Professional Documents
Culture Documents
GR 12 Afrikaans Huistaal - Hersiening 2017 - Onderwêreld
GR 12 Afrikaans Huistaal - Hersiening 2017 - Onderwêreld
GR 12 Afrikaans Huistaal - Hersiening 2017 - Onderwêreld
GR 12 AFRIKAANS HUISTAAL
HERSIENING 2017:
ONDERWêRELD
Liewe Graad 12-leerder
Jy staan op die vooraand van ‘n belangrike eksamen in jou lewe. Afrikaans Huistaal Vraestel 2 word
op 15 November 2017 geskryf. Hierdie boekie is saamgestel om jou te help met voorbereiding vir
die vrae wat oor Onderwêreld gestel kan word.
Die boekie dien slegs as ekstra ondersteuning om dit wat julle gedurende die jaar behandel het, vas
te lê. Dit bevat byvoorbeeld geen kontekstuele vrae of uitgewerkte opstelvrae nie, maar wel
oefeninge daaroor.
Die kontekstuele oefening en teksontledings behoort jou te help om enige kontekstuele vraag in die
eksamen suksesvol aan te pak. As jy sinvolle raamwerke vir elk van die voorbeeld-opstelvrae in die
boekie ontwikkel, behoort jy enige opstelvraag in die eksamen te bemeester.
1. Jy mag slegs EEN vraag oor Onderwêreld beantwoord: óf die kontekstuele vraag óf die
opstelvraag.
2. Jy MÓÉT die inhoud van die roman ken, ongeag of jy die kontekstuele vraag of die
opstelvraag gaan beantwoord.
3. Daar is nog genoeg tyd om die roman (vir die eerste keer of nog ’n keer) te lees.
4. Die vrae in julle Junie- en Septembervraestelle is waardevol; werk gerus daardeur.
5. Die voorbeeldvrae wat in hierdie boekie verskyn, is slegs dit: voorbeelde. Werk gerus
daardeur, maar onthou dat daar ander vrae in die eksamen gestel kan word.
Onthou: Oktober en November 2017 is nie die laaste twee maande van jou lewe nie; liewer die
begin van die res van jou lewe. Maak dit ‘n goeie begin!
Sterkte!
C. Banda
(Senior Kurrikulumbeplanner: Afrikaans)
28 September 2017
2
KONTEKSTUELE OEFENING
Identifiseer die spreker, die aangesprokene(s) en verduidelik die konteks en die dieper betekenis
(afleidings, simboliek, verband met temas; vooruitwysing, terugwysing) van elk van die
onderstaande uitsprake:
3
9. “Hy voer staal in van Japan en Switserland.” (bl. 91)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
10. “Ek het mos nou al geleer wanneer om terug te staan.” (bl. 98)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
11. “Watse snert is dit?” (bl. 105)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
12. “Ek het Dok se sleutelwoorde” (bl. 143)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
13. “Jy sal vinnig met die grond kennis maak en jy sal bloei” (bl. 149)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
14. “Ek moet sommer iets … iets doen, dan sal hulle jammer wees.” (bl. 159)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
15. “Ek kan jou gesig lees.” (bl. 169)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
16. “Wat dink jy is dit dié?” (bl. 183)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
17. “Wie weet of ek dan nog in jou skoene sal wil staan?” (bl. 193)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
4
18. “Niemand sal daarvan weet as daar nie ‘n lig in die straat opgesit word nie.” (b. 215)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
19. “Ma, sal Ma na Pa kyk?” (bl. 222)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
20. “Ek is toe nie so bullet-proof soos ek gedink het nie.” (bl. 225)
S:________________________________________________________________
A:________________________________________________________________
K:________________________________________________________________
B:________________________________________________________________
________________________________________________________________
5
TEKSONTLEDINGS
Bl. 50
Ironie;
1. “So why didn’t you organise it then?” Hy loop weg. Ek het lus en … nee, wag.
nie-stereo- 2. “Probleme?” vra iemand agter my. Mark Gibbons a.k.a Plank. ’n Tawwe ou, onder die invloed
tipies: slim 3. voorryspeler in rugby en, anders as wat mens sou verwag, slim ook. Maar van dagga
en sepies 4. omtrent altyd op ’n plug. Vandaar sy konstante glimlag.
5. “Niks wat ek nie kan handle nie,” antwoord ek.
Sluit aan by die
6. “Hoe lyk’it?” idee van
7. “Bullet-proof, Plank, en jy?” kloning wat ook
Bestand teen 8. “Cool man,” antwoord hy. Reg vir die laaste jaar van vriendelik-verpligte deur Eckardt
genoem word;
die aanslae 9. breinspoeling?” ondersteun
van die lewe; 10. “Wens dit was al verby, Plank,” sê ek en probeer my greep verstewig om die tema van
blyk later ’n verset. Hoe
valse
11. handvatsels van die swaar tasse wat my vingers oopdwing. word leerders
aanname te 12. “Net ’n heart-beat, my bru, dan laai jy daardie tasse weer in die kar en jy skud die gebreinspoel?
Ondersteun ook
wees; vgl. bl. 13. stof en memories van hierdie plek van jou voete af.” verwysing na
225 14. “Wyse woorde, Plank. Hoop jy’s reg.” skool in die
epigraaf
6
Bl. 66 – 67
1. En nou is daar díe rumours. Eckardt het selfmoord gepleeg. Dit voel soos 'n goor
fliek wat jy alreeds gesien het. Hoekom sal dit weer gebeur?
2. En hoekom met Eckardt? Die manier waarop hy na my gekyk het die aand met
die Trappers-inisiasie ... Dit was asof John na my gekyk het deur Eckardt se oë.
3. Die geskiedenis herhaal homself. Dis wat mense sê. Hulle sê ook jy is op hierdie
aarde om lesse te leer. En as jy dit nie die eerste keer leer nie, kom dit weer oor
jou pad. Jy kan dit nie systap soos in 'n rugby game nie.
