Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

VOORBEREIDENDE EKSAMEN

September 2022

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
Graad 12
VRAESTEL 2 TEORIE MEMORANDUM
TYD: 3 Ure Punte : 150

Hierdie memorandum bestaan uit 18 bladsye

VRAAG 1 VRAAG 2

1.1 C 2.1 N

1.2 C 2.2 J

1.3 B 2.3 K

1.4 D 2.4 M

1.5. C 2.5 A

1.6 D 2.6 O

1.7 D 2.7 P

1.8 C 2.8 C

1.9 B 2.9 S

1.10 D 2.10 D
Totaal: [10] Totaal: [10]

VRAAG 3
(1)
3.1 Waar
(1)
3.2 Onwaar, Disk Cleanup
(1)
3.3 Onwaar, Bandwydte
(1)
3.4 Waar
(1)
3.5 Onwaar, Ergonomie
[5]
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1 4.1.1 Identifiseer die eienskap in die advertensie wat daarop dui
dat dit 'n draagbare rekenaar is.
• Grootte van die skerm/15.6 HD LED Display
• (Ingeboude) Wi-Fi/Bluetooth
• (Ingeboude) Webcam
• Geïntegreerde grafika
✓ (Enige EEN) 1

4.1.2 Die verwerker in hierdie advertensie het 2x kerne ('cores').


Verduidelik waarom 'n verwerker met twee kerne ('Dual-
Core') beter werksverrigting sal bied as 'n enkel kern
verwerker.
• Dual of enige core dui die aantal SVE’s wat fisies op die
verwerkerskyfie voorkom.
• 'n 'Dual'core' het twee SVE's wat dit vir die rekenaar moontlik
maak om meer effektief te werk.
✓ (Enige EEN) 1

4.1.3 Verduidelik kortliks hoekom die SVE (‘CPU’) kasgeheue


nodig het.
• SVE (‘CPU’) het kasgeheue nodig sodat dit nie hoef te wag ✓
vir stadiger komponente nie. ✓ 2

4.1.4 Verduidelik die funksie van die 'HDMI Output'.


• Dit dra hoë-gehalte-video- ✓ en klankseine, ✓ en daar is
geen behoefte vir aparte klankkabels soos met VGA nie. 2

Bladsy 2 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

4.1.5 Noem TWEE verskille tussen 'n ingeboude Grafikakaart en


'n eksterne Grafikakaart behalwe enigiets wat met koste
verband hou.
• 'n Toegewyde Grafikakaart is 'n eksterne byvoeging wat
konnekteer aan die moederbord, 'n Ingeboude Grafikakaart is
'n interne byvoeging wat in die moederbord of SVE ingebou
is.
• 'n Toegewyde Grafikakaart het sy eie verwerkingseenheid
(GPU), in 'n Ingeboude Grafikakaart word die grafika ingebou
in dieselfde gleuf as die SVE.
• 'n Toegewyde Grafikakaart het sy eie RAM, die Ingeboude
Grafikaart gebruik die stelsel se RAM.
• Die verwerkingskrag van 'n Toegewyde Grafikakaart is
gewoonlik hoër, maar laer in 'n Ingeboude Grafikakaart.
• Die kragverbruik van 'n Toegewyde Grafikakaart is hoog,
maar laag in 'n Ingeboude Grafikakaart.
✓✓ (Enige TWEE) 2

4.2 4.2.1 Waarvoor staan die afkorting VTA (‘SSD’)?


