Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

INLIGTINGSBRIEFIE KWARTAAL 2 WEEK 6 6 – 10 Mei 2024

Afr: VANDAG: Ons het geleer van fabels. Bl. 73 – 76 Beantwoord vrae.

WOENSDAG: Speltoets: WEEK 6 (Ons gaan weer skryf, want dit was vakansiedag
verlede week)

VRYDAG: ROOIBOEK: Bl. 104 - 115 (Ek gaan leerders se name op die groep
deurgee wat nie hulle werk voltooi het nie. Ek het nou genoeg tyd gegee vir
hulle werk om gedoen te wees tot op hede. Hulle kry genoeg tyd in die klas
om in hulle Rooiboeke te werk.)

Geo: Vandag het ons bl. 36 – 37 gedoen. Akt. 13 bl. 37 in werkboeke.

Gesk: Ons gaan die Geskiedenis hierdie week afhandel. Ons leer hoe om ‘n bron te gebruik om
vrae te beantwoord.

NW: Ons leer van versterking van materiale.

TEG: PRAKTIESE TAAK: 17 Mei 2024

LV: Ons werk met emosies en hoe om in ‘n groep te werk.

Ek gaan so gou as wat die werk afgehandel is, die memorandums van die aktiwiteite uitgee.
Gebruik asb. die memorandums om te begin voorberei vir die eksamen.

Maak asb. seker dat u die nuusbrief, asook alle inligting op WhatsApp-groepe, lees. Hou ook asb.
u kind op hoogte van dit wat op WhatApp gestuur word, want soms neem ons aan dat leerders
weet van sekere reelings en vice versa.

WOENSDAG: NETBALKLINIEK.

VRYDAG: GRAAD 5 ENTREPRENEURSDAG: Stuur asb. geldjie saam.


Maak asb. seker u kind kry alle huiswerk en voltooi dit indien afwesig. Daar is heelwat leerders
wat nou siek word. Laat weet my asb. indien u kind siek is. Maak ook seker u kind het ‘n
huiswerkmaatjie, wat alle werk afskryf en ook papiere by hulle hou of in hulle boeke sit, om te
gee, as hulle terug is by die skool. DIT IS EN BLY U AS OUER EN U KIND SE
VERANTWOORDELIKHEID.

Groete, ____________________

Juffrou Marika Handtekening: Ouer

You might also like