Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 192

TEGNOLOGIE

Graad 8
Boek 1

KABV

Onderwysersgids

Ontwikkel en gefinansier as ’n voortgesette projek van die Sasol


Inzalo Stigting, in samewerking met die Ukuqonda Instituut.
Gepubliseer deur The Ukuqonda Institute
Nealestraat 9, Rietondale, 0084
Geregistreer as Titel 21-maatskappy, registrasienommer 2006/026363/08
Openbare Bevoordelingsorganisasie, PBO-no. 930035134
Webwerf: http://www.ukuqonda.org.za

Eerste publikasie in 2013


© 2013. Kopiereg op die werk is in die uitgewer gevestig. Kopiereg op die teks is gevestig in die
bydraers.

ISBN: 978-1-920705-20-6

Hierdie boek is ontwikkel in samewerking met die Departement van Basiese Onderwys van
Suid-Afrika, met finansiering van die Sasol Inzalo-stigting.

Medewerkers:
Graham Barlow, Louis Botha, John de Klerk, Jacqui Greenop, Chris Human, Piet Human,
Riekie Human, Xenia Kyriacou, Morne Labuschagne, John Laurie, Ezekiel Makwana,
Rallai Maleka, Mafahle Mashegoana, Themba Mavuso, Peter Middleton, Lebogang Modisakwena,
Peter Moodie, Neil Murtough, Sarah Niss, Humphrey Nkgogo, Phillip Radingoane, Jan Randewijk,
Margot Roebert, Marcus Taba, Yvonne Thiebaut, Cecile Turley, Louis van Aswegen,
Karen van Niekerk, Elene van Sandwyk, Pieter van der Westhuizen
Illustrasies en grafika:
Astrid Blumer (Happy Artworks Studio), Ian Greenop, Chris Human, Piet Human,
Peter Middleton, Peter Moodie, Melany Pietersen (Happy Artworks Studio), Theo Sandrock,
Lisa Steyn Illustration, Heine van As (Happy Artworks Studio), Leonora van Staden,
Geoff Walton
Voorbladillustrasie: Leonora van Staden
Foto’s:
Lenni de Koker, Ian Greenop, Chris Human, Tessa Olivier, Elsa Retief (Gallery Productions)
Teksontwerp: Mike Schramm
Uitleg en setwerk: Lebone Publishing Services

’n Spesiale woord van dank aan die volgende instansies en individue vir die vrye uitruil van
idees, en die vrye toegang tot foto’s:
Cape Peninsula Fire Protection Association, Beate Hölscher (Suid-Afrikaanse
Omgewingsnavorsingsnetwerk), The Informal Settlement Research Group (http://www.
ishackliving.co.za), die Nasionale Seereddingsinstituut
Ons bedank ook die individue en instansies wat foto's in die publieke domein geplaas het op
www.commons.wikimedia.org, en wat geen erkenning vereis nie.
Gedruk deur XXXXX [drukker se naam en adres]
KOPIEREGKENNISGEWING

Jou reg om hierdie boek wetlik te kopieer

Hierdie boek word gepubliseer onder lisensiëring van ’n Creative Commons


Attribution-NonCommercial 3.0 Unported-lisensie (CC BY-NC).

Jy mag en word aangemoedig om hierdie boek vrylik te kopieer. Jy kan dit soveel
keer as wat jy wil fotostateer, uitdruk en versprei.
Jy kan dit aflaai op enige elektroniese toestel, dit per epos versprei en op jou
webblad laai. Jy mag ook die teks en illustrasies aanpas, op voorwaarde dat jy aan
die kopiereghouers erkenning gee (“erken die oorspronklike werk”).

Beperkings: Jy mag nie kopieë van hierdie boek maak vir die doel van winsbejag
nie. Dit geld vir gedrukte, elektroniese en webbladgebaseerde kopieë hierdie boek,
of enige deel van hierdie boek.

Vir meer inligting oor lisensiëring by die Creative Commons Attribution-


NonCommercial 3.0 Unported (CC BY-NC 3.0), besoek
http://creativecommons.org/licenses/by-nc/3.0/

Indien anders vermeld, is hierdie werk gelisensieer onder


Inhoudsopgawe
Kwartaal 1
Hoofstuk 1:
Dakke en kragmaste................................................................ 1

Hoofstuk 2:
Geboue en brûe ...................................................................... 17

Hoofstuk 3:
Plat en isometriese werkstekeninge ..................................... 33

Hoofstuk 4:
Perspektieftekening ................................................................ 45

Hoofstuk 5:
Wîe, wiele en ratte .................................................................. 57

Hoofstuk 6:
Meganismes wat die soort beweging verander ................... 71

Hoofstuk 7 Mini-PAT:
Ontwerp en maak ’n model van ’n masjien om graan
te vergruis ................................................................................ 85
Kwartaal 2
Hoofstuk 8:
Die impak van Tegnologie op die samelewing en die
omgewing ................................................................................ 109

Hoofstuk 9:
Maak nuwe dinge uit ou goed ............................................... 123

Hoofstuk 10 Mini-PAT:
Ontwerp ’n huis om minder energie te gebruik .................. 139
Minimum materiaal en gereedskap benodig vir tegnologie aktiwiteite
Leerders moet hulle eie basiese skryf- en tekengereedskap na die klaskamer bring, as ook afvalmateriaal wat
weer gebruik gaan word. Die skool moet alle ander materiaal en gereedskap, hieronder gelys, verskaf.
Nie al die materiaal en gereedskap gaan in elke hoofstuk gebruik word nie. Indien spesifieke gereedskap
nodig is in ’n hoofstuk, sal die onderwysersgids spesifiseer wat daardie gereedskap en materiaal is.
NB: Die onderwyser moet ten minste ’n week voor die hoofstuk begin, lees oor watter
materiaal en gereedskap nodig is. Dit sal verseker dat daar genoeg tyd is vir die onderwyser
om die nodige materiaal en gereedskap bymekaar te kry, en ook vir die leerders tyd gee om hulle
materiaal, wat hulle skool toe moet bring, bymekaar te kry.

Gereedskap deur leerders gebring


(belangrik vir alle tegnologie klasse)

Tekengereedskap: passer, grade boog,


tekendriehoek (30° en 45°)

Pen, potlood, skerpmaker,


uitveër, liniaal (30cm) Sakrekenaars

Materiaal wat leerders moet herwin


(herbruikbare verpakkingsmateriaal, ens.)

Links: Nuwe 180 gsm karton in verskillende kleure (opsioneel, Karton buise van toilet
slegs as leerlinge dit kan bekostig). Middel: Herbruikbare karton rolle of foelie
(dik karton soos die van graanvlokkie bokse). Regs: Geriffelde
karton (enkel laag).
Materiaal wat deur die skool verskaf moet word

✔ ✘
Groot, sterk skêre (koop in grootmaat teen R15 elk). MOET NIE Nuwe 180 gsm karton in
GOEDKOOP KLEIN SKÊRE GEBRUIK NIE! verskillende kleure (dunner as
graanvlokkiebokse, wat dit
makliker maak om te sny en vou)

Wondergom/Prestik (maskeerband
Maskeerband Houtgom (gomstokkie soos kan gebruik word as wondergom
bv. ‘Pritt’ is opsioneel) nie beskikbaar is nie)

Tou (katoen, 2-3 mm) Koperdraad 1 mm (dit buig Gegalvaniseerde staal draad 1
maklik met die hand en kan mm (opsioneel: indien tange of
met ’n skêr gesny word; kan by ander sny toerusting beskikbaar
enige hardeware winkel gekoop is om die draad te buig en te
word) sny)
Spykers (1 mm, 2 mm, Spuite (koop van apteek, Skuifspelde
4 mm, en 6 mm verskillende deursnitte). Pyp
deursnitte; lengtes tussen om saam met spuite te gebruik
3 cm en 8 cm) (koop by ’n troeteldierwinkel,
pype vir vistenks)

Splytpenne (opsioneel, moet Tandestokkies (koop in grootmaat) Drinkstrooitjies (koop in


dalk na ’n gespesialiseerde grootmaat)
skryfbehoefte winkel gaan om
aan te koop)
kwartaal 1
Hoofstuk 1
Dakke en kragmaste

In hierdie hoofstuk bestudeer die leerders raamstrukture. Die doel van die hoofstuk is om algemene
voorbeelde van raamstrukture soos byvoorbeeld dakkappe en kragmaste, wat ook aan die leerders
bekend kan wees, te gebruik om raamstrukture te definieer, hulle komponente uit te wys en die tipes
kragte wat op hulle inwerk te identifiseer.

1.1 Hoe kan ons ’n dak sterk maak? ........................................................................................ 4


1.2 Nog soorte kragte ............................................................................................................. 7
1.3 Elektrisiteitsmaste .......................................................................................................... 12

Figuur 1: Interne aansig van ’n dakstruktuur

Tegnologie graad 8 kwartaal 1 1


Materiaal wat vir die aktiwiteite in hierdie hoofstuk benodig word:
Pen of potlood
Karton (versterkte karton wat gebruik word om bokse te maak, is ideaal en maklik bekombaar)
Kleefband
Tou
Kartonbuise (binne toiletrolle, rolle papierhanddoeke en tinfoelierolle)
Modelleerklei, indien beskikbaar (leerders kan ’n plaasvervangende klei van meel en water maak)
Tandestokkies
Prestik

1.1 Hoe kan ons ’n dak sterk maak?


Die voorbeelde wat in hierdie afdeling gebruik word, is ontwerp om ’n praktiese begrip van die
behoefte om raamstrukture te versterk, om hulle in staat te stel om ladings soos byvoorbeeld
dakplate te dra, te bevorder. Die leerders sal ontdek dat die sterkte om ladings te dra, nie
alleen van die materiaal afkomstig is nie, maar ook van die ontwerp. Dit is belangrik om by die
bespreking van figure 4, 5 en 6 uit te wys dat versterking gedoen kan word, maar dat dit nie so
prakties of ekonomies soos verspanning is nie.
Die afdeling oor dakkappe wat daarna volg, stel die name van die verskillende komponente van
dakkappe bekend. Dit is belangrik om hierdie komponente te beklemtoon. Die leerders moet
die komponente ken om hulle in staat te stel om die verskillende kragte wat daarop kan inwerk
en waaroor hulle in hierdie afdeling gaan leer, te identifiseer en te verstaan. Die eerste krag wat
behandel gaan word, is trekkragte. Beide figure 8 en 9 wys hoe modelle gebou kan word om
hierdie konsep te illustreer.

1.2 Nog soorte kragte


Figure 10 en 11 kan gebruik word om aan die leerders uit te wys hoe strukture versterk of
verspan kan word. Die idee om stutbalke te gebruik om die dakpanele te ondersteun, kan op ’n
hoogs effektiewe wyse met behulp van die praktiese voorbeeld in figuur 13 gedemonstreer word,
omdat ’n kartonbuis ’n goeie voorbeeld bied om drukkrag te demonstreer. As die leerders ’n
aantal kartonbuise gebring het, kan dit ’n baie goeie praktiese en eenvoudige manier bied om die
effek van drukkrag te demonstreer.
Die volgende afdeling handel oor wringkrag en skuifkrag. Gebruik figure 14 tot 16 om
hierdie kragte te verduidelik. As ’n stuk lap of ’n handdoek beskikbaar is kan wringing prakties
gedemonstreer word, soos wat in figuur 15 geïllustreer is. Om skuifkrag te demonstreer kan
klein stukkies klei gebruik word soos in figuur 16 aangedui word. Die leerders kan egter ook
doodeenvoudig die klei tussen hulle hande vrywe om die reaksie van die materiaal waar te neem.
In die hersieningsafdeling, naamlik “Hersien wat jy geleer het” kan die aanleer van die verskillende
soorte kragte bevorder word. Die antwoorde in hulle werkboeke behoort ook nagegaan te

2 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


word om te verseker dat die leerders tussen die verskillende kragte kan onderskei. Belangrik:
let daarop dat nog ’n begrip met betrekking tot dakkappe bekendgestel word, naamlik die
hangstylkap. Maak seker dat die leerders hierdie komponent kan onderskei.

1.3 Elektriteitsmaste
Elektriese kragmaste is raamstrukture wat ontwerp en gebou word om baie sterk en veilig te
wees. Die leerders sal leer dat raamstrukture nie in dieselfde mate as soliede strukture deur die
wind beïnvloed word nie. Kragmaste is sterk en meer ekonomies as baksteentorings en het ook
’n kleiner impak op die omgewing.
Die besprekings in hierdie afdeling plaas die fokus op die gebruik van min materiaal om
strukture te verstewig. Deur van die voorbeelde in figure 30, 31 en 32 gebruik te maak, kan
leerders na kragmaste terug verwys word om aan te toon hoe triangulasie rame, en dus ook
kragmaste, kan versterk.
Indien moontlik, kan leerders figure 33, 34 en 35 as profiel vorms gebruik om klein modelle met
tandestokkies en Prestik te bou. Vir die doel van hierdie oefening kan die leerders in spanne van
drie of vier verdeel word. Om die hoofstuk af te sluit word leerders van geleenthede voorsien
om die vier verskillende soorte kragte, naamlik trekkrag, drukkrag, wringkrag en skuifkrag te
hersien. Maak asseblief seker dat hulle tussen die verskillende kragte kan onderskei.

Figuur 2: Verskillende soorte kragmaste Figuur 3: Verskillende soorte dakstrukture

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 3


1.1 Hoe kan ons ’n dak sterk maak?
Mense maak en bou baie verskillende soorte goed, soos huise, motors, paaie
en damme. Ons maak ook items soos bottels, klere, boeke en meubels. Party
goed, soos vurke en lepels en messe, is soliede voorwerpe wat uit slegs een deel
bestaan. Ander voorwerpe, soos bottels, potte en watertenks, is hol voorwerpe,
wat ook doppe genoem kan word. Ons maak ook voorwerpe wat uit verskillende
onderdele bestaan wat aanmekaargesit moet word, soos stoele, tafels en brûe.
Hierdie voorwerpe word raamstrukture genoem en dit is belangrik om te probeer
om raamstrukture sterk te maak.

Leer oor dakke

Vou ’n kartonvel in die middel sodat dit lyk soos die


dak van die huis op die prentjie.

1. Druk met jou hand afwaarts op jou


kartondak. Wat gebeur?
Figuur 4
Die struktuur sal ineenstort.

2. Miskien is jou dakplate baie sterk en sal hulle nie buig nie. Wat sal gebeur as ’n
paar groot mans op die dak gaan sit om die dakplate vas te maak?

Die dak mag weens die massa van die mans ineenstort en dit kan
gevaarlik wees.

Een manier om ’n dak sterker te maak is om meer en


dikker materiale te gebruik. Dit is nie ’n goeie plan nie,
want dit sal baie geld kos. Dit kan ook die dak so swaar
maak dat die mure van die gebou nie sterk genoeg sal
wees om dit te dra nie.

Figuur 5

4 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


’n Paar ander maniere om ’n dakmodel van karton te Die woord “verspan” kom van
versterk word in die sketse hieronder gewys. die Franse woord “bras” wat
3. Kyk mooi na elkeen van die sketse. Skryf ’n sin vir “arm” beteken. Wanneer jy ’n
elke skets neer om die metode wat gebruik word struktuur verspan plaas jy iets
om die dak te versterk of te verspan te beskryf. soos ’n ekstra arm in om dit
sterker te maak.

A B C
Figuur 6

(a) Geval A: Die dakmateriaal is versterk en die dak is aan die onderkant verspan.

(b) Geval B: Die dak is aan die onderkant verspan en kan nie na die
buitekant ineenstort nie.

(c) Geval C: Die dak is aan die onderkant verspan en kan nie buitewaarts

ineenstort nie.

Baie regte dakke word ondersteun deur


raamstrukture wat dakkappe genoem
word. Stutte kan van hout of staal gemaak
word. Die verskillende dele van dakkappe
word lede genoem. Elke kap het ’n vertikale
vertikale deel in die middel. Dit word die dakkap
hoofstyl genoem.
By sommige ontwerpe van dakkappe is
daar meer vertikale dele. Jy kan nog dakkap
ontwerpe op die eerste paar bladsye van Figuur 7: Onvoltooide dakkappe
hierdie hoofstuk sien.
Dakkappe moet die gewig van dakmateriaal, soos dakplate, ondersteun.

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 5


4. Watter deel van die dakkappe
voorkom dat hulle sywaarts
van mekaar weggly as die
dakplate op hulle gelaai word?
Jy kan antwoord deur dit op
figuur 8 aan te dui.

Die leerders moet met ’n merkie


aandui dat die horisontale lede
of komponente aan die onderkant
en die paneel na weerskante
uitmekaargly.

Die horisontale deel aan die


onderend van die dakkap verhoed
dat die twee sye van mekaar weggly.
In plaas van ’n balk kan ’n tou of Figuur 8
draad gebruik word om die twee
skuins dele onder aanmekaar vas te
bind sodat hulle nie van mekaar kan
weggly nie. As ’n balk of ’n stuk staal
vir hierdie doel gebruik word, noem
hulle dit ’n spanbalk.
’n Spanbalk moet sterk genoeg
wees sodat dit nie uitmekaargetrek
word deur die kragte wat daarop
inwerk nie. Die gewig van die
dakplate wat afwaarts op die
dakkappe druk, veroorsaak dat die
onderste punte van die kap se sye
die spanbalk probeer uitmekaar trek,
soos wat in die tekeninge hier regs
gewys word.
Jy kan sê dat daar spanning in
die spanbalk is, net soos wat daar
spanning in ’n tou is wat iemand
probeer om uit te rek.
Kragte wat spanning veroorsaak,
word drukkragte genoem. Figuur 9: Die geel spanbalk verkeer onder
spanning.

6 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


1.2 Nog soorte kragte
Maak ’n dak selfs sterker

Die twee skuins dele aan die kante


word daksparre genoem.
1. Skryf die naam van elkeen van Vertikale balk of
die vier dele langs die betrokke Hoofstylkap vir
deel op die diagram hier regs die sentrale balk
neer. Wanneer jy dit doen, sê
Dakspar
ons dat jy byskrifte by die (kapspar) vir die
diagram sit. twee buitenste
Die vier antwoorde wat die
Figuur 10 skuinsbalke
leerders moet voorsien is: Spanbalk (bindbalk)
vir die onderste balk
Die daksparre kan buig as die wind teen die dak waai of as ’n swaar las op die dak
geplaas word.

Figuur 11

2. Wat kan jy doen om die


dakkappe te versterk sodat
die daksparre nie sal buig as Die skets moet die versterking van die balke
’n swaar las op hulle inwerk deur die toevoeging van stutbalke aantoon. Die
nie? Maak hier ’n skets om sketse hoef nie presies met dié wat op die
jou plan te wys. volgende bladsy gedemonstreer word,
ooreen te stem nie. Dit is net belangrik dat
die leerders kan aantoon dat die balke wel
versterk is.

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 7


Die dakkappe regs het
stutsparre om die daksparre
te ondersteun.

Figuur 12

Die twee foto’s hieronder demonstreer die soort krag wat op stutsparre uitgeoefen
word. Wanneer ’n krag so optree, word dit ’n drukkrag genoem.

’n Krag wat iets rek of uitmekaar trek, word ’n


trekkrag genoem.
’n Krag wat iets saampers of papdruk word ’n Figuur 13: Drukkragte wat op
drukkrag genoem. daksparre inwerk

Wringkrag en skuifkrag

1. Rol ’n papiervel tot ’n buis en draai dit


dan op, soos die persoon in die foto die
handdoek opdraai. Deur dit te doen pas
jy ’n wringkrag op die papierbuis toe.

Figuur 14

8 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


2. Druk jou hande styf teen mekaar soos in
hierdie foto gewys word. Vryf jou hande
teen mekaar.

Figuur 15

As jy ’n stukkie klei in jou hande sit terwyl jy dit doen, sal die vorm van die klei
verander. Die krag wat jy toepas deur jou hande op hierdie manier teen mekaar te
laat beweeg, word skuifkrag genoem.

Figuur 16

Figuur 17 wys hoe twee


stukke hout met ’n bout
saamgevoeg is. As die
twee stukke hout van
mekaar losgeskeur of
teen mekaar gedruk
word, sal ’n skuifkrag
op die bout inwerk.
Dit kan veroorsaak dat
die bout buig of selfs
bars. ’n Dikker bout
sal ’n skuifkrag beter
weerstaan.

Figuur 17

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 9


Kontroleer wat jy in graad 7 geleer het

1. Sê in elke geval watter kragtipes in die prent gedemonstreer word:

Wringkrag Drukkrag

Skuifkrag Trekkrag

Figuur 18: Verskillende kragtipes

2. Sal hierdie dakstruktuur goed werk?

Beskryf wat verkeerd kan gaan as


dakplate of dakteëls op hierdie
struktuur geplaas sou word. Figuur 19

Die dak sal onder die gewig inmekaarstort omdat dit nie met spanbalke
(bindbalke) versterk is nie.

10 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


Dakkappe soos dié in die tekeninge hieronder word hangstylkappe genoem.
Die twee vertikale dele word hangstyle genoem. Hulle is beskadu in figuur 20.

Figuur 20

3. Figuur 21 is ’n tekening van ’n ander tipe hangstyldakkap. Beskadu die


hangstylkap in die tekening.

Figuur 21

4. Merk al die dele in die tekening hieronder wat onder drukkrag is met “D” en al
die dele wat onder spanning is met ’n “T”. Doen dit vir al die dele behalwe vir
die daksparre.

D D D
D D
T
Figuur 22

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 11


1.3 Elektrisiteitsmaste
Verskillende ontwerpe vir kragmaste

1. Kyk na die prente hieronder en op die volgende twee bladsye. Wat is die doel
van hierdie strukture? Hoekom word hulle opgerig?

Dit is die maste wat elektriese kabels oor die lengte en breedte van die land
dra. Die kabels is baie gevaarlik en dra ’n geweldige hoë spanning. Hulle word
gebou om baie lank te hou en om ook veilig en bestand teen slegte weer te wees.

Figuur 23

2. Waarom dink jy is die kragmas


in figuur 24 op só manier
ontwerp en nie soos in figuur
25 nie?

Die kruisverspanning (of triangulasie)


soos in figuur 24 gedemonstreer
gee meer stabiliteit en stewigheid
as die horisontale verspanning wat
in figuur 25 gedemonsteer word.

Figuur 24 Figuur 25

12 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


Figuur 26 Figuur 27 Figuur 28

Die maste in figure 26 en 28 is


soliede strukture wat van beton
gemaak is. Al die ander maste
is staalraamstrukture.

Figuur 29

3. Wat dink jy word deur die groen dele van hierdie tekeninge aangedui?

Dit is die beton fondamente wat die kragmaste stabiel maak.

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 13


Die maak van ’n struktuur met die gebruik van baie min materiaal

Kragte wat op ’n reghoekige raamwerk inwerk, kan dit laat skeeftrek:


A B A B

D C D C
Figuur 30: Die skeeftrek van ’n reghoekige raamwerk

1. Wat gebeur met die lengtes van lyne AC en BD as die raamwerk skeeftrek? Gaan
meet dit en vind uit.

A-C word korter (saamgedruk) en D-B word langer (spanning).

’n Versterkingstuk wat
Om te voorkom dat ’n raamwerk skeeftrek, kan ’n ingevoeg word om ’n
raamwerk te trianguleer kan
versterkingstuk ingevoeg word om dit te trianguleer:
ook ’n verspanbalk genoem
word.
geval A geval B

Figuur 31: Eenvoudige triangulasie van ’n raamwerk

2. Vergelyk wat gebeur as jy kragte soos in geval A en geval B toepas.


(a) Waarom behou die raamwerk sy vorm in geval A, maar verander van vorm in
geval B? Wenk: Dink aan die soort kragte wat op die blou balk inwerk.

In geval A tree die blou balk as ’n stutbalk op om trekkragte te voorkom.

In geval B word die blou balk saamgedruk om die raamwerk te laat buig.

14 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


(b) Hoe kan jy die ontwerp van die raamwerk verbeter sodat kragte dit nie kan
skeeftrek nie?

Deur nog ’n stutbalk oorkruis tussen die ander twee hoeke te plaas.

Nog ’n manier om te voorkom dat ’n raamwerk skeeftrek, is om dit twee keer te


trianguleer en sodoende ’n kruis te maak. Een verspanbalk gaan van die boonste
linkerkantse hoek van die vierhoek na die onderste regterkantste hoek van die
vierhoek. Die ander verspanbalk gaan van die boonste regterkantse hoek van die
vierhoek na die onderste linkerkantse hoek van die vierhoek.
geval A geval B

Figuur 32: Kruisverspanning van ’n raamwerk

Dit word kruisverspanning genoem. Dit is ’n spesiale soort triangulasie. Met


kruisverspanning, soos in geval A en geval B, trek die raamwerk nie skeef as kragte
toegepas word nie.
3. Vergelyk die raamwerkontwerp in figuur 31 met die een in figuur 32.
(a) Kan jy staalkabels in plaas van balke vir die verspanning in beide hierdie
raamwerkontwerpe gebruik? Verduidelik jou antwoord.

Ja, jy kan staalkabels gebruik om die raamstrukture te verspan. Die kabels

sal weerstand teen skeeftrek kan bied deur as verspanstukke op te tree om

die trekkrag wat uitgeoefen word, te weerstaan.

(b) Wanneer jy staalbalke vir verspanning in beide raamwerkontwerpe gebruik,


moet jy dieselfde balkdiktes in beide ontwerpe gebruik of kan jy materiaal
bespaar en dunner balke in een van die ontwerpe gebruik?

Jy sal dikker staal vir die raamstruktuur in figuur 31 as vir die een in figuur

32 moet gebruik want daar is nie van kruisverspanning in die voorbeeld in

figuur 32 gebruik gemaak nie

Hoofstuk 1: Dakke en kragmaste 15


Hoe om ’n toring te help om verdraaiing teen te staan
Die struktuur van ’n toring moet teen vormverandering kan teenstand bied.
Hieronder word twee maniere van vormverandering gewys.

Figuur 33: Skeeftrek Figuur 34: Verdraaiing

Die gebruik van triangulasie en kruisverspanning aan die buitekant van ’n


raamwerk help die raamwerk om teen skeeftrekking weerstand te bied. Soos wat
in figuur 34 gewys word, help dit egter nie om verdraaiing te voorkom nie.
Verdraaiing vind plaas as daar wringkragte op ’n struktuur uitgeoefen word,
soos wat gewys word deur die rooi pyle in figuur 34. Om te voorkom dat ’n
toringstruktuur verdraaiing ondergaan, kan jy kruisverspanning binne die
raamstruktuur gebruik. Die foto’s hieronder wys hoe ’n raamstruktuur met
kruisverspanning aan die binnekant en aan die buitekant gebou kan word. Die
kruisverspanning aan die binnekant is rooi, en die kruisverspanning aan die
buitekant is donkerblou.

Figuur 35: Interne kruisverspanning

16 TEgnologie GRaAD 8 kwartaal 1


Hoofstuk 2
Geboue en brûe

In hierdie hoofstuk word die fokus op strukture wat ruimtes kan oorspan, geplaas. Die leerders gaan
meer leer oor die mees waarskynlike redes waarom hierdie strukture kan faal, naamlik breking,
buiging en omtuimeling. Voorbeelde, wat aan die leerders bekend is, word gebruik en ’n progressiewe
proses word gevolg om die strukture bekend te stel, naamlik vanaf eenvoudige strukture soos
byvoorbeeld ’n tafel of ’n venster, na meer komplekse voorbeelde soos verskillende soorte brûe.

2.1 Vensters en tafels ............................................................................................................ 20


2.2 Verskillende soorte brûe .................................................................................................. 24
2.3 Hoe om strukture sterk genoeg te maak ........................................................................... 28

Materials required for this chapter:


Pen of potlood
Geriffelde karton
Kleefband
Skêr

Figuur 1: Hoe kan die bouers stene bo-oor die vensteropening lê?

TeGnologIE grAad 8 KWARTAAL 1 17


2.1 Vensters en tafels
Hierdie afdeling vereis praktiese werk van die leerders.
In die gedeelte wat oor lateie handel, sal die leerders ontdek dat strukture nie altyd sigbaar is
nie, maar steeds op dieselfde wyse werk. Dit kan gedemonstreer word deur ’n latei met ’n tafel
te vergelyk.
Moedig die leerders aan om kreatief te werk as hulle met die afdeling ‘Bou ’n model van ’n
tafel’ besig is. Hulle sal moontlik die antwoord op die probleem wat in figuur 7 voorgestel word
hê, maar hulle kan aangemoedig word om te dink oor hoe ’n mens ’n huis met behulp van
speelkaarte kan bou.
Gedurende die bouproses kan die leerders aan die lesse, wat hulle in hoofstuk 1 oor
verspanning geleer het, herinner word.

