OUDITVERSLAE

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

Wat is ouditering?

• Ouditering is die versameling


en evaluering van bewyse om
vas te stel in watter mate die
inligting en vasgestelde kriteria
ooreenstem, en daaroor
verslag te doen.
• ‘n Bevoegde, onafhanklike
persoon moet die boeke van
die onderneming ouditeer.
Interne ouditeuring
• ‘n Interne ouditeur is indiens
van die maatskappy.
• Hy is verantwoordelik vir alle
interne kontrole
(bv. kontant, voorraad,
debiteure, krediteure
en vaste baste)
• Doen verslag aan die
direkteure.
Eksterne ouditeuring
• ‘n Eksterne ouditeur is
onafhanklik.
• Moet bekragtig dat die
finansiële state ‘n billike
refleksie van die aktiwiteite
van die maatskappy is.
• Doen verslag aan die
aandeelhouers.
Wat is ‘n ouditeursverslag?
✓ ‘n Ouditeursverslag word opgestel deur
ONAFHANKLIKE/ EKSTERNE ouditeure, wat NIE
deur die maatskappy indiens geneem is nie.
✓ Dis deel van die Gepubliseerde Fin. State van
maatskappye; ALLE gebruikers kan dit lees, bv.
aandeelhouers, werknemers, ens.
✓ Ouditeure reik ‘n MENING oor die gepubliseerde
Fin. State uit. Hierdie mening BEHOORT aan die
lesers/ gebruikers van die state aan te dui dat die
finansiële inligting betroubaar en geloofwaardig
is.
✓ Eksterne ouditeure baseer hul opinie op hul
eksterne oudit nadat die inligting se akkuraatheid
en egtheid nagegaan is deur steekproefneming
van ouditinligting.
Die onafhanklike ouditeursverslag word
gewoonlik in drie paragrawe verdeel:
• Paragraaf 1: verklaar die
verantwoordelikheid van die
ouditeur en die direkteure.

• Paragraaf 2: verklaar of die


verslagdoeningstandaarde
gebruik is.

