Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 93

KleuterKIX

Handleiding

40 Bybelstories
5 aktiwiteite per
storie

Ouderdom:
3-5 jariges

www.kixkinders.co.za 2
Inhoudsopgawe
Voorwoord

1. Die volmaakte plek 21. God se 10 gebooie


2. Die toring van Babel 22. God gee kos uit die hemel
3. Jakob se kinders 23. Elia en die weduwee
4. Josef die dromer 24. Elia en die profete
5. Josef lê drome uit 25. Die seuntjie Josia word koning
6. Josef se familie kom Egipte toe 26. Naäman word genees
7. Rut en Naomi 27. Ester word koningin
8. Jesus as Seun in die tempel 28. Daniël se vriende in die oond
9. Johannes die doper 29. Daniël in die leeukuil
10. Die Paasete 30. Nehemia herbou die mure
11. Jesus lewe 31. Jesus se vriende
12. Jesus se Hemelvaart 32. Die storm gehoorsaam Jesus
13. Pinkster en die eerste gemeente 33. Jesus gee honger mense kos
14. Paulus word geroep 34. Tien word gesond gemaak
15. Paulus en Silas in die tronk 35. Die blinde man, Bartimeus
16. Die briewe van Paulus 36. Jesus se skape
17. Moses in die mandjie 37. Jesus seën die kindertjies
18. Moses en die brandende bos 38. Die tien meisies
19. God gebruik Moses 39. Skaapwagters besoek Jesus
20. Deur die see 40. Die wyse manne
KleuterKIX
Voorwoord
Wat is KIX?
KIX was voorheen die Kinderkrans van die NG Kerk wat in 1914 gestig is om kinders bewus te
maak van diensbaarheid en sendingwerk. In 2007 het die naam verander na KIX (Kinders in
Christus). Ons werk ook saam met die VG Kerk se Kinderbond.
Kix is nou meer as net Kinderkranstakke. Die bediening is tans nie net in gemeentes nie, maar in
skole, kleuterskole, nasorgsentrums, ens. Oral waar daar deure oopgaan om kinders te bedien, is
daar gelowiges wat die geleentheid aangryp om kinders te begelei op hulle geloofsreis. KIX
behou egter die primêre fokus van die ou Kinderkrans, naamlik om kinders Bybelstories te leer,
hulle te help om op 'n prettige manier Jesus te leer ken, diensbaar te wees en 'n hart vir sending
te ontwikkel.
Ons het onlangs nuwe materiaal ontwikkel vir ons 3-5 jariges en dit word KleuterKIX genoem.

Hoe gebruik ek hierdie boek?


Hierdie materiaal is vir almal wat met 3-5 jariges werk en ideaal om in ‘n VKO-dagprogram te
gebruik. Elke Bybelstorie het vyf idees met aktiwiteite en speletjies wat daarby pas. Dit is jou
keuse of jy die aktiwiteite apart doen of op een dag kombineer en aanpas (tuis of by die skool)
volgens jou kleuter of groep se behoeftes.

Watter Bybel gebruik ek?


Daar is soveel kinderbybels om van te kies, dat ons nie ‘n spesifieke Bybel voorstel nie. Gebruik
die kinder- of ander Bybel wat jy het. Lees die teks in die Bybel voordat jy die storie vertel. Dit is
vir kleuters belangrik om te sien jy gebruik ‘n Bybel, so selfs al gebruik jy ‘n opsomming of
verkorting, bind jou notas met ‘n toutjie of rekkie in die Bybel wat jy gebruik in, sodat jy nie van
los papiere af werk nie. Omdat Kinder- en Kleuterbybels so baie verskil met die inhoud en
hoeveelheid van stories, is daar by die eerste idee van elke storie ‘n kort opsomming van die
hoofpunte om jou te help. Moet asseblief nie net hierdie stukkie vir die kinders voorlees nie.
Hierdie is ‘n riglyn om jou te help, wat jy kan aanpas vir die groepie waarmee jy werk. Ons het
die volgende Bybels gebruik: My Groot Lofkleuter Bybel, Die Een Jaar Kinderbybel en 100
Bybelstories vir kinders.

Metodes van storievertel


Die Bybelverhaal kan op verskeie kreatiewe maniere aangebied word. KIX gebruik graag die
volgende metodes: sandbokse, besempoppe, vilt- en magneetborde, vertellings, toneeltjies,
handpoppe en poppekas.
Laai KIX se handleiding vir hulpmiddels hier af: https://kixkinders.co.za/wp-
content/uploads/2021/11/Kix-handleiding-vir-hulpmiddels.pdf

Hoe gebruik ek musiek?


Kleuters is voortdurend aan die beweeg en geniet dit om bewegings na te boots. Bewegings
saam met wysies, ritmes en rympies help kleuters om beter te onthou.
Kleuters onthou rympies, ritmes en liedjies voordat hulle woorde en feite kan memoriseer.
Kleuters assosieer 'n spesifieke liedjie of rympie met skoonmaak, groet of 'n nuwe aktiwiteit. Dit
berei hulle voor vir iets nuuts wat begin of 'n aktiwiteit wat nou afgerond gaan word. Kleuters
gaan meer van 'n storie of Bybelvers onthou as hulle 'n liedjie of rympie op 'n ritme daarmee kan
assosieer. Gelukkig is daar baie Bybelliedjies in verskeie tale (wat juis op hierdie manier kleuters
help) wat jy kan gebruik. Dit is ook maklik om 'n bekende wysie te neem en eenvoudige,
herhalende woorde by te sit wat pas by die tema van die week.
Moenie bang wees om met 'n ritme of rympie waarmee jou groepie bekend is, te speel om nuwe
woorde by te sit wat pas by die week se tema nie.

Hoe gebruik ek gebed?


Gebed is ‘n integrale deel van geloofsvorming, en dit is belangrik vir kleuters om te leer dat
gebed ‘n gesprek is met God en elke dag gedoen word. In die tweede idee vir elke storie is daar
‘n gebedsmoment idee, maar ons moedig dit aan dat daar by elke dag se stukkie gebid word.
Gebed by kinders kan behels dat hulle agter jou aan lyntjies herhaal, die Onse Vader stuk vir stuk
leer, kort gebede met bewegings by doen, vir mekaar en temas bid, en “popcorn” gebede doen
waar elkeen kans kry om 1 of 2 woorde te sê om God te loof, te dank of om iets te vra. Kleuters
kan ook teken of op prentjies wys waarvoor hulle bid. ‘n Gebedswiel met verskillende idees vir
voorbidding kan ook met groot sukses gebruik word. Neem ‘n boksie, sakkie of glaspot en sit
prentjies van persone of probleme waarvoor gebid kan word, binne-in. Kleuters kan dan die
prentjie kies waarvoor hulle wil bid, die prentjie vashou of dit neersit in die sirkel waarin julle sit
as teken van voorbidding. Ekstra idees oor kreatiewe gebed is op die KIX webwerf
(www.kixkinders.co.za) by ‘Info’ beskikbaar.

“Doen dinge”
Ons besef dat hierdie idees op ‘n verskeidenheid van plekke gebruik kan word, en daarom kies
ons om bekostigbare en maklik bekombare hulpmiddels voor te stel vir gebruik vir speletjies en
kuns. Pas asseblief die idees aan om by jou spesifieke groepie en bronne te pas. Daar is soveel
interessante dinge wat gedoen kan word met plastiekhouers en proppies, dat ‘n mens nie iets
duur of nuut hoef te gaan koop hiervoor nie. Gebruik dit wat jy het en versamel herwinbare
materiaal soos toiletrolle, botteldoppies, sponsies uit pilhouers, boksies, stukkies lap ens. Dit is
ons droom dat kleuters en aanbieders dit sal geniet om die Bybel en Bybelverhale te beleef op
hierdie maniere. Mag julle vreugde vind in elke aktiwiteit en saam groei!
1. Die volmaakte plek Genesis 2-3

God is altyd lief vir ons!

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


In die begin van die Bybel, in Genesis 1, lees ons hoe God alles gemaak het op aarde. Ons praat van
die skepping. God het die hele aarde in 6 dae gemaak en die 7de dag het Hy gerus. In Genesis 2
lees ons van een van die wonderlike goed wat Hy gemaak het. God het mense gemaak! Eers die
man en toe die vrou. God het hulle spesiaal gemaak om met Hom te gesels en om al die diere en
die plante in die tuin op te pas en te versorg. Eendag het die duiwel (slang) vir hulle kom jok en
hulle het vir hom geluister en het toe iets gedoen wat God baie mooi gevra het, hulle nie moet
doen nie. Hulle was ongehoorsaam. Ons noem dit sonde. Adam en Eva het verkeerd gekies. Sonde
het alles wat goed was, kom verander.

Vertel die storie van Genesis 2 en 3 vir die kleuters kortliks en op hulle vlak.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder wat doen jy wat vir God hartseer maak.

Gebed: Here, help my om dinge te doen wat U gelukkig maak. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Daar is een ding wat God nie het nie, maar wat elke mens het. Dit is sonde! Sonde het by Adam en
Eva begin. God het vir Adam en Eva so spesiaal gemaak en was so lief vir hulle, al het hulle
verkeerd gekies, het God lief gebly vir hulle, al was Hy kwaad oor dit wat hulle verkeerd gedoen
het.

Ons kan altyd bid en vir God jammer sê oor die dinge wat ons verkeerd doen, soos om ‘n
maatjie seer te maak of nie vir Mamma of Pappa te luister nie.

Kan julle vir my nog voorbeelde gee van dinge wat ons verkeerd doen?

Butterfly song: https://www.youtube.com/watch?v=imO2NiKo_AQ


Psalm 139:14 All of God’s creation is wonderful: https://www.youtube.com/watch?v=7603oH33Ghs

Gebed: Here, jammer as ek partykeer iets verkeerd doen. Dankie dat U altyd lief bly vir my! Amen

3. Ons onthou en dink saam


Genesis 2 vertel vir ons dat God ons gemaak het.
Psalm 139 vertel vir ons hoe spesiaal God ons gemaak het. Maak julle ogies toe en luister na
die psalm.

God het jou uitgedink. Hy is baie lief vir jou. Hy beskerm jou elke dag en sal jou nooit alleen los
nie. Hy het ‘n wonderlike plan vir jou lewe. (Psalm 139:14-18 vry vertaal)

Sê die volgende sin hardop saam terwyl ons met ons arms wys:
God het my uitgedink! (Wys met hande na bo vir God, en dan met jou wysvinger na jou kop)
Hy is baie lief vir my! (Kruis jou hande oor jou hart)
Hy beskerm my elke dag. (Gee jouself ‘n drukkie)

Gebed: Here, dankie dat U my uitgedink het. Amen

4. Ons speel saam


God het ons so uitgedink om te kan kies wat reg en verkeerd is. Kom ons speel ‘n speletjie oor
reg en verkeerd.

Ek gaan iets sê en as julle dink dit is reg, dan sê jy: “REG!” en wys ”thumbs up”.
As jy dink dit is verkeerd, dan skree jy: “WEG!” en jy waai jou arm weg van jou af.
Bv. Slaan ‘n maatjie / help vir mamma, ens.

Gebed: Here, help my om altyd die regte ding te kies. Amen

5. Ons doen saam


Weet jy hoe spesiaal is jy? Toe die Here jou klaar gemaak het, het hy die vormpie weggegooi
en gesê: “Ek maak net eenkeer iemand so spesiaal soos jy.”

Gee vir elke maatjie ‘n bolletjie klei en laat hulle ‘n mannetjie bou
uit klei. Hulle kan die mannetjie op ‘n papierbord of karton bou.
Skryf die woorde: “God het my altyd lief!” op die papierbord of
papier. Indien daar nie klei
beskikbaar is nie, kan die
maats ‘n mannetjie in die
grond met ‘n stokkie teken of
‘n mannetjie uit modder bou.

Gebed: Here, dankie dat


U my altyd lief het! Amen
2. Die toring van Babel Genesis 11:1-9

God keer die groot toringbouery

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Lank lank gelede het al die mense in die wêreld net een taal gepraat. Daar het egter iets gebeur
wat gemaak het dat hulle almal verskillende tale begin praat het en dat hulle mekaar nie meer
verstaan het nie.
Ek wonder wat het gebeur? Kom ek vertel vir julle die storie van Babel uit Genesis 11:1-9.
(Dramatiseer die verhaal met ‘n paar karakters indien moontlik, of deur
‘n sandboks en/of boublokkies te gebruik.)
Gebed: Here, help my om te onthou dat U slimmer is. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Wanneer ons bid, dan beteken dit ons gesels met God. Ons hoef nie ‘n hoë toring te bou om by
God uit te kom nie. Ons kan enige tyd met Hom gesels. Hy luister altyd.

Bou ‘n toring met boublokkies of enige ander items wat op mekaar gestapel kan word. Dit kan self
uit papier gemaak word of in die grond geteken word. Teken simbole op die blokkies wat gebruik
kan word vir gebede: Gesiggie – Vra God om jou te help om altyd vriendelik te wees. Regmerkie:
Vra vir God om jou te help om altyd reg te kies. Hartjie: Vra dat God jou sal help om vir ander maats
lief te wees. Sirkel: Sê vir God dankie dat Hy net goed is. Kruis: Sê vir God dankie vir Jesus wat aan
die kruis doodgegaan het vir dit wat ons verkeerd doen. Oor: Vra vir God om jou te help om te
luister na Hom en om altyd gehoorsaam te wees.

Gebed: Deel vir elke maatjie ‘n blokkie uit met ‘n simbool op. Almal wat dieselfde kleur blokkie
het, hou dit in die lug en bid dan agter die groepleier aan.

3. Ons onthou en dink saam


In die storie van die Toring van Babel, lees ons dat die mense gedink het hulle is baie goed, ja hulle
het so baie van hulself gedink, dat hulle gedink het hulle is slimmer as God! En daarom wou hulle
‘n toring bou wat tot in die wolke gegaan het. Hulle wou wys hoe goed hulle regtig is. Hulle het
gekies om iets te doen wat verkeerd is. Dit het God se hart so seer gemaak, dat Hy geweet het hy
moet hulle keer. Daarom het Hy hulle taal verander. Elkeen het ‘n ander taal begin praat en hulle
kon mekaar nie meer verstaan nie. Hulle het opgehou dink dat hulle beter is as God en hulle is weg
van die toring af. Hulle het oor die hele aarde gaan bly.
Sê die volgende sinnetjie agter my aan:
“God is ons enigste God, daar is niemand soos Hy nie!”
Herhaal die sin ‘n paar keer en maak gebruik van verskillende bewegings wat by die woorde pas.
Sê die sin eers hard, dan sag, spring op en af terwyl dit gesê word ens.
God: wys vinger na bo. Enigste: wys ‘n nommer 1 met jou wysvinger. Niemand: beweeg jou vinger
heen en weer asof jy nee sê. Hy: wys jou vinger weer na bo.
Gebed: Here, help ons onthou dat daar niemand soos U is nie. Amen.

4. Ons speel saam


Om die toring van Babel te kon bou, moes almal hard werk. Hulle het mekaar gehelp en ek dink
hulle het seker ook die bakstene vir mekaar aangegee. Dit was maklik, want hulle kon mekaar
verstaan. Ek wonder hoe het dit gevoel toe hulle skielik nie meer kon verstaan wat hulle vir
mekaar sê nie?

Laat die maats in ‘n lang ry staan. Gee vir hulle ‘n bal wat hulle van voor tot agter in die ry moet
aangee. Die eerste maatjie gee dit bo-oor sy kop aan en die tweede maatjie en hy gee dit weer
onderdeur sy bene vir die volgende maatjie aan. Herhaal tot die bal agter is. Bo-oor, onderdeur
ens. As die maats dit goed regkry, kan hulle geblinddoek word en moet hulle weer probeer om
die bal so vir mekaar aan te gee.
Ek wonder of dit steeds maklik was toe julle mekaar nie kon sien nie?
Gebed: Here, help my om altyd mooi met my maatjies te wees. Amen

5. Ons doen saam


Om ‘n toring te bou is nie altyd so maklik nie. ‘n Mens moet seker wees dat al die bakstene mooi
vas is, anders kan die toring dalk omval en iemand kan seerkry. Daarom was dit so belangrik dat
hulle mekaar verstaan terwyl hulle die toring bou. Hulle het egter die toring vir die verkeerde rede
gebou. Hulle wou beter wees as God. Dit het God se hart seer gemaak. Hy het besluit om hulle te
stop, omdat hulle self nie wou ophou met hulle planne om ‘n toring te bou wat tot in die wolke sou
gaan nie.
Gee vir die maats ‘n kans om ‘n toring te bou met enige iets wat op mekaar gestapel kan word.
Houtblokkies, eierdoppe, boublokkies, ‘n modder toring, toring van klei, stapelkoppies ens.
Gebed: Here, help my om altyd te onthou dat U die belangrikste is! Amen
3. Jakob se kinders Genesis 35:21-29
Josef se broers

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Jakob het 12 seuns gehad, maar hy was liewer vir sy seun Josef as vir die res en het hom
voorgetrek. (Neem die patroon van die mannetjies wat vooraf gevou is en knip die mannetjies voor
die maats uit. Laat die maatjies probeer om saam te tel soos wat die mannetjie oopgevou word.
Dit gaan twee stringe van 6 mannetjies elk vorm). Die broers het maar baie baklei en hulle was
verskriklik jaloers op Josef. Hulle het nie baie van hom gehou nie. Hulle het baie lelike planne
uitgedink weg laat om vir Josef seer te maak. Ons gaan in ‘n volgende storie meer van daardie
planne hoor.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder hoe dit moet voel om deel van so ‘n groot familie te wees.
Gebed: Here, help my asb om nooit slegte planne vir mense te maak nie. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Josef se broers was maar lelik met hom en het hom alleen laat voel. Ek wonder of jy dalk ook al so
alleen gevoel het?

Dis belangrik om te weet dat God altyd by jou is. Dalk voel jy of jou ouers jou nie so lief het soos
jou boetie of sussie nie. God het elkeen van sy kinders ewe lief. Jy is vir Hom kosbaar en Hy is lief
vir jou.

In Sefanja 3:17 lees ons dat God sing oor sy kinders, soos wat ‘n mamma of ‘n pappa vir hulle
kinders sal sing, omdat hulle vir hulle kinders lief is: “Hy is vol vreugde oor jou … in sy liefde …
jubel (Hy) … oor jou”
Luister na die liedjie: ‘Weet jy dat Jesus jou liefhet”.
Weet jy dat Jesus jou liefhet – Poppekas https://www.youtube.com/watch?v=vUnPbId9rR8
Weet jy dat Jesus jou liefhet – Lied https://www.youtube.com/watch?v=e1XTphVq_ck
Gebed: Here, help my om te onthou dat U baie lief is vir my en sing oor my. Amen.

3. Ons onthou en dink saam


Al het Jakob die meeste van Josef gehou, was hy ook lief vir sy ander kinders. God het ‘n plan gehad
met al 12 van Jakob se kinders. Die 12 broers het die leiers van die 12 stamme van Israel geword. ‘n
Stam was ‘n groep mense wat saam gewoon en gewerk het en hulle het dieselfde maniere gehad.
Die 12 stamme het op verskillende plekke gaan woon. Die 12 broers se name was:
Ruben, Simeon, Levi, Juda, Dan, Naftali, Gad, Aser, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.
God het ‘n spesiale plan met hulle elkeen gehad en elkeen was belangrik. God het ‘n spesiale plan
met jou ook!

(Laat die kindertjies hulself in ‘n bondeltjie oprol op die grond. Laat hulle die sinne agter die leier
aansê. Elke sin moet harder gesê word en die kinders staan elke keer ‘n bietjie meer regop met
elke sin).
God weet van my! (Klein bondeltjie)
God ken my! (Sit op hurke)
God het ‘n plan vir my! (Staan regop, maar vorentoe gebuk)
Jippie hoera! (Spring regop terwyl dit uitgeskree word en die hande die dak probeer raak)
Gebed: Here, dankie dat U ‘n belangrike plan het met elkeen van ons se lewe. Amen.

4. Ons speel saam


Jakob het 12 seuns gehad. 12 is dalk al bietjie meer as wat jy kan tel, maar ons gaan ‘n lekker
speletjie speel waar ons in twaalf blokke gaan spring. Demonstreer die speletjie en laat die
maats dan vrylik deelneem aan die groot-motoriese spring speletjie.

Teken ‘n ‘Hop-Scotch’ (Hopscotch)(op plaveisel met bordkryt, plak dit met tape uit op ‘n mat, of
trek die blokke in die grond. Skryf ‘n nommertjie in elke blok. Die kinders hoef nog nie die getalle
hardop te sê en te ken nie, maar hulle brein werk wel aan die erkenning van die getalle terwyl
hulle spring. Gee vir elke maatjie ‘n kans om deur die blokke te spring. Indien daar baie maats is,
kan meer as een ‘hop-scotch’(hopscotch) geteken word.
Gebed: Here, dankie dat ek met my lyfie kan spring en kan hop. Amen

5. Ons doen saam


Gee vir elke maatjie ‘n stringetjie mannetjies wat uitgesny is. Dis dieselfde mannetjies wat ook
gebruik is vir die ‘ons bid, luister en sing saam’. Plak twee stringetjies aanmekaar om 12
mannetjies in ‘n ry te kry. Die maats kan nou die twaalf mannetjies versier en mooi maak.