Vaste Toestand Aandrywer/Solid State Drive ✓ 1

4.2.2 Verduidelik die eienskappe van ʼn VTA ('SSD’) ten opsigte


van:
(a) Stil/Geluidlose werking
(b) Vinniger werkverrigting
(a) Daar is geen fisiese bewegende dele wanneer daar na of
van ʼn SSD geskryf of gelees word nie. ✓ 1

(b) Daar word nie tyd spandeer om na die posisie waar die
lêers gestoor is, te beweeg nie/kan onmiddellik toegang
tot lêers kry. ✓
OF
VTA ('SSD') verwerk data vinniger as tradisionele HDD
omdat data elektronies en nie magneties gestoor word
nie. 1

4.2.3 Watter een van die stoor mediums (SSD/HDD) sal beter wees
om groot hoeveelhede data te stoor?
• HDD ✓ 1

4.3 4.3.1 Beskryf wat virtuele geheue is.


• Virtuele geheue is ʼn gedeelte van die hardeskyfspasie wat as
geheue (‘RAM’) optree. ✓ 1

Bladsy 3 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

4.3.2 Verduidelik wanneer die bedryfstelsel virtuele geheue sal


gebruik?
• Te veel toepassings is oop.
• Die Program is te groot om met die beskikbare ETG ('RAM')
uit te voer.
✓ (Enige EEN) 1

4.4 4.4.1 Behalwe om al die rekenaars saans af te skakel, noem


TWEE ander maniere waarop die elektrisiteitsgebruik van
rekenaartoestelle verminder kan word.
• Verminder helderheid van skerms.
• Prop laaiers wat nie gebruik word nie uit.
• Verander die balans tussen kragverbruik en werkverrigting.
• Stel toestelle om te slaap/hiberneer.
• Koop energie effektiewe toestelle aan.
✓✓ (Enige TWEE) 2

4.4.2 Verduidelik TWEE maniere waarop die gebruik van


rekenaars vir die versekeringsmaatskappy finansieël
voordelig sal wees.
• Groter produktiwiteit – spaar tyd om elektroniese dokumente
te skep teenoor getikte weergawe/Elektroniese
kommunikasie verhoog produktiwiteit.
• Beskikbaarheid van inligting – toegang tot huidige/akkurate
data/beskikbaarheid van inligting op die web.
• Minder werknemers – bespaar op loonrekening se uitgawes.
• Koste besparing – hoef nie alles te druk nie wat papier spaar,
spaar op kommunikasie uitgawes.

LET WEL: Moet nie punte toeken vir herhaling van dieselfde
konsep of vir enige verwysing na die gebruik van die Internet nie.
✓✓ (Enige TWEE) 2

4.5 Verduidelik hoe defragmentasie verskil van die maak van 'n
rugsteun.
Defragmentasie herrangskik dele van leers op jou hardeskyf ✓
waar rugsteun (volle) lêers/lêergidse kopieer na 'n sekondêre
stoormedium toe om veilig te hou. ✓ 2

Bladsy 4 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

4.6 Gee TWEE redes hoekom dit nodig is om 'n bedryfstelsel op


'n rekenaar te installeer deur na die funksies van 'n
bedryfstelsel te verwys.
• Beheer van alle hulpbronne (apparatuur en programmatuur).
• Verantwoordelik vir die laai van programme en vir die
uitvoering van programme.
• Voorsien gebruikerskoppelvlak.
• Lêerhantering.
• Verantwoordelik vir basiese sekuriteit.
✓✓ (Enige TWEE) 2

4.7 4.7.1 Identifiseer die tegnologie waarna die prent verwys.


Hommeltuig('drone')-tegnologie ✓ 1

4.7.2 Noem TWEE beperkings van bogenoemde tegnologie.


• Batterylewe
• Weer veranderinge
• Die gebruik van hommeltuie kan beperk word deur
reëls/wette oor lugruimtes.
• Vlieglisensie is soms nodig vir party modelle
✓✓ (Enige TWEE) 2
[25]

Bladsy 5 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1 5.1.1 Verduidelik aan haar hoekom dit nie so ‘n goeie idee is nie deur
TWEE nadele te noem van Bluetooth in hierdie omgewing.

