F AIK

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 16

AFRIKAANS

EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 8


BASISLYNASSESSERING 2024

HIERDIE BASISLYN-/AANVANGSASSESERING BESTAAN UIT DIE


VOLGENDE AKTIWITEITE:

Vr. Vaardigheid Aktiwiteit Meet- Punt %


instrument
1 Lees en kyk Begripstoets: ‘n Memorandum /10
Inligtingsteks

2 Lees en kyk Visuele teks: ‘n Memorandum /10


Kaart en
inligting
3 Taalstrukture en Taal in konteks Memorandum /10
-konvensies

Totaal; Vrae 1, 2 en 3 /30

4 Skryf ‘n Kort Rubriek /10


transaksionele
teks
5 Hardoplees Onvoorbereide Rubriek en /20
lees klaslys

Naam van skool:


Naam:
Graad:
Datum:
2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE GRAAD 8


BASISLYNASSESSERING 2024

Punt:________/50
Tyd: 90 minute
%
Vlak:
Instruksies:
1. Beantwoord al die vrae op die vraestel.
2. Skryf netjies en duidelik.

VRAAG 1: LEES ‘n NIE-LITERêRE TEKS


Lees die volgende leesstuk en beantwoord die vrae wat volg:

ANTIEKE CHINA
1. China se eerste keiser was Qin Shi Huang, wat van 221 tot 210 v.C. (voor Christus) regeer
het. Hy was eers prins van een van die koninkryke waaruit
China bestaan het, maar hy het China se grond meer gemaak deur al die ander
koninkryke in oorloë vir China te wen.

2. Qin Shi Huang was so arrogant dat hy in


213 v.C. amper al die boeke laat verbrand het
sodat die geskiedenis by
hom kon begin. Hy was bang dat die geeste van sy vyande hom na
sy dood sou jag; daarom het hy sy soldate beveel om ‘n klomp lewensgrootte kleisoldate te maak
om hom na sy dood op te pas. 700 000 werkers het meer vir 38 jaar lank aan die 8 000 kleisoldate
gewerk. Toe hy in 210 v.C. dood is, is die kleisoldate saam met hom begrawe.

3. Qin Shi Huang het 30 000 soldate, 500 000


kleinboere en mense wat die wet oortree het,
gedwing om die Groot Muur van China te help
bou. Die muur is gebou om China teen aanvalle van
ander lande te beskerm.

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


3

4. Die Groot Muur van China is in 2007 deur UNESCO as een van die sewe nuwe wonders van die
wêreld aangewys. Dit is 8 850 km lank, so lank soos 80 000 sokkervelde in ‘n ry! Miljoene tonne
sand is gebruik om die muur te bou en baie mense is dood terwyl hulle aan die muur gebou het. Dit
is die plek in China wat toeriste die meeste besoek.

5. Die draak was een van die belangrikste wesens in die Chinese
mitologie. Die draak is die simbool van krag, goedheid en moed.
Chinese drake het ‘n lyf soos ‘n slang, vier bene en geen vlerke nie.
Tot vandag toe word groot papierdrake nog in Chinese feeste soos die
Nuwejaarsfees gebruik.

6. Een van die slimste mense in die keisertyd was Confusius. Hy het ‘n
groot invloed op die Chinese kultuur gehad. Hy het geglo mense moes
studeer, beleefd wees en hulle ouers respekteer. Vandag nog bestudeer
mense sy boeke.

7. Die slim Chinese het allerhande dinge uitgevind soos


vuurhoutjies, vuurwerk, vuurpyle, papier, roomys en sambrele. Hulle het ook drukwerk
uitgevind en die eerste boeke gedruk.

7. China produseer vandag die meeste papier, klere, speelgoed en porselein wat mense oral in die
wêreld gebruik. (381 woorde) (Verwerk uit Wikipedia en ander bronne)
Woordeskat
keiser - emperor koninkryke – kingdoms vyande - enemies
kleisoldate – clay soldiers wesens - creatures drukwerk – printed materials
beleefd – courteous vuurhoutjies – matches vuurpyle - rockets
sambrele – umbrellas gedwing - forced regeer - govern

Beantwoord die volgende vrae in volsinne, tensy anders gevra word.