Gebed: Here, help ons


om altyd lief te wees
vir al ons ander
maatjies!
Amen
4. Josef die dromer Genesis 37

God is altyd by my

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Vra vir die groepie (groep) kinders hoe dit voel om alleen te voel.
Vandag se storie gaan oor ‘n seun wat die gunsteling seun was in ‘n baie groot familie. Al was
die gesin groot, het die seun steeds alleen gevoel.

Lees/vertel die verhaal: Vertel in jou eie woorde of deur ‘n sandboks die verhaal van Josef en hoe
sy broers hom verkoop het, maar dat God steeds met hom was. Maak gerus toiletrol mannetjies vir
al die figure. Onthou om vir die groepie te verduidelik dat ‘n put ‘n diep gat is waarin water
gewoonlik is, maar dat hierdie put droog was. ‘n Put is baie donker, omdat dit so diep is. Die kante
is baie glad, so mens kan nie self net uitklim nie.

Gesels oor die volgende vrae:


Ek wonder hoe Josef se broers gevoel het oor hulle pa liewer was vir Josef as vir hulle.
Ek wonder hoe Josef gevoel het toe sy broers so lelik met hom was.
Ek wonder hoe Josef gevoel het om alleen daar in die donker put te sit.

Gebed: Dankie, Here, dat U altyd by my is.

2. Ons bid, luister en sing saam


Elke kind kry ‘n beurt om te sê: Dankie Jesus, dat ek weet ek is nooit alleen nie.
Sing die liedjie op die wysie van “Jesus min my” (Hal 437)/”Jesus loves me”
God is lief vir my, ek weet (Wys na bo, dan na self, dan na kop vir “ek weet”)
En ek sal dit nooit vergeet (Wys na self en skud wysvinger vir “sal dit nooit vergeet”)
Elke dag is Hy by my – (Klap hande op elkeen van die lettergrepe “elke dag is”, wys
dan na bo en omhels self)
Hy sal altyd by my bly! (Wys na bo en omhels self)
Refrein: Ja, Hy is by my (Wys na bo en omhels self).
Ja, Hy is by my (Wys na bo en omhels self)
Ja, Hy is by my – (Wys na bo en omhels self)
Ek sal dit nooit vergeet. (Wys na self en skud wysvinger vir “sal dit nooit vergeet).

Gebed: God, help my onthou dat U altyd by my is.

3. Ons onthou en dink saam

Aanbieder sê die volgende sinne een vir een en die kinders herhaal elke keer: “God is by
Josef!” 1. Josef het 11 broers gehad.
2. Josef se pa was vir hom liewer as vir die ander kinders.
3. Josef het gespog oor sy drome.
4. Josef se broers het nie van hom gehou nie.
5. Josef se broers het hom in ‘n put gegooi.
6. Josef se broers het hom verkoop.
7. Josef het baie alleen gevoel.

Gebed: God, dankie dat U ook by my is wanneer ek bang is.

4. Ons speel saam

Josef het alleen gevoel, maar God was heeltyd by hom.


Speel ‘n aanpassing van “Wolf, wolf” met die volgende woorde:
Kinders: “Josef, Josef waar is jy?”
Leier: Gee enige antwoord soos “by my pa / ma / broers / susters / oupa / maats…”
Wanneer die leier sê: “Ek is alleen”, moet die kinders na die leier toe hardloop en ‘n kringetjie
om die leier maak, dan is die leier nie meer alleen nie.

Gebed: God, help my om ander maatjies te help.

5. Ons doen saam


Maak ‘n afdruk van ‘n volwasse hand vir elke kind in die groepie. Die kinders kan self of met
hulp hulle eie handjie binne in die volwasse hand afteken. Skryf hul name in hulle handjies.
Kinders kan herinner word dat Josef nooit alleen was nie, en net so is hulle nooit alleen nie - God
is altyd by ons.
5. Josef lê drome uit Genesis 40 & 41

God help ons

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal

Josef het elf broers gehad,maar sy pa was die liefste vir hom. Sy broers was baie jaloers op hom,
toe verkoop hulle hom as ‘n slaaf. Josef is Egipte toe geneem, maar God was die hele tyd by hom.
Op ‘n dag het die koning van Egipte ‘n vreemde droom gehad en niemand kon vir hom verduidelik
wat dit beteken nie. Een van die koning se werkers het geweet Josef kan drome uitlê; daarom het
die koning toe vir Josef vertel wat hy gedroom het.

Josef het vir die koning gesê daar gaan sewe jaar van baie goeie oeste wees, en dan gaan daar sewe
jaar droogte wees. Die koning het vir Josef aangestel om in die goeie jare kos te bêre. So het Josef
die tweede belangrikste man in Egipte geword.
Gesels oor die volgende vrae:
1. Ek wonder hoe het jy al ‘n maatjie gehelp.
2. Ek wonder vir wie jy vandag kan help.
Gebed: Here, help my om altyd te sien waar ek iemand kan help. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Die kinders kry elkeen ‘n beurt om te sê: “Jesus, dankie dat U my altyd help”.
Sing die liedjie op die wysie van “Jesus min my” (Hal 437)/”Jesus loves me”
God is lief vir my, ek weet (Wys na bo, dan na self, dan na kop vir “ek weet”)
En ek sal dit nooit vergeet. (Wys na self en skud wysvinger vir “sal dit nooit vergeet”)
Elke dag is Hy by my – (Klap hande op elkeen van die lettergrepe “elke dag is”, wys
dan na bo en omhels self)
Hy sal altyd by my bly! (Wys na bo en omhels self)
Refrein: Ja, Hy is by my. (Wys na bo en omhels self).
Ja, Hy is by my. (Wys na bo en omhels self)
Ja, Hy is by my – (Wys na bo en omhels self)
Ek sal dit nooit vergeet. (Wys na self en skud wysvinger vir “sal dit nooit vergeet).

3. Ons onthou en dink saam


God het vir Josef gehelp deurdat Hy vir Josef so spesiaal gemaak het dat hy vir mense ook kan help.
Hy het hulle gehelp deur vir hulle te vertel wat hulle drome beteken.
Hoe het Jesus jou spesiaal gemaak?
Ek wonder hoe kan jy iemand anders help met jou spesiale talent?
Gebed: Here, baie dankie vir my talente. Amen
4. Ons speel saam
God het vir Josef gehelp sodat hy ‘n klomp ander mense kan help. In vandag se speletjie gaan ons
ook vir mekaar help.

“Stuck in the mud”: Iemand is aan. Die ander hardloop rond. Sodra ek, aan iemand raak moet
daardie een vries en wydsbeen (wyds been) staan. ‘n Ander maatjie wat nog vry hardloop kan
daardie “stuck” maatjie help deur onderdeur sy bene te kruip en dan mag hy weer hardloop. Stop
na ‘n rukkie en ruil dan die maatjie wat aan is.
Gebed: Here, dankie dat U my uit die modder uithaal. Amen

5. Ons doen saam


God het vir Josef gehelp om drome te verstaan. Josef het ander mense gehelp, al was hy in die
tronk. Vandag gaan ons vir Josef help om sy jas kleurvol te maak.

Knip die jas uit (dalk voor die tyd). Plak die verskillende kleure papiertjies op die jas om dit kleurvol
te maak.

Opsioneel: Plak die jas op ‘n roomysstokkie (roomys stokkie) en plak Josef se gesig daarop.
6. Josef se familie kom Egipte toe Genesis 37, 39 - 45

Vergewe mekaar

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Josef het vir die koning gesê daar gaan sewe jaar van baie goeie oeste wees, en dan gaan daar sewe
jaar droogte wees. Die koning het vir Josef aangestel om in die goeie jare kos te bêre. So het Josef
die tweede belangrikste man in Egipte geword.
Toe Josef se familie Egipte toe gaan om kos te gaan koop, het Josef hulle vergewe. “Julle wou my
seermaak,” het hy gesê, “maar God het dit gebruik om iets goeds mee te doen. So is julle lewens en
baie ander mense se lewens gered.”
Vergewe beteken om iets wat iemand lelik aan ons gedoen het uit te vee, en nie meer vir hulle
kwaad te wees daaroor nie.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder of julle al iemand vergewe het (vind uit of kinders die konsep verstaan).

2. Ons bid, luister en sing saam


Ons leer by Josef om te vergewe, net soos Jesus ons vergewe as ons dinge doen wat nie mooi is nie.
Sing die volgende liedjie of enige liedjie wat handel oor vergifnis - Dit borrel in my:
https://www.youtube.com/watch?v=g-tFaG2Ro64

3. Ons onthou en dink saam


Herinner die kinders aan die volgende deel van ons verhaal:

Toe Josef se familie Egipte toe gaan om kos te gaan koop, het Josef hulle vergewe. “Julle wou my
seermaak,” het hy gesê, “maar God het dit gebruik om iets goeds mee te doen. So is julle lewens
en baie ander mense se lewens gered.”
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder of julle nog kan onthou wat dit beteken om iemand te vergewe.
Ek wonder wat jy al verkeerd gedoen het en of jy toe vergewe is.

4. Ons speel saam


Ons gaan vandag ‘n pret aktiwiteite doen. Soos Josef se broers moes ver reis om kos te gaan koop,
gaan ons vandag reis oor ‘n krokodil! Kinders vra, "Mnr Krokodil, mag ek die rivier oorsteek?" Die
krokodil antwoord, "As jy ..... (sit ‘n kleur in) dra mag jy oorsteek." As die kind daardie kleur aan het,
neem hulle 'n tree vorentoe. Die een wat eerste by die krokodil uitkom, wen.
5. Ons doen saam
Vandag gaan ons werk met die vergifnis van Josef en die kleure van sy jas.
Jy het vooraf drie glasies nodig:
1. Bleikmiddel (thick bleach) - plakker voorop: VERGIFNIS
2. Koeksoda - plakker voorop: VERGIFNIS
3. Water - 2 of meer kleure voedselkleursel word bygevoeg soos wat jy vertel.
Ons moet onthou dat daar elke dag goed met ons gebeur, ons is soos hierdie skoon glasie water.
Partykeer sê iemand iets lelik vir ons wat ons harte seer maak (gooi ‘n druppel rooi kleursel in die
water en roer dit), soms stamp of stoot ‘n maatjie jou en dit maak jou kwaad (gooi ‘n druppel
blou kleursel by), en ander kere hoor jy hoe ‘n maatjie vir ‘n ander maatjie jok en vertel dat jy iets
leliks gedoen het wat jy regtig nie gedoen het nie en dit laat jou alleen voel (gooi ‘n druppel groen
kleursel by). Sjoe, kyk, nou is jou lyfie se kleur sommer vuil. Dit laat ons sommer misluk voel.
Ek wonder… kan mens ‘n mooi mensie wees as jy misluk voel?
As ons leer om soos Josef te vergewe, kan ons weer skoon word. Kom ons begin vergewe.
Kom ons vergewe die mense wat lelike goed vir ons sê (gooi ‘n lepel koeksoda by en roer), kom ons
vergewe die maats wat ons stamp en stoot (gooi ‘n lepel koeksoda by en sommer ‘n bietjie bleikmiddel
en roer), kom ons vergewe die mense wat ons alleen laat voel (gooi nog bleikmiddel by en roer). Kyk
hoe die water weer al hoe ligter word soos ons lyfies en dan kan ons ook weer soos ons gelukkige
self voel en mooi mensies vol liefde wees. (Verwys na die glas water wat weer helder word.)
7. Rut en Naomi Rut 1-4
Die Here sorg elke dag vir my

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Daar was hongersnood in Betlehem. Naomi, haar man en twee seuns het na Moab toe getrek. Daar
is haar twee seuns getrou. Maar toe gebeur ‘n baie hartseer dinge - Naomi se man en seuns gaan
dood.
Naomi besluit om terug te gaan na Betlehem toe. Haar een skoondogter, Orpa, bly agter, maar die
ander skoondogter Rut, sê: “Waar Mamma gaan, gaan ek. Mamma se God is my God.”

Toe hulle in Betlehem aankom, wonder Naomi waar hulle kos gaan kry. Rut weet God sal hulle help.
Sy het koring gaan optel waar die mense ge-oes het. Die boer, Boas, sien haar en sê vir sy werkers
moet haar help. Later het die Here hulle weer deel van ‘n familie gemaak. Rut en Boas is getrou, en
hulle het ‘n babaseuntjie gehad. En ouma Naomi het by hulle gebly. So het die Here vir Rut en
Naomi gesorg.
Wat het in die storie van Naomi en Rut gebeur?
Gebed: Here, baie dankie dat U ook vir my sorg. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Boas, die Boer, wou so graag vir Naomi en Rut sorg. Daarom het hy vir Rut soveel koring gegee as
wat sy kon dra. Hy het ook vir haar gesê sy moet die volgende dag terugkom. Boas en Rut is later
getrou en ‘n seun gehad. Naomi het by hulle gebly en sy was baie bly oor haar nuwe familie.

Bind ‘n stukkie tou om jou vinger. Lank gelede het mense dit gedoen as hulle iets wou onthou. As jy
na die tou kyk, moet jy onthou: “God sorg elke dag vir my.” Wanneer die toutjie om die vingers is,
kry elkeen ‘n beurt om hardop te sê: “God sorg elke dag vir my.”

3. Ons onthou en dink saam


Net soos God gesorg het dat die Boer, Boas, vir Rut en Naomi sorg, net so sorg God vir my en jou.
En hy gebruik vir mamma en pappa / oom of tannie (hou jou kinders se gesinskonteks in gedagte)
om vir jou te sorg.

Kom ons kyk of ons die volgende sinnetjie kan onthou:


God ( wys arms reguit na bo )
sorg (vryf jou magie as jou maag vol is)
elke dag (wys jou wysvinger van die linkerhand oor jou kop na die regterkant asof die son opkom
en gaan sak)
vir my (wys na jouself)
Gebed: Here, dankie dat U ook ander mense gebruik om vir my te sorg. Amen
4. Ons speel saam
In daardie tyd was dit die gebruik in Israel om jou skoene uit te trek en dit aan die ander persoon te
gee. Dit was ’n simboliese manier om iets vir iemand anders weg te gee. Kom ons gaan dit nou
probeer doen soos die mense in die Bybelse tyd dit gedoen het.

Kies iets wat jy kan gebruik vir die speletjie wat jy gaan moet weggee. Bv. ‘n Wil jy
vrug/sjokolade/speelding, ens. Dan gaan julle vir mekaar vra: “ hierdie hê? Dan gaan die
ander persoon moet antwoord deur die volgende manier:
a. Ja – wys hy met sy kop “ja” en hou sy hande oop om dit te ontvang – dan gee jy dit.
a. Nee – trek hy sy skoene uit en gee dit vir jou as ‘n teken dat hy “afstand doen” van dit wat jy
vir hom wil gee.

5. Ons doen saam


Rut het op Boas se lande koring gaan optel. Vandag gaan ons ook koring optel en in ons mandjies
gooi.

Sny ‘n papierbord in die helfte en plak die twee helftes teen mekaar sodat dit ‘n bakkie/mandjie
vorm. Maak dan koringare en knip dit voor die tyd uit (of gebruik enigiets anders wat as koring
gebruik kan word. jy kan ook stukkies geel papier opskeur en rond strooi en versprei dit in die lokaal
rond.

Laat elke kind met


hulle “mandjies”
in die “lande” stap
en hulle eie
koringare optel.
8. Jesus as Seun in die tempel Lukas 2: 41-50

Dankie vir mense wat my van U leer

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Het jy al ooit afgedwaal en vir ‘n oomblik nie jou mamma en pappa meer gesien nie of kon hulle
nêrens kry nie? Hoe het jy gevoel? Hoe dink jy het jou mamma en pappa gevoel? Gee kans vir
antwoorde. Mens moet altyd ‘ n veilige plekkie (plek) hê waar jou mamma, pappa, ouer boetie of
sussie jou kan kry as jy in ‘n besige winkel of onbekende plek (plekke)rondloop. Bv. wag by ‘n groot
boom, ‘n fonteintjie, of sekuriteitswag.

Weet julle dat dit ook al met Jesus gebeur het, Hy was ook net ‘n klein seuntjie van 12 jaar oud.
Kom ons luister na Sy storie. Jy kan die verhaal dramatiseer soos jy dit voorlees.

Gesels oor die volgende vraag:


Wat is vir julle die mooiste gedeelte van die storie?

2. Ons bid, luister en sing saam


Laat die kinders ‘n kring vorm, wanneer almal hulle plekkie het, bid hardop saam.

Here Jesus, Dankie vir die mense wat my van U leer. Dankie dat ons nie hoef bang of skaam te wees
om oor U te praat nie, al is ons klein. Dankie vir my kerk en veilige plekkie (plek). Ek is baie lief vir U

Sing die volgende liedjie saam:

Dit borrel in my want ek is so bly,

Jesus het my lief.


Vir my’t Hy gesterf en Gered van verderf.

Ja, Jesus het my lief. (Twee keer).

3. Ons onthou en dink saam


Kom ons dink nou saam oor al die dinge wat ons van Jesus en God kan vertel vir ander.

Gee kans vir reaksie. Bv. Jesus het my Lief. Jesus is Groot. Jesus het vir ons almal lief. Ek is sy
Kind. Jesus is Lig. Dankie Jesus.

(Hierdie idee kan bygevoeg word): Elkeen kry ‘n beurt om op juffrou se plekkie te staan as
Juffrou/Meneer en vir almal een woordjie te vertel van Jesus (Bv. Liefde, Groot ens.)
4. Ons speel saam
Die kinders moet vir juffrou 12 geskenkies/items wegsteek. Sy moet oor dramatiseer oor hoe
moedeloos sy is om daarvoor te soek en oorstelp van blydskap wees wanneer sy dit vind. Sy kan vir
die kleuters vir hulp vra (soos Maria en Josef vir maats en familie gevra het waar is Jesus).

Geskenkies kan gemaak word deur klein boksies (of enige voorwerp) met gewone papier of
geskenkpapier toe te draai. Enige 12 voorwerpe (klippies, doppies ens.) kan ook gebruik word. Dit
sal lekker wees as kinders hierdie aktiwiteit buite kan doen, maar gee een area vir hulle waar die
geskenkies weggesteek kan word. Laat hulle jou help soek.

5. Ons doen saam


Jesus was net 12 jaar oud. Om die getal en ouderdom onder die kleuters bewus te maak versier
hulle ‘n verjaarsdagkoek.

Vir elke kleuter kan ‘n koek prentjie uitgedruk word of selfs oorgeteken word. Hulle kan dit versier
soos hulle wil. Elkeen moet 12 kersies op teken. Kersies kan ook gemaak word deur gekleurde
papier vooraf te skeur/knip en hulle kan dit plak, doppies, strooitjies of enige materiaal kan
gebruik word.
9. Johannes die doper en Jesus se doop Matteus 3:1-17

Ons volg vir Jesus

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Eendag was daar ‘n man met die naam van Johannes die Doper, God het hom gebruik om mense
van Hom te vertel. Johannes het mense in die Jordaanrivier gedoop en vir almal vertel dat hulle vir
God moet liefhê. Hy het vir Jesus ook gedoop. Ja regtig! Jesus was al 30 jaar oud (wys op jou hande
hoeveel 30 is) toe Hy gedoop is.

Nadat Johannes klaar vir Jesus gedoop het, het almal ‘n pragtige wit duif gesien, en ‘n stem uit
die hemel het gepraat, dit was God.

“Dit is my Seun, met wie Ek tevrede is. Luister na Hom.” Matt. 3:17
Gesels oor die volgende vraag:

Ek wonder van watter deel van die storie hou jy van?

2. Ons bid, luister en sing saam


Laat die kinders ‘n kring vorm, wanneer almal hulle plekkie het, bid hardop saam.

Gebed: Here Jesus, dankie dat U vir ons die perfekte voorbeeld is om te volg. Ek wil graag vir U
luister. Dankie dat U my liefhet en tevrede is met my.

Sing die volgende liedjie saam:

Ek is nie 'n stap soldaatjie nie


'n Ry soldaatjie nie
'n Vlieg soldaatjie nie
Ek is nie 'n skiet soldaatjie nie
Maar ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer

Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer (x2)


Ek is nie 'n stap soldaatjie nie
'n Ry soldaatjie nie
'n Vlieg soldaatjie nie
Ek is nie 'n skiet soldaatjie nie
Maar ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer
3. Ons onthou en dink saam
Kom ons dink nou saam oor wat ons van Jesus se doop storie onthou. Jesus is ons perfekte
voorbeeld en ons moet probeer om sy voorbeeld te volg. Julle weet nou wat “n voorbeeld
beteken? (Gee kans vir antwoord)

God het gesê dat Hy tevrede is met Jesus, weet julle wat die woord tevrede beteken? (Gee kans vir
antwoord. Vragies kan aan die kinders gevra word bv. Sal jy tevrede wees met ‘n sak klippe vir
middagete of nie? Sal jy tevrede wees as jy lekker kan speel vandag?) Tevrede is wanneer jy
gelukkig voel oor iets of iemand. Jesus het die regte ding gedoen deurdat Johannes vir Hom gedoop
het. God was tevrede met sy Seun, Hy was gelukkig.

4. Ons speel saam


Jesus wil vir ons ‘n voorbeeld wees (vra vir die kinders of hulle weet wat ‘n goeie voorbeeld is). Ons
moet Jesus se voorbeeld volg, meer soos Jesus wees.

Speel die speletjie “Follow the leader”. Die een wat voor staan moet bv. In die lug spring, vinger
op neus sit en die kinders moet doen wat sy/hy doen. Dit maak hulle bewus van die konsep om ‘n
voorbeeld te volg.

