Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 40

2023 AFRIKAANS HUISTAAL

Studiegids (Voorgeskrewe Gedigte )

Verse in my inboks: ʼn Poësie-handleiding vir


Afrikaans Huistaal Graad 12
Saamgestel deur Philna Scholtz en Elza Vorster, Vivlia, 2016.
GEDIG 11

Briefie aan
Madiba
Sandra O’Kelly

https://image.shutterstock.com/image-photo/london-uk-january-7-2012-600w-
430842577.jpg
AGTERGROND (digter)
Sandra O’Kelly, ’n boervrou van Willowmore, het in 2008
met Briefie aan Madiba ingeskryf vir Huisgenoot se
liedjieskryfkompetisie. Sy het ’n pragtige lofprysing
geskryf wat deur Sarah Theron getoonset en gesing is. Die
lirieke bring hulde aan die geliefde, ontslape
staatspresident van Suid-Afrika, Nelson Mandela.
Deur middel van Huisgenoot het Sandra O’Kelly selfs die
geleentheid gekry om vir Madiba te ontmoet en die
“briefie” is aan hom voorgelees. Hy het daardie dag ook
’n paar CD’s van Sarah Theron ontvang.
AGTERGROND (gedig)
Nelson Mandela was die eerste,
demokraties verkose,
staatspresident van Suid-Afrika.
Hy was 27 jaar in die tronk op
Robbeneiland weens sy anti-
apartheidsaktiwiteite. Hy het
vanaf 1994 - 1999 Suid-Afrika
regeer en was ’n baie geliefde
staatsman. Hy is op 18 Julie 1918
gebore en het op 5 Desember
2013 gesterf.
ttps://www.youtube.com/watch?v=fAOw7-xkxUU
Briefie aan Madiba
Sandra O’Kelly
1. Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
2. Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou.
3. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
4. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.

5. Gee my jou boeie, ek wil dit dra.


6. Die merke op jou hande, jou vrese jou vrae
7. Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar.
8. Eendag met liefde aan my kinders oordra.

9. Liewe Madiba, jy sal van my hou.


10. Ek’s lief vir my land en sy mense en sou
11. so graag wil kom kuier en net met jou praat.
12. Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.
Briefie aan Madiba
Sandra O’Kelly
13. Gee my jou drome, ek wil dit sien.
14. Die prys so betaal om ander te dien.
15. Ek sal dit koester die wêreld sal weet.
16. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.

17. Gee my jou ambag, ek wil dit leer.


18. Hoe ʼn leier en koning sy mense kan eer.
19. Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken.
20. Dis teerheid en liefde wat ander kan wen.

21. Gee my jou drome, ek wil dit sien.


22. Die prys so betaal om ander te dien.
23. Ek sal dit koester, die wêreld sal weet.
24. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.
Briefie aan Madiba
Sandra O’Kelly

25. Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.


26. Ek weet daar’s baie briefies soos my een aan jou.
27. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
28. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.
[Uit: Terug na jou – Sarah Theron, Select Musiek, 2009]
TEMA en BOODSKAP

Tema:
Bewondering vir Nelson Mandela.
Boodskap:
Die leser word gedwing om na te dink
oor Nelson Mandela se eienskappe en
om sy nagedagtenis te respekteer.
TOON en STEMMING

Stemming: weemoedig,
liefdevol, nostalgies

Toon: informeel, ernstig


DIGVORM

Ode/lofdig ’n gedig wat Nelson Mandela


se lof besing/hulde aan hom bring.

’n Lofdig kan ook refreine soos die


herhaling van strofe 1 en 7, 4 en 6 bevat.
Dit gee aan die gedig ’n sangerigheid.
DIGVORM (VERVOLG)

• Liriek – die woorde van ’n lied. Die gedig is in 7


kwatryne opgedeel.
• Liriese gedig is gedigte wat gesing kan word en
wat op emosies ingestel is
ANALISE
•Titel:
Briefie aan Madiba
 Die titel is openbarend, want dit ontsluit die inhoud van die
gedig.
 Die verkleinwoord “briefie” word hier gebruik om die spreker
se nietigheid aan te dui in vergelyking met Nelson Mandela,
die formidabele staatspresident.