1.1 Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE. Onderstreep die antwoord. Qin (1)

Shi Huang was

A. dapper
B. goedhartig
C. wreed
D. arrogant

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


4

1.2 Hoe het Qin Shi Huang dit reggekry om China se gebied groter te maak? (1)

1.3 Hoekom het Qin Shi Huang al die boeke verbrand toe hy keiser geword het? (1)

1.4 Hoekom het Qin Shi Huang so baie kleisoldate laat maak? (1)

1.5 Waarom is die Groot Muur van China gebou? (1)

1.6 Gee ‘n rede waarom die volgende stelling onwaar is: (1)
Die mense wat die Groot Muur van China gebou het, was professionele bouers.

1.7 Haal ‘n sin uit Paragraaf 4 aan wat vir ons sê dat dit baie gevaarlik was om die muur (1)
te bou.

1.8 Lees weer Paragrawe 3 en 4 en skryf wie die Groot Muur van China as een van die (2)
nuwe wonders van die wêreld aangewys het en wat die rede daarvoor is.

1.9 Skryf die woorde neer wat uitgelaat is: (3)


Die was ‘n belangrike wese in die Chinese
. In China word daar nou nog papierdrake tydens die
gebruik.

1.10 Bespreek twee dinge wat Confusius vir die Chinese mense geleer het. (2)

1.11 Wat beteken dit om beleefd te wees? (Paragraaf 6) (1)

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


5

1.12 Is die volgende stelling ‘n feit of ‘n mening: Die Chinese het die eerste boeke gedruk. (1)

(2)
1.13 Watter uitvindsel (invention) van die Chinese, dink jy, is die beste een? Gee ‘n rede vir
jou antwoord.

1.14 Dink jy die bou van die Groot Muur van China was ‘n goeie of ‘n slegte idee? Gee ‘n (1)
rede vir jou antwoord.

1.15 Sou jy graag die Groot Muur van China wil besoek? Antwoord ja of nee en gee ‘n rede (1)
vir jou antwoord.

Subtotaal: [20]

Chinese uitvindsels

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


6

VRAAG 2: LEES ‘n VISUELE TEKS


Kyk na die inligting en kaart van China en beantwoord die vrae:

Hoofstad

Grootste stad
FEITE

Dier
Panda

Area

Bevolking

(https://www.123rf.com/photo_28460115_china-country-infographics-template-vector.html en
(https://geology.com/world/china)

2.1 Watter stad is die naaste aan die Groot Muur van China? (1)

2.2 Watter land grens aan China in die suide? (1)

2.3 Waarvoor is die stad Wuhan bekend? Onderstreep die regte antwoord. (1)
A. Daar is ‘n groot museum.
B. Die Corona-virus het daar ontstaan.
C. Dit is die hoofstad van China.
D. Die keiser woon daar.

2.4 Watter stad is die grootste stad in China? (1)

2.5 In watter see is die Hainan Eiland? (1)

2.6 Waar is die oorsprong (origin) van die Yangzi rivier? (1)

2.7 Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ‘n rede vir jou antwoord. Hong (1)
Kong is die hoofstad van China.

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


7

2.8 Watter bewys (evidence) is daar dat daar baie mense in China woon? (1)

2.9 Waarom, dink jy, sal mense graag vir China wil besoek? (1)

2.10 Sou jy graag in China wou woon? Antwoord ja of nee en gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

Subtotaal [10]
VRAAG 3: TAALLEER
Lees die volgende twee paragrawe en beantwoord die vrae wat volg:

Die reuse-panda is die (3.1 nasionaal) dier van China. Pandas word 1,5 m lank word en weeg tussen
70 en 125 kg. Hulle eet bamboes. Pandas word in die vrye natuur in die berge in 3.2 Suidwes-China
gevind. Daar is net ’n paar pandas in ‘n (3.3 dier + tuin) in die res van die wêreld. Pandas is ‘n
3.4 bedreigde spesie. Daar is omtrent 1 000 tot 1500 pandas in die wêreld oor.

Daar woon mense in die valleie 3.5 die berge. Die pandas het net ‘n
klein stukkie van die bamboesbos oor waar hulle 3.6 rustig kan woon.
Mense wat omgee vir die natuur is baie 3.7 bekommerd oor hulle.
Die WWF (Word Wildlife Fund) het die panda as hul 3.8 embleem gekies.
3.9 Hopelik sal kinders nog ‘n regte 3.10 panda oor ‘n paar jaar van jou af sien
en nie net sagte speelgoedpandas nie.