5. Ons doen saam


Ons maak ‘n duif om ons te herinner dat God tevrede is en ons moet sy voorbeeld volg.

Benodigdhede:
Wit papier/karton
Skêr, kleurpotlode/koki’s

Sien foto’s vir stap vir stap verduideliking. (Die duif se bekkie kan uitgeknip en op die hand geplak
word. Die juffrou kan op elke handjie die volgende skryf: Wees ‘n Voorbeeld)
10. Die Paasete Johannes 13:1-30

Wees lief vir mekaar

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Toe dit tyd word om die Paasete te eet, het Jesus en sy vriende na die bo kamer toe gegaan van ‘n
huis in Jerusalem. Jesus het ‘n handdoek en skottel gevat. Hulle voete was warm en stowwerig en
moes gewas word voor hulle kon sit en eet. Maar Petrus wou nie hê Jesus moes sy voete was nie.
Jesus was hulle vriend; nie hulle dienskneg nie.
Toe verduidelik Jesus vir hulle wanneer mense lief is vir mekaar, sal hulle enigiets vir mekaar doen.
Jesus wou graag sy vriende se voete was, want Hy was lief vir hulle. Hy wou hê hulle moet lief wees
vir mekaar deur vir mekaar op allerhande maniere te wys hulle gee om. Toe sê Jesus vir sy vriende
dit sou die laaste keer wees wat Hy saam met hulle eet.
Gebed: Here, dankie dat U vir my omgee. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Net soos Jesus sy vriende se voete gewas het, gaan ons vandag mekaar se voete/hande was. Dit is
sommer om vir mekaar te sê dat ons vir mekaar omgee.
Laat elkeen dan vir die maatjie bid wat sy/haar voete/hande was. Bv. “Here, dankie vir my
maatjie, Susan.”
Sing dan saam: “Weet jy dat Jesus jou lief het.”

3. Ons onthou en dink saam


Net soos Jesus vir sy vriende omgegee het en hulle voete gewas het, net so wil Hy hê ons moet
mooi goed vir ander mense doen en vir mekaar lief wees. Kom ons kyk of ons hierdie sinnetjie kan
onthou:

Wees lief (hou jou arms gekruis oor jou lyf asof jy vir jouself ‘n drukkie gee)
vir mekaar. (wys met albei jou wysvingers na verskillende maatjies toe)

Gebed: Here, help my om elke dag vir ander mense lief te wees. Amen

4. Ons speel saam


Net soos Jesus ‘n laaste ete saam met sy vriende gehad het, gaan ons ook nou om ‘n tafel sit en
saam eet. Kom ons sê vir mekaar wat vi ons gelukkig maak.

Gee aan elke kind iets om te eet of drink en laat hulle om een tafel sit (verkieslik op die grond soos
dit in die Bybelse tyd gedoen is.
Gebed: Here, dankie vir alles wat U vir my gee en doen. Amen.
5. Ons doen saam
Jesus het tydens die laaste ete vir sy vriende brood en wyn uitgedeel om hulle te herinner hoe lief
Hy vir hulle is en wat Hy vir hulle gaan doen.

Kom ons maak ons eie brood en wyn prentjie. Kleur die beker, bord en brood in, knip dit uit en plak
die brood in die bord. Plak dan die uitgeknipte bord en beker op ‘n A4 stuk papier.
11. Jesus lewe Johannes 20

Ons hoef nie te wonder of Jesus lewe nie

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Daar is ‘n storie van een van Jesus se beste vriende wat selfs gewonder het of Jesus lewe. Kom ons
gaan luister daarna:

Maria en al sy vriende het gesê Jesus lewe. Maar Tomas het hom nog nie gesien nie. So hy kon nie
seker wees nie. ‘n Week na Jesus opgestaan het was al sy vriende bymekaar toe verskyn Jesus aan
hulle. Hy het na Tomas toe gedraai en gesê: “kom Tomas, vat aan my hande. Kom sien self ek is
Jesus en Ek lewe.” Toe weet Tomas dat dit regtig Jesus was. Tomas het dit steeds nie verstaan nie,
maar het geglo.
Ek wonder wat is vir jou wonderlik dat Jesus lewe.
Gebed: Jesus, dankie dat U lewe. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Soms wonder ons oor goed, net soos Tomas gewonder het of Jesus lewe. Om te wonder
beteken om nie seker te wees oor iets nie. Soos bv.” Ek wonder wanneer mamma of pappa huis
toe kom.” “Ek wonder wat gaan ek vir kersfees kry.” Al wonder ons oor sommige goed, hoef ons
nooit te wonder dat Jesus lewe nie.
Kom ons sing die liedjie, “One way” en probeer om die bewegings saam te doen:
https://m.youtube.com/watch?v=KCLWPd5Yj9c
Of sing die liedjie: “Hy leef, Hy leef”.

3. Ons onthou en dink saam


Net soos Maria en al Jesus se ander vriende nie meer gewonder het of Jesus lewe nie, maar vir
mense gesê het dat Hy lewe. Net so moet ons vir mense vertel dat Jesus lewe. Kom ons oefen dit:

Jesus (druk jou wysvinger in die ander hand se palm en dan doen jy dit weer met die
ander hand om die merke op Jesus se hande te wys)
lewe! (spring op en af terwyl jy hard skree: “Lewe!”)

Gebed: Jesus, help my om vir ander te vertel dat U lewe. Amen


4. Ons speel saam
Kom ons wonder saam: Gooi ‘n paar items in ‘n sak en gee geleentheid dat elkeen hulle hand daarin
druk en probeer voel of hulle kan sê wat dit is sonder om dit te sien. Hulle begin dan met die sin:
“Ek wonder of dit ………………… is.” Hulle kan dit dan uithaal en kyk of hulle reg is.
Gebed: Here, dankie dat ek altyd kan weet dat U lief is vir my. Amen

5. Ons doen saam


Ons gaan vandag iets maak en daarmee speel om te kyk wat jy glo en wat jy nie glo nie.

Gee vir elke kind ‘n afdruk van die volgende twee prentjies. Plak dit aan weerskante van ‘n
papierbord vas (hulle kan die prentjies by die huis inkleur of in die klas).

Vra die volgende vrae en hulle moet wys watter een van die prentjies is hulle antwoord. Vrae soos
wat “ek glo dit” of “ek glo dit nie” antwoorde het, bv: “Die kat blaf.”

Gebed: Here, help my om altyd die regte goed te glo. Amen


12. Jesus se Hemelvaart Handelinge 1

Jesus gaan terug huis toe

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Eendag het Jesus vir sy vriende gesê dat Hy moet teruggaan na Sy Vader in die hemel toe. Dit is
waar Sy regte huis is. Maar hulle moenie hartseer wees nie, want Hy gaan vir al Sy vriende daar plek
regkry. Jesus en Sy vriende het toe teen ‘n berg opgeklim. Daar het ‘n wolk gekom. Die wolk het toe
Jesus weggeneem. Jesus se vriende het baie hartseer na bo gekyk.
Skielik staan daar twee engele. Hulle sê toe vir die dissipels (dit is wat mense Jesus se vriende
genoem het) dat Jesus weer eendag sal terugkom.
Ek wonder vir wie maak Jesus plek in die hemel?
Gebed: Jesus, dankie dat U ook vir my lief is en dat daar vir my ook ‘n plekkie in die hemel is. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Jesus het met ‘n wolk opgegaan na die hemel toe om vir Sy kinders elkeen ‘n plek daar te gaan
voorberei. Maar terwyl ons wag vir Hom om ons weer te kom haal, moet ons vir ander mense van
Hom vertel.
Kom ons sing hierdie liedjie:
https://www.youtube.com/watch?v=s3mBIzsgCvk

3. Ons onthou en dink saam


Jesus het terug gegaan huis toe, Sy huis noem ons die Hemel. En Hy is besig om plek te maak vir al
sy kinders. Kom ons probeer hierdie sin te onthou:

Jesus (druk jou wysvinger in die ander hand se palm en dan doen jy dit weer met die ander hand
om die merke op Jesus se hande te wys)
is terug huis toe (sit jou vingerpunte bo jou kop teen mekaar asof dit ‘n dakkie maak om vir al sy
kinders plek voor te berei)

4. Ons speel saam


Jesus het met ‘n wolk opgegaan na die Hemel toe. Vandag gaan ons sommer lekker speel deur die
bubbles te probeer bars. Blaas bubbles vir die kinders en hulle moet probeer om dit te bars voor dit
die grond tref.
Gebed: Jesus, dankie dat U opgegaan het hemel toe om vir ons ‘n plek reg te maak. Amen
5. Ons doen saam
Vandag gaan ons iets maak wat ons herinner dat Jesus opgevaar het na die hemel.
Knip die onderstaande prente uit nadat jy dit ingekleur het. Sit elkeen aan ‘n toutjie vas en maak dit
aan ‘n stokkie of hanger vas.
13. Pinkster en die eerste gemeente Handelinge 2

As jy in Jesus glo, is jy deel van die kerk

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Voordat Jesus opgevaar het na die hemel, het hy sy dissipels belowe dat Hy vir hul ‘n helper sou
stuur. Tien dae daarna was die dissipels almal saam om te bid. Skielik was daar ‘n geluid soos ‘n
stormwind en iets wat soos vuur tonge gelyk het bo elkeen se kop. God het die Heilige Gees gestuur
om hulle helper te wees en hul het in verskillende tale begin praat.

Gebruik ‘n sandbak om die storie te vertel. Die hoof figure (Paulus en ‘n paar dissipels) kan deur
mannetjies gemaak met toiletrolle voorgestel word, maar wanneer die kerk groei en al hoe meer
mense bykom, kan bv. ‘n klompie plastiek doppies met gesiggies of so iets gebruik word om voor te
stel hoe baie mense op die boodskap gereageer het.

Gesels oor die volgende vraag: As jy daar was toe die Heilige Gees aarde toe gekom het, vir wie sou
jy eerste gaan vertel het?

2. Ons bid, luister en sing saam


Ons sing die volgende liedjie op die wysie van “My God is so groot”:
Vertel ek 2 mense, vertel jy 2 mense . (Wys 2 vingers van een hand, dan 2 vingers van ander hand.)
Dan weet 4 mense van God (Wys die 4 vingers wat opgehou is teen mekaar.)
Vertel ons 2 mense, vertel hul 2 mense (Wys weer 2 en nog 2 vingers)
Dan weet nog meer mense van God (Wys 8 vingers)
Hy stuur vir ons Sy Seun, Hy sterf vir elkeen (Wys kruis met twee wysvingers oor mekaar.)
maar baie moet dit nog hoor. (Wys “baie” met twee arms uitgestrek.)
Vertel ek 2 mense, vertel jy 2 mense . (Wys 2 vingers van een hand, dan 2 vingers van ander hand.)
Dan groei die familie van God (Wys weer “baie” met arms uitgestrek)

Bid dan saam: Here Jesus, help my om ander van U te vertel, sodat meer mense deel kan word
van die kerk.

3. Ons onthou en dink saam


Kom ons dink gou saam: Wie kan almal deel wees van die kerk? Gee kans vir reaksie.
Ons lees in die Bybel die volgende vers. Romeine 10:13 “ want elkeen wat die Naam van die Here
aanroep sal gered word” (Dieselfde as Handeling 2:21b). Jesus is die Enigste Een wat jou en my
kan red van ons sonde. As jy in Hom glo, kan jy ook deel wees van die kerk.

Sê die volgende vers nou hardop saam terwyl ons met ons arms wys:
want elkeen (wys met vinger na die mense rondom jou )
wat die Naam van die Here (wys met wysvinger opwaarts na God)
aanroep (hou oop hande aan weerskante van mond soos wanneer jy iemand roep)
sal gered word. (wys twee polse teen mekaar soos as jy geboei is en laat dit dan los van mekaar
gaan soos as jy gered word. )

4. Ons speel saam


Speel die volgende speletjie terwyl die aanbieder die volgende woorde sê:
(Die speletjie kan dan herhaal word terwyl die kinders die woorde ook herhaal.)

Almal wat in Jesus glo is deel van God se kerk. (Die helfde van die kinders staan in ‘n kring,
gesigte na binne, die ander kinders staan verder buite die kring)
Die kerk het ‘n groot werk (Kinders in kring draai om en kyk na buite)
Die Heilige Gees is my helper (Wys “sterk” soos met twee arms na bo)
om ander van Jesus te vertel (Stap vorentoe en gaan haal ‘n maat buite die kring)
en so kan meer mense deel word van die kerk. (Laat maatjies wat buitekring was nou deel word
van kring)

5. Ons doen saam


Elke kind kry ‘n papier of karton en vou die twee boonste hoeke in (of sny dit af) sodat die bokant
‘n driehoekige dakvorm het. Dit is dan elke kind se “kerk”. Elke kind plak dan ‘n hele paar
koeldrankdoppies of kolle waarop gesiggies geteken word, om mense wat deel is van die kerk ui t
te beeld. Alternatiewelik kan hul die gesiggies ook net teken. Hulle kan lyfies by teken as hul wil.

Hersien weer die hoof waarheid: As jy in Jesus glo is jy deel van die kerk
As almal klaar is kan die kinders se “kerke” langs mekaar neergesit of teen die muur geplak word.
Dit kan voorstel hoe die kerk kan groei en groter word waneer ons vir meer mense van Jesus
vertel en hul dan ook in Hom glo.
14. Paulus word geroep Handelinge 9:1-19

Glo in die Here Jesus en jy sal gered word

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal

Teken of plak die volgende 4 simbole as visuele hulpmiddels op A4 of A3 karton: Goue of geel
sirkel, donker hart, rooi kruis en ‘n skoon /wit hart. Wys dit dan tydens die vertelling. Rollespel kan
ook gebruik word.

Goue sirkel: God het mense eerste lief gehad en wil graag hê dat elkeen vir Hom ook moet lief
wees en eendag in die hemel moet wees.

Donker hart: Paulus was ‘n man wat eers baie verkeerde dinge gedoen het. Hy het nie Jesus geken
nie, en geweet wat Jesus vir hom gedoen het nie. Ek en jy doen ook baie dinge wat God se hart
seer maak.

Rooi kruis: Een dag het Paulus gereis na ‘n ver dorp, Damaskus. Skielik het ‘n skerp lig in sy oë
geskyn. ‘n Stem uit die hemel het met hom gepraat. Dit was Jesus wat vir Hom gevra het hoekom
hy mense seermaak wat Jesus liefhet. Skielik kon Paulus nie meer sien nie en het hy besef dat hy
Jesus nodig gehad het om Hom te red. Jesus het aan die kruis gesterf sodat elkeen wat Hom lief het
gered kan word. Paulus was baie jammer oor al die verkeerde dinge wat hy gedoen het. Hulle het
hom na Judas se huis gevat waar hy drie dae niks geëet het nie.

Skoon hart: God het vir Ananias gesê om na Paulus te gaan. Ananias was eers bang, maar God het
Hom gehelp. Ananias het vir Paulus gebid en toe kon hy weer sien. Paulus het nou in Jesus geglo,
en dit beteken hy was baie lief vir Jesus en God het sy hart skoon gewas. God het vir Paulus die
werk gegee om baie mense van Hom te vertel sodat hulle ook Jesus lief he.

Gebed: Dankie Jesus dat Jy my so liefhet. Ek is lief vir jou Jesus.

2. Ons bid, luister en sing saam


Sing die volgende liedjie:
I have decided to follow Jesus. ( X3 ) (Stap op een plek en swaai die arms lekker.)
No turning back, praise the Lord, no turning back (Draai in die ronde en klap op die woord “back”)

Ek het besluit, ek volg vir Jesus. ( X3 ) (Stap op een plek en swaai die arms lekker.)
Ek draai nie om, prys die Heer, ek draai nie om. (Draai in die ronde en klap op “om”)
● Luister na die liedjie “Woon in my hart” van Jan de Wet en die Lofkleuters
3. Ons onthou en dink saam
Kom ons dink gou saam: Paulus het verander omdat hy geleer het wat Jesus vir hom gedoen het. Hy
het so lief vir Jesus geword, hy het vir almal begin vertel van Jesus, al was dit soms moeilik.

Ons lees in die Bybel die volgende vers wat vir ons die antwoord gee. 1 Joh. 4:19 “Ons het lief,
omdat God ons eerste liefgehad het.”

Kom ons sê nou die verwerkte vers hardop saam terwyl ons met ons arms wys:
Ons het (wys na jouself )
lief (wys na jou hart )
omdat Jesus (arms wyd oop, soos ‘n kruis )
ons (wys na jouself)
eerste (wys 1 vingertjie)
liefgehad het (wys na jou hart )

4. Ons speel saam


Plak ‘n groot hart papier op in die vertrek, neem ook prente saam, van verskillende mense wat
ons kan lief he.
Maats ek wonder wie is almal lief vir julle.
Maats ek wonder vir wie kan ons lief wees. (Daag hulle uit met jou prente)

5. Ons doen saam


Dit is baie belangrik dat ons ook vir ander moet vertel dat hulle vir Jesus moet lief wees. Ons gaan
vandag iets maak wat jou kan help om vir ander van Jesus te vertel.

Deel vir elke kind ‘n afdruk van die onderstaande strook uit. Gee ook aan elke kind of groepie
van kinders kryte, verf of potlode waarmee hulle die prentjies kan inkleur.

Nommer 1 : Herinner ons dat God ons eerste lief gehad het.
Donker hart : Beteken ons almal doen dinge wat Jesus hartseer maak.
Rooi kruis: Jesus het vir ons sondes gesterf aan die kruis.
Skoon (wit) hart: Jesus het ons eerste lief gehad - Jesus vat dit weg en maak ons lewe skoon.
15.Paulus en Silas in die tronk Handelinge 16:16-40

Loof God selfs as dit moeilik gaan, Hy is jou helper.

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Prente of rollespel kan gebruik word vir die vertel van die storie.

Paulus en Silas wou graag vir baie mense van God vertel. Hulle het ver gestap van dorp tot dorp en
mense van Jesus geleer. Die Heilige Gees het hulle gehelp en so het baie mense begin glo en die
kerk het gegroei.
In een van die dorpe het die mense nie van Paulus en Silas gehou nie en hulle toe sommer baie seer
geslaan en in die tronk gegooi. Dit was vir hulle baie moeilik daar in die tronk. Hulle voete was in ‘n
houtblok vasgemaak, hulle lywe was seer en dit was vuil en donker. Maar hulle het onthou dat God
by hulle is en daarom nog steeds, in die middel van die nag tot God gebid en vir Hom lofliedere
gesing.

Skielik was daar ‘n groot aardbewing en die tronk het geskud. Al die deure het oopgegaan en die
gevangenis se boeie het losgeraak. Die bewaarder wat hul moes oppas het baie groot geskrik en
gevra: “Wat moet ek doen om gered te word?” Paulus het geantwoord: “Glo in die Here Jesus en jy
sal gered word, jy en jou huisgesin.” Die bewaarder het toe vir Paulus en Silas na sy huis geneem,
vir hulle kos gegee en hul wonde versorg. Hy en sy gesin het besluit om ook in Jesus te glo en was
baie bly dat hul van Jesus kon hoor.
Gesels oor die volgende vraag: Ek wonder of jy ook vir God kan sing as dit moeilik gaan?

2. Ons bid, luister en sing saam


Dit is wonderlik om te weet dat jy aan God behoort. Hy is jou helper, maak nie saak deur
watter moeilike dinge jy dalk sal moet gaan nie. As jy volgende keer deur ‘n moeilike tyd moet
gaan, onthou die woorde van die liedjie wat ons nou gaan sing: https://youtu.be/UKLYcUSjJKw
Ek is so bly (wys glimlag met vingers teen wange) ek behoort (gee jouself ‘n drukkie) aan Jesus
(Wys boontoe) Herhaal 3 maal.
Halleluja, prys die Heer (Swaai hande bo kop heen en weer)
Prys die Heer! Amen, amen (x5) Halleluja, prys die Heer.
Bid dan saam: Here Jesus, baie dankie dat ek aan U kan behoort as ek in U glo. Dankie dat U
my Helper is, al gaan dit soms moeilik.

3. Ons onthou en dink saam


Kom ons dink saam: Wie kan jou help as jy ‘n moeilike probleem het? Gee kans vir reaksie.
Ons lees in die Bybel die volgende vers. Hebreërs 13:5b “Die Here is my helper”. As ek en jy ‘n kind
van Jesus is, kan jy weet dat Hy altyd by jou is en jou sal help met enige moeilike ding wat jy moet
doen.

Kom ons sê nou die vers hardop saam terwyl jy jou linkerhand op hou. Die vers het 5 woorde, so
ons gaan een woord sê soos ons elke vinger van ons linkerhand wys. Herhaal dit ‘n paar keer en laat
elke kind dan sy/haar eie naam sê in die plek van die woord “my”
DIe (druk met die regter-wysvinger op pinkie van linkerhand )
Here (druk met die regter-wysvinger op ringvinger van linkerhand )
is (druk met die regter-wysvinger op middelvinger van linkerhand )
my (druk met die regter-wysvinger op wysvinger van linkerhand )
helper (druk met die regter-wysvinger op duim van linkerhand )

As jy iewers heen gaan los jy mos nooit jou hand by die huis nie! Net so sal God jou nooit los nie. Hy
is altyd by jou en sal jou help waar jy gaan.

4. Ons speel saam


Speletjie: Dink aan ‘n paar verskillende situasies waar die kleuters moontlik iets moet hanteer wat
vir hulle moeilik is of onseker kan laat voel. (bv, as ek bang is in die donker /as iemand in my
familie siek is / as ‘n ander kind lelik is met my / as ek ‘n moeilike werkie moet doen.)

