekkings 2 300
Dienste gelewer 27 650
Rente inkomste 1 000
Salarisse en lone 6 250
Skryfbehoeftes 225
Advertensie koste 900
Verkoopretoere 165
Korting toegestaan 300
Korting ontvang 200

130 000 130 000

9-5
9.4.2 Na-afsluitingsproefbalans

Die na-afsluitingsproefbalans word opgestel nadat die voor-


aansuiweringsproefbalans aangesuiwer is vir die volgende aktiwiteite:

• sluitingsjoernale van inkomstestaatrekeninge (Hoofstuk 13)


- koste van verkope
- handelsrekening
- wins-en-verlies rekening
• aansuiwerings (Hoofstuk 13)
• regstelling van foute (Hoofstuk 14)

‘n Voorbeeld van ‘n na-afsluitingsproefbalans word getoon in Hoofstuk 13.

9-6
HOOFSTUK 9
VRAE

Bladsy

Vraag 9.1 Opstel van proefbalans en finansiële state 9-8

Vraag 9.2 Opstel van proefbalans en finansiële state 9 - 11

Vraag 9.3 Opstel van proefbalans en finansiële state 9 - 12

Vraag 9.4 Oorboek vanaf joernale na grootboekrekeninge en 9 - 13


opstel van proefbalans

9-7
VRAAG 9.1

Die volgende saldo’s het in die algemene grootboek van Dormie Fietse verskyn op
31 Maart 20x7, nadat al die joernale ten opsigte van die jaar geëindig 31 Maart 20x7
afgesluit en oorgeboek is na die betrokke grootboekrekeninge:

Kapitaalrekening 68 000
Onttrekkings 500
Verbandlening verskuldig 30 000
Krediteurekontrole 8 360
Bankrekening 6 765
Vaste eiendom 70 000
Toerusting 12 300
Aankope van onderdele/Voorraad 1 200
Debiteurekontrole 13 400
Vaste deposito 8 000
Inkomste verdien 6 580
Korting ontvang 70
Korting toegestaan 40
Rente verdien 75
Lone 880

VAN U WORD VERLANG OM

(a) ‘n Proefbalans op 31 Maart 20x7 op te stel.

(b) Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 20x7 op te stel, uiteengesit
volgens aanvaarbare norme.

9-8
VRAAG 9.1

Voorgestelde oplossing

DORMIE FIETSE
PROEFBALANS OP 31 MAART 20x7 Debiet Krediet
R R

Kapitaalrekening

Onttrekkings

Verbandlening verskuldig

Krediteurekontrole

Bankrekening

Vaste eiendom

Toerusting

Voorraad

Debiteurekontrole

Vaste deposito

Inkomste verdien

Korting ontvang

Korting toegestaan

Rente verdien

Lone

9-9
DORMIE FIETSE
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR 31 MAART 20x7 R

INKOMSTE

MIN UITGAWES

WINS vir die jaar

DORMIE FIETSE
BALANSSTAAT OP 31 MAART 20x7
R
BATES

NIE-BEDRYFSBATES

Totale nie-bedryfsbates

BEDRYFSBATES

Totale bedryfsbates

Totale Bates

EKWITEIT EN LASTE
EKWITEIT

NIE-BEDRYFSLASTE

BEDRYFSLASTE

Totale laste

Totale ekwiteit en laste

9 - 10
VRAAG 9.2

Die volgende saldo’s, met die uitsondering van die eienaar se Kapitaalrekening, het
in die onderneming se algemene grootboek verskyn op 28 Februarie 20x7, nadat al
die joernale ten opsigte van die jaar geëindig 28 Februarie 20x7 afgesluit en
oorgeboek is na die betrokke grootboekrekeninge:

Onttrekkings deur eienaar 2 300


Kapitaalbydraes deur eienaar 20 000
Langtermyn lening verskuldig 10 000
Krediteurekontrole 16 150
Bank 55 425
Voertuie 15 000
Debiteurekontrole 3 535
Dienste gelewer 24 650
Rente-inkomste 1 000
Toerusting 33 000
Ontasbare bates 5 000
Verkoopsretoere 165
Salarisse en lone 6 250
Advertensiekoste 900
Skryfbehoeftes 225

VAN U WORD VERLANG OM

(a) ‘n Proefbalans op 28 Februarie 20x7 op te stel.

(b) Die finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x7 op te stel, uiteengesit
volgens aanvaarbare norme.

9 - 11
VRAAG 9.3

Mactrack Vervoer is ‘n eenmansaak wat vervoerdienste lewer. Die volgende saldo’s,


met die uitsondering van die eienaar se Kapitaalrekening, het in die onderneming se
algemene grootboek verskyn op 31 Maart 20x7, nadat al die joernale ten opsigte van
die jaar geëindig 31 Maart 20x7 afgesluit en oorgeboek is na die betrokke
grootboekrekeninge:

Onttrekkings deur eienaar 41 750


Langtermyn lening verskuldig 50 000
Krediteurekontrole 22 865
Kontant in bank 1 467
Vragmotors teen kosprys 180 000
Debiteurekontrole 52 986
Vaste deposito 10 000
Rente-uitgawe 6 250
Inkomste verdien 209 840
Telefoonkoste 6 294
Elektrisiteitkoste 4 257
Korting ontvang 176
Korting toegestaan 309
Rente verdien 975
Salarisse en lone 21 090
Huur van perseel 12 745
Brandstof en instandhouding 45 287
Administrasiekoste 14 386

VAN U WORD VERLANG OM

(a) ‘n Proefbalans op 31 Maart 20x7 op te stel.

(b) Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 20x7 op te stel, uiteengesit
volgens aanvaarbare norme.

9 - 12
VRAAG 9.4

Dormie Fietse is 'n eenmansaak wat fietse herstelen met onderdele handel dryf. Die
volgende saldo's het op 1 Maart 20x7 in die algemene gootboek van die
onderneming verskyn:

R
Kapitaalrekening - K Dormie 68 000
Langtermyn verbandlening verskuldig 30 000
Krediteurekontrole 9 700
Kontant in bankrekening 7 200
Vaste eiendom teen kosprys 70 000
Toerusting teen drabedrag 12 000
Debiteurekontrole 10 500
Vaste deposito - AC Bank 8 000

Nadat al die brondokumente vir Maart 20x7 in die onderskeie joernale aangeteken is,
is die joernale op 31 Maart 20x7 afgesluit en het die volgende totale van die
onderskeie kolomme in die betrokke joernale verskyn:

VERKOOPSJOERNAAL AANKOOPSJOERNAAL
Debiteurekontrole ? Krediteurekontrole ?
Inkomste uit herstelwerk R6 580 Aankope van onderdele R1 200
Verkope van toerusting R400 Toerusting R700

KONTANTBETALINGSJOERNAAL KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL
Bankrekening ? Bankrekening ?
Krediteurekontrole R3 240 Debiteurekontrole R4 080
Korting R70 Korting R40
Lone R880 Rente ontvang van AC Bank R75

U stel vas dat geen joernaalinskrywings ten opsigte van die volgende gemaak is nie:

- Die eienaar het R500 kontant onttrek vir eie gebruik.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Bereken die bedrag van die bank kolom in die kontantontvangstejoernaal
(b) Bereken die bedrag van die bank kolom in die kontantbetalingsjoernaal
(c) Bereken die bedrag van die krediteurekontrole kolom in die aankoopsjoernaal
(d) Bereken die bedrag van die debiteurekontrole kolom in die verkoopsjoernaal
(e) Gepaste grootboekrekeninge in die algemene grootboek van die onderneming
te open wat die openingsaldo's op 1 Maart 20x7 sal toon.
(f) Die bedrae wat in die onderskeie joernale verskyn, na die betrokke
grootboekrekeninge oor te boek en daardie grootboekrekeninge behoorlik af te
sluit.
(g) 'n Proefbalans op 31 Maart 20x7 op te stel.

9 - 13
VRAAG 9.4

Voorgestelde oplossing

Die onderskeie joernale sou soos volg uiteengesit gewees het:

KONTANTBETALINGSJOERNAAL
Datum No Besonderhede Fo Diverse Korting Krediteure Bank
Mrt xx Lone 880 880
Ander krediteure (70) 3 240 3 170
c/c 880 (70) 3 240 4 050

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL
Datum No Besonderhede Fo Diverse Korting Debiteure Bank
Mrt xx Bank AC - Rente ontv 75 75
Ander debiteure (40) 4 080 4 040
c/c 75 (40) 4 080 4 115

AANKOOPJOERNAAL
Datum No Krediteure Fo Diverse Aankope Totaal
Mrt xx Krediteur X - Toerusting 700 700
Ander krediteure 1 200 1 200
c/c 700 1 200 1 900

VERKOOPJOERNAAL
Datum No Debiteure Fo Diverse Inkomste Totaal
Mrt xx Debiteur Z - Toerusting 400 400
Ander debiteure 6 580 6 580
c/c 400 6 580 6 980

ALGEMENE JOERNAAL
Datum Besonderhede Debiet Krediet
Mrt 31 Ontrekkings 500
Bank 500
(Eienaar onttrek R500 kontant vir eie gebruik.)

9 - 14
ALGEMENE GROOTBOEK

Kapitaalrekening - Eienaar
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Onttrekkings - Eienaar
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Verbandlening verskuldig
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Krediteurekontrole
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Bankrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Aankope
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Vaste eiendom
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

9 - 15
Toerusting
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Debiteurekontrole
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Vaste deposito
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Inkomste verdien
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Korting ontvang
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Korting toegestaan
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Rente-inkomste verdien
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

Lone
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag

9 - 16
PROEFBALANS OP 31 MAART 20x7 Fo Debiet Krediet
R R
Kapitaalrekening 68 000
Onttrekkings 500
Verbandlening verskuldig 30 000
Krediteurekontrole 8 360
Bankrekening 6 765
Vaste eiendom 70 000
Toerusting 12 300
Aankope van onderdele 1 200
Debiteurekontrole 13 400
Vaste deposito 8 000
Inkomste verdien 6 580
Korting ontvang 70
Korting toegestaan 40
Rente verdien 75
Lone 880
113 085 113 085

9 - 17
HOOFSTUK 10
WINSBEPALING EN DIE AFSLUITINGSPROSES

Bladsy

Leeruitkomste 10 - 2

10.1 Die aard van wins 10 - 3

10.2 Winsbepaling van dienslewerende entiteite 10 - 3

10.3 Winsbepaling van handeldrywende entiteite 10 - 4

10.4 Geriefsrekeninge 10 - 4

10.5 Bepaling van bruto wins 10 - 5

10.6 Bepaling van koste van verkope 10 - 7

10.7 Afsluitingsproses 10 - 8

Bylaag A: Die afsluitingsproses - vereenvoudig 10 – 11

Vrae 10 - 12

10 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die wins van ‘n dienslewerende entiteit te kan bepaal

- die wins van ‘n handeldrywende entiteit te kan bepaal

- die berekening van bruto wins te kan verstaan en te kan toepas

- die berekening van koste van verkope te kan verstaan en te kan toepas

10 - 2
10.1 Die aard van wins

Die hoofdoel van ‘n entiteit is om ‘n wins te maak deur goedere te verkoop of om ‘n


diens te lewer.

Die wins wat ‘n entiteit maak word beskou as vergoeding vir die ondernemingsgees
wat deur die bestuur aan die dag gelê is, asook vergoeding vir die eienaars se risiko
verbonde aan die belegging in die entiteit. Die wins wat die entiteit maak kan dus
gebruik word om die eienaars van die entiteit te vergoed vir die gebruik van hul
kapitaal, of die wins kan aangewend word in die entiteit om groei en voortuitgang te
bewerkstellig.

Wins is die verskil tussen die bedrag wat ontvang word met die verkoop van goedere
of die lewering van ‘n diens (inkomste), en die bedrag wat betaal is vir die goedere,
insluitend alle uitgawes aangegaan of die bedrag bestee in die lewering van ‘n diens
(uitgawes).

Die bepaling van die entiteit se wins word streng volgens die rekeningkundige
grondslae en beginsels gedoen.

10.2 Winsbepaling van dienslewerende entiteite

‘n Dienslewerende entiteit gebruik sy bates, gaan uitgawes aan en wend sy


vaardighede, vermoëns en vernuf aan om hom in staat te stel om ‘n diens te lewer.
Prokureurs, rekenmeesters, argitekte en dokters is voorbeelde van dienslewerende
entiteite.

Die wins word bepaal deur die inkomste wat verdien word uit die dienste wat gelewer
word, te vergelyk met die uitgawes wat in dieselfde tydperk aangegaan is.

Die wins van ‘n dienslewerende entiteit word dus soos volg bepaal:

Inkomste xxx
plus: Ander inkomste xxx
min: Uitgawes (xxx)
Wins xxx

10 - 3
10.3 Winsbepaling van handeldrywende entiteite

Handeldrywende entiteite koop goedere aan, of vervaardig goedere, om dit weer


teen ‘n wins te verkoop. Die doel is dus om die handelsvoorraad van die entiteit so
vinnig moontlik en soveel kere moontlik teen die hoogste prys te verkoop.

Die verskil tussen die opbrengs van verkope en die kosprys van die goedere wat
verkoop is, is die bruto wins. Die saldo van die handelsrekening in die grootboek dui
die bruto wins aan (sien ook Hoofstuk 10.4).

Ander uitgawes van die entiteit, soos byvoorbeeld, administratiewe- , bemarkings- en


finansiële koste word as bedryfsuitgawes geklassifiseer. Die bruto wins van die
entiteit word dan verminder met die bedryfsuitgawes om die wins van die entiteit te
bepaal. Die saldo van die wins-en-verlies rekening in die grootboek dui die wins aan.

Die wins van ‘n handeldrywende entiteit word dus soos volg bepaal:

Verkope* xxx
min: Koste van verkope (xxx)
Bruto wins xxx
plus: Ander inkomste xxx
min: Bedryfsuitgawes (xxx)
Wins xxx

* Verkope min verkoopretoere

10.4 Geriefsrekeninge

Gedurende die afsluitingsproses word geriefsrekeninge in die grootboek geskep om


verslagdoening te vergemaklik. Die verskillende tipes geriefsrekeninge word
hieronder uitgeengesit:

Geriefsrekening Items ingesluit in rekening Doel van rekening

Koste van verkope Beginvoorraad, aankope, Bepaal koste van verkope


eindvoorraad, ander items
wat betrekking het op die
koste van voorraad

Handelsrekening Verkope, koste van verkope Bepaal bruto wins

Wins-en-verlies Bruto wins, ander bedryfs- Bepaal wins vir die tydperk
rekening inkomstes en uitgawes

So word al die inkomstestaat items saam gegroepeer in een rekening om die wins of
verlies vir ‘n tydperk te bepaal.

10 - 4
10.5 Bepaling van bruto wins

Bruto wins kan omskryf word as die wins wat voortspruit uit die entiteit se primêre
bedrywighede, voordat enige ander inkomstes en uitgawes in ag geneem word.

Voorbeeld 10.1

M&M het die volgende inkomstes en uitgawes getoon vir ‘n spesifieke tydperk:

Verkope 15 000
Wins met verkoop van toerusting 2 000
Huur inkomste 1 500
Koste van verkope 11 250
Rente betaal 800
Advertensie koste 300
Salarisse 1 400

Die bruto wins sal soos volg bereken word:

Verkope 15 000
min: Koste van verkope (11 250)

Bruto wins 3 750

Bruto wins word afsonderlik bereken omdat dit ‘n aanduiding gee van die
handeldrywende entiteit se prestasie ten opsigte van sy primêre aktiwiteit, die
verkoop van goedere teen ‘n wins.

Die bruto wins word gewoonlik uitgedruk as ‘n persentasie van óf die verkoopprys óf
die kosprys. ‘n Entiteit het gewoonlik ‘n voorafbepaalde bruto wins persentasie wat
nagestreef word en ingesluit word in die entiteit se begroting. Die begrote bruto wins
persentasie is een van die faktore wat in aanmerking geneem word by die vasstelling
van die verkooppryse van ‘n entiteit se goedere. Die werklike bruto wins persentasie
van die entiteit word dan periodiek bereken en vergelyk met die begrote bruto wins
persentasie. Die volgende faktore speel ‘n rol by die berekening van die werklike
bruto wins en sal dikwels die verskil tussen die begrote- en werklike bruto wins
verduidelik:

• werklike verkooppryse en kortings toegestaan


• werklike aankooppryse en kortings ontvang
• verlies van goedere
• akkuraatheid van voorraadopnames en meting van voorraad

10 - 5
Voorbeeld 10.2

Die 2 verskillende tipes bruto wins persentasies kan soos volg bereken word op
grond van die inligting soos uiteengesit in voorbeeld 10.1:

- Bruto wins persentasie op verkoopprys

Bruto wins 3 750


Verkope = 15 000 = 25%

- Bruto wins persentasie op kosprys

Bruto wins 3 750


Koste van = 11 250 = 33,33%
verkope

Voorbeeld 10.3

Bruto wins is konstant 20% op kosprys. Verkope vir die jaar beloop R90 000.

Verlang:
a) Bereken die koste van verkope.
b) Bereken die bruto wins.

KP + BW = VP
100 + 20 = 120

a) R90 000 x 100 / 120 = R75 000


b) R90 000 x 20 / 120 = R15 000

Voorbeeld 10.4

Bruto wins is konstant 20% op verkoopprys. Verkope vir die jaar beloop R90 000.

Verlang:
a) Bereken die koste van verkope.
b) Bereken die bruto wins.

KP + BW = VP
80 + 20 = 100

a) R90 000 x 80 / 100 = R72 000


b) R90 000 x 20 / 100 = R18 000

10 - 6
10.6 Bepaling van koste van verkope

In die praktyk is dit nie vir ‘n entiteit altyd moontlik om al die goedere wat hy
aangekoop het in dieselfde tydperk weer te verkoop nie. Die goedere wat gedurende
die jaar aangekoop word, word in voorraad gehou totdat dit verkoop word.

By die bepaling van die bruto wins word slegs die kosprys van die goedere wat
verkoop (koste van verkope) is, gepaar met die verkoopprys van die
ooreenstemmende goedere. Die verkoopprys van goedere word dus nie gepaar met
die kosprys van die goedere wat aangekoop (koste van aankope) is nie.

Die kosprys van verkope word gevolglik soos volg bereken:

Beginvoorraad xxx
plus: Aankope* teen kosprys xxx
plus: Ander direkte koste xxx
Koste van items beskikbaar vir verkoop xxx
min: Eindvoorraad (xxx)
Koste van verkope xxx

* Aankope min aankoopretoere

10.7 Die afsluitingsproses

Aan die einde van die finansiële tydperk word die grootboekrekeninge ten opsigte
van inkomstestaat items saamgevoeg in geriefsrekeninge om die wins/verlies vir die
tydperk te bereken wat ‘n toename of afname in ekwiteit tot gevolg het. Die volgende
is die mees algemene geriefsrekeninge:

• Koste van verkope


• Handelsrekening
• Wins- en-verliesrekening

Die afsluitingsproses word soos volg geïllustreer:

Die volgende afkortings word gebruik:


- KOJ = Kontantontvangstejoernaal
- KBJ = Kontantbetalingsjoernaal
- AJ = Aankoopjoernaal
- VJ = Verkoopjoernaal
- ATJ = Aankoopterugsendingsjoernaal
- VTJ = Verkoopterugsendingsjoernaal

10 - 7
Koste van verkope en verkope word oorgedra na die Handelsrekening

Handelsrekening
31/12 Koste van verkope Jnl 10 15 050 31/12 Verkope Jnl 9 40 785
31/12 Wins en verlies Jnl 11 25 735

40 785 40 785

Die handelsrekening en alle bedryfsinkomste en bedryfsuitgawes word afgesluit na


die Wins- en-verliesrekening

Huur ontvang
31/12 Inkomste 13.9 4 500 KOJ Totaal 58 500
vooruitontvang
31/12 Wins en verlies Jnl 12 54 000

58 500 58 500

Rente ontvang
31/12 Wins en verlies Jnl 13 3 000 KOJ Totaal 2 750
31/12 Inkomste 13.8 250
ontvangbaar

3 000 3 000

Oninbare skuld verhaal


31/12 Wins en verlies Jnl 22 1 500 Bank 13.3 1 500

1 500 1 500

Salarisse en lone
KBJ Totaal 30 025 31/12 Wins en verlies Jnl 15 30 025

30 025 30 025

Skoonmaakmiddels
KBJ Totaal 750 Verbruiksvoorraad 13.10 150
31/12 Wins en verlies Jnl 14 600

750 750

10 - 8
Skryfbehoeftes
KBJ Totaal 800 31/12 Wins en verlies Jnl 18 800

800 800

Telefoon
KBJ Totaal 9 350 31/12 Wins en verlies Jnl 16 10 200
Agterstallige 13.6 850
uitgawe

10 200 10 200

Versekering
KBJ Totaal 12 000 31/12 Vooruitbetaalde 13.7 3 000
uitgawe
31/12 Wins en verlies Jnl 17 9 000

12 000 12 000

Oninbare skuld
31/12 Debiteurekontrole 13.1 10 000 Bank 13.2 1 500
31/12 Wins en verlies Jnl 20 8 500
10 000 10 000

Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure (uitgawe)


Toelaag vir 13.5 2 500 31/12 Wins en verlies Jnl 21 2 500
kredietverliese van
debiteure

2 500 2 500

Waardevermindering
31/12 Opgelope wdv Totaal 3 000 31/12 Wins en verlies Jnl 19 3 000

3 000 3 000

10 - 9
Die wins- en-verliesrekening word afgesluit na die Kapitaalrekening

Wins- en-verliesrekening
Skoonmaakmiddels Jnl 14 600 Handelsrekening Jnl 11 25 735
Salarisse en lone Jnl 15 30 025 Huur ontvang Jnl 12 54 000
Telefoon Jnl 16 10 200 Rente ontvang Jnl 13 3 000
Versekering Jnl 17 9 000 Oninbare skuld Jnl 22 1 500
Skryfbehoeftes Jnl 18 800 verhaal
Waardevermindering Jnl 19 3 000
Oninbare skuld Jnl 20 8 500
Beweging in toelaag Jnl 21 2 500
vir kredietverliese
van debiteure

Kapitaal Jnl 23 19 610

84 235 84 235

10 - 10
BYLAAG A: DIE AFSLUITINGSPROSES - VEREENVOUDIG

Aankoop-
NvT vir A1S1 Korting
NvT vir A1S1
retoere ontvang

STAP 1 NvT vir A1S1


AANKOPE

Verkoop Korting
NvT vir A1S1 NvT vir A1S1
retoere toegestaan

STAP 2 VERKOPE

Ander
NvT vir A1S1 Begin-
NvT vir A1S1 Eind-
NvT vir A1S1
uitgawes voorraad voorraad

KOSTE
STAP 3 VAN
VERKOPE

STAP 4 HANDELSREKENING
(Bruto wins)

Bedryfs- Bedryfs-
inkomste uitgawes

STAP 5 WINS-EN VERLIES

STAP 6 Kapitaalbydraes/onttrekkings KAPITAAL

10 - 11
HOOFSTUK 10
VRAE

Bladsy

Vraag 10.1 Inkomstestaat en Balansstaat 10 - 13

Vraag 10.2 Kosprys van voorraad 10 – 16

Vraag 10.3 Koste van verkope, bruto wins en eindvoorraad 10 - 17

Vraag 10.4 Afsluitingsproses 10 - 18

10 - 12
VRAAG 10.1

Dormie Fietse is 'n eenmansaak wat handel dryf in fietse. Die volgende saldo's het
onder andere op 28 Februarie 20x7 in die algemene grootboek van die onderneming
verskyn nadat die oorboekings vanaf die onderskeie joernale na die betrokke
grootboekrekeninge gedoen is:

R
Debiteurekontrole 51 200
Krediteurekontrole 41 520
Vaste eiendom teen kosprys 180 000
Bydraes - Eienaar 17 150
Onttrekkings - Eienaar 19 000
Lone en salarisse 18 540
Rente verdien 990
Langtermynlening verskuldig 120 000
Meubels en toerusting teen drabedrag 9 450
Verkope van fietse 121 300
Vraggeld op verkope 2 440
Voorraad fietse op 1 Maart 20x6 35 000
Drukwerk en skryfbehoeftes 900
Telefoonuitgawes 1 480
Elektrisiteituitgawes 2 070
Aankope van fietse 89 400
Herstelwerk van toerusting 1 020
Verkoopretoere 2 000
Aankoopretoere 1 810

Addisionele inligting:

1. Die saldo van die kapitaalrekening van die eienaar op 1 Maart 20x6 verskyn nie in
die bostaande lys van saldo's nie. Al die ander grootboekrekeninge se saldo's
verskyn wel in die bostaande lys.

2. Die voorraad fietse se kosprys het R37 600 bedra op 28 Februarie 20x7.

3. Die onderneming se finansiële jaar het op 28 Februarie 20x7 geëindig.

VAN U WORD VERLANG OM

'n Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x7 en 'n balansstaat op
28 Februarie 20x7 vir die onderneming op te stel.

(Die inkomstestaat moet die bruto wins en die wins vir die jaar afsonderlik toon.)

10 - 13
VRAAG 10.1

Voorgestelde oplossing

DORMIE FIETSE
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 20x7

VERKOPE
MIN KOSTE VAN VERKOPE
Beginvoorraad
Plus: Aankope

Min: Eindvoorraad

BRUTO WINS vir die jaar

ANDER INKOMSTE
Rente verdien

MIN UITGAWES
Salarisse en lone
Vraggeld op verkope
Drukwerk en skryfbehoeftes
Telefoonkoste
Elektrisiteitkoste
Herstelwerk van toerusting

WINS vir die jaar

10 - 14
DORMIE FIETSE
BALANSSTAAT OP 28 FEBRUARIE 20x7
R
BATES

NIE-BEDRYFSBATES
Vaste eiendom teen kosprys
Meubels en toerusting teen drabedrag

BEDRYFSBATES
Voorraad
Debiteure

EKWITEIT EN LASTE

KAPITAAL
Kapitaalrekening - Eienaar
- Saldo aan begin van die jaar
- Netto wins vir die jaar
- Bydraes
- Onttrekkings

NIE-BEDRYFSLASTE
Langtermyn lening

BEDRYFSLASTE
Krediteure

10 - 15
VRAAG 10.2

(A)

Bereken die kosprys van voorraad, indien ‘n bruto wins persentasie van 25% op die
verkoopprys (R20 000) begroot is

(B)

Die verkoopprys (R30 000) van voorraad word bereken teen kosprys plus 25%.
Bereken die kosprys

(C)

Gebruik onderstaande inligting en bereken koste van verkope

R
Verkope 150 000
Aankope 100 000
Beginvoorraad 40 000
Eindvoorraad 50 000
Aankoopretoere teen kosprys 5 000
Verkoopretoere teen verkoopprys 12 000
Huur inkomste 15 000
Wins met verkoop van voertuie 7 000
Verlies met verkoop van toerusting 4 000
Advertensie koste 8 000
Salarisse 14 000
Skryfbehoeftes 2 000

10 - 16
VRAAG 10.3

DVD Supply is ‘n onderneming wat DVD’s koop en verkoop met die doel om ‘n wins
te maak. Die volgende inligting ten opsigte van die onderneming se takke in
Kaapstad en Gauteng word aan u voorgelê vir die jaar geëindig 31 Maart 20x7:

KAAPSTAD

• Voorraad (1 April 20x6) - 1 500 DVD’s @ R100 elk


• Voorraad (31 Maart 20x7) – 800 DVD’s @ R120 elk
• 2 000 DVD’s is gedurende die jaar aangekoop @ R120 elk
• 2 700 DVD’s is gedurende die jaar verkoop @ R150 elk

VAN U WORD VERLANG OM:

die koste van verkope en die bruto wins te bereken vir die jaar geëindig 31 Maart
20x7

GAUTENG

Beginvoorraad 200 000


Aankope 550 000
Verkope 900 000

Bruto wins op verkope = 25%

VAN U WORD VERLANG OM:

die koste van verkope en die waarde van die eindvoorraad te bereken vir die jaar
geëindig 31 Maart 20x7

10 - 17
VRAAG 10.4

Die volgende saldo’s, onder andere, het in die algemene grootboek van Dre Cycles
verskyn op 31 Maart 20x7, nadat al die joernale ten opsigte van die jaar geëindig 31
Maart 20x7 afgesluit en oorgeboek is na die betrokke grootboekrekeninge:

R
Kapitaalrekening 68 000
Onttrekkings 500
Verbandlening verskuldig 30 000
Korting ontvang 70
Korting toegestaan 40
Lone 880
Verkope 15 000
Koste van verkope 4 000

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die inskrywings in die Algemene joernaal, indien enige, te toon om die rekeninge
af te sluit.

10 - 18
HOOFSTUK 11
VOORRAAD

Bladsy

Leeruitkomste 11 - 2

11.1 Definisie 11 - 3

11.2 Erkenning van voorraad 11 - 3

11.2.1 Erkenning as ‘n uitgawe


11.2.2 Erkenning as ‘n bate

11.3 Meting en waardasie van voorraad 11 - 3

11.3.1 Kosprys
11.3.2 Netto realiseerbare waarde
11.3.3 Fisiese voorraadopname

11.4 Voorraadstelsels 11 - 7

11.4.1 Periodieke voorraadstelsel


11.4.2 Deurlopende voorraadstelsel

11.5 Kosteformules 11 - 18

11.5.1 Eerste-in-eerste-uit metode (EIEU)


11.5.2 Geweegde gemiddelde koste
11.5.3 Spesifieke identifikasie
11.5.4 Kleinhandelmetode
11.5.5 Standaardkostemetode

11.6 Voorraadverliese en versekeringseise 11 - 26

11.7 Die afsluitingsproses 11 – 27

Bylaag A en B 11 – 34

Vrae 11 - 36

11 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- voorraad te kan definieer

- die erkenning, meting en waardasie van voorraad te verstaan


en toe te pas

- die onderskeie voorraadstelsels te kan identifiseer en toe te pas

- die onderskeie koseformules te kan identifiseer en toe te pas

- voorraadverliese en versekeringseise te verstaan

11 - 2
11.1 Definisie

Voorraad is bates wat:

(a) vir verkoop in die gewone gang van sake gehou word (handelsvoorraad),
(b) in die produksieproses vir sodanige verkoop is (werk-in-proses), of
(c) in die vorm van grondstowwe of verbruiksgoedere is wat in die produksieproses of
tydens die lewering van dienste verbruik word (grondstowwe en verbruiksgoedere).

11.2 Erkenning van voorraad

‘n Primêre aangeleentheid by die verantwoording van voorraad, is die hoeveelheid van die
koste wat as bate erken en vorentoe gedra moet word totdat die verwante inkomste erken
word. Die kosprys van beginvoorraad en alle voorraad aangekoop of vervaardig
gedurende ‘n betrokke jaar kan as volg toegedeel word in enige betrokke jaar:

11.2.1 Erkenning as ‘n uitgawe

Wanneer voorraad verkoop word, moet die drabedrag (die waarde van die voorraad in die
finansiële rekords) van hierdie voorraad as ‘n uitgawe erken word in die tydperk waarin die
verwante inkomste erken word. Die bedrag van enige voorraadafskrywings en alle
voorraadverliese moet ook as ‘n uitgawe erken word in die tydperk waarin die afskrywing
of verlies plaasvind. Die proses om die drabedrag van verkoopte voorraad as uitgawe te
erken, lei tot paring van koste en inkomste.

11.2.2 Erkenning as ‘n bate

Die drabedrag van onverkoopte, onvoltooide en ongebruikte voorraad moet as ‘n


bedryfsbate erken word.

Voorraad kan ook aan ander baterekeninge toegedeel word, byvoorbeeld voorraad wat as
‘n komponent gebruik word van eiendom, aanleg of toerusting (vaste bates) wat self
vervaardig word. Voorraad wat op hierdie wyse aan ‘n ander bate toegedeel word, word
ingesluit by die kosprys van daardie ander bate en word oor die nutsduur van daardie
ander bate as ‘n uitgawe erken (m.a.w. as waardevermindering wat afgeskryf word op die
vaste bate waarby die koste van die voorraad ingesluit is).

11.3 Meting en waardasie van voorraad

Voorraad word volgens die historiese koste grondslag gemeet teen die laagste van
kosprys of netto realiseerbare waarde.

11 - 3
11.3.1 Kosprys

Kosprys is alle koste wat aangegaan is om die voorraad in die huidige toestand en ligging
(gereed vir verkoop) te kry.

Handelsvoorraad se kosprys is dus nie net die aankoopsprys daarvan nie, maar ook
byvoorbeeld die volgende (indien van toepassing):
• invoerkoste,
• vraggeld om goedere te vervoer tot by onderneming,
• versekeringskoste terwyl die voorraad vervoer word, ensovoorts.

Vervaardigde goedere se kosprys sal bestaan uit:


• koste van grondstowwe,
• direkte arbeidskoste om die voorraad te vervaardig,
• vervaardigingsboskoste of –drakoste toegedeel aan elke voorraaditem.

Abnormale bedrae van voorraadverliese of -afskrywings, stoorkoste, administratiewe koste


en verkoopkoste vorm nie deel van die kosprys van voorraad nie.

11.3.2 Netto realiseerbare waarde

Netto realiseerbare waarde kan omskryf word as die geraamde verkoopsprys in die
gewone gang van sake min die geraamde koste van voltooiing en die geraamde koste wat
nodig is om die verkoop daarvan te bewerkstellig.

Ramings van netto realiseerbare waarde word gegrond op die betroubaarste bewyse wat
beskikbaar is wanneer die ramings oor die bedrae waarteen voorraad gerealiseer
(verkoop) kan word, gedoen word.

Die koste van voorraad kan onverhaalbaar wees indien daardie voorraad beskadig is, of
heeltemal of gedeeltelik verouderd raak, of indien die verkoopspryse daarvan gedaal het.
Die koste van voorraad kan ook onverhaalbaar wees indien die geraamde voltooiingskoste
of die geraamde koste wat aangegaan moet word om dit te verkoop, gestyg het.

Die praktyk om voorraad na benede koste na netto realiseerbare waarde aan te suiwer,
strook met die siening dat bates nie gedra moet word teen bedrae wat hoër is as die
bedrae wat na verwagting uit die verkoop of gebruik daarvan gerealiseer sal word nie
(omsigtigheids beginsel). Daarom word die gedeelte van die waarde van voorraad wat nie
gaan lei tot die toekomstige invloei van ekonomiese voordele na die onderneming nie,
afgeskryf as deel van koste van verkope.

11 - 4
Voorbeeld 11.1

H2O is ‘n onderneming wat gesuiwerde water aankoop, botteleer en weer verkoop teen ‘n
wins.

Die volgende sal deel vorm van ‘n botteltjie water:


R
Aankoopsprys van die 250 ml water 0.80
Plastiekbotteltjie 0.20
Etiket 0.05
Doppie 0.02
Vervoerkoste van water 0.05
Vervoerkoste van botteltjies vanaf groothandelaar 0.08
Salariskoste van fabriekspersoneel toegedeel 0.50
Bokoste van fabriek 0.20
1.90
Hoofkantoorkoste 0.10
Salariskoste van verkoopspersoneel 0.15
Advertensiekoste 0.30
2.45

Die kostes van die hoofkantoor of verkoopspersoneel of advertensies is nie deel van die
koste van die voorraad nie. Slegs die kostes direk aangegaan om die voorraad in ‘n
ligging en toestand gereed vir verkoop te kry is deel van die koste van die voorraad. Die
koste van ‘n botteltjie water is dus R1.90.

Afskrywing na netto realiseerbare waarde:

10 000 Botteltjies water in bogenoemde voorbeeld is baie naby aan die vervaldatum en die
onderneming wil dit so spoedig moontlik verkoop.

Hulle sal dit verkoop teen 40% handelskorting. Dit gaan hulle R0.20 per botteltjie aan
advertensies kos en ander kostes gaan R0.50 per botteltjie beloop.

Die water word gewoonlik verkoop teen kosprys plus 30%, d.w.s R2.47 (1.90 x 130/100).

Die kosprys van 10 000 botteltjies water is R19 000 (10 000 x1.90).

Berekening van netto realiseerbare waarde van 10 000 botteltjies water:

Normale verkoopsprys 10 000 x R2.47 24 700


Min : handelskorting 24 700 x 40% (9 880)
Min : advertensies 10 000 x R0.20 (2 000)
Min : ander kostes 10 000 x R0.50 (5 000)
Netto realiseerbare waarde R7 820

11 - 5
Die afskrywing van voorraad na netto realiseerbare waarde sal soos volg teboekgestel
word:

Dt Koste van verkope 11 180


Kt Voorraad 11 180
(19 000 – 7 820)

11.3.3 Fisiese voorraadopname

Aan die einde van die finansiële jaar word 'n fisiese voorraadopname gehou om die
hoeveelhede van die voorraaditems vas te stel. Die meeste ondernemings het gereelde
voorraadopnames gedurende die jaar ter versterking van interne beheermaatreëls.

Tydens die opname word alle voorraad wat die eiendom van die onderneming is fisies
getel. Alle voorraad word dus getel waaroor onderneming eiendomsreg het (die risiko’s en
voordele van eienaarskap het dus na die onderneming oorgegaan).

Alle goedere waarvan die eiendomsreg na die onderneming oorgegaan het en waarvoor
daar 'n verpligting bestaan om iemand te betaal, moet by die voorraad ingesluit word.
Eiendomsreg vestig gewoonlik in 'n onderneming wanneer die verkoper die goedere aan
die onderneming lewer. Indien eiendomsreg gevestig het, moet die voorraad ingesluit
word, ongeag of die voorraad op die onderneming se perseel aanwesig is of nie. Goedere
waarvan die eiendomsreg reeds vanaf die onderneming na 'n klant oorgegaan het, moenie
ingesluit word nie, al is dit steeds teenwoordig op die onderneming se perseel.

Goedere wat onderweg is op die afsnydatum (datum van voorraadopname), moet


beoordeel word volgens die terme wat met die leweransier ooreengekom is. Indien die
goedere "vry aan boord (VAB) versendingspunt" gekoop word, beteken dit dat die goedere
die eiendom van die onderneming word wanneer die leweransier dit by die
versendingspunt besorg. Goedere wat "vry aan boord (VAB) bestemming" gekoop word,
word eers die onderneming se eiendom wanneer dit by die bestemming aanland.

Voorbeelde van voorraad wat die eiendom van ‘n onderneming is (al is dit nie fisies in die
onderneming se besit nie):

• Voorraad op besending gestuur aan ‘n agent van die onderneming.


In die geval van voorraad op besending gestuur, hou die agent die voorraad om dit
namens die afsender (prinsipaal) te verkoop. Die eienaarskap van die voorraad bly
nog steeds by die afsender en gaan nie oor na die agent nie.

• Voorraad waarvan die eiendomsreg oorgaan voordat die voorraad by die


onderneming (koper) afgelewer word.
Waar goedere wat vry aan boord (VAB) van die versendingspunt gestuur word,
gaan eiendomsreg oor sodra die goedere by die versendingspunt aan boord die
skip/trein/vragmotor/vliegtuig gelaai word.

• Voorraad aangekoop waarvan aflewering op versoek van die koper uitgestel word,
maar die koper het reeds titel geneem en fakturering aanvaar.

11 - 6
Die teenoorgestelde is ook waar: waar ‘n persoon/onderneming goedere in sy besit
het wat hy namens ‘n ander persoon moet verkoop; of waar voorraad VAB
versendingspunt aan ‘n kliënt gestuur word; of waar voorraad op fakturering op
versoek van ‘n kliënt gehou word, sal die voorraad nie ingesluit word by die
voorraad van die onderneming nie.

11.4 Voorraadstelsels

Die voorraadstelsel moet in staat wees daartoe om 'n groot omvang voorraaditems te
hanteer en die beweging in die voorraad aan te dui. Die aantal items voorhande moet
aangedui word, asook eenheidspryse en die waardasie van die voorraad voorhande en
verkoop. Alle ander inligting wat bestuur nodig het vir besluitneming, moet uit die stelsel
onttrek kan word. Terselfdertyd moet die stelsel kontroles oor die voorraad versterk.

Die voorraadstelsel kan óf 'n aaneenlopende rekord van die voorraad voorhande wees
(deurlopend), óf dit kan 'n eenvoudiger stelsel wees wat al die transaksies aanteken, maar
die fisiese voorraadopname se syfers as die enigste rekord van voorraad voorhande
aanvaar (periodiek).

11.4.1 Periodieke voorraadstelsel

'n Periodieke voorraadstelsel gee nie 'n aanduiding van die voorraad voorhande alvorens
daar nie 'n fisiese voorraadopname gedoen word nie. Die fisiese voorraadsyfer, met
aanpassings indien nodig, word as die eindvoorraad gebruik. Die koste van die verkoopte
voorraad word as volg aan die einde van 'n tydperk bereken:

Beginvoorraad xxx
+ Aankope xxx
xxx
- Abnormale verliese xxx
- Eindvoorraad xxx
Koste van verkope xxx

11 - 7
Joernaalinskrywings:

(1) Die aankope van goedere


Dt Aankope
Kt Bank/Krediture

(2) Die verkoop van goedere:


Dt Bank/Debiteure
Kt Verkope

(3) Teboekstelling van eindvoorraad*


Dt Voorraad
Kt Koste van verkope

(4) Aankoopterugsendings
Dt Bank/Krediteure
Kt Aankoopretoere
Dt Aankoopretoere
Kt Aankope

(5) Verkoopterugsendings
Dt Verkoopretoere
Kt Bank/Debiteure
Dt Verkope
Kt Verkoopretoere

(6) Afsluiting van beginvoorraad


Dt Koste van verkope
Kt Voorraad

(7) Afsluiting van aankope:


Dt Koste van verkope
Kt Aankope

(8) Afsluiting van koste van verkope


Dt Handelsrekening
Kt Koste van verkope

(9) Afsluiting van verkope:


Dt Verkope
Kt Handelsrekening

(10) Normale voorraadverlies**

(11) Abnormale voorraadtekort***


Dt Voorraadtekort
Kt Koste van verkope

11 - 8
*Berekende syfer na aanleiding van fisiese voorraadtelling.

**Vir 'n normale voorraadtekort is daar geen inskrywing nie. Aangesien die werklike fisiese
eindvoorraad gebruik word, word voorraadtekorte outomaties in ag geneem in die
berekening van koste van verkope in die koste van verkope rekening.

***Onder punt 11.3.1 is aangetoon dat abnormale verliese nie moet deel uitmaak van die
kosprys van voorraad nie. Aangesien ‘n deel van die kosprys van voorraad (die deel van
toepassing op voorraad wat verkoop is) na koste van verkope geallokeer word, moet
abnormale verliese ook nie deel uitmaak van koste van verkope nie, maar as ‘n aparte
uitgawe getoon word. Omdat werklike fisiese eindvoorraad gebruik word in die berekening
van koste van verkope, word alle verliese outomaties ingesluit by koste van verkope.
Abnormale verliese (wat, soos bo verduidelik, nie deel uitmaak van die koste van verkope
uitgawe nie), moet dus uit die koste van verkope rekening gehaal word en na ‘n aparte
uitgawerekening gedebiteer word. Deur die aankoperekening te krediteer met die
abnormale verlies voordat aankope afgesluit word na koste van verkope, kan dieselfde
resultaat bereik word.

Die beginvoorraad van 'n tydperk is die eindvoorraad van die vorige tydperk. Die koste
van verkope rekening se saldo wat na die handelsrekening oorgedra word, is die koste
van die voorraad wat gedurende die tydperk verkoop is. Die balanserende syfer op die
handelsrekening is die bruto wins en dit word na die wins-en-verliesrekening oorgedra.
Die voorraadrekening word as 'n bedryfsbate in die balansstaat getoon.

Die voordeel van die stelsel is dat dit eenvoudig en goedkoop is. 'n Nadeel is dat so 'n
stelsel nie die fisiese voorraadverliese uitwys nie.

11.4.2 Deurlopende voorraadstelsel

By 'n deurlopende voorraadstelsel is daar altyd 'n aanduiding van die fisiese voorraad
voorhande in die rekords. Die voorraadrekening word met elke beweging van voorraad
aangesuiwer. Die kosprys van goedere wat verkoop is, is ook deurlopend bekend. Aan
die einde van 'n tydperk word steeds 'n fisiese voorraadopname gedoen. Wanneer die
resultaat van die fisiese opname met die syfer in die boeke vergelyk word, sal enige
voorraadverliese aangedui word.

11 - 9
Joernaalinskrywings:

(1) Die aankope van goedere


Dt Voorraad
Kt Bank/Krediteure

(2) Die verkope van goedere


Dt Bank/debiteure
Kt Verkope (verkoopprys)

Dt Koste van verkope


Kt Voorraad (kosprys)

(3) Teboekstelling van 'n normale voorraadverlies


Dt Koste van verkope
Kt Voorraad

(4) Teboekstelling van 'n abnormale voorraadverlies


Dt Voorraadverlies
Kt Voorraad

(5) Aankoopterugsendings
Dt Bank/Krediteure
Kt Aankoopretoere

Dt Aankoopretoere
Kt Voorraad

(6) Verkoopterugsendings
Dt Verkoopretoere (verkoopprys)
Kt Bank/debiteure

Dt Verkope
Kt Verkoopretoere (verkoopprys)

Dt Voorraad (kosprys)
Kt Koste van verkope

(7) Afsluiting van koste van verkope


Dt Handelsrekening
Kt Koste van verkope

(8) Afsluiting van verkope:


Dt Verkope
Kt Handelsrekening

11 - 10
Die voorraadrekening is altyd 'n teoretiese aanduiding van die fisiese voorraad voorhande
en die koste van verkoperekening toon die koste van die verkoopte voorraad vir die
tydperk aan. Dit is dus nie nodig om enige afsluiting van voorraadrekeninge te doen nie.
Die voorraadrekening verteenwoordig die voorraadsyfer op die Balansstaat. Die
balanserende syfer op die handelsrekening is die bruto wins en dit word na die wins-en-
verliesrekening oorgedra.

Voorbeeld 11.2

Inligting ten opsigte van voorraad is soos volg:

Beginvoorraad R500 000


Aankope R700 000
Verkoopretoere R60 000 (kosprys R50 000)
Aankoopretoere R70 000
Verkope R1 000 000 (kosprys R600 000)
Normale verlies R40 000
Abnormale verlies R30 000
Eindvoorraad getel R510 000

Verlang:

Bostaande inligting in die joernale en grootboekrekeninge aan te teken indien die volgende
voorraadstelsels onderskeidelik gebruik word:

A) Deurlopende voorraadstelsel
B) Periodieke voorraadstelsel

11 - 11
ALGEMENE INLIGTING

(i) Ten opsigte van beide stelsels sal die inskrywings in die onderstaande joernale
dieselfde wees, naamlik: (Slegs die totale van die relevante kolomme word getoon.)

AANKOOPJOERNAAL
Datum Dok nr Krediteure Fo Diverse Voorraad/ Fo Totaal
Aankope
xx xx xx
xx xx xx
xx 700 000 700 000

VERKOOPJOERNAAL
Datum Dok nr Debiteure Fo Diverse Verkope Fo Totaal
xx xx xx
xx xx xx
xx 1 000 000 1 000 000

AANKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL
Datum Dok nr Krediteure Fo Diverse Aankoop Fo Totaal
retoere
xx xx Xx
xx xx Xx
xx 70 000 70 000

VERKOOPTERUGSENDINGSJOERNAAL
Datum Dok nr Debiteure Fo Diverse Verkoop Fo Totaal
retoere
xx xx xx
xx xx xx
xx 60 000 60 000

11 - 12
(ii) Ten opsigte van beide stelsels sal die inskrywings in die onderskeie kontrolerekeninge
(debiteure en krediteure) natuurlik ook dieselfde wees, naamlik.

Debiteurekontrole
Datum Besonderhed Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
e
Saldo a/b xxx Bank xxx
Verkope 1 000 000 Verkoops retoere 60 000
Saldo o/d xxx
xxx xxx
Saldo a/b xxx

Krediteurekontrole
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KBJ xxx Saldo a/b xxx
Aank retoere 70 000 Aankope 700 000
Saldo o/d xxx
xxx xxx
Saldo a/b xxx

Indien die deurlopende voorraadstelsel gebruik word en die aantal inskrywings ten opsigte
van verkope en verkoopretoere egter repeterend van aard is, kan die verkoopjoernaal en
verkoopterugsendingsjoernaal natuurlik aangepas word deur van addisionele kolomme
gebruik te maak om sodoende die aantal oorboekings na die onderskeie
grootboekrekeninge tot die minimum te beperk. Die betrokke joernale sal dus soos volg
opgestel word:

VERKOOPJOERNAAL
Datum Dok Debiteure Fo Diverse Koste van Verkope Fo Totaal
nr verkope
xx xx xx xx
xx xx xx xx
xxx 600 000 1 000 000 1 000 000

VERKOOPTERUGSENDINGS-
JOERNAAL
Datum Dok Debiteure Fo Diverse Koste van Verkoop Fo Totaal
nr verkope retoere
xx xx xx xx
xx xx xx xx
xxx 50 000 60 000 60 000

Die totaal van die ‘koste van verkope’ kolom word nie in berekening gebring met die
kruisoptelling van die joernaal nie, want die oorboeking na die grootboek sal soos volg
wees:
Verkoopjoernaal: Verkoopterugsendingsjoernaal:

Dt Koste van verkope Dt Voorraad


Kt Voorraad Kt Koste van verkope

11 - 13
A) DEURLOPENDE VOORRAADSTELSEL

ALGEMENE JOERNAAL

Datum Besonderhede Fo Debiet Krediet


Koste van verkope 600 000
Voorraad 600 000
(Kosprys van R1 000 000 se verkope oorgedra vanaf (2)
Voorraadrekening na Koste van verkoperekening.)
Voorraad 50 000
Koste van verkope 50 000
(Kosprys van R60 000 se verkoopretoere oorgedra na (6)
Voorraadrekening.)
Koste van verkope (3) 40 000
Voorraad 40 000
(Teboekstelling van normale voorraad verlies)
Voorraadverlies (4) 30 000
Voorraad 30 000
(Teboekstelling van abnormale voorraad verlies)
Aankoopretoere 70 000
Voorraad 70 000
(Aankoopretoere oorgedra na Voorraadrekening.) (5)
Verkope 60 000
Verkoopretoere 60 000
(Oordrag van verkoopretoere na Verkoperekening.) (6)
Verkope 940 000
Handelsrekening 940 000
(Oordrag van die tydperk se netto verkope na die (8)
Handelsrekening ter bepaling van die bruto wins.)
Handelsrekening 590 000
Koste van verkope 590 000
(Kosprys van items verkoop gedurende die tydperk (7)
oorgedra na die Handelsrekening ter bepaling van die
bruto wins.)

ALGEMENE GROOTBOEK

Voorraadrekening
Datu Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
m
Saldo a/b 500 000 Aankoopsretoere (5) 70 000
Aankope (1) 700 000 KvV (2) 600 000
Verk retoere (6) 50 000 KvV (3) 40 000
V/verlies (4) 30 000
Saldo o/d 510 000
1 250 000 1 250 000
Saldo a/b 510 000

11 - 14
Aankoopretoere
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Voorraad (5) 70 000 Krediteure (5) 70 000

Verkoopretoere
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Debiteure (6) 60 000 Verkope (6) 60 000

Verkope
Datu Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
m
Verkoops (6) 60 000 Debiteure (2) 1 000 000
Retoere
Handels rek (8) 940 000
1 000 000 1 000 000

Voorraadverlies
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Voorraad (4) 30 000 Wins & Verlies 30 000

Koste van verkope


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Voorraad (2) 600 000 Verkoops retoere (6) 50 000
Voorraad (3) 40 000 Handels rekening (7) 590 000
640 000 640 000

Handelsrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KvV (7) 590 000 Verkope (8) 940 000

Die saldo (verskil) op hierdie rekening ten bedrae van R350 000, verteenwoording die
bruto wins vir die betrokke tydperk, welke bedrag oorgedra sal word na die wins-en
verliesrekening waarin die netto wins (of verlies) vir die betrokke tydperk bepaal sal word.

11 - 15
B) PERIODIEKE VOORRAADSTELSEL

ALGEMENE JOERNAAL

Datum Besonderhede Fo Debiet Krediet


Aankoopretoere 70 000
Aankope 70 000
(Oordrag van aankoopretoere na Aankoperekening.) (4)
Verkope 60 000
Verkoopretoere 60 000
(Oordrag van verkoopretoere na Verkoperekening.) (5)
Koste van verkope 500 000
Voorraadrekening 500 000
(Oordrag van beginvoorraad na die Koste van (6)
verkope-rekening)
Koste van verkope 630 000
Aankope 630 000
(Oordrag van netto aankope na die Koste van (7)
verkope-rekening.)
Voorraad 510 000
Koste van verkope 510 000
(Oordrag van eindvoorraad na die (3)
Voorraadrekening.)
Verkope 940 000
Handelsrekening 940 000
(Oordrag van die tydperk se netto verkope na die (9)
Handelsrekening ter bepaling van die bruto wins.)
Handelsrekening 590 000
Koste van verkope 590 000
(Kosprys van items verkoop gedurende die tydperk (8)
oorgedra na die Handelsrekening ter bepaling van
die bruto wins.)
Voorraadverlies 30 000
Koste van verkope 30 000
(Teboekstelling van abnormale voorraadverlies) (11)

ALGEMENE GROOTBOEK

Voorraadrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Saldo a/b 500 000 KvV (6) 500 000
KvV (3) 510 000

11 - 16
Aankope
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Krediteure (1) 700 000 Aankoops retoere (4) 70 000
KvV (7) 630 000
700 000 700 000

Verkope
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Verkoops (5) 60 000 Debiteure (2) 1 000 000
retoere
Handels rek. (9) 940 000
1 000 000 1 000 000

Aankoopretoere
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Aankope (4) 70 000 Krediteure (4) 70 000

Verkoopretoere
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
Debiteure (5) 60 000 Verkope (5) 60 000

Voorraadverlies
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KvV 11 30 000 Wins & Verlies 30 000

Koste van verkope


Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
B/Voorraad (6) 500 000 E/Voorraad (3) 510 000
Aankope (7) 630 000 Voorraad verlies (11) 30 000
Handels rek (8) 590 000
1 130 000 1 130 000

Handelsrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KvV (8) 590 000 Verkope (9) 940 000

Die saldo (verskil) op hierdie rekening ten bedrae van R350 000, verteenwoording die
bruto wins vir die betrokke tydperk, welke bedrag oorgedra sal word na die wins-en
verliesrekening waarin die netto wins (of verlies) vir die betrokke tydperk bepaal sal word.

11 - 17
11.5 Kosteformules

Slegs in uitsonderlike gevalle kan individuele kospryse steeds aan individuele items
gekoppel word na aankoop en berging. 'n Metode moet dus gevind word om die koste van
al die aankope te verdeel tussen die voorraad wat op jaareinde steeds voorhande is
(bate), en die voorraad wat gedurende die jaar verkoop is (uitgawe). Hierdie metode wat
gebruik word, is die kosteformule.

Die volgende kosteformules word algemeen erken:

geweegde gemiddelde koste


eerste-in-eerste-uit (EIEU)
spesifieke identifisering

Die koste van voorraad van items wat nie normaalweg uitruilbaar is nie en goedere of
dienste wat vervaardig word en vir spesifieke projekte opsy gesit word, moet bepaal word
deur die spesifieke identifisering van die individuele kosprys daarvan. Alle ander
voorraaditems se koste moet bepaal word volgens die eerste-in-eerste-uit-formule of die
geweegde gemiddelde kosteformule.

Dit is belangrik dat 'n onderneming 'n kosteformule toepas wat die werklike kosprys in sy
bepaalde omstandighede nastreef. 'n Kosteformule kan 'n groot verskil maak in die
waarde wat op eindvoorraad geplaas word. Dit beïnvloed dan die netto inkomste en
bedryfsbates direk. Dit is ook noodsaaklik dat ‘n onderneming die basis wat gebruik word
om die waarde van voorraad te bepaal konsekwent toepas van jaar tot jaar en duidelik in
die rekeningkundige beleidsaantekening openbaar watter basis van voorraadwaardasie
gebruik word. Die volgende word getoon in die rekeningkundige beleidsaantekening ten
opsigte van voorraad:

• die feit dat voorraad waardeer word teen die laagste van kosprys en netto
realiseerbare waarde (m.a.w. die afwyking van historiese koste basis word gemeld)
• die spesifieke kosteformule wat op elke voorraadklassifikasie toegepas word, bv.
o Verbruiksgoedere word gemeet volgens die geweegde gemiddelde prys
o Handelsvoorraad word gemeet op die EIEU-grondslag

Let daarop dat ‘n onderneming NIE hoef te openbaar watter voorraadstelsel (deurlopend
of periodiek) gebruik word nie, aangesien beide stelsels dieselfde resultate lewer.

Die waarde van eindvoorraad word soos volg bereken: die aantal items in voorraad
vermenigvuldig met die eenheidsprys bereken volgens een van bogenoemde metodes.

Die standaardkoste- en kleinhandelmetodes kan gerieflikheidshalwe as ‘n tegniek van


kosprysbepaling gebruik word indien die resultate by benadering historiese kosprys
nastreef.

11 - 18
11.5.1 Eerste-in-eerste-uit

Dié metode gaan van die standpunt uit dat die voorraad wat eerste gekoop is, eerste
verkoop word.

Voorbeeld:
Koop 10 items @ R10 R100
Koop 10 items @ R15 R150
Saldo 20 items R250
Verkoop 12 items: 10 van R10 (100)
2 van R15 ( 30)
Saldo 8 items @ R15 R120

11.5.2 Geweegde gemiddelde koste

Die gemiddelde kosprys kan na elke nuwe aankoop herbereken word, of op 'n gereelde
basis, bv elke maand se aankope: totale prys/totale hoeveelheid.

Koop 10 items @ R10 R100


Koop 10 items @ R15 R150
Saldo 20 items @ R12,5 R250

Die geweegde gemiddelde prys =


R250/20 items = R12.50

Verkoop 12 items van R12,5 R150


Saldo 8 items @ R12,5 R100

11.5.3 Spesifieke identifikasie

Dié metode kan net toegepas word indien die voorraad van so 'n aard is dat 'n spesifieke
kosprys na verloop van tyd steeds aan 'n spesifieke eenheid gekoppel kan word, bv.
Seiljagte of ander duur items.

Koop 10 items @ R10 R100


Koop 10 items @ R15 R150
Saldo 20 items R250
Verkoop 7 items van R10 R 70
Verkoop 5 items van R15 R 75
Saldo: 3 items @ R10 R30
5 items @ R15 R75 R105

11 - 19
11.5.4 Kleinhandelmetode

Die kleinhandelmetode word hoofsaaklik toegepas by kleiner ondernemings waar die


voorraad uit 'n groot hoeveelheid klein items met 'n vinnige omsetsnelheid bestaan, wat
almal dieselfde winsmarge het. Die voorraadopname dui die voorraad teen die
verkoopprys aan. Die kosprys word bereken deur die bruto winspersentasie op die
verkoopprys toe te pas. Voorraad wat op- of afgemerk is, moet in hierdie berekening in ag
geneem word. Hierdie metode word ook toegepas wanneer daar gebrekkige inligting
bestaan.

Ondernemings kan die verkoopprys bepaal deur 'n persentasie op die kosprys of op die
verkoopprys by te reken. Indien die bruto wins marge 20% op kosprys is, word die
kosprys as basis gebruik en gelyk aan 100 gestel. Die verkoopprys is dan die ekwivalent
van 100 + 20 = 120. Indien die bruto wins marge 20% op die verkoopprys is, is die
verkoopprys die basis en word dit gelyk aan 100 gestel. Die kosprys is dan die ekwivalent
van 100 - 20 = 80.

Verkope - koste van verkope = bruto wins


Verkope - (beginvoorraad + aankope - eindvoorraad) = bruto wins

11.5.5 Standaardkostemetode

Sommige ondernemings (veral in die vervaardigingsbedryf) gebruik die standaardkoste-


metode om die waarde van voorraad te bereken. Standaardkoste (beraming van pryse)
word vasgestel vir elke inset nodig om voorraad te produseer. Hierdie standaardkostes
word gereeld geëvalueer en verander indien nodig. Alle aankope gedurende die jaar word
dan volgens hierdie voorafberekende prys in die boeke aangeteken. Hierdie standaarde
word dan gemeet teenoor die werklike kostes en afwykings word bereken. Indien die
goedere aangekoop word teen ‘n prys wat hoër is as die standaardkoste, word die
volgende inskrywing gemaak.

Dt Aankope (teen standaardpryse)


Dt Afwykingsrekening (met verskil tussen aankoopsprys en standaardprys)
Kt Bank

Aan die einde van die jaar word voorraad voorhande gewaardeer deur die aantal eenhede
te vermeningvuldig met die standaardkoste per eenheid. Indien die standaardpryse
redelik na aan die historiese kosprys (aankoopsprys) is, kan dit gebruik word om voorraad
te waardeer. Koste van verkope word bereken deur die aantal eenhede wat verkoop is te
vermenigvuldig met die standaardprys per eenheid. Die afwykingsrekening word in die
inkomstestaat afgeskryf teen koste van verkope om sodoende die werklike koste van
verkope te kry.

Standaardkoste sal in Bestuursrekeningkunde behandel word.

11 - 20
Voorbeeld 11.3

Die volgende transaksies het plaasgevind:

Datum Tipe Eenheids- Hoeveelheid Totale bedrag


transaksie prys

01 Maart 20x5 Opening saldo R50.00 100 5 000


05 Maart 20x5 Aankope R51.00 20 1 020
10 Maart 20x5 Aankope R52.00 30 1 560
12 Maart 20x5 Verkope ? 15 ?
18 Maart 20x5 Aankope R55.00 50 2 750
25 Maart 20x5 Verkope ? 100 ?

Verlang:

1. Bereken die koste van verkope en eindvoorraad volgens die deurlopende stelsel
indien die:
 EIEU-stelsel
 Geweegde gemiddelde stelsel gebruik word

2. Bereken die koste van verkope en eindvoorraad volgens die periodieke stelsel
indien die:
 EIEU-stelsel
 Geweegde gemiddelde stelsel gebruik word

11 - 21
DEURLOPENDE STELSEL

Eerste-in-eerste-uit metode

Dit wat eerste aangekoop word, word eerste verkoop

Voorraad
01/03/05 Begin 5 000 12/03/05 Koste van verkope 750
voorraad (15 x 50)
(100 x 50) Beginvoorraad se goedere

05/03/05 Aankope 1 020 25/03/05 Koste van verkope 5 015


(20 x 51) (85 x 50)
Oorblywende
beginvoorraad
(15 x 51)
10/03/05 Aankope 1 560 Aankope op 05/03
(30 x 52)

18/03/05 Aankope 2 750 Saldo 4 565


(50 x 55)

10 330 10 330

Saldo *4 565

* (5x51) + (30x52) + (50x55)

Koste van verkope = 750 + 5 015 = 5 765

11 - 22
Geweegde gemiddelde metode

Die geweegde gemiddelde koste word elke keer bereken as daar ‘n verkooptransaksie is

Voorraad
01/03/05 Begin 5 000 12/03/05 Koste van verkope 758
voorraad (5000 + 1020 +
(100 x 50) 1560)/150 = 50.53 x 15

05/03/05 Aankope 1 020


(20 x 51)

10/03/05 Aankope 1 560 25/03/05 Koste van verkope 5 174


(30 x 52) (50.53 x 135) + 2750 =
9 572
9 572/(135 + 50) =
51.74 x 100

18/03/05 Aankope 2 750 Saldo 4 398


(50 x 55)

10 330 10 330

Saldo *4 398

* (85x51.74)

Koste van verkope = 758 + 5 174 = 5 932

11 - 23
PERIODIEKE STELSEL

Eindvoorraad bestaan uit 85 eenhede:

Beginvoorraad 100
+ Aankope 20
+ Aankope 30
- Verkope (15)
+ Aankope 50
- Verkope (100)
Eindvoorraad 85

Eerste-in-eerste-uit metode

Eindvoorraad is die eenhede laaste aangekoop.

Eindvoorraad = 85 eenhede wat soos volg waardeer is:

50 Eenhede x R55 (18/3/05) = R2 750


30 Eenhede x R52 (10/03/05) = R1 560
5 Eenhede x R51 (05/03/05) = R 255
Eindvoorraad R4 565

Koste van verkope = Beginvooraad plus aankope min eindvoorraad

Koste van verkope = 5 000 + 5 330 – 4 565 = 5 765

In die geval van die EIEU-stelsel is die waarde van die eindvoorraad en die koste van
verkope presies dieselfde ongeag of die deurlopende of die periodieke stelsel gebruik
word omdat dit wat eerste aangekoop word altyd eerste verkoop word.

Geweegde gemiddelde metode

Geweegde gemiddeld eenheidsprys:

(5 000 + 1 020 + 1 560 + 2 750) / (100 + 20 + 30 + 50) = 51.65

Eindvoorraad = 85 x 51.65 = 4 390.25

Koste van verkope = Beginvooraad plus aankope min eindvoorraad

Koste van verkope = 5 000 +5 330 – 4 390.25 = 5 939.75

In geval van die geweegde gemiddelde stelsel gaan die bedrae verskil tussen die twee
voorraadstelsels. Die rede is dat by die deurlopende stelsel die gemiddelde waarde van
die voorraad berken word voor elke verkooptransaksie om die koste van verkope te
bepaal.

By die periodieke stelsel word die gemiddelde waarde van die voorraad slegs een keer vir
die hele periode bereken, en nie voor elke verkooptransaksie nie.

11 - 24
‘n Opsomming van bostaande berekeninge en ‘n vergelyking tussen die verskillende
voorraadstelsels en koste metodes ten opsigte van eindvoorraad en koste van verkope
word in die tabel hieronder getoon:

Eindvoorraad Koste van Verkope

Deurlopend Periodiek Deurlopend Periodiek

EIEU 4 565 4 565 5 765 5 765

GG 4 398 4 390 5 932 5 940

11 - 25
11.6 Voorraadverliese en versekeringseise

Dit gebeur soms dat bates van die onderneming geheel of gedeeltelik beskadig of verloor
word as gevolg van brande, vloede, diefstal, ens. Hierdie verliese kan of as normaal of as
abnormaal beskou word, afhangend van die aard en omvang van die gebeurtenis.

‘n Normale voorraadverlies is daardie verliese wat normaalweg voortvloei uit ‘n


onderneming se gewone besigheid. Dit is byvoorbeeld normaal vir ‘n brandewynstokery
om x% van sy spiritus te verloor weens verdamping. Om die wynkelder in staat te stel om
sy gewone bedrywighede te verrig gaan hulle daardie aantal liters verloor. Omdat dit ‘n
normale deel is van hul besigheid word dit beskou as deel van hul koste van verkope.

‘n Abnormale verlies is verliese aangegaan, wat nie normaalweg deel is van hul besigheid
nie. Voorbeelde van abnormale verliese is verliese weens brande en vloede en enige
ander verliese gemaak wat nie normaalweg deel vorm van hul bedrywighede nie. Daardie
verliese is nie deel van koste van verkope nie. Dit is ‘n gewone uitgawe.

Ondernemings kan egter versekering uitneem om die onderneming te beskerm teen


sodanige verliese.

Alle versekeringskontrakte het gewoonlik ‘n klousule in wat bepaal dat waar voorraad nie
vir die volle waarde daarvan verseker is nie, die skade wat gely is ook nie ten volle
vergoed sal word nie.

Die formule wat dan toegepas word om die waarde van die versekeringseis te bepaal is:

versekerde bedrag
waarde van voorraad ten tyde van verlies x waarde van voorraad vernietig

Die voorraad word ook vir doeleindes van die eis waardeer op die basis ooreengekom in
die versekeringskontrak (wat kan verskil van die basis of kosteformule deur die
onderneming gebruik).

Soms sal dit gebeur dat die bedrag van die voorraad wat vernietig is onbekend is. Die
bedrag van die verlies kan dan vasgestel word deur ‘n beraamde handelsrekening op te
stel vir die tydperk sedert die jongste finale rekeninge opgestel is. Die volgende stappe sal
gevolg word:

1. Deur ‘n beraming te maak van die bruto winssyfer (werklike verkope x bruto wins
persentasie), kan koste van verkope bereken word (verkope – bruto wins).
2. Beraamde eindvoorraad kan dan bereken word (beginvoorraad + aankope – koste van
verkope).
3. Indien alle eindvoorraad vernietig is, is die volle beraamde eindvoorraad bedrag die
bedrag wat geëis moet word van die versekeringsmaatskappy. As sekere van die
voorraad nie beskadig is nie, word die onbeskadigde voorraad afgetrek van beraamde
eindvoorraad om die bedrag van die voorraadverlies te bepaal.

11 - 26
11.7 Die afsluitingsproses

Aan die einde van die finansiële tydperk word die grootboekrekeninge ten opsigte van
inkomstestaat items saamgevoeg in geriefsrekeninge om die wins/verlies vir die tydperk te
bereken wat ‘n toename of afname in ekwiteit tot gevolg het. Die volgende is die mees
algemene geriefsrekeninge:

• Koste van verkope


• Handelsrekening
• Wins- en-verliesrekening

’n Diagrammatiese voorstelling van die afsluitingsproses word uiteengesit in Bylaag A en B.