3.1 Gee die regte vorm van die woord tussen hakies: Die reuse-panda is die (nasionaal) (1)
dier van China.

3.2 Wat is die rede waarom Suidwes-China met ‘n koppelteken geskryf word? (1)
Onderstreep die regte antwoord:

A. Daar is te veel vokale bymekaar.


B. Dit is ‘n samestelling met ‘n pleknaam en ‘n rigting.
C. Dit is ‘n samestelling met twee soortname.
D. Dit is een begrip.

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


8

3.3 Vorm ‘n samestelling van dier + tuin. (1)

3.4 Gee ‘n sinoniem vir bedreigde. (1)

3.5 Skryf die voorsetsel neer wat uitgelaat is in die volgende sin: (1)

Daar woon mense in die valleie die berge.

3.6 Skryf ‘n antoniem vir die volgende woord neer deur ‘n premorfeem te gebruik: (1)

rustig

3.7 Verdeel die volgende woord in lettergrepe: (1)

bekommerd

3.8 Gee die meervoud van embleem. (1)

3.9 Skryf die stam in die volgende woord neer en vorm ‘n nuwe afleiding deur ‘n (1)
pre- of postmorfeem te gebruik: hopelik

3.10 Skryf die verkleinwoord van die volgende woord neer: (1)

panda

3.11 Lees die volgende sin en skryf die gesegde en die voorwerp in die sin neer: Die (2)

pandas sal bamboes eet.

Gesegde:
Voorwerp:

3.12 Voltooi die volgende sin met jou eie woorde: (1)

Daar is nog pandas in China, maar .

3.13 Watter soort sin is die volgende? (Bevelsin, stelsin, uitroepsin of vraagsin?) (1)

Red die pandas voordat dit te laat is!

3.14 Skryf die volgende sin in die verlede tyd: Natuurbewaarders is (1)

bekommerd oor die pandas.

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


9

3.15 Woordorde: Gebruik die volgende woorde om ‘n sin te vorm. Begin met ‘n (1)
hoofletter en eindig die sin met ‘n punt.

in die wêreld pandas het uitgesterf amper

Lees Meester Shifu, ‘n karakter in Kung Fu Panda, se woorde en beantwoord die vrae:

Ek wil julle leer hoe om julle mense te


beskerm.

3.16 Skryf Meester Shifu se woorde in die indirekte rede. Begin soos volg: Meester (2)
Shifu het gesê

3.17 Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm: (1)

Meester Shifu speel die rol van ‘n slegte panda in Kung Fu Panda.

3.18 Skryf jou eie vraag wat jy vir Meester Shifu wil vra. Begin met ‘n vraende (1)
voornaamwoord soos Wie? Waar? Waarom? Hoe? Wat?

Subtotaal: [20]

20 + 10 + 20 = 50

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


10

VRAAG 4: SKRYF
Skryf een van die volgende kort transaksionele tekste (80-90 woorde):
4.1 Skryf ‘n kort briefie vir jou onderwyser waarin jy verduidelik hoekom jy nie jou opstel
ingegee het nie.
4.2 Skryf ‘n dagboekinskrywing vir een dag wat jy nooit sal vergeet nie.

4.3 Skryf ‘n paragraaf waarin jy jou nuwe vriend of ‘n nuwe onderwyser beskryf.
[10]

Eerste konsep:

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


11

Finale poging:

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


12

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER SKRYFSTUKKE


[20 PUNTE ÷ 2 = 10]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


INHOUD, 9–12 7–8 5–6 3–4 0–2
BEPLANNING & -Respons baie -Respons -Basiese respons
-Respons -Respons toon
FORMAAT goed en voldoende en toon toon geringe
uitsonderlik, bo geen kennis van
verwagting demonstreer goeie voldoende kennis kennis van kenmerke van
Respons en idees; -Idees intelligent kennis van van kenmerke van kenmerke van die die soort teks nie
Organisering van idees; en volwasse kenmerke van die die soort teks - soort teks - - Betekenis
Kenmerke/konvensies en -Grondige kennis soort teks -Behou Nie heeltemal Aanduiding van onduidelik met
konteks van kenmerke van fokus – geen gefokus nie – fokus, maar met groot afwyking -
die afwyking nie enkele afwykings afwykings Geen samehang
12 PUNTE soort teks -Samehang in -Redelike -Inhoud en idees nie in idees en
-Skryfwerk behou inhoud en idees; samehang in altyd inhoud nie -Baie
fokus baie goed uitgebrei inhoud en idees - samehangend nie min detail
-Samehang in met detail wat die Sommige detail -Min detail ondersteun die
inhoud en idees onderwerp ondersteun die ondersteun onderwerp -
-Idees behoorlik ondersteun onderwerp die Nodige reëls van
uitgebrei met -Gepaste formaat -Formaat onderwerp - formaat nie
detail wat die met onbeduidende oorwegend gepas, Nodige reëls toegepas nie
onderwerp foute. maar met enkele van formaat
ondersteun foute vaagweg
-Gepaste en toegepas
akkurate formaat -Kritiese foute
begaan

