Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 13

AFRIKAANS AFBAKENING

Slegs Vraestel word geskryf. Tyd – 2 ure; Punte - 80

Afdeling A: Leesbegrip en Advertensie


Afdeling B: Opsomming
Afdeling C: Taal – Woordsoorte
Skryftekens en Leestekens
Samevoegsels
Intensiewe vorme
Beeldspraak
Spelling
Homonieme
Tye
Ontkennende vorme
Deelwoorde
Voegwoorde
Trappe van vergelyking
Verkleinwoorde
Direkte en indirekte rede
Sinsoorte
Bywoorde
Voornaamwoorde
Afkortings en Akronieme
Hersiening:

1. BEGRIPSTOETS:
2. Visuele Teks

WAT IS BY ADVERTENSIES BELANGRIK:

Jy moet die volgende kan identifiseer:

 Wie is die adverteerder?


 Wat word geadverteer (die Produk)?
 Wie is die teikenmark (wie sal die produk koop)?
 Watter visuele tegnieke word gebruik om die produk te adverteer. (Kyk na
lettergroottes en lettertipes; vetgedruk; voorgrond of agtergrond, leestekens, wat is
die middelpunt)?
 Wat is die boodskap en hoe sluit dit by die SLAGSPREUK aan?
 Watter gevoelswaarde word oorgedra?
 Kom stereotipering voor?
 Watter sosio-ekonomiese omstandighede word aangespreek, bv. is dit ‘n sakeman of
huisvrou of werklose?
1. Wie is die adverteerder wat hierdie kompetisie aanbied? (1)
2. Watter produk/diens lewer hierdie adverteerder? (1)
3. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n neologisme is. (1)
4. Wat moet ’n persoon doen om aan hierdie kompetisie deel te neem? (1)
5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.
Slegs individue kan deelneem. (2)
6. Verduidelik die woordspeling in die woord “virseker”. (2)
7. Wat is die adverteerder se slagspreuk? (1)
8. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer. “Doef-doef-doef” is ’n voorbeeld van
(klanknabootsing/klankverspringing).

HOE OM STROKIESPRENTE TE ONTLEED:

Wanneer ons met strokiesprente te doen kry, onthou dat jy die volgende moet weet

• hoe om ’n strokiesprent te benader


• hoe om verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en waardering te toon
• vra te vrae ten einde voorspellings te maak
• om tekste te vluglees:
deur titels te identifiseer
inleidings te identifiseer
deur verskillende tipes praatborrels te kan identifiseer, bv. as die borrel geruite
kante het, is die persoon moontlik kwaad en skreeu.

Wanneer ons strokiesprente lees en ontleed moet ons vir onsself die volgende vrae vrae:

 Verstaan ek die strokiesprent?


 Kan ek vertel wat gebeur?
 Hoeveel karakters is daar?
 Watter verband is daar tussen die karakters?
 Waar speel die gebeure af?
 Waarom speel die gebeure daar af?
 Wat kan ek van die karakters se lyftaal (“body language”) aflei?
 Verstaan ek al die woorde en sinne in die geskrewe teks?
 Wat is die boodskap in die strokiesprent?

WAT IS BELANGRIK BY SPOTPRENTE:

Jy moet die volgende by spotprente kan identifiseer:

 Watter aktuele probleem (iets wat algemeen in die lewe voorkom) word uitgebeeld?

Voorbeelde van aktuele probleme is: misdaad, diefstal, korrupsie, armoede, ongesonde
eetgewoontes, ongesonde leefstyl, besoedeling, geweld, sosio-
ekonomiese omstandighede.
 Kan aflei dat die karakter hard praat, vinnig weghardloop, woedend is ens.
 Die woordspeling kan verduidelik.
 Watter letterlike of figuurlike betekenis oorgedra word?
 Is daar IRONIE? Onthou dat altwee kante by ironie genoem moet word.
 Jy moet jou eie mening/opinie oor die spotprent kan gee.
 Is daar kontras in die spotprent en wat is die doel daarvan?
 Jy moet die raampies kan identifiseer en ook weet wat ’n praatborrel en wat ’n
dinkborrel is.

BELANGRIKE BEGRIPPE WAT JY MOET KEN BY DIE BESTUDERING VAN LEESBEGRIP EN


VISUELE TEKSTE:

 DENOTASIE/LETTERLIKE BETEKENIS:

Dit is wanneer ’n saak presies is soos die woorde sê.


Ons kan ook praat van die woordeboek se betekenis van die woord.
bv. Die vark bly op die plaas.

