Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 20

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

www.kinderwerf.co.za
Vaardigheid 1:
Kan jou kind al skoenveters vasmaak?

Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie!

Hasie-gaatjie

om die draaitjie,

spring gou deur,

vasgekeer! (Met vasgekeer trek jy die veter vas!)


Vaardigheid 2:
Kan jou kind netjies tussen die lyne inkleur?

Opdrag: Oefen hierdie vaardigheid baie! Kleur die volgende twee


prentjies so netjies as moontlik in!

WENK: Maak seker jou kind ken al sy/haar kleure- oefen dit terwyl hy/sy
inkleur deur te vra: Watter kleur gebruik jy nou?
panda
kat
Vaardigheid 3:
Kan jou kind papier in klein stukkies skeur en plak
sonder om oor ‘n prentjie se lyne te gaan?

Oefen hierdie vaardigheid so:


1. Druk weer een van die inkleurprentjies op die vorige bladsy uit.
2. Skeur ‘n kleurvolle (hoe meer kleure op die bladsy hoe mooier gaan die
prentjie lyk) bladsy uit ‘n ou tydskrif en gee vir jou kind.
3. Wys jou kind hoe om die papier in klein stukkies te skeur. Jou kind moet
die papier in so klein as moontlik stukkies probeer skeur.
4. Wanneer hy/sy ‘n hele hopie geskeurde papiertjies het, laat hy/sy dit plak
binne die lyne van die prentjie. M.a.w jou kind “kleur” die prentjie in met sy/
haar stukkies papiertjies.

WENK: Party kinders hou baie hiervan ander hou weer niks van hierdie
aktiwiteit nie. Dit is egter noodsaaklik dat jou kind dit oefen.

Motiveer jou kind deur van die volgende te doen:


* Maak jy ook ‘n prentjie - dis vir hulle baie lekker om saam met Mamma en
Pappa ‘n aktiwiteit te doen. Hulle leer ook baie deur te kyk hoe jy dit doen.
* Gesels oor wat jou kind besig is om te doen. Prys hom/haar oor die goeie
en harde werk wat hulle doen.
* As jou kind te veel sukkel, begin eers met groter stukke geskeurde papier
en deur die loop van die 10 weke maak die stukke kleiner.
* Help jou kind om te kyk of hy/sy al die gaatjies in die prentjie toegemaak
het. Help ook kyk of hy/sy êrens oor die lyne gegaan het. Dit leer jou kind
om sorgvuldig te werk en altyd weer sy/haar werkies na te gaan na sy/hy dit
voltooi het.
Vaardigheid 4
Kan jou kind al die letters van die alfabet se
klanke identifiseer?

Die week se klankies is b en d


!!!!!Baie belangrik! Leer die KLANK , nie die letter nie!!!!

Die letters ‘b’ en ‘d’ is lettertjies wat kinders baie met mekaar verwar. Hulle
skryf hulle ook dikwels verkeerd om. Daarom voel ons dis belangrik om die
twee lettertjies saam te gee, dat jou kind mooi na die verskille van elkeen kan
kyk.
Ons gee ook ‘n rympie spesifiek vir hierdie twee lettertjies (ons gee nie vir
elke letter in die program ‘n prentjie nie, net die letters waarmee kinders
gereeld sukkel) om jou kind te help onthou na watter kant die lettertjie kyk.

Hier is ‘n paar aktiwiteite wat julle kan doen om die vaslegging van die
klankies te verseker:
* Leer die rympie van die letter vir jou kind.
* Laat jou kind die prentjie van die letter oorteken.
* Maak seker hy/sy kan die prentjie van die letter onthou! Dit sal verseker dat jou kind die
lettertjie regom skryf.
* Laat jou kind prente gaan soek in tydskrifte van woorde wat met die letter begin. Knip
netjies uit en plak in ‘n boek. Julle kan sommer julle eie klankeboek maak! Maak ‘n aparte
bladsy vir elke letter
* Bak en brou die letter! Laat jou kind die lettertjie met versiersuiker met sy/haar vingertjie
op ‘n papierbord skryf. Plak nou klein lekkertjies om die letter te vorm.
* Teken blokke buite op die stoep (met bordkryt) met ‘n letter in elke blok. Laat jou kind
byvoorbeeld net in die b’s spring of net in die d’s.
* Teken (met bordkryt op ‘n stoep) ‘n groot ‘b’ en laat jou kind voet vir voet, van hak na toon
op die letter se lyne loop. Herhaal met ‘d’.

Oefen om die lettertjies b en d te skryf met die b en d werkskaarte. (Jy


kan die werkskaarte in ‘n “flipfile” plaas en jou kind kan dit met ‘n
witbordmerker natrek vir langdurige gebruik)
b is vir bal
Net soos ‘n bal,
is ‘n ‘b’ se magie ook rond.
Met ‘n kolf,
slaan jy die bal hoog bo die grond!
d is vir dam
D is vir ‘n ronde dam
met vissies
wat jy met jou visstok,
kan vang!
b b b b b
b b b b b
b b b b b
Skryf die ‘b’s!

al

ed
d d d d d
d d d d d
d d d d d
Skryf die ‘d’s!

as

hoe

be
Vaardigheid 5
Kan jou kind ‘n bal gooi en vang?

Oefen hierdie vaardigheid met die volgende prettige


balspeletjie:

Hierdie spel kan met ‘n groepie kinders gespeel word of jy en jou


kind kan dit speel.
Staan ‘n entjie van mekaar af weg en gooi ‘n sokkerbal vir mekaar.
Roep elke nou en dan een van die volgende uit:
* Die bal is van lawa gemaak! Dis vuurwarm gooi vinnig dat dit nie
brand nie!
* Die bal is so swaar, kom ons gooi die vreeslike swaar bal vir
mekaar.
* Ons is hasies wat net kan spring. Ons moet heeltyd spring terwyl
ons die bal vir mekaar gooi!
* Ag nee! Ons het net een been! Ons moet op een been staan en
die bal vir mekaar gooi!
Vra jou kind om ook aan kreatiewe maniere te dink hoe julle die bal
vir mekaar kan gooi.
Hou elke keer aan om die bal op die spesifieke manier te gooi tot
die volgende instruksie gegee word. Julle moet elke keer probeer
om die bal nog steeds raak te vang.

www.kinderwerf.co.za: Afrikaans! Opvoedkundiig! Uniek!


Druk die volgende werkskaarte uit en voltooi.
Hierdie week se werkskaarte leer jou kind die
volgende vaardighede:
* vorms
* fyn motoriese vaardighede
* patrone
* Luistervaardighede (uitvoer van instruksies)

NB! Sorg dat jou kind die korrekte


potloodgreep toepas!

www.kinderwerf.co.za: Afrikaans! Opvoedkundiig! Uniek!


Kyk na die prentjies in elke blokkie. Watse voorwerp is swaarder? Watter voorwerp is ligter?!
Kyk hoe val die blare uit die boom uit. Volg hulle tot op die grond.!
Wie waggel tussen die riete rond? Trek die stippellyne na en vind uit.!
Voltooi die patrone.!
Trek die vorms na.!

You might also like