*TAAL, STYL & 7–8 5–6 4 3 0–2


REDIGERING
-Toon, register, -Toon, register, -Toon, register, -Toon, register, -Toon, register,
styl en styl en styl en styl en styl en woordeskat
Toon, register, styl,
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat is woordeskat stem nie ooreen
woordeskat geskik vir
geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik met doel, gehoor
doel en konteks; gehoor en gehoor en vir doel, gehoor en konteks nie
gehoor en
Taalgebruik en konteks - konteks en konteks - -Besaai met foute
konteks -
konvensies Woordkeuse; Grammatika oor -Enkele Grammatika en verward
Grammatika
Punktuasie en spelling die algemeen grammatikafoute onakkuraat met -Woordeskat nie
akkuraat en goed
gekonstrueer - korrek en goed -Voldoende etlike geskik vir doel nie
8 PUNTE gekonstrueer - woordeskat foute -Betekenis ernstig
Feitlik foutloos
Baie goeie -Foute belemmer -Basiese woordeskat belemmer
woordeskat nie betekenis nie -Betekenis
-Oorwegend belemmer
foutloos

VERSPREIDING VAN 16–20 13–15 9–12 6–8 0–5


PUNTE

(20 ÷ 2 = 10) Punt:

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


13

VRAAG 5: ONVOORBEREIDE LEES [10]


LET WEL: Onvoorbereide lees word na die basislynassessering gedoen. Teken die
punte op ‘n klaslys aan.

Lees die volgende leesstukkie hardop in die klas voor:

Die daaglikse lewe in Antieke China


Die meeste mense in Antieke China was kleinboere.
Hulle het kos geproduseer, maar die meeste van hulle
het moeilike lewens gelei.

Die boere het in dorpies van 100 gesinne gebly.


Hulle het op klein plasies gewerk en die meeste
werk is met die hand gedoen.

Die boere moes een maand uit die jaar vir die regering werk. Hulle het diens gedoen in die
weermag, of hulle het bouwerk gedoen. Hulle moes ook belasting (tax) betaal deur ’n deel van hulle
inkomste aan die regering te gee.

Die soort kos wat die mense geëet het, het afgehang van waar hulle gewoon het. In die noorde het
hulle ‘n soort graan, wat “millet” genoem is, geëet. In die suide was die stapelvoedsel rys.
Uiteindelik het rys die stapelvoedsel van Chinese geword.

Die boere het ook diere soos varke, hoenders en bokke aangehou.

Mense wat naby die riviere gewoon het, het vis gevang. Hulle het die vis geëet of aan ander mense verkoop.

Die mense in die stede het anders gelewe. Hulle het verskillende beroepe (jobs) gehad soos
byvoorbeeld handelaars, vakmanne, regeringsamptenare en studente. Stede in Antieke China het
baie groot geword en duisende mense het daar gaan woon.
(Verwerk uit: https://www.worldhistory.org/trans/af/2-890/daaglikse-lewe-in-antieke-china/)

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


14

HARDOPLEES: ONVOORBEREID

NAAM:

0-1 punte 2 punte 3 punte 4 punte


Mompel en struikel oor Sukkel heelwat om Redelike duidelike Hoorbaar, hard
woorde, praat te sag. woorde uit te uitspraak. genoeg, lees alle
spreek. woorde korrek.
Lees rukkerig en Nie vloeiend nie en Groepeer woorde Lees vloeiend, rustig
groepeer woorde ignoreer leestekens. korrek, maar lees te met inagneming van
nie vinnig of te stadig. leestekens
korrek nie.
Lees heeltyd op dieselfde Wissel net een of twee Wissel soms Lees met gevoel en
stemtoon. keer stemtoon af. stemtoon, maar nie duidelike begrip en
vloeiend nie. genot.
Daar word glad Daar word pouseer, Pousering op die Perfekte pousering wat
nie pouseer nie. maar op die verkeerde regte plekke kom begrip en leestekens
plekke. soms voor. in ag neem.
Daar vind geen Die leser kyk net een Die leser kyk soms op, Die leser lees
oogkontak met die keer op terwyl hy/ sy maar sukkel om dit vertolkend en boei
gehoor plaas nie. lees. natuurlik te doen. die gehoor,
TOTAAL: 20 ÷ 2 = 10

