Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

ONDERWERP 2

REGERING
Betekenis van regering
‘n Land se regering is ‘n groep mense
wat beleide opstel en wette maak om
te beheer hoe ‘n land funksioneer.

In demokrasië soos Suid-Afrika stem


die burgers van ‘n land in nasionale
verkiesings vir die regering wat hulle
wil hê.

Regerings administrateer die Staat.


Die Staat is ‘n georganiseerde
gemeenskap wat deur die regering
beheer word.

Die regering gebruik belasting om seker te maak dat:

 _______________________________________________________

 _______________________________________________________

_______________________________________________________

 _______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________
Verskillende vlakke van regering

Suid-Afrika het drie vlakke van regering:

1. Nasionale Regering
Die nasionale regering het oppergesag oor Suid-Afrika.

Nasionale regering

Regterlike tak:
Verseker dat
geregtigheid
geskied wanneer
Wetgewende tak: Uitvoerende tak: mense die
Maak die wette Lei die land en Parlement se
van die land en bestaan uit die wette oortree. Dit
bestaan uit Suid- President, Adjunk- bestaan uit die
Afrikaanse president en Konstitusionele
Parlement ministers Hof, Die Hoogste
Hof van Appèl, Die
Hoë Howe en die
magistraatshowe
2. Provinsiale Regering
Om die nasionale regering se werk makliker te maak, het elk van die nege
provinsies sy eie regering. Elke provinsie het ook sy eie Premier.

3. Plaaslike Regering
Elke provinsie is in munisipaliteite verdeel om dit makliker te maak om die
provinsie te bestuur.

Plaaslike regerings is verantwoordelik daarvoor om die landburgers te voorsien


van ‘n veilige en gesonde omgewing om in te bly en om dienste soos water,
elektrisiteit en behuising te lewer.

Die doelwitte van die munispaliteite is om:


 _______________________________________________________
_______________________________________________________
 _______________________________________________________
_______________________________________________________
 _______________________________________________________
_______________________________________________________

Die rolle van die verskillende vlakke van regering in huishoudings


se gebruik van hulpbronne en dienste
Geld beweeg deur die ekonomie wanneer huishoudings hulle arbeid aan besighede
verkoop. Besighede betaal in die vorm van salarisse en lone aan huishoudings.
Hoe speel die regering ‘n rol in hierdie vloei van geld deur die
ekonomie?

Die verskillende vlakke van regerings neem ook mense uit huishoudings in diens
en dus is die regering ’n VERBRUIKER van huishoudings se arbeid.

Hierdie regerings verskaf ook hulpbronne en dienste aan huishoudings


wat hul kan koop, en dus is die regering ’n PRODUSENT.

Die rolle van die verskillende vlakke van regering in besighede se


gebruik van hulbronne en dienste
Die nasionale regering kondig wette af wat die funksionering van besighede
reguleer.

Die wette verseker dat daar regverdige mededinging is en help die ekonomie om
beter te werk.

Wanneer die ekonomie goed werk, groei besighede. Hulle kan meer mense uit
huishoudings aanstel, wat dan meer belasting betaal aan die nasionale regering.

Die regering kan dan meer geld aan die plaaslike en provinsiale regerings gee om
beter dienste te lewer.

You might also like