Voorbeeld 11.4

Die volgende afkortings word gebruik:

- KOJ = Kontantontvangstejoernaal
- KBJ = Kontantbetalingsjoernaal
- AJ = Aankoopjoenaal
- VJ = Verkoopjoernaal
- ATJ = Aankoopterugsendingsjoernaal
- VTJ = Verkoopterugsendingsjoernaal

Die stappe wat gevolg sal word in die afsluitingsproses word soos volg geillustreer:

Stap 1 - Aankoopretoere en korting ontvang word afgesluit na Aankope

Aankoopretoere
31/12 Aankope Jnl 1 1 250 Krediteure Saldo 1 250

1 250 1 250

Korting ontvang
31/12 Aankope Jnl 2 650 Bank Saldo 650

650 650

Aankope
Krediteure Saldo 6 700 31/12 Aankoopretoere Jnl 1 1 250
Bank Saldo 10 900 31/12 Korting ontvang Jnl 2 650
31/12 Koste van verkope Jnl 8 15 700

17 600 17 600

11 - 27
Stap 2 - Verkoopretoere en korting toegestaan word afgesluit na Verkope

Verkoopretoere
Debiteure Totaal 1 365 31/12 Verkope Jnl 3 1 365

1 365 1 365

Korting toegestaan
Debiteure Totaal 1 200 31/12 Verkope Jnl 4 1 200

1 200 1 200

Verkope
31/12 Verkoopretoere Jnl 3 1 365 Debiteure Totaal 27 900
31/12 Korting toegestaan Jnl 4 1 200 Bank Totaal 15 450
31/12 Handelsrekening Jnl 9 40 785

43 350 43 350

Stap 3 - Aankope, voorraad (periodieke voorraadstelsel), en alle uitgawes wat


verband hou met die aankoop van voorraad word oorgedra na
Koste van verkope

Voorraad
01/01 Saldo a/b 29 500 31/12 Koste van verkope Jnl 5 29 500
31/12 Koste van verkope Jnl 6 33 600 31/12 Saldo o/b 33 600

63 100 63 100
01/01 Saldo a/b 33 600

Vraggeld op aankope
Bank Totaal 3 450 31/12 Koste van verkope Jnl 7 3 450

3 450 3 450

Koste van verkope


31/12 Beginvoorraad Jnl 5 29 500 Eindvoorraad Jnl 6 33 600
31/12 Vraggeld op Jnl 7 3 450 31/12 Handelsrekening Jnl 10 15 050
aankope
31/12 Aankope Jnl 8 15 700

48 650 48 650

11 - 28
Stap 4 - Koste van verkope en verkope word oorgedra na die Handelsrekening

Handelsrekening
31/12 Koste van verkope Jnl 10 15 050 31/12 Verkope Jnl 9 40 785
31/12 Wins en verlies Jnl 11 25 735

40 785 40 785

Stap 5 - Die handelsrekening en alle bedyfsinkomste en bedryfsuitgawes word


afgesluit na die Wins- en-verliesrekening

Huur ontvang
31/12 Inkomste 13.9 4 500 Bank Totaal 58 500
vooruitontvang
31/12 Wins en verlies Jnl 12 54 000

58 500 58 500

Rente ontvang
31/12 Wins en verlies Jnl 13 3 000 Bank Totaal 2 750
31/12 Inkomste 13.8 250
ontvangbaar

3 000 3 000

Oninbare skuld verhaal


31/12 Wins en verlies Jnl 22 1 500 Bank 13.3 1 500

1 500 1 500

Salarisse en lone
Bank Totaal 30 025 31/12 Wins en verlies Jnl 15 30 025

30 025 30 025

Skoonmaakmiddels
Bank Totaal 750 Verbruiksvoorraad 13.10 150
31/12 Wins en verlies Jnl 14 600

750 750

11 - 29
Skryfbehoeftes
Bank Totaal 800 31/12 Wins en verlies Jnl 18 800

800 800

Telefoon
Bank Totaal 9 350 31/12 Wins en verlies Jnl 16 10 200
Agterstallige 13.6 850
uitgawe

10 200 10 200

Versekering
Bank Totaal 12 000 31/12 Vooruitbetaalde 13.7 3 000
uitgawe
31/12 Wins en verlies Jnl 17 9 000

12 000 12 000

Oninbare skuld
31/12 Debiteurekontrole 13.1 10 000 Bank 13.2 1 500
31/12 Wins en verlies Jnl 20 8 500
10 000 10 000

Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure (uitgawe)


Toelaag vir 13.5 2 500 31/12 Wins en verlies Jnl 21 2 500
kredietverliese van
debiteure

2 500 2 500

Waardevermindering
31/12 Opgelope wdv Totaal 3 000 31/12 Wins en verlies Jnl 19 3 000

3 000 3 000

11 - 30
Wins- en-verliesrekening
Skoonmaakmiddels Jnl 14 600 Handelsrekening Jnl 11 25 735
Salarisse en lone Jnl 15 30 025 Huur ontvang Jnl 12 54 000
Telefoon Jnl 16 10 200 Rente ontvang Jnl 13 3 000
Versekering Jnl 17 9 000 Oninbare skuld Jnl 22 1 500
Skryfbehoefes Jnl 18 800 verhaal
Waardevermindering Jnl 19 3 000
Oninbare skuld Jnl 20 8 500
Beweging in toelaag Jnl 21 2 500
vir kredietverliese
van debiteure

Kapitaal Jnl 23 19 610

84 235 84 235

Die afsluitingsjoernale sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word op 31
Desember 20x7

Jnl Besonderhede Debiet Krediet

1 Aankoopretoere 1 250
Aankope 1 250
(Afsluiting van aankoopretoere)

2 Korting ontvang 650


Aankope 650
(Afsluiting van korting ontvang)

3 Verkope 1 365
Verkoopretoere 1 365
(Afsluiting van verkoopretoere)

4 Verkope 1 200
Korting toegestaan 1 200
(Afsluiting van korting toegestaan)

5 Koste van verkope 29 500


Voorraad 29 500
(Oordrag van beginvoorraad na koste van
verkope)

6 Voorraad 33 600
Koste van verkope 33 600
(Oordrag van kosprys van eindvoorraad na
voorraad)

11 - 31
7 Koste van verkope 3 450
Vraggeld op aankope 3 450
(Afsluiting van vraggeld op aankope)

8 Koste van verkope 15 700


Aankope 15 700
(Afsluiting van aankope na koste van
verkope)

9 Verkope 40 785
Handelsrekening 40 785
(Oordrag van verkope na handelsrekening
om bruto wins te bepaal)

10 Handelsrekening 15 050
Koste van verkope 15 050
(Oordrag van koste van verkope na
handelsrekening op bruto wins te bepaal)

11 Handelsrekening 25 735
Wins-en-verlies 25 735
(Oordrag van bruto wins na wins-en-
verliesrekening)

12 Huur ontvang 54 000


Wins-en-verlies 54 000
(Afsluiting van huur ontvang)

13 Rente ontvang 3 000


Wins-en-verlies 3 000
(Afsluiting van rente ontvang)

14 Wins-en-verlies 600
Skoonmaakmiddels 600
(Afsluiting van skoonmaakmiddels)

15 Wins-en-verlies 30 025
Salarisse en lone 30 025
(Afsluiting van salarisse en lone)

16 Wins-en-verlies 10 200
Telefoon 10 200
(Afsluiting van telefoon)

11 - 32
17 Wins-en-verlies 9 000
Versekering 9 000
(Afsluiting van versekering)

18 Wins-en-verlies 800
Skryfbehoeftes 800
(Afsluiting van skryfbehoeftes)

19 Wins-en-verlies 3 000
Waardevermindering 3 000
(Afsluiting van waardevermindering)

20 Wins-en-verlies 8 500
Oninbare skuld 8 500
(Afsluiting van oninbare skuld)

21 Wins-en-verlies 2 500
Beweging in toelaag vir kredietverliese 2 500
(Afsluiting van beweging in toelaag vir
kredietverliese van debiteure)

22 Oninbare skuld verhaal 1 500


Wins-en-verlies 1 500
(Afsluiting van oninbare skuld verhaal)

23 Kapitaalbydraes 10 000
Wins-en-verlies 19 610
Kapitaalonttrekkings 4 450
Kapitaal (01/01/20x7) 25 160
(Afsluiting van wins-en-verlies en
kapitaalrekeninge)

11 - 33
BYLAAG A: DIE AFSLUITINGSPROSES: PERIODIEKE
VOORRAADSTELSEL

Aankoop- Korting
retoere ontvang

STAP 1 AANKOPE

Verkoop Korting
retoere toegestaan

STAP 2 VERKOPE

Ander Begin- Eind-


uitgawes voorraad voorraad

KOSTE
STAP 3 VAN
VERKOPE

STAP 4 HANDELSREKENING
(Bruto wins)

Bedryfs- Bedryfs-
inkomste uitgawes

STAP 5 WINS-EN VERLIES

STAP 6 Kapitaalbydraes/onttrekkings KAPITAAL

11 - 34
BYLAAG B: DIE AFSLUITINGSPROSES: DEURLOPENDE
VOORRAADSTELSEL

Aankoop-
retoere

STAP 1 VOORRAAD

Verkoop Korting
retoere toegestaan

STAP 2 VERKOPE

Korting
ontvang

KOSTE
STAP 3 VAN
VERKOPE

STAP 4 HANDELSREKENING
(Bruto wins)

Bedryfs- Bedryfs-
inkomste uitgawes

STAP 5 WINS-EN VERLIES

STAP 6 Kapitaalbydraes/onttrekkings KAPITAAL

11 - 35
HOOFSTUK 11
VRAE

Bladsy

Vraag 11.1 Berekening: Kosprys van voorraad 11- 37

Vraag 11.2 Berekening: Koste 11 - 38

Vraag 11.3 Netto realiseerbare waarde 11 - 39

Vraag 11.4 Berekening: Netto realiseerbare waarde 11 – 40

Vraag 11.5 Berekening: Netto realiseerbare waarde 11 – 41

Vraag 11.6 Grootboekrekeninge: Koste van verkope & Handelsrekening 11 – 42


Joernaalinskrywings: onttrekkings & advertensie
(periodieke voorraadstelsel)

Vraag 11.7 Grootboekrekeninge: Koste van verkope & Handelsrekening 11 – 43


Joernaalinskrywings: skenkings/donasies & voorraadverlies
(periodieke voorraadstelsel)

Vraag 11.8 Grootboekrekeninge: Voorraad 11 – 44


(deurlopende voorraadstelsel en SI)

Vraag 11.9 Grootboekrekeninge: Koste van verkope & Handelsrekening 11 – 45


Joernaalinskrywings: onttrekkings & advertensie
(periodieke voorraadstelsel)

Vraag 11.10 Joernaalinskrywings 11 – 46


(periodieke voorraadstelsel)

Vraag 11.11 Grootboekrekeninge: Voorraad & Koste van verkope 11 – 47


Joernaalinskrywings: onttrekkings & advertensie
(deurlopende voorraadstelsel)

Vraag 11.12 Grootboekrekeninge: Sluitingsproses 11 – 48


Joernaalinskrywings: Sluitingsproses

Vraag 11.13 Grootboekrekeninge: Koste van verkope 11 – 49


(SI, GG, EIEU koste formules)

Vraag 11.14 Grootboekrekeninge: Voorraad 11 – 50


(GG & EIEU kosteformules)

Vraag 11.15 Berekening: Koste van verkope & Voorraad 11 – 51


(deurlopende & periodieke voorraadstelsels)
(GG & EIEU koste formules)

11 - 36
VRAAG 11.1

La Vie Water is 'n eenmansaak wat handel dryf in gebotteleerde minerale water. Die
water word aangekoop van 'n plaaslike boer en in groot plastiek houers per vragmotor
vervoer na die fabriek, waar dit gebotteleer word en etikette op geplaas word. Alle
verkope vind plaas by die fabriek se verkoopslokaal. In sommige gevalle versoek die
kliënte dat die bottels in kartonne verpak word, in welke gevalle die bottels in die
verkoopslokaal self verpak word. Versendings aan kliënte word op die onderneming se
koste en in alle gevalle per spoor gedoen.

Die onderneming het onder andere die volgende kostes aangegaan gedurende die tydperk
1 April 20x6 tot 31 Maart 20x7:

R
Aankope van water 282 440
Aankope van plastiek houers en bottels 124 390
Aankope van kartonne 9 420
Aankope van etikette 22 410
Advertensiekoste 11 790
Spoorvragkoste 4 670
Vervoerkoste van plastiek houers 8 110
Lone betaal - Fabriekswerkers 44 000
- Verkoopslokaal-personeel 28 600

Addisionele inligting:

- Die onderneming het 205 200 bottels water gebotteleer gedurende die jaar geëindig
31 Maart 20x7.

VAN U WORD VERLANG OM

die kosprys, soos gedefinieer vir rekeningkundige doeleindes, van die 205 200 bottels te
bereken.

11 - 37
VRAAG 11.2

Broom-Broom Ltd. vervaardig handgemaakte speelgoedkarretjies. Parte en verf word


vanaf China ingevoer en by die fabriek afgelewer. Nadat die karretjies se parte aanmekaar
gesit is, word dit deur uitgekontrakteerde kunstenaars geverf. ‘n Finale kwaliteitinspeksie
word gedoen, waarna die karretjies in deurskynende boksies met die entiteit se
handelsmerk daarop verpak word. Verkope vind by die fabriek se verkoopslokaal asook
via die internet plaas. Versendings aan kliënte ten opsigte van internetverkope word op die
onderneming se koste en in alle gevalle per spoor gedoen. Versendings per spoor word in
groot kartonbokse verpak.

Die volgende saldo’s het onder andere op 31 Mei 2012 in die algemene grootboek
verskyn:
R
Voorraad op 1 Junie 2011 23 213
Aankope – Parte en verf 275 858
Aankoopretoere van swak kwaliteit parte en verf 6 492
Elektrisiteit & water – Fabriek waar karretjies vervaardig word 45 951
Elektrisiteit & water – Administratiewe kantore 23 654
Aankope – Deurskynende boksies 8 946
– Groot kartonbokse 7 321
Spoorvragkoste 55 229
Invoerkoste 99 456
Salarisse en Lone – Vervaardigingspersoneel 45 123
– Kwaliteitinspeksiepersoneel 65 128
– Verkoopslokaalpersoneel 12 497
– Uitgekontrakteerde kunstenaars 17 564
– Skoonmaakpersoneel 22 543

U stel onder andere die volgende vas:

1. Die kosprys van die voorraad het op 31 Mei 2012 R13 421 beloop.

VAN U WORD VERLANG OM

die Koste van verkope grootboekrekening vir speelgoed karretjies, behoorlik afgesluit, vir
die jaar geëindig 31 Mei 2012 op te stel.

11 - 38
VRAAG 11.3

Pick 'n Plant Produkte is 'n onderneming wat handel dryf in vars groente en vrugte. Dit is
die onderneming se beleid om konstant 'n bruto wins van 25% op die verkoopprys van sy
produkte te realiseer.

Die kosprys van die onderneming se voorraad het R28 764 bedra op 31 Maart 20x7. U
stel egter vas dat dié syfer voorraad met 'n kosprys van R6 675 insluit wat nie meer vars
was nie en die volgende dag van die winkel se rakke verwyder moes word. Die betrokke
voorraad kon egter aan 'n plaaslike varkboer verkoop word op die volgende basis:

- Die voorraad is gekoop teen die normale verkoopprys, waarop 'n handelskorting van
60% toegestaan is.
- 'n Kontantkorting van 5% moet toegestaan word vir kontantbetaling.
- Die boer het onderneem om die bestaande verpakking van die produkte te verwyder
teen 'n koste van R250.
- Die onderneming moes die produkte na die boer se plaas vervoer word teen 'n koste
van R356.
- Die onderneming moes die produkte in die boer se houers verpak teen 'n koste van
R100.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Die netto realiseerbare waarde van die voorraad wat nie meer vars was nie te
bereken.

(b) Die waarde waarteen die voorraad in die Balansstaat op 31 Maart 20x7 getoon moet
word om te voldoen aan die vereistes van IFRS / AARP, te bereken.

(c) Die joernaalinskrywing wat t.o.v. voorraad op 31 Maart 20x7 gemaak sal word, te
toon.

11 - 39
VRAAG 11.4

Happy Campers is ’n onderneming wat handel dryf in kampeertoerusting. Die


onderneming het ’n aantal takke regoor Suid-Afrika. Die afgelope finansiële jaar het die
onderneming druk ervaar as gevolg van die toetrede van ’n nuwe mededinger, Due North,
wat tente vanaf Indië teen goedkoper pryse invoer.

Dit is die onderneming se beleid om ‘n bruto wins van 50% op die kosprys van alle
produkte te realiseer.

‘n Fisiese voorraadopname is op 29 Februarie 2012, die einde van die finansiële jaar,
gedoen en daarvolgens het die kosprys van die totale voorraad R800 000 bedra. Ingesluit
in die totale voorraad is 550 tente met ’n kosprys van R900 elk. Die verkoopsbestuurder
van Happy Campers het aangedui dat hierdie tente nie teen die huidige verkoopsprys in
die mark verkoop kan word nie. Hierdie tente is dus op ’n uitverkoping op 15 Maart 2012
op die volgende basis verkoop:

1. Die verkoopprys was 60% van die normale verkoopprys.

2. ‘n Kontantkorting van 10% sal toegestaan word vir vereffening van die verskuldigde
bedrag binne 30 dae.

3. Alle tente moet na die hoofkantoor gestuur word, aangesien die uitverkoping van die
tente slegs vanaf hierdie tak sal geskied. Die tente moet spesiaal verpak word voordat
dit na hoofkantoor versend word. Die koste hiervan is as volg:

- Vervoerkoste van tente vanaf ander takke R8 900


- Spesiale verpakking van tente R4 300

4. Die salarisse van die verkoopspersoneel van die hoofkantoor beloop R11 200 per
maand.

5. Nuwe etikette moet op die tente aangebring word voordat dit in die winkel vertoon kan
word vir die uitverkoping. Die koste van die nuwe etikette beloop R1 200.

VAN U WORD VERLANG OM:

a) die netto realiseerbare waarde van die tente op 29 Februarie 2012 te bereken.

b) die joernaalinskrywings in die algemene joernaal van Happy Campers om die tente
teen die netto realiseerbare waarde te toon op 29 Februarie 2012 te verskaf. Geen
joernaalomskrywings word verlang nie.

c) die waarde waarteen die item “handelsvoorraad” in die balansstaat van die
onderneming op 29 Februarie 2012 getoon moet word, te bereken.

11 - 40
VRAAG 11.5

YB Sport is ʼn onderneming wat in die verkoop van sportdrag spesialiseer. Met die Krieket
Wêreldbeker wat in Engeland plaasgevind het, het YB Sport begroot dat hul verkope van
Suid-Afrikaanse kriekettruie baie sou toeneem. As gevolg van die swak vertoning van die
Suid-Afrikaanse krieketspan tydens die Wêreldbeker, het die verkope egter nie so goed
soos beplan verloop nie en YB Sport het nog 2 000 Suid-Afrikaanse kriekettruie oor. YB
Sport se finansiële jaareinde is 31 Maart 2019.

Dit is die onderneming se beleid om vir Krieket Wêreldbeker truie ʼn bruto winspersentasie
van 40% op die kosprys te realiseer.

Op 31 Maart 2019 het die bestuur van YB Sport bevestig dat slegs 400 van die 2 000 truie
teen hul normale verkoopprys verkoop sal kan word. Die oorblywende 1 600 truie sal teen
ʼn handelskorting van 50% aan ʼn krieket-ontwikkelingsskool verkoop word. Die kosprys
van die truie is R280 elk.

YB Sport sal die oorblywende 1 600 truie teen ʼn vaste koste van R4 000 na die krieket-
ontwikkelingsskool vervoer. YB Sport sal die truie herverpak voordat dit verkoop word. Die
koste van personeel wat direk by die herverpakking betrokke is, beloop R2 000. Die
krieket-ontwikkelingsskool beoog om hul embleem teen ʼn koste van R40 per trui op die
truie aan te bring.

VAN U WORD VERLANG OM

a) die netto realiseerbare waarde van die 1 600 Suid-Afrikaanse Krieket Wêreldbeker-
truie op jaareinde te bereken.

b) die joernaalinskrywing(s) om die voorraad op 31 Maart 2019 teen die netto


realiseerbare waarde te toon, te verskaf. Geen joernaalomskrywings word
verlang nie.

Rond bedrae tot die naaste rand af, indien nodig. Toon alle berekeninge. Ignoreer
BTW.

11 - 41
VRAAG 11.6

La Vie Water is 'n eenmansaak wat handel dryf in gebotteleerde minerale water. Die
water word aangekoop van 'n plaaslike boer, in groot plastiek houers per vragmotor
vervoer na die fabriek, waar dit gebotteleer word en etikette op geplaas word. Alle
verkope vind plaas by die fabriek se verkoopslokaal. In sommige gevalle versoek die
kliënte dat die bottels in kartonne verpak word, in welke gevalle die bottels in die
verkoopslokaal self verpak word. Versendings aan kliënte word op die onderneming se
koste en in alle gevalle per spoor gedoen.

Dit is die onderneming se beleid om konstant 'n bruto wins van 40% op die produk se
verkoopprys te realiseer.

Die volgende is 'n uittreksel van sekere items wat in die proefbalans op 31 Maart 20x7,
die einde van die finansiële jaar, verskyn het:

R
Voorraad teen kosprys op 1 April 20x6 30 000
Aankope van water 282 440
Aankope van plastiek houers en bottels 124 390
Aankope van kartonne 9 420
Aankope van etikette 22 410
Aankoopretoere van water 30 000
Advertensiekoste 11 790
Spoorvragkoste 4 670
Vervoerkoste van plastiek houers 8 110
Lone betaal - Fabriekswerkers 44 000
- Verkoopslokaal- personeel 28 600

Addisionele inligting:

1. Alle verkope het teen "normale" pryse plaasgevind en daar was geen voorraad verliese
gedurende die jaar nie.
2. Die eienaar het gedurende die jaar van die gebotteleerde water met 'n totale
verkoopprys van R2 800, vir sy persoonlike gebruik geneem, waarvoor tot datum nog
geen inskrywing gemaak is nie.
3. Die onderneming het ook gedurende die jaar gebotteleerde water met 'n totale
verkoopprys van R2 000, gratis vir advertensiedoeleindes, aan potensiële kliënte
beskikbaar gestel, waarvoor tot datum nog geen inskrywings gemaak is nie.
4. Volgens 'n fisiese voorraadtelling op 31 Maart 20x7, het die kosprys van die voorraad,
R27 000 op daardie datum bedra.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die algemene joernaalinskrywings ten opsigte van die produkte deur die eienaar vir
privaatdoeleindes gebruik en die produkte vir advertensiedoeleindes gebruik, te toon.

(b) die Koste van Verkope en Handelsrekening, behoorlik afgesluit, vir die jaar geëindig
31 Maart 20x7, te toon.

Nota: vir ‘n voorbeeld van ‘n deurlopende voorraadstelsel, sien Vraag 11.11

11 - 42
VRAAG 11.7

Die Pie Palace is 'n onderneming wat handel dryf in 'n verskeidenheid vleispasteie wat
deur huisvroue volgens 'n spesiale resep gebak word. Die onderneming voorsien die
baksters van al die nodige bestanddele en verpakkingsmateriaal wat by hul huise
afgelewer word. Die gebakte pasteie word in groot kartonhouers gepak wat deur die
onderneming opgelaai en vervoer word na die onderneming se winkel. In die winkel se
stoorkamer word die pasteie almal eers in deurskynende papiersakkies met die
onderneming se naam daarop verpak en nagegaan vir kwaliteit deur die assistent-
bestuurder, waarna die verpakte pasteie op die rakke in die verkoopslokaal gepak word.
Pasteie wat verkoop word, word in meeste gevalle in plastieksakkies vir kliënte geplaas,
tesame met blikkies koeldranke wat ook te koop aangebied word.

Die volgende saldo's het onder andere in die grootboek van die onderneming verskyn op
28 Februarie 20x7:
R
Voorraad op 1 Maart 20x6 - Gebakte pasteie 3 140
- Koeldranke 1 224
Aankope - Pastei-bestanddele 48 163
- Koeldranke 22 286
Aankope - Kartonhouers 1 644
- Papiersakkies 2 625
- Plastieksakkies 1 994
Vervoerkoste - Na baksters 1 526
- Vanaf baksters 2 414
Advertensiekoste - Brosjures 1 006
- Koerante 1 822
Salarisse en lone - Baksters 61 416
- Verkoopsbestuurder 48 290
- Assistent-bestuurder 36 620
- Skoonmaaksters 18 775

Addisionele inligting:

1. Dit is die onderneming se beleid om konstant 'n bruto wins van 50% op die kosprys van
produkte te realiseer. Alle produkte is teen normale pryse gedurende die jaar verkoop.
2. Die onderneming het op 6 April 20x6 pasteie met 'n verkoopprys van R225 aan die
tehuis vir bejaardes geskenk en pasteie met 'n verkoopprys van R285 op 19 Julie 20x6
weggegooi, aangesien dit nie aan die onderneming se standaarde voldoen het nie.
Geen inskrywings is vir hierdie gebeurtenisse te boek gestel nie.
3. Die verkoopprys van die voorraad pasteie het R3 330 en die verkoopprys van die
voorraad koeldranke het R1 995 bedra op 28 Februarie 20x7.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die Koste van verkoperekening en die Handelsrekening vir slegs pasteie in die
algemene grootboek, behoorlik afgesluit, vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x7 te
toon.

(b) die joernaal-inskrywings te toon ten opsigte van die rekeningkundige gebeurtenisse
wat in addisionele inligting 2 omskryf is, te toon.

11 - 43
VRAAG 11.8

Infotek Trading is ‘n onderneming wat handel dryf in rekenaars. Die onderneming maak
gebruik van ‘n deurlopende voorraadstelsel en gebruik die spesifieke identifikasie
metode van kosprysbepaling van sy voorraad.

Die onderneming het die volgende rekenaars in voorraad gehad op 1 Maart 20x7:

Model Getal Kosprys per item


PA21 6 R4 586
LC5 3 R7 291
GQ100 9 R9 997

Die onderneming het die volgende transaksies ten opsigte van rekenaars gedurende
Maart 20x7 aangegaan:

Mrt 04 Koop 4 modelle FG44 aan van ABC Computers vir R 5 439 elk.
09 Verkoop 1 model GQ100 aan D Foster vir R12 384.
12 Verkoop 2 modelle FG44 aan Stelkor Properties vir R6 385 elk.
13 Stelkor Properties stuur 1 van die model FG44 wat defektief is, terug.
17 Verkoop 3 Modelle GQ100 aan Markies Trading vir R12 650 elk.
19 Een model LC5 word uit voorraad geneem vir die onderneming se eie gebruik.
22 Koop 4 modelle BW13 aan van ABC Computers vir R6 060 elk.
23 Stuur 1 van die modelle BW13 wat defektief is terug aan ABC Computers.
25 Die eienaar neem 1 van die model BW13 uit voorraad vir sy persoonlike gebruik.

VAN U WORD VERLANG OM

die voorraadrekening vir rekenaars vir Maart 20x7 in die algemene grootboek, behoorlik
afgesluit en gedateer, op te stel waarin al die toepaslike rekeningkundige gebeurtenisse vir
Maart 20x7 afsonderlik getoon sal word.

11 - 44
VRAAG 11.9

Zorgsaam Kelder is ‘n wynkelder wat boetiek wyne maak en botteleer vir verkope aan
oorsese toeriste. Die druiwe word aangekoop van ‘n paar eksklusiewe wynplase, vanwaar
dit per pad met tenkwaens vervoer word na die wynkelder. Die druiwe word in die kelder
gepars en in houtvate verouder. Na behoorlike veroudering word die wyne versnit en
gebotteleer. Die gebotteleerde wyn word in ‘n kelder gestoor, gereed vir verkoop.
Verkoopte produkte word in kartonhouers verpak indien die kliënt dit vereis. Grootmaat
verkope word op die onderneming se koste per lugvrag versend aan die betrokke kliënte.

Die volgende saldo’s het onder andere in die algemene grootboek van Zorgsaam Kelder
verskyn op 28 Februarie 20x7, die einde van die finansiële jaar:
R
Voorraad gebotteleerde wyn op 1 Maart 20x6 39 218
Aankope van druiwe 389 235
Aankope van bottels 34 207
Aankope van etikette 9 291
Aankoopretoere van druiwe 11 786
Advertensiekoste 21 823
Padvervoerkoste 24 346
Lugvervoerkoste 36 299
Lone - Verkoopspersoneel 78 922
Lone - Kelderpersoneel 98 896

Addisionele inligting:

1. Dit is die onderneming se rekeningkundige beleid om ‘n bruto wins van 60% op die
kosprys van die wyn te realiseer.
2. Alle verkope het plaasgevind teen normale verkooppryse.
3. Gebotteleerde wyn met ‘n verkoopprys van R3 040 is gedurende die jaar in die
proelokaal gebruik vir bemarkingsdoeleindes, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
4. Gebotteleerde wyn met ‘n verkoopprys van R1 920 is gedurende die jaar deur die
eienaar uit voorraad geneem vir sy persoonlike gebruik, waarvoor geen
rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
5. Die kosprys van die voorraad gebotteleerde wyn het R41 127 bedra op
28 Februarie 20x7.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x7,
behoorlik afgesluit, te toon:
- Koste van verkope rekening
- Handelsrekening

(b) Beide die joernaalinskrywing wat in die algemene joernaal gemaak sal word
ten opsigte van die volgende te toon:
- die wyn wat in die proelokaal vir bemarkingsdoeleindes gebruik is; en
- die wyn deur die eienaar vir persoonlike gebruik uit voorraad geneem is.

11 - 45
VRAAG 11.10

Garden Centre is ’n entiteit wat grassnyers aan verskillende tuinmaakdienste kontrakteurs


verkoop. Dit is die entiteit se beleid om ’n bruto wins van 50% op die verkoopprys van alle
grassnyers te realiseer. Garden Centre maak van ’n periodieke voorraadstelsel gebruik.
Alle aankope en verkope van grassnyers word op krediet gedoen.

Op 1 Maart 2019 het die kosprys van alle grassnyers voorhande R600 000 beloop.

Gedurende Maart 2019 het die volgende transaksies plaasgevind:

• Grassnyers met ’n kosprys van R400 000 is gedurende die maand aangekoop. ʼn
Handelskorting van 10% moet nog in ag geneem word.

• Abnormale voorraadverliese met ʼn totale verkoopprys van R5 000 het ontstaan.

• Grassnyers met ʼn totale kosprys van R2 000 het ʼn elektriese fout gehad en is deur
Garden Centre na die verskaffer teruggestuur.

• Grassnyers met ’n totale verkoopprys van R1 425 000 is gedurende die maand
verkoop.

• Kliënte het grassnyers met ʼn totale verkoopprys van R1 800 teruggestuur aan
Garden Centre omdat die grassnyers foutief was.

• Die eienaar het ʼn grassnyer ter waarde van R1 000 kosprys vir sy eie gebruik
geneem.

Op 31 Maart 2019 het die kosprys van grassnyers voorhande volgens ʼn fisiese
voorraadopname R242 900 beloop.

VAN U WORD VERLANG OM

alle bostaande rekeningkundige transaksies in die algemene joernaal van Garden Centre
te toon, asook al die sluitingsinskrywings, uitgesluit die sluitingsinskrywings na die
handelsrekening en wins-en-verliesrekening.
Geen joernaalomskrywings word verlang nie.

Rond bedrae tot die naaste rand af, indien nodig. Toon alle berekeninge. Ignoreer
BTW.

11 - 46
VRAAG 11.11

La Vie Water is 'n eenmansaak wat handel dryf in gebotteleerde minerale water. Die water
word aangekoop van 'n plaaslike boer, in groot plastiek houers per vragmotor vervoer na
die fabriek, waar dit gebotteleer word en etikette op geplaas word. Alle verkope vind plaas
by die fabriek se verkoopslokaal. In sommige gevalle versoek die kliënte dat die bottels in
kartonne verpak word, in welke gevalle die bottels in die verkoopslokaal self verpak word.
Versendings aan kliënte word op die onderneming se koste en in alle gevalle per spoor
gedoen.

Dit is die onderneming se beleid om konstant 'n bruto wins van 40% op die produk se
verkoopprys te realiseer. Die onderneming maak gebruik van 'n deurlopende
voorraadstelsel.

Die volgende is 'n uittreksel van sekere items kostes aangegaan gedeurende die huidige
finansiële jaar geeindig 31 Maart 20x7:

R
Aankope van water 282 440
Aankope van plastiek houers en bottels 124 390
Aankope van kartonne 9 420
Aankope van etikette 22 410
Aankoopretoere van water 30 000
Advertensiekoste 11 790
Spoorvragkoste 4 670
Vervoerkoste van plastiek houers 8 110
Lone betaal - Fabriekswerkers 44 000
- Verkoopslokaal- personeel 28 600
Verkope van gebottelde water (verkoopprys) 752 450

Addisionele inligting:

1. Alle verkope het teen "normale" pryse plaasgevind en daar was geen voorraad verliese
gedurende die jaar nie.
2. Voorraad teen kosprys op 1 April 20x6 was R30 000.
3. Die eienaar het gedurende die jaar van die gebotteleerde water met 'n totale
verkoopprys van R2 800, vir sy persoonlike gebruik geneem, waarvoor tot datum nog
geen inskrywing gemaak is nie.
4. Die onderneming het ook gedurende die jaar gebotteleerde water met 'n totale
verkoopprys van R2 000, gratis vir advertensiedoeleindes, aan potensiële kliënte
beskikbaar gestel, waarvoor tot datum nog geen inskrywings gemaak is nie.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die algemene joernaalinskrywings ten opsigte van die produkte deur die eienaar vir
privaatdoeleindes gebruik en die produkte vir advertensiedoeleindes gebruik, te toon.

(b) die Voorraad en Koste van Verkope rekeninge, behoorlik afgesluit, vir die jaar
geëindig 31 Maart 20x7, te toon.

11 - 47
VRAAG 11.12

Dormie Fietse is 'n eenmansaak wat handel dryf in fietse. Die volgende saldo's het op 28
Februarie 20x6 in die algemene grootboek van die onderneming verskyn:

R
Kapitaalrekening - Eienaar 135 200
Debiteurekontrole 51 200
Krediteurekontrole 41 520
Vaste eiendom teen kosprys 210 000
Onttrekkings - Eienaar 19 000
Lone en salarisse 18 540
Rente verdien 990
Korting toegestaan 1 050
Langtermynlening verskuldig 120 000
Meubels en toerusting teen drabedrag 9 450
Korting ontvang 760
Verkope van produkte 151 300
Vraggeld op verkope 2 440
Vraggeld op aankope 2 550
Handelsvoorraad op 1 Maart 20x5 33 400
Drukwerk 610
Drukwerk voorraad op 28 Februarie 20x6 400
Verpakkingskoste van produkte aangekoop 4 190
Telefoonkoste 1 480
Elektrisiteitkoste 2 070
Herstelwerk van toerusting 1 020
Monteerkoste van produkte aangekoop 6 420
Skoonmaakkoste van produkte verkoop 1 840
Aankoopretoere 1 960
Verkoopretoere 2 000
Aankope van produkte 77 750
Administrasiekoste 6 320

Addisionele inligting:

1. Die onderneming se finansiële jaar het op 28 Februarie 20x6 geëindig.


2. Op 28 Februarie 20x6 het die kosprys van die voorraad R37 600 bedra.
3. Die volgende kostes vorm ook deel van die kostes om die fietse gereed vir verkoop te
kry: Vraggeld op aankope, verpakkingskostes van produkte aangekoop, en
monteerkoste van produkte aangekoop.

VAN U WORD VERLANG OM

die sluitingsjoernaalinskrywings wat in die algemene joernaal op 28 Februarie 20x6


gemaak sal word ter bepaling van die bruto wins en die netto wins vir die jaar, te toon,
tesame met die joernaalinskrywings ter finale afsluiting van die rekeningkundige rekords
van die onderneming vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x6.

11 - 48
VRAAG 11.13

Maritz Motors is 'n eenmansaak wat handel dryf in nuwe motors en 'n reeks gepaste
onderdele. Dit is die onderneming se beleid om die volgende voorraadstelsels te gebruik
vir die onderskeie items, soos aangedui:

Motorvoertuie - Deurlopende voorraadstelsel


Onderdeel 224P - Deurlopende voorraadstelsel
Onderdeel 376J - Periodieke voorraadstelsel

Op 1 Maart 20x7 was die voorraad van die onderneming soos volg:

Produk Aantal Kosprys per item


Audi A4 1 R116 000
Golf Shuttle 3 R 42 000
Golf GS 2 R 56 000
Jetta CLI 1 R104 000
Onderdeel 224P 30 R 58
Onderdeel 376J 55 R 72

Gedurende Maart 20x7 het die onderneming onder andere die volgende transaksies
aangegaan:

Datum Aard van transaksie Produk Getal Prys per item


02 Verkoop Golf GS 1 R70 000
04 Aankoop Onderdeel 224P 20 R60
11 Aankoop Onderdeel 376J 25 R70
15 Verkoop Golf Shuttle 2 R55 000
17 Verkoop Onderdeel 376J 60 R78
19 Aankoop Jetta CSX 2 R88 000
20 Verkoop Jetta CLI 1 R109 000
22 Aankoop Onderdeel 376J 30 R78
24 Verkoop Onderdeel 224P 40 R68
27 Aankoop Audi A6 2 R120 000
28 Aankoop Onderdeel 376J 50 R81
29 Verkoop Jetta CSX 1 R93 000
30 Aankoop Onderdeel 224P 45 R52

VAN U WORD VERLANG OM:

(a) met behulp van die gepaste grootboekrekening, die kosprys van die voorraad
motorvoertuie op 31 Maart 20x7 volgens die spesifieke identifikasie metode te
bepaal.
(b) met behulp van die gepaste grootboekrekening, die kosprys van die voorraad
onderdeel 224P op 31 Maart 20x7 volgens die lopende geweegde gemiddelde
metode te bepaal.
(c) met behulp van gepaste skedules of berekenings, die kosprys van die voorraad
onderdeel 376J op 31 Maart 20x7 volgens die eerste-in-eerste-uit metode te bepaal:

11 - 49
VRAAG 11.14

Dormie Fietse is 'n eenmansaak wat handel dryf in fietse en fiets onderdele. Die
onderneming maak gebruik van 'n deurlopende voorraadstelsel.

Die volgende is 'n opsomming van voorraadtransaksies wat gedurende Oktober 20x7
plaasgevind het ten opsigte van 'n spesifieke soort onderdeel:

Okt 01 Beginvoorraad - 800 eenhede @ 60c elk


05 Aankope - 200 eenhede @ 70c elk
09 Aankope - 200 eenhede @ 80c elk
16 Verkope - 400 eenhede
24 Aankope - 250 eenhede @ 86c elk
27 Verkope - 500 eenhede

VAN U WORD VERLANG OM

telkens die Voorraadrekening vir Oktober 20x7 in die algemene grootboek te toon,
behoorlik afgesluit, indien die onderneming die kosprys van sy voorraad onderskeidelik
volgens die volgende metodes bereken:

- Geweegde gemiddelde
- Eerste-in-eerste-uit (EIEU)

11 - 50
VRAAG 11.15

All-Spares is ‘n onderneming wat handel dryf in onderdele. Op 1 Mei 20x7 was die
volgende onderdele in voorraad:

Item Hoeveelheid Prys per item

876 E 35 R10
369 V 65 R17

Gedurende Mei 20x7 het die volgende transaksies ten opsigte van die onderdele
plaasgevind:

Datum Item Hoeveelheid Transaksie Prys per item

Mei 03 876 E 20 Aankoop R12


09 876 E 50 Verkoop R15
13 369 V 25 Aankoop R18
16 876 E 25 Aankoop R12
19 369 V 30 Verkoop R20
22 369 V 15 Aankoop R19
25 876 E 15 Aankoop R13
29 876 E 10 Verkoop R15

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Ten opsigte van onderdeel 876 E die volgende te bereken indien die EIEU
kosteformule toegepas word:

(i) kosprys van voorraad voorhande op 31 Mei 20x7 volgens die deurlopende
stelsel
(ii) koste van verkope vir Mei 20x7 volgens die periodieke stelsel

(b) Ten opsigte van onderdeel 369 V die volgende te bereken indien die Geweegde
Gemiddelde kosteformule toegepas word:

(i) kosprys van voorraad voorhande op 31 Mei 20x7 volgens die periodieke
stelsel
(ii) koste van verkope vir Mei 20x7 volgens die periodieke stelsel

11 - 51
HOOFSTUK 12
EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING

Bladsy

Leeruitkomste 12 - 2

12.1 Definisie en klassifikasie 12 - 3

12.2 Kosprys en afskryfbare bedrag 12 - 3

12.3 Waardevermindering en opgelope waardevermindering 12 - 5

12.3.1 Reguitlyn metode


12.3.2 Verminderde saldo metode
12.3.2 Produksie-eenheid metode

12.4 Vaste bate register 12 - 9

12.5 Onterkenning van eiendom, aanleg en toerusting 12 - 9

Vrae 12 - 13

12 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die kosprys van eiendom, aanleg en toerusting te kan identifiseer en


bereken

- die konsep van waardevermindering en opgelope waardevermindering


te verstaan en rekeningkundig te verantwoord

- die onderskeie metodes van berekening van waardevermindering


te identifiseer en toe te pas

- ‘n vaste bate register te kan opstel

- die aankoop en onterkenning van eiendom, aanleg en toerusting


rekeningkundig te kan verantwoord

12 - 2
12.1 Definisie en klassifikasie

‘n Bate is ‘n hulpbron wat deur die entiteit beheer word as gevolg van gebeurtenisse in die
verlede en waaruit toekomstige ekonomiese voordele na verwagting na die entiteit sal
invloei.

Bates word in twee breë groepe verdeel nl. bedryfsbates en nie-bedryfsbates.


Bedryfsbates is bates waarmee handel gedryf word, d.w.s daar is ‘n verwagting dat die
bates in ‘n tydperk van twaalf maande of die entiteit se normale bedryfsiklus sal realiseer,
verkoop of verbruik word. Nie-bedryfsbates is bates wat oor meer as een tydperk benut sal
word om inkomste te genereer.

Nie-bedryfsbates kan as volg geklassifiseer word:

Tasbare bates Ontasbare bates Finansiële bates


Voorbeelde: Voorbeelde: Voorbeelde:
Eiendom Klandisiewaarde Beleggings
- Grond Rekenaarsagteware
- Geboue Patente
Aanleg Handelsmerke
- Masjinerie Kopieregte
- Produksielyne
Toerusting (generies)
- Kantoortoerusting
- Rekenaartoerusting
- Motorvoertuie
- Meubels

Die res van die hoofstuk handel oor die rekeningkundige verantwoording van eiendom,
aanleg en toerusting, soos hierbo uiteengesit.

12.2 Kosprys en afskryfbare bedrag

Afskryfbare bedrag = kosprys van bate minus reswaarde

Kosprys = koopprys van bate en enige regstreekse kostes aangegaan om die bate in ‘n
werkende toestand vir sy beoogde gebruik te bring

Voorbeelde van regsteekse kostes is: vervoerkoste, aanvanklike aflewerings- en


hanteringskoste, installasie koste

Reswaarde = bedrag wat verwag word om verkry te word by die verkoop/inruil van die
bate aan die einde van sy nutsduur, na aftrekking van beraamde verkoops- of
inruilingskoste

Enige kostes wat dus aangegaan word totdat die bate gereed is vir gebruik, word ingesluit
by die kosprys. Enige kostes wat na daardie datum aangegaan word, sal verantwoord
word as uitgawes wat nie deel vorm van die kosprys van die bate nie, met die uitsondering
van uitgawes wat aangegaan word om die oorspronklike beraamde prestasiestandaard
van die bate te verhoog met die gevolg dat daar addisionele toekomstige ekonomiese
voordele na die entiteit sal vloei.

12 - 3
Herstelwerk aan bates sal nie deel vorm van die kosprys van die bate nie, maar as ‘n
uitgawe erken word, aangesien dit slegs die bate se vermoë sal herstel tot by sy
oorspronklike prestasiestandaard.

Wanneer eiendom, aanleg en toerusting vry-aan-boord gestuur word, word eiendomsreg


oorgedra by die plek wat genoem word, òf die besendingspunt òf die aankomspunt. Alle
kostes vanaf daardie plek, word ingesluit by die kosprys van die bate. Met ander woorde:
as dit vry-aan-boord besendingspunt is, sluit dit al die kostes in vanaf die tydstip wat dit die
besendingspunt verlaat en van daar vervoer word. Indien dit vry-aan-boord aankomspunt
is, sluit dit al die kostes in van die tydstip wat dit by die aankomspunt aanland en dus word
alle kostes vanaf die besendingspunt tot die aankomspunt, uitgesluit.

Voorbeeld 12.1

‘n Onderneming vervaardig wyn in Stellenbosch. ‘n Nuwe botteleringsmasjien word vry-


aan-boord Duitsland aangekoop op 31 Mei 20X7. Dit word vanaf Kaapstad hawe vervoer
na Stellenbosch op 15 Junie 20X7 en geïnstalleer in die fabriek op 28 Junie 20X7. Finale
toetse is gedoen op 30 Junie 20X7 en die masjien is daarna gereed vir gebruik.

Die volgende kostes word aangegaan:


R
Aankoopprys 399 000
Skeepsvrag 97 000
Marine versekering 7 800
Alle risko versekering (1 Junie 20X7 – 30 November 20X7) 9 000
Laaikoste - Duitsland 6 500
Laaikoste - Kaapstad 8 900
Vervoer in Duitsland 2 400
Vervoer vanaf Kaapstad hawe tot Stellenbosch 1 300
Herstelwerk (masjien laat val in Kaapstad hawe) 4 000
Monteerkoste 600

Die kosprys van die bate sal soos volg bepaal word:

R
Aankoopprys 399 000
Skeepsvrag 97 000
Marine versekering 7 800
Alle risko versekering (1 Junie 20X7 – 30 Junie 20X7) 1 500
Laaikoste - Kaapstad 8 900
Vervoer vanaf Kaapstad hawe tot Stellenbosch 1 300
Herstelwerk (masjien laat val in Kaapstad hawe) 4 000
Monteerkoste 600
520 100

12 - 4
12.3 Waardevermindering en opgelope waardevermindering

'n Bate wat oor meer as een rekeningkundige periode verbruik word, se waarde verminder
en dus word waardevermindering afgeskryf. Waardevermindering is die toedeling van die
afskryfbare bedrag van 'n afskryfbare bate oor sy geskatte nuttige lewensduur. Met ander
woorde: die aanvanklike koste van eiendom, aanleg en toerusting word deur
waardeverminderingafskrywings as 'n koste teen inkomste afgeskryf oor die ekonomiese
lewensduur van die bate. Dit word gedoen om sodoende redelike aanbieding van
finansiële state te verseker.

Waardevermindering word afgeskryf vanaf die datum wat die bate gereed is vir gebruik, en
nie eers vanaf die datum wat die bate in gebruik geneem word nie. Indien ʼn bate ledig is,
sal waardevermindering nie gestaak word nie, maar steeds afgeskryf word.
Waardevermindering op ‘n bate word gestaak by die vroegste van die datum van
onterkenning van die bate en die datum wat die bate geklassifiseer word as gehou vir
verkoop in ooreenstemming met IFRS 5 (nie van toepassing tot FR 188 nie – gedek in FR
389). Waardevermindering word dus aanhou afgeskryf op ʼn bate wat nie meer benut word
nie en net wag om vervreem te word.

Waardevermindering is ‘n uitgawe en sal dus gedebiteer word en die kosprys van die bate
sal gekrediteer word. Dit is gebruiklik om nie die bate rekening direk te krediteer nie, maar
‘n opgelope waardevermindering rekening te krediteer. By die opstel van die finansiële
state sal die totaal van die opgelope waardevermindering afgetrek word van die kosprys
van eiendom, aanleg en toerusting om die drabedrag van die bate te toon.

Die inskrywing van waardevermindering sal soos volg lyk:

Dt Waardevermindering
Kt Opgelope waardevermindering

Die drabedrag van eiendom, aanleg en toerusting sal soos volg in die balansstaat
openbaar word:

Kosprys xxx
Min: opgelope waardevermindering (xxx)
Drabedrag xxx

12 - 5
Daar is verskeie metodes waarvolgens waardevermindering bereken kan word, waarvan
die volgende die mees algemeenste is:

12.3.1 Reguitlyn metode

Volgens hierdie metode word waardevermindering afgeskryf as ‘n vaste bedrag, gegrond


op 'n vaste persentasie van die afskryfbare bedrag bereken oor die verwagte leeftyd van
die bate om die bate af te skryf vanaf datum gereed vir gebruik. Waar ‘n bate vir ‘n
gedeelte van ‘n jaar gebruik is, word waardevermindering toegedeel. Reswaardes word in
ag geneem.

Voorbeeld
Kosprys = R13 000; Koers = 20% per jaar (of 5 jaar); Reswaarde = R3 000
Jr 1: (13 000 – 3 000) x 20% = 2 000
Jr 2: (13 000 – 3 000) x 20% = 2 000 ens.
(na 5 jaar sal die bate heeltemal afgeskryf wees)

12.3.2 Verminderde saldo metode

Volgens hierdie metode word die waardevermindering afskrywing bereken op die


drabedrag (kosprys min opgelope waardevermindering) van die bate teen ‘n vaste
persentasie vanaf datum gereed vir gebruik. Waar ‘n bate vir ‘n gedeelte van ‘n jaar
gebruik is, word waardevermindering toegedeel. Reswaardes word in ag geneem.

Voorbeeld
Kosprys = R10 000; Koers = 10% per jaar
Jr 1: 10 000 x 10% = 1 000
Jr 2: 10 000 – 1 000 = 9 000 x 10% = 900
Jr 3: 10 000 – 1000 – 900 = 8 100 x 10% = 810 ens.

12.3.3 Produksie-eenheid metode

By die koop van sekere bates, word die ekonomiese leeftyd gegrond op die aantal
produksie-eenhede wat die bate kan vervaardig. Jaarliks word die totale eenhede
vervaardig as 'n persentasie van die begrote totale eenhede geneem, om die
afskrywingspersentasie te verkry. Die persentasie word dan op die afskryfbare bedrag
toegepas. Waar ‘n bate vir ‘n gedeelte van ‘n jaar gebruik is, word waardevermindering nie
toegedeel nie, aangesien dit klaar in ag geneem word omdat net die eenhede wat gebruik
is gedurende die jaar, gebruik word in die berekening. Hierdie metode is ‘n uitsondering op
die standaard dat waardevermindering afgeskryf moet word van die tydstip wat die bate
gereed is vir gebruik.

Volgens hierdie metode word daar geen waardevermindering afgeskryf in die periode van
die tydstip wat die bate reg is vir gebruik totdat dit begin gebruik word nie.
Waardevermindering word eers afgeskryf van die tydstip die bate begin gebruik word
(wanneer vervaardiging begin). Indien die bate slegs vir ‘n gedeelte van die jaar gebruik
word sal daar nie ‘n toedeling wees nie omdat hierdie metode eenhede geproduseer, en
nie tydperk, as basis gebruik. Waardevermindering afgeskryf word beperk tot die totale
12 - 6
begrote eenhede geproduseer. Daar kan gevalle bestaan waar daar meer as die totale
begrote eenhede geproduseer word, maar geen waardevermindering word op die
addisionele eenhede afgeskryf nie. Reswaardes word in ag geneem.

Voorbeeld
Kosprys = R53 000; Reswaarde = R3 000
100 000 totale begrote eenhede
Jr 1: 10 000 eenhede vervaardig
10 000 / 100 000 x (53 000 – 3 000) = 5 000
Jr 2: 15 000 eenhede vervaardig
15 000 / 100 000 x (53 000 – 3 000) = 7 500
Wanneer 100 000 eenhede in totaal vervaardig is – afskrywing van waardevermindering
word gestaak

12 - 7
Voorbeeld 12.2

Inligting:

Kosprys van voertuie op 1 Julie 20X6 R600 000


Voertuie aangekoop op 30 Junie 20X7 R150 000
Opgelope waardevermindering op 1 Julie 20X6 R240 000
Waardevermindering R10 000 per maand

Verlang:

(a) Toon die toepaslike grootboekrekeninge, behoorlik afgesluit op 30 Junie 20X7


(b) Toon die openbaarmaking in die balansstaat op 30 Junie 20X7

Grootboekrekeninge

Voertuie (teen kosprys)


01/07 Saldo a/b 600 000 30/06 Saldo o/b 750 000
30/06 Aankoopjoernaal 150 000
750 000 750 000
01/07 Saldo a/b 750 000

Waardevermindering
30/06 Opgelope wvm 120 000 30/06 Wins-en-verlies 120 000

Opgelope waardevermindering
30/06 Saldo o/b 360 000 01/07 Saldo a/b 240 000
30/06 Wvm 120 000
360 000 360 000
01/07 Saldo a/b 360 000

Balansstaat op 30 Junie 20X7

Eiendom, aanleg en toerusting


Voertuie @ kosprys 750 000
Min: opgelope waardevermindering (360 000)
Drabedrag 390 000

12 - 8
12.4 Vaste bate register

Bates word op verskillende tye teen verskillende kospryse aangekoop, dit sou dus ideaal
wees om vir elke bate sy afsonderlike grootboekrekening in die algemene grootboek te hê
en al die transaksies wat met die bate verband hou daarin aan te teken. Daar is egter
heelwat besonderhede ten opsigte van elke bate waarvan rekord gehou moet word bv.
datum aangekoop, beskrywing, kosprys, waardeverminderingmetode en -koers,
waardevermindering, opgelope waardevermindering ens. Dit is dus onprakties en soms
nie moontlik om al hierdie inligting in ‘n grootboek rekening te versamel nie, daarom word
gebruik gemaak van ‘n vate bate register om al die besonderhede aan te teken. Die vaste
bate register kan dien as die individuele grootboek rekening vir elke bate met
ooreenstemmende kontrolerekeninge (bates teen kosprys en opgelope
waardevermindering) in die algemene grootboek. Die kontrolerekeninge sal al die bedrae
bevat wat in die vaste bate register opgeneem is, maar slegs die saamgevoegde totale.

Die vaste bate register sal volledige administratiewe besonderhede van elke individuele
bate bevat, asook al die inligting rakende rekeningkundige transaksies wat verband hou
met die bate. ‘n Voorbeeld van ‘n vaste bate register word hieronder weergegee:

Beskrywing Datum Kosprys Res- Wvm Afskryfbare Wvm Wvm Wvm Wvm
aangekoop waarde metode bedrag J1 J2 J3 J4

Masjien X 1 Apr 20X1 500 000 - PE 5% 500 000 5 000 7 000 8 000 10 000
Voertuig Y 1 Jun 20X4 100 000 10 000 VS 10% 90 000 9 000 8 100 7 290 6 561
Meubels Z 1 Nov 20X6 100 000 - RL 20% 100 000 20 000 20 000 20 000 20 000

Die vaste bate register sal gevolglik na elke transaksie of gebeurtenis t.o.v. elke
individuele bate op datum gebring word en die ooreenstemmende bate en opgelope
waardevermindering kontrolerekeninge in die algemene grootboek sal met die totale
aangepas word.

12.5 Onterkenning van eiendom, aanleg en toerusting

Die drabedrag van eiendom, aanleg en toerusting word onterken wanneer:


a) dit verkoop word; of
b) geen toekomstige ekonomiese voordele verwag word uit die gebruik of verkoop
daarvan nie.

12.5.1 Verkoop of inruiling van eiendom, aanleg en toerusting

Wanneer eiendom, aanleg en toerusting verkoop of ingeruil word, moet die kosprys en die
opgelope waardevermindering van die bate uit die rekeningkundige rekords (algemene
grootboek en vaste bate register) gehaal word.

Die bates kan verkoop/ingeruil word teen die drabedrag, minder as die drabedrag of vir
meer as die drabedrag. Daar moet dus ook ‘n wins of verlies met verkoop/inruiling van die
bate bereken word. ‘n Wins ontstaan waar die bate vir meer as drabedrag verkoop/ingeruil
word, en ‘n verlies onstaan waar die bate vir minder as drabedrag verkoop/ingeruil word.

12 - 9
‘n ‘Realisasie’ rekening word gebruik om die opbrengs met verkoop/inruiling van die bate
te vergelyk met die drabedrag (kosprys min opgelope waardevermindering) van die bate
om sodoende die wins of verlies met die verkoop/inruiling van die bate te bepaal.

Die volgende stappe moet gevolg word by die onterkenning van eiendom, aanleg en
toerusting:

1. Skryf waardevermindering op die bates af tot op die datum van verkoop/inruiling

Dt Waardevermindering
Kt Opgelope waardevermindering

2. Dra die kosprys van die bate oor na die realisasie rekening

Dt Realisasie
Kt Bate @ kopsrys

3. Dra die opgelope waardevermindering van die bate oor na die realisasie rekening

Dt Opgelope waardevermindering
Kt Realisasie

4. Teken die opbrengs van die verkoop/inruiling aan in die realisasie rekening

Dt Bank/debiteur
Kt Realisasie

5. Sluit die realisasie rekening af en dra die wins of verlies oor na die wins/verlies met
verkoop van eiendom, aanleg en toerusting rekening

6. Verwyder die inligting met betrekking tot die bate uit die vaste bate register

Voorbeeld 12.3

Inligting:

Kosprys van voertuie op 1 Julie 20X6 R60 000


Opgelope waardevermindering op 1 Julie 20X6 R24 000
Waardevermindering 20% reguiltyn

‘n Voertuig met ‘n kosprys van R15 000 en ‘n drabedrag van R9 000 op 1 Julie 20X6 is op
1 April 20X7 verkoop vir R7 500 kontant

Verlang:

Toon die toepaslike grootboekrekeninge, behoorlik afgesluit op 30 Junie 20X7

12 - 10
Voertuie (teen kosprys)
01/07 Saldo 60 000 01/04 Realisasie 15 000
30/06 Saldo o/b 45 000
60 000 60 000
01/07 Saldo a/b 45 000

Waardevermindering
01/04 Opgelope wvm 2 250 30/06 Wins en Verlies 11 250
(15 000x20%x9/12)
30/06 Opgelope wvm 9 000
(45 000 x 20%)
11 250 11 250

Opgelope waardevermindering
01/04 Realisasie 8 250 01/07 Saldo o/b 24 000
30/06 Saldo o/b 27 000 01/04 Wvm 2 250
30/06 Wvm 9 000
35 250 35 250
01/07 Saldo a/b 27 000

Realisasie
01/04 Voertuie @ KP 15 000 01/04 Opgelope wvm 8 250
30/06 Wins met verkoop 750 01/04 Bank 7 500
15 750 15 750

Wins met verkoop van voertuie


30/06 Wins-en-verlies 750 30/06 Realisasie 750

12 - 11
12.5.2 Vergoeding vanaf versekeraar

Wanneer ʼn bate vernietig, beskadig of gesteel word en ʼn versekeringseis word ingestel


teen die versekeraar, sal die bate wat vernietig, beskadig of gesteel is onterken word. Die
drabedrag van sodanige bate sal afgeskryf word teen die wins en verlies vir die jaar.
Stappe 1 tot 6 soos in paragraaf 12.5.1 uiteengesit word gevolg.

Waar vergoeding vanaf ‘n versekeraar ontvang word, word hierdie vergoeding egter as
aparte inkomste in die inkomstestaat erken en ‘n aparte grootboekrekening word geskep.
Die vergoeding ontvang word dus nie as opbrengs in die realisasierekening teboekgestel
nie. Dit het tot gevolg dat die drabedrag van die bate ten volle as ‘n verlies in die
realisasierekening afgeskryf word.

Eers wanneer die vergoeding vanaf die versekeraar ontvangbaar is (m.a.w. die eis is
goedgekeur deur die versekeraar), sal ʼn debiteur geskep word en die bedrag wat ontvang
gaan word in die wins en verlies vir die jaar erken word.

Erken vergoeding vanaf versekeraar


Dt Debiteure
Kt Vergoeding vanaf versekeraar (Inkomste)

Wanneer die kontant van die versekeraar ontvang word, kan die debiteur gekanselleer
word.

Kontant ontvang vanaf versekeraar


Dt Bank
Kt Debiteure

12 - 12
HOOFSTUK 12
VRAE

Bladsy

Vraag 12.1 Bereken kosprys van bate 12 - 14

Vraag 12.2 Reguitlyn & Verminderde saldo metodes + realisasie 12 - 15

Vraag 12.3 Produksie-eenheid metode + realisasie 12 - 19

Vraag 12.4 Reguitlyn & Produksie-eenheid metodes + realisasie 12 - 22

Vraag 12.5 Reguitlyn & Verminderde saldo metodes + bate register 12 - 23

Vraag 12.6 Bereken kosprys van bate 12 - 24

Vraag 12.7 Reguitlyn & Produksie-eenheid metodes + realisasie 12 - 25

Vraag 12.8 Bereken kosprys van bate 12 - 26

Vraag 12.9 Reguitlyn & Produksie-eenheid metodes + realisasie 12 - 27

12 - 13
VRAAG 12.1

Carto Drukkers is 'n onderneming van Kaapstad wat brosjures vir die toerisme bedryf druk.
Op 15 Maart 20x6 het hulle besluit om 'n nuwe gerekenariseerde drukpers aan te skaf van
'n maatskappy in Hamburg, Duitsland. Die bestelling is op daardie datum geplaas op die
volgende terme:

- Die aankoopprys het R248 000 bedra, waarop 10% handelskorting deur die verskaffer
toegestaan is.

- Die drukpers is Vry-aan-boord Hamburg-hawe gekoop en eiendomsreg het oorgaan


op die datum van verskeping uit Hamburg. Die drukpers is op 1 April 20x6 uit
Hamburg verskeep en is op 1 Mei 20x6 in Kaapstad-hawe afgelaai.

Die volgende koste is onder andere ten opsigte van die drukpers aangegaan:

R
Skeepsvraggeld 19 800
Marieneversekering 3 600
Laai-en bergingskoste - Hamburg-hawe 2 200
- Kaapstad-hawe 2 000
Risiko-versekering - 1 Mei 20x6 tot 30 April 20x7 14 400
Installasiekoste 28 300
Aankope van papier en verbruiksgoedere 2 000

Installasie van die drukpers is op 10 Mei 20x6 voltooi. Tydens die toetsing van die
drukpers op daardie datum, het 'n elektriese kortsluiting skade aan die drukpers
veroorsaak wat herstelwerk ten bedrae van R4 800 op daardie datum tot gevolg gehad
het.

Toetse is op 1 Junie 20x6 gefinaliseer en die drukpers is op 1 Julie 20x6 in gebruik


geneem.

Tydens die toetsfase is papier en verbruiksgoedere ten bedrae R700 gebruik.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die kosprys van die drukpers vir rekeningkundige doeleindes, te bereken.

(b) die waardevermindering te bereken wat op die drukpers vir die jaar geëindig
31 Desember 20x6 afgeskryf sal word, indien dit die onderneming se beleid is om
waardevermindering volgens die reguitlyn metode teen 20% per jaar af te skryf.

12 - 14
VRAAG 12.2

Padrit Vervoer is 'n onderneming wat huishoudelike meubels met verskeie soortgelyke
vragmotors vervoer. Dit is die onderneming se beleid om:

(a) Vragmotors vir slegs 48 maande te gebruik, waarna die betrokke vragmotor volgens
ooreenkoms by 'n bepaalde handelaar ingeruil word teen 10% van sy oorspronklike
kosprys, en dan onmiddellik vervang word met 'n nuwe soortgelyke vragmotor.
(b) Vragmotors word geïdentifiseer met 'n kodenommer wat in volgorde van
aankoopdatum toegeken word.

Op 28 Februarie 20x4, die einde van die finansiële jaar, het die onderneming die volgende
vragmotors gehad:

- PV 5 wat op 1 Junie 20x0 aangekoop is vir R96 000.


- PV 6 wat op 1 Februarie 20x1 aangekoop is vir R128 000.
- PV 7 wat op 1 Julie 20x3 aangekoop is vir R144 000.

Dit is ooreengekom met die betrokke handelaar dat die pryse van alle nuwe vragmotors vir
die jaar 1 Maart 20x4 tot 28 Februarie 20x5 vasgestel word op R160 000 elk en dat die
bedrag verskuldig by aankoop van 'n nuwe vragmotor, na in agneming van die inruilbedrag
van 'n gebruikte vragmotor, betaalbaar is op die datum van aankoop.

Addisionele inligting:

1. Die vragmotor PV 5 is op 31 Mei 20x4 vir 48 maande gebruik en is op 1 Junie 20x4


ingeruil op ‘n nuwe vragmotor PV 8.
2. Die vragmotor PV 6 is op 31 Januarie 20x5 vir 48 maande gebruik en is op
1 Februarie 20x5 ingeruil op ‘n nuwe vragmotor PV 9.

VAN U WORD VERLANG OM:

die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x5, behoorlik
afgesluit, te toon:

- Vragmotors
- Opgelope waardevermindering - Vragmotors
- Waardevermindering
- Realisasierekening
- Wins/verlies met verkoop van Vragmotors

(a) Indien dit die onderneming se beleid is om waardevermindering op Vragmotors af te


skryf volgens die reguitlyn metode oor 48 maande, oftewel 25% per jaar, met in
agneming van sy reswaarde soos hierbo aangedui.
(b) Indien dit die onderneming se beleid is om waardevermindering op Vragmotors af te
skryf volgens die verminderde saldo metode teen 25% per jaar, sonder in agneming
van sy reswaarde.

(U moet beide die Vragmotor-rekening en die Opgelope waardevermindering-rekening


open met die saldo's op 1 Maart 20x4 en slegs die inskrywings vir die jaar geëindig
28 Februarie 20x5 toon, asook die ooreenstemmende datums waarop die betrokke
inskrywings plaasgevind het.)

12 - 15
VRAAG 12.2

Voorgestelde oplossing

(a)
Vragmotors
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/x4 Saldo a/b 368 000 31/5/x4 Realisasie PV5 (A/jnl) 96 000
01/6/x4 PV8 (Aank/jnl) 160 000 31/1/x5 Realisasie PV6 (A/jnl) 128 000
01/2/x5 PV9 (Aank/jnl) 160 000 28/2/x5 Saldo o/d 464 000
688 000 688 000
01/3/x5 Saldo a/b 464 000

Opgelope waardevermindering - Vragmotors


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 Real - PV5 (A/jnl) 86 400 01/3/x4 Saldo a/b 191 400
31/1/x5 Real - PV6 (A/jnl) 115 200 31/5/x4 W/ver PV5 (A/jnl) 5 400
28/2/x5 Saldo o/d 84 000 31/1/x5 W/ver PV6 (A/jnl) 26 400
28/2/x5 W/ver (A/jnl) 62 400
285 600 285 600
01/3/x5 Saldo a/b 84 000

Waardevermindering
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 PV5 (A/jnl) 5 400 28/2/x5 W & V rek (A/jnl) 94 200
31/1/x5 PV6 (A/jnl) 26 400
28/2/x5 PV7,8,9 (A/jnl) 62 400
94 200 94 200

Realisasierekening
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 Kosprys PV5 (A/jnl) 96 000 31/5/x4 W/ver PV5 (A/jnl) 86 400
31/5/x4 Opbrengs PV5 (VJ) 9 600
96 000 96 000
31/1/x5 Kosprys PV6 (A/jnl) 128 000 31/1/x5 W/ver PV6 (A/jnl) 115 200
31/1/x5 Opbrengs PV6 (VJ) 12 800
128 000 128 000

12 - 16
(b)
Vragmotors
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/x4 Saldo a/b 368 000 31/5/x4 Realisasie PV5 (A/jnl) 96 000
01/6/x4 PV8 (Aank/jnl) 160 000 31/1/x5 Realisasie PV6 (A/jnl) 128 000
01/2/x5 PV9 (Aank/jnl) 160 000 28/2/x5 Saldo o/d 464 000
688 000 688 000
01/3/x5 Saldo a/b 464 000

Opgelope waardevermindering - Vragmotors


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 Real - PV5 (A/jnl) 65 151 01/3/x4 Saldo a/b 162 219
31/1/x5 Real - PV6 (A/jnl) 87 242 31/5/x4 W/ver PV5 (A/jnl) 2 057
28/2/x5 Saldo o/d 87 333 31/1/x5 W/ver PV6 (A/jnl) 12 117
28/2/x5 W/ver (A/jnl) 63 333
239 726 239 726
01/3/x5 Saldo a/b 87 333

Waardevermindering
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 PV5 (A/jnl) 2 057 28/2/x5 W & V rek (A/jnl) 77 507
31/1/x5 PV6 (A/jnl) 12 117
28/2/x5 PV7,8,9 (A/jnl) 63 333
77 507 77 507

Realisasierekening
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 Kosprys PV5 (A/jnl) 96 000 31/5/x4 W/ver PV5 (A/jnl) 65 151
31/5/x4 Opbrengs PV5 (VJ) 9 600
31/5/x4 Verlies (A/jnl) 21 249
96 000 96 000
31/1/x5 Kosprys PV6 (A/jnl) 128 000 31/1/x5 W/ver PV6 (A/jnl) 87 242
31/1/x5 Opbrengs PV6 (VJ) 12 800
31/1/x5 Verlies (A/jnl) 27 958
128 000 128 000

Verlies met verkoop van Vragmotors


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
31/5/x4 Realisasie PV5 (A/jnl) 21 249 28/2/x5 W & V rek (A/jnl) 49 207
31/1/x5 Realisasie PV6 (A/jnl) 27 958
49 207 49 207

12 - 17
(a)

VASTE BATE REGISTER

Finansiële jaareinde: 28 Februarie


Reswaarde: 10% van kosprys

ID Datum gekoop Kosprys Jaarlikse waardevermindering


20x1 20x2 20x3 20x4 20x5
R R R R R R
PV5 01 Jun 20x0 96 000 16 200 21 600 21 600 21 600 5 400
PV6 01 Feb 20x1 128 000 2 400 28 800 28 800 28 800 26 400
PV7 01 Jul 20x3 144 000 - - - 21 600 32 400
PV8 01 Jun 20x4 160 000 - - - - 27 000
PV9 01 Feb 20x5 160 000 - - - - 3 000

(b)

VASTE BATE REGISTER

Finansiële jaareinde: 28 Februarie


Reswaarde: Geen

ID Datum gekoop Kosprys Jaarlikse waardevermindering


20x1 20x2 20x3 20x4 20x5
R R R R R R
PV5 01 Jun 20x0 96 000 18 000 19 500 14 625 10 969 2 057
PV6 01 Feb 20x1 128 000 2 667 31 333 23 500 17 625 12 117
PV7 01 Jul 20x3 144 000 - - - 24 000 30 000
PV8 01 Jun 20x4 160 000 - - - - 30 000
PV9 01 Feb 20x5 160 000 - - - - 3 333

12 - 18
VRAAG 12.3

Domco Dienste is 'n eenmansaak wat rekenaardienste lewer aan opvoedkundige


instansies. Vir dié doel word 'n aantal mikro-rekenaars met gepaste sagteware, deur die
onderneming gebruik. Die onderneming se rekenpligtige datum is 28 Februarie.

Die onderneming se rekeningkundige beleid met betrekking tot die mikro-rekenaars, is


soos volg:

- Alle rekenaars word vir slegs 10 000 uur benut, waarna dit geskrap of vervang word.

- Alle rekenaars word van die onderskeie leweransiers aangekoop met 'n waarborg dat
die betrokke rekenaars na 10 000 uur se benutting deur die onderneming, weer deur
die betrokke leweransier teruggekoop sal word teen 10% van die oorspronklike
kosprys.

- Waardevermindering word jaarliks op die rekenaars afgeskryf volgens die produksie-


eenheid metode, gebaseer op die aantal ure in daardie betrokke jaar benut, as 'n
persentasie van die totale 10 000 benutbare ure.

Op 1 Maart 20x5 het die volgende besonderhede ten opsigte van rekenaars in gebruik, in
die onderneming se grootboek verskyn:

Model Datum aangekoop Kosprys Opgelope


waardevermindering
PC 1000 16 Junie 20x2 R26 000 R17 500
AP 330 13 Mei 20x3 R27 900 R13 950
DB 56L 04 April 20x4 R29 000 R 7 830

Addisionele inligting:

- Teen 5 Januarie 20x6 is die PC 1000 vir 10 000 uur benut en op daardie datum
ingeruil vir 'n nuwe model, die PC 1000L, wat R35 000 gekos het.

- Op 17 Januarie 20x6 was daar wéér 'n kortsluiting wat tot gevolg gehad het dat die AP
330 onherstelbaar beskadig is. Die versekeraar het op daardie datum met die
onderneming ooreengekom om die volle waarde van die rekenaar uit te betaal,
gebaseer op die basis dat die rekenaar se waarde gelykstaande is aan R2 vir elke
onbenutte uur. Die uitbetaling van die eis is op 4 Maart 20x6 deur die
versekeringsmaatskappy gedoen. Gedurende die tydperk 1 Maart 20x5 tot 17
Januarie 20x6, is die AP 330 vir 'n verdere 1 000 uur benut.

- Gedurende die jaar geëindig 28 Februarie 20x6, is die PC 1000L vir 1 000 uur en die
DB 56L vir 2 500 uur benut.

12 - 19
VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge, behoorlik gedateer en afgesluit, vir die jaar geëindig 28
Februarie 20x6, te toon:

- Rekenaars
- Opgelope waardevermindering
- Realisasierekening
- Wins/verlies met verkoop van rekenaars
- Vergoeding vanaf versekeraar.

12 - 20
VRAAG 12.3

Voorgestelde oplossing

Rekenaars
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/x5 Saldo a/b 82 900

Opgelope waardevermindering
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/x5 Saldo a/b 39 280

Realisasie rekening
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag

Verlies met verkoop van rekenaars


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag

Vergoeding vanaf versekeraar


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag

# Berekening van bedrag:


Ure gebruik tot 28 Feb 20x5
Ure gebruik: 1 Mrt 20x5 tot 17 Jan 20x6
Totale ure gebruik
Totale ure ongebruik
Totale ure begroot

Opbrengs: 3 444,5 ure teen R2 per uur

12 - 21
VRAAG 12.4

Lanco Vervaardigers is 'n onderneming wat klere vervaardig. Die onderneming se


rekenpligtige datum is 30 Junie. Die onderneming se rekeningkundige beleid met
betrekking tot vaste bates is soos volg:

Masjinerie * Alle masjinerie word vir slegs 5 000 uur benut.


* Alle masjinerie word van die leweransier aangekoop met 'n
gewaarborgde terugkoopwaarde van R2 000.
* Waardevermindering word afgeskryf volgens die produksie-eenheid
metode.
Toerusting * Alle toerusting word van die leweransier aangekoop met 'n
gewaarborgde inruilwaarde van 10% van die oorspronklike kosprys.
* Waardevermindering word afgeskryf volgens die reguitlyn metode
teen 20% per jaar.

Op 1 Julie 20x4 het die volgende besonderhede, onder andere, in die vaste bate-register
van die onderneming verskyn:

Beskrywing Datum aangekoop Drabedrag Opgelope


waardevermindering
Masjien X13P 14 Augustus 20x3 R 9 050 R16 450
Toerusting Nr 66 31 Desember 20x1 R24 750 R20 250

Addisionele inligting:

1. Op 27 September 20x4 is die Masjien X13P vir sy volle 5 000 uur benut en
teruggekoop by die oorspronklike leweransier.
2. Op 1 November 20x4 is 'n nuwe masjien, die PX24, by dieselfde leweransier
aangekoop vir R55 000 op die ooreengekome basis. Hiérdie masjien is vir 1 000 uur tot
30 Junie 20x5 benut.
3. Die Toerusting Nr 66 is as gevolg van 'n brand onherstelbaar beskadig op 31 Mei 20x5.
Die toerusting was verseker en 'n eis van R12 500 vir die skade is op 26 Junie 20x5 by
die versekeringsmaatskappy ingedien. Die versekeringsmaatskappy het besluit om
egter eers die eis gedurende Julie 20x5 te ondersoek vir enige nalatigheid.
4. Op 30 Junie 20x5 is nuwe toerusting met kode Nr 84 aangekoop vir R48 000.

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge, behoorlik gedateer en afgesluit, vir die jaar geëindig 30
Junie 20x5 te toon:

- Masjinerie
- Toerusting
- Waardevermindering
- Realisasierekening
- Opgelope waardevermindering - Masjinerie
- Opgelope waardevermindering - Toerusting

12 - 22
VRAAG 12.5

Protek Vervoer is ‘n onderneming wat vervoerdienste lewer. Die onderneming maak


gebruik van ‘n vragmotor vir die vervoer van swaar goedere en van twee LAW’s (bakkies)
vir die vervoer van vragte van minder as 1 ton. Die onderneming se rekeningkundige
beleid met betrekking tot sy motorvoertuie is soos volg:

LAW’s: Word afgeskryf volgens die verminderde saldo metode teen 20% per jaar
sonder in agneming van enige reswaarde.
Vragmotors: Word afgeskryf volgens die reguitlyn metode teen 25% per jaar na in
agneming van enige reswaarde.

Die volgende besonderhede met betrekking tot motorvoertuie het, onder andere, in die
onderneming se vaste bate register verskyn op 1 Maart 20x5:

Beskrywing Kosprys Datum


Aangekoop
LAW – CL3498 R 80 000 01 Jul 20x2
LAW – CL1156 R120 000 01 Apr 20x3
Vragmotor – CL2818 R348 000 01 Jul 20x2

Addisionele inligting:

1. Die onderneming se finansiële jaar eindig op 28 Februarie.


2. Die vragmotor is aangekoop van ‘n plaaslike handelaar wat aan die onderneming ‘n
waarborg gegee dat hulle die vragmotor sal inruil vir R48 000 na verloop van ‘n tydperk
van 48 maande.
3. Die LAW – CL3498 is op 30 September 20x5 teen sy drabedrag ingeruil op ‘n nuwe
LAW – CL9915 wat R168 000 gekos het. Daar was geen verdere aankope of verkope
van motorvoertuie gedurende die jaar geëindig 28 Februarie 20x6 nie.

VAN U WORD VERLANG OM

(i) ‘n volledige vaste bate register vir die tydperk 01 Maart 20x2 tot 28 Februarie 20x6 op
te stel; en
(ii) die grootboekrekening “Opgelope waardevermindering – Motorvoertuie (Vragmotors
en LAW’s)” gehoorlik gedateer en afgesluit, vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x6 te
toon.

(Rond bedrae af tot die naaste R)

12 - 23
VRAAG 12.6

Tanco Dienste is 'n onderneming van Stellenbosch wat vloeibare gas vir klante in vlekvrye
staaltenks wat op 'n platbak gemonteer is, per pad vervoer. Op 2 Februarie 20x0 het die
onderneming 'n nuwe staaltenk vry-aan-boord Kaapstad-hawe van 'n onderneming in Port
Elizabeth bestel. Die tenk se aankoopprys het R85 000 bedra, waarop 'n handelskorting
van 35% beding is.

Die tenk het Port Elizabeth-hawe op 12 Maart 20x0 verlaat en het op 15 Maart 20x0 in
Kaapstad-hawe aangekom. Op 17 Maart 20x0 is die tenk vanaf Kaapstad-hawe per pad
vervoer na Tanco Dienste se perseel in Stellenbosch.

Die tenk is op 21 Maart 20x0 op 'n platbak gemonteer, waarna die tenk met chemikalië
behoorlik skoongemaak is en die onderneming se kentekens daarop aangebring is. Die
tenk was op 1 April 20x0 gereed vir gebruik toe die hidroliese pomp vir die in- en uitpomp
van die vloeibare gas op daardie datum op die tenk gemonteer is. Die eerste vrag
vloeibare gas is op 11 April 20x0 gelaai om vervoer te word.

Die volgende koste is onder andere ten opsigte van die tenk aangegaan:

R
Koste van platbak 35 092
Padvervoerkoste - Na Port Elizabeth hawe 795
- Na Stellenbosch perseel 420
Marieneversekering 1 802
Skeepsvraggeld 4 004
Alle risiko versekering - 23 Maart 20x0 tot 22 Maart 20x1 1 460
Koste van hidroliese pomp 3 051
Monteerkoste - Staaltenk 1 682
- Hidroliese pomp 927
Skoonmaakmiddels gebruik - 17 Maart 20x0 tot 1 April 20x0 402
- 2 April 20x0 tot 10 April 20x0 133

Tydens die laai van die tenk op die skip by Port Elizabeth-hawe, is 'n gat in die wand van
die tenk geskeur. Die tenk is in Stellenbosch op 19 Maart 20x0 op die vervardiger sy eie
kostes teen 'n koste van R450 herstel.

