Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 24

Wes-Kaap Onderwysdepartement

Direktoraat: Kurrikulum VOO

LEWENSWETENSKAPPE
HERSIENINGSBOEK
2024 KWARTAAL 2

Graad 11

Hierdie hersieningsprogram is ontwikkel om jou te help met die


hersiening van belangrike inhoud en vaardighede wat gedurende die
2de kwartaal onderrig is. Die doel is om jou voor te berei om die
kernkonsepte te verstaan. Dit wil jou ook die geleentheid bied om die
verwagte standaard en toepassing van kennis te verkry wat nodig is
om sukses in die eksamen te behaal.
Die hersieningsprogram handel oor die volgende onderwerpe:
• Fotosintese (32 punte in Vraestel 1 in Finale Eksamen)
• Dierevoeding (32 punte in Vraestel 1 in Finale Eksamen)
• Sellulêre respirasie (22 punte in Vraestel 1 in Finale Eksamen)
2
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Tabel van inhoud


1. EKSAMENTEGNIEKE: ....................................................................................................................... 4
1.1 ALGEMENE WENKE VIR DIE SKRYF VAN LEWENSWETENSKAPPE: .............................................. 4
1.2 HOE OM JOU LEWENSWETENSKAPPE EKSAMEN TE BENADER: ................................................. 4
KWARTAAL 2 INHOUD............................................................................................................................. 5
2. FOTOSINTESE .................................................................................................................................. 5
2.1 PROSES VAN FOTOSINTESE ......................................................................................................... 5
LIGFASE: .................................................................................................................................................. 6
DONKERFASE:.......................................................................................................................................... 7
2.2 BELANGRIKHEID VAN FOTOSINTESE ........................................................................................... 7
2.3 ATP AS ENERGIEDRAER IN SELLE:................................................................................................ 7
2.4 FAKTORE WAT DIE TEMPO VAN FOTOSINTESE BEïNVLOED ....................................................... 7
2.5 ROL VAN OPTIMUM LIG, TEMPERATUUR EN KOOLSTOFDIOKSIED IN ‘N KWEEKHUIS OM
OESOPBRENGS TE VERBETER .................................................................................................................. 9
2.6 EKSPERIMENT OM AAN TE TOON DAT LIG NOODSAAKLIK IS VIR FOTOSINTESE ........................ 9
3. DIEREVOEDING.............................................................................................................................. 10
3.1 VERSKILLE TEN OPSIGTE VAN DIE GEBIT VAN HERBIVORIESE, KARNIVORIESE EN
OMNIVORIESE LEWENSTYLE ................................................................................................................. 10
3.2 MENSLIKE VOEDING .................................................................................................................. 11
3.2.1 MEGANIESE VERTERING........................................................................................................ 11
3.2.2 CHEMIESE VERTERING .......................................................................................................... 12
3.2.3 ABSORPSIE............................................................................................................................. 12
3.2.4 VERVOER EN ASSIMILASIE VAN GEABSORBEERDE VOEDINGSTOWWE ................................ 13
3.2.5 EGESTIE ................................................................................................................................. 13
3.3 HOMEOSTATIESE BEHEER - DIE HORMONALE BEHEER VAN BLOEDSUIKERVLAKKE ................ 14
3.3.1 Wanneer die glukosevlakke in die bloed bo die normale vlak styg: ..................................... 14
3.3.2 Wanneer die glukosevlakke in die bloed onder die normale vlak daal: ............................... 14
3.3.3 Diabetes mellitus: ................................................................................................................. 15
4. SELLULȆRE RESPIRASIE ................................................................................................................. 15
4.1 AËROBIESE RESPIRASIE ............................................................................................................. 15
4.2 ANAËROBIESE RESPIRASIE ........................................................................................................ 16
4.3 ROL VAN ANAËROBIESE RESPIRASIE IN DIE NYWERHEID ......................................................... 17
4.4 EKSPERIMENT OM AAN TE TOON DAT KOOLSTOFDIOKSIED VERVAARDIG WORD DEUR
LEWENDE ORGANISMES TYDENS SELLULȆRE RESPIRASIE ................................................................... 17
5. HERSIENINGSVRAE: ....................................................................................................................... 18
VRAE OOR FOTOSINTESE: ..................................................................................................................... 18
3
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

VRAE OOR DIEREVOEDING.................................................................................................................... 21