4. Ek het nie gehuil toe John dood is nie.
5. “Jy sal nie!" het my pa beveel, sy hele houding afgetrokke asof dit iemand anders
se kind was wat dood is. Nie sy eie nie. Nie die seun van wie hy soveel verwag
het nie.
6. En nou, hier tussen die bome op die grens van die skoolterrein, wonder ek: is dít
die les wat wag om geleer te word? Hoe om mens te wees en die lewe aan te
durf sonder 'n bulletproof baadjie wat jou beskerm teen pyn en hartseer?
7. Ek probeer so ver as wat moontlik is van die ander ouens af loop.
8. Ons oë vee oor die grond. Kyk op na die boomtakke. Soek vir 'n mens, soek vir 'n
tou.
9. Die dag drup stadig verby. Teen die aand is daar steeds geen teken van Eckardt
nie. Van die onderwysers is glo na die omliggende dorpe: Bergville, Winterton en
Harrismith. Hulle het in die strate gaan soek.
10. Moeg stroop ek die aand my klere van my lyf af. Ek bind 'n skoon handdoek om
my lyf. Voordat ek by my kamerdeur uitstap, lui my selfoon. Dis my ma. Ons praat
oor nonsens, maar iewers in die gesprek hou sy net skielik op met gesels.
11. "Greg, wat is fout?" vra sy.
12. "Niks, Ma."
13. "Ek kan aan jou stem hoor daar is iets ..."
14. Ek kan haar nie sê nie.
15. "Greg? Wat?" hou sy aan.
16. Ek sug. "Ek het vandag aan John gedink."
Par. 1:
Herinner aan John se selfmoord; onaangename herinnering: “ ’n goor fliek”. Greg ervaar dieselfde gevoelens
(bitterheid, magtelooshied) as ná John se selfmoord. Hy noem dit “spoke uit die verlede.” (bl. 65)
Par. 2: Vgl. bl. 62 – 63. Die rede waarom Greg keer dat Eckardt die Trapper-inisiasie ondergaan.
Par. 3: Verskil tussen die lewe en ‘n rugbywedstryd: in die lewe kan jy nie lesse systap soos in rugby nie; jy
word gedwing om dit te leer. Rugby word op bl. 200 ook met kuberkrakery vergelyk: soos rugbyoefeninge in
‘n wedstryd toegepas moet word, moet die tegnieke van kuberkrakery ook n ‘n werklike aanval toegepas
word.
Par. 4 & 5: Pa kom gevoelloos en afsydig voor. Aan die einde (bl.220 & 222) val die skanse af. Greg
sien hom dan as ‘n afgetakelde persoon; nie so selfversekerd soos altyd nie; sy fors houding het
verkrummel. Die wete dat hy indirek vir John se dood verantwoordelik was (John het pille gedrink wat
deur PlusUltraMed vervaardig is), laat hom finaal breek en in trane uitbars (bl. 222). Wanneer Greg
en sy ma terug huis toe ry, huil hy oor sy pa en oor John. (bl. 225)
Par. 6: Mnr Andersen het die seuns gevra om op die skoolterrein na Eckardt te soek. Greg beweeg alreeds
nader aan die insig dat hy nie so bullet-proof is soos hy op die eerste dag van die skooljaar aan Plan gesê
het nie (vgl. bl. 50). Sy finale insig hieroor is op bl. 225 duidelik: “Ek is toe nie o bullet-proof soos ek gedink
het nie”. Insig: Hy is wel kwesbaar vir die aanslae, pyn en hartseer van die lewe.
Par. 9: Metafoor: “Die dag drup stadig verby”.
Par. 10 – 16: Ma en Greg is fyn ingestel op mekaar se gevoelens; weet wanneer iets fout is met die ander.
Greg vertel net ‘n gedeelte van die waarheid; sê nie dat Eckardt verdwyn het nie. Watter uitwerking het John
se selfmoord op sy ma, op Greg en op die verhouding tussen Greg en sy ma gehad?
7
Bl. 73 - 74
1. Weer daardie woede wat my vuiste laat saamtrek. Hoe kán hulle?
2. Is hulle só gesteld op die skool se image dat hulle een van die leerders se
verdwyning gaan stilhou en vir die wêreld voorhou dat alles oukei is? En dat hulle
óns ook gebruik in hierdie vuil spel van hulle. Wanneer gaan hulle dan met die
waarheid uitkom?
3. Ek kyk na die man wat nou sy nuwe BMW parkeer op die plein. Hý weet nie wat hier
aangaan nie. Of sou sy seun hom al vertel het? Dalk vind hy netnou uit as hulle
mekaar sien?
4. TJ kry my op die trap. Netjies uitgevat in sy skoolklere, soos die skoolreëls vereis
van leerders wat nie Saterdae aan sport deelneem nie.
5. Hy stamp sy vuis teen myne toe hy groet.
6. “Hei, bru, as jy so alleen hier sit? Jy weet ons mag nie so rondhang op
die trappe nie.”
7. Ek trek my skouers op. Hy kom sit langs my, knyp sy oë toe teen die
oggendson.
8. “Ek dink maar.”
9. “Eckardt?” vra hy.
10. “Jip.”
11. “Bad ding hierdie.” Stilte. “Dok Pienaar het vanoggend gekom. Wil die matrieks glo
sien voor die wedstryde begin.”
12. Ek knik my kop ingedagte. “Dink jy nie dis tjol nie, TJ?” vra ek en
draai my kop in sy rigting.
13. “Wat?”
14. “Hierdie ding dat hulle alles wil stilhou, man, flippit.”
15. TJ is ‘n skaakspeler.Rêrig passievol. “Jy moenie vergeet nie, Greg,” sê hy, “ons
ouens is pionne, jy lyk nes die pion langs jou. Heeltemal vervangbaar. En iewers in
hierdie skaak-game kan iemand besluit hy gaan jou offer.”