Tydens die laai van die eerste vrag gas is die hidroliese pomp beskadig en is op
2 April 20x0 teen 'n koste van R381 herstel.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Die kosprys van die tenkwa vir rekeningkundige doeleindes te bereken.

(b) Die waardevermindering wat vir die jaar geëindig 30 Junie 20x0 en 30 Junie 20x1
afgeskryf sal word op die tenkwa te bereken, indien dit die onderneming se beleid is
om waardevermindering volgens die verminderde saldo metode teen 25% per jaar af
te skryf.

12 - 24
VRAAG 12.7

Bandag Vervoer is ‘n onderneming wat boumateriaal vervoer. Die onderneming maak


gebruik van ‘n vragmotor vir die vervoer van die boumateriaal en van twee vurkhysers vir
die laai van die boumateriaal op die vragmotor. Die onderneming se rekeningkundige
beleid met betrekking tot vragmotors en vurkhysers is soos volg:

Vurkhysers: Word afgeskryf volgens die reguitlyn metode teen 20% per jaar sonder in
agneming van enige reswaarde.
Vragmotors: Word afgeskryf volgens die produksie-eenheid metode, gebaseer op die
aantal kilometers afgelê as ‘n persentasie van die beraamde maksimum
300 000 kilometers, met inagneming van enige reswaarde.

Die volgende besonderhede met betrekking tot motorvoertuie het onder andere in die
onderneming se vaste bate register verskyn op 1 Junie 20x5:

Beskrywing Kosprys Drabedrag


Case vurkhyser R124 000 R 75 000
Toyota vurkhyser R144 000 R 98 000
Vragmotor – CL90986 R498 000 R258 000

Addisionele inligting:

1. Die onderneming se finansiële jaar eindig op 31 Mei.


2. Die vragmotor is aangekoop van ‘n plaaslike handelaar wat aan die onderneming ‘n
waarborg gegee het dat hulle die vragmotor sal inruil vir R48 000 wanneer die
vragmotor 300 000 kilometers afgelê het.
3. Die Case vurkhyser is op 30 September 20x5 vir ‘n nuwe Case vurkhyser ingeruil wat
R175 000 gekos het. Die bedrag van R138 000 wat aan die verskaffer verskuldig was
t.o.v. die transaksie, is op 15 Oktober 20x5 met kontant betaal.
4. Die Toyota vurkhyser was op 30 November 20x5 in ‘n ongeluk betrokke en is tydelik
onttrek. ‘n Eis vir die skade is op 3 Desember 20x5 by die versekeraars ingedien. Die
versekeraars het op 31 Desember 20x5 die vurkhyser as skroot afgeskryf en ‘n bedrag
van R92 000 as volle vereffening van die eis aan die onderneming uitbetaal. Die
vurkhyser is nie met ‘n nuwe een vervang nie.
5. Die vragmotor het in totaal 240 000 kilometres afgelê teen 31 Mei 20x6.

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge, behoorlik gedateer en afgesluit, vir die jaar geëindig
31 Mei 20x6 te toon:

- Vurkhysers - Opgelope waardevermindering: Vurkhysers


- Vragmotor - Opgelope waardevermindering: Vragmotor
- Realisasierekening

12 - 25
VRAAG 12.8

Wynvat Dienste is 'n onderneming van die Paarl wat wyn vir klein wynboere bottelleer op
hul landgoedere. Op 17 Maart 20x7 het die onderneming 'n nuwe bottelleringsmasjien vry-
aan-boord Kaapstad-hawe van 'n onderneming in Durban bestel. Die masjien se
aankoopprys het R140 000 bedra, waarop 'n handelskorting van 25% beding is. Die
masjien het Durban-hawe op 3 April 20x7 verlaat en het op 11 April 20x7 in Kaapstad-
hawe aangekom. Op 12 April 20x7 is die masjien vanaf Kaapstad-hawe per pad vervoer
na Wynvat Dienste se perseel in die Paarl.

Op 24 April 20x7 is die masjien, tesame met ‘n nuwe vlekvrye staal wyntenk op die
onderneming se vragmotor gemonteer, waarna al die pype gekoppel is en die masjien met
chemikalië skoongemaak is. Die masjien was op 30 April 20x7 gereed vir gebruik toe ‘n
spuitpomp vir die inspuit van die wyn in die bottels op daardie datum op die masjien
gemonteer is. Die eerste wyn is reeds op daardie dag gebottelleer.

Tydens die laai van die masjien op die skip by Durban hawe, is die monteerstawe van die
masjien bekadig. Die stawe is in die Paarl op 14 April 20x7 herstel teen 'n koste van
R976.

Die volgende koste is ook aangegaan ten opsigte van die bottelleringsmasjien:

R
Koste van staal wyntenk 62 486
Padvervoerkoste - Na Durban-hawe 1 098
- Na Paarl perseel 565
Marieneversekering 1 207
Skeepsvraggeld 5 289
Alle risiko versekering - 11 April 20x7 tot 10 April 20x8 1 825
Koste van spuitpomp 2 982
Monteerkoste - Staaltenk 1 186
- Spuitpomp 1 211
Skoonmaakmiddels gebruik - 12 April 20x7 tot 30 April 20x7 492
- 1 Mei 20x7 tot 31 Mei 20x7 308

VAN U WORD VERLANG OM

Die kosprys van die bottelleringsmasjien vir rekeningkundige doeleindes te bereken.

12 - 26
VRAAG 12.9

M&M Grondwerke is ‘n maatskappy wat grondverskuiwingswerk vir kliënte in die


boubedryf doen. Die maatskappy gebruik laaigrawe om die grondverskuiwings te doen,
waarna die grond met vragmotors verwyder word. Die maatskappy se rekeningkundige
beleid met betrekking tot sy laaigrawe en vragmotors is soos volg:

Laaigrawe: Waardevermindering word afgeskryf volgens die produksie-eenheid


metode met inagneming van enige reswaarde, gebaseer op die aantal ure
gebruik.

Vragmotors: Waardevermindering word afgeskryf volgens die reguitlyn metode teen


20% per jaar met in agneming van enige reswaarde.

Die volgende besonderhede met betrekking tot laaigrawe en vragmotors het, onder
andere, in die maatskappy se vaste bate register verskyn op 1 Julie 20x6:

Beskrywing Datum aangekoop Kosprys Reswaarde Ure benut


Laaigraaf C10 14 April 20x4 R264 000 R54 000 26 330
Laaigraaf F16 4 September 20x4 R303 400 R63 400 20 560
10% van
Vragmotor CJ 3389 1 April 20x5 R188 000
kosprys

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy se finansiële jaar eindig op 30 Junie.


2. Volgens die spesifikasie van die vervaardigers van die laaigrawe het die model C10 ‘n
lewensduur van 30 000 ure en die model F16 ‘n lewensduur van 32 000 ure en het
hulle die onderskeie reswaardes gewaarborg.
3. Vragmotor CJ 3389 is op 30 Augustus 20x6 onherstelbaar beskadig. Op daardie dag is
‘n eis by die versekeraars ingedien. Die versekeraars het op
30 Augustus 20x6 onderneem om slegs R25 000 van die eis te betaal.
4. ‘n Nuwe vragmotor CJ 9112 is op 1 Oktober 20x6 vir R234 000 aangekoop en op 15
Oktober 20x6 in gebruik geneem. Die verskaffer was nie bereid om enige inruilwaarde
te waarborg nie.
5. Die laaigraaf model C10 is teen 11 Februarie 20x7 vir 30 000 ure gebruik. Op daardie
datum is dit ingeruil teen sy reswaarde op ‘n nuwe laagraaf model B22 met ’n kosprys
van R396 000. Volgens die vervaardiger se spesifikasie het die nuwe laaigraaf ‘n
lewensduur van 36 000 ure. Die verskaffer het die onderneming ‘n waarborg gegee
dat die laaigraaf op 36 000 ure ingeruil kan word vir R72 000.
6. Die laaigraaf model F16 is vir 7 400 ure en die laaigraaf model B22 vir 2 800 ure
gebruik gedurende die jaar geëindig 30 Junie 20x7.

12 - 27
VAN U WORD VERLANG OM

Die volgende grootboekrekeninge, behoorlik gedateer en afgesluit, vir die jaar geëindig
30 Junie 20x7 te toon:

- Laaigrawe
- Opgelope waardevermindering – laaigrawe
- Vragmotors
- Opgelope waardevermindering – vragmotors
- Realisasie rekening
- Vergoeding vanaf versekeraar

Rond bedrae af tot die naaste Rand.

12 - 28
HOOFSTUK 13
AANSUIWERINGS

Bladsy

Leeruitkomste 13 - 2

13.1 Aansuiwering van grootboekrekeninge 13 - 3

13.1.1 Oninbare skuld


13.1.1.1 Oninbare skuld afgeskryf
13.1.1.2 Oninbare skuld verhaal
13.1.2 Toelaag vir kredietverliese van debiteure
13.1.3 Agterstallige / Opgelope uitgawes
13.1.4 Vooruitbetaalde uitgawes
13.1.5 Inkomste ontvangbaar / Opgelope inkomste
13.1.6 Inkomste vooruitontvang
13.1.7 Verbruiksvoorraad voorhande
13.1.8 Afwagrekeninge

13.2 Opstel van inkomstestaat en balansstaat 13 - 11

Vrae 13 - 15

13 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die konsep van oninbare skuld, toelaag vir kredietverliese van


debiteure, agterstallige- en vooruitbetaalde uitgawes, inkomste
ontvangbaar, inkomste vooruitontvang, verbruiksvoorraad voorhande
en afwagrekeninge te verstaan

- grootboekrekeninge aan te suiwer volgens die toevallingsgrondslag

- geriefsrekeninge in die algemene grootboek op te stel en af te sluit

- die afsluitingsproses te verstaan en te kan toepas

- ‘n inkomstestaat en balansstaat te kan opstel

13 - 2
13.1 Aansuiwering van grootboekrekeninge

Gedurende ‘n finansiële tydperk word transaksies vanaf brondokumente aangeteken


in die finansiële rekords soos wat die transaksies plaasgevind het en betalings
gemaak en ontvang is. Aan die einde van die finansiële tydperk moet die transaksies
‘n getroue weergawe wees van die finansiële resultaat en posisie van die entiteit, wat
sal vereis dat daar aan die grondliggende rekeningkundige beginsels en aan die
kwalitatiewe eienskappe soos uiteengesit in die raamwerk, voldoen is. Dit is dus
nodig om die inkomstestaat items aan die einde van ‘n finansiële tydperk aan te
suiwer sodat daar aan die toevallingsgrondslag voldoen word. Die aansuiwering aan
die grootboekrekeninge word in die vorm van aansuiweringsjoernale gedoen. Die
aansuiweringsjoernale word teboekgestel in die algemene joernaal en van daar
oorgeboek na die algemene grootboek. Die mees algemene aansuiwerings word
hieronder bespreek:

13.1.1 Oninbare skuld

13.1.1.1 Oninbare skuld afgeskryf

Oninbare skulde is spesifieke debiteure wat afgeskryf word omdat daar bewyse
bestaan dat die debiteure in alle waarskynlikheid nie hulle skulde sal kan betaal nie.

‘n Entiteit sal verskeie stappe volg voordat hulle ‘n debiteur sal afskryf, byvoorbeeld:

• Verskeie rekeninge sal eers gestuur word aan die kliënt;


• Die kliënt sal gebel word en versoek word om sy rekening te betaal;
• ‘n Skuldinvorderaar kan namens die entiteit die geld probeer invorder en
• ‘n Prokureur kan aangestel word om die skuld in te vorder.

Indien daar dan redelike sekerheid is dat die debiteur nie sy skuld sal kan betaal nie,
sal dit afgeskryf word as oninbare skulde. Die spesifieke debiteur gaan afgeskryf
word en daarom sal daar ook ‘n aanpassing in die debiteuregrootboek gemaak word.
Dié bedrag word dan heeltemal uit die debiteurestelsel verwyder.

Voorbeeld 13.1

‘n Entiteit het die volgende debiteure:

A Brink 15 300
B Coetzee 10 000
C Davel 19 600
D Els 15 100
60 000

B Coetzee word insolvent verklaar en sal nie sy uitstaande skuld kan betaal nie.

13 - 3
Die afskrywing van oninbare skuld sal soos volg teboekgestel word:

Dt Oninbare skulde 10 000


Kt Debiteure 10 000

Die oninbare skuld sal afgeskryf word in die inkomstestaat en die debiteure sal
verminder. Die debiteurekontrolerekening sal minder word en die
debiteuregrootboek sal ook verminder.

13.1.1.2 Oninbare skuld verhaal

Dit gebeur soms dat skulde wat eers as oninbaar afgeskryf is later wel ingevorder
word. Op hierdie stadium bestaan die debiteure nie meer die in rekords nie omdat dit
reeds afgeskryf is en sal die inskrywing nie debiteure beïnvloed nie.

Daar is twee moontlike senarios:

• Skulde wat in die huidige jaar as oninbaar afgeskryf is word in dieselfde jaar
ingevorder
• Skulde wat in die vorige jaar as oninbaar afgeskryf is word in die huidige jaar
ingevorder.

In die geval waar skulde wat in die huidige jaar as oninbare skuld afgeskryf is en dus
in die jaar as ‘n uitgawe in die inkomstestaat afgeskryf word, sal die oninbare skuld
uitgawe verminder met die skulde wat ingevorder is. Dit beteken dat die oninbare
skuld uitgawe slegs die oninbare skulde vir die jaar is wat werklik slegte skuld is. Die
debiteure wat vanjaar afgeskryf is en dan later in dieselfde jaar betaal sal nie as
oninbare skuld beskou word nie.

In die geval waar oninbare skuld wat as ’n uitgawe afgeskryf was in die vorige jaar se
inkomstestaat, sal die skuld wat in die huidige jaar ingevorder word, aangeteken
word as ’n inkomste in die huidige jaar se inkomstestaat as oninbare skuld verhaal.

Voorbeeld 13.2

Veronderstel dieselfde gegewens as in voorbeeld 13.1, en later in dieselfde jaar het


die debiteur se kurator ‘n deel uitbetaal en ons vorder R1 500 in.

Die afskrywing van die oninbare skulde en die invordering van slegte skulde het in
dieselfde jaar gebeur en daarom word dit teen mekaar afgesit.

Die invordering van slegte skuld voorheen afgeskryf sal soos volg teboekgestel word:

Dt Bank 1 500
Kt Oninbare skulde 1 500

13 - 4
Die debiteurekontrolerekening en die debiteuregrootboek word nie geraak nie omdat
die debiteur reeds afgeskryf is en uit die debiteurekontrolerekening en
debiteuregrootboek gehaal is. Die uitgawe ten opsigte van die oninbare skuld beloop
R8 500 (R10 000 – R1 500).

Voorbeeld 13.3

Veronderstel dieselfde gegewens as in voorbeeld 13.2 met die verskil dat die
oninbare skuld nie in die huidige jaar afgeskryf is nie, maar een jaar gelede alreeds
as ‘n uitgawe in die inkomstestaat afgeskryf is.

Die R1 500 se oninbare skulde ingevorder sal nou beskou word as ‘n inkomste,
omdat die oninbare skulde reeds as ‘n uitgawe beskou is in die jaar toe dit afgeskryf
is.

Die invordering van oninbare skuld voorheen afgeskryf sal soos volg teboekgestel
word:

Dt Bank 1 500
Kt Oninbare skulde verhaal 1 500

Oninbare skulde verhaal sal ‘n inkomste wees in die inkomstestaat.

13.1.2 Toelaag vir kredietverliese van debiteure

Debiteure word as ‘n bate aangetoon in die balansstaat as ‘n bedrag wat moontlik


verhaal kan word. Indien daar, nadat oninbare skuld afgeskryf is, daar nog steeds ‘n
bedrag is van debiteure wat moontlik nie verhaal kan word nie, moet die debiteure vir
waardedaling getoets word.

Die basis vir die waardedaling van debiteure is slegs 'n raming, maar dit is belangrik
dat daar nie net op 'n lukrake bedrag besluit moet word nie. Die metode wat gevolg
moet word is om deur die lys van debiteure te werk en voorsiening (toelaag vir
kredietverliese van debiteure) te maak vir spesifieke debiteure wat nog nie oninbaar
is nie, maar waar twyfel bestaan oor die invordering. Nadat die lys van debiteure
noukeurig nagegaan is en alle debiteure waaroor enigsins twyfel bestaan
geïdentifiseer is, word 'n bedrag wat spesifiek op hierdie debiteure gegrond is
voorsien. Die toelaag vir kredietverliese moet jaarliks hersien word.

Alhoewel die bedrag van die toelaag vir kredietverliese van debiteure bepaal is op
grond van spesifieke debiteure word die rekeningkundige teboekstelling oorhoofs oor
debiteure gemaak. Die toelaag vir kredietverliese dui slegs op ’n moontlikheid dat die
debiteur se skuld nie ten volle ingevorder sal word in die toekoms nie en is nie ’n
afskrywing van die bedrag verskuldig deur die debiteur nie, en dus is daar geen
inskrywing in die debiteuregrootboek nie. Vir openbaarmakingsdoeleindes word die
toelaag vir kredietverliese van debiteure van die waarde van die debiteure afgetrek
en die netto bedrag word in die balansstaat getoon. Daar is geen inskrywing nodig in
die algemene grootboek nie.

13 - 5
Voorbeeld 13.4

Die debiteure op jaareinde beloop R110 000. Die toelaag vir kredietverliese van
debiteure beloop R4 500 aan die begin van die jaar en R5 500 aan die einde van die
jaar.

Die toelaag vir kredietverliese van debiteure aan die begin van die jaar moet soos
volg teruggeskryf word, voordat die toelaag vir kredietverliese van debiteure vir die
huidige jaar aangeteken word:

Dt Toelaag vir kredietverliese van debiteure 4 500


Kt Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure 4 500

Die toelaag vir kredietverliese van debiteure aan die einde van die jaar sal soos volg
teboekgestel word:

Dt Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure 5 500


Kt Toelaag vir kredietverliese van debiteure 5 500

Die netto beweging in die toelaag vir kredietverliese van debiteure (R1 000) was dus
‘n toename (debiet) en sal as ‘n uitgawe in die inkomstestaat erken word. Die totaal
van die toelaag vir kredietverliese van debiteure (R5 500) sal teen die debiteure
afgesit word vir openbaarmakingsdoeleindes. Die debiteure sal dus as R104 500
getoon word in die balansstaat.

Voorbeeld 13.5

Veronderstel dieselfde inligting as in Voorbeeld 13.4, hehalwe dat die toelaag vir
kredietverliese van debiteure aan die einde van die jaar R2 500 beloop.

Die toelaag vir kredietverliese van debiteure aan die begin van die jaar moet soos
volg teruggeskryf word, voordat die toelaag vir kredietverliese van debiteure vir die
huidige jaar aangeteken word:

Dt Toelaag vir kredietverliese van debiteure 4 500


Kt Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure 4 500

Die toelaag vir kredietverliese van debiteure aan die einde van die jaar sal soos volg
teboekgestel word:

Dt Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure 2 500


Kt Toelaag vir kredietverliese van debiteure 2 500

Die netto beweging in die toelaag vir kredietverliese van debiteure (R2 000) was dus
‘n afname (krediet) en sal as ‘n inkomste in die inkomstestaat erken word. Die totaal
van die toelaag vir kredietverliese van debiteure (R2 500) sal teen die debiteure
afgesit word vir openbaarmakingsdoeleindes. Die debiteure sal dus as R107 500
getoon word in die balansstaat.

13 - 6
13.1.3 Agterstallige / Opgelope uitgawes

‘n Agterstallige uitgawe is ‘n uitgawe wat op ‘n spesifieke finansiële tydperk van


toepassing is maar nog nie op jaareinde betaal is nie en die uitgawe is dus
agterstallig. Alhoewel die uitgawe in die toekomstige finansiële tydperk betaal sal
word, het dit in die huidige periode toegeval en moet die uitgawe in die huidige
periode erken word tesame met ‘n bedryfslas.

Voorbeeld 13.6

Jaareinde = 31 Desember 20x7.

Die telefoonrekening vir Desember 20x7 se telefoonkoste is nog nie op jaareinde


ontvang nie. D.w.s daar is slegs 11 maande se telefoonkoste (R9 350) in die huidige
periode teboekgestel. Op jaareinde moet die uitgawe tesame met ‘n bedryfslas wat in
Januarie 20x8 betaal sal word erken word, en soos volg teboekgestel word:

Dt Telefoonkoste 850
Kt Agterstallige / Opgelope uitgawe 850

Daar is dus nou 12 maande se telefoonkoste (R10 200) wat op die huidige periode
van toepassing is erken. Indien die telefoonrekening t.o.v. Desember 20x7 se
telefoonkoste in Januarie 20x8 ontvang en betaal word, sal die transaksie soos volg
teboekgestel word:

Dt Agterstallige / Opgelope uitgawe 850


Kt Bank 850

13.1.4 Vooruitbetaalde uitgawes

‘n Vooruitbetaalde uitgawe is ‘n uitgawe wat in die huidge finansiële tydperk betaal is


maar op ‘n toekomstige finansiële tydperk van toepassing is. Slegs die gedeelte van
die uitgawe wat op die huidige periode van toepassing is moet in die huidige periode
erken word. Die gedeelte van die uitgawe wat op ‘n toekomstige periode van
toepassing is moet op jaareinde herklassifiseer word as ‘n bedryfsbate.

Voorbeeld 13.7

Jaareinde = 31 Desember 20x7.

Die jaarlikse versekeringspremie van R12 000 is op 1 April 20x7 betaal. Slegs
R9 000 van die uitgawe is op die huidige periode van toepassing. Die R3 000 van die
uitgawe wat op die 20x8 jaar van toepassing is, sal soos volg herklassifiseer word as
‘n bedryfsbate op jaareinde:

Dt Vooruitbetaalde uitgawe 3 000


Kt Versekering 3 000

13 - 7
In Januarie 20x8 sal die vooruitbetaalde uitgawe teruggeskryf word om te verseker
dat die R3 000 uitgawe ten opsigte van versekering erken word in die periode
waarop dit van toepassing is

Dt Versekering 3 000
Kt Vooruitbetaalde uitgawe 3 000

13.1.5 Inkomste ontvangbaar / Opgelope inkomste

Inkomste ontvangbaar is ‘n inkomste wat op ‘n spesifieke finansiële tydperk van


toepassing is maar nog nie ontvang is op jaareinde nie, die inkomste is dus
agterstallig. Alhoewel die inkomste in die toekomstige finansiële tydperk ontvang sal
word, het dit in die huidige periode toegeval en moet die inkomste in die huidige
periode erken word tesame met ‘n bedryfsbate.

Voorbeeld 13.8

Jaareinde = 31 Desember 20x7.

Rente van 10% op ‘n vaste deposito van R30 000 word maandeliks aan die einde
van elke maand verdien en ontvang. Die rente ontvang vir Desember 20x7 sal eers
op die Januarie 20x8 bankstaat verskyn. Desember 20x7 se rente is egter van
toepassing op die huidige periode en die inkomste tesame met ‘n bedryfsbate sal op
jaareinde soos volg erken word:

Dt Inkomste ontvangbaar / Opgelope inkomste 250


Kt Rente ontvang 250

Indien die rente ontvang vir Desember 20x7 op die Januarie 20x8 bankstaat verskyn,
sal die inkomste soos volg teboekgestel word:

Dt Bank 250
Kt Inkomste ontvangbaar / Opgelope inkomste 250

13.1.6 Inkomste vooruitontvang

Inkomste vooruitontvang is inkomste wat in die huidge finansiële tydperk ontvang is


maar op ‘n toekomstige finansiële tydperk van toepassing is. Slegs die gedeelte van
die inkomste wat op die huidige periode van toepassing is moet in die huidige
periode erken word. Die gedeelte van die inkomste wat op ‘n toekomstige periode
van toepassing is moet op jaareinde herklassifiseer word as ‘n bedryfslas.

13 - 8
Voorbeeld 13.9

Jaareinde = 31 Desember 20x7.

Huur ontvang word maandeliks aan die begin van die maand ontvang en
teboekgestel. Die maadelikse huur bedrae R4 500. Op 28 Desember 20x7 is ‘n
kwitansie uitgereik vir huur ontvang van R4 500 ten opsigte van Januarie 20x8.
D.w.s daar is 13 maande se huur (R58 500) in die huidige periode teboekgestel.
Slegs R54 000 van die inkomste is op die 20x7 jaar van toepassing. Die R4 500 wat
op die 20x8 jaar van toepassing is, sal soos volg herklassifiseer word as ‘n
bedryfslas op jaareinde:

Dt Huur ontvang 4 500


Kt Inkomste vooruitontvang 4 500

In Januarie 20x8 sal die inkomste vooruitontvang teruggeskryf word om te verseker


dat die R4 500 huur inkomste erken word in die periode waarop dit van toepassing is

Dt Inkomste vooruitontvang 4 500


Kt Huur ontvang 4 500

13.1.7 Vebruiksvoorraad voorhande

Gedurende die jaar word uitgawes aagegaan vir verbruiksvoorraad bv.


skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels. Dit is moontlik dat daar van die
verbruiksvoorraad ongebruik was op jaareinde en dat dit eers in ‘n toekomstige
tydperk gebruik gaan word. Die gedeelte van die uitgawe ten opsigte van
verbruiksvoorraad wat in toekomstige tydperke gebruik gaan word moet op jaareinde
herklassifiseer word as verbruiksvoorraad.

Voorbeeld 13.10

Jaareinde = 31 Desember 20x7.

Gedurende die jaar is skoonmaakmiddels ter waarde van R750 aangekoop en as ‘n


uitgawe teboekgestel. Slegs R600 se skoonmaakmiddels is gedurende die huidige
periode gebruik. Die R150 se skoonmaakmiddels wat in die 20x8 jaar gebruik gaan
word moet soos volg herklassifiseer word as verbruiksvoorraad:

Dt Verbruiksvoorraad 150
Kt Skoonmaakmiddels 150

In Januarie 20x8 sal die verbruiksvoorraad soos volg teruggeskryf word om te


verseker dat die uitgawe vir skryfbehoeftes erken word in die periode waarin dit
gebruik gaan word:

Dt Skoonmaakmiddels 150
Kt Verbruiksvoorraad 150

13 - 9
13.1.8 Afwagrekeninge

Dit gebeur soms dat wanneer transaksies aangeteken word, die rekenmeester
onseker is oor die korrekte klassifikasie van een van die elemente (inkomste,
uitgawe, bate of las) van die transaksie. Dit is in sulke gevalle gebruiklik om totdat die
onsekerheid opgeklaar is, die element van die transaksie tydelik oor te boek na ‘n
afwagrekening (geriefsrekening). Sodra die onsekerheid opgeklaar is, moet die
afwagrekening afgesluit word met ‘n algemene joernaalinskrywing om sodoende die
korrekte klassifikasie van die element te verseker. Die gebruik van die afwagrekening
moet sover moontlik vermy word en die rekening moet op jaareinde afgesluit word.

Voorbeelde

1.) Die onderneming ontvang ‘n deposito van R500 en die rekenmeester is onseker
waarvoor die deposito is. Die transaksie word in die kontantontvangstejoernaal
aangeteken en oorgeboek na die bank grootboekrekening (bank word gedebiteer) en
die afwagrekening (afwagrekening word gekrediteer).
Bank
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KOJ 500

Afwagrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
AJ 500 KOJ 500

Die rekenmeester vind later uit die deposito ontvang was vir rente verdien
(inkomste). Om die afwagrekening af te sluit word afwagrekening gedebiteer met
R500 en rente verdien gekrediteer met R500. Die afwagrekening word afgesluit met
‘n algemene joernaalinskrywing.
Rente verdien
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
AJ 500

2.) Die onderneming maak ‘n betaling van R300 en die rekenmeester is onseker
waarvoor die betaling is. Die transaksie word in die kontantbetalingsjoernaal
aangeteken en oorgeboek na die bank grootboekrekening (bank word gekrediteer)
en die afwagrekening (afwagrekening word gedebiteer).
Bank
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KBJ 300

Afwagrekening
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
KBJ 300 AJ 300

Die rekenmeester vind later uit die betaling was vir herstelwerk gedoen aan die
motorvoertuig (uitgawe). Om die afwagrekening af te sluit word afwagrekening
gekrediteer met R300 en herstelwerk gedebiteer met R300. Die afwagrekening word
afgesluit met ‘n algemene joernaalinskrywing.
Herstelwerk
Datum Besonderhede Fo Bedrag Datum Besonderhede Fo Bedrag
AJ 300

13 - 10
13.2 Opstel van inkomstestaat en balansstaat

Die inkomstestaat en balansstaat word opgestel vanaf die na-afsluitingsproefbalans,


wat opgestel is nadat alle aansuiwerings- en afsluitingsjoernale in die algemene
joernaal aangeteken is en oorgeboek is na die algemene grootboek.

Voorbeeld 13.11

Onderstaande vooraansuiweringsproefbalans (begin saldo’s/totale van


grootboekrekeninge in stap-vir-stap illustrasie van die afsluitingsproses) is soos volg
aangesuiwer om die na-afsluitingsproefbalans te verkry, waarvan af die inkomstestaat
en balansstaat opgestel is:

(1) joernaalinskrywings t.o.v. die volgende aansuiwerings:

• oninbare skuld afgeskryf (voorbeeld 13.1)


• oninbare skuld verhaal (voorbeeld 13.2 en 13.3)
• toelaag vir kredietverliese van debiteure (voorbeeld 13.5)
• agterstallige / opgelope uitgawes – telefoon (voorbeeld 13.6)
• vooruitbetaalde uitgawes – versekering (voorbeeld 13.7)
• inkomste ontvangbaar / opgelope inkomste – rente (voorbeeld 13.8)
• inkomste vooruitontvang – huur (voorbeeld 13.9)
• verbruiksvoorraad voorhande – skoonmaakmiddels (voorbeeld 13.10)

(2) sluitingsjoernaal inskrywings soos uiteengesit in voorbeeld 13.11:

Slegs vir illustrasie doeleindes, verskyn nie in na-afsluitingsproefbalans – bedrae is ingesluit in


wins-en-verlies van 19 610 (totaal van inkomstestaat) wat soos volg afgesluit sal word na
kapitaal:

Dt Wins-en-verlies 19 610
Kt Kapitaal 19 610
Die totale kapitaal in die balansstaat sal dus 125 160 wees.

Voor-aansuiwerings Na-afsluitings
proefbalans proefbalans
DT KT DT KT

Toerusting 30 000 24 000


Opgelope waardevermindering 6 000
Debiteure 60 000 50 000
Krediteure 27 150 27 150
Voorraad *29 500 **33 600
Kontant 16 160 19 160
Beleggings 30 000 30 000
Kapitaal *100 000 105 550
Kapitaalbydraes 10 000
Kapitaalonttrekkings 4 450

13 - 11
Aankope 17 600
Verkope 43 350
Huur inkomste 58 500 54 000
Rente ontvang 2 750 3 000
Vraggeld op aankope 3 450
Skoonmaakmiddels 750 600
Skryfbehoeftes 800 800
Salarisse en lone 30 025 30 025
Versekering 12 000 9 000
Telefoon 9 350 10 200
Waardevermindering 3 000 3 000
Oninbare skuld 8 500
Oninbare skuld verhaal 1 500
Beweging in toelaag vir kredietverliese van 2 500
debiteure (uitgawe)
Aankoopretoere 1 250
Verkoopretoere 1 365
Korting toegestaan 1 200
Korting ontvang 650

Handelsrekening (bruto wins) 25 735


Wins en verlies 19 610
Verbruiksvoorraad (skoonmaakmiddels) 150
Vooruitbetaalde uitgawes (versekering) 3 000
Inkomste ontvangbaar / Opelope inkom (rente) 250
Agterstallige / Opgelope uitgawes (telefoon) 850
Inkomste vooruitontvang (huur) 4 500
Toelaag vir kredietverliese van debiteure 2 500
249 650 249 650 160 160 160 160
* 1 Januarie 20x7 / ** 31 Desember 20x7

13 - 12
Inkomstestaat vir die jaar geeïndig 31 Desember 20x7

Verkope 40 785
Koste van verkope (15 050)

Bruto wins 25 735

Plus: ander inkomste 58 500


Huur ontvang 54 000
Rente ontvang 3 000
Oninbare skuld verhaal 1 500

Min: uitgawes 64 625


Skoonmaakmiddels 600
Skryfbehoeftes 800
Salarisse en lone 30 025
Versekering 9 000
Telefoon 10 200
Waardevermindering 3 000
Oninbare skuld 8 500
Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure 2 500

Wins vir die jaar 19 610

13 - 13
Balansstaat soos op 31 Desember 20x7

R
BATES
Nie-bedryfsbates
Toerusting 24 000
Beleggings 30 000

Totale nie-bedryfsbates 54 000

Bedryfsbates
Handelsvoorraad 33 600
Verbruiksvoorraad 150
Debiteure 47 500
Vooruitbetaalde uitgawes 3 000
Inkomste ontvangbaar / Opgelope inkomste 250
Kontant 19 160

Totale bedryfsbates 103 660

Totale bates 157 660

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit
Kapitaal 125 160

Bedryfslaste
Krediteure 27 150
Agterstallige uitgawe / Opgelope uitgawe 850
Inkomste vooruitontvang 4 500

Totale bedryfslaste 32 500

Totale laste 32 500

Totale ekwiteit en laste 157 660

13 - 14
HOOFSTUK 13
VRAE

Bladsy

Vraag 13.1 Oninbare skuld en toelaag vir kredietverliese van debiteure 13 - 16

Vraag 13.2 Aansuiweringsjoernale (huidige jaar), grootboekrekeninge,


na-aansuiweringsproefbalans en finansiële state 13 - 19

Vraag 13.3 Aansuiweringsjoernale (terugskryf van vorige jaar en


huidige jaar) 13 - 27

Vraag 13.4 Finansiële state 13 - 29

Vraag 13.5 Oninbare skuld en toelaag vir kredietverliese van debiteure 13 – 33

Vraag 13.6 Finansiële state (na inagneming van aansuiwerings) 13 – 34

Vraag 13.7 Finansiële state (na inagneming van aansuiwerings) 13 – 36

Vraag 13.8 Sluitingsjoernaalinskrywings 13 – 38

Vraag 13.9 Finansiële state (na inagneming van aansuiwerings) 13 – 39

Vraag 13.10 Sluitingsjoernaalinskrywings 13 – 41

Vraag 13.11 Finansiële state (na inagneming van aansuiwerings) 13 – 42

13 - 15
VRAAG 13.1

Die volgende saldo's het onder andere in die grootboek van 'n onderneming verskyn
op 28 Februarie, die rekenpligtige datum, soos onderskeidelik aangedui:

2010 2011
R R
Debiteurekontrole 72 000 69 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure - 1 Maart 2009 1 980 -
Oninbare skuld afgeskryf 2 750 2 060
Oninbare skuld verhaal - 1 370

Addisionele inligting:

1. Die saldo van die debiteurekontrole rekening het R66 000 bedra op 1 Maart 2009.

2. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure beloop onderskeidelik R2 160 en


R2 055 op 28 Februarie 2010 en 28 Februarie 2011.

3. Op 28 Februarie 2011 moet 'n verdere bedrag van R500, wat deur 'n debiteur op
daardie datum nog verskuldig was, afgeskryf word as oninbaar.

4. R850 van die oninbare skuld wat verhaal is, is bedrae wat gedurende die jaar
geëindig 28 Februarie 2010 as oninbaar afgeskryf is, terwyl die ander R520
bedrae is wat gedurende die jaar geëindig 28 Februarie 2011 as oninbaar
afgeskryf is.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) vir beide die 2010 en 2011 finansiële jare, die inskrywings met betrekking tot
bovermelde besonderhede, in die onderskeie gepaste grootboekrekeninge te
toon.

(b) ten opsigte van beide die 2010 en 2011 finansiële jaarstate, te toon hoe die
bovermelde besonderhede in onderskeidelik die betrokke Inkomstestaat en
Balansstaat getoon sal word.

13 - 16
VRAAG 13.1
Voorgestelde oplossing

(a) ALGEMENE GROOTBOEK


Debiteurekontrole
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/09 Saldo a/b 66 000 28/2/10 Verkoopretoere (VRJ) X xxx
28/2/10 Verkope (VJ) Xx xxx 28/2/10 Bank (KOJ) Xx xxx
28/2/10 Rente gehef (A/jnl) Xxx 28/2/10 Oninbare skuld (A/jnl) 2 750
28/2/10 Saldo o/d 72 000
Xx xxx Xx xxx
01/3/10 Saldo a/b 72 000 28/2/11 Verkoopretoere (VRJ) X xxx
28/2/11 Verkope (VJ) Xx xxx 28/2/11 Bank (KOJ) Xx xxx
28/2/11 Rente gehef (A/jnl) Xxx 28/2/11 Oninbare skuld (A/jnl) 2 060
28/2/11 Oninbare skuld (A/jnl) 500
28/2/11 Saldo o/d 68 500
Xx xxx Xx xxx
01/3/11 Saldo a/b 68 500

Toelaag vir kredietverliese van debiteure


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
01/3/09 Beweging in toelaag 1 980 01/3/09 Saldo a/b 1 980
vir kredietverliese van
debiteure (A/jnl)
28/2/10 Saldo o/d 2 160 28/2/10 Beweging in toelaag 2 160
vir kredietverliese van
debiteure (A/jnl)
4 140 4 140
01/3/10 Beweging in toelaag 2 160 01/3/10 Saldo a/b 2 160
vir kredietverliese van
debiteure (A/jnl)
28/2/11 Saldo o/d 2 055 28/2/11 Beweging in toelaag 2 055
vir kredietverliese van
debiteure (A/jnl)
4 215 4 215
01/3/11 Saldo a/b 2 055

Beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
28/2/10 Toelaag vir 2 160 01/3/09 Toelaag vir 1 980
kredietverliese van kredietverliese van
debiteure (A/jnl) debiteure (A/jnl)
28/2/10 W & V rek (A/jnl) 180
2 160 2 160
28/2/11 Toelaag vir 2 055 01/3/10 Toelaag vir 2 160
kredietverliese van kredietverliese van
debiteure (A/jnl) debiteure (A/jnl)
28/2/11 W & V rek (A/jnl) 105
2 160 2 160

13 - 17
Oninbare skuld afgeskryf
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
28/2/10 * Debiteure (A/jnl) 2 750 28/2/10 W & V rek (A/jnl) 2 750
28/2/11 ª Debiteure (A/jnl) 2 060 28/2/11 ¥ O/S verhaal (A/jnl) 520
28/2/11 Debiteur (A/jnl) 500 28/2/11 W & V rek (A/jnl) 2 040
2 560 2 560

Oninbare skuld verhaal


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
28/2/11 O/skuld (A/jnl) 520 28/2/11 Bank (KOJ) 1 370
28/2/11 W & V rek (A/jnl) 850
1 370 1 370

* Oninbare skuld progressief afgeskryf gedurende die jaar 1 Mrt 2009 tot 28 Feb
2010.
ª Oninbare skuld progressief afgeskryf gedurende die tydperk 1 Mrt 2010 tot
28 Feb 2011.
¥ Oninbare skuld verhaal gedurende die jaar 1 Mrt 2010 tot 28 Feb 2011.

(b)

INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2011 2010


R R
INKOMSTE
Oninbare skuld verhaal 850 -
Afname in toelaag vir kredietverliese van debiteure 105 -

UITGAWES
Toename in toelaag vir kredietverliese van debiteure - 180
Oninbare skuld afgeskryf 2 040 2 750

BALANSSTAAT OP 28 FEBRUARIE

Debiteure # 66 445 69 840

# Die bedrae vir debiteure in die balansstaat word getoon na aftrekking van die
onderskeie toelae vir kredietverliese van debiteure op daardie datums.

13 - 18
VRAAG 13.2

Die volgende saldo's het in die algemene grootboek van Jappy Cells verskyn op
28 Februarie 20x7, die finansiële jaareinde:

R
Kapitaalrekening - Eienaar 109 840
Onttrekkings deur die eienaar 60 000
Krediteurekontrole 25 000
Debiteurekontrole 32 000
Handelsvoorraad 40 000
Oortrokke bank 15 000
Voertuie teen kosprys 132 000
Opgelope waardevermindering - Voertuie 52 000
Drukwerk en skryfbehoeftes 2 500
Lening verskuldig - Gogo Bank 102 000
Rente betaal - Gogo Bank 21 400
Huur van perseel betaal 31 200
Vaste deposito - Cosmo Bank 50 000
Rente ontvang - Cosmo Bank 5 500
Inkomste vir herstelwerk ontvang 33 900
Elektrisiteitkoste 6 340
Telefoonkoste 14 300
Verkoopretoere 1 000
Verkope 280 000
Koste van verkope 155 000
Waardevermindering 14 000
Salarisse en lone 22 000
Administrasiekoste 18 000
Verkoopskoste 15 000
Herstelwerk 8 500

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat ten opsigte van die vaste
deposito verdien is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal
wanneer dit ontvang is, waarvandaan dit direk na die betrokke
grootboekrekening oorgeboek is.
2. Drukwerk en skryfbehoeftes ten bedrae van R660 was ongebruik op
28 Februarie 20x7.
3. Die lening verskuldig aan Gogo Bank is terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse
paaiemente van R18 000 op 30 November elke jaar en rente word gehef teen 'n
koers van 20% per jaar, betaalbaar maandeliks aan die einde van elke maand.
(Die paaiement ten opsigte van 30 November 20x6 is wel op daardie datum
betaal.)

13 - 19
4. Die onderneming huur die besigheidsperseel reeds die afgelope jaar teen 'n
vaste huur van R2 400 per maand, maandeliks betaalbaar. Die huurbedrag is
onveranderd tot 30 Junie 20x7.
5. Die vaste deposito by Cosmo Bank is vir 3 jaar tot 31 Maart 20x8 gemaak en
verdien rente teen 'n koers van 12% per jaar wat elke maand deur die bank
uitbetaal word.
6. Hersteldienste ten bedrae van R220 is aan 'n kliënt P Vos op 28 Februarie 20x7
gelewer, maar daar was tot datum geen faktuur vir die betrokke dienste gelewer,
uitgemaak nie.
7. Beide die elektrisiteitsrekening ten bedrae van R520 en die telefoonrekening ten
bedrae van R1 470 ten opsigte van Februarie 20x7, is eers op 17 Maart 20x7
ontvang. Geen rekeningkundige inskrywings is tot datum vir dié betrokke kostes
gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) Die rekeningkundige gebeurtenisse van toepassing op die jaar geëindig


28 Februarie 20x7 in ‘n gepaste joernaal aan te teken.
(b) Die betrokke joernaalinskrywings oor te boek na die ooreenstemmende
grootboekrekeninge.
(c) ‘n Aangesuiwerde proefbalans op 28 Februarie 20x7 op te stel.
(d) Die inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x7 en die balansstaat op
daardie datum op te stel, uiteengesit volgens aanvaarbare rekeningkundige
norme.

13 - 20
VRAAG 13.2

Voorgestelde oplossing

(a) ALGEMENE JOERNAAL


Datum Besonderhede Fo Debiet Krediet

13 - 21
(b) ALGEMENE GROOTBOEK

Voorraad drukwerk en skryfbehoeftes


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 660

Drukwerk en skryfbehoeftes
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 2 500 Feb 28 Alg jnl 660
aanpassings

Rente-uitgawe
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 21 400
aanpassings
28 Alg jnl 1 700

Gogo Bank - Krediteur (Rente verskuldig)


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 1 700

Huur van perseel


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 31 200 Feb 28 Alg jnl 2 400
aanpassings

13 - 22
Verhuurder - Debiteur (Huur vooruitbetaal)
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 2 400

Cosmo Bank - Debiteur (Rente-inkomste uitstaande)


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 500

Rente verdien
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 5 500
aanpassings
28 Alg jnl 500

P Vos - Debiteur (Inkomste uitstaande)


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 220

Inkomste uit herstelwerk verdien


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 33 900
aanpassings
28 Alg jnl 220

Elektrisiteitkoste
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 6 340
aanpassings
28 Alg jnl 520

Escom - Krediteur (Elektrisiteitkoste verskuldig)


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 520

Telefoonkoste
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Bedrag voor 14 300
aanpassings
28 Alg jnl 1 470

Telkom - Krediteur (Telefoonkoste verskuldig)


Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Feb 28 Alg jnl 1 470

13 - 23
(c) PROEFBALANS OP 28 FEBRUARIE 20x7 Fo Debiet Krediet
R R
Kapitaalrekening - Eienaar 109 840
Onttrekkings deur eienaar 60 000
Krediteurekontrole 25 000
Debiteure kontrole 32 000
Handelsvoorraad 40 000
Oortrokke bank 15 000
Voertuie teen kosprys 132 000
Opgelope waardevermindering - Voertuie 52 000
Waardevermindering afgeskryf 14 000
Drukwerk en skryfbehoefte voorraad 660
Drukwerk en skryfbehoeftes verbruik 1 840
Lening verskuldig - Gogo Bank 102 000
Rente-uitgawe 23 100
Rente verskuldig (Krediteur) 1 700
Huurkoste van perseel 28 800
Huur van perseel vooruitbetaal (Debiteur) 2 400
Vaste deposito - Cosmo Bank 50 000
Rente verdien 6 000
Rente inkomste uitstaande (Debiteur) 500
Inkomste uit herstelwerk 34 120
Inkomste uitstaande (Debiteur) 220
Elektrisiteitkoste 6 860
Elektrisiteitkoste verskuldig (Krediteur) 520
Telefoonkoste 15 770
Telefoonkoste verskuldig (Krediteur) 1 470
Verkoopretoere 1 000
Koste van verkope 155 000
Verkope 280 000
Salarisse en lone 22 000
Administrasiekoste 18 000
Verkoopskoste 15 000
Herstelwerk 8 500
627 650 627 650

13 - 24
(d)

INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 20x7


R

VERKOPE (280 000 - 1 000)


MIN KOSTE VAN VERKOPE
BRUTO WINS vir die jaar
PLUS ANDER INKOMSTE
Inkomste uit herstelwerk
Rente verdien

MIN UITGAWES
Salarisse en lone
Waardevermindering
Rente-uitgawe
Elektristeitkoste
Telefoonkoste
Drukwerk en skryfbehoeftes verbruik
Verkoopskoste
Administrasiekoste
Huur van perseel
Herstelwerk

WINS vir die jaar

13 - 25
BALANSSTAAT OP 28 FEBRUARIE 20x7
R
BATES

NIE-BEDRYFSBATES
Voertuie
Kosprys
Min: Opgelope waardevermindering
Ontasbare bates
Vaste deposito
Finansiële bates
Totale nie-bedryfsbates

BEDRYFSBATES
Handelvoorraad
Voorraad drukwerk en skryfbehoeftes
Debiteure
Inkomste uitstaande
Rente-inkomste uitstaande
Huur vooruitbetaal

EKWITEIT EN LASTE

KAPITAAL
Kapitaalrekening - Eienaar
Saldo aan begin van die jaar
Wins vir die jaar

Min: Onttrekkings

NIE-BEDRYFSLASTE
Lening verskuldig

BEDRYFSLASTE
Krediteure
Rente-uitgawe verskuldig
Elektrisiteitkoste verskuldig
Telefoonkoste verskuldig
KT-gedeelte van lening verskuldig
Oortrokke bank

13 - 26
VRAAG 13.3

Corleo Produkte is 'n eenmansaak wat olyfolie invoer uit Italië. Die onderneming se
finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Op 29 Julie 20x5 het die onderneming se boekhouer 'n proefbalans t.o.v. 30 Junie
20x5 opgestel. Die volgende items het onder andere in die betrokke proefbalans
verskyn:

R
Langtermyn lening verskuldig 95 000
Rente op lening vooruitbetaal - 1 Julie 20x4 2 000
Rente op lening 19 800
Vaste deposito 60 000
Rente op vaste deposito vooruitontvang - 1 Julie 20x4 750
Rente op vaste deposito ontvang 7 500
Huur vooruitbetaal - 1 Julie 20x4 900
Huur betaal 9 450
Lone verskuldig - 1 Julie 20x4 850
Lone betaal 61 370
Telefoonkoste verskuldig - 1 Julie 20x4 220
Telefoonkoste betaal 4 140
Elektrisiteitkoste verskuldig - 1 Julie 20x4 290
Elektrisiteitkoste betaal 4 355

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit ontvang
is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek is.
2. Die langtermyn lening is sedert 20x0 verskuldig en is terugbetaalbaar in gelyke
paaiemente van R5 000 elk op 1 April elke jaar. Alle paaiemente is wel elke jaar
op datum betaal. Rente word op die lening gehef teen 'n koers van 24% per jaar.
3. Die vaste deposito van R60 000 is gedurende 20x2 gemaak en verdien sedert
daardie datum rente teen 'n koers van 15% per jaar, maandeliks betaalbaar.
4. Beide Junie 20x5 se telefoonrekening ten bedrae van R190 en die
elektrisiteitsrekening ten bedrae van R325 is eers op 21 Julie 20x5 ontvang,
waarvoor nog geen inskrywings gemaak is nie.
5. Op 29 Junie 20x5 is R1 050 se lone ten opsigte van Julie 20x5 reeds betaal.
6. Die onderneming het gedurende 20x2 'n huurkontrak vir sy besigheidsperseel
aangegaan. Die huur het maandeliks R900 bedra tot 31 Desember 20x4. Vanaf
1 Januarie 20x5 is die huur verhoog na R990 per maand tot 31 Desember 20x6,
maandeliks betaalbaar.

VAN U WORD VERLANG OM

die bostaande rekeningkundige gebeurtenisse wat van toepassing is op die jaar


geëindig 30 Junie 20x5, in die gepaste joernaal aan te teken.

13 - 27
VRAAG 13.3

Voorgestelde oplossing

ALGEMENE JOERNAAL
Datum Besonderhede Debiet Krediet
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30
20x4
Jul 01
20x5
Jun 30

NB! Die bostaande joernaalinskrywings sal elkeen na die gepaste


ooreenstemmende grootboekrekening oorgeboek word.
NB! Geen inskrywing sal in enige grootboekrekening gemaak word sonder dat die
betrokke rekeningkundige gebeurtenis in ‘n gepaste joernaal aangeteken en omskryf
is nie.

Die volgende bedrae sal gevolglik onder andere in die Inkomstestaat vir die
jaar geëindig 30 Junie 20x5 verskyn:
R
INKOMSTE
Rente op vaste deposito verdien 9 000

UITGAWES
Rente op lening 23 700
Huur van perseel 11 340
Lone-uitgawe 59 470
Telefoonkoste 4 110
Elektrisiteitkoste 4 390

13 - 28
VRAAG 13.4

Monsaai Handelaars is 'n eenmansaak wat handel dryf in sellulêre telefone. Die
onderneming maak gebruik van 'n deurlopende voorraadstelsel.

Op 28 Februarie 20x7, die einde van die finansiële jaar, het die volgende voor-
aansuiweringssaldo's, met die uitsluiting van die eienaar se Kapitaalrekening, in die
grootboek van die onderneming verskyn:
R
Kontant in bank 1 007
Debiteurekontrole 52 809
Krediteurekontrole 40 239
Verkope van produkte 501 109
Koste van verkope 245 799
Handelsvoorraad 41 600
Rente-inkomste vooruitontvang op 1 Maart 20x6 600
Rente-inkomste ontvang 6 000
Onttrekkings deur eienaar 49 900
Toerusting teen kosprys 160 000
Opgelope waardevermindering - Toerusting 50 000
Elektrisiteitkoste verskuldig op 1 Maart 20x6 501
Elektrisiteitkoste betaal 5 289
Vaste deposito by bank 60 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure op 1 Maart 20x6 1 625
Oninbare skuld afgeskryf 1 930
Oninbare skuld verhaal 1 023
Huur van perseel verskuldig op 1 Maart 20x6 1 200
Huur van perseel betaal 18 300
Voorraad drukwerk en skryfbehoeftes op 1 Maart 20x6 317
Drukwerk en skryfbehoeftes 1 089
Waardevermindering afgeskryf 15 000
Telefoonkoste verskuldig op 1 Maart 20x6 711
Telefoonkoste betaal 7 151
Lone vooruitbetaal op 1 Maart 20x6 2 450
Lone betaal 48 622
Verkoops- en administrasiekoste 21 212
Herstelwerk en instandhouding 2 547

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit ontvang
is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek is.

13 - 29
2. Op 28 Februarie 20x7 het die drukwerk en skryfbehoeftesvoorraad R275 bedra.

3. Die onderneming het gedurende 20x3 'n huurkontrak vir sy besigheidsperseel


aangegaan, ingevolge waarvan die huur maandeliks R1 200 bedra tot 31 Mei
20x6 en vanaf 1 Junie 20x6 verhoog na R1 350 per maand vir die volgende 2
jaar. Die huur is maandeliks betaalbaar.

4. Op 28 Februarie 20x7 was R1 875 se lone ten opsigte van 'n werknemer wat
afwesig was gedurende daardie week, nog verskuldig.

5. Die Vaste Deposito van R60 000 is gedurende 20x5 gemaak vir 'n termyn van
5 jaar en verdien rente teen 'n koers van 14.5% per jaar, maandeliks betaalbaar.

6. Die telefoonrekening vir Februarie 20x7 ten bedrae van R844 is eers op
19 Maart 20x7 ontvang, waarvoor nog geen inskrywing gemaak is nie.

7. Die elektrisiteitsrekening vir Februarie 20x7 ten bedrae van R401 is eers op
21 Maart 20x7 ontvang, waarvoor nog geen inskrywings gemaak is nie.

8. 'n Debiteur wat 'n bedrag van R859 verskuldig was op 28 Februarie 20x7, se
boedel is op daardie datum insolvent verklaar. Dié bedrag is ingesluit by die
saldo van die Debiteurekontrole hierbo.

9. R820 van die oninbare skuld wat verhaal is, is bedrae wat gedurende die
huidige jaar as oninbaar afgeskryf is.

10. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure beloop R1 039 op


28 Februarie 20x7.

VAN U WORD VERLANG OM

volledige finansiële state van die onderneming vir die jaar geëindig 28 Februarie
20x7 op te stel, uiteengesit volgens aanvaarbare rekeningkundige norme.

(NB! - U kan aanvaar dat die al die joernale, met uitsluiting van die algemene
joernaal, aan die einde van elke jaar reeds afgesluit was voordat enige
aansuiwerings gedoen is.)

13 - 30
VRAAG 13.4

Voorgestelde oplossing

INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 20x7


R

VERKOPE
MIN: KOSTE VAN VERKOPE
BRUTO WINS vir die jaar
ANDER INKOMSTE
Rente verdien
Oninbare skuld verhaal
Afname in toelaag vir kredietverliese van debiteure

MIN: UITGAWES
Elektrisiteitkoste
Telefoonkoste
Drukwerk en skryfbehoeftes verbruik
Waardevermindering afgeskryf
Herstelwerk en instandhouding
Verkoops-en administrasiekoste
Lone
Huur van perseel
Oninbare skuld afgeskryf

WINS vir die jaar

13 - 31
BALANSSTAAT OP 28 FEBRUARIE 20x7
R
BATES

NIE-BEDRYFSBATES
Toerusting
Kosprys
Min: Opgelope waardevermindering
Ontasbare bates
Finansiële bates
Fixed deposit
Totale nie-bedryfsbates

BEDRYFSBATES
Handelsvoorraad
Voorraad drukwerk en skryfbehoeftes
Debiteure
Rente-inkomste uitstaande
Huur vooruitbetaal
Kontant in bank

EKWITEIT EN LASTE

KAPITAAL
Kapitaalrekening - Eienaar
Saldo aan begin van die jaar
Wins vir die jaar

Min: Onttrekkings

BEDRYFSLASTE
Krediteure
Elektrisiteitkoste verskuldig
Telefoonkoste verskuldig
Lone verskuldig

13 - 32
VRAAG 13.5

Die volgende totale van die debiteurekolomme het in die onderskeie joernale van 'n
onderneming verskyn, nadat die betrokke joernale, vir die jaar geëindig
30 April 20x6, afgesluit is:
R
Verkoopjoernaal 28 913
Verkoopterugsendingsjoernaal 984
Kontantontvangstejoernaal 27 909

Addisionele inligting:

1. Die saldo van die debiteurekontrolerekening in die algemene grootboek het op


1 Mei 20x5 R55 613 bedra.

2. 'n Bedrag van R302 deur G Vos verskuldig, is op 22 April 20x6 as oninbaar
afgeskryf, aangesien hy dié bedrag reeds vir 7 maande verskuldig is en nie sy
beloftes om die bedrag te vereffen, nakom nie. Die rekening is aan 'n prokureur
oorgehandig vir invordering.

3. Rente ten bedrae van R28 is volgens ooreenkoms op 30 April 20x6 op die bedrag
van R495 wat sedert Januarie 20x6 deur ’n debiteur, M Smal, verskuldig is,
gehef.

4. Die saldo van die oninbare skuld verhaal rekening in die algemene grootboek het
R820 op 30 April 20x6 bedra. R620 van hierdie bedrag is bedrae wat gedurende
vorige jare as oninbaar afgeskryf is, terwyl die balans bedrae is wat gedurende
die huidige jaar afgeskryf is.

5. Op 30 April 20x6 beloop die toelaag vir kredietverliese van debiteure R480. Op
1 Mei 20x5 het die toelaag vir kredietverliese van debiteure R520 beloop.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die verdere gepaste algemene joernaalinskrywings om die bostaande transaksies


te boek te stel vir die jaar geëindig 30 April 20x6, te toon.

(b) die volgende grootboekrekeninge, behoorlik afgesluit, in die algemene grootboek


vir die jaar geëindig 30 April 20x6, te toon:

• debiteurekontrole
• toelaag vir kredietverliese van debiteure
• rente verdien
• beweging in toelaag vir kredietverliese van debiteure
• oninbare skuld afgeskryf
• oninbare skuld verhaal

(c) aan te dui hoe die item "debiteure" in die balansstaat op 30 April 20x6, getoon sal
word.

13 - 33
VRAAG 13.6

Jabulani Juweliers is 'n eenmansaak wat handel dryf in eksotiese juweliersware. Die
onderneming maak gebruik van 'n deurlopende voorraadstelsel. Die volgende voor-
aansuiweringssaldo's, met die uitsondering van die eienaar se Kapitaalrekening, het
in die algemene grootboek verskyn op 28 Februarie 20x5, die einde van die
onderneming se finansiële jaar:

R
Afleweringsvoertuig teen kosprys 189 540
Aankope van verpakkingsmateriaal 4 928
Bedrae gestort deur eienaar 25 000
Brandstof en instandhouding 19 578
Debiteurekontrole 99 630
Elektrisiteitkoste verskuldig - 1 Maart 20x4 797
Elektrisiteitkoste betaal 8 981
Huur van perseel vooruitbetaal - 1 Maart 20x4 3 200
Huur van perseel betaal 34 400
Koste van verkope 404 269
Oortrokke bank 10 892
Krediteurekontrole 63 539
Lening verskuldig aan KSOK Bank 110 000
Oninbare skuld afgeskryf 2 645
Oninbare skuld verhaal 1 029
Onttrekkings deur eienaar 69 280
Opgelope waardevermindering - Afleweringsvoertuig 71 293
Rente op lening vooruitbetaal - 1 Maart 20x4 1 220
Rente op lening betaal 11 000
Rente op vaste deposito agterstallig - 1 Maart 20x4 600
Rente op vaste deposito ontvang 7 800
Salarisse en lone betaal 69 460
Salarisse en lone verskuldig - 1 Maart 20x4 4 200
Selfoonkoste verskuldig - 1 Maart 20x4 1 182
Selfoonkoste betaal 15 847
Vaste deposito 80 000
Verkoops-en administrasiekoste 56 389
Verkope 727 886
Handelsvoorraad 76 898
Voorraad verpakkingsmateriaal - 1 Maart 20x4 2 318
Toelaag vir kredietverliese van debiteure - 1 Maart 20x4 2 102
Waardevermindering afgeskryf - Afleweringsvoertuig 22 313

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit
ontvang is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek
is.

13 - 34
2. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R4 209 is gebruik gedurende die jaar
geëindig 28 Februarie 20x5.
3. Die vaste deposito is op 11 Mei 20x3 vir ‘n termyn van 3 jaar gemaak. Die
deposito verdien rente teen ‘n koers van 9% per jaar, maandeliks betaalbaar.
4. Die lening verskuldig aan KSOK Bank is sedert 1 April 20x2 verskuldig. Rente
word op die lening gehef teen ‘n koers van 12% per jaar, maandeliks betaalbaar.
Die lening is terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente van R12 000 elk op
1 April elke jaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
5. Die eienaar het sy persoonlike Armani horlosie op 19 Maart 20x4 teen ‘n
ooreengekome prys van R5 000 aan die onderneming gegee om deur die
onderneming as handelsvoorraad verkoop te word, waarvoor geen
rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
6. Die eienaar het ook op 24 Desember 20x4 ‘n goue armband met ‘n kosprys van
R1 680 en ‘n verkoopprys van R2 675 uit voorraad geneem as ‘n kersgeskenk vir
sy vrou, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
7. Die onderneming het op 1 Junie 20x3 ‘n huurkontrak vir sy besigheidsperseel
aangegaan ingevolge waarvan die huur maandeliks R3 200 bedra tot
31 Mei 20x4 en daarna vehoog na R3 500 per maand tot 31 Mei 20x5. Die huur
is maandeliks betaalbaar.
8. Die faktuur vir die elektrisiteitskoste ten bedrae van R1 009 t.o.v. Februarie 20x5,
is eers gedurende Maart 20x5 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
9. Die faktuur vir die selfoonkoste ten bedrae van R1 337 t.o.v. Februarie 20x5, is
eers op gedurende Maart 20x5 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
10. 'n Werknemer wat sy jaarlikse verlof moes neem, se salaris van R1 660 vir
Maart 20x5 is reeds gedurende Februarie 20x5 aan hom betaal.
11. Die bedrag wat vir debiteurekontrole in die lys van saldo’s getoon word, sluit ‘n
bedrag van R780 in wat deur ‘n debiteur, M Ndo, verskuldig is. Die betrokke
debiteur het op 27 Februarie 20x5 aangedui dat hy nie in staat is om binne die
afsienbare toekoms die verskuldigde bedrag te betaal nie.
12. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure het op 28 Februarie 20x5 met R125
afgeneem.
13. R366 van die oninbare skuld wat verhaal is, is bedrae wat gedurende die huidige
jaar as oninbaar afgeskryf is, terwyl die balans bedrae is wat gedurende vorige
jare afgeskryf is.

VAN U WORD VERLANG OM

'n balansstaat op 28 Februarie 20x5 en 'n gedetailleerde inkomstestaat vir die jaar
geëindig 28 Februarie 20x5 op te stel, uiteengesit volgens aanvaarbare
rekeningkundige norme.

13 - 35
VRAAG 13.7

Crusader Steel is 'n eenmansaak wat handel dryf in vlekvrye staalprodukte. Die
onderneming maak gebruik van 'n periodieke voorraadstelsel. Die volgende voor-
aansuiweringssaldo's, met die uitsondering van die eienaar se Kapitaalrekening, het
in die algemene grootboek verskyn op 28 Februarie 20x6, die einde van die
onderneming se finansiële jaar:
R
Aankoopretoere van handelsvoorraad 14 989
Aankope van handelsvoorraad 358 389
Aankope van verpakkingsmateriaal 7 271
Brandstof en instandhouding 29 371
Debiteurekontrole 111 474
Elektrisiteitkoste verskuldig – 1 Maart 20x5 1 012
Elektrisiteitkoste betaal 11 926
Huur van perseel verskuldig – 1 Maart 20x5 4 280
Huur van perseel betaal 66 640
Kontant in bank 8 276
Krediteurekontrole 81 482
Lening verskuldig aan Cape Bank 130 000
Oninbare skuld afgeskryf 4 901
Oninbare skuld verhaal 2 007
Onttrekkings deur eienaar 121 970
Opgelope waardevermindering - Vragmotor – 1 Maart 20x5 62 818
Rente op lening verskuldig – 1 Maart 20x5 1 450
Rente op lening betaal 18 950
Rente op vaste deposito agterstallig – 1 Maart 20x5 400
Rente op vaste deposito ontvang 5 600
Salarisse en lone betaal 99 274
Salarisse en lone vooruitbetaal - 1 Maart 20x5 6 230
Selfoonkoste verskuldig - 1 Maart 20x5 1 182
Selfoonkoste betaal 15 847
Spoorvrag op aankope van handelsvoorraad 12 876
Spoorvrag op verkope van handelsvoorraad 9 793
Vaste deposito 80 000
Verkoops-en administrasiekoste 56 389
Verkope 727 886
Handelsvoorraad – 1 Maart 20x5 76 898
Voorraad verpakkingsmateriaal – 1 Maart 20x5 2 318
Toelaag vir kredietverliese van debiteure – 1 Maart 20x5 1 802
Vragmotor teen kosprys 180 700

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit
ontvang is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek
is.

13 - 36
2. Die voorraad verpakkingsmateriaal het R3 293 bedra op 28 Februarie 20x6.
3. Die voorraad handelsware se kosprys het R72 440 bedra op 28 Februarie 20x6.
4. Die lening verskuldig aan Cape Bank is sedert 1 Julie 20x2 verskuldig. Rente
word op die lening gehef teen ‘n koers van 12% per jaar, maandeliks betaalbaar.
Die lening is terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente van R15 000 elk op
1 Julie elke jaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
5. Die eienaar het sy persoonlike rekenaar op 1 Junie 20x5 teen ‘n ooreengekome
prys van R8 000 aan die onderneming gegee om deur die onderneming gebruik
te word, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
6. Die eienaar het op 17 Oktober 20x5 staalprodukte met ‘n kosprys van R2 200 en
‘n verkoopprys van R3 850 uit voorraad geneem om gebruik te word vir die maak
van ‘n sekuriteitshek by sy woonhuis, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
7. Waardevermindering ten bedrae van R21 370 op die vragmotor en R450 op die
rekenaar moet nog vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x6 afgeskryf word.
8. Die onderneming het op 1 Augustus 20x4 ‘n huurkontrak vir sy
besigheidsperseel aangegaan ingevolge waarvan die huur maandeliks R4 280
bedra tot 31 Julie 20x5 en daarna vehoog na R5 120 per maand tot
31 Julie 20x6. Die huur is maandeliks betaalbaar.
9. Die vaste deposito is op 12 September 20x4 vir ‘n termyn van 3 jaar gemaak.
Die deposito verdien rente teen ‘n koers van 6% per jaar, maandeliks betaalbaar.
10. Dit is besluit om rente van R134 op 28 Februarie 20x6 te hef op die bedrag wat
‘n debiteur, Z Nel, reeds vir 6 maande verskuldig is, waarvoor geen
rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
11. Die bedrag wat vir Debiteurekontrole in die lys van saldo’s getoon word, sluit ‘n
bedrag van R658 in wat deur ‘n debiteur, M Ndo, verskuldig is. Die betrokke
debiteur het op 27 Februarie 20x6 aangedui dat hy nie in staat is om binne die
afsienbare toekoms die verskuldigde bedrag te betaal nie.
12. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure het op 28 Februarie 20x6 met R417
toegeneem.
13. R1 201 van die oninbare skuld wat verhaal is, is bedrae wat gedurende die
huidige jaar as oninbaar afgeskryf is, terwyl die balans bedrae is wat gedurende
vorige jare afgeskryf is.
14. Die faktuur vir die elektrisiteitskoste ten bedrae van R1 009 t.o.v. Februarie 20x6,
is eers gedurende Maart 20x6 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
15. Die faktuur vir die selfoonkoste ten bedrae van R1 337 t.o.v. Februarie 20x6, is
eers op gedurende Maart 20x6 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
16. 'n Werknemer wat sy jaarlikse verlof moes neem, se salaris van R4 800 vir
Maart 20x6 is reeds gedurende Februarie 20x6 aan hom betaal.

VAN U WORD VERLANG OM

'n balansstaat op 28 Februarie 20x6 en 'n gedetailleerde inkomstestaat vir die jaar
geëindig 28 Februarie 20x6 op te stel, uiteengesit volgens aanvaarbare
rekeningkundige norme.

(NB! - U kan aanvaar dat al die joernale aan die einde van die jaar reeds afgesluit
was voordat enige aansuiwerings gedoen is.)

13 - 37
VRAAG 13.8

Loco Brands is ‘n eenmansaak wat handel dryf in sporttoerusting en maak gebruik


van ‘n deurlopende voorraadstelsel. Die volgende saldo’s het op 28 Februarie 20x6,
die einde van die finansiële jaar, in die algemene grootboek van die onderneming
verskyn:
R
Kapitaalrekening - Eienaar 241 921
Krediteurekontrole 71 243
Verkope 667 472
Rente verdien 1 002
Bedrag gestort deur die eienaar 25 000
Meubels en toerusting teen kosprys 101 790
Waardevermindering afgeskryf – Meubels en toerusting 9 682
Opgelope waardevermindering – Meubels en toerusting 39 381
Debiteurekontrole 84 201
Handelsvoorraad teen kosprys 98 183
Kontant in bank 9 004
Huur van perseel 36 375
Verkoops-en administrasiekoste 101 382
Koste van verkope 380 271
Onttrekkings deur eienaar 145 600
Korting toegestaan 1 997

VAN U WORD VERLANG OM

die sluitingsjoernaalinskrywings te toon wat in die algemene joernaal op


28 Februarie 20x6 gemaak sal word ter finale afsluiting van die rekeningkundige
rekords vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x6. (Ignoreer omskrywings vir die
joernaalinskrywings.)

13 - 38
VRAAG 13.9

Toys-4-U is 'n eenmansaak wat handel dryf in speelgoed. Die onderneming maak
gebruik van 'n periodieke voorraadstelsel. Die volgende voor-aansuiweringssaldo's
het in die algemene grootboek verskyn op 28 Februarie 2010, die einde van die
onderneming se finansiële jaar:
R
Kapitaal – 1 Maart 2009 155 553
Lening verskuldig aan Netbank 104 000
Krediteurekontrole 82 986
Oortrokke bank 7 291
Toelaag vir kredietverliese van debiteure - 1 Maart 2009 3 289
Meubels en toerusting teen kosprys 42 198
Vaste deposito 15 000
Handelsvoorraad - 1 Maart 2009 90 284
Voorraad verpakkingsmateriaal - 1 Maart 2009 782
Debiteurekontrole 99 826
Bedrae gestort deur eienaar 7 500
Opgelope waardevermindering - Meubels en toerusting 17 392
Waardevermindering afgeskryf - Meubels en toerusting 4 028
Aankope van handelsvoorraad 594 969
Verkope 757 162
Verpakkingsmateriaal aangekoop 2 901
Verkoops-en administrasiekoste 43 996
Salarisse en lone betaal 86 207
Salarisse en lone verskuldig - 1 Maart 2009 2 140
Selfoonkoste verskuldig - 1 Maart 2009 1 004
Selfoonkoste betaal 10 937
Rente op lening verskuldig - 1 Maart 2009 1 500
Rente op lening betaal 19 200
Spoorvrag op aankope 2 382
Onttrekkings deur eienaar 66 334
Rente op vaste deposito vooruitontvang - 1 Maart 2009 125
Rente op vaste deposito ontvang 1 750
Huur van perseel verskuldig - 1 Maart 2009 3 890
Huur van perseel betaal 56 770
Elektrisiteitkoste verskuldig - 1 Maart 2009 746
Elektrisiteitkoste betaal 8 381
Oninbare skuld afgeskryf 2 818
Oninbare skuld verhaal 983
Aankoopretoere 2 951
Verkoopretoere 3 249

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit

13 - 39
ontvang is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek
is.
2. Volgens die fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2010 het die kosprys van
die handelsvoorraad R79 582 bedra.
3. Die onderneming het op 1 Mei 2008 ‘n huurkontrak vir sy winkelperseel
aangegaan ingevolge waarvan die huur maandeliks R3 890 bedra tot
30 April 2009 en daarna vehoog na R4 100 per maand tot 30 April 2010. Die
huur is maandeliks betaalbaar.
4. Die lening verskuldig aan Netbank is gedurende Julie 2007 aangegaan. Rente
word op die lening gehef teen ‘n koers van 15% per jaar, maandeliks betaalbaar.
Die lening is terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente van R15 000 elk op
1 Julie elke jaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
5. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R2 909 is gebruik gedurende die jaar
geëindig 28 Februarie 2010.
6. Die eienaar het op 23 Desember 2009 speelgoed met ‘n kosprys van R894 uit
voorraad geneem as geskenke vir sy kinders, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
7. Die vaste deposito is op 12 Augustus 2008 vir ‘n termyn van 2 jaar gemaak. Die
deposito verdien rente teen ‘n koers van 10% per jaar, maandeliks betaalbaar.
8. Die bedrag vir die debiteurekontrole in die lys van saldo’s hierbo getoon, sluit ‘n
bedrag van R1 126 in wat deur ‘n debiteur M Lusani verskuldig is. Lusani se
boedel is gedurende Februarie 2010 insolvent verklaar.
9. R300 van die oninbare skuld wat verhaal is, is ‘n bedrag wat gedurende die
vorige jaar as oninbaar afgeskryf is, terwyl die balans bedrae is wat gedurende
die huidige jaar afgeskryf is.
10. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure beloop R2 961 op
28 Februarie 2010.
11. Die faktuur vir die elektrisiteitskoste ten bedrae van R697 t.o.v. Februarie 2010,
is eers gedurende Maart 2010 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
12. Die faktuur vir die selfoonkoste ten bedrae van R1 213 t.o.v. Februarie 2010, is
eers gedurende Maart 2010 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige
inskrywings tot datum gemaak is nie.
13. 'n Werknemer wat as gevolg van siekte afwesig was, se salaris van R2 280 vir
Februarie 2010 is eers op 6 Maart 2010 aan hom betaal en op daardie dag
aangeteken.

VAN U WORD VERLANG OM

'n balansstaat op 28 Februarie 2010 en 'n gedetailleerde inkomstestaat vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2010 op te stel, uiteengesit volgens aanvaarbare
rekeningkundige norme.

13 - 40
VRAAG 13.10

Gifts Galore is ‘n eenmansaak wat handel dryf in geskenkprodukte. Die produkte


word in geskenkpapier verpak by verkoop aan die kliënt. Die volgende saldo’s het op
31 Mei 2010, die einde van die finansiële jaar, in die algemene grootboek van die
onderneming verskyn:
R
Meubels en toerusting 12 890
Debiteurekontrole 38 572
Handelsvoorraad op 1 Junie 2009 65 209
Kontant in bank 4 985
Kapitaalrekening - Eienaar 128 500
Vaste deposito 40 000
Krediteurekontrole 11 843
Bedrag gestort deur die eienaar 5 000
Verkope van produkte 318 274
Aankope van produkte 159 291
Vervoerkoste op aankope 1 928
Versendingskoste van verkope 678
Korting ontvang 381
Korting toegestaan 428
Onttrekking deur eienaar 91 864
Salarisse en lone 55 984
Rente op vaste deposito 6 745
Aankoopretoere 2 959
Verkoopretoere 1 874

Addisionele inligting:

1. Die onderneming maak gebruik van ’n periodieke voorraadstelsel.


2. Korting ontvang en korting toegestaan hou slegs verband met die aankoop en
verkoop van voorraad.
3. Die kosprys van die voorraad handelsware het R72 396 bedra op 31 Mei 2010.

