Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

Vrae

1. Wat is die Suster volgens die gedig? (1)

2. Die herhaling van die “s” klank in reël 1 staan bekend as (assonansie/alliterasie). (1)

3. Watter woord in strofe 1 sê dat die woestyninwoners donderweer gehoor net? (1)

4. Kies die korrekte antwoord en skryf net die nommer en die korrekte nommer neer:

Die woorde wat omgeruil word in reël 2 staan bekend as…

a. enjambement
b. personifikasie
c. asimilasie
d. inversie. (1)

5. “van ver af wink sy met die een hand” beteken dat die inwoners die …. sien

a. grootwild
b. weerlig
c. kleinvolk
d. donderweer. (1)

6. Waarvan vertel die Suster die winde? (1)

7. Noem twee redes hoekom die Suster die winde uitgenooi het? (2)

8. Wie jaag uit die vlaktes om die Suster te verwelkom?

9. Waar het die grootwild bymekaar gekom om die Suster mooi te sien?

10. Watter stelling is korrek?

Die grootwild buk om…

a. die suster te ontmoet.


b. haar die reën op die sand te sien.
c. hulle neusgate wyd te rek.
d. Water te drink (1)

11. Pas die woorde uit Kolom B by die woorde in Kolom A. Skryf slegs die nommer en die letter neer.
KOLOM A KOLOM B
11.1 kleinvolk A skud
11.2 krale B vaal karos
11.3 son C trap af van die hoogte
11.4 berggier D kruip nader
11.5 suster E raak weg
F vuurpluim

12. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

’n Mens vier bruilof (reël 9) as iemand…

a. ’n baba doop.
b. begrawe word.
c. verjaar.
d. trou. (1)

13. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.
Die berggier (reël 20) is ‘n tipe

a. roofvoël.
b. blom.
c. insek.
d. soogdier (1)

14. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

15. Ons kan uit die woord vuur (reël 20) aflei dat die pluim

a. blou-groen is.
b. rooi-geel is.
c. grys-swart is.
d. pers-pienk is. (1)

16. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Jan Konterdans, wat in die subtitel genoem word, woon…

a. in die stad.
b. in die berge.
c. in die woestyn.
d. by die see. (1)

17. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

Die karos wat in reël 22 genoem word, verwys na…

a. golwe.
b. weerlig.
c. reën.
d. wind. (1)

18. Walter tipe musiekinstrument bespeel Jan Konterdans’? (1)

19. Wat doen die kleinvolk om die reën te verwelkom? (1)

20. Waarom rek die grootwild hulle neusgate in reël 12? (1)

21. Wat is die fyn spore wat in reël 14 genoem word? (1)

22. In die eerste strofe kan donderweer gehoor word. Watter twee aparte woorde sal na donderweer
verwys in strofe 1? (2)

23. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die nommer en die letter neer.

In reël 18 waar haar “krale skud” wat ook die donderweer is wat gehoor kan word, is ‘n
voorbeeld van …

a. inversie.
b. personifikasie.
c. klanknabootsing.
d. enjambement. (1)
Die dans van die reën

1 O die dans van ons Suster!


2 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3 Eh haar oge is skaam;
4 En sy lag saggies.
5 En van ver af wink sy met die een hand;
6 Haar armbande blink en haar krale skitter;
7 Saggies roep sy.
8 Sy vertel die winde van die dans
9 En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot.

10 Die grootwild jaag uit die vlakte,


11 hulle dam op die bulttop
12 wyd rek hulle die neusgate
13 en hulle sluk die wind;
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16 en hulle kruip nader en sing saggies:
17 “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

18 En haar krale skud,


19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier;
21 sy trap van die hoogte;
22 sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit;
23 Die asem van die wind raak weg.
24 O, die dans van ons suster!

Eugene Marais

You might also like