Bespreek elke situasies en vra vir die kinders wat hulle kan onthou wanneer hulle in ‘n
moeilike situasie is. Laat die groep dan telkens Hebreërs 13:5b herhaal deur die woorde te sê
en met hul hande te wys.

5. Ons doen saam


Deel vir elke kind ‘n afdruk van die tronk prent hieronder uit. Elke kind kan twee mannetjies
maak van karton stukkies, stokkies of pyp skoonmakers. Jy is ook welkom om net die prentjies
van die 2 figure vir elke kind af te druk en uit te deel.

Die kinders kan nou tralies of handvatsels op die buitekant van die toe “deur” teken. Daarna kan
hul dit oop maak en vir Paulus en Silas met wondergom aan die binnekant plak wat besig is om te
sing. Julle kan nou speel dat daar ‘n aardbewing kom deur die tronk te laat “bewe”. Die tronkdeure
kan dan oopgaan sodat Paulus en Silas kan uitkom.
16. Die briewe van Paulus 13 briewe in Nuwe Testament

Deel die Goeie Nuus

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Kom ons verbeel ons dat ons by iemand gaan kuier wat baie baie ver bly. Wat gaan ons alles
inpak? (Hulle kan enige iets opnoem.)
Trek aan soos ‘n Bybelse karakter of gebruik enige handpop of besempop om die storie te vertel:
Hallo almal, my naam is Paulus en ek wil julle vertel van die baie avonture wat ek in my lewe gehad
het. Nadat ek agtergekom het hoe lief God vir my is, wou ek hierdie Goeie Nuus met almal in die
hele wêreld deel. Ons het nie motors gehad om mee te ry nie en daar was ook nog nie rekenaars en
selfone nie. Daarom het ek van my vriende saam met my gevat en ons het op drie baie lang reise
gegaan om vir mense van Jesus te vertel.
Ongelukkig was daar mense wat nie die goeie nuus wou hoor nie en hulle het gedink as hulle my in
die tronk sit, sal ek ophou praat van Jesus. Ek was vir jare lank in my huis waaruit ek nie mag
gegaan het nie – dit was soos ‘n huis-tronk. Wagte het heeltyd daar gestaan om te kyk dat ek nie
probeer uitkom nie.
Maar ek het geweet dat God wil hê die hele wêreld moet weet van sy liefde en ek het vir elke mens
wat vir my kom kuier het, Jesus se storie vertel.
Die mense wat ek ontmoet het op my reise en wat in Jesus geglo het, het gesukkel om te leef soos
wat ‘n kind van God doen en hulle het baie vrae gehad. Ek kon nie na hulle toe gaan om hulle te
help nie. Daarom het ek briewe geskryf om hierdie mense en gemeentes te help. Nadat ek die brief
op papier geskryf het, het ek iemand wat ek vertrou het gevra om die brief vir die ander persoon of
kerk te vat. Die briewe het hulle dan in die kerk vir al die mense gelees en baie keer het die kerk dan
die brief weer aangestuur na ‘n ander gemeente wat dit ook gelees het. Almal wou sekermaak dat
die hele wêreld die Goeie Nuus van God se liefde hoor.
Dertien van die briewe wat ek geskryf het, het later deel van ons Bybel geword en nou kan almal dit
lees. Die briewe help ons nog steeds om te maak soos wat God wil hê ons moet lewe.

Gesels oor die volgende vrae:


Ek wonder wie van julle hou ook daarvan om te hoor dat iemand vir jou lief is?
Ek wonder of julle al vir iemand anders vertel het dat God vir hom lief is?

2. Ons bid, luister en sing saam


Wys vir die kinders die Bybel waaruit jy vir hulle voorlees. Gee hulle kans om self daarin te blaai.
Almal vat hande en sê vir God dankie vir die Bybel wat ons het.
Liedjies wat gesing kan word: “My B-Y-B-E-L” van Jan de Wet.
“Kom dank nou almal God.”
“Lees jou Bybel, bid elke dag.”

(Enige liedjie wat handel oor die Bybel.)


3. Ons onthou en dink saam
Hersien die tema deur “telefoontjie” te speel met sinne soos:

Paulus het in Jesus geglo.


Paulus was in die tronk.
Paulus het briewe geskryf.
Vertel die Goeie Nuus.
God is lief vir jou.
Lees jou Bybel.

4. Ons speel saam


Paulus het briewe geskryf wat by verskillende mense en gemeentes moes uitkom. Kom ons kyk
of ons vandag briefies by die regte plek kan kry.
Aan een kant van die vertrek is ‘n houer met verskillende kleure vierkantige papiere. Aan die
ander kant van die vertrek is ander houers wat met dieselfde kleur papier gemerk is. Kinders kry
nou beurte om ‘n papier uit die eerste houer te haal en kry dan die opdrag om dit in die regte
houer te gaan “pos”. Gee opdrag soos: “Loop met lang tree/klein treetjies/vinnig/
stadig/handeviervoet/agteruit/gallop soos ‘n perd/spring eenbeen…”
Alternatief: Speel “vroteier” en gebruik ‘n papier of koevert om agter die kinders neer te sit.

5. Ons doen saam


Ons gaan nou ook briewe skryf vir iemand anders.
Gebruik enige skoon papier en “skryf” ‘n brief of teken ‘n prentjie om vir iemand te sê God is lief
vir hom. Gee voorstelle van ‘n hartjie of ‘n kruis of ‘n mooi blommetjie, ens. (In my geval het die
kind wolke en die son geteken, want sy sê dis waar God is.) Hierdie prentjie word met wit vetkryt of
met ‘n stukkie ou kers geteken of geskryf. Gebruik nou dunnerige aangemaakte poeierverf of
gekleurde water en verf bo-oor die prentjie. Laat droog word en gaan gee die briefie vir iemand.
Wanneer jy die brief gee, moet jy ook vir die persoon sê: “Ek is lief vir jou en God is lief vir jou”.
17. Moses in die mandjie Eksodus 2:1-10

God sorg vir julle

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Was jy al bekommerd oor iets of dalk oor iemand? Dalk het Mamma iewers heen gegaan en jy was
dalk bekommerd dat sy nie weer gaan terugkom nie. Of dalk was iemand siek en jy het gehoop
hulle word weer gesond.
In die Bybel lees ons van ‘n mamma wat baie bekommerd was oor haar baba seuntjie.
Kom ons lees dit hier soos uit die Bybel. (Jy kan ‘n baba pop as visuele hulpmiddel gebruik en ‘n
karton boks of mandjie om hom in te sit. Verskillende kinders kan ook karakters wees wat saam
speel)

Gesels oor die volgende vraag: God het vir Moses gesorg. Hoe sorg God vir ons?
Die kinders kan gelei word om te gesels oor hoe God vir ons voorsien in alledaagse
behoeftes, gesondheid en veiligheid.

2. Ons bid/luister en sing saam


GEBED (Kinders herhaal agterna). Liewe Jesus, baie dankie dat U altyd vir my sorg. Help my om U
te vertrou. Amen
Wat kan ek doen wanneer ek bekommerd raak? Maak ‘n bakkie met my hande soos ‘n mandjie
en sê:”God sorg vir julle.”
Rympie:As ek dalk bekommerd voel
Dan kan ek net onthou
God sorg vir klein Moses
God sorg ook vir my en jou.
Hulle kan ook die liedjie van Moses sing van “Jan de Wet en die
lofkleuters” https://youtu.be/sVBefhxQ9uQ

3. Ons onthou en dink saam


God het vir Moses gesorg en seker gemaak dat hy by sy eie mamma kan bly tot hy groot is. God
sorg ook vir ons en alles wat ons nodig het. Daarom oefen ons hierdie keer om te onthou: God sorg
vir julle.
Kom ons maak dit makliker om te onthou
God (wys boontoe)
sorg(maak bakkie met hande)
Vir julle (sprei jou hande oop om almal aan te dui)

Noem verskillende “probleem”situasies en hoe God ons en omstandighede ook kan gebruik. Na
elke situasie kan hulle ‘n bakkie vorm met hulle hande maak en sê: “Ons sit _____ in Moses se
mandjie”. Maak nou die bakkie toe en sê: “God sorg vir julle”.
Bv.(1) Mamma is moeg en het bietjie rus nodig. Ons kan vir Mamma kans gee vir
bietjie slaap
Ons sit vir Mamma in Moses se mandjie, Maak toe die mandjie. God sorg vir julle.
(2) ‘n Maatjie is hartseer. Hy voel alleen. Ons kan by hom sit en sy maatjie wees. Ons
sit die maatjie in Moses se mandjie. Maak toe die mandjie. God sorg vir julle.
(3) Ek voel bang as ek by ‘n vreemde plek kom. Ek kan vir Mamma vra waar ons
is, wat alles daar gebeur en wat ek moet doen.
Ons sit die bang gevoel in Moses se mandjie. Maak die mandjie toe. God sorg vir julle.

4. Ons speel saam


Moses se mamma en sussie het hom versigtig weggesteek dat hy nie seerkry nie, en seker gemaak
dat die regte mense hom weer kry. Kom ons speel ook ‘n wegkruip speletjie vandag. Neem ‘n
kombers of serp en draai een van die kinders toe as Moses, kies 3 kinders om as die Farao se dogter
en slavinne op te tree, en laat hulle buite die vertrek wag. Steek nou vir “Moses” weg, en laat kom
die Farao se dogter en slavinne in om na Moses te soek. Herhaal die speletjie met ander kinders in
die rolle.

5. Ons doen saam


God het vir Moses gesorg deur vir sy mamma die idee te gee vir ‘n veilige mandjie. Kom ons
maak ons eie klein mandjie om ons daaraan te herinner.
Neem ‘n eier boksies. Sny individuele bakkies daaruit (mandjies). Smeer gom rondom en doop dit
in rooibostee, strooi of grassies om soos ‘n
mandjie te lyk. Versier ‘n klein doppie,
kraletjie, kurkprop skyfie of iets soortgelyk
soos ‘n gesiggie en vorm ‘n klein lappie of
stukkie sneespapier vir ’n babatjie se lyfie in
‘n kombersie. Sit die babatjie in die mandjie.

‘n Inkleurprentjie kan ook versier word.


18. Moses en die brandende bos Eksodus 2:11-15, 3:1-
6
God is heilig

1.Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Het jy al gehoor mense sê God is heilig. Weet jy wat dit beteken? Dit wil vir ons sê dat God baie
spesiaal en sonder sonde is, heeltemal anders en beter as enige iets wat ons ken op aarde. Kom
ons lees ’n storie in die Bybel waar iemand gesien het God is heilig.
(Sandboks of prente kan gebruik word.)

Moses het grootgeword as ‘n prins in Egipte maar nooit vergeet waar hy vandaan gekom het nie.
Hy het altyd onthou dat hy eintlik ‘n Israeliet was. Eendag het hy gesien hoe ‘n Egiptenaar ‘n
Israeliet slaan. Hy het so kwaad geword dat hy die Egiptenaar doodgeslaan het en hom onder die
sand begrawe het. Dit was sonde. Dit het vir God hartseer gemaak. Die volgende dag het hy gesien
hoe twee Israeliete baklei en toe hy hulle wou stop het hulle vir hom gevra of hy hulle ook gaan
doodslaan. Hy het baie bang geword want hy het nie gedink iemand weet daarvan nie. Maar Farao
het daarvan gehoor en wou vir Moses laat vang en in die tronk gooi. Moses het gevlug.

Hy het ‘n skaapwagter geword in Midian. Eendag het hy skape opgepas in die woestyn. Skielik sien
hy ‘n brandende bos. Dit was vreemd want die vuur het nie die bos uitgebrand nie. Hy wil nader
gaan om te kyk maar hy hoor ‘n stem wat sê: “Moses! Moses!” Hy kon niemand sien nie. Toe sê
die stem: “Moenie nader kom nie. Trek uit jou skoene want jy staan op heilige grond.” Moses het
sy skoene uitgetrek. Dit was God wat met hom praat. God is sonder sonde. Hy is nie waar sonde is
nie. Ons sê God is heilig. Verder het God gesê: “Ek is die Here, die God van Abraham, Isak en
Jakob”. Moses het sy gesig toegemaak want hy was bang om na God te kyk. Hy het gedink hy is nie
goed genoeg vir God nie. Maar God het hom vergewe en God het vir Moses verduidelik dat hy
magtig en groot is maar dat hy ook lief was vir die Israeliete. Hy wou hê dat Moses met hulle moes
praat en hulle wegvat uit Egipte. Moses het na God geluister en was gehoorsaam. God was altyd
by Moses.

Hoekom dink julle het Moses sy gesig toegemaak?


Gesels oor hoe Moses dalk skaam en skuldig gevoel het oor die verkeerde dinge wat hy gedoen
het soos om die Egiptenaar dood te slaan en weg te hardloop. Omdat God heilig is en geen sonde
het nie het Moses dalk gevoel hy kan nie naby God wees nie. Hy het God se hart seergemaak.
Maar God het hom vergewe en wou hom graag gebruik om die Israeliete te red.

2.Ons bid/luister en sing saam


Ons het die vorige keer gesê dat Moses dalk skaam en sleg gevoel het oor alles wat hy verkeerd
gedoen het. Ons dink en sê en doen baie keer dinge wat vir God hartseer maak. Dit is sonde en
sonde word gestraf. Maar God het vir ons sonde betaal en nou kan ons skoon wees van sonde.
Ons hoef nie skaam te wees vir ons heilige God nie. Hy is baie lief vir ons.

Gebed: (Kinders herhaal agterna.) Liewe Here. U is heilig. Dankie dat U lief is vir my al doen ek
dinge wat U hart seermaak. Amen.
Kom ons sing saam: (op die wysie van Jesus loves me)
Here U is lief vir my
U maak my van sonde vry
U is self van sonde skoon
Heilig op U hemeltroon
Ja U is heilig (x3)
Ek wil U loof en eer

3. Ons onthou en dink saam

Toe God met Moses gepraat het uit die bos wat brand,het ons gehoor dat God heilig is. Dit was so
‘n spesiale plek dat Moses sy skoene uitgetrek het. Dit het gewys hy verstaan hoe spesiaal God se
boodskap vir hom was.
Kom ons trek ook ons almal ons skoene uit en staan kaalvoet. Kan jy voel hoe voel die vloer onder
jou voete? Is dit warm of koud? Maak jou ogies toe en verbeel jou jy is ook Moses. Krul jou tone
oop en toe. Maak nou weer jou ogies oop.

Wie kan onthou wat ons onthou sin is?


God is heilig
Kom ons maak dit makliker om te onthou
God (wys boontoe)
Is heilig (vryf hande oor mekaar asof jy dit was)

4. Ons speel saam


God is heilig. Kom ons kyk of ons aan nog woorde kan dink wat vir ons sê hoe God is. Ons kan in ‘n
kring loop en as ek my hande klap stop ons en kan iemand ‘n beurt kry om iets oor God te sê. (hier
kan kinders ook gelei word om nog woorde te leer wat God se karakter beskryf)Bv. groot, magtig,
oral, wonderlik, liefdevol, soos ‘n pappa, sorg vir my, het my gemaak, is ons koning, het vir ons
gesterf, vergewe ons sondes, is altyd by my, wil my help.

5. Ons doen saam


Toe Moses die brandende bos gesien het het hy geweet God is heilig. Kom ons kyk of ons
‘n brandende bos kan maak.
Kinders kan ‘n prentjie van ‘n brandende
bos maak deur die skeur en plak van rooi,
oranje en geel papiertjies. Hulle kan dan ‘n
bos bo oor teken met bruin of swart kryt,
potlood of kokipenne. Aan die onderkant
van die prent kan hulle ook gom smeer en
fyn sand of selfs sout vasplak.
19. God gebruik Moses om sy mense te bevry Eksodus 7-11

God gebruik ‘n gewone mens om braaf te wees

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Toe Moses al groot was het God met hom gepraat uit ‘n brandende bos in die woestyn. God het vir
hom gesê hy moet na die koning van Egipte toe gaan en vir hom sê hy moet sy mense laat gaan.
Moses wou nie na die koning toe gaan nie. Toe sê God hy moet sy broer, Aäron saamvat om hom te
help. Moses het saam met Aäron gegaan om vir die koning God se boodskap te gee. Maar hy wou
nie die mense laat gaan nie. God het toe slegte goed/plae na die mense van Egipte gestuur om die
koning te oortuig om Sy mense te laat gaan. Dit het 10 keer gebeur tot die koning ingestem het.
Gesels oor die volgende vrae:
- Ek wonder; hoe dink julle het Moses gevoel om met die koning te gaan praat? Was hy bang of
nie bang nie?

Gebed: Dankie Jesus dat U my braaf maak as ek iets moeilik moet doen.

2. Ons bid, luister en sing saam


Luister na die liedjie van Moses - https://www.youtube.com/watch?v=ah7OZ0jAyn4
Probeer hierdie liedjie saam sing - https://www.youtube.com/watch?v=ZmeguN_5nJU
Sing die liedjies: My God is so groot, so sterk en so magtig.

3. Ons onthou en dink saam


Dit kon nie vir Moses maklik gewees het om met die koning te praat nie. Baie dinge is ook nie
maklik vir ons nie.
Ek wonder wat is nie altyd vir jou maklik om te doen nie?
Kom ons probeer hierdie versie te leer:
Verwerkte Psalm 23:4 “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, is ek nie bang, want Jesus loop langs
my.”
Selfs al gaan ek (wys na jouself met jou hand)
deur donker dieptes (buk af en maak jou oë met jou hande toe)
is ek nie bang (staan braaf regop en wys jou spiere)
want Jesus (wys na bo)
loop langs my (wys na langs jou)
4. Ons speel saam
In vandag se speletjie gaan ons soos die Israeliete ook probeer om huis toe te gaan. Twee maatjies
gaan maak asof hulle deel van die koning se mense is wat julle wil probeer vang. Ons gaan hulle
blinddoek. Julle moet saggies probeer om deur te kom sodat hulle julle nie hoor nie, hulle mag julle
probeer vang maar julle mag nie baklei nie. As hulle jou gevang het, moet jy eenkant gaan sit.

5. Ons doen saam


Vandag gaan ons, ons eie Moses handpop maak.
Maak ‘n Moses handpop met ‘n bruin papiersakke. Plak in die binnekant van die pop se mond
(onder die flappie van die papiersakke) die woorde: “Laat My volk trek”.
Gebed: Here, help my om nie bang te wees om die regte ding te doen nie. Amen
20. Deur die see Eks. 14:5-30

Moenie bang wees nie!

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Die Israeliete was nog nie ver weg uit Egipte nie, toe verander die koning weer sy plan. “Bring hulle
terug!” het hy geskreeu. Daar staan die Israeliete tussen die Rietsee en die Egiptenare wat hulle
weer wil vang.

“Moenie bang wees nie,” het Moses gesê. Moses het toe sy hand oor die water uitgesteek. ‘n Sterk
wind het begin waai en het ‘n pad deur die see gemaak tot aan die ander kant. Toe die Egiptenare
hulle probeer volg, het Moses weer sy hand uitgesteek. Die water het terug gevloei, God het sy
mense gered!
Ek wonder hoe sou ons voel as God ons so red!
Gebed: Here, dankie dat ek nie hoef bang te wees nie, want U is altyd by my. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam

Sing saam My God is so groot terwyl julle die bewegings wys.


Gebed: Here, dankie dat U alles kan doen. Amen

3. Ons onthou en dink saam


Eksodus 14:13 “Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas…”

Moses sê:
moenie (swaai vinger)
bang wees nie (arms gekruis voor gesig)
Staan vas. (staan regop met arms langs sye)

Gebed: Here, dankie dat ek nie hoef bang te wees nie. Amen

4. Ons speel saam


Pad deur die Rooi see:
Ons lees in die Bybelstorie dat die mense deur die Rooi see moes gaan, vandag gaan ons maak of
ons deur die Rooi see gaan.
• Laat die kinders in ‘n lang ry langs mekaar staan
• Jy gaan 2 mense nodig hê om ‘n springtou paar tree voor die kinders vas te hou
• Hou die tou mooi plat en stil op die grond dat die kinders oor dit spring en nie val nie
• Sodra almal oor gespring het, skuif die tou my nou bietjie verder dat die kinders nou weer
kan spring.
Gebed: Here, help my om altyd aan U gehoorsaam te wees. Amen

5. Ons doen saam


Gee vir elke kind hierdie afdruk. Die kinders kan vir Moses inplak en die kant flappies binnekant toe
vou. Laat die kindertjies op die stippellyne knip, dit verteenwoordig die golwe van die see. Indien
daar tyd is kan die kinders die mense agter Moses teken.
21. God se 10 gebooie Eksodus 20:3 - 17

Reëls hou ons veilig

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


God het vir sy mense gesorg terwyl hulle deur die woestyn getrek het. Moses was hulle leier. Hulle was op
pad na die nuwe land wat God vir hulle belowe het. Eendag het God vir Moses ‘n boodskap gegee. Moses
moes tot bo-op ‘n berg klim om te hoor wat God vir hom wou sê. Daar was donderweer en rook en die hele
berg het sommer geskud! Die mense het bang geraak. Moses het gesê: “Dis die Here, moenie bang wees
nie.” God het toe gepraat en vir hulle die tien gebooie gegee. Dit was reëls vir die mense sodat hulle kon
lewe soos God wou hê hulle moet. Later het God die reëls op twee plat klippe geskryf en aan Moses gegee.
Ek wonder wat sal gebeur as ons niks meer padreëls het nie.
Bid saam: Dankie Heer, dat daar reëls is om ons veilig te hou.