16. “Vir wat?”
17. “Wie weet? ‘n Groter beloning? Om die game te wen?”
18. Ek dink ‘n ruk daaroor na. Toe TJ opstaan en by die koshuisdeur instap, besluit ek:
ek gaan dit nie toelaat nie. As hulle dink ‘n pion kan nie terugbaklei nie, maak hulle ’n
fout. Vandag sal hulle een sien baklei.
Par. 1 & 2: Greg was kwaad omdat die skool die rugbywedstryde teen Durban Boys High laat
aangaan asof niks gebeur het nie/ asof Eckardt nie verdwyn het nie. Ondersteun die tema van
verset teen gesagsfigure en die skool as instelling. Eckardt se verdwyning ondersteun sy
buitestanderskap: ‘n buitestander gee dikwels pad uit ‘n bepaalde situasie. Eckardt het nie regtig
verdwyn nie; hy het padgegee toe sy sosiale manipulasie van Greg voltooi was. (Is die gebruik
van die woord “verdwyn” dus ironies?)
Par. 3: Die man met die BMW is verteenwoordigend van die ryk ouers van Lawson Kollege se
leerders.
Par. 4 & 6: TJ is getrou aan die skoolreëls. Hierdie gehoorsaamheid aan die reëls strook met sy
latere verraad teenoor Greg (bl. 176 – 177): “Hy sal niks doen wat sy oupa se handewerk bedreig
nie.” Die laaste sin van par. 15 is ‘n vooruitwysing na hierdie verraad: TJ het Greg geoffer.
Par. 7: Greg se handeling (optrek van skouers) impliseer dat hy nie omgee dat hy ‘n skoolreël
verbreek nie. By watter ander geleentheid het Greg ook ‘n skoolreël verbreek? (bv. bier gedrink;
ligte lank ná die spertyd nog aan)
Par. 11: Wat was die doel van Dok Pienaar se gesprek met die matriekseuns? Greg se reaksie
daarop? Waarom het hy later sy optrede berou?
Par. 15: Watter ander uitspraak oor skaak het TJ teenoor Greg gemaak? (“Ek kan jou lees” – toe
Greg nie wou vertel wat skort nie.)
Par. 18: Watter karaktertrek van Greg kan hieruit afgelei word? (bv. bereid om te veg teen wat
volgens hom verkeerd is. Hoe het hy terugbaklei en waarom was sy baklei onsuksesvol?
(konfronteer Dok Pienaar openlik oor hoe die skool Eckardt se verdwyning hanteer en skryf
anonieme brief aan ‘n koerant).
8
Bl. 76 – 77
1. “Dok, dan loop ek nou!” Die woorde was skaars gesê, toe is ek al jammer, maar
ek draai nie terug nie. Ek loop na Huis Da Vinci toe. My treë voel onvas. Binne
my wil dit gelyk skree van frustrasie en juig omdat ek my man gestaan het teen
Dok se slapgattigheid. Maar bo dit alles is daar die vrees wat tussen my derms
rondwurm, want ek weet daar is nou ’n groter draak wat ek sal moet aandurf …
ek sal aan my pa moet kan verduidelik wat ek gedoen het.
Par. 1: Wat was die rede vir die woordewisseling tussen Greg en Dok Pienaar? Watter ultimatum
het Greg aan Dok Pienaar gestel?
Tydens die woordewisseling het Dok Pienaar o.a. verwys na die skool se goeie reputasie
en dat hy nie sal toelaat dat ’n droster soos Eckardt dit verongeluk nie. Verduidelik kortliks
hoe Dok Pienaar self daarvoor verantwoordelik is dat die skool se reputasie verongeluk
word.
Watter teenstellende emosies ervaar Greg volgens par. 1? (frustrasie en vreugde)
Wat is die funksie van die tipografiese wit tussen par. 1 en par. 2? (Dit dui tydsverloop aan.)
Par. 3: Watter aantyging van Plank word moontlik deur die laaste twee sinne bevestig?
(Leiersposisies by Lawsonkollege is blote saketransaksies; nie volgens verdienste
toegeken nie)
Par. 4 – 8: Greg se status as leier gaan agteruit. Een van die seuns noem hom later ‘n “loser”(bl.
85). Die feit dat hy nie omgee daaroor nie (par. 8), is ‘n aanduiding van Eckardt se invloed.
Par. 10: Sy kontakte is eintlik dié van sy pa. Sy pa is die eienaar van Turret Media wat ‘n hele
paar koerante besit.
Par. 11: Greg gebruik nou vir die eerste keer ‘n kuberkrakingstegniek wat Eckardt hom geleer het.
Eckardt se sosiale manipulasie begin dus nou vrugte afwerp.
9
Teenwoordige tyd./ bou spanning/Verwys na
Eckardt se woorde as hy Greg soggens wakker
Bl. 82 maak/as TJ Greg vra wat hy alleen gedoen
het/metafoor. Hy neem die reg in eie
Sleeping beauty kry dinge aan die roer hande/roer verwys ook na pistool
Verwys na bl.78:
Eckhardt:”Cyberspace se
onderwêreld wag…/
personifikasie
Vergelyking –Eckhardt se pa
wat met ‘n pistool selfmoord
wou pleeg. Vgl ook bl. 222
Die sportdag is skaars verby toe ek sien hoe ‘n motor na die skool
aangery kom. Die enigste een wat aankom terwyl al die ander besig is
Bang, vrees
om weg te ry.Ek kan nie seker wees dit is hulle nie maar ‘n krieweling
Retorie trek deur my lyf, laat my nekhare regop staan. En ek wonder…is dit ‘n
Ironie: hy weet nie dat sy pa die Candlestick Maker is nie. Hy sal
se
vraag nie help om Eckhardt te vind nie
verslaggewer van een van my pa se koerante?