VRAE OOR SELLULȆRE RESPIRASIE ....................................................................................................... 23
EINDE VAN DOKUMENT ........................................................................................................................ 24

Lys van figure (slegs inhoud)

Figuur 1: Diagram wat die vereistes en produkte van fotosintese toon 5

Figuur 2: Struktuur van ‘n chloroplast 6


Figuur 3: Vloeidiagram wat die donker-en ligfase van fotosintese toon 6

Figuur 4: Lyngrafiek van die effek van ligintensiteit - fotosintese 8


Figuur 5: Lyngrafiek van die effek van koolstofdioksied - fotosintese 8
Figuur 6 Lyngrafiek van die effek van temperatuur - fotosintese 9
Figuur 7: Diagram wat toon dat lig noodsaaklik is vir fotosintese 10
Figuur 8: Die menslike spysverteringstelsel 11
Figuur 9: Struktuur van ‘n villus 13
Figuur 10: Vloeidiagram wat die hormonale beheer van bloedsuiker toon 14
Figuur 11: Struktuur van ‘n mitochondrion 15
Figuur 12: Diagram wat die fases van aërobiese respirasie toon 16
Figuur 13: Diagram om aan te toon dat koolstofdioksied vervaardig word 17
tydens respirasie

Lys van tabelle (slegs inhoud)

Tabel 1: Instruksiewerkwoorde en betekenis 4

Tabel 2: Gebit in herbivore, karnivore en omnivore 10


Tabel 3: Tipes en funksies van die mens se tande 12
Tabel 4: Ensieme betrokke by chemiese vertering 12
Tabel 5: Vergelyking tussen aërobiese en anaërobiese respirasie 17
4
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

1. EKSAMENTEGNIEKE:
1.1 ALGEMENE WENKE VIR DIE SKRYF VAN LEWENSWETENSKAPPE:
• Die finale interne eksamen in Grade 11 bestaan uit twee (2) vraestelle van
150 punte elk. Elk van die finale interne vraestelle dek ’n verskeidenheid
onderwerpe. Vra jou onderwyser vir ’n oorsig van die onderwerpe en die
gewigswaarde van elke onderwerp in elke vraestel.
• Die duur van elk van die finale eksamenvraestelle in Graad 11 is 2½ uur.
• Alle vrae in elke vraestel is VERPLIGTEND.
• Jy moet alle diagramme/sketse en grafieke met potlood maak en byskrifte
moet in blou of swart ink wees. Jy mag nie grafiekpapier gebruik wanneer
grafieke geteken word nie.
• Maak seker dat jy al die nodige skryfbehoeftes vir jou eksamen byderhand
het bv. blou of swart penne, ’n potlood, ’n uitveër, ’n liniaal, ’n nie-
programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ’n passer.
1.2 HOE OM JOU LEWENSWETENSKAPPE EKSAMEN TE BENADER:
• Elke Lewenswetenskappevraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A
(50 punte) en AFDELING B (twee vrae van 50 punte elk)
• Lees die vraag en vier opsies in Afdeling A noukeurig deur wanneer ’n
meervoudigekeuse-vraag beantwoord word, evalueer elke opsie en
elimineer elke opsie wat nie korrek is nie.
• Skryf slegs die LETTER neer in vrae waar ’n LETTER vereis word bv. ‘Gee slegs
die LETTER van die deel waar stuifmeel geproduseer word in die diagram
van die blom’. Ander vrae mag vereis dat jy beide die LETTER en die NAAM
moet gee bv. ‘Gee die LETTER en NAAM van die deel van die blom in die
diagram wat stuifmeel ontvang’
• Gebruik die korrekte spelling wanneer jy biologiese terme in jou antwoorde
insluit. Gebruik wetenskaplike name in terminologie en vermy gewone
name.
• Die instruksiewerkwoorde (in skuinsgedruk) bv. noem, gee, beskryf,
verduidelik ens. en die puntetoekenning per vraag gee ‘n aanduiding van
wat en hoeveel inligting jy in jou antwoord moet verskaf.

Tabel 1: Instruksiewerkwoorde en betekenis:

Instruksiewerkwoord Betekenis
Noem Gee die naam van iets
Onderskei Gebruik verskille om tussen twee of meer kategorieë te
kwalifiseer
Tabuleer Teken 'n tabel en dui die antwoorde as direkte pare aan.
Beskryf Stel die hoofpunte van 'n proses in sinne
Verduidelik Gee u antwoord in 'n oorsaak-gevolg of stelling en rede-
volgorde
Vergelyk Gee ooreenkomste en verskille tussen konsepte
5
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

KWARTAAL 2 INHOUD
Bestudeer die kerninhoud hieronder oor die onderwerpe fotosintese, dierevoeding
en sellulêre respirasie.