• Die spoed van data oordrag is baie stadig in vergelyking met ander
draadlose tegnologie ✓
• Die reikwydte is beperk tot net ‘n paar meter/kan maklik sein verloor as
jy wegbeweeg van die oorsprong ✓
• Jy kan slegs ‘n beperkte aantal toestelle konnekteer
• Bluetooth het ‘n laer bandwydte
• Moontlikheid van sekuriteitsrisiko’s gedurende oordrag van data
• Bluetooth kan nie groot stelle data oordra nie
• Probleme met konneksie kan ontstaan tussen die verskillende
weergawes van Bluetooth toestelle, ens.
✓✓ (Enige TWEE) 2

5.2 5.2.1 Verduidelik kortliks wat ‘n breëbandverbinding is.

• Breëband verwys na ‘n hoëspoed, ✓ hoë bandwydte verbinding aan


die Internet ✓ 2

5.2.2 Wat sal die effek hiervan wees op die gebruiker EN verduidelik
waarom die diensverskaffer besluit het om dit te doen?
• Smoor (Throttle) sal die gebruiker se internetkonneksie stadiger
maak ✓
• Die diensverskaffer sal die internetkonneksie stadiger maak indien
die gebruiker sy databeperking oorskry het vir ‘n spesifieke
periode/oormatige hoeveelheid data afgelaai het ✓ 2

5.3 5.3.1 Verduidelik aan haar wat ‘n onbeperkte datapakket is.


Onbeperkte data beteken daar is geen limiet op die hoeveelheid data wat 1
oor ‘n spesifieke tydperk gebruik kan word nie. ✓

5.3.2 Wat beteken dit as jou datakonneksie gevorm ('shaped') is?


‘Shape’ is ‘n tegniek waar sekere netwerke (internet) dienste soos bv.
e-posse voorkeur geniet terwyl andere soos sosiale netwerke minder
voorkeur geniet, dus word meer kritiese dienste eerste voorkeur 1
gebied bo ander dienste. ✓

5.4 Definieer die term 'Afkoopsagteware'.


Kwaadwillige sagteware ✓ wat data enkripteer (en veroorsaak dat jy dit
nie kan gebruik nie) ✓ totdat jy ’n losprys aan die hacker betaal.✓ 3

Bladsy 6 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
5.5 5.5.1 Verduidelik hoe VR basies werk.

• ’n Tegnologie wat veelvuldige toevoere en afvoere kombineer✓, sodat


jy ’n hele nuwe wêreld wat deur die rekenaar geskep is kan beleef. ✓ 2

5.5.2 Beskryf TWEE moontlike gebruike vir VR, behalwe vermaak.


• Gesondheids-versorging - opleiding
• Outomobiel – om pad ‘scenarios’ en die motor optredes te bestudeer.
• Ruimte en Militêr – die twee industrieë moet in baie gevaarlike
omgewings optree wat moeilik is om na te volg – VR maak dit naby aan
die werklikheid deur middel van opleiding.
• Toerisme – probeer ‘n vakansie voordat jy dit koop.
• Vlug simmulasies - opleiding
• Ens.

Nota: Aanvaar enige aanvaarbare voorbeeld, behalwe vermaak


2
✓✓ (Enige TWEE)
[15]

Bladsy 7 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
VRAAG 6: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEë

6.1 Wat is die verskil tussen data en inligting?


Data is rou en onverwerkte statistieke Terwyl inligting verwerkte data is 2
6.2 Noem TWEE redes waarom dit beter sou wees vir die navorser om 'n opname
aanlyn te doen in plaas daarvan om 'n hardekopie vraelys te gebruik.
• Groter aantal persone wat die vraelys sal voltooi
• Data sal reeds elektronies wees/data hoef nie oor ingelees te word nie
• Beter data validering kan gedoen word
• Baie makliker om te versprei /verkry van die respondente
• Hoef nie slegte handskrif te ontsyfer nie, ens.