Omdat die gedig soos ’n gesprek aan ʼn vriend gerig word, is


die informele benaming, Madiba, gepas. Dit beklemtoon die
toegeneentheid en bewondering van die spreker
STROFE 1
1. Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
 Die gedig begin soos ’n vriendskaplike brief se aanhef: Liewe
Madiba
 Die aanhef sluit aan by die titel.
 Madiba is ’n erenaam vir die ontslape, voormalige
staatspresident van Suid-Afrika, Nelson Mandela.
 Die eerstepersoonspreker (Ek-spreker) is aan die woord, die
skrywer van die “briefie”.
 “jou” aangesprokene – Nelson Mandela
 “die” verwys na die briefie wat aan Madiba gerig is.
 Ironie: ʼn Mens sou verwag dat die skrywer ’n formele
aanspreekvorm gebruik, maar die informele aanspreekvorm dui
die toegeneentheid/bewondering vir die aangesprokene aan.
STROFE 1 (Vervolg)
2. Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou.

 Vergelyking: “briefies soos my een aan jou” – die spreker


vergelyk haar brief as een van vele bewonderaarsbriewe
wat Mandela al ontvang het.
STROFE 1 (Vervolg)
3. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat
jy groet.
.  “Ons” dui op die spreker en die aangesprokene.
 Hulle is vreemdelinge vir mekaar. Dit is ironies dat iemand
wat nog nooit die staatspresident ontmoet het nie ’n
vriendskaplike brief aan hom sal skryf.
 Eufemisme “voordat jy groet” – voordat Nelson Mandela te
sterwe kom.
 Nelson Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede en hierdie
gedig is in 2008 geskryf en in 2009 getoonset.
 Assonansie: “ontmoet ... groet” beklemtoon die teenstelling
(begin en einde).
STROFE 1 (Vervolg)
4. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.

.
 Die spreker het ’n dringende behoefte om ’n vraag (vrae) vir
die aangesprokene te vra.
 “moet” - sy beskou dit as haar plig om dit te vra,
beklemtoon die dringendheid (sterk behoefte) om die vraag
te vra voordat hy sterf.
 “iets” word in strofe 2 verduidelik
STROFE 2
5. Gee my jou boeie, ek wil dit dra.

. Sinekdogee – boeie dui op Nelson Mandela se 27 jaar



gevangenskap (simbolies).
 Die spreker kry vir Nelson Mandela jammer omdat hy
soveel jare in die tronk was en wens dat sy eerder sy straf
kon dra.
STROFE 2 (Vervolg)
6. Die merke op jou hande, jou vrese jou vrae

 Die merke kan dui op sy ouderdom/swaarkry/hande-


. arbeid.
 vr-alliterasie: “jou vrese jou vrae” Beklemtoon dit
waarvoor hy bang is en waarvoor hy nie antwoorde het
nie.
 “jou hande, jou vrese jou vrae” j-alliterasie, ou-
assonansie beklemtoon die persoonlike ervaring van
Madiba.
STROFE 2 (Vervolg)
7. Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar.

 “dit” – dui op die merke, die vrese en vrae.

 “oppas” en “bewaar” is sinonieme – ’n voorbeeld


van pleonasme - beklemtoon hoe kosbaar is “dit”
vir die spreker.
STROFE 2 (Vervolg)
8. Eendag met liefde aan my kinders oordra.

 Die spreker belowe hoe sy “dit” sal bewaar deur


Madiba se nagedagtenis te eer en aan die
nageslag oor te dra.
 “liefde” – toegeneentheid/deernis
STROFE 3
9. Liewe Madiba, jy sal van my hou.

 Herhaling van die informele aanspreekvorm


soos in strofe 1 – sluit aan by die gesprekstrant
van die brief/beklemtoon ook die spreker se liefde
vir Madiba.
STROFE 3 (Vervolg)
10. Ek’s lief vir my land en sy mense en sou
11. so graag wil kom kuier en net met jou praat.
 Die spreker voer redes aan waarom Madiba van haar sal
hou, want sy is ’n patriot (lief vir haar land en sy mense).
 Polisindeton – herhaling van die voegwoord “en”. Funksie:
elke rede word afsonderlik beklemtoon.
 Elisie “Ek’s” (die weglating van die klinker) is gepas omdat
dit by die ritme aansluit en sangerigheid bewerkstellig.
 “sou so graag” spreker se wens
 Ironie die spreker wil graag vir die president gaan kuier,
soos ’n mens vir ’n vriend kuier, maar Madiba was ’n
gesiene man wat selfs ná sy aftrede net per afspraak
besoek is.
STROFE 3 (Vervolg)
12. Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.

 d-alliterasie “ditjies en datjies” Die spreker wil oor


onbenullighede gesels – sluit aan by die informele
trant. Dit is ook ʼn vaste uitdrukking wat dui op
alledaagsheid.
 “uit haar hart” sy is opreg en wil oor goed uit haar
hart gesels.
STROFE 4
13. Gee my jou drome, ek wil dit sien.