VAN U WORD VERLANG OM

die sluitingsjoernaalinskrywings te toon wat in die algemene joernaal op


31 Mei 2010 gemaak sal word ter finale afsluiting van die rekeningkundige rekords vir
die jaar geëindig 31 Mei 2010. (Ignoreer enige omskrywings van die joernale.)

13 - 41
VRAAG 13.11

Moto Handelaars is 'n eenmansaak wat handel dryf in motorfietse. Die onderneming
maak gebruik van 'n deurlopende voorraadstelsel.

Die volgende voor-aansuiweringssaldo's het in die algemene grootboek verskyn op


28 Februarie 20x4, die einde van die onderneming se finansiële jaar:

R
Kapitaal – 1 Maart 20x3 162 678
Meubels en toerusting teen kosprys 36 200
Opgelope waardevermindering - Meubels en toerusting 5 860
Vaste deposito by US Bank 30 000
Kontant in bank 3 109
Krediteurekontrole 72 859
Debiteurekontrole 97 217
Handelsvoorraad 202 816
Onttrekkings deur eienaar 62 816
Bedrae gestort deur eienaar 12 000
Lening verskuldig aan SA Bank 48 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure - 1 Maart 20x3 2 726
Verkope 919 853
Koste van verkope 566 519
Rente op vaste deposito vooruitontvang - 1 Maart 20x3 300
Rente op vaste deposito ontvang 3 000
Rente op lening vooruitbetaal - 1 Maart 20x3 600
Rente op lening betaal 5 160
Huur van perseel verskuldig - 1 Maart 20x3 2 400
Huur van perseel betaal 35 760
Elektrisiteitkoste verskuldig - 1 Maart 20x3 1 124
Elektrisiteitkoste betaal 24 209
Telefoonkoste verskuldig - 1 Maart 20x3 997
Telefoonkoste betaal 10 371
Salarisse en lone betaal 81 057
Oninbare skuld afgeskryf 3 899
Oninbare skuld verhaal 1 003
Verkoops-en administrasiekoste 73 067

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente t.o.v. die vaste deposito is ook
aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit ontvang is,
waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek is.

13 - 42
2. Waardevermindering van R2 380 moet nog afgeskryf word vir die jaar geeïndig
28 Februarie 20x4.
3. Die lening van SA Bank is sedert 1 Julie 20x2 verskuldig. Rente word op die
lening gehef teen ‘n koers van 12% per jaar, maandeliks betaalbaar. Die lening
is terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente van R12 000 elk op 30 Junie
elke jaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
4. Die vaste deposito is op 1 Mei 20x2 vir ‘n termyn van 4 jaar by US Bank gemaak
en verdien rente teen ‘n koers van 12% per jaar, maandeliks betaalbaar.
5. Die onderneming het op 1 Julie 20x2 'n huurkontrak vir sy besigheidsperseel
aangegaan ingevolge waarvan die huur maandeliks R2 400 bedra tot
30 Junie 20x3 en vanaf 1 Julie 20x3 verhoog na R2 640 per maand vir die
volgende jaar. Die huur is maandeliks betaalbaar.
6. Die eienaar het op 23 Desember 20x3 ‘n motorfiets met ‘n verkoopprys van
R12 674 en ‘n kosprys van R8 212 uit voorraad geneem as ‘n kersgeskenk vir sy
seun, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.
7. Die faktuur vir die elektrisiteitskoste ten bedrae van R999 t.o.v. Februarie 20x4,
is eers op 10 Maart 20x4 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings
tot datum gemaak is nie.
8. Die faktuur vir die telefoonkoste ten bedrae van R1 044 t.o.v. Februarie 20x4, is
eers op 12 Maart 20x4 ontvang, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings tot
datum gemaak is nie.
9. Die debiteurekontrole sluit 'n bedrag van R417 in wat deur 'n debiteur verskuldig
was op 28 Februarie 20x4. Die debiteur se boedel is op 27 Februarie 20x4
insolvent verklaar.
10. R600 van die oninbare skuld wat verhaal is, is gedurende die huidige finansiële
jaar as oninbaar afgeskryf en die balans van die oninbare skuld wat verhaal is, is
gedurende die vorige jaar as oninbare skuld afgeskryf.
11. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure het op 28 Februarie 20x4
toegeneem met R178.
12. 'n Werknemer se salaris van R3 450 t.o.v. Maart 20x4 is reeds op
25 Februarie 20x4 aan hom uitbetaal.

VAN U WORD VERLANG OM

'n balansstaat op 28 Februarie 20x4 en 'n gedetailleerde inkomstestaat vir die jaar
geëindig 28 Februarie 20x4 op te stel vir Moto Handelaars, uiteengesit volgens
aanvaarbare rekeningkundige norme.

(NB! - U kan aanvaar dat al die joernale, met uitsluiting van die algemene joernaal,
aan die einde van elke jaar reeds afgesluit was voordat enige aansuiwerings gedoen
is.)

13 - 43
VRAAG 1

Longships Ltd is 'n maatskappy wat handel dryf in speelgoed. Op 30 September 2016,
die einde van die finansiële jaar, het die volgende voor-aansuiweringssaldo's, onder
andere, in die algemene grootboek van die maatskappy verskyn:
R
Debiteurekontrole 450 800
Vaste deposito by Capitec Bank 250 000
Lening verskuldig aan Nedbank 420 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure – 1 Oktober 2015 35 600
Rente op vaste deposito vooruitontvang – 1 Oktober 2015 2 500
Rente op vaste deposito ontvang 25 000
Huur van perseel vooruitbetaal – 1 Oktober 2015 22 000
Huur van perseel betaal 283 800
Rente op lening verskuldig – 1 Oktober 2015 3 450
Rente op lening betaal 39 000
Oninbare skuld afgeskryf 15 000
Oninbare skuld verhaal 8 500
Elektrisiteit betaal 35 000
Aankope van skryfbehoeftes 24 560

Addisionele inligting:
1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander
aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs in die kontantontvangstejoernaal aangeteken wanneer dit ontvang
is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekeninge oorgeboek is.
2. Die vaste deposito is op 1 Oktober 2012 by Capitec Bank gemaak en verdien
sedert daardie datum rente teen 12% per jaar, maandeliks betaalbaar.
3. Die lening van Nedbank is sedert 1 Januarie 2009 verskuldig. Rente word op die
lening teen ’n koers van 9% per jaar gehef, maandeliks betaalbaar. Die lening is
in gelyke jaarlikse paaiemente van R40 000 elk op 1 Januarie elke jaar
terugbetaalbaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
4. Op 30 September 2016 was skryfbehoeftes met ’n bedrag van R5 700 ongebruik.
5. Die maatskappy het op 1 Februarie 2014 ’n drie-jaar huurkontrak vir sy
besigheidsperseel aangegaan, ingevolge waarvan die huur maandeliks vir die
eerste 12 maande, R20 000 bedra. Daarna sal die maandelikse huur met 10% op
1 Februarie elke jaar verhoog.
6. R6 250 van die oninbare skuld wat verhaal is, is bedrae wat gedurende die vorige
jaar as oninbaar afgeskryf is.
7. Op 15 Oktober 2016 het die maatskappy ’n faktuur van R3 200 vir die
elektrisiteitkoste vir September 2016 ontvang. Geen rekeningkundige inskrywing
is vir hierdie faktuur in die rekeningkundige rekords te boek gestel nie.
8. Die toelaag vir kredietverliese van debiteure het op 30 September 2016 R30 000
beloop.

VAN U WORD VERLANG OM

die joernaalinskrywings in die algemene joernaal te toon vir die periode


1 Oktober 2015 tot 30 September 2016, ten einde bogenoemde aansuiwerings te
boek te stel (Omskrywings word nie verlang nie).
VRAAG 2

Corleo Produkte Ltd is 'n maatskappy wat olyfolie invoer uit Italië. Die maatskappy se
finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Op 29 Julie 2015 het die maatskappy se boekhouer 'n proefbalans t.o.v. 30 Junie 2015
opgestel. Die volgende items het onder andere in die betrokke proefbalans verskyn:

R
Langtermynlening verskuldig 95 000
Rente op lening vooruitbetaal - 1 Julie 2014 2 000
Rente op lening 19 800
Vaste deposito 60 000
Rente op vaste deposito vooruitontvang - 1 Julie 2014 750
Rente op vaste deposito ontvang 7 500
Huur vooruitbetaal - 1 Julie 2014 900
Huur betaal 9 450
Lone verskuldig - 1 Julie 2014 850
Lone betaal 61 370
Telefoonkoste verskuldig - 1 Julie 2014 220
Telefoonkoste betaal 4 140
Elektrisiteitkoste verskuldig - 1 Julie 2014 290
Elektrisiteitkoste betaal 4 355

Addisionele inligting:

1. Aankope van voorraad word in die aankoopjoernaal aangeteken. Alle ander


aankope en kostes is slegs aangeteken wanneer die bedrae verskuldig betaal is,
welke bedrae vanaf die kontantbetalingsjoernaal direk na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek is. Die rente wat t.o.v. die vaste deposito verdien
is, is ook slegs aangeteken in die kontantontvangstejoernaal wanneer dit ontvang
is, waarvandaan dit direk na die betrokke grootboekrekening oorgeboek is.
2. Die langtermynlening is sedert 2010 verskuldig en is terugbetaalbaar in gelyke
jaarlikse paaiemente van R5 000 elk op 1 April elke jaar. Alle paaiemente is wel
elke jaar op daardie datum betaal. Rente word op die lening gehef teen 'n koers
van 24% per jaar, maandeliks betaalbaar.
3. Die vaste deposito van R60 000 is gedurende 2012 gemaak en verdien sedert
daardie datum rente teen 'n koers van 15% per jaar, maandeliks betaalbaar.
4. Beide Junie 2015 se telefoonrekening ten bedrae van R190 en die
elektrisiteitsrekening ten bedrae van R325 is eers op 21 Julie 2015 ontvang,
waarvoor nog geen inskrywings gemaak is nie.
5. Op 29 Junie 2015 is R1 050 se lone ten opsigte van Julie 2015 reeds betaal.
6. Die onderneming het gedurende 2012 'n huurkontrak vir sy besigheidsperseel
aangegaan. Die huur het maandeliks R900 bedra tot en met 31 Desember 2014.
Vanaf 1 Januarie 2015, is die huur verhoog na R990 per maand tot en met 31
Desember 2016, maandeliks betaalbaar.

VAN U WORD VERLANG OM

die bostaande rekeningkundige gebeurtenisse wat van toepassing is op die jaar


geëindig 30 Junie 2015, in die gepaste joernaal aan te teken.
HOOFSTUK 14
MAATSKAPPYE

Bladsy

Leeruitkomste 14 - 2

14.1 Kenmerke 14 - 3

14.2 Voordele en nadele 14 - 3

14.3 Oprigting van ‘n maatskappy 14 - 4

14.4 Die bestuur van ‘n maatskappy 14 - 4

14.5 Kategorieë van maatskappye 14 - 5

14.6 Aandelekapitaal 14 - 6

14.6.1 Gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal


14.6.2 Klassifikasie van aandele
14.6.3 Aandelewaardes
14.6.4 Uitreiking van aandele

14.7 Reserwes & Surplus rekeninge 14 - 9

14.8 Dividende 14 - 11

14.9 Inkomstebelasting van maatskappye 14 - 13

Vrae 14 - 18

14 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die kenmerke, voordele en nadele van maatskappye te identifiseer

- te verstaan hoe ‘n maatskappy opgerig word en bestuur word

- die verskillende tipes maatskappye te identifiseer

- die verskillende soorte aandele van ‘n maatskappy te klassifiseer

- transaksies i.v.m. aandele rekeningkundig te kan verantwoord

- reserwes van maatskappye te definieer en rekeningkundig te kan


verantwoord

- dividende van maatskappye te bereken en rekeningkundig te kan


verantwoord

- SA normale inkomstebelasting ten opsigte van maatskappye rekeningkundig te


kan verantwoord

14 - 2
14.1 Kenmerke

Die maatskappy as ondernemingsvorm word gereguleer deur die Maatskappywet No. 71


van 2008 en verskil van ander entiteitsvorme. Dit verskil omdat ‘n maatskappy ‘n
afsonderlike entiteit vir regsdoeleindes is. Dit beteken dat die maatskappy afsonderlik van
sy aandeelhouers kan bly voortbestaan. Die maatskappy het eiendomsreg oor sy eie
bates en is aanspreeklik vir sy eie laste. Die rekeningkundige prosedures is soortgelyk aan
ander ondernemingsvorms, maar daar is rekeningkundige gebeurtenisse eie aan ‘n
maatskappy.

Die kenmerke van ‘n maatskappy word hieronder uiteengesit:

• dit is ‘n entiteitsvorm wat geskik is vir klein tot groot sake-ondernemings


• die aantal aandeelhouers kan wissel van 1 tot onbeperk na gelang van die soort
maatskappy
• die maatskappy is ‘n regsentiteit wat eiendomsreg het van sy eie bates en wat
aanspreeklik is vir sy eie laste
• die maatskappy het ‘n onbeperkte voortbestaan
• eienaarskap is oordraagbaar sonder dat daar enige veranderinge nodig is aan die
kapitaalstruktuur van die maatskappy
• natuurlike persone, trusts en ander regsentiteite mag aandeelhouers wees

14.2 Voordele en nadele

Maatskappye het die volgende voordele:

• Die maatskappy verkry 'n afsonderlike regspersoonlikheid wat in eie reg bates kan
besit, laste aangaan en alle ander regshandelinge uitvoer.
• Die maatskappy se voortbestaan onafhanklik van die lede.
• Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid met betrekking tot die maatskappy
se bedrywighede.
• Dit is maklik om eienaarskap van die maatskappy te verander deur aandele te
verkoop.
• Die belastingkoers vir ‘n maatskappy van 28% mag laer wees as ‘n individu se
belastingkoers.

Maatskappye het die volgende nadele:

• Die skeiding tussen eienaars en bestuur mag probleme skep.


• Omvattende regulasies en prosedures ter beskerming van aandeelhouers is van
toepassing.
• Statutêre oudit van finansiële jaarstate vir publieke maatskappye.
• Maatskappye is kompleks om te stig en te ontbind.

14 - 3
14.3 Oprigting van ‘n maatskappy

'n Maatskappy word gestig ingevolge die bepalings van die Maatskappywet No. 71
van 2008.

'n Maatskappy ontstaan deurdat 'n Kennisgewing van Inkorporasie, tesame met die
voorgeskrewe gelde en ‘n kopie van die Akte van Oprigting by die Kommissie vir
Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) ingedien word. Die kommissie sal dan:

• die naam van die maatskappy goedkeur,


• ‘n unieke registrasienommer aan die maatskappy toeken,
• die voorgeskrewe inligting m.b.t. die maatskappy in die register van maatskappy
inskryf,
• die Kennisgewing van Inkorporasie en Akte van Oprigting goedkeur, en
• ‘n registrasie sertifikaat aan die maatskappy uitreik.
• Die gemagtigde aandelekapitaal word ook toegeken en die rekenpligte datum van
die maatskappy word bepaal.

Met die oprigting van ‘n maatskappy kan die volgende kostes aangegaan word:
• drukwerk en skryfbehoeftes
• professionele fooie vir die opstel en indien van die maatskappydokumente

Oprigtingskostes wat aangegaan word met stigting word direk teen ekwiteit (behoue
verdienste) afgeskryf.

Die afskryf van oprigtingskoste sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word:

Dt Behoue verdienste xxx


Kt Bank/krediteur xxx

14.4 Bestuur van ‘n maatskappy

Die aandeelhouers verkies direkteure wat namens hulle die bestuur van die maatskappy
waarneem. Die direkteure delegeer normaalweg dié verantwoordelikheid aan die
hoofbestuur en sy amptenare. Die maatskappy moet bestuur word ooreenkomstig die
bepalings van die Maatskappywet, die Akte van Oprigting en bykomende reëls soos deur
die direksie bepaal.

Die akte van oprigting bevat die inligting aangaande:


• Die eksterne magte en kenmerke van die maatskappy, byvoorbeeld die naam,
hoofbesigheid en gemagtigde aandelekapitaal.
• Interne bestuursaspekte van die maatskappy, byvoorbeeld die prosedures ten
opsigte van aandeleuitreiking, stemregte, leningsmagte, vergaderings en regte en
pligte van direkteure.

14 - 4
Die Maatskappywet bepaal die regte, bevoegdhede en pligte van die direkteure en dat
elke publieke maatskappy ‘n algemene jaarvergadering (een keer elke kalenderjaar) moet
hou. Die volgende sake moet afgehandel word gedurende die vergadering:

• voorlegging van direkteursverslag, geouditeerde finansiële state (vorige tydperk) en


verslag van die ouditkomitee
• verkiesing van direkteure
• aanstelling van ‘n ouditeur en ‘n ouditkomitee
• sake wat deur aandeelhouers geopper word

14.5 Kategorieë van maatskappye

Die volgende is ‘n skematiese voorstelling van die kategorieë van maatskappye:

Kategorieë van maatskappye

Wins maatskappy Nie-wins maatskappy (NPC)

Staat-beheerde Privaat maatskappy Persoonlike Publieke


maatskappy (Pty) Ltd. aanspreeklikheid maatskappy
(SOC Ltd.) maatskappy (Ltd.)
(Inc)
‘n Maatskappy wat ‘n Wins maatskappy wat: ‘n Maatskappy wat ‘n Wins maatskappy
geregistreer is i.t.v. die voldoen aan die kriteria wat nie ‘n staat-
Wet en: - nie ‘n staat beheerde of van ‘n privaat beheerde maatskappy,
persoonlike maatskappy en waar ‘n privaat maatskappy
- in ooreenstemming aanspreeklikheid die Akte van Oprigting of ‘n persoonlike
is met die mening maatskappy is nie; en stel dat die maatskappy aanspreeklikheid
van “staat - die Akte van Oprigting ‘n persoonlike maatskappy is nie
beheerde entiteit” die maatskappy verhoed aanspreeklikheid
volgens die Public om sy sekuriteite aan maatskappy is
Finance die publiek aan te bied (vb: prokureursfirma)
Management Act, en beperk die
1999; of oordraagbaarheid van
- besit word deur ‘n aandele
munisipaliteit
volgens die Local
Government
Municipal Systems
Act, 2000
(vb: munisipaliteite)

(a) Maatskappye sonder aandelekapitaal

Hierdie tipe maatskappye is maatskappye wat gestig word sonder winsoogmerk


byvoorbeeld kultuursinstellings en welsynsorganisasies. Die maatskappye verkry nie
kapitaal deur die belegging van aandeelhouers nie, maar finansier hul bedrywighede met
vreemde kapitaal.

14 - 5
(b) Maatskappye met aandelekapitaal

Hierdie tipe maatskappye verkry kapitaal deur die belegging van aandeelhouers en kan
onder andere soos volg onderverdeel word:
Publieke maatskappy Privaat maatskappy
- Ten minste 1 aandeelhouer - Ten minste 1 aandeelhouer
- Naam eindig met “Limited” Ltd. - Naam eindig met “Proprietary Limited” (Pty) Ltd.
- Aandele is vrylik oordraagbaar - Aandele is nie vrylik oordraagbaar nie
- Aandele mag aan die publiek - Aandele mag nie aan die publiek aangebied
aangebied word word nie
- Finansiële state moet geoudit word - Finansiële state hoef slegs geoudit word indien
(verwys na bylaag B hoofstuk 2) omset en grootte van werksmag ʼn sekere
beperking oorskry
- Geen beperking op die aantal - Geen beperking op die aantal gemagtigde
gemagtigde aandele nie aandele nie

14.6 Aandelekapitaal

Die kapitaal van ‘n publieke maatskappy ontstaan wanneer beleggers deur middel van 'n
prospektus uitgenooi word om aansoek te doen om aandele in die maatskappy te koop.
Aandele word dan aan die suksesvolle beleggers toegeken en uitgereik en hulle staan dan
bekend as die aandeelhouers. In die geval van ‘n privaat maatskappy word beleggers in
persoon genader om aandele op te neem. Die belang van elke aandeelhouer word
verteenwoordig deur die aantal aandele wat hy in die maatskappy hou.

'n Aandeelhouer se aandele verleen aan hom die volgende regte:


• ‘n Reg om te stem op algemene jaarvergaderings van die maatskappy
• ‘n Reg op inligting van die maatskappy
• ‘n Reg om te deel in winste wat deur middel van dividende uitgekeer word (indien
verklaar)
• 'n Reg om te deel in die finale verdeling van netto bates by likwidasie van 'n
maatskappy.

14.6.1 Gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal

Die gemagtigde aandelekapitaal verwys na die maksimum aandelekapitaal wat ʼn


maatskappy gemagtig is om uit te reik in terme van die akte van oprigting. Aandele wat
uitgereik is, vorm deel van die uitgereikte aandelekapitaal. Die gedeelte van die
gemagtigde aandelekapitaal wat nog nie uitgereik is nie, staan bekend as die gemagtigde,
onuitgereikte aandelekapitaal. Dit verteenwoordig die maksimum oorblywende aandele
wat uitgereik mag word soos deur die akte van oprigting bepaal, bo en behalwe dit wat
reeds in gebruik is. Onuitgereikte aandele het geen regte daaraan gekoppel nie.

14.6.2 Klassifikasie van aandele

Die Maatskappywet No. 71 van 2008 identifiseer twee klasse van aandele – voorkeur en
gewone aandele. Afsonderlike grootboekrekeninge word gebruik vir
voorkeuraandelekapitaal en vir gewone aandelekapitaal. Die twee klasse van aandele
word onderskei deur die mate van regte gekoppel aan elke tipe aandeel:
14 - 6
• reg tot eienaarskap en/of beheer van die maatskappy
• reg tot ʼn deel van die winste van die maatskappy
• reg tot ʼn deel van die netto bates van die maatskappy by likwidasie

(a) Voorkeuraandele

Voorkeuraandele kan slegs uitgereik word indien daar gewone aandele uitgereik is met
betrekking waartoe voorkeuraandele voorkeurregte geniet. Voorkeuraandeelhouers het ’n
voorkeurreg op dividende, wat volgens ’n vaste bedrag per aandeel bereken word met
inagneming van die termyn waarvoor die aandele gehou is. Die termyn hang af van of die
voorkeuraandele kumulatief of nie-kumulatief is. Indien die teendeel nie bepaal is nie, is
voorkeuraandele kumulatief met betrekking tot dividende. Ten opsigte van kumulatiewe
voorkeuraandele hoop die dividend op indien dit nie in ‘n bepaalde jaar verklaar en betaal
word nie. Daar kan dus ‘n verpligting vir die maatskappy in die vorm van agterstallige
voorkeurdividende ontstaan. ‘n Nie-kumulatiewe voorkeuraandeelhouer is slegs geregtig
op ‘n dividend indien daar voldoende winste beskikbaar is en die dividend verklaar word
op die wyse soos uiteengesit in die reëls van die maatskappy. Dividende word later in
detail bespreek.

Voorkeuraandeelhouers kan ook ʼn voorkeurreg tot kapitaal hê in die geval van die
likwidasie van die maatskappy. In hierdie geval word die netto bates van die maatskappy
eers gebruik om bedrae verskuldig aan voorkeuraandeelhouers te betaal voordat enige
uitbetalings aan gewone aandeelhouers gemaak word.

Behalwe vir kumulatief of nie-kumulatief, kan voorkeuraandele ook wees:


• Aflosbare voorkeuraandele is voorkeuraandele wat op ’n wyse en teen ’n prys soos
vooraf deur die maatskappy bepaal, teruggekoop en afgelos kan word.
• Omskepbare voorkeuraandele is voorkeuraandele met regte ten opsigte van
omskepping in gewone aandele.
• Winsdelende voorkeuraandeelhouers is geregtig op ’n vaste persentasie asook ’n deel
van die oorblywende reserwes as dividende.

(b) Gewone aandele

Elke gewone aandeel gee aan die houer daarvan een stemreg wanneer daar oor
maatskappy besluite gestem word op die aandeelhouersvergaderings. Die gewone
aandeelhouer het dus gedeeltelike eienaarskap en beheer oor die maatskappy. Gewone
aandeelhouers is geregtig op ʼn dividend wanneer dit deur die maatskappy verklaar word.
Indien geen dividend verklaar word nie, het die gewone aandeelhouers geen reg tot die
winste van die maatskappy nie. Dividende word aan gewone aandeelhouers verklaar uit
oorblywende winste, met ander woorde nadat voorkeurdividende betaal of voorsien is.
Dividende word as ‘n vaste bedrag per aandeel bereken sonder inagneming van die
termyn waarvoor die aandele gehou is. Gewone aandeelhouers kan dus onbeperk in
winste deel.

Die gewone aandeelhouers het ʼn reg tot die verdeling van ʼn maatskappy se netto bates
met likwidasie, nadat alle laste en bedrae verskuldig aan voorkeuraandeelhouers
uitgekeer is.

14 - 7
14.6.3 Aandelewaardes

Die Maatskappywet No. 71 van 2008 bepaal dat aandele nie ʼn nominale of pariwaarde het
nie.

14.6.4 Uitreiking van aandele

Voorbeelde van die teboekstelling van die uitreiking van aandele onder die Wet word
hieronder uiteengesit.

Voorbeeld 14.1 (Privaat maatskappy)

‘n Maatskappy het 50 000 gewone aandele teen R4 per aandeel vir kontant uitgereik.

Dt Bank 200 000


Kt Gewone aandelekapitaal 1 200 000

Die raad van direkteure van ‘n maatskappy kan ‘n besluit neem om aandele wat nog nie
uitgereik is nie, maar waarvan die klas en aantal aandele gemagtig is in die Akte van
Oprigting, uit te reik. Die uitgifte-prys van die aandele word deur die direksie vasgestel en
goedgekeur.

Koste wat aangegaan word met die uitreiking van aandele word direk teen behoue
verdienste afgeskryf in die staat van verandering in ekwiteit.

Die afskryf van aandeel-uitgiftekoste sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel
word:
Dt Behoue verdienste xxx
Kt Bank/krediteur xxx

Aandele word soos volg aangebied aan beleggers:


• Publieke maatskappy: ʼn prospektus met ʼn aansoekvorm sal aan beleggers
voorgelê word
• Privaat maatskappy: potensiële beleggers word in persoon genader

Kapitalisasie uitgiftes is aandele uitgereik teen geen koste aan bestaande aandeelhouers
nie.

Die teboekstelling van ʼn kapitalisasie aandeel-uitgifte sal soos volg in die algemene
joernaal te boek gestel word:

Dt Behoue verdienste xxx


Kt Gewone aandelekapitaal 2 xxx

1 Alternatief: Voorkeur aandelekapitaal


2 Alternatief: Voorkeur aandelekapitaal
14 - 8
Voorbeeld 14.1 (Publieke maatskappy – aandele verkoop deur prospektus)

Teboekstelling van die uitreiking van aandele:


50 000 gewone aandele word aangebied aan die publiek teen R2.30 per aandeel.
Aansoeke vir 60 000 aandele is ontvang.

Stap 1 - Aansoeke vir 60 000 aandele word ontvang

Beleggers wat belangstel, stuur die voltooide aansoekvorm met die elektroniese betaling
direk na die maatskappy se prokureurs. Hierdie elektroniese betalings word in die
maatskappy se bankrekening wat deur die prokureur bestuur word, deponeer en staan
bekend as die trustrekening. Aangesien geen aandele al uitgereik is in ruil vir die geld
ontvang nie, het die maatskappy ʼn las teenoor die belangstellende beleggers, bekend as
die aansoekrekening.

Dt Trustrekening 138 000


Kt Aansoekrekening 138 000
(Ontvang 60 000 x R2.30)

Stap 2 - 50 000 aandele word toegeken

Bestuur vergelyk die aantal aandele te koop aangebied en die aantal aandele waarvoor
aansoek gedoen is. Aandele word dan toegeken aan die suksesvolle beleggers en die
betaling vir daardie aandele word deur die prokureur oorgeplaas vanaf die trustrekening
na die maatskappy se bankrekening.

Dt Bank 115 000


Kt Trustrekening 115 000
(Fondse vir aandele uitgereik 50 000 x R2.30 word oorgedra na eie bankrekening)

Dt Aansoekrekening 115 000


Kt Gewone aandelekapitaal 115 000
(Teboekstelling van gewone aandelekapitaal uitgereik)

Stap 3 - Terugbetaling van onsuksesvolle aansoeke

Dt Aansoekrekening 23 000
Kt Trustrekening 23 000
(Bedrae teruggestuur 10 000 x R2.30)

Geld word aan die onsuksesvolle beleggers, indien daar enige is, terugbetaal deur die
prokureur uit die maatskappy se trustrekening. Indien die aansoeke ontvang die aantal
aandele te koop aangebied oorskry, is die aandeeluitreiking oorvolskryf. Indien minder
aansoeke ontvang word as wat te koop aangebied is, is die aandeeluitreiking onderskryf.

14.7 Reserwes

Reserwes vorm deel van die ekwiteit van ʼn maatskappy en bestaan uit winste wat nog nie
verdeel is nie. Reserwes mag geskep word uit gerealiseerde en ongerealiseerde winste.
Gerealiseerde winste word gewoonlik voortgebring deur transaksies waar vergoeding deur

14 - 9
die maatskappy ontvang gaan word of reeds ontvang is, terwyl ongerealiseerde winste
gewoonlik ontstaan wanneer ʼn bate herwaardeer word.

Daar moet onderskei word tussen die volgende reserwes:


• Behoue verdienste
• Ander reserwes (Herwaardasiereserwe)

(a) Behoue verdienste

Behoue verdienste word geskep uit gerealiseerde of ongerealiseerde winste/verliese. Dit is


winste wat spruit uit gebeure wat reeds plaasgevind het. Hierdie winste word nie in die
vorm van dividende uitgekeer in die huidige jaar nie, en word in ’n reserwe gehou waaruit
toekomstige dividende verklaar mag word (mits dit die solvabilitiet- en likiditeitstoets
slaag). Hierdie reserwes is enige tyd beskikbaar vir verdeling.

Die wins vir die jaar na belasting soos bereken in die staat van wins of verlies en ander
omvattende inkomste word soos volg afgesluit na die behoue verdienste rekening:

Dt Wins- en verliesrekening xxx


Kt Behoue verdienste xxx

Die behoue verdienste kan dan soos volg verdeel word in die staat van verandering in
ekwiteit:
- Oordrag na ander reserwes (FR 288 en 389)
- Oprigtingskoste of aandeel-uitgiftekoste
- Voorkeurdividende
- Gewone dividende
- Kapitalisasie uitgiftes

Die behoue verdienste rekening sal soos volg uiteengesit word in die algemene grootboek:

Behoue verdienste
Oprigtings / uitgiftekoste xxx Saldo a/b xxx
Voorkeurdividend xxx Wins-en-verlies* xxx
Gewone dividend xxx
Kapitalisasie uitgiftes xxx
Saldo o/b xxx
xxx xxx
Saldo a/b xxx

* Afsluiting van die wins- en verliesrekening (WINS NA BELASTING in staat van


wins of verlies en ander omvattende inkomste)

14 - 10
(b) Ander reserwes (Herwaardasiereserwe)

Ander reserwes kan geskep word uit gerealiseerde winste of ongerealiseerde winste.
Hierdie reserwes is ook beskikbaar vir verdeling. ‘n Reserwe wat geskep is uit
ongerealiseerde winste moet aan sekere solvabiliteit- en likiditeitsvereistes, soos
uiteengesit in die Maatskappywet, voldoen word voordat die reserwe verdeel kan word.
Voorbeelde van ander reserwes, sluit in:

• Herwaardasiereserwe (geskep uit ongerealiseerde winste)

Die vaste eiendom is gedurende die jaar geherwaardeer en die waarde is verhoog met
R25 000.

Die joernaal indien die herwaardasiereserwe geskep word is soos volg:

Dt Vaste eiendom 25 000


Kt Herwaardasiereserwe 25 000

14 - 11
14.8 Dividende

Dividende is die deel van winste wat aan aandeelhouers uitbetaal word. Dividende is eers
verskuldig wanneer dit deur die direksie gemagtig (verklaar) is. Daar is dus geen
verpligting vir die maatskappy om enige dividende te betaal (behalwe kumulatiewe
voorkeurdividende), voordat die dividende verklaar word nie. Geen rekeningkundige
inskrywing word in die huidige jaar gemaak vir dividende wat na jaareinde verklaar word
nie. Betaling van die dividend vind gewoonlik eers geruime tyd na die verklaringsdatum
plaas.

Voorkeurdividende moet altyd verklaar word, voordat daar 'n uitkering aan gewone
aandeelhouers kan wees. Kumulatiewe voorkeuraandele gee aan voorkeuraandeelhouers
die reg om elke jaar 'n dividend te kry. Indien hierdie dividend nie gedurende 'n jaar
verklaar word nie, moet die agterstallige dividende in 'n volgende jaar verklaar word, voor
enige ander dividende vir daardie betrokke jaar verklaar word.

Vereistes vir verklaring en betaling van dividende:

• Die dividend moet deur ‘n direksie besluit gemagtig word


• Die maatskappy moet die solvabiliteit- en likiditeitstoets slaag onmiddellik na die
uitkering plaasgevind het:
- Die billike waarde van die bates van die maatskappy moet die billike waarde van
die laste oorskry
- Maatskappy sy skulde soos hulle opeisbaar word in die gewone loop van sake
sal kan betaal vir ‘n tydperk van 12 maande vanaf die uitkering van die dividend
• Gewone dividende mag slegs verklaar word nadat voorsiening gemaak is vir alle
agterstallige dividende op kumulatiewe voorkeuraandele en huidige tydperk
dividende aan nie-kumulatiewe voorkeuraandele

Dividende sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word:

(1) Datum waarop dividend verklaar word

Dt Dividende xxx
Kt Dividend betaalbaar (Las) xxx

(2) Datum waarop dividend betaal word

Dt Dividend betaalbaar (Las) xxx


Kt Bank xxx

(3) Afsluiting van die dividendrekening na behoue verdienste

Dt Behoue verdienste xxx


Kt Dividende xxx

14 - 12
(a) Gewone dividende

Dividende op gewone aandele word uitgedruk as ‘n vaste bedrag per aandeel. Die termyn
waarvoor die aandele gehou is, word nie in ag geneem by die berekening van gewone
dividende nie. Elke gewone aandeelhouer ontvang ʼn bedrag gelykstaande aan die vaste
dividend per aandeel vermenigvuldig met die aantal aandele wat hy besit.

Voorbeeld 14.2

• 200 000 uitgereikte gewone aandele


• Jaareinde 28 Februarie 20X8
• Verklaar dividend van 4 sent per aandeel op 1 Julie 20X7
• Dividend betaalbaar op 30 Julie 20X7

Gewone dividend: 200 000 x 4c = R8 000

(b) Voorkeurdividende

Voorkeuraandele se dividende word gewoonlik volgens 'n vaste bedrag per aandeel
bereken. Die termyn waarvoor die aandele gehou is, word in ag geneem by die berekening
van voorkeurdividende.

Die termyn van kumulatiewe voorkeurdividende strek vanaf die laaste datum van dividend
verklaring tot die datum van die nuwe verklaring (sonder inagneming van die jaareinde).
Die reg van die kumulatiewe voorkeurdividend verval nie elke rekenpligtige datum nie.

Die termyn van nie-kumulatiewe voorkeurdividende strek vanaf die laaste van die vorige
jaareinde of vorige dividend verklaring, tot die datum van die nuwe verklaring. Die reg van
nie-kumulatiewe voorkeurdividende verval elke rekenpligtige datum.

Voorbeeld 14.3

Kumulatiewe voorkeurdividende

• 100 000 uitgereikte kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 24c per
aandeel
• Jaareinde 28 Februarie 20X8
• Verklaar dividend op 1 Julie 20X7
• Dividend betaalbaar op 30 Julie 20X7
• Vorige dividend verklaring op 31 Desember 20X5

31/12/20x5 1/7/20x7

x x

Jaareinde: Jaareinde: Jaareinde:


28/2/20x6 28/2/20x7 28/2/20x8

Kumulatiewe voorkeurdividend: 100 000 x 24c x 18/12 maande = R36 000

14 - 13
Nie-kumulatiewe voorkeurdividende

• 400 000 uitgereikte nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 30c
per aandeel
• Jaareinde 28 Februarie 20X8
• Verklaar dividend op 1 Julie 20X7
• Dividend betaalbaar op 30 Julie 20X7
• Vorige dividend verklaring op 31 Desember 20X5

31/12/20x5 1/7/20x7
x x
Jaareinde: Jaareinde: Jaareinde:
28/2/20x6 28/2/20x7 28/2/20x8

Nie-kumulatiewe voorkeurdividend: 400 000 x 30c x 4/12 maande = R40 000

14.9 Inkomstebelasting van maatskappye

‘n Maatskappy is ‘n regspersoon en is dus belasbaar ingevolge die Inkomstebelastingwet.


Maatskappye betaal jaarliks inkomstebelasting op hul belasbare inkomste teen die
maatskappy belastingkoers wat jaarliks deur die Minister van Finansies vasgestel word en
gekommunikeer word in die begrotingsrede.

Inkomstebelasting is ‘n uitgawe. Normale inkomstebelasting vir maatskappye word


bereken teen 28% van belasbare inkomste. Dit is belangrik om te besef dat alhoewel die
berekening van belasbare inkomste afgelei word van wins voor belasting, die belasbare
inkomste nie noodwendig dieselfde bedrag is as wins voor belasting nie.

Aangesien die werklike belasting betaalbaar vir ʼn belastingjaar nie bekend is tot die wins
en belasbare inkomste bereken is teen finansiële jaareinde nie, skat die maatskappy wat
die werklike belasting sal wees en begin solank om SARS in ses maande intervalle betaal.
Hierdie ses maandelikse betalings staan bekend as voorlopige belasting. ‘n Maatskappy is
verplig om jaarliks twee voorlopige belastingbetalings soos volg aan SARS (South African
Revenue Services) te maak:

- Eerste betaling: ses maande na die begin van die finansiële jaar
- Tweede betaling: laaste dag van die finansiële jaar

Aangesien die voorlopige belasting berekeninge slegs ramings is, is die totaal van die
voorlopige betalings gewoonlik nie gelyk aan die werklike belasting betaalbaar vir die
belastingjaar nie. Hierdie betalings verminder bank en word erken as ʼn vooruitbetaling aan
die SARS.

Die voorlopige inkomstebelastingbetalings sal soos volg in die algemene joernaal


teboekgestel word:

Dt SARS/Inkomstebelasting betaalbaar xxx


Kt Bank xxx
14 - 14
Teen die einde van die finansiële jaar, word die finansiële state opgestel en wins en
belasbare inkomste word bereken. Die belasting bedrag bereken deur die maatskappy
staan bekend as die belastingraming vir daardie belastingjaar. Hierdie belastingraming
word dan erken as ʼn uitgawe op die laaste dag van die finansiële jaar (ongeag van
wanneer dit regtig bereken is) en ʼn ooreenstemmende las aan SARS word erken.

Die inkomstebelastinguitgawe (raming) sal soos volg in die algemene joernaal


teboekgestel word:

Dt Inkomstebelastinguitgawe xxx
Kt SARS/ Inkomstebelasting betaalbaar xxx

Na die einde van die finansiële jaar word 'n belastingopgawe by SARS ingedien. SARS
herbereken die belasting en stuur 'n aanslag aan die maatskappy. Hierop word die finale
belastingverpligting vir die jaar aangedui min alle voorlopige betalings. Elke finansiële jaar
se belasting word apart hanteer. Wanneer die aanslag vir 'n jaar ontvang word, moet die
maatskappy nagaan of sy belastingraming vir daardie jaar gelyk is aan die bedrag wat
deur SARS bereken is. As daar enige verskil is, moet die aanpassing gemaak word in die
jaar waarin die aanslag ontvang word. Indien die maatskappy minder voorsien het as die
finale aanspreeklikheid volgens die aanslag, is dit 'n ondervoorsiening. Indien te veel
voorsien is, was daar 'n oorvoorsiening.

‘n Ondervoorsiening sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word:

Dt Inkomstebelastinguitgawe xxx
Kt SARS/ Inkomstebelasting betaalbaar xxx

‘n Oorvoorsiening sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word:

Dt SARS/ Inkomstebelasting betaalbaar xxx


Kt Inkomstebelastinguitgawe xxx

Laastens moet die maatskappy die uitstaande bedrag verskuldig aan SARS betaal. ʼn
Derde belastingbetaling aan SARS, indien nodig, moet binne ses maande (7 maande vir
28 Februarie jaareinde) na die einde van die finansiële jaar gemaak word.

Boetes en rentes kan deur SARS gehef word op laat en onvoldoende betalings. Hierdie
boetes en rente is gewone uitgawes en word nie in die belastinguitgawe rekening
teboekgestel nie. Aangesien hierdie bedrae verskuldig is aan SARS, word die las in die
inkomstebelasting betaalbaar rekening teboekgestel.

Boetes en rentes sal soos volg in die algemene joernaal teboekgestel word:

Dt Boetes/rentes xxx
Kt SARS/ Inkomstebelasting betaalbaar xxx

14 - 15
Voorbeeld 14.4

‘n Onderneming het sy wins voor belasting geskat op R100 000 vir die jaar geëindig
28 Februarie 20X7. Aanvaar ‘n belastingkoers van 28%. Die volgende gebeurtenisse het
plaasgevind gedurende die jare geëindig 28 Februarie 20X7 en 20X8:

Datum Gebeurtenis Joernaalinskrywing

31/08/20X6: 1ste voorlopige betaling Dt SARS (Voorlopige belasting) 10 000


van R10 000 t.o.v. 02/X7 Kt Bank 10 000

28/02/20X7: 2de voorlopige betaling Dt SARS (Voorlopige belasting) 13 000


van R13 000 t.o.v. 02/X7 Kt Bank 13 000

Stel te boek normale Dt Belastinguitgawe 28 000


belasting uitgawe vir die Kt SARS (Belasting betaalbaar) 28 000
huidige jaar (02/X7) van
R28 000

30/06/20X7: Ontvang aanslag vanaf


SARS t.o.v. 02/X7
Geval (i) - R26 000 Dt SARS (Belasting betaalbaar) 2 000
Kt Belastinguitgawe (oorvoorsien) 2 000
Geval (ii) - R32 000 Dt Belastinguitgawe (ondervoorsien) 4 000
Kt SARS (Belasting betaalbaar) 4 000

31/08/20X7: 1ste voorlopige betaling Dt SARS (Voorlopige belasting) 20 000


van R20 000 t.o.v. 02/X8 Kt Bank 20 000

30/09/20X7: Finale betaling van


28/02/20X7 aanslag
Geval (i) - R26 000 Dt SARS (Belasting betaalbaar) 3 000
Kt Bank 3 000
Geval (ii) - R32 000 Dt SARS (Belasting betaalbaar) 9 000
Kt Bank 9 000

28/02/20X8: 2de voorlopige betaling Dt SARS (Voorlopige belasting) 15 000


van R15 000 t.o.v. 02/X8 Kt Bank 15 000

Stel te boek normale Dt Belastinguitgawe 42 000


belasting uitgawe vir die Kt SARS (Belasting betaalbaar) 42 000
huidige jaar (02/X8) van
R42 000

Boete van R1 000 Dt Boetes (uitgawe) 1 000


Kt SARS (Belasting betaalbaar) 1 000

14 - 16
Effek op finansiële state (openbaarmaking sal volledig in hoofstuk 15 bespreek word):

28/02/20X7 28/02/20X8 28/02/20X8


Geval (i) Geval (ii)
Inkomstebelastinguitgawe
- huidig 28 000 42 000 42 000
- (oor)/ondervoorsien (2 000) 4 000

Inkomstebelasting betaalbaar (SARS) 5 000 8 000 8 000

Boetes 1 000 1 000

Grootboekrekeninge in algemene grootboek slegs vir geval (ii):

Inkomstebelasting betaalbaar (SARS)


31/08/X6 1ste voorlopig 10 000 28/02/X7 Belastinguitgawe 28 000
28/02/X7 2de voorlopig 13 000
28/02/X7 Saldo o/d 5 000
28 000 28 000
31/08/X7 1ste voorlopig 20 000 01/03/X7 Saldo a/b 5 000
30/09/X7 Betaal aanslag 9 000 30/06/X7 Belastingaanslag* 4 000
28/02/X8 2de voorlopig 15 000 28/02/X8 Belastinguitgawe 42 000
Saldo o/d 8 000 28/02/X8 Boete uitgawe 1 000
52 000 52 000
01/03/X8 Saldo a/b 8 000

Inkomstebelastinguitgawe
28/02/X7 Belas betaalbaar 28 000 28/02/X7 Wins & Verlies 28 000
28 000 28 000
30/06/X7 Belastingaanslag* 4 000 28/02/X8 Wins & Verlies 46 000
28/02/X8 Belas betaalbaar 42 000
46 000 46 000
* Ondervoorsiening
Bank
31/08/X6 1ste voorlopig 10 000
28/02/X7 2de voorlopig 13 000
31/08/X7 1ste voorlopig 20 000
30/09/X7 Aanslag 9 000
28/02/X8 2de voorlopig 15 000

Boetes
28/02/X8 Boete betaalbaar 1 000 28/02/X8 Wins & Verlies 1 000
1 000 1 000

14 - 17
Voorbeeld 14.4
Eerste voorlopige Tweede voorlopige Eerste voorlopige Tweede voorlopige
belasting betaling belasting betaling belasting betaling belasting betaling
R10 000 R13 000 R20 000 R15 000

X X X X
31/8/20X6 30/6/20X7 31/8/20X7 30/9/20X7
1/3/20X6 28/2/20X7 28/2/20X8

Normale belasting Oorvoorsien (Geval i) Normale belasting


uitgawe (Belasting aanslag R26 000) uitgawe
(Belasting opgawe) R28’[MPY] – R26’[SARS] (Belasting opgawe)
R28 000 = R2 000 R42 000

Ondervoorsien (Geval ii) Boete per aanslag


(Belasting aanslag R32 000) R1 000
R28’[MPY] – R32’[SARS]
= R4 000

Terugbetaling van
oorvoorsiening (Geval i)

Betaling van
ondervoorsiening (Geval ii)

14 - 18
HOOFSTUK 14
VRAE

Bladsy

Vraag 14.1 Uitreiking van aandele 14 - 19

Vraag 14.2 Uitreiking van aandele 14 - 20

Vraag 14.3 Inkomstebelasting 14 - 21

Vraag 14.4 Uitreiking van aandele, behoue verdienste en proefbalans 14 - 23

Vraag 14.5 Uitreiking van aandele en behoue verdienste 14 - 26

Vraag 14.6 Uitreiking van aandele 14 - 28

Vraag 14.7 Uitreiking van aandele en behoue verdienste 14 - 29

Vraag 14.8 Behoue verdienste 14 - 30

14 - 18
VRAAG 14.1

Soektog Ltd. is op 9 Mei 20x3 opgerig. Volgens die Akte van Oprigting is die maatskappy
gemagtig om 500 000 gewone aandele uit te reik.

Die maatskappy het op 8 Oktober 20x9 besluit om sy uitgereikte aandelekapitaal te


verhoog en het 100 000 gewone aandele aan die publiek aangebied teen R1,25 elk.

Gedurende die tydperk 10 Oktober 20x9 tot 15 November 20x9 het die maatskappy
aansoeke ontvang vir 140 000 gewone aandele.

Die 100 000 gewone aandele is op 1 Desember 20x9 aan die onderskeie aandeelhouers
toegeken.

VAN U WORD VERLANG OM

die joernaalinskrywings wat in die algemene joernaal van die maatskappy gemaak sal
word ten opsigte van die aansoeke en uitreikings van aandele vir die tydperk
10 Oktober 20x9 tot 1 Desember 20x9 te toon. (U moet die joernaalinskrywings met
betrekking tot die vloei van kontant ook in die algemene joernaal aanteken.)

Voorgestelde oplossing

ALGEMENE JOERNAAL
Datum Besonderhede Debiet Krediet
R R

14 - 19
VRAAG 14.2

Bokobok (Pty) Ltd. is opgerig met die volgende gemagtigde aandelekapitaal:

- 300 000 gewone aandele; en


- 150 000 voorkeuraandele wat dividende verdien van 10c per aandeel.

Die maatskappy is op 1 Mei 20x5 geregistreer.

Oprigtingskoste het R1 500 bedra wat betaal is toe die maatskappy oor voldoende
kontantfondse beskik het.

Op 15 Mei 20x5 is die volgende aandele uitgereik:

- 250 000 gewone aandele teen R1,20 elk vir kontant; en


- 100 000 voorkeuraandele teen R2 elk ter aflossing van die bedrag verskuldig aan
Ace (Pty) Ltd. ten opsigte van die kosprys van 'n vaste eiendom wat op
3 Mei 20x5 aangekoop is.

VAN U WORD VERLANG OM

al die joernaalinskrywings m.b.t. die onderskeie rekeningkundige aktiwiteite te toon vir die
tydperk 1 Mei 20x5 tot 15 Mei 20x5. (U moet die joernaalinskrywings met betrekking tot die
vloei van kontant ook in die algemene joernaal aanteken.)

Voorgestelde oplossing

ALGEMENE JOERNAAL
Datum Besonderhede Debiet Krediet
R R

14 - 20
VRAAG 14.3

Merriman Ltd. het nog geen inskrywings in hul boeke vir die jaar geëindig
28 Februarie 2002 gedoen ten opsigte van hul inkomstebelasting aangeleenthede nie. U
word genader om hul van hulp te wees en die volgende inligting word aan u voorsien:

1. Die saldo op die inkomstebelasting betaalbaar rekening (SARS) in die algemene


grootboek was nul op 1 Maart 2000. Die voorsiening vir normale inkomstebelasting
geskep op 28 Februarie 2001 was R144 000. Voorlopige belastingbetalings is as volg
gedurende die jaar geëindig 28 Februarie 2001 gedoen:

• Eerste voorlopige betaling op 31 Augustus 2000 R70 000


• Tweede voorlopige betaling op 28 Februarie 2001 R70 000

Merriman Ltd. het die gedeelte van die inkomstebelastinguitgawe vir 2001 wat nog
volgens hul berekeninge uitstaande was op 31 Augustus 2001 (die datum waarop die
derde voorlopige belastingbetaling verskuldig was) betaal. Op dieselfde datum is die
eerste voorlopige betaling van R75 000 vir die 2002 belastingjaar gemaak.

2. Op 30 November 2001 het Merriman Ltd. hul belastingaanslag vir die 2001
belastingjaar terugontvang van SARS. ‘n Verdere betaling van R5 500 ten opsigte van
die 2001 belastingjaar is op 31 Desember 2001 gemaak om rente te vermy.

3. Op 28 Februarie 2002 het Merriman Ltd. hul tweede voorlopige belastingbetaling van
R80 000 ten opsigte van die 2002 belastingjaar gemaak.

4. Normale inkomste belasting ten bedrae van R145 000 moet nog vir die 2002
belastingjaar voorsien word.

VAN U WORD VERLANG OM

die grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 2001 en 2002 met betrekking tot
bogenoemde inkomstebelastingtransaksies te toon.

14 - 21
VRAAG 14.3

Voorgestelde oplossing

Algemene grootboek
Inkomstebelasting betaalbaar / SARS (SFP)

Inkomstebelastinguitgawe (W&V)

* Ondervoorsiening
Bank

14 - 22
VRAAG 14.4

Bafana Ltd. is op 1 Mei 20x3 opgerig met 'n gemagtigde aandelekapitaal van:

- 200 000 Gewone aandele; en


- 50 000 Aflosbare nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 24c
per aandeel.

Afgesien van die onderstaande uitreiking, het die maatskappy reeds sedert 20x3, die
volgende aandele uitgereik:

- 100 000 Gewone aandele teen R1,20 elk; en


- 20 000 Voorkeuraandele teen R2,20 elk.

Behalwe vir die saldo's van die onderskeie grootboekrekeninge m.b.t. die betrokke
aandele wat uitgereik is, het die volgende saldo's ook in die grootboek van die maatskappy
verskyn op 30 Junie 20x6, die einde van die finansiële jaar:
R
Vaste eiendom teen waardasie 400 000
Debiteure 23 800
Krediteure 35 000
Herwaardasie surplus 80 000
Behoue verdienste op 1 Julie 20x5 105 000
Wins vir die jaar voor belasting 60 000
Interim dividend betaal 3 200
Voorlopige belasting betaal 15 000
Kontant in bank 2 000

Addisionele inligting:

1. Op 20 Junie 20x6 is 'n verdere 50 000 gewone aandele aan die publiek aangebied
teen R1,20 per aandeel. Aansoeke vir 40 000 aandele is op 29 Junie 20x6 ontvang,
welke fondse in trust gehou is. Alle aansoeke is op 30 Junie 20x6 toegeken, waarvoor
tot datum geen inskrywings gemaak is nie. Die aandele se uitgiftekoste het R1 000
bedra, wat nog nie rekeningkundig verantwoord of betaal is nie.
2. Die interim dividend is op 1 Oktober 20x5 verklaar en op 1 November 20x5 betaal.
3. Geen inskrywings is gemaak vir die inkomstebelasting vir die huidige jaar ten bedrae
van R20 000, wat nog voorsien moet word nie.
4. Die direksie het op 30 Junie 20x6 die volgende besluit, waarvoor nog geen
rekeningkundige inskrywings gemaak is nie:
- 'n Finale gewone dividend van 3 sent per aandeel word verklaar.
- Die vaste eiendom moet herwaardeer word na R425 000.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) al die toepaslike- asook sluitingsjoernaalinskrywings wat nog op 30 Junie 20x6


gemaak moet word, te toon.
(b) die behoue verdienste rekening op 30 Junie 20x6 te toon.
(c) 'n proefbalans op 30 Junie 20x6 op te stel, nadat al die rekeningkundige rekords op
datum gebring en afgesluit is.

14 - 23
VRAAG 14.4

Voorgestelde oplossing

(a)
ALGEMENE JOERNAAL
Besonderhede Debiet Krediet
R R
Trustrekening 48 000
Aansoekrekening 48 000
(Inskrywing wat op 29 Junie 20x6 gemaak moet word t.o.v. die
aansoeke wat vir 40 000 gewone aandele teen R1,20
Aansoekrekening 48 000
Gewone aandelekapitaal 48 000
(Toekenning van 40 000 gewone aandele teen R1,20 elk.)
Bankrekening 48 000
Trustrekening 48 000
(Oordrag van fondse t.o.v. gewone aandele wat toegeken is.)
Behoue verdienste (Aandeel-uitgiftekoste) 1 000
Koste verskuldig (Krediteur) 1 000
(Aanteken van transaksie t.o.v. aandeel-uitgiftekoste
aangegaan.)
Inkomstebelastinguitgawe 20 000
Inkomstebelasting betaalbaar/SARS (Krediteur) 20 000
(Voorsiening vir inkomstebelasting vir die huidige jaar.)
Wins- en verliesrekening 20 000
Inkomstebelastinguitgawe 20 000
(Sluitingsjoernaalinskrywing.)
Voorkeurdividend (20 000 x 24c vir 9 maande) 3 600
Voorkeurdividend betaalbaar (Krediteure) 3 600
(Voorsiening vir finale voorkeurdividend.)
Gewone dividend (140 000 aandele @ 3 sent elk) 4 200
Gewone dividend betaalbaar (Krediteure) 4 200
(Voorsiening vir finale gewone dividend.)
Vaste eiendom 25 000
Herwaardasiereserwe 25 000
(Herwaardasie van vaste eiendom van R400 000 na R425 000.)
Behoue verdienste 11 000
Voorkeurdividende 4 800
Gewone dividende 6 200
(Sluitingsjoernaalinskrywing.)
Wins- en verliesrekening 40 000
Behoue verdienste 40 000
(Sluitingsjoernaalinskrywing. Oordrag van netto wins vir die
jaar vanaf wins-en verliesrekening na die behoue verdienste
rekening.)

14 - 24
VRAAG 14.4

(b)
Behoue verdienste
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Voorkeurdividend 4 800 Saldo a/b 105 000
Gewone dividend 6 200 Wins na belasting 40 000
Aandeel-uitgiftekoste 1 000 (Oorgedra vanaf wins- en verlies
rekening)
Saldo o/d 133 000
145 000 145 000
Saldo a/b 133 000

(c)
PROEFBALANS OP 30 JUNIE 20X6 Debiet Krediet
R R
Gewone aandelekapitaal 148 000
Voorkeuraandelekapitaal 44 000
Vaste eiendom 425 000
Debiteure 23 800
Krediteure 35 000
Aandeel-uitgiftekoste verskuldig (Krediteur) 1 000
Inkomstebelasting betaalbaar/SARS (Krediteur) 5 000
Voorkeurdividend betaalbaar (Krediteur) 3 600
Gewone dividend betaalbaar (Krediteur) 4 200
Herwaardasiereserwesurplus 105 000
Behoue verdienste 133 000
Kontant in bankrekening 50 000
498 800 498 800

14 - 25
VRAAG 14.5

DEEL A

Volgens die Akte van Oprigting van Courts Produkte Ltd. bestaan die maatskappy se
gemagtigde aandelekapitaal uit 1 000 000 gewone aandele en 200 000 nie-kumulatiewe
voorkeuraandele wat dividende verdien van 8c per aandeel.

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy het op 1 Julie 2007 besluit om ‘n verdere 200 000 gewone aandele uit
te reik teen R1,18 om nodige kontant in te samel. Aansoeke vir 286 500 aandele is
ontvang gedurende die tydperk 14 Julie 2007 tot 15 Augustus 2007. Die 200 000
aandele is op 31 Augustus 2007 deur die direkteure toegeken. Aandele-uitgiftekoste
ten bedrae van R2 300 is gedurende daardie tydperk aangegaan, wat nog nie
rekeningkundig verantwoord of betaal is nie.

2. Die maatskappy het op 15 Julie 2007 ‘n vaste eiendom aangekoop vir R350 000 vir die
oprigting van ‘n addisionele besigheidsperseel. Daar is met die verkoper van die
eiendom ooreengekom om die koopsom op datum van registrasie van oordrag te
vereffen deur die uitreiking van 100 000 voorkeuraandele teen R1,20 elk en die balans
in kontant. Die registrasie van oordrag van die vaste eiendom in die naam van die
maatskappy het op 30 September 2007 plaasgevind.

VAN U WORD VERLANG OM

al die toepaslike joernaalinskrywings vir die tydperk 1 Julie 2007 tot 30 September 2007,
te toon. Joernaalomskrywings word nie verlang nie.

14 - 26
DEEL B

World Cup Ltd. is op 1 Mei 2004 opgerig met 'n gemagtigde aandelekapitaal van:

- 200 000 Gewone aandele; en


- 50 000 Aflosbare nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 24c
per aandeel.

Die maatskappy het met oprigting die volgende aandele uitgereik:

- 100 000 Gewone aandele teen R1,20 elk; en


- 30 000 Voorkeuraandele teen R2,20 elk.

Behalwe vir die saldo's van die onderskeie grootboekrekeninge m.b.t. die betrokke
aandele wat uitgereik is, het die volgende saldo's ook in die grootboek van die maatskappy
verskyn op 30 Junie 2007, die einde van die finansiële jaar:
R
Behoue verdienste op 1 Julie 2006 120 000
Wins vir die jaar voor belasting 60 000
Interim dividend betaal 3 800
Aandeel-uitgiftekoste 1 450

Addisionele inligting:

1. Op 15 September 2006 is ‘n verdere 50 000 gewone aandele uitgereik teen R1,30 elk.
2. Die interim dividend is op 1 Oktober 2006 verklaar en betaal. Dit was die eerste keer
sedert oprigting dat die maatskappy ‘n dividend verklaar het.
3. Geen inskrywings is gemaak vir die inkomstebelasting vir die huidige jaar ten bedrae
van R15 000.
4. Op 30 Junie 2007 is ‘n finale gewone dividend van 3 sent per aandeel verklaar.

VAN U WORD VERLANG OM

(d) joernaalinskrywings (insluitend sluitingsoordragte) met betrekking tot die voorsiening


vir die inkomstebelasting op 30 Junie 2007, te toon.

(e) die behoue verdienste rekening op 30 Junie 2007 te toon.

14 - 27
VRAAG 14.6

Vasvat Ltd. is op 14 Maart 2002 gestig. Die maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal is


verdeel in 100 000 kumulatiewe voorkeuraandele, 50 000 aflosbare voorkeuraandele en
200 000 gewone aandele.

Die stigters van die maatskappy het 100 000 gewone aandele opgeneem en het op
31 Maart 2002 R100 000 daarvoor betaal. Hulle het ook al die aflosbare voorkeuraandele
opgeneem op dieselfde datum en R50 000 daarvoor betaal.

In 'n prospektus gedateer 30 Junie 2002 is die publiek genooi om in te skryf op die
volgende onuitgereikte aandele:

- Kumulatiewe voorkeuraandele teen R2,50 per aandeel


- Gewone aandele teen R1,25 per aandeel

Aansoeke om 150 000 kumulatiewe voorkeuraandele en 600 000 gewone aandele word
op 30 Julie 2002 ontvang en op 15 Augustus 2002 word die aandele soos volg toegeken:

- Die kumulatiewe voorkeuraandele is ten volle toegeken en die oortollige


aansoekgelde is op 14 Augustus 2002 terugbetaal.

- Die volle getal gewone aandele aangebied aan die publiek is toegeken en die
oortollige aansoekgelde is op 14 Augustus 2002 terugbetaal.

Die aandeel-uitgiftekoste het R2 500 beloop.

VAN U WORD VERLANG OM

die joernaalinskrywings vir bogenoemde transaksies te toon.

14 - 28
VRAAG 14.7

Die volgende saldo's het onder andere in die grootboek van Legioen Ltd. verskyn op
30 Junie 20x5, die einde van die finansiële jaar:
R
Gewone aandelekapitaal (50 000 uitgereikte aandele) 58 000
Voorkeuraandelekapitaal 20 000
Herwaardasiereserwe 15 000
Behoue verdienste op 1 Julie 20x4 55 000
Wins voor belasting 100 000

Addisionele inligting:

1. Die gemagtigde aandelekapitaal van die maatskappy is soos volg:

- 100 000 Gewone aandele; en


- 50 000 Kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 10c per aandeel.

2. Die maatskappy is op 1 Januarie 20x2 opgerig, op welke datum 50 000 gewone en


20 000 voorkeuraandele uitgereik was.

3. SA normale inkomstebelasting van R35 000 moet nog voorsien word op 30 Junie 20x5.

4. Die maatskappy het nog nooit voorheen enige dividende verklaar of betaal nie. Die
direksie het besluit om 'n gewone dividend van 12 sent per aandeel te verklaar en te
voorsien op 30 Junie 20x5.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) al die toepaslike joernaalinskrywings wat nog op 30 Junie 20x5 gemaak moet word, te
toon.

(b) die behoue verdienste rekening op 30 Junie 20x5 te toon.

14 - 29
VRAAG 14.8

Bio (Pty) Ltd. is op 24 November 2005 opgerig met die volgende gemagtigde
aandelekapitaal:

- 1 000 000 gewone aandele; en


- 100 000 kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 20c per aandeel.

Die maatskappy het sedert oprigting die volgende aandele uitgereik:

- 250 000 gewone aandele op 7 Desember 2005


- 30 000 voorkeuraandele op 1 Januarie 2006
- 12 000 voorkeuraandele op 31 Julie 2008

Die volgende saldo's het onder andere in die grootboek van die maatskappy verskyn op
31 Augustus 2008, die einde van die finansiële jaar:
R
Behoue verdienste op 1 September 2007 128 582
Interim dividende betaal 22 000
Voorlopige belasting betaal 33 297
Normale inkomstebelasting (vir huidige jaar voorsien) 31 464
Wins vir die jaar voor belasting 138 479
Vaste eiendom teen kosprys 510 000

Addisionele inligting:

1. Die interim dividend is op 31 Mei 2008 verklaar en op 31 Julie 2008 betaal. Dit was die
eerste keer sedert oprigting dat die maatskappy ‘n dividend betaal het.
2. Die maatskappy het op 31 Augustus 2008 sy vaste eiendom teen R625 000
herwaardeer, waarvoor geen rekeningkundige inskrywings gemaak is nie.
3. Die direksie het op 31 Augustus 2008 besluit om 'n finale dividend van 4 sent per
gewone aandeel te verklaar. Geen rekeningkundige inskrywing is nog hiervoor
gemaak nie.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die behoue verdienste rekening vir die jaar, behoorlik afgesluit op 31 Augustus 2008, te
toon. (Toon die dividende vir gewone aandele en voorkeuraandele afsonderlik en ten
opsigte van beide, die interim en die finale dividend afsonderlik.)

(b) die joernaalinskrywing in die algemene joernaal met betrekking tot die herwaardasie
van die vaste eiendom, te toon. (Ignoreer joernaalomskrywings)

14 - 30
HOOFSTUK 15
IFRS FINANSIëLE STATE

Bladsy

Leeruitkomste 15 - 2

15.1 Doel van IFRS Finansiële State 15 - 3

15.1.1 Samestelling van IFRS Finansiële State


15.1.2 Getroue weergawe van IFRS Finansiële State

15.2 Rekeningkundige beleid 15 - 6

15.3 Staat van Finansiële Posisie 15 - 8

15.3.1 Die gesig van die Staat van Finansiële Posisie


15.3.2 Aantekeninge tot die Staat van Finansiële Posisie

15.4 Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste 15 - 15

15.4.1 Die gesig van die Staat van Wins of Verlies en ander
Omvattende Inkomste
15.4.2 Aantekeninge tot die Staat van Wins of Verlies ander
Omvattende Inkomste

15.5 Staat van verandering in ekwiteit 15 - 19

15.5.1 Die gesig van die Staat van verandering in Ekwiteit

15.6 Ander openbaarmakingsvereistes 15 - 20

Bylaag A 15 - 21

Vrae 15 - 22

15 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die doel van finansiële state te verstaan

- die samestelling van finansiële state te identifiseer

- die getroue weergawe van finansiële state te kan toepas en verstaan

- maatskappy finansiële state te kan opstel sodat dit aan die minimum
vereistes van Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die
Maatskappywet voldoen

15 - 2
15.1 Doel van IFRS Finansiële State

Die doel van finansiële state is om inligting te verskaf oor die finansiële posisie, finansiële
prestasie en kontantvloei van ‘n entiteit wat bruikbaar is vir ‘n wye verskeidenheid van
gebruikers om ekonomiese besluite te neem. Finansiële state toon ook die resultate van
bestuur se rentmeesterskap van die entiteit se hulpbronne wat aan hulle toevertrou is.

‘n Maatskappy se finansiële state word tydens ‘n aandeelhouersvergadering van die


maatskappy voorgelê aan die aandeelhouers van die maatskappy. Die finansiële state
word ook geliasseer by die kantore van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele
Eiendom vir insae deur die gebruikers van die finansiële state.

Die belanghebbendes van die finansiële jaarstate sluit in:


• aandeelhouers
• ouditeur
• bestuur
• direkteure
• werknemers
• maatskappy sekretaris
• krediteure
• SARS
• banke

15.1.1 Samestelling van IFRS Finansiële State

Die minimum inligting wat in ‘n maatskappy se finansiële state geopenbaar moet word,
word bepaal deur IFRS (International Financial Reporting Standards) wat uitgereik word
deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die
Maatskappywet No 71 van 2008.

Die finansiële jaarstate moet volgens artikel 29 van die Maatskappywet:


• voldoen aan die finansiële verslagdoeningstandaarde;
• die maatskappy se stand van sake betroubaar weergee;
• die maatskappy se transaksies en finansiële posisie toon;
• die maatskappy se bates, laste, ekwiteit, inkomstes en uitgawes in die
voorgeskrewe formaat toon;
• die datum waarop die finansiële state opgestel is toon;
• die rekeningkundige periode van toepassing toon;
• toon of die state geoudit is of onafhanklik nagesien is en
• die naam en professionele kwalifikasie van die persoon wat toesig gehou het oor
die opstel van die finansiële state.

Die Maatskappywet vereis ook dat finansiële state opgestel word ooreenkomstig finansiële
verslagdoeningstandaarde. Tans is daar 2 tipes finansiële verslagdoeningstaandaarde nl:

- IFRS (International Financial Reporting Standards): maatskappye wat nie kwalifiseer


om IFRS for SME’s toe te pas nie, moet hierdie standaarde toe pas

15 - 3
- IFRS for SME’s (International Reporting Standards for Small and Medium sized
Entities): slegs maatskappy wat geen publieke aanspreeklikheid het nie, kwalifiseer om
hierdie standaard toe te pas

’n Entiteit het publieke aanspreeklikheid indien:


• die skuld- of ekwiteitsinstrumente (aandele) van die entiteit in ’n publieke mark
verhandel word of die entiteit is in die proses om sulke instrumente uit te reik om
in ’n publieke mark te verhandel (’n binnelandse of buitelandse aandelebeurs of
oor-die-toonbank mark, insluitend plaaslike en streeksmarkte), of
• dit bates hou in ’n fidusiêre hoedanigheid vir ’n wye groep van buitestanders as
een van die entiteit se primêre bedrywighede. Hierdie is tipies die geval vir
banke, kredietunies, versekeringsmaatskappye, sekuriteite makelaars en
handelaars, effektetrusts en beleggingsbanke.

15.1.2 Getroue weergawe van IFRS Finansiële State

Getroue weergawe vereis die getroue aanbieding van die gevolge van transaksies en
gebeure volgens die definisies en erkenningskriteria van bates, inkomste en uitgawes wat
in die Raamwerk uiteengesit word. Getroue weergawe vereis ook die volgende:

• selektering en toepassing van rekeningkundige beleid


• aanbieding van inligting op ‘n wyse wat volledig, neutraal en vry van wesenlike
foute is

Die volgende standpunte wat uitgereik is, moet inaggeneem word by die opstel van
finansiële state:

• ‘Conceptual framework for financial reporting 2010


• IAS 1 – ‘Presentation of financial statements’

Ingevolge IAS 1, bestaan ’n volledige stel finansiële state uit:

• staat van finansiële posisie soos op die einde van die periode;
• staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die periode;
• staat van veranderinge in ekwiteit vir die periode;
• staat van kontantvloeie vir die periode en
• aantekeninge wat bestaan uit rekeningkundige beleide en verduidelikende notas.

Die Raamwerk vir die opstel en die aanbieding van finansiële state is volledig bespreek in
Hoofstuk 2. IAS 1 gee ‘n uiteensetting van die oorkoepelende oorwegings (redelike
weergawe, lopende saak, toevallingsgrondslag, wesenlikheid en samevoeging,
verrekening, vergelykende inligting en konsekwentheid) vir die aanbieding van finansiële
state, riglyne vir die struktuur van die finansiële state en minimum vereistes vir die inhoud
van finansiële state.

Redelike weergawe

Finansiële state behoort die finansiële posisie, finansiële prestasie en kontantvloei van die
entiteit redelik weer te gee, soos vereis deur die Raamwerk. Dit vereis ʼn getroue
weergawe van die transaksies in ooreenstemming met die woordomskrywings en
erkenningskriteria van bates, laste, inkomste en uitgawes. Die korrekte toepassing van

15 - 4
IFRSe, met addisionele openbaarmaking, waar nodig, lei in feitlik alle omstandighede tot
finansiële state wat redelik aangebied is.

Voldoening aan IFRS

’n Entiteit wie se finansiële state aan al die vereistes van elke toepaslike standpunt van
IFRS voldoen, moet dié feit vermeld in die notas. Entiteite mag slegs vermeld dat die
finansiële state ooreenstem met IFRS as daar in alle vereistes voldoen word.

Lopende saak

Finansiële state moet op die lopende saak grondslag opgestel word tensy bestuur van
plan is om die onderneming te likwideer of bedrywighede te staak. Onsekerhede in
verband met handelsbedrywighede moet geopenbaar word en indien die finansiële state
nie opgestel is op die lopende saak grondslag nie moet die feit geopenbaar word. Die
redes vir so ʼn besluit moet dan ook aangetoon word.

Toevallingsgrondslag

Finansiële state moet ooreenkomstig die toevallingsgrondslag opgestel word. Hiervolgens


word transaksies verantwoord wanneer dit plaasvind en nie wanneer kontant ontvang of
betaal word nie.

Wesenlikheid en toevoeging

Elke wesenlike klas items moet afsonderlik getoon word. Items waarvan die aard of
funksie verskil moet afsonderlik aangebied word, tensy dit nie wesenlik is nie.
Wesenlikheid word bepaal deur beide die aard en omvang van ʼn item. ʼn Gebruiker ag ʼn
item as wesenlik indien die nie-openbaarmaking daarvan die gebruiker se besluitneming
kan beïnvloed.

Verrekening

Bates en laste mag nie teen mekaar verreken word nie, tensy dit deur ’n spesifieke
standaard vereis of toegelaat word.

Inkomste- en uitgawe-items mag net teen mekaar verreken word, wanneer:


• dit deur ’n standpunt van IFRS vereis of toegelaat word, byvoorbeeld wins en
verlies met verkoop van bates, of
• winste, verliese en verwante uitgawes wat uit dieselfde of soortgelyke transaksies
ontstaan, nie-wesenlik is.

Gereeldheid van verslagdoening

Finansiële state moet minstens jaarliks opgestel word. In uitsonderlike gevalle, waar ʼn
entiteit se rekeningpligtige datum verander, met die gevolg dat die finansiële state vir ʼn
korter of langer tydperk as een jaar aangebied word, moet die volgende bykomend getoon
word:
• die rede vir die verandering en
• die feit dat vergelykende bedrae nie vergelykbaar is nie.

15 - 5
Vergelykende inligting

Vergelykende inligting behoort geopenbaar te word ten opsigte van die vorige tydperk vir:
• alle numeriese inligting in die finansiële state,
• beskrywende of verhalende inligting indien dit noodsaaklik is vir ’n begrip van die
huidige jaar se finansiële state.

Vergelykende syfers help die gebruikers om tendense in die finansiële inligting te ontleed.
Indien openbaarmaking in die huidige periode verander word, moet die vergelykende
syfers ook aangepas word, tensy dit onuitvoerbaar is. Indien dit onuitvoerbaar is, moet die
volgende openbaar word:
• die rede waarom die veranderinge nie aangebring is nie, en
• die aard van die veranderinge wat aangebring sou word indien dit wel gedoen sou
wees.