2. FOTOSINTESE
Hersien basiese selstruktuur in Graad 10 met fokus op die chloroplaste en
blaarstruktuur.

2.1 PROSES VAN FOTOSINTESE


• ‘Foto’ beteken lig en ‘sintese’ beteken om te produseer.
• Fotosintese is die proses waardeur chlorofil, binne die choroplaste van groen
plante, stralingsenergie van die son absorbeer, koolstofdioksied uit die
atmosfeer en water vanuit die grond absorbeer om koolhidrate (bv. glukose)
te produseer, wat in plante gestoor word as stysel.
• Suurstof word vrygestel aan die atmosfeer tydens die proses.
• Ensieme in die sel word ook benodig tydens die proses.
• Oortollige glukose word as stysel in die plant geberg.
• Die proses van fotosintese kan deur die volgende vergelyking voorgestel
word:

chlorofil
Koolstofdioksied (CO2) + water (H2O) + stralingsenergie glukose + suurstof(O2)
ensieme

Figuur 1: Diagram wat die vereistes en produkte van fotosintese toon

• Fotosintese vind plaas in die chloroplaste van plantselle.


6
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Figuur 2: Struktuur van ‘n chloroplast

Die proses van fotosintese vind plaas in twee fases:


• Ligfase: lig word benodig
• Donkerfase: geen lig word benodig

Figuur 3: Vloeidiagram wat die donkerfase en ligfase van fotosintese toon

LIGFASE:
• Die ligfase van fotosintese vind in die grana van die chloroplast plaas.
• Stralingsenergie van die son word deur die chlorofil in die grana geabsorbeer
en na chemiese energie omgeskakel
• Chemiese energie word gebruik om watermolekule (H2O) op te splits in
energieryke waterstofatome (H) en suurstofatome(O). Die proses staan
bekend as fotolise.
• Energieryke waterstofatome word oorgedra na die donkerfase.
• Suurstof word aan die atmosfeer vrygestel.
• Stralingsenergie veroorsaak ook dat die energiedraer ATP gevorm word wat
weer in die donkefase gebruik word.
7
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

DONKERFASE:

• Die donkerfase van fotosintese vind in die stroma van die chloroplast plaas.
• Koolstofdioksied word uit die atmosfeer geabsorbeer en verbind met die
energieryke waterstofatome van die ligfase en gebruik die energie wat uit
ATP vrygestel is.
• Energieryke koolhidrate (glukose) word gevorm.
• Oortollige glukose word geberg as stysel.

2.2 BELANGRIKHEID VAN FOTOSINTESE


• Fotosintese hou die suurstof konsentrasie in die atmosfeer en water konstant.
Suurstof word benodig deur lewende organismes vir sellulêre respirasie.
• Fotosintese hou die vlak van koolstofdioksied in die atmosfeer en water
konstant. Koolstofdioksied word tydens sellulêre respirasie deur organismes
vrygestel.
• Fotosintese voorsien voedsel vir heterotrofiese organismes.

2.3 ATP AS ENERGIEDRAER IN SELLE:


• Wanneer ‘n sel energie benodig, word ATP afgebreek en die energie word
vrygetsel. Selle gebruik die energie om belangrike molekules soos proteïene,
vette ens. te produseer.
• Spierselle het energie, wat deur ATP voorsien word, nodig om saam te trek.
• Energie, voorsien deur ATP, word benodig om stowwe aktief oor membrane
te vervoer.

2.4 FAKTORE WAT DIE TEMPO VAN FOTOSINTESE BEïNVLOED


Ligintensiteit

• Die tempo van fotosintese is laag by lae ligintensiteit.


• Soos die ligintensiteit toeneem, neem die tempo van fotosintese ook toe, tot
by ‘n sekere punt.
• Indien ligintensiteit verby die optimum toeneem, sal die tempo van
fotosintese konstant bly. Faktore bv. koolstofdioksied word ‘n beperkende
faktor en vertraag die tempo van fotosintese.
8
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Figuur 4: Lyngrafiek wat die effek van die intensiteit van lig op die tempo van
fotosintese toon

Koolstofdioksied (CO2) konsentrasie

• Die tempo van fotosintese is laag by lae koolstofdioksiedkonsentrasie.


