Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN

Vak Afrikaans EAT 2021 Kwartaal 1


Graad 9 Week 5-6
Skakel met Lees en Kyk:
onderrig–en Leerders moet die inhoud/ storielyn van ‘n gedig verstaan. Hulle moet ook die verstegniese en
assesseringsplan literêre aspekte van die gedig identifiseer en kan toepas
Inleiding • Elke skrywer en digter skryf omdat hulle iets wil sê.
• Gewoonlik is dit iets wat hulle interessant vind, of wat hulle dink van belang is vir die mense
vir wie hulle skryf.
• Ons bestudeer die gedig om dit wat die digter sê, te verstaan, te verduidelik en te kyk of ons
daarmee kan identifiseer.
• In die vorige les het ons na die inhoud van die gedig, Eksieperfeksie gekyk en probeer
verstaan wat die digter vir ons wil sê.
• In hierdie les gaan ons die literêre aspekte binne die gedig bestudeer. Dit gaan ons wys hoe
die digter verskillende middele gebruik om die boodskap oor te dra.
Konsolidasie • Lees weer die gedig en kyk of jy die verskillende verstegniese aspekte wat jy ken, kan
identifiseer.
Papiergebaseerde Handboek of kopie van die gedig, Eksieperfeksie, geskryf deur Alta Marincowitz
bronne:
VAARDIGHEDE ONDERRIGMETODOLOGIEË / BENADERING Hulpbronne / LOOM
(WAT ek gaan (HOE ek gaan onderrig / begelei / ondersteun ...) (WAT ek gaan gebruik om te onderrig /
onderrig / begelei / begelei / ondersteun ...)
ondersteun ...)

Luister en Praat

Lees en Kyk By letterkunde gaan dit gewoonlik om die lees Voorlesing van die gedig self.
van die gedig vir genot, maar dit sluit ook Bespreking van die verskillende apekte
refleksie in oor die figuurlike gebruik van taal; soos:
➢ die wyse waarop sinne, versreëls en • letterlike betekenis;
gedigte as ’n geheel voorgestel word; • figuurlike betekenis;
➢ oor die keuse van stylfigure en • atmosfeer/stemming;
AKTIWITEITE VIR DIE beeldspraak; ritme, tempo en klank; en • tema en boodskap;
ONDERWYSER die emotiewe gevoelens wat hierdie • beeldspraak; en
beelde opwek. • stylfigure, woordkeuse (diksie),
Dit is ’n poging om ’n tentatiewe slotsom te klanknabootsing, toon, retoriese
bereik oor die skrywer se hoop dat ons stylmiddels, emosionele reaksies,
versreëls, woorde, strofes, rym,
AOO KURRIKULUM / 1
uiteindelik die betekenis van die teks sal skakel, ritme, leestekens, refrein,
ontdek. herhaling, alliterasie, assonansie en
enjambement
Hierdie aspekte is belangrik, ten einde
die gedig te verstaan en die dieper
betekenis daarvan te ontsluit.
Skryf en Aanbied
Taalstrukture en
Konvensies
Meer inligting Lees saam met die leerder die gedig en Gaan saam met u kind deur die
oor gedigte en probeer saam met u kind die betekenis visuele aanbieding van die gedig by
hoe om ‘n daarvan te ontsluit.
gedig te Gaan saam met u kind deur die https://prezi.com/1dxdh_ekmcp1/ek
ontsluit, sal u in verskillende verstegniese aspekte in die sieperfeksie/
die handboek gedig om sodoende te help met die
van die leerder begrip van hierdie aspekte. Die doel hier is om hersiening oor die
AKTIWITEITE VIR DIE
vind. Bespreek met u kind die implikasie van die inhoud van die gedig te doen en
OUER
inhoud van die gedig. die verstegniese middele te leer ken.

Leerderaktiwiteite:
1. Lees die gedig deeglik deur en kyk of jy kan vasstel wat dit vir ons wil sê.
2. Kyk na die aanbieding by https://prezi.com/1dxdh_ekmcp1/eksieperfeksie/ om jou geheue oor
die gedig te verfris.
3. Kan jy ‘n verband tussen die siekte Bulimie en die inhoud van die gedig maak?
4. Bespreek die gedig in die klas met jou klasmaats of met jou familie by die huis en kyk watter
opinies verskillende mense oor die inhoud van die gedig het.
5. Maak aantekeninge van die literêre aspekte waarvan jy in die gedig leer sodat jy dit ook in
AKTIWITEITE VIR DIE ander gedigte kan identifiseer.
LEERDER

AOO KURRIKULUM / 2
DOELSTELLINGS • Om te lees vir genot;
VAN LES • Om die inhoud van die gedig te kan interpreteer deur na die letterlike, sowel as die figuurlike
taal in die gedig te kyk en dit te verstaan.
• Om die verstegniese aspekte te bestudeer en hul funksie in die inhoud van die gedig te
evalueer.
• Om uiteindelik die tema en boodskap van die gedig te kan evalueer en te waardeer.