2.2 Verskillende soorte brûe


Die verskillende oplossings vir die vrae in die vraelys oor figuur 15 kan op die swartbord geteken
en bespreek word nadat die leerders dit voltooi het. Daarna kan die illustrasies in figuur 16 oorweeg
word. Die leerders moet tydens die maak van die tafel aantoon dat hulle die konsep begryp het.
Begelei hulle daarna deur die verskillende voorbeelde en verduidelik kortliks hoe elkeen werk.
Die leerders moet die praktiese voorbeelde in die volgende figure bestudeer: figure 18,
19, 20 en 21. Al hierdie voorbeelde kan op ’n praktiese wyse geïllustreer word indien die
leerders toegelaat word om die verskillende modelle te bou. Aanbeveling: die leerders kan van
geleenthede voorsien word om prakties te eksperimenteer deur hulle te versoek om die drie
verskillende soorte brûe, soos in die teks beskryf, te bou.
Voordat daar na afdeling 2.3 beweeg kan word, moet die leerders eers die soorte brûe wat in
figuur 16 geïllustreer word, hersien.

2.3 Om strukture sterk genoeg te maak


Hierdie afdeling is ondersoekend van aard. Daar moet individueel aan vrae 1 tot 6 gewerk word.
As hulle genoeg tyd gehad het om die antwoorde te voltooi, is dit noodsaaklik om die vrae een
vir een deur te werk sodat hulle, hulle antwoorde kan verduidelik.
Daar moet benadruk word dat die onus op die leerder rus om die drie hoofredes vir die faling
van brûe, naamlik breking, buiging en omtuimeling te identifiseer en te verstaan. Sodra
hulle die oorsake kan identifiseer, moet hulle aanbeweeg na vraag 7, waarin die verskil tussen
hangbrûe en boogbrûe die fokus dra. Die leerders moet in staat wees om die drie oorsake van
faling wat hulle ïdentifiseer het, te gebruik om die veiligheid van hierdie twee soorte brûe te kan
bespreek.
Herinner die klas daaraan dat daar huiswerk is wat voor die aanvang van die volgende les
voltooi moet word.

18 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


Figuur 2: Verskillende maniere om die muur bo ’n venster- of deuropening te ondersteun.

Figuur 3: Wat is die doel van hierdie struktuur? Hoe word dit ondersteun?

HOOFSTUK 2: Geboue en brûe 19


2.1 Vensters en tafels

Figuur 4
In hierdie prent lê ’n man stene bo-oor die vensteropening, maar die venster is nog
nie daar ingebou nie. Wat keer die stene om na onder te val?

Die houtplank (latei) word aan beide kante bo-op die muur gelê om die stene aan

die bokant van die venster te ondersteun.

Die ander man plaas ’n latei oor die vensteropening. ’n Latei is ’n stuk hout, staal
of beton wat die muur bo die opening kan ondersteun.

Lateie en voorwerpe soos


hierdie in figuur 5 word balke
genoem.

Figuur 5

20 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


Bou ’n model van ’n tafel

Valencia is haastig en benodig addisionele tafels vir ’n bruilofsonthaal by haar


huis. Sy kan nie bekostig om regte tafels te koop nie, maar sy het ’n hele paar
breë planke wat sy as tafelblaaie kan gebruik.

Figuur 6

1. Hoe kan jy die houtplanke gebruik om tafels te maak sonder dat dit nodig is om
die hout te sny? Maak hieronder ’n rowwe skets van jou plan.

Enige rowwe tekening wat ’n praktiese voorstel vir die


probleem bied, kan aanvaar word. Figuur 7 kan as geskikte voorbeeld dien.

HOOFSTUK 2: Geboue en brûe 21


2.3 Hoe om strukture sterk genoeg te maak
Ondersoek wat by strukture verkeerd kan gaan

1. Dink jy dit sal ’n goeie idee wees om ’n glasblad


as tafelblad te gebruik?

Nee, as iets daarop laat val word, of as iets wat

te swaar is daarop geplaas word, kan glas baie

maklik kraak of breek.

’n Glasblad kan baie maklik kraak of breek


of versplinter as swaar voorwerpe daarop
Figuur 22: ’n Tafel met ’n glasblad
geplaas word. Daar is ander dinge wat ook
met strukture verkeerd kan gaan.
2. Watter materiaal is gebruik om die pote te maak van die stoel waarop jy sit?

Dit hang van die soort stoel af wat die leerders gebruik het, naamlik staal,
hout of plastiek.

3. Waarom sal dit nie werk as jy rubberpype vir stoelpote probeer gebruik nie?

Rubber sal buig en geen ondersteuning bied nie

Tom het hierdie plan gemaak vir ’n model van ’n tafel


met ’n ronde blad. Tom se plan is om drie bottels op
hul nekke staan te maak, en ’n sirkelvormige stuk
karton bo-op hulle te plaas.

4. Verduidelik waarom dit nie so goed sal werk nie.


Figuur 23: ’n Tafel met ’n ronde
blad
Die struktuur is onstabiel omdat die bottels
onderstebo geplaas is en nie aan die glas vasgegom is nie.
Hier volg voorbeelde van ’n paar maniere waarop strukture soos brûe of geboue, of
dele van brûe en geboue, nie kan werk nie.
Van die onderdele van die struktuur, of struktuurdele, kan
versplinter of uitmekaar breek.
Van die onderdele van die struktuur of struktuurdele kan buig.
Van die onderdele van die struktuur of struktuurdele kan
omtuimel.

28 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


5. Die prente hieronder wys verskillende maniere waarop brûe kan misluk. Beskryf wat
in elkeen van hierdie gevalle verkeerd gegaan het, en hoe dit voorkom kon word.

Figuur 24

Figuur 24: die brug moet ondersteunende strukture hê om dit op te hou en dit
moet ook aan die rivieroewer geanker word.

Figuur 25

Die middelste vak van die brug moet met ysterstawe in die beton versterk
word of dit moet van ’n addisionele ondersteunende kolom voorsien word.

Figuur 26

Die ondersteunende strukture aan elke kant van die brug moet wyer as die brug
self wees en die brug moet aan hierdie strukture geanker word om verdraaiing
te voorkom.

HOOFSTUK 2: Geboue en brûe 29


6. ’n Ontwerp vir ’n klein tafeltjie word hier gewys.
Wat kan alles verkeerd gaan en maak dat die tafeltjie
nie werk nie?

Die tafel is baie hoog en nou en die pote is baie

na aan mekaar. Dit kan maklik omgestamp word.

Indien ’n gewig naby die rand geplaas word, kan

dit ook omtuimel.

Figuur 27

7. Die prente op die teenoorgestelde bladsy wys ’n hangbrug en ’n boogbrug.


In die geval van ’n hangbrug hang die dek van die brug aan die kabels wat die
vrag dra. Verduidelik in watter opsig ’n boogbrug van ’n hangbrug verskil.

By ’n hangbrug word die gewig deur oorhoofse kabels gedra. Hierdie kabels

verkeer onder spanning. By ’n boogbrug word die gewig van onder deur die

stutte en boog, wat onder kompressie verkeer, ondersteun.

30 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


Figuur 28

Figuur 29

HOOFSTUK 2: Geboue en brûe 31


Huiswerk: Wat het jy geleer?

1. Waar word lateie in huise gebruik en vir watter doel?

Lateie word gebruik om die stene bokant vensters, deuropeninge en ander


openinge in mure te ondersteun.

2. Kan boë in plaas van lateie gebruik word wanneer huise ontwerp en gebou
word? Maak ’n vryhandskets om jou antwoord te illustreer.

Ja, boё kan gebruik word om die stene bokant ’n deuropening te ondersteun.

Die leerders moet ’n skets soortgelyk aan die onderstaande tekening maak:

3. Wat is die verskil tussen ’n balk-en-kolombrug en ’n boogbrug?

ʼn Balk-en-kolombrug rus op gelyke, regop pilare wat in ’n rivier of kloof geplaas


kan word; ’n boogbrug word deur ’n boog, wat aan elke kant geanker is,
ondersteun.

4. Wanneer sal jy ’n hangbrug gebruik in plaas van ’n balk-en-kolombrug.

’n Hangbrug word gebruik indien die beoogde brug te hoog is om dit van
ondersteunende pilare, wat die grond kan bereik, te voorsien

Volgende week

In die volgende twee hoofstukke gaan julle meer sketse maak en ’n paar nuwe
tekentegnieke leer.

32 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


Hoofstuk 3
Plat en isometriese
werkstekeninge
Hierdie hoofstuk bied ’n inleiding tot die vaardighede wat nodig is om tekeninge te maak. In graad 7
is leerders geleer: “Hoe om dinge met tekeninge te sê,” en in graad 8 word die aanleer van hierdie
vaardighede verder gevoer. Nie alle leerders sal oor die nodige artistiese vermoëns beskik nie, maar
hulle kan tog aangemoedig word om hulle idees visueel te kommunikeer.

3.1 Lyntipes en skaaltekeninge ............................................................................................... 36


3.2 Enkelaansig, plat 2D-tekening ........................................................................................... 40
3.3 Isometriese tekeninge ...................................................................................................... 42

Figuur 1

Tegnologie graad 8 kwartaal 1 33


Materiaal wat vir aktiwiteite in hierdie hoofstuk benodig word:
Pen, potlood, potloodskerpmaker, uitveër, 30cm liniaal
Passer
Gradeboog
Tekendriehoeke (30°en 45°)

3.1 Lyntipes en skaaltekening


Daar word voorgestel dat die eerste deel van hierdie afdeling as ’n inleiding tot die belangrikheid
van teken benadruk kan word. Die leerders moet besef dat niks gebou of vervaardig kan word
sonder om eers te beplan nie. Die leerders kan ander voorbeelde as ’n argitekstekening vir ’n
huis voorsien, soos byvoorbeeld tekeninge vir nywerheidsmasjienerie, motors, skepe, ander
vervaardigde items en selfs huishoudelike voorwerpe. Hulle moet aangemoedig word om te
verstaan dat akkurate beplanning belangrik is voordat iets gebou of vervaardig kan word.
Die basiese inligting oor die teken van planne word eerste aangebied om die leerders aan die
verskillende tipes lyne wat in die tekeninge gebruik gaan word, bekend te stel. Die onderwyser
kan die swartbord gebruik om die gebruik van verskillende tipes lyne te illustreer.
Om skaal bekend te stel, kan die leerders aangemoedig word om oor die grootte van die
voorwerpe wat gebou gaan word, te dink. ’n Huis kan byvoorbeeld nie volgens sy werklike
grootte geteken word nie en ’n nywerheidsmasjien is ook te groot om “lewensgroot” geteken te
word. Figuur 9 kan gebruik word om die verskille in skaal aan te dui.
Die onderwyser kan seker maak dat die leerders die proses verstaan deur na die oefening
wat hulle op bladsy 39 voltooi het, te kyk. Foute kan uitgevee word sodat die tekeninge korrek
oorgedoen kan word.

3.2 Enkelaansig, plat 2D tekeninge


Hierdie afdeling kan ingelei word deur ’n voorwerp soos ’n boks of ’n boek vir die leerders te
wys. Die eerste tekening word vryhand geteken en ook nie volgens skaal geteken nie en behoort
geen probleme op te lewer nie.
Die tweede skets is meer gekompliseerd: herinner die leerders daaraan dat hulle net die voorste
deel van die voorwerp moet teken, maar dat die weggesteekte lyne wel gewys moet word.
Maak seker dat hulle die vermindering in skaal opmerk. Wanneer die tekeninge nagegaan word,
is dit nodig om seker te maak dat die gat in die middelpunt van die voorwerp in hulle tekeninge
deur ’n stippellyn verteenwoordig word. Moniteer die klas en staan leerders by wat dit moeilik
mag vind om die voorkant van die voorwerp te visualiseer deur die boks of die voorbeeld in die
boek weer te gebruik om ’n beter begrip te bevorder.

34 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 1


3.3 Isometriese tekening
Daar word weereens aanbeveel dat hierdie les begin word deur ’n voorwerp te gebruik om die
verskil tussen ’n plat 2D-voorwerp, ’n skuinsaansig en ’n isometriese aansig te demonstreer.
Deur die boek of boks na die verskillende perspektiewe te laat oorhel, sal die leerders
ondersteun word om ’n beter begrip van skuins en isometriese aansigte te kry. Deur dan na
figure 13 en 14 te verwys, kan jy aantoon dat ’n isometriese tekening die werklike afmetings,
wat baie belangrik is as planne geteken word, aandui.
Twee oefeninge word voorsien sodat hierdie tegniek ingeoefen word. Beide hierdie voorbeelde
vereis skaling van die voorwerpe. Die leerders moet die weggesteekte lyne en die skaal
aantoon. Maak seker dat die leerders die skaal korrek bereken het. Die leerders kan met
die skaalafmetings ondersteun word indien die oefening in die klas gedoen word, maar
die tweede oefening, die teken van die klavier, moet op hul eie gedoen word. Die skaal is
meer gekompliseerd omdat die deling nie altyd deur ’n telgetal is nie. Die leerders moet
dimensielyne gebruik om die afmetings op hulle tekeninge aan te dui.
Gedurende hierdie oefening moet hulle aangemoedig word om te begryp dat hulle in verskeie
ander skoolvakke beter sal presteer as hulle hierdie tekenvaardighede kan bemeester.

Figuur 2 Figuur 3

Hoofstuk 3: Plat en isometriese werkstekeninge 35


3.1 Lyntipes en skaaltekeninge
Selfs die eenvoudigste bouprojekte moet eers ontwerp word. Om dit te doen
moet iemand die beplande struktuur kan teken. Baie min mense kan ’n ding
maak sonder om dit eers te teken. Kom ons begin met die basiese beginsels van
tekenwerk.

Verskillende lyne vir verskillende doeleindes


Konstruksielyne
Normaalweg word konstruksielyne getrek om met die tekening te begin. Hulle is
dun, dowwe lyne wat later deur buitelyne vervang word.
Voorbeeld:

Figuur 4
Buitelyne
1. Hierdie lyne staan ook bekend as soliede lyne. Hulle is effens dikker en
donkerder as konstruksielyne.
Voorbeeld:

Figuur 5

36 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Versteekte detail
Hierdie lyne word ook versteekte lyne genoem. Dit is lyne wat jy nie kan sien
wanneer jy na die voorwerp kyk nie. Hulle is net so dik soos die buitelyne, maar is
gebroke.

Figuur 6

Hartlyne
Hierdie lyne wys waar die middelpunt van ’n simmetriese voorwerp is,
byvoorbeeld ’n sirkel. Dit word ook streepstippellyne genoem.
As jy ’n gat in ’n voorwerp moet boor, is hartlyne nuttig, want hulle wys jou
presies waar jy die boorpunt moet plaas.

Figuur 7 Figuur 8

Die simbool
Die simbool  word gebruik om die deursnee van ’n sirkel aan te dui. Die deursnee
word geskryf aan die einde van ’n pyl wat na die middelpunt van die sirkel wys.

Hoofstuk 3: Plat en isometriese werkstekeninge 37


Teken volgens skaal

Dit is nie altyd moontlik om iets so groot as wat dit in die werklike lewe is te teken
nie, want dalk pas die tekening nie op die papier wat jy gebruik nie. Jy moet dus
in staat wees om ’n voorwerp volgens ’n ander skaal te kan teken. Maar hoe werk
dit?
• Skaal 1:1 Dit is volskaal, en beteken een sentimeter in jou tekening wys een
sentimeter in die werklike lewe.
• Skaal 1:2 Dit beteken dat ’n sentimeter in jou tekening twee sentimeter in die
werklike lewe aandui.
Die tekening hieronder wys dieselfde voorwerp volgens verskillende skale geteken.
Meet die onderste lyn van die eerste en die tweede tekening om te kontroleer of
die tweede tekening werklik volgens ’n skaal van 1:2 geteken is.

Figuur 9

38 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Kyk na die tekening van Skaal 1:10
’n voorwerp hier regs.

Figuur 10

1. Teken die voorwerp volgens ’n skaal van 1:5 oor. Gebruik ’n liniaal om hierdie
tekening, en al die ander tekeninge in hierdie hoofstuk, te maak. Gebruik ’n
passer om die sirkel te teken.
• Wys afmetings.
• Wys die sirkel se hartlyne.
• Wys die skaal.

Hoofstuk 3: Plat en isometriese werkstekeninge 39


3.2 Enkelaansig, plat 2D-tekening
In die tekeninge wat julle in die
vorige les gemaak het, het julle die
voorkant, die sykant en die bokant
van voorwerpe gewys. Nou gaan
jy ’n paar tekeninge maak waar jy
net die voorkant van ’n voorwerp
wys. Die voorkant van die blok in
figuur 11 is rooi.
1. Die dame sien net die rooi
gedeelte van die blok. Maak ’n
skets van die rooi gedeelte op die
geruite blok hieronder.

Figuur 11

40 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


2. Maak ’n 1:10 skaaltekening van die voorkant van hierdie voorwerp.
• Wys weggesteekte lyne.
• Wys afmetings.
• Wys die skaal.

Skaal 1:15

Figuur 12

Indien jy tyd oor het aan die einde van hierdie les kan jy solank oor isometriese
projeksie op die volgende bladsy begin lees.

Hoofstuk 3: Plat en isometriese werkstekeninge 41


3.3 Isometriese tekeninge
Die verskil tussen ’n 3D skuins- en ’n isometriese tekening word in die voorbeelde
hieronder gewys. Beide tekeninge is van dieselfde voorwerp.

Figuur 13: Skuinsaansig

Figuur 14: Isometriese tekening

Die skuinstekening wys die ware lengtes van lyne BC


Die woord “isometries” is
en CD, maar nie die ware lengte van lyn AB nie. afgelei van die woorde “iso”
Die isometriese tekening wys die ware lengtes van en “metries”. “Iso” beteken
lyne AB, BC en CD. “dieselfde” en “metries” verwys
na “afmetings”.

42 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


1. Maak ’n isometriese
tekening van die
krytdosie hier regs
op die isometriese
geruite blok. Gebruik
’n skaal van 1:4
• Wys versteekte lyne.
• Wys afmetings.
• Wys die skaal.

Figuur 15

Hoofstuk 3: Plat en isometriese werkstekeninge 43


2. Maak ’n isometriese tekening van die
Skaal 1:25
klavier hier regs op die isometriese
geruite blok. Gebruik ’n skaal van 1:25.
• Wys weggesteekte lyne.
• Wys afmetings.
• Wys die skaal.

Figuur 16

Volgende week

In die volgende hoofstuk gaan jy leer om tekeninge te maak wat wys wat jy
werklik sien. Sulke tekeninge is artistiese tekeninge. ’n Spesiale tegniek, wat jy sal
leer, word daarvoor gebruik.

44 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Hoofstuk 4
Perspektieftekening

Hierdie hoofstuk volg op die vorige hoofstuk waarin plat en isometriese tekeninge verduidelik is, sowel as
op die enkel verdwynpunt perspektieftekeninge wat in graad 7 bemeester is. Die leerders word aan die
dubbel verdwynpunt perspektief voorgestel. Hulle word geleenthede gebied om die tekeninge self te maak
deur hulle van eenvoudige sketse na meer komplekse voorbeelde te begelei. In die derde deel van die
hoofstuk ondersoek hulle die gebruik van beskaduwing om meer realistiese tekeninge te skep.
Die basiese idee in hierdie hoofstuk is om die leerders se vaardighede te bevorder deur hulle te lei
om dit wat hulle sien, te teken. Beide om te skets en teken is belangrike vaardighede wat ontwikkel
moet word. Selfs die minder talentvolle leerders kan die basiese vaardighede aanleer. Soos in die
graad 7 leerderboek genoem, is dit spesifiek in Tegnologie belangrik om te kan teken, omdat dit
leerders help om hulle idees en die besonderhede van hul ontwerpe te kommunikeer.
4.1 Perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt ................................................................. 47
4.2 ’n Moeiliker perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt ................................................ 50
4.3 Gebruik beskaduwing en tekstuur om tekeninge meer realisties te laat lyk ........................... 52

Materiaal wat vir die aktiwiteite in hierdie hoofstuk benodig word:


Pen, potlood, potloodskerpmaker, uitveër, 30 cm liniaal
Passer
Gradeboog
Tekendriehoeke (30° en 45°)

Figuur 1: Ons sien alles rondom ons in perspektief. Figuur 2: Waar is die verdwynpunt van elke
blok?

Tegnologie graad 8 kwartaal 1 45


4.1 Dubbel verdwynpunttekening
In hierdie afdeling word leerders se kennis van die enkel verdwynpunt perspektief asook die tekentegnieke
wat hulle in graad 7 en in die vorige hoofstuk aangeleer het, eers hersien. Van spesifieke belang is die
drie tipes lyne wat in hierdie tekeninge gebruik is: soliede lyne vir buitelyne, fyn lyne vir konstruksielyne
en stippellyne vir weggesteekte rande. Daarna word hulle in hierdie afdeling met behulp van voorbeelde na
perspektieftekeninge met ’n dubbel verdwynpunt gelei. Die leerders kan aan die dubbel verdwynpunt perspektief
voorgestel word deur hulle daarop te wys dat die voorste vlak van ’n boks vanuit ’n enkel verdwynpunt
perspektief vir die illustreerder lyk asof hy of sy loodreg daarop neerkyk; vanuit ’n dubbelpunt perspektief is die
boks in ’n isometriese posisie met betrekking tot die illustreerder geplaas. Die leerders word deur tekeninge
(vergelyk figure 4 tot 6) gelei om ’n eenvoudige blok in die dubbel verdwynpunt perspektief te teken. Die
onderwyser moet asseblief seker maak dat die leerders hierdie stap korrek uitvoer, aangesien die volgende
oefening moeiliker is. Hulle moet enige foute wat gemaak word, uitvee en die tekeninge oordoen totdat hulle die
tegniek bemeester het. Maak ook seker dat hulle sigbare konstruksielyne agterlaat, want dit help hulle wanneer
hulle die tekeninge nagaan. Dit help ook as hulle later weer daarna wil kyk om die tekenproses te hersien.

4.2 Om moeiliker tekeninge met ’n dubbel verdwynpunt te maak


Hierdie tekening lyk ’n bietjie meer gekompliseerd, maar die leerders kan met hierdie oefening bygestaan
word indien hulle aangemoedig word om die ‘blok’ sonder die uitgesnyde stuk te visualiseer. Lei hulle
daarna stap-vir-stap deur die voorbeelde en wys vir hulle dat dit beter is om die blok eerste te teken en die
uitgesnyde deel later. Let daarop dat dimensielyne in hierdie oefening gegee word: die leerders moet,
terwyl hulle die voorwerp teken, liniale gebruik om die afstande akkuraat te meet. As die leerders die
proses eers verstaan, moet hulle aangemoedig word om gewone voorwerpe, soos byvoorbeeld tafels en
kaste gedurende hul vrye tyd te teken om hulle te help om die vaardigheid in te oefen.

4.3 Gebruik beskaduwing en tekstuur om tekeninge


meer realisties te laat lyk
Hierdie afdeling kan vir die leerders baie opwindend wees, omdat hulle vaardighede aanleer wat ook in die
illustrasies in boeke, strokiesprentboeke en tydskrifte gebruik word. Die illustrasies wat voorsien word,
bied uitstekende voorbeelde van basiese tegnieke soos arsering, kruisarsering, stippels en inklae, wat hulle
kan gebruik om hulle tekeninge meer realisties te maak. Die leerlinge sal moontlik met hierdie tegnieke wil
eksperimenteer en hulle behoort ook aangemoedig te word. Selfs leerders wat nie baie artisties is nie, sal
kan waarneem dat hulle tekeninge meer professioneel lyk as hulle hierdie tegnieke gebruik. Figuur 20 bied
’n perfekte voorbeeld van ’n samevoeging van die onderskeie beginsels en tegnieke; hierdie oefeninge op
bladsye 55 en 56 bied aan hulle die geleentheid om die basiese aspekte ten opsigte beskaduwing in te
oefen voordat hulle hul eie tekeninge skep. Daar is in hierdie hoofstuk vir die leerders geen vrae gegee om
te beantwoord nie, daarom is dit belangrik dat die onderwyser, gedurende die nagaan van die leerders se
sketse, seker sal maak dat die leerders die beginsels verstaan wat in al drie afdelings van hierdie hoofstuk
onderrig is. Foute wat nie nou reggemaak word nie, sal later ’n negatiewe uitwerking op hulle tekenwerk
hê. Daar moet benadruk word dat oefening die beste roete na perfekte tekenwerk is en ook dat die
bemeestering van hierdie vaardighede later baie nuttig sal weesin beide die graad 8- en
9 Tegnologiekurrikula.

46 TEGNOLOGIE GRAAD 8 KWARTAAL 1


4.1 Perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt
Julle het reeds in graad 7 van ’n enkel verdwynpunt perspektief geleer. Nou gaan
ons ’n bietjie verder en gaan na perspektief met ’n dubbel verdwynpunt kyk.
Kunstenaars gebruik dikwels perspektiefaansigte om dit wat ons met ons oë sien
voor te stel.
Wanneer jy na die see, ’n groot dam of ’n wye vlakte kyk, sal jy ’n horisontale lyn
sien waar die lug en die aarde mekaar ontmoet. Dit staan as die “horison” bekend.
Om ’n perspektieftekening te maak moet jy dink oor waar die horisonlyn op jou
tekening kan wees.
In graad 7 het julle geleer om ’n blok in enkel verdwynpunt perspektief te teken,
soos wat in die tekening hieronder gewys word.

Verdwynpunt Horisonlyn (HL)

Konstruksielyne,
wat ook
bekendstaan as
rigstrepe

Vooraansig
Grondvlak

Figuur 3

Hoofstuk
CHAPTER4:4:Perspektieftekening
PERSPECTIVE DRAWING 47
Perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt
In ’n perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt is daar twee verdwynpunte
op die horisonlyn. Op bladsy 46 is daar ’n perspektieftekening met ’n dubbel
verdwynpunt van ’n blok.
1. (a) Om ’n dubbel verdwynpunt perspektieftekening van ’n blok te maak kan jy
begin deur ’n horisonlyn en een vertikale rand van die blok te teken, soos wat
hieronder gewys word.
(b) Trek dan konstruksielyne van die bopunt en onderpunt van die vertikale
rand na twee verdwynpunte op die horisonlyn.

Verdwynpunt 1 Verdwynpunt 2

Grondvlak

Figuur 4
2. (a) Sodra jy dit gedoen het, moet jy nog ’n rand van die blok afmerk op die
konstruksielyne, soos wat in figuur 5 by A en B gewys word.
(b) Vanaf punt A en B, trek kontruksielyne na verdwynpunt 2.

Verdwynpunt (HL) Verdwynpunt 2

Grondvlak

Figuur 5

48 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


3. (a) Merk nou, soos wat in figuur 6 gewys word, by C en D ’n ander rand van die
blok af op die konstruksielyne wat na verdwynpunt 2 loop.
(b) Trek konstruksielyne van punt C en D na verdwynpunt 1.

Verdwynpunt 1 (HL) Verdwynpunt 2

D
A

C
B

Grondvlak

Figuur 6
4. Maak jou eie perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt van ’n blok
hieronder. Trek soliede lyne in, soos wat aangedui word op die bloktekening op
bladsy 46.

Hoofstuk 4: Perspektieftekening 49
4.2 ’n Moeiliker perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt
Jy gaan nou ’n perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt maak van ’n blok
waaruit ’n stuk gesny is, soos wat in figuur 7 gewys word.

Figuur 7

1. Dit is beter om die blok eers, soos hieronder gewys word, sonder die uitgesnyde
stuk te teken.

Verdwynpunt 1 Verdwynpunt 2

Grondvlak

Figuur 8

50 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


2. Merk dan die uitgesnyde stuk soos wat hieronder gewys word.

Verdwynpunt 1 Verdwynpunt 2

Grondvlak

Figuur 9
3. Maak en voltooi jou eie perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt van die
voorwerp in figuur 7. Waar nodig, teken die soliede lyne in.

Hoofstuk 4: Perspektieftekening 51
4.3 Gebruik beskaduwing en tekstuur om tekeninge meer
realisties te laat lyk
As jy ’n prent van ’n voorwerp teken, kan jy van perspektief gebruik maak om
die prent meer lewensgetrou of werklik te laat lyk. As jy jou prent in perspektief
geteken het, kan jy dit selfs beter laat lyk deur beskaduwing te gebruik.
Beskaduwing is ’n manier om te wys dat iets ’n driedimensionele vorm, in plaas
van ’n tweedimensionele vorm is.
Vergelyk byvoorbeeld figuur 10a en 10b.

Figuur 10a: ’n Sirkel (tweedimensioneel) Figuur 10b: ’n Sfeer (driedimensioneel)

Soos wat julle in figuur 11 kan sien, is lig en skaduwee die basiese beginsel van
beskaduwing. Die posisie van ’n ligbron relatief tot ’n voorwerp bepaal watter dele
van die voorwerp ligter is, en watter dele donkerder.