Konsekwente aanbieding

Die aanbieding en klassifikasie van items in die finansiële state moet dieselfde bly in elke
rekeningkunde tydperk, sowel as van een tydperk na ʼn ander, behalwe as:
• daar ʼn verandering in die aard van die bedrywighede plaasgevind het
• die verandering ʼn beter openbaarmaking te weeg bring
• ʼn standpunt die verandering vereis

15.2 Rekeningkundige beleid

‘n Maatskappy moet as deel van die aantekeninge tot die finansiële state die
rekeningkunidge beleid openbaar. Die volgende inligting moet ingesluit word in die
rekeningkundige beleidsaantekening:

• die metingsgrondslag wat toegepas is met die opstelling van finansiële state
• die feit dat die beleid ooreenstem met vorige jare
• of die state voldoen aan IFRS of IFRS for SME’s
• ander beleide wat gevolg is ten opsigte van sekere bates, laste, inkomste en
uitgawes wat toepaslik is vir ‘n begrip van die finansiële state (bv eiendom, aanleg
en toerusting, finansiële bates, voorraad en inkomste)

15 - 6
‘n Voorbeeld van ‘n rekeningkundige beleidsaantekening word hieronder uiteengesit:

1. Rekeningkundige beleid

Die finansiële state is volgens ‘International Financial Reporting Standards’ opgestel.


Die finansiële state is op die historiese koste grondslag opgestel, behalwe vir sekere
eiendom, aanleg en toerusting items wat teen herwaardeerde bedrae en finansiële
bates wat teen billike waardes gemeet word, soos hieronder in die rekeningkundige
beleid uiteengesit. Die rekeningkundige beleid is in ooreenstemming met die beleid wat
in die vorige jaar gevolg is en is soos volg:

1.1 Eiendom, aanleg en toerusting

Eiendom, aanleg en toerusting word aanvanklik erken teen kosprys. Latere meeting
van grond geskied teen herwaardeerde bedrae. Alle ander eiendom, aanleg en
toerusting word getoon teen die historiese koste min opgelope waardevermindering.
Winste of verliese wat ontstaan tydens die herwaardasie van eiendom, aanleg en
toerusting word erken in ander omvattende inkomste en akkumuleer in die
herwaardasiesurplus in die staat van verandering in ekwiteit.

Historiese koste sluit in koste aangegaan wat direk toeskryfbaar is aan die verkryging
van die eiendom, aanleg en toerusting. Latere koste aangegaan word getoon as deel
van die drabedrag van die bate, slegs indien dit waarskynlik is dat ekonomiese
voordele wat verband hou met die koste na die onderneming gaan vloei en indien die
koste betroubaar gemeet kan word.

Geen waardevermindering word op grond afgeskryf nie. Waardevermindering op


voertuie word volgens die reguitlyn metode afgeskryf en het ‘n nuttige lewensduur van
x jaar. Waardevermindering op toerusting word afgeskryf teen x% per jaar volgens die
verminderde saldo metode.

Die reswaardes van die bates word jaarliks op die verslagdoeningsdatum hersien en
aangepas indien nodig. Enige wins of verlies met vervreemdings word erken as deel
van wins en verlies in die staat wins of verlies en ander omvattende inkomste.

1.2 Beleggings in filiale

Beleggings in filiale word getoon teen kosprys soos vasgestel op die verkrygingsdatum.

1.3 Finansiële bates (vir die doeleindes van Fin Rek 188 word aandele verkry
met die doel om dit te verkoop in die korttermyn)

Finansiële bates word aanvanklik erken teen hul billike waarde. Latere meting geskied
ook teen hul billike waarde. Enige aanpassings aan die billike waarde word getoon as
deel van wins en verlies in die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste.

1.4 Voorraad

Voorraad word gemeet teen die laagste van kosprys en netto realiseerbare waarde.
Die kosprys is bereken volgens die eerste-in-eerste-uit of geweegde gemiddelde koste
basis. Enige afskryf na netto realiseerbare waarde word erken in wins en verlies.

15 - 7
1.5 Inkomste (Gedek in FR 288)

Inkomste word gemeet teen die billike waarde van die vergoeding ontvang. Inkomste
met die verkoop van goedere word erken wanneer risiko’s en voordele van
eienaarskap oorgedra is. Inkomste met dienste gelewer word bepaal volgens die
stadium van voltooiing basis. Die stadium van voltooiing is bepaal deur die opnames
van werk gelewer (of dienste gelewer tot datum as ʼn persentasie van totale dienste
gelewer of koste aangegaan tot datum as ʼn persentasie van totale geskatte kostes).

15.3 Staat van Finansiële Posisie (SFP)

15.3.1 Die gesig van die Staat van Finansiële Posisie

Volgens IAS 1 behoort die Staat van Finansiële Posisie minstens die volgende lynitems in
te sluit:

• eiendom, aanleg en toerusting


• beleggingseiendom (FR 389)
• ontasbare bates (FR 288 & 389)
• finansiële bates
• ekwiteitsverantwoorde beleggings (FR 288 & 389)
• biologiese bates (nie gedek)
• voorraad
• handels en ander debiteure
• handels en ander krediteure
• kontant en kontantekwivalente
• voorsienings (FR 288)
• finansiële laste
• uitgestelde belasting laste en bates (FR 288 & 389)
• bates en laste vir lopende inkomstebelasting
• nie-beherendebelang (FR 288 & 389)
• uitgereikte kapitaal en surplus

Die volgende afsonderlike klassifikasies moet op die gesig van die Staat van Finansiële
Posisie aangebied word tensy ‘n aanbieding wat op likiditeit gegrond is inligting voorsien
wat betroubaar en meer toepaslik is:

• nie-bedryfsbates en bedryfsbates
• nie-bedryfslaste en bedryfslaste

15 - 8
‘n Voorbeeld van ‘n maatskappy se Staat van Finansiële Posisie word hieronder
uiteengesit:

Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 20X7

Aant R
BATES
Nie-bedryfsbates
Eiendom, aanleg en toerusting 2 195 000
Ontasbare bates -
Beleggings in filale 3 100 000
Finansiële bates 4 45 000

Totale nie-bedryfsbates 340 000

Bedryfsbates
Voorraad 5 28 000
Handels en ander debiteure 43 000
Kontant en kontantekwivalente 13 000

Totale bedryfsbates 84 000

Totale bates 424 000

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit
Aandelekapitaal 6 73 000
Herwaardasiesurplus 50 000
Behoue verdienste 189 000

Totale ekwiteit 312 000

Nie-bedryfslaste
8 55 000
Lenings

Totale nie-bedryfslaste 55 000

Bedryfslaste
Handels en ander krediteure 34 000
Lenings 8 5 000
Inkomstebelasting betaalbaar 10 000
Dividende betaalbaar 8 000

Totale bedryfslaste 57 000

Totale laste 112 000

Totale ekwiteit en laste 424 000

15 - 9
15.3.2 Aantekeninge tot die Staat van Finansiële Posisie

(a) Nie-bedryfsbates

(i) Eiendom, aanleg en toerusting

Ten opsigte van elke klas eiendom, aanleg en toerusting:


• metingsgrondslae vir die bepaling van die bruto drabedrag
• waardeverminderingsmetodes
• nutsdure of waardeverminderingskoerse
• bruto drabedrag en opgelope waardevermindering
• rekonsiliasie van die drabedrag aan die begin en einde van die tydperk wat
onder andere die volgende insluit:
- toevoegings
- toenames of afnames a.g.v. herwaardasie (afname nvt FR 188)
- waardevermindering
- vervreemdings
• indien eiendom, aanleg en toerusting dien as sekuriteit vir enige lenings of
verpligtinge
• indien eiendom geherwaardeer is: jaar van herwaardasie, basis, beleid oor
frekwensie, kwalifikasie en naam van waardeerder
• indien vergoeding vanaf derde party ontvang word vir verlies van bate, openbaar
draebedrag van bate
‘n Voorbeeld van die aantekening oor eiendom, aanleg en toerusting word hieronder
uiteengesit:
2. Eiendom, aanleg en toerusting
Eiendom Aanleg Toerusting Totaal
R R R R

Kos prys / Herwaardeerde 80 000 58 500 42 500 181 000


bedrag
Opgelope waardevermindering - (10 500) (7 500) (18 000)
Drabedrag begin van jaar 80 000 48 000 35 000 163 000
Toevoegings - 24 500 20 000 44 500
Herwaardasie 20 000 - - 20 000
Verbeterings 5 000 - - 5 000
Waardevermindering - (7 500) (5 000) (12 500)
Vervreemdings - (15 000) (10 000) (25 000)

Drabedrag einde van jaar 105 000 50 000 40 000 195 000
Kos prys / Herwaardeerde 105 000 65 000 50 000 220 000
bedrag
Opgelope waardevermindering (15 000) (10 000) (25 000)

Die eiendom is op (datum) volgens die (basis) geherwaardeer teen markwaarde op


(datum), deur (naam en kwalifikasie van waardeerder) ‘n geswore waardeerder. `n Eerste
verbandlening van (bedrag) oor grond en geboue (drabedrag) dien as sekuriteit vir die
lening. (Aantekeninge sal in FR389 verder uitgebrei word).
15 - 10
(ii) Ontasbare bates (FR 288)

(iii) Belegging in filiale (word omvattend gedek in FR 288 en 389)

Indien ‘n maatskappy beheer oor ‘n ander maatskappy kan uitoefen, word die
maatskappy wat beheer word die beherende maatskappy se filiaal. Vir die
doeleindes van Fin Rek 188 kan ‘n maatskappy gewoonlik beheer uitoefen oor ‘n
ander maatskappy wanneer dit meer as 50% van die ander maatskappy se
uitgereikte gewone aandele besit.

IAS 27 “Consolidated and separate financial statements” gee aan gebruikers ʼn


keuse om ʼn belegging in ʼn filiaal teen sy kosprys of teen sy billike waarde in die
entiteit se afsonderlike finansiële state te erken. Vir die doeleindes van Fin Rek 188
sal die belegging in ‘n filiaal altyd getoon word teen sy kosprys.

Openbaar die volgende inligitng t.o.v. die filiale


- name van maatskappye
- aard van die besigheid
- plek van besigheid
- persentasie van die uitgereikte aandelekapitaal en stemreg

‘n Voorbeeld van die aantekening oor beleggings in filiale word hieronder uiteengesit:
3. Belegging in filiale

%
Aard van Plek van aandeelhouding
Naam v Maatskappy besigheid besigheid en stemreg R

ABC Ltd. Handel in.. Gauteng 70 55 000


XYZ Ltd. Dienste... Kaapstad 55 40 000

Langtermynlening aan ABC Ltd. 5 000

100 000

Die langtermynlening aan ABC Ltd. is nie-rentedraend, onverseker en terugbetaalbaar op xxx

(iv) Finansiële bates (word omvattend gedek in FR 389)

IAS 32 definieer ʼn finansiële bate as:


• kontant; of
• ʼn ekwiteitsinstrument van ʼn ander entiteit (bv aandelebelegging); of
• ʼn kontraktuele reg om kontant of ʼn ander finansiële bate vanaf ʼn ander
entiteit te ontvang (bv debiteure en lenings); of
• ʼn kontraktuele reg om ʼn ruiling met ʼn ander entiteit aan te gaan tussen
finansiële bates en -laste waar die uitkoms positief is vir die entiteit (gedek in
FR 389).

15 - 11
Indien ‘n onderneming ‘n ander maatskappy se aandelekapitaal koop, sal daardie
belang wat die onderneming in die ander maatskappy besit getoon word as ‘n
belegging in sy staat van finansiële posisie. Vir doeleindes van Fin Rek 188 sal
aanvaar word dat aandelebeleggings aangeskaf is met die doel om dit op die kort-
termyn te verkoop en dat hierdie beleggings teen hul billike waarde getoon word.
Enige aanpassing aan die billike waarde erken word as ‘n “billike waarde
aanpassing” in die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste.
(Uitsondering: Vir die doeleindes van Fin Rek 188 sal geen billike waarde
aanpassing aan die kosprys van enige vaste deposito’s nie. Vaste deposito’s sal
dus teen kosprys gehou word.)

IFRS 13 definieer billike waarde as:


• die prys wat ontvang sal word om ʼn bate te verkoop of wat betaal sal word
om ʼn las oor te dra in ʼn geordende transaksie tussen mark-deelnemers op
die metingsdatum.

Vir ‘n genoteerde maatskappy is die billike waarde van sy aandele die huidige
aandeleprys soos dit verhandel op die JSE. Vir ‘n ongenoteerde maatskappy word
gespesialiseerde waardasie tegnieke gebruik om die billike waarde van die aandele
te bereken. Enige verskil tussen die oorspronklike kosprys en die billike waarde van
aandele, of die verskil wat ontstaan met latere veranderinge aan die billike waarde
van ‘n maatskappy se aandele, word erken as ‘n wins of verlies in die staat van
wins of verlies en ander omvattende inkomste as ‘n “billike waarde aanpassing”.

Voorbeeld:
XYZ het ‘n 100 aandele aangekoop in ABC Ltd. teen R5 per aandeel (kosprys). Die
billike waarde van finansiële bate (aandele) was R7 per aandeel op jaareinde.

Die inskrywing in die algemene joernaal in die boeke van XYZ:

Dt Beleggings (SFP) (100 x (R7 – R5)) 200


Kt Billike waarde aanpassing (SAOI) 200
(ongerealiseerde wins)

Openbaar die volgende inligting tov finansiële bates


- name van maatskappye
- aantal aandele en klasse van aandele
- genoteerd of ongenoteerd
- billike waarde van bates

15 - 12
‘n Voorbeeld van die aantekening oor finansiële bates word hieronder uiteengesit:
4. Finansiële bates
R
Genoteerde aandele
xxx gewone aandele in xxxxx Ltd. 30 000
Ongenoteerde aandele
xxx vookeuraandele in xxxxx (Pty) Ltd. 15 000

45 000

Die billike waarde van genoteerde aandele is die markwaarde waarteen die
aandeel verhandel op die JSE op jaareinde.

Die billike waarde van ongenoteerde aandele is die huidige markwaarde soos
bepaal deur ‘n onafhanklike waardeerder.

(b) Bedryfsbates

(i) Voorraad
• rekeningkundige beleid, insluitend kosteformules
• totale drabedrag en drabedrag volgens klassifikasie
• netto realiseerbare waarde, indien laer as kosprys
• bedrag van voorraad wat gedurende die tydperk as ‘n uitgawe erken is
(koste van verkope)
• bedrag van enige afskrywing van voorraad
• drabedrag van voorraad wat as sekuriteit vir verpligtinge verpand is

‘n Voorbeeld van die aantekening oor voorraad word hieronder uiteengesit:


5. Voorraad
Voorraad voorhande bestaan uit: R
- Klaarprodukte (teen netto realiseerbare waarde) 15 200
- Grondstowwe 5 000
- Werk-in-proses 7 000
- Verbruiksgoedere 800

28 000

(c) Ekwiteit

(i) Aandelekapitaal

• aantal gemagtigde aandele


• aantal uitgereikte aandele
• regte, voorkeure en beperkings op aandele, insluitend uitkeer van dividende en
terugbetaling van kapitaal
• rekonsiliasie van aantal aandele

15 - 13
‘n Voorbeeld van die aantekening oor aandelekapitaal word hieronder uiteengesit:
6. Aandelekapitaal
R
Gemagtig
- XXX Gewone aandele
- XXX Kumulatiewe voorkeuraandele
- XXX Nie-Kumulatiewe voorkeuraandele

Uitgereik
- XXX Gewone aandele 40 000
- XXX Kumulatiewe voorkeuraandele 33 000
- XXX Nie-Kumulatiewe voorkeuraandele XXX

73 000

Rekonsiliasie van aantal aandele


Nie- Kumulatiewe
Gewone Kumulatiewe voorkeur-
aandele voorkeur- aandele
aandele
Saldo – begin xxx xxx xxx
Uitgereik xxx xx xx
Afgelos (nvt FR 188) (xxx) (xxx)
Omskep (nvt FR 188) xxx
Saldo – einde xxx xxx xxx

(ii) Dividende

Dividende per klas van aandeel betaal of verklaar word in die staat van verandering in
ekwiteit geopenbaar. Die volgende (indien van toepassing) moet egter ook openbaar word
in ‘n nota tot die finansiële state:
• die bedrag van dividende voorgestel of verklaar, na jaareinde, maar voordat die
finansiële state gemagtig is vir uitreiking en dus nie teboekgestel is in die staat van
verandering in ekwiteit nie (nvt FR 188).
• die bedrag van enige kumulatiewe voorkeurdividende wat agterstallig is en dus nie
erken is nie (nvt FR 188).

15 - 14
(d) Nie-bedryfslaste

(i) Lenings
• onderskei tussen rentedraende en nie-rentedraende lenings
• onderskei tussen versekerde en onversekerde lenings
• rentekoerse
• terugbetalingsvoorwaardes (insluitende paaiemente en hernuwingsdatums)

‘n Voorbeeld van die aantekening oor lenings word hieronder uiteengesit:


8. Lenings

Verseker Nie-bedryfs Bedryfs Totaal


10% verbandlening 40 000 5 000 45 000
40 000 5 000 45 000

Die lening is terugbetaalbaar in (aantal) paaiemente van (bedrag), elke


jaar op (datum). Die rentekoers is x% en die lening is verseker deur ‘n
eerste verband op grond en geboue met ‘n drabedrag van xxx.

Onverseker Nie-bedryfs Bedryfs Totaal


Banklening 15 000 15 000
Oortrokke bank 0 0
15 000 15 000

Die lening dra rente teen (koers) en is terugbetaalbaar op (datum).

15.4 Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste (SAOI)

15.4.1 Die gesig van die Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste

Volgens IAS 1 behoort die Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste
minstens die volgende lynitems in te sluit:
• inkomste
• finansieringsinkomste en finansieringskoste
• ekwiteitsverantwoorde inkomste (FR 288 & 389)
• wins/verlies met beëindigde bedrywighede (nie gedek)
• inkomstebelastinguitgawe
• wins of verlies
• komponente van ander omvattende inkomste
• totale omvattende inkomste

Die Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste kan op twee maniere
aangebied word nl:
• Klassifikasie volgens aard van uitgawes (nvt FR 188)
• Klassifikasie volgens funksie van uitgawes (koste van verkope metode)
15 - 15
‘n Voorbeeld van ‘n maatskappy se Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende
Inkomste (klassifikasie volgens funksie van uitgawes) word hieronder uiteengesit:

Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 20X7

Aant R
Inkomste 9 550 000
Koste van verkope (137 500)

Bruto wins 412 500


Ander inkomste 7 000
Ander uitgawes (309 500)
Verspreidingskoste (4 750)
Administratiewe uitgawes (19 250)
Finansieringskoste (6 500)
Finansieringsinkomste 11 20 500

Wins voor belasting 10 100 000


Inkomstebelasting uitgawe 12 (30 000)

Wins vir die jaar 70 000

Ander omvattende inkomste:


Wins met eiendom herwaardasie 20 000
Inkomstebelasting op ander omvattende inkomste (nvt FR 188) -

Ander omvattende inkomste vir die jaar, netto van belasting 20 000

Totale omvattende inkomste vir die jaar 90 000

15 - 16
15.4.2 Aantekeninge tot die Staat van Wins of Verlies en ander Omvattende
Inkomste

(a) Inkomste

• die rekeningkundige beleid vir die erkenning van inkomste


• die hoofkategorieë van inkomste (verkope, lewering van dienste, rente, tantieme,
dividende, huurinkomste)

‘n Voorbeeld van die aantekening oor inkomste word hieronder uiteengesit:


9. Inkomste
R

Inkomste uit die verkope van handelsvoorraad 550 000

(b) Ander inkomste en uitgawes

Ten opsigte van ander inkomste:


• onderskei tussen dividende ontvang vanaf filiale en ander finansiële bates
• voorbeelde:
- winste met vervreemding van eiendom, aanleg en toerusting
- wins t.o.v. billike waarde aanpassings van finansiële bates
- Vergoeding vanaf versekeraar vir verlies van eiendom, aanleg en toerusting

Ten opsigte van ander uitgawes:


• voorbeelde:
- verlies met vervreemding van eiendom, aanleg en toerusting
- waardevermindering en amortisasie
- bedryfshuurbetalings (per bate kategorie)
- verliese tov billike waarde aanpassing van finansiële bates
- werknemersvoordele uitgawes
- direkteursvergoeding (onderskei tussen diens as direkteur en ander dienste)
- Afskryf van voorraad na netto realiseerbare waarde
- Abnormale voorraadverliese

15 - 17
‘n Voorbeeld van die aantekening oor wins voor belasting waarin ander inkomste en
ander uitgawes ingesluit word, word hieronder uiteengesit:
10. Wins voor belasting

Wins voor belasting word getoon nadat die volgende in ag geneem is: R

Inkomste
- dividende ontvang vanaf filiale 1 500
- dividende ontvang vanaf ander finansiële bates 300
- wins met verkoop van toerusting 3 000
- vergoeding vanaf versekeraar vir verlies van toerusting 9 000
- wins met billike waarde aanpassing van finansiële bate 800

Uitgawes
- werknemersvoordele 6 300
- verlies met verkoop van aanleg 1 500
- verlies met billike waarde aanpassing van finansiële bate 600
- waardevermindering
- aanleg 7 500
- toerusting 5 000
- bedryfshuurbetalings
- voertuie 5 750
- rekenaartoerusting 8 000
- direkteursvergoeding
- vir dienste as direkteure 33 000
- vir ander dienste 165 000
- abnormale voorraadverliese 1 500
- afskryf van voorraad na netto realiseerbare waarde 200

(c) Finansieringsinkomste

• onderskei tussen rente vanaf filiale en


• ander rente inkomste (bankrekeninge, debiteure en ander finansiële bates)

‘n Voorbeeld van die aantekening oor finansieringsinkomste word hieronder uiteengesit:


11. Finansieringsinkomste
R

- rente vanaf filiale 4 000


- ander rente inkomste 16 500

20 500

15 - 18
(d) Inkomstebelasting

• verskillende klasse van belasting (SA normale inkomstebelasting)


• onderskei tussen belasting vir huidige jaar en vorige jare

‘n Voorbeeld van die aantekening oor inkomstebelasting word hieronder uiteengesit:


12. Inkomstebelasting
R

SA normale inkomstebelasting - huidige jaar 28 000


- vorige jaar 2 000

30 000

15.5 Staat van Verandering in Ekwiteit (SVE)

Die staat van veranderinge in ekwiteit is `n rekonsiliasie tussen die openingsaldo van elke
klas van ekwiteit aan die begin van `n finansiële jaar en die sluitingsaldo aan die einde van
die finansiële jaar. Die lynitems reflekteer elke transaksie wat die ekwiteit van `n
maatskappy affekteer.

15.5.1 Volgens IAS 1 behoort die volgende aangetoon te word in die staat van verandering
in ekwiteit:

• totale omvattende inkomste (onderskei tussen wins en ander omvattende inkomste)


• dividende betaal en verklaar
• transaksies met aandeelhouers
• vir elke komponent van ekwiteit, ‘n rekonsiliasie van die begin van die jaar tot die
einde van die jaar

15 - 19
‘n Voorbeeld van ‘n maatskappy se staat van verandering in ekwiteit word hieronder
uiteengesit:

Staat van Verandering in Ekwiteit vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X7

Gewone Voorkeur Herw Behoue Totaal


aandele aandele surplus verdienste
kapitaal kapitaal
R R R R R

Saldo begin jaar 25 000 20 000 30 000 137 000 212 000
Gewone aandele uitgereik 15 000 - - - 15 000
Voorkeuraandele uitgereik - 13 000 - - 13 000
Totale omvattende inkomste
vir jaar - - 20 000 70 000 90 000
- wins vir die jaar - 70 000 70 000
- ander omvattende
inkomste vir die jaar 20 000 - 20 000
Gewone dividend - - - (12 000) (12 000)
Voorkeurdividend - - - (4 000) (4 000)
Aandele-uitgiftekoste - - - (2 000) (2 000)

Saldo einde jaar 40 000 33 000 50 000 189 000 312 000

15.6 Ander openbaarmakingsvereistes

Finansiële state moet duidelik geïdentifiseer word van ander inligting in die maatskappy se
jaarverslag, daarom is dit nodig om onderstaande inligting op ‘n herhaaldelike wyse te
toon:

• naam van die maatskappy


• tydperk wat deur die finansiële state gedek word
• geldeenheid waarin verslag getoon word
• vlak van afronding wat in die aanbieding van bedrae in die finansiële state gevolg
word

‘n Maatskappy moet die volgende inligting in die finansiële state openbaar indien dit nie
elders in die jaarverslag openbaar word nie:

• die domisilie en regsvorm van die entiteit


• land van inkorporasie en adres van geregistreerde kantoor
• ‘n beskrywing van die aard van die maatskappy en sy vernaamste aktiwiteite

15 - 20
BYLAAG A:
SKEMATIESE VOORSTELLING (IAS 1)

IAS 1

Staat van Staat van Staat van Staat van


wins of finansiële verandering kontantvloeie
verlies en posisie in ekwiteit
ander
omvattende
inkomste

Aantekeninge tot die finansiële state

15 - 21
HOOFSTUK 15
VRAE

Bladsy

Vraag 15.1 Staat van Finansiële Posisie en aantekeninge 15 - 23

Vraag 15.2 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste en 15 - 28


aantekeninge

Vraag 15.3 Staat van verandering in Ekwiteit 15 - 31

Vraag 15.4 Finansiële State en aantekeninge 15 - 33

Vraag 15.5 Finansiële State en aantekeninge 15 - 40

Vraag 15.6 Aantekeninge tot Staat van Omvattende Inkomste 15 - 42

Vraag 15.7 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste en 15 - 44


aantekeninge

Vraag 15.8 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste en 15 - 45


aantekeninge, Staat van verandering in Ekwiteit

Vraag 15.9 Eiendom. Aanleg & toerusting aantekening 15 - 47

15 - 22
VRAAG 15.1

Die boekhouer van Goeiehoop Ltd., 'n vervaardiger van radiotoestelle nader u om hom
behulpsaam te wees met die opstel van die maatskappy se Staat van Finansiële Posisie
soos op 30 September 20x5. Die volgende proefbalans is deur hom opgestel:

Proefbalans op 30 September 20x5


Dt Kt Sien ook
Aandelekapitaal 157 000 1
Surplus rekeninge 118 500 2
Langtermynlening 22 500 3
Diverse debiteure en krediteure 49 600 36 000 5
Bank 15 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure 2 000
Voorlopige belastingbetalings 4 000 9
Eiendom, aanleg en toerusting (drabedrag) 201 000 6
Voorraad 43 400 7
Finansiële bates teen kosprys 53 000 8
351 000 351 000

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy is op 1 Junie 20x0 gestig met 'n gemagtigde aandelekapitaal van
100 000 gewone aandele en 50 000 nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende
verdien van 8c per aandeel. Sedert die stigting van die maatskappy is 60 000 gewone
aandele uitgereik teen R2,25 elk en 20 000 voorkeuraandele teen R1,10 elk. Geen
aandele is gedurende die huidige jaar uitgereik nie.

2. Die surplus rekeninge bestaan uit die volgende: R


Wins (voor belasting) vir die jaar geëindig 30/9/20x5 26 000
Behoue verdienste soos op 1/10/20x4 62 500
Herwaardasiesurplus 30 000
118 500

Die herwaardasiesurplus was geskep met die herwaardasie van grond en geboue op
30/9/20x3.

3. 'n Langtermynlening van 13%, verseker deur 'n eerste verband oor grond en geboue,
is aangegaan op 1/1/20x2 en is terugbetaalbaar in 6 gelyke jaarlikse paaiemente van
R7 500, waarvan die eerste paaiement op 1 September 20x3 betaalbaar was.

4. 'n Finale dividend van 10c per gewone aandeel is verklaar op 30 September 20x5 en
moet nog aangeteken word.

5. By Diverse Debiteure is ‘n langtermynlening van R6 000 aan C Ltd. ingesluit.

15 - 23
6. Eiendom, aanleg en toerusting bestaan uit die volgende:
(i) Grond en geboue:
Grond bestaan uit 2 erwe, erf 1431 en 1432 wat geleë is in Kasteelstraat,
Kaapstad. Die erwe is aangekoop teen R15 000 elk. Op erf 1431 is 'n gebou in
September 20x0 opgerig teen 'n koste van R75 000. Verbeteringe is soos volg
aan die gebou aangebring:
Junie 20x1 R10 000
Augustus 20x3 R5 000
Februarie 20x4 R15 000
Julie 20x5 R8 000
(ii) Voertuie: Kosprys R35 000; Opgelope waardevermindering R14 000.
Waardevermindering van R7 000 is reeds in die huidige jaar op voertuie
afgeskryf. Geen voertuie is gedurende die jaar aangekoop of verkoop nie.
(iii) Kantoortoerusting: Kosprys R15 000; Opgelope waardevermindering R8 000.
Waardevermindering van R2 333 is reeds in die huidge jaar op
kantoortoerusting afgeskryf. Geen kantoortoerusting is gedurende die jaar
aangekoop of verkoop nie.

Waardevermindering word nie op grond en geboue afgeskryf nie, maar wel op


voertuie teen 20% per jaar op die reguitlyn metode en op kantoortoerusting teen 25%
per jaar op die verminderde saldo metode.

7. Voorraad word gemeet teen die laagste van kosprys of netto realiseerbare waarde op
'n eerste-in-eerste-uit grondslag en bestaan uit die volgende:
(i) Onderdele R 5 000
(ii) Onvoltooide radiotoestelle R12 000
(iii) Voltooide radiotoestelle R26 400
R43 400

8. Die finansiële bates bestaan uit: Billike waarde


- 7 000 van die 100 000 aflosbare voorkeuraandele in A Ltd.
(kosprys – R7 000) 10 500
- 20 000 van die 250 000 gewone aandele in B Ltd.
(kosprys – R20 000) 21 000
- 8 000 van die 15 000 gewone aandele in C Ltd.
(kosprys – R8 000) 10 000
- 15 000 van die 300 000 gewone aandele in D Ltd.
(kosprys – R18 000) 13 500

Beleggings in filiale word teen kosprys getoon en finansiële bates teen billike waarde
deur wins en verlies. Aanvaar dat alle publieke maatskappye genoteerd is.

9. Die inkomstebelastinguitgawe vir die jaar geëindig 30 September 20x5 bedra R10 000
en dit moet nog aangeteken word.

VAN U WORD VERLANG OM

die Staat van Finansiële Posisie op 30 September 20x5 van Goeiehoop Ltd. op te stel wat sal
voldoen aan die minimum vereistes van die Maatskappywet en Internasionale Finansiële
Verslagdoening Standaarde. Ignoreer rekeningkundige beleidsaantekeninge.

15 - 24
VRAAG 15.1

Voorgestelde oplossing

Goeie Hoop Ltd. – Staat van Finansiële Posisie op 30 September 20x5

BATES Aant R
Nie-bedryfsbates
Eiendom, aanleg en toerusting 1

Belegging in filiaal 2

Finansiële bates 3

Bedryfsbates
Voorraad 4

Handels en ander debiteure

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit
Aandelekapitaal 5

Behoue verdienste

Herwaardasiesurplus

Nie-bedryfslaste
Lenings
6
Bedryfslaste
Lenings 6

Handels en ander krediteure

Inkomstebelasting betaalbaar

Dividende betaalbaar

Oortrokke bank

15 - 25
Aantekeninge tot die finansiële state op 30 September 20x5

1. Eiendom, aanleg en toerusting

Grond & Voertuie Toerusting Totaal


Geboue
Bruto drabedrag

Opgelope wvm

Drabedrag 1 Oktober 20x4

Verbeteringe

Waardevermindering

Drabedrag 30 Sept 20x5

Bruto drabedrag

Opgelope wvm

Grond en geboue (drabedrag R173 000) dien as sekuriteit vir die eerste verband ten
bedrae van R22 500.

Die grond en geboue is op 30 September 20X3 geherwaardeer volgens die xxx basis
deur mnr X, ‘n geswore waardeerder.

2. Belegging in filiaal
%
Aard van Plek van aandeelhouding
Naam v Maatskappy besigheid besigheid en stemreg R

C Ltd. Handel in… Gauteng 53,33%

Langtermynlening aan C Ltd.

Die langtermynlening aan C Ltd. is nie-rentedraend, onverseker en terugbetaalbaar op xxx

15 - 26
3. Finansiële bates R
Genoteerde aandele
7 000 aflosbare voorkeuraandele in A Ltd.

20 000 gewone aandele in B Ltd.

15 000 gewone aandele in D Ltd.

Die billike waarde van genoteerde aandele is die markwaarde waarteen die
aandeel verhandel op die JSE op jaareinde.

4. Voorraad
Onderdele
Onvoltooide radiotoestelle
Voltooide radiotoestelle

5. Aandelekapitaal
Gemagtig
100 000 gewone aandele
50 000 nie-kumulatiewe voorkeuraandele

Uitgereik
60 000 gewone aandele
20 000 nie-kumulatiewe voorkeuraandele

Rekonsiliasie van aantal aandele


Gewone Nie-kumulatiewe
aandele voorkeuraandele
Saldo – 1 Oktober 20x4
Aandele uitgereik gedurende die jaar
Saldo – 30 September 20x5

6. Lenings

13% lening verseker deur ‘n eerste verband oor grond en geboue met
‘n drabedrag van R173 000, betaalbaar op 1 September elke jaar in
drie gelyke jaarlikse paaiemente van R7 500.

15 - 27
VRAAG 15.2

Die volgende saldo's verskyn onder andere in die boeke van Winter Ltd., 'n genoteerde
maatskappy, op 31 Desember 20x6:
R
Aandelekapitaal - 400 000 gewone aandele 400 000
- 100 000 voorkeuraandele (nie-kumulatief) 50 000
Beleggings - Reën (Pty) Ltd. 1 000
- Wind (Pty) Ltd. 250
Diverse uitgawes 251 680
Dividende ontvang - Reën (Pty) Ltd. 300
- Wind (Pty) Ltd. 150
Huur ontvang 10 500
Koste van verkope 515 315
Langtermynlening 100 000
Lening aan Reën (Pty) Ltd. 20 000
Masjienerie teen kosprys 160 000
Opgelope waardevermindering – masjienerie 57 600
Behoue verdienste – 1 Januarie 20x6 45 000
Rente ontvang – Reën (Pty) Ltd 3 600
Verkope 935 500
Voertuie teen kosprys 100 000
Opgelope waardevermindering – voertuie 36 000
Vaste eiendom 500 000
Herwaardasiesurplus 55 000

Addisionele inligting

1. Aandelekapitaal
Gewone aandelekapitaal bestaan uit 400 000 gewone aandele.
Voorkeuraandelekapitaal bestaan uit 100 000 aandele wat dividende verdien van 5c
per aandeel. 'n Gewone dividend van 10c per aandeel is op jaareinde verklaar.

2. Beleggings
Die beleggings bestaan uit die volgende:
o 1 000 gewone aandele van die 1 500 uitgereikte gewone aandele van
Reën (Pty) Ltd. Winter Ltd. oefen beheer uit.

o 200 gewone aandele van die 2 000 uitgereikte gewone aandele van
Wind (Pty) Ltd. Winter Ltd. oefen nie beheer uit nie. Die billike waarde van die
belegging was R200 op 31 Desember 20x6. Geen rekeningkundige inskrywing
is hiervoor te boek gestel nie.

3. Langtermynlening
Die langtermynlening is op 1 Januarie 20x6 aangegaan met 'n rentekoers van 15% per
jaar. Rente is viermaandeliks agterna betaalbaar.

4. Lening aan Reën (Pty) Ltd.


Die lening is op 1 Januarie 20x5 gemaak en die rentekoers is 18% per jaar,
maandeliks betaalbaar. Die saldo was onveranderd gedurende die jaar.

15 - 28
5. Diverse uitgawes
251 680
Rente betaal – langtermynlening 15 000
Administratiewe uitgawes 13 000
Verspreidingskoste 11 500
Besturende direkteur se salaris 18 000
Vergoeding betaal aan direkteure vir die bywoon van vergaderings 4 000
Salarisse en lone 120 000
Huur op voertuie 12 600
Telefoon 4 800
Elektrisiteit en water 6 600
Bestuursadviesdienste deur eksterne konsultante 7 000
Vergoeding aan ouditeur
- vir normale pligte 4 000
- vir byhou van maatskappyregister 1 000
Waardevermindering – voertuie 12 800
- masjienerie 20 080
Verlies met verkoop van masjienerie 1 300

6. Inkomstebelasting
6.1 20x5 se aanslag is in die jaar ontvang en betaal. Die betaling is korrek te boek gestel.
Dit het geblyk dat die inkomstebelasting in 20x5 met R1 000 oorvoorsien was. Die
oorvoorsiening moet nog teboekgestel word.

6.2 Die voorsiening vir inkomstebelasting ten bedrae van R84 545 vir die jaar geëindig 31
Desember 20x6 moet nog teboekgestel word.

7. Vaste eiendom
7.1 Op 31 Desember 20x6 is die vaste eiendom geherwaardeer deur die waarde met
R30 000 te verhoog.

VAN U WORD VERLANG OM

die Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir Winter Ltd. vir die jaar
geëindig 31 Desember 20x6 op te stel ooreenkomstig die minimum vereistes van die
Maatskappywet en Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde. Ignoreer
vergelykende syfers en rekeningkundige beleidsaantekeninge.

15 - 29
VRAAG 15.2 - Voorgestelde oplossing

Winter Ltd.
Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig
31 Desember 20x6
Aant
Inkomste 1
Koste van verkope
Bruto wins
Ander inkomste
Ander uitgawes
Verspreidingskoste
Administratiewe uitgawes
Finansieringsinkomste 3
Finansieringskoste
Wins voor belasting 2
Inkomstebelasting uitgawe 4
Wins vir die jaar
Ander omvattende inkomste
Totale omvattende inkomste vir die jaar

Aantekeninge tot die finansiële state - 31 Desember 20x6

1. Inkomste
Inkomste uit die verkope van handelsvoorraad

2. Wins voor belasting


Wins voor belasting word getoon nadat die volgende in ag geneem is:

Inkomste
Dividende vanaf filiale
Dividende van ander finansiële bates

Uitgawes
Direkteursvergoeding
- vir dienste as direkteur
- vir ander dienste
Bedryfshuurbetalings – voertuie
Verlies met verkoop van masjienerie
Waardevermindering
- op voertuie
- op masjinerie
Werknemersvoordele
Verlies met billike waarde aanpassing van finansiële bate

3. Finansieringsinkomste
Rente vanaf filiale

4. Inkomstebelasting
SA Normale inkomstebelasting
- huidige jaar
- vorige jaar
15 - 30
VRAAG 15.3

Die volgende saldo's het onder andere in die proefbalans van Cellshop (Pty) Ltd. op die
rekenpligtige datum, 30 Junie 20x8, verskyn nadat sommige sluitingsjoernaalinskrywings
reeds gedoen is:
R
Vaste eiendom teen waardasie 400 000
Gewone aandelekapitaal (120 000 uitgereikte aandele) 145 000
Voorkeuraandelekapitaal (50 000 uitgereikte aandele) 50 000
Herwaardasiesurplus 80 000
Langtermynlening 75 000
Wins vir die jaar voor belasting 100 000
Behoue verdienste op 1 Julie 20x7 225 000
Voorlopige belasting betaal 35 000
Interim dividend 8 000
Aandele-uitgiftekoste 1 200

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy is opgerig met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 200 000 gewone
aandele en 50 000 nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 12c per
aandeel.

2. Die maatskappy het 20 000 gewone aandele uitgereik op 1 Mei 20x8 teen R1,20 elk.
Geen verdere aandele is gedurende die jaar uitgereik nie.

3. Dit is beraam dat die SA normale inkomstebelasting vir die huidige jaar R28 000 sal
bedra, welke bedrag nog voorsien moet word in die rekeningkundige rekords.

4. ‘n Finale gewone dividend van 4 sent per aandeel is verklaar op 30 Junie 20x8. Die
interim dividend is op 28 Februarie 20x8 verklaar en betaal.

5. Die vaste eiendom is gedurende die jaar geëindig 30 Junie 20x8 geherwaardeer en die
waarde is verhoog met R25 000.

VAN U WORD VERLANG OM

'n Staat van Verandering in Ekwiteit vir die jaar geëindig 30 Junie 20x8 op te stel wat sal
voldoen aan die bepalings van die Maatskappywet en Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde.

15 - 31
VRAAG 15.3

Voorgestelde oplossing

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 20X8

AOI: Ander omvattende inkomste

15 - 32
VRAAG 15.4

Dormoc Ltd. is ‘n onderneming wat handel dryf in rekenaartoerusting. Die volgende saldo's
het in die grootboek van die maatskappy verskyn op 30 September 20x5, die maatskappy
se rekenpligtige datum:

R
Voorkeuraandelekapitaal (60 000 uitgereikte aandele) 60 000
Gewone aandelekapitaal (75 000 uitgereikte aandele) 75 000
Behoue verdienste op 1 Oktober 20x4 129 000
Herwaardasiesurplus 10 000
Bruto wins vir die jaar 360 000
Voorlopige belasting betaal 10 000
Rente betaal 8 200
Besturende direkteur se salaris 30 000
Dividende (Interim) 8 250
Rente ontvang 6 420
Dividende ontvang 3 500
Wins met verkoop van toerusting 3 240
Verlies met verkoop van voertuig 4 500
Beleggings teen kosprys 43 000
Vergoeding aan Orlo BK vir bestuursdienste 7 200
Salarisse en lone 108 340
Vaste eiendom teen waardasie 250 000
Voorraad teen kosprys 115 000
Debiteure 45 000
Krediteure 46 800
Huur van perseel vir parkering 2 400
Verspreidingskoste 13 000
Administratiewe uitgawes 15 060
Toerusting teen kosprys 40 000
Opgelope waardevermindering - Toerusting 16 000
Waardevermindering afgeskryf - Toerusting 4 500
Waardevermindering afgeskryf - Voertuie 600
Bankkoste 2 160
Vergoeding aan direkteure vir bywoon van vergaderings 1 400
Ouditeursvergoeding 4 850
Oortrokke bank 3 500

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal is soos volg:

- 75 000 Nie-kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien van 10c per aandeel
- 75 000 Gewone aandele

2. Die maatskappy het 25 000 voorkeuraandele teen R1.56 per aandeel op 1 Julie 20x5
uitgereik. Geen gewone aandele is gedurende die huidige jaar uitgereik nie.

3. Die maatskappy realiseer konstant 'n bruto wins van 50% op die kosprys van sy
produkte.
15 - 33
4. Die inkomstebelastinguitgawe vir die huidige jaar bedra R12 000 en moet nog te boek
gestel word.

5. Die interim dividend is op 30 Junie 20x5 verklaar en op 31 Julie 20x5 betaal. Die
maatskappy het nog nooit voorheen enige dividende verklaar nie. 'n Finale dividend
van 10 sent per gewone aandeel is op jaareinde verklaar.

6. Dormoc Ltd. het die volgende beleggings in die aandele van ander maatskappye
gemaak:

- 10 000 van die 15 000 uitgereikte gewone aandele in Abbo (Pty) Ltd.
(onafhanklike waardasie is 15c per aandeel)
- 5 000 van die 20 000 uitgereikte gewone aandele in Backo (Pty) Ltd.
(onafhanklike waardasie is 120c per aandeel)
- 20 000 van die 100 000 uitgereikte gewone aandele in Cisco Ltd., 'n genoteerde
maatskappy
(JSE: 160c per aandeel)
- Langtermynlening aan Abbo (Pty) Ltd. van R8 000

Al die aandele is uitgereik teen R1 per aandeel. Billike waarde aanpassings is nog nie
in aggeneem in grootboek saldo’s hierbo nie.

7. Al drie die maatskappye vermeld in paragraaf 6 hierbo, het 'n dividend van 10 sent
per aandeel verklaar en betaal gedurende die jaar geëindig 30 September 20x5.

8. Abbo (Pty) Ltd. het rente ten bedrae van R1 200 gedurende die jaar geëindig
30 September 20x5 aan Dormoc Ltd. betaal.

9. Die vaste eiendom is op 30 September 20x5 geherwaardeer deur die waarde met
R30 000 te verhoog. Geen rekeningkundige inskrywing is hiervoor te boek gestel nie.

10. Voertuie met ’n kosprys van R35 000 en opgelope waardevermindering van R14 400
is op 1 April 20x5 verkoop vir R16 100. Die kosprys en opgelope waardevermindering
van voertuie was op 1 Oktober 20x4 onderskeidelik R35 000 en R13 800. Geen
voertuie is gedurende die huidige jaar aangekoop nie.

11. Toerusting met ’n kosprys van R12 000 en opgelope waardevermindering van R2 000
is gedurende die jaar verkoop teen ’n wins. Geen toerusting is gedurende die huidige
jaar aangekoop nie.

VAN U WORD VERLANG OM

’n Staat van Finansiële Posisie op 30 September 20x5, ’n Staat van wins of verlies en
ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig 30 September 20x5 en 'n Staat van
Verandering in Ekwiteit vir die jaar geëindig 30 September 20x5 op te stel, wat sal voldoen
aan die vereistes van die Maatskappywet en Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde.
(Ignoreer vergelykende syfers.)

15 - 34
VRAAG 15.4

Voorgestelde oplossing

STAAT VAN FINANSIëLE POSISIE OP 30 SEPTEMBER 20X5


R
Aantekening

BATES

NIE-BEDRYFSBATES
Eiendom, aanleg en toerusting 2
Belegging in filiaal 3
Finansiële bates 4

Totale nie-bedryfsbates

BEDRYFSBATES
Voorraad 5
Handels en ander debiteure

EKWITEIT EN LASTE

EKWITEIT
Aandelekapitaal 6
Herwaardasiesurplus
Behoue verdienste

NIE-BEDRYFSLASTE
Lenings

BEDRYFSLASTE
Lenings
Handels en ander krediteure
Inkomstebelasting betaalbaar
Dividende betaalbaar
Oortrokke bank

15 - 35
STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE VIR DIE JAAR
GEËINDIG 30 SEPTEMBER 20X5

Aantekening
R

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER


20X5

AOI: Ander omvattende inkomste

15 - 36
AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE

1. REKENINGKUNDIGE BELEID

Die finansiële state is volgens ‘International Financial Reporting Standards’ opgestel. Die
finansiële state is op die historiese koste grondslag opgestel, behalwe vir sekere eiendom,
aanleg en toerusting items wat teen herwaardeerde bedrae en finansiële bates wat teen
billike waardes gemeet word, soos hieronder in die rekeningkundige beleid uiteengesit.
Die rekeningkundige beleid is in ooreenstemming met die beleid wat in die vorige jaar
gevolg is en is soos volg:

Eiendom, aanleg en toerusting

Eiendom, aanleg en toerusting word aanvanklik erken teen kosprys. Latere meeting van
grond geskied teen herwaardeerde bedrae. Alle ander eiendom, aanleg en toerusting word
getoon teen die historiese koste min opgelope waardevermindering. Winste of verliese wat
ontstaan tydens die herwaardasie van eiendom, aanleg en toerusting word erken in ander
omvattende inkomste en akkumuleer in die herwaardasiesurplus in die staat van
verandering in ekwiteit.

Historiese koste sluit in koste aangegaan wat direk toeskryfbaar is aan die verkryging van
die eiendom, aanleg en toerusting. Latere koste aangegaan word getoon as deel van die
drabedrag van die bate, slegs indien dit waarskynlik is dat ekonomiese voordele wat
verband hou met die koste na die onderneming gaan vloei en indien die koste betroubaar
gemeet kan word.

Geen waardevermindering word op grond afgeskryf nie. Waardevermindering op voertuie


word volgens die reguitlyn metode afgeskryf en het ‘n nuttige lewensduur van x jaar.
Waardevermindering op toerusting word afgeskryf teen x% per jaar volgens die
verminderde saldo metode.

Die reswaardes van die bates word jaarliks op die verslagdoeningsdatum hersien en
aangepas indien nodig. Enige wins of verlies met vervreemdings word erken as deel van
wins en verlies in die staat van omvattende inkomste.

Beleggings in filiale

Beleggings in filiale word getoon teen kosprys soos vasgestel op die verkrygingsdatum.

Finansiële bates

Finansiële bates word aanvanklik erken teen hul billike waarde. Latere meting geskied ook
teen hul billike waarde. Enige aanpassings aan die billike waarde word getoon as deel van
wins en verlies in die staat van omvattende inkomste.

Voorraad

Voorraad word gemeet teen die laagste van kosprys en netto realiseerbare waarde. Die
kosprys is bereken volgens die eerste-in-eerste-uit of geweegde gemiddelde koste basis.
Enige afskryf na netto realiseerbare waarde word erken in wins en verlies.
15 - 37
2. EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING

Die vaste eiendom is op 30 September 20x5 geherwaardeer deur S Nel, 'n geswore
waardeerder, op die basis van vervangingskoste.

3. BELEGGING IN FILAAL

5. VOORRAAD

15 - 38
6. AANDELEKAPITAAL

Rekonsiliasie van aantal aandele


Gewone Nie-kumulatiewe
aandele voorkeuraandele

7. INKOMSTE

8. WINS VOOR BELASTING

Wins voor belasting word getoon nadat die volgende in ag geneem is:

Uitgawes

9. FINANSIERINGSINKOMSTE

10. INKOMSTEBELASTING

15 - 39
VRAAG 15.5

Partu Ltd. is ‘n onderneming wat handel dryf in boumateriaal. Die volgende saldo's het in
die grootboek van die maatskappy verskyn op 30 Junie 20x6, die maatskappy se
rekenpligtige datum:
R
Gewone aandelekapitaal 220 000
Voorkeuraandelekapitaal 60 000
Langtermyn verbandlening 165 000
Behoue verdienste op 1 Julie 20x5 51 700
Herwaardasiesurplus 50 000
Krediteure en inkomstebelasting verskuldig 60 000
Oortrokke bank 65 000
Voorraad teen kosprys 130 000
Debiteure 75 000
Vaste eiendom teen waardasie 350 000
Voertuie teen kosprys 75 000
Opgelope waardevermindering – Voertuie 34 000
Beleggings teen kosprys 100 000
Bruto wins vir die jaar 240 000
Rente ontvang 2 000
Rente betaal 4 200
Salarisse en lone 119 000
Huur van toerusting 8 000
Administratiewe uitgawes 27 000
Waardevermindering – Voertuie 9 000
Verspreidingskoste 7 000
Brandstof en onderhoud 12 000
Huur ontvang 3 800
Direkteursvergoeding - Bywoon van vergaderings 3 800
Dividende ontvang 3 000
Normale inkomstebelasting voorsien 26 500
Aandele-uitgiftekoste 2 000
Ouditeursvergoeding 6 000

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy is op 4 Mei 20x0 opgerig met 'n gemagtigde aandelekapitaal van
500 000 gewone aandele en 100 000 kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende
verdien van 12c per aandeel.

2. Die maatskappy het die volgende aandele uitgereik op die datums soos aangedui:

- 180 000 Gewone aandele teen R1,10 elk op 1 Junie 20x0


- 50 000 Kumulatiewe voorkeuraandele teen R1,20 elk op 1 Januarie 20x1
- 20 000 Gewone aandele teen R1,10 elk op 1 Februarie 20x6.

15 - 40
3. Die maatskappy het vir die eerste keer op 30 Junie 20x6 enige dividend verklaar,
toe ‘n dividend van 2 sent per gewone aandeel verklaar is. Geen rekeningkundige
inskrywings t.o.v. die dividend wat verklaar is, is tot datum gemaak nie.

4. 50% van die beleggings behels 'n belegging in Abscondo Ltd., wat 'n genoteerde
maatskappy is, terwyl die ander 50% 'n belegging in Frantic (Pty) Ltd. behels.
Geeneen van die twee maatskappye is filiale van Partu Ltd. nie en beide het
dieselfde dividend betaal vir die jaar geëindig 30 Junie 20x6. Die billike waarde van
die beleggings waarvoor nog geen aanpassings gemaak is nie, het onderskeidelik
R30 000 vir Abscondo Ltd. en R60 000 vir Franctic Ltd. beloop op 30 Junie 20x6.

5. Die maatskappy het gedurende die jaar konstant 'n bruto wins van 40% op sy
verkope gerealiseer.

6. Die salarisse en lone sluit die besturende direkteur se salaris van R60 000 in.

7. Die vaste eiendom is op 1 Mei 20x6 geherwaardeer deur die waarde met R20 000
te verhoog.

8. Geen voertuie is gekoop of verkoop gedurende die jaar nie.

9. Die verbandlening word terugbetaal in gelyke jaarlikse paaiemente van R11 000
elk.

VAN U WORD VERLANG OM

’n Staat van Finansiële Posisie op 30 Junie 20x6 en ’n Staat van wins of verlies en ander
omvattende inkomste en Staat van Verandering in Ekwiteit vir die jaar geëindig 30 Junie
20x6 op te stel, wat sal voldoen aan die vereistes van die Maatskappywet en
Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde. (Ignoreer vergelykende syfers.)

15 - 41
VRAAG 15.6

Onderstaande Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste van Bytes Ltd. is
korrek opgestel volgens die rekeningkundige rekords op 30 Junie 2001

Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig
30 Junie 2001

Inkomste 487 000


Koste van verkope (358 000)
Bruto wins 129 000
Ander inkomste 7 790
Ander uitgawes (27 000)
Verspreidingskoste (18 000)
Administratiewe uitgawes (2 700)
Finansieringsinkomste 13 340
Finansieringskoste (1 800)
Wins voor belasting 100 630
Inkomstebelasting uitgawe (40 000)
Wins vir die jaar 60 630
Ander omvattende inkomste:
Wins met herwaardasie van vaste eiendom -
Inkomstebalsting op ander omvattende inkomste (nvt) -
Ander omvattende inkomste vir die jaar, netto van belasting -
Totale omvattende inkomste vir die jaar 60 630

Addisionele inligting

1. Ander uitgawes sluit onder andere in:


Salaris van voltydse maatskappy sekretaris 4 000
Salaris van die besturende direkteur 6 000
Direkteursgelde vir bywoon van vergaderings 1 200
Ouditeursgelde vir oudit 3 000
Waardevermindering 12 000

2. Aan die begin van die jaar is masjinerie en toerusting met 'n kosprys van R24 000
en opgelope waardevermindering van R9 000, verkoop vir R18 000. Daar was geen
ander verkope en aankope van masjinerie en toerusting gedurende die jaar nie.

3. Bytes Ltd. het die volgende beleggings in aandele van ander maatskappye gemaak
(kosprys = billike waarde):

- 3 240 van die 5 000 uitgereikte gewone aandele in HP (Pty) Ltd.


- 4 450 van die 7 500 uitgereikte voorkeuraandele in DELL (Pty) Ltd.
- 11 260 van die 975 000 uitgereikte gewone aandele in MECER Ltd., ’n genoteerde
maatskappy

4. Rente is soos volg verdien gedurende die jaar:

- HP (Pty) Ltd. – R11 910


- Debiteure – R1 030
- Bankrekening – R400
15 - 42
5. Dividende is ontvang van die volgende maatskappye:

- HP (Pty) Ltd. – R1 620


- DELL (Pty) Ltd – R355
- MECER Ltd. – R2 815

6. Die inkomste verteenwoordig bruto verkope van handelsvoorraad aan kliënte na


inagneming van terugsendings.

7. Daar was geen onder- of oorvoorsiening vir inkomstebelasting gedurende die jaar
nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die aantekeninge tot die Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste van
Bytes Ltd. vir die jaar geëindig 30 Junie 2001 te toon ten einde te voldoen aan alle
openbaarmakingsvereistes van die Maatskappywet en Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde. Rekeningkundige Beleidsaantekeninge en vergelykende
syfers word nie verlang nie.

15 - 43
VRAAG 15.7

Die volgende na-aansuiweringsaldo's het onder andere in die grootboek van Harry’s
Hunters (Pty) Ltd. verskyn op 31 Maart 20x9, die rekenpligtige datum:
R
Gewone aandelekapitaal 54 000
Behoue verdienste op 1 April 20x8 110 300
Herwaardasiesurplus 80 000
Toerusting teen kosprys 21 400
Opgelope waardevermindering - Toerusting 9 420
Waardevermindering afgeskryf - Toerusting 2 140
Huurinkomste verdien 568 931
Rente op verbandlening betaal 66 485
Rente verdien 7 843
Dividende verdien - Markies (Pty) Ltd. 1 441
- Las Pampas Ltd. 2 157
- Macmac (Pty) Ltd. 1 010
Bankkoste 966
Verlies met verkoop van toerusting 2 643
Herstelwerk en onderhoud 27 226
Administratiewe uitgawes 58 623
Ouditeursvergoeding 4 600
Vergoeding aan direkteure vir bywoon van vergaderings 3 960
Salarisse en lone 303 647
Vergoeding aan Rekdienste BK vir rekeningkundige dienste 12 260
Telefoonkoste 9 649
Elektrisiteitkoste 10 663
Dividende verklaar 2 500
Voorlopige belasting betaal 32 608

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy se hoofbesigheid behels die verhuur van sy vaste eiendom.


2. Markies (Pty) Ltd. is die enigste filiaal van Harry's Hunters (Pty) Ltd. en is ‘n
ongenoteerde maatskappy.
3. Die salarisse en lone sluit die besturende direkteur se salaris van R120 000 in.
4. Die direksie het beraam dat die inkomstebelasting uitgawe vir die huidige jaar R27 183
sal bedra. Geen rekeningkundige inskrywing is hiervoor gemaak nie.
5. Daar was geen veranderinge in die billike waardes van die onderskeie beleggings nie.
6. Rente is verdien uit die volgende bronne:
- Spaarrekening: R2 892 - Markies (Pty) Ltd.: R4 951

VAN U WORD VERLANG OM

’n Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig
31 Maart 20x9, tesame met die toepaslike aantekeninge, op te stel wat sal voldoen aan
slegs die minimum vereistes soos bepaal deur die Maatskappywet en Internasionale
Finansiële Verslagdoeningstandaarde. (Ignoreer vergelykende syfers.)

15 - 44
VRAAG 15.8

4-BY-4 (Pty) Ltd. dryf handel in eksklusiewe vierwielaangedrewe motorvoertuie. Die


volgende na-aansuiwerings saldo's het in die maatskappy se grootboek verskyn op 31
Augustus 20x3, die einde van die maatskappy se finansiële jaar:
R
Vaste eiendom teen waardasie 384 200
Meubels en toerusting teen kosprys 44 903
Opgelope waardevermindering - Meubels en toerusting 21 437
Aandelebeleggings 81 020
Langtermynlening aan filiaal 52 000
Vaste deposito 100 000
Voorraad teen kosprys op 1 September 20x2 464 398
Debiteure 103 908
Gewone aandelekapitaal (100 000 uitgereikte aandele) 236 000
Herwaardasiesurplus 48 200
Behoue verdienste op 1 September 20x2 531 975
Lening verskuldig aan RSA Bank 74 500
SARS - voorlopige belasting betaal 39 028
Krediteure 186 276
Oortrokke bank 12 896
Verkope 2 446 014
Verkoopretoere 7 265
Rente ontvang 9 679
Dividende ontvang 4 442
Oninbare skuld verhaal 6 299
Wins met verkoop van toerusting 4 207
Aankope van voorraad 1 498 276
Aankoopretoere 12 684
Waardevermindering afgeskryf 4 908
Huur betaal vir vertoonlokaal 86 780
Rente betaal op lening van RSA Bank 14 895
Oninbare skuld afgeskryf 22 168
Vergoeding aan direkteure vir bywoon van vergaderings 42 900
Interim dividend betaal 6 000
Fooie vir rekeningkundige dienste 24 800
Verkoops-en administrasiekoste 128 967
Elektrisiteitkoste 19 867
Ouditeursvergoeding 19 743
Verlies met verkoop van meubels 2 894
Salarisse en lone 404 781
Selfoonkoste 31 678
Huur betaal vir kantoortoerusting 11 296
Aandele-uitgiftekoste 1 392
Wins met billike waarde aanpassings (netto) 3 458

Addisionele inligting:

1. Die maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 500 000 gewone aandele.
2. Die kosprys van die voorraad het R488 300 bedra op 31 Augustus 20x3.

15 - 45
3. Die maatskappy het op 4 Januarie 20x3 ‘n verdere 25 000 gewone aandele uitgereik
teen R2,25 per aandeel vir kontant.

4. 4-BY-4 (Pty) Ltd. het die volgende beleggings in aandele van ander maatskappye
gemaak:
- 98 300 van die 1 000 000 uitgereikte gewone aandele in Rover Jeeps Ltd., ‘n
genoteerde maatskappy, teen ‘n kosprys van R44 902 (billike waarde, R50 200)
- 8 150 van die 15 000 uitgereikte gewone aandele in 4x4 Spares (Pty) Ltd. teen 'n
kosprys van R14 820 (billike waarde, R15 000)
- 6 000 van die 10 000 uitgereikte voorkeuraandele in Expedition Spares (Pty) Ltd.
teen ‘n kosprys van R3 000 (billike waarde, R3 000)
- 7 240 van die 25 000 uitgereikte gewone aandele in Trailer Products (Pty) Ltd. teen 'n
kosprys van R14 840 (billike waarde, R13 000)

Beleggings in filiale word getoon teen kosprys en beleggings in ander finansiële bates
teen billike waarde.

5. Rente is soos volg verdien gedurende die jaar:


- Lening aan filiaal - R6 749
- Debiteure - R2 002
- Vaste deposito - R928

6. Dividende is gedurende die jaar ontvang van die volgende maatskappye:


- Rover Jeeps Ltd. - R1 966
- 4x4 Spares (Pty) Ltd. - R1 467
- Expedition Spares (Pty) Ltd. - R360
- Trailer Products (Pty) Ltd. - R649

7. Die interim dividend is op 31 Desember 20x2 verklaar en op 15 Februarie 20x3 betaal.

8. Die lening verskuldig aan RSA Bank is ten volle terugbetaalbaar op 31 Mei 20x5.

9. Die finansiële direkteur se salaris van R334 000 is ingesluit by die bedrag vir salarisse
en lone hierbo.

10. Die direkteure het beraam dat die inkomstebelasting vir die huidige jaar R41 092 sal
bedra, waarvoor nog geen rekeningkundige inskrywings tot datum gemaak is nie.

11. ’n Finale dividend van 7 sent per aandeel is verklaar op 31 Augustus 20x3, betaalbaar
op 1 Oktober 20x3.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) ’n Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir 4-BY-4 (Pty) Ltd. vir
die jaar geëindig 31 Augustus 20x3, tesame met die toepaslike aantekeninge, op te
stel wat aan slegs die minimum vereistes sal voldoen soos bepaal deur die
Maatskappywet en Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde.

(b) 'n Staat van verandering in ekwiteit vir 4-BY-4 (Pty) Ltd. vir die jaar geëindig
31 Augustus 20x3 op te stel wat aan slegs die minimum vereistes sal voldoen soos
bepaal deur die Maatskappywet en Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde.
15 - 46
VRAAG 15.9

Le Roux Transport Ltd. is ‘n maatskappy wat plaaslik en internasionaal vervoerdienste aan


ondernemings en die algemene publiek lewer. Die volgende na-aansuiweringssaldo’s het
in die maatskappy se algemene grootboek op 31 Oktober 2011 (die einde van die
finansiële jaar) verskyn:
R
Vaste eiendom teen waardasie 1 620 000
Vragmotors teen kosprys 1 940 000
Opgelope waardevermindering – Vragmotors 1 045 700
Herwaardasiereserwe 120 000
Wins met verkoop van vragmotor 15 700
Waardevermindering afgeskryf – Vragmotors 340 600

Addisionele inligting:

1. Eiendom, aanleg en toerusting

1.1 Die vaste eiendom is op 1 Junie 2011 herwaardeer. Die herwaardasie is deur ‘n
geswore waardeerder, mnr. Duvenhage, gedoen. Die basis van die waardasiemodel is
huidige markwaarde. Die waarde van die eiendom het met R55 000 vermeerder.

1.2 ‘n Vragmotor is op 1 Junie 2011 teen R350 000 verkoop. Die kosprys van die
vragmotor en die opgelope waardevermindering tot op datum van verkoop, was
R680 700 en R346 400 onderskeidelik. Geen ander vragmotors is aangekoop of
verkoop gedurende die jaar nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die Eiendom, Aanleg en Toerusting aantekening tot die finansiële state van Le Roux
Transport Ltd. vir die jaar geëindig 31 Oktober 2011 op te stel, wat sal voldoen aan die
minimum vereistes soos gedefinieer deur die Maatskappy Wet van 2008 en die
Internasionale Finansiële Verslagdoenings Standaarde (IFRS).

15 - 47
HOOFSTUK 16
BESLOTE KORPORASIES

Bladsy

Leeruitkomste 16 - 2

16.1 Stigting 16 - 3

16.2 Kenmerke 16 - 3

16.3 Voordele 16 - 3

16.4 Nadele 16 - 4

16.5 Lede 16 - 4

16.6 Rekeningkundige beampte 16 - 5

16.7 Rekeningkundige rekords 16 - 5

16.8 Rekeningkundige verantwoording 16 - 6

16.8.1 Behoue verdienste


16.8.2 Belasting
16.8.3 Betalings aan lede

16.9 Finansiële state 16 - 6

16.9.1 Staat van finansiële posisie


16.9.2 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste
16.9.3 Staat van netto beleggings

Vrae 16 - 10

16 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- te verstaan hoe ‘n beslote korporasie as ‘n entiteit gestig word en


funksioneer

- die kenmerke, voordele en nadele van ‘n beslote korporasie te kan


identifiseer

- die aanstelling en pligte van ‘n rekeningkundige beampte te verstaan

- die rekeningkundige rekords van ‘n beslote korporasie te kan identifiseer

- die finansiële state van ‘n beslote korporasie te kan opstel

16 - 2
16.1 Stigting

Ingevolge die Maatskappywet No. 71 van 2008, wat in 2011 gepromulgeer is, het die
entiteitsvorm van ‘n Beslote Korporasie (BK) verval, en sal geen nuwe BK’s gestig kan
word nie. Die BK’s wat reeds voor die wetsverandering gestig is, sal egter bly
voortbestaan.

In die verlede is ‘n BK gestig ingevolge die bepalings van die Wet op Beslote Korporasies
No. 69 van 1984, en alle bestaande BK’s word steeds in terme van hierdie wet gereguleer.
'n BK het ontstaan sodra 'n stigtingsverklaring (CK1 vorm) by die Registrateur van Beslote
Korporasies geregistreer is en ‘n sertifikaat van inkorporasie uitreik is.

16.2 Kenmerke

• ‘n BK het ‘n afsonderlike regspersoonlikheid.


• ‘n BK bly voortbestaan ten spyte van veranderinge in lede.
• Lede van ‘n BK het beperkte aanspreeklikheid (beperk tot ledebydraes), maar
kan gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik wees vir skulde indien hulle die
Wet oortree.
• Daar mag ‘n minimum van 1 en ‘n maksimum van 10 natuurlike persone lid
wees van ‘n BK.
• ‘n BK mag self die belang van ‘n lid koop.

16.3 Voordele

• Alle statutêre inligting is vervat in ‘n enkele dokument (die stigtingsverklaring).


• BK’s is goedkoper, eenvoudiger en makliker administreerbare regsentiteite.
• Anders as in maatskappye word geen onderskeid getref tussen eienaars en
bestuur van die korporasie
• Finansiële state hoef nie geoudit te word nie, en ook nie aan die Registrateur
oorhandig te word nie.
• Die rekeningkundige beampte kan ‘n lid/werknemer van die BK wees.
• Normale belasting word gehef teen die koers wat op maatskappye van
toepassing is. Dit is tans laer as die marginale koers wat op individue van
toepassing is.
• ‘n BK kan in terme van die Wet op BK’s finansiële bystand (lening of sekuriteit)
aan ‘n lid verskaf om ‘n belang in die BK te verkry, indien:
o Alle lede toestemming gee
o Die bystand nie veroorsaak dat die BK insolvent raak of nie-likied is nie.

16 - 3
16.4. Nadele

• Aantal lede word beperk tot 10.


• Die klein hoeveelheid lede kan groei beperk.
• Die aard van lede word beperk omdat slegs natuurlike persone lede mag wees:
'n maatskappy, trust of 'n beslote korporasie kan bv. nie 'n belang in 'n ander
beslote korporasie hou nie.
• 'n Lid kan persoonlik aanspreeklik wees teenoor die korporasie vir 'n skending
van sy vertrouensplig of vir verliese gely as gevolg van gebrek aan optrede met
die nodige bekwaamheid en sorg.
• ‘n Lid kan aanspreeklik gehou word vir aanspreeklikhede van die BK indien die
Wet oortree is.
• Eenvoud/gebrek aan formaliteite vergemaklik bedrog/ongemagtigde optrede.

16.5 Lede

Elke persoon wat 'n lid wil word, moet 'n aanvanklike bydrae tot die ledebelang maak.
Hierdie bydrae kan in die vorm van kontant of ander bates wees of dienste gelewer in
verband met die oprigting van die korporasie.

Die belang van enige lid is 'n enkele belang wat as 'n persentasie uitgedruk word. 'n Lid
se belang is nie noodwendig in verhouding tot sy aandeel van totale ledebydraes nie. ‘n
Lid se belang is oordraagbaar, maar alle lede moet toestemming gee of daar moet aan die
vereistes, soos gestel in die samewerkingsooreenkoms, voldoen word.

Lede is beperk tot die volgende:

• natuurlike persone
• ‘n natuurlike of regspersoon wat ‘n trustee van ‘n testamentêre trust is wat nie ook ‘n
begunstigde van die trust is of beheer oor die begunstigde van die trust het nie
• ‘n natuurlike of regspersoon wat optree namens ‘n lid wat insolvent, oorlede,
geestesongesteld of andersins onbekwaam is.

Elke lid staan in 'n vertrouensverhouding tot die korporasie. Die verhouding tussen die
lede word gereël deur die Wet of BK’s self en lede behoort ook 'n skriftelike
samewerkingsooreenkoms aan te gaan ten einde interne verhoudings te reël. Die
samewerkingsooreenkoms behoort die volgende te stipuleer:

• Take van elke lid met betrekking tot die bestuur van die BK.
• Hoe geskille besleg moet word.
• Vergoeding waarop elke lid aanspraak het.
• Verdeling van winste aan lede.
• Hoe veranderinge in ledebydraes hanteer moet word.
• Leningsbevoegdhede, ens.

Betalings (verdeling van winste en terugbetaling van bydraes) kan aan lede gemaak word
indien die BK voldoen aan die solvensie- en likiditeitsvereistes.

Indien ‘n lid deur ‘n handeling of versuim die BK skade berokken sal hy/sy teenoor die BK
aanspreeklik wees vir enige verliese as gevolg van sodanige handelinge of versuim.

16 - 4
16.6 Rekeningkundige beampte

Die Wet vereis dat elke BK 'n rekeningkundige beampte moet aanstel wat 'n lid moet wees
van, onder andere, een van die volgende erkende professies soos bepaal deur die
Minister van Finansies in die staatskoerant:

• Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR (SA))


• Instituut van Koste en Bestuursrekenmeesters (CIMA)
• Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPR)
• ‘Chartered Association of Certified Accountants’ (ACCA)

Die rekeningkundige beampte moet aan die Registrateur skriftelike toestemming gee vir sy
aanstelling en bedanking.

Die rekeningkundige beampte het die reg tot toegang tot die BK se dokumente en sy/haar
pligte behels hoofsaaklik die volgende:

• bepaal of finansiële state ooreenstem met die rekeningkundige rekords,


• toepaslikheid van die rekeningkundige beleid te evalueer,
• verslag doen aan lede ten opsigte van bogenoemde aangeleenthede.

Die rekeningkundige beampte moet aan die Registrateur kennis gee, indien:

• Die BK nie meer ‘n bedryf beoefen nie


• Die laste van die BK groter is as die bates.
• Die finansiële state verkeerdelik aandui dat die bates groter is as die laste.

Die rekeningkundige beampte moet in sy/haar verslag aandui of daar enige oortredings
van die BK Wet is en of hy/sy ‘n werknemer is van die BK.

16.7 Rekeningkundige rekords

In terme van die Wet op BK’s moet 'n beslote korporasie die nodige rekeningkundige
rekords hou wat nodig is om die stand van sake en bedrywighede van die korporasie billik
weer te gee en om die transaksies en finansiële toestand van die besigheid te verduidelik.

Die volgende spesifieke rekords moet bygehou word:

• Rekords wat bates en laste, lede se bydraes, behoue verdienste, herwaardasie van
vaste bates en lenings aan en deur lede aantoon.
• Vaste bate register.
• Rekords ten opsigte van daaglikse kontant ontvang en uitbetaal.
• Rekords van goedere en dienste wat op krediet gekoop/ontvang of verkoop/gelewer is.
• Jaarlikse voorraadopnames.
• Bewysstukke wat inskrywings in rekeningkundige rekords steun
• Voldoende besonderhede van individuele transaksies i.v.m. bydraes deur lede, lenings
aan en van lede en betalings aan lede.

16 - 5
16.8 Rekeningkundige verantwoording

16.8.1 Behoue verdienste

Lede het nie 'n outomatiese reg op behoue verdienste nie. Lede is slegs geregtig op ‘n
verdeling van wins nadat al die lede formeel sodanige besluit geneem het, en indien, na
die verdeling:

• die BK se bates, redelik gewaardeer, al sy laste sal oorskry (solvensiekriteria);


• die BK in staat sal wees om na die verdeling sy skulde soos dit in die gewone loop van
sake verskuldig raak, te betaal (likiditeitskriteria);

Wins wat verdeel word aan lede, word nie as ‘n gewone uitgawe vir ‘n BK beskou nie,
maar eerder as ‘n verdeling van winste. Die verdeling van winste word in die staat van
netto beleggings van lede openbaar.

16.8.2 Belasting

In terme van die Inkomstebelastingwet word BK’s beskou as ‘n maatskappy en die


belastingposisie van ‘n BK is dus dieselfde as die van ‘n maatskappy.

Inkomstebelasting word bereken op belasbare inkomste van die BK teen die maatskappy
belastingkoers.

Sekondêre belasting op maatskappye is in die verlede op enige verdelings aan lede


bereken teen die voorgeskrewe koers. Vanaf 1 April 2012 sal uitkerings deur BK’s nie
meer aan SBM onderhewig wees nie, maar eerder aan dividendbelasting.

16.8.3 Betalings aan lede

Alle inkomste en uitgawe transaksies (salarrise, huur en rente) wat die lede raak, moet
openbaar word in die transaksies met lede aantekening.

16 - 6
16.9 Finansiële state

Gebruikers van die finansiële state is hoofsaaklik die lede van die BK en daarom moet
daar in die eerste plek aan hulle behoeftes voldoen word.

Die Wet op Beslote Korporasies bevat enkele voorskrifte ten opsigte van die inhoud van
die finansiële state en beveel aan dat finansiële state ingevolge algemeen aanvaarde
rekeningkundige praktyk opgestel word. Dit impliseer dus dat die state aan die vereistes
van die Maatskappywet moet voldoen en dus ook aan IFRS.

Die finansiële state behoort so eenvoudig en logies moontlik met die hoofvereiste van
getroue weergawe, opgestel te word en moet in ooreenstemming wees met
rekeningkundige rekords.