2. Ons bid, luister en sing saam


Luister saam en sing dan saam “God is liefde”: https://www.youtube.com/watch?v=CPJeDvM1-
90&list=PLWg9DbnoESpnxUKJYz6msqOLZACOPPKHB&index=18
Enige ander liedjie wat handel oor liefde vir God en ander sal ook inpas.

3. Ons onthou en dink saam


In Matt 22: 37 - 39 lees ons dat Jesus al 10 reëls in net twee sinnetjies of 2 reëls saam sit. Ja, Jesus sê: “Jy
moet God liefhê met jou hele hart en die tweede reël wat gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos wat
jy jouself lief het.“
Dit wys ons, ons moet God liefhê en vir al die ander mense!

4. Ons speel saam


Geen reëls speletjie: Gee vir elke kind ‘n papierbord, hulle kan dit opmaak as ‘n stuurwiel. Vertel vir hulle
dat elkeen vandag gaan maak of hulle ‘n voertuig of selfs ‘n trok gaan bestuur. Maak pret daarvan deur eers
die voertuie aan te skakel, en bietjie te toet-toet...
Trek weg!
Daar’s geen reëls!
Blaas ‘n fluitjie soos ‘n konstabel en kondig aan: STOP!
Vra vir die kinders of hulle dink so iets sal regtig werk.
God het ons so lief dat Hy eerder vir ons reëls gegee het om ons veilig te hou!
5. Ons doen saam
Gee vir elke kind ‘n afdruk van die prent, kinders kan Moses en die kliptafels inkleur.
Knip die padtekens uit en plak dit op stokkies. Dit kan hulle herinner dat al 10 reëls opgesom word deur
Jesus in 2 belangrike reëls, om lief te wees vir God en lief te wees vir ander.
Die padtekens kan met wondergom of permanent met enige ander gom vasgeplak word.
22. God gee kos uit die hemel Eksodus 16:1-30

Sê dankie vir alles wat God jou gee

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Ek wonder of jy die laaste paar dae al oor iets gekla het? Ek wonder of dit help as mens aanmekaar kla? Ek
wonder wat doen Pappa/Mamma as ons aanmekaar kla?
Ek gaan nou vir julle hierdie storie vertel. Elke keer as ek die prentjie van ‘n rooi regmerkie wys, skree julle
“Yeah!” As ek die prentjie van die kruisie wys, sê julle “Ag nee!”
Die Israeliete was in die woestyn op pad van Egipte af na hulle eie land toe. (Yeah!)
Hulle was met niks tevrede nie en het baie gekla. (Ag nee!)
Eers het God hulle uit Egipte laat trek en later vir almal genoeg water gegee om te drink. (Yeah!)
Nou het die mense begin honger word en hulle het weer by Moses gaan kla. (Ag nee!)
God het gesê dat hy elke dag vir hulle kos uit die hemel sal laat reën. (Yeah!)
Ons moenie dink dat God hamburgers en pizzas laat reën het nie! Nee, daar was elke oggend iets soos ‘n
wolk tussen die mense. Wanneer die wolk nie meer daar was nie, het daar klein korreltjies op die grond gelê.
Hulle het dit manna genoem. (Iets soos brood uit die hemel.) Dit het soos groterige broodkrummels gelyk en
het soos heuning gesmaak. Hulle het die krummels gemaal en brood van die deeg gemaak. Elke oggend het
hulle genoeg van die manna opgetel om die dag te eet. Hulle het genoeg kos gehad! (Yeah!)
Ek wonder wie van julle sal tot julle so groot soos Pappa en Mamma is, elke dag net wil brood eet? (Ag nee!)
Maar God het op nog ‘n manier vir hulle gesorg. Elke aand het ‘n groot klomp voëls wat omtrent so groot
soos duiwe is, tussen die Israeliete se tente gaan sit. Hierdie voëls noem ons kwartels. God het gesorg dat
hulle elke dag ook vleis het om te eet. (Yeah!)
So moes hulle elke dag genoeg kos bymekaarmaak om daardie dag te eet. Net op die Sondag mag hulle nie
werk nie en moes hulle rus. Daarom moes hulle elke Saterdag vir 2 dae kos bymekaarmaak. (Yeah!)

Gesels oor die volgende vraag:


Ek wonder watter deel van die storie hou jy van?

2. Ons bid, luister en sing saam


Ons storie gaan oor die Israeliete wat vreeslik gekla het. God het elke keer vir hulle gesorg en vir hulle gegee
wat hulle nodig het. Kom ons sing die liedjie.

Liedjie: Ek’s so bly ek behoort aan Jesus. (x3) Halleluja, prys die Heer!
Prys die Heer! Amen. Amen. (x6) Halleluja, prys die Heer!
https://youtu.be/UKLYcUSjJKw

Elke kind kan iets noem waarvoor hulle vir God wil dankie sê. Elkeen sê dan een na die ander die sinnetjie:
“Dankie Jesus vir…”
3. Ons onthou en dink saam
Lees weer die gedeelte by punt 1 “Vertel die storie”. In plaas van “Yeah” en “Ag nee”, sê die kinders elke
keer: “Aan God se liefde is daar geen einde nie.” (Soos in Ps 136)

4. Ons speel saam


Die mense het die kos wat God vir hulle elke oggend gestuur het, “manna” genoem. Manna beteken “Wat
is dit?” Nou gaan ons ‘n speletjie speel van “Wat is dit?”
Gebruik 2 houers soos inkopiesakke of kussingslope. Sit in een sak items wat vir die kinders bekend is soos
‘n stukkie watte, ‘n paar muntstukke, potlood, stukkie klei, teelepel, ens. Elke kind kry ‘n beurt om hul hand
in die sak te steek om een item uit te haal. Die ander kinders sê: “10-9-8-7-6-5-4-3-2-1-Wat is dit?” As die
kind reg raai, kom die item in die ander sak. As hy verkeerd raai, word die item teruggegooi in die “raai-sak”.
Hou aan totdat al die items in die tweede sak is.

5. Ons doen saam


God wil hê dat ons moet onthou wat Hy alles vir ons gee. Wanneer ons iemand nie wil vergeet nie, sit ons ‘n
prentjie van die persoon op ‘n plek of in ‘n raam en hang dit teen die muur op. Neem enige papier of karton
wat ongeveer so groot soos ‘n A4 papier is. Knip ‘n klompie papierstroke so breed soos ‘n liniaal oor die
lengte van die papier, en ook oor die breedte van die papier. Elke kind kry 2 lang en 2 kort stroke en plak dit
op ‘n tweede papier vas om ‘n raam te vorm. Versier die raam. Teken of skeur prentjies uit tydskrifte van
goed waarvoor ons vir God dankie kan sê en maak ‘n “Dankie-sê” prentjie in jou raam.
23. Elia en die weduwee 1 Konings 17:1-16

God sorg vir ons

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Ek wonder wat is die moeilikste ding wat iemand al vir jou gevra het om te doen? Vir my was een van die
moeilikste goed om te doen wanneer Mamma vir my ‘n lekkertjie gegee het en dan gesê het ek mag dit nie
dadelik eet nie!
Lees nou die Bybelverhaal voor of gebruik ‘n sandbak of prente om die storie te vertel.
Elia was ‘n profeet van God. God het vir hom boodskappe gegee om vir die koning en die mense van die land
te gee. (Amper soos wat ons predikante/dominees doen.) Hierdie boodskappe was nie altyd goeie
boodskappe nie en dan het die koning kwaad geword vir die profeet en hom sommer doodgemaak. Elia was
seker maar bang om vir die koning te gaan sê dat God nie hou van wat hy doen nie, maar tog het hy dit
gedoen. Elia moes gaan wegkruip sodat die koning hom nie kon kry nie, maar God het altyd vir hom gesorg.
Vir ‘n tyd lank het God kraaie gestuur om elke dag vir Elia vleis en brood te bring.
Eendag was Elia weer baie honger en het God vir hom gesê hy moet na ‘n dorp toe gaan. ‘n Vrou was besig
om hout bymekaar te maak toe Elia vir haar vra vir ‘n stukkie brood. Sy het eers gesê dat sy amper niks meer
kos het nie en ook nie geld om kos te koop nie. Maar sy het tog vir hom ‘n stukkie brood gegee. Elia het toe
vir haar gesê dat God haar sal help dat haar meel en olie nooit sal opraak nie, sodat sy altyd sal kan brood
bak.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder wie van julle het al iemand gesien wat honger is en vir hom kos of ‘n broodjie gegee? Vertel ons
bietjie daarvan.

2. Ons bid, luister en sing saam


God het altyd vir Elia gesorg en vir hom brood, vleis en water gegee toe daar min kos was. Ek wonder hoe
sorg God vir my en vir jou? Gee hulle kans om te reageer en sê dan vir God dankie vir alles.
‘n Liedjie: Luister na die liedjie “God is so goed” https://youtu.be/4SjTSg1MODU
Of sing op dieselfde wysie: God is so goed! (x3) Hy’s so goed vir my!
Vers 2: God sorg vir my! (x3) Hy’s so goed vir my!

3. Ons onthou en dink saam


In die Bybel is ‘n versie geskryf wat ons daaraan herinner dat God vir ons sorg en dat Hy altyd vir ons genoeg
gee. Lees die teks 2 keer stadig. Laat die kinders die eerste deel saamsê. Dan sê hulle weer die vers, maar
hierdie keer die hele een. Gee vir elke kind 10 strokies papier of stokkies/vuurhoutjies/tandestokkies en laat
hulle dit op die vloer neergooi. Met elke woord van die vers moet hulle soos die vrou hout bymekaar gemaak
het, een van die papiertjies of stokkies optel. Dit kan ‘n paar keer herhaal word.
Ps 23:1: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.”
4. Ons speel saam
Die weduwee se meel en olie het nie opgeraak nie. God het elke keer weer die houers vol meel en olie
gemaak.
Maak 2 spanne, elkeen met ‘n bak voor hulle. Die bakke het ewe veel water in. Een kind uit elke groep vat ‘n
spons of lap of klein houertjie, skep water in die bak voor sy span en gaan gooi die water in die ander span
se bak uit. Sodra die kind terug is by sy span, kry ‘n volgende kind kans om te hardloop. Na ‘n sekere tyd kyk
ons watter span se bak is die volste.

5. Ons doen saam


God het vir die vrou gesorg sodat sy altyd kon brood bak.
Gee vir elke kind ‘n hopie klei. Eers moet hulle die klei druk, trek, knie en vorm om te wys hoe die vrou die
deeg geknie het om brood te maak. Die klei moet dan gebruik word om hul eie broodjie te vorm. Hierdie
broodjie kan weer versier word met stukkies klei, patroontjies kan daarop gedruk word, ens.
Nou moet ons 10 tellings vir die broodjies wag om gaar te word.
Laat almal tot by 10 tel deur die hande op elke telling te klap. Nou kan elkeen sy broodjie sny of stukkies
breek en as hulle wil, kan hulle nog ‘n broodjie maak wat anders lyk.
24. Elia en die profete 1 Konings 18:30-39

Daar is net een ware God

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Het jy al gesien hoe probeer iemand vuur maak met hout wat baie nat is? Vandag se storie gaan oor sulke
sopnat hout wat sommer dadelik gebrand het.
Lees die storie een keer deur en voer die beskrywende bewegings by elke sin uit:
Die mense van Israel het nie meer in God geglo nie. (Skud kop heen en weer.)
Elia moes hulle wys dat daar net een ware God is. (Hou 1 vinger hoog in die lug.)
Hulle maak toe al die mense by berg Karmel bymekaar. (Maak naderwink bewegings). Daar was ook 450
profete van die afgode.
Op die berg het die profete vir die ander gode ‘n altaar gebou. (Maak kapbeweging soos met ‘n hamer.)
Toe het hulle vir ure lank tot hulle gode gebid om die offer op die altaar aan die brand te steek. (Vou hande
bymekaar soos vir gebed.)
Maar omdat hulle afgode nie bestaan nie, het daar niks gebeur nie. (Beide hande oop vorentoe gestrek met
palms na bo.)
Teen die middag het Elia ‘n altaar vir God gebou met 12 klippe. (“Bou” deur vuiste opmekaar te sit.)
Hulle het ‘n sloot rondom die altaar gegrawe. (Maak spitbewegings soos met ‘n graaf.)
Toe gooi hulle 12 kanne vol water oor die altaar. (Hulle kan óf “12” wys met 10 vingers plus 2, óf ‘n beweging
maak om water uit die kruike oor die altaar te gooi.)
Alles was nou so nat, dat niemand geglo het Elia gaan ooit ‘n vuur aan die gang kry nie, die sloot was vol
water. (Skud weer kop.)
Elia bid toe vir die enigste ware God. (Hande bymekaar soos vir gebed. Wys sommer dadelik na die hemel
met die voorvinger.)
God was getrou en het ‘n vuur uit die hemel gestuur. (Vinger kom vinnig af en wys na die grond.)
Hierdie vuur van God was so erg dat dit sommer die offer, die hout, die klippe, die grond en die water in die
sloot alles gebrand het. (Wys met die vingers 1-2-3-4-5, soos wat dit genoem word.)
Almal was verbaas (Verbaasde uitdrukking op gesig met oop mond) en moes glo dat daar net een ware God
is. (Een vinger wat na bo wys).
Die mense het op hul knieë geval (Kniel) en God geloof! (Albei arms na bo soos vir lofprysing.)

Gesels oor die volgende vraag:


Ek wonder watter deel van die verhaal is vir jou die mooiste?

2. Ons bid, luister en sing saam


Daar is net een ware God in wie ons glo.
Liedjies wat gesing kan word: a. My God is so groot.
b. Hy hou die hele wêreld in sy hand.
c. Nothing’s too big, big, big for his power.
3. Ons onthou en dink saam
Lees weer ‘n keer die verhaal en laat die kinders self die bewegings uitvoer. Mens sou een keer die storie
kan lees en hulle herinner wat die bewegings is en dan doen hulle dit die tweede keer alleen.
Gesels oor die volgende vraag: Hoe sterk dink jy is God?
Gebed: Baie dankie Here, dat U enige iets kan doen. Amen

4. Ons speel saam


Ons gaan almal saam nou maak of ons ‘n altaar bou. (Deel die kinders in 3 groepe: Klippakkers, Houtdraers
en Watergooiers.) Vertel die storie en laat die groepie dan hulle “werk” verrig:
Lees 1 Konings 18:31-32 uit die Bybel. (Klippakkers doen hulle werk.)
Lees 1 Konings 18:33. (Houtdraers)
Lees 1 Konings 33-35. (Watergooiers)
Almal staan nou om die denkbeeldige “altaar”.
Elia het vir God gebid en God het vuur uit die hemel laat kom. Die vuur het al die hout opgebrand.
(Houtdraers haal “hout” weg.) Dit het al die water opgebrand. (Watergooiers haal “water” weg.) Selfs die
klippe en die grond het gebrand. (Klippakkers haal “klippe” weg.)
Almal het nou geweet wie die ware God is. (Almal skree, juig en spring op en af.)

5. Ons doen saam


Elia moes ‘n altaar bou.
Elke kind kry 1 vel papier. Gebruik enige 12 artikels soos klippies, blokkies, boksies of marshmallows om in
die middel van die papier ‘n altaar te bou. As natuurlike materiaal gebruik word vir die altaar, gebruik
(tande)stokkies om op die altaar te sit. As eetbare materiaal gebruik word vir die altaar, sit pretzels of kleiner
lekkertjies op as hout.
Teken of verf ‘n sloot met water rondom die altaar.
Indien beskikbaar, kan stukkies rooi papier bo-op die altaar kom om die vlamme voor te stel.
25. Die seuntjie Josia word koning 2 Konings 22 - 23:3

Die Bybel wys vir my die pad

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Begin met die volgende vraag: Hoekom hou jy van boekies deurblaai en lees? Wat sal gebeur as ons nie ‘n
Bybel het wat ons kan leer van God nie? Juffrou wys haar Bybel en vertel die verhaal van klein Josia. Jy kan
die karakters maak met toiletrolletjies of stokmannetjies en dan die verhaal uitbeeld in ‘n sandboks.
Josia was maar agt jaar oud toe hy koning geword het in Jerusalem. In daardie tyd het die mense van God
vergeet en verkeerde dinge gedoen. God was hartseer daaroor. Koning Josia het dinge gedoen waarvan die
Here hou. Hy het die tempel (kerk) laat skoonmaak en regmaak. Iemand vind toe die Bybel van daardie tyd,
dit was soos rolle papier wat om stokke gedraai is, wat daar onder ‘n klomp goed lê en gaan lees dit toe vir
Koning Josia. Hy was jammer dat hulle nie vroeër God se wette gehoorsaam het nie. Koning Josia belowe
toe dat hy en sy mense sou leef soos wat die Bybel vir hulle vertel.

2. Ons bid, luister en sing saam


Julle sal onthou van Josia wat belowe het om die Bybel te gehoorsaam. Ons het ook gesê die Bybel wys vir
ons die pad en hoe ons moet leef. Kom ons luister/sing die volgende liedjies saam wat ons help onthou van
die Bybel. Juffrou kan haar Bybel self wys terwyl die liedjies gesing word.
* My B-Y-B-E-L van Jan de Wet https://www.youtube.com/shorts/w6WQKWW-Sf8
*Die Woord van God is ewig - Soekie en die Radikids
https://www.youtube.com/watch?v=qBjC3GFs30M
* Lees jou Bybel, bid elke dag: https://www.youtube.com/watch?v=XaLGr1P_HOs
Gebed: Dankie dat ek die Bybel kan lees. Amen

3. Ons onthou en dink saam


Ons is besig met die storie van Josia wat so bly was om van God te lees. Kom ons sê die volgende sin
hardop saam en doen dan die aksies daarby:
“Die Bybel is soos ‘n lig – dit wys vir my die pad.”
Die Bybel (hande voor jou oop soos n boek )
is soos ‘n lig (skiet vingers oop en toe)
dit wys (wys met wysvinger vorentoe)
vir my (wys na jouself)
die pad (hande teen mekaar en maak ‘n kronkel-beweging)
4. Ons speel saam: Bybel-skattejag
Vooraf: Steek vooraf 2 of 3 Bybels weg (enige Bybels wat jy in die hande kan kry of ‘n boek wat oorgetrek
is waarop geskryf staan “Die Bybel”)
Ons leer hierdie week meer van klein Josia wat koning geword het en hoe hy belowe het om God se wette,
die Bybel, te gehoorsaam.
Ons gaan nou ‘n Bybel-skattejag hou! Net soos die mense die boekrolle met die wette in die tempel gekry
het, gaan julle ook nou soek na ‘n paar Bybels wat weggesteek is in die klas/buite. Indien jy ‘n groot klas
het, deel die kinders in groepies of as die weer dit toelaat, hou die Bybel-skattejag sommer buite. Wanneer
al die Bybels gevind is, herhaal weer die onthou-sin met die aksies. “Die Bybel is soos ‘n lig, dit wys vir ons
die pad.”

5. Ons doen saam


Kom ons herhaal ons onthou-sin met die aksies:
Die Bybel is soos ‘n lig – dit wys vir my die pad.
Julle onthou van die boekrolle wat die mense in die tempel gekry het met God se wette en dat Koning Josia
belowe het om die wette te gehoorsaam. Ons gaan nou ons eie boekrol maak. Wanneer dit klaar is, lees vir
hulle wat staan in die boekrol, laat hulle dit toerol en met ‘n stukkie tou/rafia vasmaak. Die papierstroke
kan vooraf uitgeknip word.
*toiletrolle (een per kind) *klein lengtes tou vir die vasmaak van die boekrol
*knip vooraf die toiletrol in die lengte af en rol die twee stukkies (sien foto hieronder). Plak die opgerolde
rolletjie met kleeflint vas, dit lyk dan soos twee dun toiletrolletjies.
*Neem die uitgeknipte papierstrook vir die boekrol en plak die papierstrook teen die uitgesnyde toiletrol
stukkie (sien foto’s vir aanwysings en hulp). Die kante van die papier kan ook vooraf gebrand word met ‘n
vlam om dit oud te laat lyk of vlek dit met sterk tee-water.
Die Bybel
wys vir my
die pad.
26. Naäman word genees 2 Konings 5:1-19 en 1 Joh. 1:9

God was my skoon van sonde

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Ek wonder wie van julle hou daarvan om te bad, veral nadat jy die heeldag buite gespeel het en goed vuil is?
Daar was ‘n man in die Bybel wat nie net een keer nie, maar sewe keer per dag moes gaan bad het om
gesond te raak van ‘n velsiekte. Lees nou die Bybelverhaal voor en maak gebruik van die hulpmiddels (sien
“Ons doen saam”).
Naäman was ‘n baie belangrike generaal van die weermag in Aram. Een keer het hy teen die Israeliete geveg
en ‘n klomp mense gevang, waarvan een ‘n dogtertjie was. Sy moes nou vir Naäman se vrou werk. Sy was
lief vir God. Naäman kry toe ‘n vreeslike velsiekte, melaatsheid, wat baie aansteeklik was en waarvoor daar
geen medisyne was nie. Die dogtertjie vertel toe vir Naäman se vrou van die profeet Elisa wat in Samaria
woon en wat vir Naäman sou kon help. Die dogtertjie het geweet dat God vir Elisa sal help om vir Naäman
gesond te maak. Naäman gaan toe na Samaria met ‘n klomp geskenke. By die profeet Elisa se huis, vertel
Elisa se dienskneg, Gehasi, dat Naäman homself sewe keer moet gaan bad in die Jordaanrivier. Dan sal God
hom gesond maak. Eers wou hy nie, maar hy gaan doen dit toe. En sowaar, na die sewende keer, was hy
gesond! Naäman het toe geweet daar is net een ware God. Naäman het vir Elisa gaan dankie sê en vertel dat
hy nou in God glo en ook vir God wil dankie sê.

