! Touloper

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

Titel

 Touloper
is iemand wat die kuns
bemeester het om hom/haarself op ΄n tou
hoog bo die grond te balanseer.

 Kyk die video


Touloper is ’n metafoor
 Soos ’n touloper versigtig moet loop – moet
die spreker versigtig in die huis wees om nie in
die konflik vasgevang te word nie.
 Net soos die touloper vaardighede moet hê
om oor ’n tou te loop, moet die spreker
vaardighede hê in haar huis.
 Like a tight rope walker who has to use skills to
survive, the child has to have skills to survive in
the house.
Betekenis van die titel
 Tou = rope
 Loper = walker
 Dit verwys na die pad wat mense in hulle
lewens moet loop om vooruit te kom.
 Spreker: ek-spreker wat in ‘n ongelukkige
huis vasgevang is.
1. die storms woed weer in ons huis vandag

 storms = die stormagtige verhouding tussen die


spreker se ouers – hulle is gedurig besig om te
baklei. Daar is onrus in die huis.
 ‘weer’ impliseer dat hierdie storms gereeld
plaasvind.
 Dit is nie letterlike storms nie.
 ’n storm woed nie letterlik in die huis nie
2. maar vol durf klim ek op die tou

durf = dapperheid
Dis moeilik om jouself op die tou te balanseer en
terselfdertyd vorentoe te beweeg; daarom het
hy durf nodig.

Inversie = omgekeerde woordorde


vol durf klim ek
die regte woordorde: Ek klim vol durf
Die digter beklemtoon die woorde vol durf om te
wys hoe dapper die tiener is.
Tou = dit verwys na die lewe, die pad wat mense
in hulle lewens moet loop om vooruit te kom.Dit is
ʼn figuurlike tou wat die lewe verteenwoordig.
3. voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe

 ’voetjie vir voetjie’ – hy beweeg uiters stadig en


versigtig
 ‘skuifel’ – vorder baie stadig (shuffle)
4. verby die verwyt-winde van

Die ouers is gedurig in ʼn konfliksituasie en verwyt en


blameer mekaar gedurig vir verskillende dinge.

o Verwyt-winde – winds of blaming/reproach


o Metafoor = die verwyte is soos winde wat hom van
die tou wil afgooi.
Reël 5-7 (Direkte woorde van die ouers)
o R5: die ouer het iets verkeerd gedoen wat hy/sy al
voorheen verkeerd gedoen het
o R6: die persoon is al voorheen gewaarsku om dit
nie te doen nie
o R7:die ouer wat hier praat, is verbaas oor wat die
ander een gedoen het.
8. gekwelde oë kyk vir my van doer onder

o Personifikasie
gekwelde oë – bekommerde ouers.
Die persoon voel gekwel (worried), maar die
emosie word deur die oë oorgedra.

o doer onder:
Die kind is ver verwyderd van sy ouers.
Hy is hoog bo op die tou en hulle is doer onder.
9. ver verwyder van my kollig-balaseertruuk

o Die ouers is uit voeling met hul kind se emosies


en is meer behep met hulle eie emosies

o Kollig = in the spotlight


Die kind soek sy ouers se aandag

o Balanseertruuk = balancing trick

o Die kind wil hê sy ouers moet sien


hoe hy sukkel om te oorleef tussen hulle
bakleiery deur, maar hulle is net geïnteresseerd
in hul eie sake.
10. my tou web tussen

• web:
• ‘n Spinnekop span gewoonlik ‘n web. Die tiener
voel soos die prooi en voel vasgevang in
ongelukkige omstandighede waaruit hy wil
ontsnap.

• Die situasie waarin hy hom


bevind, is baie delikaat.