• Soos die koolstofdioksiedkonsentrasie toeneem, versnel die tempo van
fotosintese. Dit gebeur slegs tot ‘n sekere punt.
• Indien die koolstofdioksiedkonsentrasie hoër as die optimum styg, sal
fotosintese konstant bly

Figuur 5: Lyngrafiek wat die effek van die konsentrasie koolstofdioksied op die
tempo van fotosintese toon.

Temperatuur

• Indien die temperatuur laag is, is die tempo van fotosintese laag.
• Indien die temperatuur toeneem, neem die tempo van fotosintese ook toe.
• Indien die temperatuur hoër as die optimum styg, sal die tempo van
fotosintese afneem omdat die ensieme wat in die proses gebruik word,
gedenatureer sal word teen hoë temperature en sal nie meer kan funksioneer
nie.
• By lae temperature is ensieme onaktief.
9
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Figuur 6: Lyngrafiek wat die effek van temperatuur op die tempo van fotosintese
toon

2.5 ROL VAN OPTIMUM LIG, TEMPERATUUR EN KOOLSTOFDIOKSIED IN ‘N KWEEKHUIS


OM OESOPBRENGS TE VERBETER
• ‘n Kweekhuis is ‘n struktuur met ‘n glas of plastiekdak, wat boere gebruik om
plante te kweek soos bv. tamaties. Hitte word vasgevang in ‘n kweekhuis.
Die doel van die kweekhuis is om optimale toestande te voorsien, soos lig,
temperatuur en koolstofdioksied, vir maksimum groei van plante.
• Optimum ligintensiteit en temperatuur vermeerder die tempo van fotosintese
en stimuleer die groei van plante. Koolstofdioksiedvlakke in die kweekhuis
neem af, as gevolg van fotosintese. Koolstofdioksied gasse kan in ‘n
kweekhuis gepomp word om die tempo van fotosintese te laat toeneem.

2.6 EKSPERIMENT OM AAN TE TOON DAT LIG NOODSAAKLIK IS VIR FOTOSINTESE


• Ontstysel ‘n potplant deur dit in ‘n donker kas te plaas vir 48 uur.
• Bedek ‘n deel van die blaar, wat steeds vasgeheg aan die plant is, met
Tinfoelie.
• Plaas die plant in die son vir 48 uur
• Breek die blaar af vanaf die plant en verwyder die foelie
• Toets vir die teenwoordigheid van stysel deur jodium te gebruik.
• Die jodiumoplossing bly ligbruin by die blaar wat met tinfoelie bedek is.
• Die jodiumoplossing kleur blou-swart in die dele wat onbedek gelaat is.
• Die dele wat blou-swart kleur bevat stysel
• Die deel wat ligbruin bly bevat nie stysel nie.
10
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Figuur 7: Diagram wat toon dat lig noodsaaklik is vir fotosintese

3. DIEREVOEDING
3.1 VERSKILLE TEN OPSIGTE VAN DIE GEBIT VAN HERBIVORIESE, KARNIVORIESE EN
OMNIVORIESE LEWENSTYLE

Tabel 2: Gebit in herbivore, karnivore en omnivore


Tipe voedsel Gebit
Herbivore • Voed op plantmateriaal
• Groot hoeveelhede voedsel word ingeneem
omdat plantmateriaal ‘n lae energiewaarde
besit.
• Snytande is skerp om plantmateriaal af te sny
• Hoektande/slagtande is dikwels afwesig
• Voor en ware kiestande is groot en plat om
plantmateriaal fyn te maal.
Karnivore • Voed op dieremateriaal
• Neem minder voedsel in aangesien die
proteïene en vette in vleis ‘n baie hoër
energiewaarde besit.
• Snytande besit skerp punte om voedsel af te
byt.
• Hoek/slagtande is groot om vleis vas te hou
en te skeur.
• Voor en ware kiestande besit uitsteeksels met
skerp rande om die voedsel te sny.
Omnivore • Voed op beide plant - en dieremateriaal
• Hoeveelheid voedsel wat ingeneem word
hang af van die energiewaarde van die
voedsel.
• Tande stem ooreen met die van karnivore
maar kiestande het nie sulke prominente
uitsteeksels nie.
11
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

