Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE

TAAK 1. TERMINOLOGIE.

1. Omskryf die volgende terme:


(a) Ontwikkeling
(b) Verstedeliking
(c) BNP
(d) BBP
(e) BNP/capita
(f) Primêre aktiwiteite
(g) Sekondêre aktiwiteite
(h) Tersiêre aktiwiteite
(i) Kwaternêr aktiwiteite
(j) Geboortekoers
(k) Sterftekoers
(l) Vrugbaarheidskoers
(m) Lewensverwagting
(n) Geleterdheidsvlakke/Onderwyspeil
(o) Kalorie-dieet
(p) Bevolkingsgroeikoers
(q) Volhoubaar
(r) Volhoubare ontwikkeling
(s) Infrastruktuur
(t) Basiese behoeftes
(u) Industrialisasie
(v) Kapitalisme
(w) Meganisasie
(x) Modernisasie
(y) Buitelandse valuta
(z) Menseregte
(aa) Bevolkingsdigtheid
(ab) Landboukundige digtheid
(ac) Aktiwiteitsyfer
(ad) Bevolkingsaanwas
(ae) Landelike-Stedelike migrasie

1
TAAK 2. ONTWIKKELING (bl. 158 – 166)

1. Wat word bedoel met ontwikkeling?

2. Noem en bespreek die TWEE aspekte wat verbetering in mense se lewens veroorsaak
tydens ontwikkeling.

3. Wat behels demografiese oorgang?

4. Uit wat ontstaan ʼn land se rykdom?

5. Uit wat bestaan ʼn land se ekonomie?

6. Noem en gee die verduideliking van die VYF ekonomiese sektore.

7. Wat is die verskil tussen (a) ontwikkelde lande en (b) ontwikkelende lande?
Gee twee voorbeelde van lande by elkeen.

8. Waarvoor staan (Engels en Afrikaans) (a) LEDC, (b) NIC en (c) MEDC?

9. In kolom vorm, verduidelik hoe (a) LEDC, (b) NIC en (c) MEDC se ekonomieë van
mekaar verskil.

10. Hoekom is ontwikkeling belangrik?

11. Noem die AGT Millennium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD).

12. Wanneer het die wêreldleiers die MOD (a) aanvaar en wanneer moet (b) die doelwitte
bereik word?

13. Watter voordele hou dit in as die MOD sy doelwitte bereik?

14. Hoekom is ontwikkeling in die wêreld ongelyk?

15. Wat is die doel van die “Brandlyn”?

16. Waarna verwys “ekonomiese ontwikkeling”?”

17. Waarna verwys “maatskaplike ontwikkeling”?

18. Wat is die verband tussen volhoubare ontwikkeling en die toepaslike skaal van
ekonomiese groei? Noem AGT.

19. Bespreek die volgende ekonomiese ontwikkelings aanwysers:


(a) BBP
(b) BNP
(c) KKP

20. Bespreek die volgende menslike- en maatskaplike ontwikkelings aanwysers:


(a) FLGI
(b) MOI
(c) Gini-koëffisiënt

2
22. Bespreek de volgende demografiese ontwikkelings aanwysers:
(a) Lewensverwagting
(b) Kindersterftes

23. Watter van die volgende stellings van die MOI is waar?
(a) Die MOI word bereken op grond van maatstawwe van gesondheid, onderwys en
lewenstandaard.
(b) Die MOI van ʼn land word aangedui deur ʼn punt van 0-1.
(c) Die land met die hoogste MOI is geneig om in Afrika te wees.
(d) Namate ʼn land meer ontwikkeld raak, kom sy MOI-punt nader aan 1.

24. Hoekom het hoëinkomste-lande ʼn lae kindertsterfte syfer?

25. Ekonomiese ontwikkeling is selde egalig versprei op plaaslike (kleinskaalse), streeks-


(kontinentale), nasionale of internasionale (wêreldwye) vlak. Groei word op 'n paar
begunstigde plekke gekonsentreer, en dit laat ander plekke relatief arm en
onderontwikkeld. Doen gevallestudie 1 om die ontwikkeling op hierdie drie vlakke te
verduidelik.

Gevallestudie 1: Plaaslike, streeks- en wêreldwyse ontwikkeling

Wêreldwye ontwikkeling
Ontwikkelde lande het 'n groeiende werkloosheidsyfer. Op 3 November 2011 is hierdie
veranderende situasie by die Cannes G2o-konferensie in Frankryk bespreek.
Opkomende ekonomieë, soos die BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, China en meer
onlangs, Suid-Afrika), is al hoe belangriker ekonomiese magte. Die G2o (die 20
sterkste ekonomiese lande) het grotendeels die G8 vervang. Die opkomende
ekonomieë sal 'n groter aandeel in die wêreldekonomie kan kry deur binne die
wêreldekonomiese stelsel te werk.