• Hierdie beeld dui ook op gevaar


as hy hom nie betyds uit hierdie situasie kan
bevry nie.
11. mure en deurhandvatsels

12. familiefoto’s en almanakke

o voorwerpe wat op die spreker se


ontsnappingsroete verbygesteek word

o familiefoto’s: bewys dat daar


gelukkiger tye saam was

o Almanakke: dui ook ‘n lang tydsverloop aan. Sy


ontsnapping uit die situasie neem ʼn lang tyd.
13. blitsende tv-beelde en internetkonneksies
o Moderne tegnologie is moontlik die rede vir die
gebrek van kommunikasie tussen die ouers óf dis
hulle manier van ontsnap uit ‘n ongelukkige
huwelik.

o Blitsende = TV-beelde is soos weerlig (lightning)


Dit hou verband met die metafoor van storms en
winde.

o Ironie:
Internetkonneksies = die familie is op die internet
gekonnekteer, maar glad nie met mekaar in
verbinding nie – daar is geen kommunikasie tussen
hulle nie.
14. tot by die tuinhek

o Die tuinhek is die spreker se poort na vryheid. Die


spreker se ontsnaproete strek van die bekende
dinge in die huis tot by die tuinhekkie.

o Daar vind hy vryheid.


15. ek is hoog bo die grond

o Solank hy bo die grond beweeg, hoef hy nie


deel te wees van die ongelukkige
omstandighede wat hom omring nie

o Afstand tussen die spreker en sy ouers wat


baklei:

hoog bo die grond (r.15)


weg van alles (r.16)
doer onder(r.8)
ver verwyder(r.9)
16. weg van alles behalwe die wind

o Geleidelik vervaag die bekende dinge wat hom


omring, hy probeer hom daarvan afsluit deur op
sy blanseertoertjie te fokus (op sy eie lewe te
fokus)

o behalwe die wind = verwys na:


verwyt-winde (r.4)
Die verwyte wat die ouers na mekaar en
moontlik ook na hom gooi.

o Storms (r.1)
Die struweling wat daar tussen die ouers is
17. maar ek dink nie daaraan nie

o Die spreker probeer doelbewus nie op die


probleme fokus nie. Hy fokus al sy aandag op die
balanseertoertjie wat hy uitvoer

18. ek hou my oog op die tou

o Hy konsentreer op sy lewe (die tou)en hoe hy sy


lewe moet leef. Die lewe is ‘n moeisame pad
waartydens ‘n mens gedurig balans moet
probeer vind – hy besef dat daar altyd
probleemsituasies sal wees wat ‘n mens sal moet
probeer oorkom.
19. ek balanseer my lewe

o Hy probeer balans in sy lewe bring sodat hy nie


net aan die negatiewe dink nie.

o Hy probeer beheer oor sy lewe kry.

20. en voet vir voet skuif ek vorentoe

o voet vir voet skuif ek teenoor voetjie vir voetjie


skuifel ek (r3):

Hy het darem vordering gemaak. Hy is nou groter


en meer vas op sy voete. En hy beweeg steeds
vorentoe.
21. deur die storm
o Hy besef dat die lewe daarbuite (buite die
tuinhek en sy ouers se huis) sal dinge ook moeilik
wees.
o Sy hele lewe is dus ‘n balanseertruuk om deur
storms staande te bly en moeilike
omstandighede te trotseer.

o Progressie
Hierdie is ʼn proses wat sy hele lewe as kind
geneem het, maar hy wel gevorder.

o Die woord vorentoe is op 2 plekke in die gedig.


(r.3 en r.20) Dit beklemtoon dat hy vorentoe
beweeg, ten spite van die storms en probleme.
Algemeen:

Halfrym:
Alliterasie:’ver verwyder van…’

21 reëls:
Aaneenlopend (continuous)
sonder punte of ander leestekens

Die tou waarop hy loop, is een stuk, net soos die


lewe wat ‘n aaneenlopende proses is.
Tema en Boodskap

Die gedig gaan oor die meganismes wat ’n


tiener ontwikkel om konflik te hanteer.

Spreker
Ek-spreker, tienermeisie of tienerseun

Stemming
Onrustig, gespanne, onseker en rebelse toon.

You might also like