Doen sy naam gestand:plek van die
Daar is groot opgewondenheid in Huis Da Vinci se gange. Lawson lourierblaar
‘n rugby-CD kliphard speel. Ja-nee, geld kan ook nie goeie smaak
Sinekdogee
koop nie. Hou semanties met skiet verband
het,” se Plank, sy arm om TJ se nek en sy vuis in die lug.”Ons het Metafoor /hiperbool
“Twee ouens is sin bin toe, maar dit het ons nie gekeer nie,”val TJ
Gevoel van
vir Plank in die rede. “Lawson rules! Ons flippen rule!” verlatenheid
Geluk, ouens” sê ek flouerig, skielik spyt dat ek nie deel kon wees “Stilmaak” in kontras
met die geraas
daarvan nie. In die Hang Out bars die ouens los met die skoolkreet. Voete
stamp teen die vloer, vuiste hamer teen die deure. Dit sal nie help om hulle
10
Bl. 90 – 91
1. Hierdie sin is ingebou in die web page se source code, maar die manier
waarop dit geskryf is, maak dat dit nie op die webpage self sigbaar is nie.
2. “Maklik soos dit!” lag Eckardt. “Toe, try hom.”
3. Ek tik die password in op die website. En hy werk!
4. “Geluk, G-4ce. Nou’s jy ook nie meer ‘n tegnologiese Trapper nie, of hoe?”
5. Ek maak of ek vir Eckardt met die vuis gaan bykom. Hy koes en stamp sy
notabord teen die muur af. Dit kletter grond toe.
6. “Sorry, man,” sê ek. “Maar ek is nou so pumped. Ek wil sommer die volgende
challenge aanpak.”
7. “Jy was netnou nog doodmoeg.”
8. “Dit was netnou!”
9. Maar Eckardt keer my. “Môre is nog ‘n dag.”
10. Ek help hom om die bord weer teen die muur op te sit. Een van die
duimspykers gly uit en ‘n foto dwarrel grond toe. Ek tel dit op. Dit is van ‘n man,
vrou en twee kinders.
11. “Jou pa-hulle?” vra ek.
12. “Jip,” sê Eckardt en vat die foto by my. Dis my broer, Henno, dié, en my sussie,
Janita.”
13. “Wat doen jou pa?”
14. “Hy voer staal in van Japan en Switserland. Hier verkoop hy dit ten duurste aan
Suid-Afrikaanse nywerhede. Konstruksiemaatskappye, sulke goed. My ma is ‘n
Pilates-instruktrise vir die ryk tannies van Kaapstad.”
15. “So, min of meer die standaard high-living family tipe ding,” sê ek.
16. “Jip, soos die res van die ouens hier. Die clones.”
Par. 1: Hierdie sin is simbolies van hoe Eckardt homself by Lawson Kollege ingeskryf het, terwyl
niemand bewus was van die bedreiging wat hy inhou nie. Dit kan ook sinspeel op die feit dat
Eckardt se rekords en biografiese besonderhede na sy verdwyning nie op die skool se databasis
beskikbaar was nie. ‘n Ander moontlikheid is dat dit kan verwys na die manier waarop Eckardt (die
sin) homself deel van Greg se lewe (die webbladsy se bronkode) gemaak het en dat Greg nie
bewus was van die bedreiging wat Eckardt vir hom en sy gesin inhou nie. Intertekstualiteit is hier
ter sprake, want die legende van die Trojaanse perd word hier betrek. Skandeer die QR-kode of
kliek op die skakel om ‘n kort video oor hierdie legende te sien.
https://goo.gl/DhkzI9
Par. 4: Wat is die dieper betekenis van die skuilnaam G-4ce? Waarom is hierdie naam
eintlik ironies? ‘n Tegnologiese Trapper is iemand wat die eerste keer by kuberkrakery betrokke
raak. Die benaming “Trapper” word gebruik vir ‘n leerder wat vir die eerste keer by Lawson
Kollege skoolgaan. Soos die Trappers ‘n ritueel moet ondergaan (‘n toets moet slaag) om deur die
ander leerders by Lawson Kollege aanvaar te word, moet Greg ook sekere uitdagings voltooi om
as deel van sy inlywing in kuberkrakery. Hierdie uitdagings wat Greg te bowe moet kom, bring die
mitologiese storie van Herakles ter sprake: Herakles moes ook sekere uitdagings oorkom.
Par. 5: Hierdie sin is ’n vooruitwysing na die gebeure in Jeffreysbaai (vgl. bl. 149) en die bakleiery
in Clarens (vgl. bl. 216).
Par. 10 – 16: Hierdie gebeure vorm deel van Eckardt se sosiale manipulasie van Greg (vgl. bl.
213).
11
Bl. 98 - 99 Personifikasie/
Hy is totaal opgeneem in die
My binnekant krimp sommer ineen. Ek weet my pa sou nie rekenaarwêreld
show deur die hemel flits.In die lug hang die soet reuk van rooigras.
Dassies en akkedisse bak op die klippe as die reên ophou en die son Vooruitwysing: die weerlose
lammer (Greg) en die
lammervanger (Eckardt).
uitkom. Soms sien jy ‘n lammervanger met sy swart vlerke in die lug Ook die virus wat weerloses
aantas
draai op soek na ‘n karkas.
Ek is besig om ‘n stout SMS van Nicole te lees toe my ma bel Sy is alleen. Sy tob waarskynlik oor John
se dood. Hartseer en ook bekommerd oor
“En as jy so lag?” vra sy Greg –bang hy pleeg ook selfmoord
werk. Dit maak hom buierig.Ek bly maar uit sy pad.Ek het mos nou
al geleer wanneer om terug te staan. Dis net…partykeer wil mens
Vergelyking/
iemand hê om mee te gesels. hartseer gesig
Ek dink steeds aan my ma se woorde toe Eckardt my kom roep.
