Download as odt, pdf, or txt
Download as odt, pdf, or txt
You are on page 1of 4

OPSOMMINGSOEFENINGE VIR DIE JUNIE-EKSAMEN

OPSOMMING A:
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 3: DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL
WEES
Instruksies: Noem SEWE dinge wat jy nie moet doen nie as jy veilig wil wees.
 Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
 Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
 Jy moet een sin oor elke feit skryf.
 Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.
 Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
 Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
 Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die
getal
woorde aandui nie.
DINGE WAT JY NIE MOET DOEN NIE AS JY VEILIG WIL WEES
Rowers hou van winkels waar hulle maklik van die parkeerterrein af tot by die
winkel kan kom. Dan kan hulle weer maklik uitglip.
Rowers hou veral van Sondagmiddae, omdat daar ná ʼn naweek baie geld in
die winkels is. Die meeste rooftogte vind net voor oopmaaktyd en net na
toemaaktyd plaas. Wees versigtig gedurende hierdie tye.
Hou jou oë en ore oop. Jy moenie toelaat dat rowers sien wat jy gekoop het
nie. Vrouens moet seker maak dat hulle handsakke reg toegemaak is. Moenie
ʼn handsak oor ʼn stoel hang of ʼn selfoon op ʼn tafel voor jou sit terwyl jy in ʼn
restaurant eet nie.
Twee belangrike dinge: moet nooit met ʼn rower praat nie en moet hom nooit
in die oë kyknie! Dit is baie belangrik om nie terug te baklei as ʼn rower jou
aanval nie. Gee hom wat hy vra. Niks wat jy het, is belangriker as jou lewe
nie. ʼn Rower gee nie om of jy leef of sterf nie. In 22% van alle rooftogte word
iemand beseer en dis nooit die rower nie!
Die tweede ding is: Val dadelik plat as jy iemand hoor skiet en bly op die
grond tot jy seker is dat alle gevaar verby is. Onthou, jy is nie Superman of
Superwoman nie!
[Verwerk uit: Huisgenoot, 17 November 2005]
TOTAAL AFDELING B:

OPSOMMING B:
VRAAG 3: WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK
INSTRUKSIES:
 Som SEWE WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK in
SEWE volsinne
op.
 Skryf die SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer en nommer jou sinne
3.1 tot
3.7.
 Jy moet een sin oor elke feit skryf.
 Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.
 Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
 Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde gebruik of as jy nie die
regte
aantal woorde aandui nie.
STRESVRYE STUDIE − DIS AL WEER EKSAMENTYD, MAAR WEES
NIE BEVREES NIE! HIER IS ’N PAAR UITBLINK-WENKE
1. Hulle sê mos vroeg begin is half gewin! Dink net hoe goed dit jou stresvlak
én jou punte kan doen as jy vroeg genoeg begin. Stel ʼn aksieplan op om ʼn
paar uur per dag te studeer en die res van die tyd te doen net wat jy wil. Kyk
hoeveel vakke, hoofstukke en bladsye jy onder die knie moet kry en verdeel
dit in jou plan in hanteerbare hoeveelhede. ‟n Ou uurtjie of wat elke dag vir ʼn
week is tog baie beter as sewe uur op een dag!
2. Party vakke of dele daarvan maak ʼn mens skoon bang. Kry die heel ergste
onder die knie, want as jy dit eers baasgeraak het, kry jy ekstra selfvertroue
om die res te doen.
3. Moenie jouself in hierdie stresvolle tyd afskeep nie. Weet jy, net mooi die
teenoorgestelde sal jou goed doen: ʼn lang, luilekker bad, ʼn lang middagete
saam met vriende en genoeg slaap wanneer dit nie met jou studietyd inmeng
nie. Dit sal jou laat ontspan, maar tog ook gefokus hou.
4. Bly positief. As jy dink: Ek sal nooit al die werk verstaan nie, dink dan
liewer: Ek gaan ʼn plan uitdink om dit aan te pak en my bes doen. Dit is
moontlik.
5. Sukkel jy om ʼn stuk biologie te verstaan of te onthou? Dink ʼn storie
daaroor uit waarmee jy kan identifiseer en maak iets prettigs daarvan – teken
prentjies as dit moet, en die kans is goed dat jy dit sal onthou wanneer dit in
die eksamen opduik.
6. Vra jou ma, pa, broer of vriendin om te help deur net na jou te luister. Hulle
kan terselfdertyd iets anders doen, solank hulle net luister! Probeer hulle ná
ʼnstudiesessie alles vertel wat jy geleer het.
7. Wanneer jy klaar vir ʼn vak studeer het, lê ʼn proefeksamen af. Dit sal jou in
die regte stemming bring vir die ware Jakob en jou laat agterkom waar jou
kennis nog te kort skiet.
Bronne: www.oxfordlearning.com

OPSOMMING C:
VRAAG 4 WAT KAN JY DOEN OM MEER SELFVERTROUE TE KRY?
 Som SEWE dinge op wat jy kan doen om meer selfvertroue te kry.
 Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
 Skryf jou SEWE SINNE onder mekaar neer en nommer die sinne 4.1–4.7.
 Jy moet een sin oor elke feit skryf.
 Laat ʼn reël tussen jou sinne oop.
 Jou opsomming mag nie meer as 60 woorde wees nie.
 Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
 Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 65 woorde skryf of as jy nie die
getalwoorde aandui nie.
KRY MEER SELFVERTROUE...
1. Voor jy soggens opstaan, dink aan een positiewe ding wat jy al reggekry
het.Dit kan selfs iets kleins wees soos dat jy ʼn bejaarde persoon die straat
helpoorsteek het. Herleef daardie oomblik.
2. Dink twee keer per dag twee minute lank aan iemand met hope selfvertroue.
Verbeel jou jy is daardie persoon en boots hul liggaamshouding na. Mensemet
selfvertroue hou gewoonlik hul koppe hoog en maak oogkontak. Staan en
praat soos hulle en jy sal dieselfde wenhouding kry.
3. Verbeel jou hoe fantasties dit sal wees om tonne selfvertroue te hê, hoe
maklik dit sal wees om nuwe mense te ontmoet en hoe jou sosiale lewe sal
blom. Terwyl jy hieraan dink, druk jou duim en middelvinger op dieselfde
hand teen mekaar. Herhaal dit vier keer.
4. Probeer die volgende: Staan voor die spieël, maak jou oë toe en onthou ʼn
kompliment wat iemand jou gegee het. Herhaal hul woorde vier keer in jou
gedagtes tot jy goed voel en pak dan jou dag aan.
5. Dink aan ʼn situasie wat jou in jou sokkies laat bewe; soos om jou
mondeling voor die klas te doen. Dink dan aan vyf sleutelwoorde om te
beskryf hoe jygraag op daardie oomblik sou wou voel, soos ontspanne, sterk,
kalm. Laat hierdie gevoelens jou gedagtes vul.
6. Jy moet probeer om meer gemaklik in jou eie vel te wees. Ander mense se
kritiek sal dan nie so baie vir jou beteken nie.
7. “Wanneer ek sleg voel, gebruik ek daai gevoel om my te motiveer om
harderte werk. Ek gee my net een dag om myself te bejammer”, sê Beyonce
(sangeres).
[Verwerk uit: Huisgenoot, 6 Oktober 2011] 10

You might also like