Figuur 11: Die posisie van die lig wat op elke kubus skyn, bepaal watter dele ligter of donkerder sal wees.
Die posisie van die lig op hierdie kubusse word deur die rooi pyle aangedui.

Ongeag die stuk tekengereedskap wat jy gebruik, soos byvoorbeeld ’n pen, potlood,
vetkryt, houtskool, ’n kwas of ink, is daar ’n aantal tegnieke wat jy kan gebruik om
’n voorwerp te beskadu.

52 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Arsering
Arsering beteken dat jy min of meer parallelle lyne trek op die deel van die
voorwerp wat jy in skadu wil hê. Hoe nader jy die lyne aan mekaar trek, hoe
donkerder kan jy die skaduwee laat lyk. Arsering werk goed met enige stuk
tekengereedskap wat lyne kan maak.

Figuur 12: Verskillende skaduwees wat deur arsering geskep word

Kruisarsering
Kruisarsering is soos arsering, behalwe dat jy twee stelle lyne trek wat mekaar kruis.
Kruisarsering werk ook goed met enige stuk tekengereedskap wat lyne kan maak.

Figuur 13: Verskillende skaduwees wat deur kruisarsering geskep word

Stippels
In plaas daarvan om lyne te trek, kan jy jou pen, potlood of enige ander stuk
tekengereedskap gebruik om stippels te maak vir beskaduwing. Hoe nader die
stippels aanmekaar is, hoe donkerder sal die skadu wees.

Figuur 14: Verskillende skaduwees deur stippels geskep

Inklae
Jy kan water met ink verdun om verskillende skaduwees te skep. Baie water en
min ink sal ’n ligter inklaag veroorsaak, en min water en baie ink ’n donkerder
inklaag. Verf die mengsel van ink en water met ’n kwas aan sodra jy dit gemeng
het. As jy nie ink het nie, gebruik waterverf op dieselfde manier.

Figuur 15: Verskillende skaduwees wat geskep is deur inklae en ’n kwas

Hoofstuk 4: Perspektieftekening 53
Hieronder is voorbeelde van basiese vorms wat met hierdie verskillende tegnieke
beskadu is:

Figuur 16: ’n Sfeer

Figuur 17: ’n Kubus

Figuur 18: ’n Silinder

Figuur 19: ’n Keël

54 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Hieronder is ’n veel meer komplekse voorwerp. Dit is geteken deur ’n kunstenaar
wat ’n kombinasie van beskaduwingstegnieke gebruik het:

Figuur 20: Portret van ’n man in ’n pak klere

Tekenoefeninge

1. Gebruik een van die beskaduwingstegnieke waarvan julle geleer het en skep vyf
verskillende skadu’s in die blok hieronder.

Hoofstuk 4: Perspektieftekening 55
2. Figuur 21 is ’n tekening wat uit lyne
en beskaduwing bestaan. Dit wys ’n
boom, huis en motor wat deur die
kombinasie van verskillende basiese
vorms geteken is.
Beskadu die kopie van
hierdie tekening in die spasie
hieronder. Gebruik enige van die
beskaduwingstegnieke waarvan jy in
hierdie hoofstuk geleer het.

Figuur 21

Volgende week

In die volgende drie hoofstukke gaan julle leer oor verskillende moontlikhede om
die manier waarop dinge beweeg te verander. Julle gaan dit doen deur byvoorbeeld
ratte en krukasse te gebruik.

56 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Hoofstuk 5
Wîe, wiele en ratte

Leerders hersien die werk wat hulle in graad 7 oor meganiese voordeel en afstandvoordeel
gedoen het. Hulle leer nou oor wîe, skuinsvlakke, wiele en ratte, oor hoe hierdie eenvoudige
meganismes die grootte en rigting van ’n krag kan verander, en oor hoe hulle gekombineer kan word
om meer ingewikkelde meganismes soos fietse of motors te maak.
5.1 Skuinsvlakke en wîe.......................................................................................................... 59
5.2 Wiele............................................................................................................................... 62
5.3 Ratte (NB: Die onderwyser moet deeglik voorberei vir heerdie afdeling.)................... 65

steil
matige helling
helling

rat met 22 tande


rat met 24 tande rat met 32 tande
rat met 32 tande
Figuur 1: Jy gebruik verskillende kombinasies van ratte aan ’n fiets as jy teen ’n matige helling opry óf teen
’n steil helling. Waarom?

Ratte maak dit makliker om teen heuwels op te ry omdat hulle ’n meganiese voordeel gee.
Woorde om oor heuwels, en paaie wat nie gelyk is nie, te praat
As ’n pad oor ’n plat oppervlak loop, sê jy dit is gelyk.
As ’n pad opdraand of afdraand loop, sê jy dat dit ’n helling of gradiënt het.
As ’n pad net effens opwaarts loop, sê jy dat dit ’n effense helling het.
As ’n pad vinniger na bo styg, kan jy sê dat dit ’n matige helling het.
As ’n pad skerp na bo styg, kan jy sê dat dit ’n skerp/steil helling het.

Teghnologie graad 8 kwartaal 1 57


5.1 Skuinsvlakke en wîe
Dit is belangrik om die scenario tydens die inleiding van die les te skets, veral ten opsigte van
begrip oor hoe ratte ’n meganiese voordeel kan verleen. Die hersiening wat die leerders aan die
begin van die hoofstuk doen, sal help met voorbereiding vir hierdie hoofstuk. Maak seker dat
hulle die verskil tussen meganiese voordeel en afstandvoordeel onthou en verstaan.
Die vrae op bladsy 60 is ’n goeie gids tot ’n praktiese begrip van skuinsvlakke.
Die ooreenstemming tussen die vorm van ’n skuinsvlak en dié van ’n wig kan gebruik word om
die afdeling oor wîe in te lei. As die leerders eers ’n goeie begrip van die verwantskap tussen
insetkrag en insetafstand gevorm het, kan die onderwyser hulle na die skuinsvlakke in die vorige
afdeling terugverwys. Die illustrasie van die huis wat met behulp van wîe waterpas gemaak
word, sal hiermee help. Omdat die huis opgelig word, verskaf hierdie voorbeeld ’n perfekte
manier om uitsetkrag te benadruk.

5.2 Wiele
Dit is ’n goeie manier om oor die belangrikheid van wiele in ons geskiedenis te praat om hierdie
afdeling aan die leerders bekend te stel. Wiele het die rigting waarin tegnologie ontwikkel het,
verander en daarom ook die geskiedenis van die beskawing – ’n onderwerp wat die leerders
dalk graag sou wou bespreek.
Dit is maklik om die praktiese voorbeelde te volg, maar jy moet seker maak dat die leerders
die beginsels van rotasiebeweging, liniêre beweging en wrywing verstaan, want hierdie
onderwerpe sal binne die Tegnologiekurrikulum sterk na die voorgrond tree.
’n Fiets word gebruik om hierdie beginsels te demonstreer en die leerders sal in staat wees om
met die gegewe voorbeelde te identifiseer. (Dit sou ideaal wees as ’n fiets klas toe gebring kan
word om die begrip te demonstreer!)
Die groepbespreking moet noukeurig gemoniteer word en die leerders kan die antwoorde
individueel in hulle werkboeke skryf. Vrae 1 en 2 sal die onderwyser in staat stel om elke leerder
se begrip baie akkuraat te assesseer.

5.3 Ratte
Daar is ’n nou verband tussen ratte en hefbome en die onderwyser kan die verwantskap aan die
begin van hierdie afdeling aan die leerders bekendstel en dit ook beklemtoon. As die leerders
eers verstaan dat ratte volgens hierdie beginsel werk, sal dit makliker wees om die konsep van
ratverhoudings aan hulle bekend te stel.
Vrae 1 tot 6 sal die leerders aan ratte laat dink, hoe hulle saamwerk en hulle ook aan
verhoudings bekendstel (vraag 5). Die antwoorde op hierdie vrae kan gedemonstreer word deur
die deksels van twee flesse te gebruik en hulle dan langs mekaar in die rondte te laat draai.
Gebruik ’n bottel se prop en ’n fles se deksel om vraag 5 te demonstreer.
Tussenratte kan perfek op soortgelyke wyse met twee bottelproppe en ’n fles se deksel
gedemonstreer word.

57 ... vervolg
Ratverhoudings word in die volgende afdeling afsonderlik bespreek, maar op grond van vraag 5
op bladsy 67 sal leerders reeds ’n goeie idee hê oor hoe ratverhoudings werk.
In hierdie afdeling word leerders met die tegniese aspekte van ratverhoudings vertroud gemaak
en geleer hoe om ratverhoudings te bereken. Dit is belangrik dat hulle die metodes wat gebruik
word om verhoudings te bereken verstaan want hulle het hierdie inligting vir toekomstige werk
nodig.
Die antwoorde wat leerders op vrae 1 en 2 gee is uiters belangrik. As die antwoorde verkeerd
is, word aanbeveel dat die hele klas weer deur die proses geneem word totdat al die leerders
die berekeninge met gemak kan doen. Die syfers kan gevarieer word om seker te maak dat die
leerders die proses volg en nie eenvoudig hulle vroeëre antwoorde herhaal nie.
Let wel: Sommige leerders, en ook sommige onderwysers, kan moontlik nie met die definisie
van ratverhoudings wat op bladsy 69 gegee word, saamstem nie omdat dit die wyse waarop
ons van die hoë en lae ratte in ’n kar en aan ’n fiets praat, weerspreek. As dit gebeur, moet daar
nie vir die leerders gesê word dat hulle verkeerd is en dat die definisie reg is nie. Vertel liewer vir
hulle wat op die volgende bladsy staan en maak vir hulle ’n kopie van die bladsy.

Om in alledaagse taal oor ratte te praat en om ratverhoudings


te bereken
Die definisie vir ratverhoudings is ’n konvensie, wat beteken
’n Voorbeeld van ’n spelling
dat dit iets is waaroor mense ooreengekom het, net soos
konvensie:
die manier waarop woorde gespel word. Dit gaan nie oor
die absolute waarheid nie. Die mense wat oor die konvensie Suid-Afrika en Brittanje skryf
oor hoe ratverhoudings bereken moet word, besluit het mense die Engelse woord vir
was wetenskaplikes en ingenieurs. Toe hulle die konvensie “kleur” as “colour”, maar in
geformuleer het, het hulle ongelukkig nie aan die manier Amerika skryf hulle “color”.
waarop mense in die alledaagse taal oor ratte praat, aandag
gegee nie. Jy het genoeg rede om vir hulle vies te wees
omdat hulle vir jou verwaring skep.
In elke taal word beskrywende woorde, soos “hoog” en “laag” gebruik om oor die ratte wat by ’n
motor of fiets gekies word, te praat. Vir ’n motor gebruik jy ’n lae rat (tweederat) om stadig teen
’n steil bult op te ry en jy gebruik ’n hoë rat (vyfderat) wanneer jy vinnig op ’n gelyk pad ry. As jy
met ’n fiets op ’n gelyk pad ry, kies jy ’n lae of ’n hoë rat. As jy ’n lae rat kies, sal jy vinnig trap
met ’n ligte krag. As jy ’n hoë rat kies, sal jy stadig trap maar met ’n groot krag.
In die alledaagse taal beteken ’n lae rat dus dat die insetrotasiespoed (van die enjin en die pedale)
in vergelyking met die uitsetrotasiespoed (van die wiel of wiele) vinnig is. Met ander woorde, die
uitsetrotasiespoed is stadig in vergelyking met die insetrotasiespoed. Dit beteken daarom dat jy
’n klein antwoord sal kry as jy die uitsetrotasiespoed deur die insetrotasiespoed deel.
Ongelukkig het die wetenskaplikes en ingenieurs wat besluit het oor hoe ratverhoudings bereken
moet word, ratverhoudings anders om gedefinieer. Hulle het ratverhouding gedefinieer as
insetrotasiespoed gedeel deur uitsetrotasiespoed (sien die formule op bladsy 69):

vervolg ... 57
ratverhouding: rotasiespoed van die insetas
rotasiespoed van die uitsetas
Die volgende tabel wys hoe ratverhoudings van ’n motor in ’n motortydskrif getoon word.
Rat 1ste 2de 3de 4de 5de
Ratverhouding 4.1 2.2 1.5 1.1 0.9

Let daarop dat die hoogste rat (5e) ten opsigte van ratverhouding die kleinste waarde het.
’n Nuttige manier om die definisie van ratverhouding te verstaan is om te sê dat dit die aantal
kere is wat ’n motor se enjin of die pedale van ’n fiets in die rondte moet draai sodat die wiele
een keer in die rondte kan draai.

Albei die paaie gaan berg op. Die

linkerkantse pad is die langste, maar dit

Figuur 2: Watter pad sal jy teen die berg op is makliker om mee op te gaan omdat dit
neem? Watter pad sal die langste neem?
nie so steil is nie.

58 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 1


5.1 Skuinsvlakke en wîe

Hersiening: Meganiese voordeel


In graad 7 het jy geleer hoe hefbome, katrolle en Hefbome, katrolle en
krukasse jou kan help om dinge te beweeg. Om ’n krukasse is verskillende tipes
voorwerp te laat beweeg, moet jy dit stoot of trek. ’n meganismes. In hierdie
hoofstuk gaan jy leer oor meer
Stoot- of trekbeweging word krag genoem. Daardie
tipes meganismes.
krag sal die voorwerp oor ’n afstand laat beweeg.
Krag en afstand is die twee belangrike dinge wat deur
meganismes verander word.
Party meganismes verander klein insetkrag oor lang
afstand in groot uitsetkrag oor kort afstand. Jy kan sê
die meganismes het meganiese voordeel, maar Figuur 3: ’n Tang wat ’n
afstandsnadeel. Jy kry meganiese voordeel as ’n meganiese voordeel gee.
masjien dit makliker maak om iets op te lig of te beweeg.
Ander meganismes verander groot insetkrag oor ’n
klein afstand in klein uitsetkrag oor ’n lang afstand. Jy
kan sê die meganismes het meganiese nadeel, maar
afstandsvoordeel. Jy kry afstandsvoordeel as ’n Figuur 4: ’n Kombuistang wat ’n
masjien iets verder laat beweeg. afstandsvoordeel gee.
Telkens as jy kyk om te sien hoe meganismes werk,
probeer om te verstaan wat met die insetkrag en die uitsetkrag gebeur. Probeer ook
verstaan wat met die insetafstand en uitsetafstand gebeur. Bewegingsvoordeel is
dikwels ook spoedvoordeel, want as iets in dieselfde tyd verder beweeg, beweeg dit
ook vinniger.

Skuinsvlakke
’n Pad wat steil opwaarts loop, kan ’n skuinsvlak genoem word. Die dak van ’n
huis wat teen ’n helling na bo loop, is ook ’n skuinsvlak.

Om ’n seun in ’n rolstoel te help om met ’n trap op te gaan

As mense geboue met trappe ontwerp, moet


hulle ook ou mense en mense in rolstoele
in gedagte hou. Hierdie mense sal, soos die
seun in die rolstoel in figuur 5, sukkel om by
die trappe op te kom.

Figuur 5

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 59


Om die seun te help kan jy ’n oprit bou om ’n gladde ’n Oprit/afrit is ook ’n
pad te vorm tussen die lae plek op die grondvlak en skuinsvlak.
die hoër plek. Onder word twee ontwerpe vir ’n oprit
gewys.
oprit A oprit B

Figuur 6 Figuur 7

1. Watter ontwerp sal dit die maklikste maak vir die seun om van die grondvlak
na die hoër plek te beweeg, en hoekom? Wenk: lees die stuk onderaan bladsy
57 oor: “Woorde om te gebruik as jy oor heuwels en paaie met ’n opwaartse/
afwaartse helling praat”.
Oprit B, want die helling is nie so steil nie.

2. Sal die seun op beide opritte A en B oor dieselfde afstand beweeg, of sal hy op
een van die opritte oor ’n langer afstand beweeg? Indien wel, watter een?
Oprit B. Dit is langer want die helling is nie so steil nie.

3. Sal die krag waarmee die seun die wiele moet draai op albei opritte dieselfde
wees, of sal dit op een van die opritte groter wees? Indien wel, watter een?
Die krag moet groter wees vir oprit A, want dit is steiler.

4. Gebruik die volgende woorde om ’n paar sinne te skryf om te verduidelik


waarom dit vir die seun makliker sal wees om met die een oprit boontoe te
gaan as met die ander een: insetkrag, uitsetkrag, insetafstand, en uitsetafstand.
Die afstand wat die seun teen oprit A aflê, is korter as die afstand wat hy teen
oprit B aflê. Dit word die insetafstand genoem. Die insetkrag is die krag van die
seun se hande op die wiele. Omdat oprit A ’n groter insetafstand het, vereis dit
’n kleiner insetkrag. Die uitsetafstand is die hoogte van die trap.
Die uitsetkrag is die krag in die vertikale rigting, direk opwaarts.
Vir beide opritte A en B is die uitsetafstande en die uitsetkragte respektiewelik
dieselfde.

5. Watter oprit gee vir die seun die grootste meganiese voordeel?
Oprit/afrit B gee aan die seun die grootste meganiese voordeel.

60 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Wîe
Byle en messe is wîe. Wîe verander ’n klein insetkrag in ’n groter uitsetkrag. Hulle
gebruik ’n groot insetafstand om ’n klein uitsetafstand te gee.

Waarom maak ’n byl dit makliker om hout te kloof?

insetkrag
uitsetafstand

uitsetkrag

insetafstand
Figuur 8: Die wigvorm van die kop van ’n byl maak dit makliker om hout te kloof.

As jy met ’n wigvormige byl hout kap, veroorsaak ’n groot afwaartse insetafstand


’n klein sywaartse uitsetafstand.

1. Is die insetkrag groter of kleiner as die uitsetkrag? Of is dit dieselfde?

Die insetkrag is dieselfde as die uitsetkrag.

2. Gee ’n byl ’n meganiese voordeel of ’n afstandsvoordeel?

Die byl gee ’n meganiese voordeel.

Die tekening hier regs wys hoe wîe gebruik


kan word om ’n huis waterpas te kry. As ’n
huis nie waterpas is nie, en jy plaas ’n bal
op die vloer, sal die bal na die laagste kant
of hoek van die huis rol.

Figuur 9: Wîe kan gebruik word om


swaar voorwerpe, selfs huise, op te lig!

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 61


5.2 Wiele
Wat is spesiaal aan wiele? Net soos ’n bal kan hulle
oor ’n oppervlak rol om ’n afstand af te lê. As ’n Beide die woorde “rol” en
wiel op die grond draai, beweeg dit in ’n spesifieke “roteer” is van dieselfde ou
rigting vorentoe. ’n Wiel verander dus ’n draai- of Latynse woord “rota” afgelei.
rotasiebeweging in ’n reguit beweging of liniêre “Rotasiebeweging” beteken ’n
beweging. rol- of sirkelbeweging.
Sonder wiele sal die enigste manier waarop Die woord “liniêr” hou verband
voorwerpe oor die grond of ’n ander oppervlak beweeg met die woord “lyn”. “Liniêre
kan word, wees om hulle oor die oppervlak te trek. beweging” beteken beweging
Miskien het jy al ’n swaar kas of selfs ’n yskas of stoof in ’n reguit lyn.
oor ’n vloer beweeg. Dit is harde werk! Maar as daar
wiele onder die swaar voorwerp was, sou dit veel
makliker gewees het om dit te beweeg, want daar sou Wrywing is die weerstandskrag
minder wrywing wees. wat dit moeilik maak om iets
oor ’n oppervlak te laat gly.

Figuur 10 Figuur 11

Stel jou voor jy is besig om ’n swaar kas te beweeg. Gelukkig staan die kas soos
’n inkopietrollie op wiele. As jy die kas stoot, draai die wiele en beweeg die kas
vorentoe. Jou liniêre stootbeweging word dus verander in ’n rotasiebeweging van
die wiele, wat verander word in die liniêre beweging van die kas. Dit is waarom
ons sê dat ’n wiel ’n meganisme is wat die rigting van beweging verander. Dit
verander die beweging van liniêre beweging na rotasiebeweging en terug na liniêre
beweging.

62 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Die wiele onder die kas was vrydraaiend, soos die voorwiel van ’n fiets. Jy noem
dit ’n vrydraaiende wiel.
Die agterwiel van ’n fiets is nie vrydraaiend nie. Dit draai omdat die ketting die
rat aan die agterwiel trek om dit te laat draai. So ’n wiel word ’n gedrewe wiel
genoem.

Figuur 12: Die agterwiel van ’n fiets word deur die rat-en-kettingmeganisme aangedryf.

’n Gedrewe wiel gee ’n afstandsvoordeel.


Die tekeninge regs en onder gebruik
’n fiets as voorbeeld om dit te verduidelik.
• Die ketting gaan om ’n rat aan die agterwiel.
Daardie rat het ’n omtrek van 30 cm. As die
ketting dus ’n vorentoe trekbeweging van
30 cm maak, sal die rat een maal roteer.
• As die rat een maal roteer, maak die wiel
ook een rotasie.
• Die wiel het ’n omtrek van 207 cm. As die
wiel een rotasie voltooi, beweeg die fiets
207 cm vorentoe.
• Dus, as jy die ketting 30 cm vorentoe trek,
beweeg die fiets 207 cm vorentoe. Dit is
waarom ’n gedrewe wiel ’n afstandsvoordeel
gee.

Figuur 13: ’n Wiel gee ’n afstandsvoordeel

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 63


Vir ’n wiel om te draai, moet dit om iets in sy middelpunt draai. Daardie “iets”
word ’n as genoem. ’n As is vir ’n wiel wat ’n spilpunt of steunpunt vir ’n hefboom
is.
Die binnekant van die wiel skuur teen die as, daar is dus ’n mate van wrywing
wat probeer om die wiel te laat ophou draai. Hierdie wrywing is baie min, want:
• Die afstand waaroor daar aan die buitekant van
die wiel beweeg word, is baie groter as die afstand
waaroor daar by die as beweeg word. Jy kan dit op
figuur 14 sien, waar die afstand waaroor aan die
buitekant van die wiel beweeg word in blou, en die
afstand waaroor daar by die as beweeg word in rooi
gewys word. Vir dieselfde beweging vorentoe sal ’n
groter wiel ’n kleiner afstand by die as gee. Daarom
gee groter wiele minder skuur of wrywing by die as.
• Die meeste wiele het ’n baie gladde, geoliede
oppervlak of laers tussen die as en die wiel om die
Figuur 14
wrywings selfs nog verder te verminder.

Groepbespreking

Groepbespreking in groepe van drie of vier, skryf julle antwoorde neer.


1. Hoekom is party wiele klein en ander wiele groot?
Wenk: dink aan die voordele en nadele van klein wiele en van groot wiele.
Dink ook aan die gewig en koste van die wiele.

Voorbeelde van antwoorde:


Groter wiele kan ’n meganiese voordeel bied, maar hulle is swaarder om aan te
dryf en duurder om te maak.
Kleiner wiele werk beter aan kleiner voertuie, maar sal meer wrywing in die hand
werk.

2. ’n Motor, ’n 4 × 4-bakkie, ’n inkopietrollie en ’n skaatsplank het elkeen vier


wiele. Sê vir elkeen van hierdie voorbeelde watter wiele vrylopend is en watter
gedrewe.

Die motor en die bakkie het gedrewe wiele, maar die skaatsplank en die

inkopiewaentjie het vrylopende wiele.

64 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


5.3 Ratte
Goed kan in twee rigtings draai

Die diagram hieronder wys twee hefbome wat op vertikale stutte gemonteer is. Die
hefbome kan om asse draai wat op die diagramme met groot ronde, swart kolle
aangedui word.

Figuur 15

1. As jy die swart punt van die linkerkantse hefboom na onder druk,


(a) in watter rigting sal die rooi punt van die hefboom beweeg, en

Die rooi punt van die hefboom beweeg opwaarts.

(b) in watter rigting sal die blou punt van die


regterkantse hefboom beweeg?

Die blou punt van die hefboom beweeg afwaarts.

2. As jy die swart punt van die linkerkantse hefboom


na onder druk,
sal die hefboom kloksgewys draai
soos hier gewys,

Figuur 16: Om te praat oor die


of antikloksgewys soos hier gewys? rigting waarin iets oor ’n afstand
Antikloksgewys beweeg, gebruik jy die woorde
vorentoe, agtertoe, links, regs,
boontoe en ondertoe. Maar
3. As jy die hefboom aan die linkerkant antikloksgewys wat as iets nêrens anders heen
draai, in watter rigting sal die hefboom aan die beweeg nie, maar draai terwyl
regterkant draai? dit in dieselfde posisie bly? Dan
praat jy oor iets wat soos die
Kloksgewys wysers of pyle van ’n horlosie
beweeg.

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 65


Ratte is baie soortgelyk aan hefbome. Kyk na die tekeninge hieronder.

A B C

Figuur 17: Ratte is baie soortgelyk aan hefbome.

Stel jou voor dat jy, soos in tekening A gewys word, baie hefbome aan ’n ronde skyf
vasheg. As jy dan materiaal byvoeg om die punte van die hefbome in die vorm van
rattande te verander, sal jy ’n rat hê, soos in tekening B gewys.
Die tipe rat wat in tekening C gewys word, staan as ’n reguittandrat bekend. In
die derde kwartaal vanjaar, en in graad 9, gaan julle oor ander tipes ratte leer.

4. Die rooi rat onder word antikloksgewys gedraai totdat die tand met die swart
kol die pyltjie bereik.
(a) Trek nog ’n pyltjie om te wys waar die tand met die blou kol sal wees
wanneer die swart kol die pyltjie bereik. Sien pyl op geel rat.
(b) Trek ’n klein kruisie om te wys waar die rooi kol sal wees wanneer die swart
kol die pyltjie bereik. Sien ster op geel rat.

Figuur 18

(c) In watter rigting sal die geel rat draai as die rooi rat antikloksgewys gedraai
word?

Kloksgewys

66 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


5. (a) In watter rigting moet die klein rat
aan die regterkant gedraai word
sodat die blou kol afwaarts beweeg
as jy begin om die rat te draai?

Antikloksgewys
(Rooi kol na bo)

(b) As die klein rat kloksgewys gedraai


word totdat die rooi kol weer terug
is by die geel pyltjie,waar sal die
blou kol op die groot rat wees?
Teken ’n pyltjie op die skets om te
wys waar dit sal wees.
Figuur 19

(c) As jy die klein rat met die hand draai, sal die groot rat vinniger of stadiger
draai as die klein rat? Verduidelik jou antwoord.

Stadiger want dit het meer tande as die kleiner rat, met ’n

verhouding van 2:1

Reguittandratte werk in stelle van twee of meer saam.


In elke stel ratte is daar ’n insetrat en ’n uitsetrat.
Die insetrat word ook die dryfrat genoem, en die
uitsetrat word die gedrewe rat genoem.
As die klein rat in figuur 19 met die hand gedraai
word, is die klein rat die insetrat.

As die tande van die twee ratte aan mekaar raak,


sodat die ratte saam draai, sê jy dat die twee ratte
inkam.
Enige twee ratte wat inkam, beweeg in teen-
oorgestelde rigtings. Dit word teenrotasie genoem.

6. As jy wil hê dat die dryfrat en die gedrewe rat in dieselfde rigting moet draai,
sal die twee ratte nie werk nie. Kan jy ’n ander plan maak?

Jy kan ’n ander plan maak deur ’n rat tussen die dryfrat en die gedrewe rat in te sit.

Laat leerders toe om kreatief te wees en met ander oplossings vorendag te kom.

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 67


Tussenratte

Die tekening hieronder wys ’n stel van drie ratte. Die rat in die middel word ’n
tussenrat genoem. Die doel van hierdie rat is om die gedrewe rat in dieselfde
rigting as die dryfrat te laat draai.

Figuur 20: In ’n stel van drie ratte draai die insetrat en die uitsetrat in dieselfde rigting.

1. Kyk na die stel ratte in figuur 21. As die rat aan die linkerkant die dryfrat is, sal
die gedrewe rat vinniger of stadiger as die dryfrat draai, of sal dit teen dieselfde
spoed draai?

Die gedrewe rat sal teen dieselfde spoed as die dryfrat draai, want dit
het dieselfde aantal tande.

dryfrat gedrewe rat

Figuur 21

As die tussenrat kleiner is as die ander ratte, soos byvoorbeeld in figuur 21, word
dit van harder materiaal as die ander ratte gemaak. Dit is omdat die tussenrat
meer rotasies as die ander ratte sal voltooi. Elke keer as ’n rat roteer, skuur ’n
klein bietjie metaal teen die ander ratte af, en word ’n klein bietjie van die metaal
weggeskuur. Kyk na jou skoene se sole. Dieselfde gebeur met hulle.