Streeksontwikkeling
Vissery is 'n baie belangrike ekonomiese aktiwiteit in Afrika. Dit ondersteun 'n groot
gedeelte van die bevolking betreffende inkomste, voedsel en die menslike ontwikkeling
wat met werkgeleenthede gepaardgaan. In Suider-Afrika het slegs die land-omringde
Lesotho, Swaziland en Botswana nie groot visbedrywe nie. In die ander SAOG-lande
is die visbedryf ondoeltreffend. Volgens die Wêreldbank kan produksie in die visbedryf
in Suid-Afrika verdubbel word, met die helfte van die huidige inspanning, deur die
bestaande bestuur van die industrie te verbeter.

Plaaslike ontwikkeling
Die amptelike werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is ongeveer 25%. Dit lei
tot uiterste armoede vir baie. Plaaslike ontwikkeling rondom florerende myndorpe soos
Kathu (Noord-Kaap) en Thabazimbi (Limpopo) verlig baie vinnig die plaaslike mense
se armoede. In Kathu werk die werknemers van die plaaslike ysterertsmyne
byvoorbeeld nou saam met die drie plaaslike munisipaliteite om die belangrikste
maatskaplike en ekonomiese probleme te identifiseer. Dit het meer as 400
permanente werksgeleenthede geskep. Gesondheidsorg is geïdentifiseer as een van
die belangrikste behoeftes wat aangespreek moes word. In Kathu is 'n MIV/vigs-kliniek
langs 'n primêre gesondheidsorg-fasiliteit opgerig.

3
(a) Wat is die grootste ekonomiese krisis op ʼn wêreld-, steeks- en plaaslike vlak
onderskeidelik? Skryf die tabel hieronder oor en vul jou antwoord in die regte
kolomme in.

Wêreldvlak Streeksvlak Plaaslike vlak


Ekonomiese krisis

(b) Verduidelik die neiging wat jy in die antwoord van (a) geïdentifiseer het.
(c) Hoekom is die wêreldekonomie in ʼn proses van onsekere verandering?
(d) Hoekom is dit voordelig vir BRICS om binne die wêreldekonomiese stelsel te
werk?
(e) Wat beteken die begrip “opkomende ekonomieë” en “G20”?
(f) Skryf die akronieme BRICS en SAGO voluit.
(g) Hoekom het Botswana, Swaziland en Lesotho nie beduidende vissery-
gemeenskappe nie?
(h) Wat is die belangrikste uitdaging in die visbedryf in Afrika?
(i) Dink jy daar is werklose mense in jou provinsie? Hoe kan die werkloosheids-
probleem opgelos word?
(j) Noem een positiewe gevolg van die mynbedrywighede in Kathu.

4
TAAK 3. RAAMWERK VIR ONTWIKKELING (bl. 168 – 169)

1. Noem die DRIE hooffaktore wat ontwikkeling beïnvloed.

2. Noem en bespreek die DRIE hulpbron faktore wat ontwikkeling beïnvloed.

3. Hoekom is energie so ʼn belangrike hulpbron in die ontwikkelingsproses?

4. Noem en bespreek die TWEE kulturele en maatskaplike faktore wat ontwikkeling


beïnvloed.

5. Noem en bespreek die TWEE politieke faktore wat ontwikkeling beïnvloed.

6. Op watter manier beperk politieke onstabiliteit ontwikkeling?

7. Hoe word die armmes deur omgewingsagteruitgang beïnvloed?

8. Watter TWEE uitdaging is daar om omgewingsagteruitgang te voorkom?

9. Teken ʼn eenvoudige vloeidiagram om die kringloop van onderontwikkeling te


demonstreer.

5
TAAK 4. ONTWIKKELINGSROERE (bl. 170 – 175)

1. Noem die DRIE ontwikkelingsmodelle wat ontwikkeling meet.

2. Verduidelik hoe die VYF stappe van die Rostow model werk.

3. Verduidelik die hoë massaverbruikstadium in Rostow se model.

4. Wat beteken die terme “kern” en “periferie”?

5. Verduidelik hoe die Kern- en Periferiemodel werk.

6. Wat beteken die term “volhoubaarheid”?

7. Lees die volgende stelling gemaak deur GlobalGiving ('n niewinsgewende plaaslike
organisasie wat klem lê op die invoering van iets nuut), en beantwoord die vrae wat
volg: "Klimaatsveranderingprojekte kan groot bonusse wen in 'groen' fondsinsameling."
(a) Na watter ontwikkelingsmodel word daar hierbo verwys?
(b) Gee 'n rede vir jou antwoord in (a).
(c) Verduidelik die term 'groen' fondsinsameling.
(d) Wat is die hooffokus van hierdie klimaatsveranderingsprojek?

8. Verduidelik hoe bevolkingsgroei en ekonomiese ontwikkeling die aarde se natuurlike


hulpbronne uitput.

9. Verduidelik hoe die volhoubaarheidsmodel werk en verwys veral na die ekonomiese,


maatskaplike en omgewing se invloede.

10. Wat is nodig om die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsprobleme op te los, wat


die ontwikkelingsroetes nie-volhoubaar maak?