✓✓ (Enige TWEE) 2
6.3 Noem TWEE maniere om minder, maar meer relevante resultate te kry met ‘n
websoektog (oor die algemeen).
• Gebruik 'n meer presiese soekfrase of gebruik sinonieme.
• Sluit sekere woorde uit die soektog uit deur Boolean-operateurs te gebruik.
• Gebruik die soekenjin operateurs.
• Spesifiseer datum reekse, lêertipes, ens.
• Gebruik aanhalingstekens.
• Gebruik meer as 1 woord, maar nie meer as 10 woorde in 'n frase nie.
✓✓ (Enige TWEE) 2
6.4.1 Verduidelik wat biometriese toegang is.
Biometriese toegang – vingerafdruk skandeerders OF retina skandeerders OF
stem skandeerders OF heel hand skandeerders word gebruik vir toegang vir die
gebruiker.  OF
Biometriese skanderings toestel wat nodig is om die data van die gebruiker in te
voer.  1
6.4.2 Stel TWEE kontaklose biometriese toegangskontrole stelsels voor wat die
hospitaal kan oorweeg om te gebruik.
• Gesig herkenning toegang toestel 
• Stemherkenningstoegangstoestel  2
6.5 Verduidelik wat plagiaat is.
Om iemand anders se werk as jou eie aan te bied sonder hul toestemming  1

[10]

Bladsy 8 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1 Gebruiker-gesentreerde ontwerp

'n Metode van rekenaarprogramontwerp wat op die gebruiker se spesifieke


behoeftes en vereistes fokus. ✓ 1

7.2 Sagteware toeganklikheidsopsies vir iemand wat sukkel met bewerasies

• Stadige muis spoed


• Filter sleutels
• Stem-tik/stemherkenning/ spraak-tot-teks/'narrator'
✓ (Enige EEN) 1

7.3.1 Rol van ‘n bot in DDoS-aanval

• (‘n bot): 'n rekenaar wat deur 'n aanvaller beheer word ✓
• (DDos-aanval): word gebruik om versoeke te stuur na 'n (gasheer)
webwerf/aanlyn diens met ongewenste verkeer totdat dit nie meer
beskikbaar is nie. ✓ 2

7.3.2 DDos-aanval gebruike in ‘n kuberoorlog

(kuberoorlog): Hulle kan dit gebruik om 'n vyand/'n ander land se dienste aan
te val/af te neem soos: ✓
• (militêre/uitsaai-) kommunikasie
• kernterreine (lansering/deaktiveer missiele)
• infrastruktuur (bv. water, sanitasie, kragnetwerk)
• vervoer, ens.
✓ ✓ (Enige EEN) 2 4

7.4.1 Naam van tegnologie om toerusting te gebruik

Verhoogte werklikheid (‘Augmented Reality’) ✓ 1

7.4.2 Hoekom is dit meer nuttig as videos

Dit pas by/word toegepas op die omgewing/toerusting wat JY sien (nie net 'n
generiese voorbeeld nie)✓

(Nota aan nasiener: aanvaar enige geldige verduideliking wat 'n voordeel van
Verhoogte Werlikheid (‘Augmented Reality’) is, maar NIE ook van 'n
opleidingsvideo nie, aanvaar ook 'n geskikte vergelyking) 1 2

Bladsy 9 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

7.5 Voorbeelde van kunsmatige intelligensie gebruike in alledaagse lewens

• Stemassistent-apps/-toepassings wat jy kan vra vir hulp om inligting op te


soek: Alexa, Siri, Google Assistant, Bixby, ens.
• Persoonlike voorstelle in (vermaak) toepassings soos: Spotify, Apple
Music, Netflix, YouTube, ens.
• Finansiële instellings kan bedrog identifiseer/krediettelling bereken
• Die kleinhandel/aanlyn inkopiesektor kan persoonlike voorstelle bied
• Personalike gesondheidsorgassistente (kan as lewensafrigters optree)
• Gesigsherkenning in toepassings kan mense identifiseer, ens.
✓✓ (Enige TWEE)