68 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Ratverhoudings

1. Kyk na die ratte hier regs. Die groot rat is


die insetrat, en die klein rat is die uitsetrat.
Elke rat is aan ’n as vasgeheg en die as
dryf ’n waaier aan. Die spoed waarteen die
waaier draai, word die rotasiespoed van
die as genoem.
(a) Sal die waaier aan die groot wiel
vinniger of stadiger draai as die waaier
aan die klein wiel of sal die twee
waaiers ewe vinnig draai? Figuur 22

Die waaier aan die groot rat sal stadiger draai as die waaier aan die klein ratjie.

(b) Sal die krag waarmee jy die as van die groot insetrat draai groter of kleiner
wees as die draaikrag op die as van die kleiner uitsetrat?

’n Klein bietjie draai van die insetas veroorsaak dat die uitsetas baie draai,
daarom is die draaikrag op die insetas groter as die draaikrag op die uitsetas.

Ratstelsel kan ’n vinnige rotasiespoed in ’n stadiger Ratverhouding en


een verander, of ’n stadige rotasiespoed in ’n vinniger spoedverhouding is
een. Die ratverhouding is gelyk aan die rotasiespoed dieselfde ding. Dit kan ook
van die insetrat gedeel deur die rotasiespoed van die “snelheidverhouding” genoem
uitsetrat. Die rotasiespoed van elke rat is “omgekeerd word.
eweredig” aan die getal tande aan die rat.
Daarom kan die ratverhouding bereken word deur die aantal tande aan die
uitsetrat deur die aantal tande aan die insetrat te deel.
In figuur 22 het die groot insetrat 40 tande en die uitsetrat 40 tande. Daarom het
hierdie ratstelsel ’n ratverhouding van 20 ÷ 40 = ½. Jy kan dit ook as ’n verhouding
1:2 skryf. Dit beteken dat die insetrat teen die helfte van die spoed van die
uitsetrat draai.
Draaikrag word ook
Die ratstelsel verander ook die draaikrag op
wringkrag genoem
die insetas in ’n ander wringkrag op die uitsetas.
As die rotasiespoed van die insetas vinniger is, sal die wringkrag op die uitsetas
kleiner wees. Vir die ratstelsel in figuur 22, oefen die uitsetas die helfte van die
krag van die insetas uit.
rotasiespoed van insetas draaikrag op uitsetas
ratverhouding = =
rotasiespoed van uitsetas draaikrag op insetas
aantal tande aan uitsetrat
=
aantal tande aan insetrat

Hoofstuk 5: Wîe, wiele en ratte 69


Soms raak ratte nie aanmekaar nie, maar word hulle eerder, soos in die geval van
’n fiets, met ’n ketting verbind. Die ratverhoudings werk egter nog op dieselfde
manier.
Aan die linkerkant in figuur 23 is die verskillende rat keuses vir die voorste deel
van die fiets, tussen die pedale. Aan die regterkant van figuur 23 is die rat keuses
vir die agterste deel van die fiets, op die agterste wiel. Die aantal rattande is binne
elke rat geskryf.

voor agter

Figuur 23: Ratkeuses by ’n fiets

2. (a) Wat is die grootste ratverhouding wat jy by hierdie fiets kan kies? Kies
die voorste en die agterste ratte wat jy sal gebruik, en bereken dan die
ratverhouding.

Die 22-tand voorste rat en die 23-tand agterste rat.

Ratverhouding=23÷22=1.05

(b) Watter kombinasie van die voorste rat en die agterste rat sal jy kies om teen
’n baie steil heuwel uit te trap?

Die 22-tand voorste rat en die 23-tand agterste rat.

70 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Hoofstuk 6
Meganismes wat die soort
beweging verander
6.1 Die kruk-en-glyermeganisme.............................................................................................. 74
6.2 Die nok-en-volgermeganisme............................................................................................. 77
6.3 ’n Motorenjin: met gebruik van ’n krukas en ’n nokas........................................................... 81

Materiaal benodig vir hierdie hoofstuk:


Pen, potlood, skerpmaker, uitveër, 30 cm liniaal

Figuur 2: ’n
Windpomp
verander ’n
rotasiebeweging
in ’n weder-
kerende
Figuur 1: Wanneer jy hout saag, maak jy ’n
beweging.
wederkerende beweging.

Tegnologie graad 8 kwartaal 1 71


6.1 Die kruk-en-glyermeganisme
Die leerders neem die beweging van ’n kruk-en-glyermeganisme waar in ’n reeks tekeninge wat
in chronologiese volgorde gerangskik is. Hulle meet bepaalde aspekte op die tekeninge, en
interpreteer die verwantskappe tussen die onderskeie afmetings.
Hulle neem dan waar hoe ’n stoomenjin van ’n kruk-en-glyermeganisme gebruik maak.

6.2 Die nok-en-volgermeganisme
Leerders lees en kyk na tekeninge van die name vir die verskillende vorm van nokke, en die
verskillende onderdele van ’n nok-en-volgermeganisme.
Daarna kyk hulle na ’n chronologiese opeenvolging van tekeninge van die beweging van ’n
enjinklep wat deur ’n nok-en-volgermeganisme gestoot word. Hulle meet sekere dinge op die
tekeninge en interpreteer die bewegings.
Laastens ondersoek hulle die beweging van ’n slaknok. Hulle ontdek dat die afstand van die as
na die buiterand van die nok by ’n spesifieke posisie van ’n slaknok se omwenteling, skielik na ’n
klein afmeting krimp.

6.3 ’n Motorenjin wat ’n krukas en ’n nokas gebruik


Die leerders lees oor, en kyk na tekeninge van hoe ’n motorkarenjin werk, en spesifiek hoe nok-
en-volgermeganismes gebruik word om keer-op-keer, op die korrekte oomblik, die kleppe oop
en toe te laat gaan.
Hulle maak dan ’n 3D-artistiese tekening van die krukas van ’n enjin.

72 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Figuur 3: ’n Stoomlokomotief gebruik ’n kruk-en-glyermeganisme om die wiele te laat draai.

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort beweging verander 73


6.1 Die kruk-en-glyermeganisme

Hersiening: ’n Kruk-en-drommeganisme
Julle het in kwartaal 3 van graad 7 oor krukasse geleer. Daar is ’n kruk gebruik om
’n wiel, wat ’n drom genoem word en waarom daar ’n stuk tou gedraai is, te draai.
Die kruk was deel van ’n groter meganisme wat ’n kruk-en-drommeganisme, of ’n
wenas, genoem word. Die kruk word na die een kant gedraai om die tou op te rol
en na die ander kant om dit te laat afrol.

As ’n kruk deel vorm van ’n


wenas verander dit ’n groot
rotasiebeweging met ’n klein
krag in ’n klein rotasiebeweging
met ’n groot krag. Hoe langer die
krukarm is, hoe meer meganiese
voordeel gee dit.

In party wenasse word selfs ratte


gebruik om ’n nog groter meganiese
voordeel te verkry.
Figuur 4: ’n Eenvoudige handaangedrewe wenas wat
gebruik word om ’n emmer water op te trek

Om rotasiebeweging in wederkerende beweging te verander


Om rotasiebeweging in wederkerende beweging te verander word ’n kruk op ’n
ander wyse gebruik, soos wat in die prente op die volgende bladsy gewys word. ’n
Glyer word met behulp van ’n verbindingstang aan die kruk vasgeheg. Die glyer is
gewoonlik rond en pas in ’n ronde gat. Dit kan slegs sywaarts beweeg en nie op of
af nie.
Daar is ’n spil tussen die kruk en die verbindingstang en nog ’n spil tussen
die verbindingstang en die glyer. Albei die spille verander van posisie as die
meganisme besig is om te werk. Die kruk draai om die as. Die as verander nooit
van posisie nie, dit draai net.
Die kruk kan aan ’n wiel vasgeheg word, om die wiel daarmee saam te laat draai,
of die kruk kan deel van die wiel wees.
Die manier waarop die kruk werk, hang slegs af van
die afstand tussen die middelpunt van die as en
die middelpunt van die spil tussen die kruk en die
stootstang. Hierdie afstand word die krukslag genoem.
Dit word in figuur 5 aangedui.

Hoe langer die krukslag, hoe groter sal die kruk se meganiese voordeel wees. Die
vorm van die kruk maak nie saak nie.

74 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


glyer Stap 1
spille
as
kru
ksl

verbindingstang
ag

Stap 2

Figuur 5: Die verskillende onderdele van ’n


kruk-en-glyermeganisme

Met die prente in gedagte


Stap 3
Die verskillende stappe in die werking van ’n
kruk-en-glyermeganisme word in die
diagram in figuur 6 gewys.
1. Hoe lank is die krukslag in die meganisme
in Figuur 6?
Stap 4
Tussen 5 en 5.5 mm

2. Hoe ver is die beweging van die glyer van


die verste posisie aan die linkerkant tot verste posisie
na links
by die verste posisie aan die regterkant?
Dit kan ook die “volledige sywaartse Stap 5
beweging” genoem word.

10 mm

3. As die krukslag twee maal so lank


was, hoe lank sou die totale sywaartse Stap 6
beweging van die glyer wees?

20 mm

4. Sal die glyer ooit stil staan as die kruk


besig is om te roteer? Stap 7

Nee, nooit nie

verste posisie
na regs
Figuur 6: Verskillende stappe gedurende die
werking van ’n kruk-en-glyermeganisme

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort 75


beweging verander
Die kruk-en-glyermeganisme koel, laedrukstoom
in ’n stoomenjin uit

In ’n stoomlokomotief word ’n
steenkoolvuur gebruik om water te kook.
Die water verander in baie warm stoom met warm stoom onder
’n hoë druk. Verbeel jou jy blaas ’n ballon hoë druk in
op. Jy moet ’n hoë lugdruk in jou mond
opwerk om die ballon groter op te blaas. Die
ballon word groter, want die hoër druk van
die lug laat die sye van die ballon uitwaarts
beweeg. Stoom teen ’n hoë druk kan ook stoom sit uit en
koel af
dinge beweeg.

koel, laedrukstoom
uit

Figuur 7

Die prente hier regs wys hoe die beweging


wat deur die stoom onder hoë druk
veroorsaak word, in die rotasie van ’n wiel
verander word. Die warm stoom onder hoë
druk word in rooi aangedui. As die stoom
uitsit, koel dit ook af. Die kouer stoom word
in pers gewys, en aan die einde word dit in
blou gewys.
In ’n enjin word die glyer ’n suier genoem,
en die gat waarbinne die suier beweeg word
die silinder genoem.
’n Stoomenjin gebruik kleppe om die warm
stoom links of regs van die silinder in te laat.
Die kleppe moet op die regte tye oopmaak en
toemaak. Is daar ’n meganisme wat dit kan
regkry? Daarvan gaan julle in die volgende les
leer. Figuur 8: Die werking van ’n stoomenjin

76 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Kyk weer na figure 6 en 8.
’n Glyermeganisme kan gebruik word om
rotasiebeweging in wederkerige beweging te
verander, of dit kan gebruik word om wederkerige
beweging in rotasiebeweging te verander. Met ander
woorde, as jy die kruk beweeg, sal die glyer ook
beweeg. En beweeg jy die glyer, sal die kruk ook
beweeg.

6.2 Die nok-en-volgermeganisme
’n Nok is ’n wiel wat nie rond is nie, of dit is ’n ronde wiel wat om ’n as draai wat
nie die middelpunt van die wiel is nie.
’n Nok word met ’n volger gebruik. Die rotasiebeweging van die nok word
verander na die wederkerende beweging van die volger. Die volger is in ’n huls,
sodat dit slegs in een rigting kan beweeg.
’n Nok word deur ’n as aangedryf, sodat die nok
Onthou julle die verskil tussen
roteer wanneer die as roteer. As die nok roteer, gly die ’n gedrewe wiel en ’n vry-
volger op die nok. Die posisie van die volger hang af draaiende wiel waaroor ons
van die hoek waarteen die nok roteer word. julle in die vorige hoofstuk
’n Nok-en-volger verander die rotasiebeweging van geleer het?
die nok in die wederkerende beweging van die volger.

volger

huls

gedrewe
as peervormige slaknok eksentrieknok
nok

Figuur 9: Die verskillende onderdele van ’n kruk-en-glyermeganisme en verskillende nokvorms

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort 77


beweging verander
’n Ondersoek na hoe ’n nok gebruik kan word om kleppe oop
en toe te maak
Figuur 10 wys hoe die rotasie van ‘n nok die posisie van ‘n klep in ‘n enjin
verander. Die figuur vervolg op die volgende bladsy. Bestudeer hierdie figuur baie
noukeurig voordat jy die volgende vrae beantwoord.

Figuur 10:
Die beweging van
’n klep soos die
nok roteer

Rotasie van 1 agste van ’n 2 agstes van 3 agstes van ’n


Beginposisie
nok nokrotasie ’n nokrotasie nokrotasie
Rotasie van
0° 45° 90° 135°
nok in grade
Afstand
waarmee klep 0 0 0 2 mm
oop is

1. Voltooi die tabel hierbo om te wys hoe ver oop die klep is by die verskillende
posisies van die nok in figuur 10. Meet die afstand waarmee die klep oop is.

2. Watter van die prente hierbo wys die klep in sy hoogste posisie?

Al die posisies behalwe die posisies van 3 agstes tot 5 agstes van ’n omwenteling

3. Watter prent wys die klep in sy laagste posisie?

4 agstes van ’n omwenteling

Figuur 10 hierbo wys verskillende posisies van ’n nok en ’n klep terwyl die nok
roteer. Dit is die wyse waarop die kleppe in die meeste enjins op die korrekte tye
oop- en toegemaak word.

’n Nok kan rotasiebeweging in wederkerende


beweging omskakel, maar nie andersom nie.

78 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


4 agstes van ’n 5 agstes van ’n 6 agstes van ’n 7 agstes van ’n een volle
nokrotasie nokrotasie nokrotasie nokrotasie nokrotasie
180° 225° 270° 315° 360°

4 mm 2 mm 0 0 0

Die wederkerende beweging deur ’n slaknok geskep


9

1. Die tekening hier regs gebruik rooi pyle om die 8


afstand tussen die middelpunt van ’n slaknok en 1
die rand daarvan by verskillende rotasiehoeke 2
te wys. Elke pyl is kloksgewys met 45° vanaf die
vorige pyl geroteer. 7 3

Meet die onderskeie pyle, van die kortste tot


die langste en skryf jou afmetings in die tabel 4
6
hieronder. 5
Figuur 11: ’n Slaknok
posisie 1 2 3 4 5 6 7 8 9
lengte 11 mm 11 mm 11 mm 11 mm 12 mm 16 mm 20 mm 25 mm 24 mm
2. Is daar ’n patroon in die lengtes van die pyle? Hoe werk die patroon?
Van posisies 1 tot 4 is die pyle ewe lank. Vanaf posisie 5 tot posisie 9 word die
pyle deurentyd langer.
3. Wat gebeur tussen posisie 9 en posisie 1?
Die afstand van die as tot die buiterand van die nok (die lengte van die pyl) word
skielik 13 mm korter

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort 79


beweging verander
Iets om tuis te lees: ’n ander soort nok

Party nokke is ronde wiele, maar hulle roteer nie om


die middelpunt van die wiel nie. Hierdie nokke word
eksentrieknokke genoem. Hulle word aan baie moderne
fietse gebruik.
Gedurende ’n fietswedren kry die ryers soms pap wiele en
lekkasies. Hulle moet dan die wiel afhaal om die band af te
haal sodat hulle dit kan regmaak. Dit neem baie tyd en hulle
sukkel om weer die ander fietsryers in te haal.
Baie jare gelede het ingenieurs ’n meganisme ontwerp
waarmee ’n mens gou-gou, sonder die gebruik van enige
gereedskap, ’n wiel van ’n fiets kan afhaal. Dit word ’n
“slipmeganisme” genoem.
Deesdae word slipmeganismes aan die wiele van die
duurder fietse gebruik. Hulle gebruik ook ’n slipmeganisme
om dit vinniger en makliker te maak om die hoogte van die
saal te verstel. Die foto’s hieronder en hier regs wys hoe ’n
slipmeganisme van ’n eksentrieknok gebruik maak om die
saal op die korrekte hoogte vas te sluit.

saalpyp

raam- slipmeganisme
werk

Figuur 12: ’n Slipmeganisme word gebruik om die saalpyp


aan die raamwerk van hierdie fiets vas te klamp.

Figuur 13: Die sye van hierdie


slipmeganisme beweeg of klem
nouer saam as die eksentrieknok
met die handvatsel gedraai word.

80 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


6.3 ’n Motorenjin: met gebruik van ’n krukas en ’n nokas

Die onderskeie stappe in die rotasie van ’n vierslag-petrolenjin


Figuur 14 wys hoe ’n eensilinder-petrolenjin werk.

Inlaatslag: As die Kompressieslag: Ontbrandingslag: Die Uitlaatslag: As die


suier afwaarts Die mengsel van vonkprop laat die suier opwaarts
beweeg, word ’n lug en petrol word mengsel van lug en beweeg, word
mengsel van lug saamgepers as brandstof ontbrand die uitlaatgasse
en petrolgas by die die suier opwaarts sodat dit ontplof. uitgedruk.
silinder ingesuig. beweeg. Dit druk die suier
afwaarts.
uitlaatklep uitlaatklep uitlaatklep uitlaatklep uitlaatklep inlaatklep uitlaatkelp inlaatklep
toe oop toe toe toe toe oop toe

Figuur 14

In ’n motorenjin is die nokke dele van die nokasse wat draai as die enjin draai.
Julle hoef nie alles oor die enjin in figuur 14 te verstaan nie, solank julle net kan
sien dat dit belangrik is dat die inlaatkleppe en uitlaatkleppe op die korrekte tye
oop maak en toe maak.

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort 81


beweging verander
nokasse

kleppe

suier

silinder

nokband

verbindingstang
krukas

Figuur 15: Die bewegende onderdele binne een silinder van ’n motorenjin

82 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Teken ’n enjinkrukas

1. Maak ’n drie-dimensionele artistiese tekening van die krukas van ’n


eensilinderenjin. Gebruik beskaduwing om dit meer realisties te maak. Maak
eers ’n rowwe tekening voordat jy jou finale netjiese tekening maak.
Wenk: Gaan terug na bladsy 54 om te sien hoe jy beskaduwing kan gebruik om
’n voorwerp rond te laat lyk.

Hoofstuk 6: Meganismes wat die soort 83


beweging verander
Volgende week

Julle gaan volgende week met ’n praktiese projek begin om ’n model van ’n
masjien, wat graan kan vergruis om meel te maak, te ontwerp en te bou. Hierdie
masjien sal rotasiebeweging in wederkerige beweging verander.

84 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Hoofstuk 7 Mini-pat
Ontwerp en maak ’n
model van ’n masjien om
graan te vergruis
Week 1
Vergelyk verskillende ontwerpe en maak jou eie ontwerp .................................................... 88

Week 2
Teken jou ontwerp en bou die model ................................................................................. 94

Week 3
Bring verbeterings aan die model aan en teken ’n artistiese perspektieftekening daarvan .... 104

Week 4
Maak ’n aanbieding oor jou model en tekeninge ............................................................... 108

Beoordeling
Ondersoek:
Beoordeel verskillende ontwerpe wat ander mense gemaak het........................................... [6]
Ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings...................................................................... [6]
Ontwerp:
Ontwerp om die struktuur sterker te maak......................................................................... [8]
Besluit watter tipe meganisme jy gaan gebruik................................................................... [4]
Maak:
Bou die basiese struktuur en die meganisme daarbinne..................................................... [12]
Teken jou ontwerp van die onderdele om by die model te voeg.......................................... [12]
Maak verbetering aan jou model...................................................................................... [10]
Teken ’n artistiese tekening in perspektief van jou model................................................... [12]
. [Puntetotaal: 70]

Tegnologie graad 8 kwartaal 1 85


Materiaal benodig vir hierdie hoofstuk:
Liniaal
Meetkundestel
’n Groot skerp skêr (en ’n tang as die skool een het)
Riffelkarton van ou bokse (die leerders moet dit skool toe bring)
’n Spyker, 1 mm dik en 30-40 mm lank
Koperdraad, 1 mm dik en 28 cm lank (of gegalvaniseerde staaldraad as met ’n tang gebruik
word)
Prestik
Maskeerband
’n Vel A4-papier (daar kan reeds op geskryf of gedruk wees)

Week 1
Die leerders kyk na die verskillende ontwerpe wat gegee is. Nie een van hierdie ontwerpe is
perfek nie, maar elkeen van hulle bevat ’n paar goeie idees. Die leerders beoordeel dan die
voordele en nadele van die gegewe ontwerpe.
Die leerders identifiseer of kies die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings. Daarna maak
hulle ’n ontwerp om ’n bepaalde probleem oor die struktuur van die graanvergruiser op te los.
Laastens kies hulle watter tipe meganisme hulle gaan gebruik en gee ’n rede vir hulle keuse.

Week 2
Die leerders bou ’n model van ’n graanvergruiser volgens die grafiese instruksies. Hulle
interpreteer foto’s van verskillende stappe in die konstruksieproses om hulle eie modelle te
bou. Die model waarvoor die instruksies gegee word, het ’n paar probleme. Die struktuur is nie
stabiel nie en die meganisme sal nie die stamper laat op en af gaan nie. In die res van die mini-
PAT maak die leerders hulle eie ontwerpe en besluit hoe om die probleme op te los, en pas hulle
ontwerpe ooreenkomstig aan.
Die leerders maak 2D- en 3D-werkstekeninge van die dele wat hulle tot die struktuur sal toevoeg
om dit stabiel te maak.

86 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Week 3
Die leerders bring die veranderinge wat hulle voor die tyd beplan het, aan die modelle aan.
Hulle teken ’n 3D-artistiese perspektieftekening van hulle finale model. Voordat hulle hul finale
tekening maak, moet hulle egter ’n rowwe tekening doen. Dit is baie belangrik om met ’n
rowwe tekening te begin. As die leerders dadelik met hulle finale tekeninge begin, sal hulle dele
van die tekeninge verskeie kere moet uitvee; dit sal die tekeninge morsig maak, en hulle mag
moontlik in die proses ook dele van die tekeninge uitvee wat werklik goed is. Soos dit goed is
om te beplan voordat jy iets maak, is dit ook goed om eers ’n rowwe tekening te maak voordat
jy jou finale tekening aanpak.

Week 4
Die verskillende spanne berei voor om ’n stalletjie by ’n “tentoonstelling” te hê waar al die
spanne hulle projekte sal vertoon. As die “tentoonstelling” plaasvind, ondersoek die leerders die
ander spanne se ontwerpe, en hulle verduidelik hulle eie ontwerpe aan die ander spanne.

Figuur 1: Hoe word mielies mieliemeel? Figuur 2: Voordat masjiene uitgevind is om


mieliepitte te vergruis of te maal was harde
werk nodig om mieliemeel te maak.
  

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n model van 87


’n masjien om graan te vergruis
Week 1
Vergelyk verskillende ontwerpe en maak jou eie ontwerp
Beoordeel verskillende ontwerpe wat ander mense
gemaak het  (30 minute)
Hierdie werk is individuele werk.
Die tekeninge hieronder wys rowwe ontwerpe vir graanvergruisers wat deur
ander mense gemaak is. Hierdie ontwerpe is nie volledig nie, en probleme kan by
hulle voorkom. Hierdie ontwerpe kan jou dalk bruikbare idees gee.

ontwerp A

ontwerp B

hefboom

stamper

ontwerp C
Figuur 3: Rowwe ontwerpe deur ander mense gemaak

88 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Maak ’n lys van die voor- en nadele van die onderskeie ontwerpe. Dink oor die
volgende na:
• Hoe sterk en stabiel is die struktuur?
• Watter materiaal en gereedskap het jy nodig om die Jy gaan beoordeel word
struktuur te maak? volgens die laaste twee
• Hoe maklik sal dit wees om die struktuur te maak? rye van die tabel, wat
• Hoe hard en hoe vinnig sal die stamper die vloer tref? handel oor voordele en
• Wat is die meganiese voordeel van die hefboom? nadele.

Ontwerp A Ontwerp B Ontwerp C


Sterkte en Horisontale balk sterk Baie swak: daar is niks Die horisontale T-balk
stabiliteit van die weens triangulasie. Reg- wat voorkom dat die is sterk. A-raambene
hoekige basis links onder struktuur se bene uitme- is sterk, maar geen
struktuur swak weens gebrek aan kaar gly nie. sywaartse stabiliteit
triangulasie. nie.
Materiaal en Draad, hout, ’n tang, ’n Hout vir die struktuur, Karton vir die struk-
gereedskap saag, ’n boor draad vir die kruk en as; tuur,
kleefband om die stamp- papiernael vir die
benodig stamper, draad vir kruk
er vas te hou, ’n saag, ’n
boor, ’n tang. en as, ’n skêr, ’n tang,
kleefband, gom
Hoe maklik om te Benodig tang en vaardig- Maklik om hout te sny. Maklik om karton te
maak? heid om die draadraam te Moeilik om die nokvorm sny.
kan maak. Maklik om hout uit hout te sny. Mag moeilik wees om
te sny. Moeilik om die die draad op regte wyse
nokvorm uit hout te sny. te buig om die kruk en
as te maak.

Hoe hard en hoe Nie ’n baie harde of Die stamper sal die grond Nie ’n baie harde en
vinnig sal die vinnige stamp nie; die met ’n harde, vinnige slag vinnige slag nie, want
peervormige nok sal ’n tref as volger skielik van die kruk-en-glyer gee ’n
stamper met die vloeiende op-en- die hoogste posisie op vloeiende op-en-
vloer in aanraking afbeweging gee. die slaknok na die laagste afbeweging.
kom? posie val.

Meganiese Die hefboom het ’n mega- Hier is ’n kleiner Groot meganiese na-
voordeel van die niese nadeel: die beweg- meganiese nadeel as in deel: die beweging van
ing van die stamper is ontwerpe A en C: die die stamper is gelyk aan
hefboom gelyk aan omtrent twee insetkrag is nader aan omtrent drie maal die
maal die beweging van die die lading. beweging van die glyer.
volger.
Voordele Sterk horisontale balk. Die stamper tref die Sterk struktuur; maklik
Die draad sal lank hou grond hard en vinnig. om uit karton te sny.
en nie deur nattigheid
beskadig word nie.

Nadele Swak basis van die Baie swak struktuur. Vloeiende beweging van
struktuur. Moeilik om nok uit hout stamper.
Vloeiende beweging van te sny.
die stamper.
Moeilik om die nok uit
hout te sny.

Totaal [6]

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 89


model van ’n masjien om graan te vergruis
Ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings  (30 minute)
Bespreek hierdie dinge in spanne van drie of vier. Daar moet minstens een seun
en een meisie in elke groep wees. Elke leerder moet sy of haar eie antwoorde
hieronder neerskryf.

1. Skryf die ontwerpopdrag. ’n Ontwerpopdrag sê vir jou wat die probleem is en


wie die oplossing gaan gebruik of voordeel daaruit trek.  (1)

’n Familie, of ’n gemeenskap, of ’n onderneming wil meel en fynmeel uit mielies,

koring en ’n ander graansoort maak. Hulle soek ’n vinnige en maklike manier om

die meel of fynmeel te maak, wat nie baie hande-arbeid vereis nie.
’n Masjien om graan te vergruis sal meestal deur ’n elektriese motor, wat
rotasiebeweging voorsien, aangedryf word. In jou model gaan jy nie ’n elektriese
motor gebruik nie, maar liewer die handvatsel van ’n krukas met die hand draai.
Hierdie rotasiebeweging moet in ’n wederkerende beweging verander word sodat
die graan vergruis sal word soos wanneer dit met ’n hamer geslaan word.
Die meganisme wat in jou model gebruik word, moet binne ’n sterk en stabiele
raamwerk ingebou word.

2. Beantwoord die volgende vrae om die spesifikasies vir jou ontwerp te identifiseer:
(a) Watter verskillende meganismes kan die graanvergruiser laat werk?  (1)
kruk-en-glyermeganisme, nok-en-volgermeganisme

(b) Watter kragte moet die struktuur in staat wees om te weerstaan?  (1)
gewig van die stamper, skok as die stamper die vloer tref, sywaartse kragte

3. Identifiseer die beperkings:


(a) Hoeveel tyd het ek om die model te ontwerp en te bou?  (1)

3 weke

(b) Watter materiaal kan ek maklik in die hande kry om die model te bou? (1)

karton, draad, spykers (van die leerders mag dalk selfs hout en/of metaal
in die hande kan kry)

(c) Watter gereedskap het ek reeds om die model mee te bou?  (1)
skêre (party van die leerders mag tange, sae en bore hê)
Totaal [6]

90 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Ontwerp om die struktuur te versterk  (45 minute)
Werk weer in julle spanne, maar maak jou eie sketse en gee jou eie antwoorde.
Julle sal later opdragte ontvang oor hoe om ’n struktuur soos die een hieronder
te bou. Hierdie struktuur is egter problematies. Dit is nie stabiel genoeg om kragte
van die kant af te weerstaan nie. Dit kan omval of inmekaarval.