11. Watter tipe ontwikkeling het die regering ingestel om die gemeenskapsbemagtiging te
bevorder?

12. Noem die TIEN hoofaspekte van gemeenskapsgebaseerde ontwikkelingsprojekte.

6
TAAK 5. HANDEL EN ONTWIKKELING (bl. 176 – 181)

1. Omskryf die volgende terme:


(a) Interafhanklike lande
(b) Internasionale handel

2. Wat is die verskil tussen (a) invoere en (b) uitvoere?

3. Wat is die verskil tussen (a) handelsoorskot en (b) handelstekort?

4. Wat behels die ontwikkelingsgaping?

5. Noem DRIE nadele wat ontstaan a.g.v. die arm lande wat steeds primêre produkte uitvoer.

6. Met verwysing na koffie, verduidelik hoe die kommoditeit wat ʼn primêre produk is, die arm
lande wat dit uitvoer, soos Uganda en Ethiopië, beïnvloed.

7. Gee DRIE redes waarom MEDC-lande baie meer geld verdien uit handel, as die LEDC-lande.

8. Wat doen lande om hul eie uitvoere te verhoog?

9. Noem DRIE voorbeelde van handelsgroepe.

10. Waarna word verwys as ons praat van vryhandel.

11. Noem ʼn paar voordele van vryhandel.

12. Watter nadele is daar aan vryhandel?

13. Noem VIER maniere hoe lande handel met ander lande beheer.

14. Noem nog ander maniere behalwe vir kwotas en invoertariewe wat lande gebruik om handels-
versperrings te implementeer.

15. Noem en bespreek ʼn paar maniere hoe ʼn land sy eie uitvoere kan aanmoedig.

16. Wat is die doel van die “Fair Trade” aksie?

7
TAAK 6. GLOBALISERING (bl. 182 – 187)

1. Wat is globalisering?

2. Bespreek die proses van globalisering en noem ten minste ses handelsname op
figuur 6.1.

3. Hierdie kaart (figuur 6.1) aanvaar dat die wêreldwye gemeenskap op dieselfde vlak
van ekonomiese ontwikkeling is. Stem jy hiermee saam? Motiveer jou antwoord.

Figuur 6.1 Globalisering.

4. Beskryf die VYF belangrikste globale bewegings van globalisering.

5. Teken ʼn kolom waarin jy VYF positiewe gevolge met VYF negatiewe gevolge van
globalisering vergelyk.

6. Hoekom het sommige van die uitvoergerigte lande nog steeds ʼn lae groeikoers
getoon?

7. Hoekom kan die wêreldekonomiese krisis lande met ʼn suksesvolle uitvoergerigte


ekonomie soms ʼn groot probleem raak?

8. Hoe beïnvloed die wêreldekonomiese krisis die ontwikkelende lande se invoere en


uitvoere?

9. Wat is uitvoergerigte ontwikkeling?

10. Hoekom is uitvoergerigte ontwikkeling ʼn teleurstellende ondervinding vir Afrika?

11. Wat is die hoofresultaat van uitvoergerigte ontwikkeling in die LEDC’s?

8
TAAK 7. ONTWIKKELINGSKWESSIES (bl. 188 – 195)

1. Bespreek Die vrou se rol in ontwikkeling.

2. Wat is geslagsgelykheid en word dit in alle lande toegepas?

3. Wat is die doel van die beweging vir vroueregte?

4. Hoe vergelyk vroue se toegang tot mag in Afrika teenoor moderne geïndustrialiseerde
ekonomieë?

5. Wie is hoofsaaklik in beheer van die noodsaaklikehede, naamlik voedsel, water en


energie in die ontwikkelendende lande?

6. Wat vorm die hoof struikelblok in vroue se moontlike werksgeleenthede in die


ontwikkelendelande?

7. Wat is die voordele as vroue skoolopleiding kry vir 10 jaar en langer?

8. Wat beteken diskriminasie op grond van geslag en geslagsgelykheid?

9. Noem drie beroepe wat oorheersend deur mans gevul was, maar wat nou vroue in
diens neem.

10. Hoekom speel vroue ʼn belangrike rol in ekonomiese ontwikkeling?

11. Noem ses toepassings/wette wat diskrimineer teen vroue in ontwikkelendelande en


vroue se bydra tot die samelewing strem.

12. Verduidelik hoe ontwikkeling die omgewing om ons negatief beïnvloed.

13. Verduidelik hoe (a) lugbesoedeling, (b) waterbesoedeling en (c) grondbesoedeling


deur ontwikkeling vermeerder word.

14. Noem SES maatreëls wat ingestel kan word om die effek van besoedeling te
verminder.

15. Bespreek drie maniere hoe die staat betrokke kan raak om ontwikkeling te bevorder.

16. Wat is die staat se vlak van beheer oor semi-staatsinstellings soos Transnet en
Eskom?

17. Hoe moet besighede of die privaatsektor betrokke raak by ontwikkeling?

18. Waarvoor staan die volgende afkortings en wat is elkeen se betrokkenheid by


ontwikkeling in ʼn land?
(a) IOS’e
(b) ROI’s

19. Noem AGT IOS projekte wat in Suid-Afrika plaasvind.

20. Noem die TIEN ROI’s gebiede in Suid-Afrika.

9
Figuur 7.1 Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe in Suid-Afrika

10

You might also like