Professional Documents
Culture Documents
MIS Die Dramatiese Struktuur
MIS Die Dramatiese Struktuur
E
STRUKTUUR
IN MIS
UITERLIKE BOU
UITERLIKE BOU
HOE? & IS DIE DRAMA IN BEDRYWE OF
TONELE VERDEEL?
• Mis is ‘n EENBEDRYF:
• ‘n beknopte formaat – slegs een aand se gebeure
• ‘n hooftema wat in die krisismoment uitgebeeld word
• In die eksposisie word die situasie geskets en
• die komende botsing word aangedui
• Daar is ‘n stygende spanningslyn wat lei tot die krisis
• Klimaks is in die slot
• Geen ware karakterontwikkeling nie slegs
• die openbaring van belangrike karaktertrekke word gegee
MIS VOLDOEN AAN AL DIE
KENMERKE VAN ‘N
EENBEDRYF
♣ die tyd : lente, ons hoor die presiese datum 31 Augustus 1936 en ons hoor van die Groot Depressie [1930’s],
8uur die Vrydagaand, en later 12uur / die magiese tyd
♣ die karakters: in hierdie drama leer ons Miem, Meisie, Gertie [en die Konstabel] beter ken.
♣ die situasie/probleem: ons hoor van die probleem/vrees vir die “ding” wat gaan gebeur.
Die vrees vir die moordenaar/verkragter wat weer vanaand kan toeslaan.
Geleidelik word ons gelei om die vrees te verstaan.
MOTORIESE MOMENT
►is die gebeurtenis wat eintlik die
handeling aan die gang sit.
•In hierdie geval is dit die aankoms van Konstabel.
•Hy laat dinge gebeur.
•Sy binnekoms veroorsaak spanning as gevolg van
•dramatiese ironie: die gehoor vermoed onraad, maar Miem glo hulle is
veilig omdat hy ’n polisieman is.
• Hy manipuleer hulle om hom te glo en te vertrou: “Kom van elders.”
Hy sê hy kom net na spesiale gevalle toe “Deel van die ontplooide
waakeenheid”
• Hy kan ruik hoe oud elkeen is “…laat middeljare. Getroud en kinders gebaar”
• Vertel van die gevaar van die nag “Krieke kriek harder. Die adder seil
vinniger”
•Aangesien die HANDELING deur die motoriese moment aan die gang gesit word,
dra die HANDELING daartoe by dat
VERWIKKELING ►die SPANNING opbou en tot botsings lei.
• Die uitwerking van die konstabel op elkeen van die vroue.
• Gehoor raak bewus van innerlike konflik in Meisie en
vermoed die Konstabel gee voor = DRAMATIESE IRONIE skep spanning
• Hul “blinde” vertroue in die konstabel veroorsaak spanning.
• Sy manipulasie van die vroue skep spanning, want ons kan aanvoel dat
hy hulle bedrieg.
• Sy teenwoordigheid veroorsaak ook spanning tussen die 3 vroue:
• Gertie en Meisie het albei ’n ogie op hom.
• Miem probeer weer vir Gertie keer omdat sy Meisie vir die konstabel
toeëien.
• As Meisie trou, sal Gabriël afkom uit die solder.
• Gertie raak jaloers.
• Die Konstabel vertel van sy blindheid deur sonsverduistering.
• Miem noem van Gabriël op die solder.
KLIMAKS /
HOOGTEPUNT
►Die spanning en botsing wat
tydens die vorige fase opgebou het,
kom tot breekpunt, wat dan tot die
hoogtepunt lei.
•Die konstabel transformeer na ‘n siende
hofnar
•EN Meisie dans onder sy betowering by die
agterdeur uit, die konstabel geklee as hofnar
volg haar.
OMMEKEER/
WENDING
•Die drama neem ‘n wending
•na die een of ander kant toe,
•met ‘n duidelike afname (oplossing) van die
spanning.
►Die transformasie van Meisie as ‘n skaam,
onseker meisie na die dansende vlinder.
AFLOOP / ONTKNOPING
•Alle dramas het nie noodwendig ‘n afloop nie en
eindig dus op ‘n klimaks.
• Die slot in MIS is oop en onseker . . .
•Dit eindig waar Meisie saam met Konstabel verdwyn en
ons weet nie wat verder gebeur nie . . .
Is Meisie nou regtig vry?
Het die Konstabel goeie bedoelings met haar?
Wat gaan Miem en Gabriël nou maak?
In ‘n neutedop . . .
1. Eksposisie/uiteensetting: Hier leer ken ons -
♣ die ruimte: die armoedige kombuisie op ‘n plattelandse dorpie.
♣ die tyd : lente, ons hoor die presiese datum en ons hoor van die Groot Depressie [1930’s].
♣ die karakters: in hierdie drama leer ons Miem, Meisie en Gertie ken.
♣ die situasie/probleem: ons hoor van die probleem/vrees vir die “ding” wat gaan gebeur.
Geleidelik word ons gelei om die vrees te verstaan.
2. Die motoriese moment is die gebeurtenis wat eintlik die handeling aan die gang sit.
In hierdie geval is dit die aankoms van Konstabel. Hy laat dinge gebeur.
3. Verwikkelingsfase Aangesien die handeling deur die motoriese moment aan die gang gesit word, dra die handeling
daartoe by dat die spanning opbou en tot botsings lei.
4. Klimaks/Hoogtepunt Die spanning en botsing wat tydens die vorige fase opgebou het, kom tot breekpunt, wat dan
tot die hoogtepunt lei.
5. Ontknoping Die drama neem ‘n wending na die een of ander kant toe, met ‘n duidelike afname (oplossing) van die
spanning.
6. Afloop Alle dramas het nie noodwendig ‘n afloop nie en eindig dus op ‘n klimaks. Dit is ook die geval met Mis,
aangesien die drama eindig waar Meisie saam met Konstabel verdwyn en ons weet nie wat verder gebeur nie.
INNERLIKE BOU
► Die ontwikkeling van spanning en konflik in die drama