3.2 MENSLIKE VOEDING


• Die spysverteringstelsel is verantwoordelik vir die afbreek van meer komplekse
molekules tot hul eenvoudigste vorm sodat dit deur die liggaam geabsorbeer
kan word om lewe te onderhou.
• Die menslike spysverteringstelsel bestaan uit die spysverteringskanaal (buis
wat strek van die mond tot by die anus) en die bykomende organe (bv. die
lewer en pankreas) wat help met die verteringsproses

Figuur 8: Die menslike spysverteringstelsel

3.2.1 MEGANIESE VERTERING


• Gedurende meganiese vertering word voedsel in kleiner deeltjies opgebreek
• Meganiese vertering sluit in:
➢ Die kouproses (mastikasie) – voedsel word opgebreek deur die tande
en die tong
➢ Bolusvorming – fyngekoude voedsel word met speeksel gemeng en in
‘n voedselbolus gerol. Die tong druk die bolus af na die esofagus.
➢ Karringbewegings – dit vind plaas deur sametrekking en verslapping
van die spiere van die maagwand. Voedsel word verder afgebreek en
gemeng met maagsappe.
➢ Peristaltiese bewegings – ritmiese sametrekking en verslapping van die
spiere in die wand van die spysverteringskanaal. Dit help met die
voortbeweging van voedseldeeltjies.
• Die mens besit vier tipes tande, elk met verskillende funksies:
12
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Tabel 3: Tipes en funksies van die mens se tande

Tipe tande Funksie


Snytande Byt en sny kos af
Oog/hoektande Hou kos vas en skeur dit af
Voorkiestande Kou en maal voedsel
Ware kiestande Kou en maal voedsel

• Die mens se tandformule is: 2.1.2.3


2.1.2.3

3.2.2 CHEMIESE VERTERING


• Chemiese vertering is die afbreek van groot onoplosbare voedselmolekules
na kleiner, oplosbare molekules deur die toevoeging van water. Hierdie
reaksie staan bekend as hidrolise.

Tabel 4: Ensieme betrokke by chemiese vertering

Substraat Ensieme Eindproduk van


vertering
Koolhidrate Karbohidrases bv. Speekselamilase Glukose
(geproduseer in die mond),
Pankreasamilase (geproduseer in die
pankreas), Maltase, Sukrase, Laktase
(geproduseer in die dunderm)
ProteÏene Proteases b.v. pepsien and rennien Aminosure
(geproduseer in maag) en tripsien
(geproduseer in pankreas)
Lipiede Lipase (geproduseer in pankreas en Gliserol en vetsure
dunderm)

3.2.3 ABSORPSIE
• Die eindprodukte van vertering nl. glukose, aminosure, vetsure en gliserol
sowel as vitamiene, minerale soute en water word deur die villi in die
dunderm geabsorbeer.
13
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

Figuur 9: Struktuur van ‘n villus

Die villi, wat verantwoordelik is vir die absorpsie van voedingstowwe, is op die
volgende wyses vir absorpsie aangepas:
• Die epiteel is slegs een sellaag dik wat voedingstowwe maklik laat
deurbeweeg.
• Bekerselle skei mukus (slym) af wat verseker dat die absorpsie-oppervlak
klam is sodat voedingstowwe maklik kan oplos en dan geabsorbeer kan
word.
• Die epiteel bevat baie mitochondria wat energie verskaf vir die aktiewe
absorpsie van voedingstowwe.
• Mikrovilli vergroot die absorpsie-oppervlakte verder.
• Daar is ‘n limfvaatjie, die lakteaal, in elke villus wat lipiede/vette absorbeer en
vervoer.

3.2.4 VERVOER EN ASSIMILASIE VAN GEABSORBEERDE VOEDINGSTOWWE


• Glukose, aminosure, vitamiene, minerale soute en water word geabsorbeer
deur die kapillêre bloedvate in die villi.
• Die kapillêre bloedvate vloei saam om groter vene te vorm wat uiteindelik in
die lewerpoortaar open.
• Die lewerpoortaar vervoer die geabsorbeerde voedingstowwe na die lewer
waar meeste van die glukose omgeskakel word na glikogeen en
gestoor/geberg word.
• Oortollige aminosure word gedeamineer in die lewer tot ureum en glukose.
Die ureum word na die niere vervoer waar dit as deel van urine uitgeskei
word.
• Die oorblywende glukose en aminosure verlaat die lewer deur die lewerare
en word vervoer na die hart en die res van die liggaam.
• Die liggaamselle absorbeer die nodige voedingstowwe. Hierdie proses staan
bekend as assimilasie.