 Die spreker rig nog ’n versoek aan Madiba: sy wil sy


drome sien. Drome kan dui op dit wat hy nog wil
bereik – sy lewensideaal.
 Nelson Mandela was al bejaard, 90 jaar oud toe die
gedig geskryf is. Sy droom is reeds vroeër
bewaarheid toe hy uit die tronk vrygelaat is en die
president van Suid-Afrika geword het.
 Hy het gepoog om al die mense van Suid-Afrika te
verenig.
STROFE 4 (Vervolg)
14. Die prys so betaal om ander te dien.

 Om ’n prys te betaal, verwys hier figuurlik na ’n


opoffering wat ’n mens vir ’n ander maak. Letterlik
“so” het Mandela 27 jaar (in die tronk) opgeoffer vir
Suid-Afrikaners se vryheid.

 Nelson Mandela was ten spyte van die feit dat hy ’n


belangrike persoon was ook ’n nederige persoon wat
sy land en die mense in die land gedien het.
STROFE 4 (Vervolg)
15. Ek sal dit koester die wêreld sal weet.

 “koester” sluit aan by “oppas” en “bewaar”


in versreël 7.
 “koester” is meer intens, want dit dui op
liefderykheid of vertroeteling.
 “die wêreld” Letterlik – al die mense in die wêreld;
figuurlik – almal wat wil hoor.
 w-alliterasie: “wêreld sal weet” beklemtoon hoe
wyd sal Madiba se boodskap strek/deur die
spreker voortgedra sal word.
STROFE 4 (Vervolg)
16. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.

 Karaktereienskappe van Madiba word gegee.


 Meneer Mandela was ’n goeie voorbeeld vir ander.
Hy was nie haatdraend teenoor die ou
apartheidsregering nie. Hy was ’n liefdevolle
persoon wat die nasie probeer verenig het.
 Die spreker spreek haar bewondering uit en sê dat
Mandela vir sy goeie eienskappe deur die nageslag
onthou sal word.
 “ons” dui hier op alle Suid-Afrikaners.
 “nooit vergeet” – onvergeetlik
STROFE 5
17. Gee my jou ambag, ek wil dit leer.

 ’n ambag dui gewoonlik op ’n beroep, maar hier dui


dit eerder op ’n eienskap – die manier hoe Madiba
die land as een van die gewone mense regeer het.
STROFE 5 (Vervolg)
18. Hoe ʼn leier en koning sy mense kan eer.

 Hierdie versreël verklaar die woord ambag in


versreël 17, want daar word na die eienskappe van
Mandela verwys.
 “leier” – Mandela was die leier van Suid-Afrika, die
president van 1994-1999.
 “koning” – dit is nie letterlik ʼn koning nie, daar word
eerder figuurlik verwys na Madiba as ’n ikoon vir wie
die hele wêreld respek gehad het.
 Mandela het met sy leierskap en sy “koningskap” sy
volk (Suid-Afrika se mense) geëer.
STROFE 5 (Vervolg)
19. Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken.

 Die spreker sê dat sy dieselfde wil doen as wat


Mandela vir die burgers van Suid-Afrika gedoen het.
STROFE 5 (Vervolg)
20. Dis teerheid en liefde wat ander kan wen.

 Verwys na Mandela as ’n sagmoedige en


liefdevolle persoon.
 “wen” – om iemand oor te haal om dieselfde
ingesteldheid te hê.
STROFE 6
•Versreëls 21 tot 24 is ’n herhaling van strofe 4, versreëls 13 tot 16
21. Gee my jou drome, ek wil dit sien.
22. Die prys so betaal om ander te dien.
23. Ek sal dit koester, die wêreld sal weet.
24. Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.

Refrein - koorgedeelte
 Omdat hierdie gedig eintlik ’n liriek/lied is, is die refrein
gepas, want die belangrike dinge word herhaal.
 Dit is vir die spreker belangrik dat Madiba onthou moet
word.
 Sy eienskappe word beklemtoon.
STROFE 7
•Versreëls 25 tot 28 is ’n herhaling van strofe 1.
25. Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
26. Ek weet daar’s baie briefies soos my een aan jou.
27. Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
28. Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet..