Die Wet op Beslote Korporasies vereis dat finansiële state van ‘n BK ooreenkomstig AARP
opgestel behoort te word en die volgende moet ingesluit wees:

• Staat van finansiële posisie


• Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste (verkieslik gedetailleerd) en
aantekeninge
• Staat van netto beleggings van lede
• Verslag van die rekeningkundige beampte

Finansiële State wat vir die eerste keer opgestel word, mag nie vir ‘n tydperk van minder
as drie maande of langer as vyftien maande wees nie. Die finansiële state moet
goedgekeur word en onderteken deur of namens elke lid.

16 - 7
16.9.1 Staat van finansiële posisie

‘n Voorbeeld van ‘n staat van finansiële posisie vir ‘n BK word hieronder uiteengesit.

BK
Staat van finansiële posisie soos op 28 Februarie 20X7
R
BATES
Nie-bedryfsbates
Toerusting XXX
Voertuie XXX
Ontasbare bates XXX

Totale nie-bedryfsbates XXX

Bedryfsbates
Voorraad XXX
Debiteure XXX
Lening aan lid XXX
Kontant XXX

Totale bedryfsbates XXX

Totale bates XXX

EKWITEIT EN LASTE
Ledebelang
Ledebydrae XXX
Behoue verdienste XXX

Totale ledebelang XXX

Nie-bedryfslaste
Langtermynlenings XXX

Totale nie-bedryfslaste XXX

Bedryfslaste
Krediteure XXX
Korttermyn gedeelte van lagtermynlening XXX
Lening van lid XXX
Belasting betaalbaar XXX

Totale bedryfslaste XXX

Totale laste XXX

Totale ekwiteit en laste XXX

16 - 8
16.9.2 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste

Die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste verteenwoordig die finansiële
resultaat/prestasie van ‘n entiteit vir ‘n bepaalde finansiële tydperk. Die finansiële resultaat
is die wins of verlies wat bygedra het tot ‘n verbetering of verswakking in die finansiële
posisie van ‘n entiteit.

16.9.3 Staat van netto beleggings

Die staat van netto beleggings van lede bevat dieselfde inligting as die staat van
verandering in ekwiteit by maatskappye. Die staat van netto beleggings van lede moet
egter ook lenings aan en van lede insluit aangesien dit (as gevolg van bepalings in die
Wet) aanvaar kan word dat lede ‘n keuse het of hulle by wyse van ledebydraes of lenings
aan die BK, in die BK wil belê en of hulle by wyse van onttrekkings van ledebydraes,
verdelings of lenings van die BK, bedrae uit die BK kan onttrek.
‘n Voorbeeld van ‘n staat van netto beleggings word hieronder uiteengesit:
BK
STAAT VAN NETTO BELEGGINGS VAN LEDE vir jaar geëindig 28 Februarie 20X7

Lede Behoue Lening Lening Totaal


bydraes verdienste van lid aan lid
Beginsaldo xxx xxx xxx (xxx) xxx
Netto wins xxx xxx
Verdelings (xxx) (xxx)
Bydraes gemaak xxx
Bydraes terugbetaal (xxx)
Lening van lid xxx xxx
Lening aan lid (xxx) (xxx)
Terugbetaling van lening xxx xxx
Eindsaldo xxx xxx xxx (xxx) xxxx

16 - 9
HOOFSTUK 16
VRAE

Bladsy

Vraag 16.1 Staat van netto beleggings 16 - 11

16 - 10
VRAAG 16.1

Harry's Hunters BK is gedurende 20x0 geregistreer. Die BK se hoofbesigheid behels die


voorbereiding en verkoop van kitskos. Die volgende vooraansuiweringsaldo's het in die
algemene grootboek van die BK verskyn op 30 Junie 20x7, die einde van die BK se
finansiële jaar:
R
Ledebydaes 60 000
Kontant in bank 2 000
Voorraad teen kosprys 22 200
Toerusting teen drabedrag 80 400
Behoue verdienste aan begin van die jaar 94 600
Lening ontvangbaar van M. Moos (lid) 20 000
Lening verskuldig aan M. Ngoco (lid) 30 000
Interim verdeling aan lede 32 000
Voorlopige belasting betaal 38 000

Addisionele inligting:

1. Die netto wins voor belasting vir die jaar geëindig 30 Junie 20x7 het R108 500 bedra.
2. Die interim verdeling is op 14 Februarie 20x7 aan die lede verklaar en op daardie
datum betaal. Dit is besluit om 'n finale verdeling van R25 000 op 30 Junie 20x7 aan
lede te verklaar, betaalbaar op 14 Augustus 20x7.
3. Dit is beraam dat die SA normale inkomstebelasting vir die huidige jaar R42 600 sal
bedra, waarvoor nog geen rekeningkundige inskrywings gemaak is nie.
4. Die BK het lid G. Meyer se ledebelang op 17 Januarie 20x7 van hom teruggekoop. 'n
Bedrag van R12 500 kontant is op daardie datum aan hom betaal deur die BK.
5. M. Moos het op 14 Julie 20x6 'n lid van die BK geword deur 'n ledebydrae van
R24 000 kontant aan die BK te maak, welke bedrag op daardie datum deur die BK
rentevry aan hom geleen is. Die lening is terugbetaalbaar in 6 gelyke jaarlikse
paaiemente op 1 Januarie elke jaar. Alle paaiemente is op datum betaal.
6. Op 9 Mei 20x7 het P. de Waal 'n lid van die BK geword deur 'n 15% belang van lid
M. Malan vir R20 000 kontant te koop.
7. Op 12 April 20x7 het lid M. Ngoco 'n rentevrye lening ten bedrae van R36 000 aan die
BK toegestaan, terugbetaalbaar in 6 gelyke jaarlikse paaiemente op 1 Junie elke jaar.
Alle paaiemente is op datum betaal.

VAN U WORD VERLANG OM

die staat van netto beleggings van lede vir die jaar geëindig 30 Junie 20x7 op te stel.
(Ignoreer vergelykende syfers.)

16 - 11
HOOFSTUK 17
REGSTELLING VAN FOUTE

Bladsy

Leeruitkomste 17 - 2

17.1 Die aard van rekeningkundige foute 17 - 3

17.2 Die identifisering van rekeningkundige foute 17 - 3

17.3 Interne bronne 17 - 4

17.3.1 Proefbalans
17.3.2 Kontrolerekeninge

17.4 Eksterne bronne 17 - 10

17.4.1 Krediteuremaandstate
17.4.2 Bankstate

Vrae 17 - 23

17 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die aard van rekeningkundige foute te verstaan

- rekeningkundige foute deur die loop van die rekeningkundige proses


te kan identifiseer

- die proses van die gebruikmaak van interne bronne ter identifisering en
regstelling van foute te verstaan en toe te pas

- die proses van die gebruikmaak van eksterne bronne ter identifisering en
regstelling van foute te verstaan en toe te pas

17 - 2
17.1 Aard van rekeningkundige foute

Die finansiële state van ‘n entiteit moet ‘n getroue weergawe wees van die
onderneming se finansiële posisie en die resultaat van die finansiële aktiwteite, d.w.s
die finansiële state moet betroubaar wees en vry wees van enige foute of weglatings.

Rekeningkundige transaksies en gebeurtenisse word op ‘n deurlopende basis in ‘n


entiteit se rekeningkundige rekords aangeteken. Daar is altyd die moontlikheid van
foute wat kan voorkom, hoofsaaklik omdat daar altyd menslike betrokkenheid sal
wees by die rekeningkundige proses. Entiteite sal altyd interne beheermaatreëls
ontwerp waarop staat gemaak kan word om foute tot ‘n minimum te beperk, en hulle
sal ook prosedures volg om te versker dat foute vroegtydig geïdentifiseer word en
reggestel word.

17.2 Identifisering van rekeningkundige foute

Die onderstaande is prosedures wat entiteite kan volg om foute wat plaasgevind het
tydens die teboekstelling van rekeningkundige transaksies en gebeurtenisse, te
identifiseer:

• Oorsigtelike beoordeling van bedrae wat op die proefbalans verskyn, d.w.s ‘n


redelikheidstoets
• Vergelyking van werklike bedrae met begrotings en teikenstandaarde
• Nagaan van entiteit se eie interne bronne bv. die proefbalans en kontrole
rekeninge
• Nagaan van entieit se eksterne bronne bv. krediteure maandstate en bankstate

Algemene foute wat kan voorkom en geïdentifiseer kan word deur interne kontrole
stelsels of die prosedures hierbo genoem is soos volg:

• Optelfoute
• Foutiewe kruisoptel van kolomme
• Transposisie foute (bv. 357 in plaas van 375)
• Omruil van debiete en krediete
• Onvolledige/foutiewe inligting op brondokumente
• Foutiewe klassifikasie van transaksies of gebeurtenisse
• Weglating van transaksies of gebeurtenisse
• Foutiewe aantekening van transaksies in joernale
• Foutiewe oorboeking vanaf joernale na grootboek
• Saldo’s foutief oorgedra vanaf grootboek na proefbalans

17 - 3
17.3 Interne bronne

Die gebruik van interne bronne om foute te identifiseer is gebaseer op ‘n proses van
nagaan en beoordeling van dokumente, bedrae en inskrywings. Die entiteit kan van
die volgende interne bronne gebruik maak om rekeningkundige foute te identifiseer:

17.3.1 Proefbalans

Die poefbalans is ‘n lys van al die saldo’s van die rekeninge in die algemene
grootboek. As die proefbalans nie balanseer nie, kan dit ‘n aanduiding wees dat een
of meer van die volgende foute plaasgevind het:

• die debietkant en kredietkant van ‘n joernaalinskrywing stem nie ooreen nie


• optelfoute of transposisie foute in die kolomme van joernale of proefbalans
• foutiewe oorboeking vanaf joernale na die grootboek
• saldo’s van grootboekrekeninge is foutief bereken of foutief op die proefbalans
aangeteken

Bogenoemde foute sal soos volg reggestel word:

• Die regstelling sal in die algemene joernaal aangeteken word met ‘n volledige
omskrywing. Hierdie regstellings in die algemene joernaal het soms enkelbeen
joernaalinskrywings tot gevolg: bv. in gevalle in ’n handstelsel waar ’n vorige
joernaalinskrywing teboekgestel is waarvan die debietkant en kredietkant nie
ooreengestem het nie. Dit is nie gebruiklik om enkelbeen joernaalinskrywings
teboek te stel nie, maar in gevalle waar ’n vorige foutiewe joernaalinskrywing of
oorboekingsfout in ’n handstelsel reggestel moet word, is dit soms nodig.
• Indien ’n gerekenariseerde rekeningkundige pakket gebruik word, is die pakket
gewoonlik geprogrammeer met ingeboude beheermaatreëls en kontroles. Een so
’n kontrole is dat ongebalanseerde joernaalinskrywings, waarvan die debietkant
en die kredietkant nie ooreenstem nie, nie teboekgestel kan word nie, maar dat ’n
foutboodskap gegenereer sal word om dit reg te stel. Oorboeking vanaf joernale
na grootboekrekeninge vind ook outomaties plaas, en oorboekingsfoute behoort
nie voor te kom nie. Daar sal dus nie gevalle voorkom waar die proefbalans nie
balanseer nie.
• Die individuele grootboekrekening sal reggestel word met die gepaste bedrag.

17 - 4
Voorbeeld 17.1

Die boekhouer van Uno Handelaars het 'n proefbalans vir die onderneming op
31 Maart 20X7 opgestel. Die onderskeie totale van daardie proefbalans was soos
volg:

- Debiete R90 047


- Krediete R89 036

Addisionele inligting:

1. Die debietkant van die proefbalans is met R599 te veel opgetel.

2. Die kredietkant van die proefbalans is met R319 te min opgetel.

3. Die debietkant van die lone-rekening in die algemene grootboek is met R25 te
veel opgetel.

4. Die kredietkant van die rente ontvangrekening in die algemene grootboek is met
R31 te min opgetel.

5. 'n Betaling van R495 wat van 'n debiteur ontvang is, is as R459 in die betrokke
joernaal aangeteken.

6. Oninbare skuld verhaal ten opsigte van die vorige jaar ten bedrae van R191 is nie
vanaf die betrokke joernaal oorgeboek na die grootboekrekening nie.

7. Die totaalkolom van die kontantontvangstejoernaal is met R300 te min opgetel en


so oorgeboek na die korrekte grootboekrekening.

8. Die kortingkolom in die kontantbetalingsjoernaal se totaal ten bedrae van R209 is


nie oorgeboek nie.

9. Die kortingkolom in die kontantontvangstejoernaal se totaal ten bedrae van R181


is as R118 na die korrekte kant van die betrokke rekening oorgeboek.

Die bank het 'n positiewe saldo, wat nie deur die regstelling van enige rekeningkundige
foute oortrokke gemaak sal word nie.

Verlang

Toon die inskrywings in die algemene joernal, indien enige, om die bogenoemde
transaksies te boek te stel.

17 - 5
Die regstellings sal soos volg in die algemene joernaal aangeteken word:

ALGEMENE JOERNAAL VAN UNO HANDELAARS

No Besonderhede Debiet Krediet


R R

3. Lone 25

4. Rente ontvang 31

5. Bankrekening 36

5. Debiteure kontrole (in algemene grootboek) 36

6. Oninbare skuld verhaal 191

7. Bankrekening 300

8. Korting ontvang 209

9. Korting toegestaan 63

NOTAS:

1. Inskrywings sal in die algemene joernaal gemaak word slegs indien ‘n bepaalde
fout inskrywings op ‘n grootboekrekening tot gevolg het.
2. Aangesien foute op die onderskeie grootoekrekeninge reggestel word, kan dit wel
tot gevolg hê dat sogenaamde “enkelbeen” inskrywings gemaak word, m.a.w.
daar is nie noodwendig ‘n ooreenstemmende krediet vir elke debiet nie.
3. Die regstelling van die individuele debiteure- en krediteurekontrolerekeninge in
die debiteure- en krediteuregrootboek sal nie in die algemene joernaal
aangeteken word nie.

17 - 6
17.3.2 Kontrolerekeninge

Geriefsrekeninge soos die debiteure- en krediteurekontrole rekeninge word in die


algemene grootboek geopen om interne kontrole te bevorder. Die kontrolerekening
bevat die totaal van die inskrywings in die individuele debiteure- en
krediteurerekeninge in die debiteure- en krediteuregrootboeke. Die kontrolerekening
is dus ‘n duplikasie van die individuele rekeninge. Die saldo van die kontrolerekening
behoort op ‘n deurlopende basis gelyk te wees aan die totaal van die individuele
rekeninge.

Indien die saldo van die kontrolerekening nie ooreenstem met die totale van die
individuele rekeninge nie, kan dit dui op een of meer van die volgende foute:

• brondokumente is foutief aangeteken in die joernale


• optelfoute of transposisie foute in die debiteure- of krediteurekolomme van
joernale
• foutiewe oorboeking vanaf joernale na kontrolerekeninge en/of individuele
debiteure- en kediteurerekeninge
• saldo’s van individuele debiteure- en krediteurerekeninge en/of kontrolerekening
is verkeerd bereken
• saldo’s op die debiteure en krediteure lyste is foutief aangeteken vanaf die
individuele debiteure- en krediteurerekeninge

Bogenoemde foute sal soos volg reggestel word:

• Die debiteure- en krediteurekontrolerekening sal reggestel word met die gepaste


bedrag (maak gebruik van ‘n aanvullende debiteurekontrole/krediteure-
kontrolerekening)
• Die regstelling sal in die algemene joernaal aangeteken word met ‘n volledige
omskrywing
• Die debiteure en krediteure lyste sal opdateer word met gepaste regstellings

17 - 7
Voorbeeld 17.2

Double Sports is 'n onderneming wat handel dryf in sporttoerusting. Die


onderneming se boekhouer het die volgende grootboekrekeninge ten opsigte van
Maart 20X7 opgestel:

Debiteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo a/b 73 891 Verkoopretoere (VTJ) 1 009
Aankope (AJ) 32 096 Rente gehef op debiteure 102
Beweging in toelaag vir Bank (KOJ) 28 471
kredietverliese van debiteure 309 Bank (EFO begunstigde nie 365
erken)
Oninbare skuld afgeskryf 728
Oninbare skuld verhaal 297 Saldo o/b 77 734

107 321 107 321

Saldo a/b 77 734

Krediteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Aankoopretoere (ATJ) 782 Saldo a/b 62 924
Bank (KBJ) 23 803 Verkope (VJ) 40 194
Rente deur krediteure gehef 64
Saldo o/b 78 649

103 118 103 118

Saldo a/b 78 649

Addisionele inligting:

1. Die totaal van die lys van debiteure het R84 313 bedra en die totaal van die lys
van krediteure het R70 609 bedra op 31 Maart 20x7.

2. 'n Verkoopsfaktuur aan G Kibbs ten bedrae van R682 is in die aankoopsjoernaal
aangeteken as aankope van voorraad van daardie bedrag.

3. 'n Aankoopsfaktuur van S Monjoy Ltd. ten bedrae van R302 t.o.v. aankope van
voorraad is in die verkoopsjoernaal aangeteken as verkope van voorraad van
daardie bedrag.

4. 'n Verkoopsfaktuur aan K Dallis ten bedrae van R894 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R984 en as sodanig na die korrekte grootboekrekeninge
oorgeboek.

17 - 8
5. 'n Aankoopsfaktuur van T Sendul ten bedrae van R377 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R773 en as sodanig na die korrekte grootboekrekening
oorgeboek.
6. 'n Krediteur, S Dom, se rekening in die krediteuregrootboek se kredietkant is met
R11 te min opgetel.

7. 'n Debiteur, A Don, se rekening in die debiteuregrootboek se debietkant is met


R22 te veel opgtel.

8. Die totaalkolom in die verkoopsjoernaal is met R53 te veel opgetel.

9. Die totaalkolom in die aankoopsjoernaal is met R121 te min opgetel.

VAN U WORD VERLANG OM

aanvullende debiteure-en krediteurekontrolerekeninge, behoorlik afgesluit op


31 Maart 20x7, op te stel waarin slegs die inskrywings wat gemaak is ter regstelling
van enige foute, aangetoon sal word.

aanvullende lyste van die individuele debiteure- en krediteuregrootboekrekeninge,


behoorlik afgesluit op 31 Maart 20x7, op te stel waarin slegs die inskrywings wat
gemaak is ter regstelling van enige foute, aangetoon sal word.

Die aanvullende debiteure- en krediteurekontrolerekening sal soos volg opgestel


word:

AANVULLENDE DEBITEUREKONTROLE

Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag


Foutiewe saldo a/b 77 734 Optelfout 360
Rente gehef foutief 102 Aankope reggestel 32 096
Rente gehef reggestel 102 Beweging in toelaag vir
kredietverliese reggestel 309
Verkope reggestel 40 194 Oninbare skuld foutief 728
EFO foutief 365 Oninbare skuld reggestel 728
EFO reggestel 365 Oninbare skuld verhaal 297
Faktuur Kibbs reggestel 682 Verkope Monjoy reggestel 302
Faktuur Dallis foutief 90
VJ totaal reggestel 53
Saldo o/b 84 581

119 544 119 544

Saldo a/b 84 581

17 - 9
AANVULLENDE KREDITEUREKONTROLE

Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag


Optelfout 180 Foutiewe saldo a/b 78 649
Verkope reggestel 40 194 Aankope reggestel 32 096
Faktuur Kibbs reggestel 682 Rente foutief 64
Faktuur Sendel reggestel 396 Rente reggestel 64
Faktuur Monjoy reggestel 302
Saldo o/b 69 844 AJ totaal reggestel 121

111 296 111 296

Saldo a/b 69 844

Aanvullende lyste van individuele debiteure en krediteure grootboekrekeninge sal


soos volg opgestel word:

AANVULLENDE DEBITEURE LYS AANVULLENDE KREDITEURE LYS

R R
Oorspronklike foutiewe Oorspronklike foutiewe
totaal 84 313 totaal 70 609
G Kibbs 682 G Kibbs (682)
S Monjoy (302) S Monjoy 302
K Dallis (90) T Sendul (396)
A Don (22) S Dom 11

Korrekte totaal 84 581 Korrekte totaal 69 844

17.4 Eksterne bronne

Die gebruik van eksterne bronne om foute te identifiseer is gebaseer op ‘n proses


van vergelyking van dokumente, bedrae en inskrywings in die entiteit se rekords met
eksterne bronne vanaf derde partye soos bv. krediteuremaandstate en bankstate.
Die entiteit kan van die volgende eksterne bronne gebruik maak om rekeningkundige
foute te identifiseer:

17.4.1 Krediteuremaandstate

By elke aankooptransaksie wat op krediet plaasvind is daar ‘n krediteur betrokke.


Die volgende is aktiwiteite (transaksies of gebeurtenisse) wat kan plaasvind:

• Aankoop van goedere


17 - 10
• Kansellasie van aankooptransaksie (aankoopretoere)
• Rente gehef deur krediteur op uitstaande bedrae
• Betaling van krediteur
• Kontantkorting ontvang vanaf krediteure

Die aktiwiteite sal as spieëlbeelde in die rekeningkundige rekords van die entiteit en
die krediteur (leweransier/verskaffer) aangeteken word. Dus: debiete in die entiteit
se rekords sal krediete wees in die leweransier se rekords en andersom.

Aan die einde van die maand sal die leweransier ‘n rekeningstaat
(krediteuremaandstaat) stuur aan die entiteit wat ‘n presiese weergawe sal wees van
die entiteit se rekening in die leweransier se rekords. Dit kan gebeur dat daar ‘n
verskil kan wees tussen die saldo van die krediteur (leweransier) se rekening in die
entiteit se rekords en die entiteit se rekening in die krediteur (leweransier) se rekords,
as gevolg van foute of weglatings deur een of albei partye.

Indien die saldo van die krediteurerekening in die krediteuregrootboek nie


ooreenstem met die krediteuremaandstaat wat ontvang is van die leweransier nie,
kan dit daarop dui dat een of meer van die volgende foute plaasgevind het:

• Brondokumente is foutief aangeteken of weggelaat


• Bedrae is foutief oorgeboek vanaf die joernale na die krediteurerekening
• Terugsendings waarvoor die entiteit ‘n debietnota uitgereik het wat nie deur die
leweransier aanvaar is nie
• Kontantkortings wat die entiteit van betalings afgetrek het en wat nie deur die
leweransier toegestaan is nie
• Rente wat die leweransier op laat betalings gehef het wat nog nie deur die entiteit
aangeteken is nie
• Betalings wat reeds gemaak is, is nog nie deur die leweransier aangeteken nie
• Optelfoute en transposisie foute in rekeningkundige rekords en maandstate

Bogenoemde foute sal soos volg reggestel word:

• Die entiteit sal die foute wat deur hom gemaak is in sy eie rekords regstel
• Die entiteit sal aan die leweransier ‘n vereffeningstaat stuur wat die foute en
weglatings lys wat hy in sy rekords moet regstel

Voorbeeld 17.3

Die volgende aktiwtiteite het plaasgevind tussen Entity Ltd. (entiteit) en Supplier Ltd.
(krediteur):

(1) Entity Ltd. koop goedere ter waarde van R5 000 op krediet vanaf Supplier Ltd.
(Aankoopfaktuur A345);
(2) Entity Ltd. stuur beskadigde goedere ter waarde van R500 terug aan Supplier
Ltd. (Debietnota DN21);
(3) Entity Ltd. betaal ‘n gedeelte van die uitstaande skuld aan Supplier Ltd. per
elektroniese fonds oordrag nommer 007, R3 000 en ontvang korting van R300;
17 - 11
(4) Supplier Ltd. hef rente van R150 op uitstaande skuld van Entity Ltd.

Die transaksies sal soos volg in die rekeningkundige rekords van die onderskeie
partye aangeteken word:

Rekeningkundige rekords van Entity Ltd.

Supplier Ltd. (Krediteur)


(2) Aankoopretoere 500 Saldo a/b 1 000
(3) Bank 3 000 (1) Aankope 5 000
(3) Korting ontvang 300 (4) Rente 150
Saldo o/b 2 350
6 150 6 150
Saldo a/b 2 350

Rekeningkundige rekords van Supplier Ltd.

Entity Ltd. (Debiteur)


Saldo a/b 1 000 (2) Verkoopretoere 500
(1) Verkope 5 000 (3) Bank 3 000
(4) Rente 150 (3) Korting toegestaan 300
Saldo o/b 2 350
6 150 6 150
Saldo a/b 2 350

Die rekeningstaat wat Supplier Ltd. aan die einde van die maand aan Entity Ltd. sal
stuur sal soos volg daar uitsien:

Datum Besonderhede Debiet Krediet

Bedrag verskuldig 1 000


(1) Aankoopfaktuur A345 5 000
(2) Kredietnota KN78 500
(3) Kwitansie 69 3 000
(3) Korting toegestaan 300
(4) Rente gehef 150
Bedrag verskuldig 2 350
6 150 6 150

17 - 12
Voorbeeld 17.4

U is die rekenmeester van Trio Dienste wat rekenaardienste aan kliënte verskaf en
onder andere goedere aankoop van Comperprinters op die volgende basis:

- Rente van 1% word elke maand gehef op bedrae wat meer as een maand na die
einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is, nog uitstaande is.
- 'n Handelskorting van 25% word op alle aankope toegestaan.
- 'n Kontantkorting van 2% word toegestaan op alle betalings wat ontvang word
binne een maand na die einde van die maand waarin die betrokke aankope
gedoen is.

Die volgende maandstaat is van Comperprinters ontvang op 9 Mei 20X7:

Datum Besonderhede Debiet Krediet

20X7 R R

Mrt 26 Bedrag verskuldig 2 665


28 Faktuur A23 236
29 Kredietnota M4 101
Apr 03 Kwitansie 395 1 200
03 Rente gehef 12
11 Faktuur C9 404
16 Faktuur D7 511
19 Kredietnota P12 123
20 Faktuur F6 324
22 Faktuur F22 252
24 Faktuur G9 487
25 Kwitansie 673 1 617
25 Bedrag verskuldig 2 247
5 103 5 103

Die grootboekrekening van Comperprinters in die krediteuregrootboek vir April 20X7


was soos volg:

Comperprinters
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Apr 03 KBJ (EFO 762) 1 200 Apr 01 Saldo a/b 2 850
16 Faktuur D7 511 11 Faktuur C9 440
23 Debietnota G22 142 19 Debietnota G6 132
25 KBJ (EFO 811) 1 650 20 Faktuur F6 324
30 Saldo o/b 927 22 Faktuur F22 252
24 Faktuur 334 187
27 Faktuur H12 290
4 475 4 475
Apr 30 Saldo a/b 927
17 - 13
Addisionele inligting:

1. Behalwe vir die onderstaande en ander ooglopende foute, is die maandstaat


korrek ten opsigte van alle ander items.

2. Faktuur A23 is met R50 te min opgetel.

3. Die bedrag van R1 200 wat verskuldig was op 28 Februarie 20X7, is ten volle
vereffen op 3 April 20X7.

4. Faktuur F6 toon 'n handelskorting van 10%.

5. Faktuur F22 toon goedere van R64 wat nie deur Trio Dienste aangekoop is nie.

6. Debietnota G22 is ten opsigte van goedere wat wat op daardie datum
teruggestuur is.

7. Faktuur 334 is ten opsigte van goedere wat van Komper Dienste aangekoop is.

8. Die bedrag wat op 31 Maart 20X7 verskuldig was, is ten volle vereffen op
25 April 20X7.

9. Faktuur H12 is deur Comperprinters uitgereik ten opsigte van goedere wat Trio
Dienste op 27 April aangekoop het.

10. Comperprinters het ook Faktuur H16 ten bedrae van R366 uitgereik vir goedere
wat Trio Dienste op 29 April 20X7 aangekoop het. Die faktuur sluit onder
andere 'n item van R140 in, die bedrag nadat handelskorting van 30% afgetrek
is.

VAN U WORD VERLANG OM

'n aanvullende grootboekrekening vir Comperprinters vir April 20x7 in die boeke van
Trio Services op te stel om sodoende die rekening reg te stel. (Begin met die saldo
van R927, soos gegee.)

'n vereffeningstaat aan Comperprinters op te stel wat die bedrag sal toon wat Trio
Services op 31 Mei 20x7 sal moet betaal ten opsigte van die bedrag verskuldig op 30
April 20x7. (Begin met die saldo van R2 247 soos gegee.)

Rond bedrae af tot die naaste R.

17 - 14
Die aanvullende grootboekrekening van Comperprinters sal soos volg opgestel word

AANVULLENDE GROOTBOEKREKENING - COMPERPRINTERS

Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag


Debietnota G6 * 264 Saldo gegee a/b 927
Faktuur C9 foutief * 36 Optelfout op g/b rekening * 45
Faktuur F6 foutief* 54 Faktuur D7 (2 x R511) * 1 022
Faktuur F22 foutief * 64 Rente gehef* 12
Faktuur 334 foutief * 187 Debietnota G6 foutief * 9
Saldo o/d 2 273 Faktuur G9 * 487
Faktuur H16 * 376
2 878 2 878
Saldo a/b 2 273
NOTA:
* Die inskrywings in die aanvullende grootboekrekening ten opsigte van die regstel
van die onderskeie foute sal vanaf die algemene joernaal oorgeboek word waarin
die besonderhede ten opsigte van elke inskrywing volledig uiteengesit sal word.

Die vereffeningstaat aan Comperprinters wat die bedrag toon wat Trio Dienste voor
31 Mei 20X7 sal betaal ten opsigte van die bedrag verskuldig op 30 April 20X7 sal
soos volg opgestel word:

VEREFFENINGSTAAT OP 30 APRIL 20X7

R
Saldo volgens maandstaat 2 247
Optelfout op maandstaat 27
Faktuur A23 te min opgetel 50
Kredietnota M4 foutief gedebiteer (2 x 101) (202)
Rente gehef foutief gekrediteer (2 x 12) 24
Kredietnota P12 foutief gedebiteer (2 x 123) (246)
Faktuur F6 handelskorting foutief (54)
Faktuur F22 foutief (64)
Retoere op 23 April (142)
Kontantkorting op Kwitansie 673 nie ingesluit (33)
Faktuur H12 nie ingesluit 290
Faktuur H16 nie ingesluit 376
Bedrag verskuldig op 30 April 20X7 2 273
Min: 2% Kontantkorting (45)
Bedrag betaalbaar op 31 Mei 20X7 2 228
NOTA:
Comperprinters se grootboekrekening in die krediteuregrootboek is op 31 Maart
afgesluit en sodoende is ‘n saldo van R2 850 bereken. Dit beteken dat 'n
rekonsiliasie op daardie datum gedoen is om Comperprinters se maandstaatsaldo op
daardie datum met die grootboekrekening se saldo te rekonsilieer. Trio Dienste sou
gevolglik Faktuur A23, gedateer 26 Maart, wat met R50 te min opgetel was, reeds in
hul eie rekords voor 31 Maart reggestel het.
17 - 15
17.4.2 Bankstate

Elke entiteit het ‘n ooreenkoms met ‘n bank ingevolge waarvan die bank die entiteit
se kontant in veilige bewaring hou en op ‘n skriftelike instruksie vanaf die entiteit
betalings namens die entiteit sal maak. Die besigheidsverhouding tussen die bank
en die entiteit sal die volgende aktiwiteite (transaksies en gebeurtenisse) tot gevolg
hê:

• Entiteit deponeer geld in die bank


• Bank doen betalings namens die entiteit by wyse van elektroniese oordragte,
aftrekorders, debietorders ens
• Klante van die entiteit deponeer geld direk in die entiteit se bankrekening
• Bank voorsien kredietfasiliteite (ootrokke rekening)
• Entiteit verdien rente op bedrae deur die bank verskuldig
• Bank hef rente op bedrae deur die entiteit verskuldig
• Bank hef bankkoste, kommissies, fooie ens vir dienste gelewer

Die aktiwiteite sal as spieëlbeelde in die rekeningkundige rekords (bank rekening)


van die entiteit en die rekeningkundige rekords (entiteit se rekening) van die bank
aangeteken word. Dus: debiete in die entiteit se rekords sal krediete wees in die
bank se rekords en andersom.

Die bank sal op ‘n gereelde basis, gewoonlik maandeliks ‘n bankstaat stuur aan die
entiteit wat die stand van die entiteit se betrokke rekening by die bank uiteensit. Dit
kan gebeur dat daar ‘n verskil kan wees tussen die banksaldo in die entiteit se
rekords en die saldo op die bankstaat, as gevolg van foute of weglatings deur een of
albei partye. Die foute of weglatings kan dikwels toegeskryf word aan ‘n tydverskil en
sal outomaties in die daaropvolgende periode reggestel word.

Die volgende foute of weglatings kan plaasvind:

• Brondokumente is foutief aangeteken of weggelaat


• Deposito’s is reeds gemaak maar nog nie deur die bank aangeteken nie
• Bankkoste, rente gehef/verdien ens, is nog nie deur die entiteit aangeteken nie
(hierdie kostes/inkomstes word normaalweg vanaf die bankstaat verkry)
• Direkte inbetalings by die bank is nog nie deur die entiteit aangeteken nie
• Optelfoute en transposisie foute in rekeningkundige rekords
• Elektroniese betalings gemaak of ontvang verskyn nog nie op die bankstaat nie

17 - 16
Bogenoemde foute sal soos volg reggestel word:

• Die entiteit sal die foute wat deur hom gemaak is in sy eie rekords regstel
• Die entiteit sal foute en weglatings wat deur die bank gemaak is lys in die vorm
van ‘n bankrekonsiliasie. Die uitstaande items op die bankrekonsiliasie, sal dan
met die volgende maand se bankstaat vergelyk word om seker te maak dat die
regstellings gemaak is. Regstellings wat nie verband hou met ‘n tydverskil nie sal
skriftelik, tesame met ondersteunende dokumentasie met die bank opgevolg moet
word.
• Vir elke regstelling wat deur die entiteit gemaak word, sal daar ‘n gepaste
joernaalinskrywing (volledig omskryf) gemaak word.

Voorbeeld 17.5

Die volgende is ‘n illustrasie van die bankrekening van Entity Ltd. en sy rekening in
die bank se rekeningkundige rekords:

Rekeningkundige rekords van Entity Ltd.

Bank
(1) Saldo a/b 1 915 (3) EFO betalings 5 985
(2) Deposito’s 4 103 (4) Debietorders 1 080
(6) Rente verdien 45 (5) Afrekorders 650
(10) Ander ontvangstes 8 880 (7) Rente betaal 15
(8) Bankkoste 43
(9) Ander betalings 1 410
Saldo o/b 5 760
14 943 14 943
Saldo a/b 5 760

Rekeningkundige rekords van Bank

Entity Ltd.
EFO betalings 5 985 Saldo a/b 1 915
Debietorders 1 080 Deposito’s 4 103
Afrekorders 650 Rente verdien 45
Rente betaal 15 Ander ontvangstes 8 880
Bankkoste 43
Ander betalings 1 410
Saldo o/b 5 760
14 943 14 943
Saldo a/b 5 760

17 - 17
1. Die debietsaldo in die bankrekening (‘n bedryfsbate) sal as ’n kredietsaldo
verskyn op die bankstaat. Indien die bankrekening ‘n kredietsaldo toon sal die
bankstaat ‘n debietsaldo toon, dus ‘n oortrokke rekening (bedryfslas).

2. Deposito’s sal vanaf kwitansies of deposito strokies aangeteken word in die


kontantontvangstejoernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die
grootboek.

3. EFO betalings sal vanaf die bankstaat in die kontantbetalingsjoernaal


aangeteken word en oorgeboek word na die bankrekening in die grootboek

4. Debietorders (bedrag verskil van maand tot maand) kan vanaf die
rekeningstaat ontvang van die derde party aangeteken word in die
kontantbetalingsjoernaal en oorgeboek word na die bankrekening in die
grootboek, of dit kan vanaf die bankstaat aageteken word in die algemene
joernaal en van daar af oorgeboek word na die bankrekening in die grootboek.

5. Aftrekorders (vaste bedrag elke maand) kan vanaf die aftrekorder wat geteken
is by die bank in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken word en oorgeboek
word na die bankrekening in die grootboek, of dit kan vanaf die bankstaat
aangeteken word in die algemene joernaal en van daar af oorgeboek word na
die bankrekening in die grootboek

6. Rente verdien sal vanaf die kontantontvangstejoernaal oorgeboek word na die


bankrekening in die grootboek, indien dit ‘n vaste bedrag is elke maand.
Indien die rente verdien verskil van maand tot maand sal dit gewoonlik vanaf
die bankstaat aangeteken word in die algemene joernaal en dan oorgeboek
word na die bankrekening in die grootboek.

7. Rente betaal sal normaalweg vanaf die bankstaat aangeteken word in die
algemene joernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die
grootboek

8. Bankkoste sluit fooie vir dienste gelewer, kommissies ens in en sal vanaf die
bankstaat aangeteken word in die algemene joernaal en dan oorgeboek word
na die bankrekening in die grootboek.

9. Ander betalings kan bv. kapitaal ontrekkings deur die eienaar of elektroniese
betaling van krediteure of uitgawes insluit en kan aangeteken word in die
kontantbetalingsjoernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die
grootboek of dit kan vanaf die bankstaat aangeteken word in die algemene
joernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die grootboek.

10. Ander ontvangste kan bv. insluit kapitaalbydraes deur die eienaar of direkte
inbetalings vanaf debiteure en kan aangeteken word in die
kontantontvangstejoernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die
grootboek, of dit kan vanaf die bankstaat aangeteken word in die algemene
joernaal en dan oorgeboek word na die bankrekening in die grootboek
17 - 18
Die bankstaat wat die bank aan die einde van die maand aan Entity Ltd. sal stuur sal
soos volg daar uitsien:

Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo

Feb 01 Saldo 1 915


03 EFO no 424 785 1 130
EFO no 425 1300 -170
05 Aftrekorder – ABC Bank 650 -820
Debietorder – Telkom 415 -1 235
07 EFO no 426 320 -1 555
10 Debietorder – Escom 665 -2 220
11 Rente op debiet saldo 15 -2 235
15 Deposito strokie 3 750 1 515
17 Elektroniese oordrag 1 410 105
20 Direkte deposito 8 880 8 985
23 EFO no 427 2 200 6 785
25 Diensgelde 33 6 752
26 Deposito strokie 353 7 105
EFO no 428 910 6 195
27 EFO no 429 470 5 725
Kommissie 10 5 715
28 Rente op krediet saldo 45 5 760

Indien die bankrekening ‘n positiewe saldo het sal net die bedrag in die saldo kolom
vertoon, maar indien die bankrekening oortrokke is sal die bedrag in die saldo kolom
met ‘n minus (-) aangetoon word.

Voorbeeld 17.6

Die volgende bankrekonsiliasiestaat is ten opsigte van 31 Januarie 20X7 vir Quad
Ltd. opgestel:

BANKREKONSILIASIE OP 31 JANUARIE 20X7

Saldo volgens bankstaat (oortrokke) (4 000)

Min: uitstaande elektroniese betalings No 03: 1 020


31: 1 170
34: 2 200 (4 390)

Plus: uitstaande deposito 10 150

Saldo volgens bankrekening 1 760

17 - 19
Quad Ltd. het die volgende bankstaat vir Februarie 20X7 op 9 Maart 20X7 ontvang:

BANKSTAAT - FEBRUARIE 20X7

Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo


01 Saldo - 4 000
Deposito 10 150 6 150
02 Deposito 9 100 15 250
EFO No 36 4 470 10 780
EFO No 35 1 690 9 090
05 Bank kostes 140 8 950
Fout reggestel 360 9 310
EFO No 31 1 170 8 140
EFO No 38 2 275 5 865
06 Deposito 7 770 13 635
Rente gehef 120 13 515
10 EFO No 40 3 260 10 255
EFO No 44 1 610 8 645
15 Diensgelde 510 8 135
Deposito 12 470 20 605
17 Fout t.o.v. diensgelde 100 20 505
EFO No 42 2 610 23 115
EFO No 43 3 650 19 465
25 Deposito 5 200 24 665
EFO No 39 14 920 9 745
EFO onbetaald 1 200 8 545
26 Deposito 4 700 13 245
27 Debietorder 7 530 5 715
28 Aftrekorder 13 260 - 7 545

17 - 20
Die volgende inskrywings is in die onderstaande joernale vir Februarie 20X7
gemaak:

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL
Dat Dep no Besonderhede Fo Diverse Korting Fo Debiteure Totaal
* 11 # (900) 10 000 9 100
* 12 # 7 770 7 770
* 13 # 12 470 12 470
* 17 # (300) 5 500 5 200
* 15 # 5 050 5 050
* 16 # 8 000 8 000
(1 200) 48 790 47 590

KONTANTBETALINGSJOERNAAL
Dat EFO no Besonderhede Fo Diverse Korting Fo Krediteure Totaal
* 35 # 1 690 1 690
* 36 # 4 470 4 470
* 37 # 1 790 1 790
* 38 # 2 275 2 275
* 39 # (1 580) 16 500 14 920
* 41 # 1 700 1 700
* 42 # 2 610 2 610
43 # (350) 4 000 3 650
44 # 6 110 6 110
45 # (200) 2 300 2 100
7 810 (2 130) 35 635 41 315

Addisionele inligting:

1. Behalwe vir ooglopende foute, is die bankstaat andersins korrek.


2. EFO No 3 ten opsigte van 'n donasie wat gemaak is, die begunstigde word nie
erken deur die bank nie en die betaling moet teruggeskryf word.
3. Die uitstaande deposito ten bedrae van R10 150 wat in die bankrekonsiliasie op
31 Januarie 20X7 getoon word, is in die depositostrokie foutief aangeteken as
R10 150 en ook so in die betrokke joernaal aangeteken. Die korrekte bedrag
volgens die kwitansie, is egter R10 510.
4. 'n Debiteur het 'n bedrag van R4 700 direk in die onderneming se bankrekening
inbetaal op 26 Februarie 20X7, sonder om die onderneming daarvan in kennis te
stel.
5. Op 28 Februarie 20X7 het die onderneming R5 050 gedeponeer, maar die bank
het dié deposito foutiewelik op die eienaar se persoonlike bankrekening
aangeteken.
6. Die elektroniese betaling ontvang ten bedrae van R1 200 wat as onbetaald deur
die bank teruggestuur is weens foutiewe begunstigde inligting, is oorspronklik
ontvang van 'n debiteur N. Louw en is by die deposito wat op 15 Februarie 20X7
gemaak is, ingesluit.
7. Die debietorder van R7 530 is t.o.v. 'n korttermyn versekeringspremie.
8. Die aftrekorder van R13 260 is t.o.v. die maandelikse huur van toerusting.

17 - 21
VAN U WORD VERLANG OM

die bankrekening in die algemene grootboek van die onderneming op 28 Februarie


20x7 te toon.

die bankrekonsiliasie op 28 Februarie 20x7 op te stel.

Die bankrekening wat die regstellings van enige foute insluit is soos volg:

BANKREKENING

Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag


Saldo a/b 1 760 Totaalkolom (KBJ) 41 315
Totaalkolom (KOJ) 47 590 Bankkoste 140
Direkte deposito 4 700 Rente 120
EFO no 03 teruggeskryf 1 020 EFO no 40 3 260
Deposito foutief 360 Bankkoste 510
EFO no 44 foutief 4 500 Bankkoste 100
EFO teruggeskryf 1 200
Debietorder 7 530
Aftrekorder 13 260
Saldo o/b 7 505

26 120 26 120
Saldo a/b 7 505

Die bankrekonsiliasie op 28 Februarie 20X7 sal soos volg lyk:

BANKREKONSILIASIE OP 28 FEBRUARIE 20X7

Saldo volgens bankstaat (oortrokke) (7 545)

Min: uitstaande elektroniese betalings No 34: 2 200


37: 1 790
41: 1 700
45: 2 100 (7 790)

Plus: uitstaande deposito 8 000

Plus: deposito nie getoon op bankstaat 5 050

Min: EFO no 42 verkeerde kant (5 220)

Saldo volgens bankrekening (oortrokke) (7 505)

17 - 22
HOOFSTUK 17
VRAE

Bladsy

Vraag 17.1 Regstelling van proefbalans 17 - 24

Vraag 17.2 Debiteure- en krediteurekontrolerekeninge 17 - 26

Vraag 17.3 Krediteurevereffeningstaat 17 - 29

Vraag 17.4 Bankrekonsiliasie 17 - 32

Vraag 17.5 Regstelling van proefbalans 17 - 35

Vraag 17.6 Bankrekonsiliasie 17 - 36

Vraag 17.7 Debiteure- en krediteurekontrolerekeninge 17 - 38

Vraag 17.8 Regstelling van proefbalans 17 - 39

Vraag 17.9 Debiteure- en krediteurekontrolerekeninge 17 - 40

Vraag 17.10 Krediteurevereffeningstaat 17 - 41

Vraag 17.11 Bankrekonsiliasie 17 - 43

Vraag 17.12 Krediteurevereffeningstaat 17 - 44

17 - 23
VRAAG 17.1

Die boekhouer van ‘n onderneming het 'n proefbalans op 31 Julie 20x1 opgestel wat
nie gebalanseer het nie. Tydens 'n ondersoek van die rekeningkundige rekords stel
u onder andere die volgende vas:

1. Die totaal van die totaalkolom in die kontantbetalingsjoernaal ten bedrae van R16
177 is na die korrekte kant van die korrekte grootboekrekening oorgeboek as R16
771.

2. Die totaal van die totaalkolom in die aankoopsjoernaal ten bedrae van R9 896 is
na die kredietkant van die debiteurekontrolerekening oorgeboek.

3. 'n Verkoopsfaktuur ten bedrae van R565 t.o.v. verkope van voorraad is in die
aankoopsjoernaal as 'n aankoop van voorraad aangeteken en as sodanig na die
betrokke grootboekrekeninge oorgeboek.

4. Die totaal van die totaalkolom in die kontantontvangstejoernaal ten bedrae van
R15 329 is na die debietkant van die debiteurekontrolerekening oorgeboek.

5. Die totaal van die kortingkolom in die kontantbetalingsjoernaal ten bedrae van
R179 is na die kredietkant van die korting toegestaanrekening oorgeboek.

6. Die totaal van die krediteurekolom in die aankoopsjoernaal is met R303 te min
opgetel en so oorgeboek.

7. Die totaal van die krediteurekolom in die kontantbetalingsjoernaal is met R202 te


veel opgetel en so oorgeboek.

8. 'n Onttrekking deur die eienaar ten bedrae van R750 wat in die diverse kolom van
die kontantbetalingsjoernaal verskyn, is na die debietkant van die lonerekening
oorgeboek.

VAN U WORD VERLANG OM

joernaalinskrywings te toon in die algemene joernaal om bogenoemde foute reg te


stel in die algemene grootboek. Joernaalomskrywings word nie verlang nie.

17 - 24
VRAAG 17.1

Voorgestelde oplossing

ALGEMENE JOERNAAL

Debiet Krediet

No Besonderhede
R R

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

17 - 25
VRAAG 17.2

Die volgende grootboekrekeninge vir Maart 20x5 het onder andere in die algemene
grootboek van Cosmo Handelaars verskyn:

Debiteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Openingsaldo 26 950 Bank (KOJ) 51 080
a/b
Verkope (VJ) 54 389 Aankoopretoere (ARJ) 1 955
Verkoopretoere (VRJ) 2 096 Rente gehef op debiteure (Alg jnl) 404
Oninbare skuld afgeskryf (Alg jnl) 1 544 Eindsaldo o/d 31 450
84 979 84 979
Saldo a/b 31 450

Krediteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Bank (KBJ) 42 537 Openingsaldo a/b 19 439
Eindsaldo o/d 21 657 Aankope (AJ) 44 773
64 212 64 212
Saldo a/b 21 657

Addisionele inligting:

1. Die totaal van die lys van krediteure het R19 355 bedra en die totaal van die lys
van debiteure het R28 378 bedra op 31 Maart 20x5.

2. Die onderneming se joernale is so ontwerp sodat by die ontvangste van kontant


van debiteure in die kontantontvangstejoernaal die bruto bedrag in die kolom
vir debiteure getoon word en by die betaling van kontant aan krediteure in die
kontantbetalingsjoernaal die bruto bedrag in die kolom vir krediteure getoon
word.

3. 'n Debiteur, J. Nel, het die saldo op sy rekening ten bedrae van R105 betaal op
15 Maart 20x5. Korting van R5 is aan hom toegestaan. Sy elektroniese
betaling is egter op 29 Maart 20x5 deur die bank teruggestuur a.g.v. foutiewe
begunstigde besonderhede, maar geen inskrywings is gemaak ten opsigte van
die elektroniese betaling wat teruggestuur is of die korting wat toegestaan is, se
terugskrywing nie.

4. Die totaalkolom van die aankoopsjoernaal is met R691 te veel opgetel.

5. Die totaalkolom van die verkoopsjoernaal is met R850 te min opgetel.

6. 'n Betaling ten bedrae van R450 is aan 'n krediteur, Limbo Handelaars, gemaak
op 28 Maart 20x5. Die korting ten bedrae van R45 waarop Cosmo Handelaars
geregtig was, is egter nie van die betaling afgetrek nie en ook nie aangeteken
nie.

17 - 26
7. 'n Debiteur, P. Vos, se rekening se saldo op 31 Maart 20x5 is as R945 in plaas
van R495 in die lys van debiteure opgeneem.

8. 'n Krediteur, DB Trading, se rekening het 'n debietsaldo van R163, wat as 'n
kredietsaldo in die lys van krediteure opgeneem is.

9. 'n Aankoopsfaktuur van PCB Stelsels ten bedrae van R701, is nie in die
betrokke joernaal aangeteken nie.

10. Die debietkant van 'n debiteur, G. Bosh, se rekening is met R55 te veel opgetel
tydens die berekening van sy saldo op 31 Maart 20x5.

11. 'n Verkoopsfaktuur aan R. Smit, is as R450 in plaas van R540 in die betrokke
joernaal aangeteken. Dié foutiewe bedrag is ook so oorgeboek na die relevante
grootboekrekeninge.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) aanvullende debiteure-en krediteurekontrolerekeninge, behoorlik afgesluit op


31 Maart 20x5, op te stel waarin slegs die inskrywings wat gemaak is ter
regstelling van enige foute, aangetoon sal word. (Begin die aanvullende
grootboekrekeninge met die foutiewe saldos van onderskeidelik R31 450 en
R21 657 soos gegee.)

(b) aanvullende lyste van die individuele debiteure- en


krediteuregrootboekrekeninge, behoorlik afgesluit op 31 Maart 20x5, op te stel
waarin slegs die inskrywings wat gemaak is ter regstelling van enige foute,
aangetoon sal word. (Die aanvullende lyste van individuele debiteure en
krediteure moet die foutiewe oorspronklike totale sowel as die korrekte finale
totale toon.)

17 - 27
VRAAG 17.2

Voorgestelde oplossing

(a)

Aanvullende debiteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo gegee 31 450

Saldo o/d 28 068


35 348 35 348
Saldo a/b 28 068

Aanvullende krediteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo gegee 21 657

Saldo o/d 19 685


22 376 22 376
Saldo a/b 19 685

(b)

Lys van debiteure R Lys van krediteure R


Totaal gegee 28 378 Totaal gegee 19 355

Korrekte totaal 19 685


Korrekte totaal 28 068

17 - 28
VRAAG 17.3

Sampo Fietse koop onder andere produkte aan van Vastrap Ltd. op die volgende
basis:

- 'n Handelskorting van 25% word op alle aankope toegestaan.


- 'n Kontantkorting van 10% word toegestaan op alle betalings ontvang binne een
maand na die einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is.
- Rente van 1% word maandeliks gehef op betalings ontvang ná een maand na die
einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is.

Op 17 Julie 20x5 het Sampo Fietse die volgende maandstaat van Vastrap Ltd.
ontvang:

Debiet Krediet
20x5 R R

Mei 26 Bedrag verskuldig 890


28 Faktuur 202 180
30 Kredietnota 16 25
31 Faktuur 294 380
Jun 04 Kwitansie 629 500
04 Rente gehef 5
10 Faktuur 361 240
12 Kredietnota 26 80
17 Faktuur 392 270
22 Faktuur 408 360
23 Faktuur 419 302
25 Kwitansie 704 747
25 Bedrag verskuldig 1 445
2 707 2 707

Die grootboekrekening van Vastrap Ltd. in die krediteuregrootboek van Sampo


Fietse vir Junie 20x5, was soos volg:

Vastrap Ltd.
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Jun 02 KBJ (EFO 1244) 500 Jun 01 Saldo a/b 1 330
22 Faktuur 408 300 10 Faktuur 361 240
25 KBJ (EFO 3191) 830 12 Debietnota 15 80
30 Debietnota 24 180 18 Faktuur 392 720
30 Saldo o/d 1 099 22 Faktuur 849 106
24 Faktuur 419 203
28 Faktuur 507 270
2 949 2 949
Jun 30 Saldo a/b 1 099

17 - 29
Addisionele inligting:

1. Behalwe vir die onderstaande en ander ooglopende foute, is alle ander items op
die maandstaat korrek.

2. Faktuur 294 se handelskorting is nie deur Vastrap Ltd. in berekening gebring


nie.

3. Die bedrag verskuldig op 30 April 20x5, is ten volle vereffen op 2 Junie 20x5.

4. Faktuur 361 is met R60 te veel opgetel en so aangeteken.

5. Kredietnota 26 is ten opsigte van die goedere wat Sampo Fietse op 12 Junie
20x5 teruggestuur het.

6. Slegs 10% handelskorting is ten opsigte van Faktuur 408 deur Vastrap Ltd. in
berekening gebring.

7. Die bedrag verskuldig op 31 Mei 20x5, is ten volle vereffen op 25 Junie 20x5.
Vastrap Ltd. het nie die kontantkorting in berekening gebring nie.

8. Faktuur 849 is ten opsigte van aankope wat van Vasvat Fietse gemaak is.

9. Faktuur 507 is ten opsigte van items aangekoop op daardie datum vanaf
Vastrap Ltd. en is andersins ook korrek.

10. Debietnota 24 is ten opsigte van 'n derde van Faktuur 507 se goedere wat
teruggestuur is aan Vastrap Ltd. as gevolg van defekte.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) 'n aanvullende grootboekrekening vir Vastrap Ltd. vir Junie 20x5 in die boeke
van Sampo Fietse op te stel om sodoende die rekening reg te stel. (Begin met
die saldo van R1 099, soos gegee.)

(b) 'n vereffeningstaat aan Vastrap Ltd. op te stel wat die bedrag sal toon wat
Sampo Fietse op 31 Julie 20x5 sal moet betaal ten opsigte van die bedrag
verskuldig op 30 Junie 20x5. (Begin met die saldo van R1 445 soos gegee.)

Rond bedrae af tot die naaste R.

17 - 30
VRAAG 17.3

Voorgestelde oplossing

Vastrap Ltd. se rekening in die krediteuregrootboek is op 31 Mei 20x5 afgesluit en


die saldo van R1 330 sou dienooreenkomstig met die maandstaat saldo
gerekonsilieer gewees het soos volg:

VEREFFENINGSTAAT OP 31 MEI 20x5


R

Saldo verskuldig volgens maandstaat 890


Faktuur 202 180
Kredietnota 16 (25)
Faktuur 294 380
Fout Faktuur 294 handelskorting (95)
Saldo verskuldig op 31 Mei 20x5 1 330

(a)

Aanvullende grootboekrekening - Vastrap Ltd.


Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo a/b 1 099

Saldo o/d 1 157


1 933 1 933
Saldo a/b 1 157

(b) VEREFFENINGSTAAT OP 30 JUNIE 20x5 R

Saldo verskuldig volgens maandstaat 1 445

Saldo verskuldig op 30 Junie 20x5 1 157

Saldo verskuldig op 30 Junie 20x5 1 157,00


Min: 10% Kontantkorting (115,70)
Bedrag betaalbaar op 31 Julie 20x5 1 041,30

17 - 31
VRAAG 17.4

U is pas aangestel as die rekenmeester van A B Handelaars. Die vorige


rekenmeester het die volgende bankrekonsiliasie opgestel:

BANKREKONSILIASIE OP 28 FEBRUARIE 20x3


R

Bankstaatsaldo op 28 Februarie 20x3 178 593


Plus: Uitstaande elektroniese betalings nog nie
verskyn op bankstaat No 113: 6 731
280: 80 022
282: 37 115
283: 162 582
287: 9 358 295 808
474 401
Plus: Deposito van B A Dienste foutief op bankstaat 113 056
587 457
Min: Uitstaande deposito's (639 231)
(51 774)
Plus: Onverklaarde verskil 460 734
Bankrekeningsaldo op 28 Februarie 20x3 408 960

Addisionele inligting:

1. Die bank het al die foute wat in die bankrekonsiliasiestaat van 28 Februarie
20x3 verskyn, gedurende Maart 20x3 reggestel.

2. Die bankstaat vir Maart 20x3 toon ‘n ongunstige saldo op 31 Maart 20x3 ten
bedrae van R5 988.

3. Die totaal van die bankkolom in die kontantontvangstejoernaal vir Maart het R4
573 268 bedra, terwyl die totaal van die bankkolom in die kontantbetalingsjoernaal
R4 379 811 bedra het.

4. ‘n Deposito ten bedrae van R910 961 t.o.v. die ontvangstes vir die week tot
18 Maart 20x3, is foutiewelik as ‘n deposito van R190 961 op die Maart 20x3
bankstaat aangetoon.

5. ‘n Deposito ten bedrae van R163 929 t.o.v. die laaste twee dae van Maart 20x3
se ontvangstes, is eers op 1 April 20x3 fisies by die bank inbetaal.

6. Al die uitstaande elektroniese betalings op 28 Februarie 20x3 verskyn op die


bankstaat van Maart 20x3, behalwe elektroniese betaling 113 en 287, wat die
bank nie die begunstigdes erken het nie en die betalings moet teruggeskryf
word.

7. Al die elektroniese betalings wat gedurende Maart 20x3 gemaak is, verskyn
teen die korrekte bedrae op die betrokke bankstaat.

17 - 32
8. 'n Bewys van `n elektroniese betaling ten bedrae van R8 500 is ontvang van 'n
debiteur. Die elektroniese betaling is deur die bank teruggestuur en gedebiteer
op die bankstaat van Maart 20x3 weens foutiewe begunstigde inligting. A B
Handelaars het geen inskrywings in enige joernaal of grootboekrekening t.o.v.
die teruggestuurde elektroniese betaling gemaak nie.

9. Die volgende elektroniese betalings is gedurende Maart 20x3 gemaak, maar


reflekteer nog nie op die bankstaat teen 31 Maart 20x3 nie:

Nommer
R
301 9 891
365 2 834
366 121 580
368 69 423
369 57 214
370 9 891

10. Elektroniese betaling 301 is teruggetrek deur die entiteit. Die bank is gevra om
nie die betrokke elektroniese betaling te prosesseer nie. Elektroniese betaling
301 is vervang met EFO 370 gedurende Maart 20x3.

11. Elektroniese betaling 310 is foutiewelik as 'n krediet van R16 116 op die
bankstaat vir Maart 20x3 aangedui, in plaas van R11 616.

12. Aftrekorders vir versekering het in totaal R25 000 bedra en die bankkoste het in
totaal R5 630 bedra vir Maart 20x3.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) 'n korrekte bankrekonsiliasie op 28 Februarie 20x3 op te stel. (U kan aanvaar


dat die saldo's wat in die betrokke foutiewe bankrekonsiliasie getoon word, wel
korrek is.)

(b) die bankrekening in die grootboek op te stel wat al die inskrywings vir die
maand geëindig 31 Maart 20x3 sal toon. (Begin die grootboekrekening met die
saldo op
28 Februarie 20x3.)

(c) 'n bankrekonsiliasie op 31 Maart 20x3 op te stel.

17 - 33
VRAAG 17.4

Voorgestelde oplossing

a) BANKREKONSILIASIE OP 28 FEBRUARIE 20x3 R

b)
Bankrekening
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

c) BANKREKONSILIASIE OP 31 MAART 20x3 R

17 - 34
VRAAG 17.5

Die boekhouer van 'n onderneming het 'n proefbalans op 30 April 20x6 opgestel wat
nie gebalanseer het nie. Tydens 'n ondersoek van die rekeningkundige rekords stel
u onder andere die volgende vas:

1. Die totaal van die bankkolom in die kontantbetalingsjoernaal ten bedrae van
R24 897 is na die debietkant van die debiteurekontrolerekening oorgeboek.

2. ‘n Verkoopsfaktuur ten bedrae van R1 021 is in die verkoopsjoernaal as R2 012


aangeteken en as sodanig na die betrokke grootboekrekeninge oorgeboek.

3. Die totaal van die kortingkolom in die kontantbetalingsjoernaal ten bedrae van
R236 is na die debietkant van die korting toegestaanrekening oorgeboek.

4. 'n Aankoopsfaktuur ten bedrae van R672 t.o.v. aankope van voorraad is in die
verkoopsjoernaal as 'n verkoop van voorraad aangeteken en as sodanig na die
betrokke grootboekrekeninge oorgeboek.

5. Die totaal van die totaalkolom in die aankoopsjoernaal ten bedrae van R21 398
is na die debietkant van die voorraadrekening oorgeboek.

6. ‘n Faktuur vir die aankoop van voorraad ten bedrae van R2 144 is in die
aankoopsjoernaal as R1 244 aangeteken en as sodanig na die betrokke
grootboekrekening oorgeboek.

7. 'n Onttrekking deur die eienaar ten bedrae van R2 240 wat in die diverse kolom
van die kontantbetalingsjoernaal verskyn, is na die kredietkant van die
onttrekkingsrekening oorgeboek.

8. Die totaal van die krediteurekolom in die aankoopsjoernaal is met R360 te veel
opgetel en so oorgeboek.

9. Die totaal van die debiteurekolom in die kontantontvangstejoernaal is met R97


te min opgetel en so oorgeboek.

10. Die totaalkolom van die verkoopretoerejoernaal ten bedrae van R564 is na die
debietkant van die krediteurekontrolerekening oorgeboek.

VAN U WORD VERLANG OM

joernaalinskrywings te toon in die algemene joernaal om bogenoemde foute reg te


stel in die algemene grootboek. Joernaalomskrywings word nie verlang nie.

17 - 35
VRAAG 17.6

Die volgende inligting verskyn, onder andere, in die rekeningkundige rekords van
Greengrow Handelaars:

BANKREKONSILIASIE OP 31 MEI 20X3 R

Oortrokke saldo volgens bankstaat (2 000)


Min: Uitstaande elektroniese betalings nog nie
gereflekteer op bankstaat No 196 800
006 300
011 1 000
017 950 (3 050)
(5 050)
Plus: Uitstaande deposito 4 750
Plus: Optelfout deur bank 1 450
Gunstige saldo volgens bankrekening 1 150

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VIR JUNIE 20X3


Datum Besonderhede Debiteure Bank
R R
Jun 09 A. Nel 2 900 2 900
13 B. Vos 1 500 1 500
16 F. Swart 2 500 2 500
23 J. White 3 000 3 000
25 P. Smith 5 000 5 000
30 M. Thabo 1 950 1 950
c/c 16 850 16 850

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VIR JUNIE 20X3


Datum EFO Besonderhede Krediteure Bank
R R
Jun 02 021 AB Traders 2 500 2 500
07 022 Waltons 2 700 2 700
17 023 Artspan 3 800 3 800
18 024 MT Suppliers 200 200
22 025 Vertec BK 5 750 5 750
26 026 Steeltech 1 300 1 300
29 027 Paintware 3 100 3 100
c/c 19 350 19 350

17 - 36
BANKSTAAT VIR JUNIE 20X3
Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo
R R
R
Jun 01 Saldo 2 000 Dt
01 Deposito 4 750 2 750 Kt
01 Fout reggestel 1 450 4 200 Kt
03 EFO 006 300 3 900 Kt
07 Teruggestuurde EFO 720 3 180 Kt
10 Deposito 2 900 6 080 Kt
13 Deposito 1 500 7 580 Kt
13 Rente gehef 20 7 560 Kt
17 Deposito 2 500 10 060 Kt
19 EFO 023 3 800 6 260 Kt
21 EFO 017 950 5 310 Kt
22 EFO 024 200 5 110 Kt
23 Kommissie 20 5 090 Kt
24 Deposito 3 000 8 090 Kt
25 Deposito 5 000 13 090 Kt
26 EFO 025 5 750 7 340 Kt
28 Direkte deposito 650 7 990 Kt
28 EFO 021 2 500 5 490 Kt
29 EFO 546 830 4 660 Kt
30 Aftrekorder 1 050 3 610 Kt
30 EFO 027 1 300 2 310 Kt
30 Diensfooie 100 2 210 Kt

Addisionele inligting:

1. Behalwe vir ooglopende foute, is die bankstaat andersins korrek.


2. EFO nommer 196 is op 10 Desember 20x2 gemaak en die bank het nie die
begunstigde erken nie en die betaling moet teruggeskryf word.
3. Die bank het ‘n debiteur A. Nel se EFO van R720 wat op 01 Junie betaal is, aan
die debiteur teruggestuur weens foutiewe begunstigde inligting.
4. Elektroniese betaling nommer 546 is ‘n ander kliënt van die bank se betaling.
5. Die aftrekorder is ten opsigte van Junie 20x3 se versekeringspremie wat betaal
is.
6. Elektroniese betaling nommer 027 se korrekte bedrag is R1 300.
7. ‘n Debiteur M. Meyer het die bedrag van R650 wat deur hom verskuldig was
direk in die onderneming se bankrekening inbetaal op 28 Junie.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die bankrekening in die algemene grootboek van die onderneming op Junie
20x3 te toon.

(b) die bankrekonsiliasie op 30 Junie 20x3 op te stel.

17 - 37
VRAAG 17.7

Brightminds is 'n onderneming wat handel dryf in rekenaarsagteware. Die boekhouer


het die volgende grootboekrekeninge ten opsigte van Junie 2000 opgestel:

Krediteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Verkoopretoere (VRJ) 1 003 Beginsaldo a/b 48 938
Bank (KBJ) 19 674 Verkope (VJ) 22 275
Oninbare skuld verhaal 129 Oninbare skuld afgeskryf 529
Rente op debiteure gehef 66
Saldo o/d 50 780
71 742 71 742
Saldo a/b 50 780

Debiteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Beginsaldo a/b 61 267 Aankoopretoere (ARJ) 899
Aankope (AJ) 15 271 Rente deur krediteure gehef 101
Toelaag vir kredietverliese van 819 Oninbare skuld verhaal 173
debiteure Bank (KOJ) (Bruto) 21 893
Bank (EFO van debiteur terug-
gestuur) 404
Saldo o/d 53 179
77 357 77 357
Saldo a/b 53 179

Addisionele inligting:

1. 'n Verkoopsfaktuur aan F. Gouws ten bedrae van R1 007 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R1 070 en as sodanig na die korrekte grootboekrekeninge
oorgeboek.
2. 'n Aankoopsfaktuur van Software Traders ten bedrae R683 t.o.v. aankope van
voorraad is in die verkoopsjoernaal aangeteken as verkope van voorraad van
daardie bedrag.
3. 'n Verkoopsfaktuur aan S. Moos ten bedrae van R449 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R499 en as sodanig na die korrekte grootboekrekening oorgeboek.
4. 'n Verkoopsfaktuur aan P. Nel ten bedrae van R267 is in die aankoopsjoernaal
aangeteken as aankope van voorraad van daardie bedrag.
5. 'n Krediteur, Hardware Traders, se rekening in die krediteuregrootboek se
debietkant is met R24 te veel opgetel.
6. 'n Debiteur, D. Scott, se rekening in die debiteuregrootboek se debietkant is met
R39 te min opgetel.
7. Die totaalkolom in die verkoopsjoernaal is met R88 te min opgetel.
8. Die totaalkolom in die aankoopsjoernaal is met R72 te veel opgetel.

VAN U WORD VERLANG OM

aanvullende debiteure- en krediteurekontrolerekeninge op te stel, waarin slegs die


inskrywings wat gemaak is ter regstelling van enige foute, aangetoon sal word. (U
moet die onderskeie grootboekrekeninge begin die foutiewe saldo's van R50 780 en
R53 179, soos gegee.)
17 - 38
VRAAG 17.8

Die boekhouer van 'n onderneming het 'n proefbalans op 31 Augustus 2008 opgestel
wat nie gebalanseer het nie. Tydens 'n ondersoek van die rekeningkundige rekords
stel u onder andere die volgende vas:

1. Die totaal van die totaalkolom in die kontantbetalingsjoernaal ten bedrae van
R19 235 is na die kredietkant van die krediteurekontrolerekening oorgeboek.

2. Die totaal van die kortingkolom in die kontantontvangstejoernaal ten bedrae


van R97 is na die debietkant van die krediteurekontrolerekening oorgeboek.

3. 'n Aankoopsfaktuur ten bedrae van R266 t.o.v. aankope van voorraad is in die
verkoopsjoernaal as 'n verkoop van voorraad aangeteken en as sodanig na die
betrokke grootboekrekeninge oorgeboek.

4. Die totaal van die totaalkolom in die aankoopsjoernaal ten bedrae van R17 674
is na die kredietkant van die debiteurekontrolerekening oorgeboek.

5. ’n Aankoopsfaktuur ten opsigte van aankope van voorraad ten bedrae van
R232 is in die aankoopsjoernaal as R323 aangeteken en as sodanig na die
betrokke grootboekrekeninge oorgeboek.

6. ’n Verkoopsfaktuur t.o.v. verkope van voorraad ten bedrae van R497 is in die
verkoopsjoernaal as R479 aangeteken en as sodanig na die betrokke
grootboekrekeninge oorgeboek.

VAN U WORD VERLANG OM

joernaalinskrywings te toon in die algemene joernaal om bogenoemde foute reg te


stel in die algemene grootboek. Joernaalomskrywings word nie verlang nie

17 - 39
VRAAG 17.9

Mika Musiek Handelaars is ’n onderneming wat handel dryf in CD’s en DVD’s. Die
volgende grootboekrekeninge het onder andere in die algemene grootboek verskyn
t.o.v. September 2007:
Debiteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Openingsaldo a/b 141 987 Bank (KOJ) 23 185
Aankoopretoere (ARJ) 2 217 Aankope (AJ) 29 883
Oninbare skuld verhaal (Alg jnl) 570 Rente gehef op debiteure (Alg jnl) 202
Eindsaldo o/d 91 540
144 774 144 774
Saldo a/b 91 540

Krediteurekontrole
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Bank (KBJ) 25 753 Openingsaldo a/b 101 485
Verkoopretoere (VRJ) 2 212 Verkope (VJ) 41 233
Rente deur krediteure gehef 301 Oninbare skuld afgeskryf (Alg jnl) 1 301
Eindsaldo o/d 115 573
144 109 144 109
Saldo a/b 115 573

Addisionele inligting:
1. Die totaal van die lys van krediteure het R103 791 bedra en die totaal van die lys
van debiteure het 156 758 bedra op 30 September 2007.
2. ’n Aankoopsfaktuur van Freshly Ground Records ten bedrae van R12 305 t.o.v.
aankope van CD’s is in die verkoopsjoernaal aangeteken as verkope van voorraad
van daardie bedrag en as sodanig na die onderskeie grootboekrekeninge
oorgeboek.
3. ’n Verkoopsfaktuur aan J. Blunt ten bedrae van R1 365 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R1 635 en as sodanig na die korrekte grootboekrekeninge
oorgeboek.
4. Die debietkant van ’n krediteur, C.B. Rae, se rekening in die betrokke grootboek is
met R56 te min opgetel.
5. Die lys van krediteure is met R87 te min opgetel.
6. Die debiteurekolom in die kontantontvangstejoernaal is met R112 te veel opgetel.
7. ’n Aankoopsfaktuur van K. Tunstall ten bedrae van R961 is in die korrekte joernaal
aangeteken as R619 en as sodanig na die korrekte grootboekrekeninge
oorgeboek.
8. Die totaalkolom in die aankoopsjoernaal is met R123 te min opgetel.
9. ’n Elektroniese betaling ten bedrae van R494 wat van ’n debiteur A. Winehouse
ontvang is, is in die korrekte joernaal aangeteken, maar sonder in agneming van
die kontantkorting van 5% wat toegestaan is en deur die debiteur van die betaling
afgetrek is.
10. Die totaalkolom in die verkoopsjoernaal is met R78 te veel opgetel.

VAN U WORD VERLANG OM


Aanvullende debiteure- en krediteurekontrolerekeninge asook die ooreenstemmende
aanvullende lyste van die individuele debiteure- en krediteuregrootboekrekeninge,
behoorlik afgesluit op 30 September 2007 op te stel waarin slegs die inskrywings wat
gemaak is ter regstelling van enige foute, aangetoon sal word.
17 - 40
VRAAG 17.10

Active Sports is ’n onderneming wat handel dryf in sporttoerusting. Hulle koop al hul
sporttoerusting van Allfit Suppliers op die volgende basis aan:

- ‘n Handelskorting van 30% word op alle aankope toegestaan.


- ‘n Kontantkorting van 2% word toegestaan op alle betalings ontvang binne een
maand na die einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is.
- Rente van 1% word maandeliks gehef op betalings ontvang ná een maand na die
einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is.

Die volgende maandstaat is op 5 September 2007 van Allfit Suppliers ontvang:

Datum
Debiet Krediet
2007 Besonderhede R R

Jul 27 Bedrag verskuldig 5 825


28 Faktuur C42 596
30 Kredietnota 18 210
Aug 03 Kwitansie K232 2 769
03 Rente gehef 28
05 Faktuur C53 1 038
06 Faktuur C86 2 338
09 Kredietnota 32 396
16 Faktuur C112 2 475
18 Faktuur C118 872
19 Faktuur C125 1 054
28 Faktuur C167 1 907
29 Bedrag verskuldig 11 608
15 657 15 657

Die volgende grootboekrekening vir Augustus 2007 het onder andere in die
krediteuregrootboek van Active Sports verskyn:

Allfit Suppliers
Datum Besonderhede Bedrag Datum Besonderhede Bedrag
Aug 03 KBJ (EFO 444) 2 826 Aug 01 Saldo a/b 6 249
28 Faktuur C167 1 907 05 Faktuur C53 1 038
29 KBJ (EFO 729) 3 423 06 Faktuur C86 2 338
31 Saldo o/d 7 164 09 Debietnota 102 396
16 Faktuur C112 2 475
18 Faktuur C118 782
23 Faktuur C132 910
24 Faktuur C177 1 042
15 320 15 320
Sept 01 Saldo a/b 7 164

17 - 41
Addisionele inligting:

1. Behalwe vir die onderstaande en ander ooglopende foute, is alle ander items op
die maandstaat korrek.

2. Faktuur C42 is met R38 te min opgetel.

3. Kwitansie K232 is t.o.v. EFO 444, na aftrekking van die kontantkorting, wat op
3 Augustus 2007 aan Active Sports gestuur en deur hulle ontvang is ter betaling
van die bedrag van R2 826 wat op 30 Junie 2007 verskuldig was. Allfit Suppliers
het nie enige kontantkorting in berekening gebring nie.

