Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

GR 12 HIERDIE IS DIE OPSOMMING VAN DIE INHOUD VAN BL 80 – 97 OOR

REISDOKUMENTASIE. BESTUDEER DIT EN GEBRUIK DIE OM DIE VRAE WAT OP DIE D6


GELAAI WORD TE BEANTWOORD.
BRON: JIT OPGESTEL DEUR E FERREIRA (ECDOE)
Geldige  ’n Dokument wat deur ’n nasionale regering uitgereik word en wat
paspoort die identiteit (naam, geboortedatum, geslag en geboorteplek) en
nasionaliteit van die houer sertifiseer.
Visum  ʼn Stempel wat in die aansoeker se paspoort aangebring word wat aan
die houer toestemming gee om na ʼn land te reis, die land binne te
gaan, in transito te wees of in die land te bly.
Gesondheid-  n Gesondheidsertifikaat is ’n verklaring wat deur ’n gesondheidsorg-
sertifikaat verskaffer (soos ’n dokter) geteken is en wat getuig dat die draer van
die sertifikaat gesond is.
 ’n Gesondheidsertifikaat is ’n boekie wat ’n reisiger moet voorlê as
bewys dat hy of sy die nodige inentings ontvang het vir toelating tot
die land.
Internasionale  Gee jou toestemming om in ’n ander land te bestuur.
rybewys of  Verskaf ’n vertaling van jou Suid-Afrikaanse rybewys in verskeie tale.
permit (IBP)  Motorverhuringsmaatskappye vereis dikwels 'n geldige IBP wanneer
daar in die buiteland bestuur word.
Belastingvrye  Belastingvrye goedere is goedere wat aangekoop is by 'n
goedere belastingvrye winkel waarop 'n toeris nie belasting sal betaal by
doeane beheerpunte nie.
Verbode  Verbode goedere is goedere wat kragtens die wet nie in ’n land
goedere ingebring mag word nie.
Groen kanaal  Die groen kanaal is ‘n roete wat in die doeanegebied van ’n
internasionale lughawe geleë is vir passasiers wat niks het om te
verklaar nie (dié wat goedere het wat binne die doeaneperk is/nie
verbode items by hulle het nie).
Rooi kanaal  Die rooi kanaal is ‘n roete wat in die doeanegebied van ’n
internasionale lughawe geleë is vir passasiers met goedere om te
verklaar (dié wat items het wat meer is as die toegelate doeaneperk
en/of verbode goedere by hulle het).
Om te  Om te verklaar beteken om goedere wat jy in ’n land ingebring het
verklaar amptelik by Doeane te noem.

You might also like