“is jy oukei?” vra hy toe ek die kamer instap. ”Jy lyk soos ‘n
Tweeledig en Ironies: alles sal
skeefgetrapte skoen.” anders wees as sy pa tronk toe
gaan en hulle alles verloor a.g.v. sy
“Ek worry bietjie oor my ma. Sy is alleen.” Ek sug. Maar daar is niks pa se korrupsie. Hy bedoel a.g.v.
die feit dat hy universiteit toe sal
wat ek daaraan kan doen nie. Volgende jaar is alles anders” gaan. Afleiding: simpatiek/ sensitief
teenoor sy ma (vgl. ble.205 & 222)
Eckardt knik.
“Waar was ons?”vra ek
“Die vierde challenge, issit nie?” kuberkrakerlesse
“O ja. Ek sukkel met daardie een.” Ek skuif voor die laptop in, maar
teken nie aan nie. ”Dinge sal seker baie verander as mens eers klaar is
met skool?” sê-vra ek ingedagte. Het jy al gedink wat jy gaan doen as jy
hier uitkom?”
12
Seker maar die universiteitsding. Swot. En jy?”
Net soos Saul Barnard in
“Selfde. My pa was op UCT,” sê ek ”Hy wil hê ek moet ook soontoe. kringe geloop en die olifant
gesoek het, soek Greg
Ek het lus vir Potch.” uiteindelik vir Eckardt.Die
“Potch het ‘n great kampus,” sê Eckardt en laat sak die voorgeskrewe twee verhaallyne in hierdie
boek loop ook soos die in
boek waarmee hy besig is, op sy bors –Kringe in ‘n blerrie Bos. Onderwêreld: hede en
verlede: a-chronologies. Op
“Stellenbosch ook, sê ek.” Maar ek weet nie. “Hel, ek weet nie eens Bl. 65 is daar sprake van
Kontras spoke uit die verlede. Saul
tussen wát ek wil swot nie.” Ek maak Eckardt se laptop toe en vee met my Barnard was ook gepla deur
die die spoke uit die verlede.
twee:
vingers oor die Matrix-plakker op die buitekant. Buitestander: Saul, Eckardt
Greg en Greg –Ontwrigte mense
“Ek dink ek sal iets in die lyn van computers gaan swot.” sê Eckhardt.
weet
nie wat “Programming of Information Tegnology. Dit sal cool wees om ‘n job Donkergedrukte woorde is
hy wil semanties verbind –die
doen te hê waar ek steeds kan speel met die tools en systems wat ek nou gebruik, onderwêreldmotief
nie,
maar en om betaal te word daarvoor.” Sy gesig helder sommer op toe hy dit sê.Ek
Eckardt
weet kan hom nogal in so ‘n rigting sien, hy sal goed wees daarin. Eckardt laat dink
Greg aan sy broer
Ek wonder skielik wat John sou geswot het. Sou my pa hom steeds in John. (bl.62)/
Tema: verlies en
‘n rigting ingedruk het waar hy nie wou wees nie? plaasvervanging
“Jy droom lekker”, sê Eckardt
“Skies, ek dink sommer net.”
Een van die redes vir sy selfmoord?Druk van sy
Buite- “Oor?” pa.
stander
: ervaar “Oor hoe die mens besluit, “lieg ek. “Ek meen, ek is nog so jonk. Hoe
reeds As hy maar sy eie raad
‘n moet ek weet wat ek vir die res van my flippen lewe wil doen?” gevolg het! Ironies: hy vertel
gevoel koerante en uiteindelik lei dit
van “Tja, die skole toets jou kamstig, gee raad. Maar op die ou einde is die tot sy pa se ondergang. Hy
ver- gaan ALLES verloor: hulle
vreem- besluit joune. Ek dink jy moet luister na wat jou hart sê.”
ding
huis, sy meisie, sy y
“My hart sê ‘n toe bek is ‘n heel bek. Hy praat nie,” lag ek. “Miskien aansien by die skool, hy
druip toetse, verloor sy
moet ek oorsee gaan. Net so vir ‘n jaar of twee. Maar ek sien al hoe sit dit grootste vriend
13
Verlede tyd/ by die see/ ouens wat
Bl. 146 branderplank ry en ouens wat niks werd is
nie/Aprilvakansie –word Greg dus vir ‘n gek
Log File: Surfer dudes of surfer duds? gehou?
verbaas
My mond hang behoorlik oop toe ek die vakansie sien hoe Ironies: dis Eckardt wat sy pa
gaan ontbloot
goed my pa en Eckardt oor die weg kom. Teen hierdie tyd dink Eckardt
”bring vir ons daardie bottel GS Cabernet Sauvignon ’66, asseblief” Rede: hy wil so veel as
moontlik weet, want hy
Ons drink en eet die aand om. My pa vertel vir Eckardt van die gaan sy bedrog ontbloot
media-korporasie wat hy besit. Eckardt gesels saam. Vrae vra en lyk geïnteresseerd.Besweer die
slang. Metafoor/ Ironies: hier is
Greg se pa die slang,
Ek luister net met ‘n halwe oor na hulle gesprek, want Nicole is besig maar eintlik is Eckardt
die slang!
tydsverl-oop aan
Tipografie se wit dui
14
Vergelyking; pa nou
afgetakel soos ‘n
Bl. 220 – 221 sieke
Afsydig =
ongevoelig; niks
Ek staar net na hom, skrik dan, want vir die eerste keer besef ek ek het nog raak hom nie (vgl.
bl. 66)
nooit behoorlik gekyk hoe hy lyk nie. Nog nooit lánk nie. Die beeld van hom wat Verwagtinge: van
al die jare in my kop ingeprent lê, is meer dié van die belangrike sakeman met die sy gesin en sy
afsydige houding en die verwagtinge as die man self. werkers (vgl. ble.