VAARDIGHEDE Kom ons lees nou die gedig weer:


Eksieperfeksie Alta Marincowitz

1 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


2 Ek lyk op ’n haar na Ma
3 En Boetie trek op Pa.
4 Eksieperfeksie.

5 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


6 Eet lae-GI-hawermout,
7 groente, vrugte, witvleis en min sout
8 Eksieperfeksie.

9 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


10 Staan soggens op vir gym:
11 swem, Pilates, gewigte, spin.
12 Eksieperfeksie.

13 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


14 Pa en Ma het goeie werk,
15 kinders presteer, en Sondae is dit kerk.
16 Eksieperfeksie.

17 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


18 Ons hou van kuns en maak musiek,

AOO KURRIKULUM / 3
19 word omring deur ’n goeie vriendekliek.
20 Eksieperfeksie.

21 Ons is ’n eksieperfeksie gesin.


22 Net ek word ’n bietjie vet.
23 Ek gaan gereeld na die toilet,
24 druk ’n vinger in my keel en spoel
25 en was en was my hande.

26 Eksieperfeksie.

Uit: Afrikaans sonder Grense, Gr.9 EAT


Kernleesboek.2013
Kom ons kyk nou na ‘n paar belangrike (literêre) aspekte wat ons in die gedig teëkom:
1. LEESTEKENS
➢ Punte kom na elke sin voor om die feit te konstateer. Die punt dui dus op die perfeksie van
die gesin.
➢ Kommas kom in strofes 2, 3 en 4 voor met die opnoem van dinge wat die gesin so
eksieperfeksie maak.
➢ R14 Pa en Ma het goeie werk,
➢ R15 Kinders presteer, en Sondae is dit kerk. Die kommas plaas die klem op werk en presteer.
➢ In strofe 3 is daar ook ‘n dubbelpunt, waarna die opnoem van al die aktiwiteite volg
waarvoor hulle so vroeg moet opstaan.
➢ Dit is asof die leestekens wat gebruik word, net so eksieperfeksie soos die gesin is.
➢ Die gebruik van hoofletters en punktuasie in die gedig is dus perfek aangewend en
beklemtoon hoe eksieperfeksie die gesin is.

2. HALFRYM: ALLITERASIE EN ASSONANSIE


Alliterasie: Wanneer die beginkonsonante in die woorde in ‘n versreël rym.
Assonansie: Binnerym; Wanneer die konsonante in opeenvolgende woorde rym.
➢ R2 Ek lyk op ‘n haar na Ma (Assonansie)
➢ R10 Staan soggens op... (Alliterasie)
➢ R14 Ma en Pa het goeie werk, (Assonansie)
➢ R18 Maak musiek... (Alliterasie)
AOO KURRIKULUM / 4
3. HERHALING
➢ Die herhaling van eksieperfeksie dwarsdeur die gedig versterk die idee dat die gesin alles
absoluut korrek doen en plaas fokus op die doen en late van die gesin.
➢ Aan die einde van die gedig in die 7de strofe lig die woord “eksieperfeksie” egter die ironie
van die situasie uit.
➢ Die herhaling van was en was van haar hande laat die leser besef dat sy nie net aan bulimie
ly nie, maar dat sy dalk probeer om haar probleme weg te was. Daar is dus baie meer
onperfeksie wat agter die perfeksie weggesteek word.

4. IRONIE
Definisie: Ironie vind plaas wanneer die leser dink iets is soos dit beskryf word, maar later
agterkom dat dit heeltemal anders bedoel word.
Die spreker sê iets, maar bedoel egter daarmee iets heeltemal anders.

In die gedig Eksieperfeksie dink ons aan die begin van die gedig dat alles vir die spreker perfek
is. Alles romdom haar gesin is perfek en dat hulle die perfekte lewe lei. MAAR ons kom in strofe 6
agter dat dit nie werklik so is nie. Die spreker sukkel om aan te pas by die perfekte beeld en haar
eie selfbeeld is so swak dat sy einlik aan bulimie ly.

5. ALLEENPLASING IN STROFE 7
➢ Strofe 7 bestaan uit een woord: “Eksieperfeksie”. Daar is dus ‘n doel waarom die woord
alleengeplaas word in die laaste strofe.
➢ Dit beklemtoon weer eens die ironie van die woord – dat almal dink alles is so perfek, maar
dat dit eintlik nie so perfek is soos wat ons dink nie.
➢ Die perfektheid steek dus einlik net die probleme weg.
➢ Die alleenplasing beklemtoon ook hoe die tiener (ons spreker) alleen staan met haar
probleme – dat haar ouers dalk nog steeds dink alles is perfek, terwyl sy alleen met haar
probleme worstel.

6. ATMOSFEER EN STEMMING
➢ Die gedurige herhaling van “eksieperfeksie” laat die leser voel dat die spreker baie trots op
haar gesin is omdat dit so perfek is.
➢ Dit is amper asof die spreker spog met hul perfekte leefwyse
➢ Maar wanneer die ware toedrag van sake duidelik word, besef die leser dat die spreker
eintlik die wêreld wil laat weet dat dit nie met haar goed gaan nie, alhoewel dit van haar
verwag word om perfek te wees.
AOO KURRIKULUM / 5
➢ Dit lyk asof die gedig eintlik ‘n hulpkreet van ‘n tiener is wat groot probleme ondervind.
➢ Die gevoel wat dit laat is dus hartseer, skok en teleurstelling.
➢ Die alleenplasing van eksieperfeksie dui ook aan hoe die wrede siklus van perfeksie
aangaan, asof niks verkeerd is nie.