Gebed: Help my om altyd te onthou dat daar net een ware God is, Jesus Christus.

2. Ons bid, luister en sing saam


Julle sal onthou dat Naäman homself sewe keer moes gaan bad in die Jordaanrivier om gesond te kan raak.
1 Joh.1 :9 sê “...God vergewe ons sondes en Hy maak ons skoon van alles wat ons verkeerd gedoen het.”
Daardie verkeerde dinge noem ons sonde.
Kom ons sê die volgende sin saam met aksies:
God (wys met hand na bo)
was my skoon (vryf met hande en arms oorkruis)
van sonde (kruis arms op bors)
*Luister na die liedjie: Naäman - Soekie en die Radikids https://www.youtube.com/watch?v=cCe6SWf3trg

3. Ons onthou en dink saam


Kom ons herhaal weer ons belangrike onthou-sin ‘n paar keer met die aksies:
God was my skoon van sonde

Dink saam oor hierdie twee vrae:


*Ek wonder hoe jy sou voel as jy Naäman was met die vreeslike siekte, melaatsheid?
*Ek wonder hoe het Naäman gevoel toe hy sien hy is gesond?
4. Ons speel saam: ”Op die wal, in die water”
Die kinders staan in twee rye. Die rye kyk na mekaar. In die middel is daar ‘n groot opening wat die water
voorstel. Gebruik lyne op die vloer soos natuurlike lyne van die rand van ‘n mat of plak lyne met
maskeerband/tou. Die kinders staan op die “wal”. Wanneer jy “In die water!” uitroep, moet al die kinders
vorentoe hop (oor die lyn en na mekaar toe.) Wanneer jy “Op die wal!” uitroep, hop die kinders almal
agteruit om weer weerskante van die water te staan. Kyk of jy hulle kan uitvang, bv. wanneer jy uitroep ‘In
die water” wanneer hulle reeds daar is. Wanneer ‘n kind dan in die verkeerde rigting spring, is hy uit die
speletjie.

5. Ons doen saam


Herhaal weer die onthou-sin: God was my skoon van sonde
Net soos Naäman gesond geraak het van sy melaatsheid nadat hy sewe keer gebad het in die Jordaanrivier,
so maak Jesus jou ook skoon van sonde – dit is die verkeerde dinge wat ons dink, sê en doen. Vandag gaan
ons vir Naäman maak wat gaan bad het in die Jordaan:
*papierkoppie vir elkeen *gom, skêr, inkleurpotlode *templaat
*ou, skoon roomys-stokkies/sosatie stokkie vir elkeen
Kleur die templaat in en knip uit. Die een kant van die mannetjie met die hartseer gesiggie moet vol sere
geteken word. Plak die Naäman prente rug-teen-rug met die stokkie in die middel.
Maak ‘n gaatjie of maak ‘n dun snytjie aan die onderkant van die bekertjie, net groot genoeg dat die
stokkie kan draai. Plak die Bybelversie aan die buitekant van die bekertjie en sit vir Naäman daarin. Trek 6
keer na onder en die 7de keer draai jou stokkie, sodat Naäman skoon uitkom.
27. Ester word koningin Ester 1-7 en Jesaja 41:13

God maak my dapper

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Was daar al ‘n keer wat jy bang was om iets te doen en dan baie dapper moes wees? Ek wonder ook: Vat
God jou aan die hand wanneer jy alleen moet skool toe gaan of wanneer jy dalk bang is vir die donker? Ons
lees in die Bybel van ‘n Joodse meisie wat ook dapper moes wees voor sy na die koning toe moes gaan.
Lees nou die Bybelverhaal voor en maak gebruik van die maskers wat die karakters Ester, Mordegai, die
koning en Haman voorstel, om die verhaal te vertel. Trek klere en lappe aan vir die kinders wat die karakters
uitbeeld en dalk ‘n plastiek kroon vir die koning en vir Ester.
Ester was ‘n baie mooi Joodse vrou. Sy het getrou met die koning van Persië, Koning Ahasveros, en word
toe so die koningin. Hy het nie geweet sy was ‘n Joodse meisie nie. Ester het by haar oom, Mordegai, wat
in die paleis gewerk het, grootgeword. Haman was ‘n slegte man wat vir die koning gewerk het en het ‘n
plan gemaak om al die Jode dood te maak. Mordegai het van hierdie plan gehoor en vir Ester gevra of sy
nie met die koning kan gaan praat nie. Ester was bang, want sy kon nie net met die koning gaan praat nie.
Sy moes eers toestemming kry om voor die koning te kan verskyn, daarom het sy en al die Jode in die stad
saam gebid en vir God gevra om vir Ester te help. Die koning het toe na Ester geluister en hoor toe van
Haman se wrede plan om die Jode dood te maak. Die koning het toe sommer vir Haman laat ophang. Die
Jode het hard geveg en hulle vyande gewen. God het vir Ester dapper gemaak en haar gebruik om sy planne
op aarde waar te maak.

Gebed: Here, ek raak maar dikwels bang en skrikkerig. Maak my dapper, soos vir Ester.

2. Ons bid, luister en sing saam


Ons Bybelverhaal vertel ons van Ester wat dapper moes wees. Ek wonder of God saam met haar gegaan het
voor sy na die koning toe is? Wat dink jy? Kom ons lees ‘n vers uit Jesaja 41:13 wat ons help om dapper te
wees.
“Ek, die Here, julle God, maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle.”
Almal sê die volgende sin saam hardop ‘n paar keer: Moenie bang wees nie, God help my!
Luister na hierdie liedjie wat gaan oor Ester van Jan de Wet en die lofkleuters:
https://www.youtube.com/shorts/cUvXvMJA0ls
Probeer hierdie bewegings saam doen van hierdie liedjie: “Ek is nie bang nie” – Jan de Wet en die
Loflaaities: https://www.youtube.com/watch?v=Uo_LkgCBGcI

Gebed: Dankie Here, dat ek kan weet dat U my help wanneer ek dapper moet wees. Amen
3. Ons onthou en dink saam
Kom ons herhaal weer ons sin: ”Moenie bang wees nie, God help my.” Herhaal dit ‘n paar keer terwyl hulle
elke keer ‘n ander beweging/stemtoon saam doen, bv. Sê die sin in ‘n fluisterstem / Draai in die rondte
terwyl jy die sin sê, ens.
Dink saam oor die volgende twee vrae:
● Wie wil jy in die verhaal wees?
● Ek wonder hoe Ester moes gevoel het toe sy na die koning toe gegaan het.

Gebed: Here, dankie dat ek nie bang hoef te wees nie, want U is altyd by my. Amen

4. Ons speel saam


Noem ‘n paar situasies soos hieronder en na elke sin kan die kinders hardop saam sê: “God maak my
dapper!”
1. Wanneer ek alleen moet skool toe gaan... “Moenie bang wees nie, God maak my dapper!”
2. Wanneer daar baklei word in my huis... “Moenie bang wees nie, God maak my dapper!”
3. Wanneer ek ‘n groot spinnekop sien... “Moenie bang wees nie…”
4. Wanneer ek bang is vir die donker... “Moenie bang wees nie…”
5. Wanneer ek dink daar is ‘n monster onder my bed... “Moenie bang wees nie…”

5. Ons doen saam

God het die dapper Joodse meisie, Ester, gebruik om haar volk te red. Ons maak vandag vir ons ‘n kroon.
Sien die 2 template wat afgerol kan word op karton of teken dit af op die agterkant van papbokse. Daar is
ook 2 stroke aan die onderkant wat uitgeknip word en dan gepas word om die kind se kop. Kram dit dan
net vas met ‘n krammasjien of plak met sterk gom. Die krone kan met enigiets versier word - van
saadjies/strooi/glitter/plakkers. Sien die twee voorbeelde. Geniet dit!
28. Daniël se vriende in die brandende oond Daniël 3

U alleen is God (Psalm 86:10)

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Jy kan die aktiwiteit wat onderaan die les is gebruik om jou storie mee uit te speel.
Die koning van Babel het ‘n groot standbeeld van goud laat maak. Hy het gesê dat almal voor die standbeeld
moet buig. As jy nie buig nie, sal jy in ‘n brandende oond gegooi word! So het al die mense voor die
standbeeld gebuig, behalwe drie jong mans. Hulle name was Sadrag, Mesag en Abednego. Die koning was
baie kwaad en het weer gesê hulle moet voor die standbeeld buig, maar hulle het gesê: “Ons dien God en
Hy kan ons red uit die vuuroond. Ons sal nooit voor die standbeeld buig en hom dien nie.” Die koning laat
die drie jong mans toe vasbind en gooi hulle in die brandende oond. Toe hulle binne was, sien die koning dit
lyk of daar dan nou vier mense in die oond is, en hulle stap sommer rond – hoe kan dit wees? En die vierde
mens lyk soos ‘n engel! Die koning roep toe vir hulle om uit te kom. Hulle het uit die oond gestap en niks aan
hulle was gebrand of eers geskroei nie. Die koning het toe verstaan dat God ‘n engel gestuur het om hulle te
beskerm. Daarna het die koning gesorg dat dit goed gaan met die drie jong mans.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder of die drie jong mans bang was? (Gee die kinders kans om te antwoord.)

2. Ons bid, luister en sing saam


In ons Bybelstorie hoor ons van drie jong mans wat nie wou buig voor die koning se afgodsbeeld nie.
Wanneer jy voor iemand buig, beteken dit jy het baie respek vir daardie persoon en so iemand is soos jou
baas. Ons kan op verskillende maniere ons lyfies gebruik wanneer ons bid. Ons kan buig, ons kan kniel, ons
kan ons hande saamvou, ons kan plat neerval (demonstreer dit en laat almal dit saam doen). Wat dink julle
kan ons nog doen wanneer ons bid?
Kies een van die maniere, en bid saam ‘n kort gebed: Liewe Here, ons wil net (voor) vir U buig. Amen
Kom ons sing saam: Ons God is ‘n wonder God: https://www.youtube.com/watch?v=czHyVjvM4QY

3. Ons onthou en dink saam


Die drie vriende het geweet: God is groot, God doen wonderwerke, Hy alleen is God. Kom ons sê dit ook
saam: God is groot, God doen wonderwerke, Hy alleen is God.
Sit nou drie basiese bewegings by die woorde: God is groot (strek jou hande so ver as moontlik uit), God
doen wonderwerke (draai jou hande om mekaar asof jy iets maak), Hy alleen is God (wys met jou wysvinger
na bo). Herhaal dit ‘n paar keer.
Ek wonder hoe het die drie jong mans gevoel toe daar ‘n engel saam met hulle in die vuuroond staan?

4. Ons speel saam


Ons gaan nou ons Bybelstorie speel. (Verdeel die karakters onder die kinders en gee vir elkeen hul betrokke
poppie om vas te hou. Speel dit ‘n paar keer uit dat almal ‘n kans kry om die verskeie karakters te wees. Die
kinders wat nie ‘n karakter is nie, is die koor en hulle sê: God is groot (strek jou hande so ver as moontlik uit),
God doen wonderwerke (draai jou hande om mekaar asof jy iets maak), Hy alleen is God (wys met jou
wysvinger na bo). Herhaal dit ‘n paar keer.

5. Ons doen saam Benodigdhede:


Kinders maak ‘n vuuroond en karakters uit die verhaal. Kleur die karakters in en knip Rooi plastieksak
hulle uit. Gebruik kleeflint om die karakters aan die stokkies vas te plak. Knip rofweg Bruin papiersak
Kleeflint
linte van verskillende groottes uit die rooi plastieksak. Knip nou ‘n gat in die middel
Skêr
van die papiersakkie en plak die plastieklinte bo en rondom die gat om vlamme voor
5 hout stokkies
te stel. Inkleurkryte
29. Daniël in die leeukuil Daniël 6

Niks is vir God onmoontlik nie

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Het julle geweet dat niks vir God onmoontlik is nie? God kan enige iets doen! In vandag se storie hoor ons
van ‘n man wat dit ontdek. Sy naam was Daniël.
Jy kan hier die aktiwiteit wat onderaan die les is, gebruik om jou storie mee uit te speel. Daniël was ‘n Israeliet,
maar hy het in ‘n vreemde land gewoon. Hy was baie lief vir God en het drie keer op ‘n dag met God gepraat:
in die oggend vroeg, weer met middagete en dan weer vanaand voor hy gaan slaap. Daniël het hard gewerk
en die koning het van hom gehou. Die ander mense was jaloers en maak toe ‘n plan om vir Daniël in die
moeilikheid te kry. Hulle sê vir die koning hy moet ‘n wet maak dat almal net tot die koning bid, en nie tot
God nie. As iemand nie luister nie, word hy in ‘n leeukuil gegooi! Die koning maak toe die wet. Daniël hoor
van die wet, maar hy hou aan om drie keer per dag tot God te bid. Die mense gaan sê toe vir die koning
hiervan en hy moes sy wet hou en Daniël in die leeukuil gooi. Die koning was hartseer en kon daardie nag
nie slaap nie. Die volgende oggend gaan hy leeukuil toe en roep na Daniël... en hy hoor sy stem! Die leeus
het niks aan Daniël gedoen nie. God het hom gehelp, want God kan enige iets doen.
Gesels oor die volgende vraag:
Ek wonder of Daniël bang was toe hy daar tussen die leeus gesit het?

2. Ons bid, luister en sing saam


Daniël het in die leeukuil beland, omdat hy nie die koning se reëls wou volg nie. Hy wou steeds vir God
aanbid, 3 keer op ‘n dag, soos hy altyd gedoen het. Dit het gemaak dat hy gestraf is en toe saam met die
leeus in hulle hok gegooi was.
Luister na die liedjie wat die storie vertel van Jan de Wet en die Lofkleuters:
https://www.youtube.com/watch?v=vq6kGMRiyNU)
Kom ons sê nou saam met Daniël vir God dankie: Here Jesus, dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Niks is
vir U onmoontlik nie, niks is vir U onmoontlik nie. Amen

3. Ons onthou en dink saam


Vandag het ons ‘n vasvra:
Wie kan onthou hoeveel keer Daniël gebid het op ‘n dag?
Hoekom was dit verkeerd?
Ek wonder hoe het hy gevoel toe hy agterkom die leeus gaan hom nie opeet nie? (Gee kinders kans om te
antwoord.)
Kom ons maak gou ‘n lysie van dinge wat ons bang maak. (Gee kans vir antwoorde)
Kan Daniël se woorde vir ons ook help? Kom ons sê weer gister se gebed hardop saam:
Niks is vir U onmoontlik nie. Kom ons begin dit saggies fluister terwyl ons op ons hurke sit. Elke keer as ons
meer regop staan, kan ons dit nog harder sê. Sê dit totdat ons dit hard skree!

4. Ons speel saam


Ons gaan nou ons Bybelstorie speel en vir mekaar oorvertel. (Deel die karakters onder die kinders: Daniël
bid op sy knieë, 2 wagte kan eenkant staan, en die leeus moet almal brul, maar hulle mag nie vir Daniël byt
nie.)
Begin jou storie by die deel waar Daniël drie keer op ‘n dag bid. Laat die kinders dan saam met Daniël bid:
Niks is vir God onmoontlik nie.
Speel dit ‘n paar keer uit sodat almal ‘n kans kry om die karakters te wees.

5. Ons doen saam


Benodigdhede:
Kinders werk in groepe om hul eie leeukuil te maak. Kleur die karakters in en knip dit uit. Toiletrolle
Gebruik die gom om die vriendelike leeu aan die een kant van die toiletrol te plak, en Leë eierdose
dan die kwaai leeu aan die teenoorgestelde kant. Gebruik die kleeflint om die “Daniël” Skêr
karakter aan die tandestokkie vas te plak. Rangskik leë eierdose van verskillende Kleeflint
groottes om die leeukuil uit te beeld en posisioneer die leeus daarbinne. Daniël word in Inkleurkryte
die middel vasgesteek. (Sien foto onderaan.) Gom

Die engel en koning karakters uit die vuurherd aktiwiteit kan weer tydens dramatisering ingespan word.
30. Nehemia herbou die mure van Jerusalem Nehemia 3 - 4

God is by ons

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Kom ons bou ‘n muur! (Gebruik ou bokse en laat kinders ‘n ronde muur bou wat groot genoeg is dat almal
binne kan pas. Sit dan binne.)
Weet julle wat doen ‘n bouer? Ja, hulle bou en herstel huise.
Wel, vandag se Bybelverhaal gaan oor ‘n groot muur wat herbou moes word en een man wat dit baie graag
wou doen. Sy naam was Nehemia.
Nehemia het vir ‘n koning gewerk. Dit was ver weg van sy eie land. Toe Nehemia hoor dat die stad Jerusalem
(in sy eie land) se mure afgebreek is deur die vyand, het dit hom baie hartseer gemaak en hy wou self gaan
om dit te gaan herbou. Eers bid hy en praat met God en vra vir hulp. Daarna gaan praat hy met sy koning en
vra of hy mag gaan. Die koning help hom dadelik. So gaan Nehemia Jerusalem toe om die stad se mure te
herbou. Baie mense het hom kom help. Dit was nie so maklik nie, want die vyand wou nie hê hulle moet die
mure herbou nie en hulle het hom heeltyd probeer keer. So Nehemia praat weer met God en vra hulp. God
was by Nehemia en sy span bouers en hulle kon die hele stad se mure vinnig herbou.
Gesels oor die volgende vraag: Wat sal jy doen as jy iets groots moet bou?

2. Ons bid, luister en sing saam


Nehemia het iets belangriks gedoen - hy het elke keer voordat hy iets groots gedoen het, eers daaroor gebid.
En omdat hy eers gebid het, het God hom gehelp dat hy kon regkry wat hy wou doen. Wanneer ons iets wil
doen, moet ons ook onthou om eers met God te praat voordat ons sommer net iets doen. God sal altyd vir
ons sorg en ons help.
Bid saam: Here, Jesus dankie dat U altyd by Nehemia was en hom gehelp het. Wees ook so by ons. Amen
Luister na die volgende lied: Bou die koninkryk – Jan de Wet en die lofkleuters
https://www.youtube.com/shorts/UBTTS9kFyPI
Sing ook self saam met bewegings “Die wyse man bou sy huis op die rots”

3. Ons onthou en dink saam


God het vir Nehemia gehelp om die stad se mure weer te bou. Kom ons leer die vers uit Nehemia 2:20
Die God van die hemel (wysvinger in die lug en strek altwee arms asof jy ‘n serp bo jou kop vashou)
sal ons laat slaag in wat ons doen (hou altwee duime in die lug)
Ons is sy dienaars (hande teen mekaar voor jou bors asof jy bid)
Gaan bou! (draai na jou maatjies en sit jou hand bo-op sy hand en hy sit sy hand bo-op jou hand asof julle
dit op mekaar pak)
4. Ons speel saam
Gebruik ‘n verskeidenheid leë bokse en verdeel die kinders in groepe. Kyk hoe hoog elke groep hul muur kan
bou sonder dat hy omval. Gesels oor hoe moeilik dit vir Nehemia moes wees om die muur te bou te midde
van al die teenkanting. Fokus op die feit dat Nehemia nie opgegee het nie, want hy het geweet God is aan sy
kant. Jy kan natuurlik boublokkies, doppies of enige ander hulpmiddel tot jou beskikking gebruik!

5. Ons doen saam


Kinders gebruik ‘n teksvers uit die verhaal om hul eie muur te bou. Plak die teksvers in die klas op en herhaal
dit ‘n paar keer. Kinders kan in groepe werk. Kleur die bakstene in en knip dit uit. Knip die strooitjies in 4cm
lengtes. Elke groep benodig 31 geknipte strooitjies om hul teksvers-muur te voltooi. Knip nou twee gleufies
aan teenoorgestelde kante van die strooitjies sodat die papier bakstene daar kan inglip. (Sien foto onderaan.)
Verwys na opgeplakte teksvers en rangskik die bakstene in die regte volgorde. Glip dan die papier bakstene
by die strooitjies se opening in om sodoende die woorde aan mekaar te heg. Kinders kan die woorde in
verskillende maniere rangskik.

Benodigdhede:
Plastiek strooitjies
Inkleurkryte
Skêr
31. Jesus se vriende Matteus 9:9-13

As jy Jesus se vriend word, verander jy!

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Gebruik ‘n sandboks en toiletrol poppies of roomysstokkies om mense voor te stel (sien by aktiwiteite) en
vertel die verhaal uit die Bybel terwyl dit uitgespeel word. Verduidelik wat die woord tollenaar beteken - dit
was iemand wat namens die regering belasting geld moes bymekaar maak by mense. Hulle het baie keer te
veel geld gevat by mense, sodat hulle self ook kan ryk word, so baie mense het nie van hulle gehou nie.
Jesus het vir die mense van God vertel. Een dag het hy vir Matteus gesien. Matteus was ‘n tollenaar en besig
met sy werk. “Volg my,” sê Jesus vir Matteus. Matteus het dadelik opgestaan en saam met Jesus gegaan. Hy
het Jesus se vriend geword. Matteus het baie verander toe hy Jesus se vriend geword het. Hy het baie van
sy ou vriende genooi om by hom te kom eet sodat hulle ook vir Jesus kon ontmoet.
Gesels oor die volgende vraag: Ek wonder hoe jy sou gevoel het as mense nie van jou gehou het nie.
Gebed: Dankie Jesus, dat U mense se lewens verander.