Figuur 4: ’n Struktuur vir ’n graanvergruiser wat nie sterk genoeg is om kragte wat van die kant af daarop
inwerk te weerstaan nie.

Ontwerp iets wat jy by die struktuur kan voeg om te voorkom dat dit inmekaarval
of sywaarts omval. Raadpleeg hoofstuk 1 vir hulp.
1. Maak ’n rowwe skets van jou plan hieronder om die struktuur te versterk. Elke
leerder in jou span moet sy of haar eie skets van sy of haar eie idee maak. Voeg
aantekeninge en byskrifte by die skets om jou ontwerp te verduidelik. (4)

Op hierdie bladsy word twee moontlike ontwerpe gewys, en nog twee op die vol-
gende bladsy. Geen rowwe sketse word hier gewys nie, maar die leerders self
moet eers rowwe sketse maak.
Die pyle wys die rigting waarin die
riffels loop
kruisverspanning
met tou riffelkarton
tou

kruisverspanning met
geriffelde karton
anker
Riglyne vir beoordeling:
swaar basis Byskrifte (1)
Voorsiening vir stabiliteit (1)
Duidelikheid van verduideliking (2)

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 91


model van ’n masjien om graan te vergruis
2. Vergelyk die rowwe ontwerpe van elkeen in julle span. Besluit dan gesamentlik
watter ontwerp julle gaan gebruik om die struktuur te versterk. Maak ’n
netjiese skets van hierdie ontwerp in die ruimte hieronder. Voeg aantekeninge
en byskrifte by die skets om die ontwerp te verduidelik.  (4)

Let wel: Die leerders hoef nie 3D-sketse te maak nie, maar dit is aanvaarbaar as
hulle dit wel doen.
Die sketse op hierdie, sowel as op die vorige bladsy, is slegs voorbeelde van
moontlike ontwerpe om die probleem op te los. Die leerders mag ander goeie
ontwerpe maak om die probleem op te los, wat nie hier gewys word nie.

sywaartse
triangulasie van
die A-rame

Riglyne vir beoordeling:


Byskrifte (1)
Voorsiening vir stabiliteit (1)
Duidelikheid van verduideliking (2)

Totaal [8]

92 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Besluit watter tipe meganisme jy gaan gebruik  (15 minute)
Kyk na die ou manier om graan te vergruis of fyn te
maal wat op die tekening hier regs gewys word. Die
stamper
hol houer hou die graansaad. Die operateur laat val
die swaar paal met ’n sterk, vinnige beweging in die
houer. Hierdie beweging breek die graankorrels in
kleiner stukkies op.
Die meganisme wat jy vir jou graanvergruiser
kies, moet ook ’n sterk, vinnige afwaartse beweging
van die stamper hê.
Jy kan ’n kruk-en-glyermeganisme gebruik
of een van die nokvorms hieronder om die
rotasiebeweging in ’n wederkerende beweging te
verander. Jy het die name van hierdie nokvorms in
hoofstuk 6 geleer.
Jy moet besluit watter een van ’n kruk-en-
glyermeganisme of ’n nok-en-volgermeganisme
die beste sal werk om die graan te vergruis. As jy
’n nok-en-volgermeganisme kies, moet jy ook die
vorm van die nok kies. Figuur 5

Figuur 6: Verskillende meganismes waaruit jy kan kies om rotasiebeweging in


wederkerende beweging te verander

1. Watter meganisme het jy gekies en hoekom?

Slaknok: Die volger sal skielik val van die hoogste posisie op die slaknok na die
laagste posisie. Dit sal ’n skielike en vinnige stamp van die stamper teen die vloer
veroorsaak.

Totaal [4]

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 93


model van ’n masjien om graan te vergruis
Week 2
Teken jou ontwerp en bou die model
Bou die basiese struktuur en die meganisme daarbinne (60 minute)
Bou eers die struktuur en meganisme volgens die planne en instruksies op die
volgende bladsye. Voeg later jou eie ontwerp om die struktuur te versterk by.
Die foto hieronder wys hoe die model sal lyk voor jy jou veranderinge gemaak
het.

hefboom
spyker

stamper
volger
A-raam

wiel

draadhandvatsel en draadas

ondersteuner vir die as

Figuur 7

In die planne van die model word ’n wiel gebruik in plaas van ’n kruk-en-
glyermeganisme, daarom sal die model nie werk nie. Jy sal ’n nok-en-volger- of ’n
kruk-en-glyermeganisme moet gebruik om dit te laat werk.
Op die volgende bladsye is daar tekeninge van die
Riffels is soos tonnels tussen
onderskeie onderdele wat jy uit riffelkarton moet sny. die twee buitenste lae van die
Trek die vorms af op karton voordat jy hulle uitsny. karton. Riffelkarton is sterker
Maak seker dat die riffels in die regte rigting wys, soos in die een rigting as in die
deur die pyltjies op die tekeninge aangetoon word. ander rigting.
Jy sal self moet besluit hoeveel van elke onderdeel
jy moet maak. Jy sal ook moet besluit waar jy skeiringe gaan gebruik en hoeveel
van hulle om te gebruik.

94 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Elke lid van die span moet sy of haar eie model bou.
Sny hierdie bladsy uit en trek die vorms van die onderdele op riffelkarton af. Sit
die bladsy agterna weer terug in jou boek.

Figuur 8: Die onderdele van een van die twee A-rame wat as ondersteuning vir die as dien.

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 95


model van ’n masjien om graan te vergruis
96 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1
Sny hierdie bladsy uit om die vorms van die onderdele op riffelkarton af te trek. As
jy klaar is, moet jy die bladsy weer in jou boek terugsit.

Figuur 10: Drie verskillende nokvorms


om van te kies.

Figuur 9: Die onderdele van die hefboom en die volger van


die nok wat daaraan vasgeheg sal wees.

Figuur 11: Skeiringe wat op die asse


gebruik moet word

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 97


model van ’n masjien om graan te vergruis
98 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1
Die stappe om die model te bou word op die volgende twee bladsye gewys.
Hoe om die onderdele van jou model vas te heg
Gebruik Prestik om die stukke karton aanmekaar vas te heg, sodat jy hulle kan
losmaak as jy ’n fout maak of iets wil verander. Nadat die projek voltooi is, kan jy
gom of kleefband gebruik om die model sterker te maak.
Ander materiaal wat jy nodig sal hê Veiligheids-waarskuwing
Gebruik koperdraad met ’n dikte van 1 mm vir die Moenie enige koperdraad uit
as van die krukas- of nokmeganisme. Koperdraad is elektriese bedrading verwyder
nie. As jy dit doen, kan jy
maklik om te buig en jy kan dit met ’n skêr sny. As jy
doodgeskok word en sal ander
nie koperdraad het nie, kan jy dun staaldraad gebruik.
mense nie die elektrisiteit kan
Om dit te buig en te sny sal jy egter ’n tang nodig hê.
gebruik voordat die drade
Gebruik ’n spyker of ’n stuk draad vir die as waarom reggemaak word nie. Jy kan
die hefboom draai. ook tronk toe gaan as jy
elektriese draad steel.
Ongewenste sywaartse beweging op die as
Die model wat in die foto gewys word, werk nie goed nie aangesien die hefboom
sywaarts op sy as kan beweeg. As dit gebeur, kan die volger van die nok afval.

volger
hefboom

as

Figuur 13

Puntetoekenning
Om jou model te assesseer gaan jou onderwyser na die volgende kyk:
• Jy het die planne en instruksies suksesvol gevolg en nagekom.  (4)
• Jy het ’n meganisme gemaak om die rotasiebeweging van die handvatsel
in ’n wederkerende beweging van die stamper te verander. (3)
• Die onderdele wat op asse draai, kan nie sywaarts beweeg nie.  (2)
• Jou model werk goed.  (3)

Totaal [12]

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 99


model van ’n masjien om graan te vergruis
100 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1
skeiring

knip draad af

Figuur 12: Verskillende stappe om die model te bou

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 101


model van ’n masjien om graan te vergruis
Teken jou ontwerp van die onderdele om by die model te
voeg  (60 minute)
Hierdie is individuele werk.
Figuur 4 op bladsy 91 wys dat die model waaraan jy tot dusver gebou het nie
stabiel genoeg is om kragte wat van die kant af daarop inwerk te weerstaan nie.
Dit kan inmekaarval of omval. Jy wil struktuurdele vervaardig om by die struktuur
te voeg om te verhoed dat dit gebeur.

Maak: ’n Werkstekening in 2D

1. Maak ’n werkstekening in 2D van die dele wat jy tot die struktuur sal toevoeg
om te keer dat dit nie kan inmekaarval of omtuimel nie.
Besluit self wat die skaal van die tekening moet wees sodat dit in die ruimte
hieronder kan inpas.
Om jou tekening te assesseer sal jou onderwyser na die volgende kyk:
• Die tekening wys akkuraat die ontwerp wat jy op bladsy 92 geskets het.  (2)
• Die tekening wys al die belangrike afmetings.  (2)
• Die tekening is volgens skaal en die skaal word aangedui.  (1)
• Die tekening wys al die verborge lyne.  (1)

Die leerder se eie tekening

102 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Maak: Tekeninge in isometriese projeksie

2. Maak ’n 3D isometriese tekening van dit wat jy by die struktuur wil byvoeg.
Gebruik ’n liniaal.
Jy moet self oor die skaal besluit sodat die tekening op die ruitpapier hieronder
sal inpas.
Dit is nie nodig om verborge lyne op die tekening te wys nie.
Om jou tekening te assesseer sal jou onderwyser na die volgende kyk:
• Die tekening wys akkuraat die ontwerp wat jy op bladsy 92 geskets het. (2)
• Die tekening wys die afmetings op die korrekte wyse.  (3)
• Die tekening is volgens skaal en die skaal word aangedui.  (1)

Totaal [12]

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 103


model van ’n masjien om graan te vergruis
Week 3
Bring verbeteringe aan die model aan en teken ’n artistiese
perspektieftekening daarvan
Hierdie werk is individuele werk, alhoewel spanmaats mekaar mag help deur
idees onderling te deel.

Maak jou verbeteringe aan die model  (60 minute)


Sny die dele uit wat jy by die struktuur gaan voeg om dit sterker te maak en plak
hulle dan met Prestik aan die struktuur vas.
Toets jou model om te sien of dit nou sterk genoeg is om kragte wat van die
kante af daarop inwerk te weerstaan. As dit nie sterk genoeg is nie sal jy meer
veranderinge moet aanbring.  Totaal [10]
Teken ’n artistiese tekening in perspektief van jou
model  (60 minute)
Die meeste perspektieftekeninge met ’n dubbel verdwynpunt het verdwynpunte
wat so ver weg is dat jy hulle nie op die papier kan teken nie. As die verdwynpunte
naby die tekening van ’n voorwerp is, lyk dit asof jy van baie naby af, soos ’n vlieg
die voorwerp sou sien, daarna kyk. Hierdie tekening is ’n voorbeeld daarvan.

Figuur 14: Nabyblik op ’n reghoekige raamwerk

104 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Dit lyk baie vreemd. Daarom gebruik kunstenaars meestal eerder verdwynpunte
wat baie ver weg is en nie op die papier kan inpas nie.
Instruksies om die tekening te maak
Trek eers ’n reghoekige kassie waarbinne die model sal pas. Teken dit in dubbel
verdwynpunt perspektief. Gebruik verdwynpunte wat ver weg is en nie op die
papier nie. Trek fyn lyne vir die sigbare asook die verborge lyne.
Maak dan ’n vryhandskets van jou model binne hierdie kassie. Moenie
verborge lyne wys nie. Nadat jy al die buitelyne geteken het, maak gebruik van
beskaduwing om die skets meer realisties te laat lyk. Wenk: kyk weer na wat jy in
hoofstuk 4 oor beskaduwing geleer het.

Die volgende perspektiefbeginsel sal jou help om


die vryhandskets te maak:
    Hoe verder dinge weg is, hoe kleiner lyk hulle.

Die tekening hieronder wys hoe iemand anders ’n motorkar in dubbel


verdwynpunt perspektief geteken het, deur eers ’n kassie te teken waarbinne die
motorkar sal pas.

Figuur 15: Om van ’n gekompliseerde voorwerp ’n perspektieftekening met ’n dubbel verdwynpunt te maak

Iets om tuis te doen

Plaas hierdie bladsy op ’n groot stuk koerantpapier. Verleng die lyne van die reghoekige raamwerk om
te sien waar die verdwynpunte is.

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 105


model van ’n masjien om graan te vergruis
Maak eers ’n rowwe skets op hierdie bladsy, voordat jy jou finale tekening, met
beskaduwing, op die volgende bladsy maak.
Puntetoekenning
Om jou model te assesseer sal jou onderwyser op die volgende let:
• Dit is maklik om te verstaan wat die tekening wys.  (3)
• Jy het eers ’n rowwe skets gemaak voordat jy jou finale tekening gemaak het. (2)
• Jy het ’n reghoekige kassie geteken waarbinne die model kan inpas en gebruik
fyn lyne vir sigbare en verborge lyne.  (1)
• Jy het die kassie in dubbel verdwynpunt perspektief geteken, en
verdwynpunte gebruik wat ver weg is, en nie op die papier nie.  (2)
• Jy het al die konstruksielyne met fyn lyne aangetoon.  (1)
• Jy het die buitelyne van jou model met donker lyne aangetoon.  (1)
• Jy het beskaduwing gebruik om die skets realisties te laat lyk.  (2)

Totaal [12]

Die leerder se eie tekening

106 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


Die leerder se eie tekening

Volgende week
Volgende week gaan julle ’n “tentoonstelling” van julle projekte hou. Elke span sal
’n tafel hê waarop sy modelle uitgestal word, asook die span se ontwerptekeninge
en die finale tekeninge. Elkeen van julle sal die geleentheid hê om tussen die tafels
van die ander spanne deur te loop om na hulle projekte te kyk en om vrae aan
hulle te vra. Op hierdie manier sal julle leer hoe ander spanne op ander maniere as
julle span probleme opgelos het. Dit mag jou idees gee oor dinge wat jy dalk in die
toekoms wil ontwerp en bou.
Indien enige van jou tekeninge nog nie voltooi is nie, voltooi hulle oor die
naweek.
Laat jou model oor die naweek in die sorg van die tegnologie-onderwyser.
Moet dit nie huis toe neem nie.

Hoofstuk 7 mini-pat: Ontwerp en maak ’n 107


model van ’n masjien om graan te vergruis
Week 4
Maak ’n aanbieding oor jou model en tekeninge  (60 minute)
Elke lid van julle span moet vir 15 minute in beheer van julle tafel wees. Terwyl
jy in beheer is, moet jy die ander leerders wat na julle projekte kom kyk se vrae
beantwoord.
Wanneer jy nie in beheer van jou span se tafel is nie, moet jy tussen die ander
tafels deurloop en na die ander spanne se projekte kyk. Vra vrae oor waarom hulle
die modelle ontwerp het op die wyse waarop hulle dit gedoen het. Gebruik die
ruimte hieronder en maak ’n tekening van ten minste een nuwe idee wat jy by ’n
ander span se tafel gesien het. Dit moet ’n idee wees waaraan jy nooit gedink het
voordat jy die ander span se model gesien het nie.

Die leerder se eie tekening

Geniet julle Paasvakansie. Volgende kwartaal leer julle oor die uitwerking van
tegnologie op die samelewing en die omgewing. Julle gaan leer hoe tegnologie
mense help, maar dat dit dikwels ’n negatiewe uitwerking op die omgewing het.
Daar is gelukkig slim maniere om die uitwerking op die omgewing te verminder.

108 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 1


kwartaal 2
Hoofstuk 8
Die impak van Tegnologie
op die samelewing en die
omgewing
Hierdie hoofstuk is vanuit ’n omgewings- asook ’n onderrigperspektief uiters belangrik. Die lesse wat die
leerders leer, kan vir hulle bewuswording van herwinning verreikende gevolge hê - gevolge wat buite die
skool tot in die samelewing en hulle tuisomgewings strek.
Hulle leer hoe plastiek die omgewing beskadig en hoe hierdie negatiewe uitwerking verminder kan word.
Dit is ’n hoofstuk wat aktiewe deelname aanmoedig, en die leerders kan intens betrokke raak by die
herwinningsinisiatief.
8.1 Waarvan word dinge gemaak? .................................................................................................112
8.2 Wat gebeur met dinge wat weggegooi word? ...........................................................................115
8.3 Hoe kan ons mense keer om plastieksakke weg te gooi? ..........................................................118

Die inleidende bladsye sal die leerders se begrip van natuurlike materiaalsoorte, sintetiese materiaal
en biodegradering prosesse verstewig. Dit word aanbeveel dat hulle hierdie afdeling sorgvuldig sal
deurlees voordat hulle met afdeling 8.1 aangaan aangesien dit die nodige agtergrondinligting sal verskaf.
Die diagram van ’n fabriek sal hulle met die begrip help; neem hulle sorgvuldig deur die proses.
Materiaal vir hierdie hoofstuk benodig:
Pen en potlood

Figuur 1: Waarvan is hierdie skoppelmaai gemaak?

Tegnologie graad 8 kwartaal 2 109


8.1 Waarvan word artikels en items gemaak
Die leerders ondersoek watter materiaalsoorte gebruik word om sekere artikels te
vervaardig. Hulle word aangemoedig om rondom hulle te kyk na elke item, soos hulle klere,
verpakkingsmateriaal en ander materiaalsoorte. In die eerste oefening moet hulle die soorte
materiaal uitken wat vir die vervaardiging van alledaagse items gebruik word, en die materiaal
wat vandag gebruik word vergelyk met die materiaal wat in die verlede gebruik is. Hulle moet
aangemoedig word om op weggooibare materiaalsoorte soos nylon en plastiek te fokus en dit
met die natuurlike soorte materiaal wat in die verlede gebruik is te vergelyk. Dit is belangrik
omdat dit wys hoe afhanklik ons van plastiek en ander nie-biogradeerbare stowwe geraak het.
Gebruik hierdie oefening om die praktiese vrae en take wat hulle voor die volgende les moet doen
aan hulle bekend te stel. Die leerders se aandag moet gevestig word op die aspek van afval wat
die omgewing om hulle beïnvloed, en hulle moet aangemoedig word om kennis te neem van die
toestand van hulle omgewing. Voordat hulle met die huiswerk begin, moet die onderwyser die vrae
met die leerders deurgaan en seker maak dat hulle verstaan wat van hulle verwag word om te doen.
Die inligtingsafdeling op bladsye 110 en 111 sal die leerders baie help.

8.2 Wat word van items/artikels wat weggegooi word?


Hierdie afdeling begin onmiddellik met vrae wat met die leerders se huiswerk verband hou.
Verdeel die klas in werkgroepe van drie leerders elk, en laat hulle die vrae bespreek. Jy kan hulle
terugverwys na die afdeling oor biodegradeerbare en nie-biodegradeerbare materiaal aan die
begin van hierdie hoofstuk. Hulle moet dan individueel die antwoorde in hulle werkboeke invul, en
die vrae wat volg beantwoord.
Lei hulle aan die einde van die les deur die afdeling oor afvalhope, en moedig hulle aan om oor
hierdie onderwerp na te dink, en in die proses om op die hoeveelhede afval, rommel en die
gepaardgaande gesondheidsrisiko’s te fokus.

8.3 Hoe kan jy die mense laat ophou om plastieksakke


weg te gooi
Hierdie afdeling is ’n gevallestudie. Die leerders moet vrae beantwoord wat gebaseer is op
wat hulle gedurende lesse 8.1 en 8.2 ontdek het. Nadat hulle dit gedoen het, en jy met hulle die
antwoorde deurgegaan het, beweeg na die verslag wat hulle moet skryf. Dit word aanbeveel dat
die afdeling wat te doen het met plastieksakke hardop gelees moet word deur die onderwyser
of ’n leerder, en dat ’n kort bespreking moet plaasvind oor die skeiding van afval en hergebruik.
Die leerders sal die vier vrae wat gevra is, oordink en ’n kort verslag skryf oor hulle individuele
ondersoeke. As daar tyd oor is voor die einde van die les, kan jy dat ’n paar leerders hulle
verslae aan die klas voorlees, en die leerders hul ondervindings laat vergelyk.
Herinner die leerders daaraan dat hulle afvalpapier (koerantpapier is ideaal) en afvalkarton (enige
skoon karton van ’n boks of verpakking) na die volgende les moet saambring.

110 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


elektrisiteit uitlaatgasse

vloeibare afval
steenkool

vaste
water afval

sintetiese materiale

Figuur 2: Afval deur ’n fabriek vrygestel

vars groenteafval bo-op gegooi

ou groenteafval wat kompos gevorm het

Figuur 3: ’n Komposhoop

8: Die
hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op die 111
samelewing samelewing en die omgewing
8.1 Waarvan word dinge gemaak?
Kyk om jou na die volgende voorwerpe in jou klaskamer. Skryf die volgende vir
elke voorwerp neer:
(a) Waarvan dink jy is hierdie tipe voorwerp honderde jare gelede gemaak,
voordat daar sintetiese materiale was.
(b) Waarvan word hierdie voorwerp vandag gemaak.

Daar mag ander antwoorde wees waaraan die leerders kan dink. Hierdie is slegs
riglyne

Voorwerp Waarvan is dit Waarvan word dit vandag


honderde jare gelede gemaak?
gemaak?
Hemp Katoen Poliëster
Wenk: Kyk na die etiket in
jou skoolhemp.
Trui Wol of katoen Poliëster/akriel
Wenk: Kyk na die etiket in
jou skooltrui.
aterials that cannot
nd in naturePen Hout of metaal Plastiek
Iets om op te skryf Papirus /riete/ Papier
velle van diere
Wenk: Waarop het die ou
Egiptenare geskryf?
Waarop het die Khoisan
geteken?
Potloodboksie Hout Plastiek

Verf Natuurlike materiaal Akrielmateriaal PVA


soos eierwit, gemaalde
rots, water

Dak Riete, gras, leiklip, teëls Geriffelde sinkplaat,


betonteёls
Skooltas Leer, seil Plastiek, kunsleer of seil.

Nadat jy die tabel voltooi het, bespreek die antwoorde met die leerder wat langs
jou sit.

112 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Huiswerk vir die volgende les

Jy moet hierdie oefeninge doen sodat jy die vrae in die volgende les kan
beantwoord.
1. Kyk na die inhoud van vullisblikke en vullissakke. Maak ’n lys van al die vaste
materiale daarin.

In hierdie vraag moet die leerders let op biodegradeerbare en

nie-biodegradeerbare afval.

2. Staan in ’n straat naby jou huis. Kyk om jou rond, sonder om van staanplek
te verander. Tel hoeveel plastieksakke jy kan sien. Gaan na ’n ander straat en
herhaal die proses. Voltooi dan die onderstaande tabel.

Getal plastieksakke wat jy kan sien


Straat A
Straat B

Die antwoorde op hierdie vraag sal waarskynlik van mekaar verskil. Die leerders
moet aangemoedig word om oor die rommel wat hulle gewoonlik sien, te praat.

3. Kyk na die plastieksakke wat buite rondlê wat nog nuut lyk.
Kyk ook na plastieksakke wat buite rondlê en oud lyk.
Waarom lyk sommige plastieksakke nuut en ander oud? Wat het veroorsaak dat
die oues so lyk?

Sommige van die afval is maar onlangs weggegooi. Die ouer sakke is vuil,
geskeur en onbruikbaar.

4. Kyk na nuwe en ou stukke materiaal wat van plante afkomstig is en wat rondlê,
soos hout, grassnysels, papier en karton. Hoe verskil die nuwer stukke van
hierdie afval van dié wat reeds vir ’n lang tyd rondlê?

Die nuwer stukke biodegradeerbare materiaal het nog nie begin om af te breek
nie. Die ouer stukke het begin om te degradeer, te verrot of te vergaan.

Hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op 113


die samelewing en die omgewing
Hoe raak jy van jou vullis ontslae?

Dit is goed vir die omgewing as jy verskillende geneem word waar nuwe glas uit ou glas
tipes afval in verskillende vullissakke of kratte vervaardig word. Dit is baie beter as wat die
sit. Dit word afvalskeiding genoem. As jy ou glas op ’n vullishoop lê. Ons sê dat die glas
byvoorbeeld jou glasafval in ’n krat sit, kan herwin kan word. Jy sal volgende week meer oor
die glas deur ’n vullisversamelaar na ’n fabriek herwinning leer.

materials that cannot


Figuur 4: Die weeklikse vullis van ’n huishouding wat hul vullis skei
nd in nature

Figuur 5: Die weeklikse vullis van ’n huishouding wat nie hul vullis skei nie

114 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


8.2 Wat gebeur met dinge wat weggegooi word?
Bespreek in groepe van drie tot vier

Om hierdie vrae te beantwoord moet jy terugdink aan die oefeninge wat jy vir
huiswerk gedoen het.
1. (a) Wat is die verskille tussen afvalmateriale wat reeds lank buite rondgelê het
en afvalmateriaal wat nog net vir ’n kort rukkie buite rondlê?

Die ouer stukke is aan wind en weer en verwering blootgestel.

(b) Watter materiaalsoorte verouder baie met tyd? En watter materiale het nie
oor ’n lang tyd verander nie?

Die nie-biodegradeerbare materiaal het nog nie begin om te verrot of te


disintegreer nie, maar is reeds vuil en lelik. Die biodegradeerbare materiaal
is deur die son en reën beïnvloed, en begin om in kompos te verander.
Sommige metaalsoorte (yster gebaseer) sal begin om te roes.

(c) Verander party materiale meer oor ’n tydperk as ander?

Ja, sommige is vinniger om te verander, afhangend van waarvan hulle


gemaak is. Plantmateriaal vergaan gouer as katoen, en papier vinniger as hout.
Ystergebaseerde metale sal roes, maar aluminium roes nie so vinnig nie.
Nie-biodegradeerbare materiaal vergaan baie stadig; hoe dikker die
materiaal, hoe stadiger die proses.

2. (a) Wat dink jy sal met plastieksakke gebeur wat langer as tien, honderd of
duisend jaar in die omgewing rondlê?

Na tien jaar sal hulle nog steeds baie min verwering toon. Hulle sal baie
stadig vergaan, vir honderde jare in die omgewing teenwoordig wees.
Eers na ʼn duisend jaar sal hulle byna vergaan wees, maar dan sal die
plastiekmateriaal waarvan hulle gemaak is, nog daar wees – dit vergaan nie.
(b) Word die plastieksakke wat as afval weggegooi word al hoe meer? Of
vergaan hulle deur bioafbreking? Of gebeur iets anders met hulle?

Hulle hou aan om met die jare te akkumuleer. Hulle biodegradeer na honderde
jare. As ons hulle nie herwin nie, sal hulle nie weggaan nie.

Hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op 115


die samelewing en die omgewing
Verskillende eienskappe van verskillende materiale

Siphosethu gebruik ’n papiersak om haar inkopies te dra.


Brandon gebruik ’n plastieksak.
Thabang gebruik ’n leersak.
Al drie van hulle gebruik hul sak oor en oor, maar die sakke breek na ’n ruk.
Beantwoord vir elke soort sak die volgende vrae. Hierdie werk is individuele werk.
1. Wat sal met die sak gebeur as dit nat word?
Papiersak Dit word nat en val uitmekaar.
Plastieksak Dit word nat, maar niks gebeur verder daarmee nie.
Dit word nat, en as dit nie versigtig drooggemaak word nie, kan dit
Leersak
hard en onbruikbaar word.

2. Moet jy die sak op een of ander manier versorg om dit langer te laat hou?

Papiersak
Jy kan niks meer doen as om versigtig te wees dat dit nie skeur of
nat word nie.

Plastieksak
Dit sal hou solank jy dit nie naby hitte neersit nie, omdat dit sal smelt.
As dit te lank aan die son blootgestel word, sal dit vorm verloor.
aterials that cannot
nd in nature Jy kan ’n spesiale politoer/room (‘dubbin’) aan ’n leersak smeer wat
Leersak dit vir jare sal bewaar en sag en soepel sal hou. Dit help ook om die
leer waterdig te maak.
3. Kan die sak reggemaak word as dit breek? As dit reggemaak kan word, hoe kan
dit gedoen word?

Papiersak Dit kan met kleefband of gom reggemaak word.

Plastieksak Dit kan met plastieksement (’n soort gom wat plastiek aanmekaar heg)
reggemaak word; of dit kan met sterk kleefband vasgeplak word.
Leersak Dit kan aanmekaargewerk word, of ’n spesiale veeldoelige gom kan
gebruik word.
4. Waar sal die sak heengaan as dit saam met ander afval, soos vrot kos,
weggegooi word? Wat sal dan daarmee gebeur?
Papiersak Dit sal in kompos verander.
Plastieksak Niks sal gebeur nie.
Leersak Dit sal uiteindelik biodegradeer.

