Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

2024

Die Onderig van


Geometriese Patrone
WISKUNDE 24023 - 379
VAN GEEST, E, MISS [25854682@SUN.AC.ZA]
Wiskunde taak
Afdeling A
Herhalende patrone
Groeiende patrone
Afdeling B
Herhalende patroon
Volgens CAPS moet Graad 2 leerders patrone kan maak met fisiese voorwerpe uit die
alledaagse omgewing. Die apparaat wat in die prente gebruik is, is huishoudelike voorwerpe
wat die meeste leerders in hulle huise behoort te hê. Die voorwerpe wat die spesifieke
patroon ABB vorm, is so gekies dat elke A dieselfde lyk en elke B dieselfde lyk, in grootte,
kleur, vorm en orientasie, sodat leerders duidelik die patroon kan agterkom en uitwys.
Om herhalende patrone in die klaskamer te onderrig, sal ek ‘n aantal stappe in die les volg.
Ek sal ‘n patroon op die bord plak met dieselfde voorwerpe as wat leerders voor hulle het.
Leerders sal gevra word om die patroon, wat op die bord is, in pare oor te kopiëer. Hierdeur
kry leerders die geleentheid om met fisiese voorwerpe te werk en dit te manipuleer, wat vir
hulle ‘n konkrete ervaring gee. Ek as onderwyser sal dan die hele patroon, behalwe die kern,
toe plak met ‘n stuk papier, en vrae vra om leerders bewus te maak van die kern van die
patroon. Ek sal byvoorbeeld vra hoeveel daar van elke voorwerp in hierdie kern van die
patroon is (hoeveelheid A’s en B’s in hierdie kern is). Die inligting sal dan neergeskryf word
in die vorm van ‘n tabel. Stukkie vir stukkie sal ek die papier, wat die res van die patroon
toemaak, af haal sodat leerders sien hoe die kern van die patroon herhaal, en elke keer
hierdie data in die tabel opskryf. Die tabel sal dus die hoeveelheid stelle, hoeveelheid A’s,
hoeveelheid B’s en groot hoeveelheid voorwerpe A’s en B’s per stel aandui. Leerders word
verder aangespoor om op verskillende maniere na die tabel te kyk, om n hoër vlak van
wiskundige denke te ontwikkel (Warren & Cooper, 2006:12). Dit sal hulle help om die
verhouding tussen die twee vorme van data op te let. Hulle is dus gevra om horisontaal en
vertikaal na die opgeskrewe data in die patroon te kyk en gevolglik te sê wat hulle oplet. Dit
sal uitlig met hoeveel A en B se hoeveelhede, onafhanklik van mekaar groei, asook die
verhouding van die hoeveelheid voorwerpe met die hoeveelheid stelle. Die volgende stap, is
om vrae te rig aan leerders om die patroon toe te kan pas op enige hoeveelheid stelle van
die patroon. Dit sal vrae wees soos: indien daar 10 A’s is, hoeveel B’s sal in hierdie patroon
wees? Meer uitdagende vrae kan verder aan leerders gerig word om verder hulle
wiskundige denke en kennis van die patroon te bevorder (Warren & Cooper, 2006:11-12).