7. Tema en boodskap
➢ Dinge is nie altyd soos dit lyk nie.
➢ Mense gee baiekeer voor dat hulle perfekte lewens lei, maar geen lewe is eintlik perfek nie.
➢ Almal het maar hulle probleme – daar is nie iets soos ‘n perfekte lewe nie.
➢ Bulimie is ‘n ernstige eetversteuring en moenie ligtelik opgeneem word nie.
➢ Die titel: Steek die uiterlike perfeksie dalk al die gebreke weg?
➢ Die boodskap: Jy moet jouself aanvaar soos jy is/ As jy probleme ondervind, moet jy liefs
daaroor praat / moenie jou probleme op jou eie probeer hanteer nie.
AKTIWITEITE / Beantwoord die volgende vrae wat oor die literêre aspekte van die gedig gestel word:
ASSESSERING
1. Kies die korrekte antwoord om die stelling te voltooi.
Hierdie gedig is ’n voorbeeld van ’n …
A Italiaanse sonnet
B Engelse sonnet
C Vrye vers
D Haikoe

2. Noem twee redes vir jou antwoord in 1.1


3. Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.
Wat noem ons strofe 6 wat uit vyf reëls bestaan?

A tersiene
B kwintet
C kwatryn
D sestet

4. Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.


Wat noem ons strofe 1 wat uit vier reëls bestaan?
A tersiene
B kwintet
AOO KURRIKULUM / 6
C kwatryn
D koeplet

5. Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin te voltooi.


Strofe 7 bestaan uit een reël, ons noem dit (voorplasing/alleenplasing/agterplasing).

6. Gee ‘n voorbeeld van alliterasie in strofe 5.


Skryf die woorde neer en onthou om die alliterende(halfrym) klanke te onderstreep.

7. Gee ‘n voorbeeld van assonansie (halfrym) in strofe 1.


Skryf die woorde neer en onthou om die rymklanke te onderstreep.

8. Die woord “Eksieperfeksie” word gereeld herhaal. Wat is die effek van die herhaling?

9. Wie is die spreker in die gedig?

10. Haal die woorde uit strofe 6 aan wat kontras aandui.

11. Wat is die funksie van alleenplasing in strofe 7?

12. Verduidelik hoekom die volgende woorde herhaal word:


“en was en was my hande.”

13. Verduidelik wat is die doel van die komma in die onderstaande reël?
“kinders presteer, en Sondae is dit kerk.”

14. Verduidelik waarom is daar ‘n dubbelpunt in strofe 3?


“Staan soggens op vir gym:”

15. Verduidelik die IRONIE in die woord “eksieperfeksie”.

Memorandum Beantwoord eers self die vrae voordat jy jou antwoorde met dié hieronder verglyk.
van
assesserings- 1. C – Vrye vers
aktiwiteit 2. Die gedig bevat gebroke rym./ Onreëlmatige strofebou.

AOO KURRIKULUM / 7
3. B – kwintet
4. C – kwatryn
5. Alleenplasing
6. Maak musiek
7. Op ‘n haar na Ma.
8. Die volmaaktheid van die gesin word daardeur beklemtoon.
9. Die spreker is ‘n tienerdogter.
10. “net ek”
11. Die woord moet uitstaan – dit word so beklemtoon.
12. Dit beklemtoon haar desperaatheid om skoon of perfek te wees.
13. Die komma plaas klem op die woord presteer – dui aan hoe belangrik dit is vir die gesin.
14. Die dinge of aktiwiteite waarvoor die gesin so vroeg opstaan, word na die dubbelpunt
opgenoem.
15. Die leser dink dat alles so perfek is, MAAR ontdek later dat dit nie so is nie, dat daar wel
probleme is./
Die spreker vertel dat alles so perfek is, MAAR eintlik wil sy vertel wat die probleme is of wat nie so
perfek is nie.
KONSOLIDASIE Het jy die gedig geniet?
/ VASLEGGING Verstaan jy nou meer oor die literêre aspekte van die gedig en watter rol dit speel om die inhoud van
die gedig vir ons te verklaar?
Kyk na die visuele aanbieding van die gedig by: https://prezi.com/1dxdh_ekmcp1/eksieperfeksie/
Kyk of jy al die literêre aspekte en hul doel en funksie in die gedig kan uitken.
Bronne Digitale bronne
Die kernleesboek Luister na wat ‘n sielkundige oor Bulimie
te sê het by:
https://www.nhs.uk/conditions/bulimia/

Doen hersiening oor die gedig deur die


flitskaarte deur te werk by:
https://quizlet.com/za/408970759/eksie
perfeksie-gedig-vrae-flash-cards/

AOO KURRIKULUM / 8

You might also like