2. Ons bid, luister en sing saam


Sing die volgende liedjie saam, dit is lekker maklik om te leer: “Ek is ‘n huis” van Soekie en die Radikids
https://www.youtube.com/watch?v=Yo6mO5yzQUA
In die storie waar Jesus en Matteus vriende raak, sê Jesus dat gesonde mense nie ‘n dokter nodig het nie,
maar net siek mense. Hy het gekom om slegte mense se sondes te kom wegvat, net soos ‘n dokter mense
se siektes laat weggaan.
Kan julle aan ‘n lysie dink van dinge wat verkeerd is in die wêreld wat julle dink Jesus moet regmaak? Kom
ons neem ‘n pleister en plak dit op waar almal dit kan sien as ‘n teken dat ons wil hê Jesus moet dinge
regmaak. Bid nou vir hierdie dinge. Elkeen kan ‘n kansie kry om te sê waarvoor hulle wil bid.

3. Ons onthou en dink saam


Vertel gou vir mekaar wat onthou julle van die storie van Jesus en Matteus wat vriende word. Wat kan julle
alles onthou? Ek onthou uit die storie dat daar baie mense was wat hulle neuse opgetrek het toe hulle sien
Jesus is vriende met Matteus. Hulle het gedink dit is verkeerd van Jesus om by vriende te kuier wat volgens
hulle slegte mense was.
Wat dink julle het Matteus se vriende gedink van Jesus?
Waaroor dink julle het Jesus met hulle gesels?
Dink julle Matteus en sy vriende het anders geword nadat hulle Jesus se vriende geword het?

Gebed: Dankie Jesus, dat U mense se lewens verander. Amen


4. Ons speel saam
Speel telefoontjie met gesigsuitdrukkings en gebare, nie met woorde nie. Gee vir die eerste kind ‘n groot
glimlag, en hy/sy moet draai na die kind aan hul kant en dieselfde glimlag “aangee” vir die volgende een.
Wissel dit af met ‘n frons, ‘n wuif, ‘n skewe trek ens.
Gesels daaroor dat ons maklik aanpas by ander mense. As iemand vir jou lag, is dit maklik om terug te lag.
Jesus is so wonderlik dat mense naby aan Hom, maklik verander om ook soos Hy te wees.

5. Ons doen saam


Maak saam vir julle ‘n paar vriende stokkies om mee te speel. Julle kan hulle maak uit roomysstokkies of
met toiletrolle. Versier dit met enige iets wat jy naby het.
Vertel weer die storie en gee almal ‘n kans om die storie uit te beeld met die vriende stokkies wat hulle
gemaak het.
32. Die storm gehoorsaam Jesus Markus 4:35-41

God help ons as ons bang is

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Gooi ‘n groot blou kombers/laken/lap op die mat. Nooi die kinders uit om saam met jou speel-speel in ‘n
boot te klim. (Die maats gaan sit op die kombers). Vra vir hulle om op die kombers te lê en hulle oë toe te
maak terwyl hulle na die storie luister wat jy gaan vertel. Lees die storie van “Jesus maak die storm stil” in ‘n
Kinderbybel. Gebruik jou stem om die storie vir die kinders te vertel. Begin met ‘n rustige stem en praat hard
en vinnig as dit by die storm kom.
Jesus en sy dissipels was in ‘n boot op die see. Dit was al aand en Jesus was moeg. Hy het in die boot aan die
slaap geraak. Skielik is daar ‘n woeste storm op die see! Die wind waai en die golwe slaan sommer bo-oor
die boot. Die dissipels is bang en maak Jesus wakker. Hulle vra Hom om te help. Jesus staan op en praat met
die wind en die see. Hy sê: “Wind! Hou op met waai! See! Wees stil!” Dadelik gaan die wind lê. Die golwe
hou op. Alles word stil. Jesus sê vir sy dissipels: “Moenie bang wees nie. Julle moet glo dat Ek julle kan help.”
Gesels oor die volgende vrae: Ek wonder wat het die dissipels gedink toe Jesus gelê en slaap het in die boot,
terwyl daar ‘n storm aan die gang was?
Ek wonder of jy ook al bang was soos die dissipels in die boot?
Gebed: Here, help my asb. om te onthou dat U my nooit alleen los nie. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Lied: My God is so groot https://www.youtube.com/watch?v=oWGpJR2zU-Q
Maak ‘n sensoriese bottel met ‘n leë plastiek bottel: https://za.pinterest.com/esl52/jesus-
calms-the-storm/
Gooi water, blou kleursel, klein bietjie kookolie en blinkers in die bottel. Plak ‘n klein
bootjie aan die buitekant van die bottel vas. Wanneer die bottel geskud word, dan lyk dit
soos ‘n storm, wanneer die bottel stil gehou word, kalmeer die water en die ‘storm’ is
verby.
Gee vir elke maat ‘n kans om die bottel te skud en te sien hoe die water weer rustig word. Elke maatjie kan
‘n kans kry om te bid en vir God dankie te sê dat ons vir niks hoef bang te wees nie, omdat ons weet dat
God enige iets kan doen om ons te beskerm.
Gebed: Here, dankie dat ek kan weet dat ek nooit hoef bang te wees nie! Amen.

3. Ons onthou en dink saam


Ek wonder wat sal jy doen as jy ‘n probleem het? Jy kan nie jou skoen vaskry nie, jy is nie lank genoeg om
iets uit die yskas uit te haal nie, jy kry nie jou waterbotteltjie nie.
Jy gaan mos iemand vra om jou te help.
Ons kan altyd vir God vra om ons te help, net soos die dissipels vir Jesus ook gevra het om hulle te help.
Hebreërs 13:5 en 6 vertel vir ons van 2 goed wat Jesus vir ons belowe:
Hebreërs 13:5 “Ek sal jou nooit verlaat nie!”
Hebreërs 13:6 “Die Here is my helper!”
Help die kinders om vers 6 te herhaal deur een woord vir elke vinger (aan een handjie) te sê. Laat die
kinders dan hulle hand toevou en op hulle bors sit, asof hulle God se belofte vir hulleself vat.
Gebed: Here, dankie dat U my belowe dat U my altyd sal help.

4. Ons speel saam


Jesus is groter en sterker as enige iets of enige iemand. Selfs die wind het vir Hom geluister!
Groot golwe: Laat die kinders om ‘n groot stuk lap (verkieslik blou), of kombers staan en plaas ‘n bal in die
middel. Laat die kinders die lap op en af skud terwyl hulle probeer om die item bo-op die stuk lap te hou.
Wanneer die aanbieder/leier van die speletjie skree: “STOP!”, moet die hele groep dadelik ophou om die lap
te skud. Herhaal die speletjie ‘n paar keer. Daar kan ook meer as een item op die laken gegooi word, maak
net seker dat die items op die laken sag is, want dit land baie keer in iemand se gesig of op ‘n maatjie se kop.
Maak die boot leeg: Maak 'n sirkel in die middel van die kamer wat die boot uitbeeld. Maak balle uit ou
stukke papier/koerantpapier. Een of meer kinders moet in die boot ingaan, terwyl die ander spelers probeer
om die stukkies papier in die boot area te gooi. Die doel van die mense in die boot is om soveel van die papier
UIT die boot te kry. Dink oor hoe die dissipels probeer het om die water uit die boot te skep sodat die boot
nie sink nie.
Gebed: Here, dankie dat U groter en sterker as enige iets in my lewe is.

5. Ons doen saam


Gee vir elke kind ‘n eierboksie en ‘n papier met die mannetjies op. Die maats kan dan die prentjies inkleur
en uitknip en in die eierhouertjie plaas. Plaas enige stokkie in die middel van die bootjie en plak die woorde
daarop: “Selfs die wind en die see luister vir Hom!”
Gebed: Here, help my onthou dat selfs die wind en die see luister vir U. Niks is ooit te moeilik vir U nie!
Amen

Selfs die wind en


die see luister vir
Hom!
Matteus 8:27
33. Jesus gee honger mense kos Johannes 6:1-15

Jesus kan ‘n bietjie vat en dit baie maak

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal

Het jy al piekniek gehou? Ons pak gewoonlik genoeg kos in vir een gesin. Sê nou daar kom meer as 5000
mense wat almal honger is en saam met jou wil eet? Sal jy vir almal kan kos gee? Jesus kan! Kom ons lees
die storie.
Opsioneel kan julle die storie kyk: (Afrikaanse animasie video by
https://www.youtube.com/watch?v=0Y7zLR0GcNQ)
Baie mense het na Galilea se groot meer toe gekom. Hulle wou na Jesus luister en kyk hoe Hy mense gesond
maak. Na ‘n tyd is almal honger. Jesus se vriende wil die mense huis toe stuur, maar Jesus sê hulle moet eers
vir die mense kos gee. Maar hulle het nie kos nie!
Toe bring Andreas, een van Jesus se vriende, ‘n seuntjie na Jesus toe. “Hierdie seuntjie wil twee vissies en
vyf broodjies gee. Maar dit is heeltemal te min.” Jesus glimlag vir die seuntjie en neem sy padkos. Hy dank
God, en begin die kos uitdeel. En die vissies en broodjies word al meer, sodat almal daarvan kan eet.
Daar was 5000 mans en nog baie meer vrouens en kinders. Daar was genoeg kos vir almal, en daar het twaalf
mandjies kos oorgebly.
Gesels oor die volgende vrae:
Ek wonder of die seuntjie gedink het sy padkos sal vir so baie mense kos kan gee.
Ek wonder hoe die mense gevoel het nadat hulle geëet het.

2. Ons bid, luister en sing saam


Jesus het met net twee vissies en vyf brode vir baie mense kos gegee. Hy is regtig baie groot en almagtig
om dit te kan doen.
Luister na hierdie liedjie van Jan de Wet: https://www.youtube.com/shorts/4cVqKh_ALKc
Sing die liedjie: My God is so groot, so sterk en so magtig
Gebed: Jesus, dankie dat U die bietjie wat ons het, kan gebruik om baie mense te help.

3. Ons onthou en dink saam


Jesus kan enige iets doen! Hy kan selfs kos meer maak. Kom ons probeer hierdie sin onthou:
Jesus (druk met jou middelvingers op die ander hand se palm)
kan ‘n bietjie vat (sit al 5 vingers saam op die ander hand se palm)
en dit baie maak (sprei hande en arms groot oop en maak ‘n boog van bo jou kop na buite).
4. Ons speel saam
Net soos die vissies en broodjies vermeerder het, gaan ons ook nou ‘n speletjie speel en kyk hoe ons
broodjies en vissies vermeerder.
Kies 2 kinders om ‘n “broodjie” en ‘n “vissie” te wees. Plaas twee “mandjies” (‘n afgemerkte area op die
grond) êrens. Die “broodjie” en “vissie” jaag die ander kinders. As die broodjie aan iemand raak, word
daardie kind ook ‘n broodjie en moet hy/sy in die “mandjie” gaan klim. So word die broodjies en vissies meer
tot die mandjies vol is.

5. Ons doen saam


Jesus kan met 5 broodjies en 2 vissies meer maak tot daar baie mandjies vol kos is.
Gee vir elke kind ‘n papierbord om in ‘n mandjie te vou (sien die prente hieronder). Laat kinders broodjies
en vissies teken om daarin te sit, of deel stukkies brood (koekies) en malvalekker vissies uit om in hul
mandjies te sit. As julle piekniek hou, onthou om eers vir God dankie te sê vir die eetgoed voor julle dit
uitdeel en eet.
34. Tien word gesond gemaak, een kom terug Lukas 17:11-19

Ons moet dankbaar wees vir alles wat God vir ons doen

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Wie het al ooit baie siek gevoel? Laat kinders toe om hande op te steek. Hoe het jou lyfie gevoel? Moeg, kop
was seer, naar gevoel. Wat moes jy doen? In die bed lê, medisyne drink.
In die Bybelse tyd het mense ook siek geword. Daar was veral een siekte wat baie erg en baie aansteeklik
was. Ons noem dit melaatsheid. Dit was ‘n siekte wat gemaak het dat jy sere op jou lyf gekry het. Dit kon
so erg raak dat jy selfs jou vingers of tone kon verloor! As jy melaats was, kon jy nie meer saam met ander
mense in ‘n huis bly nie. Jy mag nie eens naby mense gekom het nie, omdat die siekte aansteeklik was.
Lees of dramatiseer die storie uit Lukas 17:11-19. Jy kan kinders gebruik om die storie op te voer. Die
karakters is Jesus en 10 melaatse mans.
Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea. Toe Hy by 'n dorpie wou
ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was en hulle
het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.” Jesus het hulle
gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.”
Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak. Hulle het gesien hulle is gesond,
maar net een van hulle het omgedraai en God geprys, so hard dat baie mense dit kon hoor. Hy het by die
voete van Jesus gekniel met sy gesig teen die grond en hy het vir Jesus dankie gesê. Hy was 'n Samaritaan.
Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege? Het
hulle nie ook dankbaar gevoel en teruggekom om God te prys nie? Hierdie man is nie 'n Jood nie, maar hy
alleen het dankbaar gevoel.” Jesus het vir die Samaritaanse man gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jy het
geglo, en daarom het God jou gered.”
Gesels oor die volgende vrae:
Dink jy Jesus was bly oor die man wat vir Hom kom dankie sê het?
Hoekom, dink jy, het die man omgedraai om vir Jesus dankie te sê?
Hoekom, dink jy, het die ander mans nie omgedraai en kom dankie sê nie?

Gebed: Jesus, dankie dat U vir my sorg wanneer ek siek is. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Net een van die melaatse mans het teruggekom om vir Jesus dankie te sê dat Hy hom gesond gemaak het.
Kom ons sê vandag vir God dankie vir die dinge wat Hy vir ons gee en doen. Elkeen (die wat wil) kry kans
om dankie te sê vir een ding: Jesus, dankie vir ....
Sing die volgende liedjie met handbewegings (op die wysie van Baa Baa Black Sheep):
Tien melaatses sien vir Jesus raak (hou 10 vingers op)
Hul vra Hom om hul gesond te maak (sit palms teen mekaar in smeek gebaar)
Jesus het by hulle gaan staan (laat twee vingers op die ander hand se palm staan)
En gesê hul moet na die priester gaan (hou wysvinger op en wys om te gaan)
Toe hul weggaan, word hulle gesond (laat tien vingers weg beweeg)
Net een draai om en kom kniel op die grond (hou een hand se wysvinger op en buig oor ander hand se palm)

3. Ons onthou en dink saam


Tien word gesond gemaak, net een sê dankie. Die gebaar vir dankie lyk so:

Kom ons wys wat dié storie ons leer:


Ons moet dankbaar wees (wys dankie teken) vir alles wat God (strek hande uit na bo) vir ons doen.

4. Ons speel saam


As jy melaats was, het jy ‘n klomp sere oor jou lyf gehad. Vandag gaan ons ‘n speletjie speel wat daarby pas:
Gee vir elke kind 5 ronde plakkers. Laat hulle plakkers op mekaar plak en kyk wie eerste die meeste maatjies
kan “vang” deur ‘n plakker op hulle te plak terwyl hulle probeer weg hardloop as iemand ‘n plakker op hulle
probeer plak. As almal se plakkers op is, kan hulle twee-twee opgedeel word om die plakkers weer van
mekaar af te trek. Oefen solank om dankie te sê vir die een wat jou plakkers weer aftrek.
Gebed: Here, wees asseblief met elkeen wat siek is. Amen

5. Ons doen saam


Laat die kinders hul twee hande op ‘n bladsy aftrek. Maak ‘n mannetjie van elke vinger. Skryf/teken in elke
vinger een ding neer waarvoor jy vandag vir God kan dankie sê.
35. Die blinde man Bartimeus Markus 10:46-52

Jesus kan mense gesond maak

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Het jy al ooit gewonder hoe dit voel om blind te wees? Maak jou ogies toe. Hoor jy al die geluide om jou?
Vandag gaan ons ‘n storie lees van ‘n man wat blind was.
Jesus en sy dissipels het in die stad Jerigo gekom. Toe hulle en baie ander mense weer uit Jerigo uitgaan, het
Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit. Bartimeus was blind en hy het gebedel. Toe hy hoor
Jesus van Nasaret is daar, het hy hard begin roep: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees
vir my en my help!” Baie mense het met hom geraas en vir hom gesê hy moet stilbly, maar hy het aangehou
en nog harder geskree: “Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en my help!” Jesus het gaan
staan en gesê: “Roep hom!” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie.
Staan op, Jesus roep jou!” Die blinde man het opgespring en na Jesus toe gegaan. Jesus het vir hom gevra:
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde man sê toe: “Meneer, ek wil weer sien!” Jesus het vir hom
gesê: “Jy mag gaan. Jy kan nou sien, want jy het geglo.” Die man kon dadelik sien! Maar hy het Jesus gevolg
en saamgegaan met Hom op die pad.
Gesels oor die volgende vraag:
Hoekom, dink jy, het Bartimeus vir Jesus geroep en aangehou om na Hom te roep?
Gebed: Here, dankie dat U mense gesond kan maak. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Sing/luister na Blinde Bartimeus van Jan de Wet en die lofkleuters. Julle kan die storie “opvoer” saam met
die liedjie: https://www.youtube.com/watch?v=HKYlaZf2Jdw

Sing saam: (Here Jesus ek is klein / Jesus loves me se wysie)


Here Jesus laat my sien
Help my om vir U te dien
Jy mag gaan, jy kan weer sien.
Gaan nou uit om My te dien.
Ja, Jesus red my. Ja, Jesus lief my. Ja, Jesus help my.
En vorm my tot u eer.
Gebed: Jesus, U kan enigiets doen. U kan enige iemand help. Help my om dit te onthou.
3. Ons onthou en dink saam
Jesus het die blinde man gesond gemaak. Kom ons sê die volgende saam en doen die bewegings:
Jesus is lief vir mense (sit beide hande op jou bors)
Hy maak mense gesond! (sit jou hande oor jou oë en neem hulle weg op die woord gesond)
Gebed: Here, dankie dat U vir ons lief is. Amen

4. Ons speel saam


Bartimeus was blind en het uitgeroep na Jesus. Vandag gaan ons ‘n blinde roep-speletjie speel. Blinddoek
een kind, hy is Bartimeus. Laat almal uitmekaar gesprei in die kamer staan. Kies een kind om “Jesus” te wees.
Laat Bartimeus roep na Jesus en laat Jesus antwoord: hier is ek. Bartimeus moet dan vir Jesus opspoor tussen
al die ander kinders. As Bartimeus vir Jesus gekry het, word sy blinddoek afgehaal en twee ander kinders
word gekies om Jesus en Bartimeus te wees.
Gebed: Here, help my om ook altyd na U toe te kom wanneer ek hulp nodig het. Amen

5. Ons doen saam


Jesus het vir Bartimeus gesond gemaak.
Vandag maak ons ‘n prentjie van Jesus wat vir Bartimeus gesond maak.
Knip die prent en reghoekige strook uit. Knip of sny met ‘n matmes op die stippellyne. Druk die strook
deur die openinge (stippellyne) om Bartimeus wat blind was, te laat sien.
36. Jesus se skape Lukas 15: 1-7, Johannes 10:1-18

Ons is God se skapies

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Die mense in die Bybel se tyd het ook skape gehad, net soos ons boere vandag. Hoe maak ‘n skaap? Kom
ons lees die storie.
Al die tollenaars en sondaars het na Jesus toe gekom om na Hom te luister. Maar die Fariseërs en
skrifgeleerdes het begin kla en hulle het gesê: “Hierdie man kuier by sondaars en hy eet saam met hulle.”
Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: “As daar 'n man by julle is wat 100 skape het, en een van die
skape raak weg, wat doen die man? Hy los die 99 skape in die veld en hy gaan soek die skaap wat weggeraak
het totdat hy dit kry. En as die man die skaap kry, dan is hy baie bly en hy tel die skaap op sy skouers. Wanneer
hy by die huis kom, dan roep hy sy vriende en bure en sê vir hulle: ‘Julle moet saam met my bly wees, want
ek het my skaap gekry wat weg was.’ Ek sê vir julle, so sal almal in die hemel bly wees wanneer een sondaar
verander en doen wat die Here wil hê. Hulle sal blyer wees oor hierdie één sondaar as oor 99 mense wat
dink hulle lewe reg en dink dit is nie nodig om te verander nie.”
Gesels oor die volgende vraag:
Hoe, dink jy, voel Jesus oor ons, sy skapies?
Gebed: Here, baie dankie dat ek ook vir U belangrik is. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Sing/luister “Skapie, skapie waar’s jy?” van Jan de Wet en die lofkleuters:
https://www.youtube.com/watch?v=DWLgShjEzNI
Gebed: Jesus, dankie dat ek een van u skapies is. Dankie dat U my op pas en kom soek as ek verdwaal. U is
‘n goeie Herder! Amen

3. Ons onthou en dink saam


God is baie lief vir ons. Ons is net soos skapies en God is net soos ‘n goeie herder. Kom ons maak hierdie
bewegings met hierdie sin:
Ons is God (wys na bo)
se skapies (maak skapie oortjies met jou hande en blêr soos ‘n skapie)

Gebed: Here, baie dankie dat U lief is vir ons. Amen


4. Ons speel saam
God hou ons veilig en bymekaar, weg van gevaar. Vandag gaan ons skaap en wolf speel en ‘n “kraal” maak
vir die skape (variasie op kat-en-muis).
Laat die kinders in ‘n sirkel staan en hande vashou. Kies een kind om die skapie te wees en een kind om die
wolf te wees. Die kinders kan dan die kraal se “hekke” oop en toe maak om die wolf in te laat of die skapie
uit te laat. Die wolf moet probeer om die skapie te vang.
Gebed: Here, dankie dat U my altyd sal veilig hou. Amen

5. Ons doen saam


As ‘n skapie wegraak, gaan soek Jesus daardie skapie! Ons maak ‘n skapie en ‘n bos waarbinne die skapie
wegraak.
Knip die skapie se lyf, mus en kop uit. Plak dit vas op ‘n roomysstokkie. Teken vir die skapie ‘n gesiggie en
hoewe. Plak ’n groen papier om ‘n papierkoppie vas en knip die bokant sodat dit “snippers” maak. Knip die
bodem van die koppie uit dat dit oop is. Laat nou jou skapie tussen die grasse wegraak. Jy kan watte of
spingmielies op die skapie se lyf en mus plak.
37. Jesus seën die kindertjies Markus 10:13-16

God is baie lief vir kindertjies!