• Paragraaf 3: verskaf die


ouditeur se mening/opinie.
Drie eksterne ouditmenings

Gekwalifiseerde Ongekwalifiseerde Weerhouding van


ouditverslag ouditverslag mening
1. Gekwalifiseerde ouditverslag
Uittreksel uit ouditverslag van Pomi Bpk.:
• Probleemareas is geïdentifiseer
Ons het die finansiële state soos uiteengesit op en die state is minder
bladsye 15 tot 45, ondersoek.
geloofwaardig.
Na ons mening, behalwe vir die uitwerking van die
maatskappy se oorevaluering van sy vaste bates,
• Direkteure sal ‘n geleentheid
verstrek hierdie finansiële state 'n redelike
weergawe van die finansiële posisie van die
kry om hierdie probleme reg te
maatskappy op 28 Februarie 2020 en die uitslae van
hulle bedrywighede en kontantvloei vir die jaar
stel en/of verduidelikings te
geëindig volgens Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde, en op die manier soos
gee.
vereis deur die Maatskappyewet van Suid-Afrika.
• Baie sleg vir die beeld van die
Piet&Nosi maatskappy.
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
• Kan die aandele prys beïnvloed.
2. Ongekwalifiseerde ouditverslag
Uittreksel uit ouditverslag van Kwela Bpk.:
• ‘n Skoon oudit.
Ons het die finansiële state soos uiteengesit op
bladsye 10 tot 30, ondersoek. • Daar was geen uitdagings of
probleemareas gevind nie.
Na ons mening verstrek hierdie finansiële state 'n
redelike weergawe, in alle wesenlike aspekte, van
die finansiële posisie van hierdie maatskappy op
• State is geloofwaardig.
28 Februarie 2020 en die uitslae van hulle
bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig
volgens Internasionale Finansiële
• Aandeelhouers/gebruikers
Verslagdoeningstandaarde en op die manier soos
vereis deur die Maatskappyewet van Suid-Afrika.
kan die finansiële resultate
glo.
Piet&Nosi
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) • Baie goed vir die beeld van
die maatskappy.
3. Weerhouding van mening
Uittreksel uit ouditverslag van Predona Bpk.:
• Ouditeure is nie bereid om ‘n
Grondslag vir ons mening: mening te gee nie,
Die maatskappy se aankoopbeleid bepaal dat aankope van meer as
R100 000 deur die direksie goedgekeur en deur drie kwotasies van • omdat daar nie bruikbare
onafhanklike verskaffers ondersteun moet word.
Die maatskappy het in die verslagjaar twee voertuie teen ʼn koste van
finansiële boekhoudingstelsels
R900 000 aangekoop. Dit is deur die HUB goedgekeur sonder
verwysing na die direksie. Slegs een kwotasie is ontvang.
en/of ouditbewyse verkry kon
Ouditmening
word om 'n oudit te voltooi nie.
As gevolg van die belangrikheid van hierdie kwessie kon ons nie
voldoende ouditbewyse verkry as grondslag vir ʼn mening nie. • Dit voldoen ook nie aan
Gevolglik spreek ons geen mening uit oor die finansiële state van
Predona Bpk. vir die jaar geëindig 28 Februarie 2020 nie. IFVS/’IFRS’ standaarde nie.
Piet&Nosi
• Gaan nie slaag om potensiële
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
aandeelhouers te trek nie. (gevolg)
Ouditbewyse kan bestaan uit:
• Data of inligting, fisies of nie-fisies,
bv. finansiële state; rekeningkundige inligting;
bankrekeninge; bankstate; vaste bateregisters;
betaalstate (‘payrolls’); fakture en ander
ondersteunende dokumentasie.
• Dit kan in audio en/of video-formaat beskikbaar
wees en selfs mondelinge antwoorde van kern-
amptenare word aanvaarbaar.
Prosedures / Metodes om ouditbewyse
te versamel:
o Oudit-navraag (vra spesifieke vrae)
o Oudit-waarnemings (bv. ouditeur neem waar hoe interne
beheermaatreëls toegepas word of voorraad fisies getel word).
o Oudit-inspeksies (bv.vergelyk die bateregister met die fisiese bate
items in die besigheid)
o Ouditprosedure (ontleed data in die fin. state volgends IFVS/IFRS-
standaarde)
o Herberekening (bv. sommige waardevermindering-uitgawes kan weer
bereken word)
o Her-uitvoering (bv. ouditeure stel hul eie bankversoenings op en
vergelyk dit met dié wat opgestel was)
Metodes vir versameling van oudit-
steekproewe
• Eksterne ouditeure kan nie alle
transaksies/inligting nagaan nie en neem
dus net dele (steekproewe) daaruit.

• Hierdie steekproewe moet


versigtig/regverdig gekies word.
GEVOLGE VAN ‘N GEKWALIFISEERDE
OUDITVERSLAG

Gevolge vir die maatskappy

• Kan die aandeleprys beïnvloed

• Slaag nie om potensiële beleggers/ aandeelhouers te


trek nie.

• Moeilik om finansierings en lening te bekom.


MOONTLIKE KORT VRAE
Waarom vereis die Maatskappywet dat publieke
maatskappye geouditeer word?
• Om die aandeelhouers te beskerm.
• Publieke fondse word gebruik
• Om te verseker dat dit ‘n redelike weergawe van
finansiële state is.
• Om te verseker dat direkteure nie syfers verkeerd voorstel
nie.
• Om aan die belangstellendes verantwoording te doen bv
aandeelhouers, SAID
• Om bedrog te ontmoeding
Gevolge wanneer ouditeure nalatig is met die
uitvoering van hulle pligte

• Hulle kan gedagvaar word.


• Nie weer as ouditeure aangestel word nie
• Dissiplinêre aksies kan deur die professionele
instellings teen hulle ingestel word.
Waarom is dit vir ‘n ekstrene ouditeur belangrik om
onafhanklik te wees ?
Waarom is dit belangrik dat ‘n eksterne ouditeur ‘n lid
van ‘n professionele instansie moet wees?

You might also like