Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Toerisme Graad 11 – Kwartaal 2

Werkkaart 1
Opskrif: Die Binnelandse Toerisme
groeistrategie (BTGS). Bl. 118-127
‘n Groeistrategie
 Is ‘n plan van aksie wat ‘n diens, produk of besigheid sal uitbrei en ontwikkel.
 Dit beteken dat ‘n mens ‘n plan in plek het wat daartoe sal lei dat iets
spesifieks gedoen word rakende ‘n bepaalde kwessie
 Binnelandse toerisme
Die behoefte om binnelandse toerisme te ontwikkel
 Waarde aan die Suid-Afrikaanse ekonomie
 In grootte en waarde vergelyk dit met die internasionale toerismemark
 Indien meer van ons bevolking sou reis, die grootte en waarde van die
binnelandse mark ook sal groei.
 ‘n Toename in binnelandse toerisme sal lei tot die verbetering in die kwaliteit
van dienste en die ontwikkeling van meer toeristeprodukte.
Die stand van binnelandse toerisme in S.A
'n Historiese perspektief
• Voor 1994 verbied apartheidswette reis deur swartes
• In 1996 was die Witskrif oor Toerisme - om toerisme toeganklik te maak vir alle
Suid-Afrikaners (basis vir toekomstige ontwikkeling)
• Die strategie vir binnelandse toerismegroei - 2004 tot 2007
• Die BTGS is verder opgedateer - 2012 tot 2020

Binnelandse toerisme vandag


• 2011 - het gegroei tot 44%
• VFR (besoek vriende en familie) hoofdoel
• Vakansiereisigers - inkopies, sosiale aktiwiteite, natuurlike besienswaardighede,
strande en naglewe besoek

Waarom 'n strategie vir binnelandse groei?


Visieverklaring
Groeiende binnelandse toerisme vir 'n volhoubare toerisme-ekonomie
• 'n Kultuur van reis
• Innovasie (nuwe idees)
• Deelname aan belanghebbendes
• Bekostigbare ervaring en pakkette

Probleemstelling
• Die meeste burgers het nog nie die geleentheid gehad om in hul eie land te reis nie
• Nie bekostig om te reis nie
• Sien geen rede om 'n reis te neem nie

1
• Het nie tyd om te reis nie
• Is werkloos en het geen inkomste nie
• Hou nie van reis nie

'n Gebrek aan 'n reiskultuur onder baie Suid-Afrikaners, veral onder die voorheen
benadeelde gemeenskappe
• Gebrek aan bemarking
• En inligting word voorsien aan alle dele van die bevolking van Suid-Afrika

Huidige neigings wat toerisme beïnvloed


• Kompetisie
• Die ekonomie
• Regspolitiek
• Toerismemarkte en ontluikende industrie
• Tegnologie
• Die natuurlike omgewing
• Samelewing en kultuur (byvoorbeeld covid 19)

Doelwitte vir die bemarking van binnelandse toerisme


 Volhoubare toerismesektorgroei en – ontwikkeling.
 Toerismesektor-transformasie.
 Bemagtiging van mense en werkskepping.

Hoe om die doelwitte vir die bemarking van binnelandse toerisme te bereik.
 Verhoog besteding.
 Verminder seisoensgebondenheid.
 Verbeter die geografiese verspreiding van toerisme.
 Verhoog getalle (bekostigbare toerismeprodukte).
 Gebruik van geleenthede om reise deur die jaar aan te moedig
(musiekkonserte, feeste en sportgeleenthede).
 Verbeter veiligheid en verminder misdaad.

AKTIWITEIT 1 (VRAAG 1-3)


1. Identifiseer twee gevolge van verhoogde binnelandse toerisme. (4)
2. Noem die hoofdoel van die Witskrif oor toerisme van 1996. (3)
3. Noem die hoofrede waarom Suid-Afrikaanse toeriste reis. (1)
Totaal: 8
ADDISIONELE VRAE
1. Hoe kan binnelandse toerisme in S.A aangemoedig word? (8)
2. Daar is huidige neigings wat toerisme beïnvloed. Fokus op die SAMELEWING
EN KULTUUR-neiging en verduidelik waarom die Covid 19-pandemie 'n
negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se binnelandse toerisme sal hê. (4)
3. Ons het verneem dat binnelandse toerisme in 2011 gegroei het tot 44%. Wat
dink jy het die groei voor die jaar 2011 beïnvloed? (1)
Totaal: 13

You might also like