48, 99, 106 & 165)
Ken Maar nou kýk ek, soos ’n mens sal kyk na die gesig van ’n sieke in ’n
mekaar hospitaalbed. Sonder om ’n oog te knip. Al die jare tussen ons, en ek het hom nog
nie regtig
nie; nooit genuinely geken nie. Ek het nooit kon dink hy sou deurmekaar raak met iets “Voëlgriepvirus”;
weens pa so afrysliks soos wat met die virus gedoen kan word nie. PNR; Pa is
se “Ek weet, Pa …” Dis al wat ek vir hom sê, en ek verwens my eie stem wat nou Candlestickmaker.
afsydig- Wat die virus kan
heid so dun is. doen: bl. 167 - 169
Hy staan net daar. Sy kakebeen beweeg nog effens en stop dan. Klem saam.
Die vel by sy wangbeen maak ‘n duikie.
Emosioneel
Anders Wat dink hy? wonder ek.
as sy
houding
En demmit, ek wil nie, maar ek voel hoe ek begin hartseer word. Ek wil vloek.
Gemengde
en Maar ek wil ook sê ek is jammer. Ek wil sê:”Pa, hoe kon jy dit doen?” Ek wil my gevoelens: woede
optrede vuiste bal en hom slaan soos ek vir Eckardt geslaan het. Maar somehow doen ek en simpatie
voor-
heen nie een van die dinge nie.
Dis tyd vir grootword.
G. se karakter-
En terwyl ek so na my pa kyk, sien ek vir die eerste keer hoe hy pynlik oomblik ontwikkeling; bereik
Pa se
fisiese vir oomblik afgetakel word. Sy skouers sak laer. Sy fors houding verkrummel. nie heeltemal
aftake- Skanse breek. volwassenheid nie;
ling (vgl. steeds op pad
bl. 222
“Wat is die storie van die regter, Pa?” daarheen.
vir “Die regter?”
emosio- “Asseblief, Pa!” Vgl. ble. 48,
nele
verbrok- Selfversekerd. Onverskrokke. Dis hoe ek dink hy sal reageer. Dis hoe ek hom 105.
keling) ken.
Maar nee, die woorde breek stukkend oor sy lippe. “Ek wou nie hê jy moes
weet nie. Maar …oukei …oukei …” Hy laat sak sy kop vir ’n oomblik voor hy
verder praat.3
15
Bl. 222
1. “Nie myne nie, Dok s’n. Ek weet nie wat hy met hom gedoen het nie.”
2. Weer ontsnap daar ’n geluid uit my ma se keel. Greg het op
3. “Daardie regter, Pa …,” sê ek toe. “Eckardt, of wat sy naam ook al is, is Clarens van
Eckardt se
sy seun.” manipulasie
Pa geskok 4. My pa se kop ruk regop. Dit het hy nie geweet nie, sien ek. uitgevind. Herlees
5. Soos die eggo van ’n pistoolskoot, jare nadat die sneller getrek is, kom die Proloog
die knal vandag terug.
Vergelyking; 6. “En nou, pa? Nou het julle weer met ’n scheme begin, nè? Die stof het
herhalende Huidige bedrog:
beelde van mos al gaan lê op die vorige een.” Ek wil nie meer vir my pa kyk nie, maar ek PNR; vorige :
pistool en moet die vraag vra: “Hoekom,Pa?” farmaseutiese
sneller; vgl. ble. 7. Sy antwoord is een wat ek kon verwag het, die antwoord op elke besluit maatskappy; vgl.
bl. 221
40 en 82. wat my pa neem as sakeman. “Die geld.” Weer sonder emosie. “Turret
“sneller”
moontlik Dok en
Media se finansiële syfers word vir die afgelope twee jaar ge-window dress,
Greg. Daar is skuld wat die maatskappy nie kan betaal nie. Dit kan nie veel Geldmag as
Mnr Owen se
langer só aangaan nie. Ek moes by Dok se planne inval as ek kop bo water onderwêreld;
misdaad wat die
Greg se insig:
“knal” (Eckardt wou hou.”
se wraak) aan die wêreld van
8. Ek staan op, sien uit die hoek van my oog hoe my pa sy hand halfhartig geld is boser as
die gang sit.
Hul misdaad na my toe uitsteek om my terug te trek. enigiets wat ‘n
van die verlede 9. Geld is wat ons gesin gemaak het, en geld is wat dit vandag gaan kuberkraker
haal hulle nou uitmekaarskeur. Sensitief teenoor ma (bl. 98 & 205) kan doen.
in. “eggo” is ‘n 10. “Sorry dat Ma só moes uitvind,” sê ek sag.
leitmotief in die
11. Ek loop deur toe, maar voordat ek by die kamer uitstap, steek ek weer Soek toenadering;
roman; sluit ook
aan by Eckardt vas. Draai terug na my pa toe. “Daar’s ‘n laaste ding, Pa. Ek dink ek weet, onseker of dit
se kubernaam, maar ek wil net seker maak … Daardie pille wat John gedrink het, het dit van aanvaar gaan
Ekk-0. PlusUltraMed gekom?” word; anders as sy
12. My pa hoef nie ‘n woord te sê nie. Ek kry die antwoord toe ek sien hoe optrede voorheen
sy skouers ruk en sy lyf inmekaartrek.
13. Ek voel ek wil naar word. En huil soos my pa nou huil. Maar dis of die
Lyk eerder of
computer in my brein ge-crash het en ek nou in Safe Mode opgeboot is. Dr Pienaar &
probleme die Mnr Owen se
gesin aan 14. “Ma, sal Ma na Pa kyk? Ek moet vir inspekteur Cele bel.” Dis nie oor my
maatskappy;
mekaar bind. pa dat ek nou vir haar wil kontak nie. Sy, sersant Botha en die ander polisie- Pa indirek vir sy
eenhede wat betrokke geraak het, sal mettertyd van hom uitvind. Ek kan dit seun se dood
nie keer nie. “Ek moet haar vertel van Ekk-0.” verantwoordelik
.