3.2.5 EGESTIE
• Alle onverteerde materiaal word deur die kolon vervoer waar die meeste
water en minerale soute geabsorbeer word.
• Die onverteerde materiaal word tydelik in die rektum geberg totdat dit deur
die anus uitgewerp word. Daar word na die onverteerde reste verwys as
feses.
14
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

3.3 HOMEOSTATIESE BEHEER - DIE HORMONALE BEHEER VAN BLOEDSUIKERVLAKKE

Figuur 10: Vloeidiagram wat die hormonale beheer van bloedsuikervlakke toon

3.3.1 Wanneer die glukosevlakke in die bloed bo die normale vlak styg:
• Die pankreas word gestimuleer om insulien in die bloed af te skei
• Insulien word deur die bloed na die lewer vervoer
• In die lewer en spiere, sal insulien die omskakeling van oortollige glukose na
glikogeen stimuleer
• Insulien stimuleer ook die absorpsie van glukose vanaf die bloed na die
liggaamselle
• Glukose word verwyder uit die bloed en die glukosekonsentrasie in die
liggaam daal

3.3.2 Wanneer die glukosevlakke in die bloed onder die normale vlak daal:
• Die pankreas word gestimuleer om glukagon in die bloed af te skei
• Glukagon word deur die bloed na die lewer vervoer
• In die lewer en die spiere, sal glukagon die omskakeling van glikogeen na
glukose stimuleer
• Glukose word vrygestel in die bloed en die glukosekonsentrasie in die liggaam
styg
15
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

3.3.3 Diabetes mellitus:


• ‘n Metaboliese siekte wat gekenmerk word deur hoë glukosevlakke in die
bloed
• Wanneer insulien afwesig is of nie effektief funksioneer nie, sal die meeste van
die glukose in die liggaam bly en dit veroorsaak ‘n verhoogde
bloedglukosevlak, genoem hiperglisemie.
• Daar is twee tipes diabetes:
Tipe 1 diabetes – min of geen insulien word geproduseer en die persoon
benodig daaglikse insulien inspuitings
• Tipe 2 diabetes – die pankreas produseer insulien maar die liggaamselle kan
dit nie effektief gebruik nie.
Die persoon benodig mondelingse medikasie of insulien.

4. SELLULȆRE RESPIRASIE
• Sellulêre respirasie is die chemiese proses waar glukose afgebreek word in die
teenwoordigheid van suurstof (aërobiese resiprasie) of in die afwesigheid van
suurstof (anaërobiese respirasie) om energie vry te stel.

4.1 AËROBIESE RESPIRASIE


• Aërobiese respirasie vind plaas in die teenwoordigheid van suurstof in die
sitplasma en die mitochondria van selle.
• Die proses van aërobiese respirasie kan deur die volgende vergelyking
voorgestel word:

ensieme
Glukose + suurstof (O2) Koolstofdioksied (CO2) + water (H2O) + ATP

Figuur 11: Struktuur van ‘n mitochondrion


16
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

4.1.1 FASES VAN AËROBIESE RESPIRASIE

Figuur 12: Diagram wat die fases van aërobiese respirasie toon

Glikolise:

• Glikolise vind plaas in die sitoplasma van die sel net buite die mitochondrion
• Glukose word afgebreek tot pirodruiwesuur
• Energieryke waterstofatome word vrygestel en beweeg binne-in die
mitochondrion
• ATP word tydens glikolise gevorm

Krebssiklus:

• Die Krebssiklus is ‘n reeks van sikliese reaksies wat binne die mitochondrion
plaasvind
• Pirodruiwesuur wat die mitochondrion binnegaan word afgebreek na
energieryke waterstofatome en koolstofdioksied
• Die koolstofdioskied word as ‘n gas vrygestel

Oksidatiewe fosforilering

• Oksidatiewe fosforilering vind plaas in die mitochondrion


• Die energie van die waterstofatome word gebruik om energieryke ATP te
vorm
• Die waterstofatome kombineer met suurstof om water te vorm.