116 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Huiswerk

Dink aan ’n plek waar vullis verbrand word. Jy het dalk al sulke plekke gesien.

Figuur 6: ’n Brandende vullishoop

Vir hierdie vrae moet die leerders aangemoedig word om op die besoedeling te
fokus: grond, lug en reuk. Maak seker dat hulle die toksiese aard van die
besoedeling van die grond en die lug verstaan en die feit dat die besoedeling die
grond kan binnedring en ondergrondse waterbronne ook kan vergiftig.

1. Hoe lyk die grond?

2. Hoe lyk die lug?

3. Hoe ruik die lug?

Hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op 117


die samelewing en die omgewing
8.3 Hoe kan ons mense keer om plastieksakke weg te gooi?
Gevallestudie: Die negatiewe impak van plastieksakke op
mense en die omgewing
Gedurende die afgelope twee weke het jy heelwat gelees en geleer oor die invloed
van plastiekmateriale op mense en die omgewing. Hou dit in gedagte terwyl jy die
volgende vrae beantwoord.
1. Wat kan gebeur as ’n dier ’n plastieksak eet?

Dit kan die dier versmoor deur sy lugpyp te blokkeer, of die plastieksak kan in
die dier se keel vassteek en die dier stadig doodmaak omdat die dier kan nie
kos en water insluk nie. As die dier daarin slaag om die sak in te sluk, kan dit sy
spysverteringstelsel verstop en dit mag hom dalk laat vrek.

2. (a) Wat gebeur met mense en diere wat die gas inasem wat afkomstig is van
brandende plastiek?

Die rook is toksies (giftig) en kan ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak


vir mense en diere wat dit inasem. Hierdie probleme is soms onmiddellik, en
aterials that cannot
nd in nature soms stadig, maar is altyd die gevolg van die inaseming van die gif.

(b) Waar gaan die rook en gasse heen nadat die vuur uitgebrand het?

Die atmosfeer in. Die swaar deeltjies kan met reën verbind en suurreën vorm,
of dit kan ’n neerslag vorm op plante wat geoes en daarna geëet word.

(c) Wat bly op die grond agter nadat die plastiek uitgebrand het?

Die oorblywende materiaal wat nie deur die vuur vernietig is nie. Dit is steeds
toksies en sal vir honderde jare hou.

3. Waarna lyk dit as daar ’n klomp plastieksakke om jou huis by die skool, in die
straat of in die veld rondlê?

Hierdie vraag kan gebruik word om die leerders te prikkel om oor die uitwerking

van sigbare-besoedeling te praat; dit is nie net lelik in die gemeenskap nie, maar

dit hou ook ’n omgewings- en gesondheidsrisiko in.

118 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


4. Kyk na die foto hieronder:

Figuur 7

Wat kan gebeur as plastieksakke in ’n rivier of stroom beland?

Dit kan waterpype blokkeer. Dit kan ingesluk word deur diere wat dit drink.
Dit kan ander afval vasvang en veroorsaak dat stroompies besoedel raak. Dit
kan gesondheidsbedreigings inhou deur stilstaande poele te veroorsaak waarin
muskiete en ander insekte kan broei. Die watergehalte in hierdie poele sal ook
agteruitgaan.

5. Wat gebeur met plastiek wat vir ’n lang tyd in die water lê? Verander dit?

Niks gebeur nie. Dit biodegradeer nie, dit word net vuiler en leliker.

Hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op 119


die samelewing en die omgewing
Verslag: Vermindering van die negatiewe impak van plastieksakke

Tot in 2003 het winkels in Suid-Afrika gratis plastieksakke aan kopers gegee om
hul inkopies te dra. Hierdie sakke was baie dun en het maklik gebreek. Dit het
veroorsaak dat mense die sakke weggegooi het nadat hulle gebruik is.
Die regering wou plastiekafval verminder en vanaf 2003 is winkels verbied
om gratis plastieksakke aan kopers te verskaf. Die gebruik van baie dun
plastieksakke is ook van toe af onwettig.
Sedertdien moet kopers betaal vir sterker plastieksakke wat herhaaldelik
gebruik kan word. Alhoewel die sakke steeds dun lyk, is hulle nie so dun soos
die sakke wat voor 2003 gebruik is nie. Baie kopers verkies om nie nuwe sakke
te koop nie en neem eerder hul ou inkopiesakke winkels toe.
Dit is ook makliker vir herwinningsfabrieke om die nuwe, dikker plastieksakke
vir hergebruik te herwin. Dit help egter net as mense hul vullis in afsonderlike
houers sorteer sodat die plastieksakke na die herwinningsfabriek gestuur kan
word.

Laat die leerders praat oor die vier vrae wat aan hulle gegee is en waarop hulle hul
verslae moet baseer. Dit hou alles verband met die nasionale poging om
verbruikers sover te kry om hulle inkopiesakke weer te gebruik; dit moet hulle
ontmoedig om die sakke weg te gooi. As die leerders aan ander onderwerpe en
gesprekspunte
aterials that cannot kan dink wat verband hou met hierdie saak (in besonder oor hoe om
te verhoed dat plastiek op die vullishope of in die strate beland), moet hulle aan-
nd in nature
gemoedig word om daaroor te praat.
Gaan die verslae deur om seker te maak die leerders die herwinningskonsep
verstaan, want dit is belangrik vir die volgende twee hoofstukke.

Dink weer aan wat jy gesien het toe jy na die inhoud van vullisblikke en
vullissakke en na plastieksakke wat buite rondlê gekyk het. Skryf ’n verslag van ’n
halwe bladsy hieroor hieronder, waarin jy die volgende vier vrae beantwoord:
1. Dink jy om mense vir dikker, herbruikbare plastieksakke te laat betaal help om
die hoeveelheid plastieksakke wat mense weggooi te verminder?
2. Is daar nog winkels wat dun plastieksakke gratis weggee?
3. Watter persentasie mense dink jy hou hul plastiekafval afsonderlik van hul
ander afval, en nie saam met hul ander vullis nie?
4. Is daar ander dinge wat mense kan doen om te sorg dat minder plastieksakke
weggegooi word?

120 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Figuur 8: ’n Windturbine wek elektrisiteit op met behulp van die krag van die wind wat waai. Die lemme
van die turbine word gemaak van ’n stof bekend as “epoksiehars,” wat met vesel gekombineer word.
Dit maak die lemme baie sterk, maar terselfdertyd baie lig. Dit is ook moontlik om hierdie materiaal in ’n
spesiale vorm te verwerk.

Hoofstuk 8: Die impak van Tegnologie op 121


die samelewing en die omgewing
Volgende week

Volgende week gaan julle in die klas dinge met papier en karton doen. In plaas
daarvan om nuwe papier en karton te gebruik gaan julle ou papier en karton
hergebruik. Kry oor die naweek ’n paar velle afvalpapier en afvalkarton in die
hande en bring dit aan die begin van volgende week saam skool toe. Soek na items
soos kartonverpakking vir voedselprodukte.

aterials that cannot


nd in nature

122 TEgnOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Hoofstuk 9
Maak nuwe dinge uit ou
goed
In hoofstuk 8 het die leerders op plastiek gefokus, en hulle is aan die konsep van herwinning bekend
gestel. In hoofstuk 9 sal jy ’n soortgelyke oefening met hulle doen en hulle gids wees deur papier en
karton te gebruik. Hulle leer aanvanklik hoe papier en karton gemaak word, en dit sal hulle lei om te
begryp hoe hierdie soorte materiaal herwin kan word.
Hierdie is ’n praktiese oefening met beplanning, ontwikkeling en konstruksie, en die leerders sal
herwinde materiaal gebruik om nuwe items te vervaardig.

9.1 Hoe word papier en karton gemaak? ............................................................................... 126


9.2 Hoe word papier en karton hergebruik? .......................................................................... 128
9.3 Teken die ontwikkeling van ’n boks ................................................................................. 132
9.4 Maak jou eie boks ........................................................................................................ 134
9.5 Jou finale boks .............................................................................................................. 136
9.6 Maak ’n potloodboksie ................................................................................................... 137

Die twee illustrasies op bladsye 124 en 125 gee uit ’n uitstekende visuele voorstelling van die
papiervervaardigings- en -herwinningsproses.

Materiaal vir hierdie les benodig:


Kartonbokse: klein (omtrent die grootte
van ’n hoofpynpilboksie) en groot
(omtrent die grootte van ’n graankosboks)
Tekenpapier
’n Balpuntpen
Potlode
’n Liniaal
Gom (óf Pritt papiergom, óf tuisgemaakte
gom gemaak met meel en water)
’n Skêr

Figuur 1: Versamel weggooipapier en


weggooikarton afsonderlik van ander vullis

Tegnologie graad 8 kwartaal 2 123


9.1 Waarvan word papier en karton gemaak?
Die onderwyser moet daarop fokus dat hierdie afdeling verwys na die maak van papier uit
herwinde papier. Jy kan die leerders daaraan herinner dat nuwe papier uit houtpap gemaak word
en dat baie bome afgesaag moet word om in hierdie vraag te voorsien.
Neem hulle deur die herwinningsproses en wys hulle daarop dat selfs papier nie vir altyd
hergebruik kan word nie, omdat die vesels afgebreek word totdat hulle te kort en te swak is.
Laat die leerders vir die gevallestudie die vrae individueel in hulle werkboeke beantwoord.
Herinner aan die einde van die les die leerders daaraan dat hulle vir die volgende les klein
boksies klas toe moet bring. Pilleboksies (deur ’n volwassene verskaf) of boksies min of meer
so groot, is ideaal vir hierdie doel.

9.2 Hoe word papier en karton hersirkuleer?


Die leerders moet vir hierdie week se les elkeen ’n klein boksie hê. Dit word aanbeveel dat die
onderwyser ’n paar ekstra boksies saambring, want sommige van die leerders mag dalk nie in
die posisie wees om hulle eie boksies te bring nie.
Ontvou die bokse soos in die instruksies in die werkboek aangedui. Neem hulle deur die proses
en wys die dele van die boks wat hulle moet ken aan hulle uit.
Laat hulle dan die vrae individueel beantwoord. Die volgende afdeling is kort, maar jy
moet hulle daardeur neem voordat hulle die vrae wat daarop volg, beantwoord. Hierdie is
’n ontdekkingsproses, en alhoewel hulle met ’n alledaagse voorwerp te make het, sal die
terminologie wat gebruik word vir hulle nuut wees.
Herinner hulle aan die einde van die les dat hulle huiswerk het om te doen vir die volgende les.
Hulle moet die voorbereiding doen en die materiaal wat vereis word, saambring.

9.3 Teken die ontwikkeling van ’n boks


As die leerders hulle bokse oopmaak, moet hulle seker maak dat hulle nie deur die oorklappe
sny nie, want die oorklappe sal later belangrik wees. Verduidelik hoe fyn en donker lyne werk,
en die belangrikheid daarvan om te verseker dat slegs die buitelyn wat gesny moet word met ’n
donker lyn gemerk word.
Hulle kan dit oefen totdat hulle netjiese profielvorms het om nuwe bokse mee te maak. Tuis
moet die leerders so netjies as moontlik nog ’n uitsnit met hulle profielvorms maak om vir die
volgende les klas toe te bring.

9.4 Maak jou eie boks


In hierdie les verken die leerders die kenmerke van karton, deur dieselfde stappe as met die
papierbokse in 9.3 te volg.

124 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Voordat hulle hul bokse konstrueer moet daar prakties aan hulle verduidelik word hoe om gom
reg te gebruik, en hoe om karton te vou. Maak gebruik van die verduidelikings in die werkboek
om hulle deur die proses te lei.

9.5 Jou finale boks


In hierdie les sny die leerders die boks se vorm uit karton, en dan, met behulp van die tegnieke
wat hulle aangeleer het, vou en plak hulle die bokse. Maak seker dat die oorklappe wat hulle
gaan vasplak ordentlik uitgesny is, anders sal die bokse nie aanmekaar geplak kan word nie.

9.6 Maak ’n potloodboksie


Hierdie finale afdeling toets die leerders se vaardighede om te ontwerp, te teken en te skep.
Deur die tegnieke wat hulle geleer het te gebruik, moet hulle ’n redelike weergawe van ’n boks
ontwerp waarin hulle hul penne en potlode kan hou. Dis belangrik dat hulle in die beplanning van
die potloodboksie afmetings aantoon. Dit sal ’n goeie idee wees as hulle die eerste boks wat
hulle gemaak het meet, om ’n gevoel te kry vir die afmetings waarmee hulle gaan werk. As daar
nie genoeg tyd vir hulle is om die taak af te handel nie, kan hulle dit as huiswerk voltooi.
Met behulp van die paragrawe op bladsy 138, kan jy die belangrikheid van hergebruik en die
voordele daarvan vir die gemeenskap opsom.

Papier en karton word


Bome word in ’n papierfabriek
afgesaag vervaardig

Papier en karton word


na die papierfabriek
teruggeneem

Papier en
karton
word
gebruik Papier en karton
word van die ander
Weggooipapier en rommel geskei
-karton

Figuur 2: Om papier en karton te gebruik sonder Figuur: 3: Die gebruik van papier en karton, en
om dit te herwin die hergebruik daarvan

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 125


9.1 Hoe word papier en karton gemaak?
’n Papierherwinningsfabriek maak nuwe papier of karton uit afvalpapier.
Hieronder word verduidelik hoe hulle dit doen. Jy kan ook herwinde papier by die
huis maak.
1. Afvalpapier word met warm water en chemikalieë
gemeng. Dit word deur ’n masjien geroer en
opgekap om die klein, dun vesels waarvan papier
gemaak word uitmekaar te kry. Die masjien wat
die mengsel van water en papier meng en opkap
werk soos ’n voedselverwerker.
Die mengsel van opgekapte papier en water word
papierpulp genoem.
2. Die pulp word deur ’n sif gegooi. Ou gom en baie
kort vesels gaan deur die sif. Lang, sterk vesels Figuur 4
bly agter in die sif. Hierdie vesels word dan in ’n
roertenk geplaas waar chemikalieë bygevoeg word
om die ink uit die pulp te verwyder.
3. Nuwe gom word by die pulp gevoeg. Wanneer
die herwonne papier vir skryfwerk of drukwerk
bestem is, word ’n hoeveelheid klei bygevoeg
om aan die papier ’n gladder oppervlak te gee.
4. Die pulp gaan na ’n papiervervaardigings-
masjien waar dit tussen twee rollers Figuur 5: ’n Sif
gepers word om dit die vereiste dikte te
gee, en die water daaruit te pers.
In plaas daarvan om ’n lang tyd te wag vir die papier om uit te droog kan dit
vinniger gedroog word deur die papier te verhit en warm lug daaroor te blaas.
Sodra die papier droog is, word dit in die regte groottes gesny en verpak.
Papiervesel kan tot sewe keer hergebruik word, maar tydens die proses breek die
vesels elke keer in korter en korter stukkies. As die papier te veel kere hergebruik
word, sal die vesels te kort en swak raak om weer papier daarvan te maak.

Gevallestudie: Papierherwinning

1. Waarvan word karton gemaak?

Afvalpapier, water en chemikalieë.

2. Hoekom kan papier nie meer as sewe keer hergebruik word nie?

Die vesels van die herwinde papier word tydens die herwinningsproses afgebreek
en word uiteindelik te kort en te swak.

126 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


3. Wat sal gebeur as die gate in die sif te groot is?

Te veel van die sterk vesels sal vermors word, want hulle sal deur die gate gaan.
Slegs die kort, swak vesels moet uitgesif word.

4. Wat sal gebeur as die gate in die sif te klein is?

Te veel van die swak vesels sal in die papier agterbly, wat ʼn swak gehalte papier
sal veroorsaak.

Huiswerk vir die volgende les


Versamel ’n paar ou pilboksies en Veiligheidswaarskuwing
bring hulle na die volgende les. Probeer Moenie pille uit pilboksies verwyder nie. Daar
minstens twee sulke boksies kry. As is etikette op pilboksies wat sê watter pille dit
jy nie ’n pilboksie kan kry nie, bring is en hoe hulle gebruik moet word. As daardie
’n ander klein boksie wat toegemaak etikette verlore raak, weet mens nie watter
kan word nadat jy dit oopgemaak het. medisyne om te neem, en hoeveel daarvan nie.
Soms word speserye in sulke boksies Vra jou ouers of enige ander volwassene vir ’n
verpak, asook sommige gloeilampe. leë pilboksie.

Figuur 6: Deel van ’n ou papiervervaardigingsmasjien

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 127


9.2 Hoe word papier en karton hergebruik?
Neem een van die klein boksies wat jy skool toe gebring het. Kyk goed na al die
kante van die boksie. Maak dan die boksie oop sodat jy binne kan sien, maar
moenie die boksie skeur of sny om dit oop te maak nie. Terwyl jy na die boksie
kyk, probeer dink oor hoe hierdie boksie uit ’n plat stuk karton gemaak is.

Die volgende woorde beskryf verskillende dinge van


’n boksie:
• ’n Vlak is een van die plat oppervlakke wat van
die buitekant af gesien kan word.
• ’n Rand is die lyn waar twee vlakke ontmoet.
• ’n Hoek is waar drie vlakke by ’n enkele punt
bymekaarkom. By hierdie punt is daar ook drie
rande wat bymekaarkom.
• ’n Oorvouklap is ’n addisionele stuk wat aan ’n
vlak geheg word en gebruik word om die boksie
te help toehou. Dit kan nie vanaf die buitekant
van ’n toegemaakte boksie gesien word nie.

vlak
oorklap

rand

hoek

Figuur 7: Die verskillende dele van ’n boksie

Dink oor die verskillende dele van ’n boksie

1. Hoeveel vlakke het die boksie?

Die boks het ses vlakke.

2. Hoeveel rande het die boksie?

Die boks het twaalf rande.

128 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


3. Hoeveel hoeke het die boksie?

Die boks het agt hoeke.

4. Kyk na die twee tekeninge van die boksie hier onder. Die tekeninge is gemaak
deur van verskillende aansigte na die boksie te kyk. Op elke vlak van hierdie
boksie is ’n naam geskryf. Skryf dieselfde name op die verskillende vlakke van
jou eie boksie.

Gaan die leerders se antwoorde oor die bokse na.

Figuur 8: Benaming vir die verskillende vlakke van ’n boksie

5. Uit hoeveel verskillende stukke karton is die boksie gemaak?

Die boks is uit ʼn enkele stuk karton gemaak.

Daar is drie verskillende maniere waarop ’n rand in


’n kartonboks gemaak kan word.
• Onafgebroke rand: Die karton word eenvoudig
langs ’n lyn gevou.
• Rand gemaak deur ’n oorvouklap te vou: Een
van die twee vlakke wat bymekaarkom het ’n
oorvouklap daaraan vas. Hierdie oorvouklap vou
onder die ander vlak in om die boks toe te maak.
• Rand gemaak met ’n oorvouklap wat aan ’n
ander vlak vasgegom word: Dit is dieselfde as
’n rand wat met ’n oorvouklap gemaak is, maar
in dié geval word die oorvouklap permanent met
gom aan die ander vlak vasgehou.

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 129


Die verskillende soorte rande vir jou boks

1. Die foto’s hieronder wys verskillende rande van ’n boks.


Skryf onder elke foto watter soort rand gewys word.

Figuur 9

Ononderbroke rand Rand gemaak met Rand gemaak met


gebruik van ʼn oorvouklap oorvouklap teen ʼn ander
vlak vasgegom.

2. Hoeveel van die rande van jou boks is onafgebroke rande?

Ses rande is ononderbroke

3. Hoeveel van die rande van jou boks is gemaak met oorvouklappe wat nie
gegom is nie?

Twee oorvouklappe

4. Hoeveel van die kante van jou boks is gemaak met oorvouklappe wat met gom
vasgeplak is?

Ses oorvouklappe

5. Wat is die totale aantal oorvouklappe wat gebruik is om die boks te maak?

Agt oorvouklappe

130 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Huiswerk

1. (a) Kry ’n ou kartonboks. Dit moet van


dun, soliede karton gemaak wees.
Ontbytgraanbokse en bokse waarin kos
verpak word, is gewoonlik van sulke karton
gemaak.
• Maak seker die boks is nie van geriffelde
karton gemaak nie.
(b) Sny die boks en vou dit plat. Die plat stuk
karton moet minstens so groot soos ’n A4-
papiervel wees.
(c) Herhaal die proses om nog twee kartonvelle
te maak.
Figuur 10: Bokse vir die
verpakking van kos word van
dun, soliede karton gemaak.
2. Kry minstens agt ou A4-papiervelle in die hande.
Die een kant van elke papiervel moet skoon wees,
want jy gaan daarop teken.
3. Bring volgende week die papier en die kartonvelle
saam na elkeen van jou Tegnologielesse. Jy gaan
hierdie ou papier en karton gebruik om papier- en
kartonbokse te maak.
4. Bring weer pilboksies, of ander klein boksies, na
jou volgende les. Figuur 11: Groot bokse word
van geriffelde karton gemaak.

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 131


9.3 Teken die ontwikkeling van ’n boks
Sny die boks langs die vasgegomde rand oop. Vou dit oop en druk dit plat. Ons
noem dit die plat plan of ontwikkeling van ’n boks.

Figuur 12: Jy kan ’n boks oopvou en platdruk om een plat stuk karton te maak. Dit is die ontwikkeling van
’n boks.

Trek die ontwikkeling met fyn lyne op ’n stuk papier na. Trek dit na in die middel
van die skoon papiervel, sodat daar spasie rondom die nagetrekte ontwikkeling
oorbly. Jy kan die ontwikkeling oor en oor gebruik om na te trek, soos wat deur die
illustrasie hieronder gewys word.

Figuur 13: Die natrek van ’n figuur om met dieselfde prent baie Kerskaartjies te maak.

132 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Toe jy die ontwikkeling van die boks nagetrek het, was jou lyne nie baie netjies
en reguit nie. Dit is hoekom jy die lyne fyn gemaak het. Gebruik nou ’n liniaal om
reguit, donker lyne oor die fyn lyne van jou ontwikkeling te trek. Die donker lyne
wys waar die papier gesny moet word. Moenie om enige ander rede donker lyne trek
nie, want jy kan later iets afsny wat jy nie moes afsny nie!
Wys met strepieslyne waar die papier gevou gaan word.
Sny nou jou ontwikkeling uit. Moenie met die strepieslyne langs sny nie, want hulle is
vir voue bedoel. Vou die ontwikkeling om ’n boks te vorm.
As jy per ongeluk iets afgesny het wat jy nie moes afsny het nie, moenie
bekommerd wees nie. Die meeste mense maak foute as hulle vir die eerste keer
probeer om ’n boks te ontwerp en uit te sny. Leer egter uit jou foute. Vra jouself
wat jy volgende keer behoort te doen om die boks reg te maak, of selfs beter.

Huiswerk

1. (a) Maak ’n nuwe papiermodel van jou boks. Maak hier keer ’n netjieser een.
Dink sorgvuldig voordat jy jou ontwikkeling begin uitsny, om seker te maak
dat jy nie iets afsny wat nie afgesny moet word nie.
Onthou dat die papiermodel van jou boks uit net een papiervel gemaak
moet word.
(b) Bring die kartonboks wat jy in hierdie les oopgesny, ontvou en platgedruk
het, asook die papiermodel wat jy van hierdie boks gemaak het, na die
volgende les.
2. Onthou om volgende week die papier- en kartonvelle wat jy oor die naweek in
die hande gekry het na elke les saam te bring.

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 133


9.4 Maak jou eie boks
Leer die geheime
Jy het ’n papierboksie gemaak en nou gaan jy Hierdie week gaan jy ’n
voorbereidings tref om met die gebruik van kartonboks maak. Jy
dieselfde ontwerp ’n sterker boks uit karton te maak. moet egter eers ’n paar
werksgeheime leer. Mense
Dit is moeiliker om karton te vou, en dik karton
wat tegnologiese werk
kan kraak as jy dit vou. Jy moet eers die geheim leer
doen, noem hierdie geheime
om karton te vou, asook hoe om twee stukke karton tegnieke. Dit maak sin dat die
met gom aanmekaar te plak. Jy sal dit op so ’n manier woord tegnologie soortgelyk
moet doen dat die gom gou droog word en die las sterk is aan die woord “tegniek”.
sal wees.
Hoe om karton vas te lym
Jy gaan twee stukke karton met wit houtlym aanmekaar plak. Eksperimenteer eers
so bietjie om vas te stel of dit beter is om baie lym te gebruik, of net ’n bietjie lym.
Plak twee klein stukkies karton met ’n
dik lymlaag tussen hulle aanmekaar. Druk
die twee stukkies karton twee minute lank
teenmekaar, en laat dit dan los. Het die gom
droog geword? Probeer om die twee stukkies
karton versigtig uitmekaar te trek. Is die las
sterk? Figuur 14: Met baie lym
Probeer nou twee ander stukkies papier
aanmekaar lym. Gebruik hierdie keer baie
min lym. Sit net ’n druppel gom op die karton
en versprei dit met jou vinger. Houtlym is
nie giftig nie en jy kan dit met water afwas.
Die karton lyk nat en blink. Dit moenie wit
lyk soos die lym nie. Druk die twee stukkies
karton saam vir twee minute en laat dit dan
los. Het die gom droog geword? Probeer om
die stukkies karton versigtig uitmekaar te
Figuur 15: Met min lym
trek. Is die las sterk?

134 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Hoe om karton te vou
Om karton teen ’n hoek van 90° te vou moet jy eers die
volgende eksperiment doen om te sien wat die beste
tegniek is.
Vou ’n reghoekige stuk karton in die helfte.
Gebruik ’n dik stuk karton, soos die soort waarvan
ontbytgraanbokse gemaak word. Die lengte van die
vou moet minstens 10 cm wees. Sny drie stukkies Figuur 16: Maak ’n vou sonder
karton wat jy op verskillende maniere in die helfte om eers ’n groef te maak.
gaan vou.
Trek ’n potloodlyn aan die binnekant van die eerste
stuk karton en vou die karton dan langs daardie lyn.
Vou dit heeltemal plat en gebruik die steel van jou
potlood om die vou skerp te stryk. Vou dit dan terug
na ’n hoek van 90°.
Om die tweede stukkie karton te vou, maak eers ’n
groef aan die buitekant van die karton. Sit jou liniaal
Figuur 17: Gebruik die potlood
op die plek waar jy wil hê die groef moet wees en trek se steel om die vou skerp te
dan ’n lyn met ’n balpuntpen. Druk hard met die pen stryk.
sodat jy ’n groef in die karton maak. Hou die liniaal
styf vas, sodat dit nie beweeg terwyl jy die lyn trek nie.
Gaan die lyn ’n paar maal oor om die groef dieper te
maak. Vou die karton met hierdie groef langs. Vou dit
plat en gebruik die steel van jou potlood om die vou
skerp te stryk. Vou dit dan terug na ’n hoek van 90°.
Om die derde stukkie karton te vou, maak eers
twee groewe aan die binnekant van die karton. Maak
Figuur 18: Maak ’n vou deur
elke groef op dieselde manier as voorheen. Die twee
eers ’n groef aan die buitekant te
groewe moet parallel wees en 1 mm tot 2 mm van
maak.
mekaar af. Vou die karton al langs hierdie groewe. Vou
dit plat en gebruik die steel van jou potlood om die
vou skerp te stryk. Vou dit dan terug na ’n hoek van
90°.
Kyk nou goed na elkeen van die drie voue. Is die vou
netjies? Is daar enige krake aan die buitekant van die
vou? Was dit maklik of moeilik om die vou te maak? Is
die vou presies waar jy wou gehad het dit moet wees?

Watter manier van vou is volgens jou die beste?

Figuur 19: Maak ’n vou deur


eers twee groewe aan die
binnekant te maak.

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 135


9.5 Jou finale boks
Gebruik die kartonboks wat jy ontvou en platgedruk het om dieselfde ontwerp
op ’n plat stuk karton na te trek. Kyk bietjie na figuur 12 op bladsy 132. Gebruik
fyn lyne. Teken weereens die gelymde vouklap waar dit oorspronklik aan die stuk
karton vas was.
Doen dieselfde as wat jy gedoen het om die papiermodel van die boks te maak.
Gebruik egter hierdie keer die beste tegniek om ’n vou in die karton te maak.
Wanneer jy die karton gesny en gevou het, toets eers of dit ’n boks sal maak, en
dat al die oorvouklappe daar is. As dit korrek is, lym dan die een oorvouklap vas
aan die vlak waaraan dit vasgelym moet word. Gebruik die regte hoeveelheid lym.
As jy in die les nog tyd oor het, voltooi ook die volgende aktiwiteit.

Nog iets ekstra wat jy kan doen om te sorg dat


jou boks beter toemaak

Kyk goed na die oorvouklappe Maak ’n nuwe kartonboksie,


op die pilboksie. Jy sal klein maar maak hierdie keer ook
snytjies in party van die daardie klein snytjies.
oorvouklappe sien. Wat dink Figuur 20: Die klein snytjies
jy is die doel van hierdie klein in die oorvouklap wat
snytjies? gebruik word om die boksie
oop en toe te maak.