4. Faktuur C53 sluit ’n item met ’n netto prys van R600 in waarop handelskorting
van 20% toegestaan is.

5. Kredietnota 32 is uitgereik t.o.v. toerusting wat op 9 Augustus 2007 van Allfit


Suppliers gekoop is, wat aan hulle teruggestuur en deur hulle aanvaar is.

6. Faktuur C125 is uitgereik t.o.v. toerusting wat deur Active Gear aangekoop is.

7. Fakture C132 en C177 is uitgereik t.o.v. toerusting wat van Allfit Suppliers
aangekoop is.

8. EFO 729 is op 29 Augustus 2007 aan Allfit Suppliers uitgereik ter betaling van
die bedrag wat op 31 Julie 2007 verskuldig was. Die elektroniese betaling is op
30 Augustus 2007 deur Allfit Suppliers ontvang in hul bank rekening.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) ‘n aanvullende grootboekrekening vir Allfit Suppliers vir Augustus 2007 in die
boeke van Active Sports op te stel om sodoende die rekening reg te stel. (Begin
met die saldo van R7 164, soos gegee.)

(b) ‘n vereffeningstaat aan Allfit Suppliers op te stel wat die bedrag sal toon wat
Active Sports op 30 September 2007 sal moet betaal ten opsigte van die bedrag
verskuldig op 31 Augustus 2007. (Begin met die saldo van R11 608, soos
gegee.)

17 - 42
VRAAG 17.11

Die rekenmeester van ’n onderneming, Heroes Ltd., het die volgende


bankrekonsiliasie op 30 April 2007 opgestel:

R
Saldo volgens bankstaat (gunstig) 2 430
Min: Uitstaande elektroniese betalings nog nie gereflekteer No 201 418
218 194
226 624
228 186 (1 422)
1 008
Plus: Uitstaande deposito 602
Plus: Debietorder foutief op bankstaat getoon 198
Saldo volgens bankrekening (gunstig) 1 808

Addisionele inligting:

1. Die bankstaat vir Mei 2007 toon ‘n debietsaldo van R402 op 31 Mei 2007.
2. Die bank het al sy foute van April 2007 gedurende Mei 2007 reggestel.
3. Die totale van die bankkolomme in die joernale, soos aangetoon, was soos volg op
31 Mei 2007:
- Kontantbetalingsjoernaal: R93 288
- Kontantontvangstejoernaal: R90 273
4. Met die uitsondering van EFOs 201 en 226, verskyn al die elektroniese betalings
wat op 30 April 2007 uitstaande was, asook die uitstaande deposito, op die
bankstaat vir Mei 2007.
5. EFO 201 is deur die bank teruggestuur aangesien die bank nie die begunstigde
erken het nie en is op 15 Mei 2007 vervang met ‘n nuwe elektroniese betaling vir
dieselfde bedrag. Die onsuksesvolle EFO moet nog teruggeskryf word.
6. Die volgende elektroniese betalings wat gedurende Mei 2007 gedoen is, relekteer
teen 31 Mei 2007 nog nie op die bankstaat nie:
- 266: R248
- 274: R522
- 275: R194
7. Die bankstaat vir Mei 2007 toon die volgende items wat nie in die onderneming se
rekeningkundige rekords verskyn nie:
- Kommissie en koste gehef: R94 - Aftrekorder: R322
- Rente op debietsaldo’s gehef: R24 - Rente op kredietsaldo’s: R 34
8. EFO 241 ten bedrae van R64 verskyn foutiewelik in die bankstaat as R46.
9. EFO 263 ten bedrae van R49 verskyn foutiewelik in die grootboekrekening as R94.
10. EFO 273 ten bedrae van R214 verskyn as ‘n krediet op die bankstaat.
11. Die bankstaat toon nie die deposito ten bedrae van R1 286 wat op 31 Mei 2007
gemaak is nie.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die bankrekening in die algemene grootboek van die onderneming vir die
maand geëindig 31 Mei 2007 te toon.
(b) ‘n bankrekonsiliasie op 31 Mei 2007 op te stel. (Begin die bankrekonsiliasie met
die saldo volgens die bankstaat.)
17 - 43
VRAAG 17.12

B-Bong Clothing is ‘n onderneming wat T-hemde vervaardig. Hulle koop al hul


materiaal aan van Fabric & Textile op die volgende basis:

- 'n Handelskorting van 30% word op alle aankope toegestaan.


- 'n Kontantkorting van 2½ % word toegestaan op alle betalings wat ontvang word
binne een maand na die einde van die maand waarin die betrokke aankope
gedoen is.
- Rente van 1% per maand word gehef op bedrae wat meer as een maand na die
einde van die maand waarin die betrokke aankope gedoen is, nog uitstaande is.

Die volgende maandstaat is op 7 Julie 2008 van Fabric & Textile ontvang:

Datum Besonderhede Debiet Krediet

R R
2008
Mei 26 Bedrag verskuldig 6 993
29 Kredietnota 41 209
31 Faktuur C66 896
Jun 02 Kwitansie K343 3 159
02 Rente gehef 32
07 Faktuur C109 1 907
09 Kredietnota 68 399
10 Faktuur C117 2 394
15 Faktuur C152 875
21 Faktuur AF22 909
24 Faktuur C202 1 216
25 Bedrag verskuldig 10 349
14 436 14 436

Die volgende grootboekrekening vir Junie 2008 het in die krediteuregrootboek van
B-Bong Clothing verskyn:

Fabric & Textile


Datum Besonderhede Besonderhede
Bedrag Datum Bedrag
Jun 02 GBJ (EFO No 817) 3 240 Jun 01 Saldo a/b 7 680
24 Faktuur C202 1 216 07 Faktuur C109 1 907
29 GBJ (EFO No 1009) 4 329 09 Debietnota D121 399
30 Saldo o/d 6 271 10 Faktuur C117 2 394
15 Faktuur C152 785
23 Faktuur GH66 1 204
30 Faktuur C303 543
14 192 14 192
Jun 30 Saldo a/b 6 271

17 - 44
Addisionele inligting:

1. Behalwe vir die onderstaande en ander ooglopende foute, is die maandstaat


korrek ten opsigte van alle ander items.

2. Faktuur C109 is met R138 te veel opgetel.

3. Kwitansie K343 is t.o.v. EFO 817, na aftrekking van die kontantkorting, wat op
2 Junie 2008 aan Fabric & Textile gemaak is en deur hulle ontvang is ter betaling
van die bedrag van R3 240 wat op 30 April 2008 verskuldig was. Fabric & Textile
het nie enige kontantkorting toegestaan nie.

4. Kredietnota 68 is uitgereik t.o.v. materiaal wat op 7 Junie 2008 van Fabric &
Textile gekoop is, maar aan hulle teruggestuur is a.g.v. swakplekke in die tekstuur
van die materiaal.

5. Handelskorting van slegs 10% is t.o.v. Faktuur C117 in berekening gebring.

6. Faktuur AF22 is uitgereik t.o.v. materiaal wat deur T-Bong aangekoop is.

7. EFO 1009 is op 29 Junie 2008 aan Fabric & Textile gemaak ter betaling van die
bedrag van R4 440 wat volgens B-Bong Clothing op 31 Mei 2008 verskuldig was.
Die elektroniese betaling is op 30 Junie 2008 deur Fabric & Textile ontvang.

8. Fakture C202 en C303 is uitgereik t.o.v. materiaal wat deur B-Bong Clothing van
Fabric & Textile aangekoop is.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) 'n aanvullende grootboekrekening vir Fabric & Textile vir Junie 2008 in die boeke
van B-Bong Clothing op te stel om sodoende die rekening reg te stel. (Begin
die grootboekrekening met die saldo van R6 271, soos getoon.)

(b) 'n vereffeningstaat aan Fabric & Textile op te stel wat die bedrag sal toon wat
B-Bong Clothing voor 31 Julie 2008 sal betaal t.o.v. die bedrag verskuldig op
30 Junie 2008. (Begin die staat met die saldo van R10 349, soos getoon.)

Rond bedrae af tot die naaste R, indien nodig.

17 - 45
HOOFSTUK 18
STAAT VAN KONTANTVLOEIE

IAS 7

Bladsy

18.1 Uitkomste vir die hoofstuk 18 - 2

18.2 Doel 18 - 2

18.3 Agtergrond 18 - 3

18.4 Skematiese voorstelling 18 - 4

18.5 Kontant- en kontantekwivalente 18 - 5

18.6 Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite 18 - 5

18.7 Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite 18 - 6

18.8 Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 18 - 7

18.9 Openbaarmaking 18 - 7

18.10 Uitleg van die staat van kontantvloeie 18 - 9

18.11 Werkswyse 18 - 10

Vrae 18 – 28

Raamwerk 18 – 46

18 - 1
18.1 UITKOMSTE VIR DIE HOOFSTUK IS OM:

Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die doel van ʼn staat van kontantvloeie te verduidelik;

- te verduidelik hoe om ʼn staat van kontantvloeie uit toepaslike inligting op

te stel om aan IAS 7 te voldoen;

- ʼn staat van kontantvloeie te interpreteer vir bestuursinligtingdoeleindes.

18.2 DOEL

Die doel van ʼn staat van kontantvloeie:

• dit verskaf nuttige inligting aan gebruikers van finansiële state aangaande
die bron en die aanwending van alle finansiële hulpbronne
(kontantbronne) gedurende die rekenpligtige tydperk,

• dit verskaf inligting aan die gebruikers van die finansiële state aangaande
die tydigheid en sekerheid van die generering van kontant. Kontant is
noodsaaklik vir die bedryf van die entiteit se aktiwiteite, om sy verpligtinge
te betaal asook om ʼn opbrengs aan sy beleggers te betaal, en

• dit gee ʼn aanduiding van die entiteit se vermoë om kontant uit winste te
genereer.

Goeie kontantvloei is deurslaggewend vir ʼn entiteit se sukses, eerder as ʼn


goeie omset of ʼn goeie staat van finansiële posisie.

ʼn Entiteit se aktiwiteite kan hoofsaaklik in drie klasse verdeel word:

1. bedryfsaktiwiteite: al die inkomste genererende aktiwiteite

2. beleggingsaktiwiteite: aktiwiteite nodig om die inkomstegenererende


aktiwiteite te ondersteun en uit te brei, bv belegging in eiendom, aanleg
en toerusting; en

3. finansieringsaktiwiteite: aktiwiteite wat die finansieringsbehoeftes van


die entiteit hanteer.

18 - 2
18.3 AGTERGROND

ʼn Staat van kontantvloeie werk met kontant en kontantekwivalente bronne.


Dit kan dus gesien word as ʼn verslag wat alle aktiwiteite se beweging op
kontant- en banksaldo's vir die rekenpligtige tydperk opsom. Dit sou egter
baie tyd in beslag neem om weer die entiteit se transaksies vir die jaar op te
som vir staat van kontantvloeie doeleindes.

ʼn Eenvoudiger manier is om die volgende, reeds opgestelde, finansiële


verslae van ʼn entiteit te gebruik:

• die staat van finansiële posisie,


• die staat van omvattende inkomste, en
• die staat van verandering in ekwiteit.

Inligting uit hierdie drie state kan betreklik maklik verwerk word om te bepaal
wat die kontantvloei situasie die afgelope tydperk was. Kontantvloeie vir die
tydperk word dan onder een van die volgende drie kategorieë geopenbaar:

• Bedryfsaktiwiteite
• Beleggingsaktiwiteite
• Finansieringsaktiwiteite

Indien daar dus geen kontant uit ʼn transaksie hande verwissel nie, sal dit nie
op die staat van kontantvloeie verskyn nie.

18 - 3
18.4 SKEMATIESE VOORSTELLING

Bank en kontant Staat van kontantvloeie

Kontant en kontantekwivalente
(beginsaldo)

Direkte
metode*
Kontanteffek van transaksies vir die
jaar (dit wat dus deur die bank- en
Kontant deur bedrywighede
ander kontantrekenings gaan) bv:
voortgebring Indirekte
metode
Debiteure betaal hul skuld
Krediteure word vereffen Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite
Kontantgevolge van rente,
dividende & belasting
Rente word betaal / ontvang
Dividende word betaal / ontvang
Belasting word betaal / terugontvang Langtermynbates

Bates word aangekoop of verkoop Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite


Beleggings word gemaak of opgeroep
Beleggings
Aandele word uitgereik of afgelos Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite
Lenings word aangegaan of afgelos

Kontant en kontant- ekwivalente


(eindsaldo)
* Ons gebruik slegs die direkte metode in FR188

18 - 4
18.5 KONTANT- EN KONTANTEKWIVALENTE

Kontant verwys na kontant voorhande, banksaldo’s en opvraagbare


deposito's.

Kontantekwivalente verwys na hoogs likiede korttermynbeleggings wat


redelik maklik in kontant omskep kan word en nie eintlik aan risiko's van
veranderings in waarde blootgestel is nie. Dit word gehou om korttermyn-
verpligtinge na te kom eerder as vir beleggingsdoeleindes.

Die mees algemene voorbeeld is die “bank en kontant voorhande” in die


entiteit se staat van finansiële posisie.

18.6 KONTANTVLOEI UIT BEDRYFSAKTIWITEITE

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite word primêr verkry vanuit die hoof


inkomste genererende aktiwiteit van die entiteit. Dit word dus gewoonlik
afgelei van die transaksies en gebeure wat die wins of verlies van die entiteit
bepaal. Dit sluit ook aktiwiteite in wat nie beleggings- of finansierings-
aktiwiteite is nie.

Voorbeelde van bedryfsaktiwiteite:

• Kontant ontvang vanaf verkooptransaksies


• Kontant betaal aan verskaffers van goedere en dienste
• Kontant betaal aan werknemers
• Kontant betaal aan, of ontvang van die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens

Die bedrag vir kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite bied ʼn aanduiding van die
mate waarin die entiteit se bedrywighede kontantvloei gegenereer het ten
einde lenings terug te betaal, die bedryfskapasiteit van die entiteit in stand te
hou, dividende te betaal en nuwe beleggings te maak sonder om van buite-
finansieringsbronne gebruik te maak.

“Kontant deur bedrywighede voortgebring” word op een van twee maniere


bereken:
• Direkte metode
• Indirekte metode

IAS 7 moedig maatskappye aan om die direkte metode te gebruik, maar dit
bly die maatskappy se keuse. Die indirekte metode sal in FR389 behandel
word.

Die verskil in die metodes lê in die hantering van kontant deur bedrywighede
voortgebring en kan soos volg verduidelik word:

18.6.1 Kontant deur bedrywighede voortgebring: Indirekte metode

Die indirekte metode bepaal “kontant deur bedrywighede voortgebring” deur


die wins voor belasting aan te pas met nie-kontant transaksies, veranderinge
in bedryfskapitaal en items wat apart openbaar word.

18 - 5
18.6.2 Kontant deur bedrywighede voortgebring: Direkte metode

“Kontant deur bedrywighede voortgebring” word ingevolge die direkte metode


geopenbaar as die verskil tussen:

Bruto kontantontvangste van klante, en


Bruto kontant aan verskaffers en werknemers betaal.

ʼn Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring word as ʼn berekening geopenbaar. Die rekonsiliërende items is
nie-kontant transaksies, items wat apart openbaar word en veranderinge in
bedryfskapitaal.

18.6.3 Kontantgevolge van rente, dividende en belasting

Enige kontantvloei ten opsigte van rente en dividende ontvang of betaal moet
afsonderlik op die staat van kontantvloeie geopenbaar word. Daar is geen
eenstemmigheid oor die klassifikasie van hierdie items nie, gevolglik moet dit
net konsekwent geklassifiseer word as bedryfs-, beleggings- of finansierings-
aktiwiteite. In hierdie kursus word dit hanteer as bedryfsaktiwiteite.

Enige kontantvloei ten opsigte van belasting moet afsonderlik op die staat
van kontantvloei geopenbaar word. IAS 7 stel voor dat belasting gewoonlik
as kontantvloeie wat verband hou met bedryfsaktiwiteite geklassifiseer
word. Indien dit prakties moontlik is om die belastingkontantvloei wat verband
hou met ʼn individuele transaksie wat as ʼn beleggings- of
finansieringsaktiwiteit geklassifiseer is te identifiseer, moet die
belastingkontantvloei ook as sodanig geklassifiseer word.

18.7 KONTANTVLOEI UIT BELEGGINGSAKTIWITEITE

Beleggingsaktiwiteite met betrekking tot die aankoop en verkoop van


langtermynbates en beleggings word hier geopenbaar.

Voorbeelde van kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite:

• Kontantbetalings om eiendom, aanleg en toerusting aan te koop


• Kontantontvangste met die verkoop van eiendom, aanleg en toerusting
• Kontant betaal met die aankoop van beleggings
• Kontant ontvang met die aflos / verkoop van beleggings

Let wel: Vir gebruikers van die finansiële state is dit belangrik om te weet of
die maatskappy genoeg kontant terugploeg om die bedryfskapasiteit te kan
handhaaf, of om dit te verhoog. Daarom moet daar gepoog word, om waar
kontant in beleggingsaktiwiteite aangewend word (bv aankoop van aanleg,
eiendom & toerusting), te onderskei tussen die vervanging of die
toevoeging/uitbreiding van aanleg, eiendom en toerusting.

18 - 6
18.8 KONTANTVLOEI UIT FINANSIERINGSAKTIWITEITE

Finansieringsaktiwiteite is daardie aktiwiteite wat lei tot veranderings in die


omvang en samestelling van die ekwiteit en langtermynlaste van ʼn entiteit.

Voorbeelde van finansieringsaktiwiteite:

• Kontant ontvang met die uitreiking van aandele


• Kontant betaal met die aflossing of terugkoop van aandele
• Kontant ontvang met die aangaan van lenings
• Kontant betaal met die terugbetaling van lenings

18.9 OPENBAARMAKING

Op die gesig van die staat van kontantvloeie:

o Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite, met afsonderlike openbaarmaking


van:
• kontant deur bedrywighede voortgebring (deur gebruik te maak
van die direkte of indirekte metode)
• rente betaal / ontvang
• belasting betaal / ontvang
• dividende betaal / ontvang

o Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite:


• aankope van eiendom, aanleg en toerusting (verdeel tussen
handhawing en uitbreiding van bates)
• opbrengs uit die verkoop van eiendom, aanleg en toerusting
• aankope van beleggings
• opbrengs uit die verkoop van beleggings

o Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


• opbrengs uit uitreiking van aandelekapitaal
• opbrengs/terugbetaling van langtermynlenings
• aflossing van skuldbriewe

18 - 7
In die berekeninge:

o Die komponente van kontant of kontantekwivalente

o ʼn Rekonsiliasie tussen die bedrag van kontant of kontantekwivalente


getoon in die staat van kontantvloeie en die bedrag getoon in die staat
van finansiële posisie

o Rekonsiliasie van kontant deur bedrywighede voortgebring met wins


voor belasting

o Enige betekenisvolle kontant of kontantekwivalente wat nie beskikbaar


is vir gebruik nie, met kommentaar van bestuur.

o Spesifieke openbaarmaking rondom verkryging en verkoop van filiale


(FR389)

Onthou dat vergelykende syfers altyd getoon moet word om aan IFRS te voldoen.
Vir doeleindes van hierdie kursus word slegs die huidige jaar se syfers verlang.

18 - 8
18.10 UITLEG VAN STAAT VAN KONTANTVLOEIE:

STAAT VAN KONTANTVLOEIE VIR DIE JAAR GEËINDIG ………………..


Aant R
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite xxxxx
Kontantontvangste van klante
Kontant aan verskaffers en werknemers betaal ( )
Kontant deur bedrywighede voortgebring 1

Rente betaal ( )
Rente ontvang
Dividende betaal ( )
Dividende ontvang
Belasting betaal ( )
Belasting ontvang

Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite xxxxx


Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting ( )
Vervanging van ……………. (handhaaf) ( )
Toevoeging tot …………….. (uitbrei) ( )
Opbrengs uit verkoop van eiendom, aanleg en toerusting
Aankoop van beleggings ( )
Opbrengs uit die verkoop van beleggings

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite xxxxx


Opbrengs uit uitreiking van aandelekapitaal
Opbrengs uit langtermynlenings aangegaan
Aflossing van skuldbriewe ( )

Netto toename in kontant en kontantekwivalente xxxxx


Kontant en kontantekwivalente aan begin van jaar xxxxx
Kontant en kontantekwivalente aan einde van die jaar xxxxx

BEREKENINGE TOT STAAT VAN KONTANTVLOEIE


1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede
voortgebring
Wins voor belasting
Aangesuiwer vir:
Waardevermindering
Wins met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting ( )
Rente uitgawe
Rente inkomste ( )
Dividend inkomste ( )

Veranderinge in bedryfskapitaal
(Toename) / Afname in voorraad
(Toename) / Afname in debiteure
Toename / (Afname) in krediteure
Kontant deur bedrywighede voortgebring

18 - 9
18.11 WERKSWYSE

18.11.1 Basiese bewegings

Die beweging van die beginsaldo na die eindsaldo van al die staat van finansiële
posisie rekeninge moet ontleed word om te bepaal watter van die bewegings ʼn
kontantvloei effek gehad het, byvoorbeeld:

Niebedryfslaste 20x3 20x2


Langtermynlenings 60 000 40 000

Die lening het toegeneem met R18 000. Dit beteken die maatskappy het geld geleen
by die bank. Die joernaalinskrywing om hierdie transaksie te boek te stel sou wees:

Debiet Krediet
Bank 20 000
Langtermynlenings 20 000

Dit is duidelik dat die transaksie ʼn invloei van kontant tot gevolg gehad het,
aangesien die bankrekening gedebiteer is (en dus toeneem). Dit is die ekstra bedrag
wat die maatskappy geleen het, en die bank het dus die geld oorgeplaas na die
maatskappy se bankrekening. Hierdie is ʼn finansieringsaktiwiteit, aangesien fondse
bekom is om ander verpligtinge van die maatskappy na te kom. Die effek op die staat
van kontantvloeie is dus soos volg:

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Langtermynlening verkry 20 000

Die bedrag op die staat van kontantvloeie is positief aangesien dit ʼn INVLOEI van
kontant is.

Veronderstel die lening is terugbetaal gedurende die jaar en die staat van finansiële
posisie lyk soos volg:

Niebedryfslaste 20x3 20x2


Langtermynlenings 10 000 40 000

Die joernaalinskrywing sou soos volg lyk:


Debiet Krediet
Langtermynlenings 30 000
Bank 30 000

Daar is dus ʼn uitvloei van kontant uit die maatskappy se rekening omdat die lening
terugbetaal is. Die effek op die staat van kontantvloeie is dus soos volg:

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Langtermynlening afgelos (30 000)

Die bedrag op die staat van kontantvloeie is negatief aangesien dit ʼn UITVLOEI van
kontant is.

18 - 10
18.11.2 Nie-kontant bewegings

Sekere transaksies het geen effek op ʼn maatskappy se kontant nie, bv. waar die
maatskappy aandele uitreik in ruil vir die verkryging van ʼn gebou.

Die joernaalinskrywing vir so ʼn transaksie sou lyk soos volg:

Debiet Krediet
Geboue 100 000
Gewone aandelekapitaal 100 000

Veronderstel die staat van finansiële posisie lyk soos volg:

Niebedryfsbates 20x3 20x2


Geboue 780 000 350 000

Ekwiteit en reserwes
Gewone aandelekapitaal 300 000 150 000

Die beweging op die geboue en die aandelekapitaalrekeninge moet nou ontleed


word, met inagneming van die bogenoemde transaksie. Die maklikste manier is om
dit met behulp van T-rekeninge te doen.

Stap 1:Sit die begin- en die eindsaldo’s in soos gegee:

Geboue

Beginsaldo a/b 350 000

Eindsaldo o/d 780 000

Beginsaldo a/b 780 000

Gewone aandelekapitaal

Beginsaldo a/b 150 000

Eindsaldo o/d 300 000

Beginsaldo a/b 300 000

18 - 11
Stap 2:Sit die transaksie by soos gegee:
(Hierdie stap geld vir kontant- EN nie-kontanttransaksies. Vir kontanttransaksies is
een inskrywing net teen die bankrekening.)

Geboue

Beginsaldo a/b 350 000


Aandelekapitaal 100 000
Eindsaldo o/d 780 000

Beginsaldo a/b 780 000

Gewone aandelekapitaal

Beginsaldo a/b 150 000


Geboue 100 000
Eindsaldo o/d 300 000

Beginsaldo a/b 300 000

Stap 3:Werk uit watter transaksie kort om die rekening te laat balanseer.
Aanvaar dit was ʼn kontanttransaksie indien geen verdere inligting gegee is:

Geboue

Beginsaldo a/b 350 000


Aandelekapitaal 100 000
Bank 330 000 Eindsaldo o/d 780 000
780 000 780 000
Beginsaldo a/b 780 000

Dit is duidelik dat addisionele geboue aangekoop is waarvoor kontant betaal is, om
by die eindsaldo van R780 000 uit te kom. Die aankoop van die R100 000 gebou
waarvoor met aandele betaal is, kom glad nie in die staat van kontantvloeie nie,
aangesien daar geen inskrywing teen bank ten opsigte van daardie transaksie was
nie. Dit moet egter steeds in ag geneem word aangesien dit deel vorm van die
beweging van die begin- na die eindsaldo. Hierdie is ʼn beleggingsaktiwiteit
aangesien die geboue deel is van die bates wat die inkomstegenererende aktiwiteite
van die maatskappy ondersteun.

Die effek op die staat van kontantvloeie is dus soos volg:

Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite


Aankoop van gebou (uitbreiding) (330 000)

Die bedrag op die staat van kontantvloeie is negatief aangesien dit ʼn UITVLOEI van
kontant is. Dit is slegs die inskrywing waarvoor die kontra-rekening “Bank” is.

18 - 12
Gewone aandelekapitaal

Beginsaldo a/b 150 000


Geboue 100 000
Eindsaldo o/d 300 000 Bank 50 000
300 000 300 000
Beginsaldo a/b 300 000

Dit is duidelik dat daar addisionele aandele vir kontant uitgereik is, om by die
eindsaldo van R300 000 uit te kom. Die uitreiking van die R100 000 se aandele kom
glad nie in die staat van kontantvloeie nie, aangesien daar geen inskrywing teen
bank ten opsigte van daardie transaksie was nie. Dit moet egter steeds in ag geneem
word, aangesien dit deel vorm van die beweging van die begin- na die eindsaldo.
Hierdie is ʼn finansieringsaktiwiteit aangesien die aandele uitgereik is om fondse te
bekom vir die maatskappy se ander aktiwiteite.

Die effek op die staat van kontantvloeie is dus soos volg:

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Uitreiking van aandele 50 000

Die bedrag op die staat van kontantvloeie is positief aangesien dit ʼn INVLOEI van
kontant is. Dit is slegs die inskrywing waarvoor die kontra-rekening “Bank” is.

18.11.3 Wins teenoor kontant ontvang

Die wins in die staat van omvattende inkomste is nie noodwendig dieselfde as die
kontant wat die maatskappy uit sy inkomste genererende aktiwiteite verdien het nie.

Voorbeeld 18.1

Veronderstel die wins berekening is soos volg:

SAOI
Verkope 1 000
Aankope (400)
Herstelwerk (50)
Waardevermindering (100)
Ander inkomste 70
Wins 520

Die vraag is nou: Was daar ʼn kontantinvloei uit bedryfsaktiwiteite van R520?

Die volgende inligting is ook beskikbaar:


1. Aan die einde van die jaar is daar debiteure van R400.
2. Die herstelwerkrekening is nog nie betaal nie.
3. Waardevermindering is afgeskryf op toerusting.

18 - 13
Oorweeg die effek van bogenoemde op die kontantvloei uit die transaksie. Die
joernaalinskrywings sou soos volg wees:

1. Debiet Krediet
Debiteure 400
Bank 600
Verkope 1 000
(Slegs R600 ontvang = kontantvloei)

2.
Herstelwerk 50
Krediteure 50
(Geen betaling dus geen inskrywing teen Bank)

3.
Waardevermindering 100
Opgelope waardevermindering 100
(Geen betaling dus geen inskrywing teen Bank)

Die kontant wat gegenereer is uit die gewone bedrywighede is dus slegs R270.

SAOI Kontant
Verkope 1 000 600
Aankope (400) (400)
Herstelwerk (50) -
Waardevermindering (100) -
Ander inkomste 70 70
Wins 520 270

In plaas daarvan om die hele staat van omvattende inkomste oor te doen op ʼn
kontantvloeigrondslag, word die wins gebruik as ʼn beginpunt en word dit aangepas
om te bereken wat die kontantvloei deur bedrywighede voortgebring is. Daar word
dus teruggewerk van die R5520 om uit te kom by die R270. Hierdie berekening word
in ʼn berekening tot die staat van kontantvloeie getoon soos volg:

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting 520
Aangesuiwer vir:
Waardevermindering 100
620
Veranderinge in bedryfskapitaal:
Toename in debiteure * (400)
Toename in krediteure ** 50
Kontant deur bedrywighede voortgebring 270

* Die feit dat debiteure toegeneem het, beteken dat nie almal betaal het vir die
goedere wat aan hulle verkoop is nie. Die kontantinvloei is dus minder as die
verkope. Die R400 word dus afgetrek in die rekonsiliasie. Dit word effektief afgetrek
van die R1 000 verkope syfer wat ingesluit is in die R520 wins. Dit gee dan die R600
wat werklik in kontant ontvang is, en effektief ingesluit is by die R270.

18 - 14
** Die feit dat krediteure toegeneem het, beteken dat ʼn uitgawe in die SAOI nie fisies
betaal is nie (verwys joernaal bo). Ingesluit in die wins is ʼn aftrekking van R50 vir die
herstelwerk uitgawe. Die R50 toename in krediteure word bygetel by die wins, en
kanselleer dus die aftrekking van die R50 uitgawe uit. Die netto effek is “0” (ingesluit
by die R270) op die kontantvloeie van die maatskappy.

Bogenoemde voorbeeld sluit nie voorraad in nie, maar voorraad sou as volg hanteer
word: indien voorraad toegeneem het, sou dit afgetrek word van wins en indien
voorraad afgeneem het, sou dit bygetel word by wins.

18.11.4 Rekonsiliasie berekening

Die rekonsiliasie berekening bereken die bedrag kontant deur bedrywighede


voortgebring. Dit pas die wins aan om uit te kom by ʼn kontant bedrag ontvang /
betaal. Hierdie kontant deur bedrywighede voortgebring word getoon op die gesig
van die staat van kontantvloeie onder bedryfsaktiwiteite.

Die rekonsiliasie begin met wins voor belasting soos dit verskyn in die staat van
omvattende inkomste. Dit word dan aangepas met die volgende:

• Alle nie-kontantvloei items wat ingesluit is in die berekening van wins soos
bv:
- Waardevermindering
- Beweging in toelaag vir kredietverliese
- Wins/verlies met verkoop van bates die verkoopprys ontvang
verteenwoordig die kontantvloei en verskyn op die gesig van die staat
van kontantvloeie onder beleggingsaktiwiteite

• Alle items wat apart op die gesig van die staat van kontantvloeie getoon word
soos bv:
- Rente inkomste en uitgawes
- Dividend inkomste

Hierdie aanpassings sluit uit:

• Belasting – die rekonsiliasie begin met wins VOOR belasting


• Dividende verklaar – dit is nie ʼn uitgawe in die SAOI nie, maar wel ʼn uitkering
van wins. Dit is dus nie ingesluit in die wins voor belasting nie.

Belasting betaal / ontvang, en dividende betaal word bereken en direk op die gesig
van die staat van kontantvloeie openbaar (verwys voorbeeld 18.2 #).

Na die aanpassings hierbo gemaak is, word die veranderinge in bedryfskapitaal in ag


geneem (verwys voorbeeld 18.1 * en **). Dit is die beweging tussen die begin- en
eindsaldo’s van elk van die volgende items:
• Voorraad
• Debiteure
• Krediteure

18 - 15
Voorbeeld 18.2

BEREKENINGE

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting (Inkomste 400 000 – Alle ander items 350 000) 50 000
Aangesuiwer vir:
Rente uitgawe (SAOI)** 4 000
Dividend inkomste (SAOI) (3 500)
50 500
Veranderinge in bedryfskapitaal:
Toename in debiteure (5 000)
Kontant deur bedrywighede voortgebring 45 500

STAAT VAN KONTANTVLOEIE

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite


Kontantontvangste van klante (400 000 – 5 000) 395 000
Kontant aan verskaffers en werknemers betaal (balanserend) (349 500)
Kontant deur bedrywighede voortgebring 45 500

Rente betaal (kontant betaal) (4 000)


Dividende ontvang (kontant ontvang) 3 500
# Dividende betaal (1 200)
# Belasting betaal (2 000)
41 800

**Rente uitgawe is oorspronklik afgetrek in die SAOI en nou word die bedrag
teruggetel in die rekonsiliasie berekening omdat dit apart geopenbaar moet word op
die gesig van die staat van kontantvloeie.

Die bedrag van die rente uitgawe getoon in die rekonsiliasie kan verskil van die
bedrag van rente betaal op die gesig van die staat (vir rente en dividende ontvang
ook). Dit sal die geval wees waar al die rente nie gedurende die jaar betaal word nie
en daar ʼn saldo vir rente betaalbaar op die staat van finansiële posisie verskyn.

Let op dat beleggings- en finansieringsaktiwiteite geen effek het op die


rekonsiliasie berekening nie.

Voorbeeld 18.3

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE


20x3 20x2
xxx xxx
Ander inkomste (dividende ontvang) 5 000 -
Finansieringskoste (12 000) -
Wins voor belasting 36 000 -

18 - 16
STAAT VAN FINANSIëLE POSISIE
20x3 20x2
Bedryfsbates
Dividende ontvangbaar 3 200 1 500

Bedryfslaste
Rente betaalbaar 1 400 5 000

Dividende ontvangbaar

Beginsaldo a/b 1 500 Bank 3 300


Dividend inkomste 5 000
(SOI) Eindsaldo o/d 3 200
6 500 6 500
Beginsaldo a/b 3 200

Rente betaalbaar

Bank 15 600 Beginsaldo a/b 5 000


Finansieringskoste 12 000
Eindsaldo o/d 1 400 (SOI)
17 000 17 000
Beginsaldo a/b 1 400

STAAT VAN KONTANTVLOEIE

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite


Kontantontvangste van klante xxx
Kontant aan verskaffers en werknemers betaal xxx
Kontant deur bedrywighede voortgebring 43 000

Rente betaal (kontant betaal) (15 600)


Dividende ontvang (kontant ontvang) 3 300
30 700

BEREKENINGE

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting 36 000
Aangesuiwer vir:
Rente uitgawe (SOI) 12 000
Dividend inkomste (SOI) (5 000)
43 000
Veranderinge in bedryfskapitaal:
xxx xx
Kontant deur bedrywighede voortgebring 43 000

18 - 17
18.11.5 Toelaag vir kredietverliese

Debiteure word as ʼn bate getoon in die SFP as ʼn bedrag wat verhaal gaan word.
Indien daar, nadat oninbare skuld afgeskryf is, ʼn gedeelte van debiteure is wat
moontlik nie verhaal kan word nie, moet die debiteure vir waardedaling getoets word.

Die toets vir waardedaling identifiseer die bedrag ten opsigte waarvan daar
onsekerheid oor die invorderbaarheid bestaan. Dit is belangrik dat daar nie net op ʼn
lukrake bedrag besluit moet word nie. Die lys van debiteure word noukeurig
nagegaan en alle debiteure wat nog nie oninbaar is nie, maar waaroor daar twyfel
bestaan of die bedrag invorderbaar is, word geïdentifiseer. Dan word ʼn bedrag wat
spesifiek op hierdie debiteure gegrond is voorsien as ʼn toelaag vir kredietverliese, en
word in die SFP van die bruto debiteure afgetrek. Die toelaag vir kredietverliese is
dus slegs ʼn raming van die daling in die waarde van debiteure, en moet jaarliks
hersien word.

Alhoewel die bedrag van die toelaag vir kredietverliese bepaal is op grond van
spesifieke debiteure, word die rekeningkundige teboekstelling oorhoofs oor debiteure
gemaak. Die toelaag vir kredietverliese dui slegs op ʼn moontlikheid dat die debiteur
se skuld nie ten volle ingevorder sal word in die toekoms nie, en is nie ʼn afskrywing
van die bedrag verskuldig deur die debiteur nie. Daar is dus geen inskrywing in die
debiteuregrootboek nie.

Vir openbaarmakingsdoeleindes word die toelaag vir kredietverliese van die


waarde van die debiteure afgetrek en die netto bedrag word in die SFP getoon.

Voorbeeld 18.4

Die debiteure op jaareinde beloop R100 000. Die toelaag vir kredietverliese beloop
R4 000 aan die begin van die jaar en R5 000 aan die einde van die jaar.

Toelaag vir kredietverliese (SFP)


Saldo 20x2 4 000
Beweging vir 20x3 1 000
Saldo 20x3 5 000

Beweging in toelaag vir kredietverliese (SOI)


Beweging vir 20x3 1 000

Die toelaag vir kredietverliese aan die begin van die jaar moet verhoog word na
R5 000. Die joernaal om die beweging te erken is soos volg:

Dt Beweging in toelaag vir kredietverliese (SOI) 1 000


Kt Toelaag vir kredietverliese (SFP) 1 000

Die netto beweging in die toelaag vir kredietverliese (R1 000) was dus ʼn toename
(debiet) en sal as ʼn uitgawe in die SOI erken word. Die totaal van die toelaag vir
kredietverliese (R5 000) sal teen die debiteure afgesit word vir openbaarmakings-

18 - 18
doeleindes. Die debiteure sal dus as R95 000 (100 000 – 5 000) getoon word in die
SFP.

Hierdie beweging in die toelaag vir kredietverliese is ʼn nie-kontantvloei beweging,


aangesien daar geen inskrywing teen bank was nie. Dus kom hierdie transaksie nie
op die gesig van die staat van kontantvloeie nie. Die beweging in toelaag vir
kredietverliese word in die rekonsiliasie berekening as ’n nie-kontantvloei item
hanteer.

18.11.6 Oninbare skulde afgeskryf

Oninbare skulde is spesifieke debiteure wat afgeskryf word omdat daar bewyse
bestaan dat die debiteure in alle waarskynlikheid nie hulle skulde sal kan betaal nie.

Voorbeeld 18.5

ʼn Entiteit het die volgende debiteure:

A Brink 15 300
B Coetzee 10 000
C Davel 19 600
D Els 15 100
60 000

B Coetzee word insolvent verklaar en sal nie sy uitstaande skuld kan betaal nie.

Die afskrywing van oninbare skulde sal soos volg teboekgestel word:

Dt Oninbare skulde afgeskryf 10 000


Kt Debiteure 10 000

Die oninbare skuld sal afgeskryf word in die SOI en die debiteure verminder. Die
debiteurekontrolerekening sal minder word en die debiteuregrootboek sal ook
aangepas word.

Hierdie beweging in debiteure is ook ʼn nie-kontantvloei beweging, aangesien daar


geen inskrywing teen bank was nie. Dus kom hierdie transaksie ook nie op die gesig
van die staat van kontantvloeie nie. Die afskrywing van oninbare skuld word in die
rekonsiliasie berekening as ’n nie-kontantvloei item hanteer.

18.11.7 Kontantontvangste van klante en debiteure

Die kontantontvangste van klante word bereken deur die verandering in debiteure by
die inkomste (verkope) vir die jaar te tel/af te trek. Die berekening van die
verandering in debiteure word geaffekteer deur beide die toelaag vir kredietverliese
sowel as die afskryfwing van oninbare skulde. ʼn Toename in debiteure word afgetrek
van inkomste aangesien die debiteure nog die geld skuld en ʼn gedeelte van die
verkope dus nie in kontant ontvang is nie. ʼn Afname in debiteure word bygetel by die

18 - 19
inkomste. Dit beteken effektief dat debiteure wat die vorige jaar nog uitstaande was
hulle rekeninge betaal het, en alle verkope vir die jaar ook in kontant ontvang is.

Hierdie verandering in debiteure (eindsaldo – beginsaldo) moet bereken word op die


bruto debiteure (voor aftrekking van toelaag vir kredietverliese) syfer, aangesien dit
die bedrag van verkope verteenwoordig wat ontvang sal word deur die maatskappy.
Die debiteure syfer op die staat van finansiële posisie word egter getoon nadat die
toelaag vir kredietverliese in ag geneem is. Die toelaag vir kredietverliese het geen
effek op kontantvloeie nie aangesien dit net ʼn rekeningkundige aanpassing aan die
waarde van debiteure is.

Voorbeeld 18.6

20x3 20x2
Bruto debiteure 100 000 80 000
Min: Toelaag vir kredietverliese (SFP) (5 000) (4 000)
Netto debiteure (soos op gesig van SFP) 95 000 76 000

Die toename in debiteure wat in die rekonsiliasie afgetrek moet word, is dus R20 000
(100 – 80). Die toename van R1 000 in die toelaag vir kredietverliese sal as ʼn
uitgawe in die SOI erken word, en dus teruggetel word in die rekonsiliasie as ʼn nie-
kontantvloei item.

Verder moet die effek van die afskrywing van oninbare skulde ook in berekening
gebring word met die berekening van die verandering in debiteure wat in die staat
van kontantvloeie gebruik moet word. Die afskrywing verminder die beginsaldo van
debiteure, maar dit is nie ʼn kontantontvangste nie.

Voorbeeld 18.7

Die volgende uittreksel uit die SFP van ABC Ltd. word aan u verskaf:

20x3 20x2
BATES R R
Debiteure 30 400 23 750

1. ʼn Toelaag vir kredietverliese word gehandhaaf teen 5% van die uitstaande


debiteure op jaareinde.
2. ʼn Insolvente debiteur se skuld ten bedrae van R8 000 is gedurende die jaar as
oninbaar afgeskryf.
3. Inkomste vir die jaar beloop R750 000.

Verlang:

Openbaar die kontantontvangste vanaf klante in die staat van kontantvloeie en die
verandering in bedryfskapitaal soos dit geopenbaar sal word in die berekening tot die
staat van kontantvloeie.

18 - 20
Voorbeeld 18.7 - Voorgestelde oplossing

Benadering:

1. Bereken bruto debiteure soos dit in die algemene grootboek sal verskyn:
a. 20x2 – 23 750 / 0.95 = 25 000
b. 20x3 – 30 400 / 0.95 = 32 000

2. Stel die debiteurekontrole grootboekrekening op en bereken die verandering:

Debiteurekontrole
Beginsaldo a/b 25 000 Oninbare skulde afgeskryf 8 000
Verandering ① 15 000
Eindsaldo o/d 32 000
40 000 40 000
Beginsaldo a/b 32 000

’n Debiet verandering in die debiteurekontrole grootboekrekening verteenwoordig ʼn


toename in debiteure. Hierdie toename in debiteure word beide op die gesig van die
staat van kontantvloeie van kontantonvangstes vanaf klante afgetrek sowel as is in
die berekening tot die staat van kontantvloeie. ʼn Krediet verandering in die
debiteurekontrole grootboekrekening verteenwoordig ʼn afname in debiteure en sal
bygetel word by die kontantontvangste vanaf klante in die staat van kontantvloeie
sowel as bygetel word in die berekening tot die staat van kontantvloeie.

Uittreksel uit staat van kontantvloeie:

ABC LTD.
STAAT VAN KONTANTVLOEIE VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 DESEMBER 20x3

R
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite
Kontantontvangste van klante (750 000 – 15 000 ① ) 735 000

① 25 000 – 8 000 – 32 000 of soos berekening in debiteurekontrole-rekening

Uittreksel uit die berekening tot die staat van kontantvloeie:

BEREKENINGE TOT DIE STAAT VAN KONTANTVLOEIE

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting xxx
Aangesuiwer vir:
Oninbare skulde afgeskryf 8 000
Veranderinge in bedryfskapitaal:
Toename in debiteure (15 000)

18 - 21
3. Bereken die beweging in toelaag vir kredietverliese vanaf die begin van die
jaar tot aan die einde van die jaar:

Toelaag vir kredietverliese (SFP)


Beginsaldo a/b #1 250
Beweging 350
Eindsaldo o/d ##1 600
1 600 1 600
Beginsaldo a/b 1 600

# 25 000 (soos bereken in 1 hierbo) – 23 750 (netto debiteure gegee)


OF
# 25 000 x 5% = 1 250

## 32 000 (bruto debiteure) – 30 400 (netto debiteure)


OF
## 32 000 x 5% = 1 600

Uittreksel uit die berekening tot die staat van kontantvloeie:

BEREKENINGE TOT DIE STAAT VAN KONTANTVLOEIE

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting xxx
Aangesuiwer vir:
Oninbare skulde afgeskryf 8 000
Beweging in toelaag vir kredietverliese (uitgawe in SOI) 350
xxx

18 - 22
Voorbeeld 18.8

Die rekenmeester van BARS Ltd. het op 31 Desember 20x2 die volgende finansiële
state opgestel.

STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE OP 31 DESEMBER

20x2 20x1
R R
BATES
Niebedryfsbates
Eiendom teen kosprys 90 000 92 000
Toerusting 15 000 10 000
Kosprys 40 000 30 000
Opgelope waardevermindering 25 000 20 000
Belegging: Aandele in DAL Ltd. 10 000 10 000

Bedryfsbates 32 000 33 000


Voorraad 10 000 18 000
Debiteure 12 000 8 000
Kontant en kontantekwivalente 10 000 7 000

Totale bates 147 000 145 000


EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit toeskryfbaar aan aandeelhouers
Gewone aandelekapitaal 100 000 80 000
Behoue verdienste 20 000 15 000
Totale ekwiteit 120 000 95 000

Niebedryfslaste
Langtermynlenings 3 000 40 000

Bedryfslaste 24 000 10 000


Krediteure 16 000 4 000
Dividende verskuldig 8 000 6 000

Totale ekwiteit en laste 147 000 145 000

18 - 23
STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE VIR DIE JAAR GEËINDIG
31 DESEMBER 20x2

Nota R
Inkomste 100 000
Koste van verkope (48 000)
Bruto wins 52 000
Ander inkomste 1 1 000
Ander uitgawes 2 (5 000)
Inkomste uit ander finansiële bates 3 1 000
Finansieringskoste (4 000)
Wins voor belasting 45 000
Inkomstebelastinguitgawe (20 000)
Wins vir die jaar 25 000
Ander omvattende inkomste, netto van belasting -
Totale omvattende inkomste vir die jaar 25 000

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT VIR DIE JAAR GEËINDIG


31 DESEMBER 20x2
R
Saldo op 31 Desember 20x1 15 000
Totale omvattende inkomste vir die jaar 25 000
Dividende (20 000)
Saldo op 31 Desember 20x2 20 000

Aanvullende notas: R
1. Ander inkomste
- Wins met verkoop van grond 1 000
2. Ander uitgawes
- Waardevermindering op toerusting 5 000
3, Inkomste uit ander finansiële bates
- Genoteerde belegging: Dividende 1 000

Verdere inligting:
1. Daar is geen toerusting gedurende die jaar verkoop nie. Toerusting ter waarde
van R6 000 is aangekoop om bedrywighede te handhaaf.

2. Daar is geen belasting verskuldig op 31 Desember 20x2 of 31 Desember 20x1


nie.

3. Gewone dividende van R12 000 is verklaar en betaal aan aandeelhouers op


31 Augustus 20x2 en dividende van R8 000 is verklaar op 31 Desember 20x2,
maar nog nie betaal nie.

VAN U WORD VERLANG OM:

BARS Ltd. se staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 31 Desember 20x2 op te
stel wat sal voldoen aan IAS 7. Vergelykende syfers word nie verlang nie. Slegs die
berekening in verband met die rekonsiliasie tussen wins voor belasting en kontant
deur bedrywighede voortgebring word verlang.

18 - 24
Voorbeeld 18.8: Oplossing

BARS LTD.
STAAT VAN KONTANTVLOEIE VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 DESEMBER 20x2

Aant R
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite
Kontantontvangste van klante (100 000 – 4 000) ① 96 000
Kontant aan verskaffers en werknemers betaal (balanserend) (28 000)
Kontant deur bedrywighede voortgebring 1 68 000

Rente betaal (4 000)


Dividende ontvang 1 000
Dividende betaal ② (18 000)
Belasting betaal ③ (20 000)
27 000

Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite


Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting (10 000)
Vervanging van toerusting ⑤ (6 000)
Toevoeging tot toerusting ⑤ (4 000)
Opbrengs uit verkoop van eiendom ④ 3 000
(7 000)

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Langtermynlening afgelos ⑦ (37 000)
Opbrengs van aandeeluitgifte ⑥ 20 000
(17 000)

Netto toename in kontant en kontantekwivalente 3 000


Kontant en kontantekwivalente aan begin van die jaar 7 000
Kontant en kontantekwivalente aan einde van die jaar 10 000

BEREKENINGE TOT DIE STAAT VAN KONTANTVLOEIE

1. Rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede


voortgebring
Wins voor belasting 45 000
Aangesuiwer vir:
Waardevermindering (gegee) 5 000
Wins met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting ④ (1 000)
Rente uitgawe (gegee) 4 000
Dividend inkomste (gegee) (1 000)
52 000
Veranderinge in bedryfskapitaal:
Afname in voorraad 8 000
Toename in debiteure (4 000)
Toename in krediteure 12 000
Kontant deur bedrywighede voortgebring 68 000

18 - 25
Berekeninge:

① Debiteure

Beginsaldo 8 000 Bank 96 000


Inkomste 100 000 Eindsaldo 12 000
108 000 108 000
Beginsaldo 12 000

② Dividende verskuldig

Bank 18 000 Beginsaldo 6 000


Eindsaldo 8 000 Dividende verklaar 20 000
26 000 26 000
Beginsaldo 8 000

③ Belasting verskuldig

Bank 20 000 Beginsaldo -


Eindsaldo - Belastinguitgawe 20 000
20 000 20 000
Beginsaldo -

④ Eiendom

Beginsaldo 92 000 Realisasie rekening 2 000


Eindsaldo 90 000
92 000 92 000
Beginsaldo 90 000

④ Realisasie rekening

Eiendom 2 000 Bank 3 000


Wins mvv grond 1 000
3 000 3 000

Eiendom (realisasie rekening op alternatiewe wyse): Kosprys 2 000


Opg. Wvm -
Drabedrag 2 000
+/- Wins / (verlies) 1 000
Opbrengs 3 000

18 - 26
⑤ Toerusting - Kosprys

Beginsaldo 30 000
Bank (aankope - gegee) 6 000
Bank 4 000 Eindsaldo 40 000
40 000 40 000
Beginsaldo 40 000

⑥ Gewone aandelekapitaal

- Beginsaldo 80 000
Eindsaldo 100 000 Bank 20 000*
100 000 100 000
Beginsaldo 100 000

*Let wel: Aandele kan ook deur middel van ʼn kapitalisasie uitgif of ruiltransaksie
uitgereik word. In so ʼn geval sal daar dus geen kontantvloei effek wees
nie. (Bv. Dt Behoue verdienste / Kt Aandelekapitaal)

⑦ Langtermynlening

Bank 37 000 Beginsaldo 40 000


Eindsaldo 3 000
40 000 40 000
Beginsaldo 3 000

18 - 27
HOOFSTUK 18
STAAT VAN KONTANTVLOEIE

VRAE

Bladsy

Vraag 18.1: Bedryfs- en Finansieringsaktiwiteite 18 - 29

Vraag 18.2: Beleggingsaktiwiteite 18 - 30

Vraag 18.3: Basiese staat van kontantvloeie 18 - 31

Vraag 18.4: Oninbare skuld, herwaardasie 18 - 32

Vraag 18.5: Toelaag vir kredietverliese 18 - 34

Vraag 18.6: Voorkeurdividende 18 - 36

Vraag 18.7: Herwaardasie van eiendom 18 - 38

Vraag 18.8: Voorkeurdividende 18 - 40

Vraag 18.9: Kapitalisasie uitgif 18 - 42

Vraag 18.10: Basiese staat van kontantvloeie 18 - 44

Vraag 18.11: Basiese staat van kontantvloeie 18 - 45

18 - 28
VRAAG 18.1

Die volgende staat van finansiële posisie saldo’s van Lyon Ltd. op 30 Junie word aan
u voorgelê:
20X2 20X1
R R
Debiteure 178 500 161 500
Voorraad 80 000 100 000
Dividende ontvangbaar 20 000 16 000
Gewone aandelekapitaal (300 000) (210 000)
Behoue verdienste (570 000) (400 000)
Langtermynlening (60 000) (70 000)
Krediteure (140 000) (50 000)
Belasting betaalbaar (80 000) (50 000)

Bykomende inligting:

1. Die staat van omvattende inkomste en staat van verandering in ekwiteit vir die
jaar geëindig 30 Junie 20X2 sluit onder andere die volgende items in:

R
Inkomste 800 000
Inkomstebelastinguitgawe 90 000
Dividend inkomste 30 000
Dividende verklaar 40 000
Oninbare skulde 12 000
Rente betaal op oortrokke bank 1 500

2. ʼn Toelaag vir kredietverliese word gehandhaaf teen 15% van debiteure.

3. Op 30 April 20X2 is ʼn stuk grond ter uitbreiding van die fabrieksaanleg


aangekoop, teen ʼn kosprys van R40 000. Die koopsom is vereffen deur die
uitreiking van gewone aandele.

4. Gedurende die jaar is ʼn kapitalisasie-uitgif ter waarde van R20 000 gemaak.

5. Die langtermynlening dra rente teen ʼn koers van 10% per jaar en is
terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente op 1 Januarie elke jaar. Rente is
maandeliks op die laaste dag van die maand betaalbaar. Alle paaiemente en
rente is op datum betaal.

VAN U WORD VERLANG OM:

Slegs die bedryfs- en finansieringsaktiwiteite gedeeltes van die staat van


kontantvloeie vir die jaar geëindig 30 Junie 20X2 op te stel sodat dit sal voldoen aan
die vereistes van IAS 7. Die berekening wat die rekonsiliasie van wins voor belasting
met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 29
VRAAG 18.2

Die volgende staat van finansiële posisie saldo’s van Lyon Ltd. op 30 Junie word aan
u voorgelê:
20X2 20X1
R R
Eiendom (herwaardeer) 390 000 200 000
Toerusting (kosprys) 1888 000 180 000
Toerusting (opgelope waardevermindering) (77 000) (60 000)
Voertuie (kosprys) 180 000 140 000
Voertuie (opgelope waardevermindering) (50 000) (40 000)
Beleggings 120 000 -
Herwaardasiereserwe (100 000) -

Bykomende inligting:

1. Die staat van omvattende inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 20X2 sluit
onder andere die volgende items in:
R
Wins voor belasting 250 000
Waardevermindering – voertuie 21 000
Waardevermindering – toerusting ?

2. Geen belegging of vaste eiendom is gedurende die jaar geëindig 30 Junie 20X2
verkoop nie.

3. Vaste eiendom is geherwaardeer op 1 Januarie 20X2. Dit is die enigste


herwaardasie wat gedurende die jaar plaasgevind het.

4. Op 30 April 20X2 is ʼn stuk grond ter uitbreiding van die fabrieksaanleg


aangekoop, teen ʼn kosprys van R40 000. Die koopsom is vereffen deur die
uitreiking van gewone aandele.

5. Toerusting met ʼn kosprys van R20 000 en opgelope waardevermindering van


R15 000 op datum van verkoop, is verkoop vir R4 000. Toerusting is ook
gedurende die jaar aangekoop (40% van toerusting is aangekoop om
bedrywighede uit te brei).

6. Op 1 Maart 20X2 is ʼn voertuig ten bedrae van R60 000 aangekoop. Die
voertuig is aangekoop om huidige bedrywighede te handhaaf. Dit was die
enigste aankope gedurende die jaar.

7. Op 1 Augustus 20X1 verkoop Lyon Ltd. ʼn voertuig aan Provence Ltd. Die
koopsom is vereffen deur R13 000 se Provence Ltd. aandele en R6 000
kontant.

VAN U WORD VERLANG OM:

Die beleggingsaktiwiteite gedeelte van die staat van kontantvloeie vir die jaar
geëindig 30 Junie 20X2 op te stel sodat dit sal voldoen aan die vereistes van IAS 7.
Die berekening wat die rekonsiliasie van wins voor belasting met kontant deur
bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 30
VRAAG 18.3

Ronaldo Ltd. vervaardig sokkerballe. Hul rekenmeester het u genader om te help om


die staat van kontantvloeie op te stel. Die volgende proefbalanse vir die jare geëindig
31 Desember 20X3 en 20X2 word aan u verskaf:

Nota 20X3 20X2


Debietsaldo's R R
Eiendom 3 1 200 000 300 000
Bank 256 500 300 000
Debiteure (bruto) 63 000 60 000
Toerusting - kosprys 4 1 080 000 750 000
Voorraad 90 000 94 500
2 689 500 1 504 500

Kredietsaldo's
Aandelekapitaal 100 100
Behoue verdienste 310 500 160 500
Belasting betaalbaar 42 000 27 000
Krediteure 114 000 105 000
Langtermynlening 1 684 800 750 000
Toerusting - opgelope waardevermindering 525 000 450 000
Toelaag vir kredietverliese 13 100 11 900
2 689 500 1 504 500

Bykomende inligting:

1. Inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 20X3 was R600 000.

2. Die belastinguitgawe vir die jaar geëindig 31 Desember 20X3 het R58 334
beloop.

3. Eiendom met ʼn kosprys van R450 000 is gedurende die jaar verkoop vir
R750 000. Die nuwe eiendom is aangekoop om Ronaldo se vervaardigings-
kapasiteit uit te brei.

4. Ronaldo Ltd. het gedurende die jaar toerusting verkoop vir R165 000. Die
toerusting se oorspronklike kosprys was R300 000 en R150 000 se waarde-
vermindering is in totaal afgeskryf tot op die datum van verkoop. Nuwe
toerusting is in die plek daarvan aangekoop.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 31 Desember 20X3 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7. Die berekening wat die rekonsiliasie van wins
voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 31
VRAAG 18.4

Die volgende finansiële state van Mall Ltd. word aan u voorgelê:

STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE OP 30 SEPTEMBER 20X2

R'000 R'000
BATES 20X2 20X1
Nie-bedryfsbates
Eiendom, aanleg en toerusting
Eiendom 2 600 2 405
Aanleg en toerusting 360 250
Ongenoteerde belegging 64 44
3 024 2 699
Bedryfsbates
Debiteure 959 574
Voorraad 1 750 159
Bank 279 620
2 988 1 353
Totale bates 6 012 4 052

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit en reserwes
Gewone aandelekapitaal 543 522
Herwaardasiereserwe 170 120
Behoue verdienste 2 369 1 820
3 082 2 462
Nie-bedryfslaste
Langtermynlening 1 510 630

Bedryfslaste
Krediteure 670 310
Dividende betaalbaar 150 180
Belasting betaalbaar 600 470
1 420 960
Totale ekwiteit en laste 6 012 4 052

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE


VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER 20X2

R’000
Inkomste 5 000
Koste van verkope (3 250)
Bruto wins 1 750
Ander inkomste 72
Ander uitgawes (105)
Finansieringskoste (88)
Wins voor belasting 1 629
Inkomstebelastinguitgawe (800)
Wins vir die jaar 829

18 - 32
Bykomende inligting:

1. Wins voor belasting word getoon nadat die volgende onder andere in ag
geneem is.
R
Wins met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 54 000
Oninbare skulde 5 000
Waardevermindering op aanleg 100 000
Dividend inkomste 18 000

2. Eiendom met ʼn kosprys van R90 000 is verkoop. Een van die maatskappy se
geboue is gedurende die jaar herwaardeer. Dit is die enigste vaste bate wat
gedurende die jaar herwaardeer is.

3. Aanleg 20X2 20X1


R R
Kosprys 590 000 420 000
Opgelope waardevermindering 230 000 170 000
360 000 250 000

Aanleg met ʼn drabedrag van R140 000 is gedurende die jaar teen ʼn wins van
R4 000 verkoop. Daar was geen ander verkope of skrappings van eiendom,
aanleg en toerusting nie.

4. Nuwe aanleg is aangekoop in die plek van die aanleg wat verkoop is, terwyl
addisionele eiendom aangekoop is vir die verdere uitbreiding van
bedrywighede.

5. Daar was geen verkope van ongenoteerde beleggings gedurende die jaar tot
30 September 20X2 nie.

6. Die volgende items het onder andere verskyn in die staat van verandering in
ekwiteit vir die jaar geëindig 30 September 20X2:
R
Surplus – herwaardasie van eiendom 50 000
Gewone dividende 280 000

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 30 September 20X2 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7. Die berekening wat die rekonsiliasie van wins
voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 33
VRAAG 18.5

Hieronder volg ʼn lys van staat van finansiële posisie rekeninge van Superslim Ltd.
soos op 31 Desember 20X2. Superslim Ltd. besit ʼn paar kantoorgeboue, en hul
enigste besigheid is die verhuring van kantoorruimte.

Notas 20X2 20X1


R R
Kantoorgeboue 1 2 000 000 1 000 000
Toerusting 2 100 000 110 000
Beleggings 3 15 000 17 000
Rente ontvangbaar 2 500 1 500
Debiteure 4 55 000 42 000
Bank 4 500 -
TOTAAL 2 177 000 1 170 500

Gewone aandelekapitaal 1 760 000 900 000


Voorkeuraandele 58 000 58 000
Herwaardasiereserwe (kantoorgeboue) 50 000 -
Behoue verdienste 19 400 16 300

Langtermynlening 280 000 190 000


Krediteure 3 000 2 400
Belasting betaalbaar 6 600 2 600
Oortrokke bank - 1 200
TOTAAL 2 177 000 1 170 500

Bykomende inligting:

1. Alle nuwe geboue word aangekoop vir uitbreiding.

2. Toerusting bestaan uit:


20X2 20X1
R R
Kosprys 200 000 200 000
Opgelope waardevermindering 100 000 90 000
Drabedrag 100 000 110 000

Gedurende die jaar is toerusting met ʼn kosprys van R40 000 verkoop vir
R30 000. Alle nuwe toerusting word aangekoop ter vervanging.

3. ʼn Belegging van R10 000 is gedurende die jaar aangekoop.

4. ʼn Toelaag vir kredietverliese van R5 000 vir 20X2 en R2 000 vir 20X1 is reeds
in ag geneem by die debiteuresaldo’s.

18 - 34
5. Die volgende items verskyn onder andere in die staat van omvattende inkomste
vir die jaar geëindig 31 Desember 20X2:

R
Wins voor belasting 111 600
Belastinguitgawe 23 500
Waardevermindering 25 000
Rente inkomste 8 500
Dividend inkomste 6 000
Wins met verkoop van belegging 8 000
Huurinkomste uit kantoorgeboue 750 000

6. Voorkeurdividende van R2 500 vir die jaar is verklaar en betaal op


31 Desember 20X2. Gewone dividende van 10c per aandeel is op
31 Desember 20X2 verklaar en betaal. Op daardie datum was daar 825 000
uitgereikte gewone aandele.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 31 Desember 20X2 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7. Die berekening wat die rekonsiliasie van wins
voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 35
VRAAG 18.6

Die volgende verkorte proefbalanse van Winkel Ltd., op 31 Maart 20X2 en 20X1,
soos aangedui, is deur die boekhouer opgestel.

20X2 20X1
R R
Gewone aandelekapitaal (91 000) (51 000)
Voorkeuraandelekapitaal (20 000) (10 000)
Herwaardasiereserwe (80 000) (30 000)
Behoue verdienste (296 000) (187 000)
Langtermynlening (LT en KT gedeeltes) (60 000) (70 000)
Belasting verskuldig (10 000) (6 000)
Krediteure (70 000) (65 000)
Dividende verskuldig (3 000) (8 000)
Oortrokke bank (32 000) (36 000)
Vaste eiendom (herwaardeer) 300 000 200 000
Motorvoertuie teen drawaarde 113 000 50 000
Kosprys 150 000 90 000
Opgelope waardevermindering (37 000) (40 000)
Genoteerde beleggings teen kosprys 60 000 45 000
Voorraad 80 000 70 000
Debiteure 104 000 95 000
Dividende ontvangbaar 5 000 3 000

Bykomende inligting:

1. Dit is die maatskappy se hoofbesigheid om handel te dryf in voedselprodukte.

2. Die maatskappy is op 1 Maart 1995 opgerig met ʼn gemagtigde aandelekapitaal


van:

- 100 000 Gewone aandele; en


- 20 000 Voorkeuraandele wat dividende verdien teen 10c elk per jaar

3. Waardevermindering word slegs op die motorvoertuie, teen 20% per jaar


volgens die reguitlynmetode, voorsien.

4. Voorkeurdividende is halfjaarliks op 30 September en 31 Maart elke jaar


betaalbaar. 10 000 Voorkeuraandele is reeds uitgereik op 1 April 20X1.

5. Die langtermynlening dra rente teen ʼn koers van 20% per jaar en is
terugbetaalbaar in gelyke jaarlikse paaiemente op 30 September elke jaar.
Rente is maandeliks op die laaste dag van die maand betaalbaar. Alle
paaiemente en rente is op datum betaal.

6. Die toelaag vir kredietverliese het onderskeidelik R5 000 op 31 Maart 20X1 en


R6 000 op 31 Maart 20X2 bedra en is reeds in berekening gebring by die
debiteure saldo's in die proefbalans.

18 - 36
7. Geen beleggings of vaste eiendom is gedurende die jaar tot 31 Maart 20X2
verkoop nie.

8. Op 1 Mei 20X1 is ʼn stuk grond vir parkeerdoeleindes aangekoop teen ʼn kosprys


van R50 000. Die koopsom is vereffen deur die uitreiking van 10 000
voorkeuraandele teen R1 elk en die saldo deur die uitreik van 20 000 gewone
aandele.

9. ʼn Motorvoertuig met ʼn oorspronklike kosprys van R50 000 is gedurende die jaar
verkoop vir R30 000 en vervang met ʼn nuwe voertuig teen ʼn kosprys van
R60 000. ʼn Nuwe voertuig is ook aangekoop. Geen verdere voertuie is
gedurende die jaar geëindig 31 Maart 20X2 aangekoop of verkoop nie.

10. Die staat van omvattende inkomste en staat van verandering in ekwiteit vir die
jaar geëindig 31 Maart 20X2 sluit onder andere die volgende items in:
R
Inkomste 1 000 000
Lopende belasting - voorsien 49 000
Dividende verklaar ten opsigte van gewone aandele 15 000
Dividend inkomste 12 000
Rente op oortrokke bank betaal 3 000
Wins met verkoop van motorvoertuig 5 000
Waardevermindering 22 000

11. Wins voor belasting vir die jaar geëindig 31 Maart 20X2 is R174 917.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 31 Maart 20X2 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7.

Nota:
Probeer ook die vraag doen indien waardevermindering (R22 000) en wins voor
belasting (R174 917) nie gegee word nie.

18 - 37
VRAAG 18.7

Onderstaande staat van finansiële posisie van Sentrum Ltd.is op 30 Junie 20x2 en
30 Junie 20x1 opgestel.

20x2 20x1
BATES R R
Niebedryfsbates
Eiendom, aanleg en toerusting 300 000 210 000
Beleggings 150 000 120 000
450 000 330 000
Bedryfsbates
Debiteure 90 000 81 000
Voorraad 50 000 40 000
Bank 30 000 27 000
170 000 148 000

Totale bates 620 000 478 000

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit en reserwes
Gewone aandelekapitaal 160 000 105 000
Behoue verdienste 250 000 200 000
Herwaardasiereserwe 50 000 -
460 000 305 000
Niebedryfslaste
9 % Lening 70 000 80 000

Bedryfslaste
Krediteure 50 000 60 000
Belasting betaalbaar 30 000 25 000
Dividende betaalbaar 10 000 8 000
90 000 93 000

Totale ekwiteit en laste 620 000 478 000

Bykomende inligting:

1. Op 1 Januarie 20x2 is 50 000 gewone aandele uitgereik teen R1,10 elk.

2. Finansieringskoste betaal vir die huidige jaar het R7 200 bedra en dividende
ontvang R15 000.

3. Die bedrae verskuldig op 30 Junie 20x1 ten opsigte van dividende en belasting
is in September 2011 betaal.

4. Op 1 Januarie 20x1 en 1 Januarie 20x2 is onderskeidelik R10 000 en R15 000


aan die SAID as voorlopige belasting betaal.

5. Op 31 Desember 20x1 is ʼn interim dividend van 10 sent per aandeel verklaar


en betaal. Op 1 Julie 20x1 is 100 000 gewone aandele reeds uitgereik.

18 - 38
6. Eiendom, aanleg en toerusting bestaan uit:

20x1 Kosprys Opgelope Drabedrag


waardeverm
Eiendom 100 000 - 100 000
Toerusting 90 000 30 000 60 000
Voertuie 70 000 20 000 50 000
260 000 50 000 210 000

20x2 Kosprys Opgelope Drabedrag


waardeverm
Eiendom (Herwaardeer) 170 000 - 170 000
Toerusting 94 000 24 000 70 000
Voertuie 90 000 30 000 60 000
354 000 54 000 300 000

6.1 Geen eiendom is gedurende die jaar verkoop nie. Die aankope van eiendom is
gedoen om bedrywighede uit te brei. ʼn Gebou is geherwaardeer op
1 Januarie 20x2. Dit is die enigste herwaardasie wat gedurende die jaar
plaasgevind het.

6.2 Toerusting met ʼn kosprys van R20 000 en ʼn opgelope waardevermindering van
R15 000 op 1 Julie 20x1 is op 31 Maart 20x2 verkoop vir R5 000. Toerusting is
ook gedurende die jaar aangekoop (50% van toerusting aangekoop is om
bedrywighede uit te brei).

6.3 Waardevermindering op toerusting en voertuie vir die finansiële jaar wat


30 Junie 20x2 geëindig het, beloop R10 500 en R16 000 onderskeidelik.

6.4 Op 1 Maart 20x2 is ʼn voertuig ten bedrae van R30 000 aangekoop. Die voertuig
is aangekoop om huidige bedrywighede te handhaaf. Dit was die enigste
aankope gedurende die jaar.

6.5 Op 30 Junie 20x2 is ʼn voertuig vir R6 000 kontant verkoop. Dit was die enigste
verkope gedurende die jaar.

6.6 Waardevermindering op toerusting word voorsien teen 10% per jaar en op


voertuie teen 20% per jaar, beide volgens die reguitlynmetode.

7. Op 1 April 20x2 is ʼn belegging met ʼn drabedrag van R10 000 verkoop vir
R12 500.

8. ʼn Toelaag vir kredietverliese teen 10% van debiteure word gehandhaaf.

9. Inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 20x2 het R400 000 bedra.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 30 Junie 20x2 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7.

18 - 39
VRAAG 18.8

Tydens die jaarlikse Calvinia Vleisfees, gaan kuier u vir u vriend Boerseun. Hy boer
met skape in die Hantam kontrei en hy wil graag sy boerdery uitbrei deur die
buurplaas te koop. Hy vra u om hom behulpsaam te wees in die besluit, deur ʼn staat
van kontantvloeie op te stel vir sy besigheid, Boerseun Ltd. U word van die volgende
inligting verskaf:

BOERSEUN LTD.
STAAT VAN FINANSIëLE POSISIE OP 30 JUNIE

20x2 20x1
BATES R R
Nie-bedryfsbates
Vaste eiendom teen kosprys 1 460 900 1 375 000
Voertuie 146 400 19 500
Kosprys 183 000 65 000
Opgelope waardevermindering (36 600) (45 500)
Belegging - Hantam Slagtery Ltd. 68 000 -
1 675 300 1 394 500

Bedryfsbates
Voorraad 526 090 500 200
Debiteure 324 700 311 000
Dividende ontvangbaar 1 900 -
Kontant en kontantekwivalente 163 310 37 660
1 016 000 848 860

Totale bates 2 691 300 2 243 360

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit en reserwes
Gewone aandelekapitaal 905 000 675 000
Voorkeuraandelekapitaal 150 000 150 000
Behoue verdienste 523 600 389 420
1 578 600 1 214 420
Nie-bedryfslaste
Langtermynlening 1 044 700 940 000

Bedryfslaste
Krediteure 30 000 35 890
Belasting verskuldig 2 000 15 550
Dividende verskuldig 36 000 37 500
68 000 88 940

Totale ekwiteit en laste 2 691 300 2 243 360

18 - 40
Bykomende inligting:

1. Dit is die maatskappy se hoofbesigheid om handel te dryf in skaapwol en -vleis.

2. Gemagtigde aandelekapitaal:

• 500 000 Gewone aandele


• 200 000 Kumulatiewe voorkeuraandele wat dividende verdien teen 20c per
aandeel per jaar.

3. 150 000 Voorkeuraandele is reeds uitgereik. Voorkeurdividende word jaarliks


op 30 Junie betaal. Dividende verklaar op gewone aandele vir 20x2 is R9 000.

4. Alle paaiemente en rente op die langtermynlening is tot op datum betaal. Die


langtermynlening is op 31 Mei 20x2 vergroot met R30 000 om bedryfsuitgawes
te finansier.

5. Geen belegging of vaste eiendom is gedurende die jaar tot 30 Junie 20x2
verkoop nie.

6. Op 1 Augustus 20x1 is ʼn stuk grond vir addisionele weiding aangekoop teen ʼn


kosprys van R85 900.

7. Op 1 Julie 20x1 verkoop Boerseun Ltd. die enigste voertuig wat in sy besit is
aan Hantam Slagtery Ltd. Die koopsom word vereffen deur die uitreiking van
R15 000 se aandele in Hantam Slagtery Ltd. en R10 000 kontant.

8. ʼn Nuwe voertuig word op dieselfde datum aangekoop teen ʼn kosprys van


R183 000. As vergoeding reik Boerseun Ltd. 50 000 gewone aandele uit aan
die motorhandelaar, teen ʼn waarde van R1.50 elk. Die oorblywende koopsom
word in kontant betaal.

9. Die staat van omvattende inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 20x2 sluit
onder andere die volgende in:
R
Verkope 500 000
Lopende belasting – voorsien vir huidige jaar 30 000
Rente uitgawe op langtermynlening 10 000
Dividend inkomste 5 600
Rente inkomste op gunstige banksaldo 20 097
Wins met verkoop van motorvoertuig 5 500

10. Gedurende die jaar is ʼn kapitalisasie-uitgif ter waarde van R50 000 gemaak.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 30 Junie 20x2 op te stel wat sal
voldoen aan die vereistes van IAS 7. Die berekening wat die rekonsiliasie van wins
voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 41
VRAAG 18.9

A Ltd. se rekenmeester het u genader om te help om die staat van kontantvloeie op


te stel. Hy verskaf die volgende state van finansiële posisie vir die jare geëindig
31 Julie aan u:
2018 2017
R R
BATES
Nie-bedryfsbates
Eiendom (herwaardeer) 750 000 375 000
Voertuie (drabedrag) 346 875 187 500
Kosprys 675 000 468 750
Opgelope waardevermindering (328 125) (281 250)

Bedryfsbates
Bank 106 775 199 850
Debiteure 31 350 30 400
Voorraad 56 250 68 125
1 291 250 860 875

Ekwiteit en reserwes
Gewone aandelekapitaal 120 000 50 000
Herwaardasiereserwe 50 000 -
Behoue verdienste 545 000 194 000

Nie-bedryfslaste
Langtermynlening 500 000 550 000

Bedryfslaste
Krediteure 30 000 15 000
Belasting betaalbaar 20 000 35 000
Dividende betaalbaar 26 250 16 875
1 291 250 860 875
Bykomende inligting:

1. Die langtermynlening dra rente teen ʼn koers van 12% per jaar en is in gelyke
jaarlikse paaiemente op 1 Januarie elke jaar terugbetaalbaar. Rente is
maandeliks op die laaste dag van die maand betaalbaar. Alle paaiemente en
rente is op datum betaal.