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


In die Bybelse tyd was vrouens en kinders nie baie belangrik nie. Hulle moes nie die mans gepla het wanneer
hulle besig was met belangrike goed nie. Hulle mag ook nie belangrike mense gepla het nie.
Kom ons luister wat gebeur in Markus 10:13-16. Die verhaal kan gedramatiseer word met karakters indien
daar genoeg mense is wat daarmee kan help of dit kan voorgelees word uit die Bybel, omdat dit ‘n kort
stukkie is.
Daar was mamma’s wat hul kinders na Jesus toe wou bring. Hulle wou hê Hy moet sy hand op die kinders se
koppe sit en vir hulle bid. Die kinders was baie bly en wou ook graag so naby aan Jesus wees. Maar Jesus se
dissipels sien die kinders aangehardloop kom en dink hulle gaan vir Jesus pla. Hulle keer die kinders. Toe sien
Jesus wat gebeur en Hy sê: “Moenie die kinders wegjaag nie. Ek is lief vir hulle. Hulle behoort aan My.” Die
kinders is so bly! Hulle hardloop na Jesus toe. Jesus sê vir die grootmense: “Julle moet My ook so liefhê soos
wat die kinders vir My lief is. Dan sal julle eendag saam met My by God woon.”
Gebed: Here, dankie dat ek kan weet dat ek ook belangrik is vir U, al is ek klein. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Lied 294: Jesus roep die kindertjies https://youtu.be/Db7MXJrmk1g
God hou van kindertjies (Soekie en die Radikids) https://www.youtube.com/watch?v=bIFhxITXRto
Dit was vir die Joodse kindertjies moeilik om van God te leer, want alles was net wette en reëls wat ‘n mens
moes doen. Jesus kom verander dit! Hy nooi die kindertjies om by Hom te kom sit en Hy gebruik hulle ook
om vir die grootmense ietsie te leer oor die hemel. Ons kan enige tyd na God toe gaan.
Om te bid beteken dat ons met God praat. God is nooit te belangrik of te besig om te luister nie. Ons kan
enige tyd met Hom praat en ons kan enige iets sê. Selfs al wil jy net vir Hom vertel dat jy jou toon stukkend
gestamp het by die skool.
Gebed: Nooi die maatjies uit om vandag enige ietsie vir God te sê wat hulle wil. Indien die maats te skaam is
en aanmoediging nodig het, kan ‘n sakkie of ‘n kussingsloop gebruik word waarin items of prentjies gegooi
word waarvoor die maats kan bid. Gooi bv. ‘n kosblik in, ‘n skoen, plastiek diertjies, blaartjies, klippies, enige
items wat maklik beskikbaar is. Die maats kan dan ‘n item trek en vir God dankie sê daarvoor.

3. Ons onthou en dink saam


Laat die kindertjies toe oë sit en vra hulle om hulle regterhande op hulle harte te sit. Sê nou die volgende:
“Jesus is lief vir my net soos ek is!” Laat hulle nou hulle linkerhandjies op hulle voorkoppe sit en sê vir hulle
die volgende: “Ek is ook lief vir myself omdat ek vir Jesus spesiaal is. Help my om meer en meer soos Hy te
wees.” Herhaal dit ‘n paar maal.
Sluit af met die seënbede: Vra volwassenes of ouer kinders om elke kind met die volgende woorde te seën:
(Sit jou hand op die kind se kop en sê die volgende vir elke kind; dis belangrik om elke kind in die oë te kyk.)
Jesus is baie lief vir jou! Jy is baie spesiaal vir Hom.
Wanneer niemand luister nie, sal Jesus luister.
Wanneer niemand anders omgee nie, sal Jesus omgee.
Hy sal nooit ophou om lief te wees vir jou nie.
Amen

4. Ons speel saam


Iets wat groter is, is nie altyd belangriker as iets wat klein is nie. Ek wonder of julle my sal kan help om te
sien wat is groot en wat is klein.
Gebruik verskillende items beskikbaar binne of buite wat die verskil tussen groot en klein duidelik sal kan
uitwys. Bv. ‘n groot klip en ‘n klein klippie. Plaas net 2 items bymekaar om groot en klein aan te dui. Vra vir
die kinders hulle moet sê watter item is groot en watter item is klein. Indien dit ouer maats is, kan hulle gevra
word om self items buite te kry of in die vertrek, wat groot en klein is.
Maats kan ook gevra word om hulle hande op te strek na bo en op hulle tone te loop terwyl die aanbieder
hande klap of musiek speel. Sodra die hande klap of musiek ophou, moet die maats hulle lyfies in ‘n klein
balletjie op die grond rol.
Ek wonder of jy geweet het dat jy vir God belangrik is, al is jy klein?
Gebed: Here, help my om te onthou dat ander mense ook vir U belangrik is. Amen

5. Ons doen saam


Gee vir elke maatjie ‘n hartjie wat reeds uitgesny is, of as dit ouer maats is, kan hulle dit self probeer uitsny.
Gee ook twee ogies, twee reguit stroke papier en twee kleiner hartjies. Maak ‘n hartjie met arms wat wyd
oop is en lyk of dit ‘n mens nooi om nader te kom.
Skryf Markus 10:14 agter op die hartjie: “Laat die kindertjies na my toe kom!”
Gebed: Here, help my asb. om vir ander net so lief te wees, soos wat U ook vir my lief is! Amen
38. Die tien meisies Matteus 25:1-13

Jesus kom weer

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Ek wonder wie van julle het al uitgesien na iets soos bv. om ‘n persent oop te maak of vir die dag wat jy
verjaar, maar dan moes jy eers wag? Dis nie altyd maklik om te moet wag nie, né.
Jesus wou vir sy vriende verduidelik dat Hy hemel toe gaan, maar dat Hy eendag weer gaan terugkom. Hy
vertel hulle toe die volgende verhaal sodat hulle beter kon verstaan:
(Gebruik 10 vingerpoppies om die verhaal te vertel.)
Tien meisies het langs die pad met hulle olielampies gestaan en wag vir die bruidegom. ‘n Bruidegom is
iemand wat gaan trou. Maar die meisies het nie geweet wanneer hy gaan kom nie. Hulle het elkeen ‘n lampie
by hulle gehad, want dit was al donker en die lampies het die hele tyd gebrand.
Ongelukkig was net vyf van die meisies slim en het hulle ekstra olie saamgevat om in die lampies te gooi. Die
bruidegom het so lank weggebly, dat almal later aan die slaap geraak het. (Sit hande plat neer sodat dit lyk
of die vingerpoppies slaap.)
Skielik het iemand hard geroep: “Hier kom die bruidegom!” (Vingerpoppies “spring” weer regop.) Almal se
lampies se olie was al amper op en die slim meisies het hulle ekstra olie in hulle lampies gegooi. Maar die
meisies wat nie ekstra olie gehad het nie, moes eers winkel toe gaan om olie te gaan koop. (Hou een hand
se poppies agter die rug.)
Terwyl die meisies weg was, het die bruidegom daar aangekom en almal het saam troue gehou. Toe die vyf
meisies van die winkel af kom, was die deure gesluit en kon hulle nie die troue bywoon nie. En toe verduidelik
Jesus dat, net soos die meisies nie geweet het wanneer die bruidegom kom nie, weet niemand wanneer
Jesus weer eendag gaan terugkom nie.
Gesels oor die volgende vrae:
Ek wonder hoe die 5 meisies wat ekstra olie gehad het, gevoel het toe hulle saam met almal kon gaan troue
hou.
Ek wonder hoe die meisies wat eers ekstra olie moes gaan koop het, gevoel het toe hulle sien die deure by
die troue is gesluit.

2. Ons bid, luister en sing saam


Liedjies wat gesing kan word: This little light of mine
Give me oil in my lamp

Lied 599:1
As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy kinders;
Al sy kinders wat in Hom glo, om by Hom te wees.
Ja, ons wag op die Here, en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal.
Gebed: Jesus, ek wil ook eendag saam met U in die hemel wees.
3. Ons onthou en dink saam
Steek 10 kerse aan. Vra vragies soos:
Wie het hierdie verhaal vertel? Waarheen wou die meisies gaan? Van hoeveel meisies lees ons? Wat het die
meisies saamgevat na die bruilof? Hoeveel meisies het ekstra olie saamgevat? Het hulle geweet wanneer
die bruidegom gaan kom? Wat het hulle gedoen toe hulle so baie lank moes wag? Hoekom moes 5 van die
meisies gou winkel toe gaan? Kon die meisies wat moes gaan olie koop, saam met die ander gaan troue hou?
Weet ons wanneer Jesus weer eendag gaan terugkom?
Met elke regte antwoord kan een van die kinders ‘n kers doodblaas.

4. Ons speel saam


Elke kind kry ‘n voorwerp of prentjie van ‘n voorwerp soos: hoed, skoene, handsak, ‘n koekie, koeldrank,
vuurhoutjies, kers, flits, bottel olie, ens. Almal sê saam: “Ons gaan troue toe en vat... saam.” Die eerste kind
sê dan bv. “hoed”. Almal sê weer saam: Ons gaan troue toe en vat ‘n hoed en … (tweede kind sê sy artikel)
saam. Hou aan tot al die artikels genoem is. Daar kan ook meer as een skoen of een hoed gebruik word. As
die kinders al die items gememoriseer het, kan mens van die kinders vra om die artikel agter sy rug weg te
steek en almal moet steeds die hele rympie kan sê.

5. Ons doen saam


1. Kinders berei saam eetgoed voor bv. maak vrugteslaai of smeer ‘n broodjie of versier ‘n koekie. Laat hulle
eers alles “voorberei” soos om alles bymekaar te kry en die werkplek skoon te maak, ens.
2. Elkeen maak sy eie “lampie” (sien foto). Gebruik ‘n glasie, blikkie of toiletrol en plak dit vol gekleurde
stukkies papier. Vou ‘n papier dubbel en knip stroke in die papier, maar moenie dwarsdeur knip nie. Vou
rondom die gekleurde houer en plak vas.
39. Skaapwagters besoek baba Jesus Lukas 2:8-20

Goeie Nuus!

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Ek wonder wie van julle hou daarvan om te verjaar? Ek wonder wat is die heel lekkerste vir jou wanneer jy
verjaar? Mens se verjaarsdag laat ons mos onthou van die dag toe ons gebore is
Elke jaar met Kersfees, vier ons ook Jesus se “verjaarsdag” – die dag waarop Hy as mense-babatjie gebore is.
Jesus is in die dorp Betlehem gebore in ‘n stal tussen ‘n klomp bokke, skape, koeie en donkies! Mamma
Maria het Hom in lappe toegedraai en in die voerbak van die diere neergesit. Gebruik enige prente van die
geboortetoneel om die verhaal te vertel. Lees die gedeelte van die skaapwagters voor uit die Bybel.
Buite die dorp Betlehem, in die veld, is daar skape. Daar is altyd mense wat hulle moet oppas. Ons noem
hulle skaapwagters of herders. Hulle moet kyk dat die skape nie wegloop of seerkry nie. Een nag pas die
skaapwagters weer die skape op. Alles is stil en donker in die veld. Maar skielik is daar ‘n helder lig! Die lig
skyn oor hulle en hulle voel sommer bang. Toe praat ‘n engel met hulle. “Moenie bang wees nie. Ek bring vir
julle goeie nuus. God se Seun is vandag in Betlehem gebore. Sy naam is Jesus. Hy is die een wat die wêreld
sal red. Gaan kyk, julle sal Hom in ‘n krip (voerbak) kry.” Skielik is daar baie engele. Hulle sing die mooiste
lied. Daarna is hulle weg en alles is weer donker. Die skaapwagters gaan Betlehem toe. Hulle kry die stal
waar Jesus en sy aardse pappa (Josef) en mamma (Maria) is. Hulle is so bly om baba Jesus te sien! Hulle gaan
toe daar weg en vertel vir al die mense wat hulle gesien het.
Ek wonder watter deel van die storie is vir julle die heel mooiste?

2. Ons bid, luister en sing saam


Gebed: Ons sit almal baie stil en rustig. Die aanbieder sê die volgende gebed 2 woorde op ‘n keer en die
kinders herhaal dit agterna: Ðankie Jesus / dat U / in Betlehem / gebore is. / Ek weet / dat U / lief is / vir
my. / Net soos / die engele / wil ek / ook sing / en vir ander / van u liefde vertel.
Liedjies wat gesing kan word: Enige bekende Kersfeesliedjie, bv. “Al was ek nie daar nie”

3. Ons onthou en dink saam


Plak met maskeerband ‘n reghoek (A3 grootte) op die vloer, of trek ‘n blok in die sand of sit ‘n A3
papier/bladsy van ‘n koerant op die vloer neer. Vra vragies oor die verhaal. Gebruik ‘n tennisbal of
tafeltennisballetjies of ‘n bol watte of ‘n bol opgefrommelde papier as “skapie” en gee vir elke kind een.
Gebruik ‘n stok of opgerolde papier as herderstaf. Wanneer ‘n kind dan ‘n vragie reg geantwoord het, kry hy
kans om sy “skapie” ‘n paar meter van die “kraal” af neer te sit. Sodra almal se skape uitgepak is, roep die
aanbieder uit: “Ek het goeie nuus vir julle. Kry julle skape in die kraal!” Dan moet elkeen met sy “staf” sy
skapie stoot of druk totdat hy binne-in die kraal is. Moenie die skapie optel of skop nie!

4. Ons speel saam


Vandag gaan ons aantrek soos herders en vir ander die Goeie Nuus vertel dat Jesus gebore is.
Deel die groepie in kleiner spanne van 4 of 5 kinders. Die span moet nou een van hulle kies om die herder te
wees. Vir elke span moet daar ‘n swartsak wees met 3-4 items soos ‘n kamerjas of stuk lap (vir klere),
handdoek of kussingsloop (vir kopdoek), sandale/skoene of veters (vir skoene) en ‘n stok (vir die herderstaf).
Wanneer die aanbieder die teken gee, hardloop een van die spanlede na die sak met items, haal 1 uit,
hardloop terug en gee die item vir die herder. Hy/sy moet die item aantrek of die span moet hom help om
dit aan te trek. Sodra hy klaar is, hardloop die volgende spanlid om nog ‘n item te gaan haal. Sodra die herder
al die items aan het, roep die hele span uit: “Jesus is gebore!” ‘n Volgende spanlid word as herder gekies en
die speletjie word herhaal.
Voorbeelde van vragies: Wat was Jesus se mamma se naam? In watter dorp is Jesus gebore? In watter plek
is Jesus gebore? (stal) Waar het baba Jesus se mamma Hom laat lê? Watter mense het daardie aand in die
veld geslaap? Wie het vir hulle ‘n boodskap gebring? Watter boodskap het die engel gebring? Wat het die
engele gedoen nadat hulle hulle boodskap gegee het? Wat het die skaapwagters gedoen nadat die engele
verdwyn het? Was alles waar wat die engele vir die skaapwagters vertel het?

5. Ons doen saam


Jy benodig: 1 of 2 toiletrolle per kind, stukkies papier, lap, tou (opsioneel is ‘n pypskoonmaker,
koeldrankstrooitjie of stukkie stok vir ‘n staf). Voorbeelde van herders wat met toiletrolle gemaak is. (En
sommer ‘n skapie ook!) Hierdie bladsy: https://www.printablesfairy.com/diy-nativity-kids/ het ‘n volledige
stel voorbeelde van karakters in die staltoneel soos by voorbeeld nr 3.

1 2 3
40. Die wyse manne Matteus 2:1-11

Jesus, ons beste geskenk ooit!

‘n Ysbreker voor die lessie afgeskop word: Vorm ‘n kring, laat elke kind een van sy/haar skoene in die middel
van die kring sit. Meng die skoene so bietjie deurmekaar. Tel tot by drie en dan moet elke kleuter hardloop,
‘n ander skoen gryp en die skoen se eienaar dan soek.

1. Lees/vertel/dramatiseer die Bybelverhaal


Jesus is gebore! In ‘n ver land het daar drie wyse manne gebly wat elke aand na die sterre gekyk het en met
mekaar daaroor gepraat het. Een nag sien hulle ‘n ster wat nog nooit voorheen daar was nie. Hulle was
vreeslik opgewonde, want hierdie ster beteken dat daar ‘n nuwe koning gebore is! Hulle besluit net daar
om die nuwe koning te gaan soek. Hierdie ster was anders as die ander sterre, dit het beweeg! Die wyse
manne het hierdie ster gevolg tot in Bethlehem.

Koning Herodes was nie baie lief vir God nie en ook nie ‘n gawe koning nie. Die wyse manne gaan besoek
toe Koning Herodes in Bethlehem om te hoor waar hulle die nuwe koning kan kry. Koning Herodes was
woedend toe hy dit hoor! Hy wou sommer dadelik al die babas laat doodmaak. Koning Herodes het vir die
wyse manne gesê hulle moet dadelik vir hom kom sê waar die nuwe koning is, want hy wil vir hom geskenke
neem. Maar julle weet seker, hy het gejok en wil hierdie nuwe koning eintlik doodmaak. Maar God sorg vir
sy Seun Jesus… julle sal sien.

Die wyse manne het toe weer die ster gevolg, die ster het gaan staan reg bokant die plek waar Josef, Maria
en Jesus was. Hulle het vir Josef en Maria vertel van die ster wat hulle hierheen gelei het, na die plek waar
‘n koning gebore is. Die wyse manne het op hulle knieë gegaan en geskenke vir Jesus gegee. Die geskenke
was goud, wierook en mirre. Die wyse manne het nie weer teruggegaan na Koning Herodes nie. God het
daardie nag vir hulle in ‘n droom gesê dat hulle met ‘n ander pad moet huis toe loop.

Gebed: Here Jesus, dankie dat U ons beste geskenk is. Amen

2. Ons bid, luister en sing saam


Sing die volgende liedjie saam:
Al was ek nie daar nie ek weet dit is waar,
die krip en Maria met die kindjie by haar,
Dis asof die engel die boodskap nog bring,
van Jesus, sy vrede, wat harte laat sing. X2
Laat die kinders ‘n kring vorm - wanneer almal hulle plekkie het, bid hardop saam:
Here Jesus, dankie dat U aarde toe gekom het vir ons. U is die beste geskenk ooit!
3. Ons onthou en dink saam
Die drie wyse manne het elkeen vir Jesus ‘n geskenk gebring.
Ek wonder wat kan ek en jy vir Jesus as ‘n geskenk gee? Dalk ‘n geskenk deur ‘n maatjie te help… laat die
kinders bietjie dink wat hulle vir Jesus kan doen om dankie te sê.
Gebed: Here Jesus, help my om elke dag vir U ‘n geskenk te gee deur mooi te wees met ander mense. Amen

4. Ons speel saam


Dit sal goed wees as mens vooraf kan weet hoeveel kinders is in die klassie. Neem klein voorwerpies bv. ‘n
pen, lekkertjie, mooi klippie, R5, enigiets. Dit kan ook bv. 10 van dieselfde voorwerpies wees. Draai die
eerste “geskenkie” toe met ‘n vel papier. Sit nou nog ‘n voorwerpie bo-op en draai hierdie geskenkie toe en
gaan so voort. Op die ou einde het jy een groot geskenk wat bestaan uit verskeie lagies. Laat die kinders in
‘n kring sit en laat hulle die geskenk vir mekaar aangee terwyl daar musiek speel of ‘n liedjie gesing word.
Wanneer die musiek stop, moet die kind ‘n lagie papier oopmaak/afhaal en kan die geskenkie kry. So kry
elkeen ‘n beurt totdat die geskenk klaar oopgemaak is en elkeen ‘n geskenkie het.
Gebed: Jesus, dankie dat U vir ons elke dag ‘n klomp geskenke gee deur vir ons te sorg. Amen

5. Ons doen saam


Die drie wyse manne het die ster gevolg wat hulle tot by Jesus en sy ouers heen gelei het. Vandag gaan ons
die wyse manne maak.
Laat die kinders leë toiletrolletjies bymekaar maak. Maak die wyse manne (sien foto’s as voorbeeld). Onthou
die kroontjies!
Benodigdhede: Leë toiletrolletjies, papier, karton, wol, watte, skêr, kleurpotlode of koki’s, gom, enige ander
materiaal wat as versiering gebruik word.

You might also like