136 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


9.6 Maak ’n potloodboksie
Ontwerp ’n nuwe boks met ’n ander grootte. Die nuwe boks sal as ’n potloodboksie
gebruik word. Jy moet twee potlode, twee penne, ’n uitveër en ’n skerpmaker
daarin kan sit. Jy moet die potloodboksie ontwerp deur dieselfde idees te gebruik
wat jy met die maak van jou vorige kartonboks gebruik het.
Teken eers ’n rowwe plan van die ontwikkeling van die boks. Doen dit op die
volgende bladsy. Die rowwe skets moet al die dimensies van die ontwikkeling wys.
Dimensies beteken dieselfde as afmetings. Doen ’n vryhandtekening, sonder ’n
liniaal, om die rowwe plan so gou as moontlik saam te stel.
Teken dan die plan op ’n stuk karton. Gebruik jou liniaal vir die afmetings en
om reguit lyne te teken. Onthou om met strepieslyne aan te dui waar die karton
gevou gaan word. Moenie met die strepieslyne langs sny nie.
Maak nou jou eie potloodboksie van karton.
Maak ’n rowwe skets vir die ontwikkeling van ’n potloodhouer hier:

Verwys die leerders na die plan in figuur 12 wanneer hulle


die planne vir hierdie boks teken. Hulle kan dieselfde idee gebruik,
maar die afmetings verander om die boks langer en nouer te maak.
Die beginsels van die oorvouklappe en die vorm moet onveranderd bly.

Hoofstuk 9: Maak nuwe dinge uit ou goed 137


Verminder, hergebruik, herwin
Julle het verlede week geleer dat die omgewing
beskadig word as al hoe meer plastiek vervaardig en
weggegooi word. Jy kan hierdie negatiewe impak op
die omgewing op verskillende maniere verminder.
Jy kan eerstens minder plastiek items koop, wat
die vermindering van jou verbruik genoem word.
Tweedens kan jy party dinge oor en oor gebruik,
sodat jy nie nuwe goed hoef te koop nie. Dit word
die hergebruik van items genoem.
Hierdie week het julle oor herwinning geleer.
Verbeel jou jy besit iets en dit breek, of jy het dit
nie meer nodig nie. Dan moet jy dit weggooi. Daar
is gelukkig ’n slim manier om dinge weg te gooi –
deur verskillende tipes vullis van mekaar te skei.
As jy en jou gesin byvoorbeeld al julle afvalplastiek
afsonderlik bymekaarmaak, kan iemand die
plastiek na ’n herwinningsfabriek neem waar nuwe
plastiek van die ou plastiek gemaak word.

Figuur 21

Volgende week

Volgende week gaan julle leer waar elektrisiteit vandaan kom. Die opwekking van
elektrisiteit het ’n negatiewe impak op die omgewing. Om hout, gas of paraffien
vir verhitting of koskook te verbrand het ook ’n negatiewe impak. Julle gaan aan
maniere dink om hierdie negatiewe impak te verminder deur ’n huis op ’n slim
manier te ontwerp.

138 TEgNOLOGie GRAaD 8 kwartaal 2


Hoofstuk 10 Mini-pat:
Ontwerp ’n huis om
minder energie te gebruik
In hierdie mini-PAT leer die leerders hoe elektrisiteit opgewek word, die invloed wat hierdie opwekking
op die omgewing het, en die verskuilde kostes by die opwekking van elektrisiteit.
Om leerders te sensiteer omtrent omgewingsimpakte, behels die praktiese werk in hierdie
hoofstuk die ontwerp van ’n omgewingsvriendelike, lae-energiehuis. Hulle leer omtrent metodes om
energieverbruik te verminder en inkorporeer dit in die bou van ’n model van ’n huis.

Week 1
Die verskuilde koste van elektrisiteit ................................................................................ 141

Week 2
Bespaar energie deur minder boumateriaal te gebruik ...................................................... 153

Week 3
Bou ’n model van ’n huis ................................................................................................ 165

Week 4
Maak verbeteringe aan jou model van ’n huis ................................................................... 175

Week 5
Maak ’n aanbieding oor julle model van ’n lae-energiehuis ................................................. 178

Beoordeling
Ondersoek:
Die verskillende dele van ’n kragstasie............................................................................ [31/2]
Koolsuurgas.................................................................................................................. [41/2]
Wat kan jy doen om minder koolsuurgas vry te stel?............................................................ [6]
Watter kragte tree op in ’n balk wat buig?........................................................................... [6]
Ontwerp:
Hoe om ’n huis te verbeter om minder energie te gebruik.................................................. [10]
Maak:
Bou ’n model van ’n huis................................................................................................... [5]
’n Tekening van jou beplande verbeteringe in isometriese projeksie.................................... [15]
Verbetering van jou huismodel ........................................................................................ [20]
[Puntetotaal: 70]

Tegnologie graad 8 kwartaal 2 139


Materiaal vir hierdie projek benodig:
Pen of potlood Liniaal
Karton Gom
Skêr Prestik

Week 1
Die verborge koste van elektrisiteit
Gedurende hierdie week word die die proses wat gebruik word om elektrisiteit op te wek aan
leerders verduidelik sodat hulle kan begryp hoe dit werk, en die invloed wat hierdie proses op
die omgewing het kan besef.
Om die proses te vereenvoudig kry hulle ’n basiese insig in die koolstofsiklus, wat op bladsy
148 geïllustreer word. Dit word opgevolg met basiese vrae wat die onderwyser sal help om te
verseker dat die leerders die proses kan volg.
Dit word opgevolg deur ’n maklike verduideliking van die kweekhuiseffek, wat ook geïllustreer
word om die begrip eenvoudiger te maak.
Hierdie twee beginsels word dan met die opwekking van elektrisiteit in verband gebring, en dit is
belangrik dat die leerders die idee van die verborge koste van elektrisiteitsopwekking verstaan.
Hulle moet sorgvuldig deur die paragraaf werk waarin verduidelik word dat elektrisiteit gebruik
word om elke ding wat vervaardig word, te produseer.
Die klas moet betrokke raak by ’n gesprek wat fokus op die maniere waarop minder brandstof –
hout, gas of elektrisiteit – gebruik kan word. Gebruik die vrae op bladsye 149, 150 en 151 om die
gesprek aan te wakker. Laat die leerders daarna die vrae individueel in hulle boeke beantwoord.
Aan die einde van hierdie week is daar op bladsy 152 ’n afdeling waaraan die leerders tuis kan werk.

Week 2
Gebruik energie deur minder boumateriaal te gebruik
Die leerders sal hulle beplanning baseer op wat hulle in week 1 geleer het. Om hulle hierin by te
staan, sal hulle hersiening doen van werk uit vroeëre hoofstukke. Hulle kan hierdie hoofstukke
raadpleeg om die 5 vrae wat met kragte verband hou, te beantwoord.
Bewapende beton en laaghout
Gebruik figure 18, 19 en 20 om te verduidelik hoe versterkte beton gemaak word, en waarom
dit sterker is as gewone beton.
Gebruik figure 21, 22 en 23 om te verduidelik hoe laaghout gemaak word, en waarom die
oorkruisplasing van die grein dit sterker maak. Jy kan die leerders vra om voorbeelde te verskaf
oor waar hierdie materiale op grond van hulle sterkte behoort gebruik te word.
Ondersoek die eienskappe van verskillende materiale
Afgesien van die voorbeelde wat gegee word, kan jy die leerders vra om te dink aan die verskillende
materiale waarmee hulle daagliks te doen kry, en wat die eienskappe van hierdie materiale is.

139 ... vervolg


I-balke
Moenie vergeet nie, die hoofkonsep is om minder materiaal te gebruik sonder om krag in te
boet. Die I-balk kan op ’n baie effektiewe wyse gebruik word om dit te demonstreer.
Figure 28 tot 33 illustreer die konsepte van krag en lading op ’n grafiese manier.

Week 3
Bou ’n model van ’n huis
As voorbereiding vir hierdie week moet jy seker maak dat almal die nodige materiaal het om die
modelle te bou. Die leerders moet karton bring – ou graankosbokse word aanbeveel.
Omdat die modelle beoordeel word op grond van die verbeteringe wat in week 4 aangebring
word, moet elke leerder sy of haar eie model maak.
Die planne is maklik om te volg, maar noukeurige toesig is nodig vir die uitsny van die huis se
vorms. Die leerders moet verstaan dat as hulle foute maak, hulle maar weer kan begin, want ’n
vorm wat sleg uitgesny is, sal nie werk nie.
Die leerders moet die aanwysings baie versigtig volg.

Spanvergadering oor hoe om ’n huis te verbeter


Vir hierdie oefening kan die leerders in groepe verdeel word. Hulle moet vrae 1 tot 5 in die
groep bespreek, en met oplossings om energieverbruik te verbeter, vorendag kom.
Na afloop van die groepsbespreking moet elke leerder in sy eie woorde en met die nodige
byskrifte en beskrywings, die idees om die probleme op te los, in hulle werkboeke neerskryf.
Teken jou beplande verbeteringe aan die huis
Hierdie is ook ’n individuele oefening, gebaseer op die idees wat die leerders in die vorige
afdeling neergeskryf het.
1. Die verbeteringe sal vryhand, in 3D deur die leerders geskets wees en van byskrifte voorsien wees.
Jou nasien van hierdie sketse sal die volgende kriteria in ag neem:
• Minstens een verbetering word aan die huis se buitekant aangetoon.  (1)
• Die verbeteringe sal werklik die huis se energieverbruik verminder; dit sal goedkoop
wees en maklik om die verbeteringe in die werklike lewe aan te bring. (2)
• Dit moet vir iemand anders maklik wees om te verstaan wat elke leerder geskets het. (2)
• Die byskrifte en aantekeninge verduidelik ook die verbeteringe. (2)
2. Die verbeteringe sal in isometriese projeksie geteken wees met die beplande verbeterings
daarop aangedui.
Jy sal met gebruik van die volgende kriteria hierdie sketse bepunt:
• Dit het ’n toepaslike opskrif. (1)
• Dit is vanuit die korrekte gesigspunt gemaak. (2)
• Dit wys al die verbeteringe wat op hulle sketse aangetoon word. (1)

vervolg ... 139


• Dit wys alle vertikale lyne as vertikaal en alle horisontale lyne teen 30°.
• Die tekening is netjies.
• Dit wys al die huis se sigbare lyne. (1)
Total [15]
Maak voor die einde van die les seker dat die leerders die huiswerk verstaan wat hulle vir die
vogende les moet voltooi.

Week 4
Bring verbeteringe aan jou huismodel aan
Alhoewel hierdie werk individueel gedoen word, sal dit deurlopende toesig vereis. Aan die einde
van die uurlange sessie gaan jy die modelle uit ’n moontlike 20 punte beoordeel.

Evalueer jou verbeteringe aan die huis


Elke leerder gaan sy eie model, sowel as twee ander modelle beoordeel. Probeer so goed as
moontlik verseker dat die
proses regverdig is.
Isolering van die winter
Week 5 plafon hou in die
winter hitte binne.
Maak ’n aanbieding oor jou
model van ’n lae-energiehuis
Die spanne doen hulle
aanbiedings binne die groepe
waarin jy hulle in week 3
ingedeel het. Jy kan aan Noord
elke groep riglyne gee,
maar dit is belangrik dat somer
hulle deur die proses gaan
om as ’n span die werk uit
te deel en pligte te delegeer. Isolering van die
plafon hou in die
Fasiliteer die aanbiedings somer hitte uit.
en maak seker dat die
leerders by die skedule hou.

Noord

Figuur 1: ’n Huis wat slim ontwerp is, laat op ’n wintersdag die


son se hitte binne, maar hou dit op ’n warm somersdag buite.

140 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Week 1
Die verskuilde koste van elektrisiteit
Oor die laaste paar jaar het die elektrisiteitsprys baie gestyg. Sommige mense is
ongelukkig hieroor, want hulle het nie genoeg geld om vir elektrisiteit te betaal nie.
Daar is ’n ander koste verbonde aan elektrisiteit
wat niks met geld te doen het nie. Dit is die “koste”
Om elektrisiteit te maak word
vir elektrisiteit wat deur die omgewing gedra moet gewoonlik die opwekking van
word. Net soos die hoeveelheid geld wat mense het, elektrisiteit genoem.
verander wanneer hulle vir elektrisiteit moet betaal,
so verander die omgewing wanneer elektrisiteit
opgewek word.
Gedurende hierdie week gaan jy leer hoe die omgewing deur die opwekking van
elektrisiteit verander word. Hierdie verandering is dikwels sleg vir die omgewing.
Mens kan sê elektrisiteitsopwekking het ’n nadelige uitwerking op die omgewing.
Jy gaan dink aan maniere waarop hierdie nadelige uitwerking verminder kan
word.

Waar kom elektrisiteit vandaan?  (30 minute)

Figuur 2

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 141


minder energie te gebruik
Figuur 3

Figuur 4

142 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Figuur 5

Die seun het die kraglyn gevolg om te sien waar die elektrisiteit vandaan kom.
Toe hy by die kragopwekkingsaanleg ingaan, het ’n tegnikus hom vertel hoe die
steenkoolverbrandende installasie werk. Dit is wat hy vir hom vertel het:

“In ’n kragstasie word steenkool onder ’n tenk water, As ’n ballon bars, of as ’n fiets-
wat ’n stoomketel genoem word, verbrand. Die hitte of motorband pap is, vloei die
van die vuur laat die water kook en in stoom met ’n lug baie vinnig en met groot
hoë druk verdamp. Die hoëdrukstoom blaas deur ’n krag uit. Dit is omdat die lug
turbine en laat dit draai. Dit is baie soos die wind binne ’n ballon of band onder
wat ’n windpomp se wiel laat draai. ’n Toestel wat hoë druk is.
’n generator of dinamo genoem word verander die
rotasiebeweging van die turbine na elektrisiteit.
Die gasse en rook van die vuur gaan deur ’n filter
voordat dit deur die skoorsteen in die atmosfeer
vrygestel word. Die filter verwyder meeste van die
as en roetpartikels sodat daar net ’n klein bietjie
stoom by die bokant van die skoorsteen vrygestel
word.”

Figuur 6

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 143


minder energie te gebruik
Figuur 7

’n Steenkoolverbrandende kragopwekkingsaanleg het die volgende dele:

1. Turbine
2. Koeltoring
3. Keteltenk
4. Oond
5. Generator
6. Skoorsteen
7. Filter om as en roet te verwyder

144 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Ondersoek: Die onderskeie dele van ’n kragstasie

Watter deel van ’n kragstasie word gewys deur watter nommer op die prent in
figuur 7? Gebruik jou potlood om die name van die dele op die strepieslyne langs
die nommer op die prent te skryf. [31/2]

Watter invloed het elektrisiteitsopwekking


op die omgewing? (30 minute)
Kyk na die prent hieronder.

skaal om mee te weeg

Figuur 8: Kan massa in die niet verdwyn?

Die as wat aan die einde oorbly, weeg baie minder as die hout waarmee die vuur
aan die begin gemaak is. Wat het van die res van die massa geword?

Die res van die massa word in energie omskep wat die vuur laat brand.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 145


minder energie te gebruik
Daar is baie verskillende materiale en stowwe wat verbrand word om hitte en lig
te verskaf. Hout, steenkool, paraffien, gas en olie is van die stowwe waarvan jy
reeds weet. Dit word brandstof genoem. Al hierdie tipes brandstof bevat koolstof.
Koolstof is een van die belangrikste boustene
waaruit diere en mense gemaak word. Hierdie
boustene is baie klein. Dit is onmoontlik om hulle te
As twee baie klein boustene
sien. Koolstof is ’n vaste stof. van ’n materiaal naby mekaar
is, kleef hulle aan mekaar vas
Koolstof stoor energie, soos ’n battery. As koolstof asof hulle met baie sterk gom
op sy eie is, kan ’n mens sê die battery is gelaai. As die geplak is. Dit word chemiese
koolstof verbind is met ’n ander klein bousteen wat binding genoem. Julle sal
suurstof genoem word, is die battery pap. Suurstof is later, as julle chemie doen in
’n gas. Wanneer koolstof met suurstof verbind, word natuurwetenskap, meer hiervan
leer.
hulle saam koolstofdioksied, of koolsuurgas, genoem.
Koolstofdioksied is ’n gas

Gaan buitentoe op ’n baie koue, maar sonnige, wintersdag. Laat die son op jou
hand skyn. Hoekom begin jou hand warm voel, selfs al is die lug om jou baie koud?
Dit is omdat die sonlig binne jou vel in hitte verander word. Lig en hitte is twee
verskillende vorms van energie. Beweging en elektrisiteit is twee ander vorms van
energie.

Wanneer koolstof met suurstof verbind, word energie in die vorm van hitte
vrygestel:
  koolstof + suurstof = koolstofdioksied (koolsuurgas) + energie.
Wanneer ’n dier kos eet wat koolstof bevat en lug inasem wat suurstof bevat
gebeur die volgende: Die suurstof en die koolstof kombineer binne die dier om
die dier energie te gee en dit te laat groei. Dieselfde proses vind plaas wanneer
plantmateriaal wat koolstof bevat in lug verbrand word.
Energie is nodig om koolstof en suurstof wat in verbinding is, van mekaar te
skei. Plante skei koolstof en suurstof van mekaar deur sonlig te gebruik as energie:
koolstofdioksied + lig = koolstof + suurstof.
Plante gebruik koolstof om te groei, want koolstof is die belangrikste bousteen
van plante. Hulle laat weer suurstof in die atmosfeer vry.
Die verandering van koolstof na koolstofdioksied (koolsuurgas) en terug na
koolstof word die koolstofkringloop genoem.

Wanneer jy ’n vuur maak, of gas of paraffien in jou huis verbrand, word


koolstofdioksied in die lug vrygestel. Wanneer jy ’n elektriese stoof gebruik, word
geen koolstofdioksied van jou huis af vrygestel nie, maar koolstofdioksied word
vrygestel deur die kragopwekkingsaanleg van die elektrisiteit wat jy gebruik.

146 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


koolsuurgas (onsigbare gas)

asem uit
energie

beweeg
dink
sonlig groei
liggaamshitte
energie

energie
suurs
tof (o
nsigbar
e gas)

hitte

as
em diere
in

plante
vuur

sonlig
eet

koolsuurgas
(gas)

koolstof in plantmateriaal
suurstof (gas)

koolstof (vaste stof)

Figuur 9: Die koolstofkringloop

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 147


minder energie te gebruik
Ondersoek: Koolstofdioksied

1. (a) Wat verander koolstofdioksied, wat ’n gas – koolsuurgas – is, terug na


koolstof in ’n vaste vorm? (1)

Plante en bome

(b) Waarvan word hierdie soliede koolstof deel? (1)

Hout, blare en stingels

2. Kan jy die koolstofdioksied sien opstyg uit die vuur? (1/2)

Nee. Die rook wat jy kan sien, bestaan uit as en verbrande koolstof

3. Mense gebruik brandstof vir hitte en lig. Vir wat anders gebruik ons ook
brandstof?(1)

Vervoer; vervaardiging

Regs is ’n prentjie van ’n kweekhuis. Kweekhuise


hou plante in die winter warm deur sonenergie te
gebruik. Dit laat die songenergie na binne, maar
laat nie toe dat dieselfde hoeveelheid energie
weer ontsnap nie. Daarom is dit warmer binne ’n
kweekhuis as buite. Kweekhuise kan van glas of
plastiek gebou word.
Die luglaag om die aarde word die atmosfeer
genoem. Dit is ’n bietjie soos die glas- of
plastiekbedekking van ’n kweekhuis. Dit laat die Figuur 10
sonligenergie na binne, maar dit laat nie dieselfde
hoeveelheid energie toe om weer te ontsnap nie.
Dit word die kweekhuiseffek genoem. As dit nie
gebeur het nie, sou dit elke nag yskoud gewees het.
Wanneer iets verbrand, word koolsuurgas in
die atmosfeer vrygestel. Koolsuurgas is ’n gas wat
baie goed is om die sonlig binne die luglaag om die
aarde vas te vang, maar net ’n klein gedeelte van
die atmosfeer bestaan uit koolsuurgas. Hoe meer
koolstofdioksied (koolsuurgas) in die atmosfeer
is, hoe meer sonenergie word vasgevang – wat
beteken dat dit warmer op die aarde word. Baie
mense is bekommerd dat die klimaat besig is om te
verander, wat tot droogte en storms kan lei. Figuur 11

148 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


4. Wat sal gebeur as die hoeveelheid koolsuurgas in die atmosfeer al hoe meer
word?  (1)

Koolsuurgas is ʼn gas wat die sonligenergie gevange hou. Meer koolsuurgas hou
weer meer energie binne die aarde se atmosfeer en dit gaan al hoe warmer word
op die aarde. Dit staan bekend as die kweekhuiseffek
Totaal [41/2]

Hoe kan die nadelige gevolge van elektrisiteitsopwekking


verminder word?  (60 minute)
Later vanjaar sal julle van verskillende soorte kragstasies leer. Sommige van hulle
laat minder, of geen, koolsuurgas in die atmosfeer vry. Daar word gehoop dat
daar in die toekoms minder elektrisiteit deur steenkoolverbrandende kragstasies
opgewek sal word.
Die meeste elektrisiteit word egter deur steenkoolverbrandende kragstasies
opgewek, en dit sal nie gou verander nie.
Julle gaan nou bespreek wat elektrisiteitsgebruikers kan doen om die hoeveelheid
koolsuurgas wat in die atmosfeer vrygelaat word te verminder. Elke keer as jy ’n ketel
of ander elektriese toestel aanskakel, gebruik jy elektrisiteit. Hoe meer elektrisiteit ons
gebruik, hoe meer elektrisiteit moet kragstasies opwek.
Daar is ook ’n minder sigbare manier waarop elektrisiteit gebruik word. Elke keer
wanneer jy iets koop wat in ’n fabriek gemaak is, het die fabriek elektrisiteit
gebruik om daardie ding te vervaardig. As daar minder van daardie items gemaak
word, sal die fabrieke kleiner wees en minder elektrisiteit gebruik.

Ondersoek: Wat kan jy doen om minder koolsuurgas vry te stel?

In hierdie les gaan julle onderwyser die klas laat gesels oor hoe gewone mense
minder elektrisiteit kan gebruik of minder hout, gas of paraffien verbrand. Die
volgende vrae sal vir julle idees vir die bespreking gee:

1. Hoeveel water kook jy in die ketel wanneer jy tee of koffie maak? Kook jy meer
water as wat jy nodig het? Het die hoeveelheid water wat jy kook ’n uitwerking
op die hoeveelheid elektrisiteit wat jy gebruik?  (1)

Jy behoort slegs genoeg water te kook vir jou behoeftes. Die enigste ekstra
water in ʼn ketel is om die verhittingselement te bedek. Ja, hoe meer water jy
kook, hoe meer elektrisiteit gebruik jy.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 149


minder energie te gebruik
2. Skakel jy die ligte af wanneer jy ’n kamer verlaat? Sal dit die hoeveelheid
elektrisiteit wat jy gebruik, verminder?  (1)

Jy moet onnodige ligte afskakel. Dit sal jou elektrisiteitsverbruik verminder.

3. Baie huise het ’n elektriese warmwatersilinder om die water te verwarm. ’n


Warmwatersilinder is ’n watertenk wat warm water aan krane verskaf. Die
water in warmwatersilinders word deur ’n elektriese element verhit, net soos
wat die water in ’n ketel deur ’n elektriese element verhit word.
Sarah stort elke dag vyf minute lank onder warm water. Nyiko stort elke
dag 20 minute lank onder warm water. Het die tyd wat jy neem om te stort ’n
uitwerking op die elektrisiteit wat jy gebruik? (1)

Ja, hoe langer jy in die stort bly, hoe meer warm water gebruik jy. Dit beteken
dat die geiser baie meer water moet warm maak, en dit beteken dat meer
elektrisiteit gebruik word.

4. Kyk na die volgende oopgesnyde


prent van ’n warmwatersilinder.
Kan iets verander word daaraan,
of daarby gevoeg word, sodat dit
minder elektrisiteit sal gebruik? (1)

Jy kan ʼn geiser met ʼn spesiale


isolerende kombers bedek om die
hitte binne te hou. Dit beteken dat
minder elektrisiteit gebruik word
om die water warm te hou.
Figuur 12

Figuur 13: Spesifieke materiale hou jou warm. Waarom?

150 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


5. Gedurende die winter gebruik Thabo
se gesin ’n elektriese verwarmer om
hul huis te verhit. Hier regs is ’n foto
van hulle dak aan die binnekant van
hul huis. Iemand het hulle vertel dat ’n
klomp hitte deur ’n dak kan ontsnap.
Dit beteken dat ’n klomp hitte van
die verwarmer gemors word, want dit
ontsnap deur die dak. Kan hulle iets aan
hul huis verander sodat daar minder
hitte deur die dak ontsnap?  (1)

Jy kan óf die dak met isolerende

materiaal uitvoer, óf jy kan ʼn plafon

insit en dit met isolerende materiaal

bedek

Figuur 14

6. Nabeelah se gesin woon in ’n huis sonder elektrisiteit. Hulle gebruik gas,


hout en kerse vir verhitting en beligting. Katlego se gesin woon in ’n huis met
elektrisiteit. Hulle gebruik slegs elektriese ligte en toestelle. Die twee gesinne
is ewe groot. Hulle gebruik dieselfde hoeveelheid lig, warm water en hitte
om kos te kook. Watter een van die twee gesinne veroorsaak dat die meeste
koolsuurgas in die atmosfeer vrygelaat word?  (1)

Nabeelah se gesin veroorsaak dat daar by hulle huis meer koolsuurgas in die
atmosfeer vrygestel word, maar die elektrisiteit wat vir Katlego se gesin opgewek
word, veroorsaak dat koolsuurgas in die atmosfeer vrygestel word. Die twee
gesinne stel dieselfde hoeveelheid koolsuurgas in die atmosfeer vry.

Totaal [6]

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 151


minder energie te gebruik
Iets wat jy tuis kan doen
Veiligheids-
Hieronder is een idee om kook. Hierdie boks is uit waarskuwings
minder elektrisiteit of brandstof afvalmateriaal vervaardig. Kookwater kan jou brand!
te gebruik as jy kook: Voordat die boks in ’n Wanneer die kos in die boks
Bring die kos tot kookpunt in handdoek toegedraai is, het net louwarm is, en nie baie
’n pot op die stoof. Verwyder dit effens warm binne gevoel warm nie, en dit bly vir meer
dan die pot en draai dit in ’n dik nadat die pot daarin geplaas is. as een uur in die boks, kan
baadjie toe om dit baie warm te Dit beteken hitte was besig om bakterieë daarin groei. Dit kan
hou. Laat dit daar vir twee tot uit die pot te ontsnap. ’n Ekstra voedselvergiftiging veroorsaak.
drie uur. Die idee is dieselfde laag isolering is bygevoeg deur Om dit te voorkom, maak
as om op ’n koue dag warm ’n handdoek versigtig om die seker dat die boks goed
aan te trek. Om ’n baadjie om boks te draai, sodat dit elke geïsoleer is en moenie die kos
’n pot te draai om dit warm te deel van die boks bedek het. vir langer as drie ure in die
hou word die isolering van die As enige deel van die boks nie boks hou nie.
pot genoem. behoorlik bedek was nie, kon
Die foto hieronder wys hitte daaruit ontsnap het. Dit
’n geïsoleerde kookboks het twee uur geneem om die
wat gebruik is om rys te rys te kook.

Deel van ’n
polistireenbord

foelie

borrelplastiek

blikkie met rys


en kookwater
binne

ou papier,
gekreukel
om lug binne
te hou

handdoek
plastiekhouer met deksel

Figuur 15: Geïsoleerde kookboks uit afvalmateriaal vervaardig

152 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Week 2
Bespaar energie deur minder boumateriaal te gebruik
Het jy geweet?
Fabrieke gebruik elektrisiteit of verbrand steenkool
Omtrent 9 kg koolstof-
om boumateriaal soos sement en staal te maak.
dioksied word in die atmosfeer
Daarom kan mens sê daar is ’n energiekoste en ’n vrygestel wanneer 10 kg
koolstofdioksiedkoste aan boumateriaal verbonde. sement of 10 kg staal
Hoe kan die hoeveelheid koolsuurgas wat in die vervaardig word.
atmosfeer vrygelaat word, verminder word? Een
manier is om dinge beter te ontwerp sodat minder materiaal benodig word om
hulle te bou. Dan sal fabrieke minder materiaal hoef te maak. ’n Ander manier is
om minder bome af te saag, want bome help om die hoeveelheid koolsuurgas in
die atmosfeer te verminder.
Hierdie week gaan julle van drie materiale leer wat in spesiale vorms gemaak
is, of op spesiale maniere saamgevoeg word, sodat ’n sterk voorwerp met ’n klein
hoeveelheid materiaal gemaak word. Julle gaan leer oor versterkte beton, laaghout,
en I-balke van staal. Maar eers gaan julle hersiening doen oor die verskillende
tipes kragte wat op materiale kan inwerk.