4.2 ANAËROBIESE RESPIRASIE


• Vind plaas in die afwesigheid van suurstof
• Glukose word net gedeeltelik afgebreek en minder energie word vrygestel
• Melksuurfermentasie– anaërobiese respirasie wat in spierselle plaasvind.
Pirodriuwesuur word omgeskakel na melksuur
• Alkoholiese fermentasie – anaërobiese respirasie wat in gisselle plaasvind.
Koolstofdioksied en alkohol (etanol) word gevorm.
17
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

4.3 ROL VAN ANAËROBIESE RESPIRASIE IN DIE NYWERHEID


• Gis en ander swamme kan anaërobies respireer en word gebruik om
alkoholiese drankies soos bier en wyn te vervaardig.
• Gisselle word ook gebruik om brood tydens die bakproses te laat rys.
• Die fermentasieproses word ook gebruik om kaas te maak.

Tabel 5: Vergelyking tussen aërobiese en anaërobiese respirasie

Aerobiese respirasie Anaërobiese respirasie


Vind in die teenwoordigheid van Vind in die afwesigheid van suurstof
suurstof plaas plaas
Produkte is koolstofdioksied en Produkte is melksuur (diere) of
water koolstofdioksied en etanol
(plante/gisselle)
Groot hoeveelheid energie word Klein hoeveelheid energie word
vrygestel vrygestel

4.4 EKSPERIMENT OM AAN TE TOON DAT KOOLSTOFDIOKSIED VERVAARDIG WORD


DEUR LEWENDE ORGANISMES TYDENS SELLULȆRE RESPIRASIE
Figuur 13: Diagram om aan te toon dat koolstofdioksied vervaardig word deur
lewende organismes tydens respirasie

• Gebruik ‘n klein organisme (bv. slak).


• Steriliseer die toerusting sodat geen mikroörganismes die resultate kan
beïnvloed nie.
• Plaas die slak in ‘n groot fles.
• Stel die apparaat op soos aangedui in die diagram hierbo en maak seker dat
die proefbuise dig geseël is.
• Bestudeer die proefbuise die volgende dag en teken die resultate aan.
• Die kalkwater bly helder in proefbuis B omdat koolstofdioksied deur die
natronkalk en natriumhidroksied verwyder is.
• Die kalkwater word melkerig-wit in proefbuis D as gevolg van die
koolstofdioksied wat deur die slak vervaardig word.
18
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

5. HERSIENINGSVRAE:
• Beantwoord die vrae hieronder.
• Werk deur die vrae in jou lesse.
• Let op dat HOë ORDE vrae SWARTGEDRUK is en met’n (*) aangedui is.

VRAE OOR FOTOSINTESE:


1. Die diagram hieronder is ‘n skematiese voorstelling van die proses van
fotosintese.

1.1 Identifiseer organel A. (1)

1.2 Noem die volgende:

(a) Die fase verteenwoordig deur X (1)

(b) Die deel van organel A waarin die fase genoem in VRAAG 1.1.2 (a)
plaasvind. (1)

1.3* Verduidelik DRIE effekte op lewende organismes indien fotosintese nie


plaasvind nie. (6)
19
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

2. Die onderstaande diagram toon ʼn plantverspreider wat deur wetenskaplikes


gebruik kan word om temperatuur, ligintensiteit en
koolstofdioksiedkonsentrasies te beheer:

• Die wetenskaplikes het die blaarslaai plante aan verskillende temperature,


CO2-konsentrasies en ligintensiteit blootgestel.
• Die onderstaande grafiek illustreer die resultate.
• Die gemiddelde massa van die blaarslaai plante gee ʼn aanduiding van die
tempo van fotosintese.

2.1* Watter invloed het ligintensiteit op die gemiddelde massa van die
blaarslaai? (2)
20
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

2.2* Noem die TWEE beperkende faktore wat die tempo van fotosintese beïnvloed
soos wat die ligintensiteit toeneem. (2)

2.3* Hoe het die wetenskaplikes die tempo van fotosintese tot die maksimum vlak
verhoog? (2)

2.4* Wat sal met die fotosintesetempo gebeur indien die temperatuur verhoog
word tot 35 ºC? (4)

3. Bestudeer die volgende diagramme (A en B) wat ‘n ondersoek voorstel en


beantwoord die vrae wat volg.