(Nota aan nasiener: aanvaar enige voorbeeld, maar nie net 'n programnaam
nie, dit moet vergesel word van 'n kort beskrywing van die KI-diens wat dit
bied) 2

[10]

Bladsy 10 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1 Redes vir die gebruik van ‘Save-as’


• Om 'n lêer in 'n nuwe gids/ligging te stoor
• Om 'n lêer onder 'n nuwe naam te stoor
• Om dit as 'n ander lêertipe te stoor/die lêer na 'n ander lêertipe uit te
voer/lêertipe te verander
✓✓ (Enige TWEE) 2
8.2 Elemente wat deel vorm van ingeboude voorblaaie
• Teks bokse
• Vorms (lyne/vierkante, ens.)
• Inhoudkontroles (aanvaar voorbeelde, bv. skrywer, titel, opsomming,
datum-aftreklys)
• Rame (‘Borders’) (paragraaf/bladsy/voorwerp)
• Paragrawe
✓ ✓ ✓ (Enige DRIE) 3
8.3 Onderskeiding tussen die afvoer van die <p> en die <br> merkers
• Die <p>-merker word gebruik om 'n nuwe paragraaf aan te dui en skep 'n
spasie voor en na die paragraaf. ✓
• Die <br>-merker word gebruik om 'n reëlbreuk in die huidige paragraaf
aan te dui sonder enige paragraafspasiëring. ✓
(Nota aan nasiener: aanvaar 'n tekening van verskillende uitsette/afvoere) 2
8.4 Verstek waarde ('default value') vir die 'Volunteer'-veld.
Yes/True/On/-1 ✓ (Geen aanhalingstekens nie) 1
8.5 Rede vir berekening fout in 50 – 30 gedeel deur 4
(rede vir fout):
• Die 30-word deur 4 gedeel voordat dit afgetrek word
• Orde van operasies
• Deel word gedoen voor aftrekking
✓ (Enige EEN)
(regstelling):
• Tik dit so =(50-30)/4 (Let wel: moenie penaliseer as = weggelaat word nie)
• Sit hakies om die aftrekking voor jy deel
✓ (Enige EEN) 2

Bladsy 11 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
8.6.1 Hoe om samesmeltingsvelde onmiddellik op alle etikette in te voeg
Opdateer etikette ✓ 1
8.6.2 Verwagte afvoer as <<Next Record>> reël nie teenwoordig was nie

Die inligting op die eerste etiket sal op alle ander etikette herhaal word ✓ 1 2
8.7 Vergelyking tussen doel van valideringsreël en navraagkriteria

• Die doel van valideringsreël is om moontlike inskrywings te beperk/beheer


wat ingetik kan word ✓
• Navraagkriteria word gebruik om spesifieke rekords te onttrek/slegs te
vertoon ✓ (aanvaar reëls/mense in die plek van rekords)
(Nota aan nasiener: tweede punt moet verwys na konsep van rekords, nie net
'inligting' nie – dit kan ook velde wees en hou nie verband met kriteria nie) 2

8.8 Korrek VLOOKUP veld fout


• Kolomargument moet 2 wees
• =VLOOKUP(D2,A2:B39,2,FALSE)
• =VLOOKUP(D2,A2:B39,2) (Let wel: moenie penaliseer vir enige spelfoute
of selverwysingsfoute nie, maar penaliseer vir ander sintaksfoute)
✓ (Enige EEN)
(Let wel: Laaste argument moet nie WAAR (‘TRUE’) wees nie, aangesien die
opsies jou nie moet toelaat om 'n item te kies wat nie op die opsie lys is nie,
moet egter nie penaliseer nie) 1

[15]

TOTAAL AFDELING B: 75

Bladsy 12 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
AFDELING C
QUESTION 9 : GEÏNTEGREERDE SCENARIO

9.1.1 Verduidelik die term 'drabare tegnologie' ('wearable technology').

Drabare toestelle en -tegnologieë is elektroniese mobiele toestelle wat as


bykomstighede of as kledingstuk gedra word, ✓ wat voortdurend data uit
verskillende omgewings genereer en met ander toestelle/persoonlike
rekenaars (PR's)/netwerke kommunikeer. ✓ 2

9.1.2 Noem TWEE gebruike van drabare tegnologie.

• Slim horlosies gee 'n persoon nie net die tyd nie, maar ook
kennisgewings van hul oproepe, boodskappe, e-posse, opdaterings
op sosiale media ensovoorts.