16
Bl. 225
Greg kon nie oor John se dood huil nie; vgl. bl.
Die misterie rondom Eckardt
66. Nou het hy pyn en hartseer ervaar. Tweede
sin impliseer dat hy steeds lief is vir sy pa. duur voort; sluit aan by die
Ironies: hy huil vir sy pa, maar dis eintlik deur sý Proloog (bl. 41) en bl. 222.
toedoen dat sy pa aan die pen gaan ry.
17
VOORBEELDE VAN OPSTELVRAE
1. Die titel Onderwêreld het verskillende betekenisse binne die konteks van die
roman.
18
MEMORANDUM VAN KONTEKSTUELE OEFENING
19
6. S: Rina Owen, Greg se ma
A: Greg
K: Sy ma het hom gebel die aand nadat hulle op die skoolterrein na Eckardt gesoek het.
B: Hulle het oor nonsens gesels, maar sy ma kon aflei dat iets fout was. Hy noem aan haar
dat hy aan sy oorlede broer John gedink het. Die uitspraak toon dat daar ‘n hegte
verhouding tussen ma en seun is en dat sy hom baie goed ken. Hulle is sensitief vir
mekaar se gevoelens, soos blyk uit Greg se latere waarneming dat dit nie regtig goed
gaan met sy ma nie.
7. S: Eckardt
A: Greg
K: Greg het op sy skootrekenaar gewerk en hulle het oor hul streng pa’s gesels.
B: Eckard voer aan dat die seuns van Lawson Kollege gebreinspoel word om die
regte dinge te sê en doen; hulle moet klone van hul pa’s wees. Hierdie uitspraak
ondersteun die tema van verset teen gesag en sosiale instansies. Dit sluit ook
aan by die tema van sosiale manipulasie: Eckardt se vertelling oor sy streng pa is
deel van die leuen wat hy by Lawson Kollege leef en hoe hy Greg manipuleer om
sy wraak uit te voer.
8. S: Eckardt
A: Greg
K: Hierdie uitspraak word gemaak tydens Greg se eerste bekendstelling aan kuberkrakery.
Eckardt verduidelik die voordele wat kuberkrakery vir maatskappye kan inhou.
B: Eckardt verduidelik dat kuberkrakers nie almal slegte mense is nie en dat daar ook ‘n
goeie kant van kuberkrakery is; anders as wat deur die media oorgedra word. Die
uitspraak ondersteun kuberkrakery as ‘n betekenismoontlikheid van die romantitel. Greg
se wanopvattings oor kuberkrakery word uit die weg geruim. Dit wek by hom dieselfde
soort opwinding soos wanneer sy oorlede broer John hom gevra het om ‘n nuwe
gevaarlike sportsoort te probeer doen.
9. S: Eckardt
A: Greg
K: Nadat Greg die eerste kuberkraakuitdaging baasgeraak het, het ‘n foto uit Eckardt se
notabord geval en hy het verduidelik dat die mense daarop sy ouers, broer en suster is.
B: Die vertelling van sy pa se beroep was deel van hoe Eckardt Greg gemanipuleer
het as deel van sy wraakpoging. Dit is opvallend dat hyself nie op die foto was
wat uit sy notabord geval het nie – soos hy ook sy kop weggedraai het toe daar op
Jeffreysbaai ‘n foto geneem is. Die uitspraak sluit dus aan by die tema van sosiale
manipulasie en ook ondersteun dit die betekenismoontlikheid van misterie wat aan die
titel geheg kan word.
10. S: Rina Owen (Greg se ma)
A: Greg
K: Sy het hom gebel en hy kon aan haar stemtoon agterkom dat dit nie goed gaan
met haar nie.
B: Sy onderdruk haar gevoelens en behoeftes om haar man tevrede te stel. Sy tree
minderwaardig op. Hierdie uitspraak sluit aan by die onderwêreld van geld: weens sy
gejaag na geld het Greg se pa nie sy gesin se gevoelens in ag geneem nie.
11. S: Greg se pa
A: Greg
K: Hy het Greg gebel nadat Dok Pienaar hom gesê het Greg het geweier om rugby te
speel. Sy pa het hom geskel omdat hy die skoolhoof se gesag ondermyn het en hom
gedwing om vir Dok Pienaar om verskoning te vra.
B: Mnr Owen se optrede openbaar sy hardvogtigheid en dominerende houding.
Hierdie uitspraak sluit aan by die temas van ouer-kindverhoudings en die verset
teen gesag. Dit bewys ook dat Dok Pienaar ‘n houvas op Mnr Owen het; hy kan
dus nie bekostig om in onguns by Dok Pienaar te wees nie.
20
12. S: Joan Gibbs, een van Dr Pienaar se persoonlike assistente by Lawson Kollege
A: Greg
K: Hy het hom voorgedoen as ‘n sisteemadministrateur van Harrismith Technologies
wat ‘n sekuriteitspak op Dok Pienaar se rekenaar wou installeer.
B: Greg het sosiale manipulasie gebruik om Dok Pienaar se sleutelwoorde van Joan
Gibbs te verkry. Hierdie uitspraak ondersteun die tema van sosiale manipulasie
en sluit aan by die onderwêreld van kuberkrakery.
13. S: Greg
A: Eckardt
K: Tydens die vakansie in Jeffreysbaai konfronteer Greg een aand vir Eckardt omdat hy
vermoed Eckardt was in Nicole se kamer.