Kragte wat inwerk op materiale  (30 minute)


Hersieningsvrae

Blaai terug na wat julle in hoofstuk 1 geleer het om die volgende vrae te
beantwoord. As jy ’n vraag moeilik vind, kan dit jou help om eers ’n rowwe skets
van die situasie te maak. Mens se brein werk dikwels beter as jy die ding waaroor
jy moet dink, kan sien.

1. Watter kragte kan op ’n boomstam inwerk?

Wind; gewig van takke

2. Watter tipe krag werk op ’n kolompilaar onder ’n brug in?

Samedrukkend

3. Watter tipe krag werk in op die ketting van ’n fiets?

Trekkrag

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 153


minder energie te gebruik
4. Neem jou werkboek en buig dit soos in die foto hieronder. Maak seker dat die
sye aan die linkerkant en aan die regterkant, aan die voorkante en agterkante,
steeds regte hoeke met die voorste sy en die agterste sy maak.

Figuur 16

(a) Hoekom maak die boek iets soos ’n borrel bo-op wanneer jy dit buig?

Dit is saamgepers

(b) Hoe voel dit aan die onderkant van die boek? Is die onderste bladsye slap of
styf?

Styf. Die trekkrag wat uitgeoefen word, het hulle styf uitgerek.

5. Boute en moere word gebruik om


verskillende materiale bymekaar
te hou, soos in die prent hier regs
gewys word.
Watter verskillende soorte kragte
kan op ’n bout inwerk? Verduidelik
jou antwoord of antwoorde.

Skuifkragte. Die twee stukke

materiaal kan in teenoorgestelde

rigtings trek of druk, wat


Figuur 17
skuifkrag op die bout plaas.

154 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Bewapende beton en laaghout  (30 minute)
Bewapende beton
Beton word in die meeste moderne strukture en geboue gebruik. Dit kan baie
groot drukkragte weerstaan sonder om te breek. Dit kan egter nie groot trekkragte
weerstaan nie. In die meeste situasies ondervind strukturele dele van beton beide
druk- en trekkragte. Om die beton ook groot trekkragte te laat weerstaan word
staalstawe of -net in die beton geplaas as die nat beton in ’n vorm gegiet word.
Staal kan baie groot trekkragte weerstaan. Beton waarin staal geplaas is, word
versterkte beton genoem.

Figuur 18: staalstawe word gebruik om die betonfondamente van ’n nuwe huis te versterk.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 155


minder energie te gebruik
Figuur 19: staalstawe word aan die binnekant van ’n betonpilaar van ’n groot gebou geplaas.

Figuur 20: staalstawe word binne ’n betonmuur van ’n groot gebou geplaas.

Laaghout
Hout bestaan uit vesels wat al langs die lengte in ’n
’n Ander manier om te sê
boomstam of tak gerangskik is. Hierdie rangskikking
“dwars” met die rigting van die
word die grein van die hout genoem en kan as dun, grein van die hout, is om te sê
parallelle lyne waargeneem word. dis reglynig of haaks met die
’n Stuk hout bars dikwels in die rigting van sy grein. grein van die hout.
Dit gebeur as ’n trekkrag dwars oor die rigting van die
grein toegepas word.

156 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Figuur 21: Wat is die maklikste, om hout dwarsoor die rigting van die grein te kloof, of om dit in
die rigting van die grein te kloof?

Laaghout word gemaak deur verskeie


dun lae hout bo-op mekaar vas te
plak. Die grein van elke laag vorm ’n
regte hoek met die grein van die laag
daaronder, of daarbo. Dus kan laaghout
in beide rigtings groot trekkragte
weerstaan.
Laaghout word meestal gebruik vir
skulpstrukture wat groot oppervlaktes,
soos vloere bedek. Ander voorbeelde
van die gebruik van laaghout is vir Figuur 22: Die verskillende lae van laaghout
sitplekke en rugleunings van stoele, vir
tafelblaaie, en vir skaatsplanke.
’n Skulpstruktuur van laaghout word dikwels deur ’n raamstruktuur daaronder
ondersteun.

Figuur 23: ’n Skaatsplank word van laaghout gemaak.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 157


minder energie te gebruik
Ondersoek: Eienskappe van verskillende materiale

1. As dieselfde trekkrag in die lengte en breedte van ’n materiaal uitgeoefen word,


sal dit ewe veel in beide rigtings strek?
(a) Die materiaal waarvan ’n trui gemaak word:

ʼn Trui word van wol gemaak en sal breedtegewys verder rek as lengtegewys.

(b) Die materiaal waarvan ’n skoolhemp gemaak word:

ʼn Hemp word uit katoen gemaak en sal in albei rigtings ewe veel rek.

Kyk na die prente hieronder. ’n Droë stuk hout kraak maklik as jy dit buig, maar
die rubbersool van ’n skoen kraak nie, selfs al buig jy dit baie ver.

Figuur 24

Rubber kan van vorm verander as jy dit uitmekaar trek of saampers. Wanneer
jy ophou om ’n stuk rubber te druk of te trek, keer dit na sy oorspronklike vorm
terug. Mens sê rubber is ’n elastiese materiaal. Rekkies word ook van rubber
gemaak. As daar trekkrag toegepas word op ’n elastiese rek word dit langer. Dit
word ook dunner.
Droë hout is net effens elasties en kan nie veel langer word as jy ’n trekkrag
daarop toepas nie. As die trekkrag dus te groot is, sal die hout kraak. Jy kan ook
sê die hout sal breek. Let daarop dat die hout aan die buitekant van die buiging
kraak of breek, en nie aan die binnekant nie.

158 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


I-balke van staal  (60 minute)
Metaalbalke kan op spesiale maniere gevorm word om hulle te help om buiging te
weerstaan. Die vorm wat ’n I-balk genoem word, bied baie sterk weerstand teen
buiging.

Figuur 25: I-balke van staal word dikwels in geboue gebruik. I-balke van hout word dikwels gedurende die
bouproses van ’n gebou gebruik, maar word verwyder sodra die gebou sy eie gewig kan dra.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 159


minder energie te gebruik
Die prente hieronder vergelyk die buigweerstandigheid van ’n I-balk met die
buigweerstandigheid van ’n balk met ’n reghoekige vorm van dieselfde massa. In
beide gevalle is die afstand tussen die twee ondersteuningspunte dieselfde. Die
vrag wat hulle moet dra, is ook in beide gevalle identies.

reghoekige balk

I-balk

Figuur 26

Tel die blokkies binne die prente van die vorms van albei balke. Julle sal sien
dat beide balke van dieselfde hoeveelheid materiaal gemaak is. Dit beteken dat
die twee balke dieselfde weeg en die koste van die materiaal dieselfde sal wees.
Watter balk buig die meeste onder die las wat daarop geplaas word?
Omdat ’n I-balk meer weerstand teen buiging bied, kan ’n ligter en goedkoper
I-balk gebruik word om dieselfde las as ’n reghoekige balk te dra. Dit beteken ook
dat minder staal gemaak sal word, en dus sal minder energie gebruik word om die
staal te maak. Op hierdie manier help die slim ontwerp van boumateriaal om die
nadelige uitwerking van tegnologie op die omgewing te verminder.
In die res van die les gaan julle ondersoek hoekom ’n I-balk meer weerstand teen
buiging bied as ’n reghoekige balk wat dieselfde weeg. Eerstens moet julle verstaan
watter kragte op verskillende plekke op ’n balk inwerk as dit buig.

160 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Ondersoek: Watter kragte tree op binne ’n balk wat buig?

’n Droë stuk hout versplinter bo-op


die buig. Dit beteken dat daar ’n
trekkrag is wat aan die bokant van
die hout optree. Maar die hout
word net gebuig, so hoe kan daar ’n
trekkrag langs die bokant optree?
Figuur 27
Die prente hieronder sal jou help om te verstaan wat met ’n balk wat buig gebeur.
Die prente wys nie hoe die materiaal waarvan die balk gemaak is werklik lyk nie.
In plaas daarvan maak die prente asof die materiaal gemaak is van ’n klomp klein
blokkies wat met vere aan mekaar gelas is.

drukkrag

geen krag

trekkrag

Figuur 28: Tekeninge van ’n houtbalk asof dit gemaak is van klein houtblokkies wat met vere
aan mekaar gekoppel is.

1. Wat gebeur met die denkbeeldige vere as daar ’n trekkrag al langs die lengte
van die balk is?

Die vere sal ewe ver oor die balk uitgerek word.

2. Wat gebeur met die denkbeeldige vere as daar ’n drukkrag al langs die lengte
van die balk is?

Die vere sal ewe veel oor die balk saamgepers word.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 161


minder energie te gebruik
Hieronder is prente van ’n dun balk en ’n dik balk. Elke balk buig wanneer ’n las in
die middel daarvan toegepas word. Die prente is weereens geteken asof die balke
van baie klein blokkies met vere tussen hulle gemaak is.

1
2
1 3
2 4
3 5
6
7

Figuur 29
Die volgende gebeur wanneer ’n balk in die middel afbuig:
• Die bokant word korter. Dit is saamgepers.
• Die onderkant word langer. Dit is uitgestrek.
• Die middeldeel behou dieselfde lengte.

3. Watter tipe krag word op die bokant van die balk uitgeoefen wanneer dit afbuig?

Drukkrag

4. Watter tipe krag word op die onderkant van die balk uitgeoefen wanneer
dit afbuig?

Trekkrag

5. Watter tipe krag word op die middellyn van die balk uitgeoefen wanneer dit
afbuig?(1)

Geen krag nie

Hoe werk ’n veer?


• Hoe korter jy die veer wil maak, hoe harder moet
jy druk.
• Hoe langer jy die veer wil maak, hoe harder moet
jy trek.

162 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


6. Kyk na die dik balk in figuur 29. Daar is sewe rye blokkies wat met vere verbind
is. Die rye is genommer.
(a) Watter twee lae van die balk help die meeste om die buiging te weerstaan? (1)

Ry 1 en 7

(b) Help die middelste laag van ’n balk dit om buiging te weerstaan? (1)

Nee

7. Kyk na balk A en balk B hieronder. Hulle is albei gemaak van dieselfde


hoeveelheid materiaal. Jy kan die blokkies tel om dit na te gaan.
A

Figuur 30
Watter balk sal die minste buig as dieselfde las op albei balke geplaas word?

Balk A sal die minste buig

8. Vergelyk balk C regs met balke A en B. Sal balk C verbuiging beter


weerstaan as balk B? C
Ja, balk C sal beter weerstand bied as balk B as die gewig
direk na onder druk.

Balk C sal verbuiging die beste weerstaan wanneer


die krag presies afwaarts uitgeoefen word, maar
wanneer daar ’n baie klein sydelingse krag is, sal
balk C knik omdat dit so dun is.

Figuur 31

Figuur 32

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 163


minder energie te gebruik
Ingenieurs wou ’n nuwe vorm van ’n balk ontwerp wat verbuiging beter kan
weerstaan as balk B, sonder dat dit kan knik soos balk C. Hulle het geweet dat die
materiaal in die middel van ’n balk nie veel help om verbuiging te weerstaan nie,
want dit rek nie en dit pers ook nie baie in die middel van die balk saam wanneer
dit buig nie, soos wat figuur 29 verduidelik.
Daarom het hulle die ontwerp van balk B geneem en materiaal van die middel
verwyder en dit eerder aan die bokant en onderkant gesit, waar daar meer rek en
saampersing sal wees. Op hierdie manier het hulle die balk hoër gemaak, maar
hulle het ook kort horisontale dele by die bokant en onderkant gevoeg om te keer
dat die balk sywaarts krom buig of knik. Dit word gewys in die prente hieronder.

Figuur 33

9. Hoekom weerstaan ’n I-balk verbuiging beter as ’n reghoekige balk wat gemaak


is van dieselfde hoeveelheid materiaal?
Jou antwoorde op die vorige vrae sal jou help.

Die I-balk het ʼn dikker laag materiaal onder die vrag. In hierdie voorbeeld,

6 vierkante in die I-balk teenoor 5 vierkante in die reghoekige balk.

Totaal [6]

164 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Week 3
Bou ’n model van ’n huis
’n Groot hoeveelheid elektrisiteit of brandstof word gebruik om ’n gebou te verhit
as dit koud is, of dit af te koel as dit warm is.
Julle gaan hierdie week ’n kartonmodel bou volgens planne wat aan julle gegee
gaan word. Dan gaan julle veranderinge aan die huis ontwerp en aanbring, sodat dit
minder verkoeling in die somer, en minder verwarming in die winter nodig sal hê.
Van die veranderinge wat julle gaan maak, sal binne die huis wees en ander
buite. Julle gaan ’n model bou van slegs een helfte van die huis, asof die huis
oor die lengte van die dak oopgesny is. Dit sal dit makliker maak om aan die
binnekant van die klein kartonhuisie te werk om veranderinge aan te bring. Dit sal
dan ook makliker wees vir ander mense om die veranderinge wat gemaak is te kan
sien.

Figuur 34

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 165


minder energie te gebruik
Bou ’n model van ’n huis  (60 minute)
Die foto’s hieronder wys die ontwikkeling vir verskillende dele van die model wat
julle van karton gaan bou. Die mure en die vloere is uit een stuk karton gemaak.
Die dak en die binnemuur van die huis is van twee ander stukke karton gemaak.
Daar is ook dun stroke karton wat die plekke sal toemaak waar die vensters
uitgesny is en die deur oopgesny is.

Figuur 35: Strepieslyne wys waar jy die karton moet vou.

166 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Jy gaan jou model uit dun karton maak. Om tyd te bespaar moet jy nie dakkappe
vir jou model maak nie.
Jy kan ’n paar ou graankosbokse vir karton gebruik. Jy sal jou model later uitsny,
vou en aanmekaar plak. Doen egter eers die volgende dinge:
1. Maak akkurate tekeninge van die ontwikkeling van die verskillende dele van
jou model op karton.
2. Knip dit uit en vou die ontwikkeling van die verskillende dele van jou model.
3. Plak die klein kartonstroke aan die mure vas om die plekke toe te maak waar
die vensters uitgesny is en die deure oopgesny is.

Figuur 36

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 167


minder energie te gebruik
4. Vou die mure na bo en gebruik Prestik om hulle aan mekaar te las. Voeg nou die
dak en die binnemuur by, ook met Prestik. Kyk weer na figuur 36 as jy nie seker
is hoe om dit te doen nie.
Van nou af moet jy nie gom gebruik nie. Gebruik liewers Prestik, want jy gaan
dalk later die binnemuur wil uithaal, die dak wil afhaal, of die mure na onder
wil vou. Nadat jy die veranderinge gemaak het, kan jy die mure en die dak met
Prestik terugsit.
Totaal [5]

Hoe weet jy wanneer hitte ontsnap?

Kyk na die illustrasies hieronder. Dieselfde pot regterkant plaas iemand ’n sak gevul met strooi
vol warm kos word aan die linkerkant en aan die om die pot en tel dit dan op sonder om sy hande
regterkant gewys. Aan die linkerkant probeer te brand. Jy kan sê die pot aan die regterkant
iemand die pot oplig en brand sy hande. Aan die word deur die strooisak geïsoleer.

Figuur 37: ’n Warm pot, met en sonder isolering

Wanneer jy aan ’n voorwerp raak en dit voel Jy kan die hitte van die linkerkantse pot voel, wat
warm, beteken dit dat hitte besig is om uit die beteken dat hitte besig is om uit daardie pot te
voorwerp te ontsnap. Die hitte beweeg dus van ontsnap. Daarom sal die pot afkoel.
die voorwerp af na jou toe. Jy word warmer en die Jy kan nie die hitte van die regterkantse pot met
voorwerp word kouer. die strooisak om voel nie. Dit beteken dat geen
Wanneer jy aan ’n voorwerp raak en dit voel nie hitte besig is om uit daardie pot te ontsnap nie,
warm nie, beteken dit dat geen hitte besig is om of dat dit baie stadig ontsnap. Die pot aan die
vanaf die voorwerp na jou te beweeg nie. regterkant sal dus baie langer warm bly as die pot
aan die linkerkant.

168 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Spanvergadering oor hoe om ’n huis te verbeter  (30 minute)

Ontwerp: Hoe om ’n huis te verbeter om minder energie te


gebruik
Dink aan idees om ’n huis te verbeter sodat dit minder elektrisiteit en/of brandstof
sal gebruik. Die vrae hieronder kan jou help. Om in ’n span saam te werk sal julle
ook help, maar jy moet steeds ook jou eie idees neerskryf. Jou onderwyser sal jou
idees beoordeel.
Probeer ook dink aan veranderinge aan ’n huis wat goedkoop en maklik om
te maak sal wees. Jy kan dalk herwonne of natuurlike materiale gebruik, of selfs
plante.

1. Wat kan aan die dakontwerp verander word sodat die sonlig nie in die middel
van die somer deur die vensters sal kom nie, maar in die winter deur die
vensters sal kom? Maak ’n rowwe skets van jou ontwerp. (2)

Oorhangende sonskerm/afdak
Bome geplant om die huis te beskerm

2. Hoe kan jy voorkom dat hitte deur die dak ontsnap wanneer dit koud is buite?
Maak ’n rowwe skets van jou ontwerp. (2)

ʼn Plafon
Isolering

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 169


minder energie te gebruik
3. Die eienaars van die huis wil ’n klein stofie inbou,
soos die een hier regs, om die huis in die winter te
verwarm.
(a) Waar in die huis moet hulle die stofie en sy
skoorsteen sit? Dui die stofie se posisie op die
vloerplan hieronder aan. ’n Vloerplan is wat jy
sien as die dak af is, en jy van bo af op die huis
afkyk.
Wenk: Hou soveel moontlik van die stofie se
hitte binne die huis en moenie dat dit na buite
ontsnap nie. (1)

Figuur 38

Figuur 39: Vloerplan van jou huismodel

(b) Hoekom sal jy die stofie daar sit? (1)

Dit moet langs ʼn binnemuur geplaas word (Enigeen van die kamers) So min

hitte as moontlik moet deur ʼn buitemuur uitgestraal word/ontsnap.

170 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


4. Drie verskillende mense kook sop op drie verskillende maniere op ’n gasstofie,
soos wat hieronder gewys word.

Figuur 40

Watter een sal die minste gas gebruik om die sop te kook?
Verduidelik jou antwoord. (2)

Die persoon regs wat die pot geïsoleer het, sal die minste gas gebruik.

5. Kyk weer na die vorige twee hoofstukke. Gee enige van die prente jou ander
idees oor hoe om ’n huis te verbeter om energie te bespaar? (2)

Laat die leerders die hoofstukke deurgaan en hulle idees met mekaar deel
voordat hulle dit neerskryf

Totaal [10]

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 171


minder energie te gebruik
Teken jou beplande huisverbetering  (30 minute)

Maak ’n tekening in isometriese projeksie van jou beplande


verbeteringe
1. Maak ’n vryhandskets in 3D om te wys wat jy beplan om by te voeg, of te
verander, aan die buitekant van die huis. Jou skets moet aandui wat jy sal
sien as jy in ’n boom links voor die huis sit. Een van die foto’s in figuur 34 wys
hierdie aansig van die huis.
Voeg byskrifte en notas by jou skets en verduidelik jou verbeteringe.
Jou onderwyser sal na die volgende dinge kyk om jou punte toe te ken:
• Jy het ten minste een verbetering aan die buitekant van die huis aangedui. (1)
• Die verbeteringe sal die hoeveelheid energie wat die huis gebruik,
verminder en dit sal maklik en goedkoop wees om die verbeteringe
op ’n regte huis aan te bring. (2)
• Dit is maklik om te verstaan wat jy geskets het. (2)
• Die byskrifte en notas verduidelik die verbeteringe goed. (2)

172 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


2. Maak ’n isometriese projeksietekening om jou beplande verbeteringe aan die
buitekant van die huis aan te dui. Jou tekening moet weereens wys wat jy sou
sien as jy in ’n boom links voor die huis sit.
Moenie enige verskuilde dele wys nie.
Jou onderwyser sal kyk na die volgende aspekte van die tekening om jou punte toe
te ken:
• Dit het ’n gepaste opskrif. (1)
• Dit is gemaak vanuit die regte gesigshoek. (2)
• Dit wys al die verbeteringe in jou skets. (1)
• Dit wys al die sigbare lyne van die huis. (1)
• Dit wys al die vertikale lyne as vertikaal, en al die horisontale lyne teen 30°. (2)
• Dit is netjies. Totaal [15]

Isometriese tekening van verbeteringe: Sonskerm, bome

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 173


minder energie te gebruik
Huiswerk

1. Vra raad by jou ouers of ouer mense in die gemeenskap. Sê vir hulle:
“Ek wil leer hoe om veranderinge te maak aan ’n huis sodat dit minder
elektrisiteit of brandstof vir verwarming in die winter sal gebruik, en
minder elektrisiteit vir verkoeling in die somer. Vertel my asseblief meer oor
veranderinge wat goedkoop is en maklik om te maak.”

Skryf hulle raad hieronder neer. Jy kan ook sketse maak.

2. Versamel materiale wat jy kan gebruik om jou huismodel te verbeter en bring


dit volgende week saam skool toe. Daar is afvalmateriaal wat goed sal werk.
Jy hoef nie dieselfde materiaal wat jy in die werklike lewe sal gebruik op die
model te gebruik nie. Bring ook ’n stuk geriffelde karton, so groot soos ’n A4 vel
papier, skool toe.
As jy nie hierdie materiaal skool toe bring nie, sal jy nie die verbeteringe aan
jou model van ’n huis kan wys nie.

174 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Week 4

Maak verbeteringe aan jou model van ’n huis  (60 minute)


Maak: Verbeter jou model van ’n huis

Individuele werk
Jy wil vir ander mense wys wat die verskillende veranderinge is wat aan die huis
aangebring kan word sodat minder energie nodig sal wees om die huis te verwarm
of af te koel. Party van die verbeteringe mag aan die buitekant van die huis wees,
en ander aan die binnekant. Party verbeteringe mag selfs bygevoeg word op die
grond om die huis.
Heg jou model van ’n huis met Prestik aan ’n groot, plat stuk karton vas. Die plat
stuk karton stel die grond om die huis voor.
Verander nou dinge aan die huis, of voeg goed by, sodat dit minder energie
sal verbruik. Gebruik die materiale wat jy van die huis af gebring het om die
veranderinge te doen.
Maak ’n klein papierplakkertjie met ’n nommer daarop vir elke ding wat jy
verander of byvoeg en plak dit vas aan die ding wat jy byvoeg of verander. Sê vir
elke verandering wat die doel daarmee is en waarvan dit gemaak is. As jy die
naam van die ding ken, kan jy dit ook neerskryf. Byvoorbeeld:

1: Waarvan word dit in die werklike lewe gemaak?


Wat is die doel daarmee?
Wat is die ding se naam?

Plak aan die einde ook hierdie stukkie papier op die plat stuk karton. Hierdie
papiertjie word ’n kantskrif genoem. Dit verduidelik vir mense wat die
verskillende goed op en aan jou model is.
Totaal [20]

Evalueer jou verbeteringe aan die huis  (60 minute)


Jy gaan ’n rubriek maak om jou werk te evalueer, asook die werk van twee ander
leerders wat nie lede van jou span is nie.
Evalueer elke model objektief en regverdig. Jy moet dus maak asof jy die werk
evalueer van iemand wat jy nie ken nie. Moenie hoë punte aan jouself en ander
toeken as die verbeteringe aan die huis nie goed, of nie genoeg is nie. Wees ook
voorbereid om te verduidelik waarom jy ’n spesifieke punt toegeken het.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 175


minder energie te gebruik
Evalueer: Maak en gebruik ’n evalueringsrubriek

1. Verander elk van die volgende kriteria na ’n vraag. Maak dan ’n tabel met al die
vrae. Gee ’n punt langs elke vraag, van een tot drie.
• Daar moet minstens twee verbeteringe aan die binnekant van die huis wees.
Hoe meer verbeteringe daar is, hoe beter. Ignoreer egter veranderinge aan die
huismodel wat nie die hoeveelheid energie wat verbruik word, verminder nie.
• Daar moet minstens een verbetering aan die buitekant van die huis wees.
Hoe meer verbeteringe daar is, hoe beter. Ignoreer veranderinge wat nie sal
werk nie. Die verbeteringe moet so goedkoop as moontlik wees en maklik om
in die werklike lewe aan te bring. Hulle moenie ’n klomp ekstra bouery vereis
nie.
• Dit sal goed wees as van die verbeteringe gedoen is met natuurlike materiale
wat in die nabye omgewing gevind kan word, of deur die hergebruik van
afvalmateriaal.
• Die verbeteringe aan die model moet netjies wees. Deur net na die model te
kyk, moet dit maklik wees om te verstaan wat die verbeteringe is.
• Die kantskrif moet ’n duidelike verduideliking gee van wat die verbeteringe
behels.

Evalueringsrubriek vir jou eie model

176 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Evalueringsrubriek vir die model van .....................................

Evalueringsrubriek vir die model van .....................................

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 177


minder energie te gebruik
Week 5
Lewer ’n aanbieding oor julle model van ’n lae-energiehuis
Later in die week gaan jou span ’n aanbieding doen oor julle verbeteringe aan ’n
huis. Die aanbieding moet tussen drie en vyf minute lank wees. Elke spanlid moet
deel wees van julle aanbieding. Na julle aanbieding kan die ander lede van julle
klas vrae aan julle stel.

Berei julle aanbieding voor  (30 minute)


Spanvergadering

1. Besluit watter deel van die aanbieding elkeen van julle gaan doen.
• Een van julle moet praat oor die rowwe sketse wat julle gemaak het, en die
finale tekening in isometriese projeksie.
• Een van julle moet die model wys en al die veranderinge aan die binnekant
en aan die buitekant van die model verduidelik.
• Een van julle moet praat oor die raad wat die ouer mense vir julle gegee het
oor hoe om ’n huis te verbeter om energie te bespaar. Julle moet ook praat
oor hoe natuurlike materiale gebruik kan word om ’n huis te verbeter.
• As daar ’n vierde persoon in julle groep is, kan hy of sy praat oor die eerste
planne wat julle in week drie in julle spanvergadering gemaak het, en hoe
julle later hierdie planne verbeter het en dinge bygevoeg het.

2. Besluit oor die volgorde waarin julle die onderskeie onderdele van die
aanbieding gaan doen. Wie praat eerste en wie volgende?
Skryf die dele van die aanbieding hieronder neer, in die volgorde waarin julle
dit gaan doen en wys wie watter deel gaan doen.

Individuele werk

1. Beplan jou eie deel van die aanbieding.


Gebruik die spasie hieronder om neer te skryf wat jy gaan doen.
2. Huiswerk: Oefen jou aanbieding.

178 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2


Wenke vir die aanbieding van jou werk
• Staan regop en kyk na die klas terwyl jy praat.
• Moenie alles wat jy wil sê, neerskryf nie. Maak eerder ’n lys van die belangrikste
punte waaroor jy gaan praat. Daar moenie meer as vyf dinge wees nie. Moenie
volsinne op jou lys gebruik nie, maar slegs sleutelwoorde om jou te herinner
aan waaroor jy wil praat.
• Wat jy aan die klas vertel, is baie belangrik, want dit kan mense help om geld te
spaar en die nadelige gevolge vir die omgewing te verminder. Wees trots op wat
jy vir die klas vertel en praat hard en duidelik.
• Gebruik jou sketse, tekeninge en model om, terwyl jy praat, dinge uit te wys.
Dit sal die klas help om te verstaan wat jy sê. Maak seker dat hulle die sketse,
tekeninge en die model duidelik kan sien.
• Jy kan ook prente uit tydskrifte en koerante as voorbeelde van materiale
saambring en dit in jou aanbieding gebruik.
• Weet wanneer dit jou beurt is om te praat.
• Bly binne die tydsbeperking. Dit help dikwels om iemand in die klas te vra om
kaarte in die lug te hou wat sê hoeveel tyd jy nog het.

Hoofstuk 10 mini-pat: Ontwerp ’n huis om 179


minder energie te gebruik
Aanbiedings van al die spanne voor die klas  (90 minute)
Luister goed na die aanbiedings van die ander spanne. Hulle kan interessante
idees hê waaraan jy en jou span nie gedink het nie. Skryf daardie idees hieronder
neer sodat hulle jou help om te onthou as jy eendag jou eie huis ontwerp of
verbeter.

Geniet jou wintervakansie! Na die wintervakansie gaan julle dinge maak wat met
hefbome en ratte werk.

180 TEgNOLOGie GRaAD 8 kwartaal 2

You might also like