• Fiksheidnaspoorders en sporthorlosies hou tred met die aantal


treë/hoeveelheid tyd wat jy oefen en monitor die hartklop. Dit kan
bereken en rapporteer oor hoeveel kalorieë verbrand is, ens.

• Slimklere is ontwikkel om dinge soos hartklop, bloedglukosevlakke


en fiksheidsvlakke te monitor wanneer dit gedra word.

• Ingeplante draagbare toestelle word chirurgies onder die vel


ingeplant en word gewoonlik gebruik vir mediese redes soos
aanduiding van insulienvlakke, simptome van siektes, ens.

• Die speletjiesbedryf voeg meer draagbare items by met


virtuelewerklikheid en aanpasbare werklikheid kopstelle.

✓ ✓ (Enige TWEE) 2

9.2 Verduidelik kortliks waarom sagteware en hardeware interafhanklik is


van mekaar.

Hardeware is nutteloos sonder sagteware. ✓ Die een kan nie sonder die
ander een gebruik word nie/interafhanklik van mekaar. ✓ 2

9.3 Wat is 'n toegewyde toestel?

Toestelle wat ontwerp is om net een spesifieke taak te verrig, soos


Outomatiese Tellermasjiene (OTM’s), GPS-toestelle en huishoudelike
gebruikstoestelle soos mikrogolfoonde en wasmasjiene. ✓ 1

Bladsy 13 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
9.4.1 Verduidelik TWEE voordele vir die gebuik van 'n Grafiese
Gebruikerskoppelvlak (GGK) (GUI) in vergelyking met 'n bevelstelsel.

• Meer inligting kan deur middel van die grafiese ikone bv prente en
teks oorgedra word.
• Die gebruik van ikone maak dit vir die gebruiker makliker of te sien
wat die rekenaar gaan doen.
• Die gebruik van die muis is baie vinniger as om die inligting in te tik.
Die gebruiker kan meer komplekse funksies makliker doen.

✓✓ (Enige TWEE) 2

9.4.2 Wat beteken 'n intreevlakrekenaar?


’n Rekenaar wat die goedkoopste is in ’n reeks (bv. tafelrekenaars) ✓, en
2
wat redelike lae hardewarespesifikasies het. ✓
9.5.1 Wat word bedoel met lêer sinkronisering?

Dit is ‘n manier om inligting wat op verskillende elektroniese toestelle 1


gestoor is op datum te hou. ✓

9.5.2 Wat is die doel van lêer sinkronisering?

Verseker dat al die data (lêers, epos ens.) in een toestel dieselfde inligting
sal hê op ‘n ander toestel. ✓ 1

9.6.1 Wat beteken dit as ‘n webtuiste van koekies gebruik maak?

Dit is ‘n lêer wat op jou toestel gestoor word met die webtuiste se naam en
unieke ID wat jou as gebruiker identifiseer. ✓ Indien jy weer die webtuiste
gebruik wys dit dat jy dit voorheen gebruik het. ✓ 2

9.6.2 Is ek verplig om die koekies ('cookies') te aanvaar? Motiveer jou


antwoord.

Nee. Die webtuise moet jou toestemming verkry. ✓✓ 2

9.7.1 Watter datum sal deur die onderstaande formule aangetoon word?
=DATE(YEAR(A1), MONTH(A1)+5,DAY(A1)+7).

22 ✓November✓ 2022 2

Bladsy 14 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
9.7.2 Watter funksie sal in Excel gebruik word om 'n outomaties datum te
genereer?