Groeiende patroon
Ek kies alledaagse voorwerpe wat maklik toeganklik is om my patrone te bou. Dit wys vir
leerders dat die bou van patrone met enige voorwerpe gedoen kan word, en spoor hulle aan
om met ander, wiskundige oë na die wêreld rondom hulle te kyk. Ek het apparaat gekies wat
herwinbaar is, wat nie skerp punte het of gevaarlik is om te gebruik nie. Die apparaat is ook
identies aan mekaar in terme van kleur, vorm, en grootte sodat leerders se aandag nie op
daardie aspekte sal wees nie, maar eerder op groei van die patroon.
Groeiende patrone sal aan leerders voorgestel word nadat herhalede patrone aan hulle
voorgestel is. Vir die onderrig van groeiende patrone, sal ek leerders in groepe verdeel om
saam te werk. Ek as onderwyser sal ‘n groeiende patroon bou en op die bord plak (of reeds
voor die aanvang van die les die patroon op n papier plak en tydens die les op die bord
plak), en leerders vra om dieselfde patroon met die voorwerpe wat aan hulle uitgedeel is, bo-
op ‘n wit papier te bou. Leerders sal nou in hulle groepe kyk na die patroon, en bespreek wat
hulle oplet. Hulle word ook gevra om die hoeveelheid voorwerpe in elke patroon te tel,
waarna hulle die spesifieke getal onder die spesifieke patroon stel moet neer skryf. Hulle
kan ook aangespoor word om op te let of die patroon groei (groter word), en of dit kleiner
word. Ek as onderwyser sal tussen die groepe rond loop en die mediator van die leerproses
wees, deur spesifieke vrae aan leerders te rig om ten einde sekere punte uit te lug. Nadat
die groepe klaar die patroon bespreek het, sal ek as onderwyser weer die leerders se
aandag na die bord rig. Volgende sal ek die klas vra wat hulle opgemerk het van die patroon.
Onder elke stel van die patroon, word die hoeveelheid voorwerpe nou neergeskryf.
Aangesien die groeiende patroon in ‘n vorm gebou is, vra ek leerders met hoeveel die vorm
elke keer groei. Ek vra byvoorbeeld hoeveel voorwerpe daar aan die kante, bokant en
onderkant van die patroon is van die elke stel. Ek vra leerders of hulle dus ‘n patroon sien
vorm, en of hoe hulle dink die patroon wat volgende kom gaan lyk.

Die bou van Algebraïese denke


Leerders se algabraïse denke word reeds in die Gronslagfase opgebou deur middel van
geometriese patrone. Daar is ‘n aantal redes waarom geometriese denke bydra tot dit.
Wanneer daar gekyk word na geometriese patrone, kan dit gesien word as visuele
voorstellings van wiskundige verhoudings. Hierdie visuele voorstellings help leerders om
algebraïse konsepte, wat meer abstrak is, op ‘n konkrete manier te verstaan (Aspari, et al.,
2020:46). Herhalende patrone het gewoonlik n sekere struktuur, aangesien daar ‘n kern in
die patroon is wat herhaal. Groeiende patrone se struktuur word gevind in die feit dat die
patroon op ‘n sekere manier groei, dikwels in grootte en die hoeveelheid voorwerpe in ‘n
struktuur. Die identifisering van strukture binne patrone asook die verhouding tussen
wiskundige elemente, wat aangehelp kan word deur die oefening van geometriese patrone,
kan bydra tot die verstaan van algabraiese konsepte wanneer leerders hierdie strukture
hierin kan visualiseer (Aspari, et al., 2020:46). Wanneer leerders groeiende- en herhalende
patrone bestudeer, kan hulle sekere reëls en afleidings maak rakende dit, om hulle te help
om die volgende stel in die patroon te bepaal. Geometriese patrone veralgemeen dus
leerders se denke, asook hulle denke vir onbekende getalle (Warren & Cooper, 2006:12-13).
Die vorming van reëls en afleidings vorm ook ‘n konteks vir leerders om veralgemenings te
maak rakende algebraïse patrone (Aspari, et al., 2020:55), wat dus hulle algabrïese denke
sal opbou. Tydens die oefening van herhalende en groeiende patrone, word verskillende
vrae aan leerders gerig om hulle voorstellings te regverdig, wat hulle dieper kognitiewe
vaardighede ontwikkel. Wanneer onderwysers hierdie vrae aan leerders stel, regverdig
leerders hulle redenasies op grond van visule voorstellings, wat hulle se dieper begrip van
algebraïse konsepte kan bevorder (Aspari, et al., 2020:55). Daar is dus baie maniere hoe
geometriese patrone in die gronslagfase (herhalende en groeipatrone) bydra tot die bou van
algebraïse denke.
Bronne
Warren, E. & Cooper, T. 2006. Using repeating patterns to explore functional thinking:
Elizabeth Warren and Tom Cooper lead us through a series of teaching activities designed to
develop young children’s algebraic thinking. Australian primary mathematics classroom.
11(1):9-.
Ratih Ayu Apsari, Ratu Ilma Indra Putri, Sariyasa Sariyasa, Mieke Abels & Sudi Prayitno.
2020. GEOMETRY REPRESENTATION TO DEVELOP ALGEBRAIC THINKING: A
RECOMMENDATION FOR A PATTERN INVESTIGATION IN PRE-ALGEBRA CLASS.
IndoMS-journal on mathematics education. 11(1):45–58. DOI: 10.22342/jme.11.1.9535.45-
58.

You might also like