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


15

MEMORANDUM
BASISLYNASSESSERING 2024 AFRIKAANS EAT GR 8
1. Lees ‘n literêre of ‘n nie-literêre teks
Nr. Antwoord Vlak Punte
1.1 B√ 3 1
1.2 Hy het oorlog gemaak teen ander lande en dan hulle grond afgeneem. √ 1 1
1.3 Hy het gesê dat die geskiedenis by hom moes begin.√ 1 1
1.4 Hy was bang dat die geeste van sy vyande hom in die doderyk sou jag en daarom 3 1
het hy die soldate gemaak om saam met hom begrawe te word. Hulle moes hom in
sy graf beskerm. √
1.5 Dit is gebou om China teen aanvalle van ander lande te beskerm. √ 3 1
1.6 Onwaar. Soldate, kleinboere en mense wat die wet oortree het, is gedwing om die 3 1
muur te bou. √
1.7 “Baie mense is dood terwyl hulle aan die muur gebou het.” √ 2 1
1.8 Dit is 8 850 km lank en UNESCO het dit in 2007 as een van die nuwe wonders van 1 2
die wêreld aangewys. √√
1.9 Draak, mitologie, Nuwejaarsfees. √√√ 2 3
1.10 Hy het vir die mense geleer om respek vir hulle ouers te hê, die waarde van studie 3 2
en dit belangrik is om beleefd te wees teenoor ander.
(Enige 2) √√
1.11 Om ander te respekteer en goeie maniere te hê. √ 3 1
1.12 ‘n Feit. √ 3 1
1.13 Leerder se eie antwoord. Noem uitvindsel + rede. √√ 4 2
1.14 Leerder se eie, goed gemotiveerde antwoord. √ 4 1
1.15 Ja/Nee + motivering. √ 4 1
Subtotaal: [20]

2. Lees ‘n visuele teks


Nr. Antwoord Vlak Punte
2.1 Beijing is die naaste aan die Groot Muur van China. √ 2 1
2.2 Burma grens aan China in die suide. √ 2 1
2.3 B√ 3 1
2.4 Die grootste stad is Shanghai. √ 1 1
2.5 Die Hainan Eiland is in die Geel See. √ 1 1
2.6 Die oorsprong van die Yangzi rivier is in die berge van Tibet. √ 3 1
2.7 Onwaar. Beijing is die hoofstad. √ 3 1
2.8 Daar woon 1 390 510 630 mense in China. √ 3 1
2.9 Eie rede, bv. hulle sal graag die Groot Muur of die pandas wil besoek. √ 4 1

2.10 Ja/Nee + eie rede. √ 4 1


Subtotaal: [10]

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024


16

3. ‘n Taaltoets
Nr. Antwoord Vlak Punte
3.1 nasionale √ 3 1
3.2 B√ 3 1
3.3 dieretuin √ 3 1
3.4 skaars √ 1 1
3.5 in / tussen √ 2 1
3.6 onrustig √ 2 1
3.7 be-kom-merd √ 1 1
3.8 embleme √ 1 1
3.9 hoop – hopelik, gehoop, wanhoop, hope, hopies, hoopvol (enigeen) √ 3 1
3.10 pandatjies √ 1 1
3.11 Gesegde: sal eet √ 2 2
Voorwerp: bamboes √
3.12 Daar is nog pandas in China, maar hulle is besig om uit te sterf. (Enige soortgelyke 4 1
antwoord.) √
3.13 ‘n Uitroepsin. √ 3 1
3.14 Natuurbewaarders was bekommerd oor die pandas. √ 3 1
3.15 Pandas het amper uitgesterf in die wêreld. √ 3 1
3.16 Meester Shifu het gesê dat hy hulle wou leer om hulle mense te beskerm. √√ 3 2

3.17 Meester Shifu het nie die rol van ‘n slegte panda in Kung Fu Panda gespeel nie. 3 1

3.18 Eie vraag. √ 4 1
Subtotaal: [20]

©Bardene Thirion Basislynassessering Afr EAT gr 8 2024

You might also like