3.1* Noem die doel van die eksperiment. (2)

3.2 Gee EEN rede vir elk van die volgende stappe tydens die ondersoek:

(a) Aan die begin van die eksperiment was die plant vir 48 uur in ‘n donker
kas geplaas. (1)

(b) Die blaar is gekook in water. (1)

(c) Die blaar is gekook in alkohol of spiritus. (1)

3.3 Teken ‘n diagram om die blaar in stadium B te toon aan die einde van die
ondersoek, nadat dit met jodiumoplossing behandel was en kleur die
gedeeltes in wat positief getoets het. (4)

3.4* Gee ‘n gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2)


21
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

VRAE OOR DIEREVOEDING


4. Bestudeer die skedels (A en B) van twee diere hieronder.

4.1 Identifiseer watter skedel (A of B) aan ‘n … behoort

(a) herbivoor (1)

(b) karnivoor (1)

4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 4.1 (a) (1)

5. Die diagram hieronder stel dele van die menslike spysverteringstelsel en sy


bykomende organe voor.

5.1 Identifiseer dele B en G. (2)

5.2 Noem EEN hoofvoedselsoort wat in orgaan A verteer word. (1)

5.3 Noem DRIE kenmerke van deel X wat bydra om sy oppervlak te vergroot. (3)
22
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

5.4 Noem TWEE voordele wat die vergrote oppervlakarea van deel X inhou. (2)

5.5* Bakterieë kan infeksie van die slymvlieslaag by C veroorsaak. Verduidelik


watter uitwerking dit op die spysverteringstelsel van die geïnfekteerde person
kan hê. (3)

5.6 Maak ‘n benoemde skets van die funksionele eenheid wat in deel F
verantwoordelik is vir absorpsie. (4)

5.7 Gee die naam van die kroniese gesondheidsrisiko wat deur die
wanfunksionering van deel B veroorsaak word. (1)

5.7 Beskryf kortliks die homeostatiese rol van deel B in die handhawing
van ʼn konstante glukosevlak in die bloed. (5)

6. Die grafieke hieronder toon die invloed van die eet van baie klein maaltye en
die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en insulienkonsentrasies
by 'n normale persoon. Die pyle op die grafieke hieronder dui aan wanneer
maaltye geëet is. Die normale bloedglukosekonsentrasie is 100 mg/dl.

6.1 Noem wat met die bloedglukosekonsentrasie gebeur onmiddellik nadat 'n
maaltyd geëet is. (1)

6.2* Gebruik die inligting in die grafieke. Tabuleer TWEE maniere waarop die eet
van minder groot maaltye en die eet van baie klein maaltye die insulienvlak
verskillend beïnvloed. (5)

6.3* Verduidelik hoekom dit vir 'n persoon met diabetes beter is om baie klein
maaltye op 'n dag te eet as om minder groot maaltye per dag te eet. (4)
23
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

VRAE OOR SELLULȆRE RESPIRASIE


6. 'n Groep leerders het 'n ondersoek opgestel soos in die diagram hieronder
aangetoon.

7.1 Gee die doel van die ondersoek? (2)

7.2 Gee EEN rede waarom die sade eers gesteriliseer is voordat dit gebruik
was. (1)

7.3* Noem EEN manier waarop die leerders die geldigheid van die ondersoek
kon verseker. (1)

7.4* Gee ‘n gepaste gevolgtrekking vir die ondersoek hierbo. (2)

7.5* Verduidelik hoe hulle die kontrole vir hierdie ondersoek sal opstel. (2)
24
Lewenswetenskappe hersieningsboek 2024 Graad 11 Kwartaal 2

8. 'n Ondersoek is uitgevoer met gisselle wat in twee aparte flesse geplaas is.
Die inhoud van die flesse word in die tabel hieronder getoon.

Gis Suiker Temperatuur


Oplossing in Fles A 10g 20g 30ºC
Oplossing in Fles B 10g 10g 10ºC

Die tempo van respirasie is gemeet deur die aantal gasborrels wat per minuut
vrygestel is. Dit is vergelyk met die persentasie alkohol per volume in elke fles.
Die resultate word deur die grafiek hieronder getoon.

8.1 Noem die gas wat deur die gisselle vrygestel is. (1)

8.2 Gee die tempo van respirasie toe daar geen alkohol in fles A was nie. (2)

8.3 Noem TWEE faktore wat die tempo van respirasie in fles A sou beïnvloed
het. (2)

8.4* Watter effek het 21% alkohol op die tempo van respirasie in Fles B? (2)

EINDE VAN DOKUMENT

You might also like