Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

UCT Online High School Cambridge International

Afrikaans (0548): Term 1 Cycle Test


QUESTION PAPER

Subject: Afrikaans Cambridge International


GCSE

Marks: 40 Time: 60 min

Examiner: N Barnett

LEARNING OUTCOMES

● LO1: Demonstrate comprehension of a written text.


● LO2: Apply Language Conventions learned in previous modules.
● LO3: Demonstrate and apply your understanding of the features of an informal
letter.

INSTRUCTIONS

● Write your answer to each question in the space provided in the answer booklet.
● Be sure to scan and submit your answer booklet.
● Sign the declaration in your answer booklet.
● Answer all questions in Afrikaans.
● Dictionaries and online translators may NOT be used.

INFORMATION

● The total mark for this paper is [40].


● The number of marks for each question is shown in brackets [ ].
OEFENING 1

Lees die volgende inligting oor fynbos en veldbrande. Beantwoord daarna die
vrae wat volg.

Fynbos en die impak van vuur daarop

Fynbos is plante wat in groot dele van die Boland in Suid-Afrika gevind word.
Baie soorte fynbos se saad begin net groei nadat daar ‘n brand was. Proteas en
erikas is voorbeelde van fynbos. Baie soorte fynbos wat in Suid-Afrika groei, kry
‘n mens nêrens anders in die wêreld nie.

Fynbos het vuur nodig om te oorleef, maar gereelde, onbeplande veldbrande


kan baie sleg daarvoor wees. As die tyd tussen brande korter is as die tyd wat dit
‘n plant neem om te blom en saad te vorm, kan dit skadelik vir die plante wees.

In die Boland was daar groot veldbrande in Februarie 1999, Desember 2005,
Januarie 2013 en weer in Februarie 2015.

‘n Studie oor die 2005-brand het gewys dat die vuur wel ‘n negetiewe impak op
die gebied se biodiversitieit gehad het. Dit het gebeur omdat die plante na die
vorige brand nie kans gehad het om te blom nie. Dit het beteken hierdie plante
kon nie genoeg saad vorm nie.

2 of 7
‘n Ander studie het gewys dat ten minste 50% van elke soort fynbos in ‘n gebied
tyd moet hê om ten minste drie keer tussen brande te blom om die
biodiversiteit gesond te hou. Dit beteken sommige fynbosspesies wat stadig
groei, het twaalf jaar tussen brande nodig. As ons fynbos meer gereeld as elke
twaalf jaar brand, kan dit beteken ons gaan sekere plantspesies verloor.

Doen dus jou deel en voorkom veldbrande.

(Uit: Die Burger, 7 Februarie 2013)

Vraag 1.1 [1 punt]

Waar in Suid-Afrika kom fynbos meestal voor?

Vraag 1.2 [1 punt]

Vir watter rede is baie van Suid-Afrika se fynbosplante uniek?

Vraag 1.3 [1 punt]

Waarom is vuur belangrik vir fynbos?

Vraag 1.4 [2 punte]

Gee twee voorbeelde van fynbos.

Vraag 1.5 [2 punte]

Wanneer kan veldbrande skadelik vir fynbos wees? Noem twee dinge.

Vraag 1.6 [1 punt]

Soek ‘n woord in die teks met die teenoorgestelde betekenis van ‘selde’.

3 of 7
Vraag 1.7 [2 punte]

In watter maand het die meeste groot brande onlangs voorgekom? Hoekom,

dink jy, sal meeste brande in hierdie maand voorkom?

Vraag 1.8 [1 punt]

Wat moet fynbosplante doen voordat dit saad kan vorm?

Vraag 1.9 [1 punt]

Watter soort fynbos kan ons verloor as dit meer gereeld as elke twaalf jaar
brand?

Vraag 1.10 [1 punt]

Wat kan ons almal doen om fynbos te help?

Vraag 1.11 [2 punte]

Gee twee van jou eie idees van hoe om jou antwoord in 1.10 in die praktyk toe
te pas.

TOTAAL: [15]

4 of 7
OEFENING 2

Lees die inligting oor bedreigde diere in Suid-Afrika. Beantwoord daarna die vrae

wat volg.

Suid-Afrika se diere op die Rooidatalys

Die internasionale Rooidatalys wys in vyf kategorieë of diere se toekoms in

gevaar is of nie.

Die vyf kategorieë is:

Die status van ‘n paar Suid-Afrikaanse diere op die Rooidatalys is soos volg:

A - Leeu: In Suid-Afrika word goeie werk gedoen om leeus te bewaar en hulle

getalle het vermeerder. Hulle status is egter “kwesbaar” omdat leeus in ander

gebiede minder word. Die handel in leeubene in Asië het leeugetalle in

Oos-Afrika verminder.

B - Renoster: Witrenosters en swartrenosters se status het dieselfde gebly.

Witrenosters se status is vanaf 2002 “byna bedreig”. Swartrenosters se status is

vanaf 1996 “kritiek bedreig”.

C - Clanwilliam - sandvis: Hierdie sandvis is nou “kritiek bedreig” nadat hy

voorheen net “bedreig” was. Dit kom in riviere in die Wes-Kaap voor. Die sandvis

word uit sy habitat gedruk deur tilapia, ‘n ander varswatervis waarvan die getalle

baie groei.

5 of 7
D - Kleinotter: Die kleinotter se status het van “minste kommer” tot “byna

bedreig” verander. Hulle kom in riviere en damme voor. Mense sien otters ook

as kompetisie vir kos soos vis.

E - Groototter: Die groototter se status is nou ook “byna bedreig” nadat dit

voorheen “minste kommer” was. Die getal groototters, wat meestal in varswater

voorkom, word minder omdat hulle habitat deur besoedeling bedreig word.

(Uit: Die burger, 24 Junie 2015)

Skryf vir elke vraag die korrekte letter A, B, C, D of E in die spasie.

Watter dier…

1. se status het verander van “bedreig” tot “kritiek bedreig”?

2. se getalle het vermeerder?

3. word uit sy habitat gedruk?

4. se status het nie verander nie?

5. kom in varswater voor?

6. word deur besoedeling bedreig?

7. word deur die handel in bene geraak?

8. word deur mense as vyande gesien?

9. is vir meer as 20 jaar as “kritiek bedreig” beskou?

10. word goed bewaar in Suid-Afrika?

_____________________________________________________________________________________
TOTAAL: [10]

6 of 7
OEFENING 3

Jy gaan hierdie komende naweek na ‘n musiekkonsert en jy is baie opgewonde


daaroor. Skryf ‘n brief waarin jy ‘n goeie maat wat in ‘n ander dorp of stad woon,
daarvan vertel.

Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees.

Onthou om die volgende te noem:

● Wie by die konsert optree

● Wanneer en waar die konsert plaasvind

● Waarom jy so daarna uitsien om na hierdie konsert te gaan.

Jy sal 6 punte vir die inhoud van jou brief en tot 9 punte vir die styl en
akkuraahheid van jou taalgebruik kry.

TOTAAL: [15]

GROOT TOTAAL: 40

EINDE VAN TOETS

Verwysings

1. Fynbos en die impak van vuur daarop. Die Burger, 7 Februarie 2013.
2. Suid-Afrika se diere op Rooidatalys. Die Burger, 24 Junie 2015

7 of 7

You might also like