 KONNOTASIE/FIGUURLIKE BETEKENIS:
Dit is wanneer ’n woord op ’n ander betekenis vlak gebruik word.
(beeldspraak/idiome)
bv. Die seun se kamer lyk soos ’n varkhok.

 GEVOELSTAAL:
Dit is woorde wat gebruik word om emosie uit te beeld.
bv. Die man is woedend oor jy hom laat wag het.

 MANIPULERENDE/OORREDENDE TAAL:
Dit is taal wat gebruik word om ander mense te beïnvloed.
3. Opsomming
4. Taal

Woordsoorte:

Leestekens
Intensiewe vorme:

nat (wet) → papnat


nodig (need) → broodnodig
nuut (new) → splinternuut
orent (upright) → penorent
oop (open) → wawyd oop
reguit (straight) → pylreguit
rond (round) → koeëlrond
ryk (rich) → skatryk
ryp (ripe) → papryp
sag (soft) → papsag
skoon (clean) → silwerskoon
skoon (pretty) → beeldskoon
skraal (skinny) → rietskraal
snel (swift) → blitssnel
soet (sweet) → stroopsoet
suinig (stingy) → vreksuinig
suur (sour) → asynsuur
swaar (heavy) → loodswaar
swart (black) → pikswart
vaal (grey) → asvaal
vas (firm) → rotsvas
verlief (in love) → dolverlief
vet (fat) → spekvet
vol (full) → prop/stampvol
vreemd (strange) → wildvreemd
vry (free) → voëlvry/skotvry
vinnig (fast) → blitsvinnig
warm (hot) → vuurwarm
wit (white) → sneeu/spierwit
wyd (wide) → wawyd

Homonieme: maak sinne met die volgende homonieme om die verskil te wys.

• beroep (betrekking) → beroep (versoek om hulp)


• bloei (Bloed wat vloei) → bloei (dra van bloeisels)
• beet (beetroot), → beet ()
• by (insek wat heuning maak), → by (naby)
• duur (kos baie geld) → duur (aanhou)

Deelwoorde: Lees die volgende sinne en kies die korrekte deelwoorde:

Hy sien vandag die aangenaam/ aangename dokter


Die vakansie was pragtig/pragtige
Die son kom vroeg/vroeë op
Die kos by die snoepie is heerlik/heerlike
Die kinders sing vrolik/vrolike die skoollied
Meervoud en Verkleining:

Gee die MEERVOUD van die volgende woorde tussen hakies.

 Selfoon
 Vak
 Onderneming
 Vuur
 Tafel
 Pyl

Gee die VERKLEINING van die volgende woorde tussen hakies.

 Enjins
 Sluis
 Huis
 Boks
 bal

SINONIEME EN ANTONIEME

Sinonieme

Gee die Sinoniem van die volgende woorde:

• miskien

• angs

• beveel

• vrolik

• skade

Antonieme

Gee die Antonniem van die volgende woorde:

 beknop

 beroemd

 jonk

 binne
Woordorde: Herskryf die volgende sinne in die korrekte woordorde

 (deur) (die muis) (die kat) (gevang) (is)

 (die kar) (word) (deur) (Suzuki) (vervaardig)

Leestekens: Vul die ontbrekende leestekens in die onderstaande sin:

 al is toets nog ver moet ons nogsteeds hard leer

Ontkennende vorm: Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm:

 Die muis is deur die kat gevang.

 Die kantoor is baie besig.

Homofone: kies die korrekte woord tussen hakies:

 Sy (reis/rys) na Europa in die vakansie.

 Die (lig/lug) in die klas is baie skerp.

Voorsetsels: kies die korrekte voorsetsel:

 Sy speel ‘n wedstryd (te/op) Bryanston High.

 Sy spring (op/in) die swembad.

Voegwoorde: verbind die volgende sinne met die voegwoord tussne hakies:

 Sy wou hard leer. Sy goeie punte kan behaal. (sodat)

 Sy is moeg. Sy het laat gewerk. (omdat)

Tye:

Skryf die volgende sin in die toekomende tyd:

 Sarie het haar huiswerk begin.

 Hy kies ‘n nuwe kar.

Skryf die volgende sinne in die verlede tyd:

 Sarie doen haar huiswerk

 Sy koop ‘n nuwe pen.

Vraagsinne:

 Afrikaans is ‘n lekker vak.


 Sy doen haar huiswerk.

Ontkennende vorm: skryf die sin oor in die ontkennende vorm:

 Sy het ‘n nuwe hond

 Sy het ‘n hond gekoop

Lydende vorm:

skryf die onderstaande sin in die lydende vorm. Begin soos aangedui:

 Sarie eet ‘n koeksister

 Jan bestuur die kar.

You might also like