 Refrein (soos bo)


Die versugting van die spreker om vir Madiba iets te vra, word
beklemtoon.
ʼn Sikliese slot, die eerste strofe word byna woordeliks herhaal.
 Alliterasie: “baie briefies” beklemtoon die aantal bewonderaarsbriewe
wat aan Madiba geskryf is.
 Verskille:
Versreëls 2 en 26 verskil, maar het dieselfde strekking.
BEELDSPRAAK

Metafoor  Twee sake wat met mekaar


(beeldspraak) verband hou, word aan
mekaar gelykgestel. “ambag”
(versreël 17)
 Die woord beteken eintlik
beroep. Hier word ambag
gelykgestel aan ’n
karaktereienskap van Mandela
naamlik nederigheid.
STYLFIGURE
Anafoor  Herhaling van ’n woord aan die begin van ’n
versreël.
 “Liewe” (versreëls 1 en 25)
 “Gee” (versreëls 5,13,17 en 21)
 Herhaling van strofe 1 en 4 in strofe 7 en 6.
Hiperbool  Oordrywing om ’n sekere effek te
bewerkstellig.
 “koning” – versreël 18 – Mandela word as ’n
koning voorgestel, om te beklemtoon dat
almal vir hom respek het.
Sinekdogee  Gedeeltelike aanduiding
 “boeie” – versreël 5. Die boeie is
verteenwoordigend van gevangenskap.
STYLFIGURE
Ironie  Iets is anders as wat jy verwag.
 ’n Mens sou verwag dat die spreker vir
Nelson Mandela as “Geagte President”
aanspreek, maar hy word as “Liewe Madiba”
(versreëls 9 en 25) aangespreek.

Polisindeton  Herhaling van die voegwoord.


 Versreëls 10-12:
 “Ek is lief vir my land en sy mense en sou
 so graag wil kom kuier en met jou praat.
 Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.”
 Funksie – bind een gedagte
saam/beklemtoon die baie aspekte ter
sprake.
STYLFIGURE
Elisie  Weglating van ’n klinker
 Versreël 10: “Ek’s” in plaas van Ek is. Dit
word gebruik ter wille van ritme en versnel
die tempo/om by die sangerigheid van die
gedig aan te pas.
 Versreël 26: “daar’s” in plaas van daar is
Refrein  Strofes wat herhaal word soos in ’n lied.
 Funksie: om te beklemtoon, musikaliteit te
verkry en om af te rond.
Herhaling/  Woorde wat herhaal word om ’n bepaalde
repetisie effek te verkry.
 Dit bind die gedig tot ’n eenheid en
verhoog die musikaliteit.
Aktiwiteit
Kontekstuele vrae
1. Hoe sluit die titel en versreël 1 bymekaar aan? (1)
2. Waarom is die aanspreekvorm in versreël 1 ironies as versreël
3 in gedagte gehou word? Motiveer waarom die aanspreekvorm
binne die konteks van die gedig geregverdig kan word. (2)
3. Benoem en verduidelik die stylfiguur in versreël 5. (2)
4. Haal ’n voorbeeld van alliterasie uit versreëls 5 en 6 aan.
Verskaf ’n moontlike funksie vir die halfrym. (2)
5. Wat is die funksie van polisindeton in strofe 3? (1)
6. Noem TWEE eienskappe van Mandela wat in strofe 4
geïmpliseer word. (2)
7. Is die woord “koning” in versreël 18 denotatief of konnotatief?
Motiveer jou antwoord. (2)
8. Watter verskil is daar tussen “ons” in versreëls 3 en 24? (1)
9. Noem TWEE dinge wat die spreker vir Mandela in die gedig wil
vra? Gebruik jou EIE WOORDE. (2)
10 Is die herhaling van die eerste strofe in die slotstrofe effektief?
. Gee TWEE moontlike redes vir jou antwoord. (2)

[17]
Aktiwiteit
Literêre opstel

Die uiterlike bou van die gedig, Briefie aan


Madiba, ondersteun die inhoud van die gedig.

Bespreek die stelling in ’n opstel van 250-300


woorde.
[10]
LIEDJIE - VIDEO: https://youtu.be/fAOw7-xkxUU

SO HET BRIEFIE AAN MADIBA BEGIN -


https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/so-het-briefie-aan-madiba-
begin-20170528#:~:text=So%20het%20Briefie%20aan%20Madiba%20begin

Copyright © Department of Basic Education 2022


222 Struben Street, Pretoria, South Africa
Tel: (012) 357 4183 / 012) 357 3811
http://www.education.gov.za
Call Centre: 0800202933

You might also like