Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

STAPPE OM TE VOLG

1. Vind die plekke op die tydsonekaart en stel vas watter kleur hulle is. Die wêreldtydsonekaart
is ge” colour code”. Dit beteken dat die wit/grys areas aan die bokant van die kaart
korrespondeer met die kleur van die lande. Hierdie sal jou help om die tydsone vas te stel.

2. Stel vas wat die tydsverskil is tussen die TWEE lande.

3. Wenk: As beide plekke aan dieselfde kant is van UTK, bv Suid Afrika (+2) en Sydney, Australië
(+10) OF New York (-5) en San Francisco (-8) dan moet jy aftrek om te aantal ure verskil uit te
werk.

4. Wenk vervolg: Indien die plekke op verskillende kante van UTK is, bv Suid Afrika (+2) en Rio
de Janiero, Brasilië (-3) PLUS die ure verskil.

5. As jy weet hoeveel ure daar tussen die 2 plekke is, bepaal of jy ooswaarts of weswaarts reis.

6. Indien jy OOSWAARTS reis, PLUS die aantal ure tydsverskil by die tyd van die plek wat gegee
word.

As jy WESWAARTS reis trek die aantal ure AF van die tyd wat gegee word.

7. Plus/minus die aantal ure en gee die antwoord deur gebruik te maak van die 24 uur horlosie.
Onthou om die dag en datum van jou antwoord in te sluit.

BEREKENINGE MET DBT


• Hoe weet ek of ek DBT in ‘n berekening moet gebruik?
• Indien daar ‘n datum in die vraag gegee word, OORWEEG DBT! Die eksaminator gee vir jou ‘n
leidraad. Soms sal die vraag vir jou sê om DBT te gebruik.
• Indien DBT gebruik moet word moet jy eers EEN uur by die tydsone van die land byvoeg. Dit
beteken eenvoudig dat jy die land se tydsone oorskuif met EEN tydsone na die regterkant. Bv as
New York (-5) in die berekening gebruik word moet die tydsone daarvan aangepas word met
EEN uur (na die regterkant) wat New York dan in -4 tydsone plaas.
• Daarna volg jy die stappe (soos voorheen) om dei berekening te voltooi.

BEREKENINGE MET VLUGURE


Indien jy gevra word om vertrektyd of aankomstyd van ‘n vlug te bereken geld die volgende:

Doen die berekening soos gewoonlik en onthou:

AS JY AANKOMSTYD WIL BEREKEN, PLUS DIE VLUGURE


AS JY VERTREKTYD WIL BEREKEN, MINUS DIE VLUGURE

You might also like