B: Die agterdog oor of wat werklik daardie aand In Jeffreysbaai gebeur het,
bly aan Greg knaag. Hy is wantrouig, veral wanneer Nicole tydens hul
telefoongesprekke na Eckardt verneem. Hierdie konfrontasie is ‘n vooruitwysing
na die werklike bakleiery tussen Greg en Eckardt teen die einde van die roman.
14. S: Nicole
A: Greg
K: Sy het hom gebel nadat haar ouers haar nie wou toelaat om ‘n konsert van die Black
Eyed Peas by te woon nie.
B: Hierdie uitspraak sluit aan by die tema van vrees vir die dood. Sy dreig om selfmoord te
pleeg en Greg ervaar weer die magteloosheid wat hy destyds met John se selfmoord
ervaar het. Hy voel ook magteloos omdat hy nie by haar is om haar te troos nie. Die
uitspraak toon ook dat Nicole ‘n bedorwe brokkie is wat net haar sin wil hê.
15. S: TJ
A: Greg
K: Greg het TJ uitgevra oor die voëlgriepvirus waaroor die media berig het.
B: TJ en Greg het teen mekaar skaak gespel en as ‘n goeie skaakspeler koon TJ van Greg
se gesig aflei watter bewegings hy gaan uitvoer of wanneer iets verkeerd is. Hierdie
uitspraak sluit aan by TJ se verwysing na die leerders van Lawson Kollege as
vervangbare pionne. Dit slit ook aan by die tema van verraad of verlies: TJ vertel aan Dr
Pienaar dat Eckardt se kuberkraker is. Hy verraai dus vir Greg en Greg verloor ‘n vriend.
TJ se optrede is egter geregverdig omdat hy die kleinseun is van die stigter van Lawson
Kollege en ‘n mens kan begryp dat hy nie sy oupa se erfenis ten gonde wil sien gaan
nie.
16. S: Greg
A: Eckardt
K: Hulle het gesels oor die feit dat kuberkrakery onwettig is en dat jy tot vyf jaar tronkstraf
daarvoor opgelê kan word. Eckardt het gesê dat hy nog nie in die moeilikheid gekom het
oor kuberkkrakery nie omdat hy nog nie in die tronk is nie.
B: Hierdie uitspraak toon aan dat Greg die skool as ‘n tronk beskou; ‘n plek waar
vrye denke aan bande gelê word en die leerders op die voorgeskrewe manier
moet optree sodat hul volwaardige klone van hul ouers kan wees. Dit sluit ook
aan by die tema van verset.
17. S: Eckardt
A: Greg
K: Nadat Greg gesê het die heldeverering van die ander seuns raak soms vir hom te veel
en hy wens hy was liewer Eckardt, sê Eckardt hy wens soms hy was Greg. Eckardt
voeg dan ‘n bedekte waarskuwing by dat iets slegs in die toekoms met Greg kan gebeur
en hy is nie seker of hy dan nog in Greg se skoene sal wil staan nie.
B: Eckardt weet dat sy planne om Greg se pa en Dok Pienaar tot ‘n val te bring op
dreef is. Hy weet dus alreeds dat iets slegs in die toekoms met Greg gaan gebeur.
Hierdie uitspraak sluit aan by die tema van sosiale manipulasie. Dit impliseer ook die
beeld van Janus uit die Griekse mitologie: twee kante wat omruilbaar is; ek wens ek was
soos jy;Greg en Eckardt wat blykbaar plekke wil ruil.
21
18. S: Eckardt
A: Greg
K: Greg en sy ouers was in Clarens en terwyl hy gaan stap het, het hy vir Eckard
raakgeloop.
B: Eckardt verduidelik vir Greg dat ‘n belangrike deel van Project Nursery Rhyme
was dat die nuus oor die virus oral versprei moet word – daarvoor is sy pa, Mnr
Owen, se mediamaatskappy gebruik. Die uitspraak sluit aan by die tema van
sosiale manipulasie: Dok Pienaar-hulle wou die samelewing manipuleer om
hulself te verryk. Dit ondersteun ook die betekenismoontlikheid van geldmag en
korupsie wat aan die titel geheg kan word. Verder sluit die woord “lig” by
Lawson Kollege se leuse aan: Lux hominum vita = Lig is die lewe vir die
mensdom. Dit vorm ook deel van die terugkerende motief van lig en donker in
die roman.
19. S: Greg
A: Sy ma, Rina Owen
K: Hulle is in Clarens nadat Greg in hegtenis geneem is en ‘n polisieverklaring afgelê het
wat tot Dr Pienaar se arrestasie gelei het.
B: Die magsrolle in die gesin het nou verander: Greg is in beheer. Dit is ook
duidelik dat hy nog steeds lief is vir sy pa. Sy ma ondergaan ook ‘n
rolverandering, want sy moet nou na haar man kyk, terwyl hy voorheen die enigste
broodwinner was en vir haar moes sorg. Greg se pa is nou nie meer die sterk
mediamagnaat wat sy gesin met ‘n ysterhand regeer nie; hy kom swak voor en moet
deur sy vrou versorg word.
20. S: Greg
A: Hy praat met homself.
K: Hy en sy ma ry van Clarens af terug Johannesburg toe, terwyl sy pa hulle in ‘n
ander motor volg.
B: Hierdie uitspraak toon aan dat Greg tot selfsinsig gekom het. Die eerste dag van
die matriekjaar het hy vir Plank gesê dat dinge bullet-proof is. Dit gaan dus
klopdisselboom en hy is bestand teen enige moontlike aanslag van die lewe. Die
uitdrukking impliseer ook dat dit onmoontlik sou wees vir enige vyand om hom
(as vesting) binne te dring: hy was hoofseun; sy pa was ryk en ‘n blink toekoms
het op hom gewag. Noudat Eckardt wraak geneem het, met Greg as die
middelpunt van daardie wraak, het Greg se lewe in duie gestort. Sy siening
omtrent die lewe en oor homself het heeltemal verander.
22