=Today()✓ 1

9.8.1 Verduidelik wat word bedoel met 'n Tweefaktor (tweestap) verifikasie.

Tweefaktor (tweestap) verifikasie (2FA) is 'n sekuriteitsproses waarin


gebruikers twee verskillende verifikasiefaktore verskaf om hulself te
verifieer, gewoonlik iets wat jy ken (soos 'n wagwoord) plus iets wat jy het
(soos 'n een-keer-wagwoord - OTP - wat na jou foon toe gestuur word). ✓

(Nota: Aanvaar enige antwoord waar die leerder verduidelik hoe 'n twee-
stap verifikasie gedoen kan word, of indien hulle voorbeelde gee van 'n
twee-stap verifikasie.) 1

9.8.2 Gee TWEE voordele van verifikasie as 'n veiligheidsmaatreël.

• Veiliger – help om ongemagtigde toegang tot jou bankrekening te


voorkom.
• Kwaadwillige sagteware het nie toegang tot jou data nie, selfs al is jou
wagwoord in gevaar gestel.
• Dit kan jou waarsku oor 'n moontlike bedrog-poging op jou rekening as
jy 'n OTP ontvang en dit nie aangevra het nie.

✓✓ (Enige TWEE) 2

9.9 Blokketting ('Blockchain') is 'n nuwe tegnologie wat gebruik word in


finansiële transaksies. Verduidelik hoe hierdie tegnologie werk.

Blokketting is 'n spesifieke tipe databasis. Dit verskil van 'n tipiese
databasis ten opsigte van die manier waarop dit inligting stoor; blokkettings
stoor data in blokke wat dan aan mekaar vasgeketting word. ✓ As nuwe
data inkom, word dit in 'n nuwe blok ingevoer. Sodra die blok met data
gevul is, word dit aan die vorige blok vasgeketting, so dus is die data in
chronologiese volgorde vasgebind. ✓ 2

[25]

Bladsy 15 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO MEMO


10.1.1 Noem die wet wat in Suid-Afrika gebruik word om persoonlike inligting 1
te beskerm.
POPI/ POPIA✓
10.1.2 Gee TWEE voorbeelde hoe persoonlike inligting misbruik kan word. 2
Wanneer iemand jou inligting gebruik om toegang tot jou toestel te verkry.✓
Wanneer inligting vir persoonlike gewin gebruik word.

(LET WEL om enige voorbeeld van misbruik/misbruik van inligting te merk kan
aanvaar word)
10.1.3 Hoe kan 'n mens ongemagtigde toegang tot 'n Word-dokument beperk? 1
Gebruik 'n wagwoord ✓
10.1.4 Stel twee aksies/metodes voor wat 'n skool kan implementeer om seker 2
te maak dat persoonlike inligting van die skool se databasis nie uitgelek
word nie.
Maak gebruik van gebruikersnaam en wagwoorde,✓definieer toegangsvlakke
tot 'n netwerk ✓ens
10.2 Gee die algemeen aanvaarde term wat 'n proses beskryf waar 'n enkele 1
idee of besigheidspraktyk befonds word deur verskeie klein skenkings
van vrywillige bydraers, gewoonlik voordat die sakeonderneming begin
word.
Skarebefondsing ✓
10.3.1 Definieer die term 'digitale geldeenheid'. 1
Digitale geldeenheid is 'n vorm van virtuele geldeenheid, dit kan verruil word
vir ander geldeenhede, produkte en dienste.✓
10.3.2 Noem EEN voorbeeld van 'n digitale geldeenheid. 1
Bitcoins, Ethereum en Luno.
✓(Enige EEN)
10.3.3 Evalueer die doeltreffendheid van die gebruik van digitale geldeenhede. 2
Digitale geldeenheid het lae fooie, vinnige transaksies en gebruiksgemak✓;
hulle is egter meestal gebruik vir die betaling van kriminele aktiwiteite soos
losprys-eise.✓
(Aanvaar enige stelling met een logiese voor- en nadeel)
10.4.1 Verduidelik hoe jy gaan seker maak dat die webwerf
gebruikersvriendelik is.
• Konsekwente uitleg op elke webblad 2
• Gemak van navigasie
• Leesbaarheid
• Geskikte kleurtemas
• Maak seker dat skakels werk (ens.)
✓✓(Enige TWEE)