2. Die staat van omvattende inkomste en staat van verandering in ekwiteit vir die
jaar geëindig 31 Julie 2018 sluit, onder andere, die volgende items in:
R
Inkomste 1 500 000
Inkomstebelastinguitgawe 15 000
Verlies met verkoop van voertuig 25 000
Waardevermindering – voertuie 64 000
Slegte skuld afgeskryf 1 000
Dividende verklaar 70 000
Rente ontvang 3 000

18 - 42
3. ʼn Toelaag vir kredietverliese word gehandhaaf teen 5% van die uitstaande
debiteure op jaareinde.

4. A Ltd. het een voertuig met ʼn drabedrag van R33 000 vir R8 000 verkoop.
Voertuie is ook gedurende die jaar aangekoop (40% van die voertuie is
aangekoop om huidige bedrywighede te handhaaf).

5. Geen eiendom is gedurende die finansiële jaar verkoop nie. Die aankope van
eiendom is gedoen om bedrywighede uit te brei. ʼn Gebou is geherwaardeer op
1 Augustus 2017. Dit is die enigste herwaardasie wat gedurende die finansiële
jaar plaasgevind het.

6. ʼn Kapitalisasie-uitgif ter waarde van R10 000 is gedurende die 2018-finansiële


jaar gedoen.

VAN U WORD VERLANG OM:

die staat van kontantvloeie van A Ltd. vir die jaar geëindig 31 Julie 2018 op te stel
wat aan die vereistes van IAS 7 voldoen. Die berekening van die rekonsiliasie wat
wins voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word verlang.

18 - 43
VRAAG 18.10

TMO is ʼn handelaar wat in horlosies handeldryf. Hul rekenmeester het u genader om


te help om die staat van kontantvloeie op te stel. Die volgende proefbalanse vir die
finansiële jare geëindig 30 September 2018 en 2017 word aan u verskaf:

Nota 2018 2017


Debietsaldo's R R
Eiendom 3 450 000 600 000
Bank 90 000 111 000
Debiteure (bruto) 26 000 48 000
Toerusting teen kosprys 4 780 000 820 000
Voorraad 48 500 59 500
1 394 500 1 638 500

Kredietsaldo's
Aandelekapitaal 100 100
Behoue verdienste 266 645 765 200
Belasting betaalbaar 4 500 5 500
Krediteure 75 000 77 000
Langtermynlening 1 000 000 750 000
Toerusting - opgelope waardevermindering 45 000 37 500
Toelaag vir kredietverliese 3 255 3 200
1 394 500 1 638 500
Bykomende inligting

1. Verkope vir die finansiële jaar geëindig 30 September 2018 het R1 600 000
beloop.

2. Die belastinguitgawe vir die 2018 finansiële jaar geëindig 30 September 2018
het R125 000 beloop.

3. Eiendom met ʼn kosprys van R250 000 is gedurende die 2018 finansiële jaar vir
R200 000 verkoop. Nuwe eiendom is ook gedurende die jaar aangekoop.

4. TMO het gedurende die 2018 finansiële jaar toerusting vir R260 000 verkoop.
Die toerusting se oorspronklike kosprys was R324 000 en R44 000 se
waardevermindering is in totaal tot op die datum van verkoopafgeskryf. Nuwe
toerusting is gedurende die 2018 finansiële jaar in die plek daarvan aangekoop.

5. TMO het nie gedurende die vorige of huidige finansiële jaar dividende verklaar
of betaal nie. Daar is geen aandeeluitgiftekoste gedurende die huidige
finansiële jaar deur TMO aangegaan nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die staat van kontantvloeie vir die jaar geëindig 30 September 2018 op te stel wat
aan die vereistes die direkte metode en IAS 7 sal voldoen .Die rekonsiliasie van wins
voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon word verlang. Dui
alle berekeninge aan. Ignoreer BTW.

18 - 44
VRAAG 18.11

CashConnections is ʼn handelaar wat in tweedehandse goedere handeldryf.


Hul rekenmeester het u genader om te help om die staat van kontantvloeie op te stel.
Die volgende proefbalanse vir die finansiële jare geëindig 30 Junie 2018 en 2017
word aan u verskaf:

Nota 2018 2017


Debietsaldo's R R
Eiendom 3 6 000 000 5 000 000
Bank 250 000 960 000
Debiteure (bruto) 145 000 164 000
Toerusting teen kosprys 4 99 000 172 000
Voorraad 12 500 13 000
6 506 500 6 309 000

Kredietsaldo's
Aandelekapitaal 154 000 154 000
Behoue verdienste 1 191 500 722 500
Belasting betaalbaar 12 000 29 000
Krediteure 600 000 605 000
Langtermynlening 4 500 000 4 750 000
Toerusting - opgelope waardevermindering 39 000 36 000
Toelaag vir kredietverliese van debiteure 10 000 12 500
6 506 500 6 309 000
Bykomende inligting

1. Verkope vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2018 het R750 000 beloop.

2. Die belastinguitgawe vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2018 het R47 000
beloop.

3. Eiendom met ʼn kosprys van R990 000 is gedurende die 2018 finansiële jaar vir
R1 250 000 verkoop. Die nuwe eiendom is aangekoop om CashConnections se
perseel uit te brei.

4. CashConnections het gedurende die 2018 finansiële jaar toerusting vir R65 000
verkoop. Die toerusting se oorspronklike kosprys was R90 000 en R25 000 se
waardevermindering is in totaal tot op die datum van verkoop afgeskryf. Nuwe
toerusting is in die plek daarvan aangekoop.

5. Daar is gedurende die 2018-finansiële jaar geen dividende verklaar, aandele


uitgereik of aandeeluitgiftekoste aangegaan nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die staat van kontantvloeie vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2018 op te stel
wat aan die vereistes van die direkte metode en IAS 7 sal voldoen. Die rekonsiliasie
van wins voor belasting met kontant deur bedrywighede voortgebring toon, word
verlang. Toon alle berekeninge. Ignoreer BTW.

18 - 45
STAAT VAN KONTANTVLOEIE VIR DIE JAAR GEËINDIG:
Notas R
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite
Kontantontvangste van klante
Kontant aan verskaffers en werknemers betaal
Kontant deur bedrywighede voortgebring

Rente ontvang
Rente betaal
Dividende betaal
Belasting betaal
Netto kontantinvloei uit bedryfsaktiwiteite

Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite


Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting
Uitbreiding van eiendom, aanleg en toerusting
Vervanging van eiendom, aanleg en toerusting
Opbrengs uit verkoop van eiendom, aanleg en toerusting
Netto kontantuitvloei uit beleggingsaktiwiteite

Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite


Opbrengs uit uitreiking van aandelekapitaal
___________ van langtermynlening
Netto kontantuitvloei uit finansieringsaktiwiteite

Netto ______ in kontant en kontantekwivalente


Kontant en kontantekwivalente aan begin van jaar
Kontant en kontantekwivalente aan einde van jaar

BEREKENING TOT DIE KONTANTVLOEISTAAT

1.Rekonsiliasie van wins voor belasting met die kontant uit bedryfsaktiwiteite
R
Wins voor belasting
Aangesuiwer vir:

Veranderinge in bedryfskapitaal
________ in debiteure
________ in voorraad
________ in krediteure
Kontant deur bedrywighede voortgebring

18 - 46
HOOFSTUK 19
VENNOOTSKAPPE

Bladsy

Leeruitkomste 19 - 2

19.1 Definisie en kenmerke 19 - 3

19.2 Voordele en nadele 19 - 3

19.3 Die vennootskapsooreenkoms 19 - 4

19.4 Rekeningkundige verantwoording van ‘n vennootskap 19 - 4

19.4.1 Kapitaalrekeninge
19.4.2 Lopende rekeninge
19.4.3 Onttrekkings
19.4.4 Lenings en voorskotte
19.4.5 Winsverdeling
19.4.6 Klandisiewaarde
19.4.7 Reserwes

19.5 Finansiële state van ‘n vennootskap 19 - 12

19.6 Verandering in eienaarsamestelling 19 - 16

19.6.1 Toetrede van ‘n vennoot


19.6.2 Uittrede/dood van ‘n vennoot
19.6.3 Gelyktydige uittrede van ‘n vennoot en toetrede van ‘n nuwe
vennoot

19.7 Hantering van polisse 19 - 19

Vrae 19 – 21

19 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- die kenmerke, voordele en nadele van ‘n vennootskap te identifiseer

- die rekeningkundige verantwoording van ‘n vennootskap te kan toepas

- die finansiële state van ‘n vennootskap te kan opstel

- ‘n verandering in die eienaarsamestelling van ‘n vennootskap


rekeningkundig te kan verwoord

19 - 2
19.1 Definisie en kenmerke

‘n Vennootskap is ‘n regsverhouding wat ontstaan as gevolg van ‘n ooreenkoms tussen


minstens 2 of meer persone. Elke persoon moet kapitaal en/of arbeid en/of bevoegdhede
bydra tot ‘n wettige entiteit met die doel om wins te maak.

Die redes vir die stigting van ‘n vennootskap is die samevoeging van kapitaal, arbeid en
bevoegdhede van individuele persone wat onafhanklik van mekaar nie oor die nodige
kapitaal, arbeid en bevoegdhede beskik om ‘n onderneming te bedryf met die doel om
wins te maak nie.

Daar is nie spesifieke wetgewing wat vennootskappe beheer nie. Vennootskappe word
dus beheer ingevolge ‘n vennootskapsooreenkoms en die beginsels van die gemene reg
word toegepas. Die vennootskap is nie ‘n afsonderlike regspersoon nie en die vennote
besit enige bates gesamentlik en is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir
verpligtinge.

Die kenmerke van ‘n vennootskap word hieronder uiteengesit:


• minstens 2 of meer vennote
• geldige ooreenkoms met wettige doelstellings
• elke vennoot moet iets bydra, hetsy kapitaal, arbeid of bevoegdhede
• die besigheid moet bedryf word met die doel om wins te maak tot voordeel van al
die vennote
• die vennootskap is nie ‘n afsonderlike regspersoon nie
• die vennootskap se bates is die gesamentlike eiendom van die vennote
• die vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die verpligtinge van die
vennootskap

19.2 Voordele en nadele

Vennootskappe het die volgende voordele:


• dit is relatief eenvoudig om te stig of te ontbind
• verandering in die eienaarsamestelling of kapitaalstruktuur kan deur onderlinge
ooreenkoms aangebring word
• ‘n groter kapitaalbedrag kan gesamentlik deur die vennote byeengebring word
• tegniese bekwaamheid en kennis kan tot voordeel van die vennote gebruik word
• kollektiewe besluitneming deur meer as een persoon kan sake-risiko’s minimaliseer

Vennootskappe het die volgende nadele:


• die vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die verpligtinge van die
vennootskap
• die kontinuïteit van die vennootskap as ‘n lopende saak is direk afhanklik van die
persoonlike verhouding en lewensverwagting van die onderlinge vennote
• oordraagbaarheid van eienaarskap is beperk
• die optrede van een vennoot het die mag om die vennootskap te bind

19 - 3
19.3 Die vennootskapooreenkoms

Die vennootskapsooreenkoms hoef nie skriftelik te wees nie, maar kan mondeling of selfs
stilswyend tot stand kom. Die bepalings wat ‘n vennootskapsooreenkoms bevat, word deur
die opstellers van die ooreenkoms vasgestel. Die volgende noodsaaklike aspekte kan in
die vennootskapsooreenkoms aangespreek word:

• die aard van die besigheid wat onderneem word


• aspekte met betrekking tot die daaglikse bestuur van die vennootskap
• die bydra wat elke vennoot maak (finansieel en andersins)
• die wyse waarop winste en verliese verdeel moet word
• bepalings in verband met kapitaalveranderinge in die toekoms
• onttrekkings wat vennote mag maak
• rente ontvangbaar/betaalbaar op kapitaal en/of onttrekkings
• bepalings in verband met lenings en voorskotte aan/van vennote
• pligte en vergoeding van vennote
• bepalings in verband met versekeringspolisse
• prosedures vir die beslegting van geskille tussen vennote
• prosedures wat gevolg word met toetrede en uittrede van vennote
• prosedures wat gevolg word met die ontbinding van die vennootskap

19.4 Rekeningkundige verantwoording van ‘n vennootskap

19.4.1 Kapitaalrekeninge

By enige entiteit word die fondse wat deur die eienaar belê is, in 'n kapitaalrekening in die
boeke van die onderneming getoon. Die saldo op hierdie rekening verteenwoordig die
belang van die eienaar in die onderneming. In die geval van die vennootskap is daar
meerdere eienaars en vir elke eienaar moet 'n kapitaalrekening geopen word. Die bedrae
op die onderskeie kapitaalrekeninge verteenwoordig die belang van elke vennoot in die
bates van die vennootskap.

Kapitaalbydraes kan in die vorm van kontant en/of ander bates wees. Bydraes as kapitaal
bly meestal permanent in die onderneming. Indien die vennote 'n bydrae maak, sal die
kapitaalrekening gekrediteer word en die kontant/bates sal gedebiteer word. Indien die
vennote kapitaal sou onttrek sal die inskrywing(s) die teenoorgestelde wees, naamlik
krediteer kontant/bates (kontant verminder) en debiteer kapitaalrekeninge (hulle eis teen
die vennootskap verminder).

Die kapitaalrekeninge bly onveranderd gedurende die jaar tensy die vennote kapitaal stort
of kapitaal onttrek. Die kapitaalrekeninge sal altyd ‘n kredietsaldo hê en word as ekwiteit
getoon in die vennootskap se balansstaat.

19 - 4
(a) Bydraes in die vorm van kontant

Voorbeeld 19.1

Op 2 Januarie 20X7 besluit A en B om ‘n vennootskap te vorm. Ingevolge die


vennootskapsooreenkoms moet A R100 000 en B R200 000 in kontant as kapitaal in die
onderneming (AB Handelaars) belê.

Die joernaalinskrywing in die rekords van AB Handelaars sal soos volg daar uitsien:

Algemene joernaal van AB Handelaars

Dat Besonderhede Fol Debiet Krediet

02/01 Kontant 300 000


Kapitaalrekening A 100 000
Kapitaalrekening B 200 000
(Kapitaalbydrae van vennote))

(b) Bydraes in die vorm van bates

Voorbeeld 19.2

A en B besluit om vanaf 2 Januarie 20X7 hul onderskeie ondernemings te amalgameer in


'n vennootskap bekend as AB Handelaars. Die kapitaalbydrae van elke vennoot sal uit die
bates en laste soos op elke onderneming se balansstaat op 31 Desember 20X6 bestaan.

A Handelaars se opgesomde balansstaat was soos volg op 31 Desember 20X6:

Nie-bedryfsbates 80 000 Kapitaal 100 000


Voorraad 100 000 Krediteure 150 000
Debiteure 50 000
Kontant 20 000
250 000 250 000

B Handelaars se opgesomde balansstaat was soos volg op 31 Desember 20X6:

Nie-bedryfsbates 80 000 Kapitaal 200 000


Voorraad 150 000 Krediteure 100 000
Debiteure 60 000
Kontant 10 000
300 000 300 000

19 - 5
Die joernaalinskrywing in die rekords van AB Handelaars sal soos volg daar uitsien:

Algemene joernaal van AB Handelaars

Dat Besonderhede Fol Debiet Krediet

02/01 Nie-bedryfsbates 160 000


Voorraad 250 000
Debiteure 110 000
Kontant 30 000
Krediteure 250 000
Kapitaalrekening A 100 000
Kapitaalrekening B 200 000
(Kapitaalbydrae van vennote))

19.4.2 Lopende rekeninge

Bykomend tot die kapitaalrekening is dit gebruiklik om vir elke vennoot ook 'n lopende
rekening in die boeke van die vennootskap te open. Alle transaksies, behalwe
kapitaalbydraes, kapitaalonttrekkings, lenings en voorskotte wat 'n vennoot met die
vennootskap aangaan, word in die lopende rekening aangeteken. Die volgende is
voorbeelde van items wat in die lopende rekeninge aangeteken sal word:

• Winsdeel van vennote


• Salarisse en bonusse betaal aan vennote
• Onttrekkings (kontant of goedere) deur vennote
• Rente op kapitaal en lopende rekeninge toegestaan aan vennote
• Rente op onttrekkings gehef van vennote

‘n Lopende rekening kan ‘n krediet- of ‘n debietsaldo hê. ‘n Kredietsaldo op die lopende


rekening dui die bedrag aan wat deur die vennootskap aan die vennoot verskuldig is,
d.w.s. die vennoot se onttrekkings (uitgesluit kapitaalonttrekkings) was minder as die totaal
van sy winsdeel wat aan hom toegedeel is en enige salaris of bonus wat hy ontvang het. ‘n
Debietsaldo op die lopende rekening dui die bedrag aan wat deur die vennoot aan die
vennootskap verskuldig is, d.w.s. die vennoot se onttrekkings (uitgesluit
kapitaalonttrekkings) oorskry die totaal van sy winsdeel wat aan hom toegedeel is en
enige salaris of bonus wat hy ontvang het. Die lopende rekeninge word as ekwiteit getoon
in die vennootskap se balansstaat (‘n lopende rekening met ‘n debietsaldo word as
negatiewe ekwiteit getoon). Die besonderhede van die lopende rekening en die
winsverdeling sal ook in die staat van verandering in ekwiteit uiteengesit word.

19 - 6
19.4.3 Onttrekkings

Die volgende onttrekkings kan deur vennote gemaak word gedurende die jaar:

• Kapitaalonttrekkings (uitsonderlike gevalle)


• Kontantonttrekkings
• Onttrekking van goedere teen kosprys

Kapitaalonttrekkings sal teen die kapitaalrekening gedebiteer word en enige ander


onttrekkings sal teen ’n onttrekkingsrekening gedebiteer word en afgesluit word na die
lopende rekeninge. Onttrekkings vorm dus nie deel van die verdeling van wins nie.

Die verskeie onttrekkings transaksies sal soos volg in die algemene joernaal aangeteken
word:

(1) Kapitaalonttrekkings

Dt Kapitaal
Kt Bank

(2) Kontantonttrekkings

Dt Onttrekkings
Kt Bank

Dt Lopende rekening
Kt Onttrekkings

(3) Onttrekkings van goedere teen kosprys (periodieke voorraadstelsel)

Dt Onttrekkings
Kt Koste van verkope

Dt Lopende rekening
Kt Onttrekkings

(4) Onttrekkings van goedere teen kosprys (deurlopende voorraadstelsel)

Dt Onttrekkings
Kt Voorraad

Dt Lopende rekening
Kt Onttrekkings

19 - 7
19.4.4 Lenings en voorskotte

'n Lening of voorskot wat 'n vennoot in sy persoonlike hoedanigheid aan die vennootskap
maak, word as deel van die krediteure van die onderneming beskou en dit vorm nie deel
van die kapitaalbydrae van die vennoot nie. Die rede is dat 'n lening oor 'n bepaalde
termyn teen 'n bepaalde rentekoers terugbetaalbaar is, terwyl kapitaal nie terugbetaalbaar
is nie, tensy die vennote anders ooreenkom.

Die vennote kan onderling ooreenkom om sodanige voorskotte in kapitaal om te skakel


indien omstandighede hulle daartoe dwing. Die rente betaalbaar op die lening moet as 'n
uitgawe in die gewone loop van sake beskou word en nie as 'n verdeling van die wins nie.

19.4.5 Winsverdeling

Die vennootskapswins word periodiek in die inkomstestaat bereken soos by enige ander
ondernemingsvorm. Aangesien daar meerdere eienaars is wat op 'n ooreengekome basis
deel in die winste/verliese, moet 'n verdeling van die wins/verlies gemaak word.

Die wyse waarop die winste/verliese tussen die vennote verdeel moet word, behoort in die
vennootskapsooreenkoms uiteengesit te word. Indien daar geen ooreenkoms is ten
opsigte van winsverdeling nie, word die winste/verliese verdeel in verhouding tot die
kapitaal van die vennote. Winste en verliese (soos bereken in die wins-en-verlies
rekening) word verdeel nadat die rente op kapitaal, rente op lopende rekeninge en rente
op onttrekkings in ag geneem is. Die mees algemene metodes van verdeling is die
volgende:

(a) Vaste verhouding byvoorbeeld 3:2 of 50:50.


(b) In die verhouding tot die kapitaalbydraes van elke vennoot.
(c) Rente op kapitaal plus 'n vaste verhouding.
(d) Salaris plus 'n vaste verhouding.
(e) Salaris plus rente op kapitaal plus 'n vaste verhouding.

Verdelings aan vennote is nie ‘n gewone uitgawe nie, maar eerder ‘n verdeling van winste.
Die verdeling van winste word gedoen in ‘n geriefsrekening, naamlik die
verdelingsrekening. Die wins van die vennootskap soos bereken in die wins-en-verlies
rekening word afgesluit na die verdelingsrekening, deur die wins-en-verlies rekening te
debiteer en die verdelingsrekening te krediteer. Die inskrywings van verdelings aan
vennote raak die verdelingsrekening en die lopende rekening. Die verdelingsrekening
word gedebiteer en die lopende rekening word gekrediteer behalwe in die geval van rente
op onttrekkings en rente op lopende rekeninge met debietsaldo’s, waar die
verdelingsrekening gekrediteer word en die lopende rekening gedebiteer word. Die
verdeling van die wins sal in die staat van verandering in ekwiteit geopenbaar word.

19 - 8
Voorbeeld 19.3

Inligting:

Die volgende inligting ten opsigte van AB Handelaars word aan u voorgelê vir die jaar
geëindig 30 Junie 20X7:

Netto wins vir die jaar geëindig R500 000


Kapitaal – A R100 000
Kapitaal – B R200 000
Lopende rekening - A R150 000 (KT)
Lopende rekening - B R 50 000 (DT)

Verlang:

Toon die verdelingsrekening van AB Handelaars indien winste telkens soos volg verdeel
word:

(a) Vaste verhouding van 2:3 ten opsigte van vennote A en B

Verdelingsrekening
30/06 Winsdeel – A (2/5) 200 000 30/06 Wins-en-verlies 500 000
Winsdeel – B (3/5) 300 000
500 000 500 000

(b) In verhouding tot die kapitaal van vennote A en B, na inagneming van rente op
kapitaal en rente op lopende rekeninge van onderskeidelik 10% en 15%.

Verdelingsrekening
30/06 Rente op Kap - A 10 000 30/06 Wins-en-verlies 500 000
Rente op Kap - B 20 000 Rente op LR – B 7 500
Rente op LR - A 22 500
Winsdeel – A (1/3) 151 667
Winsdeel – B (2/3) 303 333
507 500 507 500

(c) Vennoot B kry ‘n salaris van R150 000 per jaar, vennoot A kry ‘n bonus van R100 000
per jaar en daarna word die winste gelykop verdeel

Verdelingsrekening
30/06 Salaris – B 150 000 30/06 Wins-en-verlies 500 000
Bonus – A 100 000
Winsdeel - A 125 000
Winsdeel - B 125 000
500 000 500 000

19 - 9
19.4.6 Klandisiewaarde

Dit is die strewe van enige handelsonderneming om 'n goeie reputasie op te bou. Hierdie
reputasie kan gebaseer wees op die kwaliteit van die produkte of diens wat gelewer word,
die doeltreffendheid van goeie bestuur, die besit van waardevolle patentregte en
agentskappe en die feit dat die sakeperseel op 'n sentrale en gerieflike plek geleë is.

Hierdie "waarde" van ‘n ontasbare bate wat 'n onderneming so opbou, word gewoonlik nie
in die finansiële state as sodanig gereflekteer nie, omdat geen prys daarvoor betaal is nie.
In rekeningkundige terminologie staan die bate as klandisiewaarde bekend. In gevalle
waar 'n besigheid gekoop word en klandisiewaarde waardeer word, sal dit as sodanig in
die state getoon word omdat 'n prys daarvoor betaal is. Slegs aangekoopte
klandisiewaarde word aangeteken.

Klandisiewaarde word gewoonlik bereken wanneer die koopprys/verkoopprys van ‘n


besigheid vasgestel word en ook wanneer die kapitaalstruktuur van ‘n vennootskap
verander word. Daar is baie maniere waarop die bedrag van klandisiewaarde bereken kan
word. Meestal is ‘n subjektiewe waardasie nodig, veral by vennootskappe.

In die geval van ‘n vennootskap sal klandisiewaarde bereken word as deel van die waarde
van die vennootskap wat gebruik sal word om die koopprys vas stel as ‘n nuwe vennoot
wil toetree. Meestal gebeur dit dan dat die klandisiewaarde na die toetrede van die
vennoot weer teruggeskryf word, omrede die vennote huiwerig is om ‘n bate met ‘n sterk
subjektiewe element in die rekords van die vennootskap te toon. By maatskappye word
hierdie waarde in die markprys van die aandeel verdiskonteer.

Die joernaalinskrywing om klandisiewaarde te boek te stel as die waarde van die ou


vennootskap bepaal word voordat ‘n nuwe vennoot toegelaat word:

Dt Klandisiewaarde
Kt Kapitaal A (ou winsdelingsverhouding)
Kt Kapitaal B (ou winsdelingsverhouding)

Die joernaalinskrywing om klandisiewaarde terug te skryf as dit nie meer in die nuwe
vennootskap se boeke (na die toetrede van die nuwe vennoot) moet verskyn nie:

Dt Kapitaal A (nuwe winsdelingsverhouding)


Dt Kapitaal B (nuwe winsdelingsverhouding)
Dt Kapitaal C (nuwe winsdelingsverhouding)
Kt Klandisiewaarde

Dit kan ook gebeur dat die nuwe vennoot klandisiewaarde in die vennootskap inbring. In
so 'n geval sal daar op die waarde daarvan ooreengekom moet word en sal dit saam met
die ander bates wat hy inbring gedebiteer word, met 'n krediet na die vennoot se
kapitaalrekening.

19 - 10
19.4.7 Reserwes

Enige onderneming se strewe is om te groei en beter te presteer. Om uit te brei, het ‘n


onderneming ekstra kapitaal nodig. Hulle kan daardie kapitaal op verskeie maniere
bekom, byvoorbeeld:

• die vennote kan ‘n verdere kapitaalstorting maak


• geld kan geleen word by ‘n derde party of by ‘n vennoot
• reserwes kan dit finansier

Reserwes is winste wat in die verlede gemaak is en wat aan die vennote behoort, maar
nie aan hulle uitgekeer is nie. Twee tipes reserwes word by vennootskappe onderskei,
naamlik:

(1) Algemene reserwe

Winste word nie verdeel nie, maar in ekwiteit gehou as ‘n reserwe, wat later gebruik kan
word om uitbreidings te finansier of aan vennote uitgekeer word on hul kapitaal te verhoog.
Dit vind gewoonlik by ‘n verandering in die kapitaalstruktuur plaas.

Die joernaalinskrywing om ‘n algemene reserwe te skep is soos volg:

Dt Verdelingsrekening
Kt Algemene reserwe

(2) Ongerealiseerde winste/verliese

By ‘n verandering in die kapitaalstruktuur van ‘n vennootskap word die vennootskap se


bates herwaardeer (voordat enige klandisiewaarde bereken word) om die werklike waarde
van die vennootskap te bepaal. Die ongerealiseerde winste/verliese wat ontstaan met die
herwaardasie van bates word toegedeel na die kapitaalrekeninge van die vennote,
volgens hul ou winsdelingsverhoudings.

Die joernaalinskrywing om ongerealiseerde wins te boek te stel is soos volg:

Dt Bate
Kt Kapitaal A
Kt Kapitaal B

Die teboekstelling van ‘n ongerealiseerde verlies sal die teenoorgestelde van bogenoemde
joernaal wees.

19 - 11
19.5 Finansiële state van ‘n vennootskap

Die finansiële state van ‘n vennootskap verskil nie veel van die finansiële state van ‘n
eenmansaak nie:

• die inkomstestaat is dieselfde,


• die balansstaat is dieselfde, behalwe vir die samestelling van ekwiteit (die vennootskap
se ekwiteit bestaan uit kapitaal en lopende rekeninge)
• die vennootskap het ‘n staat van verandering in ekwiteit, wat ‘n verdelingsrekening
insluit

Voorbeeld 19.4

Die volgende inligting ten opsigte van AB Handelaars word aan u voorgelê vir die jaar
geëindig 30 Junie 20X7:

Debiet Krediet

Kapitaal – A 150 000


Kapitaal – B 200 000
Lopende rekening – A (01/07/20X6) 50 000
Lopende rekening – B (01/07/20X6) 45 000
Onttrekkings – A 15 000
Onttrekkings – B 5 000
Toerusting teen kosprys 500 000
Opgelope waardevermindering op toerusting 180 000
Belegging teen kosprys 200 000
Langtermynlening 100 000
Debiteure 50 000
Krediteure 25 000
Bank 75 000
Voorraad 30 000
Verkope 430 000
Huur ontvang 20 000
Koste van verkope 120 000
Huur betaal 24 000
Rente betaal 10 000
Administratiewe uitgawes 16 000
Salarisse van werknemers 55 000

1 150 000 1 150 000

19 - 12
• Waardevermindering van R100 000 moet nog afgeskryf word vir die jaar geëindig
30 Junie 20X7
• Vennote A en B verdeel winste en verliese in die verhouding 3:2
• Vennoot B is geregtig op ‘n salaris van R50 000, nog geen inskrywing is gemaak ten
opsigte van die salaris nie
• Rente op kapitaal en rente op lopende rekeninge is onderskeidelik 5% en 10% per jaar
• Rente op onttrekkings moet soos volg gehef word:
- Vennoot A: R920
- Vennoot B: R580

Die verdelingsrekening en lopende rekeninge van die vennote sal soos volg opgestel
word:

Verdelingsrekening
30/06 Rente op Kap - A 7 500 30/06 Wins-en-verlies 125 000
Rente op Kap - B 10 000 Rente op LR – A 5 000
Rente op LR – B 4 500 Rente op ont – A 920
Salaris – B 50 000 Rente op ont – B 580
Winsdeel – A (3/5) 35 700
Winsdeel – B (2/5) 23 800
131 500 131 500

Lopende rekening – A
01/07 Saldo 50 000 30/06 Rente op Kap 7 500
30/06 Rente op LR 5 000 Winsdeel 35 700
Onttrekkings 15 000
Rente op onttrek 920 30/06 Saldo o/b 27 720
70 920 70 920
01/07 Saldo a/b 27 720

Lopende rekening – B
30/06 Onttrekkings 5 000 01/07 Saldo 45 000
Rente op onttrek 580 30/06 Rente op Kap 10 000
Rente op LR 4 500
Salaris 50 000
30/06 Saldo o/b 127 720 Winsdeel 23 800
133 300 133 300
01/07 Saldo a/b 127 720

19 - 13
Die finansiële state van die vennootskap sal soos volg uiteengesit word:

AB Handelaars
Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 20X7

Verkope 430 000


Koste van verkope (120 000)

Bruto wins 310 000

Plus: ander inkomste


Huur ontvang 20 000

Min: uitgawes 205 000


Huur betaal 24 000
Rente betaal 10 000
Administratiewe uitgawes 16 000
Salarisse van werknemers 55 000
Waardevermindering 100 000

Wins vir die jaar 125 000

AB Handelaars
Staat van verandering in ekwiteit vir die jaar geëindig 30 Junie 20X7

A B Totaal
R R R

Kapitaal 150 000 200 000 350 000

Lopende rekeninge
Saldo op 1 Julie 20X6 (50 000) 45 000 (5 000)
Wins vir die jaar 37 280 87 720 125 000
- Rente op kapitaal 7 500 10 000 17 500
- Rente op lopende rekening (5 000) 4 500 (500)
- Rente op onttrekkings (920) (580) (1 500)
- Salaris - 50 000 50 000
- Winsdeel 35 700 23 800 59 500
Onttrekkings vir die jaar (15 000) (5 000) (20 000)

Saldo op 30 Junie 20X7 (27 720) 127 720 100 000

19 - 14
AB Handelaars
Balansstaat soos op 30 Junie 20X7

R
BATES
Nie-bedryfsbates
Toerusting 220 000
Beleggings 200 000

Totale nie-bedryfsbates 420 000

Bedryfsbates
Voorraad 30 000
Debiteure 50 000
Bank 75 000

Totale bedryfsbates 155 000

Totale bates 575 000

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit
Kapitaal – A 150 000
Kapitaal – B 200 000
Lopende rekening - A (27 720)
Lopende rekening - B 127 720

Totale ekwiteit 450 000

Nie-bedryfslaste
Langtermynlening 100 000

Bedryfslaste
Krediteure 25 000

Totale laste 125 000

Totale ekwiteit en laste 575 000

19 - 15
19.6 Verandering in eienaarsamestelling

Een van die voordele van ‘n vennootskap is dat die kapitaalstruktuur deur onderlinge
ooreenkoms verander kan word. Dit word moontlik gemaak deur die feit dat die
vennootskap nie ‘n afsonderlike regsentiteit is nie, maar wel ‘n afsonderlike
rekeningkundige entiteit. Die vennootskap bly voortbestaan as ‘n lopende saak. Slegs die
belang van die onderskeie vennote verander met die toetrede en uittrede van vennote.

19.6.1 Toetrede van ‘n vennoot

Met die goedkeuring van die bestaande vennote kan 'n nuwe vennoot tot die vennootskap
toetree op een van twee maniere:

(a) Deur 'n belang direk van een of meer van die vennote aan te koop.
(b) Deur kontant en/of bates tot die vennootskap by te dra vir die verkryging van 'n
belang.

Sodra 'n nuwe vennoot toegelaat word, hou die ou vennootskap regsgewys op om te
bestaan. Dit is nie nodig om die boeke van die vennootskap in so 'n geval af te sluit nie
aangesien die vennootskapsonderneming nog voortbestaan as ‘n lopende saak. Dit is
slegs nodig om die nodige inskrywings te maak om effek te verleen aan die verandering
aan die kapitaalstruktuur met die toelating van die nuwe vennoot.

(a) Toelating deur middel van die direkte aankoop van 'n belang van 'n
vennoot(e)

Wanneer 'n vennoot op dié wyse toegelaat word, is geen inskrywing in die bate- en
lasterekeninge van die vennootskap nodig nie. 'n Aansuiwering moet egter wel in die
kapitaalrekeninge gemaak word.

Voorbeeld 19.5

A en B wat winste in die verhouding 2:3 verdeel besluit op 31 Desember 20X6 om C tot
die vennootskap toe te laat met ingang 1 Januarie 20X7. Op 31 Desember 20X6 was die
saldo's op die kapitaalrekeninge van A en B onderskeidelik R210 000 en R300 000.
C word toegelaat op die voorwaarde dat hy een-helfte van B se belang koop vir R250 000
kontant wat hy direk aan B betaal en nie aan die vennootskap nie.

Een-helfte van B se belang = R150 000 (½ x R300 000).

Die joernaalinskrywing sal soos volg wees:

Dt Kapitaal B 150 000


Kt Kapitaal C 150 000
(Toelating van C as nuwe vennoot)

19 - 16
Na die toelating van C sal die kapitaal soos volg in die balansstaat verskyn:
Kapitaal: A 210 000
B 150 000 (300 000 - 150 000)
C 150 000

Let daarop dat die boekwaarde (drabedrag) van B se belang R300 000 was; C was bereid
om R250 000 vir die helfte van die belang te betaal. Dit gee 'n aanduiding dat daar
klandisiewaarde aanwesig was en dat B dit in berekening gebring het by die waardasie
van sy belang. Die klandisiewaarde word egter nie teboekgestel nie omdat C die belang
direk by B gekoop het en nie direk bygedra het tot die kapitaal van die vennootskap nie.
Die kapitaal bly onveranderd op R510 000.

Geen inskrywing word ten opsigte van die R250 000 gemaak nie aangesien dit 'n
persoonlike transaksie tussen B en C is. Hoewel C een-helfte van B se belang gekoop het
beteken dit nie noodwendig dat die gedeelte van die winste (verliese) hom gaan toeval nie.
Die winsdelingsverhouding is 'n saak waaroor spesifiek ooreengekom moet word.

Gestel daar word ooreengekom dat B ook een-helfte van sy winsdeel aan C afstaan.

Die nuwe winsdelingsverhouding sal dan soos volg wees:


A 4/10 (2/5)
B 3/10 (3/5 - (½ x 3/5))
C 3/10 (½ x 3/5)

Voorbeeld 19.6

Dieselfde omstandighede as in voorbeeld 19.5, maar C betaal R250 000 vir een-derde van
A se belang plus een-derde van B se belang, d.w.s C koop een-derde belang in die
vennootskap van A en B.

Die joernaalinskrywing sal soos volg wees:

Dt Kapitaal A (1/3 x 210 000) 70 000


B (1/3 x 300 000) 100 000
Kt Kapitaal C 170 000
(Toelating van C as nuwe vennoot)

In hierdie geval sal A en B moet ooreenkom hoeveel van die R250 000 aan elk van hulle
betaal moet word, die betaling is ‘n persoonlike transaksie tussen C, A en B onderskeidelik
– geen betaling word aan die vennootskap gemaak nie - en geen inskrywing ten opsigte
van bates en laste is nodig in die vennootskap se rekords nie.

Die kapitaal sal soos volg in die balansstaat verskyn:


A 140 000 (210 000 - 70 000)
B 200 000 (300 000 - 100 000)
C 170 000

Die kapitaal bly steeds onveranderd op R510 000.

19 - 17
Indien aanvaar word dat C ook een-derde van die winsdeel verkry sal die nuwe wins-
delingsverhouding soos volg wees:
A 4 (2/3 x 2/5) = 4/15
B 6 (2/3 x 3/5) = 6/15
C 5 (1/3) = 5/15

(b) Verkryging van belang deur tot die kapitaal van die vennootskap by te dra

Indien 'n nuwe vennoot kontant en/of ander bates in die vennootskap inbring is die
joernaalinskrywing, debiteer bates en krediteer die nuwe vennoot se kapitaalrekening.

Die werklike waarde van die vennootskap moet bereken word, d.w.s. bates moet
herwaardeer word om ongerealiseerde winste/verliese te bereken. Waar klandisiewaarde
ter sprake is, moet dit eers bepaal word en na die "ou" vennote in hul "ou"
winsdelingsverhouding gekrediteer word aangesien hierdie ontasbare bate deel van hul
kapitaal in die onderneming vorm.

19.6.2 Uittrede/dood van ‘n vennoot

By die uittrede/aftrede of dood van 'n vennoot is die rekeningkundige prosedure basies
dieselfde as in die geval van die toetrede van 'n vennoot. Die vennote se belang in die
onderneming word waardeer en indien klandisiewaarde aanwesig is, word dit na die
vennote se kapitaalrekeninge gekrediteer.

Die belang van die uittredende of afgestorwe vennoot moet op een of ander
ooreengekome wyse aan hom vergoed word. Indien dit nie in kontant uitbetaal word nie
sal dit na 'n leningsrekening oorgeplaas word en volgens ooreenkoms terugbetaal word.

Die oorblywende vennote se winsdelingsverhouding bly in die dieselfde onderlinge


verhouding as wat dit was voor die dood of uittrede van ‘n vennoot tensy die vennote op ‘n
ander winsdelingsverhouding ooreenkom.

Voorbeeld 19.8

Op 31 Desember 20X7 besluit A om uit die vennootskap te tree. Die klandisiewaarde word
op R150 000 waardeer. Daar word ooreengekom dat die bedrag aan A verskuldig op
leningsrekening geplaas sal word, terugbetaalbaar in 5 jaarlikse paaiemente teen 10%
rente per jaar. Die oorblywende vennote sal winste/verliese in die toekoms in hul ou
onderlinge winsdelingsverhouding verdeel.

Op 31 Desember 20X7 was die kapitaalsaldo's soos volg:

A – 250 000
B – 350 000
C – 300 000

19 - 18
Die klandisiewaarde moet eers tussen die vennote verdeel word, voordat A se kapitaal
uitbetaal word. Joernaalinskrywings is soos volg:

Dt Klandisiewaarde 150 000


Kt Kapitaal A (4/15) 40 000
Kt Kapitaal B (6/15) 60 000
Kt Kapitaal C (5/15) 50 000
(Klandisiewaarde by uittrede van A)

Dt Kapitaal A 290 000


Kt Leningsrekening A 290 000
(Oorplasing van bedrag aan A verskuldig na leningsrekening)

B en C sal in die vervolg winste/verliese in die verhouding 6:5 deel, aangesien hulle
voorheen winste in die verhouding 6/15 en 5/15 gedeel het.

Voorbeeld 19.9

Dieselfde omstandighede as in die voorafgaande voorbeeld 19.8, maar die oorblywende


vennote besluit dat klandisiewaarde nie in die boeke getoon moet word nie.

Die joernaalinskrywings bly dieselfde maar die volgende bykomende inskrywings moet
gemaak word:
Dt Kapitaal B (6/11) 81 819
Dt Kapitaal C (5/11) 68 181
Kt Klandisiewaarde 150 000
(Terugskrywing van klandisiewaarde)

19.6.3 Gelyktydige uittrede van 'n vennoot en toetrede van 'n nuwe vennoot

By gelyktydige uittrede en toetrede van vennote is die rekeningkundige prosedure


dieselfde as by die enkele uittrede of enkele toetrede, maar dit is verkieslik om eers die ou
vennootskap se sake afsonderlik te behandel en daarna die inskrywings vir die nuwe
vennootskap, te maak.

19.7 Hantering van polisse

Wanneer een vennoot sterf kan die oorblywende vennote kontantvloeiprobleme ondervind
as hulle sy kapitaalrekening (belang in die vennootskap) aan sy boedel moet uitbetaal.
Vennote neem dus polisse op hul eie lewens uit wat dan aan die ander vennote sedeer
word, sodat daar kontant beskikbaar is aan die oorblywende vennote by die afsterwe van
'n vennoot om sy kapitaal oor te betaal aan sy boedel.

Die volgende begrippe is belangrik m.b.t. polisse:

• Gesamentlike lewensversekeringspolis uitgeneem op die lewens van al die


vennote:

19 - 19
o Een polis word gesamentlik uitgeneem op die lewens van al die vennote en
met die afsterwe van enige een van die vennote betaal die polis uit. Net een
premie word betaal aangesien daar net een polis is.

• Afsonderlike lewensversekeringspolisse uitgeneem op die lewens van vennote:


o Elke vennoot het sy eie polis en 'n afsonderlike premie word op elkeen van
die vennote se polisse betaal.

• Uitkeerwaarde van 'n polis:


o Bedrag wat versekeraar uitbetaal met die afsterwe van die vennoot.

• Afkoopwaarde van 'n polis:


o Bedrag wat versekeraar sal uitbetaal as die polis gestop word voor die dood
van die vennoot wie se lewe verseker is.

• Drabedrag van ‘n polis:


o Indien premies hanteer word as ‘n uitgawe, is die drabedrag van die
polisrekening nul.
o Indien premies hanteer word as ‘n bate, is die drabedrag van die
polisrekening die totaal van al die premies betaal tot op datum.

Alhoewel die polisse op die lewens van die vennote uitgeneem word, word die premies op
die polisse deur die vennootskap betaal en kan op een van twee maniere in die boeke van
die vennootskap hanteer word:

Hantering van premies as 'n uitgawe

Premies word as gewone uitgawe hanteer en jaarliks teen winste afgeskryf


Dt Premie uitgawe
Kt Bank/Krediteure

Hantering as 'n bate

Premies word jaarliks na 'n polisbate rekening (amper soos 'n spaarrekening) gedebiteer
en die premies verminder dus nie die netto wins en die winsdeling van die vennote nie.
Dt Polisbates (een vir elke vennoot)
Kt Bank/Krediteure

19 - 20
HOOFSTUK 19
VRAE

Bladsy

Vraag 19.1 Wins-en verliesrekening, lopende rekeninge en


verdelingsrekening 19 - 22

Vraag 19.2 Verdelingsrekening, lopende rekeninge en algemene reserwe 19 - 25

Vraag 19.3 Verdelingsrekening en lopende rekeninge 19 - 27

Vraag 19.4 Verdelingsrekening en lopende rekeninge 19 - 28

19 - 21
VRAAG 19.1

Die volgende na-aansuiwerings saldo's het op 30 Junie 20x6, die einde van die finansiële
jaar, in die algemene grootboek van Jajo Sport verskyn:

R
Kapitaalrekeninge - James 500 000
- Jonah 600 000
Lopende rekeninge op 1 Julie 20x5 - James 20 000 (Dt)
- Jonah 50 000 (Kt)
Onttrekkings - James 180 000
- Jonah 200 000
Langtermynlening verskuldig @ 12% per jaar rente 400 000
Debiteure 710 000
Krediteure 410 000
Toerusting teen kosprys 700 000
Opgelope waardevermindering 77 200
Waardevermindering 47 250
Toelaag vir kredietverliese van debiteure 26 500
Toename in toelaag vir kredietverliese van debiteure 6 500
Oninbare skuld afgeskryf 3 000
Oninbare skuld verhaal (t.o.v. vorige jaar) 1 050
Voorraad op 1 Julie 20x5 805 000
Rente op langtermynlening 48 000
Verkope van produkte 2 750 000
Aankope van produkte 2 005 000
Skryfbehoeftes verbruik 5 000
Salarisse en lone - Werknemers 65 000
Huur van perseel 20 000

Addisionele inligting:

1. Geen langtermynlenings is aangegaan of terugbetaal gedurende die jaar nie.


2. Die voorraad produkte se kosprys het R610 000 op 30 Junie 20x6 bedra.
3. Die vennootskapooreenkoms bepaal onder andere die volgende:
- Rente word op kapitaalrekeninge verdien teen 9% per jaar.
- Rente word op die openingsaldo's van lopende rekeninge gehef of verdien teen 7%
per jaar.
- Jonah is geregtig op 'n salaris van R60 000 per jaar.
- James is geregtig op 'n bonus van 10% van die verdeelbare wins, nadat die
bostaande items in berekening gebring is.
- Oorblywende winste of verliese word gelykop verdeel.

VAN U WORD VERLANG OM

(a) die wins- en verliesrekening en die verdelingsrekening op 30 Junie 20x6 te toon,


nadat al die sluitingsjoernaalinskrywings gemaak is.
(b) die lopende rekeninge van James en Jonah vir die jaar geëindig 30 Junie 20x6, te
toon.
(c) die Balansstaat op 30 Junie 20x6 op te stel.

19 - 22
VRAAG 19.1
Wins-en verliesrekening
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Oninbare skuld 3 000 Bruto wins (a/b vanaf H/rek) 550 000
Toename in toelaag vir 6 500 Oninbare skuld verhaal 1 050
kredietverliese van debiteure
Rente op lening 48 000
Waardevermindering 47 250
Skryfbehoeftes verbruik 5 000
Salarisse en lone 65 000
Huur van perseel 20 000
Netto wins (o/d na Verdelingsrek) 356 300
551 050 551 050

Verdelingsrekening
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

357 700 357 700

Lopende rekening - James


Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo a/b 20 000

Saldo o/d 49 040


201 400 201 400
Saldo a/b 49 040

Lopende rekening - Jonah


Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag
Saldo a/b 50 000

Saldo o/d 55 340


255 340 255 340
Saldo a/b 55 340

19 - 23
BALANSSTAAT OP 30 JUNIE 20X6
R
BATES

NIE-BEDRYFSBATES
Toerusting 622 800
Kosprys 700 000
Min: Opgelope waardevermindering 77 200
Ontasbare bates -
Finansiële bates -
Totale nie-bedryfsbates 622 800

BEDRYFSBATES 1 293 500


Voorraad teen kosprys 610 000
Debiteure 683 500

1 916 300
EKWITEIT EN LASTE

KAPITAAL
Kapitaalrekeninge 1 100 000
James 500 000
Jonah 600 000
Lopende rekeninge 6 300
James (49 040)
Jonah 55 340

NIE-BEDRYFSLASTE
Langtermynlening - Jonah 400 000

BEDRYFSLASTE
Krediteure 410 000

1 916 300

19 - 24
VRAAG 19.2

Tom en Jerry is vennote in 'n onderneming. Die volgende saldo's het onder andere in die
grootboek van die onderneming verskyn op 28 Februarie 20x5, die rekenpligtige datum,
nadat die sluitingsjoernaalinskrywings reeds gedoen is:

R
Kapitaalrekeninge - Tom 280 000
- Jerry 250 000
Lopende rekeninge op 1 Maart 20x4 - Tom 20 000 (Dt)
- Jerry 30 000 (Kt)
Onttrekkings - Tom 72 000
- Jerry 60 000
Algemene reserwe 10 000
Wins-en verliesrekening (Netto wins) 165 000

Die vennootskapooreenkoms bepaal die volgende:

1. Vennote verdien rente op hul Kapitaalrekenings teen 10% per jaar. Die
kapitaalrekeninge was onveranderd gedurende die jaar.

2. Rente word gehef of verdien op die openingsaldo's van die lopende rekeninge teen
12% per jaar.

3. Die algemene reserwe word jaarliks met R5 000 verhoog.

4. Rente word op onttrekkings gehef. Vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x5 het die rente
vir Tom R1 700 en vir Jerry R1 500 bedra.

5. Tom is geregtig op 'n salaris van R4 000 per maand en Jerry op 'n salaris van
R5 000 per maand.

6. Tom is geregtig op 'n kommissie van 10% van die netto wins vir die jaar.

7. Oorblywende winste of verliese word verdeel in die verhouding 4:3 vir Tom en Jerry
onderskeidelik.

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x5, behoorlik
afgesluit, te toon:

- Die verdelingsrekening
- Die vennote se lopende rekeninge
- Die algemene reserwe-rekening

19 - 25
VRAAG 19.2

Verdelingsrekening
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

Lopende rekening - Tom


Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

Lopende rekening - Jerry


Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

Algemene reserwe
Besonderhede Bedrag Besonderhede Bedrag

19 - 26
VRAAG 19.3

Charles en Hennie is vennote in ‘n onderneming. ‘n Vennootskapooreenkoms bepaal


onder andere die volgende:

1. Rente word op kapitaalrekeninge verdien teen 10% per jaar.


2. Rente word verdien of gehef op lopende rekening teen 12% per jaar op die
openingsaldo’s van die betrokke rekeninge aan die begin van die jaar.
3. Rente word gehef op onttrekkings. Vir die jaar geëindig 30 Junie 20x1 het dit
onderskeidelik R5 000 vir Charles en R4 000 vir Hennie bedra.
4. Charles is geregtig op ‘n jaarlikse bonus van R80 000.
5. Hennie moet n salaris van R100 000 per jaar ontvang.
6. Hennie moet kommissie van R20 000 per jaar ontvang.
7. Die oorblywende winste en verliese word gelykop tussen die vennote verdeel.

Die volgende saldo’s het onder andere op 30 Junie 20x1, die einde van die finansiële, jaar
in die onderneming se grootboek verskyn:
R
Kapitaalrekeninge - Charles 700 000
- Hennie 500 000
Lopende rekeninge op 1 Julie 20x0 - Charles 40 000 (Kt)
- Hennie 30 000 (Dt)
Onttrekkings - Charles 400 000
- Hennie 300 000
Wins-en verliesrekening (Netto wins) 702 080

Addisionele inligting:

1. Charles het ‘n verdere R300 000 kapitaal op 1 Mei 20x1 gestort.


2. Hennie het geen verdere kapitaal gedurende die jaar gestort nie.

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 30 June 20x1, behoorlik afgesluit, te
toon:

a) Verdelingsrekening
b) Lopende rekeninge van Charles en Hennie

19 - 27
VRAAG 19.4

Shaun en Tandi is vennote in ‘n onderneming. Die vennootskapooreenkoms bepaal onder


andere die volgende:

1. Rente word op kapitaal en lopende rekeninge verdien of gehef teen 10% per jaar.
Rente word op die beginsaldo’s van die lopende rekeninge bereken.
2. Shaun is geregtig op ‘n jaarlikse salaris van R25 000.
3. Tandi is geregtig op ‘n jaarlikse bonus van 10% van die netto wins vir die jaar.
4. Die oorblywende winste en verliese word tussen die vennote verdeel in die verhouding
3/ vir Shaun en 2/ vir Tandi.
5 5

Die volgende saldo’s het onder andere op 28 Februarie 20x2, die einde van die finansiële
jaar in die onderneming se grootboek verskyn:
R
Kapitaalrekeninge - Shaun 125 000
- Tandi 80 000
Algemene reserwe 21 000
Lopende rekeninge - Shaun (1 Maart 20x1) 4 600 (Kt)
- Tandi (1 Maart 20x1) 2 200 (Dt)
Onttrekkings – Shaun 55 000
– Tandi 48 000
Wins-en verliesrekening (Netto wins) 115 350

Addisionele inligting:

1. Die algemene reserwe moet op 28 Februarie 20x2 met R7 000 verhoog word.
2. Shaun het ‘n verdere R5 000 kapitaal gestort op 1 Desember 20x1. Tandi het geen
verdere kapitaal gedurende die finansiële jaar gestort nie.
3. Die rente wat op Shaun en Tandi se onttrekkings gehef is, het onderskeidelik
R1 100 en R955 vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x2 bedra.

VAN U WORD VERLANG OM

die volgende grootboekrekeninge vir die jaar geëindig 28 Februarie 20x2, behoorlik
afgesluit, te toon:

(a) Verdelingsrekening
(b) Lopende rekeninge van Shaun en Tandi
(c) Kapitaalrekening van Shaun

19 - 28
HOOFSTUK 20
BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE

Bladsy

Leeruitkomste 20 - 2

20.1 Inleiding 20 - 3

20.2 Die werking van BTW 20 - 3

20.3 Rekeningkundige hantering 20 - 7

Vrae 20 – 14

20 - 1
Aan die einde van die hoofstuk behoort studente:

- te kan onderskei tussen inset BTW en uitset BTW

- die werking van BTW te verstaan

- die rekeningkundige hantering van BTW te kan toepas

20 - 2
20.1 Inleiding

Belasting op Toegevoegde Waarde (afgekort BTW) is ‘n indirekte belastingstelsel wat op


30 September 2091 in werking getree het en gereguleer word deur die Wet op Belasting
op Toegevoegde Waarde No 89 van 1991. BTW het Algemene Verkoopsbelasting (AVB)
vervang.

BTW word huidiglik teen 15% op die waarde van die meerderheid goedere en dienste (nie
geld) deur ondernemers gelewer, gehef. BTW word ook ingevorder deur die Departement
van Doeane en Aksyns op alle invoere van goedere.

BTW is dus basies ‘n belasting op goedere en dienste wat in die RSA gebruik word. Slegs
persone wat as BTW-ondernemers geregistreer is, word verplig om BTW te hef op
goedere en dienste.

Daar is sekere vrystellings van BTW en ook sekere geagte lewerings van goedere en
dienste, maar vir doeleindes van Finansiële Rekeningkunde 208 kan u aanvaar dat BTW
op alle dienste en aankope van handelsware, vaste bates en dienste vanaf geregistreerde
persone betaal word (asook op alle invoere van goedere en dienste) en dat BTW op alle
verkope van handelsware, vaste bates en dienste gelewer deur geregistreerde persone,
gehef word (behalwe uitvoere), tensy die vraag anders aandui.

20.2 Die werking van BTW

BTW betaalbaar deur of terugbetaalbaar aan ‘n geregistreerde ondernemer is die verskil


tussen die uitsetbelasting en die insetbelasting.

Uitsetbelasting is die belasting wat die ondernemer vorder op die lewering van goedere en
dienste in die uitoefening van sy bedryf. Insetbelasting is die belasting wat van die
ondernemer gevorder word op goedere en dienste wat aan hom gelewer word.

BTW word gehef teen 15% van die verkoopprys. Indien die verkoper R100 se verkope wil
maak sal hy die aankoper R115 moet vra. R15 moet aan SARS oorbetaal word en is
bekend as uitsetbelasting. Die oorblywende R100 is die verkopebedrag.

Die prys wat vir aankope betaal word, sluit BTW in. Hierdie BTW kan bereken word as
15/115 x prys. Dié BTW is die insetbelasting en kan van SARS teruggeëis word.

Veronderstel ‘n vragmotor word vir R230 000 aangekoop. 15/115 x R230 000 = R30 000 is
BTW wat aan die verkoper betaal word. Die oorblywende R200 000 (R230 000 x 100/115)
is die kosprys van die vragmotor en daarop kan waardevermindering afgeskryf word.

Die aankoper betaal die R30 000 se BTW aan die verkoper en die aankoper kan dit dan
weer terugeis vanaf SARS. Die BTW op die vragmotor “kos” hom dus niks nie. Die
verkoper het die R30 000 se BTW ontvang vanaf die aankoper, maar dit is nie sy geld nie.
Hy het dit namens die Ontvanger ontvang en moet dit aan hom oorbetaal. Hy het dus ook
niks “gemaak” of “verloor” ten opsigte van die BTW nie.

Indien ‘n onderneming geregistreer is vir BTW-doeleindes is hy suiwer ‘n


invorderingsagent van BTW namens die Ontvanger van Inkomste. Alle BTW wat hy
ontvang namens die Ontvanger moet hy oorbetaal en alle BTW wat hy aan verskaffers
betaal kan hy terugeis van die Ontvanger.

20 - 3
BTW word by elke punt in die produksie- en verspreidingskanale gehef. In die voorbeeld
op die volgende bladsy kan u aanneem dat al vier besighede geregistreer is vir BTW
doeleindes en al vier besighede moet dus BTW namens SARS invorder op al die goedere
wat verkoop word. Al vier kan egter ook die BTW wat hulle op hul aankope betaal terugeis
van SARS.

ILLUSTRASIE

TRANSAKSIES BTW OPGAWE BTW


VERSKULDIG
AAN SARS
1. VERVAARDIGER

Verkope 100 Belasting op Verkope 15


BTW 15 (Uitsetbelasting)
R115 MIN
Belasting op Aankope
(Insetbelasting) (0)
BTW betaalbaar R15 15

2. GROOTHANDELAAR
Verkope 400 Belasting op Verkope 60
BTW 60 (Uitsetbelasting)
R460 MIN
Belasting op Aankope
(Insetbelasting) (15)
BTW betaalbaar R45 45

3. KLEINHANDELAAR
Verkope 600 Belasting op Verkope 90
BTW 90 (Uitsetbelasting)
R690 MIN
Belasting op Aankope
(Insetbelasting) (60)
BTW betaalbaar R30 30

4. WINKEL
Verkope 900 Belasting op Verkope 145
BTW 135 (Uitsetbelasting)
R1035 MIN
Belasting op Aankope
(Insetbelasting) (90)
BTW betaalbaar R45 45
R120

20 - 4
VERDUIDELIKING

1. Die vervaardiger wil R100 verdien op die verkoop van sy goedere aan die
groothandelaar. Aangesien die vervaardiger vir BTW geregistreer is moet 15% BTW
uitsetbelasting op die verkoopsprys gehef word en die goedere dus teen R115 verkoop
word. Die groothandelaar skuld die vervaardiger R115.

Die transaksie sal as volg in die boeke van die vervaardiger aangeteken word:

Dt Groothandelaar (debiteur) 115


Kt Verkope 100
Kt BTW-kontrole 15

Die BTW behoort nie aan die vervaardiger nie en moet aan SARS oorbetaal word. Die
kredietsaldo op die BTW-kontrole rekening verteenwoordig dus ‘n las in die boeke van
die vervaardiger totdat hierdie bedrag oorbetaal is aan SARS.

2. Omdat die groothandelaar vir BTW geregistreer is, is die onderneming geregtig om die
BTW wat hy betaal het op sy aankope as ‘n BTW insetbelasting terug te eis van SARS.

Die groothandelaar sal dus die aankoopstransaksie as volg aanteken in sy boeke:

Dt Aankope 100
Dt BTW-kontrole 15
Kt Krediteure 115

Die R15 debietsaldo op die rekening verteenwoordig nou die BTW wat SARS aan die
groothandelaar moet terugbetaal.

3. Die groothandelaar wil R400 verdien uit die verkoop van sy goedere aan die
kleinhandelaar. Die groothandelaar moet ook BTW hef op die verkoop van goedere en
verkoop die goedere dus teen R460 aan die kleinhandelaar.

Die verkoopstransaksie word as volg aangeteken in die boeke van die groothandelaar:

Dt Kleinhandelaar (debiteur) 460


Kt Verkope 400
Kt BTW-kontrole 60

BTW-kontrolerekening in die groothandelaar se boeke


Inset-BTW 15 Uitset-BTW 60
Saldo 45
60 60
Saldo 45

Die saldo op die BTW-kontrole rekening staan nou op R45 krediet en verteenwoordig
die netto bedrag wat die groothandelaar aan SARS verskuldig is.

20 - 5
‘n Ander manier om oor die debiete en krediete van die BTW-kontrolerekening te dink
is dat indien inset-BTW betaal word is dit ‘n bate. Ek het die geld reeds betaal en
iemand (SARS) skuld vir my daardie geld met ander woorde dit is vir my ‘n bate. ‘n
Bate het altyd ‘n debietsaldo.

Wanneer ek uitset-BTW ontvang namens die Ontvanger van Inkomste op goedere


verkoop of dienste gelewer, hou ek daardie geld namens iemand (SARS) en skuld ek
dit dus vir SARS. Met ander woorde dit is vir my ‘n las. ‘n Las het altyd ‘n kredietsaldo.

Indien die BTW-kontrolerekening aan die einde van die tydperk dus ‘n debietsaldo het
beteken dit dat die totale insette meer was as die uitsette. Dit is vir my ’n bate
(debietsaldo) en SARS skuld dus vir my geld.

Indien die BTW-kontrolerekening aan die einde van die tydperk ‘n kredietsaldo het
beteken dit dat die totale uitsette meer was as die insette. Dit is vir my ’n las
(kredietsaldo) en ek skuld vir SARS geld.

4. Op dieselfde wyse as bo sal die kredietsaldo op die BTW-kontrole rekening van die
kleinhandelaar R30 wees en hierdie bedrag sal aan SARS oorbetaal word.

Die kredietsaldo op die BTW-kontrole rekening van die winkel sal R45 wees en
verteenwoordig die bedrag wat aan SARS verskuldig is.

5. Die eindgebruiker het dus R135 BTW aan die winkel betaal, wat gelyk is aan die totale
BTW wat deur al die verskillende ondernemers aan SARS oorbetaal is. Die
eindgebruikers is gewone persone wat die goedere in die winkel koop. Hulle is nie
geregistreer vir BTW-doeleindes nie, hulle betaal die BTW wat die winkel hef, maar kan
dit nie terugeis nie.

Dis belangrik om te besef dat indien ‘n onderneming vir BTW geregistreer is, is BTW nie ‘n
belasting wat op die onderneming gehef word nie. Die onderneming tree net op as
invorderingsagent vir SARS. Die besigheid sal dus op ‘n gereelde grondslag (maandeliks,
twee-maandeliks, halfjaarliks of jaarliks) bereken wat die verskil is tussen BTW ingevorder
op verkope (uitsetbelasting) en BTW betaal op aankope (insetbelasting), ‘n BTW-opgawe
indien en die netto bedrag oorbetaal of terugeis van SARS. Die saldo op die BTW-kontrole
rekening verteenwoordig die netto bedrag wat oorbetaal of teruggeëis moet word.

Die eindgebruiker is die persoon wat eintlik die belasting betaal.

20 - 6
20.3 Rekeningkundige hantering

In al die boeke van eerste inskrywing word 'n kolom vir BTW toegevoeg. Die totaal van
elke BTW-kolom word aan die einde van die maand na die BTW-kontrolerekening
oorgeboek. Hierdie rekening kan na gelang van die saldo 'n bedryfsbate of -las wees. Die
saldo verteenwoordig die netto bedrag wat aan SARS oorbetaal of van hul terugontvang
sal word.

20.3.1 Aankope

Elke aankoopstransaksie (van goedere en dienste) word vanaf die goedere-


ontvangsbewys en/of faktuur in die aankoopjoernaal aangeteken. Indien die onderneming
vir BTW geregistreer is, sal ‘n BTW-kolom in die aankoopjoernaal ingevoeg word (indien
kontantaankoopstransaksies direk in die KBJ aangeteken word en nie eers in die
aankoopjoernaal nie, sal ‘n BTW-kolom ook in die KBJ ingevoeg word).

Die totale aankoopprys op ‘n transaksie (wat BTW insluit) word in die totaalkolom in die
aankoopjoernaal aangeteken. Die aankoopprys (uitgesluit die BTW deel) word in die
kolom aangeteken van die bate/uitgawe wat aangekoop word, bv. Aankope/Voorraad. Die
BTW gedeelte van die aankoopprys word in die BTW-kolom aangeteken.

Die totaal van die totaalkolom in die aankoopjoernaal word teen die
krediteurekontrolerekening gekrediteer. Elke individuele transaksie word teen die
onderskeie krediteurerekeninge in die krediteure grootboek gekrediteer met die totale
aankoopprys (BTW ingesluit). Die bate-/uitgawekolom (bv Aankope/Voorraad) se totaal
word teen die bate-/uitgawerekening gedebiteer en die BTW-kolom se totaal word teen die
BTW-kontrolerekening gedebiteer (dit is dus die insetbelasting).

Handelskorting wat vanaf verskaffers ontvang word, word glad nie teboekgestel nie. Die
verlaagde aankoopprys geld as die werklike aankoopprys en aankope sal teen hierdie laer
waarde in die boeke aangeteken word. BTW word op die verlaagde aankoopprys gehef.

Joernaalinskrywing – Aankoopstransaksies:

Dt Uitgawe/bate met aankoopprys (BTW uitgesluit) 100


Dt BTW-kontrole (met BTW insetbelasting) 15
(R115 * 15/115 of R100 *15%)
Dit is belangrik om te weet wanneer
Kt Krediteurekontrole om
(met volle te vermenigvuldig
aankoopprys wat BTW met 15% en wanneer115
insluit) om te
vermenigvuldig met 15/115 om die BTW te bereken.

20 - 7
Dit is belangrik om te weet wanneer om te vemenigvuldig met 15% en wanneer om te
vemenigvuldig met 15/115 om die BTW te bereken.

Die uitgawe, inkomste en bate is altyd netto van die BTW en die debiteur, krediteur en
bank sluit altyd BTW in.

Uitgawe, inkomste en bate + BTW = Debiteur, krediteur en bank


100 + 15 = 115

Die beginsel is altyd om te neem dit wat jy het en dit te vermenigvuldig met wat jy soek en
weer te deel deur wat jy het.

Indien jy dus die totale prys het = R230, wat is die BTW?

R230 x15/115 = R30

As die netto prys het = R200, wat is die BTW?

R200 x15/100 (15%) = R30

Aankoopretoere word in die aankoopterugsendingsjoernaal aangeteken. ‘n BTW-kolom


word ook in die aankoopterugsendingsjoernaal ingevoeg. Die oorboeking na die
grootboekrekeninge is die teenoorgestelde van die oorspronklike aankooptransaksie.

Joernaalinskrywing – Aankoopterugsendingstransaksies:

Dt Krediteure (met volle aankoopsprys wat BTW insluit van die goedere teruggestuur) 115
Kt Uitgawe/bate met aankoopprys (BTW uitgesluit) 100
Kt BTW-kontrole (met
Uit die aankoopstransaksie BTW deel
ontstaan 'n van aankoopprys)teen die onderneming (krediteur/las).
vorderingsreg 15

Die uitstaande skuld is gelyk aan die aankoopprys van die goedere wat BTW insluit en
word afgelos deur die betaling aan die krediteur.

Geen BTW word op die betaling van die geld aan krediteure gehef nie.

Joernaalinskrywing – Aflossing van verpligting aan krediteur:

Dt Krediteurekontrole (met volle aankoopprys wat BTW insluit) 115


Kt Bank (met volle aankoopprys wat BTW insluit) 115

20 - 8
20.3.2 Verkope

Alle verkooptransaksies word vanaf die verkoopsfakture in die verkoopjoernaal


aangeteken. Waar ‘n onderneming geregistreer is vir BTW, moet BTW op
verkooptransaksies gehef word en ‘n BTW-kolom sal dus in die verkoopjoernaal ingevoeg
word (indien kontanverkoopstransaksies direk in die KOJ aangeteken word, sal ‘n BTW-
kolom ook in die KOJ ingevoeg word).

Die totale verkoopprys, wat BTW insluit, word in die totaalkolom aangeteken. Die
verkoopprys sonder BTW word in die Verkope-kolom aangeteken en die BTW-gedeelte in
die BTW-kolom. Die totaal van die totaalkolom van die verkoopjoernaal word teen die
debiteurekontrole gedebiteer. Individuele verkooptransaksies word met die totale
verkoopprys (BTW ingesluit) teen die betrokke debiteure in die debiteure grootboek
gedebiteer. Die verkope-kolom se totaal word teen verkope gekrediteer en dié van die
BTW-kolom gekrediteer teen die BTW-kontrolerekening.

Handelskorting wat aan klante toegestaan is, word glad nie teboekgestel nie. Die
verlaagde verkoopprys geld as die werklike verkoopprys en verkope sal teen hierdie laer
waarde in die boeke aangeteken word. BTW word op die verlaagde verkoopprys gehef.

Joernaalinskrywing – Verkooptransaksies:

Dt Debiteure (met volle verkoopprys wat BTW insluit) 115


Kt Inkomste met verkoopprys (BTW uitgesluit) 100
Kt BTW-kontrole (met BTW uitsetbelasting) 15

Verkoopretoere word in die verkoopterugsendingsjoernaal aangeteken. ‘n BTW-kolom


word ook in die verkoopterugsendingsjoernaal ingevoeg. Die inskrywings in die
grootboekrekeninge is die teenoorgestelde van dié van die oorspronklike
verkoopstransaksie.

Joernaalinskrywing – Verkoopterugsendingstransaksies:

Dt Verkoopretoere met verkoopsprys (BTW uitgesluit) 100


Dt BTW-kontrole (met BTW deel van verkoopprys) 15
Kt Debiteure (met volle verkoopprys wat BTW insluit van die goedere teruggestuur) 115

Die aflossing van skuld word vanaf die kwitansies in die kontantontvangstejoernaal
aangeteken. Daar is geen BTW op die ontvangste van die geld.

Joernaalinskrywing – Aflossing van verpligting deur debiteur:

Dt Bank (met volle verkoopprys wat BTW insluit) 115


Kt Debiteure (met volle verkoopprys wat BTW insluit) 115

20 - 9
Voorbeeld 20.1

Transaksies van XYZ gedurende Mei 20X9 (alle pryse sluit BTW van 15% op kosprys in):

1. Koop voorraad van R1 725 op krediet van A.

2. Betaal kontant vir voorraad ter waarde van R2 300.

3. Stuur voorraad ter waarde van R287.50 terug aan A.

4. Koop voorraad ter waarde van R2 875 op krediet van B.

5. Koop 'n afleweringsvoertuig vir R57 500 op krediet van C.

6. Betaal herstelwerk van R12 075 kontant.

7. Betaal B se rekening ten volle.

8. Betaal R57 500 aan C.

9. Verkoop voorraad vir R3 910 kontant.

10. Verkoop ’n ongebruikte rekenaar vir R1 150 op krediet aan D.

11. Verkoop voorraad ter waarde van R1 035 op krediet aan E.

12. E stuur voorrad ter waarde van R460 terug en vereffen sy rekening ten volle.

VERLANG

Stel die bogenoemde transaksie te boek.

20 - 10
ALGEMENE GROOTBOEK

Krediteurekontrole
Aankoopterugsendings- 287.50 Aankoopjoernaal 62 100
joernaal (1725+2875+57500)
Bank 60 375
(2875+57500)
Saldo 1 437.50
62 100 62 100
Saldo 1 437.50

Aankope
Krediteure 4 000 Terugsendings 250
(1500+2500)
Bank 2 000 Saldo 5 750
6 000 6 000
Saldo 5 750

Debiteurekontrole
Verkope 2 185 Terugsendings 460
(1150+1035)
Bank 575
(1035 – 460)
Saldo 1 150
2 185 2 185
Saldo 1 150

Verkope
Debiteure 400 Debiteure 900
Saldo 3 900 Bank 3 400
4 300 4 300
Saldo 3 900

BTW-kontrole
Verkope terugsendings 60 Debiteure (Uitset) 285
(Inset) (150+135)
Aankope (Inset) 8 100 Bank (Uitset) 510
(225+375+7500)
Bank (Inset) 1 875 Aankope terugsendings 37.50
(300+1575) (Uitset)
Saldo 9 202.50
10 035 10 035
Saldo 9 202.50
20 - 11
KREDITEURE GROOTBOEK

A
Terugsendings 287.50 Aankope 1 725
Saldo 1 437.50
1 725 1 725
Saldo 1 437.50

B
Bank 2 875 Aankope 2 875
2 875 2 875

C
Bank 57 500 Voertuig 57 500
57 500 57 500

DEBITEURE GROOTBOEK

D
Rekenaar 1 150

E
Verkope 1 035 Terugsendings 460
Bank 575
1 035 1 035

20 - 12
HOOFSTUK 20
VRAE

Page

Vraag 20.1 Hanteering van BTW 20 - 14

20 - 13
VRAAG 20.1

Spiga Ltd. is ’n geregistreerde BTW-ondernemer met ’n 30 September 20X8 finansiële


jaareinde. Die BTW koers beloop 15%. Die entiteit maak van ’n deurlopende
voorraadstelsel gebruik. Alle verkope en aankope van voorraad word op krediet gedoen.

Die volgende saldo’s het, onder andere, op 1 Oktober 20x7 in die algemene grootboek van
Spiga Ltd. verskyn:
R
BTW-kontrole (bedrag ontvangbaar) 2 000
Krediteurekontrole 37 000

Spiga Ltd. het gedurende die jaar geëindig 30 September 20X8 die volgende transaksies
aangegaan en alle bedrae sluit, waar toepaslik, BTW in:

1. Verkope van voorraad van R386 400.


2. Aankope van voorraad van R322 000.
3. Aankoopretoere van R8 050.
4. Betalings vanaf debiteure van R376 200.
5. Betalings aan krediteure van R339 720.

VAN U WORD VERLANG OM

a) die BTW-kontrolerekening in die algemene grootboek van Spiga Ltd. op


30 September 20X8 te toon.

b) die saldo van die Krediteurekontrole-rekening, soos wat dit op 30 September 20X8
in die finansiële state van Spiga Ltd. sal verskyn, te bereken.

20 - 14

You might also like