Bladsy 16 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne

10.4.2 Hoe sal gebruikers oor die algemeen weet dat 'n webwerf 'n veilige
webwerf is?
• Kontroleer tans die slotprent naby URL 1
• Kontroleer https voor URL
• Verifieer digitale sertifikaat
• Antivirusprogramme merk webwerwe as onveilig.
✓(Enige EEN)
10.4.3.1 Jy het die volgende HTML kode gebruik: 3
<img scr = "info" width = "200" hight = "200">.
Die prent wil egter nie vertoon nie. Maak die foute reg sodat die prent
korrek sal vertoon.
<img scr = "info" width = "200" hight = "200">
src in plaas van scr✓,
"info.png"✓,
spelling van height✓
10.4.3.2 Noem enige ander moontlike rede waarom die prent nie sal vertoon nie 1
(behalwe in die kodering self).
As die prent nie in dieselfde folder as die teksdokument is nie. ✓
10.5.1 Gee 'n praktiese voorbeeld van IvD (IoT) in 'n 'Smart home'.
In 'n slim huis, bv. 1
• Toestelle is ontwerp om 'n persoon se teenwoordigheid waar te neem en
daarop te reageer.
• Wanneer 'n persoon by die huis aankom, kommunikeer hul motor met die
motorhuis om die deur oop te maak.
• Sodra dit binne is, is die termostaat reeds aangepas by hul
voorkeurtemperatuur, en
• Die beligting is op 'n laer intensiteit en kleur gestel, aangesien hul
slimhorlosiedata aandui dat dit 'n stresvolle dag was.
• Ander slimhuistoestelle sluit in sproeiers wat die hoeveelheid water wat
aan die grasperk gegee word aanpas op grond van die weervoorspelling
en
• Robotstofsuiers wat leer watter areas van die huis die meeste
skoongemaak moet word.
✓(Enige EEN)
10.5.2 Versoenbaarheid en Privaatheid is 'n paar van die bekommernisse by die 2
gebruik van IvD (IoT).
Motiveer bogenoemde stelling.
• Sommige van die toestelle kan dalk nie aan die stelsel koppel nie omdat
sagtewareweergawe of hardeware onversoenbaar is.✓
• Privaatheid is altyd 'n bekommernis, aangesien daar 'n moontlikheid is dat
kuberkrakers by die stelsel inbreek.✓
10.6.1 Hulle wil weet of 'n Primêre Sleutel nodig is? Verduidelik die rede 2
waarom 'n Primêre sleutel in 'n Access tabel gebruik word en stel een
toepaslike veld voor waarop die Primêre Sleutel gevoeg kan word.
’n Veld wat elke rekord d.m.v ’n unieke waarde identifiseer. ✓

Bladsy 17 van 18
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 GDO/Voorbereidende eksamen2022
Nasienriglyne
Voorbeelde van velde - ID number/auto number✓
10.6.2 Die databasisadministrateur het 'n verslag geskep en 'n funksie 2
=sum([Name] gebruik om die aantal IvD (IoT)-gebruikers te vertoon. Die
funksie werk egter nie korrek nie. Skryf die korrekte funksie neer sodat
dit korrek vertoon.
=COUNT✓([Name]) ✓
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50

GROOTTOTAAL: 150

Bladsy 18 van 18

You might also like